jy kan klik op die woord terwyl jy ctrl inhou...ander leer wat dit beteken om jesus te volg - nie...
TRANSCRIPT
Jy kan klik op die woord terwyl jy Ctrl inhou
1. Youtube link ................................................................................... 1
2. Afkondigings .................................................................................. 2
3. Toetrede ........................................................................................ 3
4. Seëngroet ...................................................................................... 3
5. Verwelkoming ................................................................................. 4
6. Lofsang ......................................................................................... 4
7. Skriflesing: Matt. 9:35 - 10:8 ........................................................... 4
8. Kinderoomblik ................................................................................ 6
9. Loflied ........................................................................................... 7
10. Boodskap .................................................................................... 7
11. Gebed ....................................................................................... 22
12. Offergawes ................................................................................ 23
13. Slotlied ..................................................................................... 23
14. Seën ......................................................................................... 23
15. Die storie agter die Groot Storie ................................................... 23
16. Voorbidding ............................................................................... 27
17. Ander hulpmiddels ...................................................................... 28
1. Youtube link Jy kan die hele erediens op video volg deur op die link te kliek
https://youtu.be/JDzJxhHHICk
2. Afkondigings
Ondersteun asb. die
inisiatief van die Kersmark-bestuur op
Donderdag, 25 Junie!
Kleingroepe mag slegs by die kerkgebou bymekaarkom – onder streng COVID
regulasies. Bespreek ’n lokaal by die
kerkkantoor.
E.k. Donderdag om 13:00-14:00 is daar ’n
gebedsgeleentheid by die kerkgebou.
Die dra van maskers is verpligtend
wanneer u die kerkkantoor besoek. Hou
asb. ’n afstand van 2m tussen jou en enige ander persoon (behalwe jou eie
gesin).
Eredienste sal Sondae om 09:30 voortgaan. Slegs 50 persone word op ’n
slag in die kerkgebou toegelaat. Bespreek
jou plek voor Vrydagmiddag 13:00 by die kerkkantoor. Ons beveel aan dat ons ouer
lidmate en diegene wat in die hoë risiko-
groep nog nie die dienste bywoon nie. Ons sal voortgaan met die digitale
bediening vir die afsienbare toekoms! Die boodskap tydens die erediens en op die
video sal min of meer dieselfde wees.
3. Toetrede
Kom ons sing of luister na die lied:
In hierdie oomblik Heer
https://youtu.be/0hZJ_VjLQXU
4. Seëngroet
5. Verwelkoming
Dis regtig lekker om terugvoer te kry van
gemeentelede.
Iemand sê nou die dag dat hulle so skuldig voel omdat hulle tydens die erediens met
pantoffels aan sit of met iets om te drink.
Nee, asb.! Maak jouself gemaklik – en
ervaar die warmte en die nabyheid van die
Here nou daar by jou.
Kom ons wees dankbaar dat hierdie
medium tot ons beskikking is en dat ons mekaar op hierdie manier in die
teenwoordigheid van die Here kan ontmoet.
6. Lofsang
Sing gerus saam tot lof van die Here:
O, Heer, my God
https://youtu.be/ou1THJPBIgE
7. Skriflesing: Matt. 9:35 - 10:8
Die groot oes 35 Jesus het al die dorpe en klein plekkies
besoek. Hy het die mense in hulle
sinagoges geleer, die evangelie van die
koninkryk verkondig en elke soort siekte
en kwaal gesond gemaak. 36 Toe Hy die menigtes sien, het Hy hulle
innig jammer gekry, want hulle was moeg en hulpeloos soos skape wat nie 'n wagter
het nie. 37 Hy sê toe vir sy dissipels: “Die oes is
groot, maar die arbeiders min. 38 Bid dan die Here aan wie die oes behoort, om arbeiders uit te stuur vir sy
oes.”
Jesus stuur die twaalf uit (Mark. 3:13-19; Luk. 6:12-16)
1 Jesus het sy twaalf dissipels nader
geroep en hulle mag gegee om onrein geeste uit te dryf en om elke soort siekte
en kwaal gesond te maak. 2 Die name van die twaalf apostels was: in
die eerste plek Simon, wat ook Petrus genoem word, en sy broer Andreas; 3
Jakobus seun van Sebedeus, en sy broer Johannes; Filippus en Bartolomeus;
Tomas en Matteus die tollenaar; Jakobus
seun van Alfeus, en Taddeus; 4 Simon die Kananeër, en Judas Iskariot wat vir Jesus
verraai het.
Jesus gee opdragte aan die twaalf (Mark. 6:7-13; Luk. 9:1-6)
5 Jesus het hierdie twaalf uitgestuur en die
volgende opdragte aan hulle gegee:
“Moenie met 'n pad na die heidennasies
toe afdraai nie en moenie in 'n dorp van
die Samaritane ingaan nie. 6 Gaan liewer na die verlore skape van die
volk Israel toe. 7 Gaan verkondig: ‘Die koninkryk van die
hemel het naby gekom.’ 8 Maak siekes gesond, wek dooies op, reinig melaatses en dryf bose geeste uit.
Julle het dit verniet ontvang, gee dit ook
verniet.
8. Kinderoomblik
Sakkie help die kinders – en vir sommige grootmense ook – om te hoor wat die Here
vanoggend wil sê. Kom ons kyk so bietjie
wat Sakkie sê.
https://youtu.be/yTct3x5RAhM
9. Loflied
Ons is U Kerk
https://youtu.be/MnTZPaqJQvc
10. Boodskap
My heel heel eerste boodskap wat ek in
Melkbosstrand gelewer het, was juis oor die
roeping van die 12 dissipels. Hierdie selfde
storie – net uit die Markus-evangelie.
Dit bly ’n tema wat vir my na aan die hart
lê.
Die ironie is dat die groepie manne wat Jesus gekies het, nie enige
beroepingsproses sou oorleef het nie – dink
ek – maar soos met my eie beroep na Melkbos – was elkeen se roeping ’n sigbare
bewys van God se groot genade en die feit
dat Hy God is – nie sy gestuurdes nie.
Voordat ek verder gaan moet jy egter iets
baie mooi verstaan – as jy Jesus wil dien,
as jy jouself ’n christen noem, as jy ’n kind
van die Here is, dan is jy ’n dissipel – ’n
Jesusvolgeling.
En dan is jy ’n apostel – ’n gestuurde!
In vers 35 sê Matteus vir ons in een sin wat
Jesus hier kom doen het.
Wat het Jesus hier kom maak? Hy het (1) ons kom leer, (2) die Evangelie verkondig
en (3) siekes gesond gemaak.
En wat Hy gedoen het, is nou my en jou opdrag! Dis die Kerk se opdrag! Maak soos
Jesus gemaak het!
Kom ons kyk na die drie dinge wat Jesus
gedoen het:
1. Jesus was ʼn Boodskapper
’n Boodskapper was in daardie tyd – voor selfone en eposse – die ou wat jy gestuur
het om ’n belangrike boodskap te bring. Die
koning sou sy boodskapper stuur na elke deel van sy koninkryk. Groot stede en klein
dorpies.
Die boodskapper moes sekerhede
verkondig.
As die boodskapper iets sê dan kon jy
doodseker wees, dit was die waarheid.
Jesus was die boodskapper wat die goeie
nuus van God, die Koning, gebring het.
Jesus het verkondig dat God liefde is. Jy kan doodseker wees daarvan dat Hy lief
is vir jou!
Geloofsekerheid is nie die sekerheid van jou
geloof nie, maar die sekerheid van God se
liefde vir jou!
Want in Jesus het God ons gewys dat net mooi niks ons kan skei van die liefde van
God wat daar in Jesus is nie.
Dit, en dat ons deur Sy genade altyd nuut
kan begin, dit is die Goeie Nuus.
2. Jesus was ʼn briljante Leermeester
Jesus het Homself so vir ons gegee dat ons God deur Sy woorde en stories kon ervaar.
Iemand het al gesê dat ʼn Jesusvolgeling
iemand is in wie Jesus weer lewe. Bedoelende, weer sigbaar hier op aarde
lewe. (want Hy was dood maar Hy lewe weer).
Elkeen van ons moet ʼn leermeester wees en
ander leer wat dit beteken om Jesus te volg
- nie net deur jou woorde nie, maar deur
jou lewe. Deur jou gedrag. Deur hoe jy
ander laat voel.
Dit bring my by die derde ding wat Jesus kom doen het:
3. Jesus was ʼn sagte Geneser (Gentle Healer)
Dit was die sanger Michael Card wat gesing het:
The Gentle Healer came into our town today.
He touched blind eyes and the darkness left to stay.
More than the blindness, He took their sins away.
The Gentle Healer came into our town today.
As jy wil, luister hier na die hele lied
https://youtu.be/w7whra3GhqI
Jesus die Geneser het mense kom
heelmaak, kom genees met die
onvoorwaardelike liefde van God.
Die skrywer Henri Nouwen het gepraat van ‘wounded healers”.
Na aanleiding van Jesaja 53 het Jesus na sy
dood aan sy dissipels sy wonde gewys.
Jesus was die eerste gewonde geneser en daarom word Jesus-volgelinge geroep om
ook deernisvolle, gewonde genesers te
wees.
Luister gou hier. Henri Nouwen sê:
Compassion is not pity.
Pity lets us stay at a distance.
Compassion is not sympathy.
Sympathy is for superiors over inferiors.
Compassion is not charity.
Charity is for the rich to continue in their
status over the poor.
Compassion is born of God.
It means entering into the other person’s problems.
It means taking on the burdens of the other.
It means standing in the other person’s
shoes.
The world needs wounded healers:
“Wounds and pains can become openings and occasions for a new vision.
The people who suffer, long to be touched
by people who really care, people with
compassion, wounded healers.
Jesus was such a person.
We, the people called “Church,” are called
to be like Him.
Ek het altyd wanneer ek hoor mense gaan
vir MRI of ’n Catscan gedink – ag, dis sommer net ’n toets... Dis nie so erg nie.
Totdat ek self daardeur moes gaan – dit was
vir my verskriklik erg...
Nou, as ek hoor iemand moet vir daardie toetse gaan, het ek nie net simpatie nie –
ek voel aan my lyf wat hulle aan hulle lyf
moet voel.
Dalk is daardie seer, daardie siekte, daardie probleem waarmee jy nou sukkel, die wond
waardeur Jesus dalk iemand anders wil genees.
Wat doen Jesus, die Geneser, nog?
’n Predikant het die gewoonte gehad om
tydens die erediens te vra of daar dalk enige
iemand is wat voorbidding nodig het, wat swaar kry of deur ’n moeilike tyd gaan. Op
daardie manier kon die gemeente meeleef en vir mekaar bid en ondersteun. Almal is
nie gemaklik om dit te dien nie – maar soms
het mense tog vrymoedigheid geneem om vir voorbidding te vra.
Een oggend toe hy die vraag vra het ’n klein
dogtertjie wat styf langs haar pa gesit het, het hardop gesê: “My mamma is verlede
jaar oorlede en my pappa kry baie swaar.
Hy huil baie, maar hy is skaam en hy wil nie hê iemand moet dit weet nie.”
Die gemeente en die predikant was half
ongemaklik en het gewonder hoe die pa
daarop sou reageer. Terwyl die predikant nog aan ’n gepaste antwoord dink, het die
dogtertjie haar arms om haar pa gesit en hom nog stywer vasgedruk.
Verleë het die pa uitgeroep: “Beth, hou op!
Jy is besig om my dood te druk!”
En toe antwoord die dogtertjie kliphard,
sodat die hele gemeente kan hoor:
“Nee Pappa, ek is besig om jou lewendig te druk!” (“I’m hugging you to life”).
Dit, sê Matteus, is presies wat God die
Vader deur Jesus met ons doen – Hy sit sy arms rondom ons, hou ons styf vas en druk
die lewe weer in ons in!
Vers 36 is vir my een van die mooiste beskrywings van wat Jesus doen - “Hy het
hulle innig jammer gekry”.
Hy het mense daar waar hulle in hulle
lewens was, geneem... and He hugged them to life. Hy druk die lewe in hulle in.
Hier in die enkele sinnetjie van Matteus in vers 36 hoor ons hoe Jesus - deur
behoeftige en seer mense lief te hê - besig was om lewensdrukkies uit te deel.
Jesus het die mense gesien vir wie hulle
regtig was.
Hy kon verby die maskers op hulle gesigte
kyk en hulle trane en hulle vrese raaksien.
Hy kon by hulle harte inkyk en hulle seer
sien!
Die Griekse woord wat ons vertaal het met
“innig jammer gekry” beteken letterlik dat Jesus se binneste omgedraai het. Hy het
hulle pyn en seer binne-in Homself gevoel!
Dis hoe ek en jy ook oor die seer en swaarkry van ander mense moet voel!
As ons regte Jesusvolgelinge wil wees,
as ons as apostels ons roeping as
boodskappers, leermeesters en genesers
wil aanpak – moet ons so oor ander mense voel!
Want die Vader gebruik Jesusvolgelinge
soos ons om die Goeie Nuus aan sukkelende mense oor te dra!
Ek het die week seker een van die
hartseerste stories gelees – ’n ware storie -
van ʼn 9-jarige seun in ’n Kinderhuis in New Orleans, in die VSA.
Dit was ʼn huis vir mishandelde weggooi
kinders.
Die eerste 9 jaar van hierdie seun se lewe was net eenvoudig aaklig. Hy is mishandel,
seergemaak en uiteindelik weggegooi.
En toe eindig hy op in hierdie kinderhuis tussen ’n klomp ander kinders. Daar het hy
darem kos en ’n warm bed gehad – maar
eintlik ook nie veel meer as dit nie.
Eendag, nie lank nadat hy by die Kinderhuis aangekom het, het hy ʼn entjie deur die
buurt gaan loop, toe ʼn groot hond op hom
afgestorm het en hom byna verskeur het. Hy was regtig sleg gebyt!
Hulle het die seun na die naaste hospitaal
geneem waar hy steke moes kry en toe moes hy ’n paar dae in die hospitaal bly
totdat hy so herstel het dat hy weer kon
kinderhuis toe gaan.
In die hospitaal was die dokters en verpleegsters mal oor hom. Hulle het met
hom gesels en gespeel, vir hom speelgoed en eetgoed en lekkers aangedra.
Hy het meer liefde, omgee en aandag daar
in die hospitaal gekry as wat hy nog ooit in
sy hele lewe gekry het!
Nadat hy herstel het, het hulle agtergekom,
het hy kort-kort in die buurt gaan loop,
opsoek na daardie hond - sodat die hond hom tog net weer kan byt en sodat hy net
weer na die hospitaal kon teruggaan!
Daar is mense rondom ons wat met soortgelyke seerplekke en pyne en
worstelstryde sukkel. Onmenslike seer wat net deur die liefde van ’n mede-mens
genees kan word.
Maak jou oë oop vir die seer van ander. Wees sensitief vir ander se versteekte pyn.
En wees bereid om jou wonde vir ander te
wys, wys jou broosheid – sodat ander ook
deur jou wonde genees kan word.
#Die groot oes: Hy stuur ons!
Ons is die Kerk! Dis hoe Sy Ryk deur ons
kan kom! Dis hoe ons ’n verskil kan maak.
Die oes is groot, die arbeiders min. Kom ons
meld aan!
Of dink jy jy is nie goed genoeg nie?
Matteus noem doelbewus die dissipels se
name. Matteus wil dit vir ons onderstreep
– die dissipels was doodgewone mense.
Onthou, Jesus sien in elke mens, nie wat die persoon is nie, maar wat Hy van so iemand
kan maak.
Stel jouself net beskikbaar én kyk wat Hy
met jou kan doen!
William Barclay het mos gesê:
Jesus is looking not so much for
extraordinary men, as for ordinary men who
can do ordinary things extraordinarily well.
Ek is seker Barclay sal nie omgee as mens
‘women’ byvoeg nie.
Jesus is looking not so much for extraordinary men and women, as for
ordinary men and women who can do
ordinary things extraordinarily well.
Kom ek neem William Carey as ʼn voorbeeld.
William Carey was ’n eenvoudige mens met
geen uitsonderlike gawes nie.
Om die waarheid te sê, niks wat hy in sy
lewe aangepak het, was baie suksesvol nie: hy was ’n skoenmaker, ’n onderwyser, ’n
prediker…
Maar Carey het ervaar dat God hom roep
om ’n verskil te maak.
Toe word hy in 1793 ’n sendeling in Indië.
Al was hy ’n een-talent-mens, het hy
daardie een talent daar tot eer van God
gebruik.
Sy talent? Hy kon baie maklik ’n nuwe taal
aanleer. Dit het daartoe gelei dat hy die
Bybel in ses tale vertaal het.
Sy reuse passie vir die sending het gemaak
dat hy vandag bekend staan as die vader
van die moderne sendingbeweging.
Wees oop dat God jou en my ook kan
gebruik. Die oes is groot, die arbeiders min.
Jesus soek nie buitengewone mense nie –
net gewone mense wat gewone dinge met
buitengewone liefde kan doen!
’n Predikant het eendag vir sy gemeente
gevra: “As ons eendag doodgaan en ons
gaan hemel toe, sal ons die Here daar ontmoet. Weet jy wat gaan Hy vir jou vra
wanneer jy deur die hemelpoorte stap?
Weet jy?”
Die gemeente het net hulle koppe geskud.
Nee, hulle het nie geweet nie.
Toe het hy verder gegaan: “Nie hoekom het
jy nie ’n geestelike leier soos Moses geword
nie?
Of selfs nie “Hoekom het jy nie
wonderwerke gedoen soos die Messias nie?”
Ook nie “Hoekom het jy nie ’n geneesmiddel
uitgevind vir die of daardie siekte nie?”
Nee, Hy sal net vra: “Hoekom was jy nie die
beste jy wat jy kon wees nie?! Hoekom het
jy nie jou volle potensiaal bereik nie?”
Mense raak deesdae maklik moedeloos –
Daar is ’n klomp redes waarom mense
moedeloos kan wees...
Nou is die tyd vir ons as Jesusvolgelinge om Sy teenwoordigheid in hierdie wêreld uit te
wys.
Vertel hulle: Jesus gee regtig om vir ons (vs 36). Hy sal nooit jou hand los nie (Joh
10:29). Hy is naby en Hy gee regtig om.
Dit is wat die hele wêreld moet hoor!
Wees die verskil daar waar jy woon.
Dit is nie groot goed wat jy of ek moet doen nie, maar klein dingetjies sodat mense kan
besef in hierdie tyd – met die “social
distancing” en inperking mantras:
God is nie daar vêr nie, Hy is hier by ons. Hy het nie ons hand gelos nie. Hy sal nie jou
hand los nie.
Kom ons doen dit met die hart van Jesus!
11. Gebed
12. Offergawes
Besoek www.ngkerkmelkbosstrand.co.za
as jy wil weet hoe dit werk.
13. Slotlied
Jesus ons loof U
https://youtu.be/I9HzkeNkE4E
14. Seën
15. Die storie agter die Groot Storie
In vandag se teks fokus die skrywer eers op
Jesus (9:35 en 36), dan op die dissipels in
die algemeen (9:37-39) en van 10:1-8 zoom hy in op die 12 apostels – op hulle
name en beroepe.
’n Mens sou dink dat Jesus nie te veel van sy apostels (die enigste keer in die
evangelie wat die dissipels ‘apostels’
genoem word) sou verwag nie. Daar is tog net een Jesus – en Hy kan wonders doen en
genees... Sekerlik sou Hy iets anders van
hulle verwag?
Kyk maar net na die groepie wat Hy gekies
het: die eerste apostel, Petrus, sou Jesus
drie keer verloën en die laaste apostel, Judas, sou Hom verraai. Twee van die
ander was in direkte opposisie teen mekaar
– Matteus was ’n tollenaar wat vir die Romeinse regering gewerk het en Simon die
Kananeër het die Romeinse regering
probeer omvêrwerp.
Maar tog, ten spyte van hierdie klomp
flentermense, gee Jesus aan hulle die
opdrag om die evangelie te verkondig en om mense te genees. Hy stuur hulle nie net
uit met gesag nie, maar gee aan hulle die reg om namens Hom op te tree. Om deur
Jesus gestuur te word, beteken om te doen
wat Jesus gedoen het, om net soos Hy te
wees!
Jesus se bediening op aarde het bestaan uit genesing en prediking, prediking waarmee
Hy hulle wat die Goeie Nuus hoor wou bevry. Sy opdrag aan die twaalf was dus
ook om nie net te verkondig nie, maar om
ook te genees. Sy opdrag aan hulle was
om presies te doen wat Hy gedoen het.
Natuurlik skram ons weg van sulke
vergelykings – uit vrees vir ‘redder-
komplekse’ en selfverheerliking. Nietemin hou Matteus niks terug nie en herinner hy
ons dat ons veronderstel is om Jesus na te
aap en om al meer soos Hy te lyk!
Jesus gee aan sy dissipels die vryheid om
self besluite te neem. Hulle moet self besluit
of dit die moeite werd is om oor te bly of aan te beweeg. Jesus gee nie reëls om in
elke situasie te volg nie, eerder riglyne soos eerlikheid, compassion, geregtigheid en
liefde. Daar waar God se Koninkryk
aanbreek, is daar genesing en bevryding!
Ons is versigtig om deesdae oor demoniese bevryding te praat. Dit is ’n netelige
onderwerp. Dit maak vir die oomblik nie regtig saak hoe jy dit verstaan nie. Al wat
vir die teks belangrik is om te verstaan is dat die meeste mense deur die een of ander
slegte gewoonte gebind word, iets waarvan
hulle nie kan loskom nie, al probeer hulle
ook hoe hard.
As ons dan dink en praat oor bevryding, kan
ons gerus dink aan die bevryding van kragte
wat op ons uitgeoefen word en waarteen ons magteloos worstel en wat ons verhinder
om te lewe in oorvloed.
Die opdrag rakende die Samaritane kan ook vir baie ’n struikelblok wees. Die Matteus-
evangelie stel dit egter konsekwent dat
Jesus aanvanklik die evangelie slegs aan die volk Israel bedien het, voordat dit na die
uithoeke van die wêreld moes gaan. Jesus het in die sinagoges begin en die 12 net na
Israel gestuur. Matteus is egter die eerste
om daarop te wys (in 12:21) dat Jesus hoop vir die heidene – dus vir almal, die hele
wêreld - gebring het.
Die Matteus-evangelie spreek die Kerk direk aan. Matteus nooi sy lesers uit om die
storie van die kerk in te lees in die storie van die dissipels. Net soos die dissipels
word ons ook uitgestuur.
Jesus se bediening het ’n dringendheid
gehad, ons s’n moet ook hê. Jesus se fokus was op die opleiding van dissipels – dit is
waarmee die Kerk ook besig moet wees.
En tog bemoedig Hy hulle (in 10:19-20) met die woorde dat hulle nie bekommerd hoef te
wees oor wat hulle gaan sê nie, die Heilige
Gees sal deur hulle praat. Hy belowe hulle dus, te midde van die vervolging wat op
hulle wag, sal God altyd teenwoordig wees.
Alhoewel ’n mens hier sien hoe Jesus sy dissipels oplei om apostels te wees, aan die
einde van Matteus gee Jesus hulle
instruksies om dissipels te maak!
16. Voorbidding
Laat weet ons asb. indien jy weet van
iemand wat voorbidding nodig het.
Melville du Plessis is Maandag skielik oorlede. Ons dink aan Lydia en die kinders
in hierdie hartseertyd. Sy troosdiens was
reeds Vrydag gewees.
Ons bid vir
- ouers en skoolgaande kinders
- veral ons matrieks
- ons onderwysers en skoolhoofde
17. Ander hulpmiddels
Tuiskategese vir die Kruis4-7’s! (Graad 4-7’s)
https://youtu.be/Y2K5tGwHGjc
wat wil jy vandag bereik?
ons storie: ysbreker (hier en nou)
Ter wille van gemeentes wat gewoond is aan die ritme
van Kontak-kategese, plaas ons in hakies
hoe dit in daardie raamwerk inpas.
Besef egter asb. dat NOUS weggestap het van
Kontak-kategese. NOUS se kategese-model is steeds gebaseer op Groome se model, maar ons het dit verder ontwikkel sodat dit makliker in
gemeentes toegepas kan word.
Gemeentes is welkom om lede
van die NOUS span te nooi
om opleiding rondom hierdie metodiek
te kom aanbied.
GOD se storiewat sê die Bybel (daar en dan)
word stil
Lees Psalm 116:1,2
Hoërskool Kategese
14 Junie 2020
Matteus 9:36-10:8
Jesus is aan die woord.
Wat egter uitstaan is die feit dat Hy so geraak is deur die nood van die mense rondom Hom.
Hulle het behoeftes en Hy stuur Sy vriende uit om hulle te gaan help.
Hoe voel jy daaroor om te dink dat Jesus jou stuur?
Wat dink jy beteken dit om deur Jesus gestuur te word?
Kan jy vertel van ’n keer toe jy gevoel het jy doen dit waar-voor Jesus jou stuur?
As daar tyd is, kan elkeen dit daarna weer op sy/haar eie tyd lees.
Lees Matteus 9:36-10:8
ons nuwe storie na die erediens
gesels dan oor die volgende saam
bid vir mekaarIs daar enige iets waarvoor die groep vir jou kan bid?
Onthou julle nog die ABC van gebed? Aanbidding
“Here, ek aanbid U, want...”
Belydenis “Here, vergewe my vir...”
Voorbidding “Ek bid vandag vir...”
Danksegging “Dankie, vir...”
Eie behoeftes en toewyding
Noem enige iets uit die gedeelte wat jou geraak het. Of enige vrae wat jy nou het. Om deur Jesus gestuur te word is ’n voorreg.
1) WIE: Dit kan ons help om te kyk na wie dit is wat Jesus in hierdie teks uitstuur.
Jesus kies mense soos Petrus - wat Hom sou verloën en Judas wat Hom later sou verraai.
2) WAT: Jesus stuur ons om voort te gaan met die werk wat Hy begin het. (kyk of julle kan sien wat dit alles behels)
3) WAARheen: Ons lees dat Jesus geraak was deur die mense om Hom. Jesus stuur ons na alle mense toe.
Ons maak deel van die arbeiders wat moet help met die oes.
Jesus stuur mense uit wat verskil van mekaar. Elkeen het ’n an-der agtergrond of storie gehad.
Daarom kies Jesus vandag nog mense wat verskil van mekaar. Elkeen van ons is uniek en daarom wil Jesus ons ook verskillend gebruik.
Jesus stuur Sy dissipels uit met riglyne oor hoe hulle moet op-tree, nie reëls nie.
Watter riglyne dink jy stel Jesus voor gebruik ons wanneer Hy ons uitstuur?
Hoe ons nuut, dink, doen en leef in die wêreld rondom ons. Verder en Voor
As julle groep na die erediens bymekaarkom waarin die teks hanteer is
Noem enige iets uit die prediking wat jou geraak het of wat jy nie verstaan nie.
Wat dink julle was die hoofgedagte?
Kan julle dit in een sin opsom?
Ons lees dat Jesus geraak was deur die mense wat Hy gesien het. Mens kan verstaan dat Jesus gevoel het hulle (die mense) het ’n behoefte gehad waarin Hy graag wou voorsien. Dit kon: die boodskap van God se liefde of genesing van siekte of swaarkry wees. Jesus stuur ons. Ons moet kyk om te sien wie ons raak. Wie dink jy het ’n behoefte waaraan jy/julle iets kan doen?
ons nuwe storie ons storie
FAMILIE TUISBLAD
GOD se storie
Rituele en gewoontes
Matteus 9:36-10:8
14 Junie 2020
Hoe voel jy daaroor om te dink dat Jesus jou stuur?
Wat dink jy beteken dit om deur Jesus gestuur te word?
Kan jy vertel van ’n keer toe jy gevoel het jy doen dit waarvoor Jesus jou stuur?
Jesus stuur mense uit wat verskil van mekaar. Elkeen het ’n ander agtergrond of storie gehad.
Daarom kies Jesus vandag nog mense wat verskil van mekaar. Elkeen van ons is uniek en daarom wil Jesus ons ook verskillend gebruik.
Jesus stuur Sy dissipels uit met riglyne oor hoe hulle moet optree, nie reëls nie.
Watter riglyne dink jy stel Jesus voor gebruik ons wanneer Hy ons uitstuur?
Ons lees dat Jesus geraak was deur die mense wat Hy gesien het.
Mens kan verstaan dat Jesus gevoel het hulle (die mense) het ’n behoefte gehad waarin Hy graag wou voorsien.
Dit kon: die boodskap van God se liefde of genesing van siekte of swaarkry wees.
Jesus stuur ons. Ons moet kyk om te sien wie ons raak. Wie dink jy het ’n behoefte waaraan jy/julle iets kan doen?
Om deur Jesus gestuur te word is ’n voorreg.
1) WIE: Dit kan ons help om te kyk na wie dit is wat Jesus in hierdie teks uitstuur.
Jesus kies mense soos Petrus - wat Hom sou verloën en Judas wat Hom later sou verraai.
2) WAT: Jesus stuur ons om voort te gaan met die werk wat Hy begin het. (kyk of julle kan sien wat dit alles behels)
3) WAARheen: Ons lees dat Jesus geraak was deur die mense om Hom. Jesus stuur ons na alle mense toe.
Ons maak deel van die arbeiders wat moet help met die oes.
PRAKTIESE WYSHEID
VIR KLEINGROEPE
word stil
14 Junie 2020
Die taak van ‘n gemeente is in die eerste plek evangelisasie en uitreik. Wat dink julle van hierdie stelling? Watter belangrike les leer ons by Jesus in vers 36? Watter verskil maak dit? Hoe daag dit jou uit? Die 12 wat gekies is vir hierdie taak, was gewone, eenvoudige mense. Wat leer ons daaruit oor Jesus? Wat leer ons daaruit vir onsself? Die Koninkryk van God is naby. Hoe weet ons dit? Hoe sien ons dit raak? Wat verhoed dat ons dit raaksien? Wat moet ons anders doen?
As julle groep na die erediens bymekaarkom waarin die teks hanteer is: As daar tyd is, kan elkeen dit daarna weer op sy/haar eie tyd lees.
Noem enige iets uit die gedeelte wat jou geraak het. Of enige vrae wat jy nou het. Vers 35 is ‘n goeie opsomming van dit wat Jesus kom doen het. Wat is die drie goed wat daarin genoem word? Gesels oor die maniere waarop ons Jesus hierin kan navolg. In die eerste eeuse tyd van Matteus was dit die gebruik dat leermeesters rondgegaan en mense geleer het. Hoe doen ons dit vandag?
Lees Psalm 116: 1-2, 12-19 as ‘n gebed.
Dink na oor maniere om vir die Here dankie te sê vir sy weldade aan jou.
Hoe ons nuut dink, doen en leef in die wêreld rondom ons.
Verder en Voor: Ons is nie almal sendelinge en evangeliste nie, maar ons is almal gestuurdes. Gesels oor die betekenis hiervan.
Beantwoord een van die vrae oor jou week: Hoeveel uit 10 sal jy jou week gee en hoekom? Waarvoor is jy dankbaar en wat was vir jou moeilik? Waar het jy God aan die
werk gesien?
Van al die dinge wat Jesus ons vra om te doen, wat is vir jou die moeilikste?
Matteus 9: 35 – 10: 8
Is daar enige iets waarvoor die groep vir jou kan bid? Dit sal goed wees as julle ’n gebedsjoernaal kan begin waarin julle gebedsversoeke kan neerskryf. Deel enige gebedsverhoring of Godservarings sedert julle mekaar laas gesien het. Hoe en waar het jy die afgelope week vir God beleef?
Dank God daarvoor.
Noem enige iets uit die prediking wat jou geraak het of wat jy nie verstaan nie.
Wat dink julle was die hoofgedagte? Kan julle dit in een sin opsom?
3 STAPPE
‘n 3iG-groep is ‘n saam-glo groep wat deur bid, groei en dien Jesus dieper volg. Drie mense wat kies om saam te bid, saam te luister en saam ons geloof te leef.
2 ANDER Dit is slegs ek en 2 vriende wat ‘n spontane groep vorm. Dit kan egter ook uit meer as drie mense wees: ons familie of vriende of kollegas of mense in die gemeente.
1 GESREK
Ons maak weekliks met mekaar kontak (deur ’n koffie-afspraak of telefonies) rondom die gefokusde saam-gesels van die week. Die leier – wat elke week wissel – sorg dat ons mekaar daardie week sien.
saam groei
saam bid
3iG
’n saam-glo dissipelskap gesprek
saam gesels
saam stap
e
14 JUNIE 2020
Ons vind nie tyd vir gebed nie, ons maak dit.
B.I.D. staan vir: B: Bely teenoor God Wie Hy vir jou is én bely ook jou gesukkel vir Hom. I: Intree vir ander ( bv. Jou 3iG-lede, jou familie, wêreld, ens.). D: Dankie-sê, maak daagliks jou dankie-lys en dank God daarvoor. LEWENS-LEUSE: Bely elke oggend en aand 1 Kor. 9:23 se waarheid: “23Dit alles doen ek ter wille van die evangelie, sodat ek aan die vrug daarvan deel kan hê.”
Matteus skryf sy evangelie aan gelowiges vanuit ’n Joodse agtergrond. Vir Matteus is Jesus die groot Leermeester. Net soos Moses sy lering in vyf boeke gegee het, is Jesus nou die vervulling van al die Ou Testamentiese verwagtings van die Messias en lewer Hy vyf preke of toesprake: die bergpreek (5-7), die uitsendingspreek (10), die koninkryksrede (13), die kerkpreek (18) en die rede oor die eindtyd of profetiese rede (23-25). Matteus laat die kollig volledig op Jesus val as die Koning, die lydende Kneg, volledig mens , maar ook God. Die geslagsregister reg aan die begin beklemtoon die Koningskap van Jesus, maar dat Hy ook God is, Immanuel, God met ons (1:23). Hierdie gedagte word in die middel van die evangelie weer beklemtoon waar Jesus die belofte van sy teenwoordigheid gee aan hulle wat in sy Naam saamkom (18:20) en dit word tot ’n klimaks gevoer in die slotvers waarmee die evangelie met dieselfde gedagte omraam en afgesluit word: “En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld” (28:20). Lees nou ’n gedeelte uit die uitsendingspreek, Matt. 9:35-10:8.
Ons lees nie die Bybel nie, ons laat die Bybel ons lees.
Jesus verwag van ons minder nastaar (admiration) en meer naleef (imitation).
1. Bespreek die beginsel van gestuurdheid soos dit in hierdie gedeelte na vore kom. Wat is die implikasies van gestuurdheid vir die kerk vandag? Vertel ook vir mekaar hoe jy jou rol as gestuurde navolger van Jesus verstaan.
2. Daar is ‘n duidelike ooreenkoms tussen Jesus se bediening (verse 35-36) en die opdrag van Jesus aan die dissipels, hier word hulle “apostels” genoem (verse 6-8). Sou dit, na julle mening, reg wees om te sê dat die apostels nie net deur Jesus
Geloofsgewoonte: Stilte. Met hierdie geloofsgewoonte leer ons om onsself vir God oop te stel en om sonder onderbreking en geraas na God te luister. Lees hieroor 1 Konings 19:12; Openbaring 8:1; Lukas 5:16. . Doen-dinge:
1. Wees vir 10 minute by God – in sy teenwoordigheid, heeltemal stil. Sê: “Here, hier is ek....”
2. Raak stil en dink na oor Ps. 37:4. Wat hoor jy sê die Here God vir jou. Wees stil en wag.
3. Spandeer ’n halwe dag in stilte: slegs die Bybel, geen boeke nie, geen musiek nie,
slegs luister. Wat het jy van God in die tyd van stilte beleef.
Dink-dinge: 1. Lees Openbaring 8:1. Wat, dink jy, het in die tyd van stilte in die hemel gebeur?
2. Waarom vermy jy stiltes? Hoe vul jy dikwels stiltes?
3. Waar en wanneer kan jy meer tyd inruim om stil te word by God?
4. Besluit hoeveel tyd jy in stilte by God gaan spandeer. Dink jy God kan die stilte
gebruik om met jou te praat en jou verhouding met Hom te verinnig?
Eers vorm ons gewoontes en dan vorm die gewoontes ons.
gestuur is nie, maar ook as Jesus gestuur is? Dink hieroor na vir julle gestuur-wees as volgelinge van Jesus: om ook as Jesus gestuur te wees in die omgewing waar julle julle bevind.
3. Kyk weer na die lys van die twaalf dissipels. As in aanmerking geneem word dat die
name wat eerste en laaste genoem word, Petrus en Judas Iskariot, nou nie juis voortreflike, uitblinker-volgelinge van Jesus was nie. Boonop dat Matteus ‘n tollenaar was en aan die kant van die Romeinse owerhede diens gedoen het en die ander Simon, die fanatikus, driftig teen die Romeine gekant was. Nou nie juis ‘n wenspan nie, nie waar nie? Tog stuur Jesus hulle om aan te kondig dat die koninkryk van die hemel naby gekom het. Juis hulle is geroep, gestuur, maar ook getroos. Dink na oor die troos dat Jesus nie volmaakte mense roep, stuur en wil gebruik nie.
4. Probeer vir mekaar die gesindheid verwoord agter Jesus se sending, maar ook dié
van die dissipels se sending, asook iets van die dringendheid van hierdie sending. Hoe spreek dit julle as Jesus-volgelinge aan
5. Na wie toe stuur die Here Jesus julle?