nkabv - pearson schoolsschools.pearson.co.za/media/73713/verken-besighuidstudies-graad-10... ·...
TRANSCRIPT
NKABV
Graad 10
Hersienings-
Graad 10
Graad 10boek
Graad 10
Graad 10
Graad 10
Graad 10
Graad 10
Graad 10boek
Eksamen
Hersienings-
Hersienings-
Hersienings-
Hersienings-
Hersienings-
Hersienings-
Hersienings-
Hersienings-
Hersienings-
Hersienings-
Hersienings-
Graad 10
Graad 10
Graad 10
Graad 10
Graad 10
Hersienings-
Hersienings-
Hersienings-
Hersienings-
Hersienings-
Hersienings-
Hersienings-boekHersienings-boekHersienings-boekHersienings-
Hersienings-boekHersienings-boekHersienings-boekHersienings-
Hersienings-boekHersienings-boekHersienings-boekHersienings-
Hersienings-boekHersienings-boekHersienings-boekHersienings-boekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekHersienings-boekHersienings-boekHersienings-boekHersienings-
Hersienings-boekHersienings-boekHersienings-boekHersienings-
Hersienings-boekHersienings-boekHersienings-boekHersienings-boekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekHersienings-
Hersienings-
Hersienings-
Hersienings-
Hersienings-
Hersienings-
Hersienings-
Hersienings-
Hersienings-
Hersienings-
Hersienings-
Hersienings-
Hersienings-Eksam
en
Hersienings-
Hersienings-Eksam
en
Hersienings-Eksam
enEksam
enEksam
en
Hersienings-Eksam
en
Hersienings-
Hersienings-Eksam
en
Hersienings-Eksam
enEksam
enEksam
enEksam
enEksam
enEksam
enEksam
enEksam
enEksam
en
Hersienings-Eksam
en
Hersienings-
Hersienings-Eksam
en
Hersienings-
Hersienings-Eksam
en
Hersienings-
Hersienings-Eksam
en
Hersienings-
Hersienings-Eksam
en
Hersienings-Eksam
enEksam
enEksam
enEksam
enEksam
en
Hersienings-Eksam
en
Hersienings-
Hersienings-Eksam
en
Hersienings-
Hersienings-Eksam
en
Hersienings-Eksam
enEksam
en
Hersienings-Eksam
en
Hersienings-
Hersienings-Eksam
en
Hersienings-
Hersienings-Eksam
en
Hersienings-Eksam
en
Hersienings-
Verken_Exam Practice Book_COVER_Besigheidstduies_Gr10.indd 2 2011/09/02 3:17 PM
Graad 10 BESIGHEIDSTUDIES
TOETS EEN Punte: 60
VRAAG 1 Verskeie opsies word voorsien as moontlike antwoord op die volgende vrae. Skryf slegs die letter van die mees gepaste antwoord langs die toepaslike vraagnommer neer. 1.1 Die fisiese omgewing verwys na:
A menslike hulpbronne.
B tegnologiese hulpbronne.
C kapitaal.
D toerusting en grondstowwe. (2)
1.2 Watter sektor sal ‘n regsfirma insluit?
A tersiêre
B sekondêre
C informele
D primêre (2)
1.3 ’n Verpligte betaling deur werkgewers aan die regering. Die fondse word gebruik vir
onderrig en opleiding.
A Premie
B Rente
C Belasting
D Vaardigheidsheffing (2)
1.4 Watter van die volgende is ’n rede vir ’n sakeonderneming om internasionaal uit te brei?
A Om mededingende risiko te maksimeer
B Om die doeltreffendheid van die onderneming te verseker
C Om nuwe markte te skep
D Nie een van die bogenoemde nie (2)
Besigheidstudies Toetse 20 Junie.pdf 1 7/2/2011 4:09:04 PM
2
1.5 Wat is die hoofrol van die JSE Sekuriteitebeurs Suid-Afrika?
A Koop en verkoop aandele in sakeondernemings in Afrika
B Hou toesig oor finansiële instellings
C Skep ’n openbare mark waar aandele en skuldbriewe verhandel kan word
D Maak seker beleggers skep ekonomiese groei en werksgeleenthede (2)
1.6 Suid-Afrika se Grondwet en Handves van Regte is deel van die __________ element
van die makro-omgewing.
A internasionale
B ekonomiese
C kulturele en sosiale
D politieke en wetlike (2)
[12]
Besigheidstudies Toetse 20 Junie.pdf 2 7/2/2011 4:09:04 PM
3
VRAAG 2 Kies in elke geval die korrekte omgewing uit Kolom B wat pas by die inligting in Kolom A.
KOLOM A KOLOM B
2.1 Hierdie omgewing het die vinnigste van al die makro-omgewingsfaktore verander. A Internasionale omgewing
2.2 Swart bemagtiging verseker dat dié sektor van die gemeenskap wat voorheen benadeel is, ekonomies kan groei.
B Makro-omgewing
2.3 Die Wet op Omgewingsbewaring se fokus is om besoedeling tot die minimum te beperk en gevaarlike afval te beheer.
C Tegnologiese omgewing
2.4 Die rand versterk teenoor buitelandse valuta en daarom verminder die vraag na ons uitvoerprodukte.
D Wetlike omgewing
2.5 Die organisatoriese kultuur is deel van hierdie omgewing. E Sosiale omgewing
2.6 As ’n ontwikkelende land maak Suid-Afrika staat op ontwikkelde lande vir die invoer van tegnologie en kundige werkers.
F Institusionele omgewing
2.7 Samewerkingsooreenkomste word in hierdie omgewing gesluit om kundigheid uit te ruil, te oorleef, of meer mededingend te raak.
G Ekonomiese omgewing
2.8 Die demografiese omgewing sluit die kenmerke in van die samelewing waarin die sakeonderneming bedryf word.
H Markomgewing
2.9 Hierdie omgewing is buite die sakeonderneming geleë en bestaan uit breë omgewingsfaktore
I Mikro-omgewing
2.10 Hierdie omgewing sluit plaaslike en streeksowerhede en die sentrale regering in. J Politieke omgewing
[20]
Besigheidstudies Toetse 20 Junie.pdf 3 7/2/2011 4:09:04 PM
4
VRAAG 3 3.1 Lees die volgende makro-omgewingskwessies deur. Besluit op watter element elke
makro-omgewingskwessie ’n invloed het en motiveer jou antwoord.
a) Die rentekoers het met 1% gestyg. (4)
b) Grootmaatvolumes het in Junie met 10,9% gestyg. (4)
c) Weens klimaatsverandering sal Suid-Afrika se mielie-oes binne 15 tot 20 jaar met 20% verminder. (4)
d) Die nuwe Nasionale Kredietwet Nr. 34 van 2005 het op 1 Junie 2007 in werking getree. (4)
e) Navorsing het getoon dat baie sakeondernemings bekommerd is oor die verlies aan opgeleide personeel en vaardighede in hul ondernemings weens die uitwerking van MIV/vigs. (4)
3.2 Bedryfs- en inligtingstegnologie is deel van die tegnologiese omgewing. Verduidelik die
verskil tussen hierdie twee vorms van tegnologie. (8) [28]
[TOTAAL: 60 punte]
Besigheidstudies Toetse 20 Junie.pdf 4 7/2/2011 4:09:04 PM
5
Graad 10 BESIGHEIDSTUDIES
TOETS TWEE Punte: 80
VRAAG 1 Verskeie opsies word voorsien as moontlike antwoord op die volgende vrae. Skryf slegs die letter van die mees gepaste antwoord langs die toepaslike vraagnommer neer. 1.1 Sake-etiek sluit in:
A die borgskap van sport en kulturele aktiwiteite.
B die skenking van groot bedrae geld aan liefdadigheid.
C die beskerming van waardigheid by die werkplek.
D opleiding en vaardigheidsontwikkeling. (2)
1.2 __________-vaardighede stel ’n mens in staat om baie aktiwiteite en
verantwoordelikhede te bestuur.
A Selfbesinning
B Stresbestuur
C Selfassessering
D Konflikbestuur (2)
1.3 Professionele gedrag in ’n sakeonderneming word gemeet aan ’n persoon se:
A vermoë om sy/haar gedagtes goed in woorde uit te druk.
B vermoë om statistiese inligting te interpreteer.
C betroubaarheid en verantwoordelikheid.
D vermoë om finansiële state op te stel. (2)
1.4 Watter een is nie ’n hulpmiddel vir selfbestuur nie?
A Organiseerder
B Persoonlike rekenaar
C Fotokopieerder
D Selfoon (2)
Besigheidstudies Toetse 20 Junie.pdf 5 7/2/2011 4:09:04 PM
6
1.5 ’n Vaardigheid verwys na:
A ’n ordentlike houding en hoflikheid teenoor ander.
B ’n bevoegdheid of kundigheid wat ’n mens deur opleiding verwerf.
C om jou meerderes te eer en te respekteer.
D om op jou eie te werk. (2)
1.6 Watter sleutelaspekte moet oorweeg word wanneer ’n mens daaglikse take in die
werkplek organiseer?
A Die stel van doelwitte en die onderneming se missie
B Sakeprotokolle en gelykheidsbeginsels
C Die fisiese omgewing en etniese agtergrond van die span
D Die stel van prioriteite en tydsbestuur (2)
1.7 Watter van die volgende is ’n voorbeeld van ’n sosio-ekonomiese probleem?
A Besoedeling
B ’n Kultuur van spaar
C MIV/vigs
D Kultuur (2)
[14]
Besigheidstudies Toetse 20 Junie.pdf 6 7/2/2011 4:09:04 PM
7
VRAAG 2 Kies in elke geval die korrekte begrip uit Kolom B wat pas by die inligting in Kolom A.
KOLOM A KOLOM B
2.1 Om ’n verlangde plan of doel te bereik A Aanpasbaarheid
2.2 Die vermoë om veranderende of onbekende situasies te erken en te bestuur en positief daarop te reageer. B Selfvertroue
2.3 Om jou eie karakter, sterk punte en beperkinge te ken C Tydsbestuur
2.4 Die vermoë om in jou eie waarde vertroue te hê D Portuurassessering
2.5 Die vermoë om die gehalte van jou werk te beoordeel volgens sekere standaarde en kriteria E Stresbestuur
2.6 Wanneer jy as leerder die werk wat deur ander leerders gedoen is, beoordeel F Sukses
2.7 Wanneer jy jou gevoelens oor aspekte van jou eie prestasie, houdings en gedrag te verstaan G Konflikbestuur
2.8 Die vermoë om jou eie tyd op die gepaste manier te gebruik om take te bestuur en te voltooi. H Selfassessering
2.9 Die vermoë om baie aktiwiteite en verantwoordelikhede te bestuur. I Selfbesinning
2.10 Wanneer individue of groepe bots en nie konsensus kan bereik nie, moet die bestuur planne instel om die situasie te ontlont.
J Selfkennis
[20] VRAAG 3 Beskryf die impak wat MIV/vigs op sakeondernemings het. [8]
Besigheidstudies Toetse 20 Junie.pdf 7 7/2/2011 4:09:05 PM
8
VRAAG 4 4.1 Verduidelik die begrip “korporatiewe burgerskap”. (6) 4.2 Bestudeer die volgende voorbeelde van korporatiewe burgerskap en klassifiseer hulle
in die tabel hieronder.
a) Beleid om afval doeltreffender te bestuur
b) Befondsing van ’n skool se sokkerdag
c) Borgskap van ’n kulturele gebeurtenis
d) Opleiding van personeel
e) Nuwe veiligheidsregulasies in die fabriek
Inisiatiewe wat ’n impak op
die werkplek het Inisiatiewe wat ’n impak op
die omgewing het Inisiatiewe wat ’n impak op
die gemeenskap het
(10) [16] VRAAG 5 Verduidelik die verhouding tussen etiek en ’n gedragskode. [8] VRAAG 6 Gee die woord/term vir die volgende: 6.1 Die liggaam se reaskie op enige vereiste of druk van buite. (2) 6.2 ’n Baie moeilike en gevaarlike tyd wanneer die uitkoms van die situasie onseker is. (2) 6.3 Wanneer ’n maatskappy van sy personeel laat gaan het, maar hulle finansieel vergoed. (2) 6.4 ’n Regstellende maatreël om gelyke geleentheide en vryheid vir almal te verseker. (2) [8] VRAAG 7 Bespreek drie ooreenkomste tussen alleenhandelaars en vennootskappe. [6]
[TOTAAL: 80 punte]
Besigheidstudies Toetse 20 Junie.pdf 8 7/2/2011 4:09:05 PM
9
Graad 10 BESIGHEIDSTUDIES
TOETS DRIE Punte: 60
VRAAG 1 “Kreatiwiteit moet aangemoedig word.” 1.1 Regverdig hierdie stelling deur VIER aksies te noem wat kreatiwiteit kan aanmoedig. (8) 1.2 Verduidelik waarom kreatiwiteit so nuttig is in die sakewêreld. (8) [16] VRAAG 2 Letti is die eienaar van ’n kleinsakeonderneming in Soweto. Sy het haar onderneming begin deur eers net groente in haar agterplaas te plant en haar varsprodukte aan mense in haar eie gemeenskap te verkoop. Die vraag na haar vars groente het geleidelik toegeneem en sy moet nou soek na ’n nuwe perseel sodat haar onderneming kan uitbrei. 2.1 Letti besluit om haar onderneming te verskuif. Noem vyf faktore wat sy in gedagte moet
hou wanneer sy die nuwe ligging van haar onderneming kies en wys hoe elke faktor ’n invloed op haar besluit kan hê. (20)
2.2 Letti wil grond huur. Herinner haar aan die belangrike dinge wat sy moet onthou
wanneer sy ’n sakeperseel huur. (8) [28] VRAAG 3 Om ’n goeie verhouding tussen twee of meer partye te handhaaf, moet hulle ’n ooreenkoms aangaan. 3.1 Verduidelik waarvoor ’n formele ooreenkoms (kontrak) gebruik word. (2) 3.2 Wat behoort in so ’n ooreenkoms te staan? (6) [8] VRAAG 4 In die sakewêreld moet ’n mens dikwels aanbiedings doen. Noem vier verskillende soorte inligting wat in ’n sakeonderneming aangebied moet word. [8]
[TOTAAL: 60 punte]
Besigheidstudies Toetse 20 Junie.pdf 9 7/2/2011 4:09:05 PM
10
Graad 10 BESIGHEIDSTUDIES
TOETS VIER Punte: 90
VRAAG 1 Verskeie opsies word voorsien as moontlike antwoord op die volgende vrae. Skryf slegs die letter van die mees gepaste antwoord langs die toepaslike vraagnommer neer. 1.1 __________ beteken om jou gevoelens oor aspekte van jou eie prestasie, houdings en
gedrag te verstaan.
A Selfassessering
B Selfbesinning
C Selfvertroue
D Stresbestuur (2)
1.2 Om te delegeer beteken om:
A die verantwoordelikheid na ’n ondergeskikte oor te dra.
B die verantwoordelikheid na iemand anders in ’n hoër posisie oor te dra.
C te weier om verantwoordelikheid vir ’n bepaalde taak te aanvaar.
D die gesag om sekere take uit te voer, na ’n ondergeskikte oor te dra. (2)
1.3 Wat is die hoofdoel van spanwerk?
A Om seker te maak die gestelde doelwitte word bereik
B Om geleenthede te skep sodat alle werknemers as bestuurders opgelei kan word
C Om geleenthede vir buigsame werksure te skep
D Om seker te maak elke werknemer kry dieselfde bonus op sy of haar salaris (2)
[6] VRAAG 2 Verduidelik watter vermoëns ’n persoon moet hê om “selfbesturend” te wees. [8] VRAAG 3 Verduidelik die sleutelelement van tydsbestuur. [8]
Besigheidstudies Toetse 20 Junie.pdf 10 7/2/2011 4:09:05 PM
11
VRAAG 4 Daar word van jou as ’n werknemer verwag om in te skakel by nuwe werksomstandighede en veranderinge. 4.1 Watter selfbestuursvaardigheid het jy nodig vir hierdie situasie? (2) 4.2 Wat kan bestuurders doen om ondergeskiktes te help om by verandering aan te pas? (4) 4.3 Skryf kort aantekeninge oor “bestuur as ’n aktwiteit”. (10) 4.4 Differensieer tussen “bestuur” en “administrasie”. (2) 4.5 Verduidelik kortliks die drie stappe wat by beheer betrokke is. (6) 4.6 ’n Bestuurder versprei nie die werk tussen sy/haar ondergeskiktes nie. Aan watter
bestuursbeginsel word daar nie aandag gegee nie? Hoekom gebeur dit? (4) [28] VRAAG 5 “’n Entrepreneur begin sy/haar eie onderneming met die doel om ’n wins te maak, maar sonder selfbestuur is dit nie werklik moontlik nie.” Verduidelik wat selfbestuur beteken en waarom dit so belangrik is. [40]
[TOTAAL: 90 punte]
Besigheidstudies Toetse 20 Junie.pdf 11 7/2/2011 4:09:05 PM
12
Graad 10 BESIGHEIDSTUDIES TOETS EEN MEMO
VRAAG 1 1.1 D (2)
1.2 A (2)
1.3 D (2)
1.4 C (2)
1.5 C (2)
1.6 D (2)
[12] VRAAG 2 2.1 C (2)
2.2 J (2)
2.3 D (2)
2.4 G (2)
2.5 I (2)
2.6 A (2)
2.7 H (2)
2.8 E (2)
2.9 B (2)
2.10 F (2)
[20]
Besigheidstudies Toetse 20 Junie.pdf 12 7/2/2011 4:09:05 PM
13
VRAAG 3 3.1 a) Ekonomiese omgewing – alle ekonomiese kwessies soos rentekoerse, inflasie
en die waarde van die rand is deel van hierdie omgewing. (4)
b) Internasionale omgewing – invoer en uitvoer is deel van hierdie omgewing. (4)
c) Fisiese omgewing – die klimaat en die mielie-oes is deel van die natuurlike hulpbronne en dus deel van hierdie omgewing. (4)
d) Wetlike omgewing – hierdie omgewing behels die wette/wetgewing wat ingestel is. (4)
e) Sosiale omgewing – MIV/vigs is ’n sosio-ekonomiese kwessie. (4)
3.2 Bedryfstegnologie vervang menslike arbeid met masjinerie.
Inligtingstegnologie sluit die rekenaar in wat vir dataverwerking en die berg van inligting gebruik word. (8)
[28]
[TOTAAL: 60 punte]
Besigheidstudies Toetse 20 Junie.pdf 13 7/2/2011 4:09:05 PM
14
Graad 10 BESIGHEIDSTUDIES TOETS TWEE MEMO
VRAAG 1 1.1 C (2)
1.2 B (2)
1.3 C (2)
1.4 C (2)
1.5 B (2)
1.6 D (2)
1.7 C (2)
[14] VRAAG 2 2.1 F (2)
2.2 A (2)
2.3 J (2)
2.4 B (2)
2.5 H (2)
2.6 D (2)
2.7 I (2)
2.8 C (2)
2.9 E (2)
2.10 G (2) [20]
Besigheidstudies Toetse 20 Junie.pdf 14 7/2/2011 4:09:05 PM
15
VRAAG 3 3 Enige VIER van die volgende:
Ondernemings is bekommerd oor die verlies aan opgeleide personeel. ( )
Bestuurders sukkel om produksievlakke te handhaaf en spertye te haal. ( )
Personeel se moraal is laag, daar is spanning in die werksomgewing en baie afwesigheid weens siekte, en werknemers neem baie verlof om begrafnisse by te woon. ( )
Dit kos baie om nuwe werknemers te soek en te werf. ( )
Opleidingskoste is hoog. ( )
Die onderneming het ekstra uitgawes soos mediese sorg. ( ) [8]
VRAAG 4 4.1 ’n Sakeonderneming het ’n verantwoordelikheid om die gemeenskap op te hef,
asook teenoor die sosiale en ekonomiese ontwikkeling van die land. (6)
4.2
Inisiatiewe wat ’n impak op die werkplek het
Inisiatiewe wat ’n impak op die omgewing het
Inisiatiewe wat ’n impak op die gemeenskap het
Opleiding van personeel
Beleid om afval doeltreffender te bestuur
Befondsing van ’n skool se sokkerdag
Nuwe veiligheidsregulasies in die fabriek Borgskap van ’n kulturele
gebeurtenis
(10)
[16]
VRAAG 5 5 Etiek is morele beginsels waarvolgens ’n groep of ’n persoon optree. In die
sakewêreld beteken dit die sakeonderneming se optrede en bedrywighede moet ooreenstem met dit wat in die algemeen as reg aanvaar word. (4)
Gedragskode: ’n Gedragskode word deur ’n organisasie opgestel en is op al sy werknemers van toepassing. Dit bepaal watter gedrag aanvaarbaar is en watter nie. (4)
[8]
Besigheidstudies Toetse 20 Junie.pdf 15 7/2/2011 4:09:05 PM
16
VRAAG 6 7.1 Stres (2)
7.2 Krisis (2)
7.3 Aflegging/personeelbesnoeiing (2)
7.4 Regstellende aksie (2)
[8] VRAAG 7 7 Beperkte kapitaalbedrag nodig
Eienaar betaal belasting in sy/haar persoonlike hoedanigheid
Geen regsidentiteit Eienaar /vennoot is persoonlik by besigheid betrokke [6]
[TOTAAL: 90 punte]
Besigheidstudies Toetse 20 Junie.pdf 16 7/2/2011 4:09:05 PM
17
Graad 10 BESIGHEIDSTUDIES TOETS DRIE MEMO
VRAAG 1 1.1 Enige VIER van die volgende:
Luister na ander mense se idees. ( )
Aanvaar dat dit moontlik is om enigiets te verbeter. ( )
Hou op om negatief te wees. ( )
Meng met kreatiewe mense. ( )
Vra jouself af of dit die enigste manier is waarop dinge gedoen kan word. ( ) (8)
1.2 Kreatiwiteit help ’n mens om beter maniere te vind om kliënte te dien, en om produktiwiteit en winsgewendheid te verhoog. Kreatiwiteit is ook belangrik om probleme op te los. (8)
[16]
Besigheidstudies Toetse 20 Junie.pdf 17 7/2/2011 4:09:05 PM
18
VRAAG 2 2.1 Enige VYF van die volgende:
Grondstowwe: ( ) daar moet genoeg ruimte en vrugbare grond wees om groente te kweek. ( )
Arbeid: ( ) dis ’n klein besigheid en sal arbeidsintensief wees. Dit moet naby ’n bron van arbeid wees. ( )
Teikenmark: ( ) die sakeonderneming moet na aan die verbruikers geleë wees. ( )
Vervoer: ( ) die perseel moet toegang hê tot vervoer vir die werkers en die produkte. ( )
Munisipale regulasies: ( ) Letti het ’n lisensie nodig om varspodukte in ’n dorpsgebied te plant. ( )
Infrastruktuur: ( ) beskikbaarheid van elektrisiteit en ’n telekommunikasienetwerk is belangrik. ( )
Watervoorraad: ( ) hierdie onderneming het baie water nodig. ( )
Klimaat: ( ) spesifieke groente vereis ’n spesifieke soort klimaat. ( )
Omgewingsfaktore: ( ) die onderneming moenie die omgewing beskadig nie. ( ) (20)
2.2 Die maandelikse paaiemente moet betaal word en daar moet daarvoor begroot word. Die jaarlikse stygings in die huur word in die kontrak aangedui en daar moet voorsiening gemaak word om hierdie bykomende betaling te maak. (8)
[28]
VRAAG 3 3.1 ’n Formele ooreenkoms (kontrak) dien as ’n verwysingspunt wanneer daar ’n
geskil/dispuut ontstaan. (2)
3.2 Enige DRIE van die volgende:
Datum van voltooiing ( )
Totale prys ( )
Tydperk waarvoor die kwotasie geldig is ( )
Die tempo waarteen koste met verloop van tyd styg (eskalering) ( )
Versteekte koste ( ) (6)
[8]
Besigheidstudies Toetse 20 Junie.pdf 18 7/2/2011 4:09:05 PM
19
VRAAG 4 4 Enige VIER van die volgende:
Vorderingsverslae ( )
Voorstelle ( )
Kontrakte ( )
Inligting uit opnames en marknavorsing ( )
Uitgawes ( )
Klante se klagtes ( )
Planne vir uitbreidings of veranderings ( )
Verkoopsinligting, bywerkings en ontledings ( ) [8]
[TOTAAL: 60 punte]
Besigheidstudies Toetse 20 Junie.pdf 19 7/2/2011 4:09:05 PM
20
Graad 10 BESIGHEIDSTUDIES TOETS VIER MEMO
VRAAG 1 1.1 B (2)
1.2 D (2)
1.3 A (2)
[6] VRAAG 2 2 Selfbestuur is die vermoë om:
Beheer van jou lewe en veral van jou loopbaan te neem.
Jouself aan werkgewers te bemark.
’n Netwerk van kontakte op te bou.
Om allerlei veranderings in jou sakelewe doeltreffend te hanteer. [8]
VRAAG 3 3 Organiseer jou tyd deur jou werk elke week te beplan.
Jy kan ook ’n lys maak van die werk wat jy moet doen met die spertye en die tyd wat dit sal neem.
Ken jou tyd dienooreenkomstig toe.
Onthou om jou persoonlike styl en voorkeure in berekening te bring. [8]
Besigheidstudies Toetse 20 Junie.pdf 20 7/2/2011 4:09:05 PM
21
VRAAG 4 4.1 Aanpasbaarheid (2)
4.2 Opleiding
Goeie kommunikasie (4)
4.3 As ’n aktiwiteit, bestuursplanne, organiseer, lei en beheer die werk van almal wat by die funksionering van die sakeonderneming betrokke is. (10)
4.4 Administrasie is ’n deel van bestuur ( ) OF Administrasie kom eerste en bestuur volg daarop. ( ) (2)
4.5 Stel realistiese standaarde.
Meet die prestasie van werknemers.
As daar enige afwykings is, moet dit reggestel word. (6)
4.6 Delegering
Die bestuurder vertrou nie die ondergeskikte se vaardighede nie. (4) [28]
Besigheidstudies Toetse 20 Junie.pdf 21 7/2/2011 4:09:05 PM
22
VRAAG 5 INLEIDING Enige geskikte inleiding wat die leerder gee. Iets soos die definisie – die betekenis van sukses is om ’n plan uit te voer of ’n doel te bereik. (2)
WAT IS SELFBESTUUR? Selfbestuur is die vermoë om die gehalte van jou werk te boordeel aan die hand van sekere standaarde en uit daardie ervaring te leer. Dis die vermoë om jou sterk punte en swakhede te herken. Selfbestuur is belangrik in jou ontwikkeling as ’n lewenslange leerder en in jou professionele lewe. (5) Selfbesinning beteken om jou gevoelens oor aspekte van jou eie prestasie, houdings en gedrag te verstaan. Dit verhoog jou motivering om te leer, en moedig selfverwesenliking aan omdat jy meer bewus is van jouself. Dit verbeter ook professionele vaardighede soos die bestuur van verandering. (5) Selfvertroue is die vermoë om jou eie waarde, sterk punte en talente te vertrou. Daarom moet jy op jou selfkennis staatmaak. Dit help jou om ’n volledige bydrae tot jou persoonlike lewe sowel as jou professionele lewe te maak en verbeter jou verhoudings met die mense om jou. (5) Aanpasbaarheid is die vermoë om veranderende of onbekende situasies te herken, te bestuur en positief daarop te reageer. Dis noodsaaklik vir ’n skoolverlater om aanpasbaar te wees in die moderne arbeidsmark. As jy dikwels van werk verander, sal jy jou vaardighede en hulpbronne moet aanpas by die nuwe take en situasies. (5) Organisasie is die vermoë om planne te maak en deur te voer om doelwitte te bereik. As jy georganiseerd is, beteken dit dat jy skriftelik rekord hou van alles wat gedoen moet word (lyste opstel), en hoe en wanneer dit gedoen moet word. Dit help jou om te prioritiseer. Dis baie bevredigend en bemoedigend. (5) Tydsbestuur is die vermoë om jou eie tyd op die gepaste manier te gebruik om take te bestuur en te voltooi. Dis belangrik dat jy jou tyd só bestuur dat jy jou akademiese, persoonlike en sosiale aktiwiteite kan inpas en spertye kan haal. (5)
WAAROM IS SELFBESTUUR SO BELANGRIK? Dit help jou om sukses in die sakeomgewing te behaal. As jy jouself bestuur, is die kanse beter dat jy by jou bestuurders en kollegas sal inpas. Mense met selfbestuursvaardighede pas makliker by nuwe tegnologie en by veranderinge in die struktuur en omgewing aan. (6)
SAMEVATTING Enige geskikte samevatting wat die leerder gee wat sin maak en met die onderwerp verband hou. (2) [40]
[TOTAAL: 90 punte]
Besigheidstudies Toetse 20 Junie.pdf 22 7/2/2011 4:09:05 PM
www.mml.co.za
Maskew Miller Longman (Edms.) Bpk.Forestrylaan, Pinelands, Kaapstad
Kantore in Johannesburg, Durban, King William’s Town, Pietersburg, Bloemfontein en
Webwerf: www.mml.co.za
© Maskew Miller Longman (Edms.) Bpk.
gereproduseer of in enige vorm of deur enige elektroniese of meganiese middel weergegee word
inligtingsbewaring.
graag van kopiereghouers indien enige regstellings of byvoegings gedoen moet word.
Eerste uitgawe 2011
Verken_Exam Practice Book_COVER_Besigheidstduies_Gr10.indd 1 2011/09/02 3:16 PM