80 jaar van genade junie 2018 - gksa-innesdal.co.za die... · 5 sterkte vir sr salome gillam wie se...

28
Gereformeerde Kerk Innesdal 80 Jaar van Genade JUNIE 2018

Upload: others

Post on 08-Jan-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: 80 Jaar van Genade JUNIE 2018 - gksa-innesdal.co.za Die... · 5 Sterkte vir sr Salome Gillam wie se man ongemak verduur weens gordelroos. Sr Wilma Viljoen het ‘n handoperasie ondergaan

Gereformeerde Kerk Innesdal

80 Jaar van Genade

JUNIE 2018

Page 2: 80 Jaar van Genade JUNIE 2018 - gksa-innesdal.co.za Die... · 5 Sterkte vir sr Salome Gillam wie se man ongemak verduur weens gordelroos. Sr Wilma Viljoen het ‘n handoperasie ondergaan

JAARGANG 9 NOMMER 6: JUNIE 2018

Redaksielede en medewerkers

Naam Telefoon E-posadres

Seakle Godschalk 082 395 7582 [email protected]

Frans du Plessis 082 881 8280 [email protected]

Corrie Pretorius 072 741 7829 [email protected]

Elsa Godschalk 012 335 4810 [email protected]

Medewerkers:

Hermien Söhnge 073 822 9333 [email protected]

Kerkkantoor

Sr Hettie Beetge: [email protected], tel 012 331 1230, faks 086 275 6815

Kantoor is in die huis langs die kerk.

Tye: Maandag (0800-1200), Woensdag (0800-1200) en Vrydag (08:00-13:00)

Webadres: www.gksa-innesdal.co.za

Advertensies Besigheidsadvertensies kos R55 per kwartbladsy of R90 per halfbladsy per uitgawe.

U advertensie sal ook op die webblad geplaas word. Lidmate wat nie-

besigheidsdienste wil adverteer, kan dit gratis onder Klein Advertensies doen.

Bankbesonderhede

Lidmate wat bydraes direk in die kerk se bankrekening wil inbetaal, kan dit doen by

Absa, Tak: Ben Swartstraat, Rekeningnommer 050341801, naam Gereformeerde Kerk

Innesdal (gebruik asb u naam as verwysing vir die inbetaling).

Die Wingerdstok (of wynstok)

“Ek is die ware wynstok, en My Vader is die landbouer. Elke loot wat in My nie vrug

dra nie, neem Hy weg; en elke loot wat vrug dra, dié maak Hy skoon, sodat dit meer

vrug kan dra.”

“Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want

sonder My kan julle niks doen nie.” Joh 15: 1, 2 en 5

Page 3: 80 Jaar van Genade JUNIE 2018 - gksa-innesdal.co.za Die... · 5 Sterkte vir sr Salome Gillam wie se man ongemak verduur weens gordelroos. Sr Wilma Viljoen het ‘n handoperasie ondergaan

1

INHOUDSOPGAWE

1. Van die Redaksie 1

2. Skrifoordenking 2

3. Lief en leed 4

4. Welkom 5

5. Afskeid 5

6. Vanaf die Jeug (Verhoudings Deel 1) 6

7. Jeug Bybelstudie 11

8. Basaar 2018 12

9. Wysigings op die jaarprogram 12

10. Kenmekaar: Chris en Jakkie Human 12

11. Die Hervorming (5): Maarten Luther 14

12. Philippus Jacobus Wilhelmus Schutte (3) 18

13. HIerdie woorde staan geskryf … 27

Van die redaksie

Lidmate wat verkies om Die Wingerdstok per epos te ontvang in

plaas van ‘n hardekopie, word versoek om br Seakle Godschalk

by [email protected] in kennis te stel.

Page 4: 80 Jaar van Genade JUNIE 2018 - gksa-innesdal.co.za Die... · 5 Sterkte vir sr Salome Gillam wie se man ongemak verduur weens gordelroos. Sr Wilma Viljoen het ‘n handoperasie ondergaan

2

OORDENKING

[By opening van die Ope Dag van die Gereformeerde Skool Dirk

Postma op 24 Mei]

Lees: Deuteronomium 6 (spesifiek vers 6 en 7)

Sing: Psalm 1:1+2

Geliefdes in ons Here Jesus Christus,

Gereformeerde onderwys is nie ‘n nuwe ding nie. Dit is nie iets wat

omtrent 30 jaar terug ontstaan het met die oprig van die

Gereformeerde Skool Dirk Postma nie.

Nee, in Deuteronomium 6 lees ons al van gereformeerde onderrig.

Hierdie hoofstuk is net na die herhaling van die 10 gebooie in

Deuteronomium 5. Moses het dit herhaal net voor die volk die

beloofde land ingetrek het. Die 40 jaar in die woestyn was nou

verby, en die Israeliete sou binnekort ‘n nuwe begin kon maak in

die beloofde land.

Wanneer die volk nou die land in besit neem, sal hulle nog steeds

moet voortgaan met hul diens aan God. God sal nog steeds

gedien moet word. Nie net deur hulle nie, maar ook deur hulle

kinders en kleinkinders, dwarsdeur die generasies. Daarom word

hulle opgeroep om hul kinders in die vrees van die HERE op te

voed. Die ouers moes hul kinders dit inskerp, of hulle nou sit, loop,

lê of opstaan. Alles moet deel uitmaak van die verbondskinders se

opvoeding, sodat alles wat God hulle beveel het ook in die

kinders se hart sal wees. ‘n Gelowige nalatenskap van die ouers

moet in die kinders sigbaar wees.

Ons lees byvoorbeeld in Josua 4 hoe daar ‘n monument

bestaande uit 12 klippe opgerig is. Dit is om te gedenk dat die

HERE sy volk deur die Jordaan op droë grond gelei het. In vers 6

en 7 van hierdie hoofstuk lees ons dat hierdie monument gedien

het om aan die kinders te vertel wat die HERE hier gedoen het.

Page 5: 80 Jaar van Genade JUNIE 2018 - gksa-innesdal.co.za Die... · 5 Sterkte vir sr Salome Gillam wie se man ongemak verduur weens gordelroos. Sr Wilma Viljoen het ‘n handoperasie ondergaan

3

God se groot verlossingsdaad aan die volk Israel waarmee Hy aan

hulle die beloofde land geskenk het.

In die Joodse tradisie was dit die gewoonte met Pasga dat die

oudste kind van die gesin die pa gevra het om te vertel hoe die

HERE sy volk uit die slawehuis van Egipteland gelei het. Daarna het

die pa alles van God se werk in die uittog uit Egipte, die tog deur

die Rooisee, die 40 jaar in die woestyn en die inneem van die

beloofde land aan sy kinders vertel. Nog ‘n voorbeeld van

geloofsopvoeding in die Ou Testament.

In die Nuwe Testament het God nog groter verlossingsdade vir

ons, sy kinders gedoen. Christus het deur sy kruisdood ons uit die

slawehuis van die sonde gelei. Daarom moet ons die HERE dien in

alles wat ons doen, sy Woord moet in ons hart wees. Ons kinders

moet met hierdie Woord opgevoed word, hulle moet Bybelse

onderrig kry.

Die huis is die eerste plek waar hierdie onderrig gegee word. Om

die etenstafel onder andere. Op Sondae moet die ouers hul

kinders kerk toe neem, sodat hulle daar ook onderrig kan word. En

deur die week na katkisasie.

Die skool is egter ook ‘n baie belangrike plek vir Bybelse onderrig,

want ‘n groot deel van ‘n kind se lewe bestaan uit skool toe gaan.

By die skool moet hulle (en ek natuurlik ook) opgevoed word in

die vrese van die HERE. Om anders te wees as die wêreld

waarvan ons ook in Deuteronomium 6 lees. Nie agter ander gode

aan te loop soos rykdom, die wetenskap, die wêreld of my eie ek

nie. Hier by die skool leer ons hoe om God te dien. As ons nou sit,

loop, lê of opstaan. Wanneer ons nou Bybel, Kerkgeskiedenis,

Wiskunde, Wetenskap, Afrikaans of Biologie het.

GSDP is nie volmaak nie. Ons moet dit in alle nederigheid erken.

Maar deur die Heilige Gees sal God ons al hoe meer maak soos

wat Hy wil hê ons moet wees. Dit doen Hy deur die Bybel, daarom

is gereformeerde onderwys so belangrik.

Page 6: 80 Jaar van Genade JUNIE 2018 - gksa-innesdal.co.za Die... · 5 Sterkte vir sr Salome Gillam wie se man ongemak verduur weens gordelroos. Sr Wilma Viljoen het ‘n handoperasie ondergaan

4

Dit is nie ‘n nuwe ding wat Dirk Postma doen nie. Nee,

Gereformeerde onderrig is al meer as 3000 jaar terug deur God in

sy Woord ingestel. Want God is so lief vir sy verbondsjeug, in die

doop het hy al na hulle (eintlik ons almal) uitgereik en hierdie

goeie werk wil Hy voortsit.

[Hierdie opening is waargeneem deur Jonathan Boon, ‘n graad 12 leerling

van die Gereformeerde Skool Dirk Postma.]

LIEF EN LEED

Sr Christine Olivier het ‘n groot operasie ondergaan om ‘n gewas

te verwyder.

Baie geluk aan br Robert Smith en sr Monique Brink met hulle

belydenis van geloof op 28 Mei.

Sr Hester Smith se broer is oorlede.

Sr Carol van der Walt se moeder is baie swak en sy versorg haar by

hulle huis.

Sr Mina Booyens se agterkleinkind is al geruime tyd (14 weke) in

die hospital na haar blindederm gebars het. Sy is nog baie swak

maar haar toestand is besig om te verbeter. Daar was ook ‘n

beriggie in die Rekord.

Sr Magriet Steenekamp het geval en haar heup in die potjie

gebreek en is nou permanent in die sorgeenheid by Huis

Ebenhaezer.

Br Gerrie Vermaak moet nou gereeld suurstof gebruik; hy en sr Elsa

Ströh verduur baie pyn en ongerief weens kanker.

Sr Anna de Beer was omtrent drie weke in die bed weens griep.

Ons is bly sy het weer herstel en kon weer kerk toe kom.

Page 7: 80 Jaar van Genade JUNIE 2018 - gksa-innesdal.co.za Die... · 5 Sterkte vir sr Salome Gillam wie se man ongemak verduur weens gordelroos. Sr Wilma Viljoen het ‘n handoperasie ondergaan

5

Sterkte vir sr Salome Gillam wie se man ongemak verduur weens

gordelroos.

Sr Wilma Viljoen het ‘n handoperasie ondergaan en sterk nou tuis

aan.

Br Seakle Godschalk het onlangs by ‘n myn in die Cabo Delgado

provinsie in Mosambiek opleiding aangebied. Die week daarna

het islamitiese terroriste 10 mense in dieselfde provinsie onthoof.

Sr Ina Leuvennink het van ‘n leer geval en beentjies gebreek.

Baie geluk aan sr Andri Viljoen en br Greg Abbott wat verloof

geraak het.

Frans du Plessis

WELKOM

Br Robert Smith en sr Monique Brink het belydenis van geloof

afgelê en is in die gemeenskap van die kerk opgeneem.

Brs William Smith en Werner Joubert is as diakens bevestig. Brs

Louis Buys en Andries Buys is as ouderlinge bevestig. Die broeders

word seën op hul ampswerk toegebid.

Sr Elsie Pienaar het vanaf die GK Meintjeskop by ons aangesluit.

AFSKEID

Br Gerrie Vermaak het losmaking uit die amp van ouderling

ontvang.

Br Pierré Buys het na die GK Oranjerivier vertrek.

Page 8: 80 Jaar van Genade JUNIE 2018 - gksa-innesdal.co.za Die... · 5 Sterkte vir sr Salome Gillam wie se man ongemak verduur weens gordelroos. Sr Wilma Viljoen het ‘n handoperasie ondergaan

6

Vanaf die Jeug

Verhoudings – Deel 1

“Laat Niemand jou jonkheid verag nie, maar wees’n voorbeeld vir

die gelowiges in die woord, in wandel, in liefde, in gees, in geloof,

in reinheid.” – ( 1Tim 4:12)

Hierdie was die tema van die Wonderjeugkamp wat sommige van

die jeug so ‘n maand of twee gelede bygewoon het. Uit

verskillende kerke het sowat 70 jongmense by “Die Hoekie”

bymekaar gekom vir ‘n naweek om meer te leer oor verhoudings

en hoe die Bybel jou grondlegging van enige verhouding is. Of dit

nou ‘n liefdesverhouding is met jou kêrel/meisie, of jou verhouding

met jou ouers, vriende, familie. Hierdie is ‘n tema waaroor die jeug

nie graag praat nie, wat onderlangs as n ekstra gedagte beskou

word en meer uit ‘n wêreldse oogpunt bekyk word in plaas van ‘n

Bybelse oogpunt.

Die begeerte om by iemand spesiaals

te wees—en om by iemand te wees

wat dink dat jy spesiaal is—kan

ongelooflik sterk wees. “Die

begeerte om ’n meisie te hê, word

elke dag sterker, en dit is so moeilik

om te hanteer!” sê een tienerseun.

Sommige begin reeds op ’n vroeë

ouderdom verhoudings aanknoop.

’n Opname wat deur die tydskrif Time

gedoen is, het byvoorbeeld getoon dat

25 persent van die 13-jariges alreeds met iemand “uitgaan of in ’n

verhouding is”. Dink jy dat hulle gereed was daarvoor? Is jy

gereed om met iemand uit te gaan? Om dit te beantwoord,

moet ons eers kyk na ’n eenvoudiger vraag.

Page 9: 80 Jaar van Genade JUNIE 2018 - gksa-innesdal.co.za Die... · 5 Sterkte vir sr Salome Gillam wie se man ongemak verduur weens gordelroos. Sr Wilma Viljoen het ‘n handoperasie ondergaan

7

Hoekom wil ek ‘n verhouding aanknoop?

Om met iemand uit te gaan, word in baie kulture beskou as ’n

aanvaarbare manier waarop twee mense mekaar beter kan leer

ken. Maar sulke verhoudings behoort ’n edele doel te hê—om ’n

jong man en vrou te help om uit te vind of hulle geskikte

huweliksmaats vir mekaar sal wees. Waarom?

Die Bybel gebruik die uitdrukking “bloei van die jeug” om die

tydperk te beskryf wanneer seksuele drange en romantiese

gevoelens sterk word (1 Korintiërs 7:36). As ’n mens baie assosieer

met een spesifieke persoon van die teenoorgestelde geslag terwyl

jy nog in “die bloei van die jeug” is, kan dit hierdie begeertes

aanwakker en maak dat jy op die harde manier die wysheid leer

van Galasiërs 6:7: “Wat ’n mens saai, dit sal hy ook maai.”

Dalk het van jou portuurs verhoudings al is hulle glad nie van plan

om te trou nie. Hulle beskou hulle vriend van die teenoorgestelde

geslag miskien bloot as ’n trofee of ’n bykomstigheid met wie hulle

in die openbaar gesien wil word om hulle selfbeeld ’n hupstootjie

te gee. Om so met iemand se gevoelens te speel, is gemeen, en

dit is nie verbasend dat sulke verhoudings dikwels van korte duur is

nie. “Baie jongmense wat uitgaan, verbreek ’n week of twee later

weer die verhouding”, sê ’n jong meisie met die naam Heather.

“Hulle begin verhoudings as iets tydeliks beskou—wat hulle in

sekere sin eerder vir ’n egskeiding as vir die huwelik voorberei.”

Om net vir die pret af te paar of met iemand uit te gaan net om

te kan sê dat jy ’n kêrel of ’n meisie het, kan maklik tot gekwetste

gevoelens lei. Neem byvoorbeeld Eric, wat op 18-jarige

ouderdom heel onskuldig met ’n meisie ’n verhouding gehad het

wat volgens hom net ’n hegte vriendskap was. Toe besef hy dat

die vriendskap vir haar meer beteken. “Sjoe! Ek was baie verbaas

om te sien hoe vinnig sy ernstig geword het”, sê Eric. “Ek het regtig

gedink ons is net vriende!”

Dit is natuurlik nie verkeerd om in groepsituasies waar daar

gepaste toesig is, met persone van die teenoorgestelde geslag te

assosieer nie. Maar dit is beter om te wag totdat jy verby die bloei

Page 10: 80 Jaar van Genade JUNIE 2018 - gksa-innesdal.co.za Die... · 5 Sterkte vir sr Salome Gillam wie se man ongemak verduur weens gordelroos. Sr Wilma Viljoen het ‘n handoperasie ondergaan

8

van die jeug is en jy in ’n posisie is om ernstig aan trou te dink

voordat jy met iemand begin uitgaan. Dit is wat ’n jong meisie

met die naam Chelsea besef het. “’n Deel van my wil sê dat

verhoudings net vir die pret moet wees”, erken sy, “maar dit is

glad nie pret wanneer een persoon dit ernstig opneem en die

ander nie.”

Is ek/ons al volwasse genoeg om ‘n verhouding te begin?

▪ Op watter ouderdom dink jy is dit gepas vir ’n jongmens om ’n

verhouding te hê? ․․․․․

▪ Vra nou een of albei van jou ouers dieselfde vraag, en vul hulle

antwoord in. ․․․․․

Die eerste syfer wat jy neergeskryf het, is waarskynlik laer as die

tweede. Of dalk nie! Jy is dalk een van die talle jongmense wat

verhoudings wyslik uitstel totdat hulle oud genoeg is om hulleself

beter te ken. Dit is wat ’n jong Christen met die naam Sondra

besluit het om te doen, selfs al is sy volgens die wet oud genoeg

om te trou. Sondra sê: “As ’n mens met iemand uitgaan, wil jy hê

dat hy jou moet leer ken. Maar hoe kan jy verwag dat iemand

anders jou moet leer ken, as jy jouself nie ken nie?”

Danielle, 17, voel dieselfde. Sy sê: “As ek dink aan wat ek twee

jaar gelede in ’n potensiële maat sou gesoek het, verskil dit

hemelsbreed van waarna ek nou sal soek. Om die waarheid te sê,

vertrou ek myself nie eens op hierdie stadium om so ’n besluit te

neem nie. Eers wanneer ek voel dat my persoonlikheid ’n paar

jaar lank stabiel was, sal ek daaraan dink om ’n verhouding aan

te knoop.”

Dit is ongelooflik belangrik en ek kan dit nie genoeg beklemtoon

nie: JY MOET EERS JOUSELF KEN. Jy kan nie en sal nie ‘n gesonde

verhouding kan hê as jy jouself nie ken nie. Dan kry jy mense wat

sê dat hulle mekaar sal ondersteun en mekaar sal help om hulle

self te leer ken. Dit is bitter gevaarlik. Jy kan nie iemand anders

leer ken as jy nie eers jouself ken nie, en iemand anders kan ook

nie vir jou sê wie jy is nie. Wanneer jy jouself ken, sal jy jou

verhouding met God kan verbeter en wanneer jou verhouding

Page 11: 80 Jaar van Genade JUNIE 2018 - gksa-innesdal.co.za Die... · 5 Sterkte vir sr Salome Gillam wie se man ongemak verduur weens gordelroos. Sr Wilma Viljoen het ‘n handoperasie ondergaan

9

met God reg is, dan sal Hy jou help om die perfekte lewensmaat

te kies en om hom/haar te leer ken deur die wil en Woord van

God.

“Ek voel soms jaloers op paartjies wat uitgaan—selfs op getroude

paartjies. Maar ’n mens gaan nie met iemand uit net vir die pret

nie. As jy dit doen, is jy besig om met iemand se hart te speel. Ek

dink dat die doel van ’n verhouding is om uit te vind of iemand

werklik die persoon is met wie jy wil trou.”—Blaine, 17.

“Ek dink nie dat ’n mens met seuns moet uitgaan net om te ‘oefen’

vir wanneer jy iemand ontmoet van wie jy werklik hou nie. Dit sal

net seergemaakte gevoelens veroorsaak.”—Chelsea, 17.

“Ek dink regtig dat ’n mens oud genoeg moet wees om te trou

voordat jy begin uitgaan. Anders sal dit wees asof jy na ’n

onderhoud gaan vir ’n voltydse werk terwyl jy nog op skool is en

glad nie van plan is om die werk te aanvaar nie.”—Sondra, 21.

Aangesien ’n verhouding ’n trapklip is wat na die huwelik lei, sal

dit verstandig wees om jou af te vra of jy die verantwoordelikheid

van die getroude lewe—of selfs van vader- of moederskap—kan

dra. Hoe weet ’n mens of jy gereed is daarvoor? Kyk na die

volgende.

▪ Verhoudings. Hoe behandel jy jou ouers en jou broers en susters?

Verloor jy dikwels jou selfbeheersing met hulle, en gebruik jy dalk

kwetsende of sarkastiese woorde om ’n punt te maak? Wat sal

hulle oor jou sê in hierdie verband? Hoe jy teenoor gesinslede

optree, is ’n aanduiding van hoe jy ’n huweliksmaat sal behandel.

(Efesiërs 4:31, 32).

▪ Finansies. Hoe goed werk jy met geld? Is jy altyd in die skuld?

Kan jy ’n werk behou? Indien nie, waarom nie? Is dit as gevolg

van die werk? Of die werkgewer? Of is dit omdat jy die een of

ander ongewenste eienskap het? As jy nie jou eie finansies

verantwoordelik kan behartig nie, hoe sal jy dit vir ’n gesin kan

doen? (1 Timoteus 5:8).

Page 12: 80 Jaar van Genade JUNIE 2018 - gksa-innesdal.co.za Die... · 5 Sterkte vir sr Salome Gillam wie se man ongemak verduur weens gordelroos. Sr Wilma Viljoen het ‘n handoperasie ondergaan

10

▪ Geestelikheid. As jy een van Jehovah se Getuies is, watter

geestelike eienskappe het jy? Neem jy die inisiatief om God se

Woord te lees, om in die bediening uit te gaan en om aan

Christelike vergaderings deel te neem? As jy nie jou eie

geestelikheid in stand hou nie, hoe sal jy ’n huweliksmaat kan

aanmoedig om dit te doen? (2 Korintiërs 13:5).

Dit is maar net ’n paar van die dinge wat jy in ag moet neem as jy

dit oorweeg om ’n verhouding aan te knoop en te trou. Intussen

kan jy in gepaste groepsituasies met persone van die

teenoorgestelde geslag assosieer. As jy later besluit om met

iemand uit te gaan, sal jy ’n beter idee hê van wie jy is en wat jy in

’n lewenslange huweliksmaat nodig het.

Hier volg nog vrae wat gereeld gevra word. Ek gaan elkeen nog

beantwoord in die komende publikasies.

● Ken ek hom/haar goed genoeg as vriend om die verhouding

verder te vat?

● Is dit wys om nou ‘n verhouding aan te knoop?

● Hoe gaan so ‘n verhouding my lewe, vriende, studies en werk

beïnvloed?

● Wat gaan ek/ons doen om die verhouding God-gesentreerd te

hou?

● Hoe gaan ek/ons konflik in die verhouding hanteer?

● Hoe gaan ek maak as die verhouding op die rotse loop?

● Wat gaan ek/ons doen om God te soek, en in God te groei deur

die verhouding?

(word vervolg)

Johan Reesink (Jeugkommissie)

Page 13: 80 Jaar van Genade JUNIE 2018 - gksa-innesdal.co.za Die... · 5 Sterkte vir sr Salome Gillam wie se man ongemak verduur weens gordelroos. Sr Wilma Viljoen het ‘n handoperasie ondergaan

11

Jeug Bybelstudie

Ons het aan die begin van die jaar goed afgeskop met ‘n lekker

klompie jeug wat die Bybelstudie bywoon. Ons het begin met

Matteus 1 en deur die jaar goed gevorder. Ons het by Matteus 6

vir ‘n week of twee stilgestaan om die Onse Vader in diepte te

bespreek en te ontleed wat elke bede vir ons beteken en hoe ons

dit moet gebruik in ons ander gebede. Ons het tot die besef

gekom dat niemand van ons eintlik genoeg bid nie. Ons sien dit

as net ‘n “byvoordeel”. Die Gebed wat Jesus Christus vir ons leer

in Matteus 6 is ‘n goeie riglyn vir hoe ons gebede moet lyk, Dit is

amper soos ‘n formule wat vir ons gegee is van hoe ons gebede

moet lyk en ingerig moet word. Ons moet seker maak dat ons van

jonks af reg leer om te bid sodat ons eendag ons huisgesin reg

kan lei in Woord en Gees.

Die Jeug Bybelstudie is Woensdag-aande 18:30 in die konsistorie.

Die groep bestaan uit Jeug vanaf 13 jaar oud tot student. Ons

begin die aand met Bybelstudie waarna ons saam lekker koffie

drink en kuier waarna almal weer verdaag. Ons probeer

gewoonlik so ‘n hoofstuk per aand te behandel. Ek self lei die

Bybelstudie wat die jongmense geleentheid gee om makliker vrae

te vra oor dinge wat hulle nie verstaan nie. Dit is baie maklik om

onder mekaar oor sekere dinge te praat as ons almal min of meer

dieselfde ouderdom is. Vir my persoonlik is Bybelstudie ‘n

ongelooflike belangrike punt omdat dit ‘n geleentheid is waar ons

as gelowiges bymekaar kan kom en Die Woord van God, Die een

vir wie ons lewe en werk, te kan bespreek en hoe ons Sy Woord

kan gebruik in ons daaglikse lewe. Daarom wil ek vra dat die

ouers hul kinders aanmoedig om wel Bybelstudie toe te kom. Ons

is huidiglik gemiddeld 7 jongmense wat gereeld die Bybelstudie

bywoon, maar ek is seker daar is baie meer as sewe jeuglidmate

in die gemeente.

Kom woon Bybelstudie by en leer meer van God en jou naaste.

Groete

Johan Reesink (Jeugkommissie)

Page 14: 80 Jaar van Genade JUNIE 2018 - gksa-innesdal.co.za Die... · 5 Sterkte vir sr Salome Gillam wie se man ongemak verduur weens gordelroos. Sr Wilma Viljoen het ‘n handoperasie ondergaan

12

Basaar 2018

Dankie aan almal wat hard gewerk het om die basaar ‘n sukses te

maak. Ons weet daar is maande voor die tyd al naaldwerk

gedoen en weke se gebak om te verkoop. Ook aan almal wat

kaartjies verkoop het vir die ontbyt.

WYSIGINGS OP JAARPROGRAM

Br Werner Joubert het na 19de Laan 682 verhuis. Sy nuwe

selnommer is 082 897 3533. Hy is nou wyk 7 ingedeel.

Br Jaco en sr Vennessa Ströh is terug van Vanderbijlpark en bly

nou in Afonsowoonstelle 306, h/v 30ste Laan en Hertzogstraat,

Villieria, 0186. Selnommers: 082 641 7617 en 084 215 7477.

E-posadres: [email protected]

Br Frans Spang se nuwe selnommer is 083 653 5367.

Br Tobie le Roux se nuwe selnommer is 072 546 8453.

Nuwe lidmate:

Br Robert Smith, Suikerbekkiestraat 70, Jan Niemandpark, 0186.

Selnommer: 071 474 1646. E-posadres: [email protected]

(Wyk 09)

Sr Dominique Brink, Suikerbekkiestraat 70, Jan Niemandpark, 0186.

Selnommer 076 411 5970 (Wyk 09)

KEN MEKAAR: CHRIS EN JAKKIE HUMAN

Br Chris en sr Jakkie is reeds sedert Oktober 1975, dit wil sê byna 43

jaar, lidmate van die GK Innesdal. Voordat hulle by hierdie

Page 15: 80 Jaar van Genade JUNIE 2018 - gksa-innesdal.co.za Die... · 5 Sterkte vir sr Salome Gillam wie se man ongemak verduur weens gordelroos. Sr Wilma Viljoen het ‘n handoperasie ondergaan

13

gemeente ingeskakel het, was hulle vir 'n jaar en sewe maande

lidmate van die GK Pretoria.

Br Chris is in Qua Qua in die voormalige Rhodesië gebore en het

op sesjarige ouderdom saam met sy ouers na Pretoria verhuis

waar hy grootgeword en skool gegaan het. Sr Jakkie is in Pretoria

gebore en getoë. Gedurende 1973 het br Chris een aand saam

met 'n ander meisie en sr Jakkie se suster vir die aand uitgegaan.

Sy oog het sr Jakkie daardie aand gevang en het hy haar kort

daarna gekontak. In Augustus 1973 het hulle begin uitgaan. Br

Chris het nie gras onder sy voete laat groei nie en sommer

spoedig die ja-woord gevra. In Desember 1973 het hulle verloof

geraak en in Februarie 1974 het die huweliksklokke gelui, dit wil sê

binne ses maande na die eerste onmoeting. Uit die huwelik is

twee dogters gebore, naamlik Marisa in Augustus 1977 en Nadine

in Augustus 1985. Albei is hier gedoop en het ook hier Belydenis

van Geloof afgelê. Dit was egter met groot hartseer toe Nadine

onverwags een middag in Junie 2009 oppad huistoe na werk, met

'n bus wat vir 'n voertuig uitgeswaai het, in 'n kop aan kop botsing

betrokke was en op die toneel oorlede is. Met die krag van die

Heilige Gees, hulle sterk geloof en met die meelewing van die

gemeente, hulle vriende en familie, is hulle deur hierdie moelike

tyd gedra en kon hulle berusting vind.

Br Chris is 'n gekwalifiseerde Tegnikus Passer en was baie jare in

diens van die destydse S A Spoorweë. Na sy aftrede het hy 'n pos

by Rovos Rail aanvaar waar hy steeds werksaam is. Sy werk is sy

passie en daar is nie tyd vir ander stokperdjies nie. Gedurende

verlede jaar het hy 'n nare ondervinding gehad toe hy op die

perseel van Rovos Rail in Capital Park, terwyl hulle besig was om ‘n

hoop planke te verskuif, deur 'n Mosambiekse Kobra skrams op

die voorarm gepik is. Danksy vinnige optrede en behandeling het

hy spoedig herstel en was daar geen nagevolge nie. Br Chris het

reeds verskeie termyne in die amp van diaken gedien en is

onlangs na 'n tyd van rus, weer in die amp van diaken bevestig.

Sr Jakkie was van Desember 1972 tot Februarie 1985 by die

destydse Stadsraad van Pretoria as Kassiere en die Afdeling

Mikrofilm werksaam. Gedurende Maart 1985 het sy 'n pos by

Page 16: 80 Jaar van Genade JUNIE 2018 - gksa-innesdal.co.za Die... · 5 Sterkte vir sr Salome Gillam wie se man ongemak verduur weens gordelroos. Sr Wilma Viljoen het ‘n handoperasie ondergaan

14

Nasionale Intelligensie aanvaar waar sy tot en met haar aftrede

gedurende Januarie 2015 werksaam was. Na haar aftrede het sy

haar ouers wat by hulle in 'n woonstel gewoon het en wie se

gesondheid nie meer na wense was nie versorg. Haar moeder is

verlede jaar oorlede. Tans versorg sy haar vader wie se

gesondheid ook versleg het en nou by hulle in die huis woon.

Jakkie hou haar verder besig met naaldwerk, brei, hekel en

borduur. Haar grootste stokperdjie is egter voëlkyk. Sy het na haar

aftrede ook weer by die susters ingeskakel, is as wyksuster verkies

en help waar sy kan.

Oudl Thys Olivier

DIE HERVORMING (5): MAARTEN LUTHER

Die begin van die Hervorming word gewoonlik vereenselwig met

Maarten Luther wat op 31 Oktober 1517 sy 95 stellinge op die

kerkdeur van die Slotkerk in Wittenberg vasgespyker het.

Wie was Maarten Luther? En hoekom het hy sy stellinge op die

kerkdeur vasgespyker?

Maarten Luther word op 10 November 1483 in Eisleben, Duitsland

gebore. Sy ouers was Hans Luther, ‘n eenvoudige mynwerker, en

Margaretha Lindemann. Omdat dit die volgende dag (11

November) St Maarten’s dag was, word die baba Maarten

genoem. Hy gaan skool in Mansfeld en Maagdeburg. In 1501 skryf

hy in by die Universiteit van Erfurt en begin regte studeer. In 1505

behaal hy sy MA graad.

In 1503, op 20-jarige leeftyd maak hy vir die eerste keer kennis met

die volledige Bybel. Op 20 Junie 1505 is hy op pad van Mansfeld

na Erfurt. Hy word deur ‘n verskriklike donderstorm oorval en word

so bang dat hy uitroep: “Help my, Heilige Anna, ek wil monnik

word”. Wanneer hy behoue in Erfurt aankom, besluit hy dat hy sy

belofte moet nakom. Hy staak sy studie in die regte, teen sy vader

se wense, en meld op 17 Julie aan by die Augustyner klooster in

Erfurt. Hier is hy deel van ‘n streng leefwyse – selfkastyding, vas,

Page 17: 80 Jaar van Genade JUNIE 2018 - gksa-innesdal.co.za Die... · 5 Sterkte vir sr Salome Gillam wie se man ongemak verduur weens gordelroos. Sr Wilma Viljoen het ‘n handoperasie ondergaan

15

boetedoening, bid en Bybel lees. In 1507 word hy tot priester

gewy. In 1508 word hy deur die klooster na die Universiteit in

Wittenberg oorgeplaas om verder in teologie te studeer. In 1509

behaal hy sy Baccaleureus in Teologie. In Oktober 1512 behaal hy

sy doktorsgraad in teologie en word hy aangestel as professor in

Teologie aan die Universiteit van Wittenberg. Hier doseer hy

teologie aan studente maar preek ook baie.

In 1510 gaan hy op ‘n sending na Rome om te probeer om ‘n

geskil vir die klooster in Erfurt op te los. Daar word hy gekonfronteer

met afskuwelike wanpraktyke in die Roomse Kerk. Hy keer uiters

teleurgesteld terug. Luther worstel baie met die vraag hoe hy

geregverdig kan word. Tydens voorbereiding van ‘n les oor

Romeine 1 kom Luther uiteindelik tot die insig: “Maar die

regverdige sal uit die geloof lewe” (Rom 1: 17). Uiteindelik besef hy

dat die mens self niks kan bydra tot sy saligheid nie – al sy

selfkastyding was verniet! Hierdie insig het hy waarskynlik in

1511/12 bereik. Luther begin hierdie insig dieper ontwikkel en aan

sy studente leer.

In 1517 keur Pous Leo X goed dat aflaatbriewe in Europa verkoop

word om fondse vir verder bouwerk aan die St Pieterskerk in Rome

in te samel. In Duitsland staan hy toe dat die aartsbiskop van

Mainz 50% van die opkoms uit die aflaathandel kan hou om sy

groot skuld by die bankiershuis Fugger af te betaal wat hy

aangegaan het om sy hoë kerklike posisie te koop (‘n klassieke

voorbeeld van simonie). Die hoofagent vir die aflaathandel in die

omgewing van Wittenberg was ene monnik Johan Tetsel. Mense

kon aflaatbriewe koop om nie net die straf op hul sondes te

betaal nie maar ook om die skuld te laat weggaan. Met die

aankoop van ‘n aflaatbrief is die tydperk wat ‘n afgestorwene in

die vagevuur sou deurbring verminder – so het Tetsel die mense

laat glo. Hy het goed geld gemaak.

Luther het die gevolge van die aflaathandel in sy bieghokkie

agtergekom. Baie gelowiges het gereken dat hulle – nadat hulle

aflaatbriewe gekoop het – nie meer vergewing of bekering nodig

het nie. Luther het geweldig aanstoot aan hierdie aflaathandel

geneem. Luther besluit om geleerdes uit sy omgewing tot ‘n

Page 18: 80 Jaar van Genade JUNIE 2018 - gksa-innesdal.co.za Die... · 5 Sterkte vir sr Salome Gillam wie se man ongemak verduur weens gordelroos. Sr Wilma Viljoen het ‘n handoperasie ondergaan

16

akademiese teologiese twisgesprek (dispuut) uit te nooi – ‘n

algemene praktyk in daardie dae. Vir daardie doel stel hy 95

stellinge op (wat hoofsaaklik oor die aflaat en die

gepaardgaande onderwerp van boetedoening handel – soos

wat ons in die Oktober 2017 uitgawe van Die Wingerdstok kon

sien). Hy spyker daardie 95 stellinge aan die deur van die Slotkerk

in Wittenburg – in Latyn, die taal van teologiese debat. Die

volgende dag – 1 November – was dit die Allerheilige-fees. Luther

het gereken dat almal kerk toe kom en die stellinge sou kon lees,

ook die geleerdes wat hy tot die gesprek wou nooi. Die

twisgesprek het nooit plaasgevind nie, maar sy studente het die

stellinge uit Latyn in Duits vertaal. Dit het soos ‘n veldbrand binne

enkele weke oor die hele Duitsland versprei.

Pous Leo X steur hom aanvanklik nie aan hierdie “monnikketwis”

nie. In 1518 stuur hy kardinaal Cajetanus na Augsburg om die saak

te ondersoek. Luther word na Rome ontbied maar hy gaan nie. In

hierdie tydperk groei Luther se oortuigings. Waar hy hom

aanvanklik teen verkeerde gebruik van aflate uitgelaat het, keur

hy later alle gebruik van aflate af. Hy kom ook tot die besef dat

die pous se hoofskap van die kerk Christus se hoofskap ontken. Hy

begin nou boeke skryf om sy insigte te deel. Hy verdedig sy

standpunte verskeie kere in Duitsland. In 1520 reik die pous ‘n bul

uit waarin 41 uitsprake van Luther as ketterse leer bestempel word.

Luther kry 60 dae om sy uitsprake te herroep. In plaas daarvan

verbrand Luther saam met sy studente op 10 Desember 1520 die

bul en skryf “Teen die vervloekte bul van die antichris”. Op 3

Januarie 1521 reik die pous ‘n banbul teen Luther uit wat hom nou

as ketter en per definisie voëlvry verklaar.

Maar Luther het baie vriende in Duitsland. Hy word opgeroep om

op 15 April 1521 voor keiser Karel V by die ryksdag te Worms te

verskyn. Sy vriende raai hom af om te gaan, maar Luther besluit

om wel te gaan. Hy ontvang ‘n belofte van vrygeleide. By die

ryksdag word hy dringend gevra om sy standpunte te herroep. Hy

antwoord: “Ek kan en wil niks herroep nie, tensy dit my uit die

Heilige Skrif bewys word dat ek gedwaal het, want dit is nie

raadsaam om iets teen die gewete te doen nie. Hier staan ek, ek

kan nie anders nie! Mag God my help – Amen!”. Op 8 Mei word

Page 19: 80 Jaar van Genade JUNIE 2018 - gksa-innesdal.co.za Die... · 5 Sterkte vir sr Salome Gillam wie se man ongemak verduur weens gordelroos. Sr Wilma Viljoen het ‘n handoperasie ondergaan

17

die Edik van Worms uitgereik waarin Maarten Luther as ketter

verklaar word en waarin sy boeke verban word.

Op 26 April, onder die vrygeleide wat die keiser hom belowe het,

begin hy sy terugreis vanaf Worms. Op pad word hy ontvoer. Dit

blyk later dat dit ‘n groep bevriende edelmanne is wat hom in

opdrag van sy vriend, keurvors Frederik die Wyse, na die kasteel

Wartburg neem waar hy onder die skuilnaam Jonker Jörg 10

maande bly. Hier vertaal hy die Nuwe Testament uit Grieks in Duits

– tot vandag toe word hierdie vertaling nog gebruik. In 1522 keer

Luther weer terug na Wittenberg. In hierdie tyd breek daar ‘n

gewelddadige beeldestorm teen roomse eiendom uit, gevolg

deur ‘n boere-opstand in 1525, veral aangevuur deur radikale

wederdopers. Luther spreek hom sterk teen hierdie wanpraktyke

uit. Hy dig ook die baie bekende “‘n Vaste Burg is onse God”, wat

op Psalm 46 gebaseer is.

In 1526 word besluit dat elkeen mag handel “soos hy dit teenor

God en die keiserlike majesteit kan verantwoord”. Hierdie besluit

word in 1529 op die ryksdag van Spiers herroep. Die vorste wat die

Hervorming aanhang, protesteer hierteen. Van daar af word hulle

Protestante genoem.

In 1524 beëindig Luther sy monnikelewe en die jaar daarna trou

het met Katherina van Bora. Hulle was 21 jaar getroud. Hulle het

‘n baie vreugdevolle gesinslewe ervaar waaran sang ‘n groot

deel uitgemaak het. Hy is baie produktief, vertaal die hele Bybel in

Duits, berym die psalms in Duits, skryf ‘n kategismus, dig verskeie

geestelike liedere en tref reëlings vir die liturgie. Op 18 Februarie

1546 sterf Luther en word in die Slotkerk in Wittenburg begrawe.

Luther was die baanbreker van die Hervorming, maar het in

verskeie opsigte nog nie die volle pad gestap nie; van alle

hervormers het Luther nog die naaste aan die roomse kerk en leer

gebly.

Hy hou vas aan baie roomse gebruike soos byvoorbeeld

beelde, kerse, altare, priestergewaad, en bieg.

Ten opsigte van kerkregering het hy die staat baie gesag

gegee.

Page 20: 80 Jaar van Genade JUNIE 2018 - gksa-innesdal.co.za Die... · 5 Sterkte vir sr Salome Gillam wie se man ongemak verduur weens gordelroos. Sr Wilma Viljoen het ‘n handoperasie ondergaan

18

Ten opsigte van die nagmaal het hy die leer van

Konsubstansiasie geleer – Christus sou in, met en onder die

tekens van brood en wyn teenwoordig wees.

Hy het veral gefokus op die redding van die mens, maar die

soewereiniteit van God oor die hele lewe het nog nie tot sy

volle reg gekom nie.

Die Here het ons in Maarten Luther ‘n baanbreker gegee wat met

die roomse kerk en leer begin breek het. Dit het die grond

gebaan vir ander hervormers in die Lutherse tradisie. Die

bekendstes van hulle was Huldrich Zwingli, Heinrich Bullinger en

Zwingli se opvolger in Zurich, Maarten Bucer – wat almal in

Switserland gewerk het. Laasgenoemde het ‘n invloed op

Johannes Calvyn uitgeoefen. Meer oor Calvyn in die volgende

artikel.

(word vervolg)

br Seakle Godschalk

Philippus Jacobus Wilhelmus Schutte (3)

Min wetende van die geboorte van ‘n seuntjie op 29 November

1805 op die plaas Zwarte Water Poort (Swartewaterspoort) in die

distrik Uitenhage, met die pragtige uitsig oor die hange van die

Grootwinterhoekberge, het die geestelike kerkleiers van daardie

tyd steeds voortgeploeter om die naam van die stoere

Gereformeerde Kerk te ondermyn met geskokte remonstrantse

optredes. Die seuntjie is ongeveer ‘n jaar later op 2 November

1806 in Kaapstad gedoop en hier het sy pa Philippus en ma Aletta

die doopbelofte beaam en sy naam Philippus Jacobus Wilhelmus

Schutte is hardop voor die gemeente in Kaapstad uitgespreek. Hy

is in die Naam van God die Vader, God die Seun en God die

Heilige Gees gedoop. God se belofte by sy doop het ook vir hom

waar geword … God se genadeverbond is ook met hom opgerig,

die vergifnis van sondes, die volle som, is ook vir hom bedoel

gewees en hy is ook God se eiendom gemaak ter wille van

Christus. Die gebed by sy doop het voor God ‘n lieflike geur

Page 21: 80 Jaar van Genade JUNIE 2018 - gksa-innesdal.co.za Die... · 5 Sterkte vir sr Salome Gillam wie se man ongemak verduur weens gordelroos. Sr Wilma Viljoen het ‘n handoperasie ondergaan

19

geword – hy het God daagliks nagevolg, sy kruis het hy blymoedig

gedra, Christus aangehang met ‘n opregte geloof, vaste hoop en

vurige liefde … hy het in sy aardse lewe, ook soos al sy

voorgangers, ‘n voortdurende sterwe beleef, maar is tog getroos,

veral in sy laaste uur op sy sterfbed, met die wete dat hy sonder

verskrikking voor die regterstoel van Christus mag verskyn. Sy pa

en ma het JA gesê, want Christus het lank terug en lank vooruit Sy

gelofte voor God die Vader betaal … Ek wil dat U hulle wat U My

gegee het, saam met My sal wees, sodat hulle My heerlikheid kan

aanskou wat U My gegee het, omdat U My liefgehad het voor die

grondlegging van die wêreld … (Joh. 17:24)

Ons sing nog elke dag uit die Psalms van hierdie beloftes van God

– hoor ons dit nog weerklink in ons ore en weergalm dit nog oor

die berge van ons land:

U sal my siel nie oorgee in die dood,

my pad buig op langs skone heuwelrye.

U sal nie toelaat dat U gunsgenoot

verderwing sien in donker doodsvalleie.

By U is ewig vreugde- en volle vrede,

en in u hand ‘n snoer van lieflikhede. (Psalm 16:5)

Daar was volle vreugde en vrede by PJW Schutte gewees – hy het

Jesus Christus se ideale vir Sy kerk nagestreef. Hy het gebid, hy het

gewerk …

God het PJW Schutte voorberei vir hierdie groot taak om

uiteindelik die remonstrantse spoor in die destydse Nederduitse

Hervormde Kerk in Suid-Afrika, te rem en te stop. God het hom

eers op militêre gebied gebrei, toe op politieke terrein voorberei

en toe as kerkman gesalf om die koms van God se koninkryk op

aarde spoed te gee. As ons bietjie terugstaan en sy 67 jaar op

aarde aanskou, dan sien ons eers hoe God ook in sy lewe alles ten

goede laat meewerk het – met die belofte: om uiteindelik

gelykvormig aan die beeld van Sy Seun te word … (Rom. 8:28-29).

Dis waarom God ons ‘n roeping gee – alles loop uit op een saak

en dis om ter wille van Christus aan Christus gelyk te word …

Page 22: 80 Jaar van Genade JUNIE 2018 - gksa-innesdal.co.za Die... · 5 Sterkte vir sr Salome Gillam wie se man ongemak verduur weens gordelroos. Sr Wilma Viljoen het ‘n handoperasie ondergaan

20

Philippus Jacobus Wilhelmus Schutte, die ou Kapenaar uit die

Uitenhage-distrik, se nuwe tuiste vanaf 1849 was die plaas

Buffelsdoorns in die Gatsrand-omgewing. Hy het eers op 5

Februarie 1856 wettige eienaar van die plaas geword. Hy was ‘n

gesiene man en is deur die HERE ook stoflik geseën om ook

daardeur die Volksraad van Transvaal se aandag nader te trek –

hy het selfs aan hulle geld geleen – en sodoende het hy die regte

houvas op hulle gehad wat later nodig sou word by kardinale

besluite … so beskik die HERE selfs ons geld om Sy koninkryk te

bou.

Sy rol op militêre en politieke gebied word steeds deur die

nageslagte oorvertel … PJW Schutte het hom beywer om nuwe

kommandant-generaals vir Tranvaal daar te stel – die hoofrede

was om die vlaag plundertogte en moorde in Transvaal van die

barbaarse swart stamme te stuit. In 1850 is daar drie keer probeer

vir die herinstelling van hierdie strategiese militêre rolspelers, elke

keer onsuksesvol en vroeg in 1851 is daar toe ingestem om 4

kommandant-generaals vir Transvaal te kies. Hulle was:

- AH Potgieter vir Soutpansberg

- AWJ Pretorius vir Magaliesberg/Mooirivier

- WF Joubert vir Lydenburg

- JA Enslin vir Marico

Die Trekkers wat hulle maar bietjie meer as ‘n jaar hier in Wes-

Transvaal se soetveld kom vestig het, het hulle steeds afgesloof vir

die verkryging van hulle onafhanklikheid van Britse inmenging en

invloed. ‘n Groot gebeurtenis in die Suid-Afrikaanse geskiedenis

was die Sandrivier-Konvensie. Hier op die oewers van die

Sandrivier het PJW Schutte saam met die bekende staatsman,

wat later diep spore veral in Transvaal sou trap, Paul Kruger, gesit

en help onderhandel vir Transvaal se onafhanklikheid en vryheid.

Weereens was dit die Boere en die Britte. In die teenwoordigheid

van die Britse verteenwoordigers, WS Hogge en CM Owen, is die

traktaat op 17 Januarie 1852 onderteken. PJW Schutte se rol was

ooglopend en sy aansien by die ander krygsmanne opmerklik - hy

is 5 maande ná die ondertekening van die Sandrivier-Konvensie as

onder-kommandant van die Krygsraad verkies. Hy is van die begin

af sommer as Kommandant aangespreek – of hy in amp een was,

Page 23: 80 Jaar van Genade JUNIE 2018 - gksa-innesdal.co.za Die... · 5 Sterkte vir sr Salome Gillam wie se man ongemak verduur weens gordelroos. Sr Wilma Viljoen het ‘n handoperasie ondergaan

21

weet ons nie werklik nie, maar sy statuur het dit wel meegebring.

Ook in hierdie besige politieke tyd is PJW Schutte as diaken

geroep in die gemeente van ds. Andrew Murray, maar hy het

nooit die roeping opgevolg nie – weereens ‘n bestiering uit die

hand van die HERE.

As militêre leier en groot vegter ontdek hy in 1852 dat die

sogenaamde sendeling David Livingstone, wat uit die dampkring

van die destydse Londense sendinggenootskap die lig aanskou

het, ‘n gesant in die Duiwel se hande is – hy knoei saam met een

van sy bekeerlinge, Segeli, die Bakwena-opperhoof, eintlik ‘n wolf

in skaapsklere, en vlek ‘n reuse wapensmokkelary oop, met die

diepste setel by die huis van Livingstone self, wat tot baie

beledigings vir hom en die Boere uitgeloop het. As jou gewete jou

aankla, gee jy baie kere die skuld vir ander om jou eie sonde te

verdoesel. Weereens werk PJW Schutte teen die Duiwel se planne

en verongeluk Livingstone se onheilige vooruitsigte.

Omdat hy ‘n militêre strateeg was, het hy baie suksesse in die

veldtogte teen swart stamme gehad wat daarop uit was om die

Boere te terg deur hulle vee te steel, ander besittings te roof en te

moor. Hy het met baie voorstelle gekom, selfs by die stigting van

nuwe krygsrade het hy ‘n beduidende rol gespeel - dit het onder

andere daartoe meegewerk dat op 5 Janauarie 1857hy as lid van

die Volksraad verkies is, met groot blydskap van MW Pretorius.

Hierdie einste Pretorius sou later in ‘n saak teen ds Dirk van der

Hoff, enigste predikant van die Nederduitse Hervormde Kerk tot

op daardie stadium, sy rug op hom draai, wat gehelp het dat die

moontlikheid sterker geword het om ‘n eie predikant uit

Nederland te beroep. Van der Hoff wou eie eer vir homself toe-

eien en nog ‘n predikant sou dalk vir hom ‘n bedreiging gewees

het in sy visie vir ‘n een-man-kerk. PJW Schutte was nie lank lid van

die Volksraad van Transvaal nie – hy, in navolging van MW

Pretorius, het op 7 Maart 1857 bedank – onverklaarbaar, want

duidelikheid daaroor was in ‘n notule wat net weggeraak het, of is

die notule dalk vir altyd deur die liberales verbrand – net die HERE

sal weet waarom daardie notule weggeraak het. Maar ten

voordeel was die versnelling in aksies wat uitgeloop het op die

stigting van die Gereformeerde Kerk op 11 Februarie 1859 onder

Page 24: 80 Jaar van Genade JUNIE 2018 - gksa-innesdal.co.za Die... · 5 Sterkte vir sr Salome Gillam wie se man ongemak verduur weens gordelroos. Sr Wilma Viljoen het ‘n handoperasie ondergaan

22

‘n seringboom op Rustenburg – vandag 159 jaar gelede. Schutte

se aandag was beslis dringend nodig om op geestelike sake te

fokus – sy voorwerk as militêre vegter en politieke leier het

verbygespeel – en sy tyd op aarde het ook einde se kant toe

gestaan.

… en só het baie gebeure en geskiedkundige oomblikke

meegewerk dat PJW Schutte uiteindelik op 5 Oktober 1857 as

ouderling in die Nederduitse Hervormde Kerk van Potchefstroom

geroep is en daar teen ‘n ander vyand, ‘n baie gevaarliker een,

te veg - teen ‘n liberale gees wat ons vandag nog in ‘n erger

mate sien. Waar is die manne wat vandag vorentoe gaan tree,

soos PJW Schutte van ouds dit gedoen het? Waar is die manne

wat die HERE gaan roep en stuur …

PJW Schutte se gebede is verhoor – op 7 November 1858 preek

die langverwagte eie Nederlandse predikant, ds Dirk Postma, in sy

eie opstal op Buffelsdoorns sy eerste preek in Transvaal. Tot die

aand van 9 November is daar sekerlik by kerslig diep dinge tussen

die opstalmure van Buffelsdoorns gesels en bespreek. Op 10

November 1858 het ds Postma verder na Rustenburg gereis – die

uiteindelike plek wat voorberei sou word vir die herstigting van die

Gereformeerde Kerk. Só berei die HERE die tafel voor en die tyd

word al ryper …

Op 10 en 11 Januarie 1859, met die sitting van die Algemene

Vergadering van die Nederduitse Hervormde Kerk in Suid-Afrika,

was die skrif teen die muur. Liberalisme sal in die Nederduitse

Hervormde Kerk van daardie tyd bly, al die Gesange sal voortaan

ten hemele opklink in die kerk sonder dat dit weereens aan die

waarheid, aan die Woord, getoets is. ‘n Besluit is geneem en

toetsing is nie nodig nie … dit klink maar baie soos sake vandag

ook maar geskied. Hiermee kan die Doppers hulle nie

vereenselwig nie … Doppers, wat afgelei is van dorpenaars (in

teenstelling met stedelinge) of dempers, was ‘n skeldnaam wat

die Liberales teen die konserwatiewes ingespan het om hulle af te

kraak as verkramptes. Die naam het reeds in 1833 onder die

Trekkers posgevat, omdat hulle toe al gekant was teen die sing

van Gesange. As gevolg van toenemende ongelukkigheid is ‘n

Page 25: 80 Jaar van Genade JUNIE 2018 - gksa-innesdal.co.za Die... · 5 Sterkte vir sr Salome Gillam wie se man ongemak verduur weens gordelroos. Sr Wilma Viljoen het ‘n handoperasie ondergaan

23

skeidingsakte op 12 Januarie 1859 deur 15 broeders onderteken,

met PJW Schutte se handtekening eerste daarop.

Die Gereformeerde Kerk is na lange worsteling uiteindelik onder ‘n

groen seringboom in Rustenburg op 10 Februarie 1859 gestig. Uit

310 lidmate het 36 lidmate van Mooirivier, wat sekerlik deur PJW

Schutte goed bearbei en voorberei is, die luisterryke

geskiedkundige geleentheid in Rustenburg bygewoon. PJW

Schutte is by die geleentheid as ouderling en PA Venter as diaken

van die Mooirivier-gemeente verkies.

Die sing van Psalm 119:17 het die voëls in die ou seringboom op

Rustenburg verjaag:

Leer mij, o HEER, den weg, door U bepaald,

Dan zal ik dien ten einde toe bewaren;

Geef mij verstand, met Godd'lijk licht bestraald;

Dan zal mijn oog op Uwe wetten staren;

Dan houd ik die, hoe licht mijn ziel ook dwaalt;

Dan zal zich't hart met mijne daden paren.

… en dit was ook ‘n troos vir PJW Schutte, maar ook vir al die

ander gereformeerdes, wat hierdie Psalm op daardie dag uit volle

bors, oor Gatsrant en die Magaliesberg heen, opwaarts na die

hemele laat klink het. Die HERE het gebede verhoor … Die HERE

het Sy Kerk bewaar.

Jesaja 62, wat oor die Verheerlikte Jerusalem handel, is deur ds

Dirk Postma gelees –

Ter wille van SION sal Ek nie swyg nie en ter wille van Jerusalem

nie stil wees nie, totdat sy geregtigheid uitbreek soos ‘n glans en

sy heil soos ‘n fakkel wat brand … En hulle sal genoem word: die

heilige volk, die verlostes van die HERE; en jy sal genoem word:

die begeerde, die stad wat nie verlaat is nie. (Jes. 62:1 en 12)

Die HERE sal weer nie swyg nie en Hy sal weer nie stil wees oor die

Gereformeerde Kerk se leer en lewenswandel nie. Weereens

torring ons aan die berymde Psalms, wat deur Totius in Afrikaans, in

ons eie taal, direk uit die Bybel – die ware Woord van God –

berym is. Weereens raak die liberale liedere ‘n gunsteling in ons

Page 26: 80 Jaar van Genade JUNIE 2018 - gksa-innesdal.co.za Die... · 5 Sterkte vir sr Salome Gillam wie se man ongemak verduur weens gordelroos. Sr Wilma Viljoen het ‘n handoperasie ondergaan

24

kerke, alweer is ‘n menigte nuwe liedere op die afgelope

Algemene Sinode van die GKSA ingestem. Is ons die heilige volk

waarvan daar ook by die stigting van die Gereformeerde Kerk,

159 jaar gelede, gelees is? Heilig beteken dan afgesonder – ons

moet ons ook beywer vir afsondering as dit gaan oor liberale

invloede van buite … as dit gaan oor die insypeling van liedere

wat nie aan die Woord van God getoets is nie of sommer net teen

die Waarheid sing ...

Hierdie ywer vir die waarheid het ook in PJW Schutte tot sy dood

toe geleef. Ons sien dit ook in sy betrokkenheid by die plaaslike

Gereformeerde Kerk van Potchefstroom. Vier jaar na die stigting

van die Gereformeerde Kerk, op 17 April 1863, met die eerste

amptelike Kerkraadvergadering van die Gereformeerde Kerk op

Potchefstroom is PJW Schutte as skriba verkies – ‘n diens wat hy tot

22 Oktober 1873 (nog tot 18 dae voor sy dood), met volgehoue

ywer vervul het.

PJW Schutte is op 9 November 1873 op sy plaas Buffelsdoorns

oorlede. Hy het die wil van Sy Vader gedoen:

Net om U wil te doen soos in U Boek

die wonderskrif wat nooit vergaan –

dit klaar van my geteken staan,

dit wil ek, HEER, van ganser harte soek.

Ek bied U hart en hande

in wilge offerande –

al wat ek is en het;

diep in my ingewand

waar liefde en ywer brand,

draag ek u heilge wet.

(Psalm 40:4)

Mag ons ook soos die psalmdigter Dawid van ouds U wil doen

soos in U Boek opgeteken is. Mag ons dit van ganser harte soek,

omdat dit diep in ons ingewande met liefde en ywer brand …

[Toespraak by die Gereformeerde Gemeente Carltonville se

kerkkamp 9-11 Februarie 2018] Br Andries Buys

Page 27: 80 Jaar van Genade JUNIE 2018 - gksa-innesdal.co.za Die... · 5 Sterkte vir sr Salome Gillam wie se man ongemak verduur weens gordelroos. Sr Wilma Viljoen het ‘n handoperasie ondergaan

25

HIERDIE WOORDE STAAN GESKRYF OP DIE MUUR VAN ‘N KATEDRAAL IN LüBECK,

DUITSLAND

Julle noem my Meester,

maar gehoorsaam My nie.

Julle noem My Lig,

Maar julle sien My nie.

Julle noem My Weg,

maar bewandel my nie.

Julle noem my Lewe,

Maar begeer My nie.

Julle noem my Wys,

maar volg My nie.

Julle noem My Skoon,

maar bemin my nie.

Julle noem My Ryk,

Maar vra My nie.

Julle noem my Ewig,

Maar soek My nie.

Julle noem My Genadig,

Maar vertrou My nie.

Julle noem My Edel,

Maar dien My nie.

Julle noem My Magtig,

Maar eer My nie.

Julle noem My Regverdig,

maar vrees My nie.

AS EK JULLE VEROORDEEL,

BLAMEER MY NIE!!!

(Ingestuur deur Sr. Henna Delen)

Page 28: 80 Jaar van Genade JUNIE 2018 - gksa-innesdal.co.za Die... · 5 Sterkte vir sr Salome Gillam wie se man ongemak verduur weens gordelroos. Sr Wilma Viljoen het ‘n handoperasie ondergaan

26