hierdie deur - wordpress.com · 2016-09-20 · waarin ons volledig op god vertrou en deur hom...

6
Die digter van Psalm 115 worstel met die vraag: “Waar is God?”. Die vraag kan op verskillende maniere gevra word. Dit kan so arrogant klink soos in die Psalm aangehaal: „die nasies‟ vra: “Waar is hulle God nou?” Die vraag word nie eers direk aan „julle‟ gerig nie, daarmee word geïmpiseer dat dit nie eers die moeitewerd is om vir die gelowiges die vraag te vra nie. Spottend word al die nasies gevra: “Waar is hulle God nou?” met net so oog-rol na die gelowiges se kant toe… Die manier van die vraag vra sê – “God tel nie eintlik nie…geloof is naïef…”, “ek kan God nie sien nie so; waar is Hy?” Die ander manier om die vraag te vra is om dit as gelowige te vra. Om te vra: “Waar is God?... want ek glo in God… maar waar is Hy?... waarom gaan dit soos dit gaan?...Ek glo tog in God?” Hierdie van binne vra van die vraag kan dan ook weer op twee maniere hanteer word. Die een manier (waarteen ek dink die Psalm ons waarsku) is om ons eie meer aanvaarbare, meer gepaste God te maak. Dit gebeur so maklik dat ons Jesus na ons eie verstaan vorm: `n Jesus wat na my belange omsien. `n Jesus wat lekker middelklas is. `n Jesus wat sorg dat my planne suksesvol uitwerk. `n Jesus wat nie so krities oor my rassistiese grappies is nie. `n Jesus wat maar net `n goedige knikkie gee wanneer ek af-praat na ander, en daarmee impliseer dat „hulle‟ dommer en minder beskaafd is as „ons‟. `n Jesus wat ander pad kyk wanneer ek seksisties is of grappies oor gays oorvertel. So vorm ek my eie Jesus wat oë het, maar nie kan sien nie, lippe het wat nie praat nie, ore wat nie hoor nie… (behalwe as dit oor my eie behoeftes gaan) Die Psalm waarsku ons “wie so god maak en op so god vertrou, word net so…” (115:8). Word afgestomp. Die manier wat die Psalm voorstel om die vraag: “Waar is [julle] God nou?” te hanteer, is om in broosheid op God te vertrou. Om steeds te vertrou dat Hy ons hulp en ons skild is (9-11). Om in diep afhanklikheid in God te glo wat ons seën (12-15). God wat die hemel en die aarde én ons vorm, en nie deur ons gevorm word nie. Om die vraag op die manier te hanteer beteken dat ons die risiko loop om deur die wêreld gespot te word. Veral nog wanneer ons verklaar dat die God waarin ons glo, Homself kom bekendstel het in Christus die gekruisigde (sien 1 Korintiërs 1:18-2:5). Soos dit nie help om eers jou rekenaar se antivirus program aan te skakel wanneer jy agterkom dat daar `n probleem is nie, so help dit ook nie om skielik op God te begin vertrou wanneer jy dit nodig het nie, en die res van die tyd het jy geleef asof God stil, blind, gevoelloos, onbeweeglik is – ja jy weet Hy is daar, maar taamlik ver op die agtergrond. Jou rekenaar se antivirus program moet deurlopend aangeskakel wees – „resident in memory‟. Die Psalm maak die vraag deel van `n lofpsalm, deel

Upload: others

Post on 31-Jul-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: hierdie deur - WordPress.com · 2016-09-20 · waarin ons volledig op God vertrou en deur Hom gevorm word, dan is dit vir ons moontlik om in moeilike tye en in goeie tye God te loof

Die digter van Psalm 115 worstel met die vraag: “Waar is God?”. Die vraag kan op

verskillende maniere gevra word. Dit kan so arrogant klink soos in die Psalm

aangehaal: „die nasies‟ vra: “Waar is hulle God nou?” Die vraag word nie eers direk

aan „julle‟ gerig nie, daarmee word geïmpiseer dat dit nie eers die moeitewerd is om

vir die gelowiges die vraag te vra nie. Spottend word al die nasies gevra: “Waar is

hulle God nou?” met net so oog-rol na die gelowiges se kant toe… Die manier van

die vraag vra sê – “God tel nie eintlik nie…geloof is naïef…”, “ek kan God nie sien nie

so; waar is Hy?”

Die ander manier om die vraag te vra is om dit as gelowige te vra. Om te vra:

“Waar is God?... want ek glo in God… maar waar is Hy?... waarom gaan dit soos dit

gaan?...Ek glo tog in God?”

Hierdie van binne vra van die vraag kan dan ook weer op twee maniere hanteer

word. Die een manier (waarteen ek dink die Psalm ons waarsku) is om ons eie meer

aanvaarbare, meer gepaste God te maak. Dit gebeur so maklik dat ons Jesus na ons

eie verstaan vorm: `n Jesus wat na my belange omsien. `n Jesus wat lekker

middelklas is. `n Jesus wat sorg dat my planne suksesvol uitwerk. `n Jesus wat nie

so krities oor my rassistiese grappies is nie. `n Jesus wat maar net `n goedige

knikkie gee wanneer ek af-praat na ander, en daarmee impliseer dat „hulle‟ dommer

en minder beskaafd is as „ons‟. `n Jesus wat ander pad kyk wanneer ek seksisties is

of grappies oor gays oorvertel. So vorm ek my eie Jesus wat oë het, maar nie kan

sien nie, lippe het wat nie praat nie, ore wat nie hoor nie… (behalwe as dit oor my

eie behoeftes gaan)

Die Psalm waarsku ons “wie so god maak en op so god vertrou, word net so…”

(115:8). Word afgestomp.

Die manier wat die Psalm voorstel om die vraag: “Waar is [julle] God nou?” te

hanteer, is om in broosheid op God te vertrou. Om steeds te vertrou dat Hy ons

hulp en ons skild is (9-11). Om in diep afhanklikheid in God te glo wat ons seën

(12-15). God wat die hemel en die aarde én ons vorm, en nie deur ons gevorm

word nie. Om die vraag op die manier te hanteer beteken dat ons die risiko loop om

deur die wêreld gespot te word. Veral nog wanneer ons verklaar dat die God waarin

ons glo, Homself kom bekendstel het in Christus die gekruisigde (sien 1 Korintiërs

1:18-2:5).

Soos dit nie help om eers jou rekenaar se antivirus program aan te skakel wanneer

jy agterkom dat daar `n probleem is nie, so help dit ook nie om skielik op God te

begin vertrou wanneer jy dit nodig het nie, en die res van die tyd het jy geleef asof

God stil, blind, gevoelloos, onbeweeglik is – ja jy weet Hy is daar, maar taamlik ver

op die agtergrond. Jou rekenaar se antivirus program moet deurlopend aangeskakel

wees – „resident in memory‟. Die Psalm maak die vraag deel van `n lofpsalm, deel

Page 2: hierdie deur - WordPress.com · 2016-09-20 · waarin ons volledig op God vertrou en deur Hom gevorm word, dan is dit vir ons moontlik om in moeilike tye en in goeie tye God te loof

van die bundel Psalms wat in Jesus se tyd by al die godsdienstige feeste gesing is.

Dit is deel van die Psalms wat elke Sabbat by die sinagoges gelees is. Die Psalm is

`n oproep om die gewoonte te kweek om elke dag te lewe met die ingesteldheid:

“Nie aan ons nie, Here, nie aan ons nie, maar aan u Naam kom die eer toe, want dit

is U wat liefde en trou bewys”. Wanneer ons so in die „wêreld van die Psalm‟ leef

waarin ons volledig op God vertrou en deur Hom gevorm word, dan is dit vir ons

moontlik om in moeilike tye en in goeie tye God te loof. Kan ons saam met die

Psalm uitroep: “maar ons, ons prys die Here, nou en vir altyd!” “Halleluja!”

Rousseau Malan

------------------------------------------------------------------------------------------------------

GEBED

KOM ONS KYK NA WAT DIE EINTLIKE DOEL VAN GEBED IS: Joh.14:13 Wat julle ook al in My Naam vra, sal Ek doen, sodat die Vader deur die Seun verheerlik kan word. In die laaste instansie is alle gebed om God te verheerlik. Die beste antwoord wat Hy op enige gebed sal gee, is watter antwoord ookal vir Hom die meeste Eer bring. Laat hulle die Naam van die Here prys, want Sy Naam alleen is hoog verhewe, Sy Majesteit strek oor die aarde en oor die hemel. (Ps.148:13) Elkeen wat na My Naam genoem word, elkeen wat Ek geskep het tot My Eer, wat Ek gevorm het, wat Ek gemaak het. (Jes.43:7) Glorie/Heerlikheid is ‘n woord wat dikwels deur Christene in aanbidding voor God gebruik word, en tog verstaan ons nie altyd wat dit beteken nie. Die Hebreeuse woord vir glorie dra die betekenis van GEWIG en BELANGRIKHEID. MAJESTEIT, HEERLIKHEID en EER. Dus sien ons die “Heerlikheid van die Here” – ‘n frase wat herhaalde kere in die Bybel voorkom – wanneer God ‘n klein skrefie oopmaak vir ons om te sien Wie Hy is. (kyk bv. 2Kron.7:1-3, Eks.40:34-35) ‘n Demonstrasie van Ontsagwekkendheid! ‘n Sigbare Bewys van die oneindige Grootheid en Almag van Sy Wese. As Hy Sy Glorie openbaar, maak Hy ‘n deeltjie van Sy Identiteit vir ons oop – ‘n klein aspek van Sy Karakter, Sy Heiligheid, Sy Krag, Sy Ontferming, Goedertierenheid en Barmhartigheid, Sy Lankmoedigheid, Milddadigheid, Deernis, Sy Genade. God besit natuurlik reeds Self die volle Gewig van Sy Glorie, in al Sy Vorme en Uitdrukkings. Hy bestaan in ewighid as Vader, Seun en Heilige Gees en is totaal volmaak in Homself, in die Goddelike Drie-Eenheid, perfekte Volheid, volmaakte Vreugde. Hy het niks anders nodig nie. Hy wat al die Gesag in die hemel en op die aarde het, het verseker nie vir ons nodig nie. (Rom.9:20-24) Dus is die blote feit dat ons hier is, al klaar ‘n getuienis van Sy Heerlikheid. Die feit dat Hy kon kies en wel gekies het om ons te skape, tesame met ‘n wêreld en ‘n heelal waarin ons kan woon, openbaar in die eerste plek, meer as enigiets anders, Sy ontsagwekkende Glorie as Skepper. Die sterrestelsels en hemelliggame vertoon Sy Karaktereienskappe deurdat hulle die Handewerk is van ‘n oneindig groot, almagtige, majestueuse Skepper. Trouens, dit is hulle werk om God se Heerlikheid uit te straal. “Die hemel getuig van die Mag van God, die uitspansel maak die Werk van Sy Hande bekend.”(Ps.19:2) Maar kyk wat gebeur. Dwarsdeur die geskiedenis en die Bybel sien ons hoe God nog verdere Kenmerke van Sy Heerlikheid ontvou, soos Hy Homself aan individue openbaar op maniere wat nuut en onverwags vir hulle is. Abraham, bv., vir wie God beveel het om sy seun Isak te offer (Gen.22) het God reeds geken as Skepper, as Leidsman, as getrou aan Sy Beloftes. Maar in die konteks van hierdie uitdaging om sy seun te moet offer, het God ‘n nuwe Element van Sy Heerlikheid in ‘n verstommende Openbaring oopgevou. Die Bybel wys Abraham se onderworpe gehoorsaamheid aan God se bevel van: “Vat jou seun, jou enigste, Isak wat jy liefhet,...” (Gen.22:2) Maar hy moes seker gewonder het oor die irrasionaliteit van hierdie Goddelike Opdrag. Isak was die seun van God se Belofte. (Gen.17:21) Hy was die wonderbaba gebore uit ‘n 100-jarige man en sy 90-jarige vrou. Om te dink, na 25 jaar van wag, na die wonderbaarlike geboorte van hierdie verbondskind, dat God hom nou beveel om sy seun te slag? Dit het glad geen sin gemaak nie – net soos party van die gebeure in jou eie lewe dalk glad nie sin maak nie. Jy kan nie glo dat dit gebeur ten spyte van jou gebede nie. Wat is God besig om te doen? God is besig om Sy Heerlikheid te ontvou. Abraham het verwag dat as hy vir Isak sou offer, God hom uit die dood sou opwek. (Heb.11:19) Maar op Moriaberg, toe God se engel Abraham se geloof sien, toe hy hom gekeer het om Isak te slag, het Abraham skielik iets, tot nog toe onbekend, van God begin verstaan. Toe Abraham die geritsel van ‘n ram in die bos naby hom hoor – ‘n geskikte dier om in Isak se plek te offer – het God Homself helder en duidelik as Jehovah Jireh openbaar, “Die Here Ons Voorsiener.” God het hierdie deel

Page 3: hierdie deur - WordPress.com · 2016-09-20 · waarin ons volledig op God vertrou en deur Hom gevorm word, dan is dit vir ons moontlik om in moeilike tye en in goeie tye God te loof

van Sy Glorie bietjie weggesteek gehou tot Hy dit op presies die perfekte oomblik wat Hy geweet het dat Abraham dit die beste sou kon verstaan en Hom sou aanbid daarvoor, geopenbaar het. God sou Homself as Abraham se Voorsiener kon openbaar het op ‘n ander manier by ‘n vroeëre geleentheid. Maar Hy het hierdie manier en hierdie tyd gekies, sodat Sy Heerlikheid met maksimum impak duidelik sou word. Dit is God se Patroon. Hy openbaar Sy Glorie al meer in – en deur – jou lewe, van 1 situasie na die volgende. Elke gebedsversoek (en elke senario wat aanleiding gee tot daardie versoek) is eintlik ‘n geleentheid vir ons om Sy Glorie eerstehands te sien. Want as Hy antwoord, is dit wat Hy besig is om te doen. Hy wil hê ons moet sien hoe Hy is. Ons Geneser (2Kon.20:5), ons Onderhouer (Ps.54:6), ons Alwyse God, (1Kor.1:25) Hy wil hê jy moet Hom ken as jou Skepper, Redder, Here, Voorsiener, Beskermer, Vriend, Raadgewer ... en dat jy Hom sal aanbid as dié God van Wie al hierdie Eienskappe ‘n werklikheid is in jou eie lewe. Nie net in die algemeen nie, maar vir jou persoonlik. Ons bid dikwels: “Here, wys ons U Glorie.” En ons kan altyd verseker wees dat Hy dit sal doen. Jesus het vir die dissipels gesê dat Lasarus se siekte sal wees tot “die openbaring van die Mag van God sodat die Seun van God daardeur verheerlik kan word.” En Hy het doelbewus gewag tot Lasarus gesterf het sodat Sy Krag as “die Opstanding en die Lewe” wonderbaarlik openbaar kon word. (Joh.11:1-45) Dit was ‘n bepalende oomblik wat Jesus se Krag kon demonstreer aan almal wat daarvan gehoor het. Paulus het vir die kerk in Tessalonika gebid dat “die Naam van ons Here Jesus deur hulle verheerlik sal word, en hulle deur Hom”. (2Tes.1:12) Petrus het gesê, die rede hoekom ons enigiets doen, is “om God te verheerlik deur Jesus Christus”, (1Pet.4:11) – want Jesus is “die Heerlikheid van God, en Hy is die Ewebeeld van die Wese van God”. (Heb.1:3) As jy vir iets bid en jy vra “dat die Vader in die Seun verheerlik sal word”, (Joh.14:13) wees gereed dat Hy sal doen dit wat Hy weet vir Hom die grootste Heerlikheid sal bring. En as Hy dit doen, sal jou korrekte reaksie, soos Abraham, wees om Hom te aanbid. Dit is wat bedoel word by “om God te verheerlik” – dat jy Hom hoog sal ag en sal eer deur jou danksegging en lofprysing vir die Eienskap wat Hy nou net in die spesifieke situasie aan jou geopenbaar het. Die Here, in Sy stap saam met Dawid, het Homself bewys as ‘n barmhartige en genadige God, lankmoedig, vol Liefde en Trou”, (Ps.86:15) net soos Hy dit ook vir Moses gedoen het. (Eks.34:6) En Dawid se reaksie was: “Met my hele hart wil ek U prys, Here my God, U Naam altyd eer.” (Ps.86:12) Dit lei tot ‘n tweede soort reaksie: om vir ander te vertel wat God gedoen het. Dawid het God se mense opgeroep om te “sing oor wat die Here gedoen het, want die Mag van die Here is groot.” (Ps.138:5-6) Paulus het gesê die openbaring van God se Genade. bring “meer dankgebede, en God ontvang die eer,” (2Kor.4:15) sodat ander ook kan sien en feesvier oor hoe God se Glorie skyn deur Sy Werk met mense. As God dus gebed antwoord, moet jy spog oor wat Hy gedoen het en nog doen. Dit gee aan Hom Heerlikheid en Eer. Van al die dinge wat gebed is en doen, sy grootste resultaat – en sy grootste vreugde – is dat dit ons, God se geliefde kinders, toelaat om mee te werk om aan Hom Eer te bring! Aan God al die Eer! Here, aan U behoort die Koninkryk en die Krag en die Heerlikheid vir ewig. Vergewe my asb. dat ek my eie wil en begeertes bo U Glorie stel. Ek was ingestel op wat ek dink U behoort te doen – wat ek sou doen as ek U was. En tog het U vir my gewys dat dit oor soveel meer gaan. U weet presies wat U doen. U Weë is so oneindig hoër as my weë. Wat ek eintlik wil hê, Vader, is dat U verheerlik sal word deur my lewe. Maksimum Heerlikheid. Die volle Gewig van U Glorie. Werk asb. in my hart en in elke situasie in my lewe, Here, sodat U die hoogste Eer sal kry. In Jesus Naam, AMEN ---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Page 4: hierdie deur - WordPress.com · 2016-09-20 · waarin ons volledig op God vertrou en deur Hom gevorm word, dan is dit vir ons moontlik om in moeilike tye en in goeie tye God te loof

Emmers vol genade

Baie dankie vir al die emmers van genade wat ons gereeld ontvang asook kontant bydraes

wat ons in staat stel om voorrade aan te vul. Ons pak elke maand ses kospakke vir gesinne in

die gemeente. Deurlopend deel ons ook kos uit aan mense wat dit nodig het.

Neem asb. Sondag na die erediens ‘n groen emmer of kom haal een by die kerkkantoor en

plaas nie-bederfbare produkte – blikkies kos, pasta, sop, koffie, suiker, tee, mieliemeel -

daarin en bring dit saam erediens toe of gee dit by die kerkkantoor af.

Ons benodig ook tandepasta, shampoo, reukweerdeer en seep.

KLEIN-KAROO TOER EN KANGO TUINSAFARI : 19-22 OKTOBER 2016

Ons beplan ‘n heerlike kuier in die Klein-Karoo vir die 4de kwartaal van 2016. Al die

besienswaardighede van Oudtshoorn (Grotte, Swartbergpas, Volstruisplaas, Cheetaland, ‘n

Kaberet aand, Serval wynplaas, ens).Dis meer as ‘n toer, dis ook ‘n Tuin-Safari waartydens

tuinliefhebbers kans kry om van die mooiste tuine (waterbesparende tuine, gestruktureerde

tuine, roosplase, ens) in en rondom Kangovalleie te besoek. Die Kango Tuinsafari 2016 speel

af in die pragtige vallei tussen Oudtshoorn en die Swartbergpas. Met die geseënde reën wat

ons ontvang het beloof dit om weer ‘n besondere en genotvolle ervaring te wees.

Alles is by die prys van R1 710-00 per persoon ingesluit. Ons moet net self reël vir ons

vervoer en die brandstof. Dit kan so R200-00 per person ekstra beloop. Kontak asb vir

Marie-Louise du Preez by 0782814734.

Huweliks toerusting en -verryking 2-3 September

Alle voornemende huwelikspaartjies moet die toerustingsnaweek bywoon. Dit begin

Vrydagaand 19:00 tot 21:00 en Saterdag vanaf 09:00 tot na romantiese ete.

Sondagoggend 09:00 tot 11:00.

Dit is egter ook verrykend vir getroude paartjies wat wil belê in hulle huwelik.

Dit word aangebied deur ds Hans Steyn en die koste is R250-00 per paartjie. Skryf asb by

die kerkkantoor in. Alle paartjies wat voor September 2017 in die huwelik tree moet die

kursus bywoon.

Koste sluit verversings en ete Saterdagaand in.

Vir meer inligting, kontak vir ds Hans 0827887899.

Page 5: hierdie deur - WordPress.com · 2016-09-20 · waarin ons volledig op God vertrou en deur Hom gevorm word, dan is dit vir ons moontlik om in moeilike tye en in goeie tye God te loof

Lig op ons Jeug

Raak betrokke . . . . Kontak vir Ronel Smit 082 877 5831

KLUB 13 Gr. 6 en 7 Bybelstudie

Ons kom om 18:00 in die Jeuglokaal

bymekaar

3de kwartaal datums . . . . 31 Augustus & 14 September

KLEUTERKERK

Alle kinders vanaf vyf-

tot elfjaar word

uitgenooi.

Ons gaan sing, storie

luister, en God se naam

groot maak!

Page 6: hierdie deur - WordPress.com · 2016-09-20 · waarin ons volledig op God vertrou en deur Hom gevorm word, dan is dit vir ons moontlik om in moeilike tye en in goeie tye God te loof

b a s a a r 2 0 1 6

Worcester-Vallei Basaarkonsert

VROLIKHEID INNIE VOORHUIS

Vrydag 16 September 2016

19:00 in die kerksaal

Toegang R50-00. Ingesluit 4 verversingskaartjies @R5-00 elk

#Imagine kidz in Oktober vakansie

4 - 6 Oktober 2016 by Langerugskool. Ouers kan die

oggend van 4 Oktober, vanaf 08:00 die oggend, hulle

kinders registreer.

Alle 10-12 jariges

Ons gaan ook tieners graad 7 - 12 benodig om by Imagine kidz leiers te

wees en te help met die logistieke dinge:

Lofpryssingspan, Kosspan, Groepleiers, Bidspan, Dansspan, Stasies ens.

Jong volwassenes ook welkom. Kontak vir ds Stefaans 082 564 9478

Ons het hulp nodig met die volgende:

Indien jy bereid is om kleinkoekies te bak ,

kontak asb vir Linda Groenewald by

084 578 0924. Bestanddele sal voorsien

word.

Ingelegde produkte

Goeie boeke en tydskrifte

Alle basaar items kan na die kerkkantoor gebring

word.