volume 64 gratis • free - paul roos gymnasium · van die onderwys verduur die eeue – dit is die...

12
Founded • 1962 • Gestig Gratis • Free Volume 64 Maart 2016 S EMPER Amptelike kwartaalblad van die leerders van Paul Roos Gimnasium Official quarterly of the pupils of Paul Roos Gymnasium Charl Smit Die Paul Roos-storie is inderdaad ’n mooi storie: kleurryk, interessant en opwindend. Dit is ook ’n goeie storie: inspirerend, dinamies, suksesvol – maar veral betekenisvol. Die Latyn- se aanhaling, “Non ministrari, sed ministrare”, op die grafsteen van Paul Johannes Roos, Rektor van Paul Roos Gimnasium van 1910- 1940, is ’n lewensbeskouing wat nie geïgnoreer kan word nie. Geen mens of instansie is daar om gedien te word nie, maar om te dien. Paul Roos Gimnasium het die afgelope 150 jaar gedien. En Paul Roos, die mens, se nalatenskap vleg soos goue drade deur die lewe van honderde oudskoliere en onderwysers. Die afgelope jaar se feesvieringe het gepaard gegaan met met vele hoogtepunte in Paul Roos Gimnasium se geskiedenis. Paul Roos se eerste rugbyspan het ’n internasionale rugbytoernooi in Japan gewen. Die eerste hokkiespan het die internasionale hokkietoernooi in Kaapstad loshande gewen. Paul Roos se koor het behoorlik soos die Feniks uit die as verrys deur die ATKV-koor- kompetisie in die kategorie vir “mees ervare seunskoor” in die land te wen. Prof. Wim de Villiers (Matriek 1977) het by die skool se verjaarsdag die volgende stelling gemaak:“Paul Roos lewer verreweg die meeste studente wat die kanseliersmedalje by die Universiteit Stellenbosch ontvang.” Paul Roos streef daarna om innerlike trots by leerders te ont- wikkel, om nuwe, sinvolle tradisies te skep en terselfdertyd ou waardes te bewaar. “Gee net jou allerbeste en jy sal ’n wenner wees.” Dis die woorde van mnr. John Galloway, Rektor van Paul Roos Gimnasium vanaf 1 Januarie 1985 tot 31 Julie 1992. ’n Kragtige stelling wat in elke Paul Rooser se gedagtes bly eggo en hom aanspoor tot hoër hoogtes. Elke mens bly steeds die boumeester van sy eie toekoms. Paul Roos is ’n trapklip, ’n tree in die “regte” rigting. As jy bereid is om die ekstra myl te stap, kán Paul Roos jou help om jou volle potensiaal te ontwikkel. Daar is geen rede waarom elke jaar by Paul Roos nie ’n “150-jaar én nog meer” kan wees nie. Die bal is in óns hande; óns het die keuse wat ons gaan doen met die 151ste wedstryd wat voorlê. Mag ons ryk geskiedenis ons nie net inspireer nie, maar ook motiveer om nog hoër hoogtes te bereik en nóg meer suksesse te behaal as in die afgelope 150 jaar. “Sol justitia illustra nos” staan geskryf teen die gewel van die hoofgebou van die Teologiese Kweekskool: “Die lig van regverdig- heid skyn oor ons almal.” Dit is my wens dat elke persoon wat met ’n Paul Rooser te doen kry, dit sal ervaar. Paul Roos moet ten spyte van negatiewe wêreldgebeure die voorbeeld stel. Die potensiaal is daar. Nes die son op Paul Roos se skoolwapen oor die Pieke skyn, net so moet regverdigheid in ons elkeen se handel en wandel skyn. ‘n Gedagte wat die stigter van die Rembrandtgroep, dr. Anton Rupert, jare gelede by Paul Roos gelaat het: “Alle materiaal gaan tot niet – die aardse tempel wat die trotse mens bou, verval tot stof, maar die tempel van die onderwys verduur die eeue – dit is die fakkel van die beskawing wat van hand tot hand gedra word.” Mag die fakkel nog lank brandend gehou word deur almal wat by Paul Roos Gimnasium betrokke is. Mag ons die “Non ministrari, sed ministrare”-beginsel toepas, en aanhou dien, sonder om gedien te word. ‘n Skool, ’n dorp, ’n legende… Paul Roos Gimnasium het sy plek in die geskiedenis verseker. Semper Splendidior. “Non ministrari, sed ministrare” Nie om gedien te word nie, maar om te dien Foto: Nic de Jager DiCaprio’s quest to save the planet p.4 Lewens- lank? P.3 Roustem RugbyBrak p.8

Upload: others

Post on 30-Sep-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Volume 64 Gratis • Free - Paul Roos Gymnasium · van die onderwys verduur die eeue – dit is die fakkel van die beskawing ... In Desember 2013 is Jonasaangewys as die Kanseliersmedaljewenner

Founded • 1962 • GestigGratis • Free

Volume 64Maart 2016

SEMPERAmptelike kwartaalblad van die leerders van Paul Roos Gimnasium

Official quarterly of the pupils of Paul Roos Gymnasium

Charl Smit

Die Paul Roos-storie is inderdaad ’n mooi storie: kleurryk, interessant en opwindend. Dit is ook ’n goeie storie: inspirerend, dinamies, suksesvol – maar veral betekenisvol. Die Latyn-se aanhaling, “Non ministrari, sed ministrare”, op die grafsteen van Paul Johannes Roos, Rektor van Paul Roos Gimnasium van 1910-1940, is ’n lewensbeskouing wat nie geïgnoreer kan word nie. Geen mens of instansie is daar om gedien te word nie, maar om te dien.

Paul Roos Gimnasium het die afgelope 150 jaar gedien. En Paul Roos, die mens, se nalatenskap vleg soos goue drade deur die lewe van honderde oudskoliere en onderwysers.

Die afgelope jaar se feesvieringe het gepaard gegaan met met vele hoogtepunte in Paul Roos Gimnasium se geskiedenis.

Paul Roos se eerste rugbyspan het ’n internasionale rugbytoernooi in Japan gewen. Die eerste hokkiespan het die internasionale hokkietoernooi in Kaapstad loshande gewen. Paul Roos se koor het behoorlik soos die Feniks uit die as verrys deur die ATKV-koor-kompetisie in die kategorie vir “mees ervare seunskoor” in die land te wen.

Prof. Wim de Villiers (Matriek 1977) het by die skool se verjaarsdag die volgende stelling gemaak:“Paul Roos lewer verreweg die meeste studente wat die kanseliersmedalje by die Universiteit Stellenbosch ontvang.”

Paul Roos streef daarna om innerlike trots by leerders te ont-wikkel, om nuwe, sinvolle tradisies te skep en terselfdertyd ou waardes te bewaar.

“Gee net jou allerbeste en jy sal ’n wenner wees.” Dis die woorde van mnr. John Galloway, Rektor van Paul Roos Gimnasium vanaf 1 Januarie 1985 tot 31 Julie 1992. ’n Kragtige stelling wat in elke Paul Rooser se gedagtes bly eggo en hom aanspoor tot hoër hoogtes.

Elke mens bly steeds die boumeester van sy eie toekoms. Paul Roos is ’n trapklip, ’n tree in die “regte” rigting. As jy bereid is om

die ekstra myl te stap, kán Paul Roos jou help om jou volle potensiaal te ontwikkel.

Daar is geen rede waarom elke jaar by Paul Roos nie ’n “150-jaar én nog meer” kan wees nie. Die bal is in óns hande; óns het die keuse wat ons gaan doen met die 151ste wedstryd wat voorlê.

Mag ons ryk geskiedenis ons nie net inspireer nie, maar ook motiveer om nog hoër hoogtes te bereik en

nóg meer suksesse te behaal as in die afgelope 150 jaar.

“Sol justitia illustra nos” staan geskryf teen die gewel van die hoofgebou van die Teologiese Kweek skool: “Die lig van regverdig-heid skyn oor ons almal.” Dit is my wens dat elke persoon wat met ’n Paul Rooser te doen kry, dit sal ervaar. Paul Roos moet ten spyte van negatiewe wêreldgebeure die voorbeeld stel. Die potensiaal is

daar. Nes die son op Paul Roos se skoolwapen oor die Pieke skyn, net so moet regverdigheid in ons elkeen se handel en wandel skyn.

‘n Gedagte wat die stigter van die Rembrandtgroep, dr. Anton Rupert, jare gelede by Paul Roos gelaat het: “Alle materiaal gaan tot niet – die aardse tempel wat die trotse mens bou, verval tot stof, maar die tempel van die onderwys verduur die eeue – dit is die fakkel van die beskawing

wat van hand tot hand gedra word.”Mag die fakkel nog lank brandend

gehou word deur almal wat by Paul Roos Gimnasium betrokke is.

Mag ons die “Non ministrari, sed ministrare”-beginsel toepas, en aanhou dien, sonder om gedien te word.

‘n Skool, ’n dorp, ’n legende…Paul Roos Gimnasium het sy plek

in die geskiedenis verseker.Semper Splendidior.

“Non ministrari, sed ministrare”Nie om gedien te word nie, maar om te dien

Foto

: Nic

de

Jage

r

DiCaprio’s quest to save the planet

p.4

Lewens-lank?

P.3

Roustem RugbyBrak

p.8

Page 2: Volume 64 Gratis • Free - Paul Roos Gymnasium · van die onderwys verduur die eeue – dit is die fakkel van die beskawing ... In Desember 2013 is Jonasaangewys as die Kanseliersmedaljewenner

Maart 2016

Johan Schoeman

Get fitter, get smarter, be better. These are among the changes Paul

Roosers decided to implement in their lives at the beginning of 2016.

What impressed me the most when reading through the roughly 1300 questionnaires that Paul Roosers were asked to fill in were not the ludicrous answers that some shared – it was the fact that not one person resolved to stay the same. No one was satisfied with the 2015 version of themselves. It captured the beauty of the Paul Roos legacy perfectly. We don't settle for mediocrity. We strive for greatness.

Countless American presidents had an incredible first term in office, only to ruin their legacy after being reelected. They worked hard and achieved great successes during their first stint. They then proceeded to get too comfortable and to become complacent. On occasion, a few Bloemhoffers may accuse us of a thing or two, but complacency

will never be one of them. Why do we set New Year's resolutions for ourselves? Maybe it's the idea of a fresh start and a new beginning that inspires us to set these goals and ideals.

Considering this: shouldn't we, as the sun rises on this beautiful new day, set resolutions for our school? We're standing at the end of an incredible era with one foot in the past and one in the present as we look ahead to a future filled with promise and new opportunities.

Wouldn't now be the perfect time to bid farewell to the old way of doing things and embrace new methods and technologies?

Here we stand, at the dawn of a new day upon the great calendar of time. What will the future hold? The question is ours to answer.

We're idling at the starting line-up of the race to success, uncertain of which way we want to go.

I say we drop the handbrake, hit the gas and speed away to isles of greatness.

Aktueel • Current Affairs2 | Semper

New Year, New Us

Christoff Loubser

Dit blyk dat die Griekse ideaal van ’n gesonde gees in ’n gesonde liggaam meesterlik deur Dr. Jonas Bovijn, ’n oud-skolier, verpersoonlik word. Noem dié naam en standhoudende prestasies van die laaste nege jaar kom ter sprake: Tweede op die Kaapse Merietelys (2007); ’n Kanseliersmedalje, en meer onlangs die gesogte Rhodes-beurs.

Jonas is in België gebore, waarna hy saam met sy ouers as agtjarige na Suid-Afrika geïmmigreer het. Hierdié jong man se wortels kom terug na ons geliefde Bolandse skool met sy maroen baadjies en akkerbome. Dis jongens soos hy met hul strewe na uitnemendheid wat nuwe definisie gee aan ons leuse: “Semper Spledidior”.

Nadat hy in 2007 gematrikuleer het maak Jonas dit sy missie om “Tygerberg maroen te verf ” en Huis Hippokrates se naam omhoog te hou. Ná ses studiejare slaag hy al 38 sy akademiese modules met ’n onderskeiding, en dit met ’n gemiddelde persentasie van 86,21%.

Wat hierdie prestasies meer gere spekteer maak, is Bovijn se betrokkenheid in verskeie velde, waarvoor die Toekenning van die Rektor en Tygerbergse Studenteraad

vir buitengewone dienslewering aan hom oorhandig word.

In Desember 2013 is Jonasaangewys as die Kanseliersmedaljewenner vir daardie jaar. Dit was slegs die tweede keer – sedert 1961 – dat hierdie medalje aan ’n mediese student toegeken is. Hierdie toekenning gaan aan ’n finalejaarstudent of ’n nagraadse student wat dwarsdeur sy universiteitsloopbaan uitnemend presteer het.

“Ek sweer by Apollo, die geneesheer… terwyl ek vir altyd by alle mense eervol bekend staan…” In die woorde van Griekse geneesheer en vader van die geneeskunde, Hippokrates.

“Om suksesvol te wees”, sê Jonas, “verg hardwerkendheid en ’n passie vir wat jy doen.”

Die gesogte Rhodesbeurs, wat gra-duandi te beurt val, word uitgereik aan studente van regoor die wêreld wat op verskeie gebiede presteer. Die beurs skep die geleentheid vir ’n beurshouer om vir ’n tydperk van tot drie jaar ’n nagraadse kursus aan die Universiteit Oxford in Brittanje te voltooi. Daar word van ’n beurshouer buitengewone intellek, lewenstoewyding en karakter verwag wat hy moet gebruik om homself binne die wêreldleierskapmilieu te ontwikkel om die beursleuse ’n

Paul Roos se Rhodesbeurswenners deurbreek die grense

Dr. Jonas Bovijn aan die regterkant tydens die oorhandiging van sy kanseliersmedalje.

werklikheid te maak.Hoewel Bovijn eers in Oktober

vanjaar by dié buitengewone akademiese instansie begin, gaan hy hierdie geleentheid gebruik om sy DPhil (die PhD by Oxford word ’n DPhil genoem) in geneeskunde te voltooi, met die fokus op kardiovaskulêre siektes.

Hy sien die geleentheid as ’n uit-

daging om deel te word van die Rhodes-gemeenskap, met die ideaal om as ’n bekwame landsburger ’n verbintenis te kan maak om Suid-Afrika se welstand te verbeter. Hy sal graag oor die volgende paar jaar navorsing wil doen om ’n gesondheidsisteem te implementeer wat op bekostigbaarheid en doel-treffenheid geskoei is.

JA NEE

Kry jy dit reg om daarby te hou?

Rayno Blomerus

Vir baie Paul Roosers is Dinsdae se eerste pouse geestelike "kos" vir die week. Of hulle nou kom vir die boodskap of vir die Coke, niemand kan sê dat hulle harte nie diep geraak word deur stories van mense soos Gideon Rossouw en Sebastian Uys nie.

JAM se visie vir die volgende seisoen is “Making Disciple Makers”. Dit is intressant genoeg een van die redes hoekom PRG gestig is: as voedingsbron vir die Kweekskool.

Dit is belangrik dat JAM ’n kon-

stante eksterne fokus het, naamlik om terug te gee wat ’n mens ontvang.

Selgroepe is dus van kardinale belang. PRG het tans 61 selgroepe, gelei deur senior Paul Roosers, toegewyde Old Boys en pastore en jeugwerkers van verskeie bedienings – broodnodige geestelike bydraers in ’n studentedorp met sy baie negatiewe invloede soos onder meer alkoholmisbruik.

JAM reël ook uitreike na Malawi en Zambië wat tydens die Junie-vakansie sal plaasvind.

’n Nuwe toevoeging is “JAM-ventures”, wat op spesifieke graad-

groepe gemik is. Dit behels ’n 24 uur-avontuur in die berge van Stellenbosch.

Daarby beplan JAM kwartaallikse lofsang- en aanbiddingsgeleenthede, en ook Bybelstudiesessies wat Paul Roosers sal help om die Woord as lewendig en kragtig te ervaar.

Laastens wil die JAM-komitee hiermee graag vir mnr. Werner Cloete eer vir wat hy oor die afgelope 10 jaar gedoen het om JAM te bring tot die groot suksewe wat dit vandag is.

Ons sien uit na die termyn saam met mnr. De Beer wat voorlê.

“Jesus And Me”

Wat is jou voorneme?

Page 3: Volume 64 Gratis • Free - Paul Roos Gymnasium · van die onderwys verduur die eeue – dit is die fakkel van die beskawing ... In Desember 2013 is Jonasaangewys as die Kanseliersmedaljewenner

Maart 2016 Semper | 3

Aktueel • Current Affairs

[email protected] I 083 410 7609 I Paul Roos Gimnasium I Suidwal Straat

Dienste wat deur my verskaf word:

* Individuele terapie vir emosionele, gedrags-en aanpassings probleme* Aanleer van coping vaardighede* Trauma behandeling vir lewensgeberue soos egskeiding* Studiemetodes en akademiese ondersteuning* Emosionele intelligensie ontwikkeling** Groepsterapie* Familieterapie* Algemene skolastiese assessering* Vakkeuse-assessering* Beroepsvoorligting* Ouer-leiding sessies* Sosiale vaardigheidsopleiding

WWerkswinkels:

* Ouerskap style en die invloed op die kind* Effektiewe hantering van my kind met ADHD* Praktiese stratigee vir ouers met outistiese kinders* Emosionele intelligensie ontwikkeling vir kinders en adollessente

Pr. No. 0615250M.A. Voorligting Sielkunde(cum laude) (UVS)

[email protected] I 083 410 7609 I Paul Roos Gimnasium I Suidwal Straat

Dienste wat deur my verskaf word:

* Individuele terapie vir emosionele, gedrags-en aanpassings probleme* Aanleer van coping vaardighede* Trauma behandeling vir lewensgeberue soos egskeiding* Studiemetodes en akademiese ondersteuning* Emosionele intelligensie ontwikkeling** Groepsterapie* Familieterapie* Algemene skolastiese assessering* Vakkeuse-assessering* Beroepsvoorligting* Ouer-leiding sessies* Sosiale vaardigheidsopleiding

WWerkswinkels:

* Ouerskap style en die invloed op die kind* Effektiewe hantering van my kind met ADHD* Praktiese stratigee vir ouers met outistiese kinders* Emosionele intelligensie ontwikkeling vir kinders en adollessente

Pr. No. 0615250M.A. Voorligting Sielkunde(cum laude) (UVS)

[email protected] I 083 410 7609 I Paul Roos Gimnasium I Suidwal Straat

Dienste wat deur my verskaf word:

* Individuele terapie vir emosionele, gedrags-en aanpassings probleme* Aanleer van coping vaardighede* Trauma behandeling vir lewensgeberue soos egskeiding* Studiemetodes en akademiese ondersteuning* Emosionele intelligensie ontwikkeling** Groepsterapie* Familieterapie* Algemene skolastiese assessering* Vakkeuse-assessering* Beroepsvoorligting* Ouer-leiding sessies* Sosiale vaardigheidsopleiding

WWerkswinkels:

* Ouerskap style en die invloed op die kind* Effektiewe hantering van my kind met ADHD* Praktiese stratigee vir ouers met outistiese kinders* Emosionele intelligensie ontwikkeling vir kinders en adollessente

Pr. No. 0615250M.A. Voorligting Sielkunde(cum laude) (UVS)

Reitz Broeksma

And so, on Tuesday 1 March 2016, Paul Roos finally celebrated its 150 years of greatness with a party to end all parties. No school for the day – just endless fun and lots to eat!

After a celebratory service in the PRG Centre, during which previous Rectors, head boys and other guest speakers took turns to congratulate the school, learners (munching on blue, red and golden doughnuts) took to the fields with an air of “Let the games begin!”

The entire day centered around a great many activities, all aimed at creating a no-holds-barred day of endless enjoyment – of which the greatest entertainment was offered by indisputably the most popular one of all: the bubble soccer right next to the blaring loudspeakers, near the aquatics centre. The guys could also play paintball or touchies, and many made sure to display their diving skills (and sixpacks!) on the waterslides.

But receiving without giving was never Paul Roos’ style, and so the school said thank you by deciding that the day would also

150 X Thank You = One Happy School!include contributions to society: there was the “Big Bleed”, where 100 units were collected for the WP Blood Transfusion Service; the “coins-for-points” donation competition, during which coins were laid to form a huge ”150” in the Welgevallen quad (more than R8 000 was collected for Huis Horison!), and the hair-spraying cancer-awareness stall.

The celebrations came to a close with a massive braai for all pupils, parents and teachers on the Oval, and the birthday ended beautifully, wrapped in the glow of the setting sun.

Christo Langenhoven

Al ding wat alle mense konstant ervaar, is verandering. Aan die begin van die 2016-skooljaar het die Paul Roos Gimnasium-personeel verandering ervaar in die vorm van ’n oud-Gimmie, ’n aanstaande bruidegom, ’n onderwyseres met verhoogvrees en ’n Bloemfontein-boorling.

Mnr. Gustav Klopper, die nuwe Lewens- en Natuurwetenskappe-onderwyser, het in Pretoria grootgeword. Sy eerste indruk van

Paul Roos was dat dit ’n netjiese skool met trotse seuns is, en dat dit ’n lekker omgewing is om in te werk. Die rede vir mnr. Klopper se besluit om ’n onderwyser te word is eintlik heel eenvoudig.

“Ek geniet dit om met jong mense te werk. Ek hou ook van biologie en sport, en toe besluit ek in Graad 12 om al drie te kombineer en ’n onderwyser te word”.

Mnr Klopper het ook meer om na uit te sien as ’n klaskamer vol dowwe gesigte, want hy trou in die Maart-vakansie.

Juffrou Swanepoel, wat Engels en isiXhosa onderrig, kom oor-spronklik van Richardsbaai. Sy is ’n voormalige Matie-student. Juffrou Swanepoel noem dadelik die gees, respek en tradisies van Paul Roos as haar eerste indrukke.

Haar gunsteling-oomblikke in die klaskamer is om te sien hoe leerders van krag tot krag groei. Iets waarsonder sy nie kan leef nie, is ’n goeie koppie koffie, en al is sy ’n onderwyseres, raak sy nog steeds senuweeagtig wanneer sy op ’n verhoog moet staan.

Juffrou Greyling, ’n oud-leerder van Paarl Gimnasium, is ook ’n oud-Matie en onderrig Natuurwetenskap en Skeinat. Sy het ná matriek besluit om onderwyser te word. “Al twee my ouers is onderwysers. Daardie opsie was dus altyd oop”.

Mnr. Jaco du Plooy is ook nuut by Paul Roos as Frans-onderwyser aangestel. Hy het in Bloemfontein grootgeword voordat hy Taal en Kultuur met Frans as sy hoofvak aan die Universiteit van Stellenbosch kom studeer het. Hy het nooit beplan om ’n onderwyser te word nie, maar

toe die geleentheid aangebied word, het hy dit aangegryp. Sy eerste indruk van die skool was die respek wat deur Paul Roosers getoon word. Iets waarsonder mnr. Du Plooy nie kan leef nie is digbundels, veral romantiese Afrikaanse bundels. Vir hom is die snaaksste oomblikke in die klaskamer die toevallige innuendo‘s wat so af en toe uit iemand se mond glip.

Paul Roos Gimnasium verwelkom elk van dié onderwysers. Mag hulle elke oomblik van die skoollewe geniet.

Vasgevang en aangegryp deur die onderwysPaul Roos verwelkom toegewyde leerkragte

Foto

’s: D

anie

l Mol

ler

Foto

’s: N

ic d

e Ja

ger

Page 4: Volume 64 Gratis • Free - Paul Roos Gymnasium · van die onderwys verduur die eeue – dit is die fakkel van die beskawing ... In Desember 2013 is Jonasaangewys as die Kanseliersmedaljewenner

Maart 20164 | Semper

Kultuur • Culture

Simon Brand Reitz Broeksma

Die Graad 10-Duitsklas het in die Desembervakansie (2015) híerdie taal op ’n eerstehandse manier geleer: vergesel van me. Alet Conradie, wat die hele reis saam met me. Justyna Sobota van Pole beplan en gereël het, onderneem hulle ’n studietoer na Duitsland en Oostenryk, wat ook ’n uitruil in Pole en ’n dag in die Tjeggiese Republiek insluit.

Die reis begin in München, Duitsland, waar hulle die eerste dag op die hoogste spits in die Duitse Alpe tussen skitterwit pieke teen asembenemende snelhede met slees teen sneeuhellings afgly.

Die volgende dag besoek hulle München se besienswaardighede, onder meer die Karlsplatz, Hugendubel ('n sesverdieping-boek-winkel!), die Marienkirche en die reusagtige St Peters-toring, en beleef Glühwein en crêpes by die plaaslike Kersmark. ’n Alkoholvrye besoek aan die Hofbräuhaus word natuurlik ingepas – die Duitse drankwette is uiters streng en drank word nie aan jong toeriste bedien sonder dat hulle bewys lewer dat hulle al agtien is nie.

Op ’n koue, bewolkte oggend – gepas vir die donker konteks en verskrikkinge van menselyding waarmee die manne gekonfronteer word – besoek die groep die konsentrasiekamp, Dachau. Tus-sen barrakke, gaskamers en veras-singsoonde deur, kom die leerders van aangesig tot aangesig met die tragiese geskiedenis van die land wat hulle besoek.

Na ’n eendagtreinreis oor die grens tot in Oostenryk se Salzburg word die manne hier begroet met asemrowende paleistuine, die massiewe Dom en die geleentheid

om Mozart se geboortehuis te besoek.

Op 10 Desember vertrek hulle na Nürnberg, waar hulle drie nagte in ’n gerestoureerde middeleeuese klooster deurbring.

Hulle word geneem op ’n begeleide toer ónderdeur die stad – al met die tonnelnetwerk langs waar die Duitse owerhede tydens die Tweede Wêreldoorlog die stad se kunsskatte teen bomaanvalle verskans het.

Die besoek aan die Duitse kunstenaar Albrecht Dürer se huis is die hoogtepunt van dag twee.

Die laaste dag van die Nürnberg-verblyf word in Rothen burg deur gebring. Hierdie skouspel-agtige middeleeuse dorpie is die bes bewaarde ommuurde stad in Duitsland. Dit bied ’n yslike verskeidenheid Kersfeeswinkels – en die manne se resies teen die tyd om genoeg gekenke te koop, word ’n besienswaardigheid op sy eie!

Die volgende dag behels ’n treinrit na Wene, hoofstad van Oostenryk, vir ’n vierdagverblyf soos min ander, waartydens onder meer die natuur-historiese museum (waar iemand amper deur ’n dinosourus bespring is!) en die Weense Seunskoor (op uitnodiging, en ’n buitengewone ervaring) besoek word.

Die groep word ook uitgenooi na ’n Weense wynaand, waar hulle die Weense kultuur eerstehands beleef.

Op die laaste dag in Wene sluit studente van die LOTE-Gymnasium in Pole by die groep aan vir ’n toer deur die Schönbrunn-paleis. Na ’n besoek aan die Belvedere-kunsmuseum vertrek die manne saam met hul Poolse gashere per bus na Cieszyn, Pole.

Híér gaan hulle drie dae saam met die Pole skool; bak Kersfeeskoekies, werk aan projekte in Duits en leer

Duitse studietoer:Paul Roos op reisVan sneeubedekte pieke tot verassingsoonde, gastenks en ’n Sheepskin-dans

die Pole rugby speel.Hulle besoek ook Oscar Schindler

se fabriek in Krakau, beleef ’n dag by ’n wêreldberoemde ski-helling, woon ’n konsert in ’n uitgediende gastenk by en leer om skaapherdersdanse uit te voer – laasgenoemde ’n onverbeterlike

adrenalien-inspuiting!Met hierdie uitruil kry hulle die

geleentheid om ’n Poolse familie-Kersfees te beleef, maar weens die gebrek aan sneeu realiseer hul drome van ’n wit Kersfees glad nie.

Die manne kon nie uitgepraat raak oor die Pole se ongelooflike

gasvryheid nie. Dieselfde groep uit Pole het vanjaar by PRG besoek afgelê.

Só het ons manne geleentheid gekry om hul Poolse vriende met dieselfde gasvryheid en entoesiasme te ontvang waarmee hulle in Pole verwelkom is.

The Revenant*Christo Langenhoven

"Climate change is real. It is happening right now. It is the most urgent threat affecting our entire species …We need to support leaders … who speak for all of humanity … Let us not take this planet for granted. I do not take this award for granted." [Leonardo DiCaprio, on receiving his Academy Award for Best Actor]

We cannot turn down the opportunity to review a movie that bagged 3 Golden Globe Awards, 5 BAFTAS, and 12 Oscar nominations, finally resulting in 3 Academy Awards, (including Leonardo DiCaprio’s first-ever Oscar, after many nominations).

But the filming of the movie is significant and relevant for other more important reasons, particularly the leading actor’s passion for protecting and saving the environment.

Also, due to global warming, the crew had to trek from the North of Canada (where the film was to be shot) all the way to the tip of Argentina, in order to find enough snow). Secondly, Emmanuel Lubezki, who won an Oscar for Best Cinematography, preferred to do the impossible

by shooting the entire film in natural light.

Set in the 1820s in the American wilderness, now known as Dakota, it tells the story of Hugh Glass (DiCaprio), a fur trapper. He and his team are attacked and seized by Native Americans (the Arikara). While scouting solo to find a way of escaping the Arikara, Glass is mauled by a bear, and his team decides to leave him for dead. Fitzgerald, (Tom Hardy), is the antagonist who convinces the team that Glass should be left to meet his Maker. As Glass, impaired by his wounds, watches helplessly, Fitzgerald murders Glass’ son, Hawk, when no-one is looking, a n d l e a v e s Glass to a lonely death.

Despite life-threatening wounds, Glass claws his way out of his shallow grave, and begins his quest for vengeance.

DiCaprio gives the performance of his career, keeping audiences on the edge of their seats, whether scraping marrow from a frozen bone, going full-on Gollum on a fish, or keeping himself alive by sleeping in a horse carcass. On this, the actor has commented, "Some sequences were the most difficult things I’ve ever had to do … I was enduring freezing cold and facing possible hypothermia constantly.” DiCaprio, a vegetarian, repeatedly vomited while filming, as he had to eat, amongst others, bison’s liver in order to get a scene done properly.

Reviewers have praised DiCaprio for his performance, referring to it as an "astonishing testament to his commitment to a role" and as an "anchoring performance of ferocious 200 percent commitment”. The Revenant, expertly directed by Alejandro G. Iñárritu (who also won an Oscar for The Birdman in 2015), makes for a truly mesmerizing movie experience.

* Revenant: A person who has returned, especially supposedly from the dead.

Foto

’s: A

let C

onra

die

Page 5: Volume 64 Gratis • Free - Paul Roos Gymnasium · van die onderwys verduur die eeue – dit is die fakkel van die beskawing ... In Desember 2013 is Jonasaangewys as die Kanseliersmedaljewenner

Maart 2016 Semper | 5

Kultuur • Culture

Renier Hattingh

Daar is al dikwels deur verskeie Old Boys genoem dat die skool se Departement Kultuur die afgelope paar jaar ongelooflik baie gegroei het. Saterdag 27 Februarie se kultuuraand was metafories gesproke die vertoonkas van Paul Roos se musikale mag.

Van die skool se bekendste oudskoliere tot die gewone leerder was daar om te vermaak en vermaak te word. Die gehoor was mal daaroor – want wat is 'n verjaarsdagpartytjie sonder musiek nou eintlik?

Dit was vir Paul Roos en die oudskoliere almal 'n groot eer om by die geleentheid op te tree. Koos Kombuis, Heinz Winckler, Bertie Coetzee (van Zinkplaat), Herman Kleinhans (van Twee), Die Afro-boer (Gerald Clarke) asook Louis en Willem van der Merwe (Silver) het almal gesorg vir asembenemende vermaak.

Paul Roos se bekroonde koor en die sêr-groep het 'n paar keer saam met die kunstenaars opgetree. Die skool se orkes, Musica Perpetua, o.l.v. mnr. Stephan Bezuidenhout, het vir snaar-, koperblaas-, kontrabas- en kristalklank gesorg; Paul Roos moet hiermee dus ook sy susterskole, Bloemhof en Rhenish, bedank vir hul bydrae tot die strelende (en soms oorverdowende!) orkesklanke.

Die hoogtepunt vir die seuns was natuurlik om deel te wees van die massakoor wat uit al die Paul Roos se Graad 11‘s en 12‘s bestaan

Paul Roos is GROOT!Onvergeetlike Old Boys en 'n onvergeetlike aand

het. Ewig is ons Afrika, Lisa se Klavier en Time to Say Goodbye (in Italiaans, nogal) is deur die massakoor saam met verskeie kunstenaars gesing. Die laaste lied

was Do You Hear Paul Roosers Sing? – aangepas uit Les Miserables se Do You Hear the People Sing?. Die massakoor se uitvoering saam met die koor en die gaskunstenaars

is twee maal met staande ovasies beloon.

Mnr. Neville Rothman en Mnr. Burgert Kirsten het as die aand se seremoniemeesters opgetree en

hard probeer om te gehoor te laat skater. Die aand was 'n reuse sukses - ná vyf jaar se beplanning.

Paul Roos-lewe sonder musiek kan beslis nie 'n lied wees nie.

Portchie, ‘n alombekende en geliefde Old Boy het sy weergawe van Semper se mashoof geskilder.

Woordfees: Ons is bly hy’t gekom om te bly Christoff Loubser gesels met

Koos Kombuis

Ek is 61 jaar oud en vir die eerste keer voel ek weer soos ek gevoel het toe ek 16 was. Dit klink asof ek disleksies is. Maar ek is nie. Een-en-sestig en sestien het skielik vir my dieselfde betekenis.

Toe ek sestien was, het die lewe oop voor my gelê, soos ’n ry nat voetspore vroegoggend op ’n doubevlekte Markötter.

Maar noudat ek 61 is, is opstand en ontevredenheid aan die orde van die dag onder jong Suid-Afrikaners. Ek hoor weer die helder, suiwer protesstem van die Suid-Afrikaanse jeug wat vrae blý vra. Vrae wat deur die Suid-Afrikaanse kunslandskap beantwoord behoort te word – soos of ons nog blý kan wees oor die land

waarin ons blý.Dié jaar se Woordfeestema,

“Bly”, sinspeel hierop: vir ewig voortbestaan, aanhou, vertoef, woon. Maar ook: gelukkig, verheug, vrolik.

Van woorde alleen kan ’n mens nie lewe nie, maar vir Saartjie Botha, organiseerder van die US-Woordfees, is dit so naby soos dêmmit aan ’n vloekwoord of ’n mens sou kón! Dis darem tog die enigste fees in die land wat spog met ’n jaarlikse toename in kaartjieverkope.

Hoewel die hart van die Woordfees steeds in die wóórd lê, kom die feesorganiseerders vanjaar met ’n uiters diverse program vorendag.

Want die taal moet bly voortbestaan, al maak ons ruimte vir ander tale, ander kulture, ander lewensuitkyke.

Jong Suid-Afrikaners mag nie in isolasie gewikkel staan teenoor die wêreld waarin hulle bly nie. As hulle wortels stewig geanker is, sal hulle uit al hulle diverse ervarings, deur vriendskappe en nuwe idees, die regte keuses bly maak en dít behou wat betekenis dra en wat stabiliteit bied. Want Afrikaans blý deel van die lappieskombers van moderne invloede en aksente.

Ek kyk vandag, op 61, terug na my lewe, en al wat ek in die oggendherfs sien, is ’n ry nat voetspore oor die blink dougras van ’n Coetzenburg-rugbyveld.

REGS : Koos Kombuis, ‘n Old Boy, tydens sy optrede by “Paul Roos is Groot” op 27 Februarie 2016. Agter Koos Kombuis het koor hulle self oortref.

Kontrabasspelers Daniël de Villiers en Erkin Asefi fokus tydens hulle optrede saam met alombekende kunstenaars.

Foto

: Thom

as M

oss

Foto

: Thom

as M

oss

Page 6: Volume 64 Gratis • Free - Paul Roos Gymnasium · van die onderwys verduur die eeue – dit is die fakkel van die beskawing ... In Desember 2013 is Jonasaangewys as die Kanseliersmedaljewenner

Maart 20166 | Semper

Hoofartikelbladsy • Editorial

Eeufeesjaarhoofseun: ’n Halwe eeu later

Charl Smit

Die van ‘Hertzog’ ontlok by Suid-Afrikaners gedagtes oor leierskap; oor herinneringe aan die land se geskiedenis en oor die waardering van elegansie en klas. Paul Roos Gimnasium en die Hertzogs het al ’n merkwaardige pad saamgestap – Edwin Hertzog, sowel as sy ouer broer, Dirk, het aan Paul Roos Gimnasium gematrikuleer, onderskeidelik in 1966 en 1963. Edwin was hoofseun en sy broer redakteur van Semper. Albei was Rhodesbeurswenners – definitief iets in die gene!

Edwin Hertzog is in Pretoria gebore en het op die ouderdom van 3 jaar saam met sy ouers verhuis na Stellenbosch, waar Edwin vir die grootste deel van sy lewe die son sien opkom en ondergaan het. “Lekker, vooruitstrewend, en ontspanne” is drie byvoeglike naamwoorde wat Edwin gebruik om sy kinderjare te beskryf.

Edwin sê tong-in-die-kies dat hy eintlik meer belang gestel het in die “buiteklaskameraktiwiteite” toe hy op skool was. Hy was egter nie net ’n leier op akademiese gebied nie, maar ook op die sportveld: hy was ’n uithaler-sportman in veral rugby en krieket.

’n Stukkie inligting oor Edwin wat nie alombekend is nie is dat hy die hoofrol in een van Paul Roos se toneelopvoerings vertolk het.

Paul Roos se 100ste bestaansjaar, waartydens Edwin hoofseun was, was ’n uitblinkjaar – op sport- sowel as op akademiese gebied .

Die mediese veld het aanvanklik geen aantrekkingskrag vir Edwin gehad nie – tot laat in sy matriekjaar. Ná sy militêre

dienspligjaar by die lugmaggimnasium het hy met sy mediese studies by die Universiteit van Stellenbosch begin. Hy was gedurende sy studentejare onderskeidelik inwoner van Eendrag en Huis Francie van Zyl. Rugby, soos reeds genoem, is in Edwin se bloed. Hy het vir Maties se O/19A én vir hulle O/20A gespeel, asook vir WP O/20. Weens verskeie redes het hy egter opgehou met rugby en eerder meer hokkie, muurbal en gholf begin speel. In gholf het hy later ’n Oxford “blue” verwerf.

Gedurende Edwin se 3de jaar op universiteit is hy tot klasvoorsitter verkies. Dit het hom outomaties toelating gegee tot lidmaatskap van die Tygerbergstudenteraad, waarvan hy die posisie van sekretaris/tesourier ingeneem het. Hy sê hy het elke posisie waarin hy verkies is, tot die beste van sy vermoë probeer behartig. In sy 4de jaar was hy steeds lid van die SR (Studenteraad), en in sy 5de jaar is hy tot voorsitter van die SR verkies.

Edwin was gedurende die apartheidsjare ten gunste van gelykheid, regverdigheid en demokrasie. Dit het verskeie opslae tot gevolg gehad, maar Hertzog het bly staan vir dit waarin hy geglo het.

Met sy Rhodesbeurs het hy ’n diploma in industriële geneeskunde in die Verenigde Koninkryk verwerf.

Daarna het narkose vir Edwin na die regte spesialiteitsrigting gelyk en hy het homself as narkotiseur bekwaam. Terwyl hy in die privaatpraktyk was, het hy die behoefte aan meer teaters raakgesien. Sy vennote en kollegas het gedink Edwin droom drome en sien gesigte, maar hy het nog steeds ’n sakeplan opgestel – wat, nodelooos om te sê, afgeskiet is.

Dr. Anton Rupert het Edwin na drie jaar in die privaatpraktyk namens die Rembrandt-direksie genader en hom gevra om hom by die Rembrandt-groep aan te sluit. Edwin het die aanbod aanvaar en ’n sigaret-verkoopsverteenwoordiger geword. Gedurende die middel tagtigerjare het staatshospitale swaar gekry en daar was druk op die privaatsektor. As gevolg van ’n groot aanvraag en op aanbeveling van Edwin, het Rembrandt in die middel-tagtigerjare hulle eerste belegging in die privaathospitaalsektor gemaak. Edwin het die leiding van dié sektor

van Rembrandt geneem met die bou van MediClinic Panorama as die eerste projek. Só is die MediClinic-groep gebore. “Dit was senutergend” sê Hertzog, aangesien die sukses van MediClinic indirek van hom afhanklik was.

MediClinic was ’n “wenresep” en dit was nie lank nie of nog vele ander hospitale word gekoop en gebou en landwyd uitgebrei. Alhoewel die beginjare van MediClinic se bestaan moeilik was – winsprojeksies is nie behaal nie en mense was moedeloos – sal baie mense vandag, ná 33 jaar, saamstem dat MediClinic iets besonders is. Dit sal binnekort die 3de grootste hospitaalgroep in die wêreld buite die VSA wees.

Edwin is met Elsa Erasmus getroud en hulle het drie kinders. Hulle spog ook vandag met agt kleinkinders. Hul oudste seun was in 1996 tesourier van Paul Roos Gimnasium se leerlingraad en die jonger seun hoofseun in 1998.

“Life is tough; get on with it,” is woorde wat Edwin meer as een maal in die onderhoud genoem het. Maar met harde werk, rasionele denke en die regte ingesteldheid kan jy die “tough life” wen, sê dr. Hertzog.

’n Wenk wat Edwin aan elke Paul Rooser gee, is dat vandag en môre baie belangriker is as gister of eergister – kyk vorentoe, werk stelselmatig en moenie spyt wees oor enigiets nie.

Daar is verskeie sleutels tot sukses, maar in die meeste gevalle gaan sukses wel gepaard met harde werk en deursettingsvermoë.

Hoewel Edwin Hertzog in ’n stimulerende omgewing grootgeword het en altyd deur merkwaardige figure omring is, het hy óók terugslae beleef en laagtepunte ervaar. Die keuse was immers syne of hy gaan toelaat dat ’n laagtepunt sy ondergang beteken en of dit hom sal aanspoor tot hoër hoogtes.

Vandag ken ons die antwoord hierop.Edwin is ’n man wat altyd optimisties

en realisties is – twee hoogs aansteeklike eienskappe! Hy is ’n man vir die oomblik … ’n oomblik wat nie góú sal verskiet nie.

Paul Roos Gimnasium se eeufeesjaar-hoofseun, Edwin Hertzog (1966), se nalatenskap sal ongetwyfeld vir nog baie jare bly voortleef!

HartIn. Af. Uit. Terug. Af. Uit.

Só vloei bloed deur jou lewensaar. Kragtig. Reëlmatig. Onophoudelik.

Soos die hart die pasaangeër vir jou liggaam is, so is Paul Roos al die afgelope 150 jaar die pasaangeër vir duisende jong manne se lewens.

Soos bloed deur die hart se vier kamers beweeg, so beweeg leerders deur die klaskamers en gange van Paul Roos. Sonder bloed kan die hart nie pomp nie. Sonder elke leerder kan Paul Roos nie funksioneer nie. Soos bloed uit verskillende komponente bestaan, so divers is die leerders. Diversiteit is deel van die lewe. ’n Lewe sonder diversiteit, is vaal, onaantreklik en doelloos. Stap deur die gange en geboue van Paul Roos en dis asof jy die diversiteit kan ruik en hoor!

Soos suurstofarm bloed begin jy jou skoolloopbaan. Al die nuwelinge het een doel voor oë: om die “hartsiklus” as suurstofryke bloed te verlaat. Die siklus, ongeag hoe lank dit aanhou, bly vir elke leerder dieselfde: doelgerig, noukeurig, gedissiplineerd, kragtig. Alles met die doel om waardevolle inligting oor te dra ten einde ’n bruikbare produk te lewer.

Versteurde hartritmes, bloedklonte en borskaspyn mag dalk gedurende die hart se lewensiklus voorkom. Net soos kardioloë probleemareas kan identifiseer en behandel, net so kan bekwame onderwysers leerders korrigeer, inspireer en motiveer. Alhoewel die behandeling nie altyd pynloos is nie, weet jy dit maak jou sterker, dit ontwikkel jou karakter en dit berei jou voor vir die lewe buite die “hart”.

Vir die hart om suksesvol te funksioneer, moet elke komponent aktief betrokke wees en sy deel doen. Elke leerder se betrokkenheid en lojaliteit is belangrik vir sukses. ’n Hartdefek sal nie onbehandel gelaat word nie.

Soos die hart suurstofryke bloed wat noodsaaklik is vir lewe die liggaam instuur, so stuur Paul Roos jongmans die lewe binne met eienskappe wat nodig is vir ’n suksesvolle lewe: Trots, respek, geduld, gentlemanship, uitnemendheid, integriteit en verantwoordelikheid – eienskappe wat nog steeds ná 150 jaar in die mode is en vir seker oor die volgende 150 jaar nooit uit die mode sal gaan nie.

Paul Roos se 150 jaar-storie van trots wat die afgelope jaar gevier is, is beskryf op die voorblad. Meer oor Paul Roosers se betrokkenheid en lojaliteit kan op bladsy 5 gelees word, waar die massakoor by “PRG is Groot” behoorlik die gehoor betower het.

Hier word manne gekweek wat saam kan lag, saam kan huil, saam kan werk en saam kan speel.

Mag die hart vir die volgende 150 jaar nog net so kragtig, dinamies en onophoudelik klop.

Semper Splendidior!-RED

REDAKSIONEEL

This cartoon was drawn by an excellent artist in grade 11, Thomas Moss. This cartoon portrays all the activities during the past year. We specially would like to give thanks to Mr Van Niekerk and Ms Stofberg for all their efforts.

Page 7: Volume 64 Gratis • Free - Paul Roos Gymnasium · van die onderwys verduur die eeue – dit is die fakkel van die beskawing ... In Desember 2013 is Jonasaangewys as die Kanseliersmedaljewenner

Maart 2016 Semper | 7

Hoofartikelbladsy • Editorial

When one looks at the events that took place during this first term, there is one critical question that needs to be asked: What have we achieved?

To answer this question, we first need to define what achievements are. The denotative meaning of the word “achievements” is “the act of accomplishing, attaining, or finishing something”. It implies that a mission had been accomplished. It is not something that simply happens. It is intentional and purpose-driven. It can be said that every achievement has its origin in the initial decision to attempt to attain a specific goal.

We now know that achievement is the product of a choice, but what is the product of our achievements? It is important to consider this, because we spend so much time and energy in reaching our goals.

Are the fruits of our achievements simply value added to our future and that of our school? We all know the cliché: “Pain is temporary, but glory lasts forever”. A cliché, maybe, but nevertheless a very precise illustration of the point I am trying to make: One chooses to achieve a goal, even though a temporary concerted effort is required, and by achieving your goal you may attain everlasting glory.

Therefore we need to change our perspective. We should shift our focus from what and who we are now to concentrating on what we want to be in the future. Instead of choosing things based on present comfort zones, we need to make choices based on future benefits.

Voordat dinge te filosofies raak, moet ons darem eers ook ’n bietjie prakties raak.

Dink ’n slag aan alles wat ons as ’n skool vanjaar al bereik het. ’n Oorwinning oor Boishaai by die Driehoek-byeenkoms (kyk bl. 12), ’n tweede plek by die jaarlikse Gerrie Berner-tennistoernooi (bl. 10), die stigting van die “Second Milers”, ’n suksesvolle verjaardagviering (bl. 3), wat ingesluit het ’n ongelooflike kultuuraand, gekenmerk deur professionele en fyn afgeronde optredes deur ons koor, sanggroep en orkes (bl. 5).

Hoe het hierdie prestasies ons skool bevoordeel? En watter waarde het dit aan Paul Roos toegevoeg?

Ek kan dink aan ’n paar voor-die-hand-liggende voordele: die suksesse by die onderskeie kompetisies en wedstryde het bygedra tot ons kultuur van uitnemendheid en hardwerkendheid. Die feesvieringe dien as ’n herinnering aan die voorreg wat ons het om in ’n skool te wees waarvoor ons almal so lief is. Die harde werk van die sportspanne en die kultuurgroepe sal dwarsdeur die jaar uitstaan as voorbeeld van dit wat volgehoue deursettingsvermoë en deeglikheid uiteindelik tot gevolg het: uitnemendheid op alle gebiede.

Daarom moet ons dink aan die vrugte wat ons besluite oplewer. As ons wil aanhou om elke dag met meer uitnemendheid te lewe, moet ons let op die besluite wat ons neem. Hierdie besluite sal ons in staat stel om suksesse te behaal, klein sowel as groot.

Sodoende sal ’n altyd helderder toekoms aan ons behoort.

Semper Splendidior!Ben-Jason Dixon (Hoofseun 2016)

IN PERSPECTIVE

Waldimar Pelser

Protesbewegings in Kaapstad in 2015 en Oxford in 2016 het die nalatenskap van Cecil John Rhodes vierkant op die agenda geplaas. En dis nie net voornemende Rhodes Scholars van Paul Roos wat dit opgemerk het nie.

In hierdie stryd, wat met standbeelde min uit te waai het, het studente op kampusse wêreldwyd ’n botsing raakgesien tussen behoud en verandering, tussen respek vir nalatenskap en die tot stand bring van ’n nuwe orde, tussen die elite en die res. Dit het by hulle geresoneer. Rhodes se beelde het die simbool geword van alles wat jong mense wat graag wil swot soos buitestaanders laat voel: sillabusse wat nie bygehou het met ’n snelveranderende wêreld nie en volgens hulle te Eurosentries is; dosente wat te wit en manlik is; en veral die feit dat geld ’n veels te vername voorwaarde vir toegang tot die beste universiteite geword het.

Hoewel min behoudende stemme by die Universiteit van Kaapstad opgeklink het in die aanslag daar op Rhodes se bronsbeeld, wat in April 2015 van sy voetsuk verwyder is, het akademici in Oxford nogal laer getrek rondom Rhodes, wie se beeld by Oriel College, Rhodes se alma mater, pryk. Voor in die proteskoor téén #RhodesMustFall was Chris Patten, die universiteit se kanselier en laaste Britse goewerneur van Hong Kong (’n onlangse kolonialis, dus): “Een ding wat ons nooit kan verdra nie is onverdraagsaamheid.

Ons wil nie ons universiteit verander in ’n vaal, saai voorstad van die siel met ’n dieet van intellektueel sagte kossies nie,” het Patten in Januarie gesê. Oor eise, ook van Suid-Afrikaanse Rhodes Scholars, om die Rhodes-beeld te verwyder, het hy gesê: “Ons geskiedenis is nie ’n blanko folio waarop jy jou eie weergawe kan skryf oor hoe dit moes gewees het volgens ons kontemporêre sieninge en vooroordele nie.” Oxford-studente slaap en studeer volgens hom in wonderlike geboue en doen dikwels navorsing met geld wat gemaak is “met aktiwiteite wat tereg vandag veroordeel word”.

Vir studente wat glo die beeld moet val, is die geveg deel van ’n groter stryd om meer swart stemme by ’n plek soos Oxford te hoor en meer swart gesigte daar te sien. Dieselfde was in Kaapstad die geval.

Die debat oor toegang tot hoër onderrig is ’n kernbelangrike een. Te veel jong mense word inderdaad uitgesluit van studie bloot omdat hul ouers nie geld het nie, of, in Suid-Afrika, om hulle nie die klas skoolopvoeding kan bekostig wat jou toerus om by top-universiteite te floreer nie. In ’n billike stelsel sal die heel armste slimstes langs die rykste slimstes in lesinglokale by die beste universiteite sit, en sal matrieksertifikate van Stellenbosch tot in Soweto dieselfde waarde hê.

Die stryd om toegang is een waarteenoor Paul Roosers, wat al sedert 1902  vir die Rhodes-beurs kan  aansoek doen en uitgesonder is deur Rhodes in sy testament, nie onverskillig behoort te staan nie. Want om ’n skoolloopbaan by Paul Roos te voltooi plaas jou reeds in die binnebaan. Dit maak jou reeds lid van ’n relatief bemagtigde elite. Dit gee jou

reeds ’n akademiese voorsprong en dit gee jou ’n disproporsioneel goeie kans om eendag die Rhodes-beurs te kry, wat steeds een van die wêreld se gesogstes is.

Op ’n ligter noot: Die Afrikaanse student wat in 1902 by Stellenbosch Boys High School die hoogste punte by die seleksiekomitee vir die Rhodes-beurs gekry het, het geweier om met Rhodes se geld by Oxford te studeer, so min het hy van dié Britse imperialis gehou (dit was die jaar waarin die Boere die oorlog verloor het, onthou).

Beteken dit vandag se Paul Roosers moet ook vir Rhodes se geld neus optrek, want #RhodesMustFall?

Nee wat. Vat sy geld en reis na nuwe plekke in jou kop. Vat sy geld en daag die idees waarmee jy so gemaklik geword het, uit. Vat sy geld en spesialiseer in jou akademiese gebied: Uitnemendheid is ’n waardige strewe. Vat sy geld en ontwikkel jou eie visie van hoe ’n beter, meer regverdige wêreld behoort te lyk, en doen dan iets daaraan.

Want Rhodes, die indrukwekkende nyweraar en mynmagnaat, wat sy fortuin danksy vindingrykheid en goedkoop swart arbeid gemaak het, se eie visie van wit Engelse heerskappy is nie net op dramatiese wyse deur die geskiedenis ingehaal en gediskrediteer nie – dit was ook taamlik oninteressant.

Waldimar Pelser (matriek ‘96) was die ontvanger van 2002 se Rhodes-beurs by Paul Roos en het in 2004 met ’n MPhil in Ontwikkelingstudies aan Oxford gegradueer. Sy loopbaan as joernalis het by Semper begin. Sedertdien het hy draaie in Nigerië gegooi en deesdae is hy hoofredakteur van die Sondagkoerant Rapport.

Semper ScribensSemper se oudredaksielede sê hul sê

Johan Schoeman

I look at our magnificent country and all its people and the only thing I see is negativity. Negativity as far as the eye can see. I look at our magnificent country and all its people and my eyes fill with tears.

I've lived in South Africa all my life and I wouldn't want to call any other place home. I am incredibly privileged to be a part of the born-free generation. Born free. Freed from the shackles that tore into our country's tender skin. Freed from the hate, the racism and the suffering. Or so I thought…

I woke up to a Twitter storm one morning after a deranged real estate agent compared black beach goers to monkeys. An employee of the Gauteng Department of Culture, Recreation and Sport subsequently called for the slaughter of all white South Africans. Where is the love, I ask you with a lump in my throat. Where is the love? Get up from behind your laptop, your 140-character Twitter opinion can wait. Go out and make a real effort to eradicate racism in your community. Make an effort to clean up the garbage that people like Penny Sparrow and Velaphi Khumalo leave behind.

Our beautiful country was ripped apart by the claws of Apartheid and many of the problems we face today can be placed at the feet of that very evil. Apartheid might have been the cause of racial hatred in South Africa, but that definitely doesn't make it an excuse you can hide behind just because your thought processes date back to the 60’s.

Apartheid left behind a putrid can of worms, half opened and left to seep into the very fabric of our nation, but isn't it time for us to stop pathetically looking for people to blame and take responsibility for our nation's future? The racist white elephants of the past have thrown our nation into the deep end and President Zuma seems to be poking holes in the life raft, but are we really going to waste our last breath by complaining that life isn't fair? I don't think so. Screw them all. Screw the white elephants, the pessimists and the haters. Screw the greedy politicians, stuffing their mouths while the nation dies of hunger. Most of all though, screw the racists that still inhabit our country like parasites, poisoning our blood stream. Let them drown in their own self pity while we rise above our obstacles to become the South Africa we were destined to be. The South Africa Madiba knew we would one day become.

I hereby call upon all South Africans to inspire change within themselves and within their communities and start a revolution. A revolution that will mark the end of inequality, hatred and racism and will spark the birth of a great South Africa.

I look at our magnificent country and all its people and I see hope. Hope as far as the eye can see. I look at our magnificent country and all its people and my eyes fill with tears. Tears of happiness. Happiness at the knowledge that South Africa will rise and rise again from the demons of its past like a Phoenix from the ashes, until the lambs become lions.

Put that on your banner in Long Street.

#SA_MUST_RISE(Semper invites opinions from opinionated Paul Roosers)

Redaksielys

KERNREDAKSIEHoofredakteur

Charl Smit

Tegniese redakteur Justin Reinecke

Adjunkredakteurs Matthew Cooper

Jurgen Badenhorst

Nuusredakteurs Johan SchoemanRenier Hattingh

Hooffotograaf Thomas Moss

VERSLAGGEWERS Simon Brand (Hoofverslaggewer)

Hans Neethling Luke White Jaco Marais Reitz Broeksma

Neil Olivier

STUURDINGETJIES Luke White

CP Kok

SPORTREDAKSIE Calvin Durr Alexander Klose

Charlie Morkel

KULTUURREDAKSIE Christoff Loubser Christo Langenhoven

Rayno Blomerus

FINANSIESRuan de Beer

UITLEG ASSISTENTE Thomas Butler Philip Ellis

Mico Hefer

ONDERWYSER NIE IN BEHEERHesti van der Mescht

Page 8: Volume 64 Gratis • Free - Paul Roos Gymnasium · van die onderwys verduur die eeue – dit is die fakkel van die beskawing ... In Desember 2013 is Jonasaangewys as die Kanseliersmedaljewenner

Maart 20168 | Semper

Sosiale Blad• Social Page

Dorings aan die roosDisclaimer:

The opinions expressed in Semper do not necessarily reflect those of the editorial team or the staff of PRG.

Jaco Marais

’n Hees, rou stem, ’n songebrande gesig, hoendervleis van “Old Boys” sing en ’n hart wat net maroen gees deur jou are laat pomp. Ons almal ken dáárdie gevoel op ’n Saterdagmiddag by Markötter, maar sonder “The Cartel”, die cheerleaders van vanjaar, sal ons dalk nie daarby uitkom nie. Dié groep, tesame met die Drumline en Bloemhof se danstroepies het seker gemaak dat die Driehoek-atletiekbyeenkoms se geesvlakke deur elke Paul Rooser onthóú sal word.

Aan die hoof van die groep geesvangers verantwoordelik vir Paul Roos se ongeëwenaarde gees en energie, is Hanré “Strandbrak” du Toit. Semper het bietjie meer gaan uitvind oor die man wat hier leiding vat.

Toe Hanré gevra is oor wat hy dink drie eienskappe is wat elke Paul Rooser moet hê, kom die antwoord dat hy goeie hare moet hê (’n lekker “comb-overtjie” werk altyd), hy moet goed met die dames oor die weg kan kom en hy moet vir homself kan opstaan en sy man kan staan in ’n argument.

Hanré het in die Strand grootgeword en was in Laerskool Lochnerhof, waar hy ook sy liefde vir die see en vir branderplankry ontdek het. As hy nie in die see is nie, woon hy graag partytjies saam met sy vriende by, spandeer tyd in die natuur of met diere of gaan kuier so af en toe op

Gees-profiel: Hanré du Toit

hulle plaas. Hanré sê ook hy hou baie van lekker kos, kosmaak en om nuwe geregte te toets.

Natuurlik hou hy ook van sy sport(s) en glo dis belangrik om net die lewe te geniet. Hy is op die oomblik in die eerstespanoefengroep. Buiten dit beskou hy homself as ’n

sterk deelnemer aan die sportgebied van sosiaal wees.

Dit is vir ons geen verrassing dat sy gunsteling Paul Roos-lied “Old Boys” is nie. In tweede plek kom die nuwe “Allez” wat vining vlam gevat het onder die Paul Roosers.

Ná skool wil Hanré dalk

ingenieurswese of regte gaan studeer, maar die belangrikste is dat hy nog altyd vir Paul Roos sal ondersteun.

Die cheerleaders met Hanré aan die spits beplan om seker te maak dat goeie gees en liefde vir die skool ’n prioriteit bly en om ’n goeie basis en nalatenskap (“legacy”) agter te laat vir

volgende jare se cheerleaders. Wees reg vir ’n jaar vol gees in

Paul Roos met die Cheerleaders en sing uit volle bors sodat “Old Boys” later vanjaar vér oor die vaal velde van Grey Bloem trek en nog lank ná die Grey PE-naweek teen die Pieke weergalm.

Foto

: Thom

as M

oss

Kaptein Bosch-Otter was lelik ontsteld toe die vorige Dorings aan die Roos uit Semper gesnoei is. Die Desembervakansie het wel met sappige skinderstories daarvoor vergoed. Maar wat Desember langs die kus gebeur, spoel weg saam met die waves, of so sê BarretDW. So ons wil ons verhaal in 2016 begin.

Maar ongelukkig was ook die Matrieks oor Desember bedrywig. JandréVDW het gesorg vir die meeste opwinding. As hy nie vir LaraB laat huil het nie, was hy besig om vir MinéP te verduidelik hoe touchies werk. Shotgun. ChristopheC het nes die binneland ’n ernstige droogte gehad, tot IsabelleS se teleurstelling. Gelukkig het TneilB ons onderhoofseun se leiding gevolg.

Die droogte het almal geraak, maar CarlM se plaas het beter gevaar as FrancoisK s’n. Die reën het net bo-oor Faf aan Carl se kant geval. MatthewC link op met JoSoFineK maar keer terug na whoEls. CharlotteB was duidelik op die jag uit maar kwes toe vir JurgenB.

MartinL en JanaH staan nog sterk… of is dit al AnjaJ? GJB word nie ontmoedig deur laataandglipsies in Mystic Boer

nie en is stewig op dreef met CarisseC. DewaldL het die classic “ek is Ansoné se broer” gegooi en toe vir MeganL inkatrol. JeanF hardloop agter LukaH aan. Let wel ágter. AlexB en ShaniS stry nog oor wie ’n groter biceps het.

PaulaV kom elke naweek weg met ’n merkie in haar nek, maar BenjeM belowe dis net lovebites. BlertsieF het iets hier in Suid-Afrika gevind in AnikaMA. WarrenE loop laataand in Hermanus rond, op soek na ’n potensiële vangs.

PamelaK wil inpas en raak gesellig met AmeC soos almal al gedoen het. AnsonéL het ’n date belowe as hy first team maak. BT! DunellVT het vergeet om haar paspoort saam te vat Hermanus toe en toe neem CobusJ reg in eie hande, nogal vir drie aande. JanHendrikD klim uit die kas uit en skakel mooi met RenéR.

Niemand is seker wat HannesV aanvang nie, maar ons weet dit het iets te doen met birds.

Die manne het ons naam hoog gehou by die jaarlikse Vensters. JohannJ het vergeet om vir ComineVZ iets te gee. Meanwhile wonder KarlienK wat sy verkeerd gedoen het. StephanT het nie vanjaar weggeraak nie danksy NicolaV, wat hom op die pad hou.

EstiaanR en MarizanneB is steeds saam. Daar móét nou al ‘n ring êrens

wees. AlexVK het liefde gevind in bier, soos verwag kan word van die Duitser.

Graad 11JohanB het die jaar mooi afgeskop met

LouiseH in ‘Antie se Agterkamer’. Dis nou waar AlouisP gereeld ’n FaffaK trek en na enigiets gryp wat beweeg. Kaptein Bosch-Otter verseker ons FaffaK sal kan help as jy jou meisie se nommer verloor. Moenie worrie nie, hy ‘het ’n meisie’. JaqcuesP was nie seker hieroor nie, toe tree PappaNel in en join MichaelS se fight club. Dit blyk Vensters se blindings was dié jaar net op skrefies oop. KyrenM sal ongelukkig nie daarvan kan getuig nie, aangesien hy besluit het om liewers ’n warm stort te vat en by JohnC se sussie te gaan kuier…

Kaptein B-O sien dat JohnC, DaniëlB en DavidK deesdae baie sweet in hul langmouhemde. DJK het homself met ’n Ysie probeer afkoel, maar André-LouisP het dit by hom gesteel, amper soos BarretDW vir HannahH by MarcelVDM gesteel het. Kaptein B-O voel dat dit hoog tyd was dat BarretDW ’n slag wen. Langafstandatlete vat hulle tyd. Tog het Feelgood rats verby MarcelVDM in CecileK se arms in gehardloop. Nadat RousieL weggeswem het, wil niemand meer aan hom byt nie.

LukeW het die eerste happie gevat aan MicaelaT-roomys, MichielB het die cone gekry, maar AdriaanB het die flake

gevat.Wanneer MichaelS nie ekstra lesse kry

by die proefstudente nie, eet hy RuanDB se flake. RuanDB sê die ding was in elk geval gesmelt en Kaptein B-O meen al die deodorant het dalk te veel gekos. ReginaDW sê sy moes te veel kougom koop vir JaqcuesDW se biltong-asem. Kaptein B-O beveel aan dat hy met BenjaminV moet praat as hy nie weet hoe om vir ’n ses geslaan te word nie – CarlaK is ’n uitstekende kolwer. Kaptein B-O sal maar vir almal ’n kopié van LehanV se playbook moet koop as dinge só sleg gaan.

Dinge gaan glad nie té sleg met NicolaasVP nie. Kaptein B-O is bang as sy bene teruggroei, gaan LienkieL sien hy kan nie goed fietsry nie en terughardloop na Rico toe. AlexanderK en JoshA moet leiding gee aan al die manne wat die verhoudingslewe wil betree: BarretDW en HannahH, ColeN en MoniqueS, LourensS en ANONIEM. Kaptein B-O meen dié brief was amper so teleurstellend soos al sy ducks. Wanneer ChristianS nie na video’s kyk nie, probeer hy steeds om uit die friend zone te kom met JankeP. Toe ChristoffL vir Jana-MariW vra: ‘Wat’s nuus?’ toe sê sy sy en Schmeisser speel ook deesdae karretjies, want sy foto’s van blomme het haar hart gewen, nie Christoff se punte nie. JohanS is deesdae so besig om oor

die Eersterivier te loop met sy slackline dat CharlS net altyd voor hom bly in die lewe … maar vir JohanS het Paasfees gelukkig ’n bietjie vroeër gekom, met DieKonyn wat vir hom blou eiers gebring het.

Kaptein B-O het gehoor dat ChrisL, MiekeF se knieë gewas het nadat sy TiaanVN se foon in die bosse gesoek het. Kaptein B-O wil graag haar Durbanville-vriend, Makakaninogcoolernie, leer ken aangesien hy sommer Paul Roosers uit die klas uit kom haal (of jou matras uit jou kamer uit). Sy aanhangers TiaanVN, NicolaasVP en PieterK kan almal nóg cooler word. KyleS en ColeN probeer hard om so mooi soos JesseH te wees en neem heeldag selfies. Ten minste flex hulle nie op elke foto nie – StefS en ElsjeA hou so baie van dié fotos, sy koop glad ’n vliegtuigkaartjie Engeland toe. ThomasM moet liewers nie weer iemand van oorsee huisves nie, want Natalie het hom gou gewys hoe smaak Pole.

InkeB se neus het NiehausL harder getref as wat hy met sy tweeyster kan dryf. Hy sit ongelukkig nog vas in die sandbank met ClaudiVC. Aaai ... Die lewe is soos ’n taai 18 gate vroeg Sondagoggend ná ’n laat Saterdagaand. Kaptein B-O wens almal sterkte toe. Mag daar nog baie lekker gholf gespeel word en mag die Graad 11’s hulle telling onder baansyfer hou.

Page 9: Volume 64 Gratis • Free - Paul Roos Gymnasium · van die onderwys verduur die eeue – dit is die fakkel van die beskawing ... In Desember 2013 is Jonasaangewys as die Kanseliersmedaljewenner

Maart 2016

Leerlingraadkolom

Semper | 9

Forum

Alten du Plessis

"Verhoudings is vir my belangrik en ek voeg waarde toe deur ander te bemoedig met die wete dat ek daagliks deel vorm van Paul Roos geskiedenis."

Hierdie woorde uit ons erekode som die Leerlingraad se missie vir die jaar mooi op. Ons streef daarna om verhoudings te verbeter: tussen grade, met ons meisieskole en met ons gemeenskap – die mense van Stellenbosch.

As you probably know by now, the motto of this year's Student Council is:

Often tested.Always loyal.Brothers forever.Generations of Paul Roosers who

have passed through the sacred gates, who have walked on the hallowed Markötter fields and have touched the plaque above the wooden door in the Japie Krige Hall, have also set a certain standard as to what a Paul Rooser should be. We, the Paul Roosers of today, are tested and measured against these benchmarks all the time.

Therefore we are often tested against incredibly high standards.

Die tweede deel van die leuse dui op die belangrikheid van verhoudings: ons moet só gevestig wees in wat ons glo en op wie ons kan vertrou dat ons die aanvalle en verwagtinge kan afweer en bo die uitdagings kan uitstyg om nog hoër standaarde te stel. Om altyd lojaal te kan bly is dit van kardinale belang om in te koop by die idee van 'n maroen broederskap, wat behels dat jou broer altyd vir jou uitkyk.

Vir ons, die Leerlingraad, sal hierdie droom van 'n broederskap gerealiseer word as ons die seuns so ver kan kry om óral op te daag en met hierdie tipe lojaliteit verhoudings te versterk. Ons skep geleenthede vir die verwesenliking van die droom deur seuns, benewens sportbyeenkomste, ook by goed soos debatkompetisies en kultuurgeleenthede te kry, met inisiatiewe soos die Second Milers en die Graad 8-mentorprogram.

As ons dit kan regkry om dié tipe broederskap in die fondamente van Paul Roos Gimnasium in te messel, sal die laaste deel van die leerlingraadleuse baie maklik wees, want dan sal ons werklik "Brothers forever" wees.

Die visie is om 'n skool van wedersydse liefde te kweek.

A school that is truly worthy of all the accolades it receives.

Haarlose Matrieks...

Hans Neethling, 8A2

Om by ’n ope aand van ’n moontlik toekomstige skool weg te stap en verseker te weet dat dít die skool vir jou is, is sekerlik enige Graad 7 se wens. Dit was nie vir my nodig om na enige ander ope aande te gaan nie; hier wou ek wees!

Die gedagte van koshuis toe gaan was opwindend. Later het ’n mate van onsekerheid ingetree en gou was dit realiteit. Die verwelkoming was goed. Niemand is verneder of afgebreek nie. Alles maak deel uit van die broederskap-band wat vorm en voortduur.

Die Prestige-atletiekbyeenkoms was indrukwekkend en ’n kans om so ’n bietjie met die Bloemhof-meisies kennis te maak. Gou-gou is daar nommers uitgeruil en selfs afsprake gereël.

Hokkie is my passie. Dis nogal

intimiderend om by proewe op te daag en daar is beslis meer as vyftig kinders wat aanspraak wil maak op ’n plek in ’n goeie span. Onthou, by die Laerskool Swartland, waar ek vandaan kom, was daar maar twee volledige spanne. Ek is egter vasberade om my beste te gee, maar veral om te groei sodat ek die beste ék kan wees wat daar is.

Die akademie bly nie agter nie. Dit kos nogal fyn beplannning om die toetse, sport en sosiaal mooi te koördineer.

Ek kyk op na die Matrieks en ek is trots om deel te wees van hierdie groot masjien. Ek weet ons bou voort aan ’n kosbare tradisie. Hier is soveel geleenthede. Die uitdaging is om dit aan te gryp.

Elke ratjie moet goed ge-olie voortdraai om uiteindelik die groot Maroen Masjien suksesvol te laat funksioneer.

• Onsspesialiseerinoorspronklikeskilderye deurbekendeSA-kunstenaars.• Professioneleraamwerk,bvskilderye,spiels,

sertifikatePleinstraat71Stellenbosch0218865656jcgalery@mweb.co.za

Ma-Vr 9:00•17:30Sat 9:00•13:00

Johan Coetzee Kunsgalery/Art Gallery

OCEANSIDEDROP & GOWash dry & Fold

only R10.00 per Kg

Drop and collect

07h00 ­ 18h00Tel: 021 ­ 853 3334

Cell: 082 329 0415

106 Beach Road

Grasso Building, Strand

JuneOpening Special!

Under new management!

Matthew Cooper (12A3)

Na vier jaar op hoërskool was dit uiteindelik tyd vir Paul Roos se kaalkopmatrieks om hul laaste jaar aan te pak. Dit is egter die kaalkoppe met die strepiesbaadjies wat bygedra het tot die vorming van ’n naïwe post-graadseweseuntjie tot ’n waardige Paul Roos-jongman.

Alhoewel die verwelkomings-pro gram groot opgewondenheid on der die leerlingraadlede gewek het, het dit terselfdertyd ’n gevoel van onsekerheid geskep soos die eerste dag begin nader kruip het – onsekerheid in die sin van nie weet wat om in sommige situasies te doen nie en nie altyd te weet hoe om die nuwelinge aan te spreek nie.

Hierdie onsekerheid het sommer die eerste oggend al dadelik verdwyn en die kaalkoppe het op dié oomblik presies geweet hoe om die nuwelinge te verwelkom. Die inneem van ’n vals persoonlikheid as ’n taai, streng en intimiderende Matriek was ’n uitdaging, maar nogtans groot pret.

Om te sien hoe die Graad 8’s respek, dissipline en Paul Roos-waardes aanleer en uitleef, het die kaalkoppe aan hul eie eerste drie dae-sonder-das herinner. Om dieselfde blydskap

van vier jaar in daardie Graad 8-ogies te sien toe hulle hul dasse kry, was werklik spesiaal.

Die eerste oggend was ’n oggend vol emosies vir party. Emosies soos vrees, onsekerheid, opgewondenheid en kwesbaarheid het gepaard gegaan met die oorweldigende hitte van die Japie Krige-saal en die warm, dik maroen baadjie.

Ons was al almal daar … Soos die drie dae van verwelkoming

verbygesleep het, het die mannetjies egter mooi by die toestande aangepas. Die Graad 8’s beweer dat die kaalkoppe ’n bietjie kwaai was, maar stem almal saam dat hulle uitstekende werk gedoen het.

Die oorslaap in die Japie Krige-saal was vir hulle die hoogtepunt. Dit kan nogal vreesaanjaend wees as jy om twee-uur op ’n Saterdagoggend wakker gemaak word deur ’n Matriek wat jou wakker skree. Ná ’n lang wag in die donker gange van die hoofgebou en die teenwoordigheid van Oom Polla se spook het die Graad 8’s uiteindelik hul dasse en naambalkies verdien.

Met ’n passievolle Jolla Bolla om die sirkel voor die Japie Krige is ’n nuwe generasie Paul Roosers uiteindelik aan die skool oorhandig.

...vs Daslose Graad 8’s’n Klein Ratjie in ’n Groot Masjien

Foto

: Inu

s Gro

bler

Foto

: Bra

ndin

Sut

herla

nd

Page 10: Volume 64 Gratis • Free - Paul Roos Gymnasium · van die onderwys verduur die eeue – dit is die fakkel van die beskawing ... In Desember 2013 is Jonasaangewys as die Kanseliersmedaljewenner

Maart 2016

Charles Morkel

Paul Roos Gimnasium is sekerlik een van die suksesvolste skole in Suid-Afrikaanse tennis die afgelope 20 jaar, hoewel die pendulum die afgelope jaar of wat na St Stithian’s en Grey Kollege se kant toe oorswaai.

Die jaarlikse eerstespanproewe het weer eens die beste uit die spelers gehaal. Gelei deur mnr. Jacobus Swanepoel (beter bekend as oom Swannie), het die span tydens die tradisionele oefenkamp, wat koue swemssessies in die bergpad-plaasdam ingesluit het, ’n hegte eenheid geword.

PRG se eerste span van 2016 was dus vasbeslote om tydens die skool

se jaarlikse tennisfees, die BestMed/Gerrie Berner-tennistoernooi, die bord jies te verhang. Die span, onder die kapteinskap van Jurgen Badenhorst, het gehoop dat hul nuwe aanwins, Rossouw Norval, die nodige verskil sou maak om te sorg dat die trofee weer sy regmatige plek op Paul Roos Gimnasium se rakke staan gemaak kan word.

Die toernooi is egter vir die eerste keer in baie jare deur reën onderbreek. Die semi-finale wedstryd tussen Paul Roos en Grey Kollege moes by Maties se onderdakbaan voltooi word. Alhoewel PRG die beste span van die aand was en heeltyd voorgeloop het, is die wedstryd op die nippertjie

met 4-5 deur Grey gewen.PRG se spelers het elkeen volgens

potensiaal gespeel – uitstekend ondersteun deur die Second Milers én deur hulle ouers – en was bloot ongelukkig om nie die knoop deur te hak nie.

St Stithian’s het die finale wedstryd teen Grey Kollege gewen, en PRG het Pretoria Boys’ High vir die 3de plek aangepak en geklop. Die span is oorgehaal om sake in Meimaand by die Kearsney Tennisfees reg te stel. Charles Morkel en Christiaan van der Wath is gekies vir die Bolandse Hoërskole- O/19A-span, Jean Durand en JP van der Berg vir die O/17A’s en Wikus Robbertse en Ruben Fortuin vir die O/15A’s.

10 | Semper

Sport

Sportkalender

+27 21 982 5249

+27 21 982 7794

[email protected]

www.eljosa.co.za

PO Box 1256 Brackenfell 7561

14 Viben Street Brackenfell 7560

BlitsnuusPaul Roos Underwater

Hockey Johan Schoeman

The Paul Roos underwater hockey team took part at the annual national Underwater Hockey Club’s tournament, held at the Maties Pool in Stellenbosch from 3 to 5 December 2015 – and won silver. Not bad for a group of men who only breathe occasionally. Half man, half fish: Proudly Paul Roos.

Underwater Hockey, arguably one of the lesser-known sports among the array of activities practiced by Paul Roosers, was first development in 1954 as a way for scuba divers to keep fit during winter months. The game's aim is to flick a lead-filled puck into the opposing team's goal box using a specially crafted 30cm long stick. This all seems rather doable, until you realise that all game play takes place two meters beneath the water surface.

Maties Underwater Hockey is managed by Jack van Blerk, who served just short of a decade in total as a hostel assistant at Prima and Nova.

The next big event on the underwater hockey calendar is the Junior Nationals Tournament, scheduled to be held in Johannesburg from 10 to 13 March. Semper will be reporting on the outcome of this tournament as soon as we receive the results.

Biltong Shop + Coffee Roasters

Kom Kry Jou Loyalty Kaart En Verdien Cashback Op PRG Aankope

kontak ons: 021 882 8065 of Tertius 083 375 0933

(WHOLESALE PRICES ARE AVAILABLE ON REQUEST)Ons lewer nou ook af BY

PR

G Loyalty C

ard Sam

ple

Ouers en Leerderskom kry jou ‘Loyalty Card’

•PRG verdien Cashbackop al U aankope

• american lemonade • milkshake • crushers • slush puppies • smoothies •

huise, reSTAURANTE, gastehuise kantore, en besighede.. .

Die twee nefies, Rufus Dercksen

(16) en Alwo Dercksen (14) het albei hul

Junior Protea-kleuvre verwerf

vir driegang-perdry. Al twee

die seuns is gekies vir die WP-

drie-en vyfgang-perdryspanne. Die foto van

Rufus is geneem terwyl hy

deelneem aan die eerste dag van die

Protea-proewe.-Renier

Hattingh

2016 is off to a rocking start! It can only be said that water polo at Paul Roos is on fire, despite the water. The first team played well at the Vides Water Polo Tournament hosted by Selborne College, but were unfortunately knocked out in the Quarters. As for our U/14s, they have just done the unthinkable by qualifying for the 2016 Prestigious Mazinter Cup Water Polo Tournament (Top 4 teams in the Western Province). The future for Paul Roos water polo is looking extremely bright with upcoming players like Jan-Corrick van der Watt, who has just been included in the U/16 South African Water Polo Squad. There is also an extremely strong and vibrant culture of water polo developing among the junior schools, spearheaded by our very own Mr Vaughn Marlow (Head of Aquatics). -Calvin Durr

18 MarchHockeyFounders Hockey Festival

23 MarchRugbyU19A Rugby St John's College

1 April to 2 AprilRugbyU19A Rugby St John's College

8 April to 9 AprilInterschools vs. Grey High

16 April Interschools vs. Paarl Gymnasium

22 April to 23 AprilHockeyvs. Rondebosch High

23 AprilRugbyvs. Rondebosch High

30 April and 2 MayRugbyU19 Wildeklawer Tournament

6 May to 7 MayHockeyvs. WBHS

14 May Rugbyvs. Oakdale

28 MayRugby vs. HJS

Tennis is nie vir sissies nieDie Second Milers bring hulle kant by Gerrie Berner

’n Perd van ’n ander kleur

Foto

’s: D

anie

l Mol

ler

Foto

: Inu

s Gro

bler

Foto

: Ver

skaf

Page 11: Volume 64 Gratis • Free - Paul Roos Gymnasium · van die onderwys verduur die eeue – dit is die fakkel van die beskawing ... In Desember 2013 is Jonasaangewys as die Kanseliersmedaljewenner

Maart 2016

Neil Olivier

Ry, stap, hardloop, huil. Dit is een manier om die Kalahari Vasbyt te beskryf. Die agtiendagkursus wat van 1 tot 18 Januarie strek, druk jou lyf en verstand vér verby die verste grens. Dit is ’n opleidingstoer waar jy van álles leer – van die natuur tot by praktiese dinge soos hoe ’n kar se enjin werk. En die doel daarvan: om jou lewe en lewenskwaliteit te verbeter – al is dit met net 2%.

Maar dis ook die moeilikste fikswordkursus wat in Suid-Afrika aangebied word. Die naaste beskrywing van die LO (voortaan bekend as “PT”) is: weermag. Weermag vir kinders.

Die lang paaie was iets besonders. Soos ons deur die grense van Suid-Afrika en Botswana gery het, was ons stomgeslaan deur die talle olifante, bokke en vlakvarke wat ons gesien het. Die paaie was lank en die temperature het almal gedreineer. Maar 50 grade hou darem nie ’n Vasbyter terug nie.

Die reksprong en skuimwatervlotry (dis terloops die Afrikaans vir “bungee jump” en “white water rafting”) was die hoogtepunt van opwinding. Die vrees, die liters water wat gesluk is en die trane wat voor die spronge geloop het, was iets om te beleef.

Nie lank ná die opwinding nie het ons darem ’n sogenaamde ‘rusdag’ gehad. Dié rusdag het behels ’n driekilometer-fiksheidstoets wat almal onder ’n gegewe tyd moes voltooi, ten spyte van die hitte of lugdruk, wat ons almal geknou het.

Toe ons in die droë sentraal-Kalahari kom, was ons, danksy ons vorige ontberings, deeglik voorberei

op die rofste deel van die toer. Daar is geen tente nie. Met ander

woorde, ons moes beurte maak om nagwag te staan sodat ons mede-Vasbyters nie deur die leeus gevreet word nie.

Die laaste, langste, warmste en moeilikste PT is ook in die sentraal-Kalahari aangebied, asook die riller van ’n roetemars.

Nagwag staan was interessant aangesien jy af en toe moet wakker slaap en ’n hiëna wegjaag. Almal het darem die nagte veilig deurgemaak.

Die PT was moordend. Dié sessie is genoem “The Cry of the Cheetah”.

’n Mens kan aflei dat dit iets te doen het met hardloop en hardloop totdat jy huil. Dit het bestaan uit álle oefeninge en hardlooprondtes wat oor die vorige drie siklusse versprei was. Die manne het gekreun, gehuil en teen halfpad hulle bewussyn verloor. Uitgepaas, op goeie Afrikaans.

Maar tog het almal deurgetrek tot op die einde, al was dit net-net. Dit was ook een van die mooiste sonsondergange wat ons ooit beleef het.

Oor die vlaktes van die uitgedroogde Kalahari het die Groot Gees ons geseën met ’n asembenemende sonsondergang in pienk, oranje, pers en blou. Só helder was die kleurespel dat dit die Kalahari soos ’n gloedverligte vyfster-hotel laat lyk het. Met ’n 111-meter brugsprong, 30km roei, talle PT sessies en die voorreg om die Groot Vyf te beleef, het ons as 38 Vasbytbroers teruggekeer huis toe.

Dit is veilig om te sê dat ons verseker daardie twee persent verbeter het, in elke aspek van ons lewens.

Semper | 11

Sport

Vasbyters deur dik en dun!

’n Seisoen van skouspelagtige hardlooprugby in die vooruitsigAlexander Klose

Paul Roos Gimnasium se rugby het laasjaar op ’n hoogtepunt met ’n oorwinning oor Grey Kollege geëindig. Mnr. Hein Kriek, toe ook die SA skolespanafrigter, was die afrigter wat die eerste span tot die tweede plek in die land gelei het. Meneer Kriek het einde verlede jaar ge le ent he id gekry om die Pumas af te rig – ‘n geleentheid wat geen mens kan laat verbygaan nie. Dit het egter aanvanklik ’n leemte gelaat in die eerstepan se hoofafrigtingpos.

Maar dit was 2015 en dis nou in die verlede. Die leemte is vinnig gevul.

Oor die rugbyseisoen hoef PRG hom nie te bekommer nie: mnr. Stephan Jordaan neem die leisels oor. Hy het al vantevore die beste 15 van PRG gelei en die Cravens (Maties) ook afgerig. Soos met enige sportjaar in die boeke van Paul Roos, word daar afgeskop met groot uitdagings soos dié by St. John's. Paul Roos sal tydens dié toernooi Monument, Hilton College en Affies moet aanvat. By die Wilderklawer-toernooi speel PRG onder meer teen HTS Middelburg en Menlopark

Hoër. Semper sien daarna uit om flink verslag te doen van die kragmetings wat daar voltrek sal word – kragmetings wat heel dikwels ’n aanduiding is van hoe die res van die seisoen kan verloop.

Volgens mnr. Jordaan is dit van kardinale belang om veral in die Kaap goed te vaar, afgesien van die

wedstryde teen Grey Kollege en Grey High.

Mnr. Jor-daan is nie die enigste een aan die stuur van dié skip nie, maar het ook ander

bemanningslede wat hom help. Die groep bestaan naamlik uit mnr. Lucas Roothman, mnr. Hannes Prinsloo van SAS (kondisionering), mnr. Tassie Pieterse (span- en mediese bestuurder) en mnr. Jacques Hanekom van SAS.

2016 gaan nóg ’n suksesvolle jaar wees, met aanskoulike rugby en ongelooflike spelers.

’n Groot taak rus op mnr. Jordaan se breë skouers – ’n taak wat hy met waardigheid en stille sukses tot uitvoer sal bring.

Die skool weet dat ’n seisoen van opwindende spel in die vooruitsig is. Die wen of verloor is van mindere belang.

Ons wil graag die tipe rugby speel waarop die spelers asook die skool en die gemeenskap

trots kan wees. - Mnr. Jordaan.“

@ Lion’s Square

Stellenbosch: Opposite Paul Roos Gymnasium, Tel 021 883 8919

Somerset West: Lion’s Square, Main Road, Tel 021 851 5795

Meneer Jordaan en Damian Willemse gedurende hulle wedstryd teen Windhoek Gimnasium.

Foto

: Nic

de

Jage

r

Foto

: Ver

skaf

Page 12: Volume 64 Gratis • Free - Paul Roos Gymnasium · van die onderwys verduur die eeue – dit is die fakkel van die beskawing ... In Desember 2013 is Jonasaangewys as die Kanseliersmedaljewenner

SportEMPER

Johan Schoeman

BloemRoos, Paarl Gimnasium, Boishaai en Girls’ High het op 5 Februarie vanjaar weer eens om die gesogte Prestige-atletiekbyeenkomstitel mee-ge ding, dié keer op die Stellen-bossers se tuisterrein, naamlik Coetzenburg-stadion. Hoewel BloemRoos verreweg die gunste-linge was om in 2016 wéér met die trofee weg te draf (aangesien hulle die vorige drie jaar agtereenvolgens koning gekraai het), het Paarl Gimnasium vir ’n yslike verrassing gesorg deur hulle teenstanders deeglik op die neus te laat kyk.

Dit blyk dat Paarl Gimnasium moeg was van vorige jare se klippe kou en het van die eerste wegspringskoot af alles in hul vermoë gedoen om die Stellenbossers die loef af te steek. BloemRoos en Gim was heeldag kop aan kop, met Boishaai en Girls‘ High nie ver op hul hakke nie. Op die ou end was dit ’n goeie oorwinning vir Gim, met

BloemRoos ’n kortkoppie agter hulle in die tweede posisie en Boishaai en Girls’ High laaste.

Die atmosfeer op die pawiljoen was ongelooflik, met fantastiese optogte van al drie deelnemende

spanne. Die spanning tussen Paul Roos en Boishaai was veral hoog nadat die manne van Paarl hulle eie weergawe van Old Boys of Paul Roos laat hoor het. Gelukkig het Girls’ High tussen die twee skole

die vrede bewaar.Nodeloos om te sê het Paul Roos

dié kragmeting met onbetwisbare oortuiging gewen.

BloemRoos het darem nie leë-hand weggestap van Coetzen-

burg af nie, danksy 7 verbeterde rekords (Breyton Poole se 2,1m-hoogspringrekord ingelsuit) en Bloemhof en Paul Roos Gimnasium wat gesamentlik 40 medaljes verower het.

Tweede is ongelukkig steeds nie eerste nie, ongeag hoeveel rekords verbeter is. Maar, soos die Rektor, mnr. Van der Westhuizen, tereg gesê het, dié dinge gebeur. Paul Roos kan nie élke jaar en ook nie álles wen nie – só ’n situasie kan selfs vervelig raak!

Alle krediet gaan aan Paarl Gim, wat die ander deelnemers in die letterlike sin van die woord kafgedraf het om die top-posisie in te neem en die Prestige-atletiekbyeenkoms te wen.

Daar moet egter geen twyfel daaroor wees dat die trofee in 2017 ’n welkome terugkeer na Stellenbosch sal wil maak nie.

Trek solank jou spykerskoene aan en hou vas jou hoed: Gim weet nie wat hulle volgende jaar gaan tref nie.

Boishaai weet reeds. Ons hoop ons sien hulle daar.

BloemRoos verras op Coetzenburg maar 2017 lê voor

PRG en Boishaai sê mekaar op die pawiljoene die stryd aan

Joshua Prins het vele rekords geslaan. JB Buffet het nog ‘n goue medalje verower.Die personeel het ook hulle kant gebring...

Foto

’s: In

us G

robl

er