wbr2015 uithaalgids
DESCRIPTION
Rapport-Sport: WBR-UithaalgidsTRANSCRIPT
13 September 2015 Rapport Sport 1
Hoop van ’n nasieHoop van ’n nasie
Jean de Villiers (k) Willem Alberts Schalk Brits Schalk Burger Damian de Allende Lood de Jager Bismarck du Plessis Jannie du Plessis
Fourie du Preez Eben Etzebeth Bryan Habana Jesse Kriel Pat Lambie
Willie le Roux Francois Louw Frans Malherbe Victor Matfield Tendai Mtawarira Lwazi Mvovo Trevor Nyakane Coenie Oosthuizen
Rudy Paige Ruan Pienaar JP Pietersen Handré Pollard Morné Steyn Adriaan Strauss Duane Vermeulen Heyneke Meyer (afrigter)
PieterSteph du Toit Zane Kirchner Siya Kolisi
WÊRELDBEKERUITHAALGIDS
Hendrik Cronjé
Eastbourne (Engeland). –Vanweë die geweldigeuittog van Suid-Afrikaan-
se spelers én afrigters na Ja-pan, het rugby in dié land se-dert 2011 se Wêreldbeker-toer-nooi in Nieu-Seeland ’n gedaanteverwisseling onder-gaan.
Só sê Jean de Villiers, die Springbok-kaptein, aan die vooraand van Suid-Afrika se eerste wedstryd in vanjaar se skouspel.
De Villiers-hulle pak die Bra-ve Blossoms Saterdag in die Brighton-stadion in ’n kragme-ting in Groep B en volgens dié veteraan-senter durf die manne in Groen en Goud dié kapokkie nie onderskat nie.
Volgens De Villiers is hy en sy spanmaats veral deeglik be-wus van die positiewe invloed
wat Bokke soos Fourie du Preez, Heinrich Brüssow, Elton Jantjies, Andries Bekker, JP Pie-tersen en Jaque Fourie – ’n paar van die groot name wat die afgelope paar jaar hul heil in die Ooste gesoek het – op Ja-panse rugby gehad het.
“Hulle is vir seker ’n sterkerspan as wat die geval in 2011 was,” het De Villiers gister, kort ná die Bokke se aankoms in Engeland, aan Rapport gesê.
“Ek dink ouens soos Fourie-hulle het terselfdertyd daar iets geleer én waardevolle ervaring opgedoen.
“Hulle het uiteraard ook hulervaring met die spelers daar gedeel. Japan het in Eddie Jo-nes ’n goeie afrigter en ons sal hulle beslis nie onderskat nie.”
Verskeie van Du Preez se spanmaats by Suntory Sungo-liath sal Saterdag van sy teen-standers wees en dus het hy
eersterangse ervaring van Ja-pan se moontlike swak- en sterkpunte.
Vanweë die sterk jen, sal Ja-pan altyd ’n aanloklike keuse vir Bok-spelers wees. Drie spe-lers wat nog deur die Bokke in vanjaar se Wêreldbeker-toer-nooi hier in Brittanje betrek kan word – Frans Steyn, Lionel Mapoe en Jantjies – is juis tans in Japan waar hulle saam met hul onderskeie klubspanne voorberei.
Nóg ’n Suid-Afrikaner wat moontlik deur die Bokke ont-bied kan word as ’n losvoor-speler beseer raak, Marcell Coetzee, het ook vroeër ’n kontrak met ’n Japanse span gesluit en sal binnekort sy rug-by daar speel, sodra hy ten volle van ’n kniebesering her-stel het.
“Ons wil die eerste wedstrydteen Japan gebruik om mo-
mentum vir die res van die toernooi op te bou,” het De Villiers vroeër aan Christo Buchner gesê.
“Dis nodig dat ons ’n verto-ning lewer wat ons met selfver-troue vir die res van die toer-nooi sal vul.
“Vir ons is dit belangrik omsommer uit die staanspoor te wys waartoe ons in staat is. Daarom kan ons nie poer-poer en dinge aanvanklik rustig be-nader nie.
“Ons moet van daardie eer-ste oomblik af soos ’n span speel wat die kampioen kan word.
“Ons wil sommer teen Japanal gemaklik met ons strukture voel en dinge doen soos wat ons dit in ’n eindstryd sal moet uitvoer.”
De Villiers meen ook dit salbelangrik vir spelers soos hy-self en van die ander beseer-des wees – wat ’n geruime tyd buite aksie was – om waarde-
volle wedstrydoefening te kry. “Ek is nie by die spankeuses
betrokke nie en kan my dus nie uitlaat oor hoe die span teen Japan gaan lyk nie,” sê hy.
) Die Bok-afrigter, HeynekeMeyer, het bevestig dat hy die Japanners se laaste paar wed-stryd “met groot belangstelling dopgehou” het.
Hy is ook deeglik bewus datJapan se wedstrydskerpheid – vanweë sy onlangse wedstryde – beter as Suid-Afrika s’n salwees.
Die Bokke se laaste kragme-ting was op 15 Augustus in Buenos Aires teen Argentinië.
“Ons is besig om die Japan-ners se wedstryde te ontleed. Ons weet hulle speel hul rugby teen ’n vinnige tempo. Geluk-kig het baie van ons spelers al teen hulle gespeel en weet ons dus wat om te verwag,” sê Meyer.
Jones-hulle sal egter bekom-merd wees oor al die ‘Bok-spi-oene’ wat tans in Japan afrig en name soos Allister Coetzee, Os du Randt, Jimmy Stonehou-se en Albert van den Berg in-sluit.
Japan het Saterdagmiddag inBrighton geoefen en Jones het reeds vroeër gesê sy span se Wêreldbeker-veldtog sal as suk-sesvol beskou word as hy tot die kwarteindstryd kan deur-dring.
Maklik sal dit beslis nie vir Jones-hulle wees nie, aangesien Skotland ook in Groep B saam met Samoa, die Bokke en die VSA is.
Die Bokke is die gunsteling om bo-aan Groep B se punte-leer te eindig en vir ’n moontli-ke kwarteindstryd op Twicken-ham teen waarskynlik Enge-land of die Wallabies te kwalifiseer.
)) De Villiers meen Japan is nou veel sterker as in 2011 se toernooi
)) ‘Bok-spioen’ Du Preez moet Jones se geheime verklap voor stryd
‘‘ Japan het in Eddie Jones ’n goeie af-rigter en ons sal hulle beslis nie on-derskat nie.
Sportredaksie
Japan was wel nog net een keer in 24 Wêreldbeker-wedstryde aan die wenkant, maar dié span se afrigter, Eddie Jones, glo van-jaar se veldtog sal aansienlik meer vreugde oplewer.
Jones, wat volgens gerugte nádie Wêreldbeker-toernooi die Stormers se breier gaan word, het aan die amptelike WB-web-tuiste gesê die Japanners is posi-tief nadat hul voorbereiding vir
hul agtste Wêreldbeker-toernooi – wat Saterdag met ’n groot uit-daging teen die Springbokke be-gin – volgens plan verloop het.
“Ons het hard aan die vaste fa-sette gewerk en is nou besig om ’n paar klein probleempies in ons agterlyn uit te stryk. Die kommunikasie in die span is
goed en dis duidelik dat die spe-lers gefokus is,” sê Jones.
Volgens hom hoop die Ooster-linge om persepsies oor hulle by vanjaar se toernooi te verander.
“Die media is oor die alge-meen nie positief oor Japanse rugby nie. Ek onthou ons het twee jaar gelede ’n wedstryd
teen die All Blacks gereël en die eerste vraag wat ek daaroor ge-kry het, was: ‘Waarom reël jy hierdie wedstryd? Dit kan net die reputasie van Japanse rugby skaad’.
“Ons taak by hierdie Wêreld-beker-toernooi is om aan almal te wys Japan kán ’n geagte rug-
bynasie word.”Japan se voorspeler-afrigter,
Steve Borthwick, het aan Sky Sports gesê die span wil sy men-se by die huis trots maak en in-spireer.
“Ons probeer ’n groot oomblikin die geskiedenis van Japanse rugby skep,” sê Borthwick.
“Ons vertoningslys in Wêreld-beker-toernooie is nie goed nie – trouens dis eintlik aaklig.
“Daarom wil ons dié keer ’n goeie toernooi hê, want nie net wil ons onsself en die land trots maak nie, ons moet ook die vol-gende generasie spelers in Japan inspireer.”
– Jean de Villiers
Eddie-hulle het reuse-opskudding in visier
Eddie Jones
2 Sport Rapport 13 September 2015
AUSTRALIË
Ranglysplek: 2Afrigter: Michael Cheika
Kaptein: StephenMoores
Vorige toernooie: 7Beste: Wenner (1991, 1999)
Sterspeler: Israel Folau (links)Het jy geweet? Die puntever
skil in die Aussies se wegholsege van 1420 in ’n groepwedstryd in 2003 teen Namibië is die grootsteWêreldbekersege nóg.
Twitter: @QantasWallabies
Ranglysplek: 9Afrigter:
John McKeeKaptein:
Akapusi QeraVorige
toernooie: 6Beste: Kwarteindron
de (1987, 2007)Sterspeler:
Niki GonevaHet jy ge
weet? Fidjihet in 2011met ’n yslike 66 punte teenWallis verloor, nadathy die
Drake netvier jaar
vroeër geklop het.Twitter: @FijiRugby
ENGELAND
Ranglysplek: 4Afrigter: Stuart LancasterKaptein: Chris RobshawVorige toernooie: 7Beste: Wenner (2003)Sterspeler: Jonathan Joseph (regs)Het jy geweet? 24 jaar het verloop sedert die Engelse (in 1991) laas ’n Wêreldbekerwedstryd teen Australië verloor het.Twitter: @EnglandRugby
WALLIS
Ranglysplek: 5Afrigter: Warren GatlandKaptein: Sam WarburtonVorige toernooie: 7Beste: Halfeindronde (2011)Sterspeler: George NorthHet jy geweet? North was net 19 jaar en 166 dae oud toe hy in 2011 twee drieë teen Namibië gedruk het. Dié kragtige vleuel het só die jongste driedrukker in die geskiedenis van Wêreldbekerrugby geword.Twitter: @WelshRugbyUnion
URUGUAY
Ranglysplek: 19Afrigter: Pablo LemoineKaptein: Nicolás KlappenbachVorige toernooie: 2Beste: Groepronde (1999, 2003)Sterspeler: Augustin OrmaecheaHet jy geweet? Uruguay het al 45 keer teen Argentinië gespeel – sonder ’n sege.Twitter:@RugbyUruguay
GROEP A
Ranglysplek: 3Afrigter:
HeynekeMeyer
Kaptein: Jean de VilliersVorige toernooie: 5Beste: Wenner (1995, 2007)
Sterspeler: Victor Matfield(links)Het jy geweet? Die Springbokke het ’n wenpersentasievan 86% in Wêreldbekerwedstryde – beter as enige ander
span.Twitter:@BokRugby
SAMOA
Ranglysplek: 12Afrigter: Stephen BethamKaptein: Ofisa TreviranusVorige toernooie: 6Beste: Kwarteindronde(1991, 1995)
Sterspeler: Ken PisiHet jy geweet? In 2007
se Wêreldbekertoernooi was daar 14NieuSeelandse spelers in die Samoaanse
span en vyf Samoaansespelers in die All Blackspan.
Twitter:@ManuSamoa
SKOTLAND
Ranglysplek: 10Afrigter: Vern CotterKaptein: Greig LaidlawVorige toernooie: 7Beste: Kwarteindronde (1987, 1995, 1999, 2003, 2007)Sterspeler: Stuart Hogg (regs)
JAPAN
Ranglysplek: 13Afrigter: Eddie JonesKaptein: Michael LeitchVorige toernooie: 7Beste: Groepronde (1987, 1991, 1995, 1999, 2003, 2007, 2011)Sterspeler: LeitchHet jy geweet? Japan is die enigste span wat al meer as 1 000 Wêreldbekerpunte afgestaan het – ’n gemiddeld van 48 punte per kragmeting.Twitter: @JRFURugby
SUIDAFRIKA
VSA
Ranglysplek: 15Afrigter: Mike TolkinKaptein: Chris WylesVorige toernooie: 6Beste: Groepronde (1987, 1991, 1999, 2003, 2007, 2011)Sterspeler: Samu ManoaHet jy geweet? Twee van die Eagles se drie Wêreldbekeroorwinnings was oor Japan, een van hul Groep Bteenstanders vanjaar.Twitter: @USARugby
Het jy geweet? Gavin Hastings hou die
rekord vir die meestestrafdoele in ’n Wêreldbe
kerwedstryd – agt teen Tonga in 1995.Twitter:@ScotlandTeam
WÊRELDBEKERUITHAALGIDS
GROEP B
Die grootste swakheid van Springbok-rugby is die oor-drewe verknogtheid aan struktuur en die vrees om kanse te waag. Dis, gelukkig vir die Springbokke, ook die grootste swakheid van die Wêreldbekertoernooi – dis einste die soort spel wat die formaat aanmoedig.
11 Wêreldbekerbondgenoot
Ervaring33
Die All Blacks hoef net op te daag om die toernooi te wen, is die algemene gevoel wêreldwyd. Maar dit láái die druk op Nieu-Seeland en die Kiwi’s moes ook plek-plek beter spelers tuis los ter wille van bestendig-heid.
Die verrassingselement44
Feitlik niks is so gevaarlik soos ’n Suid-Afrikaner wat een keer te veel gehoor het hy’s sleg en staan g’n kans in ’n groot toernooi nie. Groter as die Wêreldbe-ker raak dit nie en die Bokke het boonop die laaste ruk gereeld van die doemprofete gehoor . . .
Wat mense jou ook al van die Bokke se loting vertel: hulle kon nie ’n beter groep getrek het nie. Hulle sal vier keer moet vinger trek son-der om werklik ’n nederlaag hoef te vrees.
Desperaatheid55
66
Die grusaamheid van die Bokke se pak slae teen die Poemas in Durban het almal – hul teenstanders waar-skynlik inkluis – blind gemaak vir hoe amper-amper Groen en Goud in die toetse teen Australië en Nieu-Seeland ’n kwantumsprong gemaak het.
Die Bokke het ’n wilde heelagter (in Willie le Roux) én ’n té bestendige ene (in Zane Kirchner). En twee soorte losskakels. Om jou spel by die dag aan te pas, behoort g’n probleem te wees nie – veral nie met soveel veelsydige voorspelers nie.
Begin jy met De Jager en Kriel enbring jy Matfield en De Villiers op
om kalmte te bring? Of andersom?Of ietsie van albei? Heyneke Meyer
het baie talent wat hy op baie ma-niere kan gebruik.
AanpasbaarheidPlaasvervangersbank
’n Nuwe dimensie77
88 99
Die toernooi stel spanne aan groter druk bloot as waaraan hulle andersins gewoond is. Party verwelk in die kalklig, maar die Bokke het hardebaarde soos Vic-tor Matfield, Schalk Burger en Fourie du Preez, wat weet hoe om koelkop te bly as dit warm word.
22 Jeug
Hendrik Cronjé
Eastbourne (Engeland). – Met die ga-ping tussen die agt voorste spanne wat sedert 2011 se Wêreldbeker-toernooi verklein het, sal skeidsregters se beslis-sings ’n belangrike sê in vanjaar se rug-byskouspel in Brittanje hê.
Beslissings by skrums, wat as ’n grys-gebied beskou word en waar dit dik-wels voorkom of blasers raai, kan span-ne se welslae eindelik in vanjaar se toernooi bepaal.
Skeidsregters, veral dié van die Noor-delike Halfrond, blaas die reëls verskil-lend en spanne wat sukkel om hul daarby aan te pas, kan vroeg huis toe gestuur word.
Die veelsydige voorryman van die Bokke, Coenie Oosthuizen, sê met ’n breë glimlag dat “skrumreëls maar altyd skrumreëls sal bly.
“Iemand sal uiteindelik altyd ongeluk-kig wees,” het Oosthuizen aan Rapport gesê.
“Skrums is dikwels 50/50-besluite, maar geen blaser neem doelbewus ’n verkeerde besluit nie.
“Hy neem die besluit wat hy meen opdaardie oomblik die regte een is.”
Oosthuizen sê dis die spelers se ver-antwoordelikheid om hul reëls te ken en aan te pas by wat die verskillende skeidsregters van hulle verlang.
“ ’n Geringe besluit deur ’n blaser kan uiteindelik vir jou ’n Wêreldbeker wen of verloor. Ons is gereed daarvoor.”
Die Bokke is ook voorbereid op skrumwerk in Europese toestande.
“Ons besef die veld skuif makliker on-der jou voete. Ons het aan verskeie skrumstrategieë gewerk, veral wat ons voetposisies betref,” het Oosthuizen ge-sê.
“Ons het alle moontlike scenarios probeer ontleed en sal voorbereid op Europese toestande wees.”
Die Bokke is in die bevoorregte posi-sie dat hul skrum-afrigter, Pieter de Vil-liers, die meeste van sy rugby in Euro-pa gespeel het en goeie raad aan die Bok-stutte sal uitdeel.
Die Bokke se eerste groepwedstryd isSaterdag in Brighton teen Japan. Oost-huizen meen hy en sy spanmaats het reeds hul huiswerk gedoen en die
Fransman Jerome Garces se fluitjie be-hoort nie ’n wesenlike invloed op die spel in dié kragmeting in Groep B te hê nie.
“Die Japanners kan skrum. Hulle is dalk nie in die publieke oog soos die ander toplande nie, maar een ding wat hulle kán doen, is skrum.
“Hulle is ’n fisieke en aanvallende span. Hulle hou daarvan om reg op jou af te hardloop.
“Ons sal hulle nie onderskat nie – hul-le skrum net so goed soos enige ander span.”
) Die Suid-Afrikaner Jaco Peyper salVrydag in Londen die skeidsregter in die eerste wedstryd van vanjaar se Wê-reldbeker-toernooi – tussen Engeland en Fidji – wees.
Sy landgenote Stuart Berry en ShaunVeldsman sal onderskeidelik een van sy assistent-skeidsregters en TV-skeidsreg-ter wees.
Peyper en nog ’n Suid-Afrikaner, Craig Joubert, sal elk in vier groepwed-stryde blaas. Joubert se eerste wedstryd is Saterdag op Twickenham, wanneer Frankryk en Italië mekaar pak.
Coenie, spanmaats ‘nie bekommerd’ oor Fransman se fluitjie
SÓ VAAR BOKKE ONDER WBBLASERS
Jerome Garces (Frankryk)Blaas: SA t. JapanToetse: 5Bokke wen: 3Bokke verloor: 2Wenpersentasie: 60%
FIDJI
Damian de Allende en Jesse Kriel (regs) het, as bloedjong senterpaar, die tonge só los gehad dat gans te min bohaai ge-maak is oor die bloedjong slotpaar van Eben Etzebeth en Lood de Jager, po-tensieel Suid-Afrika se beste nog. Ek glo rugby word ge-woonlik deur nommers vier tot sewe gewen.
Die loting
LOUIS DE VILLIERS VOORSPEL: DAAROM SAL BOKKE SEËVIER . . .
Wayne Barnes (Engeland)Blaas: SA t. SamoaToetse: 10Bokke wen: 7Bokke verloor: 3Wenpersentasie: 70%
Nigel Owens (Wallis)Blaas: SA t. SkotlandToetse: 12Bokke wen: 7Bokke verloor: 5Wenpersentasie: 58%
Pascal Gauzere (Frankryk)Blaas: SA t. VSAToetse: 2Bokke wen: 2Bokke verloor: 0Wenpersentasie: 100%
13 September 2015 Rapport Sport 3
Heinz Schenk
Schalk Brits bring niegoeie tyding vir aanhangers
van hardlooprugby nie: daargaan volgens hom nie veel daar-
van in vanjaar se Wêreldbeker-toernooi gespeel word nie.“Ek weet dit is nie wat ondersteu-
ners wil hoor nie, maar ’n speler wat met die bal hardloop, sal waarskynlik ’n rare verskynsel wees,” het dié veteraan-haker, wat sedert 2009 vir die Engelse reus Saracens speel, die afgelope week
in Johannesburg gesê.“Spanne wat suksesvol in Brittanje se
toestande gaan wees, is die spanne wat hulle daarop toespits om gebiedsvoor-deel te wen.
“As jy besit in jou eie halfgebied gaanbehou en ’n fout begaan, sal dit jou drie punte kos. Dis die harde werklik-heid.
“Spanne is só bang om foute te be-gaan dat sogenaamde kleiner teenstan-ders langer mededingend in wedstryde kan bly. Daarom sien jy nie sommer oorwinnings van 50-12 in ’n Wêreldbe-ker-toernooi nie,” sê Brits.
“Seges sal nie groot wees nie en daar-om is dit belangrik vir spanne om hul-self nie té veel te steur aan hoe oortui-gend ’n oorwinning op die telbord lyk nie. Al wat saak maak, is om te wen.”
Die 34-jarige boorling van Empangenisê hy moes self aanvanklik sy natuurlike
aanvallende ingesteldheid inperk om by toestande in die Noordelike Halfrond. aan te pas.
En hy glo sy Bok-spanmaats is almaldaartoe in staat om dit ook in die Wê-reldbeker-toernooi te doen.
“Natuurlik. Daar is baie talent en er-varing in ons groep. Veelsydigheid word deur die afrigtingspan hoog geag en ons wil graag aanpasbaar wees,” het Brits bygevoeg.
Tog beteken dit nie spanne moet skrikkerig wees om nou en dan ’n kans op die aanval te waag nie, want toe-stande – veral aan die begin van die toernooi – sal moontlik aangenaam wees.
“Ons Bokke is daaraan gewoond omin November in die Noorde te gaan toer en dan kry jy omtrent nét gure weer. Hierdie tyd van die jaar is daar egter ook heelwat mooi dae.”
Ranglysplek: 1Afrigter: Steve Hansen
Kaptein: Richie McCawVorige toernooie: 7
Beste: Wenner (1987, 2011)Sterspeler: McCaw (links)
Het jy geweet? Die All Blacks het ’n driein elk van hul laaste 19 Wêreldbe
kerwedstryde gedruk – ’n rekordwat in 2003 begin het.Twitter: @AllBlacks
NIEUSEELAND
NAMIBIË
Ranglysplek: 20Afrigter: Phil Davies
Kaptein: Jacques Burger
Vorige toernooie: 4Beste: Groepronde (1999, 2003, 2007,
2011)Sterspeler: BurgerHet jy geweet? Die Welwitschias het meer agtereenvolgende Wêreldbe
kernederlae (15) as enigeander land tot nog
toe.
Ranglysplek:8
Afrigter:Daniel Hourcade
Kaptein:Agustin Creevy
Vorige toernooie: 7Beste: Derde plek (2007)
Sterspeler: Juan Imhoff (links)Het jy geweet? Die Poemas was in2008 derde op die wêreldranglys –danksy skokseges oor Frankryk en
Ierland in 2007 se Wêreldbeker.Twitter: @UnionArgentina
GEORGIË
Ranglysplek: 16Afrigter: Milton Haig
Kaptein: Irakli MachkhaneliVorige toernooie: 3
Beste: Groepronde(2003, 2007, 2011)
Sterspeler: Mamuka Gorgodze
Het jy geweet? Georgië se grootste Wêreldbekeroorwinning
was in 2003 oor Namibië, toe die OosEuropeërs met 300 geseëvier het.Twitter:@Georgia
Rugby
TONGA
Ranglysplek: 11Afrigter:
Mana OtaiKaptein: Nili LatuVorige toernooie: 6Beste: Groepronde (1987, 1995, 1999, 2003, 2007, 2011)Sterspeler: Fetu’u VainikoloHet jy geweet? Tonga lewer ’n reuseopskudding deur Frankryk in 2011 se Wêreldbeker te klop en sodoende ’n plek in die uitklopronde netnet mis te loop. Twitter: @OfficialTongaRU
IERLAND
Ranglysplek: 6Afrigter: Joe Schmidt
Kaptein: Paul O’ConnellVorige toernooie: 7
Beste: Kwarteindronde (1987, 1991, 1995, 2003, 2011)Sterspeler: Johnny Sexton (links)
Het jy geweet? Ierland en Italië is die enigste van die sogenaamde “groot” rugbylande wat nog nooit die halfeindrondevan die Wêreldbekertoernooi kon haal nie. Twitter: @IrishRugby
KANADA
Ranglysplek: 18Afrigter: Kieran CrowleyKaptein: Tyler ArdronVorige toernooie: 7Beste: Groepronde (1987, 1991, 1995, 1999, 2003, 2007, 2011)Sterspeler: Jeff HasslerHet jy geweet? Die Wêreldbeker in 2007 was die enigste waarin Kanada nie een wedstryd kon wen nie. Twitter: @RugbyCanada
ITALIË
Ranglysplek: 14Afrigter: Jacques BrunelKaptein: Sergio ParisseVorige toernooie: 7
Beste: Groepronde (1987,1991, 1995, 1999, 2003, 2007,
2011)Sterspeler:
GiovanbattistaVenditti
Het jy geweet? FabioOngaro van die Azzurri is
die speler wat al die meestegeelkaarte (3) in Wêreldbeker
rugby ontvang het.Twitter: @federugby
FRANKRYK
Ranglysplek: 7Afrigter: Philippe SaintAndré
Kaptein: Thierry DusautoirVorige toernooie: 7
Beste: Naaswenner (1987, 1999, 2011)Sterspeler: Wesley Fofana (regs)
Het jy geweet? Geen ander span hetmeer Wêreldbekerwedstryde asFrankryk (en NieuSeeland) se 43gespeel nie.
Twitter: @rugby_France
ROEMENIË
Ranglysplek: 17Afrigter: Lynn HowellsKaptein: Mihai MacoveiVorige toernooie: 7Beste: Groepronde (1987, 1991, 1995, 1999, 2003, 2007, 2011)Sterspeler: MacoveiHet jy geweet? Roemenië het die minste punte nóg in ’n Wêreldbekerveldtog aangeteken – 14 in 1995 se toernooi. Twitter: @rugbyromania
GROEP DGROEP C
Die Springbokke was in 2011 heelmoontlik die beste span in die Wêreld-bekertoernooi (in 2007 was dit waar-skynlik die All Blacks), maar hulle hetnét-nét te veel ou ballies in hul geledere
gehad om uiteindelik die trofee te buit.Die probleem is: die meeste van diéspelers is vier jaar later wéér in die
span.
In sleutelposisies is Suid-Afrika se gebrek aan ervaring die afgelope paar maande lelik aan die kaak gestel. Daar is veral gesukkel om die pas van ’n wedstryd te bestuur. Ironies genoeg is Rudy Paige die een opko-mende skrumskakel wat dit kán doen.
Jean de Villiers, Duane Vermeulen,Fourie du Preez, Jan-nie du Plessis, Fran-cois Louw. Dis nouvir jou vyf spelersvan wêreldgehalte.Maar daar’s baie
rugbylose maandetussen hulle. Is al die
skete regtig reg?
Dis smartlik, maar Nieu-Seeland is die laaste jaar of 30 gewoonlik beter as Suid-Afrika. Dié is dalk net die beste All Black-span nog, dalk die beste rugbyspan nog. Jy moet hoop sy bioritmes is af as jy die dag teen hom moet speel.
Daar was lang (en heelwat) oe-fenkampe en Namibië het teen die
Bokke kom litte losmaak. Maar mylieflike moederland is ook nou nie
eintlik die ene om jou rugbytande teen te slyp as die moeilikste Wêreld-
beker-toernooi van alle tye op jou span wag nie.
Jy sou raai die stadiger, patroonmatiger rugby wat die swaarder velde van Europa vra, sou die Bokke pas, maar aikôna. Hul vertonings in die Britse Eilande is die afgelope eeu niks om oor te spog nie en slae teen Ierland en Wallis was op hul laaste toer onrusbarend.
Te veel ou manne . . .
Die All Blacks
. . . en te veel jongelinge
Min voorbereiding
Beserings
Noordelike Halfrond
Ja, die groep waarin hulle afskop, is lamlendig genoeg dat ’n mens daarop kan staatmaak dat die Bokke on-oorwonne anderkant sal uitkom. Wat beteken die naasbeste van Engeland, Wallis en Australië wag en daarna waarskynlik Nieu-Seeland.
Neutrale buitelanders verseker my niémand kla soveel soos die Suid-Afrikaners nie. Nou’s die ding dat inter-nasionale skeidsregters klaar minder van Argentyne, Franse, Afrikaners en Fidjiane hou – en Suid-Afrika kla die hele goddelike tyd.
Heyneke Meyer (links) het alles haar-fyn beplan, maar dinge het reeds inNovember vir hom begin skeefloop ensy beplanning was dalk té ontbloot.Nou weet hy, in die pylvak van sy
voorbereiding, eerlikwaar nie wiesy beste span op ’n gegewe
Saterdag is nie.
Uitklopkopsorge
Wie gaan begin?
Skeidsregters
11 22
3344
55
6677
88
99
Schalk waarsku oor vonkelwyn-rugby
Schalk Brits
ARGENTINIË
. . . EN DÁÁROM NIE
Heinz Schenk
Vincent Koch gaan nie toelaat dat 41 minute se kleitrap op die veld sy droomseisoen versuur nie.
Dié beweeglike vaskopstut van die Pu-mas is uitgekryt as een van die son-daars nadat hy ordentlik klippe gekou het teen die Argentynse skrum in die Springbokke se geskiedkundige neder-laag van 25-37 verlede maand in Dur-ban.
Daardie vertoning het hom waarskyn-lik ’n plek in Heyneke Meyer se Wêreld-beker-span gekos.
“Ek tob nie meer oor daai middag nie,” sê Koch aan Rapport.
“Dis maklik om in jou vermoë te be-gin twyfel ná so ’n ervaring. Om eerlik te wees, het ek nie veel rugbylesse ge-leer nie. Ek het eerder een gróót le-wensles geleer – ek wou nie hê een helfte se rugby moet my hele jaar defi-nieer nie.”
Daarom vermy hy nie vrae oor sy slegte dag nie.
“My wedstryd het eintlik voorspoedigbegin. Ek onthou ons het vroeg ’n straf-skop afgedwing, maar van daar af was dit afdraande. Die skeidsregter het my
begin straf, sonder om werklik vir my te verduidelik waarom. Ek het gesien hoe maklik jy beheer kan begin verloor. Dit het gevoel of ek net nie die skeids-regter se fluitjie kon vermy nie,” sê Koch.
Nietemin is die 25-jarige voorryman bemoedig deur die ondersteuning wat hy ná die wedstryd ontvang het.
Pieter de Villiers, die Bokke se skrum-afrigter, het selfs amptelike korrespon-densie aan Wêreldrugby, die internasio-nale beheerliggaam, gerig waarin die af-rigtingspan verduidelikings vir Romain
Poite se beslissings geëis het.“Ek wil dit nie as ’n verskoning ge-
bruik nie, maar dit sê tog iets as jou af-rigters ook nie kon bepaal waarvoor jy gestraf is nie,” sê Koch.
“Een van die dinge wat ek altyd sal koester, is hoe ons as spelers nader aan mekaar gegroei het. Die week ná die nederlaag teen Argentinië was moeilik, want ons moes baie kritiek verduur.”
Hy beskou nie sy weglating uit die Wêreldbeker-groep as ’n terugslag nie – 2015 is immers ’n wipplankrit.
“Ek beleef ’n wonderlike jaar. Ek sounooit kon dink dat ek die Stormers se beginspan sou haal nie, wat nog te sê van ’n Springboktrui dra,” sê Koch.
“Ek is gedrewe en gee nie om om myteikens te verander nie.
“Toe ek saam met (sy Stormers-voor-rymaats) Steven Kitshoff en Scarra Ntu-beni begin speel het, wou ons eers net onsself as ’n kombinasie vestig. In die middel van die veldtog het dinge so goed verloop, ons het toe nasionale plekke begin jaag. Ek moes onverwagse dinge dié jaar hanteer, maar ’n Currie-beker-veldtog saam met die Pumas is beslis nie iets om oor mismoedig te raak nie.”
Vincent tob nie oor skrumles, WB-afjak
‘‘ Ek het eerder een gróót lewensles geleer – ek wou nie hê een helfte se rugby moet my hele jaar definieer nie.
4 Sport Rapport 13 September 2015WÊRELDBEKERUITHAALGIDS
18 September, 21:00 – Twickenham, Londen
20 September, 15:30 – Millennium-stadion, Cardiff
23 September, 17:45 – Millennium-stadion, Cardiff
26 September, 21:00 – Twickenham, Londen
27 September, 13:00 – Villa Park, Birmingham
1 Oktober, 17:45 – Millennium-stadion, Cardiff
3 Oktober, 21:00– Twickenham, Londen
6 Oktober, 21:00 – Stadion mk, Milton Keynes
10 Oktober, 17:45 – Twickenham, Londen
10 Oktober, 21:00 – Manchester City-stadion, Manchester
Engeland
Wallis
Australië
Engeland
Australië
Wallis
Engeland
Fidji
Australië
Engeland
t.
t.
t.
t.
t.
t.
t.
t.
t.
t.
Fidji
Uruguay
Fidji
Wallis
Uruguay
Fidji
Australië
Uruguay
Wallis
Uruguay
Groep A19 September, 17:45 – Brighton-stadion, Brighton
20 September, 13:00 – Brighton-stadion, Brighton
23 September, 15:30 – Kingsholm-stadion, Gloucester
26 September, 17:45 – Villa Park, Birmingham
27 September, 15:30 – Elland Road, Leeds
3 Oktober, 15:30 – Stadion mk, Milton Keynes
3 Oktober, 17:45 – St. Jamespark, Newcastle
7 Oktober, 17:45 – Olimpiese Stadion, Londen
10 Oktober, 15:30 – St. Jamespark, Newcastle
11 Oktober, 21:00 – Kingsholm-stadion, Gloucester
Suid-Afrika
Samoa
Skotland
Suid-Afrika
Skotland
Samoa
Suid-Afrika
Suid-Afrika
Samoa
VSA
t.
t.
t.
t.
t.
t.
t.
t.
t.
t.
Japan
VSA
Japan
Samoa
VSA
Japan
Skotland
VSA
Skotland
Japan
Groep B19 September, 13:00 – Kingsholm-stadion, Gloucester
20 September, 17:45 – Wembley-stadion, Londen
24 September, 21:00 – Olimpiese Stadion, Londen
25 September, 17:45 – Kingsholm-stadion, Gloucester
29 September, 17:45 – Sandy Park, Exeter
2 Oktober, 21:00 – Millennium-stadion, Cardiff
4 Oktober, 15:30 – Leicester City-stadion, Leicester
7 Oktober, 21:00 – Sandy Park, Exeter
9 Oktober, 21:00 – St. Jamespark, Newcastle
11 Oktober, 13:00 – Leicester City-stadion, Leicester
Tonga
Nieu-Seeland
Nieu-Seeland
Argentinië
Tonga
Nieu-Seeland
Argentinië
Namibië
Nieu-Seeland
Argentinië
t.
t.
t.
t.
t.
t.
t.
t.
t.
t.
Georgië
Argentinië
Namibië
Georgië
Namibië
Georgië
Tonga
Georgië
Tonga
Namibië
Groep C19 September, 15:30 – Millennium-stadion, Cardiff
19 September, 21:00 – Twickenham, Londen
23 September, 21:00 – Olimpiese Stadion, Londen
26 September, 15:30 – Elland Road, Leeds
27 September, 17:45 – Wembley-stadion, Londen
1 Oktober, 21:00 – Stadion mk, Milton Keynes
4 Oktober, 17:45 – Olimpiese Stadion, Londen
6 Oktober, 17:45 – Leicester City Stadium, Leicester
11 Oktober, 15:30 – Sandy Park, Exeter
11 Oktober, 17:45 – Millennium-stadion, Cardiff
Ierland
Frankryk
Frankryk
Italië
Ierland
Frankryk
Ierland
Kanada
Italië
Frankryk
t.
t.
t.
t.
t.
t.
t.
t.
t.
t.
Kanada
Italië
Roemenië
Kanada
Roemenië
Kanada
Italië
Roemenië
Roemenië
Ierland
Groep DBEPALINGS
Tydens die groepronde wordvier punte aan ’n spantoegeken vir ’n sege, twee vir’n gelykopuitslag en geenpunte nie vir ’n nederlaag.
’n Span wat vier of meerdrieë druk, sal ’n bonuspuntontvang – asook ’n span watmet sewe of minder punteverloor.
24 Oktober, 17:00 – Twickenham, Londen
Halfeind 1t.
Wenner van Kwarteind 2Wenner van Kwarteind 1
30 Oktober, 22:00 – Olimpiese Stadion, Londen
Derde Plekt.
Verloorder van Halfeind 2Verloorder van Halfeind 1
31 Oktober, 18:00 – Twickenham, Londen
Eindstrydt.
Wenner van Halfeind 2Wenner van Halfeind 1
25 Oktober, 18:00 – Twickenham, Londen
Halfeind 2t.
Wenner van Kwarteind 4Wenner van Kwarteind 3
17 Oktober, 17:00 – Twickenham, Londen
Kwarteind 1t.
Naaswenner van Groep AWenner van Groep B
17 Oktober, 21:00 – Millennium-stadion, Cardiff
Kwarteind 2t.
Naaswenner van Groep DWenner van Groep C
18 Oktober, 14:00 – Millennium-stadion, Cardiff
Kwarteind 3t.
Naaswenner van Groep CWenner van Groep D
18 Oktober, 17:00 – Twickenham, Londen
Kwarteind 4t.
Naaswenner van Groep BWenner van Groep A
Alle wedstryde wordregstreeks (en in HD) op SS1op SuperSport uitgesaai.
SABC2 sal 36 wedstryde,insluitend 29 wedstryderegstreeks, uitsaai.
Bronne: World Rugby, SuperSport
FRANCHISENAVRAE: Emil Krugmann 082 801 2894. [email protected] . www.ctfm.comFRANCHISENAVRAE: Zandre Coetzee
082 886 5623 . [email protected]
Entrepreneursgees? Kapitaal beskikbaar om te bele?
Die passie om jou eie restaurant te bestuur?
HET JY: NUWESPYSKAART-AANBIEDINGSEPTEMBER 2015
NUWEV00RK0MSSEDERT JAN 2015
NUWE DELI-K0NSEP
RESTAURANT-FRANCHISE-GELEENTHEDE
‘
<
EIE BYDRAE MINSTENSR1M T0T R3M
VENN00TSKAPGELEENTHEDEVANAF R750 000
T0TALE BERAAMDEAANVANGSK0STE
TUSSEN R3M EN R5M
GELEENTHEDELANDWYD BESKIKBAAR
It doesn't get any fresher.
www.ctfm.co.za