€¦  · web viewword nie dronk nie (ef 5: 18); vergewe ander (kol 3: 13) in terme van op 4, ons...

3
Teksgedeelte: Rm 15: 7 – 13 Teksvers: Rm 15: 11 Tema: Wat om te doen met 2017? Loof die Here, prys sy naam! Braam Krüger Die prentjie hierbo het nogal iets van die waarheid aan hom! Ons weet dikwels dat verandering nodig is, maar dit is so moeilik om te verander. Dit is ook so met nuwejaarsvoornemens én met godsdienstige voornemens. Soms is dit goed om op ‘n enkele ding te konsentreer, dit te verander deur vas te byt en deur te druk, eerder as om tien goed te probeer verander. Mens kies dan ‘n groot/belangrike saak en pak dit met jou hele hart aan. Ons kan as individue en gemeente gesamentlik moontlik só ‘n saak identifiseer: Om God te verheerlik. Om Hom te loof en prys! Dat Hy só in die sentrum van ons lewens sal wees, dat Hy deur my woorde en werke geprys sal word. Die wêreld ken niks van hierdie ontsag vir God meer nie. Inteendeel, vir die wêreld is “God dood”, hulle loën Hom en gebruik sy naam as ‘n vloekwoord. Het ons, die Christene, nog God se eer in die

Upload: vuongcong

Post on 28-Jul-2018

215 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: €¦  · Web viewWord nie dronk nie (Ef 5: 18); Vergewe ander (Kol 3: 13) In terme van Op 4, ons lê ons eie kroontjies voor God se voete, erken en gehoorsaam Hom as Koning! Hoe

Teksgedeelte: Rm 15: 7 – 13

Teksvers: Rm 15: 11

Tema: Wat om te doen met 2017? Loof die Here, prys sy naam!Braam Krüger

Die prentjie hierbo het nogal iets van die waarheid aan hom!

Ons weet dikwels dat verandering nodig is, maar dit is so moeilik om te verander. Dit is ook so met nuwejaarsvoornemens én met godsdienstige voornemens. Soms is dit goed om op ‘n enkele ding te konsentreer, dit te verander deur vas te byt en deur te druk, eerder as om tien goed te probeer verander. Mens kies dan ‘n groot/belangrike saak en pak dit met jou hele hart aan.

Ons kan as individue en gemeente gesamentlik moontlik só ‘n saak identifiseer: Om God te verheerlik. Om Hom te loof en prys! Dat Hy só in die sentrum van ons lewens sal wees, dat Hy deur my woorde en werke geprys sal word. Die wêreld ken niks van hierdie ontsag vir God meer nie. Inteendeel, vir die wêreld is “God dood”, hulle loën Hom en gebruik sy naam as ‘n vloekwoord. Het ons, die Christene, nog God se eer in die oog? Daardie “awe” vir Hom, die vrees van die Here, wat nie “bang” beteken nie, maar net hierdie ongelooflike verwondering oor die grote God? Hy wat alles gemaak het en dit in sy hand vashou? Hoe sou jy jouself evalueer voor God se alwetendheid? Eer jy Hom? Régtig?

Ons gemeente se visie is: Om God te verheerlik deur voortdurende metamorfose. Ons verander om meer en meer te wees wat God ons gemaak het in Jesus. Flp 2: 13 is belangrik in hierdie verband: “Julle moet julle met eerbied en ontsag daarop toelê om as verloste mense te lewe, 13want dit is God wat julle gewillig en bekwaam maak om sy wil uit te voer”. Kom ons neem hierdie groot besluit! Ons eer Hom onvoorwaardelik! Rm 15: 7 maak dit duidelik: Jode is gered, heidennasies is gered, “...tot eer van God”.

Page 2: €¦  · Web viewWord nie dronk nie (Ef 5: 18); Vergewe ander (Kol 3: 13) In terme van Op 4, ons lê ons eie kroontjies voor God se voete, erken en gehoorsaam Hom as Koning! Hoe

Die natuurlike vraag wat by mens sal opkom is natuurlik: Hoe doen mens dit? Ek sing mos in die erediens en ek bid gereeld. Sang en gebed is sekerlik belangrike elemente van lofverheffing, maar is nie die enigste of grootste nie.

Die diepste manier waarop jy God kan respekteer, is om voor sy soewereiniteit te buig. Mens kan soewereiniteit ook beskryf as “gesag”. Jy is nie in opstand teen God se gesag nie, maar jy respekteer sy wil. Mens doen dit deur Hom onvoorwaardelik te gehoorsaam. Of jy verstaan of nie, of jy saamstem of nie. Byvoorbeeld

Woon eredienste by (Hb 10: 25); Het nie seksuele verhoudings buite die huwelik nie (1 Kor 7: 9); Word nie dronk nie (Ef 5: 18); Vergewe ander (Kol 3: 13)

In terme van Op 4, ons lê ons eie kroontjies voor God se voete, erken en gehoorsaam Hom as Koning! Hoe lyk dit? Is jy reg daarvoor? En ons as gemeente? Mag dit kenmerkend wees van ons in 2017 dat ons God (absoluut) eer!