bloemnuusbl 20140530

12
VRYDAG 30 MEI 2014 WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA GRATIS TIENTALLE lesers het pryse gewen op: 1. www.bloemnuus.co.za. 2. Bloemnuus se Facebook-blad. Kan jy dit bekostig om jou nie in te skryf nie? Die wenners is: S Nico de Bruin, Lizelle Mattig van Niekerk, Sandy Glenn en Chris van Blerk ’n Vuur gevang in glas deur Amanda Strydom op die Vryfees. S Maria Venter Liefde – Gaan Groot 2. S Rosa Maria Jardim, Vivienne Pistorius, Elizna Swanepoel, Renette Lundie en Gert Engel- brecht Thank you for the music wat vanaand en môreaand in die Sand du Plessis-teater deur die Barnyard aangebied word. S Estelle Knox Dirt Road deur Jason Bradley. S Amanda Burger 4 Keeps deur Stephan Visagie. S Braam Burger Sonskyn in die aand deur Appelblou. S Jorina Claassen Dubbelspel deur Wilna Adriaanse. S Janine Pretorius Halsoorkop deur Miriam Koch. S Sunette Hiten Chaos in Bronberg. S Marthin Jordaan Vrou soek boer se klankbaan. S Cobus van Staden Ek is deur Hannes van der Walt. S Christa Beyers Ghost Train deur André Swiegers. S Tharina Stassen Susanna M Lingua. S Elize van Wyk Apie se magie. S Daphne Venter Soek die skapie! S Malie Beukes Thank you for the music. S Barend van der Merwe Brigadier en die raaiselponie deur Marga Jonker. S Juan-Marie van Eck Storie- man Omnibus 6 deur Leon Rousseau. S Piet Smith Atlas teen die Vergeetrivier deur Pirow Bekker. Talle pryse uitgedeel Ry versigtig as jy die N1 na Edenburg volg. Weens bouwerk aan dié hoofweg kom heelparty onverwagse draaie soos dié foto toon wat van die brug by Tierpoort geneem is. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) het ’n kontrak vir die opknapping en instandhouding van die N1 tussen Syden- ham en die afdraai na die Tierpoort-stasie toegeken. Dit is ’n afstand van 28,3km. Sanral het beloof motoriste sal nie tydens die bouery hoef te stop nie, want tydelike paaie sal gebou word.Die werk sal na verwagting vroeg in 2015 voltooi wees. Foto: Jens Friis Loop lig vir dié esse Roy op FB gehuldig NOG nooit het ’n Bloemfonteiner se dood soveel reaksie ontlok op Bloemnuus se Facebook-blad soos dié van Roy (Robert) Doubell (55), die skoolhoof van die Hoërskool Sand du Plessis, nie. Meer as 15 000 lesers het in tien uur na die inskrywing van sy dood op Bloemnuus se Facebook- blad gekyk – ’n aanduiding hy het waarlik sy plek in die samelewing vol gestaan en sal deur baie mense met liefde onthou word. Lees op bl. 8 hoe Bloemnuus se lesers hulde aan hom bring. Roy is Dinsdag aan ’n hartaan- val oorlede. Hy en sy vrou, Annalize, ’n assistent-redakteur van Volksblad, was 30 jaar getroud. Uit dié huwelik is twee seuns, Robert (27) en Meyer (25), gebore. Roy word ook oorleef deur sy skoondogter, Tharina (25), ma, Dulcie (79), en kleinseun, James (amper 2 jaar). S ’n Troosdiens word vandag om 11:00 by die Hoërskool Sand du Plessis vir hom gehou. S ’n Galery met foto’s van Roy is te sien op www.bloemnuus.co.za.

Upload: central-newspaper-group-bloemnuus

Post on 21-Mar-2016

287 views

Category:

Documents


14 download

DESCRIPTION

Bloemnuusbl 20140530

TRANSCRIPT

Page 1: Bloemnuusbl 20140530

VRYDAG 30 MEI 2014 WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA GRATIS

TIENTALLE lesers het prysegewen op:1. www.bloemnuus.co.za.2. Bloemnuus se Facebook-blad.Kan jy dit bekostig om jou nie

in te skryf nie?Die wenners is:S Nico de Bruin, Lizelle Mattigvan Niekerk, Sandy Glenn enChris van Blerk – ’n Vuurgevang in glas deur AmandaStrydom op die Vryfees.SMaria Venter – Liefde – GaanGroot 2.S Rosa Maria Jardim, ViviennePistorius, Elizna Swanepoel,Renette Lundie en Gert Engel-brecht – Thank you for the musicwat vanaand en môreaand in dieSand du Plessis-teater deur dieBarnyard aangebied word.S Estelle Knox – Dirt Road deurJason Bradley.SAmanda Burger – 4 Keeps deurStephan Visagie.S Braam Burger – Sonskyn in dieaand deur Appelblou.S Jorina Claassen – Dubbelspeldeur Wilna Adriaanse.S Janine Pretorius – Halsoorkopdeur Miriam Koch.

S Sunette Hiten – Chaos inBronberg.SMarthin Jordaan – Vrou soekboer se klankbaan.S Cobus van Staden – Ek is deurHannes van der Walt.S Christa Beyers – Ghost Traindeur André Swiegers.S Tharina Stassen – Susanna MLingua.S Elize van Wyk – Apie semagie.S Daphne Venter – Soek dieskapie!SMalie Beukes – Thank you forthe music.S Barend van der Merwe –Brigadier en die raaiselponie deurMarga Jonker.S Juan-Marie van Eck – Storie-man Omnibus 6 deur LeonRousseau.S Piet Smith – Atlas teen dieVergeetrivier deur Pirow Bekker.

Talle pryse uitgedeel

Ryversigtig as jy dieN1naEdenburg volg.Weensbouwerk aandié hoofwegkomheelparty onverwagsedraaie soos dié foto toon wat van die brug by Tierpoort geneem is. Die Suid­Afrikaanse NasionalePadagentskap (Sanral) het ’n kontrak vir die opknapping en instandhouding van die N1 tussen Syden­ham en die afdraai na die Tierpoort­stasie toegeken. Dit is ’n afstand van 28,3 km. Sanral het beloofmotoriste sal nie tydens die bouery hoef te stop nie, want tydelike paaie sal gebou word. Die werksal na verwagting vroeg in 2015 voltooi wees. Foto: Jens Friis

Loop lig vir dié esse Roy op FBgehuldigNOG nooit het ’n Bloemfonteinerse dood soveel reaksie ontlok opBloemnuus se Facebook-blad soosdié van Roy (Robert) Doubell (55),die skoolhoof van die HoërskoolSand du Plessis, nie.Meer as 15 000 lesers het in tien

uur na die inskrywing van sydood op Bloemnuus se Facebook-blad gekyk – ’n aanduiding hy hetwaarlik sy plek in die samelewingvol gestaan en sal deur baiemense met liefde onthou word.Lees op bl. 8 hoe Bloemnuus selesers hulde aan hom bring.

Roy is Dinsdag aan ’n hartaan-val oorlede. Hy en sy vrou,Annalize, ’n assistent-redakteurvan Volksblad, was 30 jaargetroud. Uit dié huwelik is tweeseuns, Robert (27) en Meyer (25),gebore. Roy word ook oorleef deursy skoondogter, Tharina (25), ma,Dulcie (79), en kleinseun, James(amper 2 jaar).S ’n Troosdiens word vandag om11:00 by die Hoërskool Sand duPlessis vir hom gehou.S ’n Galery met foto’s van Roy iste sien op www.bloemnuus.co.za.

Page 2: Bloemnuusbl 20140530

2 BLOEMNUUS, VRYDAG 30 MEI 2014

Med

iaCorne

r10

0114/A/R

Johannesburg na Bloemfontein. Met vlugte vanaf

slegs R940*, is dit geen wonder dat ons roete blom nie.

Hierdie spesiale tarief is net beskikbaar op die volgende SA Express vlugte: SA 1001/2 | SA1003/4 | SA 1011/12 SA 1013/14 | SA 1017/18 | SA 1021/22 | SA 1023/24

Of jy nou vir besigheid of plesier rondrits, ons glo dit moet ’n veilige, sorgvrye en plesierige

ervaring wees – en natuurlik so ekonomies as moontlik. So van kostedoeltreffend gepraat, is

daar niks wat ons prys van R940* vir ’n eenrigtingkaartjie tussen beide stede kan klop nie.

*Eenrigtingkaartjie op ons Johannesburg en Bloemfontein roete, onderhewigaan beskikbaarheid. Koste sluit belasting uit. Bepalings en voorwaardes geld.

Die posseël van Bloemfontein is in 1996uitgereik. Jan van Beukering het die illu­strasie van bekende geboue in Bloemfon­tein gedoen. Van links is die Eerste Raad­saal, die Tweetoringkerk, die VrystaatseWetgewergebou, Naln en die Vrouemonu­ment.Bloemnuus ontvang graag afdrukkevan posseëlswatmet Bloemfontein en dieVrystaat verband hou. Stuur dit in jpeg­formaat na [email protected].

Praat saamS EK doen navorsing oor die Tromps enwil graag met ander Tromps in verbindingtree. Ek bly in Kaapstad. Kontak my [email protected]. – Johan Tromp

S Bloemnuus het die bal uit die veldgeslaan met ’n skitterende samestellingmet die uitgawe van 9 Mei 2014.

Dankie vir die kopkrapper-reisvrae –net 13 en 15 het my gesnoeker. Net weer’n bewys as ’n mens nuuskierig genoeg isom gereeld te lees en jou kennis teverbeter neem jy onbewus baie meer in enonthou meer as wat jy gedink het. Jullemoet dit meer gereeld doen. – ChristinaBotha

(Dankie, Christina. Sien bl. 4. – Red.)

Nuus: BroksgewysS TRIPADVISOR awardedLiedjiesbos B&B with a 2014Certificate of Excellence. Thisprestigious award recognisesbusinesses that consistentlyearn top ratings from TripAdvi-sor travellers.

S Ons Kinderhuis word op 11September ’n eeu oud. Oudin-woners word gevra om SonjaSwanepoel by 051-444-2938 tebel.

S Die NG kerk Langenhoven-park bied weer ’n kursus inSotho aan. Dit strek oor 32weke en kos R2 000. Die kursusbegin op Dinsdag 5 Augustusom 18:30 en vind in dieGemeentesentrum van die NGkerk Langenhovenpark plaas(in die Kleinkerk). Registreerjou voor of op Vrydag 1 Augus-tus, per e-pos:[email protected]. ’n Volledi-ge inligtingsblad is ook by diekantoor beskikbaar. Daar isplek vir net 25 studente.

S Die weidingboek Gids totdie volhoubare produksie vanweiding, saamgestel deur prof.Hennie Snyman van diedepartement vee-, wild- enweidingkunde aan die UV, seeerste drukoplaag is in dieeerste jaar uitverkoop. Dieboek is pas herdruk en kanbestel word by [email protected].

S SA Express, ’n gereeldeadverteerder in Bloemnuus, het43 vlugte per week van Johan-nesburg na Bloemfontein.

S Volksblad is die vyfdeagtereenvolgende jaar as dieMcCall-wenner vir uitstaandetipografiese uitleg en drukwerkbekroon. Die trofee wordjaarliks aan Suid-Afrikaansekoerante met ’n sirkulasie van50 000 en minder toegeken.

SKunswedstryde biednormaalweg nie ’n afdeling virdansers aan nie, ’n leemte watReEl-produksies van Bloemfon-tein nou gaan vul.

Die drama-onderwyser RethaPool en dansinstrukteur ElizeCogle van ReEl-produksies hetbesluit om hul 20 jaar vansaamwerk te vier met ’n projekwat aan leerlinge geleenthedebied.

Hul eerste kunswedstryd virdansers en dramaleerlingeword van 8 tot 13 September insamewerking met die opgeknap-te Stadskouburg (Civic)aangebied.

Inskrywings moet elektroniesgedoen word by www.reelpro-duksies.co.za. Die sluitingsda-tum vir inskrywings is 16Junie.

S 66%: The number of divorcesin the USA that are linked tosocial media, according to theAmerican Academy of matrimo-nial Lawyers.

Frequent Twitter users, inparticular, are more likely tocommit infidelity, break upand divorce, according to astudy from the University ofMissouri School of Journalism.

SHet jy geweet? Die kortsteBybelvers is Jesus het gehuil.(Johannes 11:35).

In Nederlands en Engels isdit nog korter: Jezus weende enJesus wept.

S Volgens kenners van ondermeer die Verenigde Nasies(VN) se Voedsel-en-landbou-organisasie is akwakultuur-

spesies reeds ’n miljard mensese vernaamste bron vanproteïne.

Suid-Afrikaners eet baieminder vis, oesters, mossels enander akwakultuurspesies perjaar as ander lande se inwo-ners.

Die wêreldgemiddeld per jaarper mens is 19 kg teenoor 6,5 kgin Suid-Afrika.

’n Lugballon staan gereed om op testyg op die De Oude Kraal­gaste­plaas 30 km suid van Bloemfontein.Vir meer inligting oor dié vaarte wat’n skaarsheid in die Bloemfontein­omgewing is, skryf aan info@deou­dekraal.com. De Oude Kraal se jaar­likse Wildskosfees vind op Saterdag7 Junie plaas.

Visit the National Museum. This historical street scene was built in the late 1970s, depicting dailylife of ordinary people in a Free State town at the end of the 19th to early 20th century. The shopismodeledon an advertisement ofW.B.Walker BoerenHandelshuiswhichwas founded inKroonstadin 1888.

Page 3: Bloemnuusbl 20140530

BLOEMNUUS, VRYDAG 30 MEI 2014 3

SWAT is jou kenmerkendsteeienskap?Dat ek die Here se kind is.

SWat is jou gunsteling-vers?Ek hou nog altyd van Psalm 23.

SWat is die mooiste woord inAfrikaans? Geloof.

SWie of wat is of was dieliefde van jou lewe?Ek is bevoorreg om met haar

getroud te wees.

SWat is jou grootste tekortko-mings?Om my gesig te laat wys dat ek

gelukkig is. Ek sal baiekeer vanbuite af sonder emosie lyk.

SWat is jou grootste vrees?Om nie vir my gesin te kan sorg

nie.

SWie is jou helde?Len Dippenaar van die groepNightshift.

SWaaroor is jy spyt?Dat ek nie veertien jaar gelede

’n huis gekoop het nie. En dat eknie vroeër in my lewe ’n CDgemaak het nie.

S Jou kosbaarste besitting?My familie.

SWatter CD is in jou motor?Dewald Gous s’n.

SAs jy nou ’n reis na enigeplek op aarde kon wen –waarheen sou dit wees?Ek sal my seuntjie, Zanru,

Disneyland toe wou vat.

SWatter is jou gunsteling-eet-plek in Bloemfontein?Filet by Beef & Reef of ontbyt

by die Golden Nugget Spur waarons seun lekker kan speel.

SWaarvan hou jy glad nie inBloemfontein?Ek kan nie regtig iets slegs van

Bloemfontein sê nie, want ek blyal my lewe lank hier en het nieplanne om te trek nie.

S Lees jy nou enige boek(e)?Nee, ek moet eerlik wees, ek

hou nie baie van lees nie. Ek houmeer van die prentjies in dietydskrif Car.

SWie sou jy die graagste virete wou nooi? Robbie Williams.

SWat sou jy dan vir ete maak?Ek glo ons sal vleis braai.

S Oor watter gawe sou jy woubeskik?Om nie so skaam te wees nie. Die Bloemfonteinse sanger Zak Steyn saam met sy vrou, Juan­Marie, en seun, Zanru.

’n Kuiertjie by Zak Steyn

S LIEWER ’n stukkie droëbrood met vrede daarby as’n huis vol kos met ’ngetwis daarby. – Spreuke17:1

S Although the world isfull of suffering, it is fullalso of the overcoming ofit. – Helen Keller

S As jy vrede wil hê, danpraat jy nie met jou vriendenie. Jy praat met jouvyande. – Biskop DesmondTutu

S ’n Oog vir ’n oog maaknet die hele wêreld blind.– Mohandas Gandhi

S I shut my eyes in orderto see. – Paul Gauguin

S Everyone wants to go toheaven, but no one wantsto die . . .

Oase

Lag’nslagS “KONDUKTEUR,aan watter kantvan die trein moetek afklim?”“Enige kant,

mevrou, albeikante hou gelykstil.”

S Twee ou skool-vriende ontmoetmekaar ná baiejare in ’n restau-rant.“Wat!” roep die

snobis uit, “werk jytog nie in dierestaurant nie?”“O, ja,” sê hy

nederig. “Ek werknet hier, maar ekéét nie hier nie.”

S “Mevrou,” sê dieboemelaar by dievoorhekkie, “ek isso honger ek kandie gras hier op jougrasperk eet.”“Kom dan liewer

agtertoe, dit is daarlanger en groener,”sê die vrousimpatiek.

Page 4: Bloemnuusbl 20140530

4 BLOEMNUUS, VRYDAG 30 MEI 2014

To-dolistVRYDAG 30 MEIS Thank you for the music:Musiek van Abba, Queen en BeeGees om 18:00 en 21:00 in die Sand.Pacofs, 051-447-7772.S Ek, Anna van Wyk deurfinalejaarstudente aan die UV in dieWynand Mouton-teater om 19:30.Regie: Nico Luwes. Kaartjies: R15tot R40 by Computicket.SWoodland Hills-gemeenskap-kerk hou basaar om 16:00 in diegemeenskapsaal. Besoekers vanbuite Woodland Hills wat ’n kodevir die hek nodig het, kan Judy by082-466-2595 bel. Ewie Cronjé,083-745-4805.S Binnelanders (18:30 op kykNET,kanaal 144): Wimpie het sy mes invir At Koster en Quinton dinkSonja maak die verkeerde besluit.Margot kan nie dat Jana langer virhaar verblyf betaal nie, terwylWimpie vir Krige probeer jaloersmaak. Morné beland weer inongevalle en Okkie probeer Ilseverras.S Onthou werkgewers: JaarlikseLBS-rekonsiliasie-sperdatum isvandag.SGood Idea Fridays at Gallery onLeviseur, 07:00. The speaker isMarjorie Human (owner of MugaMuga Textile Jewelry). Free andopen to the public. Info [email protected] Rockspiders om 19:00 in dieAasvoëlklub. Deon van Rooyen,076-787-0453.

SATERDAG 31 MEISNG kerk Brandfort se Son-skynfees: Plattelandse kermis metvleisverkope, heerlike eetgoed,interessante uitstallers en kuier-tee-tuin. Vir inligting of uitstalruimtesbel Hanna by 082-873-2650.S Basaar van die AP kerkBainsvlei by Megapark. AndréSwanepoel (072-476-1568) of ChrisHugo (082-569-5293).SNG gemeente Gardeniaparkhou basaar. Dit word om 09:00 deurds. Jan Venter geopen. Sanet Horn,051-522-0392.

S Byeenkoms van die Ou Presi-densie- Historiese Vereniging:Staptoer by die Bron van Herinne-ring/Dam van Trane om 14:00.Almal welkom. Kom by die Bybel-huis bymekaar. Lambert vanRensburg, 051-422-5283 of 072-418-8665.S Thank you for the music:Musiek van Abba, Queen en BeeGees om 18:00 en 21:00 in die Sand.Pacofs, 051-447-7772.SNataniël in Kovsiekerk om 18:30.Kaartjies kos tussen R130 en R200en is te kry by I Party, NelsonMandelastraat 160. Skakel 051-448-5606.SVolksblad se Kos-en-kunsmarkvind van 09:00 in die BotanieseTuin plaas.SKermis van die Gereformeerdekerk Bloemfontein-Noord, DanPienaar, van 09:30 tot 14:00. Skakel051-436-2932.S Family Fun Day at Makro from09:00 to 15:00. Phone: 082-895-7047.S Summerwood Country Estatehou ’n gesinsdag. Toegang: Gratis.Navrae: [email protected].

SONDAG 1 JUNIES Comrades-ultramarathon vanPietermaritzburg na Durban.

MAANDAG 2 JUNIES Binnelanders (18:30 op kykNET,kanaal 144): Okkie het planne om syhuwelik op te kikker en die nuweongevalle-dokter jaag aan met ’nfietsryer. Jana se voorstel oor ’nhuisbesoek is dalk nie ’n goeie plannie en ’n kinderpartytjie lei tot dieafwesigheid van ’n dokter by diekliniek. Daleen dink sy weet presieswie en wat Margot is.

DINSDAG 3 JUNIESOproep tot gebed van 10:00 tot11:00 in kamer 21 van die Klipkerkse sentrum. Vanessa, 072-375-3652.

S Binnelanders (18:30 op kykNET,kanaal 144): Sosiale media mag diesleutel wees tot ’n verpleegster sevrae. ’n Pasiënt is in ’n kritieketoestand en ’n dokter moet verant-woording doen. Jana probeernegatiewe publisiteit hokslaan enQuinton besef sy twee loopbane kanmet mekaar bots.S Pensioners’ day every Tuesday atMakro. Eileen Ndewere, 051-101-1000.

WEDNESDAY, 4 JUNES Shavuot (1st Day, Jewish).SKaraoke in Oolong Lounge, 2deLaan, Westdene, om 20:00. Skakel051-448-7244.S Blindfolded line, dancingthrough time – installasie deurLiza Grobler in die Oliewenhuis-kunsmuseum tot 8 Junie.

DONDERDAG 5 JUNIES Ehrlichpark-kosprojek: Die NGgemeente Heuwelsig lewer Donder-dae ’n bord warm, gekookte kos aan300 mense. As jy betrokke wil raak,bel Lauriette de Waal by 051-436-5482.S Vessel, ’n keramiekuitstallingdeur Dina Grobler, Helena de Waal,Clive Sithole en ander in JohannesStegmann-galery tot 20 Junie.SMense word benodig om Donder-dae ’n halfuur lank te kom help omdie sop en brood in die Klipkerk sesopkombuis uit te deel.Daar is ook mense nodig om sop tekook en brood te skenk. As jybereid is om te help bel Elize by051-436-7322.

VRYDAG 6 JUNIESMaria’s Story: Multimedia-uit-stalling deur Maureen de Jager inOliewenhuis tot 22 Junie.SOolong se maandelikse RooftopJol met verskeie DJ’s. Skakel051-448-7244.

Estie de Wet (16) van die Meisieskool Oranje is aangewys as Bloemnuus se Spontaan­wenner vir 2014. Sy salaan die eindronde van die Spontaan­kompetisie op die Vryfees deelneem. Tweede was Isabella­Marie Grobleren derde Liané Kotze. Kyk na video’s van die oudisies op www.bloemnuus.co.za. Van links is Marnie van Wyk(beoordelaar), Estie, Jens Friis (redakteur: Bloemnuus), Liané, Chris Pretorius (Bloemnuus se Spontaan­wennervan 2013), Isabella­Marie en Ankia Bradfield (beoordelaar). Foto: Nico Gous

TOETS jou algemene kennismet dié vrae wat Jens Friissaamgestel het.

1. Waarom staan die Wêreldbe-kerrugby-trofee as die WilliamWebb Ellis bekend?

2. Wat is die algemene naamvir ’n aronskelk?

3. Is dr. H.F. Verwoerd in 1956,1966 of 1976 vermoor?

4. Watter teaterproduksiehuisbring Vrydag- en Saterdagaan-de die vertoning Thank YouFor The Music na die Sand duPlessis-teater?

5. Van watter land is dietennisspelers Ana Ivanovic enJelena Jankovic?A. BelgiëB. SerwiëC. Slowenië

6. Wat is die naam van dielokaal in Sun City waar dieHuisgenoot-skouspel plaasvind?

7. Wie het met die liedjieKaboemielies getref?

8. Bloemfontein en Kaapstad ispresies 1 000 km uit mekaar. Jytrek om 06:00 hier weg en rygemiddeld 100 km/h. InColesberg vertoef jy ’n uur virontbyt en in Beaufort-Wes nog’n uur vir middagete. Hoe laatsal jy in Kaapstad wees?

9. Onder watter sterreteken valjy as jy op 7 Junie verjaar?

10. Hoeveel minute is daar in’n dag?

Antwoorde

1. William Webb Ellis, ’nskoolseun van die Engelse dorpRugby, het in 1823 ’n sokkerbalopgetel en daarmee gehardloop.Só het rugby ontstaan.2. Varkoor3. 19664. Barnyard5. B. Serwië6. Superbowl7. David Fourie8. Twaalf uur later, 18:00.9. Tweeling10. 1 440 minute (60 minute x 24uur)

Wie weet watvan dié sake?

Wie het met die liedjie Kaboe-mielies getref?

Page 5: Bloemnuusbl 20140530

BLOEMNUUS, VRYDAG 30 MEI 2014 5

Jens Friis

DIE gemiddelde mens eet onbewusteliktot ’n halwe kilogram insekte in ’nleeftyd, volgens www.eatbug.com.Hierdie goggos kom blykbaar veral in

graanprodukte voor en is soms te sien as’n klein swart spikkeltjie in byvoorbeeld’n sny brood.Insekte word ook in vrugte en groente

gevind, en is veral algemeen in verwerkteen geblikte kos en drank, word gesê.Eetbare insekte sluit in tamatiegegeurde

wurms, langhoringsprinkane, kewerlar-wes, mieliewurms en sonbesies. Koekies,taco’s en selfs patee word van sommigeinsekte gemaak.Moet dit net nie tuis probeer maak nie

– die goggas kon iewers al onder gifstow-we deurgeloop het of kan self giftig wees.

Lekkerny

Dit mag vir ons vreemd klink, maar insommige wêrelddele is die eet van insekte’n algemene gebruik. Dit word selfs as ’nlekkerny beskou.In Things Fall Apart vertel die Nigerie-

se skrywer Chinua Achebe hoe die lugdonker word oor ’n dorpie in Afrika. ’nSwerm sprinkane is op pad.Die mense bid dat die sprinkane moet

gaan sit.As die swerm land, word die insekte

gevang en die inwoners smul wekedaarna nog aan die gelukkie wat op hulleneergedaal het. Nie omdat hulle honger isnie, maar omdat dit lekker is.Die Australiese inboorlinge is bekend

daarvoor dat hulle verskeie wurms eneiers eet. Van die mense in die Demokra-tiese Republiek van die Kongo (Kinshasa)is verheug wanneer die kriektyd aan-breek.

Munch-an-Insect

In ’n stadium het ek in Montreal,Kanada, gewoon en daar is ’n Munch-an-Insect-projek begin om inligting oorinsekte te versprei.Mense se negatiewe houding hieroor

word omgeswaai deur op die belang vaninsekte vir ekologiese balans te wys.Buiten die opvoedkundige en kulturele

taak van die Montrealse Insektariumword hier ook navorsing gedoen.Terwyl hulle aan ’n gebraaide kriek

kou, kon besoekers leer hoe insekteuitbroei, en hoe die gediertes voorberei engekook kan word.Gewilde geregte was pizza met meel-

wurm-koekies en Mexikaanse sprinkane,asook gebraaide krieke wat in sjokoladegedoop word.Kenners wys jou vinnig daarop dat

insekte baie gesond is. Dit bevat bloedwei-nig vette, maar geweldig baie proteïene.En, sê hulle, insekte is ’n veel meer

volhoubare bron van voedsel as byvoor-beeld vis, hoender of vleis.

Sal jy ’n gebraaidesprinkaan eet? Insommige wêrelddeleword dit as ’nlekkerny beskou.

Gogga:lekkerkos ofgagga?

Page 6: Bloemnuusbl 20140530

6 BLOEMNUUS, VRYDAG 30 MEI 2014

Getroud

Franré Swanepoel en Johané Nienkemper. Foto: Lauren KriedemannWian en Elizna Theron. Foto: Mandie Niemann

Luvey en Henry Potgieter. By hulle staan Lené Koster en Christopher Potgieter.Foto: Thesen Photography

Zelmarie en Werner Griesel.

Anel en Jaco du Plooy. Foto: Koringkriek Produksies GJ en René Gouws. Foto: Momentous Photography

Page 7: Bloemnuusbl 20140530

BLOEMNUUS, VRYDAG 30 MEI 2014 7

Page 8: Bloemnuusbl 20140530

8 BLOEMNUUS, VRYDAG 30 MEI 2014

Roy Doubell, skoolhoof van Sand du Plessis, is vroeër die week ná’n hartaanval dood.

Doubell wyd onthouJens Friis

ROY (ROBERT) DOUBELL (55),skoolhoof van die Hoërskool Sanddu Plessis, is Dinsdag vroegog-gend aan ’n hartaanval oorlede.Hulde aan Roy het op Bloem-

nuus se Facebook-blad inge-stroom. Lesers het só op dieskoknuus van sy dood gereageer:

SGlenzito Valescas: God hetgegee en God het geneem. ’n Manwat in ’n kort bestek van tyd indie harte van vele mense geklimhet, ’n opregte leier, ’n onderwy-ser in die volle betekenis vanonderwyser wees. Aan die familiewil ek sê: Julle mag alleen voel

in die tyd van droefheid, maarglo my, u is in die gebede vanvele mense. Ons innige simpatie.SGert Engelbrecht: My hartgaan uit na Annalize en diekinders. Sterkte vir julle en magGod met julle wees en jullevertroos.SHuibrie Marais du Toit: Nee,nee, ek kan dit nie glo nie, altyd’n glimlag . . . Ai, Annalize, dinkaan jou en familie.S Licia Carter: Rus in vrede,Meneer. Dit was ’n eer omMeneer as skoolhoof te hê.Meneer het baie leerlinge enmense se harte kom aanraak metdie vriendelikheid. Dit sal onsaltyd onthou.

S Brenda Malan: ’n Professione-le man met ’n mooi hart. Jy hetdiep in die gemeenskap vanHeidedal se harte geklim en ’nverskil in ons skool gemaak.S Elize van Heerden: Aan dieDoubell-familie en Sand duPlessis-leerlinge: Ons bid jullebaie sterkte toe in die donkertyd.SMarlene Dilger: Roy, jy was’n yster, ’n superster. Dankievir al jou hulp, raad en by-stand.S Lizanne Venter Bloem: Hylos ’n groot leemte by die skool.Hy was ’n opregte mense-mens.Hy was Sannies se eie “Legende”en sal so onthou word.S Christa Venter Jordaan: RIP,mnr. Doubell. Dankie vir wat jyvir my kind gedoen en betekenhet. Jy was ’n man duisend.

OP 30 Mei 1960, vandag 54 jaargelede, het dr. H.F. Verwoerd inBloemfontein vir die Uniefeesaangekom. Die Volksblad hetdestyds só daaroor berig(“Premier verras tienduisen-de”).

DIE Eerste Minister, dr. H.F.Verwoerd, het die naweek by driegeleenthede sy verskyning in dieopenbaar in die Uniefees-stadBloemfontein gemaak.Baie duisende mense het hom

gesien as ’n man wat op die oog afniks, behalwe etlike klein mer-kies, oorgehou het van diesluipmoordaanslag ’n tyd geledeop sy lewe nie.Die groot verrassing die naweek

vir feesgangers was toe hyonverwags by die Generaal DeWet-opleidingsterrein by De Brugopgedaag het.Hy, sy eggenote, mnr. J.J.

Fouché (minister van verdediging)en mev. Fouché het in ’n Dakotaop die landingstrook by De Brugneergestryk en is vandaar permotor na die brandpunt van diemiddag en aand se verrigtingevervoer.Dr. Verwoerd is deur luide

handegeklap begroet.Daarna het hy die saluut

geneem en ’n erewag van ’nhonderd kwekelinge van dielugmag-gimnasium saam met min.Fouché geïnspekteer.

Hy het regop en flink gestap, syslape grys in die son.Dr. en mev. Verwoerd is voor

sononder die middag weer terugna die stad.Gisteroggend het hy en sy

eggenote, vergesel deur hul tweejongste seuns, Wynand en Christi-aan, die erediens in die N.G.Moederkerk in Bloemfonteinbygewoon.Saam met hulle was mnr. J.W.

du Plessis, die Administrateur, enmev. Du Plessis.Die Verwoerds het Saterdagog-

gend omstreeks 11:15 met ’nDakota op die lughawe J.B.M.Hertzog aangekom, waar hulledeur sowat vierduisend menseverwelkom is.Tweeduisend was Volkspelers

wat ’n lang erewag vir hullegevorm het.Dr. Verwoerd het sy hoed vir

die skare gelig en mense oral opdie laaiblad gegroet.Die pers en hoogwaardigheidsbe-

kleërs is op die laaiblad toegelaat.Speurders en polisie het oral

rondgestaan, maar ’n mens hetnooit juis die indruk gekry dat dieveiligheidsmaatreëls ooglopend isnie.Kol. A. Spengler, hoof van die

veiligheidspolisie, was ookteenwoordig.Maj. Karl Richter, persoonlike

lyfwag van die premier, het saammet die premierspaar gereis.

H.F. Verwoerdvir Uniefees inBloemfontein

SIX things you never knewabout lungs:

1. The total amount of air inour lungs when full is fourto six litres (depending onour size).

2. Even when you havebreathed out as fully as youcan, about a litre of air willstay in your lungs.

3. Lung disease caused bytobacco use is the cause ofdeath of almost one in tenadults worldwide.

4. The left lung is smallerthan the right lung, owingto the space taken up byyour heart.

5. If all the different air-tu-bes in the lungs were joinedend to end, they wouldstretch 48 km.

6. Every day the lungsbreath in between 7 900 and9 100 litres of air.

Lungs:amazingorgans

Die eiendomsmark in Jeffreysbaai, een van die gewildste vakan­siedorpe vir Bloemfonteiners, is veel erger deur die ekonomiesekrisis as baie ander plekke in die land geraak. Eiendomspryse istot 50% laer as vyf jaar gelede – waaronder die van dié goedgeleëwoonhuis. Redes hiervoor is dat huiskopers eers ’n primêre wo­ning afbetaal en tweedens, veral in Jeffreysbaai se geval, dat teveel eiendom die afgelope jare daar gebou is. Eiendom soos diéeen is dus nou teen uitstekende pryse op te raap. Foto: Jens Friis

Maak só op FacebookBLOEMNUUS se Facebook-blad isvir almal met ’n belangstelling indié weeklikse koerant, en ons wilgraag van julle hoor.Die doel van die forum is ’n oop,

veilige ruimte vir jonk en oud,daarom vra ons:SNeem jou eie privaatheid en diévan ander mense in ag.SHou jou plasings skoon, moenielasterlike kommentaar lewer nie,moenie vloek nie en vermypersoonlike aanvalle.SHou by die onderwerp.S Bloemnuus is nie verantwoorde-lik vir die inhoud van webskakelsof foto’s wat ander mense deel nie.

S Die blad is nie ’n plek virgemorspos, kettingbriewe ofadvertensieplasings nie en dit salsummier verwyder word.S Let asseblief daarop dat dieinhoud wat aanhangers op hierdieblad deel nie noodwendig Bloem-nuus se standpunte of meningsweerspieël nie.S Bloemnuus behou die reg voorom enige kommentaar te verwyderof besoekers te blokkeer.As jy kommentaar sien wat jou

pla of wat jy dink is onvanpas, kanjy ons verwittig – noem waar jydie kommentaar gesien het – stuur’n e-pos na [email protected].

Troeteldierfoto’s ingewag

Rudi Steenkamp vermaan Kiba, sy troetel­sebravinkie.

Jens Friis

VERLEDE WEEK hetBloemnuus lesers genooi om’n treffende foto van hultroeteldier te stuur.Die reaksie het alle

verwagtings ver oortrefdeurdat meer as 400 foto’sontvang is. Daarom is besluitom die kompetisie se aarduit te brei en die sperdatumtot Maandag te verleng.Die wenner sal steeds ’n

R1 000-geskenkbewys vanMakro ontvang.Dié foto sal waarskynlik óf

buitengewoon treffend wees,óf ’n storie vertel soos RudiSteenkamp s’n.Hy het die sebravinkie

Kiba van kleins af grootge-maak. Kiba het in diebadkamer in sy eie nessiegeslaap.Ná die dood van sy

maatjie, Stoffel, het Kibaparmantig geword. Rudimoes hospitaal toe nadatKiba sy oog beseer het,“maar ek was steeds inniglief vir dié klein rakker”.Kiba is ongelukkig intus-

sen dood.

Page 9: Bloemnuusbl 20140530

BLOEMNUUS, VRYDAG 30 MEI 2014 9

STORAGECONTAINERWITH WHEELS

ASSORTED COLOURS

KILLER

DEAL

R129SAVE R20

85l

LCA

_M

AM

_0035_30_05

EDUCATIONAL TOYS STATIONERY INDUSTRIALCATERINGSTORAGE OUTDOOR CLEANING, YOU NAME ITTOYS

HEAD OFFICE: TEL: 021 911 5555. WESTERN CAPE: RETREAT: TEL:021 701 0566; GREEN POINT TEL: 021 418 7805; SOMERSET WEST

TEL: 021 852 1605; KENILWORTH TEL: 021 671 3114; BELLVILLE TEL: 021 948 3767 EASTERN CAPE: PORT ELIZABETH TEL: 041-368 6551,

EAST LONDON TEL: 043-726 3679 FREE STATE: BLOEMFONTEIN TEL: 051-421 0029 GAUTENG VAAL TRIANGLE: VANDERBIJLPARK

TEL: 016-985 2822 ERRORS & OMISSIONS EXCLUDED.WE RESERVE THE RIGHT TO LIMIT QUANTITIES. OFFERS VALID UNTIL 25 JUNE

2014, ORWHILST STOCKS LAST. VISIT OURWEBSITE AT: WWW.MAMBOSPLASTICS.CO.ZA

R189SAVE R50ALL3FOR

ADDIS THE

INDISPENSABLE

ROUGH TOTE

UTILITY

CONTAINER

3 SIZE COMBO

30l, 45l & 68l

STORAGEBOX

BLACK/GREY

R189SAVE R20

160l

R120BUY

ANY 2 FOR

SAVE R30

CLEAR DVD BOX WITH LIDCLEAR CD BOX WITH LID

CLEAR,PINK &BLUE

6.5l

16l

24l

R29 SAVE 10

R55 SAVE 10

R59 SAVE 15

1.5l

3l

5l

8l

R17 SAVE R5

R30 SAVE R6

R43 SAVE R10

R60 SAVE R15

CRYSTALSTORAGEBOXESWITH LIDS

STORAGE SOLUTIONSATKILLERPRICES

THEBIGGEST PLASTICSWAREHOUSE INAFRICA

HOBBY LIFE MULTIBOXCONTAINERS

EACH

EY, in collaborationwith the UFS Centre for Accounting, hosted the fifth annual Project Alpha Competi­tion. Students prepare oral presentations in groups. The content of the presentations can relate toany current topic in business ethics. The students’ presentations are judged by a panel comprisingstaff fromEYand theCentre forAccounting. From the left are, front: Danielle LeeBotha, ChelseaGelden­huys, Gideon Swart, Chantelle Madeleine Pearce and Chelsea Combrink; back: Prof. Dave Lubbe (lectu­rer in Business Ethics), Kobus Swanepoel (head of department, Centre for Accounting, UFS), Niel deLeeuw (partner, EY), Lefa Makoko, Thabo Charles Ntsekhe, Prof. Hentie van Wyk (chairperson, Centrefor Accounting, UFS) and Donovan van Straaten (partner, EY). Absent: Johannes van Dyk.

Photo: Anneska van der Spoel/Mud Boots Photography

Wel & weeS DIE volgende mense in Bloem-nuus se lesersgebied is oorlede:* Elsje Symington (1954)*Mara van den Berg (1946)* Laetitia van Zyl (1933)* Catharine Petronella (Carina)Jacobs (1945)* Cois van Niekerk (1969)* Brendon John (1995)* Frederick Christoffel van derWalt (1978)* Vincent Viljoen (2001)* Lappies Labuschagne (1931)*Magrietha du Plooy (1917)* Lizzy (gebore Young) Meeding(1930)* Christa Mielmann (1957)* Philippus Jacobus Stephanusde Klerk (1934)*Anna Smit (1938)

SMarthinus van Schalkwyk heture nadat hy van sy weglating uitpresident Jacob Zuma se nuwekabinet verneem het, as LPbedank. Die voormalige NNP-leierwas tot eergister die minister vantoerisme in Zuma se kabinet. Hyis deur Derek Hanekom vervang.

SHendrik en Ella Jacobs vanWilgehof vier Maandag hul 50stehuweliksherdenking.

S Susanne Mulder van Athaliase Huis Genade vier Sondag haar60ste verjaardag.

S Stuur inskrywings vir dieWel en Wee-blad [email protected].

SOOS VINKEL EN KOLJANDER: Die identiese tweeling Karien de Waalen Wilna Gous is in Kroonstad gebore. Is jy een van ’n identiese twee­ling? Stuur dan ’n foto met ’n byskrif na [email protected].

BLOEMNUUS neem weekliks metspyt van die afsterwe van inwo-ners in sy lesersgebied kennis.

Die oorledenes word dan in diekoerant vermeld.

Meestal word bykomendeinligting oor die oorledenesbenodig.

As jy ’n familielid wat onlangs

oorlede is in die Wel & Wee-kolomwil huldig (dit is gratis), stuurasseblief die volgende inligting [email protected]:S volle name;S noemnaam;S van (en nooiensvan);S die datum waarop die mensoorlede is;

S die oorledene se geboortejaar;S ’n bondige beskrywing van dieoorledene se beroepslewe;S deur wie die oorledene oorleefword; enS waar en wanneer sy/haarbegrafnis-/gedenkdiens gehou is.

’n Gesigfoto van goeie gehaltesal ’n welkome toevoeging wees.

Laat weet só as iemand sterf

Page 10: Bloemnuusbl 20140530

10 BLOEMNUUS, VRYDAG 30 MEI 2014

PERSOONLIKEDIENSTE

DAGSORG& CRÈCHES

1410

Besige Bekkies Kleuter-skool in Universitas. Babastot 5 jaar. Ons berei joukleinding voor vir grootskool. % 051 522 9748/084 522 9748.

FINANSIEEL

1420

A " BLACKLISTED""ITC" "DEPREWIEV"WE CAN HELP. We

finance you. Cars, Bakkies,D/Cubs available. 076 3099909 or 076 752 7446.email: martie.benecke

@gmail.com

FUNKSIES &KONFERENSIES

1425

KRUIEKENNER

1435

LENINGS

1445

Consolidation Loan Online:Up to R230 000. Bad creditwelcome.E-mail: [email protected]

TE KOOP

TROETELDIERE

1660

HUSKY PUPPIES FORSALE, R1 000. ContactErnst 079 917 0892.

ALGEMENE &HUISDIENSTE

HUISVERBETERINGSBINNE

1835

AAA-kwaliteit: INSTALLERING vanalle plafonne en 'drywalls' (herstelvan plafonne).Gratis kwot. 079 581 6654.

HUISVERBETERINGE:binne en buite, van dakke,

plafonne, verf, teëls,geisers, storte, ens.

SANTA 076 835 7849.

LOODGIETERS

1855

Aandag! Alle loodgieters-werk. Nuwe installasies,verstopte riole asookonderhoud. 079 581 6654.

BOME

1871

AFSNY EN WEGRY VAN BOME,hoërisikobome. 082 693 0234.

BETREKKINGS

3600

ADMINISTRATIEF

3605

COMPANY IN New EastEnd is looking for admin ladywith experience in PastelAccounting. CV can be faxedto 051-432 8259/e-mail:[email protected]

VERKOPE &BEMARKING

3760

Healthcare company seeks:Motivated individuals to jointheir team!We offer:Full training, R14 700.Performance bonus andcommission.Requirements:Proven sales experience.Valid licence, self-starter,career-driven. To book aninterview call JP de Neckeron 051 522 2237.

GESOEK

3601

Baie betroubare tuinwerker/verwer. Kan ook draadspan.Maandae en Dinsdae beskik-baar. Skakel 072 240 8665 /071 509 7888.

BOEDELKENNIS-GEWINGS

BOEDELS:KREDITEURE EN

DEBITEURE4201

122 CE STEYNIn die boedel van wyleChristiaan Erasmus Steyn,identiteitsnommer 3602215024 08 4, meerderjarige man,getroud buite gemeenskap vangoed en in lewe woonagtig byAliquando 36, Dok Beyers-straat, Heuwelsig, Bloemfon-tein, boedelnommer000817/2014.Kennis geskied hiermee datdie eerste en finale likwidasie-en distribusierekening in boge-noemde boedel ter insae sal lêby die kantoor van die Meestervan die Hooggeregshof,Bloemfontein, vir 'n tydperkvan 21 dae gereken vanaf 30Mei 2014.Naam en adres van Eksekuteurof Gemagtigde:

LB SAFFYHoney Prokureurs

Posbus 29Bloemfontein9300Tel. 051 403 6600Faks. 051 403 6714.

122 MMWESSELSBOEDEL WYLE MMWES-

SELSKENNISGEWING AANKREDITEURE IN

BESTORWE BOEDELSAlle persone met vorderingeteen ondervermelde boedelmoet dit binne 30 dae vanafdatum van publikasie by dieondergetekende Eksekuteurinlewer.Boedelnr. 11824/2013Meesterskantoor: Bloemfon-teinVan: WesselsVoorname: Martha MarleneGeboortedatum: 8 Oktober1937Identiteitsnommer: 3710080290 08 4Laaste adres: Marico 14, Pel-lissierrylaan, Pellissier, Bloem-fonteinDatum van oorlye: 13 Oktober2013Naam en adres van Ekseku-teur: E Horn, Van der Merwe& Sorour, Posbus 1062, Bloem-fontein 9300.

E. HORNEksekuteur

Van der Merwe & SorourPosbus 1062Bloemfontein9300.

122 NG MOSUHLI

In die boedel van wyle NgakaSamuel Mosuhli, identiteits-nommer 561217 5703 08 8,meerderjarige man, getroudbinne gemeenskap van goedmet Motshabi RebeccaMosuhli, identiteitsnommer580520 0858 08 9, in lewewoonagtig by 665 Clubview,Phuthaditjhaba, boedelnom-mer 64/2014.Kennis geskied hiermee datdie eerste en finale likwidasie-en distribusierekening in boge-noemde boedel ter insae sal lêby die kantoor van die Meestervan die Hoogeregshof, Bloem-fontein, vir 'n tydperk van 21dae gereken van Vrydag 30Mei 2014.Naam en adres van Eksekuteurof gemagtigde:

LB SAFFYHoney Prokureurs

Posbus 29Bloemfontein9300Tel. 051 403 6600Faks: 051 403 6714.

SOEK, KOOP, VERKOOP

Page 11: Bloemnuusbl 20140530

BLOEMNUUS, VRYDAG 30 MEI 2014 11

TOYOTA het sy plek as die wêreld sewaardevolste motorhandelsnaam met ’nreeks nuwe produkte, ’n verbetering in dieJapanse ekonomie en ’n herstel in dieAmerikaanse motormark versterk.

Toyota sê sy handelsnaamwaarde het dieafgelope jaar met 21% tot $29,6 miljardversterk. Die gemiddelde toename inhandelsnaamwaarde in die motorsektor was17% en van die top-100 handelsname 12%.

Dit is die sewende keer in nege jaar datBrandZ Toyota as die leier in die motorhan-delsnaam-afdeling in sy verslag oor diewêreld se 100 waardevolste handelsname

aanwys. Toyota is in die 26ste plek.BMW, met ’n handelsnaamwaarde van

$25,7 miljard, is 32ste onder die top-100handelsname en is die tweede sterkstemotorhandelsnaam. Mercedes-Benz is derdein die motorkategorie met ’n handelsnaam-waarde van $21,5 miljard en is 42ste op dielys van top-100 handelsname. Die derde envierde plek in die motorkategorie word deuronderskeidelik Honda, wat 70ste op dietop-100-lys is, en Ford (84ste) beklee.

Motorhandelsname wat nie die top-100 lysgehaal het nie, is Volkswagen, Audi,Hyundai en Lexus.

GEE GESKIEDENIS LEWE: Dié Farmall Regular­trekker van 1927 se wiele draai weernadat ’n groep studente in meganiese ingenieurswese aan die Sentrale Universiteitvir Tegnologie, Vrystaat (SUT), en die eienaar se seun Marno dit van Januarie afvirmeer as 300 uur beetgekry en gerestoureer het. Die trekker, wat aan Jannie Ferrei­ra van die Ferreira­museum buite Bloemfontein behoort, kom van die plaas Houtkopby Bethlehem waar dit ’n hamermeule getrek het om koring en mielies te maal. Diegroep het met die projek begin nadat die waarnemende hoof van die meganiesedepartement, Dries Bothma, hulle in kontak met Ferreira gebring het omdat hy ge­dink het dit sou goeie blootstelling vir die studente wees. Eindelik het hulle op dieNampo­oesfees die derde plek in ’n kompetisie vir gerestoureerde trekkers behaal.Die eerste twee plekke is deur tweelingbroers vanKlerksdorp behaal.Wat die Bloem­fonteiners se prestasie besonders maak, is dat die studente self sowat 70 onderdelein die SUT se eenheid vir produkontwikkeling en tegnologie (PDTS), wat die materi­aal en werkure vir die restourasie geborg het, vervaardig het. By die eindprodukstaan van links Sasha, die hond, Marno Ferreira, Eric Newby, André Heydenrych enAllan Kinnear. Foto: Francois Heydenrych

Toyota waardevolste motornaam

Page 12: Bloemnuusbl 20140530

Cyclist a championLynne Landman

ELZAAN MATHEWSON(17), a pupil at the JimFouché High School inBloemfontein, has beenselected as this month’sBloemnews SuperSport Let’sPlay Sports Star of theMonth for her achieve-ments in cycling.Elzaan started cycling at

the age of 11 and has sincedeveloped into a championcyclist.Her first major achieve-

ment was in 2009 when shewas named the Free Statechampion, a title she heldon to until 2013. In additionshe received Free Statecolours in cycling.In 2010 she was chosen as

the u.14 South African roadbike champion and alsoheld podium places in theSouth African Classicsfrom 2012 to 2013.At the age of 16 Elzaan

was approached by aprofessional team whereshe rode in the group ofelite riders. Last year,while still a first yearjunior, she finished thirdin the women’s division forthe Engen Series that washeld in Durban, Johannes-

burg and the Paarl.Elzaan has been partici-

pating in the South Africancycling championshipssince 2010.This year she took part

in the South Africancycling championships andqualified for the AmateurWorld Cycling Champions-hips in Slovenia, whichwill take place in August.She lives by the motto:

When you follow yourpassion, success follows you.

S Send your SuperSportLet’s Play Sports Star ofthe Month nomination forschool learners between theages of 6 and 18 today(nominations receivedbefore the 20th of eachmonth will be included inthat month’s selection). Youcan email your nominationto [email protected] orfax it to 086-552-4922. Formore information, pleasecontact Lynne or Juanré atZ PR on 051-522-9574.

Elzaan MathewsonVan links is, voor: Jandri Venter, Riaan Dippenaar, Ruan Dippenaar, Malcolm Markramen Kevin Markram; agter: Hendrina Coetzee, Nico Laubscher, Wynand de Villiers, ChrisAustin, Jami Visagie en Shawné Brummer.

White Tigerswys hul naelsLEERLINGE in Koreaansekrygkuns aan die WhiteTigers-klub het puik opnasionale vlak gepresteer.Op ’n keuringskampioen-

skapsbyeenkoms van TheAssociation for InternationalSport for All (Tafisa) in dieEmerald-casino in Vander-bijlpark is drie spannegekies waarvan twee inSeptember aan die TAFISA-wêreldkampioenskapsbyeen-koms in Kanada gaandeelneem.Die White Tigers-klub het

46 medaljes ontvang. ChrisAustin (20) en Jami Visagie(16) is vir die nasionale spangekies. Altesaam 13 lede vandie White Tigers is vir diepresidentsontwikkelingspangekies en nege vir dieontwikkelingspan.Ongeveer 400 deelnemers

het in verskillende variasiesvan die Koreaanse enJapanse style meegeding.Die White Tigers-klub is

deel van die KoreaanseKrygkunsvereniging inSuid-Afrika, die Internasio-

nale Tang Soo Do en dieHaedong Kumdo waarvangrootmeester Eddie Jacob-sen wêreldwyd aan die hoofstaan.Meester Liza Coetsee-Hugo

is die hoofafrigter aan dieWhite Tigers-klub in dieVrystaat en Oos-Kaap en ditis by die Martial ArtsAuthority of South Africa(Masa) geaffilieer.Die 29 lede van die White

Tigers-klub kom van sover soos Aliwal-Noord enZastron.