selfopvoeding by seneca

14
SELFOPVOEDING BY SENECA* deur M.J. Mans (Universiteit van Pretoria) Die sterk opvoedkundige beginsels wat in talle van Seneca se stellings duidelik na vore kom, is 'n besliste aanduiding van sy opvoedkundige gefundeerdheid. Sy opvoedkundig-georienteerde strewe na karaktervorming en karakterhervor- ming vind neerslag in sy toepassing van die teorie in die praktyk. Sy sogenaamde 'praktiese wysbegeerte' plaas hom dus midde-in die opvoedings- werklikheid, terwyl die feit dat hy hom met hierdie werklikheid identifiseer 'n opvoedingsituasie tot gevolg bet. 1 Hier verwys ek spesifiek na die Seneca- Lucilius-verhouding waarin (a) 'n vertrouens-, (b) 'n ken- en (c) 'n gesags- verhouding ( drie van die belangrikste vereistes vir 'n opvoedingsverhouding) sander twyfel voorkom. 2 Seneca se belangstelling in die mens, sy betrokken- heid en optrede binne die opvoedingswerklikheid, 3 asook die feit dat hy die volwassene se dinamiese aard en behoefte aan voortdurende vorming aangevoel en as beginsel in sy denke aanvaar het , 4 regverdig 'n ondersoek na die moontlikheid dat selfopvoeding (waarskynlik een van Seneca se vernaamste opvoedkundige oogmerke) deur Lucilius, onder Ieiding van Seneca, beoefen is. Omdat die mens aan lewenslange liggaamlike, psigiese, geestelike en sosiale vorming onderhewig is , is volwassenheid nie 'n statiese verskynsel nie, maar bet dit 'n dinamiese karakter. 5 Betreffende die opvoeding in die ruimste sin van die woord, vind vorming plaas deur die werking van normerende invloede uit die omgewing. 6 Die wordende volwassene moet die vormings- invloede wat hy ondergaan, voortdurend verwerk-derhalwe kan hy as 'n gedurig evoluerende wese bestempel word. 7 Deur persoonlike toedoen of deur hulp van buite kan sy vorming in 'n bepaalde rigting gestuur word. Sodanige hulp moet voortdurend dwarsdeur 'n mens se lewe volgehou word of tot selfvorming lei. 8 Die vorming van 'n volwassene deur 'n mede-volwassene (die prim ere objek van Seneca se pedagogiek 9 ) kan deur verskeie benaminge aangedui word: Volwassene-opvoeding, Voortgesette Opvoeding, 'Lifelong Education', Andragogie, Gerontagogie en Informele Opvoeding. 10 Die verhouding tussen 'n volwasse hulpvraer soos Lucilius 11 en 'n volwasse hulpverlener soos Seneca 12 word in die moderne idioom as andragogie beskryf. 13 Informele opvoeding is 'n begeleidingshandeling tussen volwassenes wat uit 'hulpvraging en hulp- verlening tot selfontplooiing' 14 best aan. Hierdie begeleidingshandeling (in die moderne sin van die woord) stem ooreen met die begeleidingshandeling wat deur die antieke custos, paedagogus 15 of dux, 16 d.w .s. (soos later sal blyk) deur Seneca , verrig is . 17 1 SELFOPVOEDING OF 0UTODIDAKTIEK 1.1 Die oorgang van opvoeding na selfopvoeding geskied voortdurend en geleidelik, totdat daar slegs selfvorming oorbly. Die verantwoordelikheid van 85

Upload: jorge-o-el-george

Post on 06-Nov-2015

246 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

Selfopvoeding by seneca deur M.J. Mans

TRANSCRIPT

  • SELFOPVOEDING BY SENECA*

    deur M.J. Mans (Universiteit van Pretoria)

    Die sterk opvoedkundige beginsels wat in talle van Seneca se stellings duidelik na vore kom, is 'n besliste aanduiding van sy opvoedkundige gefundeerdheid. Sy opvoedkundig-georienteerde strewe na karaktervorming en karakterhervor-ming vind neerslag in sy toepassing van die teorie in die praktyk. Sy sogenaamde 'praktiese wysbegeerte' plaas hom dus midde-in die opvoedings-werklikheid, terwyl die feit dat hy hom met hierdie werklikheid identifiseer 'n opvoedingsituasie tot gevolg bet. 1 Hier verwys ek spesifiek na die Seneca-Lucilius-verhouding waarin (a) 'n vertrouens-, (b) 'n ken- en (c) 'n gesags-verhouding ( drie van die belangrikste vereistes vir 'n opvoedingsverhouding) sander twyfel voorkom. 2 Seneca se belangstelling in die mens, sy betrokken-heid en optrede binne die opvoedingswerklikheid,3 asook die feit dat hy die volwassene se dinamiese aard en behoefte aan voortdurende vorming aangevoel en as beginsel in sy denke aanvaar het ,4 regverdig 'n ondersoek na die moontlikheid dat selfopvoeding (waarskynlik een van Seneca se vernaamste opvoedkundige oogmerke) deur Lucilius, onder Ieiding van Seneca, beoefen is.

    Omdat die mens aan lewenslange liggaamlike, psigiese , geestelike en sosiale vorming onderhewig is , is volwassenheid nie 'n statiese verskynsel nie, maar bet dit 'n dinamiese karakter. 5 Betreffende die opvoeding in die ruimste sin van die woord, vind vorming plaas deur die werking van normerende invloede uit die omgewing. 6 Die wordende volwassene moet die vormings-invloede wat hy ondergaan, voortdurend verwerk-derhalwe kan hy as 'n gedurig evoluerende wese bestempel word.7 Deur persoonlike toedoen of deur hulp van buite kan sy vorming in 'n bepaalde rigting gestuur word . Sodanige hulp moet voortdurend dwarsdeur 'n mens se lewe volgehou word of tot selfvorming lei .8

    Die vorming van 'n volwassene deur 'n mede-volwassene (die prim ere objek van Seneca se pedagogiek9) kan deur verskeie benaminge aangedui word: Volwassene-opvoeding, Voortgesette Opvoeding, 'Lifelong Education', Andragogie, Gerontagogie en Informele Opvoeding. 10 Die verhouding tussen 'n volwasse hulpvraer soos Lucilius11 en 'n volwasse hulpverlener soos Seneca 12 word in die moderne idioom as andragogie beskryf. 13 Informele opvoeding is 'n begeleidingshandeling tussen volwassenes wat uit 'hulpvraging en hulp-verlening tot selfontplooiing' 14 bestaan. Hierdie begeleidingshandeling (in die moderne sin van die woord) stem ooreen met die begeleidingshandeling wat deur die antieke custos, paedagogus 15 of dux, 16 d.w .s. (soos later sal blyk) deur Seneca, verrig is . 17

    1 SELFOPVOEDING OF 0UTODIDAKTIEK

    1.1 Die oorgang van opvoeding na selfopvoeding geskied voortdurend en geleidelik, totdat daar slegs selfvorming oorbly. Die verantwoordelikheid van

    85

  • die opvoeder gaan dus in die hulpsoekende se eie verantwoordelikheid oor. 18 Wanneer die volwassene hom in sy kennis- of hulpbehoewen~heid tot 'n ander volwassene rig wat hulp kan verleen, ontstaan daar dus 'n verhouding waarin die hulpbehoewende tot groter selfverwesenliking kan kom . 19 Sodanige hulp-verlening is wesenlik in Ieiding tot selfopvoeding gelee. 20 Dit gaan hier dus om 'SELFOPVOEDING aan die hand van BEGELEIDINGSHULP op INFOR-MELE WYSE'. 21 Die kern van die informele androgogie is derhalwe 'SELF-OPVOEDING tot SELFVERWESENLIKING' .22 Laasgenoemde opvattinge t.o. v. die outodidaktiek is natuurlik verteenwoordigend van die moderne stand punt.

    1.2 Hierteenoor sal Seneca as verteenwoordiger van die denke van sy tyd 'n betekenisvolle perspektief op die antieke selfvorming bied. 'n Studie van die vertrouensverhouding wat Seneca ter voorbereiding van die outodidaktiek skep, van die deelname van die kennis- of hulpbehoewende aan selfopvoeding en van Seneca se rol as Ieier, begeleier en (in die moderne sin) kommunikator23 sal die antieke opvatting van selfopvoeding in perspektief stel.

    1.2.1 PSIGOLOGIESE lNSIG EN VERTROULIKE BENADERING

    Rozelaar maak gewag van die psigologiese presiesheid en besondere kennis en ervaring wat Seneca in sy raadgewing aan Serenus t.o.v. geestesdisharmonie openbaar. 14 Daar is myns insiens afdoende getuienis in die volgende briewe dat Lucilius in sy onvolkomenheid en hulpbehoewendheid met dieselfde psigologiese insig op vertroulike wyse deur Seneca benaderword: Epp. 65,2 en 15; 24, 16; 32, 2; 34 en 76, 1. Seneca wil graag 'n persoonlike en informele verhouding tussen homself as leidsman en Lucilius as begeleide leerling skep. Deur sy vertroue in Lucilius te stel, wen hy Lucilius en dus ook die algemene, onbekende Ieser (sy uiteindelike teiken) se vertroue en skep sodoende 'n wedersydse vertroue wat in enige opvoedingsituasie onmisbaar is- hy stel dus psigologiese beginsels in diens van die sedelike opvoeding. 1.2.2 DEELNAME VAN DIE KENNIS- OF HULPBEHOEWENDE AAN DIE SELFOPVOEDING

    Volgens die intrinsieke aard van selfopvoeding, soos die moderne beskouing dan ook tereg aantoon,Z5 geskied deelname aan selfopvoeding vrywilliglik . Presies dieselfde norm word deur Seneca in sy eerste-eeuse beskouing van die opvoedingsituasie gestel. Seneca stel dit duidelik dat sy hulp aan Lucilius aan vrywillige aanvaarding daarvan onderworpe is: tamen si tibi videtur, accipe a me auxilia, quibus munire te possis. 26 Hieruit volg dit da! -die aanva._nklike/7 maar ook die voorgesette motivering by die deelnemer bev4s. As 'n voo'twaarde vir hulle _vriends~~p en _geestelik~ v_ennootskap ;tel _s{nef a bv. vo~tgesette selfvormmg-mst ~ ut coepzstl excolere te . -B Dtei volmaakt~goete man word aan Lucilius voorgehou as die ideaal waarna hy mocl-s"freef: Hunc te prospicio, si perseveraveris et incubueris. 29 )

    86

    / /

  • 1.2.3 DIE WILSHANDELING OF GEMOTIVEERDE HANDELING

    Die wilshandeling of gemotiveerde handeling speel 'n vername rol in die selfopvoeding30-dit het Seneca 66k besef. Sy stelling datal die moontlikhede tot sedelike selfvorming in die mens self opgesluit le, bevestig dit: quidquid facere te potest bonum, tecum est. 31 Om sedelik goed te word, het 'n mens wilskrag-velle-nodig,32-s6 kwalifiseer hy sy voorafgaande stelling. As Lucilius verklaar: adhuc vola, m.a.w. 'ek is nog steeds gewillig (om verdere vorming te ondergaan)' / 3 antwoord Seneca dat die wil (met die oog op sedelike vorming)34 die belangrikste is, want dit berus op 'n geesteshouding-animo constat. 35 In die lig hiervan formuleer hy sy stelling dat 'n baie belangrike dee! van sedelike goedheid in die wil om goed te word bestaan: itaque pars magna bonitatis est velle fieri bonum36-trouens, op grand van die woorde Hoc plurimum est wat Seneca in die verband gebruik,37 kan daar beweer word dat die wildie vernaamste gedeelte daarvan uitmaak. Elders gee hy 'n dinamiese konnotasie aan die woord velle waar hy die wil as 'n baie vername dee! van sedelike vooruitgang beskou-magna pars est profectus velle proficere. 38 Die belangrikheid van hierdie 'strewe' in die opvoedingsproses het geen verdere toeligting nodig nie. 3" Seneca gee verder ook die versekering dat niks glorieryks uit onwilligheid en 'n aarselende houding tot stand kan kom nie-Non est autem gloriosum, quod ab invito et tergiversante fif0 -want die motivering ontbreek.

    1.2.4 SELFBEHEER (SELFDISSIPLINE)

    Seneca propageer die gedagte dat om meester van jouself te wees vir 'n mens van onskatbare waarde is-in se ipsum habere maximam potestatem. Inaesti-mabile bonum est suum fieri.~~ Dit beteken, so word dit elders deur Seneca gestel, dat 'n persoon wat oor homselfregeer geweldige mag besit-potentis-simum esse qui se habet in potestate. 42 Paul Brunton het die volgende oor verstandelike en geestelike selfbeheer te se: 'Man must be complete master in the region of his mind if he is to fulfil perfectly the evolution which Nature has set before him. '43 Dit is logies dat s6 'n selfb~heer 'n uiters kragtige middel tot selfopvoeding is.

    2 SOORTE KENNIS- EN HULPBEHOEWENDES

    Daar is 'n kontinue oorgang van opvoeding na selfopvoeding, maar dit moet nie uit die oog verloor word nie dat opvoeding die weg na selfopvoeding voorberei. In hierdie proses van geestelike ontkieming het die opvoeder volgens Seneca uiteraard 'n vername rol te speel. Hy formuleer dit s6: Omnium honestarum rerum semina animi gerunt, q_uae admonitione excitantur. M

    Dubois is van mening dat sodra die mens 'n onderskeidingsvermoe gekry het, die belangrikste opvoeding begin: selfopvoeding. 45 Hy is verder daarvan oortuig dat, aangesien selfopvoeding op vroeer ontvange onderwys gefundeer is en slegs 'n uitbreiding van die leermeester se kennis en ervaring is, daar nie

    87

  • .. i

    'n ware onafhanklike selfopvoeding bestaan nie. 46 Die deelname van Lucilius as hulpbehoewende volwassene aan selfopvoeding moet dus ook in die Jig van die voorafgaande beskouinge nagegaan word.

    Seneca maak met instemming van Epicurus se indeling van die verskillende tipes kennis- en hulpbehoewende mense gebruik. Hiervolgens word drie soorte onderskei:

    (i) Diegene wat op pad na die waarheid hulle eie heil sander enigeen se hulp uitgewerk het-ware selfvorming dus deur mense wie se besieling en dryfkrag van binne kom: qui bus ex se impetus fuit, qui se ipsi protulerunt. 41

    (ii) Mense wat hulp van buite nodig het, wat nie sander 'n Ieier sal voortgaan nie, maar hom getrou sal volg. 48

    (iii) Die soort mense wat nie soseer 'n gids (dux) nodig het nie, maar 'n adiutor wat hulle kan bystaan en selfs 'n coactor wat hulle ad rectum kan aandryf. 49 Die afleiding kan dus gemaak word dat almal nie ewe geskik en gereed vir selfvorming is nie.

    In watter kategorie sou Lucilius geplaas kon word? Dit word vir ons gaandeweg duidelik dat Lucilius aanvanklik beslis nie onder die eerste groep mense wat sander hulp hul eie heil uitgewerk het, tuishoort nie. Trouens, Seneca gee duidelik te kenne dat Lucilius kennis en hulp verlang het, dat hy sy Ieier, Seneca, se voorskrifte uitgevoer het, en laastens dat Seneca hom op 'n stadium aange-moedig het en selfs voortgedryf het. 50 Hieruit blyk dit dus dat Lucilius onder die tweede en derde groep geklassifiseer kan word. Dit staan egter vas dat Lucilius later selfstandig sander 'n Ieier sou kon voortgaan. Hiervan lewer Seneca bevestigende getuienis as hy Luculius die volgende versekering gee: audeo te tibi credere. 51

    3 INTRAKOMMUNIKASIE

    Kommunikasie by opvoeding impliseer die hele proses van formulering, oordrag van kennis en terugvoering.52 As informele opvoeder het Seneca eerstens die oordrag van keno-is by wyse van interkommunikasie, d.w.s. omgang met ander mense,S3 laat plaasvind , en tweedens het hy die 'innerlike omgang van die mens met homself', d.w.s. intrakommunikasie, 54 as 'n onmisbare proses in die antieke selfopvoedingsituasie beskou .

    3.1 lnterkommunikasie soos ons dit by Seneca aantref, kan onderverdeel word in (i) kommunikasie tussen Seneca as begeleier en Lucilius as begeleide volwassene55 en (ii) kommunikasie tussen Lucilius en sy medemens. 56 Inter-kommunikasie word hier slegs gemeld om die verskil tussen inter- en intra-kommunikasie duideliker uit te wys.

    3.2 lntrakommunikasie maak uiteraard 'n wesentlike, integrerende deel van die selfopvoeding uit. In sy De Ira skryf Seneca 'n selfopvoedingsmetode voor wat eintlik op introspeksie of selfondersoek neerkom, maar volgens die moderne opvatting van selfopvoeding as intrakommunikasie bekend staan.

    88

  • ' ;. ~ ..

    - : .,

    Die metode, wat Seneca van Sextius oorgeneem het, behels 'n deeglike selfondersoek na afloop van die dag se gebeure: Quod hodie malum tuum sanasti? Cui vitio obstitisti? Qua parte melior es?51 Die mens is dus in gesprek met homself, berispe homself: vide ne istud amp/ius facias, nunc tibi ignosco. 58 Seneca erken dat hy dieselfde metode gebruik om homself aan die kruisverhoor van sy gewete te onderwerp- utor hac potestate et cotidie apud me causam dico. 59 Hierdie metode word in sy Epistulae Morales aan Lucilius deurgegee met die opdrag: accusatoris primum partibus fungere, deinde iudicis, novissime deprecatoris. Aliquando te offende. 60 Seneca suggereer dus dat 'n mens jou eie aanklaer, regter en bemiddelaar moet wees. Die 'intrakommunikasie' wat hy voorstaan, werk dus selfvorming en selfverbetering in die hand. Dit is m.i. 'n sterk aanduiding dat Seneca by uitnemendheid 'n informele opvoeder is wat die kennis- en hulpbehoewende volwassene na selfopvoeding kan lei.

    3.2.1 Omdat Lucilius ook op weg is na homself, is Seneca se voorskrif aan hom begryplik, nl. dat hy homself moet vertrou, aangesien selfvertroue 'n steunpunt van die gelukkige lewe is-unum bonum est, quod beatae vitae causa et firmamentum est, sibi fidere. 61 In sy De Tranquillitate Animi vind ons in 'n ander konteks, maar nogtans bier ter sake, die betekenisvolle suggestie dat selfevaluering noodsaaklik is, aangesien ons tot 'n oorskatting van eie vermoens geneig is. Seneca formuleer dit soos volg: Ante omnia necesse est se ipsum aestimare, quia Jere plus nobis videmur posse quam possumus. 62 Dit gaan bier in die besonder om die vraag of 'n mens volgens jou aard en aanleg beter vir praktiese aangeleenthede of vir studie en bespiegeling aangele is. 63 Seneca wil dus voorkom dat jy 'n taak onderneem wat eerstens bo jou vermoe64 en tweedens strydig met j ou natuur is65 - die beginsel van differensiering kom dus ook in sy beskouinge oor selfopvoeding voor. In die lig hiervan is sy voorskrif goed begryplik dat die individu d.m.v. inspectio (Tranq. 6, 1-3) die beginsel van individualisering (d.w.s. t.o.v. gees en intellek) op homself moet toe pas.

    Ten einde Seneca se siening van selfondersoek en selfevaluering in perspektief te stel, haal ek Brunton se omskrywing hiervan aan: 'For the object of all this thinking is to awaken within him (nl. die student) a mood of soul, a mental atmosphere and even an emotional condition of aspiration towards Truth which provide an appropriate stage for the entry of illumination.' Die student se oogmerk, volgens lg. skrywer, moet dus wees 'to arrive at the hidden basis of his being and thus form a correct estimate of himself. '66

    Seneca meen dat Lucilius sy eie geluk sal kan bewerkstellig sodra hy goed en kwaad kan onderskei. 67 In een van sy briewe haal hy Epicurus met groot waardering aan oor die kwessie van selfkennis en selfhervorming wat vanself-sprekend in noue verwantskap tot selfevaluering staan en wat dus in die besonder op selfopvoeding betrekking het. Epicurus se: Initium est salutis notitia peccati68 - kennis van eie foute is die begin van 'n mens se redding en lei tot selfvorming. Iemand wat onbewus van sy eie foute is, koester geen

    89

  • r

    . , .. ~.:t., ' . : . ~ 'i

    begeerte om hervorm te word nie : Corrigi non vult. 69 Hy kan hom dus slegs dan verbeter ashy sy eie foute insien, beweer Seneca: deprehendas te oportet, antequam emendes. 70 In sy werk Zelfopvoeding wys Dubois ook op die belangrikheid van selfondersoek vir die selfopvoeding-dit is 'n guide geleent-heid vir selfkritiek en die verbetering van ons foute." Seneca wys op 'n ander prinsipie!e saak betreffende die selfopvoeding: dis nie 'n skande orrt die regte geesteshouding aan te leer of 'n leermeester vir hierdie doe! te soek nie, en die hoop moet laat vaar word dat dit toevallig bygebring kan word. Aan die vorming en verbetering van jou gees moet jy selfarbei: Laborandum est . .. si modo, ut dixi, ante animum nostrum formare incipimus et recorrigere, . .. 72 3.3 SELFVORMING EN SELFVERBETERING

    Daar is 'n sterk aanduiding in Seneca dat selfvorming en selfverbetering uit die mens self voortspruit. Intellektuele vorming is wei afhanklik van hulp van buite in die persoon van 'n adiutor-derhalwe se Seneca: Aliud litterarwn genus adiutorium admittit73 -maar selfvorming is 'n taak wat nie aan iemand anders gedelegeer kan word nie: delegationem res ista non recipit. 74 Hiermee wil Seneca geensins die belangrike rol van die opvoeder wegredeneer nie. Hy bedoel in werklikheid dat dit 'n eie en individuele onderneming is waarvoor die ondernemer self die verantwoordelikheid dra- nisi quod animus ex se sibi in venit. 75

    Seneca dring verder aan op selfontwikkeling: hy verwag van Lucilius dat hy homself moet vorm en verbeter-dit blyk duidelik uit die 'kommunikasie' (a! is dit dan nou denkbeeldig en ietwat eensydig) wat daar tussen Seneca en Lucilius plaasvind . Sy oproep om sedelike selfvorming blyk duidelik uit die woord profice76 en die uitlating nisi pergis ut coepisti excolere te. 77 Voortdurende selfverbetering is 66k 'n taak wat hy aan Lucilius suggereer: Quid enim aliud agis quam ut meliorem te ipse cottidie facias. 78 Laastens wys Seneca Lucilius daarop dat hy met homself moet wedywer en hom nie aan andere moet steur nie: Quid tibi cum ceteris? Te ipse antecessisti. 79 Dat hierdie opvoedkundige beginsel 'n besondere rol in die selfopvoeding te speel het, is m.i . nie 'n ongeregverdigde stelling nie .

    4 SELFSTANDiGE EN OoRSPRONKLIKE DENKE

    Omdat Seneca ernstige bedenkinge oor die bekrompe opvattinge van die grammatici en rhetorici (wat die geestelike en karaktervorming oor die hoof gesien het) en oor die verwronge en kunsmatige eindproduk van die middelbare en hoer onderwys gekoester het, het hy in die afsondering van sy laaste vrugbare studiejare ten voile besef watter doe! hy vir elke ontwikkelde individu vooropstel: die uiteindelike verkryging van selfstandige en oorspronklike denke. 80 Hy veroordeel die parasitisme van die napraters en kom dan op tipies pedagogies~ wyse met die volgende riglyn na vore: aliquid et de tuo pro fer. 81 Seneca wil dus se: skep self iets wat met eie geestelike kapitaal gefinansier word. Hy lei Lucilius verder tot selfstandige denke en selfopvoeding deur sy afkeuring van die

    90

  • ~__

    onkritiese neiging by mense om te geredelik 'n mening te aanvaar: Ita est, mi Lucili; cito accedimus opinioni. 82

    Sy lees- en studieprogram wat hy as korrektief vir hierdie neiging aan Lucilius voorskryf, kweek 'n kritiese oordeel en 'n sekere akademiese inge-steldheid t. o. v. andere se bevindings. 83 In die lig van die opvoedingsverhouding tussen Seneca en Lucilius is dit betekenisvol dat Seneca 'n baie belangrike voorwaarde vir die imitatio-fenomeen stel: die eindresulaat moenie 'n presiese afdruk van die oorspronklike voorbeeld wees nie. Ons lei hieruit af dat die leerlingsekere positiewe ooreenkomste met sy model ofvoorbeeld kan toon, maar sy individuele eienskappe moet behou84 - beslis 'n belangrike beginsel wat ongetwyfeld 'n leerling of student na selfopvoeding kan lei. Seneca se mikpunt is dus geestelike outonomie en oorspronklike skepping. Hy stel dit s6: sibi iam innitatur. Dicat ista, non teneat. 85 Hierdie oogmerk van Seneca to on 'n sterk ooreenkoms met 'responsible autonomy', Treffinger se definisie vir 'independent, self-directed learning' . 86

    5 GEESTELIKE EN VERSTANDELIKE 0NTVOOGDING

    Soos reeds gemeld, berei opvoeding die weg voor na selfopvoeding; daarom kan beweer word dat eersgenoemde die opvoedeling help om in die opvoedingsituasie te do en wat h y later tydens selfopvoeding selfstandig en op eie verantwoordelikheid behoort te doen. Begryplikerwys moet Seneca as informele opvoeder ook besluit op watter tydstip hy Lucilius aan homself gaan oorlaat. Daar bestaan voldoende getuienis dat hy wei oor hierdie probleem besin het. Die algemene beginsel wat hy in die verband met betrekking tot geestelike onafhanklikheid stel , bevestig dit. Die gevaar bestaan, meen hy, dat die geestelik ontvoogde, sodra hy selfstandigheid bereik, die spoor byster kan raak; dan moet hy Ieiding kry: regi ergo debet, dum incipit posse se regere. 87 Seneca gee 'n pragtige illustrasie van die v66rspel tot selfopvoeding as hy die begeleiding van die inbecilliora ingenia met skoolseuns wat leer skryf, vergelyk : eers word hulle hande tydens die vorming van die letters vasgehou en later moet hulle sander hulp 'n voorbeeld navolg. Die totstandbrenging van geestelike onafhanklikheid vind op dieselfde wyse plaas: sic animus noster, dum eruditur ad praescriptum, iuvatur. 88 Quintilianus beskryf weliswaar 'n doeltreffender aanvangsmetode om kinders met 'n soort sjabloon gouer te leer skryf, want, aangesien die kind se vingers versterk word deurdat sy hand die gegroefde lyne van die letters vinniger en meer dikwels kan volg, sal die leerling sodoende die letters sander die hulp van 'n begeleidende hand kan leer vorm: neque egebit adiutorio malJum suam manu superimposita regentis. 89 Quintilianus se benadering verskil egter ook van die van Seneca in die opsig dat hy die skryfkuns as baie belangrik (praecipuum) vir die orator se formele opleiding beskou / 0 terwyl Seneca die voorbeeld gebruik om die ontwikkelingsgang van selfopvoeding plasties te illustreer.

    Seneca erken dat hy genoeg geloof in Lucilius het om hom a an homself oor te laat- Et vide, quod iudicium meum habeas: audeo te tibi credere. 91 Terwyl

    91

  • Seneca se aandag deur Marcellinus in beslag geneem word, gee e.g. met 'n geruste gemoed die volgende opdrag aan Lucilius: tu interim, qui pates, ... compone mores tuos, attolle animum, adversus formidata consiste. 92 Seneca delegeer dus sy verantwoordelikheid t.o.v. Lucilius se karaktervorming, motivering en geestesweerbaarheid tydelik aan Lucilius self. Lg. bereik egter die stadium dat hy op dieselfde geestelike vlak as Seneca te staan kom en gevolglik 'n vennootskap met sy leermeester betree waarin wedersydse motivering hulle verhouding kenmerk: sed iam currentem hortor et invicem hortantem. 93 Hierdie uitspraak laat ons tot die konklusie kom dat Seneca Lucilius na geestelike rypheid en onafhanklikheid gelei het. Hierteenoor kan egter ook die gevolg-trekking gemaak word dat Lucilius volgens die inligting in ep. 34 nog nie die begeleidingshulp of behoefte aan sedelike opvoeding wat hy van Seneca ontvang het, ontgroei het nie, want Seneca ag dit nog nodig om hom Ieiding te gee: si perseveraveris et incubueris et id egeris, ut omnia facta dictaque tua inter se congruant ac respondeant sibi et una forma percussa sint. 94 Seneca gee wei sy tevredenheid met sy opvoedingswerk en met Lucilius se vordering te kenhe; Seneca erken wei dat Lucilius geestelike volwassenheid bereik het (ep. 34, 1) , maar as senior vennoot in die opvoedkundige vennootskap tussen hom en Lucilius behou hy die beherende aandeel (ep. 34, 2). Lucilius se geestelike afhanklikheid van sy Ieier het dus nog 'n tydlank voortgeduur ten spyte van die feit dat Lucilius toegewyd en suksesvol aan die proses van intellektuele en sedelike selfopvoeding deelgeneem het: Quod pertinaciter studes et omnibus omissis hoc unum agis, ut te meliorem cotidie facias, et probo et gaudeo, nee tantum hortor, ut perseveres, sed etiam raga. 95 Gedagtig aan Dubois96 se stelling dat ware onafhanklike selfopvoeding nie bestaan nie , moet daar erken word dat Seneca in 'n sekere sin dieselfde mening toegedaan was.

    As die kennis- en hulpbehoewende volwassene deur dogma (sedelike opvoeding) tot die besef van sy eie tekortkominge en tot sedelike selfstandigheid gebring is, sal hy 'n monitor nie meer nodig he nie: monitorem non desiderabit. 97 Seneca verwys dus hier na die volwassene se geestelike ont-voogding. Die beredenering en standpunte van andere wat Seneca in ep. 94 voorle, het dit eintlik oor die praecepta en decreta, maar wat Seneca i.v.m. die monitor se gesag se, is hier tog relevant: quid, quod etiam probationibus ipsa monentis auctoritas prodest?98 Selfs sonder bewyse (vir die geldigheid van leerstellings) kan die hulpsoekende volwassene nog baat vind by die invloed van sy monitor-sy invloed bly selfs nadat hy geestelike volwassenheid bereik het nog van krag. In aansluiting by hierdie bewering vind ons elders in Seneca die volgende uitspraak: nihilominus adiuvat etiam currentem hortator. 99 lndien sy stelling in ep 34, 2 ook nog hier bygehaal word, nl. sed iam currentem hortor et invicem hortantem, word dit onmiddellik duidelik dat Seneca ten spyte van Lucilius se sedelike onafhanklikheid (iam currentem) nog nie sy hulp en aan-moediging aan hom onttrek het nie. In 'n ander brief word voortdurende vermaning deur 'n custos as 'n vereiste gestel: Sit ergo aliquis custos et aurem subinde pervellat. 100

    92

  • .j

    Geestelike en verstandelike ontvoogding word egter nie deur Seneca teen-gestaan nie; trouens, dit is juis een van sy opvoedkundige oogmerke. Hy wil m.i . vir oulaas net konstateer dat Lucilius geestelik en verstandelik sterk genoeg sal wees om homself in die veeleisende werklikheid te handhaaf. Om kennis te bekom , d.w.s. om geestelik en verstandelik verryk te word, moet jy aile leerstof jou eie maak, se Seneca. As voorvereiste vir sodanige kennis-verryking stel hy egter grater onafhanklikheid van voorbeeld en leermeester: At contra scire est et sua facere quaeque nee ad exemplar pendere et totiens respicere ad magistrum. 1111 Genoemde ontvoogding word ook vir Lucilius t.o. v. sy sedelike vorming in die vooruitsig gestel: sodra hy s6 ver gevorder het dat hy selfrespek verkry het, mag hy sy paedagogus verlaat: Cum iam profeceris tantwn, ut sit tibi etiam tui reverentia, licebit dimittas paedagogwn."12 Voordat dft egter kan geskied, moet hy hom intussen ook nog aan die geestelike gesag van ander mense soos Cato , Scipio of Laelius onderwerp: interim aliquorwn te auctoritate custodi, aut Cato ille sit aut Scipio aut Laelius. 1113 Cicero, IIJ.l Plutarchus 1115 en natuurlik Seneca 106 (om maar net enkeles te noem) !ewer getuienis van die navolging van kontemporere of historiese figure- 'n ide ale onderrigmetode in die selfopvoeding. Die mens het behoefte aan iemand as voorbeeld waarvolgens hy sy karakter kan vorm en hervorm. In Seneca se eie woorde in ep. 11 , 10 klink dit s6: Opus est, inquam, aliquo, ad quem mores nostri se ipsi exigant . Hier moet vera! die woorde se ipsi beklemtoon word. Later gee Seneca 'n aanduiding van wat Lucilius in die afwesigheid van die paedagogus (Seneca) behoort te doen: sic vive, tam quam quid facias auditurus sim, irnmo tamquam visurus. 101 Sodoende hou Seneca die selfopvoedingsproses aan die gang en wil hy dus selfs in sy afwesigheid sy opvoedingsgesag oor Lucilius laat geld. In ep. 11 gee Seneca inderdaad 'n pragtige omskrywing van die twee deelnemers aan die selfopvoedingsproses: die andragoog of hulpverlener en die hulpsoekende. Seneca sien die andragoog of paedagogus as iemand wat sy vormingswerk selfs in sy afwesigheid in die gedagte van die hulpbehoewende volwassene kan laat voortgaan- 0 felicem ilium, qui non praesens tantwn, sed etiam cogitatus emendat! 1118 Hierteenoor kan die hulpsoekende die selfopvoedingsproses verder voer deur slegs sy begeleier se beeld in herinnering te roep en homself aan die hand hiervan te vorm: 0 felicem , qui sic aliquem vereri potest, ut ad memoriam quoque eius se conponat atque ordine/!1119 'n Logiese afleiding uit die vooraf-gaande uitlating is dat die leer ling of hulpsoekende volwassene ook mense wat hy nie ken nie, maar hoogag, pedagogies sal gebruik deur hulle voor sy geestesoog te roep. Bogenoemde geestelike ontvoogding bring mee dat 'n persoon wat sedelike volwaardigheid bereik het, sy eie leermeester en leerling word , 'n resultaat wat deur selfopvoeding in al sy fasette beoog word .110

    Ten slotte enkele opmerkings en gevolgtrekkings. Seneca kan nie as die vader van die selfopvoeding beskou word nie, aangesien Jaeger111 aantoon dat die gedagte die eerste keer in die geskiedenis van die opvoeding in Plato gevind word: Kai J.liJ J.lOVOV f:auT6v rrA.cinEtV. 111 Ons kan egter beweer dat Seneca die

    93

  • r moontlikhede daarvan ingesien , ontgin en uitgebou het. Waar die fenomeen van selfopvoeding selfs vandag nog 'n betreklik jong wetenskaplike studieveld is, kan ons se dat Seneca nie net vir sy tyd nie , maar ook aan teenswoordige norme gemeet, besonder modern in sy opvoedkundige denke was vera! t.o.v . die beginsels wat hy vir selfopvoeding gestel het.

    Die persoonlike , intieme en vriendskaplike vorm van sy vermaning en raad-gewing maak die kommunikasiemedium- die informele brief- wat hy gekies het by uitnemendheid geskik vir selfopvoeding.

    In sy informele onderrig volg hy die ou Romeinse opvoeding na in soverre dit die noue , persoonlike band tussen opvoeder en opvoedeling betref, en bevorder sodoende die outodidaktiek.

    Sy skerp psigologiese insig, sy lewenservaring en rypheid as mens, wat hy in diens van die selfopvoeding gestel het, maak sy opvoeding selfs vandag nog aktueel.

    Hy was daarvan oortuig dat a! die moontlikhede tot selfopvoeding in die onafhanklike wilshandeling en skeppingsvermoe van die mens self en ook in die begeleidingshulp van die informele opvoeder opgesluit !e.

    Hy lei Lucilius en so ook die universele student aan die hand van self-evaluering, selfondersoek, selfkennis en selfvorming op behendige wyse na selfopvoeding.

    Laastens 'n paar gedagtes uit 'n hoofartikel , getiteld 'Simbole se Prys' in die dagblad Beeld van 27 Desember 1980, bladsy 6: 'Ondanks hierdie stort-vloed onderskeidings kla uitgewers en koerante dat jongmense al beroerder spel en hul slegter in hul moedertaal uitdruk. Organisasies wat al dekades lank kandidate keur op grond van 'n toets wat op algemene kennis gebaseer is , kla eweneens dat ons jongmense al hoe meer weet van steeds minder en minder.

    Vergelyk 'n mens die hoe persentasie buitengewoon suksesvolle matrikulante met die prestasies van eerstejaarstudente aan ons universiteite, dan word dit duidelik dat baie onderskeidings behaal word deur intensiewe 'afrigting' ten koste van die ontwikkeling van selfstandige denke.'

    Dan gaan die artikel voort: 'Miskien moet ons weer 'n slag onthou dat ons kinders 'n bestaan sal moet maak in 'n besonder mededingende wereld, waarin prestasie afhanklik is van selfstandige denke en deursettingsvermoe.' (Vgl. briewe 34,4 en 35, 1 van Seneca.)

    Die eindproduk wat Seneca in die vooruitsig stel, is 'n gebalanseerde, by omstandighede aangepaste, gelukkige mens met 'n gesonde , helder en korrekte oordeel, 'n redelike vermoe tot waardebepaling (Vit. Beat. 6, 2) en selfstandige denke (Ep. 33, 7 en 8), iemand wat homself kan vorm en verbeter. Hy stet hom dit ten doe! om aan die gemeenskap geestelik weerbare mense (Ep. 49 , 9) te !ewer, karakters wat weet hoe om hulle volgens hoe sedelike standaarde te gedra. 113

    Die hoofartikel in Beeld sluit af met die volgende bedekte aanklag teen ons hedendaagse onderwysstelsel: 'Ons is immers nie besig om mense vir skole

    94

  • voor te berei nie, maar vir die !ewe met sy stampe en stote.' Netso aktueel is Seneca se onverbloemde kritiek teen die oppervlakkige, onpraktiese en intellek-gerigte onderwys van 1900 jaar gelede, toe hy die sarkastiese opmerking gemaak het: non vitae sed scholae discimus . 114

    Dit ly geen twyfel nie dat Seneca so lank gelede presies geweet het waarheen hy met Lucilius op pad was en waarom hy selfstandige denke , geestelike en verstandelike ontvoogding en die daaropvolgende selfopvoeding so belangrik vir die vorming van die mens geag het.

    AANTEKENINGE

    *Verwerkte weergawe van 'n voordrag gelewer op 21 Januarie 1981 tydens die tweejaarlikse kongres van die Klassieke Vereniging van Suid-Afrika by die Universiteit van Natal. Genoemde voordrag is verwerk uit 'n onderafdeling van 'n proefskrif getiteld Seneca se Opvoedkundige Denke wat in November 1978 ter vervulling van die vereistes vir die D.Litt.-graad by die P.U. vir C.H.O. ingdien is .

    l. M.J. Mans, Seneca se Opvoedkundige Denke, dissertasie Potchefstroom 1978 (hiermi aan-gehaal as ' Mans' ) , 54, 90.

    2. Ibid. 50-53 .. 3. Ibid. 114, 187. 4. Ibid. 184, 187, n.477. 5. Republiek van Suid-Afrika , Venlag w u1 die Komi tee van Ondersoek m1 Kommunikasie i11.mke

    Informele Nasionale Opvoeding, Pretoria 1973 (hicrmi aangehaal as Verslag), 4. 6. Ibid. 7. Ibid . 5. 8. Ibid. 9. Mans 80, n. 301.

    10. Verslag 5. I I. Seneca, Epistulae Morales (hierna aangehaa l as Ep.) 121 ,4 ; 98, I. 12. Ep." 121, 4; 34. 2; Ben. , I, 8, 2, en 3; Ep. II'J, 1; 6, 4; 71, 36. 13. Verslag 6. 14. Ibid. 15. Ep. 11, 9. 16. Vit. Beat. 1, 2. 17. Ep. 33, 11: Qui a me nos isla movenmt, 11011 domini nostri, sed duces sunt. 18. Verslag 5. 19. Ibid. 6; cf. Ep. 48 , 1; 119, 1. 20. Vers/ag 6. 21. Ibid. 22. Ibid. 7. 23. Vers/ag 42; cf. P.J. Enk, Geschiedenis der Latijnse Le//erkunde, Groningen 1956, 220; J. Chr.

    Coetzee, Opvoedkundige Teorie en Praktyk deur die Eeue , Johannesburg 1943, 48. 24. M. Roze1aar, Seneca: Eine Gesamtdarstellung , Amsterdam 1976, 415. 25. Verslag 10, 6. 26. Ep. 13 , 3; cf. 119, l. 27. Ep. l2l , 4:Volodiscere,. 28. Ep. 35, l. 29. Ep. 34, 3, 4; cf. 64, 5. 30. Verslag 20-21. 31. Ep. 80. 3; cf. 52, 3. 32. Ep. SO, 4; 52, 3; cf. Rozelaar, op. cit. MO; J.M. Rist, Stoic Philosophy, Cambridge 1969, 224e .v. 33. Ep. 34. 3. 34. Skrywer van hierdie artike1 se siening.

    95

  • 35. Ep. 34, 3. 36. Ibid. ; cf. Plut. Moralia, Quo111odo quis suos in virtute sentiat profecllls, par. 85A (Loeb-edisie vol.

    l. red. F. C. .Babbitt, Lunden 1927, p. 452); Ben. 5, 4, 4; Ira , 2. 13, 1. 37. Ep. 34. 3. 38. Ep. 71 , 36. 39. Mans 49, n. 88. 40. Ep. 82. 17. 41. Ep. 75, 18. 42. Ep. 90, 34. 43. P. Brunton, The Ques/ of/he Overself, London s.j., 169. 44. Ep. 94, 29; 73, 16; 120, 4. 45. P. Dubois. Zelfopvoeding, Almelo 1920,72. 46. Ibid.; cf. H . Hutcheson se vertaling van lg. werk: Sel{comrol and how In secure if, New York

    191(), IUS. 47. Ep. 52. 3. 48. Ibid. 49. Ibid. 4. 50. Ep. 121, 4; 34. 2. 51. Ep. 10, I. 52. Verslag 34, 42. 53. Ibid. 36; Ep . 7, R: l!Jl!, 12. 54. Verslag 35; Ira 3, 36, 1, 3 en 4; Ep. 8 , 6 ; 83, 2; 28, 10. 55. Ep. lOS, 3 (docens en disce11s); E.jJ. 7, lO; 6, 2; 3, l. 5n. Verslag 34; cf. Ep. !09, 2 . 3, 5 en 12; 8, n; 7, 8; 109 , 12. 57. Ira. 3, 36. l. 58. Ibid. 4. 59. Ibid. 3; cf. Ep. 8, 6; 83. 2. 60. Ep. 28 , 10. nl. Ep. 31, 3. 62. Tranq. 6, 2; cf. Ep. 5lJ. 14: Vas/ag HI. 63. Tranq. 7, 2. 64. Ibid. 6, 2. 65. Ibid. 7, 2 en 3. 66. Brunton , op. cil. 15. n7. Ep. 31. 5. 68. Ep. 28, 9; cf. 68, 14. 69. Ep . 28, 9. 70. !hid. 71. Dubois. op. cit. 106. 1 10. 72. Ep. 50, 6; d. Ep. !Ill, I ; F. en O.A. van der Stoep, Didaktiese Orientasie. Pretoria 1 lJnS. 224. 73. Ep. 27. 5. 74. Ibid. 3 en 4. 75. !hid. 3; cf. SO, 5: Tibi desoportet istud bonum, a /e pet as; 53, R; Plin. Ep. R. 23; J.P. V.D. Balsdon ,

    Life and Leisure in Anciem Rome, Lon den 1 96lJ , 170. 76. Ep. 35, 1 en 2. 77. Ibid. l. 7R. Ep. 50, 1: cf. 13, 1: ins/rueres 1e (om jouself intellcktuecl toe tc rus). 79. Ep. 15. 10. SO. Mans 64-74. 81. Ep. 33. 8. 82 . Ep. 13 , 8 . S3. Mans 153- 159; cf. Ep. 84. I. R4. Ep. i-14, 8: cf. Plut. Moralia, De liberis educandis. par. 4A, iiv zwA.t!J rrupotKJicrn~ t>ITOCJKti ~m

    etuEhicrn. 1'5. Ep. 33. 7. flo. Donald J. TreiTingcr. 'Guidelines for Encouraging lnclependencc and Sel!'-direction among

    Gifted Students'. The Journal of CremiFe Behaviour 12 ( 1 lJ78) 14. R7. Ep. 94. 51; cl'. H.P. Blitlcr en J.H. Schweizer, Seneca im Umerrichl, Heidelberg 1974, 54 ;

    Dubois, op. cit. , ve rt. Hutcheson . 105.

    96

  • 88. Ep. 94, 51. 89. Quint. lnst. Oral. I , I , 27; cf. F. H. Colson, Quint. Ins/. Oral. I , New York 1924,20 n. 27; W.

    Peterson, Quint. lnst. Orat. 10 , Oxford 1903, 83. 90. Quint. Ins!. Oral. 1, I, 28. 91. Ep. 10, I. 92. Ep. 29, 9; cf. Ep. 16, 7. 93. Ep. 34, 2. 94. Ibid. 4. 95. Ep. 5, I. 96. Mans 209: Dubois , op. cit. 72. 97. Ep. 94, 8. 98. Ibid. 27. 99. Ep. 109, 6.

    100. Ep. 94, 55, 59, 60; 52, 2. 101. Ep. 33, 8. 102. Ep. 25, 6; cf. 20, 'I. 103. Ibid. 104. Cic. Off. 2, 46. 105. Plut. Mora/fa , Quomodo quis suos in virtute sentia/ profectus, 85A. 106. Ep. 52 , 7; 11,9 en 10. 107. Ep.32,1. 108. Ep. 11, 9; cf. 25, 5. 109. Ibid. ; Plin. Ep. 1, 12. 110. D.E. Oppenheim, 'Selbsterziehung und Fremderziehung nach Seneca' in Seneca als Philosoph ,

    red. G. Maurach , WdF Band 414, Darmstadt 1975, 199. 111. W. Jaeger, Paideia: the Ideals of Greek Culture, vert. G. Highet, Vol. 2, Oxford 1947,413. 112. Plato, Rep. 500d. 113. C. Burnier, La Pedagogie de Sbreque, Lausanne 1914, 94. 114. Ep. 106, 12.

    SUMMARY

    An investigation into the feasibility of self-education in Seneca's thinking is undertaken in this article. The collected evidence leads to some rather surprising conclusions. The medium of communication chosen by Seneca , namely the informal letter , made it possible for him (just. like modern books and the press) to reach, via Lucilius, the general public; his work therefore falls within the frame of national education. The personal, intimate and friendly nature of his admonition and advice makes this work eminently suitable for self-education. As far as the personal bond between educator and pupil is concerned, Seneca followed the old Roman education in his informal approach. It may be held that not only in comparison with his contemporaries but also according to modern norms, Seneca was, as regards self-education, very modern in his thought. His psychological insight, experience and maturity produced a form of informal and self-education extremely valuable even to this day. By means of self-examination, self-evaluation, self-knowledge and self-moulding, Lucilius , as well as the universal student, is dexterously led by Seneca to mental autonomy, genuine creativity and self-education. In the light of evidence furnished we deduce that his effective transfer of knowledge and his confidence in intercommunication and intracommunication ensure the success of the self-education that he propagated.

    97