universiteit van die vrystaat departement ...learning.ufs.ac.za/rpk214_off/resources/1....

48
1 Afrikaanse studiegids RPK 412 (2011). UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT DEPARTEMENT PROSES- EN BEWYSREG Regspraktyk – RPK 412 Dosent: Adv. I.J. Bezuidenhout Kantoor: UV Regskliniek Kontakbesonderhede: 051 4485940 of e-pos: [email protected] Konsultasie ure vir student: PER AFSPRAAK TOETSE- WERKSOPDRAGTE- EKSAMENS EN PREDIKATE Kampusstudente: Twee toetse sal gedurende die semester afgelê word op die tye en in die lokale soos op die toetsrooster afgekondig.Hierdie toetse moet afgelê word deur studente wat vrygestel is van praktiese regsopleiding/samelewingsdiens. Studente wat praktiese regsopleiding/gemeenskapsdiens verrig, sal slegs die TWEEDE toets aflê. Laasgenoemde studente sal deurlopend assesseer word op hul praktiese/gemeenskapsdienswerk. Hul semesterpunt sal opgemaak wees deur die gemiddeld verwerf vir die praktiese werk/een toets. n Finale eksamen sal afgelê word in Junie/Julie afhangende van u keuse in die verband. Let daarop dat u ‘n toets/eksamenvraestel met u dosent kan bepreek binne 5 dae nadat die uitslag bekend gemaak is. Sodanige bespreking moet asseblief plaasvind by die kantoor van die dosent PER AFSPRAAK. Enige navrae in verband met toets/eksamenskrifte na hierdie vyf dae periode, moet via die Fakulteitskomitee gerig word.Toetsantwoordstelle sal by die eerste geleentheid na die toets gedurende lesings uitgedeel word. Onafgehaalde toetsantwoordstelle sal hierna aan die Departement se studente assistent voorsien word waar u dit kan afhaal. Die dosent sal op hierdie stadium geen verdere verantwoordelikheid daarvoor aanvaar nie.

Upload: others

Post on 31-Mar-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT DEPARTEMENT ...learning.ufs.ac.za/RPK214_OFF/Resources/1. Resources...5 Die derde assesseringsgeleentheid kan of skriftelik of mondeling afgeneem word,

1

Afrikaanse studiegids RPK 412 (2011).

UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT

DEPARTEMENT PROSES- EN BEWYSREG

Regspraktyk – RPK 412

Dosent: Adv. I.J. Bezuidenhout Kantoor: UV Regskliniek Kontakbesonderhede: 051 4485940 of e-pos: bezuidenh [email protected] Konsultasie ure vir student: PER AFSPRAAK

TOETSE- WERKSOPDRAGTE- EKSAMENS EN PREDIKATE

Kampusstudente: Twee toetse sal gedurende die semester afgelê word op die tye en in die lokale soos op die toetsrooster afgekondig.Hierdie toetse moet afgelê word deur studente wat vrygestel is van praktiese regsopleiding/samelewingsdiens. Studente wat praktiese regsopleiding/gemeenskapsdiens verrig, sal slegs die TWEEDE toets aflê. Laasgenoemde studente sal deurlopend assesseer word op hul praktiese/gemeenskapsdienswerk. Hul semesterpunt sal opgemaak wees deur die gemiddeld verwerf vir die praktiese werk/een toets. ‘n Finale eksamen sal afgelê word in Junie/Julie afhangende van u keuse in die verband. Let daarop dat u ‘n toets/eksamenvraestel met u dosent kan bepreek binne 5 dae nadat die uitslag bekend gemaak is. Sodanige bespreking moet asseblief plaasvind by die kantoor van die dosent PER AFSPRAAK. Enige navrae in verband met toets/eksamenskrifte na hierdie vyf dae periode, moet via die Fakulteitskomitee gerig word.Toetsantwoordstelle sal by die eerste geleentheid na die toets gedurende lesings uitgedeel word. Onafgehaalde toetsantwoordstelle sal hierna aan die Departement se studente assistent voorsien word waar u dit kan afhaal. Die dosent sal op hierdie stadium geen verdere verantwoordelikheid daarvoor aanvaar nie.

Page 2: UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT DEPARTEMENT ...learning.ufs.ac.za/RPK214_OFF/Resources/1. Resources...5 Die derde assesseringsgeleentheid kan of skriftelik of mondeling afgeneem word,

2

Af-kampus studente: Net soos bogenoemde behalwe dat van u verwag word om (2) twee werksopdragte te voltooi en wel as volg: Werksopdrag: 1 Skryf ‘n opstel van ‘n maksimum 1000 en minimum 500 woorde waarin u die hooftrekke van goeie en effektiewe praktyksbestuur bespreek. Punte sal toegeken word vir goeie skryfwerk insluitend bronverwysings soos in terme van die TRW styl. Werksopdrag: 2. U moet ‘n kosterekening vir taksasie opstel in terme van die Landdroshoftariewe in ‘n saak waarin u opgetree het namens die verweerder wie gedagvaar was vir R65 000.00, welke eis deur die hof van die hand gewys is met koste. U klienteleêr toon dat u die volgende gedoen het en het die volgende gebeur. • U het instruksies geneem om die saak te verdedig (60 min) • U het ‘n kennisgewing van voorneme om te verdedig opgestel (1bladsy) • U het dit laat beteken en liaseer op die eiser se prokureur • U het ‘n versoek om nadere besonderhede opgestel (4 bladsye) • U het nadere besonderhede ontvang (3 bladsye) • U het met u kliënt konsulteer (60 min) • U het ‘n verweerskrif opgestel (3 bladsye) • U het n kennisgewing om bloot te lê van die teenkant ontvang (1 bladsy) • U het ‘n kennisgewing om bloot te lê opgestel, en laat beteken op die

teenkant • U het ‘n blootstellingsverklaring opgestel (6 bladsye), beteken en liaseer. • U het die teenkant se blootleggingsverklaring ontvang (7 bladsye) • U het ‘n brief geskryf vir u kliënt om u te kom sien • U het met hom en ‘n getuie konsulteer vir n uur • U het voorberei vir die verhoor • U het self in die hof verskyn en die saak het 3 en ‘n half uur geneem. U predikate sal opgemaak word deur die gemiddeld wat u gekry het vir die twee werksopdragte. Maak seker by e-leer van die datums waarop dit ingedien moet wees.

Page 3: UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT DEPARTEMENT ...learning.ufs.ac.za/RPK214_OFF/Resources/1. Resources...5 Die derde assesseringsgeleentheid kan of skriftelik of mondeling afgeneem word,

3

STUDIEGIDS EN LESINGS

Die Fakulteit Regsgeleerdheid het ‘n beleid van verpligte klasbywoning. ‘n Student moet in alle regsmodules 75% klasbywoning behaal. Alternatiewelik, indien die 75% bywoning nie behaal is nie, moet sodanige student ‘n semesterpunt van 60% per module verwerf om eksamentoelating te kry. Indien ‘n student 100% klasbywoning in ‘n regsmodule of regsmodules behaal, sal 5% by sy/ haar semesterpunt in die betrokke module(s) gevoeg word. Vir ‘n volledige verduideliking van die beleid, kyk asb in die voorgraadse jaarboek (p. 19 – 21).

BELANGRIKE FAKULTEITS- EN UNIVERSITEITSREëLS EN REG ULASIES

Fassilitering van leer:

Deur leerfassilitering as uitgangspunt te gebruik, moet studente van die volgende kennis neem:

� ‘n Groot deel van die studies sal deur die leerder op sy/haar eie tyd gedoen

moet word, alhoewel die dosent beskikbaar sal wees vir hulp indien nodig. � Gedurende die lesing, sal die dosent gedeeltes van die werk uitlig en

voorskryf wat deur die leerder tuis voorberei moet word vir die volgende lesing. Die dosent verwag van leerders om hierdie werk op sy eie deur te gaan en onder die knie te hê vir die volgende lesing.

� neem kennis dat die dosent sal aanneem dat die leerder reeds bekend is met die voorgeskrewe deel van die werk wanneer die leerder klas toe kom. Derhalwe sal die klasaanbieding gestruktureer word aan die hand van die kennis wat die leerder reeds tot sy beskikking behoort te hê.

� Die dosent verwag ook van studente om probleme en onduidelikhede wat hulle tydens voorbereiding ondervind het, uit te lig gedurende lesings.

Bywoning van lesings: Presensie kan te eniger tyd tydens lesings geneem word ten einde die dosent in staat te stel om borge, beursverleners en ouers se vrae te kan beantwoord rakende die leerder se akademiese ingesteldheid. Studente word ook verwys na regulasies 70 en 71 van die Universitiet se Statute wat aandui dat:

………. ‘wanneer daar besluit moet word of ‘n kandidaat slaag in die Universitaitseksamen in enige kursus of vak wat as ‘n kwalifikasie vir ‘n graad dien, die Senaat die verslag van die dosente in die betrokke vak oor die jaarwerk of semesterwerk en die jaarsyfer of semestersyfer deur die kandidaat behaal, in aanmerking neem.’(Reg 70)

Page 4: UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT DEPARTEMENT ...learning.ufs.ac.za/RPK214_OFF/Resources/1. Resources...5 Die derde assesseringsgeleentheid kan of skriftelik of mondeling afgeneem word,

4

………..‘Voordat ‘n kandidaat tot ‘n eksamen in enige kursus toegelaat word, word tot bevrediging van die Senaat, ‘n sertifikaat van die betrokke dosente voorgelê om te sertifiseer dat hy/ sy deur bywoning en klaswerk daarvoor gekwalifiseer het…’ (Reg 71).

Enige veranderings van lesingdae op die Universiteitsrooster sal ook deur die Fakulteit gehandhaaf word. ASSESSERING VAN LEER Samestelling van semestersyfer/ Predikaat ‘n Student se semestersyfer(predikaat) word saamgestel na aanleiding van die resultate en punte verwerf tydens skriftelike en mondelinge evalueringsgeleenthede, en op wie van toepassing praktiese werk/samelewingsdiens. (Regulasie A14A). Hierdie modulesyfer vorm uiteindelik 50% van u finalepunt en u eksamenpunt die ander 50%. Modulesyfers word op die kennisgewingsborde binne die Regsfaktulteit gepubliseer. U is verantwoordelik om u modulepunt te kontroleer met die punt op u toetsantwoordstelle. Gevolglik moet u die gemerkte toetsantwoordstelle bewaar vir bewyslewering. Die subminimum in die eksamenvraestel is 40%, ongeag die semestersyfer %. Semestersyfers word op die kennisgewingborde binne die Regsfakulteit gepubliseer. U is verantwoordelik om u semesterpunt te kontroleer met die punt op u toetsantwoordstelle. Gevolglik moet u die gemerkte toetsantwoordstelle bewaar vir bewyslewering. Werksopdragte moet ingehandig word op die datum soos bepaal, maar kan voor die gegewe datum ingehandig word. Laat indiening van die werksopdrag beteken dat die student ‘n onvoltooid sal ontvang as semesterpunt. Evaluering geskied per module waarvoor geregistreer is, ongeag die aantal dosente wat betrokke mag wees by die aanbied van so ‘n module. FAKULTEIT REGSGELEERDHEID TOETSBELEID 2011 Assessering van LL.B modules (kampus studente) Daar sal slegs drie assesseringsgeleenthede per kursus gedurende ‘n semester wees. Elke student moet punte vir twee sodanige geleenthede indien ten einde ‘n semesterpunt te verwerf. Die eerste- en tweede assesseringsgeleenthede kan op enige geldige metode van assessering gedoen word, byvoorbeeld twee toetse of ‘n toets en ‘n werkstuk. ‘n Derde assesseringsgeleentheid sal ‘n toets wees wat uit twee dele bestaan: Deel I: Dieselfde werksomvang as die eerste toets. Deel II: Dieselfde werksomvang as die tweede toets.

Page 5: UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT DEPARTEMENT ...learning.ufs.ac.za/RPK214_OFF/Resources/1. Resources...5 Die derde assesseringsgeleentheid kan of skriftelik of mondeling afgeneem word,

5

Die derde assesseringsgeleentheid kan of skriftelik of mondeling afgeneem word, of beide skriftelik en mondeling, ten opsigte van die toepaslike (voorheen onbenutte) deel.

‘n Voorvereiste om aan die derde geleentheid deel t e neem, is dat die student reeds die eerste of tweede assesserings-geleentheid moes benut het. Die eerste twee assesseringsgeleenthede sal in lesingvrye weke wees, maar die derde assesseringsgeleentheid sal nie in ‘n lesingvrye week wees nie. (Bogenoemde impliseer dus dat geen siektesertifikate en/of enige ander dokumentasie van studente vereis sal word nie). Eksamens U eksamen in die kursus RPK 422.vind plaas soos in die amptelike eksamenrooster gepubliseer. U is in die finale instansie self verantwoordelik om u vakkeuse so uit te oefen (en te registreer) dat daar geen botsings op die eksamenrooster is nie, en dat u by die regte eksamenlokaal op die regte tyd opdaag. Finale eksamenroosters word ook op die kennisgewingborde aangebring en dui die eksamenlokaal aan. Om ‘n kursus te slaag moet ‘n gesamentlike syfer van 50% behaal word met dien verstande dat u voldoen aan die voorgeskrewe subminimum van 40% in die eksamen. Om ‘n kursus met onderskeiding te slaag moet ‘n gesamentlike syfer van minstens 75% behaal word. [Regulasie A 17]. Vir die eksamen-evalueringsgeleentheid is daar 2 datums (een in Junie en een in Julie) waaruit ‘n leerder 1 datum moet kies om getoets te word. Die leerder bestuur self die datum van sy evalueringsgeleentheid vir sy eie en uitsluitlike risiko. Geen mediese sertifikate word vir afwesigheid vereis nie. Vir die beantwoording van die eksamenvraestel word vir ‘n semester-module 2 ure en ‘n jaarmodule 3 ure toegelaat. Uitslae Geen toets/eksamen uitslae word telefonies bekend gemaak nie. Die uitslae word op die kennisgewingbord in die CRS-gebou aangebring en die toetsantwoorde in die lesinglokaal uitgedeel. ‘n Student kan ‘n eksamenskrif met ‘n dosent en die departementshoof bespreek BINNE 5 EKSAMENDAE na die uitslae bekend gemaak is, met ‘n reg van onmiddelike appél via die departementshoof na die dekaan [Regulasie A 27]. NAVRAE EN PROBLEME Studente is welkom om enige probleem wat hulle op die kampus ervaar met die dosent te kom bespreek. BELANGRIK: REG {E.5.2 (a) en (b)} SAL STRENG TOEGEP AS WORD. Die inhoud van hierdie regulasie kan in die 2011 Jaarboek van die Fakulteit gevind word. Raadpleeg asb. vir Mev Adri Kotzè (CRS 31) met enige navrae in hierdie

Page 6: UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT DEPARTEMENT ...learning.ufs.ac.za/RPK214_OFF/Resources/1. Resources...5 Die derde assesseringsgeleentheid kan of skriftelik of mondeling afgeneem word,

6

verband. Aanbied van modules van ander universiteite (Toeligting tot Reg. A10)

1. Alle versoeke van studente om modules wat by and er universiteite

aangebied word te neem moet skriftelik gemotiveer w ord. 2. (a) Indien die betrokke departementshoof nie oor tuig is dat daar ‘n

aanvaarbare rede bestaan waarom die ekwivalente UV- module nie aangebied kan word nie, sal ‘n versoek van ‘n stude nt om erkenning van ekwivalente module(s) wat hy/sy by ‘n ander uni versiteit wil aanbied, slegs deur die Dekaan ingevolge Reg A31 to egestaan word.

(b) Indien ‘n student die ekwivalente UV-module re eds tweemaal of meer gedruip het, sal sy/haar versoek om erkenning van ‘ n module wat hy/sy by ‘n ander universiteit wil neem, slegs in u itsonderlike omstandighede, met inagneming van Reg A31 toegestaa n word.

Page 7: UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT DEPARTEMENT ...learning.ufs.ac.za/RPK214_OFF/Resources/1. Resources...5 Die derde assesseringsgeleentheid kan of skriftelik of mondeling afgeneem word,

7

PRAKTIESE REGSOPLEIDING/SAMELEWINGSDIENS VIR 4DE JA AR REGSSTUDENTE (KAMPUSSTUDENTE) in 2011 – (NIE VAN TOEPASSING

OP STUDENTE WAT VRYGESTEL IS NIE)

Agtergrond Neem asseblief hiermee kennis dat indien u ‘n geregistreerde student is vir RPK 412 en RPK 422 in 2011, dit verpligtend sal wees om praktiese regsopleiding/gemeenskapsdiens te ondergaan. Die enigste studente wat vrygestel sal wees van praktiese regsopleiding is diegene wat voltyds in diens van ‘n werknemer is. Dit sluit studente assistente van die Fakulteit Regsgeleerdheid in, sou hulle so verkies. Vrystelling sal egter slegs toegestaan word vir praktiese regsopleiding indien Adv. IJ Bezuidenhout voorsien word van ‘n brief op of voor die laaste dag van die eerste kwartaal deur u werkgewer op sy/haar briefhoof wat as volg lees: ‘Hiermee word bevestig dat xxxx, studentenommer xxx x voltyds in diens is van hierdie firma/besigheid. Dit is derhalwe onmoon tlik vir hom/haar om praktiese regsopleiding te ondergaan en hiermee wor d versoek dat hy/sy vrygestel word van sodanige opleiding’. Studente wat vrygestel is, sal 2 toetse skryf en di e gesamentlike punt hiervoor sal hul semesterpunt vorm. Studente wat praktiese regsopleiding/.gemeenskapsdi ens ondergaan sal slegs die tweede toests skryf. Die res van hul pred ikaat sal gevorm word deur die punt wat hulle verwerf in die assessering van hul praktiese werk na prakltiese regsopleing. Praktiese regsopleiding/samelewingsdiens Praktiese regsopleiding sal aangebied word by die UV Regskliniek by Zastronstraat 142. Studente is verantwoordelik om op hul eie koste en risiko daar te kom. U moet om minstens 09h00 op die dag wat u opleiding ondergaan

Page 8: UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT DEPARTEMENT ...learning.ufs.ac.za/RPK214_OFF/Resources/1. Resources...5 Die derde assesseringsgeleentheid kan of skriftelik of mondeling afgeneem word,

8

daar aanmeld. In breë behels die 2011 praktiese regsopleiding/gemeenskapsdiens program aan die kliniek dat: • Studente sal in groepe opgedeel word en sal lid vor m van ‘n Maandag,

Dinsdag, Woensdag, Donderdag of Vrydaggroep. NB: E lke student sal op in die eerste- of in die tweede semester praktie se regsopleiding aan die kliniek ondergaan. In die semester wat u nie di e opleiding ondergaan nie, moet u TWEE toetse skryf. In die semester wat u opleiding ondergaan, sal u slegs EEN toets aflê.

• Elke groep sal op die betrokke dag en in ooreenstem ming met ‘n kliniekrooster wat aan u voorsien sal word by die k liniek aanmeld.

• Die kliniekrooster sal voorsiening maak daarvoor da t u nie gedurende toetsreekse, eksamentye of gedurende vakansietye by die kliniek hoef aan te meld nie.

• Kliëntekonsultasies sal vir u gereël word by die kl iniek. U sal dan binne u groep in groepe van 2 met kliënte konsulteer.

• U sal onder toesig van toegelate prokureurs en in s amewerking met UV Regskliniek kandidaatprokureurs advies aan kliënte lewer en enige stappe benodig in terme van u instruksies, namens d aardie kliënt neem. Bv. die skrywe van ‘n brief, die maak van telefoono proepe, die uitreiking van ‘n dagvaarding, ens.

• Benewens u optrede namens ‘n kliënt, sal dit ook ve rwag word van u om sekere administratiewe funksies namens die UV Regsk liniek te verrig in die verband soos bv. om die sogenaamde ‘middelletoe ts’ op kliënte uit te voer (vasstelling of hulle kwalifiseer vir gratis regshulp), indien nodig, leêrs te open namens kliënte, die nodige reg isterinskrywings te doen van kliënteleêrs, depositos-indien van toepass ing- te neem en kwitansies daarvoor uit te reik.

• Nadat u ‘n saak ingeneem het namens ‘n kliënt, sal dit u verantwoordelikheid wees om nie net die nodige aksi es (stappe) op die leêr te neem nie, maar ook om dagboek te hou daarva n. U sal hierna, elke keer wat u die kliniek besoek, u betrokke klië nte leêrs moet trek en seker maak dat u kliënt ingelig bly en dat die nodi ge stappe inderdaad geneem word.

• Wanneer u ‘n saak namens ‘n kliënt inneem, sal u:

(a) eers ‘n leêr open op die voorgeskrewe wyse en daari n plaas: (b) die middelletoets wat u afgeneem het, (c) die kliënteverklaring wat u afgeneem het asook staw ende verklarings-

bv. van getuies. (d) die aksiestaat wat aan u voorsien sal word. (e) Die kliëntevrywaring.

• GEEN KLIëNTE LEêR MAG UIT DIE UV KLINIEK GENEEM WOR D NIE.

Page 9: UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT DEPARTEMENT ...learning.ufs.ac.za/RPK214_OFF/Resources/1. Resources...5 Die derde assesseringsgeleentheid kan of skriftelik of mondeling afgeneem word,

9

GELIEWE KENNIS TE NEEM DAT OP DIE EERSTE VRYDAG VAN DIE WEEK WAARIN LESINGS IN AANVANG NEEM, BEIDE DIE AFRIKAANSE EN ENGELSE GROEP VAN STUDENTE WAT KLINIEKOPLEIDING ONDERGAAN IN 2010 BYMEKAAR SAL KOM IN ‘N LOKAAL WAT BY DIE EERSTE LESING AFGEKONDI G SAL WORD. DIE LESING SAL PLAASVIND TUSSEN 09H00-12H 00 EN DAARTYDENS SAL U OPLEIDING EN INLIGTING ONTVANG OM U IN STAAT TE STEL OM U KLINIEKOPLEIDING TE VERR IG. Voorgeskrewe handboek Die voorgeskrewe handbook vir hierdie kursus is Clinical Law in South Africa, De Klerk et al, Lexixnexis Butterworths, ISBN 0 409 02198 9. Alle lesings sal baseer wees op die inhoud van hierdie handboek en wat regskoste betref, dit wat in hierdie studiegids aan u voorsien word. Waar dit nodig is, sal die inhoud aangevul word gedurende lesings. Oorhoofse kursusuitkomstes Na voltooing van hierdie kursus behoort studente ‘n deuglike kennis en begrip te hê van ‘n aantal onderwerpe wat onder die regspraktyk resorteer en wat tradisioneel nie deel was van die LLB syllabus nie. The oorhoofse kursusuitkoms is derhalwe om studente met kennis en praktiese vaardighede toe te rus wat hulle sal bystaan om bekwame regspraktisyns te word. Dit gebeur heel dikwels en veral deesdae, dat kritiek uitgespreek word oor die inhoud van die LLB kursus, veral dat dit meer prakties behoort te wees en dat integrasie van teorie en regsvaardighede daarin vervat behoort te wees. Hierdie kursus poog om hierdie gaping te vul. Ons vetrou van harte dat u die kursus sal geniet en daarby sal baat vind in terme van u oorhoofse voorbereiding as regspraktisyn. Soos met alles in die lewe hang u ervaring hiervan egter af van u mate van entoesiasme, bydrae en insette. Dit is bv. ‘n minimum vereiste dat u darem die voorgeskrewe material lees voor ‘n lesing. KURSUSINHOUD Die formele kursusinhoud van RPK 412 (wat behandel word in lesings en met uitsluiting prtaktiese regsopleiding/samelewingsdiens, sal uit die volgende bestaan: Eenheid 1: Konsultasievaardighede (hoofstuk 4). Eenheid 2: Leêr-en saakbestuur (hoofstuk 5), en praktyksbestuur (hoofstuk 7). Eenheid 3 : Briefstelwerk (hoofstuk 9). Eenheid 4 : Opstel van pleitstukke, kennisgewings en aansoeke (Hoofstuk 10). Eenheid 5: Regskoste: soos uiteengesit in studiegids.

Page 10: UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT DEPARTEMENT ...learning.ufs.ac.za/RPK214_OFF/Resources/1. Resources...5 Die derde assesseringsgeleentheid kan of skriftelik of mondeling afgeneem word,

10

Eenheid 1: Konsultasievaardighede (Hoofstuk 4) Eenheidsleeruitkomstes Na voltooing van hierdie eenheid, behoort u • Die doelstellings van konsultasie te ken en te verstaan. • Te weet en te verstaan hoe om voor te berei vir ‘n konsultasie. • Die stadiums van ‘n tipiese konsultasie te identifiseer. • In staat wees om effektief te konsulteer. • Te weet hoe om ‘n kliënte/getuie verklaring te neem. • Die waarde van leêrnotas te vertaan. Sien paragraaf 5.4.5 in die handboek. • Die waarde van nagaanlyste en gebruik daarvan te te verstaan. (Checklists)

Sien die voorbeelde op bladsy 66 en verder in die handboek. Sekere tipiese vrae wat u behoort te kan antwoord: • Noem die doelstellings van kliëntekonsultasie. • Hoekom is dit belangrik om behoorlik te luister gedurende konsultasie? • Plaas uself in die posisie van die kliënt en noem wat u dink die kliënt as die

belangrikste vereistes aan u sal stel gedurende konsultasie. • Wat is die waarde en tipiese gebruike van leêrnotas. • Stel ‘n nagaanlys vir ‘n konsultasie op in ‘n saak waaarin die skuldoorsaak

baseer is op ‘n delik, of ‘n kontrak. Opmerkings deur u dosent Natuurlik is iets soos konsultasievaardighede baie prakties van aard en eintlik iets wat u deur ondervinding sal aanleer. Dit beteken egter nie dat sekere riglyne nie solank aan u gegee kan word nie. Konsultasievoering met u kliënt vorm die ruggraat van die sukses wat u as regspraktisyn in u opdrag gaan behaal. Vir my persoonlik is die belangrikste dat u professioneel optree en uitstekende diens aan u kliënt lewer wat sy vetroue in u sal versterk. Dit kan u net doen as u leer om behoorlik te LUISTER en IN TE NEEM wanneer u konsulteer.Hierdeur beperk u ook die risiko van professionele aanspreeklikheid. U moet in gedagte hou wat ons u in RPK 322 geleer het rakende die verpligtinge voortvloeiend uit die prokureur en kliënt verhouding. U verhouding met u kliënt gaan grootliks u sukses of nie in die praktyk bepaal.

Page 11: UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT DEPARTEMENT ...learning.ufs.ac.za/RPK214_OFF/Resources/1. Resources...5 Die derde assesseringsgeleentheid kan of skriftelik of mondeling afgeneem word,

11

Eenheid 2: leêr en saakadministrasie. (Hoofstuk 5) asook Praktyksbestuur.

(Hoofstuk 7) Eenheidsleeruitkomstes – leêr- en saakadministrasie en praktyksbestuur Na voltooing van hierdie eenheid, behoort u: • Te verstaan wat bedoel word met leêrbestuur en saakbestuur (“caseloads”) • Te verstaan wat bedoel word met die ‘opening’ van ‘n kliënte leer en wat alles deel

vorm van die leêr. • Te weet wat die tipiese leêrstruktuur is en waaruit dit bestaan. • Die rol van ‘n dagboekstelsel te verstaan. • Die 2 komponente van ‘Praktyksbestuur’ volledig te definieer. • Om die verband tussen regspraktyk en professionele etiek te verstaan. • Om te verstaan wat met kliëntesorg en bemarking bedoel word en om praktiese

stappe te neem om dit te implementeer. • Om ‘finansiële bestuur’ te definieer. • Om die finansiële verslae binne ‘n prokureurspraktyk te identifiseer asook die doel

van hierdie verslae. • Om ‘n ‘begroting’ te definieer. • Om ‘regskoste’ en ‘kostebevele’ te verstaan. • Om te verstaan wat met ‘trustrekeningbestuur’ bedoel word. • Om die ouditvereistes in praktyk te ken. • Om te weet watter stappe geneem mag word om risikos in praktyk te bestuur. • Die stappe te ken wat u sal neem wanneer u ‘n eie regspraktyk op die been wil bring. Sekere tipiese vrae wat u behoort te kan antwoord: 1. Beskryf die belangrikheid van behoorlike leêrbestuur in praktyksbestuur; 2. Wat is die algemene vereistes van ‘n goeie leêrstruktuur in praktyksbestuur? 3. In terme van watter kriteria sal u u leêrsisteem evalueer? 4. Wat is ‘n leêrnota en wat die die belangrikheid daarvan in die regspraktyk? 5. Wat is die waarde van ‘n dagboeksisteem in die regspraktyk? 6. Definieer praktyksbestuur. 7. Definieer finansiële bestuur. 8. Beskryf hoe u die finansiële volhoubaarheid van a regsfirma sal verseker. 9. Sit die stappe uiteen wat gebruik word in trustrekeningbestuur. 10. Watter stappe behoort u te volg om die risiko’s in die prokureursfima te bestuur?

Page 12: UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT DEPARTEMENT ...learning.ufs.ac.za/RPK214_OFF/Resources/1. Resources...5 Die derde assesseringsgeleentheid kan of skriftelik of mondeling afgeneem word,

12

Eenheid 3: Brief opstelwerk (Hoofstuk 9) Eenheidsleeruitkomstes Na voltooing van hierdie eenheid, behoort u • Die standaard komponente van ‘n regsbrief te ken en te verstaan. • Te weet en te verstaan wanneer ‘n aanmaningsbrief geskryf behoort te word. Sekere tipiese vrae wat u behoort te kan antwoord: • U kliënt gee u opdrag om R10 000.00 te eis synde skade wat hy gelei het

voortvloeind uit ‘n motorbotsing. Skryf die brief van aanmaning en vul u eie feite aan.

• Hoekom is dit belangrik om ‘n brief van aanmaning te skryf? • Wat is die algemene vereistes vir goeie en doeltreffende skryf van briewe? Opmerkings deur u dosent Ek is telkens verstom (en geamuseerd!) wanneer ek studente se briefskryfpogings gade slaan en opmerk watter groot verskil daar is in hul manier van praat en hul manier van skryf! As u dus besluit om veral die Latynse woordeboek, in te sluk en ewe skielik soos ‘n middeleeuse priester te skrywe, leer dit onmiddellik af. Briefskrywerk is kommunikasie. Kommunikasie behoort effektief te wees. Dit gaan daaroor om ‘n boodskap oor te dra; duidelik en effektief. Ek bedoel nie hiermee u moet ‘platvoers’ skrywe nie, maar hou dit kort en kragtig. Weet wat u wil sê in u brief en doen dit.

Page 13: UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT DEPARTEMENT ...learning.ufs.ac.za/RPK214_OFF/Resources/1. Resources...5 Die derde assesseringsgeleentheid kan of skriftelik of mondeling afgeneem word,

13

Eenheid 4 : Die opstel van pleitstukke, kennisgewings en aansoe ke.

(Hoofstuk 10) Eenheidsleeruitkomstes Na voltooing van hierdie eenheid, behoort u • Te weet en te verstaan wat die doel is en te kan onderskei tussen pleitstukke,

kennisgewings en aansoeke. • Om die betekenis van sekere kernwoorde en uitdrukkings te verstaan. • Om ‘n algemene benadering tot opstelwerk te vorm. • Om te onderskei tussen aksie en aansoek/mosie prosedure. • Om in staat te wees om eenvoudige besonderhede van vordering op te stel. • Om in staat te wees om ‘n eenvoudige beëidigde verklaring op te stel. • Om in staat te wees om ‘n eenvoudige verweerskrif op te stel. • Om in staat te wees om ‘n eenvoudige funderende eedsverklaring op te stel. • Om in staat te wees om ‘n eenvoudige pleit op te stel. • Om in staat te wees om ‘n eenvoudige kennisgewing van mosie op te stel. Sekere tipiese vrae wat u behoort te kan antwoord • Onderskei tussen pleitstukke, kennisgewings en aansoeke. • Noem die mees belangrike vereistes vir opstelwerk. • Onderskei tussen aksie- en aansoekprosedure. • Gegewe ‘n bepaalde feitestel, stel besonderhede van vordering op, ‘n

verweerskrif, ‘n kennisgewing van mosie en stawendede eedsverklaring. • U kliënt is ABC (Edms) Bpk wat aan u instruksies gee om John Major te

dagvaar wie u kliënt opdrag gegee het, en reeds betaal het om ‘n sekere elektrisiteitsinstallasie op hulle perseel te doen. Op 15 April 2008 het ‘n gedeelte van die gebou op die perseel ontplof nadat daar ‘n elektriese kortsluiting was wat veroorsaak was deur ‘n foutiewe ‘transformer’ wat John Major installeer het by ‘n kragpunt. U mag die feite aanvul indien nodig. Stel volle besonderhede van vordering op.

Opmerkings deur u dosent Wanneer u byvoorbeeld besonderhede van vordering of selfs ‘n funderende eedsverklaring vir ‘n mosie opstel, is dit waardevol om die verskil tussen die facta probanda en die facta probantia te onthou. Die facta probanda is daardie feite wat beweer moet word ten einde ‘n geldige en effektiewe skuldoorsaak uit te maak. Die facta probatia is daardie feite (noem dit bewyse) wat die facta probanda moet bewys en dit word gewoonlik nie ingesluit in u pleitstelwerk nie. Omdat aansoeke grotendeels beslis word ‘op die stukke voor die hof’, sal ‘n

Page 14: UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT DEPARTEMENT ...learning.ufs.ac.za/RPK214_OFF/Resources/1. Resources...5 Die derde assesseringsgeleentheid kan of skriftelik of mondeling afgeneem word,

14

eedsverklaring meer besonderhede bevat as wat ‘n tipiese besonderhede van vordering sal.

Page 15: UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT DEPARTEMENT ...learning.ufs.ac.za/RPK214_OFF/Resources/1. Resources...5 Die derde assesseringsgeleentheid kan of skriftelik of mondeling afgeneem word,

15

Eenheid 5 : Regskoste

Eenheidsleeruitkomstes • Om u vertroud te maak met die term “regskoste” • Om te onderskei tussen soorte regskoste • Om u vertroud te maak met die bronne van regskoste • Om u in staat te stel om n eevoudige kosterekening op te stel vir taksasie. 1. Inleiding Wanneer ons praat van “regskoste” is daar ‘n paar onderskeidings wat getref moet word. In die eerste plek bevat “regskoste” twee komponente. Die een is regsfooie nl. daardie bedrag van die regspraktisyn vra vir sy/haar professsionele dienste en die tweede komponente is regsuitgawes, nl daardie uitgawes wat die regspraktisyn aangaan ten einde die mandaat van die kliënt te voltooi. Kan u aan nog voorbeelde dink? Tweedens moet daar ʼn onderskeid getref word tussen regskoste in verband met litigasie en regskoste in verband met nie-litigasie werk. Derdens; wanneer ons praat van regskoste in litigasie werk, en waarmee ons primêr hiermee wil handel, moet daar onderskei word tussen straf- en siviele litigasie werk. Vierdens: wanneer ons praat van regskoste in litigasie, onderskei ons weer tussen regskoste in ‘n verdedigde saak en regskoste in ‘n onverdedigde saak. Regskoste in die algemeen in verdedigde litigasie is duurder as die in ‘n onverdedigde saak. 2. Regskoste in nie-litigasiewerk Die werk van ʼn regspraktisyn bestaan nie net uit litigasiewerk nie. So byvoorbeeld mag ʼn regspraktisyn se werk ook die volgende behels: • Om ʼn bestorwe boedel te beredder; • Om ʼn insolvente of gelikwideerde boedel te beredder; • Om oordrag van onroerende eiendom en verbande namens kliënte te registreer in

die Akteskantoor; • Om kontrakte op te stel vir die verkoop van onroerende eiendom; vir die verkoop van

maatskappye; vir die verhuring van sake en so meer; • Om aansoek te doen vir dranklisensies ofn padvervoerpermitte, ens. Hierdie is ‘n paar voorbeelde maar ontstaan die vraag dadelik hoe mens weet om wat vir hierdie soort regsdienste te vra. Om die vraag te beantwoord moet daar weer ‘n onderskeid getref word vir regskoste wat statutêr vasgestel en voorgeskryf is, en regskoste wat nie sodanig vasgestel is nie.

Page 16: UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT DEPARTEMENT ...learning.ufs.ac.za/RPK214_OFF/Resources/1. Resources...5 Die derde assesseringsgeleentheid kan of skriftelik of mondeling afgeneem word,

16

Eerstens: Voorbeelde van regskoste wat statutêr vasgestel is, is die vir die beredding van bestorwe boedels. Die eksekuteur van ‘n boedel is in terme van die Boedelwet geregtig op 3,5% van die bruto waarde van ‘n boedel en ook 10% op alle inkomste van die bestorwe boedel na datum van dood gevorder word. Nog ‘n baie bekende voorbeeld is die regskoste wat voorgeskryf word in terme van die Wet op die Registrasie van Aktes. Dit skryf voor op watter vergoeding die praktisyn geregtig is vir enige werk wat registrasies in die Akteskantoor behels. Hierdie regskoste is dus almal statutêr voorgeskryf en enige praktisyn wat hierdie tipe werk doen is gewoonlik ten volle op hoogte van die nuutste statutêr neergelegde regskoste. Wat egter van die geval waar daardie regskoste in nie- litigasiewerk (en soms aspekte van litigasiewerk) nie voorgeskryf is nie? Elke prokureursorde voorsien aan sy lede ‘n lys van tariewe wat billik is en wat kliënte gevra kan word in bepaalde omstandighede. Hierby ingesluit is die voorgeskrewe fooie riglyne van die Vrystaat provinsie. Hierdie riglyne verskil van provinsie tot provinsie. As u begin praktiseer is dit een van die eerste bronne wat mens sal verkry wat vir mens aantoon wat billik is om te vra in bepaalde omstandighede. Hierdie aanbevole tariewe sal byvoorbeeld vir u aandui wat om te hef: • Vir die opstel van ‘n koopkontrak van ‘n plaas, ‘n deeltiteleenheid, ‘n woonhuis,’n

maatskappy; • Vir die opstel van ‘n huurkontrak van ‘n besigheid ‘n plaas of ander eiendom; • Vir die aansoek om ‘n dranklisensie of padvervoerpermit; • Vir sekere aspekte van invorderingswerk soos byvoorbeeld vir

invorderingskommissie; • Vir verskyning in ‘n strafsaak en borgaansoeke, vir die eerste dag van verskyning,

die tweede dag, en so meer;

Mag ‘n praktisyn meer of minder vra as wat hierdie riglyne voorskryf? Minder, ja, mits sodanige praktyke nie neerkom op kliëntewerwin g nie, en meer, ja, solank dit billik is met in agname van verskeie faktore soos: • Die senioriteit van die praktisyn; • Die ingewikkelheid van die saak; • Die duur van die saak; • Die soortgelyk geldende tariewe wat ander praktisyns vra in dieselfde soort saak. ‘N AFSKRIF VAN DIE PROKUREURSORDE VAN DIE VRYSTAAT SE RIGLYNE IS HIERBY AANGEHEG. Wanneer u ‘n rekening aan ‘n kliënt stuur word dit gedoen in eenvoudige “T” vorm. Byvoorbeeld: In sake: Fooie en uitgawes opstel huurkontrak uself / T Smit Fooie neem van instruksies opstel huurkontrak

100.00

Fooie opstel huurkontrak 500.00

BTW op fooie 84.00

Page 17: UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT DEPARTEMENT ...learning.ufs.ac.za/RPK214_OFF/Resources/1. Resources...5 Die derde assesseringsgeleentheid kan of skriftelik of mondeling afgeneem word,

17

Totaal verskuldig 684.00 684.00 684.00

Let op die volgende: 1. Hierdie is fiktiewe fooie 2. BTW word gehef nie op regsuitgawes nie. 3. Indien ‘n kliënt ontevrede is met ‘n rekening, kan hy dit laat takseer by die Prokureursordes waarbinne die plek val. Die Prokureursordes het elkeen ‘n sg. “vastellingskommitee” wat dan die rekening sal ondersoek en ‘n bevinding sal uitbring oor die billikheid daarvan/aldan nie. 3. Regskoste in sivile litigasiewerk. Wanneer daar gelitigeer word deur partye, met ander woorde ‘n dagvaaring of aansoek word uitgereik, word daar na afloop van die saak, ‘n formele kosterekening opgestel deur die party wat die saak gewen het of wat die kostebevel in sy guns gekry het. Hierdie kosterekening word getakseer deur die takseermeester/meesteres by die betrokke hof hetsy Landdroshof of ‘n Hoër hof. Die primêre fokus hier is om u vetroud te maak met die opstel van ‘n basiese kosterekening vir taksasie van ‘n siviele aangeleentheid in die Landdroshof. Voordat ons dit doen, moet u uself weer vergewis van die volgende uitdrukkings. Sien u studiegids van RPK 322 en SVP 414. • Koste wat toegeken is op “party en party” skaal; • Koste wat toegeken is op”prokureur en kliënt” skaal; • Koste wat toegeken word de bonis propriis; Wat laasgenoemde twee soorte koste bevele betref is dit sogenaamde bestraffende kostebevele en behandel ons dit nie verder in wat hierop volg nie. Ons gaan ons bepaal by die ‘normale’ kostebevel wat in 99% gevalle gemaak word op die skaal soos tussen party en party. Ons gaan verder die Landdroshof se tariewe gebruik en nie die van die Hoër Hof s’n nie. Hoewel die tariewe verskil ten opsigte van die bedrae wat voorgeskryf is, is die formaat van ‘n kosterekening in die Landdroshof en die in die Hoër hof min of meer dieselfde. 4. Die kosterekening vir taksasie in die landdrosho f U het namens kliënt A vir B gedagvaar vir R50 000.00 synde skade wat A gely het uit beweerde kontrakbreuk. Daar is pleitstukke uitgeruil en die saak het op verhoor gegaan. Uitspraak is ten gunste van u kliënt gegee PLUS KOSTE. Wat doen u nou? U gee eerstens kennis dat op ‘n bepaalde dag die aangehegte kosterekening aangebied sal word vir taksasie en tweedens stel u ‘n kosterekenig op. Wanneer u die kosterekening vir taksasie opstel, neem u u kliënteleêr en met die tariewe in die bylae van die Wet op Landdroshowe gaan u voort om ‘n rekening van FOOIE en

Page 18: UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT DEPARTEMENT ...learning.ufs.ac.za/RPK214_OFF/Resources/1. Resources...5 Die derde assesseringsgeleentheid kan of skriftelik of mondeling afgeneem word,

18

UITGAWES op te stel in KRONOLOGIESE VOLGORDE van die BEGIN tot die EINDE van die saak. Voordat ons dit begin doen, moet u op die volgende let. Die Landdroshof tariewe vir verdedigende sake en onverdedigde sake verskil. ‘n Rekening vir taksasie word dus altyd opgestel op die skaal van tariewe soos van toepassing op ‘n VERDEDIGDE saak. Tweedens, afhangende van die EISBEDRAG (die bedrag wat in die dagvaarding geëis is) word die kosterekening opgestel, of volgens SKAAL A, wat insluit alle eisbedrae tussen R1 – R12 000.00 (synde die jurisdiksieperk van die Hof vir Klein Eise, of volgens SKAAL B, wat alle eisbedrae insluit vanaf R12 000.00 tot en met R50 000.00, of SKAAL C, wat eisbedrae insluit van R50 000.00 en hoër. a. Bo-aan jou koste rekening begin jy met jou opskrif: MEMORANDUM VAN FOOIE EN UITGAWES VERSKULDIG AAN XXX PROKUREURS SOOS GETAKSEER OP ‘n SKAAL SOOS TUSSEN PARTY EN PARTY, SKAAL B (of wat ookal die betrokke skaal is) b. Nou stel jy jou kosterekening op deur jou bladsy/e in 4 kolomme op te deel

en vir die doel soos hieronder aangedui. Jy hoef nie die paragrawe te titel soos hieronder aangedui nie-dit is bloot om aan u t e verduidelik wat in die kolomme staan .

Besonderhede van die fooie of uitgawe item

No.

Regsfooie

Regsuitgawe

c. Nou gaan jy voort en stel jou kosterekening op met jou kliënteleêr en die tariewe

voor jou: byvoorbeeld: Fooie neem van instruksies Fooie dagvaarding Inkomsteseel dagvaarding Hier gaan u nou voort om die kosterekening in kronologiese volgorde op te stel. U eindig die rekening soos hieronder aangedui: Subtotaal Min afgetakseer Subtotaal Tel by 5% opstel koste rekening Subtotaal Tel by 5% bywoning taksasie Subtotaal Tel by 14% BTW

1 2 3

300.00 157.00

20.00

Page 19: UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT DEPARTEMENT ...learning.ufs.ac.za/RPK214_OFF/Resources/1. Resources...5 Die derde assesseringsgeleentheid kan of skriftelik of mondeling afgeneem word,

19

Subtotaal Tel by uitgawes Groottotaal

Let op die volgende: • Bogenoemde is opgestel in terme van die tariewe soos vervat in die Wet op

Landdroshowe (soos hierby aangeheg). • Daar gebeur gewoonlik baie meer in ‘n siviele saak as wat hierin uiteengesit is. • Nadat die rekening takseer is, teken die takseermeester/es dit en is dit gelykwaardig

aan n vonnis of uitspraak wat die Hof gee vir die betaling van die bedrag. (‘n Getakseerde kosterekening word ook as “likwiede” dokument beskou)

PRAKTIESE OEFENING: Met dit wat ons u nou vertel het en met die aangehegte tariewe van die Landdroshof wet, moet u ‘n kosterekening vir taksasie opstel. U het namens ‘n verweerder opgetree wie gedagvaar was vir R65 000.00. Die eis is van die hand gewys deur die Hof met koste. U moet nou die kosterekening opstel vir taksasie. In u kliënteleêr, toon dit dat u die volgende werk verrig het: • U het instruksies geneem om te verdedig. (60 minute) • U het ‘n kennisgewing van voorneme om te verdedig opgestel, beteken en geliaseer.

(1 bladsy) • U het ‘n versoek om nadere besonderhede opgestel (3 bladsye), laat beteken en

liaseer • U het die nadere besonderhede ontvang en deurgelees (4 bladsye) • U het met u kliënt konsulteer (60 minute) • U het ‘n verweerskrif opgestel beteken en liaseer (3 bladsye) • U het ‘n kennisgewing om bloot te lê ontvang van die teenkant (1 bladsy) • U het ‘n kennisgewing om bloot te lê opgestel, twee afskrifte daarvan gemaak en dit

beteken op die ander party. • U het die blootleggingsverklaring opgestel en die liaseringskennisgewing, dit beteken

en dit geliasseer. (6 bladsye). • U het die ander party se blootleggingsverklaring ontvang en gelees. • U het ‘n brief aan u kliënt geskryf om u te kom sien. • U het met hom en ‘n getuie gekonsulteer vir een uur. • U het voorberei vir die verhoor. • U het in die hof verskyn en die saak is na 3 en ‘n half uur afgehandel. Sien die aangehegte Landdroshoftariewe wat in werki ng getree het in 2010.

Page 20: UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT DEPARTEMENT ...learning.ufs.ac.za/RPK214_OFF/Resources/1. Resources...5 Die derde assesseringsgeleentheid kan of skriftelik of mondeling afgeneem word,

20

5. Die Vrystaatse Prokureursorde se algemende riglyne vir fooie. Die verskillende Prokureursordes in Suid- Afrika voorsien riglyne aan hul lede ten aansien van die fooie wat redelikerwys verhaal kan word in nie- litigasie werk. ALGEMENE TOEPASSING VAN DIE RIGLYNE 1.1 Die Raad en lede van die komitees belas met berekening van fooie, sal die fooie bereken met inagneming van Reël 15 (2)(b) van die Reëls van die Prokureursorde van die Vrystaat, nl. “15(2)(b) Ten einde aan die praktisyn redelik en toereikende vergoeding te bied vir die dienste deur hom gelewer, moet die Raad of die komitee na gelang van die geval by elke berekening alle sodanige gelde toelaat as wat vir hom redeli skyn te gewees het vir die verrigting van die betrokke werk, en by sodanige berekening moet hy/sy die volgende in aanmerking neem: (i) Die hoeveelheid en belangrikheid van die werk wat gedoen is; (ii) Die ingewikkeldheid van die aangeleentheid of die moeilik of nuutheid van die werk of die vraagstukke wat geopper is; (iii) Die bekwaamheid, arbeid, gespesialiseerde kennis en verantwoordelikheid daarby betrokke van die kant van die praktisyn; (iv) Die getal en belangrikheid van die dokumente wat opgestel of deurgelees is sonder om noodwendig op die lengte daarvan te let; (v) Die plek waar en die omstandighede waarin die dienste of enige deel daarvan gelewer is; (vi) Die tyd wat die praktisyn daaraan bestee het; (vii) Die gehalte van die werk wat gedoen is; (viii) Die belangrikheid van die aangeleentheid vir die kliënt; (ix) Die ondervinding of senioriteit van die praktisyn; (x) Enige riglyn van fooie deur die Orde goedgekeur vir die uitsluitlike doel om as ‘n riglyn vir praktisyns te dien; (xi) Enige tarief van gelde deur die Raad voorgeskryf ooreenkomstig die bepaling van Artikel 69 (d) van die Wet op Prokureurs; en (xii) Of betaling van die gelde meegebring of die gelde verhoog is deur oorversigtigheid, nalatigheid of dwaling van die kant van die praktisyn. 1.2 Hierdie riglyne sal nie van toepassing wees wanneer die praktisyn en sy/haar kliënt n geskrewe ooreenkoms aangaande die fooie en uitgawes ten opsigte van die dienste wat die praktisyn aan die klant sal lewer, aangegaan het nie. 1.3 Die Raad en lede van die komitees belas met berekening van fooie, is van mening dat lede vergoed behoort te word teen ‘n tarief wat vasgestel is volgens die begin soos reeds neergelê, en wat toegepas word op die tyd wat redelik bestee behoort te word in die aanvaarding en uitvoering van n besondere mandaat. 1.4 Komitees wat kosterekeninge moet bereken, moet derhalwe in staat gestel word om:

Page 21: UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT DEPARTEMENT ...learning.ufs.ac.za/RPK214_OFF/Resources/1. Resources...5 Die derde assesseringsgeleentheid kan of skriftelik of mondeling afgeneem word,

21

1.4.1 Ten aansien van elke diens wat gelewer is, n “tarief vir werk” te bepaal wat gekoppel is aan ‘n tydbasis; en 1.4.2 Te bepaal hoeveel tyd redelik aan sodanige werk bestee kan word. 1.5 Die Raad beveel aan dat die lede in hierdie omstandighede in die uitvoering van hul dienste ‘n gelyktydige aantekening hou van die dienste wat gelewer word en in besonder die tyd in beslag geneem in die uitvoering van hulle dienste, nieteenstaande die feit dat hulle van voorneme mag wees om n eenmalige rekening aan die klant voor hê. Lede moet, wanneer hulle gespesifiseerde rekeninge vir taksasie indien, alle tydperke, aantal folio’s en besonderhede van werk wat gedoen is ten aansien van elke item van die rekening, duidelik uiteensit om die Taksasiekomitee in staat te stel om die berekening te maak. 1.6 Lede moet in gedagte hou dat die fooie soos hieronder uiteengesit die koste van die opstel en bywoning van taksasie van die rekenig wat aan die Taksasiekomitee voorgelê word vir taksasie, insluit. 1.7 Lede moet in gedagte hou dat ‘n prokureur nie in die algemeen toegelaat sal word om sy oorspronlike of eenmalige rekening by die taksasie te verhoog nie, tensy die lid tydens die lewering van die eerste rekening sy/haar regte uitdruklik voorbehou het om enige hoër bedrae te eis wat deur die Taksasiekomitee toegelaat word. 1.8 Met die bepaling van ‘n redelike en billike fooi sal die betrokke Taksasiekomitee, alhoewel dit nie verplig is om dit te doen nie, deurgaans die riglyne toepas wat van toepassing is op navorsing, verskynings, konsultasies, opstel van skriftelike opinies en opwagtinge wat deur die verskeie komitees as ‘n billike parameter van fooie word, maar wat op geen wyse bindend is op die laer of hoër skaal nie. 1.9 Ten opsigte van werk noodsaaklikerwys op versoek van kliënte na ure verrig, sal ‘n toeslag van 50% op die riglynfooi toegelaat word. 1.10 Die Prokureursorde van die Vrystaat sal lede en klaers tydiglik skriftelik kennis gee van die datum van die taksasie. Indien daartoe versoek, is praktisyns verplig om die taksasie van rekeninge in aangeleenthede wat hulle hanteer het, by te woon om ‘n professionele lid van die firma wat kennis dra van die aangeleentheid en in ‘n posisie is om die Taksasiekomitee behulpsaam te wees, namens hom/haar te stuur. 1.11 Indien ‘n praktisyn nie ‘n taksasie bywoon wanneer daartoe versoek word nie of wanneer hy/sy nie ‘n lid of kandidaat-prokureur van sy/haar firma wat werklik kennis dra van die aangeleentheid, stuur nie, mag die Taksasiekomitee weier om die rekening te takseer. As ‘n lid van die publiek of ‘n klaer teenwoordig is by die taksasie, het die Taksasiekomitee die diskresie om die rekening in die afwesigheid van die praktisyn te takseer. 1.12 Lede wat hulle uitgawes getakseer wil hê, moet die bewyse voorlê en aanheg. 1.13 Die Raad sal slegs rekeninge aanvaar wat deur lede opgestel is en nie deur opstellers van kosterekeninge nie, behalwe waar die praktisyn die rekening sertifiseer. 1.14 Wanneer ‘n gespesifiseerde rekening ingedien word vir taksasie, moet lede:

Page 22: UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT DEPARTEMENT ...learning.ufs.ac.za/RPK214_OFF/Resources/1. Resources...5 Die derde assesseringsgeleentheid kan of skriftelik of mondeling afgeneem word,

22

a) 3 afskrifte van die gespesifiseerde rekening by die Orde indien; (Praktisyns in Bloemfontein moet ook hulle leêrs by die Orde indien. Praktisyns in die platteland, moet die leêr hou totdat dit deur die plaaslike Taksasiekomitee aangevra word) b) Elke item op die rekening nommer; c) Alle tye, getal folio’s, of besonderhede van die werk wat gedoen is ten opsigte van elke item in die rekening spesifiseer; d) Die leêr moet by die taksasie beskikbaar wees en moet in datum volgorde geplaas word; e) Toesien dat enige konsepdokument ens. Duidelik gemerk is bv. “eerste konsepdokument”, tweede “konsepdokument” ens; f) Toesien dat die bedrae vir fooie en uitgawes aan die einde van elke bladsy opgestel is en oorgedra word tot ‘n totaal aan die einde van die rekening ; en g) Afskrifte van alle vorige rekeninge wat gelewer is ten opsigte van dienste omskryf in die rekening indien. 1.15 Die Taksasiekomitee is geregtig om enige rekeninge wat nie aan die vereistes voldoen nie, terug te stuur na die lid vir die heropstel van die rekening in ooreenstemming met die vereistes. 1.16 Daar word voorgestel dat die onderstaande uurlikse tariewe as ‘n riglyn dien vir die items hierin uiteengesit, naamlik: Prokureurs met 0 – 4 jaar ondervinding: R400.00 per uur Prokureurs met 5 – 10 jaar ondervinding: R800.00 per uur Prokureurs met meer as 10 jaar ondervinding: R1200.00 per uur 1.16.2 Navorsing: Die uurlikse tariewe uiteengesit in par. 1.16.1 mag as riglyn dien, met die minimum van 5 minute tyd gespandeer, of deel daarvan. 1.16.3 Verskynings, konsultasies, opwagtinge, opstel en deurlees van dokumente, reistyd en wagtyd, behoudens paragraaf 1.16.1 hiervan; 1.16.3.1 Formele opwagtinge (bv.betekening van ‘n dokument by Prokureur/Meester/Landdros: R75.00 1.16.3.2 Opwagting anders as formeel (per 15 minute/deel daarvan): R200.00 1.16.3.3 Opstel van dokumente per bladsy (minimum 150 woorde – 4 bladsye per uur): behoudens paragraaf 1.16.1 1.16.3.4 Deurlees per bladsy (minimum 150 woorde): R60.00 1.16.3.5 Korrespondensie: Formele brief (per folio) insluitende die eerste afskrif: R50.00

Page 23: UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT DEPARTEMENT ...learning.ufs.ac.za/RPK214_OFF/Resources/1. Resources...5 Die derde assesseringsgeleentheid kan of skriftelik of mondeling afgeneem word,

23

1.16.3.6 Telefoonoproepe: Formeel: Behoudens paragraaf 1.16.1, met die minimum tyd spandeer 5 minute gedeelte daarvan. Anders as formeel: per 5 minute of deel daarvan R85.00 1.16.3.7 Fotokopiëring: per bladsy R2.00 1.16.3.8 Telefaks- en e-posversendings (opwagting om te stuur, benewens opstelkoste) per bladsy: R5.00 1.16.4 Reiskoste per kilometer: R4.50 1.16.5 Reistyd en wagtyd: per 15 minute of gedeelte daarvan R180.00 1.17 Die Raad het besluit dat die voorgaande riglyne in die afwesigheid van ‘n ooreenkoms met die kliënt tot die teendeel, toegepas behoort te word op alle werk van ‘n algemene aard soos: Koopaktes; Aandeleverkoopooreenkomste en Ledebelange oordragte; Huurkontrakte; Aansoek aan administratiewe liggame soos: Drankraad; Plaaslike Padvervoerraad; Waardasiehof; Munisipaliteite vir Handelslisensies; Strafwerk; Trustaktes; Werk gedoen in Arbeids- en Industriële Reg; en Arbitrasie aangeleenthede. 2. EENMALIGE FOOIE

Vir werk wat nie resorteer onder item 1 nie en vir sekere ander werk, kan dit moontlik meer gepas wees om ‘n eenmalige fooi te hef. Alhoewel hierdie riglyne daarvoor voorsiening maak, sal die komitees wat belas is met die berekening van gelde in toepaslike gevalle die benadering volg wat uiteengesit is in paragraaf 1 hiervan vir die bepaling van kosterekening. 2.1 REGISTRASIE VAN MAATSKAPPYE ʼn Fooi vir neem van opdragte, uitsluitend konsultasies, opstel van dokumente, voorbereiding en vergelyking van maatskappydokumente, insluitende ‘n aansoek vir die uitreiking van ‘n sertifikaat om besigheid te begin, maar met die uitsluiting van uitgawes en fooie van die Pretoria Prokureurs: R3000.00 Konsultasiefooie is addisioneel. 2.2 REGISTRASIE VAN BESLOTE KORPORASIES Waar toepaslik, kan ‘n aparte konsultasiefooi in ooreenstemming met die riglyne onder paragraaf 1 gevra word, tesame met:

Page 24: UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT DEPARTEMENT ...learning.ufs.ac.za/RPK214_OFF/Resources/1. Resources...5 Die derde assesseringsgeleentheid kan of skriftelik of mondeling afgeneem word,

24

2.2.1 ʼn Fooi vir die neem van instruksies, opstel, voorbereiding en vergelyking van al die dokumente en opwagtings om te registreer, indien ‘n samewerkingsooreenkoms nie benodig word nie: R850.00 2.2.2 Indien ‘n samewerkingsooreenkoms benodig word, sal lede bo en behalwe die fooi wat onder 2.2.1 toelaatbaar is, toegelaat word om ‘n fooi te vra vir die opstel van die samewerkingsooreenkoms kragtens paragraaf 1 hierbo: 2.3 ADMINISTRASIE VAN TRUSTS Waar die lid ‘n Trustee of Mede-Trustee is, of namens die Trustee optree, mag die volgende fooie gehef word, naamlik: 2.3.1 ʼn aannemingsfooi wat nie, 1,5% van die waarde van die trusteiendom, oorskry nie; 2.3.2 ʼn fooi van 10% van die inkomste wat gevorder is, maar onderhewig aan onderhandelinge; 2.3.3 ʼn jaarlikse fooi op die kapitale bates van die trust, bereken teen ‘n koers van 2% op die waarde van die kapitale bates; 2.3.4 ʼn billike invorderingsfooi wat nie 2% van die kapitaal wat verdeel word by die beeinding van die Trust oorskry nie, of sodanige ander fooi of vergoeding as wat van tyd tot tyd deur die Meester van die Hooggeregshof bepaal mag word as vergoeding vir die Trustee by beeindiging van sy Trusteeskap, of soos in die Trustakte self vasgestel mag wees; en 2.3.5 Benewens voorgaande gelde, sal die Trustees geregtig wees op sy normale fooie vir ander regswerk vir en ten behoewe van die Trust verrig. 2.4 DISTRIBUSIES 2.4.1 neem van instruksies en reël van distribusie: Een tot vyf skuldeisers: R360.00 Meer as vyf skuldeisers: R720.00 2.4.2 Maak van distribusies: ʼn Fooi gelykstaande aan 12% op die bedrae wat inbetaal is. 2.4.3 Vir elke brief en ingeslote tjek afgestuur, waar distribusies nie meer dikwels as een keer per kwartaal gemaak word nie: R25.00 3. INVORDERINGS 3.1 Huurgelde: Ten opsigte van huurgelde vir plaaseiendomme, 5% van die paaiement/betaling/gelde gevorder. Andersins ten aansien van enige huurgelde gevorder, ‘n fooi gelykstaande aan tussen 7% en 10% van die gelde/paaiement/betaling. 3.2 Ten opsigte van die koopsom van vaste eiendom betaal in paaiemente ingevolge die Wet op Vervreemding van Grond nr. 68 van 1981, of in omstandighede waar die Wet nie van toepassing is nie, sowel as die invordering van lopende rente op verbande, sal ‘n

Page 25: UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT DEPARTEMENT ...learning.ufs.ac.za/RPK214_OFF/Resources/1. Resources...5 Die derde assesseringsgeleentheid kan of skriftelik of mondeling afgeneem word,

25

fooi gelykstaande aan tussen 7% en 10% van die gelde/paaiement/betaling gevorder toegelaat word. 3.3 Ingevordering van lopende rente op verbande: ʼn Fooi gelykstaande aan 7% en 10% van elke paaiement. 3.4 GEWONE SKULDINVORDERING PROKUREUR En KLIëNTGELDE: INVORDERINGS LANDDROSHOF WERK Die gelde hieronder uiteengesit is ‘n riglyn en lede word versoek om wanneer sulke gelde gehef word, te oorweeg of dit in die omstandighede billik en redelik is. Lede se aandag word egter daarop gevestig dat die voorskrif ten opsigte van invorderingskommissie soos vervat in paragraaf 3.4.5 hiervan ‘n maksimum is. ʼn Lid aan wie enige eise van watter aard ookal vir invordering oorhandig word, kan benewens professionele gelde (byvoorbeeld vorderings vir verrigtinge in ‘n geregshof) ook die volgende prokureeur en kliëntegeld vorder: 3.4.1 Oorspronklike instruksies geneem voor vonnis, fooie van: a) R35.00 vir eise tot R1500.00 b) R75.00 vir eise vanaf R1501.00 – R5000.00 c) R120.00 vir eise vanaf R5001.00 – R10 000.00 d) R210.00 vir eise vanaf R10 001 – R50 000.00 e)R300.00 vir eise bo R50 0001.00 3.4.2 Instruksies geneem na vonnis: a) R50.00 vir eise tot R1500.00 b) R95.00 vir eise bo R1501.00 3.4.3 R30.00 vir elke noodsaaklike brief of telefaks of e-pos gestuur of ontvang sowel as vir elke noodsaaklik bywoning (informeel) 3.4.4 Vir elke konsultasie of telefoniese opwagting met ‘n skuldenaar, vir die eerste 15 minute of gedeelte daarvan: R150.00 3.4.5 Invorderingskommissie van 10% tot maksimum R1 000.00 per invordering. 4. INSOLVENTE BOEDELS 4.1 Neem van instruksies in verband met bewys van ‘n eis, opstel van ‘n spesiale prokurasie, resolusie en beëdigde verklaring: R420.00 4.2 Verskyningsfooi vir bywoning van krediteursvergadering, per 15 minute of gedeelte daarvan: R210.00 5. VOLMAGTE Opstel van Spesiale en Algemene Volmagte (per bladsy): R500.00

Page 26: UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT DEPARTEMENT ...learning.ufs.ac.za/RPK214_OFF/Resources/1. Resources...5 Die derde assesseringsgeleentheid kan of skriftelik of mondeling afgeneem word,

26

6. BEREDDING VAN BESTORWE BOEDELS 6.1 Die riglyne hierin vervat, is onderhewig aan die Wet op die Beredding van Bestorwe Boedels, Wet 66 van 1965, soos gewysig. 6.2 Die minimum fooi, afgesien van waarde van boedel, soos deur die Meester bepaal. 6.3 Lede moet daarop let dat die fooi, in die afwesigheid van ‘n spesiale ooreenkoms met die eksekuteur, nie die statutêre fooi wat eksekuteurs mag vra, mag oorskry nie. 6.4 Indien ‘n lid ‘n mede-eksekuteur is of namens die eksekuteur optree in omstandighede waar ‘n spesiale ooreenkoms nie gemaak is nie, mag die fooi nie die eksekuteur se volle statutêre vergoeding oorskry nie. 6.5 Indien ‘n lid namens die eksekuteur optree, desnieteenstaande dat daar ‘n spesiale ooreenkoms is of nie,en sy mandaat dur die eksekuteur beëindig word voordat die beredding van die boedel voltooi is, sal die lid geregtig wees op daardie gedeelte van die ooreengekome of statutêre fooi vir die werk wat hy voltooi het voor beëindiging van sy mandaat en wat ooreenstemmend is met die totale werk verrig. 7. GEDRAGSKODE VIR INVORDERINGSPROKUREURS 7.1 Daar moet deurentyd in belang van die skuldeiser opgetree word, maar met inagneming van die belange en Regte van die skuldenaar en veral ook die beeld van die beroep. 7.2 Wanneer ‘n invorderingsaangeleentheid verdedig raak, is die verdedigde tariewe onmiddelik op daardie aangeleentheid van toepassing en indien bedrae in terme van paragraaf 3.4.1 hiervan reeds gedebiteer is, moet dit uiteraad in verrekening gebring word teen die verdedigde tarief of die ooreengekome prokureur- en kliënttarief. 7.3 Invorderingskommissie en prokureur- en kliëntkoste mag slegs van n skuldenaar verhaal word indien vonnis daarvoor verkry is, alternatiewelik indien ‘n ooreenkoms met dit skuldenaar aangegaan is tot dien effek. Uiteraard sal ‘n prokureur wat optree namens die skuldeiser normaalweg poog om in belang van die kliënt ‘n afbetalingsooreenkoms met die skuldenaar te koppel aan die betaling van prokureur- en kliëntkoste. Ook ten opsigte van so ‘n ooreenkoms mag daar nie uit paragraaf 3.4 riglyne gekontrakteer word. 7.4 Invorderingskommissiee sluit in alle opwagtinge en werk gedoen met betrekking tot ontvangs van ‘n betaling en verrekening aan die kliënt ten opsigte van sodanige betaling. 7.5 Sekere noodwendige stappe wat in ‘n prokureurskantoor geneem moet word om die proses te laat vorder, sal nie as opwagtinge beskou word vir doeleindes van paragraaf 3.4 byvoorbeeld die trek van die leër om aandag daaraan te gee (sommige kollegas debiteer op ‘n gereelde basis ‘n fooi per leer omdat dit gedagboek word en eenmaal per maand uit die kabinet gehaal word), die dagboek van n leër, die boekhou-inskrywings te opsigte van ‘n invordering, die stuur van ‘n mandaat, die nagaan van betaling van ‘n rekening deur kliënt en sluit van die leêr.

Page 27: UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT DEPARTEMENT ...learning.ufs.ac.za/RPK214_OFF/Resources/1. Resources...5 Die derde assesseringsgeleentheid kan of skriftelik of mondeling afgeneem word,

27

7.6 ʼn Hoër rentekoers as moratore rente mag slegs van ‘n skuldenaar verhaal word indien vonnis, soos hierbo, daarvoor verkry is of indien daarop ooreengekom is. 7.7 ʼn Ooreenkoms met betrekking tot geskatte toekomstige prokureur- en kliëntekoste is onaanvaarbaar. 7.8 Soos teenoor elke ander kliënt moet ‘n invorderingsprokureur ook binne ‘n redelike tyd na afhandeling, of veroeëre beëindiging van ‘n mandaat, skriftelik verreken aan sy kliënt. Let veral op die reels in verband met saamgestelde rekeninge. Verrekening aan ‘n kliënt geskied kosteloos vir die kliënt. 7.9 Op die redelike versoek van ‘n skuldenaar moet die balans verskuldig kosteloos aan hom verskaf word en indien redelikerwys daartoe versoek, byvoorbeeld elkse ses maande moet ‘n uiteensetting van die berekening daarvan ook kosteloos verskaf word. 7.10 In invorderingsake kan interim rekeningstate aan ‘n kliënt gelewer word sonder dat daar vooraf sodanig ooreengekom hoef te word. 7.11 Indien ‘n prokureur opdrag aanvaar vanaf ‘n invorderingsagent om namens die invorderingsagent of laasgenoemde se kliënt te ageer, moet hy homself vergewis daarvan dat Artikel 60 van Wet 32 van 1944 nie deur sy kliënt oortree word nie. ʼn Prokureur moet seker maak dat hy ‘n mandaat het. 7.12 ʼn Invorderingsprokureur moet waak teen ‘n botsing van belange waar hy ook as administrateur aangestel word by ‘n administrasie of waar hy ‘n distribusie namens ‘n kliënt waarneem. Dit sal normaalweg ‘n botsing van belange daarstel indien een van die skuldeisers by ‘n administrasie of distribusie hanteer. Die kliënt (in hierdie geval die skuldenaar sowel as die skuldeiser), kan natuurlik daartoe toestem. 7.13 Indien ‘n prokureur vir meer as een skuldeiser optreen teen dieselfde skuldenaar, moet daarteen gewaak word dat die een skuldeiser in die onderhandeling met die skuldenaar ter vordering van die bedrag, nie bevoordeel word bo ‘n ander skuldeiser wat ook ‘n kliënt is nie. 7.14 Slegs ‘n eenmalige opwagtingsfooi mag gehef word by die betaling van ‘n rekening, byvoorbeeld balju en opsportingsagente, (sommige kollegas debiteer ‘n opwagtingfooi vir deurlees van rekening en ‘n aparte fooi vir trek van ‘n tjek). Dit is vir die Raad onaanvaarbaar. 7.15 Die reëls met betrekking to uitoorlegging van ‘n kliënt of heffing van buitensporige fooie teenoor ‘n kliënt is mutatis mutandis van toepassing op die verhouding tussen ‘n prokureur en ‘n skuldenaar. ALGEMENE NOTA Fooie word bereken teen die tarief wat van toepassing is op die tydstip toe die werk uitgevoer is.

Page 28: UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT DEPARTEMENT ...learning.ufs.ac.za/RPK214_OFF/Resources/1. Resources...5 Die derde assesseringsgeleentheid kan of skriftelik of mondeling afgeneem word,

28

VOORBEELDE EN ADDISIONELE INLIGTING

Page 29: UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT DEPARTEMENT ...learning.ufs.ac.za/RPK214_OFF/Resources/1. Resources...5 Die derde assesseringsgeleentheid kan of skriftelik of mondeling afgeneem word,

29

Algemene volgorde van ‘n siviele aksie in die Landr oshof General sequence of a civil action in the Magistrat e’s Court . 1. Aanmaning/Demand=’n brief/ a letter. Soms verpligtend/Sometimes

compulsory. 2. Dagvaarding+besonderhede van vordering/Summons+particulars of claim. 3. Klerk van die hof reik uit/ Clerk of the court issues. 4. Dagvaarding word gedien/of nie/Summons served or not. 5. Balju gee sy relaas van betekening/nie betekening/ Sheriff gives return of

service/non service. 6. Verweerder gee nie kennis van voorneme om te verdedig nie-saak word

voorgesit as onverdedigde saak-verskillende koste van toepassing/ Defendant does not give notice of intention to defend-case continues as an undefended case-different scale of costs applicable.

7. Eiser doen aansoek om vonnis by verstek/Plaintiff applies for default judgment.

8. Eiser reik ‘n lasbrief vir eksekusie uit/ Plaintiff issues a warrant of execution. 9. Balju lewer relaas van beslaglegging of relaas van nulla bona/ Sheriff gives

return of service or nulla bona return. 10. Balju lewer inventaris/ Sheriff provides inventory. 11. Eiser se prokureur reël eksekusieverkoping/ Plaintiff’s attorney arranges

execution sale. 12. Balju hou veiling en verreken met eiser se prokureur/ Sheriff conducts

execution sale and accounts to plaintiff’s attorney. 13. As daar nulla bona was of eksekusieskuldenaar het nie beslagbare bates nie,

gee eiser se prokureur kennis itv A.65A(2)/ If there was nulla bona return or execution debtor has no assets to execute, plaintiff’s attorney gives notice in terms of Section 65A (2)

14. Na verloop van 10 hofdae, reik eiser se prokureur ‘n Artikel 65(A)(1) kennisgewing uit/ After expiry of 10 court days, plaintiff’s attorney issues a Section 65 (A)(1) notice.

15. Finansiële ondersoek vind plaas deur die hof/ Financial investigation takes place.

16. Hof maak ‘n verskeidenheid van bevele/ Court makes a range of orders. 17. Skuldenaar begin af betaal aan vonnisskuld/ Debtor starts paying off

judgment debt. 18. GAAN NOU TERUG NA 6 HIERBO/ RETURN TO 6 ABOVE. 19. Verweerder lewer kennisgewing van voorneme om te verdedig af/ Defendant

serves a notice of intention to defend. 20. Verweerder het die reg om nadere besonderhede tot die besonderhede van

vordering te versoek/ Defendant has the right to request further particulars to the particulars of claim.

21. Eiser se prokureur moet dit verskaf/Plaintiff’s attorney must provide it. 22. Verweerder moet nou sy verweerskrif lewer en ‘n teeneis instel sou hy wou/

Defendant must now deliver his plea and institute a counter claim should he wish to.

Page 30: UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT DEPARTEMENT ...learning.ufs.ac.za/RPK214_OFF/Resources/1. Resources...5 Die derde assesseringsgeleentheid kan of skriftelik of mondeling afgeneem word,

30

23. As ‘n teeneis ingestel word het eiser die reg om nadere besonderhede te versoek/ If a counter claim is instituted, the plaintiff has the right to request further particulars.

24. Verweerder verskaf nadere besonderhede en eiser lewer verweerskrif af/ Defendant provides further particulars and plaintiff delivers a plea.

25. Eiser en verweerder (ingeval van teeneis) lewer repliek, as nodig/ Plaintiff and defendant (in case of counter claim) replies.

26. Pleitstukke gesluit/ Pleadings closed: LITIS CONTESTATIO. 27. Verhoorvoorbereiding begin/Trial preparation begins. Algemene volgorde van ‘n aansoek. General sequence of an application.

1. Kennisgewing van aansoek/mosie+funderende eedsverklarings+verdere stawende eedsverklarings+enige ander bewysstukke/ Notice of application/motion+founsing affidavit+further corroborating affidavits+any further paper evidence .

2. Respondent lewer kennisgewing van opponering+opponerende eedsverklaring af/ Respondent delivers notice of motion+opposing affidavit.

3. Applikant mag antwoord bwv antwoordende eedsverklaring/ Applicant may answer by way of replying affidavit.

4. Aansoek word te rolle geplaas vir aanhoring/ Motion is enrolled for hearing.

Hof hoor aansoek aan/ Hearing take place.

Page 31: UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT DEPARTEMENT ...learning.ufs.ac.za/RPK214_OFF/Resources/1. Resources...5 Die derde assesseringsgeleentheid kan of skriftelik of mondeling afgeneem word,

31

Voorbeeld van ‘n aanmaningsbrief. XXX Prokureurs Posbusxxxxx Tel:xxxx Bloemfontein Faks en eposxxxxx Ons verwysing: Mnr. C. Kos U verwysing:xxxxx 04.02.09. Mnr. C. Vis Per geregistreerde pos. Posbus 123 Bloemfontein. Geagte Mnr Vis, Motorbotsing uself/ K Vos/04.01.09. Ons bevestig dat ons hierin optree namens Mnr. K Vos, wie ons versoek het om hierdie brief aan u te rig. Ons instruksies is dat u op 04.01.09 op die hoek van xxx en xxx strate, Bloemfontein die bestuurder was van ‘n motorvoertuig wat in ‘n ‘n motorbotsing met ons kliënt se voertuig betrokke was. Ons instruksies is verder dat die botsing te wyte was aan u uitsluitlike nalatige/roekelose bestuur. Verder, dat ons kliënt skade gely het in die bedrag van R12 000.00 synde die redelike en billike herstelkoste van sy voertuig. Ons instruksies is dus om hiermee betaling van u te eis van die bedrag van R12 000.00 tesame met moratore rente daarop, welke betaling ons kantore moet bereik voor of op 15.02.09. Tensy betaling geskied soos vermeld, sal dagvaarding sonder verdere kennisgewing aan u, teen u uitgereik word. In terme van Artikel 56 van die Wet op Landdroshowe, 32/1944, word u ook aanspreeklik gehou vir die koste hiervan in die bedrag van RXXX. Die uwe, C. Kos.

Page 32: UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT DEPARTEMENT ...learning.ufs.ac.za/RPK214_OFF/Resources/1. Resources...5 Die derde assesseringsgeleentheid kan of skriftelik of mondeling afgeneem word,

32

Voorbeeld van besonderhede van vordering. In die landdroshof Bloemfontein, distrik Bloemfonte in, in die saak tussen: K Vos Eiser Saaknommer 2/2009 en W Vis Verweerder . Besonderhede van vordering. 1. Die Eiser is xxxxxxx (volledige beskrywing) 2. Die verweerder is xxxxxx (volledige beskrywing) 3. Die agbare hof het jurisdiksie deurdat die algehele skuldoorsaak binne die hof se jurisdiksiegebied onstaan het. 4. Op 04.01.09, op die hoek van xxx en xxx-strate, Bloemfontein, het ‘n motorbotsing plaasgevind tussen voertuig VVP 123 FS, die eiendom van die eiser en voertuig CCP 321 FS, bestuur deur die verweerder. 5. Die botsing het plaasgevind as gevolg van die uitsluitlike nalatige/roekelose bestuur van die verweerder. 6. As gevolg van die botsing het eiser skade gely in die bedrag van R12 000.00 synde die redelike en billike herstelkoste aan sy voertuig. Weshalwe vorder eiser van verweerder:

1. Betaling van die bedrag van R12 000.00. 2. Rente op voormelde bedrag teen 15.5% a tempore morae.

Page 33: UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT DEPARTEMENT ...learning.ufs.ac.za/RPK214_OFF/Resources/1. Resources...5 Die derde assesseringsgeleentheid kan of skriftelik of mondeling afgeneem word,

33

3. Koste van die geding. 4. Verdere en of alternatiewe regshulp.

Page 34: UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT DEPARTEMENT ...learning.ufs.ac.za/RPK214_OFF/Resources/1. Resources...5 Die derde assesseringsgeleentheid kan of skriftelik of mondeling afgeneem word,

34

Voorbeeld van ‘n beëidigde verklaring ter stawing v an ‘n aansoek om vonnis by verstek. (* Die dagvaarding is gedien en die verweerder reageer nie daarop nie-u wil vonnis by verstek aanvra) In die landdroshof Bloemfontein, distrik Bloemfonte in, in die saak tussen: Saaknommer 2/2009 K Vos Eiser en W Vis Verweerder . Beëdigde verklaring. Ek, die ondergetekende, K Vos, verklaar hiermee onder eed as volg: 1. Ek is die eiser in hierdie saak en die inligting hierin vervat, strek tot my persoonlike kennis. 2. Op 04.01.09 het ek my voertuig, met registrasienommer VVP 123 FS, bestuur in ‘n oostelike rigting in xxx straat, Bloemfontein. Op die hoek van xxx en xxx strate, wat deur ‘n verkeerslig beheer word, het die verkeerslig vir my groen gedui en het ek die kruising binne beweeg. Voertuig CCP 321 FS het van noord na suid beweeg en met my voeruig gebots. Die voertuig was bestuur deur die verweerder. 3. Ek voer eerbiedig aan dat die botsing veroorsaak was deur die uitsluitlike nalatige, in die alternatief, roekelose bestuur van die verweerder deurdat hy onder meer, die verkeerslig ignoreer het. 4.

Page 35: UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT DEPARTEMENT ...learning.ufs.ac.za/RPK214_OFF/Resources/1. Resources...5 Die derde assesseringsgeleentheid kan of skriftelik of mondeling afgeneem word,

35

As gevolg van die botsing, het ek skade gely in die bedrag van R12 000.00, synde die redelike en billike herstelkoste aan my voertuig. Hierby aangeheg as aanhangsel ‘A’ is ‘n kwotasie van Mnre Johny’s Paneelkloppers wat die skade aan my voertuig uiteensit. Ek versoek dus eerbiedig dat vonnis by vertek aan my toegestaan sal word soos uiteengesit op die aansoek om vertekvonnis hierby aangeheg. Aldus gedoen, geteken en beëidig op hierdie 20 dag van Februarie 2009. -------------------------- K. Vos. Ek verklaar dat die deponent geen beswaar geopper het teen die aflegging van die eed nie, dat hy onder eed verklaar het dat die inhoud hiervan waar en korrek is. Aldus beëidig voor my op hierdie 20 dag van Februarie 2009. ---------------------------- Kommissaris van Ede. VOLLE NAME: AMP: AREA: ADRES:

Page 36: UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT DEPARTEMENT ...learning.ufs.ac.za/RPK214_OFF/Resources/1. Resources...5 Die derde assesseringsgeleentheid kan of skriftelik of mondeling afgeneem word,

36

VOORBEELD VERSOEK OM NADERE BESONDERHEDE LANDDROSHOF. KOPSKRIF=HOF, PARTYE EN SAAKNOMMER. Versoek om nadere besonderhede . Ten einde die verweerder in staat te stel om te pleit, versoek hy hiermee die volgende nadere besonderhede van die eiser. 1. Ad paragraaf 4 van die besonderhede van vordering: 1.1 Hoe laat het die botsing na bewering plaasgevind? 1.2 Wie is die eienaar van voertuig CCP 321 FS? 1.3 In watter rigting het die onderskeie voertuie gery net voor die botsing? 2. Ad paragraaf 5 van die besonderhede van vordering:

1.1 Op welke gronde word beweer dat die verweerder nalatig/roekeloos bestuur het?

3. Ad paragraaf 6 van die besonderhede van vordering: Hoe word die bedrag van die beweerde skade saamgestel en opgemaak? Aldus gedoen en geteken op --- dag van --- 2010 C Sox Prokureur vir die verweer der Adres: xxxxxxxxx Aan: Die klerk van die Landdroshof Bloemfontein Adres xxxxx En aan: Xxxxx Prokureur vir die verweerder Adres: xxxxxxx Afskrif hiervan ontvang op xxx dag van xxx 2010.

Page 37: UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT DEPARTEMENT ...learning.ufs.ac.za/RPK214_OFF/Resources/1. Resources...5 Die derde assesseringsgeleentheid kan of skriftelik of mondeling afgeneem word,

37

VOORBEELD VAN NADERE BESONDERHEDE Kopsskrif=partye, hof en saaknommer. Nadere besonderhede Die eiser verskaf hiermee die volgende nadere besonderhede aan die verweerder soos versoek. 1. Ad paragraaf 4: 1.1 12h30. 1.2 Inligting word nie benodig vir doeleindes van pleit nie. 1.3 Eiser se voertuig: oos na wes; verweerder se voertuig: noord na suid. 2. Ad paragraaf 5: 2.1 Die verweerder was in een of meer van die volgende opsigte nalatig: 2.1.1 Hy het nie behoorlik uitkyk gehou vir ander voertuie nie. 2.1.2 Hy het geen stappe geneem om die botsing te vermy nie. 2.1.3 Hy het die kruising binne gegaan terwyl dit onveilig was om dit te doen. 2.1.4 Hy het te vinnig onder die omstandighede bestuur. 3. Ad paragraaf 6. Sien die aangehegte kwotasie van Mnre Johny’s Paneelkloppers. Aldus gedoen en geteken te xxxx op xxxx 2010. T Fox Prokureur vir die eiser Adres: xxxxx Aan: Die klerk van die Landdroshof Bloemfontein Adres:xxxxx En aan: Xxxxx: Prokureur vir die verweerder Adres: xxxxxx

Page 38: UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT DEPARTEMENT ...learning.ufs.ac.za/RPK214_OFF/Resources/1. Resources...5 Die derde assesseringsgeleentheid kan of skriftelik of mondeling afgeneem word,

38

VOORBEELD VAN VERWEERSKRIF KOPSKRIF=PARTYE, HOF EN SAAKNOMMER Verweerskrif Die verweerder pleit as volg op die eiser se eis soos aangevul deur die nadere besonderhede: 1. Ad paragrawe 1, 2, .3 en 4: Die verweerder erken die inhoud van hierdie paragrawe. 2. Ad paragraaf 5: Die verweerder ontken dat hy in enige van die beweerde of ander opsigte nalatig was en pleit dat die botsing en skade daaruit voortvloeiend tewyte was aan die nalatigheid van die eiser. In die alternatief, indien die hof wel bevind dat die verweerder nalatig was en dat sy nalatigheid die oorsaak was van die botsing en dus die eiser se skade (wat steeds ontken word) pleit verweerder dat eiser bydraend nalatig was en dat sy nalatigheid bygedra het tot die skade wat hy gelei het. 3. Ad paragraaf 6: Verweeerder erken dat eiser se voertuig beskadig is in die botsing, maar ontken die aard en en omvang van die skade en plaas die eiser tot die bewys daarvan. Die verweerder verwys origsins na die teeneis wat hiermee tesame geliaseer word. Weshalwe vorder verweerder:

1. Dat eiser se eis van die hand gewys word met koste. 2. Alternatiewelik: dat die hof ‘n verdeling van skade ingevolge die Wet op

die Verdeling van Skadevergoeding 34/56 maak en koste ook dienooreenkomstig toeken.

3. Verdere en of alternatiewe regshulp.

Page 39: UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT DEPARTEMENT ...learning.ufs.ac.za/RPK214_OFF/Resources/1. Resources...5 Die derde assesseringsgeleentheid kan of skriftelik of mondeling afgeneem word,

39

Gedoen en geteken te Bloemfontein op xxx van xxx 20xxx -------------------------- Xxxxxxxx Prokureur vir verweerder Xxxxx (Adres) Aan: Klerk van die hof Bloemfontein En aan: Xxxx Prokureur eiser Xxx (Adres) Afskrif hiervan ontvang op hierdie xxx dag van xxx20xxx

Page 40: UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT DEPARTEMENT ...learning.ufs.ac.za/RPK214_OFF/Resources/1. Resources...5 Die derde assesseringsgeleentheid kan of skriftelik of mondeling afgeneem word,

40

VOORBEELD TEENEIS Kopskrif=hof, partye en saaknommer Teeneis 1. Die eiser is konvensie is die verweerder in rekonvensie en die verweerder in konvensie is die eiser in rekonvensie. Gerieflikheidshalwe word na die partye verwys soos in die eis in konvensie (die hoofeis) 2. Die agbare hof het jurisdiksie aangesien die algehele skuldoorsaak binne sy jursidiksie plaasgevind het. 3. Op xxxx te xxxx het ‘n botsing plaasgevind tussen voertuig xxxx die eiendom van die verweerder en voertuig xxxx bestuur deur die eiser. (Nou gaan u net soos by die besonderhede van vordering voort om die besonderhede te voltooi)

Page 41: UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT DEPARTEMENT ...learning.ufs.ac.za/RPK214_OFF/Resources/1. Resources...5 Die derde assesseringsgeleentheid kan of skriftelik of mondeling afgeneem word,

41

Praktiese punte rondom beëidigde verklarings. 1. ‘n Beëidigde verklaring is ‘n verklaring wat gemaak word deur ‘n persoon-

genoem die deponent-voor ‘n kommissaris van ede-waarin hy verklaar dat hy die inhoud van die verklaring verstaan, dit bindind op sy gewete vind en voor God sweer dat dit die waarheid is.

2. ‘n Persoon wat geloofbesware het om te sweer, ‘verklaar plegtig’ dat die

inhoud die waarheid is. 3. ‘n Kommissaris van ede is gewoonlik ‘n persoon wat ex officio (uit hoofde van

sy aanstelling of beroep) ‘n kommissaris van ede is. 4. Indien dit later blyk dat ‘n persoon nie die waarheid verklaar het onder eed of

as hy ‘n verklaring ‘plegtig’ gemaak het nie, kan hy strafregtelik vervolg word weens meineed.

5. In siviele litigasie het mens te doen met verskillende beëidigde verklarings:

5.1 Die BV wat ‘n aansoek begin, nl. die van die applikant, word genoem FUNDERENDE EEDSVERKLARING.

5.2 Die BV of meerderes wat hy aanheg om sy eie saak te staaf word

STAWENDE EEDSVERKLARINGS genoem.

5.3 Die respondent se opponerings BV word OPPONERENDE EEDSVERKLARING genoem en dit wat sy BV staaf is STAWENDE OPPONERENDE eedsverklarings.

6. Die aanhef tot ‘n BV waar die deponent in sy persoonlike hoedanigheid onder

eed verklaar is: ‘Ek die ondergetekende, xxxx, die applikant in hierdie saak, verklaar hiermee onder eed as volg: die inligting behalwe wanneer tot die teendeel verklaar, strek tot my persoonlike kennis. Ek is ‘n volwasse manspersoon werksaam as xxx te xxx en woonagtig te xxx.’.

7. Die aanhef van ‘n BV waar die deponent in verteenwoordigende

hoedanigheid verklaar wissel na gelang van die magtiging en hoedanigheid in terme waarvan die deponent optree en die BV afgelê word.

8. So bv. sal ‘n eksekuteur van ‘n bestorwe boedel as volg verklaar: ‘Ek die

ondergetekende, xxx, in my hoedanigheid as die eksekuteur in die boedel van wyle xxx, behoorlik daartoe gemagtig kragtens eksekuteursbrief No. aan my uitgereik deur die Meester van die Hoë Hof van die Vrystaatste Provinsiale Afdeling, verklaar hiermee onder eed as volg….’

Page 42: UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT DEPARTEMENT ...learning.ufs.ac.za/RPK214_OFF/Resources/1. Resources...5 Die derde assesseringsgeleentheid kan of skriftelik of mondeling afgeneem word,

42

9. Dikwels word ‘n persoon ook gemagtig om kragtens ‘n volmag, hetsy algemene volmag of spesiale volmag namens iemand anders op te tree. Daarop te let dat ‘n algemene volmag in die Akteskantoor geregistreer word. So deponent sal as volg verklaar: ‘Ek die ondergetekende, behoorlik daartoe gemagtig kragtens algemene volmag aan my verleen deur Alette Nel, No. PA 123/10, verklaar hiermee onder eed as volg…’.

Page 43: UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT DEPARTEMENT ...learning.ufs.ac.za/RPK214_OFF/Resources/1. Resources...5 Die derde assesseringsgeleentheid kan of skriftelik of mondeling afgeneem word,

43

Voorbeelde kort vorme van besonderhede van vorderin g in die Landdroshof. ( Dit word op die dagvaardingvorm gedr uk) Besonderhede van vordering. Eis 1 Eiser se eis teen verweerder is vir betaling van R5000.00, synde goedere verkoop en gelewer deur Eiser aan verweerder op 12.12.1999 op laasgenoemde se spesiale instansie en versoek welke bedrag opeisbaar en betaalbaar is, en verweerder nieteenstaande aanmaning daartoe weier en of versuim om te betaal. Weshalwe vorder Eiser van Verweerder: 1.Betaling van die bedrag van R5000.00 2.Rente op voormelde bedrag teen 15.5% p.j. a tempore morae, of Rente op voormelde bedrag teen 15.5% p. j.vanaf 30.12.1999. 3.Koste van die geding 4.Verdere en of alternatiewe regshulp. Eis 2 Eiser se eis teen verweerder is vir betaling van die som van R101,000.00, synde geld geleen en voorgeskiet deur die Eiser aan die Verweerder op 12.12.1999 op laasgenoemde se spesiale instansie en versoek, welke bedrag opeisbaar en betaalbaar is en verweerder, nieteenstaande aanmaning daartoe, weier en of versuim om te betaal. Ten einde die eis binne die jurisdiksie van bogenoemde agbare hof te bring , abandoneer die Eiser hiermee die bedrag van R1000.00. Weshalwe vorder Eiser van verweerder: 1.Betaling van R100,000.00 2.Rente teen 20%p.j. vanaf 30.12.1999 3.Koste van die geding 4.Verdere en of alternatiewe regshulp. Eis 3. Die Eiser is die houer van ‘n tjek getrek deur die verweerder op Absa Bank vir die som van R20,000.00, gedateer 20.1.2000, ten gunste van eiser, welke tjek, toe dit behoorlik aangebied is vir betaling deur die Eiser deur die Bank gedishonoreer is, deurdat dit terugverwys is na trekker.

Page 44: UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT DEPARTEMENT ...learning.ufs.ac.za/RPK214_OFF/Resources/1. Resources...5 Die derde assesseringsgeleentheid kan of skriftelik of mondeling afgeneem word,

44

Weshalwe vorder Eiser van Verweerder: 1.Betaling van R20,000.00 2.Rente op voormelde bedrag teen 15.5% a tempore morae 3.Koste van die geding 4.Verdere en of alternatiewe regshulp.

Page 45: UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT DEPARTEMENT ...learning.ufs.ac.za/RPK214_OFF/Resources/1. Resources...5 Die derde assesseringsgeleentheid kan of skriftelik of mondeling afgeneem word,

45

RPK 412 GROUP DIVISION 2011 / RPK 412 GROEP INDELING 2011

FIRST SEMESTER / EERSTE SEMESTER

APPEAL / APPÉL CRIMINAL / KRIMINEEL

Name / Name Student(e) No / Nr

Name / Name Student(e) No / Nr

1 NO STUDENTS / 2 GEEN STUDENTE 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18

FAMILY / FAMILIE CIVIL / SIVIEL

Name / Name Student(e) No / Nr

Name / Name Student(e) No / Nr

1 1 2 2 3 3 4 4 5 5 6 6 7 7 8 8 9 9

10 10 11 11 12 12 13 13 14 14

Page 46: UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT DEPARTEMENT ...learning.ufs.ac.za/RPK214_OFF/Resources/1. Resources...5 Die derde assesseringsgeleentheid kan of skriftelik of mondeling afgeneem word,

46

15 15

Page 47: UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT DEPARTEMENT ...learning.ufs.ac.za/RPK214_OFF/Resources/1. Resources...5 Die derde assesseringsgeleentheid kan of skriftelik of mondeling afgeneem word,

47

LABOUR / ARBEID EVICTION / UITSETTING

Name / Name Student(e) No / Nr

Name / Name Student(e) No / Nr

1 1 2 2 3 3 4 4 5 5 6 6 7 7 8 8 9 9

10 10 11 11 12 12 13 13 14 14 15 15

Page 48: UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT DEPARTEMENT ...learning.ufs.ac.za/RPK214_OFF/Resources/1. Resources...5 Die derde assesseringsgeleentheid kan of skriftelik of mondeling afgeneem word,

48