nkabv - pearson schoolsschools.pearson.co.za/media/73714/verken-geografie-graad-10... · nkabv l...

24
NKABV .LVNYHÄL Graad 10 Hersienings- Graad Graad boek raad 10 d 10 aad 10 aad 10 0 ad 10 boek Eksamen ings- ngs - - He Hersien rs H Hersienings- nings- nings- 10 ad 10 d 10 0 d 10 s nin ning nings k k s- k k s k k s k k k k ek ek ek ek boe boe oe oe in boe boe oe oe ng oek oek boek boek k k k k oe oe oe oe bo bo bo bo oek oek oek b b b bo bo bo boek ieni ie ersi s s ersienin ni nin nin He He He en e eni ni en Eksame k sam sa ksame ksam ien a rsi k rs i rsie s Eksame m Eksa Ek k er er er E Her E e Her Eksamen Hersienings-

Upload: others

Post on 31-Oct-2019

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: NKABV - Pearson Schoolsschools.pearson.co.za/media/73714/verken-geografie-graad-10... · NKABV L Graad10-Eksamen k Verken_Exam Practice Book_COVER_Aardrykskunde_Gr10.indd 2 2011/09/12

NKABV

Graad 10

Hersienings-

Graad 10

Graad 10boek

Graad 10

Graad 10

Graad 10

Graad 10

Graad 10

Graad 10boek

Eksamen

Hersienings-

Hersienings-

Hersienings-

Hersienings-

Hersienings-

Hersienings-

Hersienings-

Hersienings-

Hersienings-

Hersienings-

Hersienings-

Graad 10

Graad 10

Graad 10

Graad 10

Graad 10

Hersienings-

Hersienings-

Hersienings-

Hersienings-

Hersienings-

Hersienings-

Hersienings-boekHersienings-boekHersienings-boekHersienings-

Hersienings-boekHersienings-boekHersienings-boekHersienings-

Hersienings-boekHersienings-boekHersienings-boekHersienings-

Hersienings-boekHersienings-boekHersienings-boekHersienings-boekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekHersienings-boekHersienings-boekHersienings-boekHersienings-

Hersienings-boekHersienings-boekHersienings-boekHersienings-

Hersienings-boekHersienings-boekHersienings-boekHersienings-boekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekHersienings-

Hersienings-

Hersienings-

Hersienings-

Hersienings-

Hersienings-

Hersienings-

Hersienings-

Hersienings-

Hersienings-

Hersienings-

Hersienings-

Hersienings-Eksam

en

Hersienings-

Hersienings-Eksam

en

Hersienings-Eksam

enEksam

enEksam

en

Hersienings-Eksam

en

Hersienings-

Hersienings-Eksam

en

Hersienings-Eksam

enEksam

enEksam

enEksam

enEksam

enEksam

enEksam

enEksam

enEksam

en

Hersienings-Eksam

en

Hersienings-

Hersienings-Eksam

en

Hersienings-

Hersienings-Eksam

en

Hersienings-

Hersienings-Eksam

en

Hersienings-

Hersienings-Eksam

en

Hersienings-Eksam

enEksam

enEksam

enEksam

enEksam

en

Hersienings-Eksam

en

Hersienings-

Hersienings-Eksam

en

Hersienings-

Hersienings-Eksam

en

Hersienings-Eksam

enEksam

en

Hersienings-Eksam

en

Hersienings-

Hersienings-Eksam

en

Hersienings-

Hersienings-Eksam

en

Hersienings-Eksam

en

Hersienings-

Verken_Exam Practice Book_COVER_Aardrykskunde_Gr10.indd 2 2011/09/12 9:27 AM

Page 2: NKABV - Pearson Schoolsschools.pearson.co.za/media/73714/verken-geografie-graad-10... · NKABV L Graad10-Eksamen k Verken_Exam Practice Book_COVER_Aardrykskunde_Gr10.indd 2 2011/09/12

Graad 10

AARDRYKSKUNDE

TOETS EEN

Punte: 60

VRAAG 1 1.1 Noem VIER faktore wat temperatuur beïnvloed. (4x1) (4) 1.2 Onderskei tussen die begrippe jaarlikse temperatuurspeling en daaglikse

temperatuurspeling. (2x2) (4) 1.3 Stel DRIE redes voor waarom plekke langs die ewenaar warmer is as dié nader

aan die pole. (3x2) (6) 1.4 Gee ’n rede waarom die gemiddelde temperatuur aan die ooskus van Suid-­

Afrika hoër is as dié aan die weskus. (1x2) (2) 1.5 Temperatuur-­inversie kom in die stratosfeer en termosfeer voor.

Wat is ’n temperatuur-­inversie? (1x2) (2) 1.6 Ons ervaar ’n positiewe vervaltempo in die troposfeer. Hoeveel, kan ons verwag,

sal die temperatuur verander met elke 100 m wat ons hoër opgaan in hierdie deel van die stratosfeer? (1x2) (2)

1.7 Definieer doupunt-­temperatuur. (1x2) (2) 1.8 Wolke begin vorm op kondensasievlak. Indien die lugtemperatuur op die grond

20 C is en doupunt-­temperatuur 12 C is, op watter hoogte sal kondensasie plaasvind? (1x2) (2)

1.9 Watter soort wolke sal in vraag 1.8 hierbo gevorm word, en watter soort

neerslag assosieer ons gewoonlik met hierdie wolke? (1+1) (2) 1.10 Watter soort neerslag, behalwe reën, kan ons verwag uit cumulonimbuswolke? (1x1) (1) 1.11 Noem die DRIE soorte reënval. (3x1) (3) [30]

Aardrykskunde Toetse.pdf 1 7/2/2011 4:08:15 PM

Page 3: NKABV - Pearson Schoolsschools.pearson.co.za/media/73714/verken-geografie-graad-10... · NKABV L Graad10-Eksamen k Verken_Exam Practice Book_COVER_Aardrykskunde_Gr10.indd 2 2011/09/12

2

VRAAG 2 Verwys na die onderstaande diagram wat die struktuur van die atmosfeer toon, en beantwoord die vrae wat daarop volg.

2.1 Noem die lae A, B, C en D wat in die diagram getoon word. (4x1) (4) 2.2 Uit watter gas bestaan die grootste gedeelte van die atmosfeer? (1x2) (2) 2.3 In watter twee lae sal temperatuur styg wanneer daar ’n toename in hoogte is? (2x2) (4) 2.4 Gee ’n verduideliking vir die styging in temperatuur in laag B. (2x2) (4) 2.5 Verduidelik hoekom laag A so ’n belangrike laag is. (2x2) (4) 2.6 Hoekom verkies langafstandvliegtuie om in die laer gedeelte van laag B te vlieg? (2x2) (4) 2.7 Tussen elke laag is daar ’n "pouse". Verduidelik kortliks wat ’n pouse is. (1x2) (2) 2.8 Wat is die temperatuur wat op die boonste rand van laag C aangeteken is? (1x2) (2) 2.9 Noem EEN kweekhuisgas wat in die atmosfeer aangetref word. (1x2) (2) 2.10 Verduidelik kortliks hoekom die gas wat jy in vraag 2.9 genoem het, ’n

veranderlike gas is. (1x2) (2) [30]

[TOTAAL: 60 punte]

Aardrykskunde Toetse.pdf 2 7/2/2011 4:08:16 PM

Page 4: NKABV - Pearson Schoolsschools.pearson.co.za/media/73714/verken-geografie-graad-10... · NKABV L Graad10-Eksamen k Verken_Exam Practice Book_COVER_Aardrykskunde_Gr10.indd 2 2011/09/12

3

Graad 10

AARDRYKSKUNDE

TOETS TWEE

Punte: 60

VRAAG 1 1.1 Een van jou klasmaats het ’n klompie rotsmonsters skool toe gebring. Jy is gevra

om die afsettingsgesteentes te identifiseer. Noem TWEE van die eienskappe waarna jy sal soek. (2x1) (2)

1.2 Die monsters het stollingsgesteentes ingesluit. Noem DRIE maniere waarop ons

van hierdie nuttige soort gesteente gebruik maak. (3x1) (3) 1.3 Stollings-­ en afsettingsgesteentes kan in metamorfiese rots verander. Sê in

watter toestande hierdie verandering kan plaasvind. (2x1) (2) 1.4 Stollingsgesteentes begin hul lewensiklus in die mantel. Beskryf die aard van die

materiaal in die mantel. (1x1) (1) 1.5 Daar word algemeen geglo dat die toestand van die materiaal in die mantel tot

die proses van vastelandverskuiwing (kontinentdrywing) lei. Teken ’n diagram wat toon hoe hierdie proses plaasvind. Sluit die volgende byskrifte in:

oseaanplaat, vastelandplaat (kontinentale plaat) divergerende plaatgrens, konveksiesel, en konvergerende plaatgrens. (6x1) (6)

1.6 Verskaf TWEE bewyse om mense te oortuig dat vasteland/kontinentverskuiwing

werklik plaasvind. (2x1) (2) 1.7 Pas die letters A tot D in die volgende figuur by die byskrifte onder:

Oseaantrog,verander plaatgrens,Mid-­Atlantiese rug,subduksiesone (4x1) (4)

Aardrykskunde Toetse.pdf 3 7/2/2011 4:08:16 PM

Page 5: NKABV - Pearson Schoolsschools.pearson.co.za/media/73714/verken-geografie-graad-10... · NKABV L Graad10-Eksamen k Verken_Exam Practice Book_COVER_Aardrykskunde_Gr10.indd 2 2011/09/12

4

1.8 Gee ’n voorbeeld van ’n jong plooibergreeks wat gevorm het toe twee vastelandplate gebots het. (1x1) (1)

1.9 Watter TWEE plate het gebots toe die Andes-­gebergte gebou is? (2x1) (2) 1.10 Identifiseer EEN ooreenkoms en EEN verskil tussen plooiing en kromming. (1+2x1) (3) 1.11 Teken ’n diagram met volledige byskrifte van ’n asimmetriese plooi. (4x1) (4) [30] VRAAG 2 Verwys na die volgende figuur waarop die stadiums van ’n aardbewing aangetoon word. Beantwoord dan die vrae.

2.1 Identifiseer die soort verskuiwing wat in die figuur gesien kan word. (1x1) (1) 2.2 Watter TWEE plate is besig om by mekaar verby te skuif langs die San Andreas-­

verskuiwing? (2x1) (2) 2.3 Teken ’n diagram om die vertikale verplasing wat by 'n omgekeerde verskuiwing

voorkom aan te toon. Dui die kragte wat betrokke is, sowel as die rigting van die beweging aan. (3x1) (3)

Aardrykskunde Toetse.pdf 4 7/2/2011 4:08:16 PM

Page 6: NKABV - Pearson Schoolsschools.pearson.co.za/media/73714/verken-geografie-graad-10... · NKABV L Graad10-Eksamen k Verken_Exam Practice Book_COVER_Aardrykskunde_Gr10.indd 2 2011/09/12

5

2.4 Onderskei tussen die fokus en episentrum van ’n aardbewing, en sê watter seismiese golwe as gevolg van elkeen ontstaan. (2x3) (6)

2.5 Wat is die Richter-­skaal en wat is die verhouding tussen elke vlak op die skaal? (1+1x2) (3) 2.6 As ’n aardbewing op die seebodem voorkom, kan kuslyne deur ’n tsoenami

geraak word. Noem DRIE gevolge van ’n tsoenami. (3x1) (3) 2.7 Gebruik die inligting in die volgende figuur om die res van die vrae te beantwoord .

a) Waar was die episentrum van die aardbewing? (1x1) (1)

b) Indien die aardbewing ’n tsoenami laat ontstaan het, hoeveel uur later sou die tsoenami San Francisco bereik het? (1x2) (2)

c) Alle radio-­ en TV-­uitsendings sou onderbreek word deur ’n "tsoenami-­waarskuwing-­bulletin". Skryf hierdie waarskuwing deur die feite te noem en verstandige raad te gee sonder om mense die skrik op die lyf te jaag. (5x1) (5)

d) Hoekom sou die impak van hierdie natuurramp minder ernstig wees in San Francisco as in Indonesië? (2x2) (4)

[30]

[TOTAAL: 60 punte]

Aardrykskunde Toetse.pdf 5 7/2/2011 4:08:16 PM

Page 7: NKABV - Pearson Schoolsschools.pearson.co.za/media/73714/verken-geografie-graad-10... · NKABV L Graad10-Eksamen k Verken_Exam Practice Book_COVER_Aardrykskunde_Gr10.indd 2 2011/09/12

6

Graad 10

AARDRYKSKUNDE

TOETS DRIE

Punte: 60

VRAAG 1 Verskeie moontlike antwoorde word vir elke vraag verskaf. Skryf slegs die letter van die korrekte antwoord langs die ooreenstemmende vraagnommer neer.

1.1 Wat is nie ’n faktor wat die sterftesyfer beïnvloed nie?

A Natuurrampe B Lewensgehalte C Geletterdheid D Ekonomiese toestande (2)

1.2 Watter stadium van die demografiese siklus word gekenmerk deur ’n gestabiliseerde

lae sterftesyfer en ’n dalende geboortesyfer?

A Vroeë uitbreidingstadium B Laat uitbreidingstadium C Lae stilstaande fase D Hoë stilstaande fase (2)

1.3 Watter stelling ten opsigte van die infeksie met MIV/vigs is waar?

A MIV/vigs is ’n groter probleem in ryk, ontwikkelde lande. B Mense wat MIV positief is, lyk anders as enigiemand anders. C As jy swanger is en MIV-­positief is, is daar medikasie wat die kans dat jou

baba MIV-­positief sal wees, sal verminder. D As ek ’n kondoom gebruik, sal ek heeltemal veilig wees teen MIV. (2)

1.4 Watter van hierdie organisasies is nie 'n wêreldorganisasie nie?

A Verenigde Nasies B Verenigde Nasies se Kinderfonds C Die Wêreldgesondheidsorganisasie D Congress of South African Trade Unions (2)

1.5 Watter van die volgende geboortebeperkingsmaatreëls is slegs op mans van

toepassing?

A Sterilisasie B Kondome C Vasektomie D Voorbehoedpille (2)

1.6 Wat is die term wat gebruik word om te beskryf wat gebeur wanneer ’n persoon

teruggestuur word na sy of haar eie land?

A Deportasie B Migrasie C Immigrasie D Repatriasie (2)

Aardrykskunde Toetse.pdf 6 7/2/2011 4:08:16 PM

Page 8: NKABV - Pearson Schoolsschools.pearson.co.za/media/73714/verken-geografie-graad-10... · NKABV L Graad10-Eksamen k Verken_Exam Practice Book_COVER_Aardrykskunde_Gr10.indd 2 2011/09/12

7

1.7 Watter van hierdie Afrika-­lande is nie 'n SAOG-­lid nie?

A Angola B Kenia C DRK D Mauritius (2)

1.8 Watter van die volgende is nie 'n trekfaktor vir migrasie na stedelike gebiede

nie?

A Hongersnood B Beter onderwysgeleenthede C Beter dienste en infrastruktuur D "Stadsliggies" (1)

[15]

VRAAG 2 Bestudeer die onderstaande figuur en beantwoord dan die vrae wat daarop volg.

2.1 Watter soort migrasie word in die figuur uitgebeeld? (1x1) (1) 2.2 Noem TWEE redes of faktore wat mense na die stad aantrek. (2x1) (2) 2.3 Noem TWEE faktore wat mense na die stad forseer. (2x1) (2) 2.4 Hoekom sou die owerhede wou ingryp om hierdie soort migrasie te verhoed? (1x2) (2) 2.5 Kies TWEE van die moontlike ingrypingstrategieë wat in die figuur aangetoon

word en verduidelik hoe dit hierdie soort migrasie sou verhoed/verlangsaam. (2x2) (4) 2.6 Mense word vlugtelinge as gevolg van omgewings-­ en menslike faktore. Gee

EEN voorbeeld van elk. (2x1) (2) 2.7 Onderskei tussen vlugtelinge en onwettige immigrante. (2x2) (4) 2.8 Noem ’n rede waarom die burgers van die gasheerland moontlik nie immigrante

sal verwelkom nie. (1x2) (2)

Aardrykskunde Toetse.pdf 7 7/2/2011 4:08:16 PM

Page 9: NKABV - Pearson Schoolsschools.pearson.co.za/media/73714/verken-geografie-graad-10... · NKABV L Graad10-Eksamen k Verken_Exam Practice Book_COVER_Aardrykskunde_Gr10.indd 2 2011/09/12

8

2.9 Baie mense verlaat hul geboorteland vrywillig. In Suid-­Afrika het dit gelei tot ’n uitvloei van kundigheid omdat baie mense met spesiale vaardighede die land verlaat. a) Verduidelik hoe dit ons ekonomie kan beïnvloed. (2x2) (4) b) Hoekom verlaat mense Suid-­Afrika? (2x1) (2)

2.10 Ontwerp ’n plakkaat vir die "Kom huis toe-­veldtog" om Suid-­Afrikaners te oorreed

om terug te kom. (5x1) (5) [30] VRAAG 3 Pas die volgende stellings in Kolom A by die terme of voorbeelde in Kolom B. Skryf slegs die vraagnommer en korrekte letter neer.

Kolom A Kolom B

3.1 Die getal babasterftes per 1 000 lewende geboortes, per jaar A Moedersterftesyfer

3.2 Dit wat gebruik of gedoen kan word sonder om natuurlike hulpbronne op te gebruik of te beskadig B Verwoestyning

3.3 ’n Siekte wat baie mense oor ’n baie groot gebied aantas C Emigrant

3.4 Om ’n ongewenste persoon uit ’n land uit weg te stuur D Uitroeiing

3.5 ’n Persoon wat na ’n vreemde land verhuis E Babasterftesyfer

3.6 Om ’n persoon terug te stuur na sy of haar geboorteland F Vrywilliger

3.7 Die koers waarteen ’n land se bevolking per jaar groei G Ongelykheid

3.8 Die totale vernietiging van iets H Pandemie

3.9 ’n Persoon wat 100 jaar oud is I Bevolkingsontploffing

3.10 Wanneer ’n voorheen vogtige of halfdroë gebied baie droog, kaal en onproduktief word. J Deportasie

3.11 ’n Persoon wat sy of haar dienste aanbied sonder om betaling daarvoor te verwag K Immigrant

3.12 Wanneer faktore soos lewenstoestande en toegang tot hulpbronne nie dieselfde is vir almal nie L Volhoubaar

3.13 Die getal vroue (per 100 000 vroue van vrugbare ouderdom) wat tydens swangerskap sterf weens enige oorsaak wat met die swangerskap verband hou.

M Bevolkingsgroeikoers

3.14 ’n Persoon wat sy of haar geboorteland verlaat om permanent in ’n ander land te gaan woon N Repatriasie

3.15 Wanneer die wêreldbevolking dramaties toeneem O Honderdjarige

[15]

[TOTAAL: 60 punte]

Aardrykskunde Toetse.pdf 8 7/2/2011 4:08:16 PM

Page 10: NKABV - Pearson Schoolsschools.pearson.co.za/media/73714/verken-geografie-graad-10... · NKABV L Graad10-Eksamen k Verken_Exam Practice Book_COVER_Aardrykskunde_Gr10.indd 2 2011/09/12

9

Graad 10

AARDRYKSKUNDE

TOETS VIER

Punte: 60

VRAAG 1 Lees die onderstaande vertaalde artikel wat op13 Julie 2008 in die Sunday Times verskyn het, en beantwoord dan die vrae.

Oorstroming ’n gemengde seën vir plase

Die afkap van indringerbome vererger skade, skryf Anton Ferreira

As Kalifornië se verbruikers nie volgende maand Suid-­Afrikaanse lemoene op die rakke kan vind nie, sal indringerbome minstens gedeeltelik geblameer kan word. Oorstromings wat hierdie week plaasgevind het, het getoon hoe die pad na die hel met goeie bedoelings geplavei is – in dié geval Suid-­Afrika se poging om indringerplantegroei, soos bloekom-­ en wattelbome uit te roei en uit sy riviere te hou.

Een van hierdie riviere is die Olifants. Vandeesweek het die rivier vir die tweede opeenvolgende jaar sy walle oorstroom na agt dae van reën en dit het in ’n stroom verander wat verwoesting gesaai het vanaf die sitrusboorde van Citrusdal tot by die Vredendalse wingerde.

Die blote volume water – sowat 300 mm reën het in die Cederberge geval – was genoeg om op sigself wydverspreide oorstroming te veroorsaak, maar sommige plaaslike inwoners sê die probleem is vererger deur die Werk vir Water-­program wat daarop gemik word om indringerplantegroei uit te roei.

Klaarblyklik is die bome afgekap, maar nie verwyder nie. In die meeste gevalle is brûe weggespoel of slote vernietig omdat die slote deur boomstamme geblokkeer is.

Martli Slabber wie se familie die Heksrivier-­sitrusplaas op die walle van die Olifantsrivier besit, het gesê die reën en oorstromings het in die middel van die sitrus-­oesseisoen plaasgevind en veroorsaak dat die plukproses tien dae gestaak moes word.

"Daar was baie grondverskuiwings en die grond was deurweek, wat beteken het dat boere baie grondherstelwerk moes doen ten einde weer in hul sitrusboorde te kon kom, en dit het uit die aard van die saak groot diesel-­ en mannekraguitgawes tot gevolg gehad."

Maar sy het gesê dat die reën en sneeu ook ’n "absolute seën" vir die streek was, want hulle het vyf droë jare gehad voor verlede jaar se oorstromings.

Slabber en ander produsente het gesê dat sowat 80% van die sitrusoes reeds ingesamel was voor die oorstroming;; dus was die reën nie ’n totale ramp vir die streek nie. Die plukkery sou hervat word sodra die watervlakke gedaal het.

Die reën het hoë eise aan dreineerstelsels gestel en gebreke ten opsigte van padinstandhouding uitgewys. Sommige boere kon nie hul vrugte vervoer nie omdat paaie weggespoel is.

Gabrie van Eeden, uitvoerende hoof van Goede Hoop-­sitruspakkers, het gesê aangesien vrugte ’n lewende organisme is, enige vertraging in die plukproses maklik kon veroorsaak dat gehalteprobleme ontstaan. Sommige vrugte wat vir uitvoer bestem was, sou nou vir sap gebruik moes word.

Hy het gesê dat die vrugte – wat uitgevoer word na lande oral in die Noordelike Halfrond – die mark nou later sal bereik en die beste verkooptyd sal mis. "Die prys is goed, maar dit daal van week tot week. As jy ’n week verloor, kan dit jou soveel soos ’n dollar per houer kos. ’n Dollar is baie geld."

Die reën het ook die laaiproses in die Kaapstadse hawe vertraag. Die mark wil die vrugte hê, en dit kos baie geld as ’n skip in die hawe moet lê."

Aangepas uit "Flooding a mixed blessing for farms", Sunday Times, Business Times-­afdeling, 13 Julie 2008, bl. 9

1.1 Watter rivier het sy walle oorstroom? (1x1) (1) 1.2 Noem die TWEE oeste wat deur die vloedwater geraak is. (2x1) (2)

Aardrykskunde Toetse.pdf 9 7/2/2011 4:08:16 PM

Page 11: NKABV - Pearson Schoolsschools.pearson.co.za/media/73714/verken-geografie-graad-10... · NKABV L Graad10-Eksamen k Verken_Exam Practice Book_COVER_Aardrykskunde_Gr10.indd 2 2011/09/12

10

1.3 Die uitwerking van die oorstroming is erger gemaak deur die bome wat deur die Werk vir Water-­program afgekap is. Hoe kan dit wees? (1x2) (2)

1.4 Hoekom is die bome in die eerste plek afgekap? (1x2) (2) 1.5 Watter soorte bome is afgekap? (2x½) (1) 1.6 In watter provinsie het die oorstroming plaasgevind? (1x1) (1) 1.7 Die hoeveelheid reën wat geval het, was ongewoon, maar was die reën ook

onseisoenaal? (1x1) (1) 1.8 Sê watter soort reën in hierdie gebied voorkom en beskryf hoe dit ontstaan. (1+3x1) (4) 1.9 Noem die ander soort neerslag wat in die gebied geval het en beskryf hoe dit

ontstaan. (1+2x1) (3) 1.10 Hoe is die infrastruktuur van die gebied deur die oorstroming geraak? (1x2) (2) 1.11 Die ekonomiese uitwerking van ’n oorstroming kan lank nadat die water gesak

het, nog gevoel word. Haal TWEE negatiewe ekonomiese gevolge uit die artikel aan. (2x1) (2)

1.12 Hoekom was die oorstroming ’n gemengde seën vir die plase? (2x1) (2) 1.13 Die dag voor die oorstroming het die weerstasiemodel op die sinoptiese kaart

dieselfde gelyk as die volgende een:

Gebruik die weerstasiemodel om die draaiboek vir ’n aanbieder van die weerprogram op televisie vir daardie aand te skryf. (7x1) (7)

[30] VRAAG 2 Lees die gevallestudie en bestudeer die kaart van Namibië. Beantwoord dan die vrae wat volg.

Namibwoestyn

Die Namibwoestyn is een van die droogste woestyne in die wêreld. Dit is langs die weskus van Namibië geleë, strek oor ’n afstand van 2 000 km en beslaan ’n gebied van 2 miljoen km². Die Namib toon ’n verskeidenheid van landskappe. Dit word verdeel in vier hoofgebiede.

Die ariede (dorre) sone strek suidwaarts uit tot in Namakwaland in Suid-­Afrika. Dit is nie so droog soos die gebiede na die noorde nie en ontvang ’n gemiddelde reënval van ongeveer 150 mm in die winter. Dit is genoeg om ’n digte plantbedekking van sukkulente (vetplante) te onderhou wat groot dele van die oppervlak en sand stabiliseer.

Die suidelike deel van die Namib het groot mineraalrykdom in die vorm van diamante. Hierdie gebied is nie oop vir die publiek nie. Daar is ’n bloeiende visbedryf by Walvisbaai.

Aardrykskunde Toetse.pdf 10 7/2/2011 4:08:16 PM

Page 12: NKABV - Pearson Schoolsschools.pearson.co.za/media/73714/verken-geografie-graad-10... · NKABV L Graad10-Eksamen k Verken_Exam Practice Book_COVER_Aardrykskunde_Gr10.indd 2 2011/09/12

11

2.1 Noem die groot woestyn in Namibië. (1x2) (2)

2.2 Verduidelik kortliks hoekom woestyne langs die weskuste van vastelande aangetref word. (2x2) (4)

2.3 Wat is die geografiese naam wat aan ’n sandwoestyn gegee word? (1x2) (2)

2.4 Verduidelik die tipiese natuurlike plantegroei wat in hierdie woestynbioom aangetref word. (2x2) (4)

2.5 "Sandduine staan nie stil nie, want die wind waai hulle aanhoudend van een plek na die ander." Teken ’n eenvoudige diagram met volledige byskrifte om te wys hoe wind sand van een plek na die ander vervoer. (3x2) (6)

2.6 Definieer verwoestyning. (1x2) (2) 2.7 Noem TWEE menslike faktore wat kan lei tot verwoestyning. (2x2) (4)

2.8 Noem die gebied rondom die Sahara wat gevaar loop om in die nabye toekoms ’n woestyn te word. (1x2) (2)

2.9 Hoe beïnvloed dit die toekoms van die groot groepe mense wat in die woestyn woon? (2x2) (4)

[30]

[TOTAAL: 60 punte]

Aardrykskunde Toetse.pdf 11 7/2/2011 4:08:16 PM

Page 13: NKABV - Pearson Schoolsschools.pearson.co.za/media/73714/verken-geografie-graad-10... · NKABV L Graad10-Eksamen k Verken_Exam Practice Book_COVER_Aardrykskunde_Gr10.indd 2 2011/09/12

12

Graad 10 AARDRYKSKUNDE

TOETS EEN MEMO

VRAAG 1 1.1 Enige vier van die volgende:

Hoogte (bo seevlak) ( )

Breedtegraad ( )

Seestrome ( )

Afstand van die see af ( )

Hellingrigting ( )

Rangskikking van bergreekse ( )

Seisoene ( )

Wolkbedekking ( )

Winde ( ) (4x1) (4)

1.2 Jaarlikse temperatuurspeling/skommeling is die verskil tussen die warmste en koudste maand van die jaar.

Daaglikse temperatuurspeling/skommeling is die verskil tussen die hoogste en laagste temperatuur van die dag. (2x2) (4)

1.3 Enige drie van die volgende:

Loodregte sonstrale ( )

Kleiner oppervlak om te verhit ( )

Minder sonstraling (insolasie) gaan verlore weens verstrooiing, weerkaatsing en absorpsie, want atmosfeerlae is dunner. ( )

Meer insolasie beskikbaar. ( )

Minder atmosfeer om te verhit deur aardstraling, geleiding en konveksie. ( ) (3x2) (6)

1.4 Die warm Mosambiek-­stroom verhit die kuslyn langsaan. (1x2) (2)

1.5 Die temperatuur styg namate die hoogte toeneem. (1x2) (2)

1.6 Daal (neem af) met 0,65 C ( ) (1x2) (2)

1.7 Die temperatuur waarby kondensasie plaasvind. (1x2) (2)

1.8 800 m (1x2) (2)

Aardrykskunde Toetse.pdf 12 7/2/2011 4:08:16 PM

Page 14: NKABV - Pearson Schoolsschools.pearson.co.za/media/73714/verken-geografie-graad-10... · NKABV L Graad10-Eksamen k Verken_Exam Practice Book_COVER_Aardrykskunde_Gr10.indd 2 2011/09/12

13

1.9 Stratus, motreën of buie (1+1) (2)

1.10 Hael (1x1) (1)

1.11 Frontale of siklonies, orografies of reliëf, konveksie (3x1) (3) [30]

VRAAG 2 2.1 A: Troposfeer

B: Stratosfeer

C: Mesosfeer

D: Termosfeer (4x1) (4)

2.2 Stikstof (1x2) (2)

2.3 Stratosfeer en termosfeer (2x2) (4)

2.4 Die osoonlaag word in hierdie laag aangetref. Die osoonlaag absorbeer die ultravioletstrale en dit verhoog die temperatuur van hierdie laag. (2x2) (4)

2.5 Al ons weerpatrone word hier gevorm. Hierdie laag voorsien ons van die lug wat ons nodig het om te oorleef. (2x2) (4)

2.6 Daar is geen veranderlike gasse om weer te vorm in die stratosfeer nie. Vliegtuie kan dus bokant die wolke en slegte weerstoestande, bv. storms, vlieg. (2x2) (4)

2.7 'n Pouse is ’n gebied van konstante temperatuur. (1x2) (2)

2.8 C (1x2) (2)

2.9 Enigeen van die volgende:

Waterdamp ( )

Koolstofdioksied ( ) (1x2) (2)

2.10 Die gas wissel in hoeveelheid, van tyd tot tyd, en van plek tot plek. (1x2) (2) [30]

[TOTAAL: 60 punte]

Aardrykskunde Toetse.pdf 13 7/2/2011 4:08:16 PM

Page 15: NKABV - Pearson Schoolsschools.pearson.co.za/media/73714/verken-geografie-graad-10... · NKABV L Graad10-Eksamen k Verken_Exam Practice Book_COVER_Aardrykskunde_Gr10.indd 2 2011/09/12

14

Graad 10 AARDRYKSKUNDE

TOETS TWEE MEMO

VRAAG 1 1.1 Strata-­lae en fossiele (2x1) (2)

1.2 Enige drie van die volgende:

Mynbou ( )

Padbou ( )

Randstene ( )

Boumateriaal ( )

Werkoppervlakke ( )

Standbeelde ( )

Dekoratiewe panele ( )

Grafstene ( ) (3x1) (3)

1.3 Toepassing van hitte en druk (2x1) (2)

1.4 Gesmelt / dik vloeistof / klewerig/taaivloeiend (1x1) (1)

1.5

(6x1) (6)

1.6 Enige twee van die volgende:

Soortgelyke gesteentes (tipe, ouderdom en vorming) op verskillende vastelande aangetref ( )

Soortgelyke minerale op verskillende vastelande aangetref ( )

Identiese fossiele op verskillende vastelande aangetref ( )

Steenkool in Antarktika ( )

Vastelande pas inmekaar soos ’n legkaart by hul kontinentale/ vastelandsplatfoms. ( ) (2x1) (2)

Aardrykskunde Toetse.pdf 14 7/2/2011 4:08:16 PM

Page 16: NKABV - Pearson Schoolsschools.pearson.co.za/media/73714/verken-geografie-graad-10... · NKABV L Graad10-Eksamen k Verken_Exam Practice Book_COVER_Aardrykskunde_Gr10.indd 2 2011/09/12

15

1.7 A = Mid-­Atlantiese rug

B = oseaantrog

C = subduksiesone

D = verander plaatgrens (4x1) (4)

1.8 Enigeen van die volgende:

Alpe ( )

Himalajas ( )

Atlas ( )

Kaukasiese ( ) (1x1) (1)

1.9 Nazca-­plaat en Suid-­Amerikaanse Plaat (2x1) (2)

1.10 Ooreenkoms: Gesteentes word onderwerp aan horisontale/laterale drukkrag.

Verskil: As die kragte nie baie sterk is nie en die gesteentes stabiel is, buig die gesteentes effens (m.a.w. kromming).

As sterker kragte daarop inwerk, dit langer duur en die gesteentes onstabiel is, sal plooiing plaasvind. (1+2x1) (3)

1.11

(4x1) (4) [30]

VRAAG 2 2.1 Skeurverskuiwing (1x1) (1)

2.2 Noord-­Amerikaanse Plaat en die Pasifiese (Stille Oseaan-­) Plaat (2x1) (2)

Aardrykskunde Toetse.pdf 15 7/2/2011 4:08:16 PM

Page 17: NKABV - Pearson Schoolsschools.pearson.co.za/media/73714/verken-geografie-graad-10... · NKABV L Graad10-Eksamen k Verken_Exam Practice Book_COVER_Aardrykskunde_Gr10.indd 2 2011/09/12

16

2.3

(3x1) (3)

2.4 Die fokus is waar die aardbewing binne die kors ontstaan;; P-­ en S-­golwe beweeg hiervandaan.

Die episentrum is die punt op die Aarde se oppervlak direk bokant die fokus;; L-­golwe beweeg hiervandaan. (2x3) (6)

2.5 Die Richter-­skaal word gebruik om die intensiteit/hewigheid van ’n aardbewing te klassifiseer.

Elke vlak verteenwoordig ’n intensiteit tien keer groter as die een daaronder. (1+1x2) (3)

2.6 Enige drie van die volgende:

Lewensverlies ( )

Verlies van huise ( )

Skade aan infrastruktuur ( )

Kuslyn en aangrensende gebied word oorstroom ( )

Gewasse/oeste word vernietig en weggespoel ( )

Water-­, voedsel-­, elektrisiteitstekorte ( )

Besmette waterbronne ( )

Siektes ( ) (3x1) (3)

2.7 a) Honolulu (1x1) (1) b) 5 tot 6 uur (1x2) (2) c) "Ons onderbreek hierdie program met nuus oor ’n aardbewing in die Hawaiise Eilande. Vir alle Pasifiese kusgebiede geld ’n tsoenami-­waarskuwing. Indien hierdie aardbewing ’n tsoenami laat ontstaan, word voorspel dat die

Aardrykskunde Toetse.pdf 16 7/2/2011 4:08:16 PM

Page 18: NKABV - Pearson Schoolsschools.pearson.co.za/media/73714/verken-geografie-graad-10... · NKABV L Graad10-Eksamen k Verken_Exam Practice Book_COVER_Aardrykskunde_Gr10.indd 2 2011/09/12

17

tsoenami ongeveer oor 5 uur ons kus sal bereik. Daar word aanbeveel dat alle laag geleë kusgebiede ontruim word. Beveilig huise en neem slegs baie belangrike dokumente saam."

(Onderwysers moet hul eie oordeel gebruik, ken punte toe vir styl.) (5x1) (5) d) Enige twee van die volgende:

San Francisco het goed ontwikkelde vervoerroetes vir ontruiming. ( )

Ontruiming sal vinniger wees as baie mense hul eie vervoer het en openbare vervoer doeltreffend is. ( )

Die infrastruktuur sal moontlik die impak van ‘n tsoenami beter weerstaan as die soort en gehalte van die infrastruktuur beter is.( )

Hospitale en nooddienste is meer voorbereid en beter toegerus vir rampbestuur. ( )

Die ekonomie van die land sal gouer herstel as dit ’n Eerstewêreldland is. ( )

Enige antwoord wat begrip toon van die verskille tussen Eerste-­ en Derdewêreldlande is aanvaarbaar. ( ) (2x2) (4)

[30]

[TOTAAL: 60 punte]

Aardrykskunde Toetse.pdf 17 7/2/2011 4:08:16 PM

Page 19: NKABV - Pearson Schoolsschools.pearson.co.za/media/73714/verken-geografie-graad-10... · NKABV L Graad10-Eksamen k Verken_Exam Practice Book_COVER_Aardrykskunde_Gr10.indd 2 2011/09/12

18

Graad 10 AARDRYKSKUNDE

TOETS DRIE MEMO

VRAAG 1 1.1 C (2) 1.2 B (2) 1.3 C (2) 1.4 D (2) 1.5 C (2) 1.6 D (2) 1.7 B (2) 1.8 A (1) [15]

VRAAG 2 2.1 Landelik-­stedelik (1x1) (1)

2.2 Enige twee van die volgende:

Moontlikheid van werk ( ) Beter mediese dienste ( ) Beter onderwysgeriewe ( ) Behuisings-­ en welsynsdienste ( ) (2x1) (2)

2.3 Enige twee van die volgende:

Verlies van werk as gevolg van meganisasie ( ) Droogte en hongersnood ( ) Gronderosie ( ) Grondkonsolidasie ( ) Oorbevolking ( ) (2x1) (2)

2.4 Enigeen van die volgende:

Landelike gebiede raak ontvolk en gaan nog meer agteruit. ( )

Stedelike gebiede raak oorbevolk, mense kan nie gehuisves word nie en dienste wat verskaf word, is onvoldoende. Dit lei tot die agteruitgang van stedelike gebiede. ( ) (1x2) (2)

2.5 Enige twee van die volgende:

Werkskepping deur nywerheidsontwikkeling in ’n landelike gebied sal mense aanmoedig om in die gebied te bly. Hulle sal beter salarisse verdien en hul geld in die landelike gebied bestee. Dit sal dienste en lewensomstandighede verbeter. ( )

Die verskaffing van beter dienste in dorpe sal migrasie na stede ontmoedig, want die mense se behoeftes sal bevredig word. Die begeerte na "stadsliggies" sal nie so sterk wees nie. ( )

Produksie op plase kan verbeter word deur die oprigting van windpompe om water te pomp, boere op te voed oor volhoubare boerderymetodes, oorskakeling na kommersiële boerdery en konsolidasie van grond. ( ) (2x2) (4)

2.6 Omgewingsfaktore (enigeen van die volgende):

Natuurrampe (aardbewings, siklone, droogte, hongersnood, oorstromings, ens.) ( )

Aardrykskunde Toetse.pdf 18 7/2/2011 4:08:16 PM

Page 20: NKABV - Pearson Schoolsschools.pearson.co.za/media/73714/verken-geografie-graad-10... · NKABV L Graad10-Eksamen k Verken_Exam Practice Book_COVER_Aardrykskunde_Gr10.indd 2 2011/09/12

19

Menslike ingryping (damme, ontbossing, ontsouting, gronderosie, verwoestyning) ( )

Agteruitgang in lewensgehalte (mense trek na gebiede met beter grond, weiding, en waterbronne) ( ) (1x1) (1)

Menslike faktore (enigeen van die volgende):

Politieke druk ( ) Godsdiensvervolging ( ) Rassediskriminasie ( ) Oorlog/konflik ( ) Grondbesetting ( ) (1X1) (1)

2.7 ’n Vlugteling is ’n persoon wat van sy of haar huis af weggaan om veiligheid in

’n vreemde land te gaan soek. Onwettige immigrante verlaat hul geboorteland vrywillig (gewoonlik om ’n beter lewensgehalte te soek) en kom die gasheerland onwettig binne. (2x2) (4)

2.8 Sommige plaaslike burgers dink die immigrante "steel" hul werk en huise. (1x2) (2) 2.9 a) Wanneer ’n land sy professionele, geskoolde en goed opgevoede mense

verloor, begin daar gapings in die mark ontstaan.

Hierdie dienste genereer nie meer inkomste nie en die ekonomie sal op die lang duur negatief beïnvloed word. (2x2) (4)

b) Enige twee van die volgende:

Misdaadsyfer te hoog ( ) Verloor vertroue in die regering ( ) Werkaanbiedinge van oorsee ( ) Enige ander geldige rede ( ) (2x1) (2)

2.10 Puntetoekenning vir plakkaat:

Uitleg, ontwerp, kreatiwiteit Inhoud (Ubuntu, Reënboognasie, 2010, entrepreneurskap, ens.) (5x1) (5)

[30]

VRAAG 3 3.1 E (1) 3.2 L (1) 3.3 H (1) 3.4 J (1) 3.5 C (1) 3.6 N (1) 3.7 M (1) 3.8 D (1) 3.9 O (1) 3.10 B (1) 3.11 F (1) 3.12 G (1) 3.13 A (1) 3.14 K (1) 3.15 I (1) [15]

[TOTAAL: 60 punte]

Aardrykskunde Toetse.pdf 19 7/2/2011 4:08:16 PM

Page 21: NKABV - Pearson Schoolsschools.pearson.co.za/media/73714/verken-geografie-graad-10... · NKABV L Graad10-Eksamen k Verken_Exam Practice Book_COVER_Aardrykskunde_Gr10.indd 2 2011/09/12

20

Graad 10 AARDRYKSKUNDE

TOETS VIER MEMO

VRAAG 1 1.1 Olifantsrivier (1x1) (1)

1.2 Druiwe en sitrusvrugte (2x1) (2)

1.3 Die bome is afgekap, maar nie uit die gebied verwyder nie. Hulle het hindernisse geword vir die vloedwater. (1x2) (2)

1.4 Hulle is uitheems aan die gebied en hulle het te veel water opgeneem. (1x2) (2)

1.5 Bloekom en wattelbome (2x½) (1)

1.6 Wes-­Kaap (1x1) (1)

1.7 Nee (1x1) (1)

1.8 Sikloniese of frontale reën

Wanneer ’n koue (swaar) lugmassa ’n warm (ligte) lugmassa bereik, forseer die koue massa die warm lug opwaarts, dit koel af en kondenseer. Wolke vorm en lei tot reën. (1+3x1) (4)

1.9 Sneeu

Wanneer die doupunttemperatuur onder 0 C is, sal waterdamp direk tot yskristalle kondenseer wat saamsmelt om as sneeu grond toe te val. (1+2x1) (3)

1.10 Enige twee van die volgende:

Brûe is weggespoel ( )

Sluise is verspoel ( )

Dreineerstelsels het oorgeloop ( )

Paaie is weggespoel ( ) (2x1) (2)

1.11 Enige twee van die volgende:

Verhoogde arbeidskoste ( )

Verhoogde dieselkoste ( )

Verminderde waarde van vrugte ( )

Hoër hawekoste ( ) (2x1) (2)

Aardrykskunde Toetse.pdf 20 7/2/2011 4:08:16 PM

Page 22: NKABV - Pearson Schoolsschools.pearson.co.za/media/73714/verken-geografie-graad-10... · NKABV L Graad10-Eksamen k Verken_Exam Practice Book_COVER_Aardrykskunde_Gr10.indd 2 2011/09/12

21

1.12 Die oorstroming het negatiewe ekonomiese implikasies, maar dit het ook die droogte beëindig. (2x1) (2)

1.13 "In die Wes-­Kaap kan ons toestande wat tipies is van die winterseisoen verwag. Die lug sal betrokke wees met ’n baie goeie kans vir reën. Die verwagte maksimum temperatuur vir more is 17 C en ’n noordwestewind van 25 knope word verwag."

(Gee krediet vir hoë relatiewe humiditeit en doupunttemperatuur van 15 C, indien genoem.)

Stelwyse (7x1) (7)

[30]

VRAAG 2 2.1 Namibwoestyn (1x2) (2)

2.2 Koue seestrome vloei langs die weskuste wat veroorsaak dat daar byna geen verdamping van water plaasvind nie. Dit skep ariede (dorre) atmosferiese toestande. Waar daar baie min reën val, is daar beperkte plantegroei. (2x2) (4)

2.3 Erg (1x2) (2)

2.4 Enige twee van die volgende:

Plante met lang wortels om ondergrondse water mee te soek ( )

Struikgewasse, doringbosse en sukkulente wat by baie droë toestande aangepas het ( )

Welwitchia-­plante ( ) (2x2) (4)

2.5

(3x2) (6)

2.6 'n Proses waardeur gebiede meer aried word (1x2) (2)

Aardrykskunde Toetse.pdf 21 7/2/2011 4:08:16 PM

Page 23: NKABV - Pearson Schoolsschools.pearson.co.za/media/73714/verken-geografie-graad-10... · NKABV L Graad10-Eksamen k Verken_Exam Practice Book_COVER_Aardrykskunde_Gr10.indd 2 2011/09/12

22

2.7 Enige twee van die volgende:

Oorbeweiding deur diere ( )

Oorbewerking van grond ( )

Ontbossing weens bevolkingsgroei ( )

Verhoogde druk op die grond deur mense ( ) (2x2) (4)

2.8 Die Sahel-­streek (1x2) (2) 2.9 Enige twee van die volgende:

Namate die land meer agteruitgaan, verloor dit die vermoë om die bevolking te onderhou. ( )

Baie van die groot groepe sal nader aan dorpe en stede moet gaan woon omdat die randgebiede woestyn word. ( )

Hulle sal moontlik hul manier van lewe en die manier waarop hulle ’n bestaan maak, moet verander. ( ) (2x2) (4)

[30]

[TOTAAL: 60

Aardrykskunde Toetse.pdf 22 7/2/2011 4:08:16 PM

Page 24: NKABV - Pearson Schoolsschools.pearson.co.za/media/73714/verken-geografie-graad-10... · NKABV L Graad10-Eksamen k Verken_Exam Practice Book_COVER_Aardrykskunde_Gr10.indd 2 2011/09/12

www.mml.co.za

Maskew Miller Longman (Edms.) Bpk.Forestrylaan, Pinelands, Kaapstad

Kantore in Johannesburg, Durban, King William’s Town, Pietersburg, Bloemfontein en

Webwerf: www.mml.co.za

© Maskew Miller Longman (Edms.) Bpk.

gereproduseer of in enige vorm of deur enige elektroniese of meganiese middel weergegee word

inligtingsbewaring.

graag van kopiereghouers indien enige regstellings of byvoegings gedoen moet word.

Eerste uitgawe 2011

Verken_Exam Practice Book_COVER_Aardrykskunde_Gr10.indd 1 2011/09/02 3:16 PM