sportkompleks deel van universiteit se sportstrategie · 2010. 7. 13. · • die planne vir ’n...

4
Kampusnuus - 5 Die werkkomitee oor fasiliteite van die institu- sionele hoofkantoor het die volgende terugvoer oor geboue en fasiliteite van die drie kampusse na sy onlangse vergadering gegee. Hieronder is kortliks nuus aangaande geboue op die Potchefstroomkampus. • Die plasing van die huisouerhuise van Hombré en Caput op die terrein is gefinaliseer, tenders is ontvang en word binnekort oorweeg. • Die opgradering van Wag-'n-Bietjie vorder goed en die voltooiingsdatum is steeds 30 Junie. • Die opgradering van Ratau en Laureus is ge- skeduleer vir die tweede helfte van 2005 teen 'n beraamde koste van sowat R6 miljoen vir beide koshuise. Die proses maak ook voor- siening vir ’n huisouerhuis. Die bestaande fasiliteite sal terug verander word na kamers. • Die planne vir ’n nuwe astro-hokkiebaan is Personeelsake Mense met gestremdhede is net so belangrik soos alle ander in die gemeenskap en lewer ’n ewe groot bydrae. Universiteitsbestuur wil werknemers meer bewus maak van mense op kampus met gestremdhede en is tans besig om ’n beleid daaroor saam te stel. Onder andere veroorsaak negatiewe en verwysen- de taal ’n negatiewe beeld en mense met gestremd- hede is kwesbaar vir die misbruik van taal en termino- logie wanneer dit die effek van etikettering en stereoti- pering het. Dit kom uiteindelik op onbillike diskriminasie neer. Indien mense twyfel oor hoe om na mense met gestremdhede te verwys, beskryf eerder die persoon en nie die getremdheid nie. Vermy beelde wat jammer- hartigheid of skuldgevoelens ontlok en verwys slegs na die individu se gestremdheid indien dit relevant is. Kampusnuus sal poog om in elke uitgawe meer inligting oor die probleme wat mense met gestremd- hede ervaar, te plaas. Vir inligting skakel Peet du Toit by x2694 skakel of inligting op die webblad by www.puk.ac.za/opencms/export/PUK/html/wellness/ Hulp/Werknemerondersteuning/gestremdheid Gestremdheid Die nuwe sportkompleks van etlike miljoene rand op die Fanie du Toit-sportterrein sal moontlik teen vroeg Oktober vanjaar afgehandel wees. Die kompleks sal bekend staan as die Noordwes Instituut vir Sport. Dit vorm deel van die universiteit se benadering om die verskillende rolspelers wat by die ontwikkeling van sport op die kampus betrokke is, in een gebou bymekaar te plaas. Prof. Danie Malan, koördineerder van die projek by die PUK, sê hulle het ondersoek gedoen en besluit om die drie fasette van sport, naamlik PUK-sport (rugby- instituut en georganiseerde studentesport), aka- demiese programme en navorsing en die kommer- sialisering van sport (oorsese atlete wat die fasiliteite gebruik), as deel van die PUK se sportontwikke- lingstrategie onder een dak saam te snoer. Hy sê die provinsiale departement van sport, kuns en kultuur het ook hulle ondersteuning aan hierdie inisiatief toegesê. Spor Spor Spor Spor Sportk tk tk tk tkompleks deel v ompleks deel v ompleks deel v ompleks deel v ompleks deel van uni an uni an uni an uni an univer er er er ersiteit se siteit se siteit se siteit se siteit se spor spor spor spor sportstr tstr tstr tstr tstrate te te te tegie gie gie gie gie Prof. Dawie Malan by die nuwe sportkompleks wat by die Fanie opgerig word. Die nuwe kompleks bestaan uit ’n grondvloer met ’n sportwetenskap- laboratorium, ’n groot sportgimnasium, sportmediese dienste, ‘n sportrehabili- tasie-swembad, ysbaddens en ’n kafeteria. Die eerste vloer sal PUK- sport, die PUK Rugbyinstituut en sportkommersialisering huisves. Die tweede vloer sal sportwetenskap van die skool vir biokinetika, rekreasie en sportwetenskap, die Noordwes sport- akademie, ‘n sportinligtingsentrum en ‘n lesinglokaal huisves. Malan sê die sportkompleks sal vir die NWU ‘n belangrike sportweten- skaplike opleidings- en navorsings- fasiliteit wees wat beslis tot die ontwikkeling van sport in die provinsie en die land gaan bydra. Altesame dertien van die 57 doktorsgrade wat onlangs deur die Noordwes-Universiteit toegeken word is, is PUK- personeel. Die herfsgradeplegtigheid van die Potchef- stroom- en Vaaldriehoekkampusse van die NWU is op 13 Mei op Potchefstroom gehou. Dit is die grootste groep nog wat op een plegtigheid doktorsgrade ontvang het. Die Pukke is Gerhard Koekemoer , dosent aan die departe- ment statistiek, Roan Louw van die vakgroep biochemie, ds. Rantoa Letsosa, dosent by die fakulteit teologie, Aubrey Golightly, lektor in geografie-onderwys, Elmarie Slabbert , do- sent in toerismebestuur, Werner Bouwer ,’n na-doktorale stu- dent besig met die ontwikkeling van termiese- en energie- bestuurs- sagteware by die PUK, Werner Geldenhuys, ‘n na- doktorale vennoot verbonde aan die departement farma- seutiese wetenskappe by die skool vir farmasie, Margaretha Opperman, ‘n tydelike lektor in terapeutiese voeding en gemeenskapvoeding, Julialet Rens, dosent in die fakulteit opvoedingwetenskappe, Kenneth Lesedi, vakspesialis/ navorser by die sentrum vir onderwys en verkeersveiligheid, Willem den Heijer van die NWU se Measurement and Verifi- cation-span, Jan-Hendrik Kruger, ‘n navorsingsassistent in die skool vir meganiese en materiaalingenieurswese en Leon Koekemoer , ‘n senior lektor in chemiese ingenieurwese. Na twee jaar is daar weer ‘n PUK wat in die Suid-Afrikaanse Akade- mie vir Wetenskap en Kuns se taal- kommissie (wat die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls saamstel) dien. Prof. Gerhard van Huyssteen, hoof van CtexT in die navorsings- eenheid tale en literatuur in die SA konteks, is op 32-jarige ouderdom waarskynlik die jongste lid van die kommissie in die akademie se bestaan. Die verbintenis tussen die taalkommissie en personeel van die vakgroep Afrikaans en Nederlands kom al ‘n lang pad vandat prof. SPE Boshoff in 1922 tot lid van die kommissie benoem is. Ander Pukke wat oor die jare in die kommissie gedien het, is proff. FJ Labuschagne, Hertzog Venter, Hans du Plessis, Wannie Carstens. (Prof. Heilna du Plooy dien in die letterkundekommissie van die Akademie.) afgehandel. Tenders sal binnekort oorweeg word sodat met konstruksie begin kan word. • Die afbreek van die asbesblok bekend as Anneks is bevestig, hoewel dit nie nou as ’n prioriteit beskou word nie. • 'n Houtplatform met ’n toonbank langs die rugbyveld is goedgekeur en sal deur buite- finansiering gedoen word. • Tenders is geplaas vir die omskepping van werkswinkels na ’n lesingsaal by chemiese en meganiese ingenieurswese. • Finale planne is goedgekeur vir die opgra- dering en herinrigting van die ou muurbalbane by weskampus se ingang as opleidingsentrum vir beskermingsdienste. • Institusionele hoofkantoor - daar is nog geen bevestiging of die voorkeurterrein deur die stadsraad van dienste verskaf kan word nie. Nóg PUK-geboue kry aandag Nog 13 slimkoppe vir PUK KN Mei 2005 uitgawe.p65 5/19/2005, 2:33 PM 5

Upload: others

Post on 23-Mar-2021

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Sportkompleks deel van universiteit se sportstrategie · 2010. 7. 13. · • Die planne vir ’n nuwe astro-hokkiebaan is Personeelsake Mense met gestremdhede is net so belangrik

Kampusnuus - 5

Die werkkomitee oor fasiliteite van die institu-sionele hoofkantoor het die volgende terugvoeroor geboue en fasiliteite van die drie kampussena sy onlangse vergadering gegee.

Hieronder is kortliks nuus aangaande geboueop die Potchefstroomkampus.

• Die plasing van die huisouerhuise vanHombré en Caput op die terrein is gefinaliseer,tenders is ontvang en word binnekort oorweeg.

• Die opgradering van Wag-'n-Bietjie vordergoed en die voltooiingsdatum is steeds 30 Junie.

• Die opgradering van Ratau en Laureus is ge-skeduleer vir die tweede helfte van 2005 teen'n beraamde koste van sowat R6 miljoen virbeide koshuise. Die proses maak ook voor-siening vir ’n huisouerhuis. Die bestaandefasiliteite sal terug verander word na kamers.

• Die planne vir ’n nuwe astro-hokkiebaan is

Personeelsake

Mense met gestremdhede is net so belangrik soos alleander in die gemeenskap en lewer ’n ewe groot bydrae.Universiteitsbestuur wil werknemers meer bewusmaak van mense op kampus met gestremdhede en istans besig om ’n beleid daaroor saam te stel.

Onder andere veroorsaak negatiewe en verwysen-de taal ’n negatiewe beeld en mense met gestremd-hede is kwesbaar vir die misbruik van taal en termino-logie wanneer dit die effek van etikettering en stereoti-pering het. Dit kom uiteindelik op onbillike diskriminasieneer. Indien mense twyfel oor hoe om na mense metgestremdhede te verwys, beskryf eerder die persoonen nie die getremdheid nie. Vermy beelde wat jammer-hartigheid of skuldgevoelens ontlok en verwys slegsna die individu se gestremdheid indien dit relevant is.

Kampusnuus sal poog om in elke uitgawe meerinligting oor die probleme wat mense met gestremd-hede ervaar, te plaas. Vir inligting skakel Peet du Toitby x2694 skakel of inligting op die webblad bywww.puk.ac.za/opencms/export/PUK/html/wellness/Hulp/Werknemerondersteuning/gestremdheid

Gestremdheid

Die nuwe sportkompleks van etlike miljoene rand opdie Fanie du Toit-sportterrein sal moontlik teen vroegOktober vanjaar afgehandel wees. Die kompleks salbekend staan as die Noordwes Instituut vir Sport. Ditvorm deel van die universiteit se benadering om dieverskillende rolspelers wat by die ontwikkeling vansport op die kampus betrokke is, in een geboubymekaar te plaas.

Prof. Danie Malan, koördineerder van die projek bydie PUK, sê hulle het ondersoek gedoen en besluit omdie drie fasette van sport, naamlik PUK-sport (rugby-instituut en georganiseerde studentesport), aka-demiese programme en navorsing en die kommer-sialisering van sport (oorsese atlete wat die fasiliteitegebruik), as deel van die PUK se sportontwikke-lingstrategie onder een dak saam te snoer.

Hy sê die provinsiale departement van sport, kunsen kultuur het ook hulle ondersteuning aan hierdieinisiatief toegesê.

SporSporSporSporSportktktktktkompleks deel vompleks deel vompleks deel vompleks deel vompleks deel van unian unian unian unian univvvvvererererersiteit sesiteit sesiteit sesiteit sesiteit sesporsporsporsporsportstrtstrtstrtstrtstraaaaatetetetetegiegiegiegiegie

Prof. Dawie Malan by die nuwe sportkompleks wat by die Fanie opgerig word.

Die nuwe kompleks bestaan uit ’ngrondvloer met ’n sportwetenskap-laboratorium, ’n groot sportgimnasium,sportmediese dienste, ‘n sportrehabili-tasie-swembad, ysbaddens en ’nkafeteria. Die eerste vloer sal PUK-sport, die PUK Rugbyinstituut ensportkommersialisering huisves. Dietweede vloer sal sportwetenskap vandie skool vir biokinetika, rekreasie ensportwetenskap, die Noordwes sport-akademie, ‘n sportinligtingsentrum en‘n lesinglokaal huisves.

Malan sê die sportkompleks sal virdie NWU ‘n belangrike sportweten-skaplike opleidings- en navorsings-fasiliteit wees wat beslis tot dieontwikkeling van sport in die provinsieen die land gaan bydra.

Altesame dertien van die 57 doktorsgrade wat onlangsdeur die Noordwes-Universiteit toegeken word is, is PUK-personeel. Die herfsgradeplegtigheid van die Potchef-stroom- en Vaaldriehoekkampusse van die NWU is op 13Mei op Potchefstroom gehou. Dit is die grootste groepnog wat op een plegtigheid doktorsgrade ontvang het.

Die Pukke is Gerhard Koekemoer, dosent aan die departe-ment statistiek, Roan Louw van die vakgroep biochemie, ds.Rantoa Letsosa, dosent by die fakulteit teologie, AubreyGolightly, lektor in geografie-onderwys, Elmarie Slabbert, do-sent in toerismebestuur, Werner Bouwer,’n na-doktorale stu-dent besig met die ontwikkeling van termiese- en energie-bestuurs- sagteware by die PUK, Werner Geldenhuys, ‘n na-doktorale vennoot verbonde aan die departement farma-seutiese wetenskappe by die skool vir farmasie, MargarethaOpperman, ‘n tydelike lektor in terapeutiese voeding engemeenskapvoeding, Julialet Rens, dosent in die fakulteitopvoedingwetenskappe, Kenneth Lesedi, vakspesialis/navorser by die sentrum vir onderwys en verkeersveiligheid,Willem den Heijer van die NWU se Measurement and Verifi-cation-span, Jan-Hendrik Kruger, ‘n navorsingsassistent indie skool vir meganiese en materiaalingenieurswese en LeonKoekemoer, ‘n senior lektor in chemiese ingenieurwese.

Na twee jaar is daar weer ‘n PUKwat in die Suid-Afrikaanse Akade-mie vir Wetenskap en Kuns se taal-kommissie (wat die AfrikaanseWoordelys en Spelreëls saamstel)dien. Prof. Gerhard van Huyssteen,hoof van CtexT in die navorsings-eenheid tale en literatuur in die SAkonteks, is op 32-jarige ouderdomwaarskynlik die jongste lid van diekommissie in die akademie sebestaan. Die verbintenis tussen dietaalkommissie en personeel van dievakgroep Afrikaans en Nederlandskom al ‘n lang pad vandat prof. SPEBoshoff in 1922 tot lid van diekommissie benoem is. AnderPukke wat oor die jare in diekommissie gedien het, is proff. FJLabuschagne, Hertzog Venter,Hans du Plessis, Wannie Carstens.(Prof. Heilna du Plooy dien in dieletterkundekommissie van dieAkademie.)

afgehandel. Tenders sal binnekort oorweegword sodat met konstruksie begin kan word.

• Die afbreek van die asbesblok bekend asAnneks is bevestig, hoewel dit nie nou as ’nprioriteit beskou word nie.

• 'n Houtplatform met ’n toonbank langs dierugbyveld is goedgekeur en sal deur buite-finansiering gedoen word.

• Tenders is geplaas vir die omskepping vanwerkswinkels na ’n lesingsaal by chemiese enmeganiese ingenieurswese.

• Finale planne is goedgekeur vir die opgra-dering en herinrigting van die ou muurbalbaneby weskampus se ingang as opleidingsentrumvir beskermingsdienste.

• Institusionele hoofkantoor - daar is nog geenbevestiging of die voorkeurterrein deur diestadsraad van dienste verskaf kan word nie.

Nóg PUK-geboue kry aandagNog 13 slimkoppe vir PUK

KN Mei 2005 uitgawe.p65 5/19/2005, 2:33 PM5

Page 2: Sportkompleks deel van universiteit se sportstrategie · 2010. 7. 13. · • Die planne vir ’n nuwe astro-hokkiebaan is Personeelsake Mense met gestremdhede is net so belangrik

Kampusnus - 6

Kampus in beeld

Taalwenk

Die Afrikaanse spreekwoordeskat is ’n aanduiding vanhoe Afrikaanse mense oor die jare gelewe het. Ons hetons eie unieke spreekwoorde en idiome geskep omuitdrukking te gee aan ons leefwêreld.

In die verlede het daar al heelwat boeke verskyn oordie betekenis van Afrikaanse spreekwoorde, maar daaris nou in Oktober ook een gepubliseer wat ten doel hetom ook die herkoms van spreekwoorde in Afrikaans teverklaar. In hierdie boek, Spreekwoorde en waar hullevandaan kom (2004; Kaapstad: Pharos-Uitgewers) deurdr. Anton Prinsloo, oudomroeper van RSG, word 8 000Afrikaanse uitdrukkings met Engelse ekwivalenteaangegee en van ongeveer 1 000 word daar ’n verklaringvan hulle herkoms gegee.

In die voorwoord van die boek word gesê dat spreek-woorde en uitdrukkings “die siel van ’n taalge-meenskap” openbaar en dan word in hierdie proses ietste kenne gegee oor waar die betrokke taalgemeenskapvandaan kom. Enkele voorbeelde ter illustrasie: vanmeet af aan (betekenis: van die begin af) hou verbandmet die streep wat in Nederlands gebruik is om die puntaan te dui vanwaar speletjies begin het; die rondte vanvader Cloete (betekenis: by almal aangaan en niemandoorslaan nie) gaan terug op regter Cloete wat in 1812een van die regters van die rondgaande hof in dieomgewing van Graaff-Reinet, Uitenhage en Georgewas.

Gaan soek gerus self na verklarings vir vat jou goeden trek Ferreira, ipekonders hê, jou gat sien, iets metvers en kapittel bewys, ens. Dis dalk selfs ’n handigeKersgeskenk!

WAMC

Ons unieke Afrikaansespreekwoorde

Wat is korporatiewe identiteit (KID) en styl?Een van die grootste bates van ‘n instelling is syhandelsmerk.

‘n Instelling se handelsmerk is niks anders as sykorporatiewe identiteit (KID) en styl nie. Waar ons‘n nuwe instelling is met ‘n nuwe KID is ditbelangrik dat ons hierdie KID eenvormig en korrekaanwend en toepas. Daarom het die Universiteitook KID-riglyne saamgestel van hoe hierdie KID opelke denkbare wyse toegepas kan en moet word.

Naas KID is daar ook ‘n korporatiewe styl. Waareersgenoemde handel oor “wie jy is”, handel kor-poratiewe styl oor “hoe jy jouself aantrek”. Daaromhet elke kampus, naas die KID wat korrek toegepasmoet word, ook ‘n korporatiewe kampusstyl.

Dit is belangrik dat hierdie twee aspekte deurgaanskorrek aangewend en op alles toegepas word. Diedepartement bemarking en kommunikasie is op diePotchefstroomkampus verantwoordelik vir diekorporatiewe identiteit en styl en dat dit deurgaanskorrek aangewend en toegepas word.

Raadpleeg asseblief in alle gevalle die KID-verteenwoordiger op die betrokke kampus insakekorporatiewe identiteit (KID) en styl alvorens enigeadvertensies, klerasie, brosjures, publikasies,plakkate, pamflette ens. gemaak word.

Navrae: Theo Cloete, Direkteur DepartementBemarking en Kommunikasie. Tel: (018) 299-2769. Epos: [email protected]

Van die PUK-personeel het die onlangse reünie van Klawerhof bygewoon. Hier is CorneliaWessels, Marietjie Swanepoel (agter), Marthyna Williams (nee Du Plessis) en Maryn Botha.Daar is dié dag land en sand aanmekaar gekuier.

Rinske Vreken, Santie Pieterse en Marijke Reyneke van grafiese dienste op die kampusby die nuwe A0-drukker wat hulle onlangs bekom het. Hulle hou een van die reuseplakkate vas wat hulle met dié volkleurdrukker kan druk. Die afdeling kan nou enigietsvan A6 tot A0 druk, asook die ontwerp en laminering daarvan doen. Dit is veral ookgeskik vir lynsketse wat ingenieurs gebruik. Dié diens is volgens Pieterse bykans diehelfte goedkoper as buite die kampus.

Die fakulteit natuurwetenskappe het op7 April ‘n fakulteitslesing aangebiedwaartydens prof. Rudi van Eldik asgasspreker opgetree het. Van Eldik is ‘noudhoogleraar van die PUK wat in 1980sy loopbaan in Duitsland gaan voortsithet. Hy is tans hoof van die instituut viranorganiese chemie aan die Universiteitvan Erlangen. Hy is outeur van meer as650 geakkrediteerde artikels in vaktyd-skrifte, redakteur van drie spesialishandboeke en baie bydraes (hy tel ditnie meer nie!) as genooide spreker by internasionale konferensies. Hy het Suid-Afrikatans as uitgenooide spreker by ‘n nasionale konferensie in Pietermaritzburg besoek. VanEldik het ‘n ere doktorsgraad van die PUK ontvang en is ook tans buitengewone professorin die skool vir chemie en biochemie. Lede van die gehoor help om die jodium klokreaksiete demonstreer tydens die fakulteitslesing. Hier is proff. Rudi van Eldik, Ernst Breet, me.Andy Bogopane, proff. Jaco Breytenbach en Daan van Wyk.

Die beheerliggaam (steering committee) van die Desert Margins Program (DMP) waarvan prof. Klaus Kellner diestreekkoördineerder is, het hul jaarlikse vergadering van 4 tot 6 April is op die Potchefstroomkampus gehou. Dit hetverteenwoordigers van die ander lande wat betrokke is, soos Kenia, Namibia, Niger, Senegal, Burkino Faso, Botswana,Mali en Zimbabwe ingesluit. Verteenwoordigers van UNEP, UNDP, ICRISAT en TSBF sal ook teenwoordig wees.

Grafiese dienste druk, ontwerp A0-plakkate

Personeel kuier saam by Klawerhof-reünie

KN Mei 2005 uitgawe.p65 5/19/2005, 2:33 PM6

Page 3: Sportkompleks deel van universiteit se sportstrategie · 2010. 7. 13. · • Die planne vir ’n nuwe astro-hokkiebaan is Personeelsake Mense met gestremdhede is net so belangrik

Kampusnuus - 7

Kampus in beeld

Gebeure25 Mei: Orreluitvoering van Andre Knevel (Kanada)en Jan Elsenaar (SA) in Gereformeerde Kerk Potchef-stroom-Noord. Kaartjies R30 p.p. Skakel Fanie Coetzeeby 293-3789.

27 Mei: Dakensberg Seunskoor. Skool vir musiek,konservatorium. Skakel Hester de Beer by 299-1692.

27 Mei – 1 Junie: Musiekkamp vir hoërskoolleerdersby konservatorium. Skakel Hester de Beer by 299-1692.

28 Mei: Saamtrek van oud-Pukke in Namibië inSwakopmund. Skakel Marlizé Kruger by 299-2768.

2 Junie: Spencer Meyer (klavier) speel verskeie werke.Konservatorium. Skakel Hester de Beer by 299-1692.

Tydens die formele dinee van die CPA (Certified Public Accountance) se nasionale konvensie in Kaapstad, is diebeste drie presteerders tydens CPA se kwalifiserende eksamen vereer. Die PUK het die besondere prestasie behaaldat al drie hierdie toppresteerders oudstudente is en uit die B Com (CPA) Hons geledere kom. Hier is die wennersCelestè Barnard (derde plek), Elize Visser (eerste plek), prof. Berrie Stoop (programleier CPA) en Erika Fourie (tweedeplek). Dertig Puk CPA-studente het dié konvensie in April in Kaapstad bygewoon. Die studente het ‘n spesialeprogram deurloop waartydens praktiese aspekte van rekenmeesterskap met hulle behandel is. Die groep het besonderpresteer in die “boat race” en het ook die CPA “Trainee Trophy” vir die beste deelname en gees verower.

’n Besondere eer hetdie vakhoof vanmaatskaplike werkby die Potchef-stroomkampus vandie Noordwes-Univer-siteit te beurt geval.

Prof. Herman Stry-dom is deur die Raadvan die Suid-Afri-kaanse Akademie virWetenskap en Kunsaangewys as die wen-ner van die Stals-prysvir maatskaplikewerk. Dié toekenningsal op 24 Junie in Pre-toria aan hom oor-handig word.

Dié prys word elketwee jaar toegeken vir die publikasie van hoog-staande artikels wat in geakkrediteerde vaktydskrifteoor maatskaplike werk of verpleegkunde verskyn het.

Strydom sê sy artikels het hoofsaaklik oor MIV/Vigsen gerontologie (veroudering) gehandel. Hy is sedert2000 vakhoof van maatskaplike werk by die Puk-kampus en doseer die afgelope agtien jaar in die vak.

Prof. Herman Strydom.

Prof kry Stals-prys

Personeel besig met diebeoordeling van die stalletjiesvan die onderskeie koshuise seuitstallings van hul gemeen-skapsprojekte. Hier staan prof.Pedro Rankin, dr. Alida Herbst(albei van maatskaplike werk),Marietjie Redelinghuys, SJGDSR-lid, en dr. Alida Nienaber vansielkunde en luister na AlweriEnslin, SJGD-huiskomiteelid vanKarlien-koshuis, se verduide-liking van hulle projek.

Personeel helpmet beoordelingvan SJGD-projekte

Andrew Cruickshank was een van die ontvangers van die PUK-kanselierstrustprys vir Afrikaanse komposisie in 2005.Die opdragwerk wat hy voltooi het, is tydens ‘n konsert op 5 Mei in die konservatoriumsaal deur vooraanstaande Suid-Afrikaanse musici uitgevoer. Werke van die skool vir musiek se twee residensiële komponiste, Martin Watt en HannesTaljaard, is ook by die geleentheid uitgevoer. Hier is van die uitvoerders van sy werke, Viara Markova, Waldo Weyer enHuman Coetzee (albei musiekdosente), by dr. Martin Watt.

KN Mei 2005 uitgawe.p65 5/19/2005, 2:33 PM7

Page 4: Sportkompleks deel van universiteit se sportstrategie · 2010. 7. 13. · • Die planne vir ’n nuwe astro-hokkiebaan is Personeelsake Mense met gestremdhede is net so belangrik

Kampusnus - 8 PROFIEL

Redakteur: Kiewiet Scheppel • e-pos: [email protected] • Tel: (018) 299-2761 • Sel: 083-274-8931Kampusnuus is op die web beskikbaar by www.puk.ac.za/nuus/kampusnuus

Gebore: Johannesburg, 19 Januarie 1944.Skool: Jim Fouché in Bloemfontein met ses

onderskeidings in matriek.Universiteit: Voltooi D Sc (Ph D) in wiskunde by die Puk

in 1972.Loopbaan: Doseer wiskunde en toegepaste wiskunde

sedert 1967 en word professor in die de-partement wiskunde en toegepaste wis-kunde in 1980. Sy navorsingspesialiteit isdie numeriese analise en wiskundige opti-malisering. Hy publiseer verskeie artikelsen lewer verskeie referate by plaaslike en internasionale konferensies. Hy is ook lidvan die NRF se evaluasie komitees. Hy ishoof van die departement wiskunde entoegepaste wiskunde van 1993 tot 1998.Adjunk-dekaan van die fakulteit natuurwe-tenskappe van 1996 tot 1998 en word asdekaan in 1998 benoem.

PrPrPrPrProfofofofof..... Daan v Daan v Daan v Daan v Daan van an an an an WWWWWyk - intryk - intryk - intryk - intryk - introoooovvvvvererererert,t,t,t,t,ererererernstignstignstignstignstige akademikuse akademikuse akademikuse akademikuse akademikus

“Een van die goed wat ek die meeste haat is omgedwing te word om oor myself te praat.” Prof.Daan van Wyk ís toe ook iemand wat nie graagoor homself praat nie, maar eerder ernstig oor sywerk raak.(Ek vra groot om verskoning vir die ongemak wathy met die onderhoud moes verduur, maar gaannie ontken dat ek ook baie tevrede voel dat ek welin my doel geslaag het nie.)

Hoe voel jy oor jou aanstelling as waarnemendeviserektor: akademie van die Potchefstroom-kampus van die Noordwes-Universiteit?

Ek het aansoek vir die pos gedoen omrede ek ’nbydrae tot die uitbou van die kwaliteit van diekampus en die hele Noordwes-Universiteit wilmaak. Ek is benoem in ’n waarnemendehoedanigheid en my aanvanklike menslike reaksiewas, as hulle voel ek is nie goed genoeg nie –moet hulle dit “stick”. Indien ek egter so souoptree, sou ek myself verloën het. Ek het van diebegin af gesê ek wou die werk doen. Nie om diestatus nie, of dit nou waarnemend of permanentis, dit verander niks aan my ingesteldheid om mywerk met toewyding te doen nie.

Sou jy wou sien dat die termyn verleng word?My termyn strek tot 31 Desember 2005. Dit gee

my nou presies sewe maande om te doen wat ekoor vyf jaar wou doen.

Wat sal jy graag wil regkry?My opdrag is eenvoudig. As viserektor:

akademie moet ek die dekane ondersteun om hulledoelwitte verwesentlik te kry en die rektor onder-steun om haar visie te help verwesentlik. In ’nneutedop is dit om ruimte en werkomstandighedeop die kampus so te skep dat elke werknemer elkedag wíl werk toe kom.

Wat is jou visie vir jouself by die Puk?

Dit verskil nie van my visie as dekaan nie. Diebelangrike persone op die kampus is die hele rangvan akademiese personeel. My taak as bestuurderis om die ruimte te skep en mense te bestuursodat hulle optimaal volgens hul gawes kanpresteer.

Hoe het jy veranderinge op die Puk beleef?Dis is ’n bek vol. Veranderinge het op ’n

ongelooflik wye terrein plaasgevind en ’n grootimpak gehad. Op akademiese terrein het die meesingrypende geleidelike oorgang plaasgevind tot ’nuniversiteit wat ernstig probeer om as wareuniversiteit gereken te word, met ander woorde,om uitstekende onderrig te gee en wêreldwyd asnavorsingsinstelling gereken te word en wat syhele kernbesigheid op hoë vlak wil doen. Opsportgebied het die universiteit verander tenopsigte van veral rugby. Van ’n instelling watsport gedoen het ter wille van plesier enmensontwikkeling van studente tot ’n tersiêreinrigting wat vandag ’n leidende rol in verskeiesportsoorte in die wêreld van beroepsport speel.Op die vlak van studentelewe het die instellingnie veel verander nie. Vandat ek eerstejaar op diePuk (1962) was tot nou is die studente-gemeenskap gekenmerk deur ’n blymoedigheid.Mens sien dit vandag steeds op die meer as 10000 studente se gesigte as jy oor die kampusstap. Daar heers ’n algemene gevoel vanblymoedigheid op die kampus.

Jy is ’n introvert en het tog groot sukses asdosent en dekaan behaal – hoe bring jy die tweebymekaar?

Om sukses as akademikus te behaal is nie ’nvoorvereiste om oor jouself te praat nie. Ek fokusop die studente en nie myself nie. Dit gaan nie virmy oor die dekaanspos nie, maar om as bestuurdervan mense hulle te motiveer sodat hulle hul werkkan doen. Een van die goed wat ek die meestehaat is om oor myself te praat en dan natuurlik ’ntelefoon.

By watter mense vind jy gouste aanklank?By opregte, toegewyde en blymoedige mense

met ’n humorsin.Waarsonder gaan jy nie op reis nie?My donkerbril.Wat gee jou nagmerries?Niks soseer in die nag nie. Die ding wat my

horries gee is om met mense te werk wat ’noneerlike bedekte agenda het.

Na watter musiek luister jy?Eintlik na alles, dit hang net af van die stemming

waarin ek is. Ek luister graag na Celine Dion enBarbara Streisand.

Kan jy kwaad word?Nie maklik nie, maar ek was al. Die tye wat jy

jou humeur verloor is mens die mees onvriendelikeen onproduktiewe werker.

Wat is jou wildste droom?Dat die Noordwes-Universiteit as een van die

beste vyf universiteite in die wêreld gereken word..... en dat die Sharks weer eendag die Super 12wen.

Wat is die uitspattigste item in jou klerekas?(Lag lekker.) ’n Paar sokkies waarop geskryf is,

“Bald is beautiful”.Maak jy self kos en wat is die lekkerste om te

maak?Ja. Ek geniet braaivleis en natuurlik aartappels.

As ek dit het kan al die ander goed maar agterbly.

KN Mei 2005 uitgawe.p65 5/19/2005, 2:34 PM8