eksklusief: onderhoud met juan boucher · pdf filelip-lekker resepte harts-gevoel toer deur...
Post on 18-Feb-2018
288 Views
Preview:
TRANSCRIPT
1
Uitgawe 1
April 2015
Eksklusief: Onderhoud met Juan Boucher
Hollywood
In my huis
-Film
Onderhoud
Met:
Tersia Venter
Lip-Lekker
Resepte
Harts-Gevoel
Toer deur
MPUMALANGA
Ontmoet die
Harts-Gevoel
Span
Huis & tuin
wenke
Irene-Louise
Van Wyk
2
Van my kant af… Redaksie
Spesiale krediet
Redakteur:
Maryka Pretorius
Adjunk Redakteur:
Tersia Venter
Assistant Redakteur:
Antionette Pretorius
Eerste Proefleeser:
Antionette Pretorius
Tweede Proefleeser:
Annerie Pienaar
Taal versorging & spelling:
Tersia Venter
Taal versorging & spelling:
Annerie Pienaar
Ontwerp & uitleg:
Maryka Pretorius
Skrywers:
Maryka, Tersia, Betty Boop
Vervolg verhaal skrywer:
Nicolien Pretorius
Fotograwe:
Maryka en Antionette
Resepte:
Maryka en Kotie Pretorius
Juan Boucher artikel:
Denise Van Antwerpen, Juan Boucher
Voorblad Foto:
Denise Van Antwerpen (Goedkeuring)
Ghoema:
Ghoema se Facebook en web profiel/Event Pho
Ballade vir ‘n enkeling & Hollywood in my Huis
Alishia van Starburstmusic
Irene-Louise Van Wyk:
Irene-Louise Facebook
Foto van die Flycatcher Castle:
Gerda Kotze Pretorius van GP Photography
Harts-Gevoel se rekenaas word onderhou deur:
Charne en Quintin by Compu-Nex, Drie Riviere
Inhoud: Ontmoet die Harts-Gevoel span 3
Juan Boucher – Dankie vir musiek 4-7
Harts-Gevoel toer deur Mpumalanga 8-11
Irene-Louise Van Wyk 12
Tersia Venter 13-14
Resepte 15-16
Ballade vir ‘n enkeling 17
Hollywood in my huis 18-19
Karnival Skouspel – Laerskool D.F Malherbe 20-21
Ghoema toekenings 2015 22
Wenke 23
Karlien Van Jaarsveld – My hartjie 24
Paasfees & Bella Vestito 25
Kontak ons 26
Van ‘n droom na ‘n klien begin tot waar ons
vandag is, is als net ‘n gawe van Bo.
Dankie aan ons sowat 14 000 lesers wat agter die
sukses van Harts-Gevoel sit. Sonder julle sal veral
ek maar ook die res van die span nie ons droom
kan uitleef om die taal Afrikaans ‘n nuwe
hupstoot te gee en om plaaslike kunsteanaars ‘n
nuwe platvorm vir publisiteit te bied nie.
Hierdie eerste uitgawe is in ‘n rekord tyd
aanmekaar gesit en ons beloof om elke uitgawe
beter as die vorige een te maak!
Ek wil ook persoonlik vir Compu-Nex bedank, dat
julle my elke keer geduldig help as ek van my kop
wil af raak wanneer my rekenaar of internet
probleme gee!
Lekker lees!
3
Ontmoet die span agter Harts-Gevoel …
Maryka Pretorius - Redakteur In Julie 2014 het sy die blad Harts-Gevoel gestig en vinnig het die syfers begin
klim, wat die blad vinnig populêr gemaak het. Sy streef daarna om deur die
blad die taal Afrikaans te bevorder en ook om Afrikaanse kunstenaars meer
blootstelling te gee deur hulle talente in Afrikaans verder te vat. Sy droom
beslis groot - dat Harts-Gevoel eendag as een van die bekendste tydskrifte in
supermarkte en boekwinkels landswyd te koop sal wees. Sy glo ook dat as jou
droom jou nie bang maak nie, dan is jou droom nie groot genoeg nie. Maryka
het SAIM besigheid studies agter haar naam met verskeie vakke, en is ook baie
bekend in fotografie kringe in die Vaaldriehoek.
Tersia Venter – Adjunk Redakteur Tersia is ‘n baie bekende gesig in die Vaaldriehoek se sake omgewing, sy
is deel van die dinamiese internasionale BNI groep. Sy beskou haarself as
‘n baie dinamiese besigheidsmens en streef daarna om ondernemings te
help om groter dinge te bereik. Tersia is ook ‘n gekwalifiseerde moderator,
assesor en evalueerder. Sy kan ook leer materiaal ontwerp vir kolleges. Sy
staan ook bekend as Harts-Gevoel se Taal Nazi! Geen spelfout gaan
ongesiens by haar verby nie.
Antionette Pretorius – Assistent Redakteur & hoof van adverteerdes Antionette het die voorstel aan Maryka gemaak om ‘n aanlyn forum te begin en
so is Harts-Gevoel gebore, Antionette is beslis die motiveerder van die hele span,
sy is ook almal se regterhand in die span. Sy is ook doelgerig betrokke in alle
artikels en onderhoude. Antionette is ook die eienaar van’n baie bekende aanlyn
forum in die Vaaldriehoek. Sy is ook hoof van die adverteerdes by Harts-Gevoel
Annerie Pienaar – Proefleser Annerie het onderwys gestudeer met Afrikaans as haar hoof vak, daarom is sy
beslis ‘n aanwins vir die span. Sy is ook ‘n groot inspirasie vir ons amal, haar
dogtertjie is gebore met ‘n gesplete verhemelte. Annerie het als moontlik
gedoen om vir haar dogtertjie Karli ‘n lewens veranderende operasie moontlik
te maak, met groot sukses.
Nicolien Pretorius – Storie skrywer Sy is verantwoordlik vir verskeie kortverhale wat die afgelope paar jaar op
sosiale media geplaas is. Haar stories klim in die eerste deel al in almal se harte
en soos die storie groei raak, almal so bietjie meer verslaaf aan die storie. Sy
skryf tans die Harts-Gevoel verhaal van “Ella Naude” en beloof om nog vir lank
vir ons verskeie kortverhale te skryf.
4
Juan is gebore in Vereeniging op Donderdag, 24
Mei 1984. Hy is die oudste van drie kinders. Sy
tweeling boeties, Tommie en Tiaan, wie ook baie
betrokke in sy loopbaan is, woon steeds ook in die Vaal
saam hul ouers Tommie en Annelie, wie vanjaar hulle
32ste huweliksherdenking gevier het.
Op die ouderdom van 20 sou sy lewe vir altyd verander.
Sy destydse meisie, wyle Nadia Potgieter was in ‘n baie
ernstige motorbotsing betrokke en is weens beserings in
die intensiewe eenheid opgeneem in ‘n koma. Tydens
die twee maande na die onegluk kon Juan nie baie vir
Nadia besoek nie en het hy toe besluit hy wil vir haar
iets gee om te koester en ‘n rede gee vir haar om aan te hou veg. Hy het toe’n
goedkoop kitaar en nota boek gaan koop, en so ‘n liedtjie vir haar begin skryf.
Drie weke voor Nadia se afsterwe is die liedtjie klaar. Die liedjie se naam was
“Keep Fighting”. Trane het oor Nadia se wange gerol terwyl sy Juan se hand druk
om te wys als sal okay wees, terwyl sy steeds in ‘n koma was.
Op ouderdom 25, klop Juan by Vonk aan en teken sy eerste kontrak by hulle en so
word sy debuut album 082 gemaak. Waar Juan gou bekendheid verwerf het veral
in die Vaal, was met sy liedjie “Bring die Water”. Die dames was natuurlik mal
daaroor terwyl die manne weer gek was oor die liedjie “Pamela Anderson”
Sy tweede album “Jy is my flavour” lewer ‘n splinternuwe treffer op “Trek toe die
Gordyne” - wat ook sy eerste toekening vir hom ingepalm het.
Met sy derde album “Gee jou Hart ‘n Breek” bewys Juan homself as een van die
land se top liedjie skrywers, met 12 liedjies uit sy eie pen. Weereens word daar
groot treffers bekend soos die titelsnit van die album en ‘n groot gunsteling “Sad
Sad Songs”
Juan glo om ‘n sanger te wees is nie’n keuse nie, maar iets wat vir jou gegee word.
Dis beslis ‘n middel waardeur jy jou pyn, hartseer en teleurstelling kan deel met
ander, en hulle te inspirer. Dis als ‘n gawe van Bo. Om ‘n liedjie skrywer te wees,
moet die woorde uit jou hart en siel kom, dit moet betekenis dra en dis vir hom ‘n
groot voorreg om iets terug te gee aan die publiek deur sy Godgegewe talent.
5
Einde verlede jaar stel Juan sy nuutse album “Kalm Voor die Storm” bekend.
Hierdie album is vinnig deur sy ondersteuners en die musiekkenners bestempel as
Juan se beste album sover en dis ook die album waarop Juan die trotste is.
Die eerste snit op die album is ‘n gedig waarin Juan vir die Here dankie sê. Hy
wou sy hele lewe lank nog ‘n gedig vir die Here skryf. Toe die album klaar is en hy
terug sit en luister, het hy besef hoe Geseënd hy is om te kan sing en skryf. En so
skryf hy “Dankie vir musiek en dankie dat ek ‘n kind van Here is. Dankie vir my
gawe Here. Amen. (die video hiervan is te sien op Harts-Gevoel se Facebook
profiel)
Al die liedjies op die album is Juan se konsep en is deur hom geskryf. Bekende
liedjie skrywer Johan Oberholzer wat ook verandwoordelik is vir Nadine se nuwe
treffer “Skildery” het Juan gehelp met “Fight vir Liefde” en “Net vir Liefde” op
die album.
Juan bestempel liedjies skryf as die lekkerste deel van ‘n nuwe CD, omdat dit so
moeilik is en baie tyd vat om die regte lirieke te kry wat saam met die musiek pas.
Die liedjie op die album wat hom die naaste aan die hart lê is beslis “Disintegreer”
want dit beskryf sy gevoelens van alle kante af en hoe hy sou voel as hy eendag sy
lewensmaat moet ontdek en daarom beskryf hy hoe dit afspeel in sy drome om
eendag saam hierdie amazing persoon te wees. Hopelik is daar iemand daar buite
wat ook soos hy voel, wat eendag saam met hom sal “disintegreer” en oud sal
word.
“Voor Vuur” op die album is vir Nadia geskryf, terwyl hy alleen voor ‘n vuur gesit
het in Pongola een asemrowende aand en vroeg een oggend. Net hy en die vuur en
dit het hom laat wonder hoe hy al hierdie plekke beleef as gevolg van musiek wat
hom op hierdie pad sit en dit het alles by haar begin.
Daardie aand was Nadia langs hom in gees. Hy sing die
liedjie, wat hy weet sy luister elke keer en bars van trots.
Die cd verkope van hierdie album doen onbeskryflik goed.
Juan kan self nie glo hoe goed die album doen onder die
publiek nie. Die cd is nou maar eers nog in die baba
stadium en nog nie eers ses maande oud nie en dit verkoop
teen die spoed van weerlig. Juan se span het voorspel dat
die album gaan goed doen, maar nou doen die cd selfs
beter as hulle voorspellings! Juan glo sterk aan hierdie album en weet diep in sy
hart dat die album die potensiaal het om drie keer platinum te bereik. As die mense
6
aanhou om hom te ondersteun soos wat hulle nou doen sal hulle
die rekord kan breek sonder enige twyfel.
Die eerste musiek video wat hy bekend gestel het van hierdie
album was “Gebore om by jou te Wees”. Juan bestempel die
liedjie as presies hoe ‘n man teenoor ‘n vrou moet wees as hy
haar gekry het. Mens kry nie somer ware liefde wat so sterk staan
nie en as dit gebeur moet jy dit baie mooi oppas. Die meisie wat
hulle in die video gebruik het was in sy opinie ‘n superster daai dag en hy is baie
gelukkig dat sy so goed gepas het in die video. Die video is deur Kyle White
gemaak en vir Juan is dit beslis een van die beste musiek videos in die Afrikaanse
mark.
Die tweede video wat hulle bekend gestel het is ook die titel snit van die nuwe
album “Kalm Voor die Storm”. Hierdie video is deur VPH geskiet in die natuur -
met ‘n storm oppad. Dis ‘n baie goeie video waar Juan en die natuur as die hoof
elemente vir die video gebruik is.
Die volgende video is reeds geskiet maar vir nou eers ‘n geheim vir watter snit dit
is. Ddie video is op een van die mooiste plekke in Suid-Afrika waarvan meeste
mense al vergeet het. Die plek gaan al die eienskappe beskryf van hoe die lewe sy
gang gaan. Hy wil persoonlik niks weggee oor hierdie video nie want hierdie video
gaan beslis die heel beste video wees wat mense nog in Suid-Afrika gesien het. Dit
kan hy beslis belowe. Die video is ook geskiet deur Kyle White.
Juan beloof ook dat elke liewe snit op die album sy eie musiek video gaan kry, en
wanneer dit afgehandel is gaan hy ‘n live opname maak van een van sy vertonings.
Die album doen ook tans baie goed op radiostasies landswyd. Elke snit op die
album so beautiful en elke liedjie vertel ‘n storie van hoe dankbaar ‘n mens kan
wees dat musiek elke mens net kan optel as jy voel die lewe druk jou. Dis die
mense wat vra om dit te luister op die radio. Elke liewe radio stasie wat Juan se
musiek speel is so goed vir hom want dit is hulle wat die mense blootstel aan die
musiek. Almal wat hom op die Top 20 ofTop 30 instem sê hy dankie voor, want as
hulle nie luister nie kan hy nie skryf en sing nie!
Juan het ‘n baie sterk ondersteunersbasis in die Vaaldriehoek. Dis vir hom
ongelooflik en woorde kan dit nie beskryf nie. Dis nie ondersteuners of fans nie dis
sy lewe, sy ondersteuners is sy lewe. Hy voel hy moet altyd mense se aandag trek
sodat hy iets kan terug doen vir hulle. Hy wens hy kan persoonlik elkeen se hand
7
skud of net ‘n drukkie gee om dankie te kan sê, maar hy glo hy gaan nog die
geleentheid kry om elkeen te ontmoet al is dit nou by ‘n vertoning, winkel sentrum,
op straat of by ‘n braai.
Sedert verlede jaar het Juan se vertonings ook baie opgetel. Dis vir hom baie
belangrik om regoor die land te toer en op te tree, want daar is so baie mense wat
nie die voorreg het om al die kunstenaars te gaan sien nie en dalk ‘n cd persoonlik
te kom koop of ‘n foto te kom neem vir ‘n herhinnering nie. Dit is sy lewe en hy
geniet dit so baie om te sien hoe verskil almal in hulle dorpies en hoe hulle dit
geniet as iemand kom sing vir hulle. Dis die beste gevoel vir hom in elke dorp as
ouers ‘n onbevoegde kind na sy vertoning bring sodat hulle net kan sien, luister, of
voel aan sy gesig, maak nie saak wat die gestremdheid is nie. Soms staan hulle reg
voor die verhoog en gee net ‘n skaam glimlag vir Juan – dit laat sy hart net daar
smelt. Hy koester elke ervaring en sal daai kindertjies se gesiggies nooit kan
vergeet nie. Dis uiters spesiaal en kosbaar en wanneer kinders eers by vertonings
die woorde van sy liedjies beter ken as hy self, gee dit hom hoendervleis.
Juan dink bekendheid is belangrik vir jou naam want jy het net een naam en wat jy
met hom doen is jou eie kreatiwiteit wat erken word. Hy dink dis ‘n voorbeeld vir
ander om hulle eie drome te ontlok. Om ‘n held te wees vir iemand, al is dit net een
mens dan weet jy, jy is op die regte pad.
Juan wil graag ‘n realiteitsprogram begin oor musiek, maar dis nog ‘n redelike tyd
voor dit sal kan realiseer. Vir nou moet al die musiek vidoes eers klaar.
Dis vir Juan nou baie belangrik om die musiek video’s klaar te kry want in vandag
se tyd vat tegnologie oor en televisie en radio stasies gebruik Youtube, Facebook
en Twitter. Hy glo as hy dit agtermekaar kan kry om al sy video’s in lyn te hê sal
die res mooi in plek val.
Hy is ook tans besig om aan idees te dink vir ‘n nuwe projek. Hy gaan moet ernstig
introspeksie hou vir die nuwe album want “Kalm voor die Storm” is so goed
geskryf en van so hoë standard dat hy regtig baie aandag aan die nuwe album moet
gee, maar hy glo hy gaan dit beslis regkry. Voor elke liedjie
wat hy skryf stuur hy ‘n gebedjie op en Liewe Jesus stuur
lirieke terug.
Intussen sê Juan dat hy nie die aap uit die mou kan laat oor die
groot verassing wat hy vir sy ondersteuners beplan nie, want
dis mos juis dit, ‘n verassing! Maar om op hoogte te bly moet
almal Youtube dop hou.
8
Desember beteken net een ding, dis tyd vir vakansie hou! Ons vriende wat in die
Kaap woon het op gekom Vereeniging toe en so pak ons almal die pad aan na
Mpumalanga.
Ons het die vakansie baie ongeoriganiseerd aangepak. Ons was
wel bewus dat Mpumalanga een van ons land se grootste
internasionale toerisme bestemings is, en dat daar ongelooflik
baie is om te doen en te sienen as ons beter beplanning gedoen
het, sou ons baie meer kon sien en doen, maar vir ‘n week se
onbeplande vakansie het ons nie sleg gedoen nie.
Ons het tent opgeslaan in die reën by ‘n baie oulike klein kampplekkie in
Hazyview. Daai aand was vir jou moelik om te kon slaap! Daar is geweldig baie
padda spesies wat die heelnag deur konsert hou slegs sentimeters van jou tent af,
want om naby die vis dammetjie tent op te slaan is mos oulik!
Ons eerste dag van properse vakansie, vat ons die pad Pelgrimsrus toe. Die
uitstappie begin met ‘n heerlike en spot goedkoop buffet ete by die Royal
Hotel, waarna ons deur die hele hoofstraat geloop het in die lieflikste
motreën. Daar is die oulikste winkeltjies, die mooiste hand gemaakte
goedjies, ‘n lekkergoedwinkel en natuurlik die museumwinkeltjies
tussen in - van die General Dealer, die ou poskantoor en die ou
koerant stasietjie. Dan is daar ook klein huisies tussen die
winkeltjies waarvan een oopgestel is vir besoekers soos ‘n
museum.
Pelgrims Rus is ook baie bekend vir sy begrafplaas, maar dis
amper soos ‘n uitstappie na jou plaaslike Gym. Dis een groot
gejuig na asem soos jy die steil opdraande volg na bo. Eers kom jy by die
kerkie wat in 1911 gebou is en steeds in gebruik is.‘n Redelike ent verder
kom jy by die begrafplaas aan, maar gou kom jy agter dat jy nou ‘n
uitsig het oor die hele dorpie en vallei. Daar is die mooiste en
natuurlik baie ou grafstene en tot ons skok besef ons dat die
meerderheid van die mense tussen die jonge onderdom van 12-27
oorlede is! Baie gesinne van vier se grafte is teen mekaar. En natuurlik
is die Robber’s Grave die groot trek pleister van 1873.
HHHHtstststs----Gevoel toer Gevoel toer Gevoel toer Gevoel toer deur Mpumalangphoudeur Mpumalangphoudeur Mpumalangphoudeur Mpumalangphou Geskryf deur Maryka Pretorius
9
Kort na die begrafplaas besoek is ons asems terug en dis tyd vir die
volgende aantrekkingsbesteming, die Berlyn Waterval. Die plaas
waarop dit geleë is, is 45m hoog en het as gevolg van die differensiële
verweringsbestandheid van die plaaslike gesteentes ontstaan in 1983.
Ons laaste besteming vir die dag is die Kolk Gate, beter bekend as
“The Bourke's Luck Potholes”. Hierdie besteming merk die begin van
die Blyde Rivier Canyon. Mens verkyk jou aan die talle malende
kolkgate wat gevorm het deur die Treur Rivier dompels in die Blyde
Rivier. Die potholes is vernoem na ‘n goud delwer Tom Burke, wat
vas geglo het dat hy Goud daar gedelf is. Al kon daar nooit enige goud
as bewys gesien word nie. Dit is ‘n fees vir die oog uitstappie deur die
kolgate tot by die waterstroom, maar tog werk die hoogtes bietjie op
mens se senuwees. Dis ook hier waar my humorsin geprikkel word.
Elke bestemming wat ons besoek se badkamers en selfs van die
inligtingskantore het almal gratis kondome vir die publiek. Duidelik is
voorsorg baie belangrik vir hierdie provinsie.
Dag drie het aangebreek en ons gaan soveel moontlik watervalle
besoek. Eerste op ons agenda is “Lone Creek”. Die val is in 1983
verklaar en is 68m hoog en ongelooflik mooi, jy stap deur ‘n egte
feëverhaal deur die groenste bome en plante. Wanneer jy by die
waterval kom is die water so wit soos sneeu soos dit teen die klippe
afspoel.
Volgende aan die beurt is die “Horse Shoe Falls”, weereens stap mens
deur die mooiste natuurskoon, klim oor ‘n paar groot en moeilike
klippe, maar als is die moeite werd wanneer mens die val sien. Eerste
kom mens by die onderkant van die val uit waar besoekers kan swem
en dan as mens verder “klim” kom jy op hierdie prentjie af. Die val is
uiters ongewoon en ook nie baie hoog nie. Hierdie val is ‘n nasionale
monument en ‘n moet sien!
10
Volgende aan die beurt is die Bridal Veil. Nou kyk hier het ons almal
amper die hemel poorte bereik, dis een ongelooflike lang staproete in
die hittige son. Jy kan nie stop nie want daar is ‘n horde toeriste agter
jou, maar hierdie lang stap is absoluut die moeite werd. Hierdie val is
oor die 70m hoog. Die val het sy naam gekry omdat dit so baie na ‘n
bruid se sluier lyk. Hier geniet besoekers dit baie om in die water te
swem en onder die val te baljaar.
The Pinnacle Rock is ‘n baie indrukwekende toringagtige rots wat
30m hoog uitstaan. Die rots waarvan die Pinnacle gevorm is noem
mens Quartzite. Die “rock” is omtrek met die mooi natuurskoon en
die kloof van die Ngwartitsane Rivier. Hierdie is wel weereens een
van daai hoogtevrees oomblike wanneer jy teen die draad staan vir
daai perfekte foto oomblik. Wat min besoekers besef is van hierdie
uitkyk punt kan ‘n mens die bodeel van agt verskillende watervalle
sien waar dit 450m val in die vallei.
Daar is ook ‘n uitsonderlike mooi kasteel-agtige akkomodasie genaamd
“Flycatcher Castle”. Ons moes net stop en foto’s neem! Die gebou lyk soos ‘n egte
kasteel met die mooiste blomme afwerking. Daar pronk ook die mooiste beelde in
die tuin, en ‘n beeld van ‘n voël op die dak van die kasteel. Ongelukkig het ons
foto’s nie mooi uit gekom nie omdat ons van buite af geneem het, maar ek het wel
op hierdie foto afgekom wat geneem is deur Gerda Kotze Pretorius van GP
Photography, die foto is te sien op die webtuiste van Flycatcher.
Die tweede laaste dag van die vakansie breek aan en so ook die laaste
dag van 2014. Ons besoek die Kruger Wiltuin en kry die geleentheid
om verskeie diere te sien. Onder andere het ons die volgende gesien:
Blouaap, Blouwildebees, Kameelperd, Kaapse Bobbejaan, Koedoe,
Olifant, Rooibok, Seekoei, Renoster, Vlakvark, Waterbok,
Bergskilpad, Verkleurmannetjie, Veldlikkewaan En Troupant
11
Die laaste dag van die asemrowende vakansie het aangebreek en so ook die nuwe
jaar, op hierdie dag probeer ons soveel moontlik in prop omdat ons die volgende
dag die pad huistoe vat.
Drie Rondavels: Was voorheen bekend as die drie susters, Wanneer jy op die
uitkyk punt staan is die rondavels 1 380m bo see vlak met die Blyde Rivier in die
onderkant. Daar is geen heining by die uitkyk perseel nie en duis kan jy wandel na
hartelus.
Die Blyde River Canyon: Is 25km in lengte en is 750m diep. Die hoogste punt van
die Canyon is Mariepskop met 1,944m bo see vlak. Die Blyde River Canyon is een
van die grootste canyons op Aarde. Die beste uitsig vir die Canyon is beslis vanaf
die Drie Rondavels. Hierdie was beslis die mooiste besoek van die hele vakansie.
Lowveld Viewpoint: Is die half-pad stop van die Canyon, en het ‘n besondere mooi
uitsig en ook ‘n uitsig oor die Drie Rondavels. Hier sien jy ook die aller mooiste
verkleurmannetjies tussen die klippe skuil.
God’s Window: Hierdie is een van die mooiste Blyde River uitkykpunte, met ‘n
uitsig oor die Kruger Wiltuin, Lebombo Mountains en die grens van Mosambiek.
God’s Window bied ook die “Rain Forest” stap roete aan wat asemrowend is!
Wonder View: Hierdie is die hoogste uitkykpunt met ‘n hoogte van 1 730m, wat ‘n
motoris kan besoek in die omgewing. Jy sien hier ‘n 360 grade uitsig van die
Laeveld.
Ons was baie gelukkig dat ons hele vakansie bewolkte- en reënweer, was
aangesien die son bloedig warm word in daai omgewing. Na die besoek verstaan
ons beslis nou hoekom dit so groot aantrekingskrag het vir toeriste. Daar is
ongelooflik baie om te sien, waarvan ons nie eers die helfte gesien het nie. Hierdie
was beslis ons beste vakansie nog en sal dit enige tyd weer kies bo ‘n seevakansie!
12
Ster van die maandSter van die maandSter van die maandSter van die maand Irene-Louise van Wyk gaan binnekort geen bekendstelling
nodig hê nie. Dié 22-jarige sangeres het letterlik voor Suid-
Afrikaanse sterre grootgeword en boonop skouers geskuur
met internasionale kunstenaars wat in Suid-Afrika kom
toer het. Sy het oor die jare heen haar talent vervolmaak en
is nou gereed om dit met die wêreld te deel. Haar heel
nuutste enkelsnit, Meer as Woorde, het ongetwyfeld die
potensiaal om dié blonde skoonheid se plek in die
Afrikaanse musiekbedryf te vestig.
Dis in Irene-Louise se are om musiek te maak; Sy is die
dogter van die bekende kunstenaar, bestuurder en eienaar
van Music Profile Management, Louis van Wyk, asook wyle
Irene van Wyk, wat ’n geliefde, sangeres was. Sy het van
kleins af saam met haar ma deur die land gereis terwyl sy
konserte gedoen het. Irene-Louise het selfs hier en daar saam met haar ma ’n liedjie of twee
gesing. Die twee het ’n hegte verhouding gehad – soos twee beste vriendinne. Toe ma Irene
in 2009 noodlottig verongeluk het, het Irene-Louise se wêreld in duie gestort. Sy was
daarna net meer vasbeslote om in die groot skoene van haar ma te volg.
As ’n huldeblyk aan haar ma het Irene-Louise haar eerste enkelsnit, “So Unreal” geskryf (op
Youtube te vind). Nianell het die lied getoonset en sommige van die verse saam met haar
gesing. Die eindresultaat is ’n hoendervleismooi duet – gevoelvol oorgedra met die
suiwerste van stemme. So Unreal sal ook verskyn op Irene-Louise se cd.
Irene-Louise se stem is beslis uniek. “Met Meer as Woorde” word haar klokhelder stem op
sy beste ten toon gestel. Dié treffende lied asook ander van Irene-Louise se liedjies is
geskryf en gekomponeer spesiaal vir haar. Met al hierdie talente wat saamgespan is, is dit
geen wonder dat “Meer as Woorde” kóók nie.
“Ons almal weet van ’n liefde só sterk dat woorde dit nie kan beskryf nie,” vertel Irene-
Louise. “Dit is ook waaroor hierdie lied gaan. Die beste wat jy het vir iemand is méér as
woorde.”
Maar haar voete is plat op die aarde en wil sy nou ‘n sukses maak van haar sangloopbaan.
Terug op tuisbodem is “Meer as Woorde” die begin van selfs groter dinge vir Irene-Louise.
Sodra dié lied op die lug gespeel word en mense van haar en haar musiek te hore kom, sal
dit bepaal hoe vinnig sy die volgende enkelsnit en selfs haar eie album vrystel. “Dit is
voorwaar ’n droom wat nou vir my verwesenlik is en ek wéét van die harde werk wat wag,”
sê sy. “Meer as Woorde”sal opgevolg word deur “Lugballon” wat haar net sal versterk in die
bedryf.
13
Tersia Venter Of sy nou agter haar rekenaar sit, of besig is met BNI, Tersia is altyd
besig om te netwerk.
Sy het groot geword en skool gegaan in Bloemfontein en wou bitter
graag mode ontwerp gaan studeer, maar haar pa het daarop
aangedring dat sy dokter word. Daarvoor het sy nie kans gesien nie,
want sy hou nie van bloed nie!
Sy het op ‘n jong ouderdom besef dat sy baie en goed kan praat en het
by die Bloemfonteinse technikon, bemarkingsbestuur gaan studeer.
Na twee jaar het sy opgeskop, want sy het dit uiters vervelig gevind,
want hulle het haar niks geleer van baie praat nie!
In die tussentyd het sy as PRO by verskeie besighede gewerk en haar
kennis deur ervaring opgedoen en toe sy en haar man Vereeniging
toe trek het sy eers vir ‘n ruk by die Landdroskantoor in
Vanderbijlpark gewerk. Dit was vinnig duidelik dat sy nie ‘n goeie
staatsamptenaar is nie en het sy haar eie besigheid begin.
Om jou eie besigheid te hê in luukshede is nie so maklik nie en het sy op ‘n stadium
leerprogramme en leermateriaal vir verskillende organisasies wat opleiding doen
ontwikkel en in die proses het sy ‘n gekwalifiseerde moderator, assessor en evalueerder
geword en as gevolg daarvan amper Australië toe getrek, maar het besluit sy hou te veel
van die Vaal Driehoek en dat sy hier gaan bly.
‘n Paar jaar gelede is sy genooi na ‘n BNI vergadering in Vanderbijlpark en sy sê sy het
onmiddellik geweet dat hierdie mense nooit weer van haar ontslae gaan raak nie. Sy is nou
Assistent Direkteur van BNI in die Vaal Driehoek en geniet elke oomblik daarvan.
BNI is die grootste “word of mouth” netwerk organisasie in die wêreld. Tersia is
verantwoordelik daarvoor om nuwe groepe (Chapters) te stig en besighede bewus te maak
van die voordele daarvan om aan ‘n gestruktureerde groep te behoort en BNI bied lede die
geleentheid om idees, kontakte en verwysings te deel.
Sy doen ook opleiding in die verskillende aspekte van netwerk. Gaan kyk gerus op
www.bni-vaaltriangle.co.za/
Tersia het voorheen ‘n klein tweedehandse klere- en boekwinkel gehad. Daar het sy die
waarde van sosiale media bemarking besef en naarstigtelik begin soek na organisasies wat
klein besighede bemark. Sy het vinnig agtergekom dat die tipe besighede wat dit doen nie
14
cater vir klein besighede nie, maar slegs belangstel in die groot besighede wat groot geld
kan betaal.
Sy het op die idee gekom om sosiale media bemarking te begin doen vir klein besighede,
wat ook die waarde daarvan besef en nie die tyd het om self daaraan aandag te gee nie en
dit ook bekostigbaar te hou. Sy sê dat sy absoluut gek is daarna om dit te doen, want dit
leer haar baie van wat die vaardighede is van die mense agter die besigheid en het sy ook
wonderlike besigheidsmense ontmoet. Sy sê dat die meeste mense wat in die Vaaldriehoek
bly nie besef watter ongelooflike besighede en besigheidsmense hier is nie.
Tersia het ‘n opregte liefde vir mense en hul besighede en stel werklik belang in die mense
met wie sy te doen kry. Dit kan ‘n mens duidelik agterkom wanneer mens met haar gesels
oor wat sy alles doen en wat haar toekomsplanne is.
Sy is al 25 jaar getroud met Retief Venter, bekende prokureur in Vereeniging en hulle het
drie kinders, Andri, haar man Tommie en Johan-Hendrik en is die trotse grootouers van
klein Yvonne.
Sy sê dat sy baie gelukkig is, omdat Retief haar altyd ondersteun wanneer sy ‘mal’ planne
kry en ook haar vinnig terug ruk aarde toe wanneer sy te veel droom! “Hy is my grootste
aanhanger en kritikus en ek waardeer sy insette altyd”.
Besigheidspersoon na wie sy opkyk: “Daar is baie, maar die een by wie ek die meeste leer
en raad kry, is Ina Botha van Ina Botha Eiendomme. Ek het baie respek en ‘n groot
waardering vir haar. Sy is opreg en ‘n regte dame en sy is glad nie skaam om my in die bek
te ruk as ek hand uit ruk nie!
Iets wat mense nie van haar weet nie: Sy het lingerie en klere ontwerp en gemaak vir die
Teasers dansers.
‘n Snaakse oomblik: Sy vertel daar is baie, maar die een wat onmiddellik opkom, was toe sy
by haar tannie gekuier het wat ‘n klomp groot honde het wat almal in die huis slaap. Die
storie gaan juis oor die Great Dane. Sy is die aand badkamer toe, in die donker want dis een
deur van haar kamer af. Toe sy teruggaan kamer toe, het die hond van buite af teruggekom
en op sy plek gaan lê, reg daar waar sy moes loop en toe val sy bo-op die hond. Die hond
skrik hom disnis en probeer opstaan en Tersia wil opstaan, maar kan nie, want die hond is
die heel tyd onder haar en so val sy en die hond die hele tyd van links na regs, terwyl die
hele res van die huis wakker word en hulle dood giggel vir die petalje.
Sy sê die ergste was die verleentheid toe sy die volgende week by die dokter was en hy nie
wou glo dat haar knieë stukkend is van oor ‘n hond val nie!
Wat hou die toekoms in? Netwerk, netwerk en nogmaals netwerk. Dis harde werk om te
netwerk, maar sy geniet dit om nuwe uitdagings te trotseer. Die klem in 2015 vir Tersia is
op opleiding en beplan sy om ‘n reeks werkswinkels aan te bied waarby besighede baie
baat sal vind.
15
LipLipLipLip----Lekker ResepteLekker ResepteLekker ResepteLekker Resepte
Heerlike Macaroni & kaas
Benodig:
250g Macaroni
200g repies spek, gesnipper
2 uie
300g Cheddar kaas, gerasper
2 tamaties
1 pakkie sampioenroomsop
Metode:
1. Kook die pasta soos aan gewys op verpakking
in water, olie en sout.
2. Dreineer die pasta en plaas in ‘n mengbak.
3. Braai die spek in ‘n paar druppels kook olie.
4. Sny die een ui baie fyn op.
5. Voeg die spek en ui by die pasta.
6. Plaas 500ml koue water in kastrol, voeg sop
poeier by en meng deeglik, kook oor baie lae hitte
tot glade en effens dik sop vorm.
7. Voeg die sop en helfde van die kaas by die
pasta, meng deeglik
8. Plaas die tamaties in kookwater en trek die skil
af en sny in dun skyfies.
9. Sny die ander ui in dun skyfies.
10. Plaas die pasta mengsel in ‘n voorbereide oond
bak, plaas ui, tamatie en oorblywende kaas bo-op.
11. Bak in oond teen mattige tempratuur totdat die
kaas mooi bruin en gesmelt is.
Hoender sop
Benodig:
15ml room
1 groot pak ontbeende hoenderborsies (in
blokkies gensy)
2 middelslag uie (gekap)
2 spring onions met lobbe (gekap)
2 wortels (in ringe gesny)
3 aartappels (geskil en in blokkies gesny)
1 tamatie (sonder skil, gekap)
2 pakkies Knorr hoenderroomsop
Sout en pepper na smaak.
2 blokkies hoenderaftreksel (opgelos in 500ml
kook water)
Metode:
1. Stoom groente alles saam in 'n drukpot met
± 2l water, sout en pepper.
2. Wanneer gaar, skei die groente en die
aftreksel. maak fyn met hand drukker, hou
eenkant.. Hou die aftreksel ook eenkant.
3. (Terwyl groente stoom) Braai hoender in
margarine in braaipan tot mooi bruin en gaar.
4. Wanneer gaar, gooi hoender aftreksel oor,
laat staan een kant.
5. Meng groente en hoender en aftreksel
6. Kook sop, voeg water by indien nodig.
7. Voeg room by.
8. Kook alles saam in drukpot, sonder deksel
vir 20 minute..
16
“Buffalo Wings”“Buffalo Wings”“Buffalo Wings”“Buffalo Wings”
Benodig:
Hoendervlerkies
Kookolie (of diepvet braaier)
Aromat
Handoekpapier rol
Ina Paarman se Blou kaas sous
Spur se Durky sous
Metode:
1. Was die hondervlerkies skoon, en vee droog
met handrol papier - baie belangrik dat die
hoender se vel nie nat is nie
2. In voorverhitte kook-olie, teen matige
tempratuur braai die hoendervlerkies tot die vel
bruin is, so tussen 3 en 5min, afhangend van hoe
warm die olie is.
3. Plaas die vlerkies in ‘n oondpan en gooi baie
goed met die aromat. Plaas dit dan in ‘n
voorverhitte oond teen 180 grade vir so 5 na 7
minute tot die vel “crispy” is
4. Bedien dadelik saam die blou kaas en durky
sous (te koop by enige supermark)
Kombuis wenk:Kombuis wenk:Kombuis wenk:Kombuis wenk:
Gebruik ‘n groente skiller
Om jou kaas mee te sny vir
Toebroodtjies, dit verseker dun
skyfies en so spaar mens ook!
Driehoek HemelDriehoek HemelDriehoek HemelDriehoek Hemel
Bestanddele:
1 Groot karton maaskaas of roomkaas (moet
volroom wees)
125ml suiker
125g botter
1 eier
Tennis beskuitjies
Rooi en groen geglansierde kersies (heel)
1 groot staaf peperment sjokelade (gerasper)
125 ml vars room
Metode:
1. Klits die eier eenkant, baie deeglik
2. Room die botter en suiker.
3. Voeg die eier by bottermengsel en meng deeglik
4. Roer die kaas in.
5. Sny groot stuk foelie en plaas op werksopvervlak
6. Pak 6 rye van die (3 koekies langs mekaar) in
breedte gaan jy 3 koekies hê en in lengte gaan jy 6
koekies hê. Bo-op die
7. Smeer van die vulsel oor die koekies,
8. Pak weer dieselfde hoeveelheid koekies op die
vulsel.
9. Smeer weer die koekies met die beslag, plaas die
oorblywende vulsel in reguit lyn oor die middelste
ry koekies
10. Plaas die kersies, een rooi en een groen styf teen
mekaar oor die middelste ry koekies, gooi helfte
van die sjokelade oor die kersies
11. Met die fvoelie vou nou die koekies dat die
onder kant toe is, en die bokant by mekaar kom, om
driehoek te vorm,
12. Plaas in vrieskas tot hard en gestol
13. Klits die room tot styf
14. Smeer room oor die buite dele van die tert.
15. Gooi die res van die sjokelade oor die room,
16. Hou die tert te alle tye so koud as moontlik!
17
BALLADE VIR ‘N ENKELING SKITTER IN TWEEDE PLEK BY LOKET Starburstmusic -23 MAART 2015
Na die openingsnaweek van Ballade vir ’n Enkeling spog
dié film met ’n tweede plek by die loket. Ster Kinekor
Entertainment, die verspreider van die film, is baie gelukkig
met ‘n puik openingsnaweek. “Ons glo dat die sukses by die
loket sal voortbou gedurende die skoolvakansie, wat om die
draai is. Die terugvoer van die publiek is oorweldigend
positief” sê Pieter Geldenhuys, die uitvoerende
bemarkingsbestuurder van Ster Kinekor Entertainment.
Die span agter die film is baie dankbaar vir die ondersteuning van Suid-Afrikaners
en in besonder vir die meer as 27 500 mense wat die film oor die naweek in teaters
gaan kyk het. Dié teatergangers het bygedra tot die openingsnaweek-syfer van
R1,358,075.00.
Leon van Nierop se reaksie nadat die openingsnaweek se uitslae aan hom
bekendgemaak is, was: “Ek is verheug dat die storie steeds met Suid-Afrikaners
praat en dat hulle so ongelooflik positief daarop reageer het. Quentin Krog het
Afrikaanse film na 'n nuwe vlak geneem.”
Die vervaardiger Danie Bester voeg by: "Dit is ’n groot eer as die gehoor so
positief reageer op ’n rolprent se openingsnaweek, die terugvoer is uitstekend en ek
moedig almal aan om Ballade in ’n teater te gaan beleef”.
Die filmspan is uitsonderlik dankbaar teenoor die media en ook die publiek vir die
positiwiteit rondom die film. Volgehoue ondersteuning sal ‘n lang teaterlewe
moontlik maak en bydra tot die besonderse suksesverhaal van hierdie trots
Afrikaanse film.
Webwerf: www.balladefilm.co.za
Facebook: www.facebook.com/Balladefilm
Twitter: @Balladefilm
Lokprent skakel: https://www.youtube.com/watch?v=j2uM0InbwFA&list=UUf-
srw7HOXt4Gv05cuSJIug
18
Bekroonde fliek stel lusmaker lokprent bekend Mediavrystelling – 13 Maart 2015 � Starburstmusic
“Soms moet jy net aanvaar dat jou familie en almal om jou eintlik jou Hollywood
is…” Met hierdie boodskap maak die fliek, Hollywood in my Huis, gereed om
eersdaags in teaters landswyd te open. Die lusmaker lokprent is ook vandag om
12h00 vir die eerste keer vrygestel.
https://www.youtube.com/watch?v=4geAihjZfS0&feature=youtu.be
Hierdie romantiese komedie het reeds op 31 Augustus 2014 by die kykNET
Silwerskermfees in Kampsbaai aandag getrek en met drie toekennings weggestap:
a) Kenners keuse b) Gehoor-gunsteling en c) Gehoor-gunsteling aktrise (Christia
Visser).
Hollywood in my Huis vertel die storie van ‘n doodgewone matriek meisie, Jana
van Tonder (Christia Visser), en haar ouers, Beatrice en Tos van Tonder (Nicola
Hanekom en Louw Venter), asook Frikkie (Edwin van der Walt), haar beste vriend
en sy ouma, wat aan die verkeerdekant van die spoor woon. Jana se pa is werkloos
en haar ma bedryf ‘n skoonheidssalon vanuit ‘n karavaan in die voorplaas. Die
volwassenes se drome is verpletter, tog styg Jana se drome vêr bo haar beskeie
omstandighede uit. Dit is 2004 en haar matriekafskeid is om die draai. Wanneer
sy op televisie sien hoe Charlize Theron die Oscar wen besluit sy daar en dan om
haar matriekafskeid in haar eie “Hollywood Red Carpet” glansgeleentheid te
omskep. ‘n Besluit wat haar voor moeilike keuses te staan bring en forseer om met
die werklikheid van die lewe kennis te maak. Sy is heimlik verlief op Brandon
(Viljé Martiz) - die skool se hartbreker en tenniskampioen – en is vasbeslote om
hom te vra om saam met haar matriekafskeid toe te gaan, selfs al het hy pas met
die skool se mees populêrste meisie, Angelique (Leandie du Randt) uitgemaak.
Jana ontsien geen moeite nie en kom nie eens agter dat haar beste vriend, Frikkie
sy gevoelens vir haar probeer wys nie…..
Dit het nege jaar geduur voor die regisseur Corne van Rooyen sy kortprent
Hollywood in my Huis, wat hy as student aan die rolprentskool AFDA gemaak het,
19
in ‘n vollengte rolprent kon omskep. Die inspirasie vir die prent oor ‘n jong
tienermeisie wat groot drome koester, maar besef dat sy net dapper genoeg moet
wees om haarself te wees, dan sal sy haar pad in die lewe vind, put van Rooyen uit
sy eie kinderjare in Silverton, Pretoria. Hy sê baie van die gegewe en die karakters
is op daardie jare geskoei. Aspekte van sy familie en vriende is te vind in
Hollywood in my Huis, “Dit is eintlik ‘n hoogs persoonlike verhaal”.
Die rolbesetting het byna twee en ‘n halwe jaar geduur. Van Rooyen het van die
begin af geweet die akteurs gaan die finale deurslag aan die sukses van die storie
gee. Oor Christia Visser wat ook tans te sien is in Ballade vir ‘n Enkeling as Lena
Aucamp Jr. sê hy: “Ek het geweet ek gaan nie maklik ‘n beter Jana as sy kry nie,
sy werk vanuit haar onderbewuste sy gee nie voor nie, daar is n eerlikheid en
varsheid aan haar vertolking.” Dit het net solank geneem om die ongekunstelde
Frikkie te vind. Van Rooyen het oral gesoek by universiteite, skole, agentskappe
en selfs op Facebook mense deurgekyk. Toe sien hy vir Edwin van der Walt (ook
nou te sien in Ballade vir ‘n Enkeling as Jacques Rynhard Jr.) in ‘n kortfilm raak.
Hy het hom tenoor Christia laat speel in ‘n oudisie. “Elke oomblik was hy eg asof
hy die rol sonder moeite speel” vertel Van Rooyen opgewonde.
Ander sterre wat ook in die fliek te sien is sluit in Elana Afrika-Bredenkamp, Lida
Botha en Marga van Rooy.
Die prent is hoofsaaklik in Vasco en aan die Hoërskool Brackenfell geskiet. Tonele
is ook in Fisantekraal, Observatory en in Kaapstad verfilm.
Hollywood in my huis tref die plaaslike silwerdoek op 26 Junie 2015.
Verspreiding vind plaas deur Indigenous Film Distribution.
Facebook: https://www.facebook.com/himhfilm
Twitter: @HIMHFilm
Webtuiste: www.hollywoodinmyhuis.co.za
Fotograaf: Jesse Kramer
20
D.F Malherbe Laerskool se 50ste verjaarsdagD.F Malherbe Laerskool se 50ste verjaarsdagD.F Malherbe Laerskool se 50ste verjaarsdagD.F Malherbe Laerskool se 50ste verjaarsdag
KarnKarnKarnKarniiiivalvalvalval SkouspelSkouspelSkouspelSkouspel
Harts-Gevoel was gelukkig genoeg om ‘n komplimentere uitnodiging te kon kry
vir die geleentheid wat op 28 Februarie plaas gevind het.
Laerskool D.F Malherbe in Vanderbijlpark het sy ontstaan in 1965 en vier dus
vanjaar sy 50ste verjaarsdag.
Die skool het ‘n Karnival Skouspel aangebied met verskeie bekendes wat die
verhoog betree het. Tydens die vertoning van die
Vaaldriehoekse sanger Sean Miles het die hemele oop
gemaak en harde reën het op die skare neer gestroom, maar
die skare was min gepla, die een sambreel na die ander een
het begin kop uit steek en selfs cazebos is deur die skare
opgeslaan. Die jonger span het ook steeds in die reën baljaar.
Hierdie fees het geen tekort aan vermaak gehad nie, met
sy biertent, lekker kosstalletjies en die vermaak op die verhoog natuurlik!
Bekende solo sanger en lid van die boy band Eden, Jay was eerste aan die
beurt, al het dit gesous, het almal steeds teen die verhoog
gaan staan en uit volle bors saam gesing,
Kort op sy hakke het Jukebox aanbieder Pieter Koen die
gehoor vermaak met sy humoristiese vertoning.
‘n Verrassing het ook op die gehoor gewag toe Leah, wat bekendheid
verwerf het in die film “As jy sing” en die vroulike hooftol teenoor
Bobby gespeel het, ook die gehoor kom vermaak het met haar nuwe liedjies vir ‘n
toekomstige album - sy het beslis ‘n hele paar harte verower.
21
Bekende Afrikaanse sanger, Willem Botha en akteur (Liefling, Pretville)
het die reën somer weg gesing met sy treffer liedjies en ook ‘n hele paar
staaltjies met die gehoor gedeel wat vir baie giggels gesorg het.
MoniQue wat ook ‘n lid is van die Vuurwerke groep, het beslis die
gehoor se asem weg geslaan, Min mense besef presies watter talent sy
het. Of sy nou met agtergrond musiek of daarsonder gesing het, was die
gehoor gaande daaroor.
Maar die meeste van die toeskouers het beslis die reën en koue trotseer vir
die laaste vertoning van die aand en wie anders as die bekende “Vergeet
wat jy Weet van Liefde” sanger, Dewald Wasserfall. Die tiener meisies het
in hul hordes na die verhoog gestroom vir sy vertoning. Hy het definitief
nie teleurgestel nie.
Imile De Bruin van IDB Productions was een van die organiseerders van die
geleentheid en is verandwoordelik vir baie van die sukses wat die fees opgelewer
het. Dankie aan Imile wat ons span genooi het om die dag by te woon.
22
GHOEMA 2015 TOEKENINGS
Ghoema Musiektoekennings kan beskryf word as Suid-Afrika se eie Grammy-
toekennings. Suid-Afrika se eie spoggeleentheid vind jaarliks plaas, om die room
van Suid-Afrikaanse talent te vereer.
Vanjaar se toekenings was op Dinsdag, 24 Maart 2015 aangebied. Die wenners is
soos volg:
- Liedjieskrywer van die jaar: Riana Nel
- Musiekvideo van die jaar: Steve Hofmeyr (Sit die ligte aan)
- Gewildste liedjie van die jaar: NAWEEKLYFIE deur Lianie May & Jay
- Nuweling van die jaar: VEGAS
- Geestelike Album van die jaar: Hennie Maritz & KrissTel
- Kinder-album/DVD van die jaar: Hanna Grobler en Hendri Myburgh
- Die lewenslange bydra tot die musiekbedryf: Laurika Rauch
- Boeremusiek Album van die jaar: Die Penkoppe
- Kontemporére album deur 'n manlike kunstenaar van die jaar: Steve Hofmeyr
- Humor Album van die jaar: Wicus Van Der Merwe
- Kontemporêre album deur 'n vroulike kunstenaar van die jaar: Laurika Rauch
- Vervaardiger van die jaar: Juan "Floors" Oosthuizen
- Instrumentale album van die jaar: CH2 (Soos in die ou dae)
- MK-Toekenning vir beste alternatiewe album: Die Heuwelsfantasties
- Top verkoper van die jaar: Riana Nel met 70 000+ CD verkope in 2014.
- Beste album deur 'n duo of groep (pop/kontemporêr): EDEN
- Beste pop album deur 'n manlike kunstenaar: Bobby van Jaarsveld (Maak 'n
wens)
- Beste pop album deur 'n vroulike kunstenaar: Riana Nel
- Baanbreker-toekenning: Mynie Grové
- Groep van die jaar: Adam
- Liedjie van die jaar: Adam - Sal oorlog vir jou maak
- Vroulike kunstenaar van die jaar: Riana Nel
- Manlike kunstenaar van die jaar: Bobby van Jaarsveld
- Die album van die jaar by Ghoema 2015: Bobby van
Jaarsveld (Maak 'n Wens) Foto: Ghoema,Album 1, Facebook, EventPho
23
WenkeWenkeWenkeWenke
.
Vir ‘n droe kopvel gebruik 1 eier geel met 1 eetlepel kook olie, meng goed
saam en smeer op kopvel en los op vir 30min.
Vir ‘n olierige kopvel gebruik 1 eier wit met 1 eetlepel poeiermelk, meng
goed en smeer dan op kopvel en los vir 30min.
Was jou hare slegs een keer om alles af gewas te kry
- Ina Both, Ina’s Hair Studio, Drie Riviere, Vereeniging
- Strooi ‘n mengsel van gelyke dele aliun en boraks op plekke waar miere pla.
- Voeg asyn by jou skottelgoed water wanneer jy met seekos of vis gewerk
het.
- Vryf elke aand ‘n bietjie kasterolie aan jou wimpers, tegelyk vryf die
wimpers saggies tussen jou duim en voorvinger om die bloedsomloop te
bevorder.
- Draai jou kaas in foelie toe met die blink kant na buite, wanneer jy jou kaas
wil vries, dit sal voorkom dat die kaas glad nie krummel wanneer jy dit
ontvries nie.
- Om te voorkom dat kaas wat gerasper is nie aan mekaar vasklou nie, sit baie
min Mazina tussen in.
- Wanneer jou yskas stink, plaas vanilla geursel in ‘n piering in die yskas.
- Sit die pote van van ‘n leer in twee skoene met rubbersole, dit sal voorkom
dat die leer gly.
- Meng dieselfde hoeveelheid vaseline en gliserien. Voeg baba poeier tot
handteerbaar op hande. Met slaaptyd vryf room op voete en trek kouse aan.
Om gebarste hakke te herstel.
- Sny altyd ‘n ligte kruis onder ‘n tamatie wanneer jy die tamatie in kookwater
sit om die vel te kan aftrek.
- Gooi kookwater in ‘n houer en hou jou glas onderstebo daaroor tot die glas
vul met wasem, vryf die glas dan blink met ‘n droe skoon vadoek om jou
glase blink te kry vir ‘n deftige geleentheid.
24
Karlien Van Jaarsveld Karlien Van Jaarsveld Karlien Van Jaarsveld Karlien Van Jaarsveld –––– My HartjieMy HartjieMy HartjieMy Hartjie - My eerlike opinie album resensie deur Maryka Pretorius -
Na skaars ‘n week op die rakke het die album goue status
bereik! Maar dit verbaas my glad nie, want ek kon dit al
voorspel net deur die titel snit “my hartjie” te kon hoor op
radio stasies landswyd sedert valentyns Dag vanjaar.
Vir my is ‘n liedjie slegs goed as dit my emosioneel aanraak
en dis beslis wat meederheid van die liedjies op hierdie album
doen! Dit vat aan jou siel.
Die album bestaan uit 14 liedjies asook ‘n verskuilde akoestiese snit van “jakkels trou
met wolf se vrou”
Die titel snit is deur die uiters talentvolle liedjie skrywer en sanger Johan Vorster geskryf.
Die snit is baie goed ontvang deur Karliens se ondersteuners en is beslis ‘n liedjie vol
betekenis oor die liefde.
My persoonlike gunsteling op die album is ook deur Johan geskryf, getiteld “Geskeurde
Jeans”, Dit is ‘n absolute lekker hard luister treffer! Dit gaan oor somer liefde in die
storm, ‘n meisie in haar geskeurde jeans en natuurlik die ou wat bietjie bang is vir nuwe
liefde
Onder meer is daar ook liedjies soos “Woorde” en “Jy is” wat deur Johan Oberholzer
geskryf is, sowel “Breek” wat deur Riana Nel gskryf is.
Natuurlik is daar ook liedjies uit Karlien se eie pen, soos Daniel & Eliah, wat sy vir haar
tweeling seuntjies geskryf het, ek self is nog nie ‘n ma nie, maar die lirieke het my naby
aan trane gehad! Dit beskryf hoe als vir altyd verander as jy ma word en hoe mens jou
kinders onvoorwaardelik lief het en hoe hulle die mooiste deuntjies huil.
Vir die eerste keer in ‘n lang tydperk sing Karlien heel wat meer engelse liedjies. Op
hierdie album kan jy luister na, soos Go your own way, Holding out for a hero, biter blue,
en dancing in the dark.
Kyk hoe glinster die maan verduidelik hoe ‘n dogtertjie en haar boetie op kersfees vader
se rooi jas in die laai af kom, en hoe hul kinder harte ontnugter word deur die ontdekking
dat kersfees vader nie werklik bestaan nie. Dis defenitief ook een van my gunstelinge op
die album en laat mens terug dink aan jou eie kinder dae met kerstyd.
Daar is ook liedjies soos Lewe vir Liefde, tot die perde eendag horings kry, voel weer en
stille waters wat beslis nie teleurstel nie. Hierdie is beslis weerens ‘n treffer album!
25
Die Harts-Gevoel span wil graag vir al ons Harts-Gevoel familie lede ‘n geseënde paasfees toe wens, mag jul lang naweek gevul wees met familie, vreugde, geloof en natuurlik ‘n hele paar paas eiers!
Mag julle hierdie paas seisoen die Here se seen oor jul familie en huis
voel, mag julle op-nuut besef waaroor paas fees gaan!
Paasfees is die nuwejaarsdag van die siel – AB Simpson
26
- Om jou besigheid in Harts-Gevoel te adverteer kontak ons asb by
Maryka@hartsgevoel.coza of editor@hartsgevoel.co.za
- Stuur asb vir ons jou resepte en wenke na editor@hartsgevoel.co.za
- As jy enige voorstelle het vir nuwe artikels of waar ons die tydskrif kan
verbeter kan julle gerus ook ‘n mail stuur na editor@hartsgevoel.co.za
- As julle ons wil nooi na ‘n funksie of vir ons ‘n album wil stuur om oor ‘n
resensie te doen kan julle ons kontak by Maryka@hartsgevoel.co.za
- As jy vir Harts-Gevoel ‘n versoek wil stuur om ‘n artikel te doen oor iemand
of ‘n maatskappy kan julle ons kontak by Maryka@hartsgevoel.co.za
- As jy graag deel wil word van die Harts-Gevoel span vanaf jou omgewing
kan jy ons gerus kontak by Maryka@hartsgevoel.co.za
- Harts-Gevoel is opsoek na Dames in die Vaal area wat deel wil wees van
ons foto sessie vir ons Julie uitgawe, stuur ons asseblief jou naam, van,
ouderdom, rok groote en lengte saam ‘n gesig en vol lyf foto na
editor@hartsgevoel.co.za
- Kontak vir Maryka direk op Maryka@hartsgevoel.co.za of vir Antionette en
Tersia by editor@hartsgevoel.co.za
- Bespreek Juan Boucher vir jou verjaarsdag, funksie of fees by Denise –
juanboucher@vonk.co.za of 083 790 4125
top related