wessel, joan en tiago van der merwe · 2018. 8. 10. · 6. nagmaal: sondag 19 augustus ons wil die...
TRANSCRIPT
PROGRAM VIR VANDAG Baie welkom in die erediens.
ʼn Spesiale welkom aan nuwe lidmate, besoekers en studente. Het jy geweet dat jy die Bybel op jou foon kan aflaai?
Ringskanselruiling
Oggenddiens:
09:00 Kategese
10:00 Erediens: Ds. Hannes Koegelenberg
Skriflesing: 1 Petrus 5: 5-11
Tema: Hoe moet ons leef in hierdie onderstebo , deurmekaar en
vyandige wêreld
11:00 Tee na die erediens
Aanddiens:
18:00 Erediens: Dr. Johan van den Heever
Skriflesing: Johannes 6: 35; 41-51
Tema: Om te glo of om nie te glo nie.
Tel: 021 686 4315 E-pos: [email protected] facebook.com/ngrondebosch
NG Gemeente Rondebosch Derryweg 2 , Rondebosch
Die Bulletin: 12Augustus 2018
Ons is ‘n inklusiewe familie wat met oop deure jubelend na die gemeenskap uitreik.
We are an inclusive family who with open doors joyfully reach out to our community.
Indien jy gebed of huisbesoek benodig, voltooi asb. die groen vorm in die kerk of kontak die kerkkantoor by 021 686 4315.
Sendingwerkers vir die week:
Benson en Mutende Sakala.......
doen evangeliseringswerk onder
die Somaliërs in Kenia. Hulle
werk onder groot druk en is baie
afhanklik van die bydraes van
ondersteunende gemeentes.
Dankie vir elke bydrae.
Voog: Ina du Toit
Wessel, Joan en Tiago
van der Merwe
Huidiglik werk Wessel en Joan
om Bybelopleiding aan jongmen-
se te gee in Mosambiek. Hulle
het onlangs Bybels in beide Por-
tugees en Engels ontvang wat
hulle onder die betrokkenes
uitdeel en vir hulle leer. Hulle vra voorbidding vir van die
leiers wat hulle opgelei het om die Woord te bedien.
Hulle gebruik baie eenvoudige hulpmiddels om aan die ge-
meenskap God se woord te bring.
Hulle getuig ook van wonderwerke en vra ook dat ons ge-
meente bid vir beskerming teen Malaria, wat hulle werk
bemoeilik.
Groete uit Mosambiek aan ons gemeente!
Voog: Ester Freeman
Verjaardae vir die Week
Florrie Kerschbaumer 12 Aug Doreen Starke 14 Aug Betsie Momsen 15 Aug Francois Conradie 17 Aug Edward Coetzee 18 Aug
HUIS LüCKHOFF JAARLIKSE
FONDSINSAMELING
Die ontbyt by Kelvin Grove vind Donderdag, 16 Augustus, om 09:00 plaas. Die koste beloop R300 pp en die spreker is Robin Jackman. Ons gemeente samel elke jaar fondse in vir 3 tafels
met 10 sitplekke.
Indien jy nie die geleentheid kan bywoon nie, is enige donasie welkom.
Kontak asb. Thea, Anna, Ina of Ester
FINANSIËLE OORSIG AUGUSTUS 2018:
Dankoffers vir Augustus: R7055 Mikpunt: R50 000 p.m. Erediensoffers vir Augustus: R3 567 Mikpunt: R12 000 p.m.
1. Railway Vintage Market: 28 September 16:00-20:30 en
2 November.
Ons fokus is die jongmense in ons
gemeenskap. Stalletjies sal baie bepaald
op hulle behoeftes probeer fokus. Stal-
letjies gaan aan buite uitstallers verhuur
word vir R50. (Indien jy weet van mense
wat 'n stalletjie sou wou kom op sit, laat
weet gerus. Ons kort nog plate en klere-
stalletjies). Ons gaan egter die kos en
drinkgoed self verkoop. Ons wil die mark klein begin en hoop om
dit 'n permanente instelling hier by ons te maak. Indien jy
ou plate, nog in hulle omslae, aan ons wil skenk, kan dit by die
kerkkantoor afgelaai word. Indien jy 'n stalletjie wil kom opsit met
ou “vintage” klere, kontak ons gerus. Kontak vir Arina by
071 594 9659 vir meer inligting.
2. Saameet Oggend: Ons beplan ‘n heerlike saameet-gemeente-
ete op Sondagmiddag, 19 Augustus, na kerk. Almal wat dit wil
bywoon, moet net een spesifieke gereg vir die ete saambring. Die
spyskaart gaan bestaan uit bobotie, geelrys/witrys, mengelslaai en
roomys. Laat weet asb. vir Ester watter gereg (vir 6 of 7 persone) jy
gaan maak. Daar gaan geen kaartjies verkoop word nie, ‘n gesin
bring net een gereg en almal eet lekker saam van almal se kos.
Elkeen bring sy eie eetgerei en drinkgoed saam. Neem die los
blaadjie en nooi iemand saam vir daardie oggend. Indien jy nie ʼn
ete-bydrae kan maak ten opsigte van die oggend nie, is jy steeds
welkom om saam te kom kuier en eet.
3. Gebedsoggend: 17 Augustus 2018
Die dames van die Wêreld Biddag Vrouegroep reël ‘n gebeds-
oggend Vrydag 17 Augustus om 10:00. Hulle nooi almal wat wil, om
daardie oggend te kom saambid.
Die geleentheid sal by die kerk-kompleks plaasvind.
Wanneer: 19 Augustus 2018
Hoe laat: 11:00 na afloop van die diens
Waar: Kerkkompleks
Dit is ‘n gesellige saamkuier-oggend van ons
Rondebosch-familie.
Elkeen wat die oggend bywoon, bring ‘n spesifieke
gereg op ons spyskaart (vir 6 - 7 persone) saam om
dan met mekaar te deel.
Ons Spyskaart
Bobotie
Geel/witrys
Mengelslaai
Roomys
Laat weet asb. die kerkkantoor wat jy bereid sal wees om
vir daardie oggend saam te bring . Geen kaartjies gaan vir
die oggend verkoop word nie. Bring asb. jou eie eetgerei en
drinkgoed saam.
Augustus is
Rosedon Huis-Maand Maranata besoek Rosedon Huis een keer ʼn maand. Ons het drie baie getroue lidmate wat in Rosedon Huis woon en ons wil die huis graag onder-steun. Talita Momsen neem een van die dae oor by Jacques Kriel as leier van die Maranata-groep. Hulle nooi die hele gemeente om een keer ʼn maand, van 19:00 - 20:00, by die Rosedon-inwoners te gaan kuier. Rosedon Huis is baie afhanklik van donasies en ons wil graag Augustus maand ... “Rosedon-maand” by ons ge-meente maak. Soortgelyk aan die insamelings wat ons vir Huis Lückhoff doen, gaan ons ook vir Rosedon Huis ʼn paar benodighede bymekaar maak. Regs is die lysie van benodighede. Enige donasies kan in die kerk in gemerkte houers geplaas word. Bydraes ten opsigte van die projek kan by die kerkkantoor inbetaal word of via internet bankdienste: NG Kerk Rondebosch ABSA Claremont Rek: 2870141125 Verw: Rosedon Huis
Lysie van Benodighede:
Blikkieskos
Sopmengsel/ Split-ertjies
Tee/Koffie
Tandepasta
Seep
Deodorant
(mans en vroue)
Waslappe
Woensdag:
15:00 Bybelstudie Huis Lückhoff
16:00 Wykskerkraad Vergadering
20:00 Caritas Selgroep
Donderdag:
09:00 Huis Lückhoff Ontbyt
Vrydag:
10:00 Vroue Biddag
Program vir die Week Maandag:
19:30 Jedida
19:30 Maranata Omgee
Dinsdag:
09:30 Lewende Woord Bybelstudie
10:00 Moria Bybelstudie
17:30 Samaritane Vergadering
19:00 Getuienisbediening
.....vervolg 4. Kerkraadsvergadering: Die volgende kerkraadsver-
gadering vind DV 30 Augustus om 19:00 by die kerkkom-pleks plaas.
5. Gebed Simfonie 25 Augustus: Ons gebedsoggend vir by
die volgende gebedshuise plaas: * Johann en Ina du Toit - Freanweg 15, Rondebosch * David en Thea Lotz - Dumbartonweg 1, Nuweland * Koos Venter - Ranelaghweg 61, Claremont * Susan Rabe - Riversideweg 48, Rondebosch-Oos 6. NAGMAAL: Sondag 19 Augustus Ons wil die Nagmaal 'n besonderse aanbiddingsgeleent- heid maak. Die liturgie gaan dus soos volg verloop: 09:40 Aanbiddende samesang. Geen aankondiging van liedere nie. Ons aanbidding vloei in die erediens in. 10:00 (Let op: sonder aankondiging) Votum en seën- groet. Ons sal net staan vir die eerste lied en die slotlied. Verloop van erediens soos gewoonlik, sonder aankondigings tot by die Nagmaal. Almal word bedien met die tekens, daarna word die woorde oor die tekens gespreek en ons gebruik almal saam die Nagmaal. Na die nagmaal volg die afkondigings, kollekte en ons groet
mekaar. Slotsang. Seën
11:00 Ons kuier in die saal verder.
Siekes Tuis: Mariana Heath, Brackenfell by haar suster (diabetes)
Flip Rossouw, Huis Piet du Toit, Rosebank
Bennie Havenga, Livingstoneweg, Claremont
Hospitaal:
Cora Louw, Huis Lückhoff Siekeboeg Hannes Mocke - keelkanker
(Annette Kitching se broer) Anna Mongie, Mosselbaai - Kanker
(Suster van Martha Janse van Rensburg) Thys, Beaufort-Wes Hospitaal
(Lorette Jaguasi se vader)
Leslie Rix: Groote Schuur Hospitaal
Bybelleesrooster 12 Augustus - 18 Augustus
So 2 Samuel 18: 1-15 Do Efesiërs 4: 25-5:2 Ma 2 Samuel 18: 16-33 Vr Johannes 6:35, 41-51 Di Psalm 130 Sa 1 Konings 19: 4-8
Hulle benodig die volgende: