vk voorbeeld vir issuu

4
Die doel van hierdie kursus is: om informasie oor gebed aan die leser te verskaf, om inspirasie op te wek vir die voorreg van gebed, om transformasie te fasiliteer in die leser se gebedslewe. Daarvoor is ons 100% afhanklik van die Heilige Gees. Skryf in op Padlangs Oorden- kings of kyk na ons kursusse, programme en ander inhoud by: www.jimileroux.com © 2015 Jimi le Roux Kopiereg voorbehou – geen duplisering of verspreiding sonder toestemming nie. die veelkleurige van gebed deur Jimi le Roux Vergeet maar eers wat jy van gebed af weet. Ons het stereotipes oor gebed: ons tipiese bidure, stiltetye en aanbiddingstye... dis mos soos gebed eintlik moet lyk? Soms het ons vrese oor gebed: omdat ek voor ander moet bid – en ek nie weet of ek so mooi kan bid soos hulle nie... Dikwels beleef ons mislukking oor gebed: omdat ek nie by gereelde stiltetye uitkom nie, omdat my gebedslewe lusteloos is, omdat my gebede teen die plafon vasslaan. Klink dit bekend? Hierdie kursus is vir jou! Gebed is nie ’n las nie, nie ’n kompetisie nie en nie ‘n werk nie. Jou gebedslewe is nie iets wat jy hoef te “slaag” nie. Jou gebeds- lewe is so uniek soos wat jy is – jy mag jouself nie met iemand anders vergelyk nie! Gebed gebeur nie net op een manier nie een vorm van stiltetyd-hou of ‘n tipiese manier van praat nie. O nee, gebed is ‘n veelkleurige kleed, ‘n veelvoud van verhouding – soos kommunikasie mos altyd is. Hierdie kursus wil jou vrymaak wat gebed betref – jou hoop gee en jou in die ruimtes inlei. Dit wil jou leer dat dit ALTYD ‘n vreugde is om met God – ons Liefdevolle Vader – te praat! Voorblad en Inhoud

Upload: jimi-le-roux

Post on 06-Apr-2016

252 views

Category:

Documents


11 download

DESCRIPTION

'n Voorbeeld van ons kursus oor gebed, VEELKLEURIGE KLEED.

TRANSCRIPT

Page 1: Vk voorbeeld vir issuu

Die doel van hierdie kursus is:

• om informasie oor gebed aan die leser te verskaf,

• om inspirasie op te wek vir die voorreg van gebed,

• om transformasie te fasiliteer in die leser se gebedslewe.

Daarvoor is ons 100% afhanklik van die Heilige Gees.

Skryf in op Padlangs Oorden-kings of kyk na ons kursusse, programme en ander inhoud by: www.jimileroux.com

© 2015 Jimi le Roux Kopiereg voorbehou – geen duplisering of verspreiding sonder toestemming nie.

die veelkleurige

van gebed deur Jimi le Roux

Vergeet maar eers wat jy van gebed af weet. Ons het stereotipes oor gebed: ons tipiese bidure, stiltetye en aanbiddingstye... dis mos soos gebed eintlik moet lyk? Soms het ons vrese oor gebed: omdat ek voor ander moet bid – en ek nie weet of ek so mooi kan bid soos hulle nie... Dikwels beleef ons mislukking oor gebed: omdat ek nie by gereelde stiltetye uitkom nie, omdat my gebedslewe lusteloos is, omdat my gebede teen die plafon vasslaan. Klink dit bekend? Hierdie kursus is vir jou! Gebed is nie ’n las nie, nie ’n kompetisie nie en nie ‘n werk nie. Jou gebedslewe is nie iets wat jy hoef te “slaag” nie. Jou gebeds-lewe is so uniek soos wat jy is – jy mag jouself nie met iemand anders vergelyk nie! Gebed gebeur nie net op een manier nie –een vorm van stiltetyd-hou of ‘n tipiese manier van praat nie. O nee, gebed is ‘n veelkleurige kleed, ‘n veelvoud van verhouding – soos kommunikasie mos altyd is. Hierdie kursus wil jou vrymaak wat gebed betref – jou hoop gee en jou in die ruimtes inlei. Dit wil jou leer dat dit ALTYD ‘n vreugde is om met God – ons Liefdevolle Vader – te praat!

Voorblad en Inhoud

Page 2: Vk voorbeeld vir issuu

Wat behels hierdie kursus? � Wat behels dit nie? Ons gaan jou nie uitdaag tot groter dissipline wat ‘n sekere vorm van gebed betref nie. Ons gaan byvoorbeeld nie tips & trieks verskaf hoe om seker te maak jy staan vyfuur soggens op vir jou gebedstyd nie – soos om jou wekker op die klerekas te sit nie! Gebed is nie net om vyfuur soggens te bid nie – dis veel meer... Ons gaan jou nie skuldig laat voel oor jou gebedslewe nie. Jou spesifieke gebedslewe maak jou nie ’n swakker of beter Christen nie. Dit maak jou geestelike lewe bloot uniek. ‘n Sekere vorm van gebed – bv. vyfuur soggens - “verdien” nie by God ekstra krediete, genade of liefde nie. Hy is reeds die Liefdevolle Vader. Ons gaan jou nie wenke gee hoe om jou gebed te laat “werk” nie – m.a.w. hoe om te bid dat God gee wat jy vra! Daar is nie eintlik sulke formules en metodes nie: om jou geloof uit te spreek, die uitkoms te visualiseer, volhardend, eendragtig of “in Jesus Naam” te bid is goed, maar waarborg nie een ’n spesifieke uitkoms nie.

� Wat behels dit? Ons seleksie van gebedstemas gaan aan jou genade bied vir wie jy is – vir wat jy kan doen en nie kan doen nie. In pleks van swaar laste op jou lê wil ons jou eerder jouself laat wees. In plaas van skuldgevoelens wil ons jou eerder inspireer en uitnooi tot verhouding-met-God. In pleks van veroordeling sê ons jy doen reeds goed wat jou gebedslewe betref, ja werklik! Ons groei egter lewenslank geestelik en hierdie kursus kan vir jou nog moontlikhede van gebed oopvou – iets wat mooi by jou pas. Die Skrif skryf immers, behalwe die Ons Vader (wat ons so selde bid), nêrens ‘n enkele gebedsvorm voor nie! Waarom sal ons dit aan mekaar doen? Ons gebed “doen” niks vir God nie – Hy ken reeds jou hele hart en lewe en weet reeds vooraf wat jy gaan vra. Gebed doen egter alles vir ons! Dit bring rykdom en diepte in ons lewe en verskaf ondersteuning, insig, vreugde, vrede – en daadwerklike verandering! Gebed is so ’n voorreg.

A. INLEIDING 1. Wat is gebed? 2. Wat is gebed nie? 3. Die veelkleurige kleed 4. Gebed deur die eeue 5. Gebedshoudings B. WIE IS EK? 6. Tipes mense en tipes gebed 7. Persoonlike toepassing 8. Passievolle, gesamentlike gebed 9. Doelgerigte, gelowige gebed 10. Standhoudende, gedissiplineerde gebed 11. Emosionele, digterlike gebed C. EVANGELIESE GEBED

12. Danksegging en lofprysing 13. Belydenis en vergiffenis 14. Petisie: gebed en smeking 15. Voorbidding as intrede 16. Aanbidding in sy vorme 17. Persoonlike gebedsbediening 18. Die groot gebedsbeweging 19. Geestelike oorlogvoering 20. Vas en bid 21. Die Uur van Gebed 22. Die gebedsjoernaal 23. Persoonlike stiltetyd

Inhoudsopgawe

© 2015 Jimi Le Roux | Kopiereg voorbehou | www.jimileroux.com

D. LITURGIESE GEBED 24. Tradisionele gebedstye 25. Gebedeboeke en liturgieë 26. Ou Testamentiese gebed 27. Nuwe Testamentiese gebed 28. Die Ons Vader 29. Seënbedes 30. Gebedsmusiek en chants E. KONTEMPLATIEWE GEBED 31. Die kontemplatiewe benadering 32. Kontemplatiewe wandel 33. Kontemplatiewe eet 34. Ikonografie 35. Die gebed van stilte 36. Die examen van Ignatius 37. Lectio Divina 38. Simbole in gebed 39. Rituele in gebed F. SLOT 40. Die drie kleure van gebed 41. Jesus se gebedslewe 42. Bybelse voorskrifte oor gebed 43. Vlees en Gees in gebed 44. ‘n Persoonlike regula 45. Gevolgtrekkings

Mag elkeen van hierdie hoofstukke jou intrek en fassineer, jou vrymaak en vreugde bring, jou inspireer om te WIL bid en vir jou vensters oopmaak, lig werp op HOE jy kan bid.

Page 3: Vk voorbeeld vir issuu

Sukkel jy met gebed? Is dit vir jou moeilik? Daar is nie net een manier van bid nie! Leer ken gebed as ‘n veelkleurige kleed – as die vele maniere waarop ons met God mag kommuni-keer! Wees jouself en leer ken die voorreg, vreugde en vryheid van gebed!

Skryf in op Padlangs Oordenkings of kyk na ons kursusse, program-me en ander inhoud by: www.jimileroux.com

© 2015 Jimi le Roux Kopiereg voorbehou – geen duplisering of verspreiding sonder toestemming nie.

die veelkleurige

van gebed deur Jimi le Roux

VK#1 Bladsy 1

Kom ons vergeet net eers van gebed as die woorde wat ons sê as ons ons oë sluit om met God te praat. Gebed is veel meer as woorde. Gebed gebeur reeds in die hart se behoefte na Hom1, in die verlange na ’n Vader, in die soeke na die waters-waar-rus-is2, in die drang om terug te keer na die Bron. Ken jy dit? Dan is daar reeds gebed in jou hart. Gebed is om na God te draai. Gebed gebeur die oomblik as die geraas, gemaal en gejaag te veel word en jou hart verlang om net alleen by Hom te wees. Dit gebeur as jy in geselskap is, of in ’n vergadering en jy wens alles kon net soveel meer God se wil reflekteer. Dit gebeur as jy sien hoe die wêreld van Hom wegdwaal en jy na die vestiging van die koninkryk van God verlang3. Dit gebeur as jy nuus ontvang wat maak dat jy die deur agter jou toestoot en net vir die Here sê: Help my... Gebed gebeur oral waar ‘n hart na God toe keer, waar gedagtes op Hom fokus, waar ’n begeerte na Hom is4.

VK#1 – Wat is Gebed?

Woorde is net die uitdrukking van dáárdie begeerte. Om jou oë te sluit, te kniel, ‘n kers aan te steek, ’n talit oor jou kop te trek, om aanbiddingsmusiek te speel om Hom te beleef, om in die diens jou hande op te hef – of net jou hart alleen – is alles net maniere om uitdrukking te gee aan dáárdie begeerte. Om in ’n vergadering op te staan en te sê: Nee, so ’n besluit sal verkeerd wees, om die koninkryk te laat kom deur ’n glimlag, ’n bemoedigende woord, ’n drukkie op die skouer, ’n dankie – of deur ’n petisie te teken of in die strate te gaan betoog is alles net maniere om uitdrukking te gee aan dáárdie begeerte. Gebed is veral ’n hele lewe wat op God gerig is, ’n lewe wat na Hom hunker, ’n lewe wat honger en dors na sy geregtigheid5. Beleef jy iets daarvan? Dan bid jou gees reeds tot God. Uiteindelik is gebed die werk van God, nie van ’n mens nie – sy Gees is die Een wat hierdie dinge in ons werk, wat ons hart na Hom toe draai, wat ons transformeer tot ’n nuwe mens-wat-God-se-wil-soek6, wat in ons kom bid en roep: Abba, Vader!7 Hy roep in ons tot God met “onuitspreeklike sugtinge” en

tree vir ons in ooreenkomstig die wil van God8. Gebed is God wat met God kommunikeer deur my – en ék is die instrument wat daardeur geseën en totaal en al verander word.

Wat ’n voorreg!

Page 4: Vk voorbeeld vir issuu

Wat is gebed ook?

� Gebed is toetrede – gebed is wanneer ek God werklik opsoek: wanneer ek die kantoordeur toetrek, of die deur van my “binnekamer”9 (of die deur van die binnekamer van my hart), wanneer ek vroeër uit die warm bed glip, wanneer ek etenstyd uitstap om alleen te wees – sodat ek met Hom kan verkeer. Dit is dáárwees. Dan is ek in gebed. � Gebed is teenwoordigheid – gebed is om God te beleef: op my knieë, in die kerk, voor die Woord, in ’n spesifieke situasie, in ’n leë straat, in iemand se gesig. Gebed is die sakramentele oomblik van Ontmoeting, die wete dat God en mens nou saamgekom het, van die teenwoordigheid van die Heilige. Gebed is om aan sy voete te sit. � Gebed is formulering – gebed is woorde: woorde van belydenis, hartseer en berou, van woede en frustrasie, van pleidooi en smeking; dit is woorde van geloof en vertroue, van lof en dank en aanbidding. Gebed formuleer my gevoelens, my gedagtes en my wil. Gebed vertel dit vir die Groot Berader, die Luisteraar, die Een-Wat-Verstaan. � Gebed is stilte – in die gesprek is die praat en die luister ewe belangrik. Deel van gebed is dus die stil wees en die luister, die neig-my-oor-om-te-hoor, die verstaan maar ook die tevrede nie-verstaan, stil-aanvaarding, vaste vertroue, rus-in-Hom. Gebed is ook net die stil daarwees, die woordelose verwondering. Dán is ek eweneens in gebed. � Gebed is belydenis – as ek bid bely ek dat ek glo dat daar ‘n God is, anders sou dit absurd wees. Gebed is radikale praat-in-die-niet-in in die geloof dat daar Iets is, Iemand-wat-hoor10. Deur te bid bely ek dat gebed belangrik is, dat dit ’n verskil sal maak. En wat ek alles bid bely wat ek alles glo – oor God, oor myself, oor die lewe.

� Gebed is verhouding – ‘n verhouding bestaan net uit die kommunikasie tussen twee persone: geen kommu-nikasie, geen verhouding! Hoe anders kan ’n verhouding in stand gehou word as deur kommunikasie? Gebed is dit wat tussen jou en God plaasvind – gebed bepaal, beskryf en bou jou verhouding met God. � Gebed is geheimenis – ten slotte is gebed ’n misterie. Hoekom bid ek? Is dit omdat omdat ek moet, omdat ek wil, omdat ek nie anders kan nie? “Werk” gebed? Oënskynlik, want feitlik alle mense bid. Hóé werk gebed? Ons weet nie! Ons vertrou eenvoudig dat die Vader ons harte hoor en daarop reageer – en ons beleef dat Hy doen! Gebed is nie ’n saak van die verstand nie, maar ’n saak van die hart. Die doel is nie om gebed beter te verstaan nie, maar om gebed beter te doen. Hoe leer ons meer oor gebed? Nie in ’n boek of kursus nie – ons leer meer oor gebed deur meer te bid. Die doel van hierdie kursus is om ons dáártoe te inspireer: om te bid – en om ons in die vryheid van gebed, nie gebondenheid nie, in te lei.

VK#1 Bladsy 2

Bybelstudie 1. Ps. 42:1-3 2. Ps. 23:2 Ou Vert 3. Mat 6:10 4. Ps. 34:16 Ou Vert 5. Mat 6:33 6. Eseg 36:27 7. Rom 8:15 8. Rom 8:26-27 9. Mat 6:6 Ou Vert 10. Heb. 11:6

© 2015 Jimi Le Roux | Kopiereg voorbehou |www.jimileroux.com