inhoudsopgawe - gksa-innesdal.co.za

17
1 INHOUDSOPGAWE 1. Van die Redaksie 1 2. Skrifoordenking 2 3. Lied en leed 4 4. Welkom 5 5. Afskeid 5 6. Kerknuus uit Pretoria 6 7. Dankie vir die onderwysers 6 8. Van die kerkraad 7 9. P-boeke en e-boeke 8 10. Jaarprogram 10 11. Fotoregister 10 12. Van die susters 11 13. Verpligte en vrywillige kollektes 13 14. Die Hervorming (3) 13

Upload: others

Post on 15-Oct-2021

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

1

INHOUDSOPGAWE

1. Van die Redaksie 1

2. Skrifoordenking 2

3. Lied en leed 4

4. Welkom 5

5. Afskeid 5

6. Kerknuus uit Pretoria 6

7. Dankie vir die onderwysers 6

8. Van die kerkraad 7

9. P-boeke en e-boeke 8

10. Jaarprogram 10

11. Fotoregister 10

12. Van die susters 11

13. Verpligte en vrywillige kollektes 13

14. Die Hervorming (3) 13

2

Skrifoordenking

Sing nuwe sange, nuut gebore

“Toe sing hulle ‘n nuwe lied en sê: U is waardig om die boek te

neem en sy seëls oop te maak, want U is geslag en het ons vir

God met u bloed gekoop uit elke stam en taal en volk en nasie,

en het ons konings en priesters vir onse God gemaak, en ons sal as

konings op die aarde heers.” Open 5:9-10.

“En hulle het ‘n nuwe lied gesing voor die troon en voor die vier

lewende wesens en die ouderlinge; en niemand kon die lied leer

nie, behalwe die honderd vier en veertig duisend wat van die

aarde vrygekoop is.” Open 14:3

Die Here wil veral met sang geprys word. Om te sing is nie maar

net om note en woorde saam te uiter nie; in die Bybel is sang ʼn

beeld van hoe ʼn mens se hele lewe moet wees: ʼn dankbare

lofsang voor God. Daarop stuur ons lewens as Christene af, dat

aan God die lof en eer en dank gebring word wat pas by wie Hy is

en wat na waarde uitsing wat Hy vir ons beteken.

Dit is daarom so betekenisvol dat daar in die Skrif ook gepraat

word van nuwe liedere wat gesing word. In die boek Openbaring

is daar twee maal sprake van nuwe liedere, in hoofstukke 5 en 14.

Merkwaardig is dat hier twee sake mens opval: Ten eerste dat die

nuwe lied in verband gebring word met seëls en tweedens dat

slegs gelowiges dit kon aanleer.

Die nuutheid van die lied wat gesing word, het te make met die

inhoud van ʼn boek. Die boek is eintlik die geskiedenisboek van die

aarde en die mensdom. ʼn Seël word basies aangewend vir drie

dinge: om die egtheid van die inhoud te bevestig, om ʼn

begrensing daar te stel en ʼn indruk van iets te los.

3

Ons mag ʼn nuwe lied sing aan die begin van ʼn nuwe jaar omdat

ons weet dat die toekoms, die boek van hoe die geskiedenis

gaan afspeel, deur God se hand geskryf word. Die Here regeer,

God is in beheer van ons hele lewe, gister, vandag en more.

Daardie troos gee ons vastigheid in die lewe. Dit haal die vrees vir

die toekoms uit ons gedagtes en dit gee ons hoop. Daar sal nie ‘n

haar van ons kop afval, as dit nie ons hemelse Vader se wil is nie.

Daarom mag ons sing, nuwe sange van hoop en verwagting, van

troos en veiligheid, want ons weet: God skryf ons geskiedenis met

sy hand.

Ons mag ʼn nuwe lied sing, omdat die seël in die boek ook die

lewensboek se name verseël. Ons behoort aan God. Ons is duur

gekoop met Christus se bloed self. Die Here laat nie die werke van

sy hande vaar nie, die Here voltooi wat Hy met sy skepping begin

het. Ons is in Christus uitgekies en het ons verseëlde name by God

self gekry. Ons mag sing oor ons werk en lewensroeping. Die Here

wil aangeroep wees omdat Hy ons opgeroep het, ja, inroep in die

lig van sy heerlikheid. Ons toekoms is nie duister nie, maar helder,

persoonlik verseël. God begrens ons bestaan, Hy gee aan ons

plek in die hemel en op aarde. Hy stel vas waar die belyning loop.

Daaroor mag ons van vreugde sing.

Ons mag ʼn nuwe lied sing want God se seël waarborg ʼn begin en

einde. Ons sal veilig by ons bestemming aankom. God bewaar

nie net die egtheid van sy belofte nie, maar ook onsself dat ons dit

eg belewe. Die Heilige Gees werk in ons hart en verstand ʼn

vreugde omdat ons verseël is: Hy self leer ons die lewenswoorde

van die nuwe lied. ʼn Nuwe lied wat slegs ʼn ware gelowige kan

sing.

Die Here Jesus het opgestaan. Daardeur het hy die donker van

die toekoms, die graf, oopgebreek en verseker Hy ons gedurig

van sy ewige liefde. Wat ook al mag gebeur, dis nie los van die

verseëlde boek nie, die boek van die geskiedenis en die boek van

die lewe nie. Die Heilige Gees laat ons tonge los kom en

veroorsaak dat ons uitbreek in nuwe vreugde.

4

Laat ons gemeente ook in 2018 ʼn nuwe lied sing. ʼn Lied wat God

ons aanleer. ʼn Lied wat slegs in geloof gesing kan word. ʼn Lied van

troos en trou. ʼn Lied van vreugde en veiligheid. ʼn Lied

gewaarborg in die bloed van Christus. Kom laat ons sing in die

nuwe jaar – nuwe sange, nuut gebore.

Ds. Wikus

LIEF EN LEED

Wyk 1

Ons innige meegevoel aan sr Amanda Landsberg met br Jacques

se skielike afsterwe op die jeugdige ouderdom van 34.

Wyk 3

Sr Elsa Godschalk het by die hospitaal geval en haar arm

gebreek, en eers sukkelend huis toe gery voor sy weer terug is

hospitaal toe. Haar arm gaan sowat ses weke in gips wees

Sr Henna Delen sien nog vir baie kans; sy het afgevlieg Kaap toe

om by die kinders te kuier

Wyk 5

Sr Hermien Söhnge kon ‘n paar weke nie by die kerk uitkom nie

weens infeksie in haar knie.

Wyk 7

Br Gerrie Vermaak het nog so paar weke se chemoterapie wat

voorlê. Sr Rina Vermaak se stiefmoeder is oorlede.

Br Anton en Sr Petru van Wyk het ‘n paar weke by sy suster in

België gaan kuier. Terwyl hulle daar was, het die goeie nuus van sr

Ju-Arike se matriekuitslae – vrystelling met 2 onderskeidings,

deurgekom, Baie geluk Ju-Arike, voorspoed met die studies by

Centurion Akademie.

Wyk 8

Br Johan en sr Sue Labuschagne het gaan huis soek in Hartenbos.

5

Sr Lucinda Botes is op die leerlingraad van haar skool verkies. Sr

Bonnie Botes gaan nou, na haar “gap” jaar, by AROS studeer.

Coert Engelbrecht (wyk 1) en Natalie Stroh (Wyk 10) is nou in

graad 8 by Hoërskool Oos-Moot. Ons verneem vanjaar se graad

8’s staan as Modderspatsels bekend!

WELKOM

Br Tobie le Roux het vanaf die GK Randburg by ons aangesluit.

Baie welkom. Hy bly by Yana Kliniek, 14de laan, Rietfontein, sel 063

675 6979. (wyk 10)

Br Andries en sr Marietjie Buys en dooplidmate Christo, Andri-

Marie en Elrike het vanaf die Geref Kerk Hartbeespoort by ons

aangesluit. Hulle bly in Dormiestraat 153, Clubview. Selnommers en

e-posadresse: Andries [email protected], 082 327 3006,

Marietjie 073 197 4131, [email protected]

Sr Mariaan Smith (voorheen Currin) en dooplidmate Brandon en

Aubrey Currin is opgeneem in die gemeente. Adres: 21ste Laan

392, Villieria, 0186. Selnommer: 071 207 2977; E-posadres:

[email protected]. (Mariaan is die eggenote van br

William Smith wat reeds lidmaat is.)

AFSKEID

Br Pieter van der Walt het eervol ontslag uit die amp van ouderling

ontvang weens vertrek uit die gemeente.

Br Jacques Landsberg is op 18 Desember oorlede.

Br André Bezuidenhout het na die GK Akasia vertrek.

6

Br en sr Pieter en Lizette van der Walt het na die GK Rietvallei

vertrek.

KERKNUUS UIT PRETORIA

Magalieskruin. Ds Innes Nagel van Louis Trichard het nie die

beroep na hierdie gemeente aanvaar nie. Ds Gert Erasmus van

Komatipoort het daarna wel die beroep na hierdie gemeente

aanvaar.

Brooklyn. Proponent Daniël Maritz het die beroep na hierdie

gemeente aanvaar.

Rietvallei/Annlin. Ds Gerhard van Rhyn van Rietvallei is na Annlin

beroep maar het nie die beroep aanvaar nie.

Dankie vir die onderwysers

Op ‘n Vrydagoggend in November het die kommissie van die

koningskinders vroeg by Pierneef Laerskool opgedaag. Dit was om

dankie te sê vir die ondersteuning wat ons deur die jaar met die

koningskindersprojek kry.

Ds. Wikus het die opening waargeneem. Daar is klem gelê op die

groot taak in die hande van onderwysers om in die huidige

tydsgees nog steeds die Christelike godsdiens, perspektief en

waardes oor te dra aan ons kinders. Hulle het die versekering

gekry dat ons sien en waardeer wat hulle doen.

Die skoolhoof het groot dank uitgespreek vir hierdie gebaar en

vertel dat daar veral in die onlangse verlede groter uitdagings

was wat hulle moes aanspreek. Hulle het hierdie bemoediging

nodig gehad.

‘n Krat met onderwyshulpmiddels wat Helpende Hand geskenk

het, is aan die onderwysers oorhandig. Ons het ook genoeg

kolwyntjies daar gelaat vir die onderwysers se teetyd.

7

OPMERKING: Ouers met kinders op skool moet in gedagte hou dat

daar binne die volgende twee maande landswyd aanstellings van

beheerraadslede vir die volgende termyn sal plaasvind. Dit is

uiters noodsaaklik dat al ons ouers sover moontlik betrokke moet

wees as ons wil verseker dat daar van ons geloofsoortuigings en

kulturele waardes kennis geneem word.

Sr Elmarie Wood

VAN DIE KERKRAAD

Ons vier hierdie jaar die tagtigste bestaansjaar van die gemeente

en die kommissie wat die beplanning doen, het ’n interessante

program voorberei, waarvan u mettertyd meer sal hoor. Die

feesnaweek bly soos op die jaarprogram aangedui die

nagmaalnaweek in November.

Ons wil intussen met soveel oudlidmate moontlik kontak maak om

hulle ook uit te nooi. Die kommissie het nog ’n klompie van die ou

25-jaarfees se Aankondiger uitgawes opgespoor, werklik historiese

dokumente en gaan dit te koop aanbied as deel van die

fondsinsameling vir die feesnaweek. Ons het ook besluit om die

gemeentekamp en kerssangaand wat kort voor en na die

feesnaweek sou plaasvind te skuif na en te kombineer met die

feesprogram.

Die Eiendoms- en Finansiëlekommissie sukkel steeds om sonder ’n

kassier te werk, maar die kommissie behartig die pligte en oudl

Thys Olivier sien ook elke maand die boeke na.

Ons het nog min gehoor oor wat by die Algemene Sinode besluit

is (behalwe die persberigte oor die taalkwessie) – slegs ’n skrywe

ontvang oor verpligte kollektes wat goedgekeur is. Ons sal u op

hoogte hou sodra ons meer inligting kry.

Oudl Frans du Plessis

8

P-boeke en e-boeke ...... Hulpmiddels van God in die reformasie van

die kerk

Vroeër het mense op perkament en papirus geskryf, die

voorlopers van p-boeke (papier-boeke). God het hierdie

hulpmiddels gegee en dit gebruik om sy evangelie oor die hele

wêreld te versprei. Toe het die boekdrukkuns gekom, en daarna

die internet - albei gawes van God in sy skepping aan sy kerk om

sy herskepping te verkondig .....

Inderdaad, die internet is net soos die boekdrukkuns (1) 'n gawe van

God (2) presies op die regte tyd:

Kort voor die Reformasie is die boekdrukkuns uitgevind, die p-

boeke, papier-boeke. Dit het 'n enorme invloed gehad op die

spoed waarmee die leer van die Reformasie wêreldwyd

verkondig is. Dit ná 'n lang geestelike nag, die donker

Middeleeue.

In die geestelike nag van vandag gee die Here sy gawe van

die internet, die e-boeke - en sy tyd is altyd presies die regte

tyd.

Die Here span die tegnologie (die Boek van die Skepping) in tot

verbreiding van die Boek van die Her-skepping: die hele skepping

wend Hy as voertuig vir sy herskepping in Christus aan.

Op 31 Oktober 1517 het Luther sy 95 stellings aan die kerkdeur

gespyker. Wat min mense weet, is dat Luther reeds twee jaar

tevore sy 97 stellings aan die kerkdeur van Wittenberg gespyker

het. Hierdie 97 stellings is egter deur Rome doodgeswyg. Met die

95 stellings het daar egter 'n nuwe feit bygekom: die aflaatbriewe

van Tetsel.

Tetsel, 'n gesant van Rome, het in Wittenberg (Luther se stad)

geleer dat die siele van gelowiges uit die vagevuur spring sodra

die geld vir die aflaat in die geldkissie klingel. Rome se bedoeling

9

met die aflaatbriewe was om geld bymekaar te maak vir 'n groot

kerk in Rome. Daarteen het Luther hom ook in sy 95 stellings

uitgespreek - en toe het die bom gebars. Toe Luther aan Rome se

geldsak gevat het, was die gort gaar. Toe kon en wou hulle nie

meer stilbly nie. Dit is 'n hartseer feit dat Rome meer gepla was oor

sy geld as oor die feit dat sy teologie bevraagteken is, maar dit

daargelaat.

Die tyd was ryp vir die Reformasie. God Self het dit ryp gemaak.

God Self het die verhoog van die wêreldgeskiedenis gereed gekry

vir die verspreiding van die gereformeerde leer: die boekdrukkuns

en die aflaatbriewe. Toe die drukpers van die 95 stellings te hore

kom, het die p-boekmasjinerie in beweging gekom. Binne die

bestek van enkele maande het dit soos' n veldbrand oor die hele

Duitsland versprei en na nog' n paar maande oor die hele Europa.

Die HERE se Woord loop baie vinnig (Ps. 147:15).

Wilhelmus a'Brakel (1635-1711) het hom verwonder oor die kanse

en die geleenthede wat die boekdrukkuns hom as verganklike

dominee gebied het. Hy skryf in sy Redelijke Godsdienst:

Die kortheid van die lewensjare van 'n dominee, die klein getal van sy

toehoorders - daarin het God predikers op wonderlike wyse te hulp gekom

deur die boekdrukkuns aan mense bekend te maak '" Nou kan een enkele

leraar aan ‘n hele nasie, ja, oor 'n hele wêreld heen preek - en dit eeue

lank na sy dood. Met vreugdevolle gewilligheid het ek hierdie geleentheid

aangegryp om ook nog lank na my dood te kan preek ...

A'Brakel en voor hom Luther en Calvyn en talle ander het die

waarde van die p-boeke verstaan en waardeer as 'n gawe uit

God se hand - 'n gawe om die evangelie op te skryf en skrywes

waarin die evangelie erken en waardeer word. Daarmee reik

hulle oor die dood en die graf heen hulle boeke vir ons aan.

Die gawe van die p-boeke en e-boeke - maar steeds en altyd lê

die enigste krag daarvan in die letters wat daarop geskrywe

staan: in die almagtige evangelie. Steeds bly dit: deur die Woord

alleen, deur genade alleen, deur Christus alleen, en aan God

alleen die eer. Die gawe van die p-boeke en e-boeke - maar wee

10

hom wat op God se skryfpapier iets skrywe wat sy evangelie

skaad.

God Se p- en e-boeke - ons moet raaksien dat dit sy gawe is en

dat ons dit moét gebruik. God se internet - as ons God se hand

daarin sien, gee dit heerlike troos in 'n donker tyd. Die Woord kan

nie geboei word nie.

"Ek wil hê julle moet weet, broers, dat wat my oorgekom het, juis die

verkondiging vandie evangelie bevorder het. Dit het daarop uitgeloop dat

die hele keiserlike wag en al die ander nou besef dat dit ter wille van

Christus is dat ek 'n gevangene is. Deur my boeie is die meeste broers ook in

hulle vertroue op die Here gesterk, en hulle waag dit al hoe meer om die

woord van God onbevrees te verkondig." (Fil. 1:12-14)

Ds Attie Bogaards

(Artikel uit Die Kerkblad, datum onbekend, ingestuur deur sr

Hermien Söhnge)

JAARPROGRAM

Die volgende lidmate se selfoonnommers het verander:

Sr Amanda Landsberg – 084 431 3975

Sr Marinda van Niekerk – 064 890 6474

FOTOREGISTER

Baie dankie aan die span wat die Fotoregister saamgestel het. Dis

lekker om dit by jou te hê en gesigte aan name te kan koppel.

11

VAN DIE SUSTERS

SUSTERSBYDRAE

Die sustersbydrae beloop R200.00 per jaar.

Dit kan op twee maniere betaal word, ‘n eenmalige bedrag van

R200,00 die begin van die jaar of R20.00 elke maand.

Die geld word gebruik vir die aankoop van tee/koffie/suiker,

ens vir die Sondae se tee na Kerk, skink van tee tydens

Kerksraadsvergaderings, broodjiesaande, begrafnisse, ens.

Susters word gevra om hulle bydrae direk in die bankrekening in te

betaal met duidelike verwysing van naam en dat dit die

sustersbydrae is. Indien dit nie moontlik is nie kan die bydra vir Tinie

Du Plessis gegee word.

Bankbesonderhede:

Bank: CAPITEC

Rekeningnommer: 1513585906

Naam van rekeninghouer: T Du Plessis SRS Innesdal

SUSTERSAAMTREK 2018

2018 Sustersaamtrek word aangebied deur Brooklyn Gemeente

en vind plaas op 10 Maart 2018 by Wapadrant Gereformeerde

Kerk. Koste beloop R150.00 per persoon.

Die spreker is Prof I J (Kobus) van der Walt en die tema is Skuil

onder God se vleuels.

Susters wat belangstel word gevra om asseblief voor 8 Februarie

2018 hulle name en gelde vir Elmarie Wood te gee.

12

13

VERPLIGTE EN VRYWILLIGE KOLLEKTES

Sinode 2018 het die volgende verpligte en vrywillige kollektes vir

2018 tot 2021 goedgekeur.

Verpligte kollektes

1 Bybelverspreiding

1 Dankbaarheidsfonds (naaste aan 11 Februarie)

1 Kerklike Tydskrifte

1 Ekumenisiteit [Buitelands]

2 Thusofonds

7 Emeritaatsversorging (Slegs ledekerke)

5 GKSA Sustentasiefonds

6 Teologiese Studentekas

1 Deputate Jeugsorg

1 Expando

Vrywillige kollektes

1 Bystandsfonds vir Diakonie kragtens KO, art 25

1 Ekumenisiteit – Gereformeerde Jeug in Londen

1 Teologiese Studentebehuising

1 Teologiese Skool Biblioteek (wanneer nodig)

1 Kerklike Tydskrifte (wanneer nodig)

1 Teologiese Skool Publikasies

1 Instituut vir Christelike Onderwys

DIE HERVORMING (3): VOORLOPERS VAN DIE HERVORMING

Net soos die dwalinge in die roomse kerk oor honderde jare voor

die Hervorming ontwikkel het, net so het die Here al gedurende

die Middeleeue, lank voor Luther sy 95 stellings aan die kerkdeur

vasgespyker het, manne gestuur wat teen die dwaalleer

14

gewaarsku en daarteen beswaar gemaak het. In hierdie artikel sal

ons ‘n paar van die voorlopers van die Hervorming bespreek.

Monnik Gottschalk van Fulda en Orbais (803-868)

Hoewel hy in die meeste kerkgeskiedenisboeke nie onder die

voorlopers tot die Hervorming genoem word nie, kan monnik

Gottschalk beslis erken word as die eerste bekende persoon wat

teen leerstellige afdwalinge in die roomse kerk beswaar gemaak

het. Gottschalk is as seun van die Saksiese graaf Berno in die

omgewing van Mainz in Duitsland gebore. Sy ouers het al vroeg

besluit dat hy in ‘n klooster sou gaan werk. Op 11-jarige ouderdom

sterf sy ouers en beland dan in die klooster van Fulda.

Hier het hy hom veral toegespits op die studie van Augustinus se

geskrifte. Hy kom tot die gevolgtrekking dat die destydse kerk

Augustinus se leer van dubbele predestinasie losgelaat het ten

gunste van ‘n pelagianistiese benadering. Hy wou wegkom van

die klooster maar die ab van die klooster, ene Rabanus Maurus,

wou hom nie van sy kloostergelofte onthef nie. Op die sinode van

Mainz in 829 stem biskop Otgar egter in dat hy na die klooster van

Orbais in Frankryk kan gaan. Hier bestudeer hy Augustinus nog

verder wat sy eerste gevolgtrekkings bevestig. Hy begin sy

standpunt sterk verdedig.

In 840 word Gottschalk tot priester gewy. Hierna verlaat hy die

klooster en reis na Italië waar hy sy standpunt verkondig. Deur

toedoen van die vyandig gesinde Maurus is hy hier later ook nie

meer welkom nie. Vandaar af reis hy in oostelike rigting waar hy

van 846 tot 848 aan die hof van Trpimir I van Kroasië bly. In

Oktober 848 verdedig hy sy standpunt en weerlê hy Maurus se

standpunt voor die sinode van Mainz. Die sinode bevestig egter

Maurus se leer en vind Gottschalk skuldig aan kettery. Hy word

geslaan en geding om te sweer dat hy nooit weer die

grondgebied van Lodewyk die Duitser sou betree nie. Hy word

oorgelewer aan die biskop van Reims. Dié stuur hom weer terug

na die klooster in Orbais.

In 849 word Gottschalk by ‘n volgende sinode in Quiersy weer ten

skerpste veroordeel. Hy word gegesel, gemartel en in die klooster

15

van Hautville opgesluit. Daar bring hy die laaste 20 jaar van sy

lewe in gevangenskap deur. Toe hy op 30 Oktober 868 sterf, is hy

nie eers in gewyde grond begrawe nie. So word Gottschalk een

van die eerste voorlopers vir en martelare van die Hervorming.

Die Waldense

In die 12de eeu ontstaan die beweging van die Waldense,

vernoem na ‘n godvresende koopman Petrus Waldus. Waldus het

na ‘n skielike dood van ‘n vriend tot bekering gekom, dadelik al sy

besittings verkoop en hom toegelê op die verkondiging van die

evangelie. Om homself meer toe te rus, laat hy ‘n geestelike vir

hom die vier evangelies in Frans vertaal. Hy rus ‘n groepe

volgelinge toe en stuur hulle twee-twee uit om die evangelie

verder te verkondig. Hierdie lekepredikers in die volkstaal het die

roomse hiërargie dwars in die krop gesteek. Die Waldense word

uiteindelik in die ban gedoen.

Hulle raak steeds losser van die bestaande kerk en verwerp die

pousdom, die monnikestelsel, die heiligediens, relikwieë, die bieg,

die mis, die vagevuur en die aflaat. Hulle word wreed vervolg.

Gevolglik versprei hulle oor die hele Europa. Daar is vandag nog

wydverspreide Waldensiese kerke in Europa.

John Wycliff (1324-1384)

John Wiclif word in 1324 uit ‘n ou angelsaksiese familie in Yorkshire,

Engeland gebore. Hy sou ‘n groot rol speel ter voorbreiding van

die Hervorming in Engeland maar ook op die Europse vasteland.

Wiclif het aan die universiteit van Oxford teologie, regte en

wysbegeerte studeer. Hy behaal in 1364 sy doktorsgraad in

teologie, en word as professor in teologie aangestel. Sy lewe kan

in drie periodes, wat tot ‘n mate oorvleuel het, ingedeel word:

Eerste periode: die patriot

Tweede periode: die evangeliedienaar

Derde periode: die hervormer

Wanneer pous Urbanus V in 1365 ‘n swaar belasting aan die

engelse volk oplê, weier die engelse koning en die parlement om

dié belasting te betaal. Wiclif speel ‘n belangrike rol in die

formulering van die motivering vir die afwysing en spreek hom

16

skerp uit teen magsoorskryding van die pous. Hy word ‘n leier in

die versetbeweging teen pouslike inmenging en heerskappy. In

1374 was hy lid van ‘n engelse afvaardiging wat met pouslike

afgesante onderhandel het oor inperking van die pous se mag

teen oor die engelse kerk. Hy het dit veral teen die rykdom en

materialistiese gesindheid van die kerk, maar het ander gebreke

in die kerk ook al begin aanspreek in sy geskrifte. Dit het hom

ongewild by die geestelike hiërargie gemaak. Teen 1374 is hy uit

sy pos by Oxford gewerk. Maar weens sy ondersteuning van die

engelse koning en parlement in hul verset teen pouslike

oorheersing, het hy die beskerming van die engelse koning geniet

en kon die geestelikheid nie strenger teen hom optree nie.

Hierna word hy pastoor (predikant) in Lutterworth. Hier kom hy

diep onder die indruk van die godsdienstige ellende waarin die

gewone volk hul bevind het. Onkunde was skrikwekkend en dit

het die leefwyse van die mense sterk beïnvloed. Diepgaande

Bybelstudie bring hom tot die besef van die treurige misstande in

die kerk. Sy uitgangspunt was dat die Heilige Skrif die enigste reël

vir geloof en lewenswandel is, en dat alle lidmate van die kerk die

reg het om dit te ondersoek. Hy stel reisende predikers aan wat

van stad tot stad trek om die Woord op verstaanbare wyse in die

volkstaal aan die mense te verkondig. Hy self stel die voorbeeld in

die gemeente van Lutterworth. Hoe meer hy hom in die Skrif

verdiep, hoe meer besef hy die behoefte dat die Bybel in die

volkstaal vir alle mense toeganklik moes

wees. In hierdie stadium bestaan daar

nog geen volledige engelse

bybelvertaling nie. Hy vertaal die Bybel in

Engels (die sogenaamde Wiclif-Bybel). In

1388, vier jaar na sy sterwe verskyn ‘n

verbeterde weergawe van die engelse

Bybel. Hierdie Bybelvertaling het hom

verder in onguns by die kerklike hiërargie

gebring.

Sy voortgaande Bybelstudie oortuig hom

meer en meer van die jammerlike

gebreke in die roomse leer. Wiclif het

17

baie geskrifte gepubliseer, maar die belangrikste hiervan was sy

boek Trialogus (‘n driegesprek tussen Waarheid, Leuen en

Bedagsaamheid). Hierin sit hy sy besware teen talle roomse

dwalinge uiteen – beelde, relikwieë, heiligeverering, aflaat, mis,

die bieg, die laaste oliesel, die opperheerskappy van die

pousdom, priesterwyding, kloosterlewe, vagevuur en

verdienstelikheid van goeie werke. Hy skryf openlik teen die leer

van transsubstansiasie, wat hy as een van die grootste dwalinge

beskou wat aanleiding tot afgodery en uitbuiting van die volk

gegee het. Hy erken ook net die ampte van ouderling (presbiter)

en diaken soos wat die Heilige Skrif ons leer, teenoor die hele

stelsel van talle kerklike ampte en hiërgargie met die toppunt van

die pous – hy verwys selfs na die pous as antichris.

Hierdie reformatoriese werk bring hom in direkte konflik met die

kerklike hiërargie. Pous Gregorius XI veroordeel in 1377 19 van

Wiclif se leerstellinge. Hy word voor die regbank van die Inkwisisie

(‘n kerklike regbank, in 1231 deur pous Gregorius IX ingestel, wat

ketters moes opspoor en teregstel) gedaag. Maar die engelse

koning tree tussenbeide en bevry hom. Uiteindelik het ‘n sinode te

Londen in 1382 sy leer as ketters verklaar en is hy van alle

universiteite verban. Deur koninklike beskerming kon hy steeds

voortgaan met sy werk in Lutterworth. Die pous vaardig ses

pouslike banbulle teen Wiclif uit. In 1384 word hy deur pous

Urbanus ontbied om binne 60 dae in Rome aan te meld om hom

te verantwoord oor sy optrede. Hy weier om hieraan gehoor te

gee. Op 31 Desember 1384 sterf hy.

Maar selfs na sy dood het die kerk hom nie met rus gelaat nie. In

1415 word 45 van sy leerstellinge op ‘n konsilie van Constanz

veroordeel. Sy geskrifte en sy stoflike oorskot moes verbrand word.

Dit het egter nie sy invloed weggeneem nie. John Wiclif se invloed

het wyd geloop – deur sy geskrifte, die vertaling van die Bybel in

Engels en die uitstuur van predikers. Hy het onder andere ‘n

direkte invloed op Johannes Hus in Praag gehad.

(word vervolg)

Br Seakle Godschalk