volg2 - 20 november

18
Volg 2 Jou volgende treë

Upload: ags-lofoord-upington

Post on 08-Feb-2017

59 views

Category:

Spiritual


3 download

TRANSCRIPT

Page 1: Volg2 - 20 November

Volg 2

Jou volgende treë

Page 2: Volg2 - 20 November

Ons almal volg iets of iemand...Alle mense word genooi om Jesus te volgJesus sê sluit by my aan(net soos jy is) en jy sal verander – gee net die eerste treë...

Page 3: Volg2 - 20 November

2 maniere om by volg uit te kom: Matteus 4:18 -22

18Eendag toe Jesus langs die See van Galilea loop, sien Hy twee broers: Simon, wat ook Petrus genoem word, en sy broer Andreas. Hulle was besig om 'n werpnet in die see uit te gooi, want hulle was vissers van beroep. 19Hy sê toe vir hulle: “Kom hier! Kom saam met My, en Ek sal julle vissers van mense maak.”

Page 4: Volg2 - 20 November

2 maniere om by volg uit te kom: Matteus 4:18 -22

20Hulle het dadelik die nette gelos en Hom gevolg. 21Toe Hy daarvandaan verder gaan, sien Hy twee ander broers: Jakobus 'n seun van Sebedeus, en sy broer Johannes. Hulle was in 'n skuit saam met hulle pa besig om hulle nette reg te maak. Jesus het hulle geroep, 22en hulle het dadelik die skuit en hulle pa verlaat en vir Jesus gevolg.

Page 5: Volg2 - 20 November

“ Volg My” sonder verduidelikings of VraeLord of all or not lord at all / moenie vrae vra nie, glo net – bietjie onrealistiese prentjieVir hulle wat die tradisie rondom dissipelskap en volg verstaan het..

2 maniere om by volg uit te kom:

Page 6: Volg2 - 20 November

2 maniere om by volg uit te kom: Lukas 5:1-11

1Op 'n dag toe Jesus langs die Gennesaretmeer staan en die skare vorentoe beur om die woord van God te hoor, 2sien Hy twee skuite aan die kant van die meer lê. Die vissers het uitgeklim en was besig om die nette uit te spoel. 3Jesus klim toe in een van die skuite, die een wat aan Simon behoort, en vra hom om dit 'n entjie van die oewer af weg te stoot. Nadat Hy gaan sit het, het Hy die skare van die skuit af geleer.

Page 7: Volg2 - 20 November

2 maniere om by volg uit te kom: Lukas 5:1-11

4Toe Hy klaar gepraat het, sê Hy vir Simon: “Vaar uit na die diep water toe en gooi julle nette uit om te vang.” 5 “Meneer,” antwoord Simon, “ons het die hele nag deur geswoeg sonder om iets te vang, maar op u woord sal ek die nette uitgooi.”

Page 8: Volg2 - 20 November

2 maniere om by volg uit te kom: Lukas 5:1-11

6En toe hulle dit doen, het hulle so 'n groot klomp vis gevang dat hulle nette wou skeur. 7Hulle wink toe vir hulle maats in die ander skuit om te kom help. Hulle het gekom en albei die skuite so vol gemaak dat hulle amper gesink het. 8Toe Simon Petrus dit sien, val hy voor Jesus se knieë neer en sê: “Gaan weg van my af, Here, want ek is 'n sondige mens.”

Page 9: Volg2 - 20 November

2 maniere om by volg uit te kom: Lukas 5:1-11

9Hy en almal wat saam met hom was, was stom verbaas oor die groot klomp vis wat hulle gevang het. 10Jakobus en Johannes, die seuns van Sebedeus wat saam met Simon gewerk het, was net so verbaas. Toe sê Jesus vir Simon: “Moenie bang wees nie. Van nou af sal jy mense vang.”

Page 10: Volg2 - 20 November

2 maniere om by volg uit te kom: Lukas 5:1-11

11En nadat hulle die skuite op die strand getrek het, het hulle alles net so laat lê en sy volgelinge geword.

Page 11: Volg2 - 20 November

Vir die wat nog in die proses is om by glo en volg uit te komLuk.5 – Jesus preek by die see van Galilea -volg begin met informasie / om te luister. Geloof kom deur die gehoor en word op inhoud gebou

2 maniere om by volg uit te kom:

Page 12: Volg2 - 20 November

Toe Hy klaar gepraat het vra Hy petrus om nette uit te gooi in die diep water (ongemaklike fase)...en net omdat Hy vir Hom as leermeester respek het doen hy dit. (baie het hierna gebeur oor hierdie enkele besluit van Petrus)

2 maniere om by volg uit te kom:

Page 13: Volg2 - 20 November

Na die baie vis val hy voor Jesus neer en noem Hom Here (totale oorgawe)Hulle moes deur ‘n paar fases van volg gaan om by die fase van alles los te kon uitkomJesus vra ons om net die eerste treë te gee – na ‘n ruk sal jy jouself nie herken nie

2 maniere om by volg uit te kom:

Page 14: Volg2 - 20 November

Die Luisterfase - Om Jesus te kan volg moet daar informasie/inhoud wees. Miskien het jy nog inligting nodig/ Wil jy nog vrae vra?

4 Fases van volg...

Page 15: Volg2 - 20 November

Die ongemaklike fase – waar Jesus iets van jou gaan vra wat dalk nie dadelik sin maak nie. Waar jy ook nog vrae kan vra.

4 Fases van volg...

Page 16: Volg2 - 20 November

Die saam met Jesus visvangfase – waar jy dalk goed anders gaan moet begin doen. Dalk jou verhoudings,tyd, geld of werk. Veranderinge is nodig en jy weet nie wat die moontlikhede is as jy hierdie veranderinge gaan maak nie...

4 Fases van volg...

Page 17: Volg2 - 20 November

Die fase waarin jy alles vir Hom gee – jy het genoeg jou kop gestamp en wil elke aspek van jou lewe vir hom gee.

4 Fases van volg...

Page 18: Volg2 - 20 November

Het jy al agtergekom dat jy bedoel is om deel te wees van dit wat Hy

doen (sy koninkryk)? Is jy bereid om die volgende stap

te neem? Wat is jou volgende treë in die volgproses ?