voorbereidende eksamen graad 12 - grey college
TRANSCRIPT
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
VOORBEREIDENDE EKSAMEN
GRAAD 12
LEWENSWETENSKAPPE V1
SEPTEMBER 2019
PUNTE: 150
TYD: 2½ UUR
Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.
Lewenswetenskappe V1 2 VS/September 2019 Graad 12 Voorb. Eksam.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies sorgvuldig deur voordat jy die vrae beantwoord. 1. 2. 3. 4. 5. 6. 7. 8. 9. 10. 11.
Beantwoord AL die vrae. Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDBOEK. Begin die antwoorde op ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. Bied jou antwoorde volgens die instruksies by elke vraag aan. Maak ALLE sketse met 'n potlood en die byskrifte met blou of swart ink. Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE. MOENIE grafiekpapier gebruik NIE. Jy moet 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik, waar nodig. Skryf netjies en leesbaar.
Lewenswetenskappe V1 3 VS/September 2019 Graad 12 Voorb. Eksam.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
AFDELING A VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs die vraagnommer (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D.
1.1.1 Tydens watter fase van die selsiklus vind die replisering van
DNS/DNA plaas?
A B C D
Anafase I Interfase Anafase II Telofase II
1.1.2 Watter van die volgende dra daartoe by dat 'n pasgebore dier 'n
baie goeie kans het om tot voorplantingsouderdom te oorleef? A
B C D
Altrisiële ontwikkeling en ouersorg Oviparie en altrisiële ontwikkeling Prekosiale ontwikkeling en ouersorg Altrisiële en prekosiale ontwikkeling
1.1.3 Wat is die verskil tussen die blindevlek en die geelvlek in die
menslike oog?
BLINDEVLEK GEELVLEK
A Het geen stafies en keëls nie
Het stafies maar nie keëls nie
B Het die grootste aantal stafies en keëls
Het geen stafies en keëls nie
C Het geen stafies en keëls nie
Het die grootste aantal keëls
D Het die grootste aantal keëls
Het die grootste aantal stafies
Lewenswetenskappe V1 4 VS/September 2019 Graad 12 Voorb. Eksam.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
VRAE 1.1.4 EN 1.1.5 VERWYS NA DIE TABEL HIERONDER. DIE TABEL TOON DIE MENSTRUELE SIKLUS VAN 'N VROU GEDURENDE DIE MAAND VAN AUGUSTUS 2019.
Sondag Maandag Dinsdag Woensdag Donderdag Vrydag Saterdag
1 2 3
4 5 6 7 8 9 10
11 12 13 14 15 16 17
18 19 20 21 22 23 24
25 26 27 28 29 30 31
SLEUTEL
Menstruasie
Ovulasie
1.1.4 Die rede waarom bevrugting waarskynlik nie sal plaasvind indien
sperms op 12 Augustus in die vagina vrygelaat word nie, is omdat ...
A B C D
bevrugting nie in die vagina plaasvind nie. sperms deur die menstruele vloei uit die baarmoeder gewas word. ovulasie nog nie plaasgevind het nie en sperms slegs 5 dae na ejakulasie in die vagina kan oorleef. sperms slegs na ovulasie in die vroulike voortplantingstelsel kan oorleef.
1.1.5 Indien bevrugting nie plaasgevind het nie, sal die
endometrium …
A
B C D
dikker wees op 30 Augustus as op 21 Augustus. gereed wees vir inplanting teen 12 Augustus. dikker wees op 19 Augustus as op 24 Augustus. gereed wees vir inplanting teen 8 Augustus.
1.1.6 Watter EEN van die volgende is funksies van adrenalien? A
B C D
Beïnvloed die pupilgrootte en beheer die hoeveelheid water wat die liggaam deur die niere verloor. Verhoog die bloedsuikervlak en bloeddruk. Verminder die metaboliese tempo en bloedsuikervlak. Beïnvloed groei en verhoog spiertonus.
Lewenswetenskappe V1 5 VS/September 2019 Graad 12 Voorb. Eksam.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
1.1.7 Die volgende is 'n lys van veranderinge in die menslike oog: (i) Radiale spiere van die iris trek saam (ii) Kringspiere van die iris ontspan (iii) Pupil vernou (iv) Minder lig dring die oog binne Watter kombinasie toon die KORREKTE veranderinge as 'n persoon 'n helder verligte kamer binnegaan?
A
B C D
(i), (ii), (iii) en (iv) Slegs (i), (ii) en (iv) Slegs (i), (ii) en (iii) Slegs (iii) en (iv)
1.1.8 Die korrekte manier om kernafval te vernietig is om dit … A
B C D
in verseëlde houers diep onder die grond te begrawe. op stortingsterreine te stort. in groot verbrandingsoonde te verbrand. in die see te stort.
1.1.9 Die volgende tabel vergelyk Mitose met Meiose I:
MITOSE MEIOSE I
(i) Chromosome rangskik individueel op die ewenaar van die sel
Chromosome rangskik in pare op die ewenaar van die sel
(ii) Chromosome beweeg na teenoorgestelde pole van die sel
Chromatiede beweeg na teenoorgestelde pole van die sel
(iii) Twee selle word aan die einde gevorm
Vier selle word aan die einde gevorm
(iv) Oorkruising vind plaas Oorkruising vind nie plaas nie
Watter kombinasie van verskille is korrek?
A
B C D
(i), (ii), (iii) en (iv) Slegs (i) Slegs (ii) en (iii) Slegs (i) en (iii)
Lewenswetenskappe V1 6 VS/September 2019 Graad 12 Voorb. Eksam.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
1.1.10 Die gemiddelde mens asem ongeveer 1,04 kg koolstofdioksied op 'n gewone dag uit. 'n Persoon wat aan strawwe oefening deelneem, produseer tot agt keer meer koolstofdioksied. Wat kan van hierdie inligting afgelei word?
A
B C D
'n Persoon wat oefen, sal ongeveer 10,32 kg koolstofdioksied per dag uitasem Bloed vloei na die spysverteringstelsel en die vel en verhoog dus hartklop en asemhaling Impulse word na die medulla oblongata gelei wat die asemhalingspiere aktiveer sodat meer koolstofdioksied uitgeasem word Verhoogde sweetafskeiding stimuleer die diafragma om die hartklop te verhoog (10 x 2)
(20) 1.2 Gee die korrekte biologiese term vir ELK van die volgende beskrywings.
Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.7) in die ANTWOORDBOEK neer.
1.2.1
1.2.2 1.2.3 1.2.4 1.2.5 1.2.6 1.2.7
Die totale hoeveelheid kweekhuisgasvrystellings van 'n individu, bevolking of 'n maatskappy per jaar Die deel van die senuweestelsel wat bestaan uit kraniale en rugmurgsenuwees Die groei van 'n plant in reaksie op swaartekrag 'n Orgaan in die menslike liggaam wat as 'n eksokriene en 'n endokriene klier funksioneer Die vloeistof wat die fetus teen uitdroging/dehidrering beskerm Die toegang ten alle tye deur alle mense tot voldoende, veilige en voedsame kos Die hormoon wat deur die pituïtêre klier afgeskei word en die tiroksienvlakke in die bloed beheer
(7 x 1)
(7)
Lewenswetenskappe V1 7 VS/September 2019 Graad 12 Voorb. Eksam.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
1.3 Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommer (1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDBOEK neer.
KOLOM I KOLOM II
(6)
1.3.1 'n Strategie om voortplantingsukses in verskillende omgewings te verseker
A: B:
Uitwendige bevrugting Inwendige bevrugting
1.3.2 Funksie(s) van die allantoïs in 'n amniotiese eier
A: B:
Tree op as 'n skokbreker Voorkom dehidrasie
1.3.3 Het 'n verhoogde hoeveelheid metaan in die atmosfeer tot gevolg
A: B:
Woestynvorming Meer stortingsterreine
(3 x 2) 1.4 Die diagram hieronder verteenwoordig die manlike voortplantingstelsel.
1.4.1
Identifiseer:
(a) (b)
B G
(1)
(1)
1.4.2
Gee die LETTER en NAAM van die deel:
(a) (b)
Waar sperms gehou word om volwassenheid te bereik Wat die temperatuur beheer waarteen sperms geproduseer word
(2)
(2) (6)
A
B C
D
E
G
F
Lewenswetenskappe V1 8 VS/September 2019 Graad 12 Voorb. Eksam.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
1.5 Bestudeer die diagram hieronder.
1.5.1
Voorsien byskrifte vir die volgende dele van die brein:
(a) (b) (c)
G F B
(1)
(1)
(1)
1.5.2 Noem die teikenorgaan van die hormoon wat afgeskei word deur:
(a) (b)
E, om soutvlakke te beheer A, vir osmoregulering
(1)
(1)
1.5.3 Gee die LETTER van die deel en die NAAM van die hormoon wat dit afskei, om die volgende reaksies tot gevolg te hê:
(a) (b) (c)
Stimuleer die omskakeling van glikogeen na glukose Beheer groei Beheer basiese metaboliese tempo
(2)
(2)
(2) (11)
TOTAAL AFDELING A: 50
A B
C
D
E
G
F
Hormoon Teiken orgaan
Reaksie
Lewenswetenskappe V1 9 VS/September 2019 Graad 12 Voorb. Eksam.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
AFDELING B VRAAG 2
2.1 Bestudeer die diagram hieronder.
2.1.1 Identifiseer deel: (a)
(b) (c)
F C E
(1)
(1)
(1) 2.1.2 Noem TWEE maniere hoe strukture A en B met mekaar
ooreenstem.
(2) 2.1.3 Beskryf die proses wat by D plaasvind. (4) 2.1.4 Gee die effek op spermatogenese indien die proses in die
diagram NIE plaasvind NIE.
(1) (10)
D
F
A
C
B
E
Lewenswetenskappe V1 10 VS/September 2019 Graad 12 Voorb. Eksam.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
2.2 Die diagram hieronder toon 'n snit deur die menslike vel op twee verskillende dae.
2.2.1 Gee TWEE sigbare redes waarom die
omgewingstemperatuur op DAG 1 moontlik hoër as 30o C sal wees.
(2) 2.2.2 'n Sportwetenskaplike wou uitvind hoeveel water op
verskillende tye van die dag deur die menslike vel verlore gaan. Die volgende resultate is verkry uit die meting van die gemiddelde volume water wat afgeskei is deur 40 gesonde deelnemers op 'n dag soortgelyk aan DAG 1.
Tyd van die dag Gemiddelde waterverlies (ml/uur)
9:00–10:00 180
10:00–11:00 340
11:00–12:00 620
12:00–13:00 940
13:00–14:00 990
14:00–15:00 970
15:00–16:00 810 [Aangepas van https://www.ncbi.nlm.nih.gov/pmc/articles/PMC2267797/]
(a)
(b)
Watter tyd van die dag het die deelnemers die meeste water verloor? Teken 'n histogram van die resultate in die tabel.
(1)
(6) (9)
DAG 1 DAG 2
Lewenswetenskappe V1 11 VS/September 2019 Graad 12 Voorb. Eksam.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
2.3 Die volgende vrae is gebaseer op die diagram van die menslike oor.
2.3.1 Identifiseer die dele: (a)
(b)
A C
(1)
(1)
2.3.2 Tabuleer EEN verskil tussen die funksies van dele E en D. (3) 2.3.3 Verduidelik hoe swelsel, as gevolg van inflammasie, van
deel F die drukgolwe wat in die inwendige oor ontstaan, beïnvloed.
(3) 2.3.4 Sally is 'n balletdanseres wat haarself op een been kan
balanseer terwyl sy na dansmusiek luister.
(a) (b)
Benoem deel B. Beskryf die rol van deel B wat Sally in staat stel om dit te doen.
(1)
(3) (12)
2.4 Beskryf akkommodasie van die menslike oog wanneer dit op 'n
voorwerp 20 meter weg, fokus.
(5)
2.5.1 2.5.2 2.5.3
Watter deel van die sentrale senuweestelsel word hoofsaaklik beïnvloed deur Alzheimer se siekte? Gee TWEE redes vir jou antwoord in VRAAG 2.5.1 Noem EEN rede waarom Altzheimer se siekte 'n onomkeerbare siekte is.
(1)
(2)
(1) (4)
[40]
2.5 Alzheimer se siekte by die mens is 'n onomkeerbare siekte.
A
B
C
D
F
E
Lewenswetenskappe V1 12 VS/September 2019 Graad 12 Voorb. Eksam.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
VRAAG 3 3.1 Die diagram hieronder verteenwoordig 'n refleksboog in die menslike
senuweestelsel.
3.1.1 Verduidelik die doel van 'n refleksaksie.
(2)
3.1.2 Gee die LETTER en NAAM van die deel wat:
(a) (b)
Senuwee-impulse van die sensoriese neuron na die motoriese neuron gelei Reageer op die stimulus
(2)
(2)
3.1.4 Een neuron besit gemiddeld 2 500 sinapse in die liggaam van 'n pasgebore baba en dit vermeerder tot 15 000 in driejariges. Bereken die persentasie toename in sinapse in kinders vanaf geboorte tot driejaaroud. Toon ALLE berekeninge.
(3) (11)
3.1.3
Gee TWEE redes waarom sinapse belangrik is in 'n refleksboog.
(2)
Staalspyker
A
sinaps
D
C
B
Lewenswetenskappe V1 13 VS/September 2019 Graad 12 Voorb. Eksam.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
3.2 Graad 12-studente het ondersoeke uitgevoer om die rol van ouksiene in plantgroei en -ontwikkeling te bepaal. Die studente het:
DRIE stingelpunte (koleoptiele) van dieselfde plant op verskillende maniere behandel.
Al die ondersoeke in 'n donker kas opgestel.
Die resultate van al die ondersoeke na tien dae aangeteken. Die diagramme hieronder toon sommige van die resultate.
Lewenswetenskappe V1 14 VS/September 2019 Graad 12 Voorb. Eksam.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
3.2.1 Noem:
(a) Die onafhanklike veranderlike vir ondersoek Z (b) Die afhanklike veranderlike vir ondersoek X (c) TWEE maniere hoe die studente die betroubaarheid
van die ondersoeke kon verbeter het
(1)
(1)
(2)
3.2.2 3.2.3
Verduidelik waarom die studente die ondersoek in 'n donker kas uitgevoer het.
(2)
(4) (10)
Verduidelik die rol van ouksiene in die verwagte resultaat van ondersoek Z.
3.3 Lees die volgende uittreksel.
BESTUUR VAN INDRINGERPLANTE – METODES VAN BEHEER
Indringing deur uitheemse plante is slegs een faktor wat plantbiodiversiteit verlaag. Drie kategorieë dek die meeste beheer van indringerplante: meganiese, chemiese en biologiese beheer. Verskeie tegnieke kan effektief wees in die beheer van 'n enkele spesie, maar daar is gewoonlik een voorkeur metode – die een wat die meeste hulpbron-doeltreffend is met die minste impak op die omgewing.
[Uittreksel uit 'n artikel deur Christopher Mattrick]
3.3.1 Gee die betekenis van:
(a) (b)
Biodiversiteit Uitheemse plante
(2)
(2)
3.3.2 Gee TWEE faktore, behalwe indringerplante, wat biodiversiteit kan verlaag.
(2)
3.3.3 Verduidelik hoe biologiese beheer toegepas word om
indringerplante te beheer.
(3)
3.3.4 Lys TWEE kriteria, na aanleiding van die uittreksel, wat
gebruik moet word om uitheemse plante te beheer.
(2) (11)
Lewenswetenskappe V1 15 VS/September 2019 Graad 12 Voorb. Eksam.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
0
2
4
6
8
10
12
14
16
Nit
raa
tvla
k (
dp
m)
JARE
Nitraatvlakke in die Racoon-rivier en die stad Des Moines van 2010 tot 2015
Rivier
Stad
3.4 Lees die volgende artikel en bestudeer die grafiek.
STRYD OM PLAASBESOEDELING UIT KRAANWATER TE HOU Die Racoon-rivier in Amerika strek deur 'n intensiewe boerderystreek, bedek met verskillende gewasse wat gereeld met kunsmis en ander chemikalieë behandel word. Dit is ook die tuiste van miljoene plaasdiere waarvan die mis tot die bogrond bygevoeg word. Kommersiële kunsmis en misstowwe bevat nitrate, 'n vorm van stikstof, wat in die rivier beland wanneer reën dit van die landerye afwas. Besoedelde afloop van plase veroorsaak 'n hewige bedreiging vir inwoners se kraanwater. Dit kan fataal wees vir babas en dit is ook gekoppel aan kanker by volwassenes. Die wettige limiet vir nitrate in drinkwater is 10 dele per miljoen (dpm), maar die Nasionale Kanker Instituut het bevind dat drinkwater met net 5 dele per miljoen (dpm) nitraat die risiko van baie kankers verhoog. Die onderstaande grafiek toon die nitraatlesings van die rivier asook behandelde kraanwater van Des Moines, 'n nabygeleë stad, vanaf 2010 tot 2015.
[Aangepas uit: www.ewg.org/research/case-study-iowa-cities-struggle-keep- farm-pollution-out-tap-water]
Lewenswetenskappe V1 16 VS/September 2019 Graad 12 Voorb. Eksam.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
3.4.1 3.4.2 3.4.3 3.4.4 3.4.5
Gebruik die inligting in die grafiek om die verwantskap tussen die seisoene en nitraatvlakke in die rivier van 2010 tot 2012 te gee. Noem waarom die owerhede van Des Moines nie beboet kan word vir die oorskryding van die wettige limiet van nitraatvlakke in drinkwater nie. Motiveer waarom die drinkwater van die stad steeds as ongesond beskou kan word. Noem die soort waterbesoedeling wat veroorsaak word deur afloopwater wat 'n oormaat nitrate besit. Beskryf die effek van die besoedeling genoem in VRAAG 3.4.4 op akwatiese lewe.
(2)
(1)
(1)
(1)
(3) (8)
[40] TOTAAL AFDELING B: 80
Lewenswetenskappe V1 17 VS/September 2019 Graad 12 Voorb. Eksam.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
AFDELING C VRAAG 4
Die menslike ovariale siklus sluit follikelontwikkeling, ovulasie en die vorming van die corpus luteum in. Beskryf die sekresie en funksies van die hormone betrokke by die ovariale siklus en beskryf ook die negatiewe terugvoermeganisme waarin progesteroon die produksie van ovums beheer.
Inhoud: Sintese:
(17) (3)
(20) LET WEL: GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van
tabelle, vloeidiagramme of diagramme nie.
TOTAAL AFDELING C:
GROOTTOTAAL: 20
150