tema 12: feesdae - christelike biblioteek gr 3...die deeg spat wild en wakker oor die vloer en teen...
TRANSCRIPT
66
Tema 12: FeesdaeWeek 7 Datum: ____________
Magriet bak brood
“Magriet, bly jy nou stroopsoet tuis, want ek gaan gou dorp toe,” sê Magriet se ma en klim in die kar.
Ma is skaars om die hoek, of Magriet draf blitsvinnig kombuis toe. “Vandag gaan ma se asem wegslaan as sy sien wat haar spogkind al les kan doen,” sê sy sag. Sy gryp haar ma se boek met resepte van die rak en blaai vinnig deur die boek. A! Daar is die resep vir brood!
Magriet skakel die menger aan en lees:“Twee koppies meelblom, een teelepel sout .... Ag, vlieg! Af van my neus af! Ek kan nie lees nie!”“Twee eetlepels bakpoeier ... “ lees sy verder. “Dis nogal baie!
67
Een en ’n halwe koppie melk, twee eetlepels botter, een eier ... “
Sy meng al les goed. Die deeg spat wild en wakker oor die vloer en teen die muur.
Magriet smeer die broodpan, gooi die deeg in, en sit die brood in die oond. Toe gaan sy doodstil voor die oond en wag. Wanneer gaan die brood tog rys?
Sy sing ’n liedjie om die broodjie te help.
“Ag, kom nou, broodjie, rys tog op,ek soebat jou, moet my nie fop!Dat jy so plat wil bly, is sommer bog.Ma kom nou-nou, dan wil ek met jou spog!”
Maar die broodjie bly stokdoof.“Dalk is die oond nie warm genoeg nie! Nou stel ek dit sommer vuurwarm,” dink Magriet. Sy draai die oond tot dit bloedrooi gloei. Die plan werk, en die deeg begin te rys... en te rys... en te rys! Dit rys oor die rant van die pan, dit loop teen die kante af, dit drup in die oond. Pikswart rook begin te borrel! Magriet sit die oond gou af en pluk die deur oop. Sy dra die brood na die tuin toe.
“Kom nou, broodjie, weg is jy!In die gat in die tuin moet jy gaan bly!Niemand sal eers van jou weet,en ek, ek sal heel eerste van jou vergeet!”
sing sy en krap die gat met die graaf toe.
68
Vinnig besluit Magriet om maar vir ma ’n sny brood te smeer. Dit kan sy beter doen! Op die brood sit sy grasgroen blaarslaai en kraakvars tamatie uit hul le eie tuin. Sy sal ma net uit die kombuis wat so na rook ruik moet hou! Maar daarvoor het sy ook ’n plan! Gou maak sy ’n kaartjie en sit dit op die deur.
Ma geniet die lekker broodjie en Magriet voel in haar skik met haarself. Toe die klokkie lui, gaan maak sy die deur gou oop. Dis tannie Marie, hul buurvrou, en haar seun Koert, wat kom kuier.
“Wil jy ook ’n broodjie hê, Marie? vra Magriet se ma en hou die bord na haar buurvrou. “My slim kind het dit gemaak, Koert.”“Ai, Koert! Ek wens jy wil ook soms so fluks wees,” sê tannie Marie.Magriet bloos bloedrooi. “Dis goed hul le weet nie hoe lyk die kombuis nie!” sê sy sag vir haarself.
Net toe begin Waaksaam onkeerbaar blaf, en Magriet en Koert draf verlig uit om te kyk wat aangaan. “Kyk, hy blaf vir die aarde wat hier so oplig!” sê Koert terwyl sy oë wawyd rek.
“Dis sommer iets wat mol le wegjaag,” sê Magriet gou. “Kom Koert, ek gaan vir ons yskoue koeldrank skink.”
69
Datum: _____________
Magriet bak brood
Voltooi die sinne:
1. Magriet bly _________ soet tuis.
2. Die oond gloei _________ rooi.
3. Sy sit _________ groen blaarslaai en _________vars tamaties op die brood.
4. Sy bloos _________ rooi.
5. Sy gaan ______ koue koeldrank inskink.
Waarom wou die brood nie ophou rys nie?
____________________________________________________________________

70
Datum: _____________Kies die woord wat pas en voltooi die blokkiesraaisel
Woordeskat:
snawel bek snoetvere hare penne skubbe pote kloue hoewe
Dwars
1. ’n Hoender het ___________________ .
2. ’n Valk het ________________________ .3. ’n Hond het ________________________ .4. ’n Perd het ’n _____________________ .5. ’n Perd het ________________________ .
Af
1. ’n Vark het ________________________ .2. ’n Kat het _________________________ .3. ’n Leeu het ________________________ .4. ’n Vis het __________________________ .
5. ’n Ystervark het _________________ .
1 2
2 3
2 5
3
4
5
4
71
Datum: _____________
Help die skoenlapper om by die blomme te kom:
72
Intensiewe vorm Datum: _____________
Lees die leidraad en voltooi:
As iets baie duur is, is dit ____________ duur.
As iets baie soet is, is dit ____________ soet.
As iets baie glad is, is dit ____________ glad.
As iets baie koud is, is dit ____________ koud.
As iets baie warm is, is dit ____________warm.
As iets baie rooi is, is dit ____________ rooi.
As iets baie groen is, is dit ____________groen.
73
Datum: _____________
Kinders van Israel
In Israel gaan die kinders ook skool toe. Die kinders het elkeen ’n sleutel van hul le huis. Hul le dra die sleutel om hul le nekke. Hul le kom voor hul le ouers tuis en kan dan die huis oopsluit.
Die kinders gaan ses dae skool. Hul le staan elke môre vroeg op. Hul le maak hul le eie beddens op en eet dan ontbyt van melk, pap en vrugte. Net op die Sabbatdag (Saterdag) gaan hul le nie skool toe nie.
Hul le leer dieselfde vakke as ons, maar hul le het baie meer feesdae. Op die feesdae is daar vlae, vuurwerke en volksdanse. Die sinagoge (kerk) se feesdae vier hul le anders fees. Op die Loofhuttefees bou hul le hutjies van takke. Die fees duur agt dae. Op Paasfees pluk die kinders blomme in die veld en kuier saans by Oupa en Ouma. Hul le eet dan ongesuurde (plat) broodjies. Op Nuwejaarsdag plant hul le bome.
Daar is binnenshuide speelplekke waar die kinders sokker, netbal en ander speletjies speel. Hul le kan ook volksdanse doen en in kore sing. By die huise is ’n storiekamer waar iemand vir die kinders stories vertel. Die kinders in Israel is altyd besig en loop nie in die strate rond nie.
74
Beantwoord die volgende vrae:
1. Wat het elke kind in Israel by hom?
___________________________________________________________________
2. Waar dra hul le dit?
___________________________________________________________________
3. Hoeveel dae gaan hul le skool?
___________________________________________________________________
4. Wie kom eerste by die huis?
___________________________________________________________________
5. Hoe laat staan die kinders in die oggend op?
___________________________________________________________________
6. Wanneer gaan hul le nie skool nie?
___________________________________________________________________
7. Wat doen hul le op die Loofhuttefees?
___________________________________________________________________
8. Hoe lank hou dié fees aan?
___________________________________________________________________
9. Met wattter fees eet hul le plat broodjies?
___________________________________________________________________
10. Waar kry ’n mens die kinders nie?
___________________________________________________________________
75
Versamelname Datum: _____________
Versamelname is een woord wat ’n groep beskryf
Kies die regte woord om in te vul:
werpsel, skare, boord, snoer, stoet, skool, span, vloot, swerm, trop.
’n _______________ skape/bokke ’n _______________ motors
’n _______________ bye/voëls ’n _______________ visse
’n _______________ osse ’n _______________ mense
’n _______________ skepe ’n _______________ hondjies
’n _______________ pêrels ’n _______________ vrugtebome
Antonieme Datum: _____________
Skryf die antoniem (teenoorgestelde) neer:
lig _________________ vet _________________
krom _________________ man _________________
oud _________________ lewendig _________________
mooi _________________ oop _________________
kort _________________ dom _________________
vriendelik _________________ jonk _________________
opgewonde _________________ groot _________________
helder _________________ vinnig _________________
76
Speltoets Datum: _____________
____________________________________________________________________
____________________________________________________________________
____________________________________________________________________
____________________________________________________________________
____________________________________________________________________
Diktee ge- ver- be- Datum: _____________

Nuus Datum: _____________

77
Datum: _________________
Verryking, nasorg en aanvul lende werk

Kreatiewe werk
78
Week 8 Datum: ____________
Geitjie en Dassie
(Geitjie en Dassie lê op ’n klip in die son.)
Dassie: (Klaend) Geitjie, gee pad uit my son! Jou skadu val net mooi op my yskoue rug.
Geitjie: (Bitsig, met ’n rooi gesig) Ag toe nou, ou Dassie! Jy is ’n regte klakous! Waar het jy al ooit gehoor ’n klein geitjie se skadu kan ’n das hinder!
(Geitjie spring vererg op en glip weg deur ’n skeur. Hy is skaars om die eerste draai, of hy voel iets vreemd aan sy lyfie. Iets is vreeslik verkeerd!)
(Dis sy stert! Sy stert is weg! Dit het êrens in die veld verloor. Geitjie is asvaal van die skrik. (Hy kyk tussen elke gras, agter elke blaar, onder elke bos, maar die stert is net weg.)
79
Geitjie: Ag tog! My stert het verloor! Hoe kon dit gebeur het? ’n Stert verloor ’n mens mos nie so maklik nie! ’n Geitjie sonder ’n stert lyk regtig verspot. Ek sal die stert moet gaan soek.
Geitjie: (vol hoop) O ja! Nou onthou ek! Ek was by Mossie. Miskien het my stert aan die boom se bas vasgehaak.
Mossie: (verbaas) Dag Geitjie, is jy al weer hier?
Geitjie: (haastig) Ek kan nie nou praat nie, Mossie. Ek soek my stert!
(Geitjie soek tussen die takkies, in die mikkies en onder die veertjies in die nessie, maar verniet! Die stertjie is weg. Met ’n seer hartjie gaan hy onder die boom sit en huil, net toe Miempie Miertjie daar aankom.)
Miempie: Ag nee, Geitjie! waarom lyk jy so hartseer vandag?
Geitjie: (snikkend) Ag, Miempie, ’n ramp het my getref. Ek het my stertjie verloor! Ek het my al stokflou gesoek, maar kan dit nie vind nie. Ek kan net nie dink waar dit vasgehaak en afgeskeur het nie.
Miempie: As die stert vasgehaak en afgeskeur het, sou jy dit dadelik gevoel het, Geitjie. Daar moes iets anders gebeur het.
Geitjie: Iets anders? Soos wat?
Miempie: Het jy jou nie dalk vanmôre vir iemand vererg nie?
Geitjie: (word sommer weer rooi) Vererg! Ek het my bloedig vererg vir Das! Das met sy dik kop jaag my so ewe uit sy son! Hoe kan my rietskraal lyfie sy son afkeer?
Miempie: Aha! Dis waar dit gebeur het!
80
Geitjie: Waar het wat gebeur?
Miempie: Waar jy jou stert verloor het! Jou mamma het seker gedink jy is nog so bloedjonk dat sy jou nie hoef te vertel nie. Maar my ma het my vertel ’n geitjie mag hom nooit vererg nie, want dan gaan sy stert só blitsvinnig afval dat hy dit nie eers voel nie!
(Geitjie gee Miempie net een kyk, en voor jy kan sê “mes” verdwyn hy na die klip waar hy by Das gelê het. Ja, waarlik! Daar lê sy stert, oop en bloot op die rots, net daar waar hy hom vererg het!)
Geitjie: Spyt kom te laat! Ek sal liewer tot tien tel voor ek my weer vererg!
Lees die dialoog saam met ’n maat.Lees die dialoog saam met jou klas. Verdeel in drie groepe. Elke groep is ’n ander karakter.
Het jy al gehoor dat iemand sê: “Moenie so kwaad word nie, jou stertjie sal afval!” Sou hul le dalk van Geitjie gehoor het?
81
Datum: _____________
1. Kyk na paragraaf 5 op bladsy 79 . In hierdie paragraaf kruip daar verkleinwoorde weg. Skryf hul le neer.
_______________________________
_______________________________
_______________________________
_______________________________
_______________________________
_______________________________
_______________________________
2. Toe Geitjie by Das op die klip klim, het Das weer met hom begin skoor soek. Wat het hul le gesels? Maak die dialoog klaar.
Das: Is jy alweer hier, jou nare geitjie?
Geitjie: Ja, ____________________________________________________
Das: _________________________________________________________
Geitjie: _________________________________________________________
Das: _________________________________________________________
Geitjie: Een, twee, drie, vier, _____________________________
_________________________________________________________
82
Lees die feite oor die geitjie en voltooi die breinkaart:
Die geitjieGeitjies is reptiele. Dit beteken dat hul le bloed koud is, en nie warm soos ’n mens se bloed nie.
Daar is 450 soorte geitjies en die meeste van hul le maak tjrr-geluide.
Geitjies kan maklik onderstebo loop. Onder hul le pootjies is klein kussinkies waarmee hul le aan plafonne, mure, klippe en takke kan vasklou.
Geitjies lê gewoonlik twee eiers wat hul l êrens vasplak waar dit nie maklik gesien kan word nie.
Geitjies kan in die donker sien.
Geitjies
pote ________________________________
oë ________________________________
reptiele ________________________________
eiers ________________________________