afr teks 8... · web viewdie plan word nie gefinansier deur groot staatsfondse of...

21
HOOFSTORIE Solidariteit Beweging gaan ’n Helpmekaarplan van R3,5 miljard bekend maak Die Solidariteit Beweging gaan eerskomende Saterdag tydens sy toekomsberaad ʼn Helpmekaarplan van R3,5 miljard bekend maak. Dié plan sal oor die volgende vyf jaar geïmplementeer word. Die gemeenskapplan sluit die uitbou van Akademia tot ’n groot, nuwe Afrikaanse privaat universiteit; miljoene rande se studiehulp aan Afrikaanse studente; ʼn taalsentrum, planne vir gemeenskapsveiligheid; goeie werk; armoedeverligting; tegniese opleiding; Afrikaanse gemeenskapmedia; erfenisbewaring en geskiedenisprojekte; en talle ander projekte in. “Die belegging van R3,5 miljard is waarskynlik die grootse burgerlike belegging nóg in die Afrikaner-kultuurgemeenskap en in die Afrikaanse taalgemeenskap. Die doel van die plan is om ʼn toekoms te skep waarin ons en ons kinders vry, veilig en voorspoedig aan die Suidpunt van Afrika kan wees. Die krag van die plan lê daarin dat ons gaan doen wat ons sê. Dit is nie ʼn droom nie, maar ʼn plan. Ons gaan nêrens heen nie, daarom neem ons self verantwoordelikheid om ʼn toekoms hier te skep. Die sentrale idee van ons plan is selfstandigheid. Ons het lankal agtergekom dat ons nie op die staat kan vertrou om ʼn toekoms vir ons te skep nie. Ons moet self die verantwoordelikheid daarvoor neem,” het Flip Buys voorsitter van die Solidariteit Beweging gesê. Die Solidariteit Beweging bestaan uit 18 verskillende instellings wat onder meer insluit die vakbond Solidariteit, Afriforum, Solidariteit Helpende Hand, die FAK, Akademia, Maroela Media, Sol- Tech en verskeie finansiële instellings. Volgens Buys was daar die afgelope eeu twee groot kapitaalmobiliseringsprojekte onder Afrikaners. Die eerste was die destydse Helpmekaar-beweging en groot instellings soos Sanlam en Santam het in die gees van Helpmekaar het ontstaan. Die tweede was die Reddingsdaadbond van 1939 en Federale Volksbeleggings het daaruit voortgespruit. Beide hierdie pogings was reaksies op ʼn bestaanskrisis van Afrikaners. “Ons sien die Solidariteit Beweging- plan as die derde groot kapitaalmobiliseringsprojek,” het Buys gesê. Die plan word nie gefinansier deur groot staatsfondse of bemagtigingstransaksies nie, maar deur die klein bydraes van gewone mense. Daar word reeds elke maand bydraes deur die sowat 320 000 lede van Solidariteit, AfriForum, Solidariteit Helpende Hand en die FAK gemaak. Hierdie getal behoort oor die volgende vyf jaar tot meer

Upload: buithu

Post on 28-Feb-2019

223 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: AFR teks 8... · Web viewDie plan word nie gefinansier deur groot staatsfondse of bemagtigingstransaksies nie, maar deur die klein bydraes van gewone mense

HOOFSTORIESolidariteit Beweging gaan ’n Helpmekaarplan van R3,5 miljard bekend maak

Die Solidariteit Beweging gaan eerskomende Saterdag tydens sy toekomsberaad ʼn Helpmekaarplan van R3,5 miljard bekend maak. Dié plan sal oor die volgende vyf jaar geïmplementeer word. Die gemeenskapplan sluit die uitbou van Akademia tot ’n groot, nuwe Afrikaanse privaat universiteit; miljoene rande se studiehulp aan Afrikaanse studente; ʼn taalsentrum, planne vir gemeenskapsveiligheid; goeie werk; armoedeverligting; tegniese opleiding; Afrikaanse gemeenskapmedia; erfenisbewaring en geskiedenisprojekte; en talle ander projekte in.

“Die belegging van R3,5 miljard is waarskynlik die grootse burgerlike belegging nóg in die Afrikaner-kultuurgemeenskap en in die Afrikaanse taalgemeenskap. Die doel van die plan is om ʼn toekoms te skep waarin ons en ons kinders vry, veilig en voorspoedig aan die Suidpunt van Afrika kan wees. Die krag van die plan lê daarin dat ons gaan doen wat ons sê. Dit is nie ʼn droom nie, maar ʼn plan. Ons gaan nêrens heen nie, daarom neem ons self verantwoordelikheid om ʼn toekoms hier te skep. Die sentrale idee van ons plan is selfstandigheid. Ons het lankal agtergekom dat ons nie op die staat kan vertrou om ʼn toekoms vir ons te skep nie. Ons moet self die verantwoordelikheid daarvoor neem,” het Flip Buys voorsitter van die Solidariteit Beweging gesê.

Die Solidariteit Beweging bestaan uit 18 verskillende instellings wat onder meer insluit die vakbond Solidariteit, Afriforum, Solidariteit Helpende Hand, die FAK, Akademia, Maroela Media, Sol-Tech en verskeie finansiële instellings.

Volgens Buys was daar die afgelope eeu twee groot kapitaalmobiliseringsprojekte onder Afrikaners. Die eerste was die destydse Helpmekaar-beweging en groot instellings soos Sanlam en Santam het in die gees van Helpmekaar het ontstaan. Die tweede was die Reddingsdaadbond van 1939 en Federale Volksbeleggings het daaruit voortgespruit. Beide hierdie pogings was reaksies op ʼn bestaanskrisis van Afrikaners. “Ons sien die Solidariteit Beweging-plan as die derde groot kapitaalmobiliseringsprojek,” het Buys gesê.

Die plan word nie gefinansier deur groot staatsfondse of bemagtigingstransaksies nie, maar deur die klein bydraes van gewone mense. Daar word reeds elke maand bydraes deur die sowat 320 000 lede van Solidariteit, AfriForum, Solidariteit Helpende Hand en die FAK gemaak. Hierdie getal behoort oor die volgende vyf jaar tot meer as 500 000 aan te groei. Hierdie klein bydraes van mense maak die grootste deel van die plan se finansiering uit.

Die grootste deel van die vakbond Solidariteit se begroting gaan bestee word aan nuwe metodes om ʼn goeie werk vir sy lede te verseker en dit sluit opleiding in. Goot beleggings gaan in die ontwikkeling van nuwe elektroniese metodes gemaak word om mense te help om ʼn goeie werk te kry en te behou.

Solidariteit se Finansiële Dienstemaatskappy en die Virseker Trust dra reeds R13 miljoen per jaar tot die plan se begroting by en daar word beplan om dit oor die volgende vyf jaar te verdubbel. Die Solidariteit Helpende Hand het reeds 4 500 studente teen ʼn bedrag van R73 miljoen gehelp om te studeer en beplan om sy studiefonds teen 2020 tot R160 miljoen uit te bou.

Solidariteit het ook pas ʼn nuwe kampus vir Akademia gekoop en daar word beplan om teen 2020 die fasiliteite vir ʼn Afrikaanse kampus, waar verskeie tersiêre instellings gehuisves sal word, radikaal uit te brei. Die tegniese kollege, Sol-Tech, gaan ook uitgebou word om 1 500 ambagslui per jaar op te lei.

Page 2: AFR teks 8... · Web viewDie plan word nie gefinansier deur groot staatsfondse of bemagtigingstransaksies nie, maar deur die klein bydraes van gewone mense

AfriForum beplan om tot 2020 minstens R735 miljoen in gemeenskappe te belê wat veiligheidstrukture, hulp met verval van munisipale dienste, hulp aan skole en verskeie ander burgerlike projekte sal insluit. Elke Solidariteit-lid dra ook R10 per maand by tot die Solidariteit Boufonds. Die bedrag wat hieruit gemobiliseer word, beloop sowat R16 miljoen per jaar. Verskeie van die projekte in die Solidariteit Beweging se plan word uit die Boufonds gefinansier.

Solidariteit beplan ook om miljoene rande se hofaksies en internasionale veldtogte teen rassekwotas in die volgende vyf jaar te voer. Dit word moontlik gemaak deur duisende mense se maandelikse debietorderbydraes.

Nog instellings wat deur die plan ondersteun word, is die FAK, Pretoria FM, die Erfenisstigting en Kraal Uitgewers.

’n Internetmuseum vir Afrikanergeskiedenis en lesplanne vir Afrikanergeskiedenis, wat aanvullend tot skoolkurrikulums sal wees, gaan ook ontwikkel word.

Die plan maak ook voorsiening vir die bevordering van Afrikaans in alle sektore van die samelewing. ʼn Omvattende taalsentrum wat miljoene rande se projekte om Afrikaanse te bevorder van stapel sal stuur, is ook deel van die plan.

Ander bronne waaruit die begroting van die Solidariteit Beweging se plan gefinansier word, is skenkings, bemakings, bestaande trusts en besigheidstransaksies.

“Die Toekomsberaad van 10 Oktober gaan ʼn historiese geleentheid wees. Die Toekomsberaad volg die Solidariteit Beweging se Krisisberaad van 5 Mei op. By die Krisisberaad is verskeie mosies aanvaar wat in planne omgesit moes word. Meer as 1 000 insette is vanaf die publiek ontvang en 20 werkspanne het vir 3 maande lank gewerk om die Solidariteit Beweging-plan te finaliseer. Ons beplan om verskeie nuwe planne op 10 Oktober aan te kondig,” het Buys gesê.

Mense wat die beraad wil bywoon, kan registreer by www.toekomsberaad.co.za.

STORIE 1Solidariteit onderteken loonooreenkoms in goudbedryf Deur Inge Strydom

Die vakbond Solidariteit het vandeesweek ʼn driejaarooreenkoms vir ʼn loonverhoging vir werknemers in die goudbedryf onderteken. Die ooreenkoms is ná drie geskilrondes by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) deur Solidariteit, die NUM, Uasa en die Kamer van Mynwese onderteken.

Die ooreenkoms behels dat mynwerkers, ambagslui en amptenare by AngloGold Ashanti ’n salarisverhoging van 6% in die eerste jaar van die ooreenkoms sal ontvang. Die genoemde werkers sal in jaar twee en drie van die ooreenkoms ʼn verhoging van 6% όf ʼn verhoging gelykstaande aan die koers van inflasie, welke die hoogste is, ontvang. Daarteenoor het Harmony Gold ʼn salarisverhoging van 6% oor die volgende drie jaar aangebied.

Die genoemde maatskappye se aanbod behels ook dat die aftreeouderdom van bogrondse personeel van 60 na 63 jaar verhoog word.

STORIE 2Regstappe teen die SAPD nodig om onbillike diskriminasie teë te staan – SolidariteitDeur Inge Strydom

Page 3: AFR teks 8... · Web viewDie plan word nie gefinansier deur groot staatsfondse of bemagtigingstransaksies nie, maar deur die klein bydraes van gewone mense

Die vakbond Solidariteit het vandeesweek die hofsaak wat hy teen die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) oor dié se nuwe rangstelsel voer, verdedig deur aan te voer dat die saak “deurslaggewend in die voortgesette stryd teen onbillike diskriminasie is.” Dit volg nadat die nasionale polisiekommissaris Riah Phiyega opnuut die blaam vir die vertragings in die bevordering van meer as 1 611 polisiebeamptes voor die deur van Solidariteit se arbeidshofsaak gelê het.

Polisiekommissaris Phiyega het vandeesweek in die media aangekondig dat 14 000 konstabels en sersante bevorder is, waarvan 7 000 se bevordering vanaf Oktober vanjaar van krag is. Nog 7 000 konstabels en sersante sal in die komende boekjaar bevorder word. Sy het Solidariteit egter gekritiseer omdat die bevordering van 1 611 polisiebeamptes weens die vakbond se arbeidshofsaak steeds gevries is.

Volgens Johan Kruger, Solidariteit se adjunkhoof, is Solidariteit in ’n regstryd met die SAPD gewikkel op grond van die SAPD se toepassing van gelyke indiensneming. Die SAPD gebruik die rassedemografie van die ekonomies aktiewe bevolking (EAB) as die maatstaf om sy diensbillikheidsteikens te bepaal en vir die aanstelling en bevordering van polisiebeamptes as deel van die nuwe rangstelsel.

“Die SAPD se toepassing van die nasionale rassedemografie is egter inkonsekwent en irrasioneel. Solidariteit glo in ʼn billike en deursigtige proses en ons sal nie huiwer om vir die grondwetlike regte van ons lede te veg nie,” het Kruger gesê.

Solidariteit het in 2011 ʼn geskil met die SAPD verklaar nadat daar onbillik teen lede van minderheidsgroepe gediskrimineer is ten opsigte van aanstellings op die posvlakke van luitenant, kaptein en majoor. Solidariteit het verlof gekry om te appelleer teen ʼn vroeëre uitspraak van die arbeidshof ingevolge waarvan die SAPD met die rangstelsel in sy huidige formaat kan voortgaan. Solidariteit se aansoek sal eersdaags in die arbeidsappèlhof aangehoor word.

STORIE 3Solidariteit begin hofaksie teen staat se “clean break”-beginsel Deur Inge Strydom

Die vakbond Solidariteit gaan eersdaags die pensioenfonds vir staatsamptenare (GEPF) se toepassing van die sogenaamde “skoon breuk”-beginsel in die hooggeregshof toets. Solidariteit is van mening dat dié beginsel ʼn uiters negatiewe uitwerking op lede van die fonds se pensioen en finansiële posisie het.

Die “skoon breuk”-beginsel behels dat die pensioenvoordele waarop ʼn lid se voormalige eggenoot geregtig is, kort ná die datum van egskeiding betaalbaar is. Dit is in teenstelling met die vorige bepaling waarvolgens pensioenuitbetalings slegs aan lede se voormalige eggenote gemaak is wanneer die lid se lidmaatskap beëindig is. Daarby saam beskou die GEPF hierdie gedeelte wat aan die voormalige eggenoot uitbetaal word as skuld waarop die lid rente verskuldig is.

Johan Kruger, adjunkhoof van Solidariteit, verduidelik dat indien die lid nie die maandelikse rente op die bedrag wat ná die egskeiding uitbetaal is, kan bybring nie, sal die uitstaande rente wat opgeloop het teen die lid se opgehoopte pensioen verreken word. Dit sal uiteraard ʼn beduidende invloed op die lid se finale pensioenuitbetaling hê.

“Gestel ’n staatsdienswerker se voormalige eggenoot is geregtig op die betaling van R400 000 van daardie werker se pensioen. Ten tye van egskeiding, word hierdie bedrag deur die GEPF uitbetaal en word dit as skuld gesien waarop maandeliks rente gehef word. Indien hierdie skuld en rente nie maandeliks betaal word nie, sal die bedrag teen ʼn rentekoers van

Page 4: AFR teks 8... · Web viewDie plan word nie gefinansier deur groot staatsfondse of bemagtigingstransaksies nie, maar deur die klein bydraes van gewone mense

slegs 7,2% elke tien jaar verdubbel. Sou die staatsdienswerker dan die fonds verlaat, word hierdie skuld verreken teen sy of haar pensioen. Dit kan tot gevolg hê dat die persoon dan weinig van sy of haar opgehoopte pensioen oor het,” sê Kruger.

Solidariteit is van mening dat die “skoon breuk”-beginsel, soos tans deur die GEPF toegepas word, nie in ooreenstemming met die bepalings van die GEPF-wet όf die kredietwet is nie. “Ons sal daarom in ons hofaansoek eis dat die fonds se reëls en die toepassing van die “skoon breuk- beginsel” hersien moet word. Indien ons suksesvol is, sal ons vra vir ’n hofbevel dat die GEPF persone vergoed wat finansieel deur die fonds se heffing van rente benadeel is,” sê Kruger.

STORIE 4Hoe om hitte-siektes uit te ken en te behandelDeur Eugene Brink

Met temperature wat die hoogte inskiet en Gauteng en die noordelike provinsies van Suid-Afrika tans in die greep van ʼn hittegolf, moet die gesondheidsrisiko’s beslis nie onderskat word nie.

Alhoewel sonsteek die ergste vorm van hitteverwante siekte is, is daar ʼn paar ander siektes met ʼn wye reeks simptome waarvan jy bewus moet wees voordat jy die somer blindelings omhels en hulle ten prooi val. Volgens statistiek van die Centers of Disease Control and Prevention (CDC) het hittegolwe jaarliks meer sterftes tot gevolg in die VSA as tornado’s, aardbewings, vloede en orkane saam.

Wie loop gevaar? Steven Doerr en Bill Shiel Jr., beide mediese praktisyne en akademici, sê babas en kinders tot op die ouderdom van vier, persone bo 65, persone wat oorgewig is, persone wat hulle tydens buitemuurse werk of oefening ooreis, persone met ʼn geestessiekte en persone wat chronies siek of op sekere medikasies is, loop die grootste gevaar om ʼn hitteverwante siekte op te doen.

Hier volg ’n kort lys van die mees prominente siektes wat deur hitte veroorsaak word, hulle simptome sowel as moontlike behandelings. Let dus op hierdie waarskuwings en verseker dat jy en jou gesin in intense hitte veilig is:

SonsteekSoos hierbo vermeld, is dit die ernstigste vorm van hitteverwante siekte. Volgens Johns Hopkins Medicine, die mediese skool by Johns Hopkins Universiteit, ontstaan sonsteek wanneer die liggaam se hittereguleringstelsel deur buitensporige hitte oorweldig word. Simptome sluit in warm, droë vel, ʼn hoë koors (gewoonlik bokant 40°C), ʼn vinnige hartklop, gebrek aan aptyt, naarheid, braking, hoofpyn, uitputting, verwarring, lusteloosheid en loomheid. Dit kan lei tot stuiptrekkings, koma en is ʼn lewensgevaarlike noodgeval wat onmiddellike mediese aandag vereis.

Dit word aanbeveel dat jy na ʼn koel plek beweeg en rus. Verwyder oortollige klere en deurweek die vel met koel water. Om die vel koel te waai, sal ook help. Yspakke kan in die armholtes en lies-areas geplaas word. Koue vloeistowwe moet aangebied word indien die persoon wakker is en in staat om te drink. Skakel die nooddienste of kry die persoon by ʼn hospitaal indien die simptome aanhou of vererger.

HittekrampeDie mees ooglopende teken hiervan is pynlike krampe, veral in die bene. Vogtige vel met ʼn hoë kleur is ook ʼn simptoom. Die VSA se Bedryfsveiligheid en Gesondheidsadministrasie voeg pyn – gewoonlik in die buik, arms en bene – by.

Page 5: AFR teks 8... · Web viewDie plan word nie gefinansier deur groot staatsfondse of bemagtigingstransaksies nie, maar deur die klein bydraes van gewone mense

Indien jy buite werk, beweeg na ʼn koel skadu-area. Enige werk wat inspanning verg, moet ook vir ʼn paar ure vermy word en water en ander koue drankies moet ingeneem word. Kry mediese aandag as krampe nie afneem nie. Doerr en Shiel se raad is om ook die geaffekteerde spiere passief te strek.

Hitte-uitputtingHitte-uitputting is die liggaam se reaksie op ʼn buitensporige verlies van water en sout wat in sweet voorkom weens oefening of werk in ʼn hittige omgewing. Simptome sluit in normale of matig-verhoogde liggaamstemperatuur, baie sweet, bleekheid, spierkrampe en -pyn, moegheid, swakheid, hoofpyn en naarheid.

Om dit te behandel, drink koue, nie-alkoholiese drankies, eet southappies, rus in die skaduwee of in ʼn lugversorgde omgewing en neem ʼn koue stort of bad. Die CDC sê dat mediese aandag onmiddellik verkry moet word as jy aanhoudend braak.

Hitte-uitslagJy weet jy het hitte-uitslag wanneer kolle rooi knoppies op die vel verskyn. Dit kom dikwels voor op die nek, boonste deel van die bors en in voue van die vel. Probeer om die geaffekteerde deel droog te hou en beweeg na ʼn koeler, minder vogtige area.

Algemene wenkeEerstens, vermeerder jou vloeistofinname en moenie wag tot jy dors is nie. Drink twee tot vier glase koel vloeistof tydens swaar oefeninge in ʼn warm omgewing. Jy moet ook die sout en minerale wat deur sweet verlore gaan, te vervang deur middel van ʼn sportdrankie, vitamine en kos.

Dra lospassende, liggewig-klere en ʼn hoed wanneer jy direk in die son is en gebruik sonskermmiddel.

Jy behoort ook jou buitemuurse aktiwiteite sorgvuldig te skeduleer sodat jy die mees veeleisende vir koeler periodes los. Bly binnenshuis en probeer na lugversorgde areas beweeg.

STORIE 5Volkswagen SA – alle VW’s in SA verkoop, voldoen aan plaaslike uitlaatgasstandaarde

Die Volkswagen Groep Suid-Afrika (VWSA) het onlangs, na die Volkswagen-uitlaatgasskandaal in die VSA gesê ”ons voertuie voldoen aan die gepubliseerde CO2-waardes”.

Volgens Engineering News, omdat die uitlaatgasstandaarde in Suid-Afrika (Euro 2) baie laer as in Europa (Euro 5) en die VSA is, voldoen alle Tipe EA 189-dieselvoertuie van die Volkswagen Groep, naamlik VW-passasiersmotors, Audi, en alle ligte en medium kommersiële voertuie wat in Suid-Afrika verkoop word, aan die standaard vir die uitlaat van stikstofoksied.

Dit impliseer dat die koolstofbelasting op die verkope van sodanige voertuie in Suid-Afrika korrek is.

Indien voertuie nie aan die standaarde voldoen nie, sal die betrokke owerheid (”NRCS”) ‘n sanksieproses toepas wat sal lei tot die herroeping van die betrokke voertuie met die oog op regstelling.

Volkswagen se hoofkantoor het verlede maand hulle fout erken en het verskoning gemaak dat hulle met die uitlaattoetse gekul het.

Page 6: AFR teks 8... · Web viewDie plan word nie gefinansier deur groot staatsfondse of bemagtigingstransaksies nie, maar deur die klein bydraes van gewone mense

Sowat 11 miljoen Volkswagen-dieselvoertuie wat sedert 2008 vervaardig is, word deur die skandaal geraak; 500 000 daarvan is in die VSA.

Die voertuie bevat toestelle wat inskop wanneer die voertuig getoets word om die voertuig se prestasie te verbeter.

BBC News sê dat die Jetta, Kewer, Golf en Audi A3-modelle van 2009 tot 2015 en die Passat van 2014 tot 2015 wat in die VSA verkoop is, die toestelle wat die resultate van die toetse wysig, bevat.

Storie 6Solidariteit Beweging Toekomsberaad: Skep jou eie toekoms

Die Solidariteit Beweging hou op Saterdag 10 Oktober 2015 ʼn toekomsberaad waartydens die Beweging se vyfjaar-toekomsplanne bekendgemaak sal word. Inge Strydom het met Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, oor dié geskiedkundige beraad gesels.

Waarom moet ek as individu die Solidariteit Beweging se Toekomsberaad bywoon?Die Solidariteit Beweging se Toekomsberaad volg die Krisisberaad, wat in Mei vanjaar plaasgevind het, op. Ons gaan nou dus oplossings vir die probleme wat by die Krisisberaad geïdentifiseer is, aankondig en bespreek. Die kern van die beraad is om planne bekend te maak waarmee ons saam ʼn vry, veilige en voorspoedige toekoms in Suid-Afrika kan skep.

Wat maak Solidariteit se toekomsplanne anders as dié van byvoorbeeld politieke partye?Die vraag wat ek die meeste teëkom, is “Watter toekoms het ons nog in Suid-Afrika?” Die antwoord wat ek die meeste gee, is: “Die toekoms wat ons self skep.” Die rede is eenvoudig: Ons toekoms is te belangrik om aan die regering oor te laat. Kies dus maar self – die toekoms wat die regering vir jou sal gee, of die toekoms wat ons sélf kan skep.

Die planne wat ons by die beraad gaan aankondig, is nie bloot ʼn wenslys nie – dit is uitvoerbare werkslys. Die sukses van die planne hang boonop nie van die staat af nie. Die groot verskil is dus dat die Solidariteit Beweging se doelwitte vir 2020 onafhanklik van die staat is – ons aanvaar dus sélf verantwoordelikheid vir ons toekoms en moedig ons lede aan om dieselfde te doen. Boonop sal elkeen van hierdie planne binne ’n tydperk van vyf jaar uitgevoer word.

Hoe kan ek as individu betrokke raak?Ons toekomsplan behels verskeie aksieplanne op verskeie vlakke van die samelewing. Individue kan self kies by watter planne hulle betrokke wil raak, of dit nou by die bevordering van gemeenskapsveiligheid is, of by erfenisbewaring, onderwys, omgewingsake en op talle ander gebiede. Meer besonderhede oor die onderskeie aksieplanne, en hoe individue daarby kan inskakel, sal by die beraad aangekondig word.

AKADEMIAStudiebeurse van meer as 1.25 miljoen bekendgestel vir studies in Besigheidsbestuur

Vyf beursprogramme, ter waarde van R250 000 elk, is onlangs in Krugersdorp tydens ‘n funksie by die Hoërskool Noordheuwel bekendgestel. Die beurse, wat bekendstaan as die eNuus Elite Beursprogram by Akademia, is spesifiek daarop gemik om gekeurde studente blootstelling aan die wêreld van werk te gee terwyl hul nauurs hul BCom graad in Ondernemingsbestuur by Akademia studeer.

Page 7: AFR teks 8... · Web viewDie plan word nie gefinansier deur groot staatsfondse of bemagtigingstransaksies nie, maar deur die klein bydraes van gewone mense

Volgens Andries Cornelissen, uitvoerende redakteur van eNuus, bied hierdie beursprogram aan studente die geleentheid om na drie jaar met ‘n Graad in Ondernemingsbestuur en drie jaar se praktykgerigte werkservaring weg te stap. “ Baie maatskappye het in vandag se gejaagde tye min tyd om onervare persone op te lei, en verkies daarom reeds kandidate met ervaring in die werksgebied aan te stel. Daarom sien ons hierdie as ‘n ideale geleentheid vir die skoolverlatersmark”, aldus Cornelissen.

Verdere voordele van hierdie beursprogram sluit maandelikse sakgeld van R2000.00, studiementorskap, persoonlike ontwikkelingskursusse, blootstelling aan verskeie sakeleiers en ‘n buitelandse sakereis in die derde jaar in. Om te kwalifiseer vir die Elite Beursprogram, moet ‘n aansoeker ‘n gemiddelde punt van 70% in sy rekordeksamen behaal en voldoen aan die vereistes vir die spesifieke graadstudie by Akademia. Inskrywings kan aanlyn gedoen word op www.akademia.ac.za/elitebeursprogram.

Akademia het ook van die geleentheid gebruik gemaak om sy nuwe studiesentrum in Krugersdorp aan te kondig om die gemeenskappe aan die Wesrand van Johannesburg en die nabye Noordwes provinsie in 2016 te bedien. Volgens Marthinus Visser, Besturende Direkteur van Akademia, is dit die eerste stap in ‘n vyfjaar uitbreidingsproses wat jaarliks nuwe programme en ‘n verdubbeling van die huidige studiesentrums in 2017 behels. “Die uitbreiding van die universiteitsaanbod in Afrikaans is ‘n hoë prioriteit, siende dat ons onwrikbaar glo in die positiewe voordeel wat moedertaalonderrig vir studente inhou. Wêreldwyd bewys lande soos Duitsland, Japan en Frankryk dat die opleiding van studente in hul moedertaal wêrelderkende leiers oplewer”, sê Visser.

Die aankondiging van nuwe kwalifikasies vir 2016 word na goedkeuring daarvan deur die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding vir Oktober beplan. Benewens die BCom Ondernemingsbestuurgraad, bied Akademia ook nauurs ander geakkrediteerde kwalifikasies met Afrikaans as die onderrigtaal.

AfriForumAfriForum eis optrede ná hernude skending van Kruger-monumentDeur Esmarie Prinsloo

AfriForum neem met groot teleurstelling kennis van die hernude skending van die Kruger-monument op Kerkplein, Pretoria. Gisternag is groen verf op standbeelde van die Boerekrygers, wat deel van die monument uitmaak, gegooi.

Volgens Alana Bailey, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, doen die Tshwane Metroraad duidelik nie hulle onderneming gestand om die monument te bewaak nie. Klagtes sal in die verband deur AfriForum by die betrokke owerhede gelê word. AfriForum het bygedra tot ʼn fonds wat die Erfenisstigting bestuur en gebruik om die restourasie van geskende monumente, soos in dié geval, te onderneem. Die stigting word deur AfriForum vir hulle uitnemende werk in dié verband geloof.

Die uitbeelding van ʼn gemeenskap se verlede speel ʼn vername rol in die verhouding wat dit met ander gemeenskappe in ʼn gedeelde omgewing handhaaf. Dr. György Tatár van die Boedapest-sentrum vir die Internasionale Voorkoming van Volksmoord en Massa Gruweldade het in 2014 in ʼn voorlegging aan die VN se Minderheidsforum beklemtoon dat die verdraaide uitbeelding van ʼn volk se verlede direk kan bydra tot die pleging van geweld daarteen. Dit is dus van die allergrootste belang dat alle gemeenskappe se erfenis bewaar word en in konteks uitgebeeld word.

Volgens Bailey sal AfriForum deurgaans sy fokus verskerp daarop om ʼn kultuur van wedersydse erkenning en respek te bevorder deur vir almal se erfenis en standpunte ruimte te skep, te verhoed dat die huidige erfenisdebat misbruik word om ’n transformasie-agenda

Page 8: AFR teks 8... · Web viewDie plan word nie gefinansier deur groot staatsfondse of bemagtigingstransaksies nie, maar deur die klein bydraes van gewone mense

te dryf en te sorg dat Afrikanererfenisse in historiese konteks geplaas en volhoubaar beveilig word. Die publiek word ook aangemoedig om instellings wat fokus op erfenisbewaring, soos die Erfenisstigting, sterker te ondersteun.

“Die toekoms van die verlede is in ons hande en kan nie aan ideologies gedrewe kultuurterroriste met verfblikke oorgelaat word nie,” het Bailey gesê.

Meer inligting oor die beplande erfenisbewaringsaksies van AfriForum en ander instellings wat deel van die Solidariteit Beweging is, sal Saterdag 10 Oktober 2015 by die Toekomsberaad van die Solidariteit Beweging aangekondig word.

Helpende HandRegsom of linksom, hiérdie is SA se beste koeksisters

Solidariteit Helpende Hand se Stoofstories: Koeksisterkompetisie het bakkers van heinde en verre gelok, insluitend drie voormalige Huletts-koeksisterwenners en ’n bakker van Koekedoor-faam. Die wenners is egter Oom Willa en Tannie Johanna Rademeyer van Parys.

Die Rademeyers woon in ʼn aftreeoord in Parys en bak elke week sowat 50 kg koeksisters. Hulle is ʼn gedugte span wat al jare lank saamwerk om ʼn ekstra geldjie te verdien. Die oorspronklike resep kom van ʼn koeksisterbakkery in Vanderbijlpark. Willa maak die stroop en deeg aan, terwyl Johanna seker maak dat die koeksisters se kleur eksie-perfeksie is. Al twee is ewe lief vir vleg, maar daar is ’n effense verskil in hulle metodes wat net ’n ware koeksisterkenner sal raaksien.

”Ek vleg regs om”, sê Oom Willa, ”en die tannie links om”. Tannie Johanna sal stry dat sy regs om vleg en hy links om vleg. Maar hoe jy ook al na die koeksisters kyk, hulle is op hulle beste as jy een (of drie!) eet.

Stoofstories het in Mei vanjaar begin om die land se beste koeksister op te spoor. Die finaliste, wat van reg oor die land gekom het, se koeksisters is by die Hazelwood-kosmark in Pretoria deur ’n paneel van beoordelaars van die Vroue Landbou-unie (VLU) beoordeel.Die wenners ontvang ’n kontantprys en hulle resep gaan gebruik word as deel van ʼn werkskeppingsprojek in Pretoria-Wes, waar die koeksisters by die groot maat gebak en versprei gaan word.

In die tweede plek was Christa Dormehl van Amanzimtoti en derde plek het aan Julianna Griessel van Heidelberg gegaan. Die markgunsteling was Gerda Swanepoel van Ermelo, wat bekendheid verower het as finalis in KykNet se Koekedoor vroeër vanjaar.

Vir meer inligting oor die kompetisie, en om die ander finaliste te sien, besoek gerus www.stoofstories.co.za of skakel vir Anel du Preez, projekbestuurder, by 012 644 4390.

KRAALNiks vir hierdie uitgawe

RUBRIEKE:BEDRYFSBROKKIES Steenkoolmynstaking geen effek op Eskom se elektrisiteitsvoorsiening

Eskom het onlangs die publiek daarvan verseker dat die staking in die steenkoolmynbedryf nie ‘n invloed op die maatskappy sal hê nie, ongeag hulle afhanklikheid van steenkool-aflewerings vir elektrisiteitsvoorsiening. Salarisonderhandelings tussen die Nasionale Unie

Page 9: AFR teks 8... · Web viewDie plan word nie gefinansier deur groot staatsfondse of bemagtigingstransaksies nie, maar deur die klein bydraes van gewone mense

van Mynwerkers (NUM) en die Kamer van Mynwese het verlede week in duie gestort toe NUM ‘n sertifikaat ontvang het om te staak.

Volgens Engineering News het die staking Sondagaand ‘n aanvang geneem. ‘n Woordvoerder van Eskom, Khulu Phasiwe, het gesê dat die staking nie ‘n korttermyneffek sal hê nie, want elke kragstasie het opgehoopte steenkoolvoorraad wat ten minste vir ‘n maand voldoende sal wees. ”Indien die staking na twee maande verleng word, mag Eskom geraak word en ons kan slegs hoop dat NUM en die Kamer van Mynwese mekaar sal vind alvorens die staking uitgerek word”, het hy gesê.

Die Kamer van Mynwese, wat Glencore, Anglo American Coal en Exxaro, asook ‘n aantal kleiner steenkoolvervaardigers verteenwoordig, het bevestig dat die situasie onveranderd is omdat NUM nie die verhoogde loonaanbod van 8,5% (vanaf 8% verhoog) aanvaar het nie en dat hulle steeds 13% eis.

MY WERKWerk terwyl jy reisDeur Cilleste van Dyk

As die reisgogga jou gebyt het en jy wil graag geld verdien terwyl jy doen waarvan jy hou, hier is ‘n aantal poste wat jou dwarsoor die wêreld kan neem en wenke hoe jy die werk kan bekom.

Matador Netwerk beveel die volgende aan:

1. ESL-onderwyserDie vereistes wissel van ‘n B-graad in enige veld tot ‘n meestersgraad in onderwys, plus ‘n TESL-sertifikaat (”Teaching of English as Second Language”). My persoonlike ondervinding was dat dit die maklikste is om so ‘n pos in Korea te kry en (wanneer lewenskostes in berekening gebring word) die beste keuse wat vergoeding betref. Japan, China, Thailand, en Viëtnam is ook gewilde keuses. Personeelagentskappe is baie behulpsaam as jy na ‘n ESL-geleentheid soek.

2. ReisagentReisagente tree as tussenganger vir reisigers en hotelle, lugrederye/toerismeburo’s op en moet eerstehandse kennis hê van die produk of diens wat hulle probeer verkoop. Dit beteken dat baie nuwe plekke besoek word. Toekomstige reisagente het verskeie opsies wat opleiding betref; meeste reisagentskappe verkies dat jy opleiding van een of ander aard moet hê, óf aan ‘n gewone of tegniese skool, óf ‘n kollege óf universiteit.

3. Toergids As jy in ‘n land ver van jou vaderland woon omdat iets van die kultuur, mense, musiek, kos, ens. van daardie plek jou aangetrek het, is daar geen beter manier om jou brood te verdien as om daardie passie met ander te deel nie. Een opsie vir ‘n voornemende toergids is om ‘n toeragentskap in die gebied te soek om aansoek te doen. Alhoewel dit in meeste gevalle nodig sal wees om die plaaslike taal te kan praat, kan jou Engels ‘n voordeel wees omdat baie van jou kliënte moontlik ook Engels praat. ‘n Ander opsie is om as vryskut toergids op te tree, veral as jy ‘n spesialis op ‘n gebied is, soos bv. kookkuns of buitemuurse aktwiteite.

4. SeilbootvaarderWeet jy iets van bote, maar jy wil nie noodwendig by die vloot aansluit nie? Werk dan liewer op ‘n seilboot! Daar is regtig baie ryk mense in die wêreld met seilbote wat goeie werkers van albei geslagte benodig. Seil deur die wêreld en leef die goeie lewe terwyl jy toekyk hoe hulle die ’hoë lewe’ geniet.

Page 10: AFR teks 8... · Web viewDie plan word nie gefinansier deur groot staatsfondse of bemagtigingstransaksies nie, maar deur die klein bydraes van gewone mense

5. PassassierbootgeleenthedeGoed, jy het geen idee oor hoe om te seil nie, maar, tensy jy seesiek word, bied plesierbote menige geleenthede op die see met ‘n wye verskeidenheid opleidingsvereistes en ondervinding. ‘n Aantal voorbeelde is:UitsaaitegnikusKlanktegnikusProduksiebestuurderElektrisiënDobbelhuisdelerMasseerderKokLynkokKroegman/KelnerSkoonmaker of nutsmanVoorraadbestuurderHotelbestuurderDuik-instrukteurKinderopasserMusikantDanserVermaakliheidspersoon

6. Au pair‘n Au Pair is in wese ‘n kinderopasser wat in sommige gevalle ook ligte huiswerk doen. Die positiewe elemente: Families wat ‘n au pair kan bekostig, is waarskynlik welvarend wat beteken dat jy fynproewerkos, private chaffeurs en gratis vakansies mag geniet en beleef. Daar is agentskappe vir plasings in die land wat jy graag wil besoek.

7. GeoloogHierdie opsie verg vooruitbeplanning. Jy moet ‘n agtergrond in Fisika, Chemie, en Wiskunde hê en moet ten minste ‘n meestersgraad besit, maar waarskynlik ‘n doktorsgraad. Maar, dink net aan die opwindende ekskursies! Die meeste werkgewers wat geoloë aanstel, is in die mynbedryf en jy mag dalk van die een na die ander ’eksotiese’ geologiese opgrawingsplek reis.

8. Kajuitpersoneellid (lugwaardin) As jy 21 jaar oud of ouer is, jy word nie as ’buitengewoon’ kort of lank bestempel nie, en jy het nie ‘n kriminele rekord nie, is jy waarskynlik slaggereed vir hierdie werk. Sommige lugrederye verkies dat jy ‘n graad het, maar dit word selde vereis.

9. VlieënierDie opleiding is intensief en duur, maar die reisvoordele is voor die hand liggend. Die eerste opsie wat normaalweg in dié verband in die gedagtes opduik, is om ‘n handelsvlieënier te word, maar die Buro vir Arbeidstatistieke wys daarop dat 34% van vlieëniers doen ander werk soos plaagbeheer en herbebossing, toets vliegtuie, vervoer passasiers en vragte na plekke wat nie op die roetes van bekende lugrederye is nie, bestuur brandbestydingsprojekte, soek na misdadigers, monitor verkeer en soek en red beseerde persone. Meeste lugrederye verkies om gegradueerdes aan te stel en om ‘n handelsvlieënierslisensie te hê, benodig jy minstens 250 ure in die lug. Ander vereistes sluit in ‘n streng mediese ondersoek met perfekte sig (met of sonder ‘n bril of kontaklense), ‘n goeie gehoor en geen fisiese gestremdhede wat jou prestasie kan beïnvloed nie.

10. DiplomaatDie salaris en die voordele kan baie aanloklik wees, bv. vakansietye, betaalde verblyf, belastingvrye goedere, en gereelde reisgeleenthede – veral na bestemmings wat nie vir die

Page 11: AFR teks 8... · Web viewDie plan word nie gefinansier deur groot staatsfondse of bemagtigingstransaksies nie, maar deur die klein bydraes van gewone mense

gewone reisiger teoganklik is nie. Afhangend van die department van buitelandse sake of landsbeleid, mag ‘n B-graad of meestersgraad vereis word. Jy kan begin deur jou curriculum vitae en ‘n dekbrief in te handig. Uiteindelik mag jy oor onderwerpe soos wêreldgebeure en tale getoets word. Daar is ook ‘n sekerheidsklaring ter sprake wat fisiese en geestesgesondheidstoetse insluit, asook ‘n uitgebreide agtergrondsondersoek.

MY GESONDHEIDEet vir tweeGeskryf deur Medihelp

Noudat jou liggaam nog ’n mens help groei, moet jy seker begin om behoorlik te eet. Hier’s ’n paar riglyne oor hoe om jou dieet aan te pas sodat jy aan ’n gesonde baba geboorte kan skenk.

Moet ek anders eet noudat ek swanger is?Dis nou belangriker as ooit om voedsame, gebalanseerde maaltye te geniet.Jou daaglikse etes behoort ’n verskeidenheid kossoorte uit die vier belangrikste voedselgroepe in te sluit:

- Vrugte en groente: Koop dit vars, gevries, geblik, gedroog of versap. Probeer om ten minste vyf porsies per dag te eet.

- Stysel: Dit sluit in brood, pasta, rys en aartappels. Kies volgraansoorte.- Kos wat ryk is aan proteïen: Dit sluit in maer vleis en hoender, vis, eiers en peulvrugte

(soos bone en lensies). Probeer om ten minste twee porsies vis per week te eet, insluitend olierige vis.

- Suiwel: Dit sluit in melk, kaas en jogurt wat kalsium bevat.

Suiwelprodukte, seevis en seesout is goeie bronne van jodium. Jy benodig baie jodium in jou dieet om met jou baba se ontwikkeling te help.

Moet ek meer eet wanneer ek swanger is?Jou liggaam raak meer doeltreffend wanneer jy swanger is en kan die energie wat uit jou kos verkry word beter benut. Dit beteken dat jy vir die eerste ses maande van jou swangerskap nie regtig ekstra kalorieë benodig nie. Gedurende die laaste drie maande van jou swangerskap het jy slegs sowat 200 ekstra kalorieë per dag nodig.

Die beste reël is om te eet wanneer jy honger is. Handhaaf elke dag ’n goeie balans tussen die verskillende kossoorte en jy behoort geleidelik gewig op te tel soos wat jou baba groei.

Moet ek ’n vitamienaanvulling neem?In die perfekte wêreld waar daar geen oggendnaarheid of kosallergieë is nie, sou dit net nodig wees om ’n gebalanseerde dieet te volg. Dis egter ’n goeie idee om ’n vitamien- en mineraalaanvulling te neem om te verseker dat jy al die regte voedingstowwe inkry.

Dit word aanbeveel dat jy tydens jou swangerskap twee belangrike aanvullings neem:- 400 mikrogram (µg) foliensuur per dag vir die eerste 12 weke- 10 µg vitamien D per dag vir die duur van jou swangerskap

Dit mag nodig wees om later in jou swangerskap ook ’n ysteraanvulling te neem. Jou ystervlakke sal deur die loop van jou swangerskap gemonitor word en jou dokter of vroedvrou sal jou kan adviseer oor wat jy benodig. Kalsium is ook belangrik terwyl jy swanger is, aangesien jy nou twee keer soveel as normaalweg per dag benodig.

Page 12: AFR teks 8... · Web viewDie plan word nie gefinansier deur groot staatsfondse of bemagtigingstransaksies nie, maar deur die klein bydraes van gewone mense

Jy kan ’n spesiale swangerskapmultivitamien neem wat foliensuur, vitamien D, yster en kalsium bevat. Kies ’n produk wat ook vitamien C, die B-vitamiene soos B6 en B12, kalium, sink, jodium en vitamien E bevat.

Moet nie enige aanvullings neem wat retinol – die alkoholderivaat van vitamien A – bevat nie. Dit kan toksies wees vir ongebore babas indien dit in groot hoeveelhede geneem word. Die plantgebaseerde karoteentipe van vitamien A is egter veilig om tydens swangerskap te neem. Moet ook nie megadosisse van vitamiene en minerale neem nie, aangesien dit skadelik vir jou baba kan wees.

Verwagtende mammas sluit by Mom-2-be aan

Indien daar ’n bondeltjie vreugde binne jou groei, moet jy eenvoudig by hierdie program aansluit.Met ons unieke Mom-2-be-program kan jy jou persoonlike besonderhede op ons stelsel vaslê en die program sal dan daarvolgens aangepas word om by jou gesondheidsprofiel, leefstyl en selfs jou swangerskap te pas!

Jy kan die program ook gebruik om jou doktersafsprake aan te teken, foto’s op te laai en toegang tot jou voordele vir voorkomende sorg te kry.

Ons vennoot, Dis-Chem, bied jou hope voordele in hul winkels, soos dubbelpunte op jou Dis-Chem-aankope en ’n bêreboks vir speelgoed in week 30 van jou swangerskap, propvol geskenkies soos babaprodukte en produkmonsters.Om by die Mom-2-be-program aan te sluit, klik hier.

Bron: www.babycentre.co.uk

EKONOMIESE NUUS Wag nog

INTERNASIONALE NUUSDeur Cilleste van Dyk

Facebook wil die hele wêreld aanskakelFacebook beplan om satelliete in samewerking met die Franse verskaffer, Eutelsat, daar te stel wat toegang tot die Internet in verafgeleë plekke in Afrika moontlik sal maak. Facebook hoop die eerste satelliet sal in 2016 in gebruik geneem word. ”Ons sal aanhou werk om die hele wêreld aan te skakel – selfs al beteken dit dat ons verby ons eie planeet kyk”, het Mark Zuckerberg op Facebook gesê.

Wetgewing vir die reg om te sterf nou in KaliforniëKalifornië het by vier ander Amerikaanse state aangesluit wat ternimale pasiënte toelaat om wettig hulle lewens onder toesig van ‘n geneesheer te beëindig. Die ’reg-om-te-sterf’-beweging het ondersteuning in Kalifornië begin ontvang nadat Brittany Maynard, ‘n kankerpasiënt wat in dié staat woonagtig was, na Oregon verhuis het om wettig ‘n einde aan haar lewe te maak. Ten minste 24 state het hulp-om-te-sterf-hulp hierdie jaar bekend gestel, maar dit is nog nie in amptelike wetgewing omgeskakel nie.

Guatemalaanse inwoners in grondstorting aangepor om die gebied te verlaatSlegs dae na een van Guatemala se ergste natuurrampe in jare, is die families wat steeds op die onstabiele grond woon, oorreed om te trek. Die grondstorting het die betonbloknedersetting El Cambray Il verwoes en honderde mense onder puin begrawe. Die dodetal het Maandag op 152 gestaan, terwyl 300 mense vermis word. Die gemeenskap is

Page 13: AFR teks 8... · Web viewDie plan word nie gefinansier deur groot staatsfondse of bemagtigingstransaksies nie, maar deur die klein bydraes van gewone mense

onder die puin begrawe en daar is weinig hoop vir die spanne wat trugrawers en stootkrapers gebruik om die grond te skuif dat enige oorlewendes in die puin gevind sal word.

RIDDER EN RAMPOKKERDeur Inge Strydom

RidderVeteraannuusleser Riaan Cruywagen, wat Maandag sy 70ste verjaardag gevier het, is vandeesweek se ridder. Cruywagen het Maandag nie nét sy geboortedag herdenk nie, maar ook 50 jaar in die uitsaaiwese en 40 jaar se uitsaaiwerk op televisie. Cruywagen het in dié tyd ʼn reusebydrae tot die Afrikaanse mediabedryf gemaak.

RampokkerVandeesweek se rampokkers is diegene wat verf op standbeelde van boerekrygers, wat Paul Kruger se beeld op Kerkplein in Pretoria “bewaak”, gegooi het. Netwerk24 het vandeesweek berig dat donkergroen verf op ’n boerekryger voor Kruger se standbeeld en op een agter hom gegooi is. Dit is onbekend wie die verf gegooi het en wanneer dit gedoen is.

REGSVRAAG:PoligraaftoetseDeur Lucinda van Zyl

Vraag:Poligraaftoetse: Wat is ʼn werknemer se regte?

Antwoord:ʼn Poligraaf registreer sekere asemhalingsreaksies, sweet, kardiovaskulêre aktiwiteit en verandering in die sistoliese bloeddruk van ʼn persoon wat getoets word wanneer bepaalde vrae aan hom/haar gestel word. Hierdie reaksies word dan deur ʼn onafhanklike operateur vertolk.

In Suid-Afrika is bevind dat leuenverklikkertoetsresultate op sigself onvoldoende vir ʼn bevinding is. Getuienis dat ʼn werknemer geweier het om ʼn leuenverklikkertoets te ondergaan, is vanuit ʼn bewysregtelike oogpunt onbillik omdat die feit min bewyswaarde het, maar wel uiters benadelend vir die werknemer kan wees. ʼn Leuenverklikkertoets kan ook verbied word omdat dit inbreuk maak op die werknemer se privaatheid. Die onderwerping van ʼn werknemer aan ʼn leuenverklikkertoets sonder sy toestemming kan, afgesien van skending van die werknemer se privaatheid, ook op diskriminasie neerkom indien dit selektief toegepas word.

ʼn Billike proses moet gevolg word alvorens ʼn werknemer aan ʼn leuenverklikkertoets onderwerp word. Die werknemer moet vooraf skriftelik ingelig word oor die gronde of redes waarom die werkgewer die toets nodig ag . Die werknemer moet ook ingelig word dat die toets nie verpligtend is nie. Enige nadelige afleiding(s) wat gemaak kan word indien die werknemer weier, moet ook aangedui word. Die werkgewer moet die werknemer voorts verwittig van sy reg op verteenwoordiging by die toets en ook dat hy/sy op ʼn tolk geregtig is. Die vrae wat aan die werknemer gevra gaan word, moet skriftelik aan die werknemer sowel as aan sy verteenwoordiger voorsien word.

Hoewel die operateur die resultaat van ʼn leuenverklikkertoets in die verhoor moet verduidelik en toelig, is die verhoor nie aan sy bevinding gebonde nie. ʼn Werkgewer mag ʼn werknemer ontslaan wat hy nie langer vertrou nie, mits hy redelike gronde het waarom hy vertroue in die werknemer verloor het. Die blote feit dat die werknemer deur ʼn leuenverklikkertoets

Page 14: AFR teks 8... · Web viewDie plan word nie gefinansier deur groot staatsfondse of bemagtigingstransaksies nie, maar deur die klein bydraes van gewone mense

geïnkrimineer is, is onvoldoende en geen afdoende bewys van skuld nie. Dit geld ook indien die werknemer weier om ʼn leuenverklikkertoets te ondergaan.

ʼn Positiewe leuenverklikkertoets is op sigself onvoldoende om ontslag te regverdig. ʼn Belangrike oorweging is dat, volgens beskikbare kennis, ʼn leuenverklikkertoets nie betroubaar is nie. Indien ʼn werknemer die eerste toets ”gedruip” het, mag hy op verdere toetse aandring. Sover my kennis strek, is daar nog nie direkte gesag daaroor nie, maar kan daar geredeneer word dat ʼn leuenverklikkertoets, net soos ʼn sogenaamde Anton Piller-bevel, op die bewaring of ontbloting van inligting geregtig is.

HET JY GEWEET?

ʼn Vis se ouderdom kan bereken word volgens die aantal ringe op die skubbe. In die somer, wanneer kos volop is en die vis vinnig groei, is die ringe ver uitmekaar. In die winter wanneer die vis stadiger groei, is die ringe nader aan mekaar.

Bron: Pharos se Feitegids. ʼn Kernensiklopedie.

SPREEKWOORD

Waar die hart van vol is, loop die mond van oor. ʼn Mens praat maklik oor iets wat jou baie interesseer.

Bron: Pharos se spreekwoordeboek en waar hulle vandaan kom

AANHALINGHere ek dank U dat die insek sy eier in die dae van my blommetjie-wees nie gelê het nie, dat my groen vleis in my skil kan uitbult, vermeerder sonder die vloek van vrot. - Annesu de Vos - "gebed van 'n groen perske"

ATTERBURY TEATERHoogtepunte by die Atterbury Teater

Vertoning/ geleentheid Datum Tyd PrysRocco de Villiers – Beautiful Beautiful Hymns

9 Oktober 20:00 R150

Oriental Odyssey: A Belly Dance Spectacular Besprekings: [email protected] of 084 704 3186

10 Oktober 19:30 R140

Atterbury National Piano Competition

12 – 16 Oktober 12 – 15 Oktober verniet

Kaartjies is by enige Computicket-kantoor beskikbaar of skakel 083 915 8000 om ʼn bespreking te doen. Atterbury Teater is geleë op die hoek van Lynnwoodweg en Daventrystraat in Lynnwood. Skakel die teater by 012 471 1700 of stuur ʼn e-pos na [email protected].

ATLETIEKKLUBSluit só aan by die Solidariteit AtletiekklubWord vandag nog deel van die Solidariteit Atletiekklub. Skakel klubvoorsitter Hendrik van der Westhuizen by 082 851 8451 vir meer inligting of stuur ʼn e-pos na [email protected].