bulle-tin uitgawe 6 2015
DESCRIPTION
Die amptelike nuusblad van die SAP TIN Eenheid Veterane BondTRANSCRIPT
Liewe TIN-vriende
2015 is al fluks aan die aanstap, maar voor die jaar te oud word, kom ons gesels vir
oulaas nog ʼn keer oor die gelykenis van die arbeiders wat op verskillende tye gehuur is
en waar almal toe dieselfde betaling kry (Matteus 20:1-16). Aan die einde van die
verhaal lees ons: “So sal die laastes eerste wees, en die eerstes laaste.”
Hoe raak hierdie vraag ons vandag?
Uit die gelykenis beland drie dinge op die tafel – die verlede; die hede; en die toekoms.
Jesus laat eers sy oog oor die geskiedenis gaan waar die Bybel na die Joodse volk as ʼn
wingerd verwys. Jesus praat met die kerkmense van sy tyd – die priesters en die
skrifgeleerdes – asook met die gewone mense én sy dissipels. En dan laat Jesus sy
blik op die toekoms rus om met ons vandag te praat.
Onthou: hierdie gelykenis gaan nie oor belonings nie, maar oor God se genade. Uit een
van my professore se mond sou ek eendag hoor: “No man is beyond redemption.” Dit is
immers ʼn Bybelse waarheid. Maar hoe voel ons oor mense wat eers op hul sterfbed vir
Jesus kies? Voel ons nie in ons binneste soos die groep werkers wat eerste gehuur is
en die hele dag moes werk nie?
Is ons nie dalk in ons harte jaloers op die laatkommers nie? Volgens die wêreld se
maatstawwe kon hulle mos hulle lewens voluit geniet en op die laaste nippertjie hulle tot
God wend.
Ek wil ʼn teenvraag vra: Wat het ons gemis om die volle dag in God se wingerd te werk?
As ons gesindheid dié van die oudste broer in Lukas 15:11 is, dan het ons soos slawe
vir ons Vader gewerk en dan maak ons dieselfde fout as hy. Ons kon die nabyheid van
die Vader geniet. Ons was by die Vader, maar nooit naby die Vader nie, want ons diens
aan God was nie vreugdediens nie, dog eerder ʼn sware las.
Om die wêreld te kies en eers daar rond te speel, is ʼn waagstuk. Om op ʼn
sterfbedbekering te hoop, is riskant. Niemand weet hoe en wanneer ons lewensdraad
geknip sal word nie.
Wat is dan die verskil tussen gelowiges en ongelowiges? As gelowiges sterf en daar is
aan die anderkant niks nie, dan het hulle niks verloor nie. Maar as daar aan die
anderkant van die graf ʼn hiernamaals is, dan het die ongelowige inderdaad alles verloor.
God se beloning aan gelowiges is inderdaad die ewige lewe. En dit is nie iets wat
eendag op ons wag nie, maar is nou reeds op hierdie aarde deel van ons hemelse
erfporsie.
In Hom – seën vir 2015
Jan du Preez VDM
UIT DIE PEN VAN DIE SEKRETARIS
VORDERING EN STATISTIEKE
Aansoekvorms op aanvraag uitgestuur:- 480
Aansoekvorms teruggestuur en goedgekeur:- 76
Lede wat na goedkeuring betaal en as lede geregistreer is:- 70
Aansoeke afgekeur wat nie aan toelatingsvereistes voldoen nie:- 5
DIE STERKTE VAN DIE BOND
Die totale sterkte van die bond is tans 78 en word soos volg saamgestel:-
Bestuurslede 6
Erelede 4
Lede 59
Ondersteuners 9
Lede oorlede 1
Lede bedank 1
Die TIN jaar kom tot ‘n einde en die bestuur gaan reeds op 7 Februarie 2015 vergader om
‘n agenda vas te stel vir vroeg Maart wanneer die algemene jaarvergadering gaan plaasvind.
Veranderinge aan die Grondwet gaan beteken dat alle lede van die bond hulle stem sal moet
Uitbring voor die vergadering en word julle dan vriendelik versoek om julle e-posse dop te
Hou en julle stemme per keerende pos uit te bring.
Ek wil almal aanmoedig om die algemene jaarvergadering by te woon en julle insette te lewer,
daar moet oor belangrike sake besluit word en uit die aard van die saak moet ‘n nuwe
bestuur gekies word.
U word ook vriendelik herhinder aan die Koevoet kranslegging by die Koevoet muur op
4 April 2015 waar die TIN Bond in seremoniele drag sterk verteenwoordig gaan word.
Alle sterkte en die Here se seën u toegebid vir 2015. Dit is ons bede dat die SAP TIN
Veterane Bond van krag tot krag sal gaan.
UIT DIE PEN VAN DIE TESOURIER
Goeie dag vriende van die leeu wat altyd sal brul en die draers van die ster van
beskerming. Die jaar 2015 is in volle gang en lê daar alreeds vele geleenthede
voor vir lede van die TIN Veterane Bond. Die stigtingsjaar van die TIN Veterane
Bond het sy opdraende en struikeblokke gehad, maar ek glo ons as ‘n span het
daaruit geleer en sal 2015 ‘n wonderlike jaar vir ons wees. Ek was self stil gewees
die afgelope paar weke weens die begin van ‘n nuwe jaar by die werk en die
inwerkingtreding van ‘n nuwe projek waarmee ek besig is. My selfoon het ook die
gees gegee en sit ek tans met ‘n bystandsfoon maar sal darem my foon weer in
die komende week terug hê. Ek kan nog steeds gekontak word maar indien ek nie
antwoord nie sal dit maar net beteken dat ek op die pad is en sal ek wel terugbel.
Ek het al die e-mails gelees wat deur die tyd gestuur was en neem dus kennis van
al die verwikkelinge en beplannings vir hierdie jaar.
Deur: Sean Clayton
Ek het 100 dasse bestel en daarvoor betaal en sal 50 dasse saam met my bring
tydens my besoek aan Pretoria gedurende Februarie. Ek sien ook baie daarna uit
om julle weer te sien. Ons het nog steeds ‘n goeie bankbalans van R19500.00 en
dit nadat die dasse reeds betaal is. Daar word hard gewerk aan die ontwerp van
nuwe ID foto soort lidmaatskap kaarte en die vervaardiging van die sertifikate.
Daar is ook heelwat fondsinsamelings idees ter tafel gelê en glo dat dit ook
binnekort in werking gestel sal word. Ek wil ook graag vir lede wie reeds die kit
bestel het maar nog nie betaal het nie vra om dit asb. te doen. Daar sal ook
gedurende die komende week fakture gestuur word aan lede vir die 2015
ledegeld. Verder wens ek julle en jul families ‘n baie geseënde week toe, ons sien
mekaar weer binnekort.
LUITENANT DOODSSWEET
Elnic Steenkamp
Die eerste storietjie wil ek opdra aan Sers Sypie Strauss (RIV) wat die bang Luitenant
alle hel gegee het tydens ons vier maande op die trip.
Gedurende die vroeë 70ger jare was daar ‘n vreeslike bang Luitenant saam met ons in
Rhodesië. Hy was ons Peletonbevelvoerder en moes noodgedwonge dus partymaal
saam met ons patrollie stap as ons van punt A na punt B moes beweeg omdat ons nie
op die hoofbasis gesetel was nie.
Die Luitenant het almal se senuwees op hol gehad. Met klaarstaan saans en soggens
was elke skaduwee ‘n terroris en die paar keer wat hy saam met ons patrollie MOES
stap, het daar agter elke bos en boom ‘n terroris geskuil. Die gevolg is dat ons
partymaal ure na ons bestemde tyd by ons rondesvoux punt uitgekom het.
Met een so ‘n patrollie het ek ‘n P103 geweergranaat op my R1 gehad en soos dit was,
was daar vir die Luitenant elke 10 tree ‘n kontak situasie. Op ‘n stadium was die man
direk voor my gewees toe ons deur digte bosse moes gaan en het hy ‘n boomtak
weggetrek en terug laat sweepslag het wat die geweergranaat afgeslaan het van die R1
sodat die stert gedeelte los vanaf die plofkop op die grond geval het.
STORIES UIT DIE BOS
Sypie was dadelik by en het geskree "Hou vas, hou vas Luitenant" en die kop en stertstukke teen
mekaar gedruk en na die Luitenant uitgehou. Die het sy geweer neergegooi en die P103 met
beide hande styf teen mekaar vas gedruk "sodat dit nie kan afgaan nie". Sypie het dood luiters die
Luitenant se geweer opgetel, oor sy skouer gegooi en aangestap om die patrollie te voltooi.
Die Luitenant het die patrollie voltooi met die twee stukke so vas gedruk in sy hande terwyl die
doodssweet hom afgetap het, vas onder die indruk dat die P103 sou ontplof as hy die stukke van
mekaar sou verwyder. Hy het nie weer ‘n woord gerep tydens die patrollie nie. Nodeloos op te
meld dat hy nooit weer saam met ons op patrollie gegaan het nie en dat hy in elk geval hierna
herpos is na die hoofbasis. Vandaar sy bynaam Luitenant Doodssweet,
LUITENANT SOEK SOEK
Elnic Steenkamp
Die een wil ek opdra aan Andrè Hefer, voorheen gestasioneer iewers in Namakwaland. Hy sal
presies weet van wie ek praat.
In kontras met die vorige storie het ons weer vroeg in die 80ger jare, ek kan nie onthou of dit op
Ruacana of Umungwelume was nie, ‘n Luitenant gehad wat ten alle koste ‘n landmyn wou trap of in
‘n kontak wou kom. Die man het iewers ‘n "liking" in my gekry as Casspir bestuurder en as hy
saam uitgegaan het, moes ek my Casspir en buddies los en as sy bestuurder uitgaan. In opdrag
van hom moes ek elke holtetjie en steurnis in die pad raakry met die hoop dat ons ‘n myn sou
detoneer. So met die ry het hy dan heeltyd geroep "soek, soek, soek" , vandaar sy bynaam. Op ‘n
stadium moes ek gereeld my geweer op die petrolpedaal staanmaak sodat die Casspir met ‘n
sekere spoed voortbeweeg, dan moes ons beide bo-op die dak voor sit, hy op die "gunner turret"
en ek met my bene deur die "hatch" aan die bestuurderskant met my voete op die stuurwiel om die
"myne te probeer raak ry”.
Ek was self nog nooit in ‘n myn voorval nie maar was al by waar voertuie direk voor en agter my
myne getrap het en ek het die moontlikhede aan hom verduidelik alhoewel hy niks wou weet nie.
Saans as die voorgeskrewe twee biere te veel geword het, het hy so teen 23:00 se kant net
geskree "Stoney", dan moes ek die Casspir “start” vir ons twee om op ‘n "mission" te gaan. Hy het
dan ‘n patrollie mortier gevat en moes ek in die middel van die eerste groot droë shona wat ons kry
stilhou sodat hy mortiere kan skiet na hartelus, noord, suid, oos en wes en party sommer amper
regop in die lug. Gelukkig het ons darem ongedeerd daarvan afgekom.
Ons het darem so na die einde van die terwmyn ‘n ligte kontak opgetel wat die ou se smagting na
aksie so bietjie bevredig het.
So het elke trippie maar sy karakters gehad. Almal van ons was egter mense en moet so
gerespekteer word, party met vrese, ander nie, party met “hang ups” en ander ongekunsteld.
BLINKKANTIEN
Henry Visagie
Sept 1980-Jan 1981.Umungwelume
Gedurende ons tydperk moes ons tydens die feestye ongereelde ure in die nag en sekere dae 60
mm mortier skiet vanuit die basis om moontlike aanvalle te voorkom. So word daar vooraf patrollies
uitgestuur na die shona's en dan word daar geoefen met rook mortiere na die shona's om seker te
maak die bomme val reg.
So word die grade en ladings vir die mortier sorgvuldig uitgewerk deur die mortier manne. Almal
kry gou 'n "crash course" hoe om die reeds gestelde mortierbuis te gebruik. ”Maklik manne, julle
wat wagstaan, middernag stap jy net na die stelling, draai die brisant mortier op "contact" en moer
hom in die pyp af.’’
So gebeur dit een nag dat daar een helse wind in die rigting van die basis waai..........nou die
opdrag is.......’’moer die goed inni pyp en gaan aan met jou wagdiens!”
Met eerste lig is daar 'n moerse lawaai by die hek, die Kolonel hoor toe daar is groot fout!!!!!!!! Daar
staan toe 'n PB by die hek met sy ”moertoe skrapnel geskiete kar.......een ou Mercedes......in
flarde.......” . Die wind het die brisant mortier bietjie baie teruggewaai en toe val dit naby 'n kraal.
Hy moan vir 'n vale ......... , die Kolonel sê toe: ”dis reg, ons sal jou skade deurgee want ons basis
was aangeval van jou kraal se kant af, so jy moet nou versigtig wees dat jy nie toegesluit gaan word
nie!!!!!!!!!”
Dit was die laaste sien van die blinkkantien!
GEEN VROUENS IN BASSISE TOEGELAAT NIE
Tiny Nortjè
(Erkenning aan Brig Pierre Wessels : UIT NOOD GEBORE)
Die Zambezi was iets besonders. Dit is een van die warmste plekke op aarde en mens en dier kon
maklik vergaan weg van water.
20 Nov 1970 en Lt. Schultz het op `n patrollie vertrek. Hy en sy manne het op `n stofpad gery. Die
hitte was ondraaglik en die tsetsevlieë nog erger.
Intussen, op 16 Nov het drie mense die gebied binne gekom. Op die ingewing van die oomblik en
na `n paar drankies het hulle besluit op die gevaarlike uitstappie. Joe Dabbs, Jack Finn en Pauline
Kelly het per vragmotor die Vallei besoek, ‘n eerste nag in`n rivierbedding oornag en die volgende
oogend in die sand vasgeval. Hulle het besef hulle moeilikheid het en Dabbs het besluit om meer
as 100km te stap om hulp te gaan soek.
Hy het egter van uitputting inmekaargesak.
Die polisie patrollie het sy baadjie gevind en na `n soektog die bewustelose Dabbs opgespoor. Hy
was deur die manne gehelp en het vertel dat van sy vriende hom by `n navorsingstasie gelaat het
terwyl die TIN manne die ander twee (Pauline ingesluit) ook opgespoor het. Lt Schultz het hulle na
sy basis geneem waar hulle behandel was.
Die mense was dankbaar en Dabbs het dit ook erken dat TIN hulle lewes gered het.
Vandag, afgetree, besit Kol Schultz steeds die brief wat hy van HK ontvang het waarin hy
aangespreek was omdat daar `n vrou (Pauline) in sy basis was!
HIERDIE MAAND SE VERJAARSDAE
FEBRUARIE
4 Hannelie Redelinghuys
18 Deon Ackermann
20 Ignatius van Coller
27 Martin Loubser
084 990 2025
HULDE AAN HULLE WAT DIE HOOGSTE
PRYS BETAAL HET
JANUARIE
3 1975 Konstabel J F Petzer
4 1975 Sersant C C Meyer
4 1969 Konstabel J J van Rensburg
5 1972 Sersant J P J Wessels
8 1973 Konstabel S Marx
8 1973 Konstabel O W Durheim
11 1975 Konstabel F J Nel
14 1974 S/Sersant P J C Schutte
16 1979 Konstabel L K Meerholz
17 1969 Konstabel D Cooper
STAANDE EN NUTTIGE INLIGTING VIR NUWE
LEDE
Dra van die seremoniele drag.
Soos vervat in die Grondwet Par 5.3
BELANGRIKE EN NUTTIGE INLIGTING
BESTUUR
Voorsitter: Willie Fouchè Sel: 083 654 8791 epos: [email protected]
Onder Voorsitter: Tiny Nortè Sel: 083 269 2071 epos: [email protected]
Sekretaris: Martin Loubser Sel: 084 990 2025 epos: [email protected]
Tessourier: Sean Clayton Sel: 084 447 3487 epos: [email protected]
Kommunikasie: Henk van Heerden Sel: 082 770 5574 epos: [email protected]
EREPRESIDENT
Johan Viktor (Genl)
Facebook geslote groep (slegs vir TIN lede)
https://www.facebook.com/groups/535440839915941
http://za.linkedin.com/pub/tinveteraan-bond/a1/494/548/
Facebook Page
https://www.facebook.com/coinveteransleague
Indien daar enigiemand is wat in die boek belangstel en ‘n kopie wil aanskaf kan hulle die
skrywer direk kontak by:
082 859 0764
(011) 803 6348
Die prys van die boek is R 350.00
VAN OVAMBOLAND TOT MASJONALAND
Stuur insette, stories, foto’s en ander plasings
na [email protected] voor die 25ste van
elke maand.
Redaktrise – Ilana Loubser Sel: 084 579 1269
Regisseur – Martin Loubser