provinsiale eksamens inligtingtegnologie ......1.2.5 dit is wettig wanneer jy een lisensie vir „n...

19
Page 1 of 11 PROVINSIALE EKSAMENS INLIGTINGTEGNOLOGIE VRAESTEL 2 JUNIE 2015 GRADE 10 PUNTE: 150 TYD: 2 URE Die vraestel bestaan uit 11 bladsye

Upload: others

Post on 24-Feb-2021

5 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: PROVINSIALE EKSAMENS INLIGTINGTEGNOLOGIE ......1.2.5 Dit is wettig wanneer jy een lisensie vir „n program koop en dit dan op baie rekenaars installeer. 1.2.6 „n Algoritme is „n

Page 1 of 11

PROVINSIALE EKSAMENS

INLIGTINGTEGNOLOGIE

VRAESTEL 2

JUNIE 2015

GRADE 10

PUNTE: 150

TYD: 2 URE

Die vraestel bestaan uit 11 bladsye

Page 2: PROVINSIALE EKSAMENS INLIGTINGTEGNOLOGIE ......1.2.5 Dit is wettig wanneer jy een lisensie vir „n program koop en dit dan op baie rekenaars installeer. 1.2.6 „n Algoritme is „n

Page 2 of 11

INSTRUKSIES EN INLIGTING: 1 Skeur die laaste bladsy van die vraestel af en gebruik as antwoordblad vir

Afdeling A. 2 Skryf netjies en leesbaar. 3 Nommer vrae presies soos op die vraestel. AFDELING A VRAAG 1.1 [15] Vul die aangehegde blokkiesraaisel (laaste bladsy van die vraestel) in deur die nodige terminologie te gee vir elk van die volgende:

1. Hierdie tipe programmatuur word gebruik om produktief te werk en spesifieke take te verrig.

2. Die tipe programmatuur word gebruik om jou rekenaar te beheer en dit in stand hou.

3. Hierdie poort is waar toestelle ingeprop word vir vinnige data-oordrag. 4. Die proses om twee stelle van dieselfde data op twee verskillende toestelle op

te dateer, sodat elke toestel die nuutste kopie van die data bevat. 5. Hierdie tipe modem word gebruik vir vinnige data-oordrag oor „n digitale

telefoonnetwerk. 6. Gee die akroniem vir „n elektroniese stroombaan kaart wat klaar die geheue

(RAM) op het. 7. ____ -programme wat stelsel-instandhouding insluit, wat administratiewe take

verrig en word saam met die bedryfstelsel geïnstalleer. 8. Hierdie getallestelsel bestaan uit slegs „n 1 en „n 0. 9. Dié soort kopiereg wet laat mense toe om werk te gebruik en te versprei, terwyl

die vervaardiger daarvan steeds beheer het oor waar en hoe dit gebruik mag word.

10. Die studie wat die menselike liggaam bestudeer, en dan probeer om produkte te ontwerp wat beter pas by die manier waarop ons funksioneer.

11. „n Fouttoestand wat voorkom as daar nie genoeg bisse beskikbaar is om „n heelgetal waarde akkuraat voor te stel nie.

12. Die „volgorde‟ van lêergidse wat na die plek van „n spesifieke lêer lei. 13. Hierdie tipe lêer word gebruik om dokumente te versprei. Al wat benodig word

om die dokumente te lees, is die program Adobe Reader. 14. Waarna verwys die aantal „pixels’ of beeldpunte wat gebruik word om die beeld

op die skerm te skep? 15. Die meeste randapparatuur (soos drukkers) koppel aan die rekenaar deur

hierdie tipe poort te gebruik.

Page 3: PROVINSIALE EKSAMENS INLIGTINGTEGNOLOGIE ......1.2.5 Dit is wettig wanneer jy een lisensie vir „n program koop en dit dan op baie rekenaars installeer. 1.2.6 „n Algoritme is „n

Page 3 of 11

VRAAG 1.2: [10] Sê of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is: 1.2.1 Die verwerker laat die rekenaar instruksies en data waarmee daar nie tans

gewerk word nie stoor, sodat dit weer verkry kan word wanneer nodig.

1.2.2 Data mining is hoe data verwerk en geanaliseer word in die soeke na waardevolle inligting, wat jy nie geweet het dat dit beskikbaar is nie.

1.2.3 Elke programmeringstaal het veranderlikes wat ons verklaar of gebruik om „n spesifieke tipe data te stoor. Elke datatipe het gewoonlik „n verskeidenheid grepe soos bepaal deur die programmeringstaal.

1.2.4 „n Jpg-lêer kan in die meeste programme, soos MS Word, gebruik word.

1.2.5 Dit is wettig wanneer jy een lisensie vir „n program koop en dit dan op baie rekenaars installeer.

1.2.6 „n Algoritme is „n aantal stappe in „n sekere volgorde, wat uitgevoer kan word om „n spesifieke probleem op te los.

1.2.7 Versnellingsmeters is die sensors in slimfone wat jou in staat stel om speletjies te beheer, en om aksies te doen soos om na die volgende liedjie op die lys te gaan deur net die toestel te skud.

1.2.8 Luidsprekers en oorfone is die toestelle wat ons die heel meeste gebruik om afvoer van die rekenaar te kry.

1.2.9 Die kwaliteit van klank wat „n rekenaar kan produseer hang af van die klankkaart en die mengborde (mixing boards) wat beskikbaar is.

1.2.10 iOS en Android bedryfstelsels word op draagbare toestelle gebruik.

Page 4: PROVINSIALE EKSAMENS INLIGTINGTEGNOLOGIE ......1.2.5 Dit is wettig wanneer jy een lisensie vir „n program koop en dit dan op baie rekenaars installeer. 1.2.6 „n Algoritme is „n

Page 4 of 11

AFDELING B SCENARIO: VRAAG 2: BASIESE REKENAARKONSEPTE In vandag se samelewing kry ons baie verskillende Inligtings Kommunikasie Tegnologieë (IKT), bv. skootrekenaars, slimfone en tablette. 2.1 Gee die definisie van „n rekenaar. (4) 2.2 BTF 179 MP is „n voorbeeld van __________ (Data / Inligting) (1) 2.3.1 Dui die verskil aan tussen toegewyde toestelle en algemeendoelige toe-

stelle. (2)

2.3.2 Gee ook „n voorbeeld van elk. (2) 2.4 Data moet in die geheue wees as „n mens wil hê dat die rekenaar dit moet

verwerk. Gee die definisie van geheue. (2) 2.5 Programmatuur word gekategoriseer volgens hulle funksie. 2.5.1 Watter tipe program laat jou toe om take te verrig wat op berekeninge geba-

seer is? (1) 2.5.2 Watter tipe program voeg ekstra eienskappe by programmatuur? (1) 2.5.3 Gee „n voorbeeld van „n Databasisprogram. (1) 2.5.4 Gee „n voorbeeld van „n Grafika- en Ontwerpprogram. (1) 2.5.5 Watter tipe program kombineer teks, grafika, klank en animasie om „n

aanbieding te skep? (1) 2.6 Linux is „n voorbeeld van Oopbronprogrammatuur („Open source software‟) 2.6.1 Gee „n beskrywing van Oopbronprogrammatuur. (2) 2.6.2 Gee TWEE voordele van Oopbronprogrammatuur. (2) 2.6.3 Gee TWEE nadele van Oopbronprogrammatuur. (2) 2.6.4 Wat is die hoofverskil tussen Oopbronprogrammatuur en Eiendomsgeregtelike

(„proprietary‟) programmatuur? (1)

2.7 Wat beïnvloed of bepaal die verwerkingskrag of –vermoë van „n rekenaar? (3) 2.8 Gee „n beskrywing van „n Bediener (server). (2)

Mpho is „n nuwe leerling in jou skool en het IT as een van sy vakke gekies. IT is nooit by sy vorige skool aangebied nie, daarom het Mpho baie werk om in te haal. Hy het „n skootrekenaar gekoop sodat hy additionele werk by die huis kan doen. Hy het jou ook gevra om hom te help, met sy rekenaar- en programmeringsvaardighede.

Page 5: PROVINSIALE EKSAMENS INLIGTINGTEGNOLOGIE ......1.2.5 Dit is wettig wanneer jy een lisensie vir „n program koop en dit dan op baie rekenaars installeer. 1.2.6 „n Algoritme is „n

Page 5 of 11

2.9 Wat is die verskil tussen Gebruikerstablette en Tablet PC‟s in terme van hul koste en batterylewe? (2)

2.10 Waarom gebruik ons rekenaars? (5) 2.11 Noem VYF nadele in die gebruik van rekenaars. (5) [40] VRAAG 3: BASIESE KONSEPTE VAN APPARATUUR EN GEïNTEGREERDE SCENARIO 3.1 Bestudeer die spesifikasies in die volgende advertensie vir „n monitor en „n

rekenaar en beantwoord dan die vrae wat daarop volg:

REKENAAR

3.1.1 Verduidelik waarna die 21.5” spesifikasie verwys. (1) 3.1.2 Die skerm word as „n wye skerm geadverteer. Verduidelik wat dit beteken

en gee TWEE voordele wat „n wye skerm vir die gebruiker inhou. (3)

3.1.3 Verduidelik waarna die 1920 x 1080-spesifikasie verwys en watter beteke- nis dit vir die verbruiker inhou. (2)

3.1.4 Waarna verwys die 2 ms reaksietyd? (1) 3.1.5 Waarna verwys die spesifikasie „kontras-verhouding‟ (contrast ratio)? (2) 3.1.6 In die advertensie van die rekenaar word daar na „n Intel Pentium 4 proces-

sor verwys.

3.1.6.1 Wat is die funksie van die verwerker in „n rekenaar? (1) 3.1.6.2 Waarom is die waaier nodig by die verwerker? (1) 3.1.6.3 In watter eenheid word die spoed van die Sentrale Verwerkings Eenheid

(SVE) gemeet? (1) 3.1.7 512 Mb DDR RAM verwys na die geheue van die rekenaar.

Noem DRIE eienskappe van die geheue. (3)

MONITOR 21.5” Wide LED Backlight Display 1920 x 1080 8 000 000:1 Contrast Ratio 300 Nits 2 ms response time VGA, DVI-D & HDMI inputs 3 Year Warranty

Page 6: PROVINSIALE EKSAMENS INLIGTINGTEGNOLOGIE ......1.2.5 Dit is wettig wanneer jy een lisensie vir „n program koop en dit dan op baie rekenaars installeer. 1.2.6 „n Algoritme is „n

Page 6 of 11

3.1.8 In die advertensie word daar na TWEE sekondêre stoortoestelle verwys. Noem hulle. (2)

3.1.9 Die drukker in gegewe advertensie word geadverteer met Bluetooth-tegnologie.

3.1.9.1 Noem EEN voordeel van hierdie tipe tegnologie. (1) 3.1.9.2 Verduidelik hoe hierdie tegnologie vir Mpho van hulp kan wees om toe-

gang tot sy handboekdata en hersieningsoefeninge te kry. (1)

3.2 Waarna verwys die term hardekopie? (1) 3.3 Wat is spesiaal aan vastetoestand-skyfaandrywers “SSD‟s (Solid State Drives)”

? (2) 3.4 Wat se voordeel het „n LED skerm teenoor „n CRT skerm? Noem 3 (3)

3.5 Behalwe vir optiese skandeerders wat lig gebruik om „n beeld te lees, kry mens

ook ander tipes skandeerders of lesers. Noem DRIE ander tipes skandeerders. (3)

3.6 Hoekom is „n PC Tablet ideaal vir iemand wat digitale kuns wil skep? (1) 3.7 Wat is die funksie van DTD‟s (Data Terminating Devices)? (2)

3.8 Watter tipe poort sal gebruik word om data vanaf „n videokamera na jou

rekenaar oor te dra? (1) 3.9 Watter koppelingspoort gee tans aan gebruikers die vinnigste eksterne

koppeling moontlik? (1) 3.10 PAS DIE PRENTJIE VAN DIE POORT IN KOLOM B BY DIE KORREKTE

BESKRYWING IN KOLOM A, BV 1 C (4)

KOLOM A KOLOM B 3.10.1 FIREWIRE A.

3.10.2 RJ-45 B.

Page 7: PROVINSIALE EKSAMENS INLIGTINGTEGNOLOGIE ......1.2.5 Dit is wettig wanneer jy een lisensie vir „n program koop en dit dan op baie rekenaars installeer. 1.2.6 „n Algoritme is „n

Page 7 of 11

3.10.3 Klank C.

3.10.4 VGA

D.

[37]

VRAAG 4: BASIESE KONSEPTE VAN STELSELPROGRAMMATUUR 4.1 Noem VIER funksies van „n bedryfstelsel. (4) 4.2 Hoe verskil „n Ingebedde Bedryfstelsel van dié wat op „n veeldoelige rekenaar

soos „n PC geïnstalleer is? (1) 4.3 Die feit dat die koppelvlak grafies is en mens die rekenaar kan gebruik deur

na objekte te „wys‟ in plaas van opdragte in te tik, maak rekenaars meer intuï- tief en natuurlik om te gebruik. Noem DRIE aspekte/eienskappe van „n GUI. (3) Kies een antwoord: (4.4 – 4.6)

4.4 (Etiket / Radio Button / List Box / Combo Box) laat die gebruiker uit een van „n gegewe (klein) stel opsies kies. (1)

4.5 (Etiket / Radio Button / List Box / Combo Box) gee die gebruiker die geleent-

heid om „n opsie van hul eie in te voeg. (1) 4.6 (Etiket / Radio Button / List Box / Combo Box) dwing die gebruiker om net

uit die gelyste opsies te kies. (1)

4.7 Noem TWEE voorbeelde van nutsprogramme (behalwe Saampersprogram- me) wat by „n bedryfstelsel ingesluit is en wat help met stelsel-instandhou- ding en administratiewe take. (2)

Page 8: PROVINSIALE EKSAMENS INLIGTINGTEGNOLOGIE ......1.2.5 Dit is wettig wanneer jy een lisensie vir „n program koop en dit dan op baie rekenaars installeer. 1.2.6 „n Algoritme is „n

Page 8 of 11

4.8 Gee „n voorbeeld van „n Saampersprogram. (1)

4.9 Wat is die funksie van „n Drywerprogram? (1) [15] VRAAG 5: INLIGTINGSBESTUUR 5.1 Waarom is dit nie „n goeie idee om „n lêeruitbreiding te verander nie? (1) 5.2 Gee TWEE beperkings wat sommige bedryfstelsels op lêername plaas. (2) 5.3 Voltooi die volgende diagram: (3)

5.4 Gee TWEE voordele van DLL-lêers. (1) 5.5.1 Skakel die volgende binêre getal om na „n desimale getal, vertoon al jou

berekeninge:

(2) 5.5.2 Skakel die volgende heksadesimale getal om na „n desimale getal, vertoon

al jou berekeninge:

(2)

5.5.3 Skakel die volgende desimale getal om na „n binêre getal, vertoon al jou berekeninge:

199 (2)

5.5.4 Skakel die volgende desimale getal om na „n heksadesimale getal, vertoon al jou berekeninge:

1456 (2) [15] VRAAG 6: SOSIALE, ETIESE EN WETLIKE KONSEPTE 6.1 Waarvoor is EULA die akroniem? (1) 6.2 Verduidelik wat word bedoel met die term “digital devide”, en noem „n faktor wat

bydra dat jy „n slagoffer geword het van dit. (2) 6.3 Noudat jy Internet toegang het, is jy maklik in kontak met jou vriende en familie.

Noem en bespreek TWEE maniere hoe e-kommunikasie die manier wat ons kommunikeer vandag, verander het. (4)

Programme-ringstaal

Page 9: PROVINSIALE EKSAMENS INLIGTINGTEGNOLOGIE ......1.2.5 Dit is wettig wanneer jy een lisensie vir „n program koop en dit dan op baie rekenaars installeer. 1.2.6 „n Algoritme is „n

Page 9 of 11

6.4 In voorvereiding van die eksamen vraestelle, het die onderwyser baie lang ure voor die rekenaar deurgebring.

a. Noem TWEE moontlike newe effekte wat die onderwyser kon opdoen as gevolg van die lang ononderbroke ure wat hy voor die rekenaar deurgebring het. (2)

b. Stel TWEE manier voor wat sal voorkom dat die onderwyser enige newe-effekte sal hê. (2)

2.6.2 Die Regering ondersteun “ Green Computing”. a. Verduidelik die term “Green Computing”. (2) b. Beskryf TWEE maniere hoe jy “Green Computing” kan toepas. (2)

[14] VRAAG 7: ALGORITMES 7.1 Beskou die volgende Algoritme en voltooi 7.1.1 tot 7.1.5:

Begin Ask the length of the room Get RoomLength Ask the width of the room Get (7.1.1) (1) Ask a tile side Get TileLength RoomArea = (7.1.2) x (7.1.3) (2) TileArea = sqr(TileLength) Boxes = round(roomArea / TileArea) Cost = 60 x Boxes Display message : You will need, ‘(7.1.4)’, of tiles and it will cost

you R, ‘(7.1.5)’ (2) [5]

GROOTTOTAAL: 150

Page 10: PROVINSIALE EKSAMENS INLIGTINGTEGNOLOGIE ......1.2.5 Dit is wettig wanneer jy een lisensie vir „n program koop en dit dan op baie rekenaars installeer. 1.2.6 „n Algoritme is „n

Page 10 of 11

VRAAG 1 ANTWOORDBLAD NAAM EN VAN: ________________________

Page 11: PROVINSIALE EKSAMENS INLIGTINGTEGNOLOGIE ......1.2.5 Dit is wettig wanneer jy een lisensie vir „n program koop en dit dan op baie rekenaars installeer. 1.2.6 „n Algoritme is „n

Page 11 of 11

Page 12: PROVINSIALE EKSAMENS INLIGTINGTEGNOLOGIE ......1.2.5 Dit is wettig wanneer jy een lisensie vir „n program koop en dit dan op baie rekenaars installeer. 1.2.6 „n Algoritme is „n

VRAAG 1

NAAM EN VAN:

8 1

4

5

7 14 9 6 3

2

10 11

13

12

15

15

�1

Page 13: PROVINSIALE EKSAMENS INLIGTINGTEGNOLOGIE ......1.2.5 Dit is wettig wanneer jy een lisensie vir „n program koop en dit dan op baie rekenaars installeer. 1.2.6 „n Algoritme is „n

1

GRAAD 10 INLIGTINGSTEGNOLOGIE JUNIE 2015 VRAESTEL 2 TYD: 2 UUR TOTAAL: 150 MEMORANDUM

AFDELING A VRAAG 1.1 [15] 1.1.1 Toepassingsprogrammatuur 9 1.1.2 Stelselprogrammatuur 9 1.1.3 Firewire 9 1.1.4 Sinchroniseer 9 1.1.5 ADSL 9 1.1.6 DIMM 9 1.1.7 Nuts- 9 1.1.8 Binêre 9

1.1.9 Copyleft 9 1.1.10 Ergonomie 9 1.1.11 Oorloop 9 1.1.12 Pad 9 1.1.13 PDF 9 1.1.14 Resolusie 9 1.1.15 USB 9

VRAAG 1.2: [10] Sê of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is: 1.2.1 ONWAAR 9 1.2.2 WAAR 9 1.2.3 ONWAAR 9 1.2.4 WAAR 9 1.2.5 ONWAAR 9

1.2.6 WAAR 9 1.2.7 WAAR 9 1.2.8 ONWAAR 9 1.2.9 ONWAAR 9 1.2.10 WAAR 9

AFDELING B VRAAG 2: BASIESE REKENAARKONSEPTE 2.1 Rekenaars is veeldoelige elektroniese 9 toestelle wat data (toevoer) kan

ontvang 9, data kan verwerk 9, resultate kan produseer en dit as afvoer 9 kan weergee. (4)

2.2 Inligting 9 (1) 2.3.1 Toegewyd = toestelle ontwerp om slegs een spesifieke taak 9 te verrig

Algemeendoelig = toestelle wat „n verskeidenheid take 9 kan verrig, ver- skillende tipes programme kan op die toestel gelaai word. (2)

2.3.2 Toegewyd = wasmasjien, verskeersligte, mikrogolf 9 Algemeendoelig = selfone, rekenaars 9 (2) 2.4 Geheue is die tydelike stoorplek 9vir instruksies en data waarmee tans

9gewerk word. (2)

Page 14: PROVINSIALE EKSAMENS INLIGTINGTEGNOLOGIE ......1.2.5 Dit is wettig wanneer jy een lisensie vir „n program koop en dit dan op baie rekenaars installeer. 1.2.6 „n Algoritme is „n

2

2.5.1 Sigblad 9 (1) 2.5.2 Plug-ins 9 (1) 2.5.3 MS Access / OpenOffice Base / MySQL 9 (slegs EEN) (1) 2.5.4 CoralDraw / Adobe Photoshop / Adobe Illustrator / Macromedia Freehand / AutoCAD / MS Paint 9 (slegs EEN) (1) 2.5.5 MS PowerPoint / OpenOffice Impress 9 (slegs EEN) (1) 2.6.1 OSS is programmatuur wat beskikbaar gestel word met „n lisensie 9wat

aan jou toegang tot die bronkode gee, asook die reg om aan die bronkode te verander 9– jy mag dit egter nie verkoop nie. (2)

2.6.2 Geen of lae koste (gewoonlik gratis)

Toegang tot bronkode 9 9 (slegs TWEE) Vryheid om programmatuur volgens eie behoeftes aan te pas Toegang tot „n hele gemeenskap van gebruikers en ondersteuning (2)

2.6.3 Niemand kan vir foute/tekortkominge in programmatuur verantwoordelik gehou word nie Risiko van swak ondersteuning 9 9 (slegs TWEE) Meer vaardigheid is nodig om model tot volle potensiaal te gebruik Verskeie weergawes van dieselfde programmatuur kan ontstaan (2)

2.6.4 Eiendomsgeregtelike programmatuur = kry jy nooit die bronprogram nie. 9 (1)

2.7 Spoed van die SVE 9 Hoeveelheid stoorplek 9 Grootte van geheue 9 (3)

2.8 Dit is „n kragtige rekenaar wat in „n netwerkomgewing 9gebruik word om „n netwerk van gekoppelde 9 rekenaars te help „bedryf‟. (2)

2.9 Tabletrekenaars is duurder 9 as gebruikerstablette en het „n korter 9

batterylewe. (2)

2.10 Die rekenaar is x vinnig en akkuraat 99999 (enige VYF) x is goed met take wat herhaaldelik uitgevoer moet word x word nie moeg nie, geen verhogings, kla nie x is meerdoelig x laat kommunikasie vinniger plaasvind x werk uitstekend as dit kom by rekords hou x kan data op verskeie metodes verwerk en analiseer (5)

2.11 Die rekenaar

x is slegs so goed as die manier waarop hulle gebruik word x is beperk i.t.v. fisiese toepassings x kan baie duur wees 99999 (enige vyf) x kan nie dink of probleme oplos nie x benodig opgeleide en vaardige programmeerders en operateurs

Page 15: PROVINSIALE EKSAMENS INLIGTINGTEGNOLOGIE ......1.2.5 Dit is wettig wanneer jy een lisensie vir „n program koop en dit dan op baie rekenaars installeer. 1.2.6 „n Algoritme is „n

3

x benodig programmatuur wat spesiaal ontwerp is om probleme op te los (duur)

x kan gou verouderd raak (5) [40]

VRAAG 3: BASIESE KONSEPTE VAN APPARATUUR 3.1.1 Die grootte van die skerm in duime 9 (1) 3.1.2 Skerms wat baie wyer is as wat hulle breed is. 9

Kan maklik dokumente langs mekaar op skerm vertoon 9 Kan cd/dvd‟s kyk 9 (3)

3.1.3 Verwys na die resolusie – die aantal pixels/beeldpunte wat gebruik word om die beeld op die skerm te skep 9 Beteken 1920 beeldpunte horisontaal oor die skerm en 1080 beeldpunte vertikaal oor die skerm 9 (2)

3.1.4 Hoe lank dit neem om die waarde/kleur van „n pixel te verander. 9 (1) 3.1.5 Dui die verhouding tussen die donkerste swart en die helderste wit aan

wat die monitor kan vertoon. 9 Hoe groter die verhouding, hoe beter. 9 (2) 3.1.6.1 Die deel van die rekenaar wat al die werk doen. (1) 3.1.6.2 Die waaier hou die SVE koel en keer dat dit nie oorverhit nie. 9 (1) 3.1.6.3 GHz 9 (1) 3.1.7 Dit is onbestendig – inhoud verlore indien krag afgaan. 999 (enige DRIE)

SVE hou al die data en instruksies in die RAM waarmee dit op die oomblik werk. Data-oordrag tussen die SVE en RAM is vinnig – elektronies. Hoe meer RAM in jou rekenaar, hoe beter sal die werkverrigting wees RAM word verskaf in DIMMs wat in DIMM-gleuwe op moederbord pas RAM is duur (4)

3.1.8 240 Gb Hard drive 9 EN CDRW/DVD Combo Drive 9 (2) 3.1.9.1 Verskillende toestelle kan met mekaar kommunikeer sonder om gekoppel

te word met kabels. 9 (1) 3.1.9.2 Data kan maklik van een toestel na sy skootrekenaar oorgedra word. 9 (1) 3.2 Inligting wat op papier gedruk is. 9 (1) 3.3 Dit is „n spesiale tipe elektroniese geheue wat sy data behou al gaan die

krag af (dieselfde as „n geheuestokkie s‟n). Hul is stadiger as RAM, maar vinniger as hardeskywe en DVD‟s. 99 (2)

3.4 Hul is kleiner, ligter, meer doeltreffend en goedkoper . 999 (enige DRIE) (3)

Page 16: PROVINSIALE EKSAMENS INLIGTINGTEGNOLOGIE ......1.2.5 Dit is wettig wanneer jy een lisensie vir „n program koop en dit dan op baie rekenaars installeer. 1.2.6 „n Algoritme is „n

4

3.5 3D-Skandeerders Strepieskode-skandeerders 999 (slegs DRIE) Magneetstrooklesers Biometriese skandeerders (3)

3.6 Dit laat jou toe om presiese besonderhede op die papier te teken – baie akkuraat en presies. 9 (1)

3.7 Skakel die seine om 9 wat van die rekenaar af kom na digitale seine wat

oor „n telefoonlyn versend kan word sodat kommunikasie kan plaasvind. 9 (2)

3.8 Firewire 9 (1)

3.9 Thunderbolt 9 (1) 3.10.1 B 9 3.10.2 D 9 3.10.3 A 9 3.10.4 C 9 (4) [37] VRAAG 4: BASIESE KONSEPTE VAN PROGRAMMATUUR 4.1 Voorsien „n koppelvlak

Proses- en taakbeheer 9999 (slegs VIER) Geheuebestuur Toevoer/afvoer-bestuur Skyfbestuur (4)

4.2 Hulle is op eksterne geheueskyfies gestoor. 9 (1) 4.3 Gebruiker hoef nie lang instruksies te memoriseer of insleutel nie

Prentjies (ikone) word gebruik om programme en instruksies voor te stel Gebruik „n muis of ander wysertoestel vir interaksie met skerm Maak rekenaar interaktief Kan in kort rukkie aangeleer, verstaan en gebruik word. 999 (slegs DRIE) (3)

4.4 Radiobutton 9 (1) 4.5 Combo box 9 (1) 4.6 List box 9 (1) 4.7 Antivirus-programmatuur

Windows Explorar Disk Cleanup 99 (slegs TWEE) Defragmenter Rugsteun (2)

4.8 WinZip 9 (1) 4.9 Dit laat die bedryfstelsel toe om met „n toestel te kommunikeer en dit te

Page 17: PROVINSIALE EKSAMENS INLIGTINGTEGNOLOGIE ......1.2.5 Dit is wettig wanneer jy een lisensie vir „n program koop en dit dan op baie rekenaars installeer. 1.2.6 „n Algoritme is „n

5

beheer. 9 (1) [15]

VRAAG 5: INLIGTINGSBESTUUR 5.1 Windows sal dan nie die lêertipe kan identifiseer nie en sal nie weet watter

program gebruik moet word om die lêer oop te maak nie. 9 (1) 5.2 Maksimum van 260 karakters

„n Lêernaam bestaan uit die naam van die lêer, gevolg deur „n punt en „n 3-5 letter lêeruitbreiding. Sensitief vir hoof- en kleinletters 99 (slegs TWEE) (2)

5.3 (3)

5.4 Programme deel DLL-lêers en dit kan deur programme wat hul wil uitvoer,

geroep word. Dit is baie vinniger en makliker om „n program by te werk. 9 (1)

5.5.1. = 1 x + 0 x + 0 x +1 x + 1 x + 1 x + 1 x + 0 x + 0 x = (1 x 256) + (0 x 128) + (0 x 64) + (1 x 32) + (1 x 16) + (1 x 8) + (1 x 4) + (0 x 2)

+ (0 x 0) = 256 + 32 + 16 + 8 +4 9 = 316. 9 (2) 5.5.2. = (5 x ) + (E x ) + ( 8 x ) = (5 x 256) + (14 x 16) + (8 x 1) = 1280 + 224 + 8 9 = 1512. 9 (2) 5.5.3. 199 = 199 ÷ 2 = 99 res 1 99 ÷ 2 = 49 res 1 49 ÷ 2 = 24 res 1 24 ÷ 2 = 12 res 0 12 ÷ 2 = 6 res 0 99 6 ÷ 2 = 3 res 0 3 ÷ 2 = 1 res 1 1 ÷ 2 = 0 res 1 = (2) 5.5.4. 1456 = 1456 ÷ 16 = 91 res 0 91 ÷ 16 = 5 res 11 99 5 ÷ 15 = 0 res 5 = (2)

[15]

Page 18: PROVINSIALE EKSAMENS INLIGTINGTEGNOLOGIE ......1.2.5 Dit is wettig wanneer jy een lisensie vir „n program koop en dit dan op baie rekenaars installeer. 1.2.6 „n Algoritme is „n

6

VRAAG 6: SOSIALE, ETIESE EN WETLIKE KONSEPTE 6.1 EULA = End User License Agreement 9 (1) 6.2 Die gaping tussen mense wat toegang het tot rekenaars en digitale toerusting

en die mense wat nie toegang daartoe het nie. 99 (2) „n Ouderdoms verskil 9 (1)

6.3 Dit het kommunikasie vinniger gemaak, en kan enige tyd met mense internasionaal praat. 99. Kommunikasie word goedkoper, en dokumente en fotos kan goedkoop versprei word. 99

6.4 A. “repetitive strain injury” en “carpel tunnel syndrome” 99 B Sit posisie voor die rekenaars moet reg wees, en om gereelde rus periodes te neem. 99

6.5 Dit verwys na die initiatief om die ontwerp, gebruik en vernietiging van tegnologie in die omgewing so omgewing vriendelik as moontlik te maak. 99 Skakel die rekenaars af as dit nie gebruik word nie. Herwin rekenaars. Hervul ink en hergebruik drukkers 99

[14] VRAAG 7: ALGORITMES 7.1

Begin Ask the length of the room Get RoomLength Ask the width of the room Get (7.1.1) RoomWidth 9 (1) Ask a tile side Get TileLength RoomArea = (7.1.2) RoomLength 9x (7.1.3) RoomWidth 9 (2) TileArea = sqr(TileLength) Boxes = round(roomArea / TileArea) Cost = 60 x Boxes Display message : you will need ,‟(7.1.4) Boxes‟ 9, of tiles and it will cost you

R, (7.1.5)Cost‟ 9 (2) [5] TOTAAL: 150

Page 19: PROVINSIALE EKSAMENS INLIGTINGTEGNOLOGIE ......1.2.5 Dit is wettig wanneer jy een lisensie vir „n program koop en dit dan op baie rekenaars installeer. 1.2.6 „n Algoritme is „n

VRAAG 1 Memo

8 1

B T

4 S I N C H R O N I S E E R

N E

Ê P

R 5 A D S L

E S

7 14 9 S 6 3

N R C I D F

U E O N I I

2 S T E L S E L P R O G R A M M A T U U R

S O Y S M E

L L P 11 W

U E R 10 E R G O N O M I E

S F O O R

I T G R E

E R L

A O 13

M O P

M 12 P A D

A F

T

15 U S B

U

R

�1