sasima - julie 2015

8

Upload: kreativmedia-hub

Post on 22-Jul-2016

304 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

Skoolkoerant van Hoërskool Gimnasium - Potchefstroom

TRANSCRIPT

Page 1: Sasima - Julie 2015
Page 2: Sasima - Julie 2015

2Sasima - Potchefstroom Gimnasium

O N S M A A K L E E S , L E E R E N W I S K U N D E M A K L I K !

Tydens die week van die 18de tot die 24ste Maart het Gimmies opnuut besef hoe divers hulle werklik is. Die diversiteitsweek is ‘n inisiatief wat deur die Gimmieraad geneem is om erkenning aan uniekheid te gee. Geduren-de hierdie week is verskillende aspekte van die skool soos sport, akademie, leierskap en kultuur deur temadae uitgebeeld. Een van die dae is egter spesiaal opsygesit om leerders se biografiese verskille te vier.

Carissa Smit, die trotse ‘ma’ van hiérdie pro-jek en onderhoofdogter, sê die boodskap wat die Gimmieraad graag wou tuisbring is dat God almal met unieke eienskappe waarmee hulle die wêreld moet ‘inkleur’, geseën het.

Die week is afgesluit met ‘n sang, kitaar- en klawerbordspel en ‘n monoloog tydens ‘n kul-tuuraand in die Wiskundevierkant. “Dit is be-langrik om verskille te omhels en oordeel by die deur uit te skop,” sê Clarissa.

“Baie geluk en weer eens baie dankie aan die redaksie vir die harde werk om hierdie pragtige uitgawe die lig te laat sien.Daar gebeur so baie by ons wonderlike skool en hierdie koerant is nie net ‘n geleentheid vir ons leerders nie, maar lewer ook verslag oor al­les wat gebeur. Dit word op so ‘n mooi manier aangebied dat dit vir almal lekker is om deur die Sasima te blaai en die beriggies te lees.Baie dankie aan die redaksie, Me. Prinsloo en veral die adverteerders waarsonder alles nie moontlik sou wees nie.”

Vir die afgelope vyf jaar is Potchefstroom Gimnasium my trots en my vormgewer. Elke ervaring wat deur leerders van hierdie skool gedeel word, kan geag word as ‘n bou steen wat van wolkekrabbers tot eenvoudige, dog warm, familiehuise oprig. Potchefstroom Gimnasium bied aan leer-ders ‘n groot verskeidenheid geleenthede.Van Gimmie-Volkie tot Eisteddfod, uitruil-projekte tot diversiteitsweke. Dit is die skool waar jy alles kan doen, baie kan leer en so baie kan beleef. Die onderwysers van hierdie skool word hoog geag en slegs die bestes van

die bestes word uitgekies om elke leerder se onderrigtydperk te verryk. Dit is juis as gevolg van hierdie wonderlike ervarings en geleenthede dat die Sasima elke prestasie en elke merkwaardige aspek van die leerders en die skool uitlig. Alles word bekendgemaak om aan die res van die same-lewing te bewys dat hierdie die plek is waar karakters opgebou word en waar uniekheid gevier word. Geniet die diversiteit van ons Julie uitgawe!

Danielle Badenhorst

Gimmies vier diversiteit met kleur

Redakteur: Danielle Badenhorst

Adjunkredakteur: Bedryf – Wickus Zerwick

Adjunkredakteur: Inhoud – Melinda Christodoulides

Kultuur:

· Jacques Jacobs

· Juané Beeby

· Kathleen Heathcote

· Christi Olivier

Sport:

· Sunique Becker

· Anchen Bisschoff

· Lené Prinsloo

Eie Werf:

· Carel Coetzee

· Ilne Prinsloo

· Marguerite Olivier

· Suné Steenkamp

· Cherise Keyser

Sosiaal:

· Lizandie Faasen

· Katelynn Snyman

· Zandré Barnard

Foto’s:

· Suné Steenkamp en Nimé Judd

Redaksie God took another Angel homeLife is too shortIt’s not enoughBut we must understandThat if we live it in love and faith A load will be madeYour beautiful eyesSo big and roundShowed loveShowed laughterShowed happinessShowed sadnessBut we will remember youas the happy beautiful woman you were.You lay there in that hospital bedYou tried so hard to hold onBut God needed another angel to help pour out the rain.Tears have fallen, hearts were shattered But it was time for you to fly homeWe thought of you with love todayWe often speak your nameNow we only have memoriesAnd your picture in a frameYour memory is a keepsakeWith which we’ll never partGod has you in his keepingWe have you in our heart.If love alone could have saved you,You never would have died.Your loved ones came to say their goodbyesTo tell you they loved you and that you will be forever missed.The loss of a loved one is so hard to faceYou just want to hide, go somewhere and escapeBut death is something we all must go throughI know it’s hard, when it’s someone you loved and knewJust know now, she is in a better placeNo more hurt or pain shall she faceIt seems unfair and yes this is trueBut she is in heaven nowWatching over me and you

Ons onthou CarrideanCarridean Isaacs is op 24 April 2015 oorlede na komp-likasies ingetree het na ‘n klein operasie om ‘n gewas aan die skildklier te verwy-der. ‘n Gedenkdiens is op 30 April vir haar by die skool gehou en sy is op 2 Mei begrawe. Hierdie gedig deur Elmorene Coetzee (Graad 12) is opgedra aan haar. Gimmies gaan haar baie mis.

Carel Coetzee

Page 3: Sasima - Julie 2015

3Julie 2015 | Jaargang 36 (1)

Anné Naudé, matrikulant van Potchefstroom Gimnasium, is tydens die tweede jaarlikse Mej.Ca-chet-skoonheidskompetisie op 11 Maart 2015 as die algehele wenner gekroon.

Cachet Meisieskoshuis is die enigste meisieskoshuis van Potchef-stroom Gimnasium en huisves 138 mei sies. In 2014, onder leiding van die kultuurkomitee, het die eerste Mej. Cachet-kompetisie met groot sukses plaasgevind. In 2015 is me Ma risa de Wet aangewys as die nuwe voog van die kultuurkomitee en tesame met Megan Pistorius (voor sitter) en Melinda Christodou-lides (ondervoorsitter) het hulle hierdie jaar se kompetisie vuur en vlam aangepak.

Reeds vroeg in Februarie is daar gestem vir 40 finaliste wat uit gr. 10 tot 12 meisies bestaan, waarna die beoordelaars tydens onderhoude die getal na 12 finaliste vermin­der het. Hierdie finaliste het ure om geoefen aan hul dansroetine en loopplanktegniek om vir ‘n spog-funksie te sorg. “Die laataand-oe-fen sessies en vroeg opstaan was definitief die moeite werd. Ons het almal mekaar beter leer ken en al die geselsies, speletjies en McDo-nald’s is dinge wat ons nooit sal vergeet nie,” het Lizanne Scholtz, ‘n deelnemer gesê.

Tydens die glansgeleentheid

Op ‘n warm Maart­dag betree die matriekleerlinge van juffrou Rona van Wyk se geografie­klas die klaskamer, salig onbewus van die kaskenades wat sou uitbreek.

”Hello? Waar? Ek is nou daar!” was die woorde wat Kobus Brey-tenbach, a.k.a “Superman”, vlugtig in die lug agtergelaat het, waarna hy, soos ‘n ware held by die deur “uitgevlieg” het om die wêreld te gaan red.

Superman het ‘n paar dae voor sy verskyning vir homself ‘n skouer-bedeksel uitgesny en sy reëlings fyn beplan. Hy het ‘n vriend gevra om ‘n oproep te maak waarna hy sy selfoon spoedig sou antwoord. Hy het na die oproep sy mantel oor sy kop getrek, sy knope losgeruk en sy Superman-hemp vertoon. Hierna het hy van tafel na tafel by die klas uitgewals die wrede wêreld in.

Die inspirasie vir Kobus se poets was bloot om ‘n bietjie opwinding in Potchefstroom Gimnasium te skep. In elke matriekklaskamer was daar ‘n opmerklike gegons soos wat

“Superman” se ware identiteit oop-gevlek is. Die nuus het soos ‘n veld-brand versprei en die bewondering vir die “opoffering” van sy kosbare periode was duidelik sigbaar.

Kobus beskryf homself as ‘n “am-brivert” - iets tussen ‘n introvert en ‘n ekstrovert. Dit is juis hierdie eien-skap wat hom so ideaal vir sy taak as Superman maak. Indien Kobus enige van sy huidige superpowers kon ver-ruil vir ‘n ander, sou dit wees om ‘n meisie te kry. Indien hy met sy super-powers enige iets in Gimmies kon ve-rander, sou hy graag die reëling dat geen leerders tydens opening op die trappie mag sit nie, wou wegneem. Sy gunstelingvak is wiskunde met Juffrou Herkie Boshoff as sy inspira-sie om ‘n held te word.

Hy bou sy superpowers op met braaivleis. Volgens Kobus is Juffrou Susan Botha die onderwyseres wat heel waarskynlik, naas hom, die meeste superpowers besit.

Sy Lois Lane? Dané du Plessis, sy matriekafskeidmetgesel. Hy verskyn aan Gimmies en verdwyn weer met die slagspreuk: “Jy koop nie ervaring by Pick ‘n Pay nie.”

was daar drie afdelings: informeel, formeel (waar die finaliste geklee was in pragtige skeppings deur die ontwerper José de Canha) en ‘n vraag-en-antwoord-sessie. Anné Naudé is as die algehele wenner, Miceala Groenewald as eerste prinses en Telanie Nieuwenhuizen as tweede prinses, sowel as Mej. Fotogenies gekroon. Lizandie Faasen is gekroon as Mej. Persoonlikheid.

Megan Pistorius, voorsitter van die kultuurkomitee, het die volgen-de gesê oor die sukses van die aand: “Moet niks aanpak met net jou hart of net jou kop nie. Jou kop kan ver-geet en jou hart kan gaan staan. Daar-om pak jy alles aan met jou siel, want jou siel vergeet nie en stop ook nooit nie.”

Ten spyte van die feit dat Gim-mies so bekend is vir hul akademie, kultuur en sport, is

Gimmies ook be kend vir die hoeveel-heid tweelinge (identies sowel as nie-identies) wat hier skoolgaan.

Die graad 10’s is natuurlik die bekendste omdat hul vier identiese tweelinge het. ʼn Onderwyseres, Juf-frou Alta van Heerden is selfs een van ʼn drieling. Die vraag wat almal het wanneer dit kom by identiese tweelinge is of daar regtig so iets soos tweeling-telepatie bestaan?

Daar is wel baie gevalle waar identiese tweelinge getuig dat só iets al met hulle gebeur het. In een geval het een sussie al die ander se lewe gered, sy het gesê dit was asof daar ʼn stem in haar kop was wat vir haar gesê het om te gaan kyk waar haar sussie was. Toe sy uiteindelik haar

Kyk al ons tweelinge!sussie kry, was sy bewusteloos op die badkamervloer. Sy het net betyds daar opgedaag en heel waarskynlik haar sussie se lewe gered. Maar hoe geloofwaardig is tweeling-telepatie nou eintlik?

Daar is ʼn vraelys uitgedeel aan tweelinge in die skool en hulle getuig dat daar wel gevalle was waar hulle tweeling-telepatie ervaar het. Van dieselfde drome deel, tot om dit te gebruik tot hulle voordeel met spe-letjies soos Thirty Seconds, is daar wel bewyse dat tweelinge op ongewone maniere kommunikeer. Juffrou Alta vertel ook die storie van haar ma wat haar en haar sussie dorp toe gestuur het om materiaal te gaan koop. Hulle het uiteindelik met presies dieselfde lap by die huis aangekom, alhoewel hulle glad nie geweet het wat die an-der een gekoop het nie.

Wanneer jy hulle vra of hulle ouers hulle soms verwar, is die antwoord

beslis ja! Wel, wie kan hulle kwa-lik neem? Ouers kan darem hulle tweelinge uitken met hulle manier van praat, asook met die verskillende gesigsuitdrukkings.

Juffrou Alta vertel dat sy en haar sussie so baie na mekaar klink dat mense hulle nie op ʼn foon kan uitken nie. Dan is daar ook diegene wat hul boeties en sussies sal gebruik om op dates te gaan vir hulle, sonder dat die persoon enige iets agterkom!

Laastens wonder ʼn mens ook al-tyd of daar baie meer kompetisie heers tussen tweelinge. Op hierdie vraag was daar baie interessante antwoorde. Party het gesê dat daar glad nie kompetisie of vergelyking tussen hulle is nie en ander het weer geantwoord dat hulle dié kompetisie gebruik om hulle aan te moedig om beter te presteer.

Tweelinge is voorwaar ʼn interes-sante spesie.

Vier dae, vier lokale, agt sessies ‘n dag en honderde gesigte van ver-skillende skole. Sertifikate, trane en meesterstukke op die verhoog – dit is die Gimmies Eisteddfod.

Die 2015 Gimmies Eisteddfod was, soos die vorige jare, ‘n reuse-sukses. Die groei in die deelnemersgetalle is gehandhaaf en ons kan met trots sê dat daar die jaar meer as ‘n duisend inskrywings van 13 verskillende sko-le en instansies was. Deelnemers het

presteer in afdelings vir visuele kuns, fotografie, redenaars, drama, musiek en dans.

Die sukses van die eisteddfod word egter nie gemeet in terme van deelnemersgetalle of uitslae nie. Die ware sukses is dit wat dit vir die deel-nemers beteken. Elke keer wat ‘n gr. 1- of gr. 2 deelnemertjie in trane uit-bars omdat hulle hulle woorde ver-geet het, of omdat die spanning net te veel is en hulle dit dan regkry om met ‘n nat gesiggie deur te druk en hul item te lewer, is ‘n oomblik van

groot triomf. Gimmies skep nie net ‘n platform vir die kunste nie, ons gee ‘n geleentheid vir persoonlike groei. Om alleen op ‘n verhoog te staan en blootgestel te wees aan kritiek verg senuwees van staal! Elke jaar is daar een deelnemer wat uitstaan en wat die gehoor se harte week maak.

Vanjaar was dit ons voorreg om ‘n Down-sin droom deelnemer in die dansafde ling te akkommodeer. Dit is haar droom om in Gimmies te wees en om op die verhoog te dans.

Ons kon haar die geleentheid gee.

Kathleen Heathcote

BO: ‘n Kinderfoto van Juffrou Alta van Heerden (regs) saam met haar boetie Herman en sussie Susan. Sy is een van ‘n drieling.

Eistedfodd span die kroon

Anné is Mej. CachetMelinda Christodoulides

Superman ’n Gimmie!Danielle Badenhorst

‘n Stralende Anné Naudé.

AGTER: Marco en Duan Jansen, Dawie en Adriaan Röntgen, AC en Burger van der Westhuizen. VOOR: Hanlie en Phia Badenhorst, Jomaré en Carmi Snijman, Georgia en Caerie Bothma. REGS: Anika en Janke Smal.

Rosemary Fouché

Page 4: Sasima - Julie 2015

4Sasima - Potchefstroom Gimnasium

NOW OPENAT ELGRO HOTEL

- S P I N N I N G- R E B O U N D - A E R O B I C S- P I L A T E S- Z U M B A

* N O C O N T R A C T S

* N O T J U S T F O R T H E Y O U N G , F I T A N D T H I N

* P A Y P E R C L A S S O R P A Y M O N T H L Y

CONTACT JUDITH FICK - 082 862 0406 L I K E U S O N F A C E B O O K - T R E E O F L I F E F I T N E S S I N F A I T H

Leer ken ons Staatmakers

Vir hoeveel jaar is Meneer al ‘n onderwyser? Ek hou al vir 36 jaar lank skool en 34 jaar hiervan was by Gimmies.Wat was die beste dag van Meneer se lewe hier by Gimmies?Toe ek hier begin het.Wat was Meneer se vernederendste oom­blik?As gevolg van ‘n misverstand het ek ‘n musiekles vir die LO­vakadviseur aangebied.As Meneer kon kies tussen fliek by die huis en ‘n uitstappie na Disney Land wat sou Meneer kies?Beide sal maar bra vervelig wees.Het Meneer enige ander merkwaardige talente, behalwe Meneer se musiek­, skryf­ en kunstalent?Ek weet hoe om ganse te pluk.As Meneer enige voorwerp kon wees, wat sou dit wees?‘n Kokosneut. Dan bly ek op ‘n verlate eiland.

Terugblik oor 60 jaar

Die foto’tjie bevestig net die teorie;Die sestig jare rek oneindig ver,maar krimp met een gedagte terug.ʼn Blinkoogblik (sy wysheid net van speel)staar terug, glimlaggend, na ʼn ander,nog so onbekende wêreldwat onthutsend ver na vore strek.

Ek kyk en kyken kyk verwonderd terug.

Meneer Tom Ferreira

Onderwysers groet Gimmies

Juffrou Hester van der Westhuizen Juffrou Gerlize de Klerk Meneer Kobus de Wet

Hoe lank is Juffrou Hester al by Gimmies?Vanaf 2011. Dus 5 jaar.

Wat is die snaaksste herinnering wat juffrou as onderwyser by Gimmies saamneem?

Die Graad 12’s sou ‘n moeilike toets skryf. Hulle het met benoude, bleek gesigte doodstil die oomblik van waarheid vanaf die data pro-jektor afgewag. Hulle was egter vreeslik geluk-kig toe die woorde: ‘Af-periode’ in groot letters op die dataprojektor verskyn het. Ek was vir ‘n hele dag die gewildste onnie in die skool.Wat is die snaaksste antwoord nog ooit van ‘n Gimmie­leerling ontvang?

Ek het gevra wie is die minister van finansies en een leerling het “Zuma” as antwoord ver-skaf.Wie is Juffrou se gunstelinggroep om voor klas te gee?

My Graad 12-Ekonomiegroep.Wat is Juffrou se gunstelingkos by die snoepie te koop?

‘n Heerlike, kraakvars gesondheidsbroodjie.Wat doen juffrou in die personeelkamer?

Soek dadelik boeretroos om weer te herlaai en praat oor stoute kinders.”Gaan Juffrou kwaai wees by die nuwe skool?

Ja, veral in die begin. Leerlinge moet weet waar hulle met die onderwyser staan. Gaan Juffrou na die Gimmie-leerders ver­lang?

“Beslis. Vir my sal dit altyd ‘n fees wees om deel van die Gimmie-familie te wees!”

(Deur Zandré Barnard).

Waarheen gaan Juffrou Gerlize nou?Ek is aangestel deur die PUK se High Per-

formance Institute as die hulpafrigter van die 0/21-netbalgroep. Ek dien ook as holding coach by die ander PUK-spanne wat beteken dat ek die afrigter is wat instaan as die ander afrigters ander verpligtinge het. Wat mis Juffrou die meeste van Gimmies?

Ek kan sonder twyfel sê dat ek my vrien din-ne die HEEL MEESTE mis! Ek verlang vreeslik baie na my netbal kids. Elke liewe een van hulle wat al by my netbal geoefen het. Wat was ‘n hoogtepunt in Juffrou se jare by Gimmies?

Daar was definitief nie net een hoogtepunt by Gimmies nie en om elke een te noem, gaan verseker die Sasima volmaak. Maar elke per-soneelaksie, geesvangaksie, Vlekvry-geleent-heid, sportgeleentheid, enige kans wat ek kon kry om met mense te sosialiseer, was vir my ʼn hoogtepunt! As ek wel een moet uitlig, was dit die geleentheid wat ek elke dag gekry het om die funny clips op Mnr. Sean se foon te kon kyk. Kon net nie genoeg daarvan kry nie.Wat sal Juffrou altyd van Gimmies onthou?

Ek sal altyd die geesdrif, deursettingsver-moë, gewilligheid, liefde, passie en opregtheid onthou. En so gaan die lysie aan van die Gim-mies onthou. Dit was regtig vir my ‘n voorreg om by Gimmies te werk. Ek is dankbaar dat God vir my die geleentheid gegee het om met Gimmies te werk en dat hulle vir bietjie langer as twee jaar in my lewe kon inbou!

(Deur Ilne Prinsloo)

Ná 12 jaar se onderrig by Gimmies, is dit met ‘n swaar hart wat ons totsiens sê aan Meneer Kobus de Wet. In Februarie hoor ons die slegte nuus dat Meneer Kobus die skool gaan ver­laat om na Bloemfontein te verhuis. Die rede? Sy vrou het ‘n wonderlike werksgeleentheid as die hoof van Eunice Meisieskool gekry. Meneer Kobus is aangestel as ‘n fisiese weten­skap onderwyser by Brebner Hoërskool.

Meneer Kobus sal onthou word as regverdig op alle terreine met ‘n wye kennis in sy vak-gebied. Alhoewel die nuwe matriekleerlinge nie lank die voorreg kon geniet om by hom klas te kry nie, het hy alreeds ‘n verskil in hulle opvoeding gemaak. Sy interessante onderrig-metodes het ‘n manier gehad om elke leerder se aandag te behou en sy stories is altyd geduren-de pouses oorvertel.

Volgens meneer Piet Lessing, kollega en me-de-adjunkhoof, kon hy altyd “…die angel uit enige slegte situasie verwyder.” Volgens me-neer Lessing is een van sy beste eienskappe sy absolute eerlikheid en die reguit pad wat hy altyd gestap het. “Ek is oukei,” is die woorde wat volgens juffrou Christine Pienaar, kollega en mede-adjunkhoof, die meeste deur meneer Kobus gesê is. Juffrou Pienaar kontak hom steeds indien sy onseker is oor die hantering van ‘n moeilike situasie. Mevrou Marlize Au-camp, administratiewe beampte, sê dat meneer Kobus gemis word vir die manier waarop bil-tong hom soms kon omkoop en sy rustigheid wat ander altyd kon kalmeer.

(Deur Danielle Badenhorst)

Hier is ‘n gedig wat Mnr. Ferreira geskryf het oor die oudwordproses, geïnspireer deur ‘n foto van homself toe hy in Graad 1 was.

Page 5: Sasima - Julie 2015

5Julie 2015 | Jaargang 36 (1)

BLOKKIESRAAISEL - Een, twee, drie blok myself!

Gimmie onnies raak lekker laf• Op10FebruariehetGimmiessepersoneelhuljaarliksepersoneelkonsertopgevoer,omgeestevangvirdieInterhoër.Wat‘nheerlikespektakelwasditnie!

Kathleen Heathcote

Op 10 Februarie het Gimmies se personeel hul jaarlikse personeelkonsert opgevoer, om gees te vang vir die Interhoër. Gimmies het baie daar-na uitgesien, omdat dit hul enigste geleenthied is om te kyk en geniet terwyl die onnies hul trots in die sak steek en allerhande toertjies in die skoolsaal opvoer.

Vanjaar se tema was dat onderwysers moet aantrek volgens die letter waarmee hulle name begin. Die onnies het baie moeite gedoen met hul kostuums, asook moeite gedoen om ʼn paar giggels uit die Gimmies te kry, deur op die ver-hoog te dans en rond te val. Van superhelde tot ballerinas, daar was verseker ʼn diversiteit in die personeel se kostuums.

Die onnies wat almal die meeste verbaas

het, was onder andere juffrou Triena en haar twee medesterre wat as operasangers uit die 1960’s opgetree het.

Dan was daar Sean Shrek wat verseker al-mal laat glimlag het met sy kostuum. Daar was ook “Bertus die Ballerina” (meneer Pool) wat in sy tutu en tights ʼn paar indruk-wekkende toertjies gedoen het! Selfs meneer Oosthuizen het gedeel in die lawwigheid toe hy aan die einde van die konsert ʼn ver-skyning maak as Roelof Rooikappie uit een van ons gunsteling sprokiesverhale.

Die onderwysers het na hierdie konsert net weer eens bewys hoe baie Gimmie-guts hulle het en hoe bevoorreg Gimmies is om by sul-ke diverse onderwysers vol gees klas te kry. Almal sien beslis uit na dit wat die onnies beplan vir volgende jaar se personeelkonsert!

1) Die naam van Potchefstroom Gimna-sium se rugbyvelde. (dwars)

1) Waarvoor die kultuursentrum voor-heen gebruik is. (af)

2) Die land waarheen Juffrou Sunelle verhuis het.

3) Die onderwyser wie se klas op die stoep bo die kantoor oopmaak se van.

4) ‘n Sokkie-tema laasjaar wat enige soettand opgewonde sal maak.

5) Die naam van die siekte waarvoor Gimmies aan die “Ice Bucket Challenge” deel-geneem het.

6) Die A in RA Oosthuizen7) Die naam wat aan nuwe graad 8’s ge-

gee word.8) Senior meneer Gimmie se naam.9) Die grootste ster in die sonnestelsel

waarin Gimmies homself bevind, agterstevoor-om gespel.

10) Die voormalige hoof se van.

Carel Coetzee

SM O O I V A L L E IE A DD N W

C H I N A G IA E NS A BE D RN C O N R A D I E ET I ER C A N D Y L A N DU A OM O T O R N E U R O N S I E K T E

⁷ˡ ⁸

²

⁶ ˡ⁰

³

⁴ ⁹

BLOKKIESRAAISEL

MEMORANDUM

BLOKKIESRAAISEL

ONTHOU OPEDAG OP 12 AUGUSTUS!

Page 6: Sasima - Julie 2015

6Sasima - Potchefstroom Gimnasium

Potchefstroom Gimnasium huisves al ‘n hele paar jaar die Nasionale Koorakade-mie op Vrydagmiddae in die kultuursen-trum. Alhoewel hierdie koor ‘n onaf-hanklike instansie is en nie Gimmies se skoolkoor nie, is daar elke jaar ‘n klomp leerlinge van Gimmies wat hulle stemme laat hoor tussen die ander lede van skole van Potchefstroom, Klerksdorp, Lichten-burg ens.

Kobus Viljoen, tans ‘n matriekleerling in Potchefstroom Gimnasium, het hierdie jaar die eer en verantwoordelikheid ont-vang om op te tree as koorhoofseun.

Die koorakademie het elke jaar ‘n koorkamp die naweek voordat die skool begin en dit is juis op hierdie kamp waar Kobus gekies is as hoofseun.

“My rol as koorhoofseun is dat ek moet kyk na die algehele dissipline van die ander koorlede, omdat koor juis ‘n akti-witeit is waar streng dissipline afgedwing moet word weens die min oefentyd.” Kobus se grootste verantwoordelikheid is die jaarlikse koorfees by Tukkies waar die koorakademie optree. Die koorfees stuur elke jaar vir die verskeie kore ‘n tema waarvolgens hul optrede beplan moet word en hierdie jaar se tema was time travel, dus het Kobus en sy koor-dag-bestuur op die jaar 1965 besluit. Hulle het self gereël vir die vervoer, verblyf, uitrust-ings en temalied (waarvoor hul die prys gewen het).

Kobus is die vierde agtereenvolgende koorhoofseun wat afkomstig is van Gim-mies, wat hom soveel trotser maak op sy prestasie.

Vorige koorhoofseuns van Gimmies sluit in: Jacques Adriaanse (2014,2013), Phillip Venter (2012,2011) en Nelius de Bruyn (2010). Kobus is ook baie lief vir sport en spandeer graag sy tyd deur krieket en sokker te speel. Hy komponeer ook sy eie musiek en sal graag eendag verder in dié rigting wil gaan, want musiek is ‘n groot deel van sy lewe.

Kobus ’n trotsekoorhoofseunMelinda Christodoulides

Uitblinker

Dit is 12 Februarie. Dit is asof die voël-tjies per opdrag die lug invaar met sonneblomsaadjies om die rand van

paaie reg rondom Potchefstroom te versier. Gelukkig vir Gimmies is dit nie net voëltjies wat tydens hierdie vreugdevolle tydperk rondsweef nie, maar Kupido, onbe skaamd en onstuitbaar met sy kolskote, volg kort op hulle hakke.

Valbal 2015 word gevier twee dae voor In-terhoër en heel toevalig twee dae voor Va-lentynsdag. Die atmosfeer is aansteeklik en met die sonneblomomhulsel rondom ons dorpie is daar niks meer gepas as die tema “Liefde op die platteland” vir hierdie spe-siale aand nie.

Met dié inisiatief van die Gimmieraad is die pronkgeleentheid vir ‘n slag by Roots ge-hou. Dit was die ideale plek vir dans, gesels en ‘n bietjie vlerksleep.

Met die aankoms is elke paartjie op die rooi tapyt verwelkom, amper soos iets uit ‘n Hollywood-glansgeleentheid.

Ten spyte van ‘n reëndruppel of twee is die paartjies met die stoepie langs in die stylvol versierde saal in. Vir sommige meisies was dit nie lank nie of die hoë hakke was uit en die dansskoene was aan. En die ouens? Be-towerd en bewonderend agterna.

Deur die loop van die aand is heerlike verversings bedien. ‘n Fotohoekie is vrolik versier om paartjies aan te moedig vir ‘n kiekie of twee. Die musiek het hier en daar ‘n lawwe deuntjie ingesluit net om later weer romantiese lirieke in die ore van verliefdes te fluister.

Teen die einde van die aand is pryse uit-gedeel aan spesifieke individue vir spesi-fieke kategorieë. Daniela Cronjé is aangewys as die meisie met die mooiste rok. Diann van Schalkwyk en Nimé Judd is aangewys as die paartjie van die jaar en Rudie de Wet het die prys vir die oulikste manier van vra verower.

Liefde was in die lug en toe is dit huis toe gaan tyd. En Kupido met sy pyl en boog? Ook huis toe, sopnat en tevrede.

Die Sweedse leefstyl is baie luuks en wat teg-nologie betref, meer gevorderd. Só meen die agt Gimmie-leerders wat vanjaar aan die Sweedse uitruilprojek deelgeneem het in een van die luuksste skole in dié land. Die Sweedse skool-geboue lyk soos kantoorblokke vir Suid-Afri-kaners.

In hul vrye tyd het die Sweedse- en Gim-mie-meisies ‘n bak-en-brou-aand gehou wat ‘n tradisionele ‘Swiss Roll’ opgelewer het. Vol-gens Gina Richards, een van die Gimmie-leer-ders, is die inhoud van die Swede se yskaste ‘n “baie snaakse kombinasie van gekookte eiers en kaviaar.”

Die Gimmies het saam met die Sweedse leerders verskeie bordspeletjies gespeel waar-na hulle ontdek het dat Pippie Langkous ‘n Sweedse oorsprong het. Hulle het tydens ‘n familienaweek saam met hulle Sweedse gas-

gesinne tradisionele roomyse en disse be-proef. Die Sweedse see was egter bietjie van ‘n teleurstelling omdat daar geen strand of bran-ders was nie.

Hulle het ook Gottenburgh besoek wat die tweede grootste stad naas Stockhölm is. Boonop is dit een van die groenste stede met baie parke, antieke geboue en kastele.

Die leerders het tydens ‘n kayakuitstappie die Sweedse leerders se volkslied geleer en ter-selfdertyd vir die Swede Gimmies se skoollied geleer.

Die leerders het ook by ‘n kwekery gewerk om geld in te samel vir hulle liefdadigheidspro-jek. Hierdie fondse is vir ‘n minderbevoorregte skool in Ikageng, Onalerona, gebruik.

Tydens die Swede se besoek aan Suid-Afrika het hulle die Wieg van die Mensdom besoek en ook op ‘n wildsafari gegaan. ‘n Rugbywedstryd op Loftus sowel as ‘n besoek aan die Onalero-na-kleuterskool in Ikageng, was hoogtepunte.

Glansryke Valbal ’n trefferDanielle Badenhorst

Champions aren’t made in the gyms. Cham­pions are made from something they have deep inside them: a desire, a dream, a vision. Só het Muhammed Ali, kampioen-bokser gesê.

Gimmies se skyfskietspan is besig om skoon-skip te maak. Daar is nuwe skuts van Gimmies in die o/14-, o/16- en o/21-afdelings vir die liga waarin almal baie goed gevaar het. Gim-mies het tans 22 lede wat ons skool se naam tydens die skyfskietkompetisies hoog hou.

Skyfskiet vat behoorlik vlamLené Prinsloo Mnr. Johan Benson, die skyfskiet- organiseer-

der by Gimmies, sê hy is vreeslik opgewonde oor Gimmies se skyfskiettoekoms.

Ané Aucamp, ʼn ervare gr.11­skut is gekies vir die die SA-skolespan om Gimmies tydens die BJI-kompetisie in Augustus, wat in Enge-land aangebied word, te verteenwoordig. Dit is die tweede keer wat sy hierdie ongelooflike prestasie behaal. Sy is gekroon as die beste skut in haar afdeling in Suid-Afrika met die hoogste lê, hoogste staan, hoogste kniel en 10m-dogter afdelings met ʼn totale telling van 910.

Jurgens Jansen van Rensburg in gr.10 het van af die 11de tot die 18de April aan die 79ste SA Ope Bisley­skyfskietkampioenskap deelge-neem saam met skuts van Groot Brittanje.

Hy het uitstekend gevaar en is aangewys as die beste SA o/19-skut. Jurgens word gekies vir die Protea o/19-span wat in twee toetse teen Groot Brittanje geskiet het. Hulle wen een toets en verloor die ander een. Hiermee verwerf ons uitblinker Gimmie Protea-kleure. Hy is deel van die groep wat in 2016 na Groot Brittanje gaan toer.

Onvergeetlike herinnerings aan SwedeCherise Keyser

• ‘Liefdeopdieplatteland’-temawerksoos’nbom

Page 7: Sasima - Julie 2015

7Julie 2015 | Jaargang 36 (1)

SYFERFONTEINABBATOIR / SLAGHUIS

T e l : 0 1 8 0 1 1 0 2 6 6

E m a i l : s y f e r f o n t e i n s l a g p a l e @ t r u e n w . c o . z a

w w w . s y f e r f o n t e i n a b b a t o i r . c o . z a

“ W H E R E Q U A L I T Y ‘ M E A T S ’ I T S M A T C H ” V I S I T U S F O R T H E F R E S H E S T P R O D U C E

Die o/16-seunshokkiespan behaal ‘n derde plek tydens die Suid-Afrikaanse skolekam-pioenskap wat in Pretoria gehou is. Dié span bestaan uit o/14-, o/15- en o/16-spelers. By die Gimmie-Grey naweek het die o/14-seuns 0-1 verloor, o/16 seuns 1-7 en ons trotse eerstespan wen weer teen Grey College 2-1.

By die Puk-reeks wen die o/16-spelers die

Charlotta Loggenberg het die eer te beurt geval om een van die top 10-muurbalspelers in SA te wees wat ons land vir twee weke in Hong Kong en Maleisië verteenwoordig het. Daar is teen ander lande gespeel en tydens hierdie toernooi ontvang hulle ʼn plek op die wêreldranglys. Af-rigting is ook ontvang van afrigters uit plekke soos Australië en Kanada.

Charlotta speel vir die o/16-span omdat daar nie n o/15-span is nie.

Sy sê haar afrigter is haar inspirasie. “Hy val onder die Top 5 Suid-Afrikaanse muurbalspe-lers en onder die Top 100 in die wêreld en ek wil graag eendag so goed soos hy wees.”

Voor ‘n wedstryd bid sy altyd. “Ek spring ook sommer op die baan tou as opwarming voor ʼn wedstryd en voordat die ander persoon dien, trippel ek rond en gewoonlik lag die mense nog al daarvoor, maar dit is maar ʼn gewoonte wat al van lank terug af kom.”

Die Spur, in samewerking met Anatomic, bied ’n bergfietsreeks aan spesifiek vir hoër-skoolleerders van 14 tot 18 jaar. Noordwes het op 23 Mei die eerste wedren van die reeks ge-had en dit is op die plaas Friesland aangebied.

Twaalf skole in die Noordwes-provinsie het deelgeneem waaronder Volkies, Gimmies, Rustenburg en Hartebeespoort. Dit is tans die vier top skole in die provinsie en tot op hede loop Volkies voor, Harties is in die tweede plek en Gimmies derde.

Die wedren is met 20 Gimmie-ryers aange-pak en ten spyte van min ryers is ’n groot in-druk gemaak. In die dogters-kategorie het Da-

Gimmies het vanjaar weer skoonskip gemaak en die Interhoër teen Potch Volkskool, Hoër-skool Lichtenburg, Boys High, Girls High en Hoër Tegniese Skool met vlieënde vaandels ge-wen in altwee afdelings - die 23ste keer in 24 jaar wat Gimmies as oorwinnaars wegstap. ‘Gooi anker by Gimmies’ is die woorde wat bo die sangspan op die pawiljoen gepryk het en Gimmies het die toeskouers se monde laat oophang oor die ongelooflik gees van die skool. Die seero-wer-tema is geïnspireer deur die temalied van die fliek PiratesoftheCaribbean en die dirigente het baie pret gehad met die kostuums en beplanning.

Charlotta speel ’n barshouKatelynn Snyman

Charlotta Loggenberg

Dirigente ons geheime wapen

Hokkiespanne gaan van krag tot krag Sunique Becker reeks en die eerstespan verower ʼn tweede

plek. Die seunshokkie is gesamentlik eerste met Hoërskool Noordheuwel. Gimnasium se A-spanne is ook weer Noordwes se beste. Die 0/14 A-, 0/16 A- en eerstespan wen die Noord-wesliga en dring deur na die Noordvaal ein-drondtes.

Die 0/16 B-span en tweedespan het ook tot in die semi­finale van die Noordwesliga deur­gedring.

Bergfietsry raak al hoe gewilderKatelynn Snyman nielle Strydom loshande gewen. Ryan Conradie

het ’n stywe pas gehandhaaf en op ’n stadium voorgeloop, maar na ’n nare val moes hy tevre-de wees met ’n tweede plek in die seuns-kate-gorie.

Marlize le Roux het ’n derde plek in die Jun-ior-meisieskategorie behaal en Wilbert Viljoen ’n vierde plek by die Junior-seuns.

Die volgende skolewedren vind op 29 Au-gustus plaas in Brits en word die Tour de Bos genoem. Tour de Boom is in Rustenburg op 5 September en die finale wedren in die Noord-wes-reeks is op 26 September in Hartbeespoort, die Tour de Dam. Die nasionale kampioenskap vind vanaf 3­4 Oktober by Bekker Hoërskool plaas. Komaan, kom ry saam!

Page 8: Sasima - Julie 2015

Dis ’n fees om ’n Gimmie te wees

Donevan du Toit, een van Gimmies se spogatlete, het weer uitgehaal en gewys tydens 2015 se Suid-Afri-kaanse atletiekkampioenskap.

‘n Skitterende tweede plek met verspring en ewe skitterende derde plek in die 100m is deur hom behaal. Donevan se beste tyd vir die 100m is ‘n ongelooflike 11.01 sekondes. Boonop oortref hy homself met ‘n uitmuntende 6,88m in die verspring-put! Donevan is ‘n baie ne derige ou en lewe met die woorde “Doen alles

Tydens hierdie jaar se Classic Clash-naweek het Gimnasium vir ‘n agtiende keer as wenners

weggestap. Op 28 en 29 Mei 2015 is die Gimmie-Volkie by Hoër Volk-skool gehou en die gees van beide skole was fenomenaal. Op Vrydag 28 Mei het Volkies die voorsprong gehad toe hul Gimmies se eerste net-balspan 30-22 gewen het. Gimmies se eerstespan seunshokkie het drie doele in die kas geslaan en het Volk-skool 3-0 gewen. Pierre Botma en Di-ann van Schalkwyk het gesorg vir die houe kas toe.

Op Saterdag 29 Mei het die eerste­span meisieshokkie gelykop ge speel, 2 elk. Die doele is deur Miceala Groe-newald en Ermaret Viljoen geslaan. Die o/16A-rugbyspan van Gimmies het hul teenstaanders behoorlik in die grond in getrap met hul uiters bril-jante wen. 107-10. Nadat al die ander

Onstuitbaar op die rugbyveld!

wedstryde verby was, was dit tyd vir die groot een. Die wedstryd waaroor die hele naweek nou eintlik gaan. Al 15 van hulle staan mooi netjies in ‘n ry voor die pawiljoen. Dié affêre het begin waar elke skool kans gekry het om hul skoollied te sing. Daarna het die hoof en die kapteins van beide skole, asook die Mejuffrou Gimmie en Mejuffrou Volkie, ‘n heildronk op die spesiale dag gedrink het.

Gimmies het die eerste punte aangeteken. Tydens die wedstryd was die hoofpawiljoen van die gas-heerskool volgepak met leerders en daar was ‘n gesingery van beide skole se ondersteuners. Selfs Gim-mies se eie gelukbringer (Mascott) wat as GT (Gimmie-Trots) gedoop is, het kom wys wie is baas.

Toe die eindfluitjie blaas, was die telling 33-3 in Gimmies se guns.

Jacques Jacobs, Heinrich Siepker, Llewellyn Bezuidenhout en Gerhard Steenekamp het die drieë gedruk.

Gimnasium behaal 23 oorwinnings en Volkskool slegs 11.

Na dié suksesvolle dag is die jaar-likse Vleisfees by Mooivallei gehou. Daar was selfs meer gaste as verlede jaar. Bonfires is gemaak, musiek is ge-speel en Gimmie-leerders, -ouers en selfs oud-Gimmies het dié oorwin-ning gevier.

* Die rugbyspelers is voorwaar elke Gimmie-leerder se trots. Nie lank vantevore nie, het die eerste rug-byspan alwéér gewys wie baas van die Puk-reeks is.

Die Fanie du Toit-sportterrein was op 9 Mei gepak met toeskouers, toe dié seuns vir Hoërskool Middelburg in die grond vertrap het. Gimmies het met 17 punte teenoor Middelburg se agt weggestap. Velti van der Mer-we, Carloux Ueckermann en Hein-rich Siepker het gesorg vir die drieë en Jaswyn Damon het die bal tussen die pale deur geskop.

Fac et Spera!

Deur Sunique Becker

Gimmies

se trots

Olimpiese ster in wording?

wat jy doen tot eer van God.” Voor hy deelneem, loop hy altyd eers op sy eie rond en bid.

Hy droom daarvan om eendag ‘n Olimpiese atleet te wees en sy groot-ste motivering om te bly presteer is die aanmoediging van die toe-skouers op die pawiljoen. “Ek hou daarvan om op my eie te wees, ek is mal daaroor om te lag, ek het so baie respek vir mense wat die beste in hul vermoë doen om te presteer, selfs al het hulle ‘n besering én ek hou baie van kaaskoek,” som hy homself in ‘n neutedop op.

Anchen Bisschoff

Vir die O/15A­netbalspan van 2014 het die woord “Singapoer” net een ding beteken: netbal, netbal, netbal!

Gimmies het met ‘n tweede plek by die Suid-Afrikaanse kampioenskap weggestap en het dus só gekwalifi-seer om aan die Youth International

Netbalspelers ry die golf van Singapoer-sukses Katelynn Snyman Netball Championships in Singapoer

te gaan deelneem. Jana Steinmann, Elani van der Merwe, Melissa Smit, Funeka Wanyane, Rizané van Rooy-en, Paula Maré, Lize-Mari de Wet, Mariaan de Bruyn, Annemi de Wet en Daniëlle Strydom het op 26 No-vember verlede jaar vertrek om met hulle uitmuntende prestasie Gim-

mies se naam hoog te gaan hou.Die Singapoer-kampioenskap is

‘n internasionale byeenkoms wat uit top netbalspanne van lande soos Maleisië, Australië, Suid-Afrika, Singapoer en Nieu-Seeland bestaan. Hierdie netbalspeelsters het verskeie geldinsamelingsprojekte gehou om te help met befondsing vir hulle op-

windende reis. Verskeie borglyste en ‘n vrouetee met Elize Kotzé – die afrigter van die Protea-netbalspan – het onder andere deel uitgemaak van hierdie projekte. Die span het tien wedstryde in Singapoer gespeel waarvan hulle ses gewen het. Hulle was algeheel vyfde.

Melissa Smit, een van die netbal-

speelsters, sê die span het onder meer Disney Land se Universal Studio besoek. Melissa noem ook dat Mc-Donalds ’n gewilde besoekplek was, want: “Daardie vreemde kos het nie elke dag vir ons gewerk nie!” Juffrou Marianne Ray (afrigter) het gesê dat hulle sukses uit-en-uit te danke is aan harde werk en fantastiese spangees.

Donevan du Toit in aksie in verspring, sy gunsteling-item.

Velti van der Merwe duik skouspelagtig oor die doellyn tydens die Puk-reeks waar Gimmies ook koning gekraai het.