afrikaans huistaal matriek opedag 2013 vraestel 1 & 2...
TRANSCRIPT
AFRIKAANS HUISTAAL
MATRIEK OPEDAG
2013
VRAESTEL 1 & 2
TAAL, GEDIGTE, ROMAN & DRAMA
Afr HT/ Matriek opedag WKOD Augustus 2013
2 van 34
AFDELING C: TAALLEER INLEIDING Baie min Graad 12 Afrikaans Huistaalleerders weet dát hulle vir die Taalafdeling kan leer, en nog minder weet wát om te leer. Verder nog: leerders weet dikwels nie wat hulle omtrent Taalleer ken en nie ken nie en ook nie hoe om hul kennis toe te pas nie. WAT OM TE LEER
Spelling van woorde: spelreëls, skryftekens
Woorddele: Morfologie (stam, morfeem, afleiding, samestelling, samestellende afleiding)
Woordbetekenis: woordeboekgebruik (klem, betekenismoontlikhede, ontlenings; afleidings); betekenisleer; idiome; taalverskynsels
Funksie en verband van woorde in sinne: Woordsoorte/ woordsoortelike funksie, sinsdele (in enkelvoudige, saamgestelde en veelvoudige sinne)
Herskryf van sinne: sinsoorte, tyd, wyse, lydend en bedrywend, ontkennend, direkte en indirekte rede, woordorde, leestekens
Boodskappe van woorde en sinsdele: denotasie, konnotasie, geïmpliseerde betekenis, stereotipering, partydigheid, gevoelstaal, manipulerende taal, oorredingstaal
Aspekte waarmee leerders sukkel:
− Morfeme, afleiding, samestelling, samestellende afleiding − Betekenisleer; idiome; taalverskynsels − Woordsoorte, sinsdele − Wyse, lydend en bedrywend, ontkennend − Geïmpliseerde betekenis − Manipulerende taal, oorredingstaal
Die onderstaande diagram kan jou help om woordsoorte beter te begryp.
WOORDSOORTE
Hoe om dit beter te begryp
Begin met die twee “hooftipes “
selfstandige naamwoord: kaalkopman-netjies
Werkwoord: lag
Byvoeglike naamwoord: oorgewig (beskryf / vertel meer van die selfstandige naamwoord
Telwoord: tien (hoeveel /volgorde)
Lidwoorde/ determineerders: die/’n
Voorsetsel: op die pawiljoen (dui op verhouding)
Bywoord: luidkeels
Voornaamwoord: Hulle (i.p.v kaalkopmannetjies)- in die plek van s.nw.
Afr HT/ Matriek opedag WKOD Augustus 2013
4 van 34
Voorbeeldsin: Die tien oorgewig kaalkopmannetjies op die pawiljoen lag luidkeels.
Al die woorde wat met die kaalkopmannetjies en pawiljoen koppel: die / tien / oorgewig / op
Selfstandige n.nwe. lidwoord telwoord byvoeglike nw. voorsetsel
Die woord wat met lag verbind: luidkeels
Werkwoord bywoord
Identifiseer woordsoorte wat aan elke “hooftipe” “koppel” (verwys na diagram).
Indien die leerder die konsep (bv. selfstandige naamwoord) begryp, kan ons dan die soorte (bv. tipes
selfstandige naamwoorde) verduidelik.
Voor ons met bepalings en bysinne begin, MOET die leerder eers die basiese konsepte onder die knie kry.
(Ons kan byvoorbeeld NIE die byvoeglike bepaling / byvoeglike bysin verduidelik as die leerder NIE die
byvoeglike naamwoord begryp nie).
Byvoeglike naamwoord byvoeglike bepaling/ sinsnede byvoeglike bysin
Bywoord bywoordelike bepaling/ sinsnede bywoordelike bysin
RESEPTE EN ONTHOURYMPIES
Trappe van vergelyking
Oortreffend
Oortreffend
Vergrotend
(die) hoogste (die) fluksste (dubbel -s) (die) bekendste mees bekende mees afgeleë
Stellend
hoër (verbuiging) flukser (een -s) bekender meer bekende meer afgeleë
hoog fluks
bekend bekende afgeleë
Onthou: In die meeste gevalle: Vergrotend = woord + er
Oortreffend = woord + ste Woorde op e-uitgang kry meer en mees
Gee net die antwoord; die eerste een word nagesien Jy moet die antwoorde korrek spel bv. woesste
Dubbele trappe van vergelyking (mees interessantste, meer bekender) is verkeerd.
Intensiewe vorme
Wanneer ons „n woord in sy ergste graad skryf, word dit die intensiewe vorm genoem. Dink aan die Intensiewe Sorgeenheid (Engels: ICU) in „n hospitaal.
Moenie verwar met trappe van vergelyking nie! Onthou: Ons skryf hierdie vorm altyd vas, behalwe in die geval van wawyd oop en
nugter wakker. Skryf jou antwoord só neer dat die nasiener nie moet twyfel of dit los of vas is nie. Voorbeelde: doodhonger; doodbang; wondermooi; hemelhoog; plankdun; rietskraal;
windskeef; broodnodig; propvol; stampvol; dolgelukkig Oppas vir verboë vorm, bv. „n hemelhoë boom
Afr HT/ Matriek opedag WKOD Augustus 2013
6 van 34
Verkleining van woorde wat op –ng eindig Eenlettergrepige woorde soos ring, ding, kring: kry –etjie (ringetjie, dingetjie, kringetjie) Meerlettergrepige woorde soos koning, piesang, vergadering:
Onthou sin: Koning trap gogga dood. (Die K is magtiger as die g)
Trek g deur; skryf k in plek daarvan neer.
Voeg –ie agteraan.
Dus: koning; konink; koninkie piesang;piesank; piesankie
vergadering; vergaderink; vergaderinkie
Betekenis van morfeme Skryf slegs die betekenis van die morfeem neer.
Leer lys:
on- = nie (onwaar) ont- = beroof van / wegneem (onthoof) ont- = begin (ontkiem) be- = voorsien van (beman) her- = weer (hersien) anti- = teen/ gekant teen (anti-rugby) ant- = teen (antwoord) aarts- = opperste/ eerste/ oudste (aartsvader) aarts- = baie erg (aartslui) ver- = verander van (vervel) e- = elektroniese (e-pos) tele- = ver / oor „n afstand (televisie. teleskoop, telefoon) mis- = verkeerd (misverstand, mistasting) oer- = oud/ oudste / eerste (oermens) sub- = onder (substandaard) ko- = saam (koëdskool = „n skool waar seuns en dogters saam skoolgaan) bi- = twee (bi-polêr = twee pole) aëro- = lug (aërodinamies) a- = nie (a-sosiaal) -loos = sonder wan- = verkeerd(e) (wanopvatting) hiper- = bo / bokant / oor (hiperaktief oudio- = hoor (oudiovisueel)
Woordvorming Afleiding: stam + pre en/ of post {bv. be (pre)+ man (stam)} Samestelling: 2 of meer stamme (bv. handdoek; lewenskets (lewe + skets). Wees versigtig
vir spelling! ns is „n verbindingsklank en nie ‟n morfeem nie Samestellende afleiding: 2 of meer stamme + pre en/ of post (bv. beplanningsvergadering =
be+plan+ing+s+vergader+ing; s = verbindingsklank)
Woordeboekuittreksel Antwoorde in uittreksel Woordsoort: afkorting s.nw. of ww. of bw. Klem: lettergreep onmiddellik voor klemstrepie ( ), bv. mi gra sie
Watter betekenis van toepassing: lees sin/paragraaf en woordeboekuittreksel Taal van oorsprong: L (Latyns); Fr (Frans); G (Grieks), ens.
Afr HT/ Matriek opedag WKOD Augustus 2013
7 van 34
Voornaamwoord Persoonlike voornaamwoorde (v.nwe.): ek, jy, hy, sy, dit, ons, julle, hulle Gebruik altyd die voornaamwoord WAT as dit op mense, diere of dinge betrekking het, bv.
Die man WAT daar loop, is siek. Die hond WAT blaf, is kwaai. Die stoel WAT daar staan, is stukkend.
WIE kan slegs saam met „n voorsetsel gebruik word of in „n vraag en dan verwys dit altyd na mense bv.
Die man met WIE ek praat, is my oom. Die persoon op WIE hy vertrou, is nou weg. WIE het die werk gedoen?
Ander voorbeelde: Die muur Waaroor hy spring, is hoog. Die potlood Waarmee hy skryf, is stomp. Die boek Waardeur hy blaai, is stukkend.
Werkwoorde Selfstandige werkwoorde, koppelwerkwoorde en hulpwerkwoorde Selfstandige werkwoorde:
o Ook hoofwerkwoorde genoem o Kan alleen die gesegde vorm (die handeling aandui), bv. Ons eet appels.
Koppelwerkwoorde: o Staan alleen o Koppel twee dele aan mekaar, bv.
Sy word „n dokter (sy + dokter) en Hy lyk fiks (hy. + fiks)
o Voorbeelde van koppelwwe: is, was, wees, word, blyk, bly, skyn, klink, heet, voorkom, voel.
Hulpwerkwoorde: o Ook medewerkwoorde genoem o Tree met „n ander werkwoorddeel op, bv.
– Ons het appels geëet. – Ek sal dit doen. – Die werk is gedoen.
Deelwoorde Twee soorte: voltooide (verlede) en onvoltooide (teenwoordige) Onvoltooide: -end/-ende (bv. brandend/ brandende) Voltooide: -te/-de (bv. gekapte hout; verbrande hout) Sterk voltooid: verander klinker, bv. giet: gegote yster; buig: geboë hoofde
Bywoorde Die bywoord beskryf die werkwoord / handeling. Let op hoe die onderstaande sinne elke keer met „n bywoord uitgebrei word:
Die seun hardloop. Die seun hardloop vinnig. Hoe? - Manier Die seun hardloop vinnig huis toe/in die straat. Waarheen/Waar? – Plek Die seun hardloop vanmiddag vinnig huis toe. Wanneer? – Tyd
Afr HT/ Matriek opedag WKOD Augustus 2013
8 van 34
Voegwoorde: Verbind woorde / sinne met mekaar
Hy staan vroeg op, dog sy broer slaap laat. (Let op die komma voor en die normale woordorde ná die voegwoord) [Sinne: Hy staan vroeg op. Sy broer slaap laat.]
Hy is nie slim nie; tog presteer hy baie goed. (Let op die kommapunt voor en die omgekeerde woordorde ná die voegwoord) [Sinne: Hy is nie slim nie. Hy presteer baie goed.]
Sy kan nie optree nie, aangesien sy met vakansie is. ((Let op die komma voor en die omgekeerde woordorde ná die voegwoord) [Sinne: Sy kan nie optree nie. Sy is met vakansie.]
Ek gaan dit nie doen nie, tensy jy my help. (Let op die komma voor en die omgekeerd woordorde ná die voegwoord. Let ook op dat die eerste deel van die sin negatief/ ontkennend is en die tweede deel positief. tensy = behalwe as)
[Sinne: Ek gaan dit nie doen nie. Jy help my.] Jy moet jou werk leer, tensy jy nie wil slaag nie. (Let op dat die eerste deel van die sin
positief is en die tweede deel negatief/ ontkennend.) [Sinne: Jy moet jou werk leer. Jy wil nie slaag nie.]
Hy is nie siek nie; inteendeel, hy is perdfris. (Let op die kommapunt voor en die komma ná asook die normale woordorde ná die voegwoord) [Sinne: Hy is nie siek nie. Hy is perdfris.]
Hy was siek; nogtans het hy gespeel. (Let op die kommapunt voor en die omgekeerde woordorde ná die voegwoord) [Sinne: Hy was siek. Hy het gespeel.]
Sy motor het gebreek; derhalwe kon hy nie die funksie bywoon nie. (Let op die kommapunt voor en die omgekeerde woordorde ná die voegwoord) [Sinne: Sy motor het gebreek. Hy kon nie die funksie bywoon nie.]
Hy is voor op die wa; sy broer, daarenteen, is baie beskeie.(Let op die plasing van die leestekens en die woordorde) [Sinne: Hy is voor op die wa. Sy broer is baie beskeie.]
Sy het niks oor die toets gesê nie; trouens sy wil nie daaroor praat nie. (Let op die kommapunt voor en die normale woordorde ná die voegwoord) [Sinne: Sy het niks oor die toets gesê nie. Sy wil nie daaroor praat nie.]
Dit het gereën; gevolglik kon ons nie buite speel nie. [Sinne: Dit het gereën. Ons kon nie buite speel nie.]
Homonieme Spelling dieselfde Betekenis verskil
Homofone Klank dieselfde Spelling en betekenis verskil
Paronieme (stamverwante woorde) Stam dieselfde Spelling en betekenis verskil
Klinkerwisseling (metamorfeme) Sommige woorde word gevorm deur die klinker van dte stam te verander, bv.
bid – gebede, bedelaar bied – gebod buig – boog; geboë byt – gebit gryp – greep ruik – reuk sluit – slot, sleutel, geslotenheid
Afr HT/ Matriek opedag WKOD Augustus 2013
9 van 34
Toutologie (stapelvorme) Dit is die opeenstapeling van woorde met dieselfde betekenisse. Dit kom in een woord voor bv. graftombe (graf = tombe); brokstuk (brok = stuk); buldoghond (dog = hond); kabeltou
(kabel = tou); brakhond (brak = hond); kweekgras (kweek = „n soort gras); damwal (In Nederlands beteken dam = wal); mandjietjie (= dubbele verkleiningsuitgang); kinders („n Dubbele meervoudsuitgang kom voor, want in Nederlands dui –er alreeds meervoud aan; Afrikaans voeg nog „n –s ook by.)
Kontaminasie (taalbesmetting) Twee woorde of uitdrukkings met min of meer dieselfde betekenis word gemeng om een
woord te vorm. bv. aanbetref ( = aangaan + betref); laterhand (= later + naderhand); afeindig (afsluit +
eindig); verassureer (verseker + assureer); in pleks van ( = in plaas van + in die plek van); broodnoodsaaklik (broodnodig + noodsaaklik)
Analogie Nuwe woorde en vorme ontstaan na die voorbeeld van dié wat reeds bestaan, bv.
Na die voorbeeld van misvorm word misverstaan en mishandel gevorm. Na die voorbeeld van gesing word verkeerdelik geverstaan, gehersien en gebelowe gevorm.
Nuutskepping (Neologisme) Dit is nuwe woorde wat geskep word om name vir nuwe uitvindsels te gee, bv.
In die rekenaarbedryf: skandeerder, laserskyf, sellulêre telefoon, flaterwater (“Tipp-ex”); gonswoord (“buzz word”); rymklets/ rymkletser (“rap”/ “rapper”); krammasjien (“stapler”)
Bywoordelike bepaling Een woord of groep woorde sonder „n werkwoord/ werkwoordelike deel Meer inligting oor gesegde/ werkwoordelike deel: hoe?, wanneer?, waar?, waarom? Onthou: bywoordelike bepaling moet een van bg. vrae beantwoord
bv. Die seun eet appels gulsig. (hoe) Die seun eet elke dag appels. (wanneer) Die seun eet appels by die huis/buite. (waar) Die seun eet appels vir die lekkerte. (waarom)
Bywoordelike bysin „n Groep woorde met „n werkwoord/ werkwoordelike deel Meer inligting oor gesegde/ werkwoordelike deel: wanneer?, waar?, waarom? Onthou: bywoordelike bysin moet een van bg. vrae beantwoord Bv. Die seun eet appels terwyl die son skyn. (wanneer)
Die seun eet appels waar niemand hom sien nie. (waar) Die seun eet appels omdat hy daarvan hou. (waarom)
Byvoeglike bepaling Een woord of groep woorde sonder „n werkwoord Meer inligting oor onderwerp of voorwerp (naamwoord) Wenk: begin met die woord “met” of skryf byvoeglike naamwoord voor die selfstandige
naamwoord Bv. Die seun met die groen hemp eet appels. OF Die stout seun eet appels.
Afr HT/ Matriek opedag WKOD Augustus 2013
10 van 34
Byvoeglike bysin Groep woorde met „n werkwoord/ werkwoordelike deel Meer inligting oor onderwerp of voorwerp (naamwoord) Wenk: begin met die woord “wat” Bv. Die seun wat die groen hemp dra, eet appels.
Gesegdesin As die hoofsin se gesegde 'n koppelwerkwoord is, is die bysin 'n gesegdesin, bv.
Dit lyk of hy die skelm is.
Onderwerpsin Dit is 'n bysin wat in sy geheel as onderwerp van die hoofsin optree, bv.
Wat jy doen, is nie altyd reg nie. As DIT die onderwerp van die hoofsin is en die bysin kan in die plek van DIT gelees
word, is die bysin ook 'n onderwerpsin, bv. Dit is onmoontlik om alleen soontoe te ry. (Die sin kan ook geskryf word: Om alleen soontoe te ry, is onmoontlik).
Voorwerpsin Die bysin tree as voorwerp van die sin op, bv. Hy dink hy sal slaag.
Onderwerp Gesegde Voorwerp
Wanneer 'n vraagsin met WAT van die hoofsin gevorm word (Hy vra WAT?) en die bysin is 'n antwoord op die vraag, is die bysin 'n voorwerpsin, bv. Hy dink WAT?
Ontkenning Dubbele ontkenning „n vraag bly „n vraag (bv. Het jy al ooit …? Het jy nog nooit … nie?) Leer lys woorde wat verander: al - nog nie ooit - nooit al ooit - nog nooit nie iemand - niemand êrens - nêrens altyd - nie altyd nie OF nooit nie nog/steeds - nie meer nie òf...òf - nòg... nòg alles - niks nie/ nie alles… nie almal/iemand - niemand nie/ nie almal … nie al iets - nog niks nie reeds - nog nie
Afr HT/ Matriek opedag WKOD Augustus 2013
11 van 34
Lydende (passief) en bedrywende (aktief) vorm Bedrywend = Onderwerp – Voorwerp (OV); Lydend = Voorwerp – Onderwerp (VO) Die sin se betekenis en tyd moet dieselfde bly. Voorwerp en onderwerp ruil posisies Lydende vorm in die verlede tyd: Onthou: Is jou vis
Om van die direkte na die indirekte rede te herskryf Behou die tydsvorm. Sit die voegwoord “dat” by.(OPSIONEEL) Laat die dubbelpunt weg. Laat die aanhalingsteken weg. Verander die woorde wat moet verander (Leer die lys hieronder.) Omskryf woorde wat gevoel aandui (Lei die gevoel uit die sin af.), bv.
Sy vra die seun: “Sal jy asseblief sit?” word Sy vra die seun hoflik om te sit. Voeg woorde in wat nodig is sodat die sin reg kan lees. Sorg dat die woordorde reg is.
LEERLYS: WOORDE WAT VERANDER gister die vorige dag môre die volgende dag
vandag daardie dag verlede week die vorige week môreoggend die volgende oggend hierdie daardie ons s'n, julle s'n hulle s'n volgende jaar die jaar daarna oormore twee dae later eergister twee dae gelede/tevore nou toe hier daar vanaand daardie aand
Omskryf die volgende: (LEI DIE GEVOEL UIT DIE SIN AF.)
VAN (Direkte rede) NA (Indirekte rede)
asseblief vra hoflik
dankie bedank
Ai! sug
Eina! skree van die pyn
Sjoe! sug
Ag nee! teleurgesteld
Wyse
Onbepaalde wyse (Infinitief) Dit is die vorm van die selfstandige werkwoord wat nie altyd spesifiek aandui dat die
handeling deur iets of iemand verrig word nie. Die infinitief word gewoonlik na te of om te gebruik, bv. Dis lekker om te swem. Jy hoef nie te kom nie. (Om te) Slaap is noodsaaklik vir goeie gesondheid.
Afr HT/ Matriek opedag WKOD Augustus 2013
12 van 34
Aantonende / aanwysende wyse Dit stel 'n handeling as werklikheid voor in die hede, verlede en toekoms, bv.
Ek eet 'n peer. OF ,n Peer word geëet. Ek het 'n peer geëet. OF 'n Peer is geëet. Ek sal 'n peer eet. OF 'n Peer sal geëet word.
Aanvoegende / toevoegende wyse Die handeling is nie soos by die aantonende wyse 'n werklikheid nie, maar „n
moontlikheid, waarskynlikheid of wenslikheid, bv. Hy mag dalk die werkstuk voltooi. Hy sal seker nog die werkstuk voltooi. Mag jou poging suksesvol wees! As ek 'n miljoen rand wen... Was ek maar „n miljoenêr ...
Gebiedende wyse Die handeling word as 'n bevel, verlange, bede of versoek voorgestel, bv.
Was die hond! Laat my asseblief gaan!
Vraende wyse Dit word deur „n vraagsin aangedui, bv.
Waarom lag jy? Sal julle die werk doen?
Geïmpliseerde betekenis Die woord “geïmpliseerde” beteken dieselfde as “verskuilde”. Die “verskuilde betekenis” verwys na die versteekte, maar eintlike bedoeling van „n woord / uitdrukking. „n Mens kry dus implisiete / geïmpliseerde boodskappe wanneer iets nie uitdruklik in die teks genoem word nie, maar tog bedoel word. Kom ons illustreer dit aan die hand van die onderstaande sin:
“In vergelyking met Bellville is Bonteheuwel nie so „n slegte plek om in te woon nie.” Wat sê die spreker eintlik oor Bellville? Het hy dit direk/ in woorde, gesê? Die slotsom is dat die spreker se eintlike boodskap/ bedoeling tussen die ander woorde in die sin verskuil is. Daarom het hierdie sin geïmpliseerde betekenis.
Indien die vraag dus gestel word:”Wat is die geïmpliseerde betekenis van hierdie sin?” behoort jou antwoord te wees: Bellville is nie „n lekker plek om in te woon nie OF Bellville is „n slegte plek om in te woon. Hier volg twee ander voorbeelde uit vorige vraestelle:
A. Die sukses waarmee die toernooi aangebied is, is weer ‟n bewys dat voorspellings nie altyd
waar word nie. Vraag: Wat is die geïmpliseerde betekenis van bostaande sin? Antwoord: Daar is voorspel dat die toernooi nie suksesvol aangebied sal word nie.
Afr HT/ Matriek opedag WKOD Augustus 2013
13 van 34
B. Vraag: Lees raam 1 en raam 2. Wat is die geïmpliseerde betekenis van Flo se uitspraak in raam 2? (Wenk: Dit het met die woorde “volwasse mans” in raam 1 te doen.) Die komma Voor die voegwoorde want en maar By die opnoem van „n reeks s.nwe. , wwe. en b.nwe. Tussen twee werkwoorde wat aan verskillende sinsdele behoort. Voor of na die naam van die aangesprokene Voor en na „n bystelling Voor en na „n ingelaste sin / parentese
Skryftekens
Die koppelteken: koppel woorde
Vernaamste rede vir die gebruik van die koppelteken: om lees te vergemaklik Voorbeelde en spesifieke redes vir die koppelteken:
Wes-Kaap = samestelling waarin rigting voorkom gr.12-klas = samestelling met syfers of letters poot-uit = bepaling van gesteldheid sing-sing = herhaling direkteur-generaal = saamgestelde titel eeue-oue = opeenhoping van klinkers Groot-Brittanje = aardrykskundige naam ru-koper = om dubbelsinnigheid te vermy ad hoc-komitee = koppeling met Latynse woordgroep Graaff-Reinet = gekoppelde name van dorpe, lande, stede
en tale om twee-uur = dui tydstip aan (teenoor “Dit het twee uur aangehou” wat tydsduur aandui.)
Onthou: Koppeltekenwoorde is samestellings wat nie vas geskryf kan word nie, maar dit is net so „n eenheid soos woorde wat aanmekaar geskryf is.
Ek wil nog een ontmoet. Hy's bietjie ouer as sy.
Sy hou van meer volwasse mans.
Afr HT/ Matriek opedag WKOD Augustus 2013
14 van 34
Die deelteken: Verdeel lettergrepe
Onthou: die deelteken word op die tweede lettergreep (van die twee wat geskei word) geskryf.
Voorbeelde: geëet (ge + eet); beïnvloed (be + invloed) reünie (re + unie); diëte; posseël
Waar woorde nie anders uitgespreek kan word nie, word deeltekens nie geskryf nie, bv. beaam, prieel
Ander voorbeelde: aëronout; geëien; koöperasie; hidroëlektries; mikroörganisme
Die afkappingsteken
In Afrikaans dui dit meervoud (en verkleining) aan en nie besit nie. Meervoud en verkleiningsvorme van woorde wat op i, o en u en ‟n beklemtoonde a eindig,
bv. foto‟s, hoera‟tjie, Hugo‟s, ma‟s Meervoude en verkleining van letters, syfers en getalle, bv. b‟s, l‟etjie, r‟e Meervoud en verkleining van eiename wat eindig op e, s of z wat in die enkelvoud nie
uitgespreek word nie, bv. Marais‟s; Du Preez‟tjie
Afr HT/ Matriek opedag WKOD Augustus 2013
15 van 34
VOORBEELDVRAE WKOD Gemeenskaplike vraestel, Junie 2013 AFDELING C: TAAL VRAAG 3 Lees die tekste hieronder en beantwoord die daaropvolgende vrae. TEKS 1: KOERANTBERIG
Leeus pas vier gewonde renosters op
1. Dit was die tweede keer dat ‟n stroper se koëel Escape se lyf deurboor het.
2. Twee jaar gelede het die vyfjarige renostervers die dood gefnuik. Verlede week is sy in
die skouer getref.
3. Nou word sy, haar ma, Precious, en twee bulle, Swagman en Premier, deur die leeus van
die Elandela-private natuurreservaat en lodge naby Hoedspruit opgepas.
4. Die vier renosters is verlede week Donderdag deur stropers geskiet. Die stropers het
vermoedelik gevlug nadat iets hulle gesteur het.
5. Daardie middag het die lodge-bestuurder, Carina Blofield, al opgemerk een van die diere
is gewond. En twee van die renosters, wat gewoonlik ‟n intieme en sosiale groepie is,
was weg.
6. “Ons monitor ons renosters twee maal per dag. Ons het dr. Peter Rogers, ‟n wildveearts,
en Benjamin Osmers, ‟n helikoptervlieënier, gebel om met ‟n reddingsoperasie te kom
help.
7. Yvonne Gioia, mede-eienaar van die reservaat, en haar man, Rocco, het die renosters vir
hul eie veiligheid na die leeus se area verskuif.
8. “Die kans was 100% dat die stropers sou terugkom. Die leeus sou die renosters moes
oppas,” het Yvonne verduidelik.
9. Gister is die tweede deel van die renoster-reddingsoperasie uitgevoer.
10. Rogers het drie van die diere vanuit die helikopter met verdowingspyle geskiet en Janelle
Genis, veearts-assistent, het telkens ‟n kombers oor die verdoofde dier se oë gegooi.
11. Rogers en Genis het vinnig bloed getrek, die temperatuur geneem en die wond tot diep
binne-in ontsmet en antibiotikum toegedien.
12. Volgens Rogers was Escape se wonde die ergste.
[Aangepas uit: Beeld, 17 Mei 2013]
Afr HT/ Matriek opedag WKOD Augustus 2013
16 van 34
3.1 Identifiseer die woord wat in paragraaf 1 verkeerd gespel is en skryf dié woord korrek oor.
(1)
3.2 Gee „n sinoniem vir gefnuik (paragraaf 2). (1)
3.3 Skryf die onderstaande sin in die bedrywende vorm (aktief):
Die vier renosters is verlede week Donderdag deur stropers geskiet.
(1)
3.4 Skryf in die ontkennende vorm:
Daardie middag het die lodge-bestuurder, Carina Blofield, al opgemerk een van die diere is gewond.
(1)
3.5 Skryf in die indirekte rede:
“Ons monitor ons renosters twee maal per dag,” het Blofield gesê.
(1)
3.6 Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A, B, C of D) langs die
vraagnommer neer: Die woord reddingsoperasie (paragraaf 6) is gevorm deur middel van ...
A. samestellende afleiding B. samestelling C. afleiding D. metamorfeem
(1)
3.7 Skryf „n bywoordelike bepaling uit paragraaf 7 neer. (1)
3.8 Gee die intensiewe vorm van vinnig (paragraaf 11). (1)
3.9 Gee die betekenis van die premorfeem ont- in ontsmet (paragraaf 11). (1)
3.10 Verbind die onderstaande twee sinne deur die voegwoord gevolglik te
gebruik. Sinne: Die kans was 100% dat die stropers sou terugkom. Die leeus sou die renosters moes oppas.
(1)
EN
Afr HT/ Matriek opedag WKOD Augustus 2013
17 van 34
TEKS 2: ADVERTENSIE
[Uit: idees, Mei 2013] 3.11 Verklaar waarom die eerste reël “„n Nuwe lid” groter as die tweede reël
geskryf is. (1)
Afr HT/ Matriek opedag WKOD Augustus 2013
18 van 34
3.12 Skryf „n voorbeeld van „n teenwoordige (onvoltooide) deelwoord uit die advertensie neer. (1)
3.13 Is die plasing van die blik in die advertensie gepas? Motiveer jou antwoord. (2) 3.13 3.13.1 Skryf „n woord uit die advertensie neer wat as oorredende taalgebruik beskou
kan word. (1) 3.13.2 Motiveer jou antwoord by 3.13.1. (1) 3.14 Gee „n antoniem vir moderne. (1) 3.15 Vorm „n persoonsnaam van produk. (1) 3.16 In die woordeboek word die volgende inligting oor tradisie gegee:
tra•di′sie s.nw. (-s) 1 Die oordra van geslag aan (op) geslag,
mondelings of in geskrif, van geestelike besittings, kultuurgoedere; ook, wat so oorgedra is; oorlewering: Maatskaplike, kerklike tradisies. Die tradisies van jou volk in ere hou. 2 Die navolging van vaste, oorgelewerde gebruike, menings, gevoelens, beginsels, ens.: Getrou bly aan jou volk se tradisies. „n Man van tradisie. 3 Gebruik wat binne „n groep oorgelewer is: Dis „n tradisie in ons familie om die kinders na Stellenbosch vir studie te stuur. Daar is allerlei interessante tradisies in die toneelwêreld.[L. tradere
oorhandig] tradi′sievas [Uit: HAT, 2011, bl. 1195]
3.16.1 Skryf neer die lettergreep waarop die klem behoort te val wanneer tradisie
uitgespreek word. (1) 3.16.2 Aan watter taal is tradisie ontleen? (1) EN
Afr HT/ Matriek opedag WKOD Augustus 2013
19 van 34
TEKS 3: STROKIESPRENT
[Aangepas uit: Ben, Babsie en Familie, Human en Rousseau, 1982]
Wat’s fout, seun, was dit ‘n vrot dag by die rugby?
Ag Pa, hulle het my uit die tweede span uitgelos!
WAT!!! Hoekom laat hulle jou uit? Jy’s dan so ‘n goeie speler. Ek glo dit nie!
Ja, Pa, maar Pa weet ...
G.n maars nie! Ek weet presies wat daar aangaan! Een of ander seuntjie se pa het weer by jou afrigter gaan kruip en toe sit hy sý seuntjie in! seuntjie se pa het weer by jou afrigter
Huh! Ek sal daai afrigter aan sy strot gaan gryp! Dis hoe dit gaan. Dieselfde gebeur altyd met my. Ek kry nooit bevordering nie, want ek kruip mos nie voor die baas nie.
HMMMFF!! Niemand sal dit aan my nefie doen nie! Ek gaan die hoof bel.
Dis alles jou skuld! As jy meer in Kosie se sport belang stel, sal so iets nie gebeur nie!
Huh! Kyk wie praat! Al wat jy in jou kop het, is Betsie se ou hokkie!
Jislaaik! G’n coach gaan my gabba slegmaak nie. Ek het hom dan self getrain! Kom, ons gaan dons daai coach op!
Asseblief mense, wag nou eers! Julle gaan net ‘n gek van my maak!
Jong, die vonke gaan spat op die volgende ouervergadering!
HMMFF!! Ek sal die hoof sê, hy sal nie ‘n sent uit my kry vir sy nuwe gimnasium nie!
Huh! Laat hom uit die team uit! Wag, dan kyk jy hoe slaat ek hom uit!
Ek wou maar net sê ...Ek is uit die tweede span uit, want ek speel nou
eerste span. Wat ek wou sê, is dat ek my pelle gaan mis!
Maar Pa ...
Afr HT/ Matriek opedag WKOD Augustus 2013
20 van 34
3.17 Skryf die onderstaande sin in die direkte rede. Begin jou antwoord met Ben vra: ...
Sin: Was dit „n vrot dag by die rugby, seun? (1) 3.18 Wat bedoel die pa in raam 3 as hy sê Een of ander seuntjie se pa het
weer by jou afrigter gaan kruip? (1) 3.19 Waarom is die uitroeptekengebruik in die strokiesprent geslaagd? (1) 3.20 Hoe ondersteun tant Mienie se lyftaal haar woorde in raam 5? (1) 3.21 Gee „n neutrale woord vir “dons … op” in raam 7. (1) 3.22 Herskryf die onderstaande sin in die verlede tyd: Al wat jy in jou kop het, is Betsie se ou hokkie! (1) 3.23 Brei die onderstaande sin uit deur „n bywoordelike bepaling by te voeg: Ek gaan die hoof bel. (1) 3.24 Voltooi die idiomatiese uitdrukking: Kosie is bang dat die kinders die gek met hom sal ... (1) 3.25 Gebruik die korrekte aksentteken(s) om die woord wou (raam 9) te
beklemtoon. (1) 3.26 Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A, B, C of D) langs die
vraagnommer neer. pelle (raam 9) beteken ... A. familielede B. afrigters C. neefs D. maats (1)
TOTAAL AFDELING C: 30
Afr HT/ Matriek opedag WKOD Augustus 2013
21 van 34
Advertensie Vrae:
1. Wat word deur die twee soorte skoene in die advertensie aangedui? 2. Waarom is die lettertipe en lettergrootte van Breek weg anders as die res van die
woorde in die advertensie? 3. Watter tegniek kom voor in die stelling “Vrolike, veilige waarde vir jou vakansie-
rand”? 4. Gee die oortreffende trap van perfekte in “die perfekte plek”? 5. Wat word geïmpliseer deur die sin “Regkom was nog nooit so lekker nie”?
Kom rek jou bene met ‘n verskeidenheid aanbiedinge* by enige van ons oorde landswyd. Dis die perfekte plek vir jou en jou gesin. Wegkom was nog nooit so maklik nie. Regkom was nog nooit so lekker nie. Die lewe is ‘n lied!
Afr HT/ Matriek opedag WKOD Augustus 2013
22 van 34
ANTWOORDE: VRAESTEL 1
AFDELING C: TAAL WKOD Gemeenskaplike Vraestel, Junie 2013 VRAAG 3 TEKS 1: KOERANTBERIG 3.1 koeël (1)
3.2 uitoorlê / geklop/ oorwin (1)
3.3 Stropers het die vier renosters verlede week Donderdag geskiet.
(1)
3.4 Daardie middag het die lodge-bestuurder, Carina Blofield, nog nie opgemerk een van die diere is gewond nie.
(1)
3.5 Blofield het gesê hulle monitor hul/ hulle renosters twee maal per dag. (1)
3.6 A/ samestellende afleiding
(1)
3.7 vir hul eie veiligheid OF na die leeus se area (1) 3.8 blitsvinnig (1)
3.9 wegneem (1)
3.10 Die kans was 100% dat die stropers sou terugkom; gevolglik sou die leeus die
renosters moes oppas. (Leesteken en woordorde moet korrek wees)
(1)
EN TEKS 2: ADVERTENSIE 3.11 Dit vestig die aandag op die nuwe produk. (1) 3.12 waterdraende. (1) 3.13 Leerder se eie respons met gepaste motivering. (2) 3.13 3.13.1 moderne/ sterk / duursaam/ stylvol/ uitstekende/ rateltaai (enige een) (1) 3.13.2 Dit vestig die leser se aandag op die goeie eienskappe van die produk. (1) 3.14 antieke / outydse / oudmodiese (1) 3.15 produsent (1) 3.16 3.16.1 -di- (1) 3.16.2 Latyn (1)
Afr HT/ Matriek opedag WKOD Augustus 2013
23 van 34
EN TEKS 3: STROKIESPRENT 3.17 Ben vra: “Was dit „n vrot dag by die rugby, seun?” (1) 3.18 Een of ander seuntjie se pa het weer by jou afrigter gaan
bedel/ pleit / om „n guns gaan vra (1) 3.19 Dit beklemtoon die sprekers se woede. (1) 3.20 Haar oë is groot / haar lippe is saamgepers wat daarop dui dat sy kwaad is. (1)
(Enige gemotiveerde antwoord wat by die konteks pas.) 3.21 bv. slaan (1) 3.22 Al wat jy in jou kop gehad het, was Betsie se ou hokkie! (1) 3.23 bv. Ek gaan die hoof dadelik/ nou/ onmiddellik bel. (1) 3.24 Kosie is bang dat die kinders die gek met hom sal skeer. (1) 3.25 wóú (1) 3.26 D / maats (1) ADVERTENSIE 1. Die swart skoene/ skoolskoene dui op werk/ die formele lewe en die plakkies dui op
vakansie/ ontspan en die informele lewe. 2. Dit beklemtoon/ versterk die boodskap van die advertensie/ versterk die oproep wat tot die
leser gerig word. 3. Alliterasie (v-klank) 4. mees perfekte 5. ATKV-oorde gee jou kans om op ‟n aangename manier te herstel
Afr HT/ Matriek opedag WKOD Augustus 2013
24 van 34
VRAESTEL 2
AFDELING A: GEDIGTE Wat jy moet weet
Maak seker dat jy die ontledings, klasaantekeninge, vrae en antwoorde van al die gedigte deeglik verstaan.
Jy moet by elke gedig weet: WAT die digter wil sê, d.w.s. wat die inhoud van die gedig beteken en ook
WAARMEE die digter die boodskap oordra, d.w.s watter verstegniese middele in die gedig gebruik word.
Verstegniese middele verwys na die “tegniese” aspekte van die gedig.
Dit sluit in: o leestekens (kommas, kommapunte, beletseltekens/ ellips (...), uitroeptekens, ens.) o beeldspraak (vergelyking, metafoor, personifikasie) o stylfigure (herhaling, polisindeton, sinekdogee) o Tipografie (hoe die gedigteks op die blad gedruk is) o Rym {eindrym, binnerym (alliterasie & assonansie)
Jy moet nie net die verstegniese middel kan identifiseer nie, maar ook die funksie daarvan kan aantoon, bv. die funksie van alliterasie, inversie, ens.
Wenke vir hersiening
Neem afskrifte van die gedigte wat gedurende die jaar in vraestelle voorgekom het –
Nadat jy ALLES omtrent „n gedig geleer het, maak jy dan op hierdie “skoon” weergawe kantaantekeninge van alles wat van belang is omtrent die gedig.
Begin by die titel en werk tot by die laaste reël. Vergelyk wat jy geskryf het met dit wat in die klasaantekeninge, die bloemlesing en ander
studiegidse staan.
Jy kan ook die gedigte met „n maat bespreek.
Teken die volgende tabel op „n dubbelfolio oor en voltooi die inligting vir al 15 gedigte:
Gedig 1 Gedig 2
Agtergrond en titel (betekenis)
Spreker(s) en aangesprokene
Inhoud (“storie”)
Bou (uiterlik en innerlik)
Woordbetekenis
Rym
Beeldspraak en stylfigure (Watter reëls? Betekenis? Funksie?)
Leestekens (Watter reëls? Funksie?)
Tema/boodskap
Afr HT/ Matriek opedag WKOD Augustus 2013
25 van 34
Vrae: 1. Waarom word die gedigtitel tussen aanhalingstekens geplaas? 2. Watter effek word bereik deur die feit dat reëls 4 – 6 met die woord „en” begin? 3. Op watter twee maniere word die pa se vreugde „n reël 7 aangedui? 4. Verduidelik die metafoor in reël 16. 5. Wat is die funksie van die dubbelpunt in reël 22? 6. Verduidelik die ironie in die tydsaanduidinge “laatnagbrief”(reël 22) en “sonskynmiddag”
(reël 32).
“last grave at dimbaza” (Fanie Olivier) 1. beauty douglas was born 2. op „n wintersnag so all forlorn 3. omring deur die sterre se liggies 4. en koerante kaal klip 5. en nuuskierige hande 6. en tien ander gesiggies 7. a „n dogter oplaas „n dogter 8. om beeste te kry om die wêreld 9. te wei a dis lekker 10. om „n vader te is te is 11. die ma het „n briefie geskryf 12. aan haar man op die myne 13. om te sê van die kind en te vra van die geld 14. want dit was sy kind die dogter 15. was syne om te sê: o my man 16. o my man ek het beeste gebaar 17. op „n wintersnag so all forlorn 18. met die sterre soos goud en die mielies klaar 19. beauty douglas your daughter was born 20. sy hart het oopgeskiet tussen lae klip 21. opgeskiet boontoe en oopgevou 22. in „n laatnagbrief: my vrou 23. my vrou sê aan beauty douglas 24. haar pa het haar lief. 25. hy‟t sy brief gepos met sy viersentseël 26. „n lugposbrief aan beauty douglas 27. om te sê hy‟t haar lief 28. die adres was mnxesha 29. oor kingwilliamstown kaap 30. saans as hy sy moegheid streel 31. het hy gedroom van sy meisiekind 32. en op „n sonskynmiddag twee maandae later 33. het „n brief uit mnxesha hom teruggevind: 34. “beauty douglas was born 35. she died”
Afr HT/ Matriek opedag WKOD Augustus 2013
26 van 34
Vrae: 1. Wat is die struktuur-ooreenkoms tussen die beginreëls van strofe 1 en 2? 2. Watter woorde in strofe 2 het min of meer dieselfde betekenis as “ou beskawing” in strofe
1? 3. Voltooi: Die woord “Maar” in die begin van strofe 3 dui ... aan. 4. Dui kortliks die progressie in hierdie gedig aan. 5. Verklaar die metafoor: “alle mure wat ons opstapel” in strofe 3. 6. Die digter maak van „n sekere tegniek gebruik om die nuus vanuit die binneland later in die
gedig bekend te maak. 6.1 Wat word hierdie tegniek genoem? 6.2 Wat word hierdeur bereik?
Nuus uit die binneland Vir Dirk Opperman
1. Soms in die winter as die reën sag stuif 2. op grasperke, dig en diep soos 'n tapyt – 3. as hy die rotsige bergreeks wegskuif 4. agter 'n misgordyn as voor die ruit 5. popliere, eike en kastaiingbome 6. saamvloei, en ons versink in blaargroen drome 7. terwyl ons oor 'n ou beskawing lees – 8. dan gryp die onwerklikheid ons met die loop 9. van waters wat kalmeer, en in die gees 10. vou grys en sat die graafskap Surrey oop.
11. Soms in 'n najaarsdag se skemerty 12. stap ons in 'n stil straatjie en gewaar 13. deur 'n ou bolig, kunstig uitgesny 14. in vlegtende patroon van druif en blaar, 15. die lig van verre dae: Ons word gesluk 16. soos deur 'n mond; die luiterse getik 17. van 'n ou horlosie vervang ons ontstoke 18. harte se ritme in die kamerhoek, 19. en ons gestaltes kwyn tot stywe spoke 20. in die vernislaag van 'n Delftse doek.
21. Maar as die bergwind so rukkerig waai 22. en tussen ons rondkrap soos 'n stok 23. in 'n miershoop in die palms blaai 24. nes 'n barbaar in 'n keurige boek – 25. dan is ons rillend buite alle mure 26. wat ons opstapel in redelike ure 27. met doel en plan – 28. ruik ons droogte en brand, en gerug 29. van sprinkaan, aardbewing en oproer 30. op daardie skroeiende binnelandse lug 31. - dan, dan 32. weet ons op watter vasteland ons boer.
Afr HT/ Matriek opedag WKOD Augustus 2013
27 van 34
Vrae: 1. Wat is die funksie van die inkeping by die tweede strofe? 2. Reël 8 hou verband met ‟n versreël later in die gedig. Identifiseer hierdie
versreël en skryf dit volledig uit. 3. Waarom sou die gebruik van „Aprilmaand‟ in reël 12 waarskynlik as ironies
beskou kan word? 4. Wat sou die rede vir die afwesigheid van die leesteken aan die einde van die
gedig wees? 5. Dink jy die rympatroon in hierdie gedig sluit by die tema van die gedig aan?
Motiveer jou standpunt.
Finis – Lina Spies
1. Nou maak ek self nie meer so baie saak nie 2. want jy‟t bobbejaan na my gestuur met ‟n briefie in sy bek 3. dit was geskryf op varkensblaar 4. dit was ‟n bietjie dof 5. dit was om my en jou te nooi 6. na die Apies se bruilof 7. Jy het al die liedjies van my kindertyd weer in my laat sing 8. en in my hart die Jakkalse elke dag laat trou 9. Maar wat sal jy van my kan saamneem? 10. Miskien wanneer die lewe met jou kotiljons 11. en lekker wals op die Apies se bruilof 12. sal jy onthou dat jy vir my Aprilmaand was 13. – die wolke altyd bietjie voor die son − 14. en ek ten spyte van die reën kon lag 15. En jy sal lag
Afr HT/ Matriek opedag WKOD Augustus 2013
28 van 34
Vrae:
1. Waarom gebruik die spreker die woord reserveer in reël 2 eerder as die woord bêre?
2. Wat probeer die alliterasie in reël 4 oor die straatkind se houding teenoor die samelewing weergee?
3. Noem enige TWEE van die ander vorms van geweld wat volgens die gedig daagliks regoor die wêreld plaasvind en skryf dit in jou EIE woorde neer.
4. Skryf die tema van die gedig in jou eie woorde neer. 5. Noem enige TWEE faktore waaraan jy kan dink wat veroorsaak dat dié kind in
die gedig op straat beland het.
die straatkind (Linda Roos)
1. ek wou verbymik met die selfbewuste ongeërgde blik 2. wat ons vir bedelaars en pendelaars en hoere reserveer –
3. verby die kind wat eenkant om die vullisdromme snuif 4. wat sy skraal skouers gereed dra soos spiese 5. of ‟n heining: maar agter dié heining 6. het sy vuil hemp skielik opgekrimp soos ‟n ou roof 7. en ‟n toegepleisterde wêreld 8. op die sypaadjie laat bloei 9. waar bome onder die skril bevel van sae steun 10. konyne spartel in steriele laboratoriums 11. en lammers teen die slagterslem
12. en daar was wysheid in die lug 13. (nes dié ander dag uit wolke) 14. maar soos van ou mans met klam monde op parkbankies 15. en kras soos kraaie
16. toe ek wegdraai was daar ‟n geruis in my ore 17. en onverklaarbaar teen my wang die bloedveeg 18. van ‟n vlerk
Afr HT/ Matriek opedag WKOD Augustus 2013
29 van 34
Vrae:
1. Watter teenstelling is in die titel opgesluit? 2. Waarna verwys die woorde vlek van skadu (versreël 1 - 2) en hoe sluit dit by die
tema aan? 3. Skryf een woord uit versreël 5–8 neer wat kontrasteer met geruisloos (versreël 1). 4. Wat word versreël 9–14 in ‟n sonnet genoem? 5. Motiveer of die oktaaf (versreël 1–8) effektief in versreël 9–14 toegepas word.
Sonsverduistering
1. Langsamerhand, geruisloos skuif die vlek 2. van skadu en verklein die sekelboog 3. van son tot dreigend swart die kol daar hoog 4. „n koue vreemde skemrte laat trek
5. wyd oor die vlakte waarvandaan swygsaam, 6. „n vaal streep donkies met die kortste pad 7. oorhaastig stalwaarts swingel nog voordat 8. die skape blêr-blêr na die kraal toe gaan. 9. Oor gans die mensdom hang „n skaduwee 10. wat valle lig van God en Christus so 11. verduister Sy pad onsigbaar is. 12. En ons, aan hierdie duisternis gedwee, 13. het nie „n skaap se voorgevoel of glo 14. dat ons tydig moet Huiswaarts keer vir rus
Afr HT/ Matriek opedag WKOD Augustus 2013
30 van 34
AFDELINGS B & C (ROMAN EN DRAMA) KEN JY DIE INHOUD VAN DIE ROMAN EN DRAMA WAT JULLE BESTUDEER HET? Gebruik die volgende metodes om jou kennis te bepaal:
Kopkaarte van karakters/ verhoudings/ ruimtes/ gebeure/ temas/ motiewe /opstelvrae
Visuele voorstellings: teken kernepisodes/-tonele
Rolspeel tonele uit roman/ drama
Aanhalings/ uitsprake: Wie? Met wie? Wanneer? Betekenis?
Alfabet-speletjie: Die kwart-voor-sewe-lelie en Manaka: Skryf neer die name van die karakters wat met die letters A, B, C ens. begin. Langsaan skryf jy „n sin of twee oor hul verwantskap/ verhouding met die hoofkarakter. Vatmaar: Skryf neer die name van die karakters wat met die letters A, B, C ens. begin. Langsaan skryf jy „n sin of twee oor elkeen se rol in die nedersetting en hoe hulle met die belangrikste temas skakel.
Assosiasie-speletjie: Aan watter inhoud van die roman of drama laat die volgende woorde jou dink?
Lelie: hond; baba; gif; taxi; tandpyn; horlosie
taxi?
Kyk nou of jy dieselfde met die ander woorde kan doen.
Vatmaar: diamant; verpleegster; Griekwa; oorlog Map: duikweg; stom; oefen
duikweg? Mis: vlieë; groen; wit; hond
vlieë?
Peter - NY Billy –
Joe…
bende - tronk ...
mis - venster - kêrel ...
Afr HT/ Matriek opedag WKOD Augustus 2013
31 van 34
Literêre aspekte Om „n vraag oor die roman/ drama te beantwoord, moet jy onder andere die volgende ken:
die INHOUD van die boek. Lees dus die hele boek deur; nie net tot by bladsy 36 nie!
die KARAKTERS, hul KARAKTEREIENSKAPPE en watter VERHOUDINGS hulle met mekaar het. Jy moet ook weet of die karakters ONTWIKKEL/groei en indien wel, hoe hulle ontwikkel/ groei.
Ook moet jy die GEBEURE ken, veral wat die OORSAAK en die GEVOLG van gebeure is.
die TEMA en BOODSKAP
KONFLIK (innerlik/ uiterlik)
gevalle van IRONIE, DRAMATIESE IRONIE
die VERBAND wat gebeure of karakters se uitsprake MET DIE TEMA toon
die soort VERTELLER en die VOORDELE van hierdie soort verteller (nie by die drama nie)
die TYD en RUIMTE (milieu/agtegrond) van die gebeure Vir die drama, kom die volgende aspek by:
die DRAMATIESE DOELSTELLING van uitsprake, neweteks of gebeure (Voorbeeldvraag oor Map: Wat is die dramatiese doelstelling van die verwysing na Antie Grootmeise se oë wat rek? = bv. Dit dui spanning aan/ verhoog die spanning.)
Die FASES/ STADIA in die drama (eksposisie; motoriese moment; ontwikkeling/verwikkeling; krisis; klimaks; ontknoping/afwikkeling. Onthou dit as: e – m – o – k – k – o
DIE OPSTELVRAAG
1. Die opstelvraag is „n verklarende of argumenterende opstel. Die veronderstelling is dat jy oor al die feite/ inhoudskennis beskik. Daarom moet jy seker maak dat jy die inhoud van die roman of drama deeglik ken en verstaan.
2. Dit help soms om „n lys te maak van alle inligting in die teks wat met „n sekere tema verband hou. Jy kan byvoorbeeld „n lys aanhalings/bladsyverwysings hê oor:
Die tema van kommunikasie (Lelie)
Baas se verhoudings in Barotseland (Manaka)
Die tema van onskuldige lyding (Vatmaar) LET WEL: HIERDIE IS MAAR ENKELE VOORBEELDE. DIE MOONTLIKHEDE IS LEGIO – DAAROM MOET JY DIE INHOUD GOED KEN!
3. Soos enige ander opstel, vereis die opstelvraag ook deeglike beplanning. In die eksamen is daar genoeg tyd vir beplanning.
3.1 Lees die opdrag deeglik deur. Voorbeeld: “Bespreek en evalueer die nedersetting Vatmaar as toevlug deur te verwys na:
Sus Bet en Oom Flip
Norman van der Westhuizen” 3.2 Onderstreep die kernwoorde in die opdrag.
Voorbeeld: bespreek; evalueer, toevlug; Sus Bet en Oom Flip; Norman van der Westhuizen 3.3 Teken „n kopkaart (“mind map”) van die inligting wat jy oor elk van die kernwoorde het. (Jy
hét immers die boek gelees!) 3.4 Onthou: „n opstel moet „n inleiding, „n liggaam en „n slot hê. „n Gepaste, korrekte aanhaling
werk baie goed as inleiding en/of as slot. 3.5 Rangskik jou inligting in logies-opeenvolgende paragrawe.
Afr HT/ Matriek opedag WKOD Augustus 2013
32 van 34
4. Skryf in goed-geformuleerde sinne. Moenie “niksseggende sinne ” skryf nie. Sulke sinne toon dat jy nie oor genoeg feite-kennis beskik nie.
5. Waak teen die blote herskryf van „n “geblikte” vraag – „n vraag wat jy gedurende die jaar uitgewerk het. Dit kan gebeur dat die eksaminator die vraag vanuit „n ander hoek stel as hoe jy dit uitgewerk het.
6. Moenie subopskrifte in jou opstel gebruik nie, selfs al verskaf die vraestel riglyne by elke vraag.
7. Sorg dat jy die name van die karakters korrek spel. 8. Gepaste en korrekte aanhalings uit die Voorgeskrewe werk kan die waarde van jou opstel
verhoog. 9. Onthou: die WAT (inhoud) sowel as die HOE (taal en styl) van jou opstelvraag is belangrik.
Benadering tot die laaste onderafdeling van die opstelvraag: In hierdie deel word daar getoets of jy jou kennis van die inhoud van die boek kan toepas. Jy kan gevra word om die boek in sy geheel te evalueer (verduidelik waarom die boek na jou mening goed/ geskik vir skole is of nie) of om „n karakter se optrede te beoordeel (sê of jy saamstem met hul optrede of nie) of om te verduidelik waarom jy saamstem met of verskil van die manier waarop die skrywer die onderwerp aangepak het. Jy het drie dinge nodig om hierdie gedeelte goed te beantwoord: (1) inhoudskennis, (2) begrip van die literêre aspekte en (3) goeie sinskonstruksie. Gestel die vraag is: Stem jy saam met die manier waarop Iris as jong volwasse vrou die konflik hanteer het? Om dit te beantwoord, moet jy weet wat konflik is, hoe Iris dit hanteer en dan besluit of dit ooreenstem met hoe ander jong volwasse vroue konflik hanteer. Jou antwoord behoort te begin met: Ja, ek stem saam.../ Nee, ek stem nie saam nie... En daarna word jou redes logies uiteengesit.
Afr HT/ Matriek opedag WKOD Augustus 2013
33 van 34
Afdeling B: Roman
Die kwart-voor-sewe-lelie Vraag 1: In hierdie roman vind ons meer as een intrige. Bespreek die verskillende verhaallyne en
verwys veral na:
die verloop van die intrige van die werklikheid
die fantasie en die magiese
jou mening of die afloop van die intriges as ironies beskou kan word Vraag 2: In hierdie roman blyk dit dat Iris aanvanklik as ʼn buitestander beskou kan word.
Bespreek hierdie stelling in ʼn goed gestruktureerde opstel van 400 – 450 woorde en verwys in jou antwoord na die volgende:
Gee ʼn omskrywing van wat ʼn buitestander is en hoe dit op Iris van toepassing is.
Iris se geboorte en haar lewe in die gesin dra tot haar buitestanderskap by.
Iris se buitestanderskap lei tot die skep van haar fantasiewêreld.
Gee jou eie mening of Iris se buitestanderskap opgehef word al dan nie
Manaka, plek van die horings
Vraag 1: In hierdie roman vind ons meer as een intrige. Bespreek die verskillende verhaallyne en verwys veral na:
die verloop van die intrige rondom Baas Chipman
die subintrige rondom die sendelinge
jou mening of die afloop van die intriges as ironies beskou kan word
Vraag 2: In hierdie roman blyk dit dat Baas aanvanklik as ʼn buitestander beskou kan word.
Bespreek hierdie stelling in ʼn goed gestruktureerde opstel van 400 – 450 woorde en verwys in jou antwoord na die volgende:
Gee ʼn omskrywing van wat ʼn buitestander is en hoe dit op Baas van toepassing is.
Baas se gesins- en liefdeslewe dra tot sy buitestanderskap by.
Baas se buitestanderskap lei tot konflik met andere .
Gee jou eie mening of Baas se buitestanderskap opgehef word al dan nie
Vatmaar Vraag 1: In hierdie roman vind ons meer as een intrige. Bespreek die verskillende verhaallyne en
verwys veral na:
die verloop van die intrige rondom Tant Wonnie
die intrige rondom oom Chai
jou mening of die afloop van die intriges as ironies beskou kan word
Afr HT/ Matriek opedag WKOD Augustus 2013
34 van 34
Vraag 2: In hierdie roman blyk dit dat Tant Wonnie aanvanklik as ʼn buitestander beskou kan word.
Bespreek hierdie stelling in ʼn goed gestruktureerde opstel van 400 – 450 woorde en verwys in jou antwoord na die volgende:
Gee ʼn omskrywing van wat ʼn buitestander is en hoe dit op Tant Wonnie van toepassing is.
Tant Wonnie se gesinslewe dra tot haar buitestanderskap by.
Tant Wonnie se buitestanderskap lei tot konflik met andere .
Gee jou eie mening of Tant Wonie se buitestanderskap opgehef word al dan nie
Afdeling C: Drama Krismis van Map Jacobs (Adam Small) Vraag 1: Spanning vorm „n integrale deel van hierdie drama. Bespreek die spanning rondom die
hoofkarakter, Map Jacobs, in ‟n opstel van 400–450 woorde deur te verwys na:
die oorsaak van die spanning (3 gemotiveerde feite)
hoe die kerrimspelers bydra om die spanning te verhoog (5 gemotiveerde feite)
hoe Mr Cavernelis en Antie Grootmeisie die spanning beleef (4 gemotiveerde feite)
jou eie mening of die spanning opgelos word al dan nie (3 gemotiveerde feite)
Mis (Reza de Wet) Vraag 1: Spanning vorm „n integrale deel van hierdie drama. Bespreek hierdie stelling in ‟n opstel
van 400–450 woorde deur te verwys na:
die oorsaak van die spanning (3 gemotiveerde feite)
hoe die konstabel bydra om die spanning te verhoog (5 gemotiveerde feite)
hoe Miem en Meisie die spanning beleef (4 gemotiveerde feite)
jou eie mening of die spanning opgelos word al dan nie (3 gemotiveerde feite)