6141390 faks: 086 5447251 hoërskool montaguhsmontagu.co.za/docs/uit die kantoor junie 2017.pdf ·...

7
Hoërskool Montagu Maandbrief : Junie 2017 OUERGESPREKKE Ouers het die geleentheid gehad om op 8 Mei gesprekke met opvoeders te voer. Die volgende ouergesprekke vind plaas op Dinsdag 1 Augustus 2017 vanaf 16:30 - 18:30. Afsprake met die opvoeders van u keuse om die vordering van u kind/ers te bespreek, kan gemaak word deur die skool vooraf te skakel by 023-6141390. Maak asseblief gebruik van die geleentheid. Ons wil graag saam met u ʼn plan van aksie uitwerk vir u kind vir die res van die jaar. 3D : Dissipline, Diensbaarheid en Dankbaarheid H/S MONTAGU POSBUS 85 MONTAGU 6720 TEL: 023-6141390 FAKS: 086 5447251 EPOS: [email protected] WEB: www.hsmontagu.co.za Geagte Ouers, Leerders en Ondersteuners Die jaar het ongesiens sy halfpadmerk bereik. Die tweede kwartaal is nie net ʼn eksamenkwartaal nie, dit is ook die kwartaal waarin ons winter- sportprogram en verskeie kultuuraktiwiteite voluit funksioneer. Graag doen ek verslag oor ʼn paar belangrike sake. Akademie Junie-eksamen: Ons leerders het vanaf 2 Junie tot 22 Junie eksamen afgelê. Die eksamenperiode het baie ordelik verloop en leerders het deurentyd hulle samewerking gegee. Die slaagvereistes vanjaar is as volg: Graad 08 -09 Graad 10 – 12 50%+ in Afrikaans (ses vakke slaag) 40%+ in Engels 40%+ in Huistaal 40%+ in Wiskunde 40%+ in twee vakke 40%+ in enige drie ander vakke 30%+ in drie vakke 30%+ in twee ander vakke Die volgende leerders behaal hierdie kwartaal ‘n gemiddelde van 80% en meer. Baie geluk met die mooi prestasies. (in alfabetiese volgorde): Graad 12: Olivia Brunings, Marianne de Kock, Alexa Esterhuyse, Jaco Joubert en Clarise le Grange. Graad 11: Maryn du Toit, Zéann Sauer, Olga van Dyk en Nicole van Zyl. Graad 10: Ferdi Coetzee, Shalomé Neethling en Henry Viljoen. Graad 09: Johané Cockrell, Suné den Engelsman, Tia Esterhuyse, Enrike Groenewald, Anke le Grange en Pieter Visser. Graad 08: Ankia Ellis, Anton Jordaan, Cobus Nel, Tanika Crafford, Nisha Fabricius, Mechyla Schoeman, Liné Stemmet, Dirk- Louw van der Westhuizen, Wendy Visser en John Wright. CJ Langenhoven “Jy kan mense huur vir jou kinders se geleerdheid - vir hul opvoeding moet jy self staan.”

Upload: others

Post on 24-Jan-2020

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: 6141390 FAKS: 086 5447251 Hoërskool Montaguhsmontagu.co.za/docs/uit die kantoor Junie 2017.pdf · 2017-07-25 · vir jou kinders se ... alle ouers opnuut aanmoedig om betrokke te

Hoërskool Montagu Maandbrief : Junie 2017

OUERGESPREKKE

Ouers het die

geleentheid gehad om

op 8 Mei gesprekke

met opvoeders te voer.

Die volgende

ouergesprekke vind

plaas op Dinsdag

1 Augustus 2017 vanaf

16:30 - 18:30.

Afsprake met die

opvoeders van u keuse

om die vordering van

u kind/ers te bespreek,

kan gemaak word deur

die skool vooraf te

skakel by 023-6141390.

Maak asseblief gebruik

van die geleentheid.

Ons wil graag saam

met u ʼn plan van aksie

uitwerk vir u kind vir

die res van die jaar.

3D : Dissipline, Diensbaarheid en Dankbaarheid

H/S MONTAGU POSBUS 85 MONTAGU 6720 TEL: 023-6141390 FAKS: 086 5447251 EPOS:

[email protected] WEB: www.hsmontagu.co.za

Geagte Ouers, Leerders en Ondersteuners

Die jaar het ongesiens sy halfpadmerk bereik. Die tweede kwartaal is nie

net ʼn eksamenkwartaal nie, dit is ook die kwartaal waarin ons winter-

sportprogram en verskeie kultuuraktiwiteite voluit funksioneer. Graag doen

ek verslag oor ʼn paar belangrike sake.

Akademie

Junie-eksamen: Ons leerders het vanaf 2 Junie tot 22 Junie eksamen

afgelê. Die eksamenperiode het baie ordelik verloop en leerders het

deurentyd hulle samewerking gegee.

Die slaagvereistes vanjaar is as volg:

Graad 08 -09 Graad 10 – 12

50%+ in Afrikaans (ses vakke slaag)

40%+ in Engels 40%+ in Huistaal

40%+ in Wiskunde 40%+ in twee vakke

40%+ in enige drie ander vakke 30%+ in drie vakke

30%+ in twee ander vakke

Die volgende leerders behaal hierdie kwartaal ‘n gemiddelde van 80% en

meer. Baie geluk met die mooi prestasies. (in alfabetiese volgorde):

Graad 12: Olivia Brunings, Marianne de Kock, Alexa Esterhuyse, Jaco

Joubert en Clarise le Grange.

Graad 11: Maryn du Toit, Zéann Sauer, Olga van Dyk en Nicole van

Zyl.

Graad 10: Ferdi Coetzee, Shalomé Neethling en Henry Viljoen.

Graad 09: Johané Cockrell, Suné den Engelsman, Tia Esterhuyse,

Enrike Groenewald, Anke le Grange en Pieter Visser.

Graad 08: Ankia Ellis, Anton Jordaan, Cobus Nel, Tanika Crafford,

Nisha Fabricius, Mechyla Schoeman, Liné Stemmet, Dirk-

Louw van der Westhuizen, Wendy Visser en John Wright.

CJ Langenhoven

“Jy kan mense huur vir jou kinders se geleerdheid - vir hul opvoeding moet jy self staan.”

Page 2: 6141390 FAKS: 086 5447251 Hoërskool Montaguhsmontagu.co.za/docs/uit die kantoor Junie 2017.pdf · 2017-07-25 · vir jou kinders se ... alle ouers opnuut aanmoedig om betrokke te

Sportdag teen Robertson 22 April 2017 (Tuis): Op Sa-

terdag 22 April 2017 het 24 sportspanne deelgeneem aan ‘n

sportdag teen Robertson. Ons wen 15 van die kragmetings en 6

eindig gelykop. Die tellings van die eerste span wedstryde is as

volg: Rugby (23-12), Netbal (35-23), Seunshokkie (2-2) en Dog-

tershokkie (1-1). Ons het ook skaak gespeel teen Robertson en

van die wedstryde het langer as `n uur geduur.

Sportdag teen Swellendam 3 Mei 2017 (Tuis): Op

Woensdag 3 Mei het 16 sportspanne deelgeneem aan ‘n sportdag

teen Swellendam. Ons wen 10 van die kragmetings en 2 eindig

gelykop Die tellings van die eerste span wedstryde is as volg:

Rugby (55-7), Netbal (22-17), Seunshokkie (0-0) en Dogtershok-

kie (1-0).

Sportdag teen Stellenbosch 6 Mei 2017 (Tuis): Op Sa-

terdag 6 Mei het 26 sportspanne deelgeneem aan ‘n sportdag

teen Stellenbosch. Ons wen 14 van die kragmetings en 3 eindig

gelykop Die tellings van die eerste span wedstryde is as volg:

Rugby (24-12), Netbal (27-32), Seunshokkie (0-3) en

Dogtershokkie (0-3).

Sportdag teen Langenhoven 13 Mei 2017 (Tuis): Op Sa-

terdag 13 Mei het 19 sportspanne deelgeneem aan ‘n sportdag

teen Langenhoven. Ons wen 10 van die kragmetings en 3 eindig

gelykop. Die tellings van die eerste span wedstryde is as volg:

Rugby (22-0), Netbal (23-23) en Dogtershokkie (0-3).

Sportmiddag teen Bonnievale 16 Mei 2017 (Weg): Op

Dinsdag 16 Mei het 13 sportspanne deelgeneem aan ‘n sportmid-

dag teen Bonnievale. Ons spanne doen baie goed en wen al 13

die kragmetings. Die tellings van die eerste span wedstryde is as

volg: Rugby (36-23) en Netbal (29-24).

Sportdag teen Montana 27 Mei 2017 (Tuis): Op Saterdag

27 Mei het 23 sportspanne deelgeneem aan ‘n sportdag teen

Montana. Ons wen 16 van die kragmetings en 4 eindig gelykop.

Die tellings van die eerste span wedstryde is as volg:

Rugby (17-0), Netbal (11-18), Seunshokkie (1-2) en Dogtershok-

kie (0-2).

Atletiek: Eric Havenga was uitgenooi om aan die ASA Byeen-

koms op Groenpunt te gaan deelneem. Hy het saam met `n groot

groep 0/17 seuns aan hamergooi deelgeneem. Baie geluk met jou

SPORTUITSLAE BAIE GELUK! Rugby:

Tydens die Cravenweek

rugbyproewe is Keenan

Opperman opgeneem in

die Boland 0 / 18 Akade-

miespan wat in Pretoria

deelneem.

Netbal:

Deborah Brown is op-

geneem in die Kaapse

Wynlandspan vir die

Wes-Kaap Interdistrikte

Netbaltoernooi.

Courtney du Toit is op-

geneem in die Wes-Kaap

0/18 Netbalspan wat in

Boksburg deelneem.

Hokkie:

Nathan Maritz word na

afloop van die hok-

kieproewe in die Boland

0 / 18 Hokkiespan op-

geneem wat in Durban

deelneem.

Karate: Anton

Jordaan, John Wright,

Jayden Johnson, Johan

Jordaan, Zindi van Zyl,

Gregg Gabriel en Zean

Sauer word opgeneem in

die Boland streekspan

vir die finale Boland

proewe. Zeann Sauer

behaal `n besonderse

prestasie. Hy gaan

Suid-Afrika verteen-

woordig in die 7de Ka-

rate Wêreld Kampioen-

skap in Vancouver

Kanada. Baie geluk

Zeann!

2

Page 3: 6141390 FAKS: 086 5447251 Hoërskool Montaguhsmontagu.co.za/docs/uit die kantoor Junie 2017.pdf · 2017-07-25 · vir jou kinders se ... alle ouers opnuut aanmoedig om betrokke te

KOMMUNIKASIE EN OPVOEDING

Goeie kommunikasie met u kind is belangrik. Al is elkeen

van ons baie besig en al is ons tyd min, moet ons tyd

maak.

Terwyl die skool ’n belangrike rol in `n kind se lewe speel,

is dit alle betrokkenes (ouers / voogde, die skool en

onderwysers) se verantwoordelikheid om te verseker dat

hulle die meeste kry uit hul opvoeding. Van al hierdie rol-

spelers is u as ouer / voog die belangrikste.

Moedig u kind aan en ondersteun u kind, want dit bou

selfvertroue. Om te praat oor die belangrikheid van skool

vir hul toekoms gaan hulle ook ’n blik kry op die groter

prentjie. Maak asseblief seker u kind is elke dag betyds by

die skool en moedig hulle aan om hulle samewerking te

gee. Dit gaan hulle respek vir reëls en dissipline leer. Praat

positief voor u kind oor hul onderwysers en skoolaktiwiteite.

Ouers / voogde het `n baie groot invloed op die ingesteld-

heid van hul kinders teenoor die skool en skoolgaan.

Kinders reageer op roetine; sit dus ’n spesifieke tyd uiteen

vir huiswerk. Maak seker hulle het ’n stil, ordelike plek om

te werk, en help hulle waar toepaslik. Alle huiswerk moet

volledig daagliks gedoen word. Waar u kind sukkel met `n

betrokke vraag is hy/sy welkom om dit in potlood te voltooi.

Alle opdragte en take moet betyds ingelewer word. Hoër-

skool Montagu beskik oor `n uitstekende biblioteek. Moedig

u kind aan om so veel as moontlik te lees.

Toon asseblief belangstelling in skoolaktiwiteite en doen

vrywilligers werk waar u kan. Baie dankie aan elke ouer /

voog wat help op vele terreine. Dit bewys aan u kind dat die

skool en u as ouers `n gedugte span saam maak. Ek wil

alle ouers opnuut aanmoedig om betrokke te wees.

Maak seker u kind slaap genoeg, want dit sal hul konsen-

trasievermoë verbeter.

Elke sekonde wat u spandeer met u kind is belangrik. Mag

u en u kind se verhouding groei en ontwikkel.

Selfone

Die volgende raad vir ouers en skole het onlangs in die Sunday Times verskyn: Wat ouers kan doen:

Wag so lank as moontlik voor u toestem om aan u kind ʼn slimfoon te gee met inter-netverbinding. Vroeë laer-skooltyd is hopeloos te vroeg;

Persoonlike rekenaars met internetverbinding moet in die huis se gedeelde spasies (bv. kombuis / woonkamer) opgestel wees. Verkieslik in oop areas waar ander familielede gereeld verbystap;

Gebruik filters en monitors soos Shield My Teen, Net Nan-ny en K9 wat die meeste por-nografie en geweld blokkeer;

Praat met u kind oor sexting, kuberbullebakkery en veiligheid op sosiale media;

Inspekteer u kind se selfoon in sy/haar teenwoordigheid. As u die reg het om sy/haar vriende in lewende lywe te ontmoet, het u ook die reg om sy/haar aan-lynvriende te leer ken om vas te stel of hulle is wie hulle sê hulle is;

Dring aan op u kinders se wagwoorde. Indien die wag-woorde verander word, moet u daarvan weet;

Hou gereeld openlike gesprekke met u kinders oor die gevare van sosiale media;

Wees baie versigtig met u eie gebruik van sosiale me-dia. U voorbeeld is veel meer werd as reëls.

3

Page 4: 6141390 FAKS: 086 5447251 Hoërskool Montaguhsmontagu.co.za/docs/uit die kantoor Junie 2017.pdf · 2017-07-25 · vir jou kinders se ... alle ouers opnuut aanmoedig om betrokke te

NETHEID EN GEDRAG Die Monties het op 15 Mei

2017 die volgende brief

ontvang van mnr. Van Wyk

van Stilbaai:

“Ek wil net vir u baie ge-

lukwens met `n pragtige

skool. Ek is `n ouer van

Hoërskool Langenhoven.

Hoërskool Montagu, met

sy leerlinge en personeel, is

puik. Die terrein is uiters

pragtig skoon en netjies en

die leerlinge se gedrag is

puik. Ek kan sien elke leer-

ling van u skool het baie

goeie opvoeding en ma-

niere. Die sportmangees

onder die leerlinge is puik.

Ek sien daarna uit om weer

u skool te kom besoek. Eni-

ge persoon kan sien dat die

Here gedien word by Hoër-

skool Montagu.

Hou so aan Hoërskool

Montagu, julle is puik!

Voorspoed en seënwense

op die pad vorentoe.”

Pragtige komplimente vir

ons leerders, personeel en

skool. Dit is ook `n groot

kompliment vir u as ouer /

voog. Voorwaar iets om op

trots te wees en te bewaar.

Kom ons werk daaraan om

met ons gedrag en

voorkoms altyd `n voor-

beeld vir ander te stel.

Skoolkoor en musiek

Die skoolkoor word volgende kwartaal afgerig deur mev.

Ilza Saayman. Stemtoetse is reeds gedoen en afrigting sal

volgende kwartaal begin. Henry Viljoen sorg vir ‘n prag-

tige prestasie in musiek. Hy slaag sy UNISA Graad 5

klaviereksamen met 80%.

Landsdiens: Landsdienslede kry die geleentheid om aan

verskeie kampe deel te neem. Tydens die Streekkamp

word Nicole van Zyl, Albert Swart en Maritsa Terre-

blanche gekies om die Wes-Kaap by die Nasionale Pro-

jekte te verteenwoordig.

Redenaars: Die Senior Redenaarskompetisie het

plaasgevind op Donderdag 4 Mei 2017. Dit is verblydend

om te sien dat die gehalte van die aanbiedinge elke jaar

verbeter. Die toesprake was van hoogstaande gehalte. Ky-

ra Conradie en Courtney du Toit word as die naaswenners

en Nicole van Zyl as die wenner aangewys.

Winterbal: ʼn Baie suksesvolle Winterbal is op

Woensdag 28 Junie 2017 in die skoolsaal aangebied, met

die tema ‘Great Gatsby’.

Mnr. en Mej. HSM:

Ons jaarlikse Mnr. en Mej. Hoërskool het op Woensdag

23 Mei om 19:00 in die skoolsaal plaasgevind. Die wen-

ners was soos volg:

Mej. Junior :Zindi van Zyl

Mnr. Junior :Dirk-Louw van der Westhuizen

Mej. Persoonlikheid :Courtney du Toit

Mnr. Persoonlikheid :Joshua Crouwkamp

Mej. Bene :Chané Potgieter

Mnr. Lyf :Alexander Heyns

2de Prinses :Carla Swart

2de Prins :Joshua Crouwkamp

1ste Prinses :Mishka Safodien

1ste Prins :Wika Jordaan

Mej. Hoërskool :Belosly Pekeur

Mnr. Hoërskool :Jason Benjamin

KULTUUR

4

Page 5: 6141390 FAKS: 086 5447251 Hoërskool Montaguhsmontagu.co.za/docs/uit die kantoor Junie 2017.pdf · 2017-07-25 · vir jou kinders se ... alle ouers opnuut aanmoedig om betrokke te

SPORTMIDDAG 2017: Moedig deelname aan, want `n

betrokke leerder is `n gelukkige leerder!

“SPORT is SPORTS”

Graad 12 Winterskool, Hereksamen en Lenteskool:

Skool gaan eerstens oor die akademie. Die verwagte akademiese standaarde

moet eers bereik word, voordat die bysake (sport, kultuur en sosiaal) aandag

kan kry.

In die lig hiervan word daar tydens die vakansie vanaf 19 tot 21 Julie 2017

’n Winterskool in Rekeningkunde, Wiskunde, Engels Huistaal en RTT vir

die graad 12 leerders aangebied.

Verder skryf die graad 12 leerders wat in die afgelope eksamen vakke gedruip

het, vanaf 24 – 28 Julie 2017 hereksamen in die betrokke vakke om hulle te

help om op die verwagte standaard te presteer. Die graad 12 leerlinge wat die

afgelope eksamen gedruip het, moet volgens die skool se Matriekbeleid die

hereksamen slaag om hulle matriekvoorregte (soos toegang tot Matriekafskeid

en tuisstudie tydens die September-eksamen op dae waarop hulle nie skryf

nie) te behou.

Ten slotte sal Matrieks ook vanaf 22 Augustus tot 30 Augustus 2017

bykomende hulp ontvang, in die vorm van ’n Lenteskool, met die oog op die

Septembereksamen.

5

KONFLIKHAN-

TERING

Op 26 Junie 2017

woon 32 klasleiers

en 10 sportkapteine

‘n sessie oor kon-

flikhantering by.

Mnr. De Wet van

Rooyen, van Monta-

gu Nuts and Dried

Fruit, het die sessie

aangebied. Hy was

hoofseun van Hoër-

skool Montagu en

het die leerders

meer bewus gemaak

van konflik en die

vyf konflikbestuur-

style.

Page 6: 6141390 FAKS: 086 5447251 Hoërskool Montaguhsmontagu.co.za/docs/uit die kantoor Junie 2017.pdf · 2017-07-25 · vir jou kinders se ... alle ouers opnuut aanmoedig om betrokke te

CSV:

Die CSV het vanjaar oor

die 500 lede wat week-

liks samekomste hou.

Die tema vir die jaar is

GEBED. In die kringe

behandel ons: Ken ek

my Bybel? As ek my By-

bel ken, kan ek met die

Heilige Gees se hulp die

regte keuses maak.

PERSONEEL Mnr Johan Strydom is aangestel as opsigter. Mag u

verbintenis tot Hoërskool Montagu lank en gelukkig wees.

Ons neem later afskeid van mnr. Kobus Smuts. Hy bly in

diens om die oorgang te vergemaklik.

Dankie vir die samewerking, ondersteuning en lojaliteit van

die afgelope kwartaal. Mag dié van u wat met vakansie gaan,

veilig reis en goed uitrus.

6

SKOOLGELDE

Skoolgelde word by Mev. Beets (sekretaresse) betaal. Alle navrae moet egter gerig word aan Mev. Lewis. Mev. Lewis is Maandae tot Vrydae tussen 07:30 tot 12:30 by die skool beskikbaar en kan geskakel word by 023 614 3138. Teen die einde van Julie 2017 behoort 50% van alle skoolgelde betaal te wees.

BEHEERLIGGAAM

Die Beheerliggaam en sy onderskeie subkomitees funksioneer

voluit. Die ampsdraers is as volg: Voorsitter: Mnr. Dirk van

der Westhuizen, Ondervoorsitter: Mnr. Andries Le Grange,

Tesourier: Mnr. Theuns Carstens en Sekretaresse Mev. Susan

Esterhuyse. Die onderskeie sub-komitees funksioneer onder

die leiding van die volgende Beheerliggaamlede: Koshuis:

Mnr. Ben Esterhuyse, Dissipline en Beleid: Mnr. Ben Ester-

huyse, Geboue en Terrein: Mnr. Andries Le Grange, Finansies:

Mnr. Theuns Carstens, Bemarking: Mnr. Rhyno van Zyl,

Ondersteuning en Sosiaal: Mnr. Dean Blacklaws en Skoolakti-

witeite: Mev. Ingrid Kriel.

Die afgelope kwartaal is daar hard gewerk aan ons terrein en is

alle skooltafeltjies en -banke besig om geskuur en vernis te

word. Die volgende groot projek wat aangepak gaan word, is

die regmaak van die tennisbane en verf van die skoolgebou. Die

Departementshoofpos is geadverteer. Aansoeke sluit op 26

Junie 2017.

Daar is ook baie hard gewerk aan ons skool se beleide. Die

Dwelmbeleid (Verbode middels) is hersien en `n nuwe

Sportbeleid is opgestel. `n Samevattende Dwelmbeleid en uit-

treksels uit die Sportbeleid is apart ingesluit by die maandbrief.

Ons versoek u om dit deur te lees. Die volledige beleide is ook

beskikbaar.

MONTIE GROETE. _______________

SKOOLHOOF: MNR TERTIUS PRINS

Biblioteek:

Die biblioteek, onder

leiding van mev. Ina van

Heerden, het op Don-

derdag 20 April 2017 sy

vyfde verjaarsdag gevier.

Baie dankie vir die 13

biblioteekprefekte vir

julle harde werk. Die

biblioteek is elke dag

eerste pouse oop, asook

aktiwiteitsperiodes.

Requelle Johnson is die

hoofbiblioteekprefek vir

2017.

MY SCHOOL

Elke leerder ontvang ‘n

MySchool Aansoekvorm.

U ontvang ’n kaart wat

by sekere instansies (bv.

Engen en Waltons) ge-

bruik kan word en

sodoende sal ’n persen-

tasie van u aankope na

die skool toe kom. Ons

wil ‘n beroep op u doen

om van die kaart gebruik

te maak. Voltooi asb. die

vorm en stuur dit terug

skool toe. Vir enige ver-

dere navrae kan u mev.

Lewis kontak.

Page 7: 6141390 FAKS: 086 5447251 Hoërskool Montaguhsmontagu.co.za/docs/uit die kantoor Junie 2017.pdf · 2017-07-25 · vir jou kinders se ... alle ouers opnuut aanmoedig om betrokke te

BELANGRIKE DATUMS : 3DE KWARTAAL

Julie 19-21 Winterskool (graad 12 Wiskunde, Rekeningkunde, Engels HT en RTT)

24 Skool heropen 08:00 (Skooldag 08:00-14:30)

24-28 Graad 12 Aanvullende eksamen

26-27 Netbalkliniek

27 Matriekafskeid (Ouer-ete) vergadering vir graad 9 ouers

29 Sportdag teen Overberg (Tuis)

31 Beheerliggaamvergadering 18:00

Augustus

01 KANSA Siviedag / Graad 08 – 12

Ouergesprekke 16:30 – 18:30

01 Graad 12 Engelse Mondeling (NSS Eksamen)

02 Fotodag

02-12 Jeugkunstefees

03 Matriekafskeidvergadering vir graad 11 ouers

05 Sportdag teen Langenhoven Gimnasium (Weg)

07 Interskole Gholf en Skaak

09 Vrouedag

12 Sportdag teen Charlie Hofmeyr (Tuis)

14-19 Interskole week

17 Groot Brag 18:00 (Skoolsaal)

19 Interskole (Weg)

22 Graad 12 Lenteskool begin

25 Matriekafskeid / Matriekouer-ete

28 Inoefening Graad 12 Modeparade

29 Matriek modeparade 19:00

30 Graad 12 Lenteskool eindig

September

01 Graad 12- Eksamen begin

06 Graad 08 – 11 mini-eksamen begin

15 Graad 08 – 11 mini-eksamen eindig

18 Beheerliggaamvergadering 18:00

20 Redenaars (Juniors)

22 Graad 12- Eksamen eindig

25 Skoolvakansiedag

26-28 Landsdiensweek

27 Eksamen: Vraestel 3 Tale (Gr 08-12) / Graad 12 L/S

Montagu saalbyeenkoms / Kringleiers afsluiting

28 Eksamen: Vraestel 3 Tale (Gr 08-12) / Koshuisafskeid

29 Algemene kennis / Graad 12: “Oscar-Saal” Skool sluit: 10:30

CODE OF RESPECT

The essence of good discipline is respect.

Respect for authority and respect for others; Respect for self and

respect for rules.

It is an attitude that begins at home, is

reinforced in school and is applied

throughout life.

7