bloemnuusbl 20140516

12
VRYDAG 16 MEI 2014 WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA GRATIS IN ’n Vuur gevang in glas lewer Amanda Strydom ’n kragtoer met die werke van haar mentor, Hennie Aucamp, die vader van die Afrikaanse kabaret wat in Maart oorlede is. Bloemnuus gee agt kaartjies na haar vertonings hiervan op die Vryfees (15 tot 20 Julie) weg. Om jou in te skryf is maklik. Share dié inskrywing op Bloem- nuus se Facebook-blad. Die sluitingsdatum is Maandag 19 Mei om 09:00. Wen 8 kaartjies Tree aan vir Spontaan HET jy ’n spesiale talent? Dan kan jy vir Spontaan 2014 nader staan. Dié kompetisie van die Sentrale Plaaslike Koerante op Volksblad se Vryfees trek vanjaar ’n nuwe baadjie aan. Nie net sangers nie, maar enigeen met ’n besonderse talent kan nou deelneem – hetsy jy kitaar met ’n lepel speel, gedigte voordra, balle wiggel, met kaarte toor, konsertina agter jou rug speel, aksente namaak, dans of, natuurlik, sing. As jy dink jy het ’n talent waarvan ander mense kennis moet neem, kom wys jou slag op Maandag 19 Mei. Die oudisie begin om 18:00 in die Opleidingslokaal van die Volksblad-gebou langs Nelson Mandelastraat. Deelnemers moet alles wat hulle vir die optrede nodig het self verskaf – ook ’n CD-speler as agtergrondmu- siek benodig word. Deelnemers moet ouer as 16 jaar wees. Inskrywing is gratis. As jy as streekwenner aangewys word, moet jy op Saterdag 19 Julie op die Vryfees wees om jou staal in die eindronde op die Blêrkas-verhoog te toon. Die wenner van elke streek sal net ná elke oudisie aangekondig word. As jy nie van Bloemfontein is nie, moet jy jou eie vervoer en verblyf reël. Die beoordelaars behou die reg voor om nie ’n streek- wenner te kies indien ’n gepaste kandidaat nie vir die streek beskikbaar is nie. As jy nog vrae het, skryf aan [email protected] of skakel 051-404-7901. Die volgende pryse is op die spel: ) SpecSavers: pryse van R3 000. ) ExecuSpecs: pryse van R5 800. ) Z PR Communication and Public Relations Consultants: ’n Publisiteits- en-bemarkingpakket van R5 000 vir elke finalis, insluitend ’n konsultasie met die Z PR-span, ’n professione- le CV, die ontwerp van ’n CD-omslag, visitekaartjies, ’n professionele profiel, Facebook-profiel en vyf nuusverklarings. Die algehele waarde van die prys is R40 000. ) Atlantis-gastehuis: Verblyf van R4 100. Die wenner, naaswenner en derdeplekwenner wen elkeen twee nagte se verblyf vir twee mense, ontbyt ingesluit. ) PCB Productions: ’n Fotosessie vir die wenner, naaswenner en derdeplek- wenner van R4 500. Dirkie is soek DIRKIE, die bekende mak meerkat van die De Oude Kraal Country Estate & Spa, het voete gekry. Dit word vermoed dié geliefde troeteldier van Gerhard en Marie Lombard is gesteel. Dirkie het selfs snags op die bed saam met hulle geslaap. Enigeen wat dalk weet waar Dirkie hom bevind, word gevra om 051-564-0636 te skakel. ’n Foto van hom is op Bloemnuus se Facebook-blad geplaas.

Upload: central-newspaper-group-bloemnuus

Post on 08-Mar-2016

298 views

Category:

Documents


1 download

DESCRIPTION

Bloemnuusbl 20140516

TRANSCRIPT

Page 1: Bloemnuusbl 20140516

VRYDAG 16 MEI 2014 WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA GRATIS

IN ’n Vuur gevang in glas lewer Amanda Strydom ’n kragtoer met die werke vanhaar mentor, Hennie Aucamp, die vader van die Afrikaanse kabaret wat in Maartoorlede is. Bloemnuus gee agt kaartjies na haar vertonings hiervan op die Vryfees(15 tot 20 Julie) weg. Om jou in te skryf is maklik. Share dié inskrywing op Bloem­nuus se Facebook­blad. Die sluitingsdatum is Maandag 19 Mei om 09:00.

Wen 8 kaartjies Tree aan virSpontaanHET jy ’n spesiale talent?Dan kan jy vir Spontaan 2014nader staan.Dié kompetisie van die

Sentrale Plaaslike Koeranteop Volksblad se Vryfees trekvanjaar ’n nuwe baadjie aan.Nie net sangers nie, maarenigeen met ’n besondersetalent kan nou deelneem –hetsy jy kitaar met ’n lepelspeel, gedigte voordra, ballewiggel, met kaarte toor,konsertina agter jou rugspeel, aksente namaak, dansof, natuurlik, sing.As jy dink jy het ’n talent

waarvan ander mense kennismoet neem, kom wys jouslag op Maandag 19 Mei.Die oudisie begin om 18:00

in die Opleidingslokaal vandie Volksblad-gebou langsNelson Mandelastraat.Deelnemers moet alles wat

hulle vir die optrede nodighet self verskaf – ook ’nCD-speler as agtergrondmu-siek benodig word.Deelnemers moet ouer as

16 jaar wees. Inskrywing isgratis.As jy as streekwenner

aangewys word, moet jy opSaterdag 19 Julie op dieVryfees wees om jou staal indie eindronde op dieBlêrkas-verhoog te toon.Die wenner van elke

streek sal net ná elke oudisieaangekondig word.As jy nie van Bloemfontein

is nie, moet jy jou eievervoer en verblyf reël.Die beoordelaars behou die

reg voor om nie ’n streek-wenner te kies indien ’ngepaste kandidaat nie vir diestreek beskikbaar is nie.As jy nog vrae het, skryf

aan [email protected] skakel 051-404-7901.Die volgende pryse is op

die spel:) SpecSavers: pryse vanR3 000.) ExecuSpecs: pryse vanR5 800.) Z PR Communicationand Public RelationsConsultants: ’n Publisiteits-en-bemarkingpakket van

R5 000 vir elke finalis,insluitend ’n konsultasie metdie Z PR-span, ’n professione-le CV, die ontwerp van ’nCD-omslag, visitekaartjies, ’nprofessionele profiel,Facebook-profiel en vyfnuusverklarings. Diealgehele waarde van die prysis R40 000.)Atlantis-gastehuis:Verblyf van R4 100. Diewenner, naaswenner enderdeplekwenner wen elkeentwee nagte se verblyf virtwee mense, ontbyt ingesluit.) PCB Productions: ’nFotosessie vir die wenner,naaswenner en derdeplek-wenner van R4 500.

Dirkieis soek

DIRKIE, die bekende mak meerkat van die De Oude KraalCountry Estate & Spa, het voete gekry. Dit word vermoeddié geliefde troeteldier van Gerhard en Marie Lombard isgesteel. Dirkie het selfs snags op die bed saam met hullegeslaap. Enigeen wat dalk weet waar Dirkie hom bevind,word gevra om 051-564-0636 te skakel. ’n Foto van hom isop Bloemnuus se Facebook-blad geplaas.

Page 2: Bloemnuusbl 20140516

2 BLOEMNUUS, VRYDAG 16 MEI 2014

Med

iaCorne

r10

0114/A/R

Johannesburg na Bloemfontein. Met vlugte vanaf

slegs R940*, is dit geen wonder dat ons roete blom nie.

Hierdie spesiale tarief is net beskikbaar op die volgende SA Express vlugte: SA 1001/2 | SA1003/4 | SA 1011/12 SA 1013/14 | SA 1017/18 | SA 1021/22 | SA 1023/24

Of jy nou vir besigheid of plesier rondrits, ons glo dit moet ’n veilige, sorgvrye en plesierige

ervaring wees – en natuurlik so ekonomies as moontlik. So van kostedoeltreffend gepraat, is

daar niks wat ons prys van R940* vir ’n eenrigtingkaartjie tussen beide stede kan klop nie.

*Eenrigtingkaartjie op ons Johannesburg en Bloemfontein roete, onderhewigaan beskikbaarheid. Koste sluit belasting uit. Bepalings en voorwaardes geld.

BrieweS DIT is wel so dat ’n mens gereeld indie poskantoor in lang rye moet staan,maar ek verstom my telkens hoe klantekan optree wanneer hulle eindelik vooruitkom om gehelp te word.Deur hul doen en late mors húlle

meer die ander klante in die ry se tydas die personeel self.Onlangs het dit my aandag getrek toe

ek wéér ’n halfuur in die poskantoorby Preller in ’n ry moes staan.Die een klant se selfoon het drie keer

gelui – en hy het dit elke keer beant-woord. ’n Ander een se vorms was nieingevul nie. En dan was daar die manwat ’n pakkie wou kom afhaal, maarvir hoe lank in sy beursie na sy IDgesoek het.In al drie gevalle is my tyd deur

hulle gemors. Dit hoort nie so nie.– Esmé, Dan Pienaar

S Die lekker groot advertensie vanAvbob (Bloemnuus, 28 Maart, bl. 7) watsy 96ste verjaardag vier, het my verlaat terugdink.My ouma het in sy vroeë jare vir dié

onderneming gewerk en ons familiege-skiedenis is dus nou hiermee verweef.Geluk aan Avbob wat steeds sterkstaan en (soos die advertensie lui)“begrafnisversekering en dienste aanmeer as 1,4 miljoen polishouers enprivate kliënte” bied.– Mev. C. Smith

SWaarom is die verkeerslig op diehoek van Dan Pienaarrylaan en LucasSteynstraat nou weer anders gestel?Lucas Steynstraat dra deesdae

omtrent net soveel verkeer as DanPienaarrylaan weens die westelikeuitbreidings van die stad.Maar selfs in spitsverkeer kan net

vier (hoogstens vyf) karre uit LucasSteynstraat in Dan Pienaarrylaan kom,want die verkeerslig se tyd is te kortgestel. Dit was lank ’n probleem en istoe verander. Maar nou sit ons weermet dieselfde probleem.Ek woon in Heuwelsig en ek vloek

elke oggend saggies wanneer dieverkeer nie wil vloei nie. Hopelik leesiemand van die munisipaliteit my brief.– Johan

Het jy dit gehoor?S Die aktrise Lida Botha heteens aan Dr. Viljoen in Bloem-fontein skool gehou. Sy het ditin die verbygaan in dieprogram Sewe Sakke Sout opkykNET genoem. Lida is inOuma en Oupa sit op die stoepte sien.

S Rudie van Rensburg,oudredakteur van Bloemnuuswat deesdae in die Kaap woon,sal op die Vryfees oor misdaad-romans praat. Misdaadromansverrys soos paddastoele, maarresensente is dit eens: Minskrywers kan vir die nuwelingeRudie van Rensburg en IrmaVenter kers vashou. Komluister wanneer dié twee metCharles Smith oor spanningsro-mans gesels, die uitdagings watdie genre bied, en die oorgangvan joernalistiek na romanskryf. Rudie se tweede roman,Kopskoot, verskyn in Meivanjaar en Irma se derdespanningsroman, Sondebok, isin September op die rak. Diegesprek vind op Saterdag 19Julie om 11:30 in die VanRensburg-patoloë- diakonalelokaal 1 (Van der MerweScholtz-saal) plaas. Toegang isgratis en dit duur 50 minute.

S Steve Hofmeyr oorweeg ditom politikus te word. Coenie deVilliers wou op Kwêla van homweet: “Wat is jy deesdae, Steve:sanger, skrywer . . .?” Steve hetgeantwoord hy hou baiedaarvan om te skryf – soos synuwe boek, Laaste dans,Drienie – maar hy voorsien niehy sal heeltyds skrywer wordnie. “Ek is te lief vir dieverhoog en die adrenalien.” Entoe vervolg hy: “Oor vier jaarsal ek beslis sekere besluite oordie politiek moet neem.” Stevespreek hom deesdae sterk uitoor politieke aangeleenthedesoos plaasmoorde. Coenie wouverder hieroor met hom praat,maar Steve wou niks verder sênie. “Nooi my oor vier jaar naKwêla, dan gesels ons weer.”

S David Kramer is deur dieUniversiteit van Stellenbosch(US) met ’n eredoktorsgraad inwysbegeerte vereer. Volgens ’nverklaring van die universiteitis Kramer vereer vir sy merk-waardige bydrae tot die Suid-Afrikaanse kultuurlewe en diemanier waarop hy maatskapli-ke aangeleenthede van ’nkulturele perspektief belig. Diésanger, liedjieskrywer enmusiekteaterlegende het aanDie Burger gesê hy het niegedink dit is gepas om sy rooivellies na die gradeplegtigheidaan te trek nie, want dieeregraad “is darem ’n verras-sing en groot eer”.

S Elma Postma neem ná driejaar in Binnelanders vandees-maand afskeid van die sepie-wêreld.

SHelen Zille van die DA oordr. Mamphela Ramphele vanAgang nadat die verkiesingsuit-slae bekend gemaak is: “Ek hetvir haar die wêreld aangebied,sy wou die heelal hê en nou sitsy met ’n woonstel op Pofad-der”.

S Sandra Prinsloo is met diepresidensiële Orde van Ikha-manga (silwer) vir haar bydraetot die kunste vereer. Sy werknou aan die toneelstuk VirEwig en Altyd wat sy eersdaagssaam met die veteraanakteurMarius Weyers gaan opvoer.Daarna beoog sy om saam metvriende in Italië in Toskane tegaan stap, eet en wyn drink.

S Die Kaapse stadsraad hetingestem wyle prof. JakesGerwel moet vereer word deurVanguard-rylaan na hom tenoem. Die voorstel om Gerwelop dié manier te vereer is deurdie Mandela Rhodes-stigting bydie stadsraad ingedien. Dienaam Vanguard-rylaan is in1905 deur die toentertydsestadsraad aan dié pad gegee.Dit het gelei na ’n bymekaar-komplek vir soldate voordathulle na Noord-Afrika gestuuris. Die woord “Vanguard”verwys na die voorste linie vansoldate in ’n oorlog.

S Lindiwe Mazibuko, parle-mentêre leier van die DA, hetuit haar pos as parlementêreleier van dié party bedank. Sygaan volgende jaar aan dieHarvard-universiteit in Bostonin Amerika studeer.

SGert Vlok Nel se optrede indie Aasvoëlklub is tot latervanjaar uitgestel.

S Nádine sal die aanbiedervan ’n nuwe TV-program opSABC2 wees wat mense semusiekkennis toets. Finaliste indié program bepaal op grondvan hul musiekkennis selfhoeveel geld hulle wen. Driefinaliste word uit die gehoorgekies nadat hulle vooraf aanoudisies moes deelneem. Hoekom finaliste vir dié speletjiein aanmerking? Hulle moet ’nsekere deel van ’n spesifiekelied sing sodra die inleidingvan dié lied gespeel word.Musiek Roulette begin inAugustus op SABC2.

S David Beckham ly aanobsessiewe kompulsiewegedragsversteuring. Alles moetin ’n reguit lyn of in pare wees.Dit is glo so erg wanneer ’nonewe getal koeldrankblikkiesin sy yskas staan hy die ekstraeen sal uithaal en op ’n anderplek bêre.

S Die vierstuks van DieHeuwels Fantasties is nouamptelik ’n trio ná ’n skeidingin die groep. In ’n nuusverkla-ring word gesê Hunter Kenne-dy, Fred den Hartog en PierreGreeff het besluit “ons skeidingmet hom (Philip Erasmus) isdie enigste pad vorentoe vir diegroep.”Dit is onbekend wat tot die

skeiding gelei het.

Het jy geweet? Karel Schoe­man, die veelbekroonde skry­wer van Bloemfontein, is dieoom van Edwin Cameron, diekonstitusionele regter. Came­ron se nuwe boek, Justice – Apersonal account, is onlangsdeur Tafelberg­uitgewers uitge­reik. Dit kos R220.

S Nataniël hou tien konserte in agt dae in Australasië. Sy eerstekonsertwas in Auckland, Nieu­Seeland,waarna Brisbane, Sydney,Adelaide en Perth in Australië volg. Op Saterdag 31Mei tree Nata­niël in die Kovsiekerk ten bate van die Martie du Plessis­skool op.Bloemnuus is ’n mediaborg van dié konsert. Navrae: Johan Grob­belaar, 072­680­2953.

Page 3: Bloemnuusbl 20140516

BLOEMNUUS, VRYDAG 16 MEI 2014 3

S Jeannette Geldenhuys, ’nbekende Bloemfonteinse omroeper,se voet herstel goed nadat sy dit ’npaar weke gelede op ’n geselligheidgebreek het. Sy kon Saterdag dieeerste keer ’n skoen met ’n hakaantrek. Jeannette het Saterdag-oggend in die Pick n Pay-hiper-mark in Fichardtpark opgetree.

SMelisa de Wee doen ’n intern-skap aan die Volksblad-groep inBloemfontein. Sy het ’n graad inmediastudies en joernalistiek aandie Universiteit van die Vrystaat(UV) verwerf.

S Pieter Steyn van Volksblad het’n ATKV-mediaveertjie in Johan-nesburg gewen. Hy is in dieafdeling vir elektroniese engedrukte media vir die besteleefstylstorie vir sy artikel Dieswerwers langs die grootpad vereer.Dit het ’n blik op die lewe van dieKarretjiemense van die Karoogebied. Die TV-reeks Donkerlandhet amper skoonskip gemaak toedit met vier van die vyf TV-pryseweggestap het.

SHendrik Joubert (21), ’n eerste-jaarstudent aan die Universiteitvan die Vrystaat (UV), het sy voetbeseer en moes ’n veloorplanting indie Mediclinic Bloemfonteinondergaan.

S Die volgende mense in Bloem-nuus se lesersgebied is oorlede:* Tertia Brewis (1943)* Charlotte Steyn (1917)* Babs van Aardt (1931)* Jacoba Philippina HendrikaHesse (1946)* Erasmus Albertus du Preez(1953)* Johannes Coertzen (1938)* Chris Botes (1941)* Joseph du Plooy (1953)*Gert Jacobus (Wally) Waldick(1942)*Willem Johannes van Biljon(1969)* Elvis Abraham Harmse (1959)*Keentseng Adel Mooko (1953)* Susan Malan (1934)* Johannes Stephanus (Hanco)Maritz (1993)

SAnthony Sinden, voorheen vandie Raj- en die Palace-restaurant, isdie nuwe bestuurder van dierestaurant Coco C in die LochLogan-waterfront.

S Jan Krige (92), ’n voormaligeBloemfonteinse polisiekommissaris,het behandeling in MediclinicBloemfontein ontvang.

S Peet Thirion was Bloemnuus se5 500ste lid op Facebook. Sluit jougerus aan. Dit is gratis. Bly só opdie hoogte van dinge wat inBloemfontein en omgewing gebeur.

S Oupa Mohoje was Saterdag dieeerste keer in ’n Superrugby-beginspan toe hy vir die Cheetahsteen die Western Force uitgedrafhet.

S Sias Ebersohn, ’n oud-Cheetahen deesdae die Western Force-los-skakel, het Saterdag die eerste keerna die Vrystaat-stadion terugkeer.Ebersohn het verlede jaar teen dieCheetahs gespeel, maar dit was inPerth toe sy voormalige span met19-10 gewen het. Sias se tweeling-broer, Robert, speel deesdae virdie Montpellier-klubspan in Frank-ryk.

SMartin en Isabel Beylefeld vanBloemfontein het ’n tweede plek indie Suid-Afrikaanse bruid van diejaar-kompetisie behaal. Hulle is inNovember getroud en het tweedeuit sowat 2 000 inskrywingsgeëindig.

S Dié lesers het pryse gewen opwww.bloemnuus.co.za en Bloem-nuus se Facebook-blad:*George Esterhuizen*Machiel Myburgh* Antoinette Claasse* Sarel Theunissen* Thelmarie Theron* Lesley Jacobs* Maryna Louw* Elmari Viljoen*Martie van der Berg* Dina Smith Liebenberg* Chris van Blerk* Elrina Neethling* Christel van Zyl

S Basil Alexander, ’n DA-lid vandie Vrystaatse wetgewer, het na dieANC oorgeloop.

SMel en Rhoda Haddad vanDewetsdorp het verlede Vrydag hul50ste huweliksherdenking gevier.

S Leonie Grové se geliefde boetie,Johan van Wyk (40), ’n verstande-lik gestremde inwoner van dieEljada-nasorgsentrum in Oudts-hoorn, het Vrydag op ’n toer in dieKango-grotte gestruikel en met sykop eerste na sy dood geval.

SHenry Immelman, ’n belowendeheelagter van Grey-kollege watSaterdag in ’n wedstryd teen dieAfrikaanse Hoër Seunskool (Affies)beseer is, sterk goed aan. Henry isin die eerste helfte van die wed-stryd op ’n draagbaar van die veldgedra nadat hy in ’n botsing met ’nAffies-verdediger sy wangbeenvergruis en sy lip geskeur het.Grey het die wedstryd met 42-31gewen.

S Die samestelling van die Vry-staatse wetgewer lyk ná dieverkiesing só:* VF+: Wouter Wessels;* EVV: Mandisa Mkhesini en WillieTshabalala;* DA: Roy Jankielsohn, David vanVuuren, Leona Kleynhans, JamesLethuka en Marieta Pittaway;*ANC: Ace Magashule, Sisi Mabe,Tate Makgoe, Mathabo Leeto,Butana Komphela, Sisi Ntombela,Oupa Khoabane, Mamiki Qabathe,Sam Mashinini, Olly Mlamleli,Mosebenzi Zwane, Sarah Moleleki,Isaak Mbalo, Nombulelo Mapena,Thabo Meeko, Elzabe Rockman,Benny Malakoane, Patricia Mahasa,Neels Van Rooyen, KediinametseSechoaro, Patrick Buti en DoraKotzee.

S Bloemfontein is twee Kannasryker. Die akteur Gerben Kamperen die Odeion-strykkwartet is dieenigste Vrystaters onder vanjaar sebenoemdes en toe bring hulle albeidié trofeë huis toe. Uitsonderlikeprestasies op die KKNK word metdie Kannas vereer.

Laat weet asiemand sterfBLOEMNUUS neem weekliksmet leedwese kennis van dieafsterwe van talle inwoners insy lesersgebied.Die oorledenes word dan ook

in die koerant vermeld – soosgesien kan word in Wel en Weehier langsaan.Maar meestal word bykomen-

de inligting van die oorledenesbenodig.As jy ’n onlangs oorlede

familielid of vriend in die Welen Wee-kolom wil huldig (ditkos nie ’n sent nie), moet jy dievolgende inligting stuur [email protected]:

S volle name;S noemnaam;S van (en nooiensvan);S geboortejaar;S datum waarop die mensoorlede is;S ’n bondige beskrywing van diemens se beroepslewe;S deur wie word die oorledeneoorleef;S waar en wanneer is sy ofhaar begrafnis- of gedenkdiensgehou;S enige ander toepaslikeinligting; enS ’n goeiegehalte-gesigfoto iswelkom.

Wel en wee

Daar is ’n tyd om te kom en ‘n tydom te gaan. Met dié waarheid asdeel van haar lewensmotto het Hé­leret besluit om Die BevriendersBloemfontein ná 25 jaar as langdie­nende vrywilliger te verlaat. In dietydperk was sy bevoorreg om naduisende mense te luister, daar tewees wanneer hulle haar nodig ge­had het en ook baie van hulle teleer. By Die Bevrienders werk dievrywilligers net op hul voorname,daaromword Héleret se van nie ge­noem nie.

Die Suid­Afrikaanse span het ’n sil­wermedalje op die wêreldkampi­oenskapsbyeenkoms van die Inter­nasionale Federasie vir Honderats­heidsportsoorte (FCS) in die span­aflosklas in Amsterdam gewen, hetHannes Kotze laat weet. TweeBloemfonteiners, Riëtte Mohr(spanbestuurder) en Jurie Smith,tesamemet sy hond, Epic, het hier­aan deelgeneem. Bloemnuus hetop 18 April in ’n voorbladartikel oordié byeenkoms berig. Meer hieroorin ’n volgende uitgawe.

Joslyn Fredericks is as die eersteMev. Heidedal aangewys. Die kom­petisie is gereël deur Sisterwood, ’ngemeenskapsinstansiewaarNicoleBaartman aan die stuur staan.

Page 4: Bloemnuusbl 20140516

4 BLOEMNUUS, VRYDAG 16 MEI 2014

Aldiné van der Merwe (Feëkoningin), Darren Geyser (Feëkoning)en Marilise van Wyk (Puck) in Midsomernagdroom wat deur dieUV se dramadepartement opgevoer word. Foto: Minette Grové

Kinders kansaam droomMET die opvoering vanMidsomernagdroom vir kinderspoog die dramadepartementaan die Universiteit van dieVrystaat (UV) om Shakespearese fantasie vir die jongspantoeganklik te maak.Karen Combrinck, ook

bekend vir haar verwerkingsvan Alice in Wonderland enDie Towenaar van Onderstebo-land, het Midsomernagdroomop ’n opwindende manier inverstaanbare Afrikaansaangepas sodat jonk en oud na’n magiese wêreld van verbeel-ding meegevoer sal word.Daar is ’n betowerde woud

wat bewoon word deur ’nfeëkoning en feëkoningin watkwaad is vir mekaar, enfeetjies en ’n verspotte elfiewat sake in die bos lelikomkrap.

Voeg daarby ’n houtkapperwat in ’n donkie verander en’n towerblom wat verliefdepaartjies deur ander oë namekaar laat kyk en jy het ’nlekker resep vir ’n bekoorlikekindertoneelstuk.Midsomernagdroom bied

verbeeldingryke karakters,aksie, kleurryke fantasie-kos-tuums en groot opwinding.Moenie die geleentheid laat

verbygaan om ’n klassiekewerk aan die jonges (vanvlees en gees) bekend te stelnie.Die regie word deur

Gerben en Marijda Kamperbehartig.Die stuk word van 21 tot 24

Mei deur dramastudente aandie UV opgevoer.Kaartjies is by Computicket

beskikbaar.

DagboekVRYDAG 16 MEIS Die Martie du Plessis-skoolhou sy jaarlikse gholfdag by dieBloemfontein-gholfklub. JohanGrobbelaar, 072-680-2953.S Nie lus vir kosmaak op ’nVrydagaand nie? Koopkerrie-en-rys, asook pannekoek,van 18:00 af by die NG kerkHugenoot, Picardystraat 2,Bayswater. Pannekoeke kos R3 enkerrie-en-rys R15. Bestellings isnodig. Skakel die kerkkantoor by051-436-3659.S Dance Swing-partytjie by dieAasvoëlklub om 20:00. KikiCorner, 051-446-5666.SMoeder Moed: Afrikaansevertaling van Mother Couragedeur Bertolt Brecht met AlettaBezuidenhout en André Roothmanin die André Huguenet-teater om18:30 en 11:00. Pacofs, 051-447-7772.S Die Mangaungse Kamer vanHandel en Nywerheid (MCCI)hou ’n seminaar oor risikobestuurop die Emoya-landgoed. Deel-nemers sal meer te wete kom oorhoe ’n mens risikobestuur moetverstaan en toepas en watterimpak ’n gebrek aan risikobestuurop die onderneming se voort-bestaan en ontwik- keling kan hê.Die aanbieder is Peter Metcalfe,die uitvoerende hoof van die FDA,en Arthur Els, die besturendedirekteur van Argen. Die werkses-sie duur van 09:00 tot 13:00. Krymeer inligting oor die geleentheidby die MCCI se kantoor by051-447-3368.S Die Suid-Afrikaanse Wapen-en-ammunisieversamelaarsver-eniging in die Vrijstaat (SA-WAVV) bied twee aktiwiteite terviering van die 70ste herdenkingvan die langste veldslag van dieTweede Wêreldoorlog aan.Die eerste daarvan is om 19:00

wanneer ’n dansparty met dietema 1940s Big Band Swing in dieAasvoëlklub aangebied word.Kaartjies kos R120 wat ’n eteinsluit. Geskiedkundige drag isverpligtend.Môre van 09:00 tot 13:00 is daar

’n 70ste herdenking van die Slagvan Monte Cassino in Italië op dieplaas Leeuwberg. Historieseveldslagnabootsing, versamelwa-pen-skietvertonings, veteraan-militêre voertuie en militaria-,oudhede- en kosstalletjies is deelvan die gebeurtenis. Toegang isR20 en vir kinders jonger as 16jaar is dit gratis. MC Heunis,082-870-4448.S Binnelanders (18:30 opkykNET, kanaal 144): Sonja enJana sit nie om dieselfde vuurnie, en die kolwyntjie-krisis lei totverslaping. Tertius speel sytroefkaart, en At se eerste dag bydie werk maak almal gespanne –hom ook. Mooipraatjies wek dieverkeerde indruk by ’n dokter, enSonja wil weet wat aan die gangis.

S Die tweejaarlikse St. Michael-fees vir musiek, drama en kunsduur nog tot môre.S Vessel, ’n keramiekuitstallingdeur Dina Grobler, Helena deWaal, Clive Sithole en ander indie Johannes Stegmann-galery tot20 Junie.

SATERDAG 17 MEIS Die Cheetahs speel om 19:10teen die Brumbies in die Vrystaat-stadion. Monique is die gaskunste-naar op die Castle-dek ná diewedstryd. Twee van haar CD’s iste wen op www.bloemnuus.co.za.S ’n Dansmarathon word byMimosa Mall van 13:00 tot 17:00aangebied. Optredes word afgewis-sel met kompetisies waaraan diepubliek kan deelneem.S Die 2014-eindstryd van dieFA-sokkerbeker word in dieWembley-stadion gespeel. Dit komnadat 737 spanne tot net tweeverminder is. SuperSport 3(Kanaal 203).S Prof. Naómi Morgan van diedepartement Frans aan die UV isdie gasspreker by die DamesklubNellie Swart. Hulle vergader om10:00 in die kerksaal van die NGkerk Berg-en-Dal. Gaste is welkomteen R40. Bel Annalie de Wet(051-448-6485) of Corrie Scheepers(051-436-2734).SMarsha Moon en Belinda vanZwijndrecht by die Aasvoëlklubom 20:00. Bespreek by Music Inc.(051-433-3439).S Die Bloemfontein-tak vanHelpende Hand hou ’n ontbytwaar Flip Buys, uitvoerende hoofvan Solidariteit, die spreker is.Die tema is Die stand van dieAfrikaner-gesin in Suid-Afrika.Vanessa Marais is SolidariteitHelpende Hand se streekorgani-seerder in die Vrystaat. Om meeruit te vind, skryf [email protected].

SHarmonic Brass Munich:Duitse koperblaaskwintet om 19:30in die Odeion. Kaartjies tussenR50 en R130 is by Computicket tekry.S Johnny Cash Tribute deur dieKruger Band by Innie Skuur.Kaartjies teen R100 by KikiCorner en Music Inc. te kry.Navrae: 079-387-3614.S Veerpyltjieproewe om 14:00 bydie Old Shute, Hilton. Bel Amanda(073-185-7287) of Carien (072-992-3199).S Today the Provincial Depart-ment of Sport, Arts, Culture andRecreation will celebrate Interna-tional Museum Day to enhancepublic awareness on the impor-tance of museums within each ofour communities. World MuseumDay has been observed around theworld on 18 May since 1977. Seeadvertisement on page 12.

SONDAG 18 MEIS Lag B’Omer (Jewish).SKlipkerk se eredienste:Gesinsdiens om 09:00, ds. JohannEls; Oggenddiens (Nagmaal) om09:30, ds. Stephan van Heerden;Informele diens om 11:00, ds.Stephan van Heerden; Kafeïen-diens om 17:00, Neels Redeling-huys; Aanddiens om 18:00, dr.Wollie Grobler.S Bloemfontein Kennel Klubhou ’n ope skou om 09:00 by dieLaerskool Sand du Plessis. MariusBooysen, 072-117-5468.

MAANDAG 19 MEIS The Compassionate Friends is’n self-helpondersteuningsgroepwat vriendskap en begrip bied aanbedroefde ouers wat kinders aandie dood afgestaan het. Diebyeenkoms vind in die D.F.Malherbe-gebou, Graduandistraat,UV-kampus, om 18:00 plaas.Aubrey Josiah (082-455-7433).

IN DIE KOLLIG: Op Oolong Lounge se Trinity Rooftop­partytjie is Ro­shaan Josiah, Ian Papenfus, Bianca Prins, Beatrice Kahn en Lee­ann Bar­low.

DINSDAG 20 MEIS Die Suid-Afrikaanse Kwiltersgildebied ’n reisende kwiltuitstalling by dieOorlogsmuseum aan. Dit duur tot 25 Mei.S Oproep tot gebed van 10:00 tot 11:00 inkamer 21 van die Klipkerk se sentrum.Bel Vanessa by 072-375-3652.S At 18:00 sponsor an A5-drawing for anexhibition to be held at Gallery onLeviseur in the near future. At thisexhibition all drawings will be sold forR100 in aid of a charity. Call KeziaGerber on 082-835-2335.S Pensioners day’s every Tuesday atMakro. Call Eileen Ndewere on 051-101-1000.S Veerpyltjie-oefening by die Old Shute,Hilton, om 19:00. Almal welkom. BelCarien by 072-992-3199.

WOENSDAG 21 MEIS Blindfolded line, dancing throughtime – installasie deur Liza Grobler indie Oliewenhuis-kunsmuseum tot 8 Junie.SMidsomernagdroom (vir kinders)deur UV-drama in die Scaena-Replokaalom 11:00. Die regie is deur Gerben enMarijda Kamper. Kaartjies kos R25 enR20 en kan by Computicket bespreekword. Sien berig hierbo.

S The Pen deur UV-drama in die Scaenaom 19:30. Regie deur Godfrey Manenye.Kaartjiepyse wissel tussen R15 en R40 enkan by Computicket bespreek word.

DONDERDAG 22 MEIS Die Alliance Française de Bloemfon-tein bied in samewerking met die FBI(Food and Beverage Institute) ’n interak-tiewe kosdemonstrasie in Langenhoven-park aan. ’n Franse sjef uit Parys, Emericle Puil, gaan saam met Lesley Jacobs vandie FBI kook. Alles vind in die kombuisplaas waar vrae aan die sjefs gestel kanword terwyl hulle die demonstrasie doen.By aankoms om 18:15 is daar ’n verwelko-mingsdrankie en agterna sal die geregtegeproe word. Daar is net plek vir 50toeskouers teen R180 per persoon. BelDaleen Krige by 083-388-1184.SMaria’s Story: Multimedia-uitstallingdeur Maureen de Jager by Oliewenhuistot 22 Junie.S Vrywilligers word benodig om Donder-dae ’n halfuur lank te help om sop enbrood by die Klipkerk se sopkombuis uitte deel.Daar is ook mense nodig om sop te kooken brood te skenk. As jy bereid is om tehelp, bel Elize by 051-436-7322.

Page 5: Bloemnuusbl 20140516

BLOEMNUUS, VRYDAG 16 MEI 2014 5

Page 6: Bloemnuusbl 20140516

6 BLOEMNUUS, VRYDAG 16 MEI 2014

Stuur ’n foto van jou onlangse troue vir gratis plasing in Bloemnuusna [email protected]. Die kleurfoto moet minstens 1 MB grootwees. Meld asseblief watter fotograaf het vir wie waar afgeneem.Nog troufoto’s is op www.bloemnuus.co.za te sien.

Onlangs getroud

Yolandi en Ruann Swanepoel. Foto: Sarel GreylingMartin en Simonè Schwella. Foto: Actual Image Photography

Justin en Lizet Swanepoel. Foto: Eloise van Rensburg Fotografie Cedric en Lizane Olivier.

Wilmarie Schoeman en Francois van Zyl. Foto: Dries du Plooy. Adel en Hennie Mulder. Foto: Rozelle Fotografie

Page 7: Bloemnuusbl 20140516

BLOEMNUUS, VRYDAG 16 MEI 2014 7

Page 8: Bloemnuusbl 20140516

8 BLOEMNUUS, VRYDAG 16 MEI 2014

Op die Bloemskou is die volgende uitstallers vir hul uitstallingsvereer: Irma en Johan Gelderbloem van Dairy Corporation, Melizeen Marga Bruwer van Bonus Auto en Bonus Off­road en LeilanieLouw en Johann van Rensburg van Labuschagnes.

Nog uitstalwenners is van links Milly Kemp van Clover, ds. Zachiele Roux en Ancy van der Westhuizen van die NG kerk Noordhoek,en André Harding van Fish ’n More.

Foto’s: Dries Myburg van Photo & Video House

KortliksHier volg brokkies nuus waar-van jy behoort kennis te dra:

S Talle eiendomme word te koopaangebied op www.bloem-nuus.co.za waaronder ’n drieslaap-kamer-meenthuis in Westdene virR800 000. Gaan kyk na die huis byhttp://property.bloemnuus.co.za.

S Verlede week het die DeKroon-meenthuiskompleks inWoodland Hills se eerste inwonershul intrek geneem. Dié meenthuis-kompleks digby die toegangshek issover bekend die laaste in sy soortwat hier gebou gaan word.Bouwerk daaraan duur voort.

S Die Universiteit van dieVrystaat hou verskeie reüniesvanjaar:* Huis NJ Van der Merwe (22 en

23 Augustus).* Huis DF Malherbe (18 tot 20Julie).* Dept. Drama (18 tot 20 Julie).* Mediese fakulteit (26 Julie).Alumni kan Kathy Verwey by

die UV-alumni-kantoor kontak by051-4019343 of [email protected].

S Enigeen wat belang stel om by’n selgroep van die Klipkerk in teskakel, kan Stephen van Deventer,koördineerder van die selgroepe,kontak by 073-480-1138 of [email protected].

S Kaartjieverkope vir die Vryfees(15 tot 20 Julie) het by Computic-ket geopen. As jy die pienk-getooi-de standbeeld van pres. M.T.Steyn tydens die fees sien waar hyoor die stalletjies op die Rooipleinvan die Universiteit van dieVrystaat (UV) waak, sal jy besefvanjaar se Vryfees gaan ’nkleurvolle een wees. Die pienkpresident is deel van die interes-sante Piko-projek wat die fees endie UV vanjaar in samewerkingmet Australiese kunsteorganisa-sies aanpak.

S Die gesteelde bronsbeeld vandie Khoisan-leier Dawid Stuurmanis terug op sy plek by die Olie-wenhuis-kunsmuseum. Die beeldis uit die groep van 20 beelde opdie grasperk voor die museumgesteel. Twee fietsryers het ditegter Dinsdag in die HappyValley-gebied in die omgewinggekry. Die beeld is sowat R500 000werd.

S ’n Praktiese benadering totrekenaarvaardigheid wordaangebied (MS Word, Excel enPowerPoint). Die klasse is gratis.Lientjie Fourie, 072-144-0892.

S Die Mangaung-metro hetverlede jaar heelwat eerbewysegekry in die jaarlikse provinsialeondersoek wat deur PMR.africagedoen is, sê Qondile Khedama,hoofbestuurder: kommunikasievan die metro.In die ondersoek is die metro

gemeet in terme van bydraes totekonomiese groei en ontwikkelingvan die provinsie, vlakke vanbestuursvaardigheid, inwerking-stelling van kooperatiewe regeringen vlakke van innovering.

Die metro het onder meer dievolgende eerbewyse vir dieVrystaat ontvang met puntetoe-kennings uit vyf:* Vir die munisipaliteit wat diemeeste doen om die omgewingskoon te maak: Diamant-eerbewysmet 4,30.

* Vir die munisipaliteit met eenvan die pro-aktiefste burgemees-ters, Thabo Manyoni: Diamant-eer-bewys met ’n punt van 4,16.* Vir die skep van die interessant-ste erfenis-besoekpunt, die NelsonMandela-beeld: Diamant-eerbewysmet ’n punt van 4,37.

POSKAARTE AL MINDER GESTUUR: Volgens ‘n opname vanITV.com is die gewildheid van poskaarte aan die taan. Toeristeverkies toenemend om eerder e­pos te stuur. Maklike internettoe­gang, die beperkte grootte van poskaarte en digitale fotografieis redes waarom e­pos al hoe gewilder word. Sowat 85% minderposkaarte word nou gestuur as in 1997. Nogtans verkies 72% vandie ontvangers steeds ‘n poskaart bo e­pos. Op die foto is ’n pos­kaart met ’n skets van Maitlandstraat, Bloemfontein, omstreeks1900.

PROMOTION

Overcome difficultiesDID you know that 80% oflearning disabilities arerelated to emotional stress?Scholars and students do

you experience learningdifficulties with symptomssuch as hyperactivity,impulsiveness, distractibili-ty, forgetfulness or procras-tination?NLP (Nero Linguistic

Programming) gives us thetechnology to find out, atthe process level, how anystudent is blocking himselfor herself and to figure outhow to help them. Thechanges are rapid andtransforming.NLP and related applicati-

ons can help us achieve,maintain and enhanceexcellence. We have thecapability to take control ofour thoughts, emotions andactions and by doing sodetermine our own destiny.NLP sessions will be

presented by M.I. Adam.NLP has successful

techniques to enhance yourchild’s potential. Thefollowing techniques will beused in the workshop:motivation, skills develop-ment and concentration

techniques.Art therapy will be

conducted by ReynetteFourie and her team.SHand and eye coordina-tion.S Enhance your child’spotential.

S Boost self-esteem.Book your child now for a

wonderful experience.A money-back guarantee

on all the work done basedon assessment (first 20 minof the session) and yourwillingness to let go.

Mohamed Adam, (Hypnosis Spa), Corlia Laney and Reyn­ette Fourie (Art Studio) at their new premises, 60 AlbrechtStreet, Dan Pienaar. Hypnosis Spa is incorporatedwith ArtTheraphy classes by Reynette Fourie since they have beenon the new premises. Photo: Carike Barnard

Page 9: Bloemnuusbl 20140516

BLOEMNUUS, VRYDAG 16 MEI 2014 9

Page 10: Bloemnuusbl 20140516

10 BLOEMNUUS, VRYDAG 16 MEI 2014

Page 11: Bloemnuusbl 20140516

BLOEMNUUS, VRYDAG 16 MEI 2014 11

NRCS is a new public entity that administers technical regulations known ascompulsory specifications on behalf of the Department of Trade and Industryin the interests of human health, safety, protection of the environment andfairness of trade. The regulated products include vehicles and components,electrical appliance components and electronics, frozen marine products,safety equipment and construction materials. NRCS also administers theTrade Metrology Act and regulations relating to Weights and Measures.The following positions are available:

Candidate Inspectors (4 Posts)• Pretoria Office (2) • Port Elizabeth Office (1)

• Bloemfontein Office (1)Electro-technical Department

Post Level P10: Basic salary: R263 926.98 per annum(Ref. Candidate Inspector (Region))

Reporting to the Manager: Operations, the successful candidates will administer compulsoryspecifications and technical regulations on behalf of the Minister of Trade and Industry bymonitoring compliance through inspections and/or evaluations.Key outputs: •Monitor compliance with compulsory specifications and technical regulations• Put in place appropriate sanctions for non-compliance • Process applications for letters ofauthority, sales permits and certificates • Work with the NRCS Quality Management System(QMS) • Promote stakeholder relationships •Work in NRCS Committees.Requirements: • Grade 12 • A National Diploma in Electrical Engineering • A validdriver’s licence • Sound knowledge of the NRCS Act • Sound knowledge of the compulsoryspecifications related to area of speciality • Sound knowledge of the legislation andregulations related to area of speciality, which may include (but are not limited to) thePromotion of Administrative Justice Act, Customs and Excise Act, Police Act, PFMA, PAJA,SANS, ISO, Consumer Protection Act, Trade Metrology Act, Occupational Health and SafetyAct, and National Road Traffic Act • Sound knowledge of risk assessments • Knowledgeof Quality Management systems • Knowledge of inspection methods and processes• Knowledge of evaluation methods and processes • Attention to detail and high levelof accuracy • The ability to work under pressure and independently without constantsupervision • Honesty • Confidentiality • Teamwork skills • Creativity and innovation• Ethical • Assertiveness • Report-writing skills • The ability to use sound judgement• Problem-solving skills • Planning and organising skills • Action orientation • Deadline-driven • Excellent communication skills (written and verbal).Note: Please state the region you are applying for.

Recruitment will be done in accordance with the NRCS EE policy.Please e-mail all CVs to [email protected] quoting the relevant reference numberin the subject line.Closing date: 23 May 2014Please note: • No hand-delivered or faxed CVs/applications will be accepted• Correspondence will be limited to short-listed candidates. If you have not heard fromus within 30 days of the closing date, you should consider your application unsuccessful• NRCS offers the following benefits over and above the basic salary: medical aid, 13thcheque and a housing allowance in accordance with our qualification criteria and conditions• All post levels are based on the Peromnes Job Grading System.

www.humanjobs.co.za Human Communications 107558

Siesa, ek grilmy morsdood!

Jens Friis

DIE gemiddelde werklessenaar het tot driekeer meer kieme daarop as ’n toiletsitplekby die werk, toon onlangse navorsing.

Watter ander plekke of dinge waarmee jydaagliks te doen het dra (onverwags) baiekieme?

Hieronder tel byvoorbeeld:S ’n roltrap se reling/vashouplek;S die grondboontjies in ’n bakkie op ’nkroegtoonbank;S die masjientjie waar jy jou pin by ’nbetaalpunt indruk;S die sleutelbord van ’n rekenaar; enS spyskaarte by restaurante.

Bloemnuus het op Facebook gevrawaaraan dink lesers nog en die voorstellehet ingestroom:S Jenny Brunyee Els: Jou tandeborsel asjou toilet in die badkamer is waar jy joutandeborsel hou.S Lizette Henning: Toiletdeure.

SMarinda Senekal: Winkeltrollies sehandvatsel.SAnnelize Venter: Handsak se onderkant(van oral neersit) en kitsbanke (OTM-ma-sjiene).SWynand Botha: Die pen in ’n stemhok-kie by ’n verkiesing (in ligte luim).S Inel Prinsloo: Jou selfoon.SHendrik Jacques Lombard: Krane byopenbare wasbakke. Geld. Tydskrifte indokters se spreekkamer is vrot vanpasiënte se kieme. Ek vat nie aan só ’ntydskrif of daardie stoele nie – ek staan enwag eerder vir die dokter.SHelena Steyn: Penne en potlode.Yskasdeure.SAdre Vorster: Kopstuk by fliekswaaraan jou kop en hare raak – soos baies’n vantevore.SAubrey Dewey Bozella Olivier:Gimnasiums.S Schalk van Schalkwyk: Sagte speelgoedvir kinders by dokters se spreekkamers.Alles word in hul mond gedruk!

PERSOONLIKE

DIENSTE

FUNKSIES &

KONFERENSIES

1425

LENINGS

1445

Consolidation Loan Online:Up to R230 000. Bad creditwelcome.E-mail: [email protected]

TE KOOP

ALLERLEI

1655

LIMOUSINE Afslaers:Woensdag 21 Mei om 10:00 byons perseel agter Wiesbadenop Bainsvlei. Meubels, yska-ste, staal, staalrakke, hout,ens. Te veel om op te noem.

051 451 1211.

ALGEMENE &

HUISDIENSTE

HUISVERBETERINGS

BINNE

1835

AAA-kwaliteit: INSTALLERING vanalle plafonne en 'drywalls' (herstelvan plafonne).Gratis kwot. 079 581 6654.

HUISVERBETERINGE:binne en buite, van dakke,

plafonne, verf, teëls,geisers, storte, ens.

SANTA 076 835 7849.

EIENDOMME

HUISE TE HUUR

3270

Brandwag: 3-slk-huis vir stu-dente/werkende mense.Onm. besk. Water ingesl.Tanya 071 880 1263.

BETREKKINGS

3600

ALGEMEEN

3680

Nagskofwerk vir studentemet Kode 8-rybewys. E-posCV na [email protected]

BOEDELKENNIS-

GEWINGS

BOEDELS:

KREDITEURE EN

DEBITEURE4201

122 JS FOURIE

Boedel wyle: Joseph Stepha-nus FourieIn die boedel van wyle JosephStephanus Fourie, identiteits-nommer 230103 5017 086,getroud binne gemeenskap vangoedere met Anthonia Josep-hine Fourie, in lewe woonagtigby Hippocrateslaan 37, Hospi-taalpark, Bloemfontein, boe-delnommer 3026/2013.Kennis geskied hiermee datdie eerste en finale likwidasie-en distribusierekening in boge-noemde boedel ter insae sal lêby die kantoor van die Meestervan die Hooggeregshof,Bloemfontein, vir 'n tydperkvan 21 dae gereken vanaf Vry-dag 16 Mei 2014.Naam en adres van eksekuteurof gemagtigde:LB SAFFYHoney ProkureursPosbus 29Bloemfontein9300Tel: 051 403 6600Faks: 051 403 6714

122 MP MOKHELE

Boedel wyle: Moferefere Pau-lus MokheleIn die boedel van wyle Mofe-refere Paulus Mokhele, identi-teitsnommer 560714 5300080, in lewe woonagtig by Erf725, Botshabelo, boedelnom-mer 001209/2014.Kennis geskied hiermee datdie eerste en finale likwidasie-en distribusierekening in boge-noemde boedel ter insae sal lêten kantoor van die Meestervan die Hooggeregshof,Bloemfontein, vir 'n tydperkvan 21 dae gereken vanaf Vry-dag 16 Mei 2014.Naam en adres van eksekuteurof gemagtigde:LB SAFFYHoney ProkureursPosbus 29Bloemfontein9300Tel: 051 403 6600Faks: 051 403 6714

122 RB VORSTERBoedel wyle Rosa BelindaVorsterMeesterverwysingsnommer:5633/2013Boedel van wyle Rosa BelindaVorster, identiteitsnommer410407 0044 08 2, weduwee,van Wardenstraat 40, Noord-hoek, Bloemfontein.Krediteure en debiteure in diebogenoemde boedel word ver-soek om hulle vorderinge in telewer en hul skulde te betaalby die ondergemelde binne 'ntydperk van 30 dae vanaf Vry-dag 16 Mei 2014.Naam en adres van Ekseku-teur:

LB SAFFYHoney Prokureurs

Posbus 29Bloemfontein9300Tel. 051 403 6600.

BOEDELS:

LIKWIDASIE EN

DISTRIBUSIE4205

123 RG & R STRYDOM

NOTICEIn the insolvent estate ofRenier Gerhardus Strydom enRynie Strydom, estate no.B67/2013.The first and final liquidationand distribution account willlie open for inspection at theoffice of the Master of Bloem-fontein for a period of four-teen (14) days as from16/05/2014.Dated at Bloemfontein on this5th day of May 2014.

CJ STANDERCurator

Lovius Block31 First AvenueWestdeneBloemfonteinTsiu Vincent MatsepeCuratorLovius Block31 First AvenueWestdeneBloemfontein

GEREGTELIKE

VEILING

4501

DE HERMAN PIENAARTRUST/ LOURENS WP(WILLEM PETRUS)

KENNISGEWING VANVERKOPING IN EKSEKU-

SIE:In die Landdroshof vir dieBloemfontein-distrik, gehou byBloemfontein, in die saaknom-mer: 6288/2014, tussenRIANA PIENAAR N.O., 1steeiser, REINIER ADRIAANNAUDE N.O., 2de eiseren WILLEM PETRUS LOU-RENS, verweerder.Geliewe kennis te neem datingevolge 'n vonnis verleen op3 April 2014 in bogemeldeagbare hof en ingevolge 'n las-brief vir eksekusie wat daarop-volgend uitgereik is, sal diegoedere hieronder beskryf ineksekusie verkoop word aandie hoogste bieër by die Balju,Bloemfontein-Wes Veilinglo-kaal, Mannionweg 4C, OuIndustriële Gebied, Oranjesig,Bloemfontein, op 3 Junie 2014om 10:00.1 x motofiets ('quad bike') ensleepwa.Dra asseblief sorg dat diebekendmaking van die verko-ping voldoen aan die vereistesvan die Verbruikersbesker-mingswet 68 van 2008, soosgewysig.1. Hierdie is 'n verkoping ineksekusie kragtens 'n vonnisbekom in bogenoemde hof.2. Reëls van hierdie verkopingis beskikbaar 24 uur vooraf-gaande die verkoping by diekantoor van die Balju, Bloem-fontein-Wes, Derdestraat 6A,Bloemfontein.3. Registrasie as koper is 'nvereiste onderworpe aanbepaalde voorwaardes o.a.3.1 Voorskrifte van die Ver-bruiksbeskermingswet 68 van2008.3.2 Fica-wetgewing metbetrekking tot identiteit enadresbesonderhede.3.3 Betaling van terugbetaal-bare registrasiegelde.3.4 Registrasievoorwaardes.4. U kennisgewing van verko-ping se hoofopskrif moet diewoord 'veiling' bevat.5. Verkoping sal geskied deurdie kantoor van die Balju,Bloemfontein-Wes, met afs-laers CH de Wet en/of AJ Kru-ger en/of TI Khaudi.6. Advertensiegelde teen heer-sende publikasietariewe enverkopingkoste volgenshofreëls, geld.Gedateer te Bloemfontein op12 Mei 2014.KW BRENTLEY(DEH7/0001/SD)Rossouws ProkureursPresident Reitzlaan 119WestdeneBloemfontein 9300Docex 31BloemfonteinTel: 051 506 2500Faks: 051 430 6079

B

E

T

R

E

K

K

I

N

G

S

B

E

T

R

E

K

K

I

N

G

S

Die gebruik van die letter

, leestekens soos

of of die gebruik van

syfers met die doel om dieadvertensie na die bopuntvan die klassifikasie-lys teskuif, is streng verbode.

"A" "!"

"*"

SMALLS NOTICE

AANDAGALLE

ADVERTEERDERS

Page 12: Bloemnuusbl 20140516

VIER DRIE DEKADES:Die Hoërskool Fichardt­park het verledenaweek sy 30stebestaansjaar met ’nreünienaweek gevier.Die skool het Saterdagmet die HoërskoolSentraal op dierugbyveld en dienetbalbaan kragtegemeet. Hier slaagElsje­Mari Lombardvan Sentraal met ’ndoel. Foto: Jens Friis

VYF HAAL SPANNE: Vier van die LaerMeisieskool Oranje se o.13­meisies is in die Suid­Vrystaat­netbalspan ingesluit en een,Wilmivan Heerden, in die o.12­span. Van links is Lise Bezuidenhout, Ja­né Britz, Kharma Cilliers, Tiané Theunissen en Wilmi.

Team gets sponsorCARTRACK, vehicle trackingand stolen vehicle recoveryprovider, has announced theirassociate sponsorship of theToyota Free State Cheetahs forthe next three years, withimmediate effect.

The sponsorship will see theCartrack brand represented onthe official playing kit in theCurrie Cup tournament aswell as the Vodacom Cup for2014.

The Super Rugby will alsobe included in year two andthree.

Cartrack branding will alsobe seen on the field of the48 000 capacity Free State

Stadium in Bloemfontein, thehome grounds of the ToyotaFree State Cheetahs.

The rugby season is current-ly in full swing and has manya supporter glued to their seatsin support of their team.

“Our associate sponsorshipmakes perfect sense in termsof our brand alignment andwe’re delighted to be associatedwith the Toyota Free StateCheetahs,” says John Edmes-ton, CEO of Cartrack.

“The Cheetahs are a verywell supported team across theFree State as well as havinglarge fan bases in all the otherprovinces too.”