psa 150:1 halleluja! loof god in sy ... - metamorfose.co.za · psa 150:1 halleluja! loof god in sy...

25
Psa 150:1 Halleluja! Loof God in sy heiligdom, loof Hom in sy sterk uitspansel! Loof Hom oor sy magtige dade, loof Hom na die volheid van sy grootheid! Loof Hom met basuingeklank, loof Hom met harp en siter; loof Hom met tamboeryn en koordans, loof Hom met snarespel en fluit; loof Hom met helder simbale, loof Hom met klinkende simbale! Laat alles wat asem het, die HERE loof! Halleluja!

Upload: others

Post on 08-Jul-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Psa 150:1 Halleluja! Loof God in sy heiligdom, loof Hom in sy sterk uitspansel! Loof Hom oor sy magtige dade, loof Hom na die volheid van sy grootheid! Loof Hom met basuingeklank, loof Hom met harp en siter; loof Hom met tamboeryn en koordans, loof Hom met snarespel en fluit; loof Hom met helder simbale, loof Hom met klinkende simbale! Laat alles wat asem het, die HERE loof! Halleluja!

HOOGMOED IS ‘n GELYKMAKER

Job 2:11 En toe die drie vriende van Job hoor van al hierdie onheile wat hom getref het, het hulle gekom, elkeen uit sy woonplek: Élifas, die Temaniet, en Bildad, die Suhiet, en Sofar, die Naämatiet; en hulle het volgens afspraak byeengekom om hom hul deelneming te betuig en hom te troos. En toe hulle op ‘n afstand hul oë opslaan en hom nie herken nie, het hulle hul stem verhef en geween; ook het hulle elkeen sy mantel geskeur en stof op hul hoofde gestrooi na die hemel toe. En hulle het by hom op die grond gaan sit, sewe dae en sewe nagte lank, sonder dat iemand ‘n woord met hom gepraat het; want hulle het gesien dat die smart baie groot was.

E 21

Job kom tot ‘n val, in duisternis stort hy neer en beland op ‘n ashoop. In

hardkoppigheid weier hy om tereggewys te word. Nebukadnesar hef weer

aan en sê “Kyk na wat ek verwerf het, kyk na my invloed oor die mens en

hy word verneder tot die vlak van ‘n dier. Satan het twee maniere met die

mensekind. Eerstens sal hy wat wil probeer om u te verhinder om God se

kind te word en daarna, sou hy nie slaag nie, probeer hy hoogmoed.

Twee geestelike wette geld vir elke mens. As jy dink en as jy optree asof jy

beter is as ‘n andere dan gaan die Here jou verneder. Begin negentigs grou ek

slote soos ‘n arbeider. Gedink dit is normaal totdat ek eventueel in

radeloosheid vyf jaar later in desperaatheid uitroep na die Here. Toe begin

die Here my oplig. Ek wonder hoe lank het Job geneem om deur sy siklus te

gaan. Nebukadnesar het sewe dekades gras gevreet soos ‘n dier en toe sy

herstel. Hardkoppigheid en onleerbaarheid verhinder verdere herstel. Het die

seun by die varke nie gerebelleer en eventueel was hy herstel na sy regmatige

posisie nie. Mag die Heilige Gees u help om deur die versluiering te werk.

en my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ék uit die he-mel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees.

F

F 1

Job, die Godvresende sit op die ashoop

Dawid volg sy eie kop in eie wysheid

Verhoog uself en God gaan u verneder

Maar verneder uself en u gaan verhoog word

Haan onder die henne, net jy alleen kan koning

kraai. In God se koninkryk hoort dit nie so nie

DIE

OEROUE SONDE

INHOUDSOPGAWE

Toets uself hieraan … is u hoogmoedig … F 2

Hoogmoed …. is ‘n plan van die duiwel … F 3

Godsdienstige hoogmoed … Fariseërs onder ons … F 4

Hoogmoediges in die Bybel … tel Dawid onder hulle … F 8

Verneder uself voor die Here … jou lig sal deurbreek … F 14

Vasting, die sleutel … verneder en sal Hy verhoog … F 15

Ester, wat wil jy van my hê … helfte van my koninkryk … F 17

Jesaja 58 … dan word jy die kop en nie die stert nie … F 18

'n Ware getuienis … Christen op ’n ashoop beland … F19

Hersiening … herhaling bring wysheid voort … F20

Finansiële deurbraak ... F21

EN LEI ONS NIE IN VERSOEKING NIE, MAAR

VERLOS ONS VAN DIE BOSE. HERE, VERLOS

ONS VAN ONS REBELLIE EN HOOGMOED!

‘Ek sal hulle wys

hoe word die werk gedoen.

Oordeel jy andere

en kyk neerhalend op hul neer

Het u net uself lief? Dink u dat u wys is? Beveel u uself aan? Dink u dat u iemand besonders is? Is u selfsugtig? Breek u mense af? Is u ongeskik met mense? Raak u geïrriteerd met mense? Ondankbaar? Lief vir geld? Pas u die verkeersreëls nougeset toe? Sonder liefde? Onderduims? Selfbevrediging? Manipuleer en domineer u ander? Betaal u, u rekeninge betyds? Onderwerp u, uself aan gesag? Wat dink u van u baas? Grootpraat? Het u niks meer nodig nie? Werk u maklik saam met mense? Selfvoldaan?

Kan nie uit u finansiële verknorsing kom nie? Geskei? Kan u nie gesond word nie? Onleerbaar soos Job? Ondankbaar soos Jona? Wederstrewig soos Saulus? Rebels soos Judas Iskariot? Hoogmoedig soos Satan? Dink u u weet alles? Is u getroud met ‘n drankmisbruiker? Afgunstig? Word u telkemale verneder? Bly u stil as u maat met u verskil? Slaan u maat u? Gemolesteerd? Kyk neerhalend af op ander nasies? Is u huweliksmaat vir u ‘n verleentheid? Dink u u is beter as ander volke? Is u maat ‘n godloënaar? Hatig en verbitterd? Niemand wil meer na u luister nie.

Merk gerus dié af wat op u van toepassing is

Ek is die mooiste blommetjie in

die tuin, mooier as al die ander!

F 2

Satan haat u en wil u

uit die pad hê

AAN GOD DIE EER

HOOGMOED …. Luk 22:26 Maar so moet julle nie wees nie; maar die

oudste onder julle moet word soos die jongste, en wie ‘n leier is, soos een wat dien.

TOETS USELF HIERAAN Het mense al ooit van u gesê dat u hoogmoedig is? Volg u u eie kop en wil nie meer luister nie? Het u nog vertroue in mense? Het u nog sonde in u lewe en kan nie breek daarmee nie? Kyk u neerhalend af op mense? Beskinder u mense en praat kwaad van hulle? Het mense u al beskuldig van rebelsheid? Vertrou u op u eie krag? Draai die wêreld net om u? Spot u graag met mense? Eiesinnigheid? Het u nog sonde in u lewe? Is u nog leerbaar? Hardkoppig? Minderwaardig? Voel u nog skuldig nadat u, u sonde bely het? Is u arrogant? Is u jaloers? Perfeksionisties? Volg u God se riglyne nougeset na? Hoor u nog as u maat u teregwys? Verhoog u, uself deur grootpratery? Glo u ten volle in God se beloftes? ‘n Trotse hart en hoogmoedige oë? Glo u dat God se Woord die waarheid is? Weier om tereggewys te word? Weier om gedissiplineer te word? Probeer u almal se aandag kry as u praat? Doen u u deel in die huishouding? Eie eer? Wys in u eie oë? Neem u altyd die hele gesprek oor? Wil altyd op die beste plek sit? Blaas u u eie beuel? Wil u altyd net die beste vir uself hê? Wat dink u as ‘n ander aangeprys word?

MODULE F

HOOGMOED .. is ‘n plan van die duiwel Die woordeboek omskryf die woord nog verder deur te sê dat trotsheid, verwaandheid, opgeblasenheid, ‘n abnormale gevoel van eiewaarde, ook gebruik kan word. Snaaks genoeg verklaar die woordeboek ook dat hoogmoed tot ‘n val kom. ‘Pride’ op sy beurt kan beskryf word as ‘boast’ of as ‘vainglory’, selfs as ‘puffed up’ of ‘haughtiness’. In die boek van Spreuke (16:18) word verkaar dat trotsheid voor verbreking kom en hoogmoed (a haughty spirit) voor die val. DIE MANIFESTERING OF VRUGTE VAN HOOGMOED

* Trotse oë … dit is een van sewe dinge wat God haat. Spr. 6:17 (proudness) * Spotters … as dit spotters betref, spot Hy. Spr. 3:34 (scornfulness/mockery) * Hoogmoediges … God weerstaan hulle. 1 Pet. 5:5 (bragging/boastful) * Nekverharding … so ‘n persoon sal onvoorsiens verbreek word, sonder dat daar genesing is. Spr. 29:1 (stiff-necked, stubborn and obstinate) * ‘n Vermetele … ‘n trotsaard word ‘n spotter genoem. Spr. 21:24 * Skinder … hy wat sy mond en tong bewaar. Spr. 21:23 * Dominerend … ook nie as heersers nie. 1 Pet. 5:5 (manipulering) oorheersend, arrogansie, voorskriftelikheid, onbeskof, die vermetele, die verwaande ....Hy sal hulle weerstaan, frustreer en hulle oorwin. Egosentries en selfregverdigendes is ook verdere verwysings na die manifestering van hoogmoed.

Eie eer, domineer, ek en ek alleen, kan mense nie verdra nie

WAT SAL GOD MAAK MET ‘N PERSOON WAT HOOGMOEDIG IS?

In die boek van Jesaja (2:11,17) gee God die versekering dat die hoë oë van die mense verneder sal word en hulle sal neergebuig word. Vernedering sal volg (‘neerbuig’ of buk, buig, oorgee of enigiets wat afwaarts gekrom is, soos die hoof of die liggaam) Die persoon sal tot ‘n val kom … trotsheid kom voor verbreking en hoogmoed kom tot ‘n val. Spr. 6:18 God sal die hoogmoedige straf … die Here haat die sonde. Spr. 6:16 God sal met die spotters spot … Spr. 3:34 God sal hulle verneder … Sy oë is teen die hoogmoedige. 2 Sam. 22:28

Rebellie is ‘n vrug van

hoogmoed en ek en ek alleen is

‘n boetie daarvan.

F 3

Gee die duiwel

geen plek in

jou lewe nie

Is jou maat ‘n vloeker, skel-

ler, dronklap … ondervind u

vernedring?

Afguns, jaloesie, kwaadpraat, haat,

skinder, trotsheid, stilbly, doen nie jou

deel nie, dink niks van u maat nie

Het God gesê!

‘GODSDIENSTIGE’ HOOGMOED (of Onheilige of Geestelike hoogmoed) Hierdie tipe hoogmoed weier om op God te vertrou en om aan Hom te onderwerp. Hierdie selfde hoogmoed ontneem God Sy eer en neem die eer aan vir homself. Hierdie sonde, wat ‘n gruwel is voor God, word ook genoem die wortel van alle sondes. Hoogmoed was die eerste keer geopenbaar toe Satan homself verhef het oor God en Sy plek wou inneem as God van die heelal … Jes. 14:12-14 Hoe het jy uit die hemel geval Lucifer, seun van die dageraad? Hoe lê jy teen die aarde neergeslaan, oorweldiger van die nasies? En jy het in jou hart gesê: “Ek wil opklim in die hemel, my troon verhef en saam met God sit op die berg van samekoms. Ek wil myself verhef bo die hoogtes van die wolke, myself gelykstel met die Allerhoogste. Hierdie gevalle Satan (Luk. 10:18. Ek het Satan soos ‘n bliksem uit die hemel sien val) werk in die hart van die mens om homself te verhef bo God (Gen. 3:5 Julle oë sal oopgaan sodat julle soos God sal wees) met die resultaat dat die mens se totale natuur geïnfiltreer is met hoogmoed (Rom. 1:23 En hulle het die heerlikheid van die onverganklike God verander in die gelykvormigheid van die beeld van ‘n verganklike mens.) Die rede vir Satan se oordeel kom juis van sy hoogmoedigheid (1 Tim. 3:6 ‘n Nuweling kan verwaand word en in dieselfde oordeel val as Satan.) Die strik van die Duiwel is juis hoogmoed en daardeur het menige goedbedoelde Christene geval. (1 Tim. 3:7 Moet nie val vir die strik van die Satan nie. 2 Tim. 2:26 Hulle moet nugter word, vry van die strik van die Satan, nadat hulle deur hom gevang was om sy wil te doen)

Hoogmoed het Satan tot ‘n val gelei en daardeur bring hy menige ander tot ‘n val. Die mens se arrogansie en traak-my-nie-agtigheid vind ons regdeur die Bybel en van Moab word gesê: “Ons het gehoor van die trotsheid van Moab – hy is baie trots – van sy hoogmoed en sy trotsheid en sy grimmigheid, sy onbehoorlike grootpratery” Jes. 16:6. Juda (so sal Ek laat bederwe die hoogmoed van Juda. Jer. 13:9) en ook Israel (en die trotsheid van Israel getuig gedurig teen hom. Hos. 5:5) word telkemale aangespreek deur die profete. Hoogmoed word ook genoem die oorsprong van ateïsme (die goddelose sê met sy neus in die lug “daar is geen God nie”. Psalm. 10:4.) Hoogmoed was ook die oorsaak van Nebukadneser se ondergang … en die koning het aangehef en gesê: “Is dit nie die groot Babel wat ek opgebou het nie tot ‘n koninklike verblyf, deur die sterkte van my vermoë, en tot verheerliking van my majesteit nie?” en God het hom grootliks verneder totdat hy erken het dat God die Almagtige is. (Dan. 4:30,37).

Hoogmoed word saam met losbandigheid, diewery, boosheid … genoem as sondes wat uit die hart van die mens kom. Die Woord noem dit booshede wat van binne uit die mens kom en dit maak die mens onrein.

Opgeblaas deur u eie

prestasies: Net ‘EK’

kan dit doen.

‘Ek’ wil alles doen.

‘Ek’ die mees

belangrikste.

Sekerlik gaan

‘n hoogmoedige

tot ‘n val kom.

F 4

MODULE F

Paulus sien hoogmoed as die wortel van die wederstrewige Jood en a.g.v. hulle hardvogtigheid en hulle verharding van die hart het dit tot ongeloof gelei teenoor God en Sy Gebod. Selfregverdiging wat ook Job se val meegebring het, volg na hoogmoed. Net God kan ‘n mens regverdig maak en dit geskied slegs deur die prys wat Jesus betaal het. Nie u kennis, of u geld, of u werke, of u goeie dade kan u regverdig maak nie. Slegs deur die volbragte werk wat vir u gedoen was aan die kruis. Vir die trotse Jood wat al die wettiese kennis gehad het, was dit ‘n struikelblok, maar hulle wat die knie gebuig het voor die nuwe leer, vir hulle het daar verlossing gekom. HOOGMOED IS: ‘n Sonde .... Spreuke 21:4 Hoogheid van oë en trotsheid van hart - die glans van die goddelose is sonde. God haat hoogmoed Spreuke 6:16-17 Hierdie ses dinge haat die Here en sewe is vir sy siel ‘n gruwel: trotse oë, ‘n leuenagtige tong en hande wat onskuldige bloed vergiet, HOOGMOED WORD METTERTYD Selfregverdiging Lukas 18:11 En die Fariseër het gaan staan en by homself gebid: o God, ek dank U dat ek nie soos die ander mense is nie - rowers, onregverdiges, egbrekers, of ook soos hierdie tollenaar nie. Opgeblase kennis 1 Korinthiërs 8:1-2 ..... Die kennis maak opgeblase, maar die liefde stig. As iemand meen dat hy enige kennis het, weet hy nog niks soos ‘n mens behoort te weet nie. Bring verwaandheid voort 1 Timótheüs 3:6 Hy moet nie ‘n nuweling wees nie, sodat hy nie verwaand word en in dieselfde oordeel as die duiwel val nie. Kennis bring verwronge mag voort Levítikus 26:18-19 ......sal Ek voortgaan om julle sewevoudig weens julle sondes te tugtig. En Ek sal julle trotse mag verbreek. HOOGMOED IS

Verbode 1 Samuel 2:3 Spreek nie voortdurend alte hoog nie, laat vermetele taal nie uit julle mond uitgaan nie; want die Here is ‘n God van diepe kennis, ‘n Besoedeling vir die mens Markus 7:20-22 .... Wat uit die mens uitgaan, dit maak die mens onrein. Want van binne, uit die hart van die mense, kom die slegte gedagtes, .........hoogmoed

‘n Verharding van ‘n mens se gees Daniël 5:20 Maar net toe sy hart hom verhef het en sy gees verhard is om oormoedig te wees, is hy van die troon van sy koningskap afgestoot, en die heerlikheid is hom ontneem.

Psalm 131:1 o Here, my hart is nie hoog en my oë nie trots nie; ook wandel ek nie in dinge wat vir my te groot en te wonderbaar is nie.

OPDRAG VIR DIE GELOWIGE:

Pasop vir hoogmoed en rebellie en

selfgesentreerdheid

Finansiële vernedering

kom na hoogmoed! En so ook

egskeiding en siektes en

probleme met die kinders

F 5

F 6

Vermy hulle wat hoogmoedig is Psalm 40:5 .... en hom nie wend tot hoogmoediges ...... nie. Ween oor die hoogmoedige Jeremia13:17 Maar as julle daar nie na luister nie, sal my siel in skuilplekke ween vanweë die

hoogmoed; ....... God verdra nie die hoogmoedige nie Psalm 101:5 .... hom sal ek vernietig; hy wat hoog van oë is en trots van hart, hom verdra ek nie. HOOGMOED VEROORSAAK ‘n Hindernis om God te soek Psalm10:4 Die goddelose, met sy neus in die hoogte, sê: Hy ondersoek nie: daar is geen God nie - dit is al sy gedagtes! ‘n Verhindering tot heiligmaking Spreuke 26:12 Het jy ‘n man gesien wat wys is in sy eie oë? Daar is meer hoop vir ‘n dwaas as vir hom. VERWYSINGS NA HOOGMOED

In die Duiwel 1 Timótheüs 3:6 Hy moet nie ‘n nuweling wees nie, sodat hy nie verwaand word en in dieselfde oordeel as die duiwel val nie. In die wêreld 1 Johannes 2:16 Want alles wat in die wêreld is - die begeerlikheid van die vlees en die begeerlikheid van die oë en die grootsheid van die lewe - is nie uit die Vader nie, maar is uit die

wêreld . In valse leraars 1 Timótheüs 6:3-4 As iemand iets anders leer ...... dié is verwaand ..... In die onreine Romeine 1:30-32 ....haters van God, geweldenaars, trotsaards, grootpraters, uitvinders van slegte dinge, ongehoorsaam aan die ouers; ........ al ken hulle die verordening van God goed, HOOGMOED KOM Uit die hart uit en omring die onreine Markus 7:21 -22 Want van binne, uit die hart van die mense, kom die slegte gedagtes,

Psalm 73:6 Daarom is die trots om hulle soos ‘n halssieraad,...... HOOGMOED LEI MENSE TOT

Hulle weerstand en verwerping van God se Woord en Sy Bedienaars Jeremia 43:2 ..... en al die vermetele manne het gespreek en aan Jeremia gesê: U spreek onwaarheid; die Here onse God het u nie gestuur nie ....... n Vervolgingswaansin van die gelowige Psalm 10:2 In sy trotsheid vervolg die goddelose die ellendige.

'n Bespotting

Spreuke 21:24’ n Vermetele, ‘n trotsaard word ‘n spotter genoem, een wat in oormaat van vermetelheid handel.

Wil nie meer aan ‘n kerk behoort nie. Ek

gaan sommer na al die kerke toe. Wil nie

verantwoordelikheid aanvaar nie. Vind

fout met die Leraars

MODULE F

Twis en tweedrag Spreuke 13:10 Vermetelheid gee net getwis af; maar by die wat hulle laat raai, is wysheid. Selfbedrog Jeremia 49:16 Jou vleeslikheid het jou bedrieg, die vermetelheid van jou hart, ...... daarvandaan sal Ek jou neerwerp, spreek die Here Selfverheffing Jeremia13:15 Luister en merk op; verhef julle nie, want die Here het gespreek! OP DIE VOETSPOOR VAN HOOGMOED VOLG Skande Spreuke 11:2 Kom die vermetelheid, dan kom die skande, maar by die beskeidenes is wysheid. Vernedering Spreuke 29:23 Die trotsheid van ‘n mens verneder hom, maar die nederige van gees sal eer verkry. Verbreking. Spreuke 16:18 Trotsheid kom voor verbreking, en hoogmoed kom voor die val. HOOGMOED SAL

Seëvier in die laaste dae 2 Timótheüs 3:1-2 Want die mense sal liefhebbers van hulself wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig, Weemoed bring Jesaja 28:1,3 Wee die trotse kroon ....... Met voete sal vertrap word die trotse kroon van die dronkaards van Efraim.

HULLE WAT HOOGMOEDIG IS

Gaan weerstaan word Jakobus 4:6 Maar Hy gee groter genade; daarom sê Hy: God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade. Gaan verag word Jesaja 23:9 Die Here van die leërskare het dit besluit, om te ontheilig al die pralende trots, om die edeles van die aarde in veragting te bring. Gaan vergelding ontvang Psalm 31:24 Julle moet die Here liefhê, al sy gunsgenote! Die Here bewaar die getroues en vergeld hom oorvloedig wat trots handel. Gaan verderwing tegemoet Jeremia13:9 So spreek die Here: So sal Ek laat bederwe die hoogmoed van Juda en dié van Jerusalem, wat so groot is. Gaan verneder word Jesaja 2:12 Want ‘n dag is daar vir die Here van die leërskare oor al wat trots en hoog is, en oor al wat verhewe is, sodat dit verneder kan word; Gaan nogmaals verneder word Lukas 1:51 Hy het deur sy arm kragtige dade gedoen. Hoogmoediges in die gedagtes van hulle hart het Hy verstrooi. Gaan verstrooi word en gaan gestraf word

Maleági 4:1 Want kyk, die dag kom, .....Dan sal al die vermeteles en almal wat goddeloosheid

bedrywe, ‘n stoppel wees; .......

Hulle wat hul nek verhard teen God se Woord, speel met vuur.

Onderwerping aan gesagsfigure is ‘n instelling van God, hetsy by die

kerk of in die huwelik. Satan wou homself nie aan God onderwerp nie!

F 7

Moet nie staat maak op jou eie

talente nie. Gee altyd aan die Here

die eer

HOOGMOEDIGES IN DIE BYBEL Agitofel was die raadsman van Dawid. Sy raad was soos die’ van God. As hy gespreek het, was dit asof God self gespreek het. Hoogmoedig het hy geword en toe sy raad nie aangeneem word nie, pleeg hy selfmoord. Hiskia was buitengewoon geseënd en het mettertyd hoogmoedig begin word. ‘n Siekte tref hom en die profeet bring hom die berig dat hy gaan sterf, maar hy verneder homself voor God en God spaar sy lewe vir nog ‘n verdere 15 jaar. Hy gee egter nie die eer aan God nie. Die Here stel Hiskia toe op die proef deur na hom te stuur konings wat na sy skatte wou kom kyk. Hiskia se verborge trotsheid kom weer na vore en hy sterf kort daarna. Farao, het ten koste van sy eie volk en die Israeliete sy hart teen God verhef. Hy wou nie erken dat God die Almagtige is nie. In sy vermetelheid het hy teen God opgetrek en God se versoeke weerstaan. Inteendeel, hy het selfs die werk en die las op die Israeliete vermeerder. Farao as godmens het homself aan God gelyk gestel en sodoende die hoogste prys betaal, nie net hy alleen nie, maar ook sy huisgesin, die diere en die hele volk!

Haman het in hoogmoedigheid op die Jood neergekyk. Mórdegai het hy verag en in sy komplot teen die Jood het hy tot ‘n val gekom. In sy eiewaan en in sy selfverheffing is hy gehang aan die galg wat hy vir sy vyand opgerig het. Haman word nie net verneder deur die dood nie, maar hy moes ook nog voor die hele stad vir Mórdegai verhef. Sy hoogmoedigheid het gelei tot sy vernedering.

2 Samuel 17:23 En toe Agitófel sien dat sy raad nie opgevolg is nie, saal hy die esel op en maak hom klaar, en hy het na sy huis in sy stad gegaan en aan sy huis bevel gegee en homself gewurg.

2 Kronieke 32:24-25 In dié dae het Hiskía dodelik siek geword, maar hy het tot die Here gebid, en Hy het met hom gespreek en hom ‘n wonderteken gegee. Maar Hiskía het die weldaad wat aan hom bewys is, nie vergeld nie; want sy hart het hoogmoedig geword. Daarom was daar ‘n toorn oor hom en oor Juda en Jerusalem.

Hiskia word siek.

Farao en sy volk word verdelg. Agitofel

pleeg selfmoord. Almal het hulself verhef.

Nehemia 9:10 en U het tekens en wonders gedoen aan Farao en aan al sy dienaars en aan die hele volk van sy land; want U het geweet dat hulle vermetel teen hulle gehandel het, .....

Ester 3:5 - 6 Toe Haman sien dat Mórdegai nie buig en voor hom nie neerval nie, was Haman met woede vervul. Maar hy het dit vir hom te gering geag om die hand aan Mórdegai alleen te slaan; want hulle het hom die volk van Mórdegai te kenne gegee. Daarom het Haman daarna gesoek om al die Jode wat in die hele koninkryk van Ahasvéros was, die volk van Mórdegai, te verdelg. En hulle het Haman opgehang aan die galg wat hy vir Mórdegai opgerig het, en die woede van die koning het bedaar.

Haman word verneder en val in sy eie strik.

F 8

en homself gewurg.

opgehang aan die galg

MODULE F

Nebukadnesar, wat telkemale sy knie moes buig voor God, deur die wondertekens wat verrig was deur Daniël en sy vriende, het nie net homself verneder voor God nie, maar het ook aan die volke opdragte geskrywe om die God van Daniël te aanbid. Hierdie selfde koning het hom mettertyd begin verhoog en homself begin sien as ‘n god. Hierdie verheffing van die “self” is juis die oersonde van die mens, ingeplant deur Satan self. Satan, wat nie net alleen tot ‘n val gekom het nie, maar ook die engele mislei het in sy rebellie-optog teen God, poog nou om die mens te mislei. Toe kom sy val, en hy moes saam met die diere van die veld bly, totdat hy homself verneder het voor God. ...Nebukadnesar in sy aanhef skryf soos volg: Die skrifgeleerdes wat die Woord geken het, wat die volk gerig het na God toe, wat goed probeer doen het, wat ‘n passie gehad het om God te behaag, het tot ‘n val gekom. Satan sal nie net poog om die ongelowige weg te hou van God af nie, maar hy sal ook die gelowige se pad moeilik maak. Dan sal hy selfs verder gaan; die ywerige vir die Here sal hy deur trotsheid verlei. In die mens se soeke na eie eer kom hy tot ‘n val. Menige goedbedoelde Prediker het tot ‘n val gekom... selfs Job wat ‘n regverdige mens was. Godvresend het hy homself verhef tot ‘n eiegeregtige mens wat sonder sonde is. Job 33:9 Rein is ek, sonder oortreding; suiwer is ek, en daar is geen skuld by my nie. Die skrifgeleerdes het hulself mettertyd hoër geag as die middelaar tussen mens en God en deur sy groot kennis van die Bybel tot ‘n val gekom.

Herodes het die Christene vervolg en indirek ook teen God in opstand gekom. ‘n Mens wat homself teen die Allerhoogste verhef, gaan tot ‘n val kom. Die volk aanbid hom, die volk verhef hom as die groot god en Herodus neem die eer vir homself aan...

Huweliksprobleme, probleme met die kinders,

kan op ‘n vernedering dui. ‘n Hoogmoedige word

tot ‘n val gebring.

Daniël 4:30 het die koning aangehef en gesê: Is dit nie die groot Babel wat ek opgebou het tot ‘n koninklike verblyf, deur die sterkte van my vermoë, en tot verheerliking van my majesteit nie? Daniël 5:20 -21 Maar net toe sy hart hom verhef het en sy gees verhard is om oormoedig te wees, is hy van die troon van sy koningskap afgestoot, en die heerlikheid is hom ontneem. En hy is uit die mense verstoot, en sy hart het soos dié van diere geword, en hy het saam met die wilde-esels gewoon;

Markus 12:38-40 ..... Pas op vir die skrifgeleerdes wat graag in lang klere rondloop en van begroetings op die markte hou en van die voorste banke in die sinagoges en die voorste plekke by die maaltye - hulle wat die huise van die weduwees opeet en vir die skyn lang gebede doen. Hulle sal ‘n swaarder oordeel ontvang.

Handelinge 12:21-23 En op ‘n bepaalde dag het Herodus ‘n koninklike kleed aangetrek en op die troon gaan sit en hulle toegespreek. Daarop het die volk hom toegeroep: ‘n Stem van ‘n god en nie ‘n mens nie! En onmiddellik het ‘n engel van die Here hom getref, omdat hy die eer nie aan God gegee het nie; en hy is deur wurms verteer en het gesterwe.

F 9

saam met die wilde-esels gewoon;

Geld en om iets te besit het menigte goed

bedoelende christene tot ‘n val gebring

deur wurms verteer

Laodicéa: God laat aan die stad skrywe dat hulle nie koud of warm is nie, maar omdat hulle hulself verhef het in hulle argwaan, gaan God hulle vernietig. Dink daaraan dat die hele stad tot ‘n val gekom het. Ek glo die leier/voorloper en die gees wat op hom is, sal oor al die mense kom en hulle sodoende verlei. Die mens is soos sy leier. As die leier tot ‘n val kom, sal die mens wat onder sy invloed is, ook tot ‘n val kom. Lucifer die tweede in bevel van die hemel? Hy wat die oppasser was van die troon van God, hy wat bekend staan as die Engel wat die engele moes leer om God te aanbid, hy kom tot ‘n val. Lucifer, die engel van die dageraad, hy wat opreg was in al sy weë, van sy skepping af tot waar daar ‘n ongeregtigheid in sy samestelling gevind was. Lucifer wat homself begin verhef het, wou in trotsheid homself verhoog, selfs tot bokant God. In sy opgeblase toestand mislei hy ook die engele. Sy hoop was daarop gevestig om al die engele om te praat, maar hy misluk egter. Slegs ‘n derde volg hom in sy vernedering. Hy gaan voort om die mens, ‘n geskapene van God, verder te kom lastig val. Satan wil die allerhoogste wees en in sy sluheid poog hy om die mens teen God in opstand te bring. In sy finale poging stig hy sy eie kerke en bring nasies onder sy beheer, Armagéddon, is sy voorlaaste poging, om die mens en sy magte teen God te rig om Hom tot ‘n val te probeer bring. Eva en Adam, die eerstes van God, hulle wat omring was deur Sy heerlikheid, hulle wat deur Homself geskape was, wat gewoon het in Sy teenwoordigheid, hulle kom tot ‘n val. Die verteenwoordigers van God, wat die aardse heerskappy sou oorneem, om hier as ‘gode’ vir die Almagtige te heers, hulle word deur die listige slang, wat genoem word Satan, verlei. Eva het van die vrug geneem en Adam het God verraai. Die motivering was ‘om soos God te wees.’

Openbaring 3:17 Want jy sê: Ek is ryk en het verryk geword en het aan niks gebrek nie; en jy weet nie dat dit jy is wat ellendig en beklaenswaardig en arm en blind en naak is nie.

Eségiël 28:14 Jy was ‘n gérub met uitgespreide vlerke wat beskut, en Ek het jou gestel op ‘n heilige berg; ‘n god was jy; jy het gewandel tussen vurige gesteentes.Jy was volkome in jou weë van die dag af dat jy geskape is, totdat daar ongeregtigheid in jou gevind is. Hoogmoedig het jou hart geword oor jou skoonheid; jy het jou wysheid verderwe weens jou glans. Ek het jou op die grond gewerp, Ek het jou oorgegee voor die aangesig van konings, dat hulle op jou neer kan sien.

Jesaja 14:13-14 .... Ek wil opklim in die hemel, my troon verhef bo die sterre van God en sit op die berg van samekoms in die uithoeke van die Noorde. Ek wil klim bo die hoogtes van die wolke, my gelykstel met die Allerhoogste!

Genesis 3:4-5 .... Julle sal gewis nie sterwe nie; maar God weet dat as julle daarvan eet, julle oë sal oopgaan, sodat julle soos God sal wees deur goed en kwaad te ken.

F 10

my gelykstel met die Allerhoogste!

ONDERWERP USELF AAN GOD EN AAN SY WOORD EN DAN SAL U NIE TOT ‘N VAL

KOM NIE. MOSES WAS DIE NEDERIGSTE EN TOG DIE GROOTSTE LEIER.

MODULE F

Kaïn en Abel bring hul offers. Die een onderwerp homself aan God se riglyne en doen wat God van die mens verwag; die ander volg sy eie riglyne. Onderwerping aan God beteken juis om nie jou eie pad te volg in ‘n rebelse gesindheid nie, maar om jouself te verneder en ‘n navolger te volg. Kaïn ag nie die “Bloed” nie en word aangespreek. Hy gee homself oor aan die een wat hom verlei en in sy eiegeregtigheid en eiewilligheid kom hy saam met Satan in opstand teen God. Die toring van Babel word opgerig om teen God te rebelleer. Mense, aangevuur deur Satan, kom in opstand teen God om Sy val mee te bring. God, in Sy Alwysheid, verstrooi hulle deur ‘n taalverwarring. Die goue kalf word daargestel deur die Israeliete. ‘n Nuwe god word aangeroep. Aangevuur deur Satan kom ‘n volk in opstand teen hulle Verlosser. In hardnekkigheid verwerp hulle God se riglyne. Agan laat toe dat Satan hom verlei en hy neem van die bangoed. Sy eiegeregtigheid, selfsugtigheid en sy strewe om beter te wees as die ander laat ‘n hele volk, ‘n nederlaag ly. Israel, in sy rebelsheid, verwerp gedurigdeur God se riglyne en volg Satan in sy veldtog teen God. In ‘n vlaag van opstandigheid betaal hulle gedurigdeur die hoogste prys en Satan, in sy triomftog teen God, bly slag en verwoes en besteel sy eie volgelinge; ook die uitverkore volgelinge van God, wat deur Satan mislei word.

Simson, die geroepene, word betower deur sy groot krag en in hoogmoedigheid verhef hy homself teen God. Hy word soos ‘n god en kom tot ‘n val. As Satan die mens nie kan weghou van sy Skepper nie, kom hy deur eiewaan en die mens se versugting om tog iets te wees, tot ‘n val. Goeie werke het menige predikante tot ‘n nederlaag gebring. ‘n Vrou, aangevuur deur Satan, oorreed Simson om teen God se plan, homself te skaar by Satan. Die verlosser en rigter van die heilige volk, nou navolger van Satan, word uitgelewer.

Genesis 4:7....is daar nie verheffing as jy goed doen nie? En as jy nie goed doen nie - die sonde lê en loer voor die deur, en sy begeerte is na jou; maar jý moet daaroor heers.

Genesis 11:4 En hulle sê: Kom, laat ons vir ons ‘n stad bou en ‘n toring waarvan die spits aan die hemel reik; en laat ons vir ons ‘n naam maak, sodat ons nie oor die hele aarde verstrooid raak nie.

Exodus 32:4 En hy het dit uit hulle hand geneem en dit met die beitel bewerk en daar ‘n gegote kalf van gemaak. Daarop sê hulle: Dit is jou gode, o Israel, wat jou uit Egipteland laat optrek het.

Rigters 6:1 Maar toe die kinders van Israel gedoen het wat verkeerd was in die oë van die HERE, het die HERE hulle oorgegee in die hand van die Midianiete.

Rigters 16:21 Daarop het die Filistyne hom gegryp en sy oë uitgesteek en hom afgebring na Gasa en met koperkettings gebind; en hy moes maal in die gevangenis.

F 11

Egskeiding, armoede, rebelse

kinders, moeilike

huweliksmaat, molestering,

dronkaard, sonder werk.

Kom dit nie van hoogmoed af

nie?

Rebellion is like witchcraft

Eli, die profeet van God, verhard homself teen die Een wat hom geroep het. Hy wat die volk moet rig, onderwerp homself nie aan God se riglyne nie. In sy beterweterigheid straf hy nie sy kinders nie. As geestelike leier en verteenwoordiger van God moet u ook die volk rig. Die Woord is ons beskerming teen Satan en deurdat ons onsself onderwerp aan God en Sy Gebod, sal ons nie versoek word nie. Israel verwerp God as hulle koning en kies hulle eie koning. Weer kom Satan om sy koninkryk te vergroot, om God omver te werp. Altyd delf sy volgelinge die onderspit. Saul, die nuwe koning, begin goed maar in sy rebelsheid draai hy mettertyd sy rug op God en raadpleeg die heks van Endor. Ateïsme se grondslag word gevind in die mens se onwilligheid om God se riglyne te volg. In hoogmoedigheid en trotsheid wil hy nie sy knie buig nie. In sy hardnekkige houding verhef hy hom teen sy Skepper. Soos Kaïn nie die Bloed wou erken nie, so wil ons partykeer nie God se plan vir ons lewens kies nie. Ons weier om te vergewe, weier om ander te eer, weier om op te hou om ander te beskinder, kwaad te praat van ander, weier om tiendes te gee, weier om gedoop te word, weier om kerk toe te gaan, weier om van ons sondes ontslae te raak, weier om die ontvanger te betaal, weier om van ‘n owerspelige verhouding te breek, weier om u ouers te eer, weier om God se riglyne te volg. Aangevuur deur Satan om teen God te rebelleer, word ons uiteindelik deur die verleier oorweldig. Dawid, aangevuur deur sy oorwinnings, kom tot ‘n val. Hy rebelleer teen God se riglyne en pleeg owerspel, smee ‘n komplot en pleeg moord. Die koning van Israel word verlei deur die koning van die wêreld om teen God in opstand te kom. Ek, Dawid, die gesalfde van God, sal my eie riglyne volg.

Salomo ervaar God se teenwoordigheid en in Godwysheid rig hy die volk, maar in eiewaan ag hy homself hoër as sy Skepper en doen die verkeerde. In sy rebelse hoogmoedigheid versamel Satan mense om God omver te probeer werp.

1 Samuel 2:12 Maar die seuns van Eli was deugniete; hulle het die HERE nie erken nie.

1 Samuel 8:7 Toe sê die HERE vir Samuel: Luister na die volk in alles wat hulle aan jou sê, want nie jou het hulle verwerp nie, maar My het hulle verwerp om nie koning oor hulle te wees nie.

1 Samuel 13:13 Toe sê Samuel vir Saul: Jy het dwaas gehandel, jy het die gebod van die HERE jou God wat Hy jou beveel het, nie gehou nie; .. 1 Samuel 16:14 Maar die Gees van die HERE het van Saul gewyk, en ‘n bose gees, deur die HERE gestuur, het hom verskrik. 1 Samuel 28:7 En Saul sê aan sy dienaars: Soek julle vir my ‘n vrou wat ‘n dodebesweerster is, dat ek na haar kan gaan en haar raadpleeg. ......

F 12

Satan versamel die gewilliges om saam die wêreldse

plesiere te geniet. “Kom saam:, sê hy. Laat ons versamel

teen God en Sy Riglyne, laat ons vry kom onder die juk van

slawerny. Laat ‘ons’ rebelleer, ons is mos slimmer as God”

‘n vrou wat ‘n dodebesweerster is

Ek en ek alleen, ek weet mos beter

Doen wat hulle sê, nie wat hulle doen nie

MODULE F

Job, die vrome, die opregte, die Godvresende wat afgewyk het van die

kwaad, verhef homself teen God. Hy wat sê dat hy geen sonde het nie, het in eiegeregtigheid homself hoër gestel as die mens. Hy verhef homself tot die vlak van ‘n god en daag God uit om sy sonde aan hom uit te wys. Eerstens word al sy besittings weggeneem, toe sy kinders, toe sy gesondheid. Deur hierdie aanslae van Satan word Job se swakhede geopenbaar en sy hart word blootgelê. God ondersoek mos die hart en vergeld daarvolgens. Sê Dawid dan nie: “Here, ondersoek U my hart, en sien of daar onreinhede is wat my vat op ‘n pad van smarte nie?” Job verwens sy geboortedag en verval in depressie. Gevul met opstandigheid, wil hy nie lewe nie. Vrees oorval hom en nie een van die swakhede kom van die Here nie. God se riglyne is ons beskerming en Job op sy segetog van oorwinnings word aangevuur deur die Verleier om homself hoër te ag, om God se raadsplan in twyfel te trek, om saam met Satan in opstand teen God te kom.

Job se rebellie Job 3:1 Daarna het Job sy mond oopgemaak en sy geboorte dag vervloek. Job 7:1 Het die mens nie ‘n stryd op die aarde nie? En is sy dae nie soos die dae van ‘n dagloner nie? Job 10:1 Ek walg van my lewe; ek wil my geklaag die vrye loop gee; ek wil spreek in die bitterheid van my siel. Job 15:25 Omdat hy sy hand uitgesteek het teen God en die Almagtige getrotseer...

Job se hoogmoed en sy sondelose toestand. Job 4:17 Sou ‘n sterfling regverdig wees voor God? Of ‘n man rein wees voor sy Maker? Job 9:21 Vroom is ek! Ek gee niks om myself nie: ek verfoei my lewe! Job 11:4 ....en sê: Suiwer is my leer, en rein is ek in u oë? Job 13:2 Wat julle weet, weet ek ook: ek staan nie vir julle terug nie. Job 13:23 Hoeveel is my ongeregtighede en sondes; maak my my oortreding en sonde bekend. Job 25:4 Hoe sou dan ‘n mens regverdig wees by God? En hoe sou hy rein wees wat uit ‘n vrou gebore is? Job 27:6 Aan my geregtigheid hou ek vas en laat dit nie los nie; my hart veroordeel geeneen van my dae nie. Job 32:1 Toe het dié drie manne opgehou om Job te antwoord, omdat hy in sy eie oë regverdig was. Job 33:9 Rein is ek, sonder oortreding; suiwer is ek, en daar is geen skuld by my nie. Job 34:5 Want Job het gesê: Ek is regverdig, en God het my my reg ontneem.

God begin toe met Job te redeneer en praat met hom asof Job ‘n god is (Job 38-39). Hoogmoed kom voor ‘n val. Job betaal die volle prys van sy eiegeregtigheid. Die oeroue sonde van Satan steek ook hier sy kop uit in die eerste boek van die Bybel. Satan het pas misluk in sy eie veldtog en kom bedroë daarvan af, toe slegs ‘n derde van die engele hom volg en hy soek nou ‘n nuwe geleentheid. Die geskapenes van God, die mens kan hy mos nou gebruik om sy koninkryk te vestig. Die eerste verteenwoordigers van God en ook elkeen daarna word aangeval. Satan, in sy rebelsheid, soek volgelinge om God te onttroon. Maar God Sy dank daar is ‘n ewige bloedverbond, die Heilige Gees, asook God se Woord wat ons kan volg.

Jammer

Here!

Ek het U

teleurgestel

F 13

Kom, maak my die koning en ek gee jou ‘n deel van my koninkryk

Satan se sluheid word nou

oorgeplaas na elk wat hom toelaat.

“Kain, waarom dink jy net aan

jouself, kyk die sonde lê en loer vir

jou en jy moet oor hom heers.”

“Eva, eet van die vrug en dan sal jy

iemand besonders wees.”

VERNEDER USELF VOOR GOD Die Skrif leer ons dat God die hoogmoedige haat en dat Hy diesulkes sal verneder. Ondervinding het ons geleer dat die hoogmoedige, hy wat dink hy is beter as ‘n ander, op ‘n pad stap van vernedering. ‘n Persoon wat ‘n katoliek was' (die katolieke dink hulle is beter as die Protestante) word telkemale verkrag. ‘n Vrou wat mans gehaat het, was getroud met iemand wat haar fisies aangerand het, ‘n ander met ‘n dronklap. ‘n Geestelike hoogmoedige trou gewoonlik met ‘n goddelose. Partykeer vind vernedering plaas deur finansiële teenspoed en ongelukkige huwelike, of selfs kinders wat u verneder tot in die afgrond. Dawid erken onmiddellik sy sonde en verneder homself voor God.

Job verneder hom voor God nadat hy groot skade gely het. Job 42:5-6 Volgens hoorsê het ek van U gehoor; maar nou het my oog U gesien. Daarom herroep ek en het berou in stof en as. Haman het hom nie verneder nie en het met sy lewe betaal. Farao het hom nie verneder nie en betaal die hoogste tol; hy en sy gesin en die Egiptenare. Jesus onderwerp Homself aan Sy Vader terwyl Hy die dood tegemoet stap. Markus 14:36 En Hy sê: Abba, Vader, alle dinge is vir U moontlik; neem hierdie beker van My weg; nogtans nie wat Ek wil nie, maar wat U wil. Jakobus vermaan ons om onsself te verneder voor God. Jakobus 4:10 Verneder julle voor die Here, en Hy sal julle verhoog. Petrus beveel ons om ons te onderwerp aan God. 1 Petrus 5:6 Verneder julle dan onder die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die regte tyd. Lukas vertel ons dat vernedering ons sal volg, as ons nie tot inkeer kom nie. Lukas 14:11 Want elkeen wat homself verhoog, sal verneder word, en wat homself verneder, sal verhoog word. Salomo skryf dat God ons eer sal aandoen as ons sy riglyne volg. Spreuke 22:4 Die loon van nederigheid is die vrees van die HERE. Markus beveel aan dat ons ander moet dien. Markus 10:44 En elkeen wat onder julle die eerste wil word, moet almal se dienskneg wees. Johannes praat van voete was. Johannes 13:14 As Ek dan, die HERE en die Meester, julle voete gewas het, is julle ook verplig om

mekaar se voete te was. Dawid skryf na vele ondervindings; dat u uself moet onderwerp aan vastye. Psalms 35:13 En ek - toe hulle siek was, het ek ‘n roukleed gedra; ek het my siel gekwel met vas, en my gebed het teruggekeer in my boesem. Die Bybel leer ons dat God die persoon sal verhoog, die een wat homself verneder. Josef verneder homself en hy word die tweede in bevel van Egipte. Mordegai verneder homself. Job verneder homself. Jesus verneder homself, Dawid verneder homself, Paulus verneder homself. Satan wou nie en hy wakker al sy volgelinge en sy navolgers aan om hulle te verset teen God. Satan verduister die mens, net soos die seun by die varke.

2 Samuel 12:13 En Dawid sê vir Natan: Ek het gesondig teen die HERE!

Nee vir hoogmoed , ons sal onsself

onderwerp aan God se Woord.

Ek is ‘n man van gesag,

maar ek onderwerp my aan

gesag

F 14

“Buig voor my neer en ek gee jou die

koninkryke van die aarde.” Jesus

weier satan se aanslag en weerstaan

ook hierdie versoeking om teen Sy

Vader te rebelleer

MODULE F

VASTYE, ‘N PAAR GEDAGTES OF RIGLYNE Vas is vir die uitsluitlike gedagte om van God te hoor en is slegs vir geestelike doeleindes. Die Metodiste onder Charles Wesley het ‘n staande praktyk gehandhaaf. Alle predikante moes Woensdae en Vrydae vas, vanaf die vorige aand na maaltyd tot vieruur die betrokke dag. Soos met gebed, waar gereelde tye opsy gesit word, moet u ook uself dissiplineer om tenminste een dag ‘n week te vas. Dan kan u ook soos die Here op u hart lê spesifieke tyd afstaan vir vas. As u egter met ‘n probleem worstel, skryf u versoek af, bedink dit, sien of dit Skrif gefundeerd is en begin met vasting. “Wat is u versoek en wat wil u hê?” Voor ‘n lang vas, vermy ‘harde’ voedsel, eet liewer vrugte, sagte kosse ens. ‘n Twee en sewentig uur vas sonder enige voedsel of water is gewoonlik voldoende. Water kan ook gedrink word, maar ek vind dat sou ek selfs water vermy gedurende die drie dae vas, ek baie duideliker die stem van die Here hoor. My gees is sensitiewer vir die leiding van God se Gees. Die Skrif, Ou en Nuwe, is glad nie onduidelik aangaande vas nie. Vasting is blykbaar nie opsioneel nie, want God sê “wanneer julle vas,” nie “as” julle vas nie. Geloof in die aksie en ook vir die antwoord is baie belangrik.

a] Hoekom vas u? * Deur vernedering sal God u verhoog Matthéüs 23:12 Wie homself verhoog, sal verneder word, en wie homself verneder sal verhoog word. * Om nader aan God te kom: (Jak. 4:8) * Om vas te stel watter rigting ek moet kies (Esra 8:21) * Om genesing te verkry Jesaja 58:8 Dan sal jou lig deurbreek soos die dageraad en jou genesing skielik uitspruit; en jou geregtigheid sal voor jou uit gaan, die heerlikheid van die HERE jou agterhoede wees. * Om verlossing te verkry van ‘n binding in u lewe: Matthéüs 17:21 Maar hierdie geslag gaan nie uit behalwe deur gebed en vas nie. * Om te bid vir ‘n geliefde. Het u dit al oorweeg om te bid vir u gade, u kinders, u huwelik? b] Hoe lank moet u vas? Begin stadig met een maaltyd, dan twee en soos u gewoond raak daaraan vir langer periodes. Ester en die volk het vir drie dae gevas sonder voedsel of vloeistof.Daniël het vir drie weke gevas.. Hy het egter vloeistowwe gedrink. Moses het vir veertig dae gevas. Water met heuning of suurlemoensap is voldoende. Moenie langer as drie dae vas sonder water nie. c] Om te vas met maksimale liggaamlike voordele * Rus meer as gewoonlik * Doen oefeninge met genoegsame vars lug. * Drink genoegsame water. * ‘Fizzies’, een vitamien bruispil per dag. U liggaamsgewig gedeel deur agt, gee die hoeveelheid glase water per dag. d] Gedurende die vasting * Spandeer baie meer tyd met God se Woord en bring in tye van gebed u versoek voor Sy voete. * Waak teen geestelike aanvalle, depressie, angs, ongeloof, alleenheid ens. Onthou Satan wil u ontmoedig om voort te gaan met u vasting. * Pasop vir hoogmoed. e] Met die breek van u vas Pasop vir gekookte, olierige voedsel. Begin weereens met vrugte.

Hebreërs 11:6 En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en ‘n beloner is van die wat Hom soek.

F 15

Moses het gevas ... Jesus het gevas ... Volke het gevas

VASTING IS BEIDE ONS

PLIG EN VOORREG AS

CHRISTENE. LUISTER NA

GOD SE OPROEP OM TE BID

EN TE VAS.

VASTING (die waarde van vas) Op die dertiende dag van die eerste maand word ‘n geskrif opgestel deur koning Ahasveros se skrywers. In die skrywe word opdrag gegee aan die heersers van alle provinsies om al die Jode te verdelg, dood te maak en uit te roei; die seun sowel as die grysaard; die kindertjies en die vroue, op een dag, op die dertiende van die twaalfde maand en om hulle besittings as buit te plunder. Toe Mórdegai dit verneem het hy sy klere geskeur en ‘n roukleed aangetrek en daar was as op sy hoof; en hy het uitgegaan dwarsdeur die stad en hardop en bitter geskreeu. So het hy dan voor die poort van die koning gekom, want niemand mag met ‘n roukleed aan in die poort van die koning ingaan nie. Toe die Jode verneem van die geskrif, het hulle begin vas, en begin rou, en baie het in sak en as gesit. Mórdegai het ook aan Ester laat weet dat sy by die koning moet ingaan en die saak aan hom bekend moet maak. Op haar aandrang begin al die Jode vir drie dae te vas, terwyl sy haarself gereed maak om voor die koning te kom. God bewerk ‘n wonderlike verlossing en dit word kortliks soos volg saamgevat:

* Haman se gruweldaad word blootgelê en hy betaal die hoogste tol. * Mórdegai se weldaad word erken en hy word uitermate verhoog. Hulle bring ‘n koninklike kleed waarmee die koning self beklee was, en ‘n perd wat deur die koning self gery was en wat ‘n koninklike kroon gedra het. ‘n Vors van die koning lei die perd deur die pleine en strate en hy roep voor Mórdegai uit dat die koning aan ‘n persoon guns gaan bewys. * Ester ontvang Haman se erfbesitting. * Die Jode word gespaar en hulle kan hulself wreek op hulle vyande ... 75000 vyande van die Jode word verslaan. * Mórdegai het van die koning weggegaan in ‘n koninklike kleed van pers en wit, met ‘n groot goue kroon op en ‘n mantel van fyn wit linne en purperrooi stof. * Vir die Jode was daar lig en vrolikheid en vreugde en eer. * ‘n Gedenkdag ‘Purim’ is op die dertiende en veertiende van die twaalfde maand ingestel. Op hierdie dag moes die Jode in dankbaarheid die groot verlossing van die Here besing. * Binne sewentig dae is die edik wat Haman opgestel het, tot niet verklaar. Op die dertiende van die eerste maand is die eerste brief uitgestuur en op die drie-en-twintigste van die derde maand het die tweede brief gevolg. Op die dertiende van die twaalfde maand is hulle vyande verslaan. * Die Jood Mórdegai was tweede in rang onder die koning en hy was groot by die Jode en ‘n liefling by die menigte van sy broers, omdat hy die heil van sy volk gesoek en tot welsyn van sy hele nageslag gespreek het. Ester 4:1 Toe Mórdegai verneem alles wat gebeur het, het Mórdegai sy klere

geskeur en ‘n roukleed aangetrek, en daar was as op sy hoof; en hy het uitgegaan dwarsdeur die stad en hardop en bitter geskreeu. :3) Toe sê die koning vir haar: Wat wil jy hê, koningin Ester, of wat is jou versoek? Al was dit ook die helfte van die koninkryk - dit sal jou gegee word. :10) Toe sê die koning vir Haman: Neem gou die kleed en die perd soos jy gespreek het, en doen so aan Mórdegai, die Jood, wat in die poort van die koning sit; jy moet nie een woord onvervuld laat bly van alles wat jy gespreek het nie. :6) En Ester sê: Die teëstander en vyand is hierdie slegte Haman!....... :10) En hulle het Haman opgehang aan die galg wat hy vir Mórdegai opgerig het, . 9:4 Want Mórdegai was groot in die paleis van die koning, en sy gerug het deur al die provinsies gegaan, omdat die man Mórdegai al groter geword het.

F 16

Mordegai kies die pad van

vernedering terwyl

Haman homself verhoog.

“NIE DEUR KRAG EN GEWELD, MAAR

DEUR MY GEES’, so spreek die Here.

MODULE F

ESTER, WAT WIL JY HÊ EN WAT IS JOU VERSOEK? Koning Ahasveros vra:” Ester wat wil jy hê en wat is jou versoek?” Die Engelse Bybel sê weer: “What is your petition? ..... It will be given you. What is your request .... even up to half the kingdom? ... It will be granted.” Toe antwoord Ester: “ As ek guns by u gewen het, o Koning, en as dit u behaag “Gun my my lewe .... dit is wat ek wil hê. “En spaar my mense ...... dit is my versoek.” Nou moet u in gedagte hou dat Ester nie net ingestap en die koning gevra het nie. Nee, daar was voorafgaande stappe wat voltooi moes gewees het. * Eerstens moes Mórdegai homself verneder het deur sy klere te skeur, bitterlik te ween en homself voor die koning se poort te gaan beklee in sak en as. * Tweedens moes die Jode hulself verootmoedig deur vasting en ‘n geweeklaag. * Derdens moes Mórdegai vir Ester wys op haar verantwoordelikhede en haar inderwaarheid forseer om voor die koning te kom. * Vierdens het Ester bepaal dat al die Jode, tesame met haar diensknegte, vir drie volle dae moes vas. * Vyfdens is die koning met groot respek genader, in eerbied en in vrees vir wie hy was. As ons na die bogenoemde stappe kyk dan staan die volgende woorde en aktiwiteite baie sterk uit: hy het sy klere geskeur, ‘n roukleed aangetrek, daar was as op sy kop. Hy het rondgegaan en hardop en bitter geskreeu. Die Jode het dieselfde gedoen en hulle het gevas. Toe Ester op die toneel verskyn, het hulle almal gevas. As gesienes in die samelewing het hierdie mense hulself verneder en hulle het hulself op die koning beroep om genade.

Is hoogmoed en trots en rebelsheid en eie wil nie die rede vir

ons nederlae nie? Deur jouself te verneder en deur God se riglyne

na te volg, gaan ons oorwinnend triomfeer oor al die storms wat

oor ons pad kom.

F 17

Minder van ons en meer van U

Here. Hardloop om die prys te

verkry.

MY VRIEND, WAT WIL JY HÊ, EN WAT IS U VERSOEK? VERNEDERING DEUR VASTING EN GEBED IS OM JOUSELF TE GEE

EN OM VAN JOU EIE WIL (EIE EK) ONTSLAE TE RAAK. EK MOET

MYSELF GEE OM VAN MY EIE PROBLEEM ONTSLAE TE RAAK EN

OOK ‘N ANDER TE HELP

JESAJA 58:5-12 Jesaja 58:5-11 Is dit die vas wat Ek verkies, die dag as die mens sy siel gaan kwel: dat hy sy hoof buig soos ‘n biesie en sak en as uitsprei om sy bed te wees? Noem jy dit vas en ‘n dag wat die Here welgevallig is? Is dit nie die vas wat ek verkies nie: dat julle losmaak die bande van goddeloosheid, dat julle afhaal die stroppe van die juk en vry laat weggaan die verdruktes en elke juk stukkend breek? Is dit nie dat jy jou brood breek vir hom wat honger het, en ellendiges, swerwelinge in die huis inbring nie? As jy iemand sien wat naak is, dat jy hom klee, en jou vir jou eie vlees nie verberg nie? Dan sal jou lig deurbreek soos die dageraad en jou genesing skielik uitspruit; en jou geregtigheid sal voor jou uitgaan, die heerlikheid van die Here jou agterhoede wees Dan sal jy roep, en die Here sal antwoord; jy sal skreeu om hulp, en Hy sal sê: Hier is Ek! As jy van jou verwyder die verdrukking, die uitsteek van die vinger en die leuenagtige woord, en jou siel laat uitgaan na die hongerige, en die neergeboë siel versadig; dan sal jou lig opgaan in die duisternis en jou donkerheid wees soos middag. En die Here sal jou gedurigdeur lei en jou siel versadig in dor plekke en jou gebeente sterk maak; en jy sal wees soos ‘n tuin wat goed besproei is en soos ‘n fontuin van waters waarvan die water nooit teleurstel nie.

VAS: ONTHOU USELF

VAN KOSSE EN

DRINK NET

VLOEISTOWWE

Waak teen die

sluwe versoeking,

weerstaan Satan

altyddeur.

F 18

Wat is die mensekind dat U aan hom dink. God het berou gehad oor Sy skepping. Sy eie wat teen Hom

rebelleer. Sy eie wat saam met satan span om Hom te ontroon. Sy maaksels wat Hom verwerp.

Kyk my goud en kyk my silwer

Kyk wat het ek vermag op die aarde

LET OP DIE VOLGENDE:

Jou lig sal deurbreek.

Jy sal gelei word.

Jou genesing sal kom.

Tevredenheid sal ervaar word.

Geregtigheid sal geskied.

Verkwikking sal volg.

Heerlikheid word ondervind.

Werk sal voortgesit word.

MODULE F

‘N WARE GETUIENIS Voor sy eerste huwelik verwek die persoon ‘n kind by sy vriendin, met die geboorte van die kind jaag sy hom weg. Sestien jaar later sien hy die kind vir die eerste keer. Sy eerste huwelik misluk en tydens sy tweede huwelik roei sy vrou hom finansieel heeltemal uit. Deur sy houding van “ek weet alles” word ‘n baie belowende loopbaan kortgeknip. Op sy eie probeer hy en maak ‘n redelike sukses, maar helaas val die droom in skerwe. Vir meer as ‘n jaar voer hy ‘n sukkelbestaan. Vir die afgelope twee jaar sukkel die persoon om genees te word van onder andere depressie en na duisende rande se mediese onkoste oorreed ons hom om te kom vir berading. Van die begin af was die persoon onleerbaar en het altyd die houding gehad dat hy beter is as ‘n ander. Na vele ure se berading was daar geen noemenswaardige verandering nie. Na ‘n afwesigheid van ses maande daag die persoon weer by ons kantore op, nog steeds depressief en vir die afgelope drie maande sukkel hy met geweldige hoofpyn. Nie net het hy al die westerse dokters probeer nie, maar ook was hy by ‘n oosterse medikus. Hierdie gelowige, wat alreeds die gevare ken van Akupunktuur, laat sy ore vol metaalballetjies plak. Hy dwaal nog verder weg van die Here. Die hoofpyne en depressie word nie beter nie. Tiendes het hy periodiek gegee en die skrifte aangaande genesing ken hy. Intussen het hy ‘n vaste werk gekry, maar spandeer nog steeds ‘n groot gedeelte van sy salaris aan die dokters. Die nuwe baas is egter ‘n tiran en verneder die beter gekwalifiseerde persoon tot in die afgrond. Sy eerste woorde aan my was; “die baas sê ek blaas my eie beuel”. Vriend, terwyl die persoon voor my sit, pas die nuutste kursus oor hoogmoed soos ‘n handskoen om die persoon. Hoogmoed en ‘n rebelse houding gaan u tot ‘n val bring, maar sodra die geweldenaar uitgeroei word, gaan verhoging kom. HIERDIE PERSOON WOU NIE ERKEN DAT HY HOOGMOEDIG IS NIE!

AS JY DINK JY ‘STAAN’

DAN KOM JOU VAL.

Mat 7:24 Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met ‘n verstandige man wat sy huis op die rots ge- bou het. En die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm, en dit het nie geval nie, want sy fondament was op die rots.

F 19

Twee geestelike wette. As jy jouself verhoog gaan God jou

verneder, maar as jy jouself verneder gaan God jou verhoog.

As gevolg van hoogmoed het hierdie

persoon sy gesin verloor, sy werk, sy

gesondheid, sy geld en amper ook sy

verhoudingmet die Here. Amper

dieselfde storie as Job!

sy fondament was op die rots

En elkeen wat na hierdie woorde van My luister en dit nie doen nie, sal vergelyk word met ‘n dwase man wat sy huis op die sand gebou het. En die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm en dit het geval, en sy val was groot.

sy val was groot.

HERSIENING .. Herhaling bring wysheid voort 1. Simptome van 'n hoogmoedige, noem tien asb. ........................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................ 2. Manifestering of vrugte van hoogmoed. Noem sewe met bypassende skrifverwysing. ........................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................ 3. Hoogmoed is:- ........................................................................................................................................ 4. Hoogmoed word mettertyd:- ............................................................................................................................................................................................................................................................................... ........................................................................................................................................ 5. Hoogmoed is:- ................................................................................................................................................................................................................................................................................ 6. Opdrag vir die gelowige:- ................................................................................................................................................................................................................................................................................ 7. Hoogmoed veroorsaak:- ................................................................................................................................................................................................................................................................................ 6. Verwysings na hoogmoed:- ................................................................................................................................................................................................................................................................................ 9. Hoogmoed kom:- ........................................................................................................................................ 10. Hoogmoed lei mense tot: ................................................................................................................................................................................................................................................................................ ........................................................................................................................................ 11. Op die voetspoor van hoogmoed volg:- ................................................................................................................................................................................................................................................................................ 12. Hoogmoed sal:- ................................................................................................................................................................................................................................................................................

F 20

Waak en bid dat jy nie in versoeking verval nie

13. Hulle wat hoogmoedig is:- ........................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................ ........................................................................................................................................ 14. Noem ses hoogmoediges in die Bybel, met 'n kort weergawe van u siening daarby. ................................................................................................................................................................................................................................................................................ ........................................................................................................................................ ............................................................................................................................................................................................................................................................................... ........................................................................................................................................ ................................................................................................................................................................................................................................................................................ ................................................................................................................................................................................................................................................................................ ................................................................................................................................................................................................................................................................................ ................................................................................................................................................................................................................................................................................ ........................................................................................................................................ ................................................................................................................................................................................................................................................................................ ........................................................................................................................................ ................................................................................................................................................................................................................................................................................ ................................................................................................................................................................................................................................................................................ ........................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................ 15. U sienswyse aangaande Job? As verwysing, 'Job se rebellie'. Bl. 127 en as beginpunt, hoogmoed. ........................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................

F 21

Satan is listiger as die mens en daarom sê Paulus “geen plek vir hom”

16. Vasting en gebed. U siening aangaande die onderwerp. Gebruik Jesj. 58:5-12 as verwysing. Inkorporeer ook die gedeeltes oor vasting en gebed in module een, ........................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................ ........................................................................................................................................ ................................................................................................................................................................................................................................................................................ ........................................................................................................................................ ............................................................................................................................................................................................................................................................................... ........................................................................................................................................ ................................................................................................................................................................................................................................................................................ ................................................................................................................................................................................................................................................................................ ................................................................................................................................................................................................................................................................................ ................................................................................................................................................................................................................................................................................ ........................................................................................................................................ ................................................................................................................................................................................................................................................................................ ........................................................................................................................................ ................................................................................................................................................................................................................................................................................ ................................................................................................................................................................................................................................................................................ ........................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................ 17. Opsommend u weergawe van die boek Ester. Verwysend na die twee geestelike wette. .................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................

F 22

Trek die volle wapenuitrusting van die

Here aan, sodat jy staande kan bly.