67...web viewas ons dan nie haaie doen nie kom ons begin dan met iets wat met die see te doen het

26
PROGRAM 67 GANSBAAI OMGEWING INGRID: Dagse – T&M – laas week was ons in BBos – die week gaan kuier ons in die baie gewilde Gansbaai MONIQUE: GD ook van Monique – en kan jy dit glo – so kry ek Ingrid al hoe nader aan die haaie! INGRID: Kyk Monique probeer al vir ‘n hele jaar lank dat ek saam met die haaie duik. MONIQUE: En hier is ons vandag. INGRID: Maar ek het nuus vir jou – ons gaan nie vandag saam met die haaie duik nie... MONIQUE: Ag nee man – ek het so uitgesien daarna om vir almal te vertel hoe jy gebewe het INGRID: Dit was net van die koue water! Nee, toe ons hier in Gansbaai aankom op ons haai missie – want dit was eintlik ‘n haai missie MONIQUE: Ja – ek wil byse dat Ingrid in daai ou strik getrap het waarin ons almal trap – sy het gese haar skoonouers het hier in Gansbaai gebly – daar is nie baie om te doen nie INGRID: Ek het vinnig my woorde geeet hoor! MONIQUE: Dit was al wat geeet was – die haaie het niks geeet nie! INGRID: Ja, want toe ontdek ons twee hoeveel ander wonderlike dinge daar in en om Gansbaai is en dit is hoekom ons nie vandag gaan haaie kyk nie... MONIQUE:

Upload: lyliem

Post on 01-May-2018

223 views

Category:

Documents


4 download

TRANSCRIPT

PROGRAM 67 GANSBAAI OMGEWING

INGRID:Dagse – T&M – laas week was ons in BBos – die week gaan kuier ons in die baie gewilde Gansbaai

MONIQUE:GD ook van Monique – en kan jy dit glo – so kry ek Ingrid al hoe nader aan die haaie!

INGRID:Kyk Monique probeer al vir ‘n hele jaar lank dat ek saam met die haaie duik.

MONIQUE:En hier is ons vandag.

INGRID:Maar ek het nuus vir jou – ons gaan nie vandag saam met die haaie duik nie...

MONIQUE:Ag nee man – ek het so uitgesien daarna om vir almal te vertel hoe jy gebewe het

INGRID:Dit was net van die koue water! Nee, toe ons hier in Gansbaai aankom op ons haai missie – want dit was eintlik ‘n haai missie

MONIQUE:Ja – ek wil byse dat Ingrid in daai ou strik getrap het waarin ons almal trap – sy het gese haar skoonouers het hier in Gansbaai gebly – daar is nie baie om te doen nie

INGRID:Ek het vinnig my woorde geeet hoor!

MONIQUE:Dit was al wat geeet was – die haaie het niks geeet nie!

INGRID:Ja, want toe ontdek ons twee hoeveel ander wonderlike dinge daar in en om Gansbaai is en dit is hoekom ons nie vandag gaan haaie kyk nie...

MONIQUE:So ek neem aan ons praat oor die om nie die in vandag nie

INGRID:Verseker – ons gaan vir jou vertel van die oulike plekkies wat eintlik om Gansbaai is maar ook deel van Gansbaai is.

MONIQUE:

As ons dan nie haaie doen nie kom ons begin dan met iets wat met die see te doen het.

INGRID:Ons is by die see – alles hier het met die see te doen

MONIQUE:Nee nie Groomelkhoutbos nie!

INGRID:Dit is te vroeg in die program om te stap – goed begin by die see

MONIQUE:Nou kom ons stop sommer in Franskraal – wat net so duskant Gansbaai le – en dit is hier waar jy gaan leer van die Birkenhead...

INGRID:Dit is nou die wrak waaroor ons gepraat het toe ons daar by Bredasdorp se skeepsmuseum gekuier het – hoeka laas jaar die tyd.

MONIQUE:Dit is so – maar hier in Franskraal gaan jy die grootste versameling van die oorskot van die Birkenhead kry en dit is natuurlik alles in die Strandveld Museum.

INGRID:Nou as jy soos ek is en vir 6 jaar gaan vakansie hou het in die omgewing en nooit geweet het van die Strandveld Museum nie – dit is die kleine wit ou huisie voor op die strand daar in Franskraal.

SOUNDBITE: EILAND HUISIE (21)

MONIQUE:So 11 jaar gelede het Jan en SD Fourie die huisie gehuur by die munisipaliteit en alles wat hulle kon bymekaar maak oor die geskiedenis van die area en die dorp word hier uitgestal.

INGRID:Ons het by Jan en SD gaan kuier en hoor net hoe is ons welkom geheet

SOUNDBITE: MUSIEK (10)

MONIQUE:Jan en SD is natuurlik die beste twee mense om mee te kom praat as jy van geskiedenis wil weet want Jan is die skrywer oor ‘n hele klomp boeke oor die area.

INGRID:En SD is die skrywer van die novelle >>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>> wat handel >>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>..

MONIQUE:So tussen die twee gaan jy ‘n magdom geskiedenis en baie interresante stories kry – en alles kan bewys word met al die artifkate wat hulle daar in die museum het

INGRID:Soos dat perde beter swimmers as mense is ne!

SOUNDBITE: PERDE (24)

MONIQUE:Ek weet nou weer wat daai mense gaan se wat dink haaie eet mense – hulle gaan se haaie eet nie perde nie en dit is hoekom meer perde dit tot op die kant gemaak het.

INGRID:Haaie eet nie mense nie – maar ons gaan binnekort daaroor praat

MONIQUE:Nadat ons saam met hulle geduik het ne!

INGRID:Nou vir die van julle wat ons Birkenhead storie laas jaar gemis het – gaan SD gou vir julle die storie van die Birkenhead vertel.

SOUNDBITE: DRILL (58)

MONIQUE:Hulle gebruik dit nie altyd nie ne – onthou jy daai skip wat hier op die Wilde Kus gestrand het – toe die kaptein sommer eerste afgespring het

INGRID:Kyk ek weet nou – as jy op ‘n skip is en hy gaan onder – spring op ‘n perd se rug – jou kanse is grooter om dit tot by die kant te maak.

MONIQUE:Sien dit is hoekom mens by museums moet gaan kuier – want jy leer sulke belangrike dinge!

INGRID:Ons leer ook dat daar nog 20 ander skepe hier strand voordat die vuurtoring hier by Dangerpoint in 1894 uiteindelik in werking tree.

MONIQUE;SD vertel dat Jan eers begin het met die versameling hier by die museum maar toe mense daarvan hoor toe begin hulle self versamelstukke hier aflaai.

SOUNDBITE: MUSEUM (32)

INGRID:Franskraal was baie jare terug ‘n leenplaas.

MONIQUE:Ja in daardie dae kon mense met geld of nog osse betaal vir hulle plase.

INGRID:Ons kon nie veel opspoor oor die geskiedenis van die leenplaas nie , maar soos dit ‘n goeie plattelandse dorp betaam...

MONIQUE:En moet nie die goeie storie verteller vergeet nie...

INGRID:Dis waar – sit vir SD by – toe is daar ‘n storie oor waar die naam Franskraal vandaan kom...

SOUNDBITE: NAAM (32)

MONIQUE:HIerdie klink vir my soos ‘n wonderlike verduideliking

INGRID:Wel, as iemand anders ‘n ander storie ken – laat ons weet! Ons kuier net nou nog verder op Franskraal – maar kom ons vertel eers vir jou wat kan jy wen in ons kompetisie die maand!

SMS Kompetisie ; 4 persone staan die kans om 'n jaarlange inskrywing te wen op die Getaway tydskrif. Sms die antwoord op die volgende vraag na 32716. Watter tydskrif borg Tasse en Matrasse met Ingrid en Monique

MONIQUE:Jy is ingeskakel by T&M en ons kuier hierdie week in Gansbaai omgewing en die eerste deel van die omgewing wat ons ontdek is Franskraal.

INGRID:As jy ‘n draai wil gaan maak by die Strandveld Museum – dit kos net R 5 per volwassene en R 2 per kind en soos SD se – jy kan ‘n hele dag daar spandeer.

MONIQUE:Dan moet jy maar vir ‘n naweek gaan want daar is nog tonne om te doen hier in Gansbaai en omgewing.

INGRID:Jy kan natuurlik bietjie land se kant toe beweeg, jou stapskoene aantrek en die Grootmelkhoutbos Wandelpad gaan probeer.

MONIQUE:Dit is nou vir julle wat nie saam met die haaie wil duik nie.

INGRID:Daar is baie sulke mense want ons kom toe agter mense het baie miskonsepsies oor haaie en die duik ding

MONIQUE:

Maar daarvoor moet jy volgende keer luister... as Ingrid dit kan doen...

INGRID:Ai Monique – kom ons praat liewer oor die stap...

MONIQUE:Dit is nou die Grootmelkhoutbos wandelpad en dit is die tipe wandelpad wat ons girls doen

INGRID:Hoekom se jy so?

MONQIUE:Wel dit is net 2 km – dit is ‘n sirkelroete – so jy hoef nie te worry oor jou kar nie en jy stap dit in net onder ‘n uur

INGRID:En dit beteken dus daar is nog baie tyd oor om al die ander dinge te gaan doen wat jy nog in die omgewing beplan ne

MONIQUE:Dit is so – maar probeer die staproete in jou schedule inwerk hoor want soos die naam se gaan jy die Melkhoutboom hier kan sien

INGRID:Vir julle wat nie geweet het nie – die melkhoutboom is ‘n beskermde boom – so jy mag hom nie afkap nie!

MONIQUE:Daar is ook drie van hulle in SA wat Nasionale monumente is ne! Een van hulle is in PE en hy was genoem die Post Office Tree en hulle se die portugese soldate het in 1500 ‘n skoen met ‘n brief in die boom opgehang en die brief het die verdrinking van Barhlowmeas Dias vertel. Hulle se daai boom is 600 jaar oud

INGRID:Amper so oud soos jy! Die ander Melkhoutboom Monument is die Treaty Tree in Woodstock – ek wonder hoe oud hy is – maar dit is waar die Kaap in 1806 aan die Britte oorhandig is.

MOIQUE:En die derede een is die Fingo Boom daar in Peddie in die Oos Kaap en dit is waar die Fingo stam hulle lojaliteit aan God en die Britte gegee het toe die Britte hulle beskerm het teen Chief Hintza.

INGRID:Hey wat doen ons in Peddie terwyl ons netnou nog geloop het in die Grootmelhoutbos wandelpad

MONIQUE:Dis oor die melkhoutbos wat jy daar sien...

INGRID:Maar dit is nie al wat jy daar gaan sien nie – op die staproete gaan jy tipiese strandveldplantegroei sien

MONIQUE:Soos die kershout, die ghwarrie, die bastersaffraan en die noem noem

INGRID:Ook die duine olienhoue en die valspendoring

MONIQUE:En kyk af ook hoor want jy gaan baie tulpe en vygies sien.

INGRID;Nou die goeie nuus – jy mag jou hond saambring maar hy moet aan ‘n leiband wees.

MONIQUE:As jy lus nie lus is vir stap nie dank an jy natuurlik altyd gaan quad bike ry.

INGRID:Dis nou daar by Panorama ne

MONIQUE:Daar waar jy Samil ook kan gaan ry

INGRID;Kyk ons twee he took gewonder wat ‘n Samil is!

MONIQUE:Die manne uit die bos oorlog sal dalk onthou – ek dink hy het ‘n ander naam gehad toe – maar dit is so groot 16 sitplek weermag voertuig en daarmee vat hulle jou uit in die veld

INGRID:En dank an jy nou kyk of jy die 120 voelspesies en ek weet nie hoeveel plantspesies daar by Panorama kan spot nie.

MONIQUE:En as jy nou meer avontuurlistigit is dan gaan jy op daardie 2 uur quad bike trip en as jy gelukkig is vat hulle jou tot bo op die berg na daardie vlei toe...

INGRID:Die vlei wat ‘n groot geheim is en wat ook ‘n storie van sy eie het soos Hannes vertel...

SOUNDBITE: VLEI (17)

MONIQUE:Die Engelse het seker gewonder wat waar al die perde heen is

INGRID:Nee see in nie – berg op!

MONIQUE:Nou die Samil tog R150

INGRID:En die Quad bikes is R 300 as jy berg op na die vlei toe gaan – dit is 2 uur en R 150 vir 30 minute

MONIQUE:Onthou net jy nry nie self nie.

INGRID:En as jy terug kom kan jy sommer hier by Panorma eet want dit hier waar jy so lekker kan smul aan Anette se Palleja en dit he took ‘n storie

SOUNDBITE: PALLEJA (47)

MONIQUE:Kyk dit was baie moeilik om te kies tussen die palleja en die lamskerrie wat annet se dit is so lekker dit maak jou bene lam.

INGRID:Nog iets wat baie oulik is hier is dat hulle sulke oulike pienkieks maak en dan vat jy jou kossies en dan gaan sit jy buite op die gras en kyk vir die view.

MONIQUE:Ja, panorama sit teen die kop bo Franskraal en het die ongelooflkiste views oor die see – jy kan tot die haaie sien swem daar om Dyer Eiland.

INGRID:Monique met jou oe kan jy nie eers pannekoek op jou bord sien nie!

MONIQUE:Moet nie die roosterkoeke vergeet nie – hulle maak nog egte roosterkoek hier – en ek gaan die oog ding maar net ignoreer – wag net tot ons saam met die haaie duik – dan sale k my se inkry.

INGRID:Voordat Monique heeltemal te veel se – kom ons gaan vertel liewer vir jou waar jy kan gaan slaap in Franskraal.

MONIQUE:Kyk as jy nou ‘n pragtige kamer, met ‘n pragtige see uitsig, met egte Kaapse gasvryheid met die beste ontbyt in die dorp wil he – dan is daar net een plek om te gaan bly

INGRID:En dit is Franskraal G&B en met al daardie mooi woorde kan jy seker raai dat hulle ‘n 4 ster gradering het

MONIQUE:Dit is nou hier waar jy vir Amanda en Helmie De Vries gaan ontmoet

INGRID:Amanda is die vrou wat daardie fantastiese ontbyt maak

MONIQUE:En as Helmie vir jou ‘n glasie wyn aanbied – vat dit – want hy is ‘n wynmaker en hy maak fantastiese wyn

INGRID:En jy kan net daar bo in hulle woonkamer sit met ‘n verkyker en walvisse kyk dat die biesies bewe!

MONIQUE:Amanda vertel wat mense alles hier kan doen....

SOUNDBITE: b&b (41)

INGRID:Kyk ek bly net daar by Amanda hulle vir die view, die stoel daar bo met die verkyker – ons het daar gesit en in ‘n halfuur gesien hoe spring een na die ander walvis uit die water.

MONIQUE:Dit was pragtig hoor – daar is 4 kamers – almal is uniek gedokereer en daar is ook ‘n rolstoek kamer so ouma kan saamkom.

INGRID:Ons is nou klaar gekuier in Franskraal maar nog glad nie klaar met die omgewing nie – as ons terugkom vertel ons vir jou waar Lady Ann Barnard geabsail het!

GETAWAY AD

MONIQUE:Jy kuier hier by T&M saam met my Monique en Ingrid – en na ‘n hele jaar se sukkel het ek uiteindelik vir Ingrid hier in die omgewing waar die groot haaie is en ons is baie naby aan ons haai duik ekspedisie

INGRID:Maar ons was nog so oppad daarna toe toe loop ons in ons ou vriendin vas

MONIQUE:Dit is nou Lady Ann Barnard en ons het nie in haar vasgeloop nie eerder in haar legende

INGRID:Want die vrou was orals hoor – sy was voorwaar die Indiana Jones van daardie jare in die Kaap.

MONIQUE:

Ons gaan maak toe ‘n draai daar in De Kelders want ons hoor die walvisse le so langs die rotse en toe sien ons die grotte

INGRID:En toe hoor ons die storie van Lady Ann Barnard en haar absailing af in die grotte

MONIQUE:Miskien moet ons net eers vir die wat nie weet nie vertel van De Kelders se grotte

INGRID:Die soos Monique – want sy het nie geweet van die grotte nie....

SOUNDBITE: GROTTE (31)

MONIQUE:Wat ek wel weet is dat De Kelders sy naam van die grotte af kry

INGRID:Dit is ook die enigste varswaer grot op die kus van Afrika ne

MONIQUE:Ja, in die ou dae het hulle toere af gehad in die grotte in , maar vandag is die grotte toe vir die publiek - so ongelukkig kan jy nie gaan kyk nie.

INGRID:Dit is eintlik jammer want baie mense se dit is ‘n mini Kango grotte

MONIQUE:Ja en in die dae van Lady Ann Barnard was dit gesien as ;n natuurlike wonder van die ou Kaapse Kolonie

INGRID:Kom ons vra nou gou vir SD daar van die Strandveld Museum om die wonderlike storie te vertel van LAB se absail hier af in die grotte.

SOUNDBITE: ABSAIL (38)

MONIQUE:Siesa – dit is nou een ding wat sy gedoen he twat ons nie kon doen nie

INGRID:Dit en Tafelberg uitklim

MONIQUE:Ja, maar ons het darem Tafelberg uitgery!

INGRID:Nou wat ons eintlik in De Kelders kom doen het was om walvisse te kom kyk en ons he took die perfekte plek gekry om dit te doen – Coffee on the Rocks

MONIQUE:Hier het ons gekuier saam met eienaar Barry – en hy kan nou vir jou ‘n walvisstorie of twee vertel hoor!

INGRID:Kyk – sy vrou Gail kan vir jou ‘n dis of twee kook ook hoor!

MONIQUE:Ja, die restaurant is sommer so half deel van hulle huis maar walvistyd is dit die plek om te wees want dan buzz dit hier

INGRID:En dit is ‘n oe en ‘n aaa elke keer as ‘n walvis uit die water spring en Barry vertel sommer vinnig vir jou hoeveel keer dit gebeur.

SOUNDBITE: BRIDGE (18)

MONIQUE:En hy was reg hoor – as daai walvis so een keer uikom dan kry jy jou kamera reg en dan neem jy die mooiste fotos!

INGRID:Barry se natuurlik dat die hier by hulle die mense nie vir die walvisse kom kyk nie maar die walvisse vir die mense!

SOUNDBITE: KYK (20)

MONIQUE:Ons het dit ook gesien – mens dink nog dis ‘n rots wat daar is dan se Barry vir jou nee - kyk mooi dit is ‘n walvis wat daar le.

INGRID:Ons het vir Barry gevra wat is die beste tyd om De Kelders toe te kom en toe vind ons uit daar is twee tye - een vir die walviskykers en nog ‘n tyd wat die bes bewaarste geheim is

MONIQUE:Maar ons gaan jou vertel – want tussen ons twee kan ons mos nie geheime hou nie...

SOUNDBITE: GEHEIM (30)

INGRID:Ek dink daardie wonderlike etes daar by Coffee on the Rocks in nog ‘n geheim hoor

MONIQUE:Nie na vandag nie want ons gaan jou vertel waar jy die beste burger in De Kelders kan kry.

INGRID:Ja dit is alles handgemaak en toe ons daar kom was al die burgerpatties klaar en toe sak Monique se gesig toe – dat hulle toe vir Monique Barry se burger gee.

MONIQUE:Shame – ek was so bly want dit was fantasties

INGRID:En ek het ‘n heerlik Thai hoender en kalamari kerrie geeet

MONIQUE:Maar soos alle goeie restaurante is die spyskaart hier op ‘n swartbord – so ons weet nie wat jy gaan kry as jy daar aankom nie.

INGRID:Maar wat jy wel gaan kry is goeie weer in Februarie en walvisse van Junie tot November!

MONIQUE:Walvisse wat vir jou kom kyk!

INGRID:Ons is nog nie klaar gekuier in De Kelders nie – want as jy kinders het – of as jy nog ‘n kind in jou hart is – is daar twee tuine waar jy moet by gaan stop.

MONIQUE:En jy moet nou asseblief nie in jou kar sit en loer en wegjaag as die eienaars uitkom nie!

INGRID:Nee – hulle se jy moet uitklim en kyk en vrae vra

MONIQUE:Die dorpie het twee fantasie tuine en die een is so uniek en wonderlik soos die ander.

INGRID:Die eerste waar ons gaan stop het is daar by Vyfer Straat 73 by Oom Coenie en Tannie Christa

MONIQUE:En hier gaan jy nou ‘n werkende oudtydse plasie kry kompleet met ‘n werkende meul

INGRID:En vir die soapie liefhebbers – die hele 7de Laan straat met al die winkels

MONIQUE:Sonder die karakters hoor!

INGRID:En oom Coenie maak en bou alles met die hand slef.

MONIQUE:Hy se partykeer is die hande maar rou dan moet hy bietjie rus en dan gaan hy maar weer aan.

INGRID:Die ander tuin gaan jy kry daar in Harlem Straat no 10

MONIQUE:En dit is die tuin van Martie en Albert Potgieter en Albert vertel so bietjie meer

SOUNDBITE: TUIN (13)

INGRID:Kyk Albert jok nie as hy se dit is so bietjie van alles nie hoor – daar gaan jy nou vir Noag se ark kry

MONIQUE:Jy gaan vir LIewe Heksie en kabouter land kry

INGRID:Aspoestertjie en goue lokkier

MONIQUE:En hier moet jy nie net voor kyk nie – want meeste van die verhale is agter

INGRID:En martie se die tuin agter was so uitdagting want dit is net ‘n rotshelling agter maar dit het toe nou dit ideale plek gemaak vir al die stories.

MONIQUE:Dit is nogal iets om te sien hoor – mens voel sommer weer kind as jy daar rondstap en jy herken al die stories wat jy al vergeet het!

INGRID:Nou ja – die haai duik kom al hoe nader en as jy lus is vir dit moet jy mooi luister na wat jy die maand kan wen in ons prêt veiling!

PRETVEILING : Ingrid moet nog gee

MONIQUE:Jy kuier hier by T&M en ons is nog hier aan te kuier op die buitewyke van Gansbaai.

INGRID:Twee plekkies wat vakansiehotspots is wat ons so net vinnig gaan noem hier op die buitewyke is natuurlik die baie gewilde Pearly Beach en Uilekraalmond

MONIQUE:Ek kon nie mooi uitfigure of dit Uilenkraalmond is of Uilkraalsmond is nie

INGRID:Kom ons hoor hoe noem die locals dit...

SOUNDBITE: UKM (37)

MONIQUE:Uilenkraalsmond – daar het ons dit nou en sommer die hele geskiedenis

INGRID:En vandag in Uilenkraalsmond is baie gewilde vakansiebestemming ne en daai gewilde karavaanpark

SOUNDBITE: KARAVAAN (23)

MONIQUE:Dan aan die anderkant van Franskraal is daar die net so pragtige Pearly Beach

INGRID:Met ‘n storie van sy eie

SOUNDBITE: AFSAAL (38)

MONIQUE:Haai – mense se nie meer so vir ander nie ne!

INGRID:Ek dink as jy dalk nog daar gaan kuier – daar is twee oulike plekkies om te gaan bly wat ons van weet

MONIQUE:The dolphin is self catering cottages – praftige en dan ook Klein paradijs wat naby die natuur reservaat is

INGRID:Meer inligting soek www.gansbaaiinfo.com

MONIQUE:Kar

INGRID:Facebook MONIQUE : Website en groe

ADVERT : PRET VEILING (INGRID MOET TEKS GEE)

INGRID:Jy kuier by T&M en as jy nog in Gansbaai omgewing is – of binnekort vir ‘n naweek soontoe gaan – klim in jou kar en ry net ‘n bietjie verder en gaan kuier daar in Baardskeerdersbos

MONIQUE:Of BBos soos die locals die pragtige dorpie noem.

INGRID:

En as jy sommer gou wil kom kuier dan moet jy wikkel want die volgende naweek is dit die BBos kunsroete en ons hoor dit is ‘n kuier wat jy nie mag mis nie.

SOUNDBITE: KUNSROETE (48)

MONIQUE:Dit is nou Neil Jonker wat so lekker gesels en weet maar jy gaan lekker kuier by die kunstenaars – wie se talente van skilderkuns tot beeldhou werk insluit.

INGRID:En broodkuns ook hoor...

MONIQUE:Ja maar dit is vir netnou want dit is ‘n lekker ding op sy eie!

INGRID:Dit is ook einste Neil wat sorg vir daardie pragtige beeldhouwerk op die roete.

SOUNDBITE: BEELDE (47)

MONIQUE:En hy weet ook wat om met die verfkwas te maak hoor...

INGRID:En met die broodoond – maar dit is vir netnou.

MONIQUE:Ons se mos alles op die dorp is ‘n storie – nou hoe die kunsroete begin het is ook ‘n storie...

SOUNDBITE: ERVARING (60)

INGRID:Nog ‘n kunstenaar met ‘n ongelooflike kunsvorm...

MONIQUE:Ek dink hy is die enigste in die land wat dit doen..

INGRID:Ja, is Joshua Miles en ek dink hy moet maar self vertel wat hy doen

SOUNDBITE: COLOUR (6)

MONIQUE:

En wonder almal seker wat ‘n colour separation met intuition is!

SOUNDBITE: HOUTSNEE (56)

INGRID:Nou Joshua se hy maak twee proewe en net 10 van elke kunswerk.

MONIQUE:Hy se ook alhoewel hy met 7 ink kleure werk is daar tot 20 verskillende kleure per ets.

INGRID:En daar is niemand anders in SA wat die tipe kunswerk doen nie.

MONIQUE:Ek kon net nie my kop rondom dit kry nie. Al die beelde, die kleure is in sy kop en so werk hy en kerf die prent stukkie vir stukkie uit.

INGRID:Sy atleljee is regs langs Baardies Food, Wine and Art – daar is natuurlik baie van die plaaslike werk ook hier by Baardies uitgestal wat jy kan koop.

MONIQUE:Maar ons sal netnou oor Baardies ook vertel.

INGRID:Nog iemand wat besonders kunstig is en by wie ons gaan kuier het is PD van Pieter Deon Interiors

MONIQUE:Maar as ons in Gansbaai kuier gaan ons meer van sy talente praat.

INGRID:Wat ons wel kan se is dat hy die ongelooflikste mooi kasteel vir sy seun gebou het daar is sy nog mooier agterplaas.

MONIQUE:Nou as jy wil weet wanneer die datums vir die ander twee kunsroetes of feeste is – dit is op 28 en 29 April

INGRID:En die 22 & 23 September – so as jy nie volgende naweek in BBos kan uitkom nie en jy wil graag deel he aan die ervaring met die wonderlike kunstenaars – skryf dit nou in jou dagboek.

MONIQUE:Kom ons gaan gee bietjie pryse weg.

SOUNDBITE : KOMPETISIE Ingrid sal gee

INGRID:Jy kuier hier saam met my en Monique en die week kuier ons in BBos – of Baardskeerdersbos..

MONIQUE:Of spinnekopvallei

INGRID:Nee Monique – dit het jy nou opgemaak – wil net byvoeg dat daar nie meer spinnekoppe hier is nie – so as jy so min van hulle hou soos ek – kan jy maar in Bbos kom kuier.

MONIQUE:Wat ons wel ook kan byse is dat hier nog baie stories veral skinderstories is...

INGRID:En dit het alles te make met die skinderboom en Oom Jurie vertel hoekom die boom die skinderboom genoem is

SOUNDBITE : BOOM (18)

MONIQUE:Ai die politiek tog – dit is mos maar waar al die skinderstories ontstaan ne....

INGRID:Maar skinder en politiek is nie al wat onder die boom gebeur het nie – Oom Karel vertel...

SOUNDBITE : BOOM 2 (23)

MONIQUE:Ons was daar by die boom om te hoor of ons ook ‘n skinderstorie of twee daar kan optel.

INGRID:Maar die boom was nie meer daar nie! Hy was al so oud dat hy omgeval het – of iets!

MONIQUE:Maar kyk waaroor hulle wel onder daardie boom oor gepraat het is die storie van die wolfkind van Baardskeerdersbos

INGRID:Oh - Nog een van daardie stories van BBos waaroor mens lank dink!

SOUNDBITE : WOLF (77)

MONIQUE:Blykbaar het niemand dit dan buite gewaag nie...

INGRID:Nou ‘n storie wat nie ‘n storie is nie is die kerkbasaar...

MONIQUE:Jy bedoel dit is ‘n anderste storie...

INGRID:Voorwaar want die mense op die platteland weet mos van kerkbasaar hou soos tannie Loretta Le Roux vertel.

SOUNDBITE :BASAAR (20)

MONIQUE:En blykbaar maak hulle nog witblits in die omgewing want ons hoor daar is nog witblits ook

INGRID:Maar ‘n wenk – wees vroeg daar...

SOUNDBITE :DS (11)

MONIQUE:Die bazaar is gewoonlik hier in Mei maand – so hou daardie datum ook maar oop

INGRID:So van al daardie lekker eetgoed van die bazaar gepraat – die mense het nog so geleentheid elke jaar waar hulle lekker eet...

MONIQUE:Dit is nou as jy van skaapkoppe hou ne...

INGRID:En ons twee het dit nog nooit geeet nie – toe moet Gerda van die toerisme kantoor vir ons vertel hoe mens dit doen...

SOUNDBITE :SKAAP (35)

MONIQUE:Kyk ek weet nie wat was vir Ingrid op daardie stadium die ergste nie – die spinnekoppe of die skaapkoppe nie.

INGRID:Kyk dit gaan ‘n rukkie vat voordat ek by die skaapkop party uitkom hoor! Maar Tannie Erna Groenewald is ‘n skaapkop connoisseur en ek wou by haar weet watter deel van die kop se sy moet ‘n mens eet

SOUNDBITE :KOP (10)

MONIQUE:Vir die skaapkopfees kry hulle blykbaar kry hulle 60 koppe elke jaar en jy moet jou kop bespreek hoor - Voor die tyd anders is jy koploos

INGRID:Kyk ek dink ek gaan die skaapkoppe maar ‘n mis gee, maar wat ek wel sal kom doen is Neil se broodbakkursus.

MONIQUE:Dit is nou Neil wat sulke pragtige beeldhouwerk doen.

INGRID:Hy bied elke maand een kursus aan en hy weet waarvan hy praat hoor.

MONIQUE:Ja, Neil het lank in Amerika gewerk waar hy broodoonde gebou het en leer brood bak

SOUNDBITE :BROOD (48)

INGRID:O warm brood en ‘n lekker vissie op die kole – klink vir my soveel beter as skaapwange en harsings!

ADVERTENSIE : GETAWAY – TBC

MONIQUE:Jy kuier by T&M en as jy nou geinspireer is om te kom vir die kerkbasaar, die skaapkopfees of die kunsfees – dan gaan ons nou vir jou vertel waar jy kan eet en bly.

INGRID:Baardies Food, Wine and Art is nou die plek waar jy vir die kunste stop

MONIQUE:En dit het nie net te doen met die kunswerk teen die mure nie ne

INGRID:Eerder met die lekker kos!

MONIQUE:Baardies is te danke aan twee Gautengers wat genoeg gehad het en besluit het die platteland is vir hulle. Dit is nou >>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>

INGRID:En nou maak hulle sulke lekker plattelandse kos.

MONIQUE:

Ons is bederf met die heerlikste tamatie, wortel en appel sop – wat die sop van die dag was – en elke dag is daar ‘n nuwe sop.

INGRID:En toe kry ons ‘n reuse bord bobotie met die lekkerste groente

MONIQUE;En daardie reuse bord kos kos net R 50!

INGRID:Maar Baardies hets y eie storie ...

SOUNDBITE : BAARDIES (19)

MONIQUE:Dis nie net iets moois wat uit die vuilishoop uitgekom het nie – daar is blykbaar ook iets vreeslik lekker wat jy hier moet probeer.

INGRID:Ag en ons moes nog terug gegaan het daarvoor – maar die tyd was alweer op.

MONIQUE:Ons praat te veel en eet te min...

INGRID:Ek dink dit is andersom – maar ons hoor dat Renee en >>>>>>>>>>>>>> se Guinness Sjokolade koek iets is waarvoor jy maar kan teruggaan!

MONIQUE:Daar is nog so paar ander eetplekkies op die dorp – Mariki daar op die hoofstraat en dan die Strandveld Pub

INGRID:En as jy wil gaan bly – glo dit as jy wil – dan is daar ‘n hele paar selfsorg opsies op die dorp.

MONIQUE:Ek sal natuurlik dit ernstig oorweeg om daar by Oom Karel hulle oor te gaan bly.

INGRID:Is dit nou oor hulle mooi historiese selfsorg huisie of gaan dit oor die olywe.

MONIQUE:Sommer – altwee hoor – maar Ingrid is reg – Dagbreek kan 4 mense slaap en dit is al oor die 100 jaar oud en dit het die pragtigste uitsigte oor die plase aan die eenkant en die dorpie aan die ander kant.

INGRID:

As jy nog bietjie meer in die natuur wil wees – gaan kyk gerus na Farm 215 - daar sal jy ‘n 4ster gastehuis in die middel van die Cape Floral Kingdom met sy pragtige fynbos kry.

MONIQUE:Jy kan nou kies of jy in die Manor House wil bly of in die Fynbos Suites. Daar is 3 van hulle en dit is die pragtigste moderne houthuise met groot glasvensters van waar jy die hele landskap kan sien.

INGRID:Dit is natuurlik die plek as jy van die natuur hou want hier is ook meer as 20 km se staproetes.

MONIQUE:As jy ‘n natuurmens is sal jy dalk weet dat jy die baie raar en bedreigde Leopard Toad ook hier gaan raakloop.

INGRID:Se liewer die afrikaanse naam

MONIQUE:Die Westerlike luiperskurwepadda!

INGRID:Ons het nie tyd gehad om te gaan soek vir een nie, maar het toe maar gaan Google om vir jou te vertel hoe hy lyk vir as jy hom dalk raakloop.

MONIQUE:Wel, hulle se hy kan tot ‘n impressiewe 140mm lank word en het ‘n growwe veld

INGRID:Maar dit het die pragtigste sjokolade tot rooi bruin patch patron met ‘n geel streep wat tussen die patches deurloop.

MONIQUE:En as jy een sien ry hom asb mis – die spesies is bedreig!

INGRID:Iemand wat jy in aksie moet sien in Baardskeerdersbos in natuurlik die Baardskeerdersbos Boereorkes en Manie Groenewald.

MONIQUE:Jy gaan hom sien as jy kerkbasaar toe kom. INGRID:Nou ek hoop ons het jou oortuig om in jou karretjie te klim en BBos toe te kom.

MONIQUE:En van karretjies gepraat – baie dankie aan Toyota Barlowworld wat vir ons daai baie oulike Yaris Zen gegee he tom in rond te rits.

INGRID:Gaan kry sommer vir jou ook een en dan rits jy lekker BBos toe.

MONIQUE:Website

INGRID:Facebook

Groe