pretblad 1705 maandag - media24

11
Blokraai -PRET saamgestel uit vandag se koerante Maklik om uit te druk! 17 Mei 2021

Upload: others

Post on 11-Dec-2021

6 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Pretblad 1705 Maandag - Media24

Blokraai-PRET

saamgestel uit vandag se koeranteMaklik

om uit te

druk!17 Mei 2021

Page 2: Pretblad 1705 Maandag - Media24

Blokraai

Pretblad1 uit 4 17 Mei 2021

Dwars7. Nou Gqeberha (13)

8. Adamsappel (8)

9. Groot vaartuig (4)

10. Universiteit van die Vrystaat se studente (7)

12. Hul skryf op deure en glase (5)

14. Onderste vlak (5)

16. Iemand wat in iets uitblink (7)

19. Beledigende woorde toevoeg (4)

20. Essays (8)

22. Kamertjies van spoorwaens (13)

Af1. Briewebesteller (4)

2. Sierpelse (6)

3. Hulle lees braille (7)

4. Azanian People’s Organisation (5)

5. Skoorsteenveërs (6)

6. Knoop met lussie (8)

11. Spieël om in oor te kyk (8)

13. Soutmengsel vir koeie (7)

15. Sonsverduistering (6)

17. Waarsêer (6)

18. Landbou en veeteelt is hulle beroep (5)

21. Spruite van plante (4)

94

Page 3: Pretblad 1705 Maandag - Media24

Crossword

Pretblad2 uit 4 17 Mei 2021

113Accross3. Persian or Burmese pet (3)7. Deliver a sermon in church (6)8. Tired or drowsy (6)9. Small branch of a tree (4)10. Drink of white wine mixed with soda water (8)11. The United Kingdom is also known as Great — (7)13. Banana, grape or strawberry (5)15. Flat cutting edge of a knife (5)17. Pair of lenses in a frame (7)20. People who live in Kampala (8)21. Govern or be in power (4)23. Having an unusual interest in death (6)24. Capacity for activity (6)25. Feeling sorrow (3)

Down1. Group of people who work on a ship (4)2. Reference point to shoot at (6)3. Supporting structural frame of a car (7)4. Russian emperors (5)5. Experienced and trusted adviser (6)6. Desire for food or drink (8)12. Particular system of faith and worship (8)14. Made holy by religious ceremony (7)16. River which rises in the Black Forest in Germany (6)18. Someone who rides waves (6)19. Used to play poker (5)22. Plastic building blocks used as toys (4)

Page 4: Pretblad 1705 Maandag - Media24

Breinknoop

Sudoku

Pretblad3 uit 4 17 Mei 2021

1. Watter waterval is in die Umgeni-rivier, ongeveer 14 km van Pietermaritzburg?2. Watter fliek bevat die karakters Scarecrow en Tin Man?3. Waar is die Suid-Afrikaanse Veeartsenykunde-navorsingsinstituut?4. Waar is die oorspronklike Tate-kunsgalery? 5. Uit hoeveel dele bestaan ’n klassieke simfonie?

117Moeilikheidsgraad: KopkrapVoltooi die rooster sodat elke ry dwars, elke kolom af en elke 3x3-kassie die syfers 1 tot 9 bevat. Dis al wat jy moet doen. G’n wiskunde is nodig nie. Die rooster is vol syfers, maar niks hoef bymekaargetel te word nie. Jy los die raaisel met logika en beredenering op. Lees meer by http://wikipedia.org/wiki/Sudoku.

Page 5: Pretblad 1705 Maandag - Media24

Oplossings

Pretblad4 uit 4

Breinknoop1. Die Albert-waterval2. The Wizard of Oz3. Onderstepoort4. Londen5. Vier

17 Mei 2021

Sudoku [116 15 Mei]

Crossword [112 15 Mei]Across: 1. octopus; 5. timer; 8. E. coli; 9. peanuts; 10. nutcase; 11. queue; 12. copier; 13. violet; 16. attic; 18. unlucky; 20. tinfoil; 21. sauna; 22. drool; 23. correct.Down: 1. ocean; 2. two-step; 3. private school; 4. supper; 5. tranquilliser; 6. mouse; 7. respect; 12. chatted; 14. lecture; 15. public; 17. Tango; 19. yeast.

Blokraai [93 14 Mei]Dwars: 7. gebare; 8. amebes; 9. gate; 10. skelette; 11. brander; 13. gades; 15. berou; 16. droster; 18. ortopede; 19. sari; 21. regime; 22. eierus.Af: 1. feta; 2. paleontologie; 3. perseel; 4. dames; 5. medepassasier; 6. reptiele; 12. roeiriem; 14. troebel; 17. beker; 20. reun.

Page 6: Pretblad 1705 Maandag - Media24

Blokraai-PRET

saamgestel uit vandag se koeranteMaklik

om uit te

druk!16 Mei 2021

Page 7: Pretblad 1705 Maandag - Media24

Blokraai

Naam......................................................................... Tel...................................... Faks of e-pos.............................................................Vul jou naam en adres in, neem ’n foto van jou voltooide raaisel en e-pos dit na [email protected]. Skryf asseblief die nommer van die blokraaisel in die onderwerpveld.

Pretblad1 uit 5

474Twee kanse om R500 te wenVersteek in die sirkels, afwaarts gespel, is die bynaam en familienaam van ’n veelbesproke figuur in die tyd van die tweede Anglo-Boereoorlog. SMS die woord BLOK gevolg deur jou antwoord na 34581. Die lyn sluit op 22 Mei om 12:00 en elke SMS kos R1,50. Gratis SMS’e geld nie en foutiewe SMS’e word verreken. Die wenner word op 6 Junie aangekondig.

16 Mei 2021

Page 8: Pretblad 1705 Maandag - Media24

BlokmakierieIn die geel blokkies is ’n koddige sin versteek wat op die rooster sal verskyn nadat jy die Blokmakierie korrek voltooi het (jy lees die sin van bo af ondertoe).

Pretblad2 uit 5 16 Mei 2021

Dwars1. Kammalielies5. Platkomiese, skynbaar soos van die ou wat ’n plan maak9. Ou soort verhogie waarop vuur gemaak is11. Begryp hoe jy kiekies neem in Londen?12. Onnutsig besig met iets wat jy geheim wil hou14. Gesondheidsoord met mineraalwater15. Tarzan se tropiese domein17. Applikasie20. Enige ding binne-in die fietspomp!22. Nie meer ’n kind nie24. XXV persent van XII26. Bokkie wat letterlik binne-in breekbaar is!27. Teenoor stryking (van bv. die landsvlag)31. Standaarduitspraak (afk.)32. Mikroörganismes wat vir baardwalvisse kos is35. As met draaie waardeur bewegings op ander masjienonderdele oorgebring word37. Amnestie Internasionaal (afk.)38. Die god van oorlog in die Griekse mitologie (Mars genoem deur die Romeine)40. Naam vir Ian se tweelingsuster, met dieselfde drie letters as syne41. Rugby, Renbane en Rande is baie mense se drie . . . (soos die Engelse Reading, wRiting en aRithmetic)43. Beitels, bore, skêre en vurke44. Uitgee (geld) of wy (tyd)45. Gekose Komitee (afk.)46. Lager of pilsener47. Loopvoël wat kan klink soos ons kiewiet sonder stert!48. Het ten gronde gegaan op sy landbougrond

Af2. Het iemand as ’t ware in die ribbe gepomp en gesê: “Toe, doen dit!”3. Hoogste punt van iets hoogs, soos ’n berg4. Veragtelike hoipolloi6. Die laaste keer7. Die eerste T in TNT (sterk plofstof)8. Hulle het kom kuier en jy moet trakteer10. Benadelings of verliese13. Dispute wat skriftelik gevoer word14. Die vraag is of “. . . goed soos nuut” anglisisties is of nie16. Vernederende woord vir vroue18. Glad nie tegemoetkomend nie19. Klippie soos ’n omgekrapte akkerboom?21. ...Deums is lofsange23. Predikante25. Groot likkewaanagtige akkedis met ’n kam van skubbe al op sy rug langs (tropies Amerikaans)28. Het iets van die grond af gevorm en laat groei, bv. ’n firma29. Een van baie vlakke in ’n toringgebou (deftig)30. Krag33. Onbeduidend34. Wat die moedeloses glo laat hang36. Nie droog nie, soos sekere stories of ryp vrugte39. Gewis en . . .42. Aangaande46. Hoër op as hier

Page 9: Pretblad 1705 Maandag - Media24

Junior blokraaiKompetisieHet jy die junior blokraai geniet? Stuur vir ons ’n selfoonfoto van jou met jou voltooide blokraai (sowel as jou naam en jou ouderdom) na [email protected] en jy kan ’n kontantprys van R250 wen. Die antwoorde van jou blokraai hoef nie alles sigbaar te wees nie.

Pretblad3 uit 5 16 Mei 2021

Page 10: Pretblad 1705 Maandag - Media24

Vasvra

Woordslim met die WAT

MoeilikSudoku

Maklik

Pretblad4 uit 5 16 Mei 2021

1. In watter land is pres. Osvaldo Dorticós Torrado in 1976 opgevolg deur twee broers wat meer as 41 jaar in dié amp was voordat Miguel Díaz-Canel in 2018 president geword het? (a) Peru; (b) Argentinië; (c) Colombië; (d) Kuba.2. Watter land, wat amptelik Éire heet, lê op ’n eiland wat Hibernië of die Smarag-eiland genoem word? (a) Ierland; (b) Kanada; (c) Wallis; (d) Nepal.3. Watter maand van die jaar is na die Romeinse godin van die aarde en vrugbaarheid genoem? (a) Januarie; (b) Maart; (c) Mei; (d) September.4. In watter huidige provinsie is die gebied wat in 1882 die republiek Stellaland genoem is? (a) Mpumalanga; (b) Limpopo; (c) Noord-Kaap; (d) Noordwes.5. Watter stad is 1) die hoofstad en 2) die grootste stad van die Suid-Amerikaanse republiek Ecuador? (a) Quito; (b) Bogotá; (c) Guayaquil; (d) Lima.6. Hoeveel van die meer as 200 mane van die planete in ons sonnestelsel is groter as die planeet Mercurius? (a) Geen; (b) Een; (c) Twee; (d) Drie.7. In watter metropolitaanse munisipaliteit is die wêreld se grootste ra�nadery en smelterkompleks van edelmetale, wat in 1920 aangelê is? (a) Kaapstad; (b) Ekurhuleni; (c) Stilfontein; (d) Pretoria.8. Naby watter dorp is die wêreld se grootste diamant (in daardie stadium) in 1893 ontdek? (a) Jagersfontein; (b) Cullinan; (c) Kimberley; (d) Alexanderbaai.9. Soek vir elke Grand Slam-tennistoernooi die jaar waarin dit begin het. (1) Franse Ope; (2) Amerikaanse Ope; (3) Australiese Ope; (4) Wimbledon. (a) 1877 (b) 1881 (c) 1891 (d) 1905 10. Watter wetenskaplike het in 1921 die Nobelprys vir Fisika ontvang “vir sy bydrae tot teoretiese fisika en veral vir sy ontdekking van die wet van die fotoëlektriese e�ek”? (a) Pierre Curie; (b) Max Planck; (c) Enrico Fermi; (d) Albert Einstein.

Wat beteken die woord

simase?(a) versameling gesteentes (b) melkdrankie (c) soort ensiem

Page 11: Pretblad 1705 Maandag - Media24

Oplossings

Sudoku

Woordslim

Vasvra

MoeilikMaklik

Junior blokraai

Pretblad5 uit 5 16 Mei 2021

Blokmakierie Versteekte sin: As Boer ’n skelmpie wou soek, was hy lank reeds uitgeboer.Dwars: 1. Kastig, 5. Boertige, 9. Es, 11. Snap, 12. Skelmpies, 14. Spa, 15. Oerwoud, 17. Aansoek, 20. Iets, 22. Volwasse, 24. III, 26. Ree, 27. Hysing, 31. SU, 32. Plankton, 35. Krukas, 37. Ai, 38. Ares, 40. Ina, 41. Erre, 43. Gereedskap, 44. Bestee, 45. GK, 46. Bier, 47. Kiwi, 48. Uitgeboer. Af: 2. Aangepor, 3. Top, 4. Gespuis, 6. Oulaas, 7. Tri, 8. Gaste, 10. Skades, 13. Pennestryde, 14. So, 16. Wywe, 18. Oninskiklik, 19. Kei, 21. Te, 23. Leraars, 25. Iguana, 28. Opgebou, 29. Étage, 30. Energie, 33. Nietig, 34. Ore, 36. Sappig, 39. Seker, 42. Re, 46. Bo.

(c) soort ensiemDie woord simase verwys na enigeen van ’n groep ensieme wat glikolise kataliseer, wat uit gis verkry word maar ook in bakterieë en ander organismes voorkom. (WAT)

1. (d) Fidel en Raúl Castro, twee broers van Kuba, was sedert 1959 in gesagsposisies. Fidel was premier (van 1959 tot 1976) en president (van 1976 tot 2008). Hy is opgevolg deur Raúl, wat van 2008 tot 2018 president was. Ook in Brittanje het twee broers ná mekaar geregeer. Koning Edward VIII het in 1936 geabdikeer en is deur sy broer George VI opgevolg. In Saoedi-Arabië het koning Abdoelaziz (of Ibn Saud) se ses seuns koning geword, naamlik Saoed (1953–1964), Faisal (1964–1975), Khalid (1975–1982), Fahd (1982–2005), Abdoella (2005–2015) en Salman (sedert 2015).2. (a) Die republiek Ierland se amptelike naam, Éire, word al eeue gebruik. Ander name vir dié eiland is Erin, Hibernië en Smarag- eiland. Ierland se vlag het groen, wit en oranje vertikale bane, en op die landswapen is ’n harp .3. (c) Mei is genoem na Maia, die Romeinse godin van die aarde en vrugbaarheid en die god Vulcanus se vrou. Die Griekse godin Maia was die ma van Hermes, die boodskapper van die gode. Ook was sy een van die Pleiade (Sewester).4. (d) Noordwes. Stellaland was ’n Boererepubliek wat in 1882, met Gerrit Jacobus van Niekerk as leier, gestig is op grond wat ’n Korana-hoofman aan die Boere gegee het vir hul hulp teen die Batlapin. Stella is die Latynse woord vir ster, en dié naam is gebruik omdat ’n komeet in daardie tyd sigbaar was. Stellaland het met die staat Goosen saamgesmelt tot die Verenigde Staten van Stellaland. Dit het van 1883 tot 1885 bestaan.5. (1a) Quito is Ecuador se hoofstad, terwyl (2c) Guayaquil aan die Stille Oseaan hierdie land se grootste stad en belangrikste hawe is. Quito (2 830 m bo seevlak) is ná La Paz in Bolivië (3 640 m) die wêreld se hoogste hoofstad.6. (c) Twee mane, naamlik Jupiter se Ganymede (die grootste maan in die Sonnestelsel) en Saturnus se Titan, is groter as Mercurius. Dié twee, asook vyf ander mane (die Aarde se Maan; Jupiter se mane Callisto, Io en Europa; en Neptunus se maan Triton) is groter as die dwergplaneet Pluto, maar kleiner as Mercurius.7. (b) Ekurhuleni. Die dorp Germiston is in 1887 op die plaas Elands-fontein gestig. Ná 1904 is dit genoem na die Skotse plaas Germiston, geboorteplek van John Jack, wat saam met August Simmer op Elandsfontein goud ontdek het. Die Rand Refinery in Germiston ra�neer die meeste van Suid-Afrika se goud.8. (a) Jagersfontein is in 1878 in die Vrystaat aangelê en genoem na die Griekwafamilie van Evert Jagers, die plaaseienaar. In 1870 het J.J. de Klerk ’n diamant van 50 karaat opgetel, en delwers het daarheen gestroom. Die Excelsior, toe die wêreld se grootste diamant, is in 1893 by Jagersfontein ontdek. Dit was ’n blou-wit diamant van 995 karaat (194 gram) wat opgesny is in tien kleiner stene. (’n Groter diamant, die Cullinan, is in 1905 naby Pretoria ontdek.) 9. (1c) Franse Ope – 1891; (2b) Amerikaanse Ope – 1881; (3d) Australiese Ope – 1905; (4a) Wimbledon – 1877. Laasgenoemde is dus die oudste van die vier Grand Slam-tennistoernooie. Dit is tot dusver net afgestel in die twee Wêreldoorloë (1915-1918 en 1940-1945) asook verlede jaar weens die Covid-19-pandemie. Die Amerikaanse Ope is nog nooit afgestel nie. Die Franse Ope, ook Roland-Garros genoem, het net in die Wêreldoorloë nie plaas- gevind nie. Dít geld ook die Australiese Ope.10. (d) Albert Einstein se Nobelprys vir Fisika was nie vir sy beroemde relatiwiteitsteorie nie, maar vir sy ontdekking van die fotoëlektriese e�ek. Einstein het ook groot bydraes gelewer op die gebied van kwantummeganika, statistiese meganika en kosmologie. Die naam Einstein leef voort in ’n eenheid in fotochemie, die einstein, die chemiese element einsteinium en die asteroïed 2001 Einstein.

Blokraai [470 18 April]