praktiese teologie 1 - lickts.co.zalickts.co.za/sertifikaat/praktiese teologie 1/profete.pdf ·...
TRANSCRIPT
2
1. Inleiding. 4
2. Die Profetiese Amp in die Ou Testamentiese Periode. 4
2.1. Die Profetiese Roeping in die Ou Testament. 4
2.2. Profetiese Take in die Ou Testament. 7
2.2.1. Voorbereiding vir die Profetiese Taak. 7
2.2.2. Die “Sod” van Jahweh. 7
2.2.3. Die Oordra van God se Boodskap. 8
2.2.4. Die Profeet as Beoordelaar, Toetser en Intersessor. 12
2.2.5. Die Inhoud van die Profeet se Boodskap. 13
2.3. Profetiese Aksies en Manifestasies in die Ou Testament. 15
2.3.1. Die “Ruah” op die Profete. 16
2.3.2. Voorbereidende Fenomena wat Profetiese Handelinge kon
Voorafgaan. 17
2.3.3. Ekstase. 18
2.3.4. Fisiese Sensasie. 18
2.3.5. Besondere en Simboliese Aksies. 18
2.3.6. Simboliese Persepsie en Visioene en Drome. 20
2.3.7. Profetiese wonderwerke verrig. 22
2.4. Ou Testamentiese Styl, Vorms en Formules en Funksies van
profesie. 23
2.4.1. Voorbeelde. 24
3. Profete en Profesie in die Nuwe Testament. 27
3.1. Nuwe Testamentiese Profetiese Bediening. 29
3.2. Profetiese Kwalifikasies, Funksies, Gebruike en Inhoud van Profesie
in die Nuwe Testament. 34
3.2.1. Kwalifikasies om „n nuwe Testamentiese profeet te wees. 34
3.2.2. Profetiese Funksies en Gebruike. 35
3.2.3. Inhoud van N. T. Profetiese Boodskappe. 36
3.2.4. Simboliese Aksies. 37
3.2.5. Formele Karaktertrekke van Profetiese Spraak. 38
4. Profete en profesie in die vroeë kerk 39
3
4.1. Profete gedurende die Vroeë Kerk periode. 39
4.2. Inhoud van Profesieë in die Vroeëre Kerk. 42
5. Profete en Profesie vandag. 44
5.1. Die Relevansie van die Profetiese Bediening vir vandag. 44
5.1.1. Bybelse Perspektiewe. 44
5.1.2. Die Behoefte aan Profete/Profesie in die Kerk vandag. 45
5.1.3. Hoe die Profetiese Gawes vandag moet funksioneer in die
Kerk. 46
6. Bronnelys. 49
7. Werksopdrag. 51
ERKENNING.
Hierdie skrywe is verkorte weergawe van Dr. J. P. Van Den Berg skrywer se M.
Div. dissertasie en D. Div. [Sistematiese teologie] tesis, wat suksesvol
afgehandel was deur Calvary Universiteit, Chester, Engeland, in 2005 en 2006
onderskeidelik.
Vir meer informasie oor hierdie vak kontak gerus:
Dr. J. P. Van Den Berg.
082 570 6907
4
1. INLEIDING.
In die tyd waarin ons lewe is daar „n duidelike oplewing in die beoefening van
die profetiese gawe en baie mense beskou hulself as “profete”. Daar is egter
ook die gewaarwording dat baie sogenaamde profete wat die term “so spreek
die Here” gebruik, dit vir eie gewin doen, of andersins heeltemal mistas, asook
dat daar nie ooreenstemming is met die Bybelse standaarde en voorskrifte
aangaande die profetiese bediening nie. „n Mens wonder dan maar net of hulle
die boodskap ontvang het en of dit nie dalk hulle eie verbeelding was nie.
Tog is daar werklik ware profete ook vandag net soos daar gewees het in die
Ou Testament en Nuwe Testamentiese periodes, asook in die vroeë Kerk era
[net na die Nuwe Testament] vir omtrent 250 jaar. Daarna het die beoefening
van die gawe slegs sporadies voorgekom.
Die doel van hierdie module is om te bewys dat die Amp van Profeet nog
steeds vandag in die Kerk te veronderstel is om aktief binne die Bybelse
riglyne te funksioneer. Ons gaan dus kyk na die beoefening van die profetiese
gawe in die Ou Testament sowel as in die Nuwe Testament en ook in die tye
daarna deur die geskiedenis heen.
2. DIE PROFETIESE AMP IN DIE OU TESTAMENTIESE PERIODE.
2.1. Die Profetiese Roeping in die Ou Testament.
Ten einde by die waarde van die Ou Testamentiese Profetiese Amp uit te kom
is dit nodig om eers die betekenis [semantiek] van die woord “profeet” na te
vors. Die Hebreeuse woord “nabi” of “nahbi” is in die Bybel vertaal as
“profeet”. Volgens Lindblom [1962:102] beteken die woorde “nabi”, “nibba” en
“it nabi” om in “ekstase te wees”, of “om profetiese woorde uit te spreek” en
kom dit van die Akkadiese woord “nabu” of “om te roep” of “te verkondig”.
Volgens Deist [1993:205] is “nabi” dan “persone wat die wil van God verkondig
vir hul eie tyd”, of volgens Payne [1962:51] weer verwys dit ook in Dan. 9:6 na
“God se diensknegte wat spreek in Sy naam”.
5
Voorts, volgens Lindblom [1962:60] was profete ook genoem “‟n man van
God” [“ish Elohim”]. Moses was ook so “‟n man van God” [Deut. 33:1; Jos.
14:6].
„n Ander bykomende benaming is “vriend van God” [Num. 12:6-8]. As sulks
was Amos, Hosea, Jesaja, Miga en Jeremia gekwalifiseer [Heaton, 1958:35, 45].
Nog n kwalifiserende term vir die profeet was “„n wag” [Eseg. 3:17; Jes. 58:1;
Miga 7:14; Jer. 6:17]. Volgens Vos [1848:197] “tzopheh metzappeh” of te wel
een “wat uitkyk” of dan „n “wagter”. Dit was ook afgewissel met “ish harauch
of “‟n man van die Gees”.
Nog „n beskrywing was die van “dienskneg” van God; soos in die geval van
Daniel [Dan. 3:26 asook 9:6]. Profete was ook “gestuurdes” van God. Die
oorspronklike word hier is “Saluah” [Lindlom, 1962:63], soos in 1 Kon. 14:6.
Hulle moes namens God moeilike take uitvoer; soos Elia wat die Baälpriesters
moes konfronteer op die berg Karmel. As hulle ongehoorsaam was, het swaar
straf gevolg – soos die ongehoorsame profeet wat deur n leeu gedood is (1
Kon. 20).
Nie net die manlike geslag was afgesonder as profete nie, maar selfs ook
vroue het opgetree as profetesse – Miriam [Ex. 15:20; Num. 12:2], Debora [Rigt.
4:4], asook Hulda [2 Kon. 22:14].
Nog Bybelse woorde vir profete is “baru” en “ro‟eh”. Lindblom [1962:85] meen
dat die werkwoord “baru” verwys daarna “om te sien”, maar in „n spesiale sin,
om geheime te sien en dit dan te verklaar as “die woorde van God”. Hulle sien
dit dus deur „n dieper insig, of deur drome, en/of gesigte. Die woord “ro „eh” of
“siener” word dan ook hier gebruik soos in die geval van Samuel [1 Sam. 9, 1
Kron. 9:22], die priester Sadok [2 Sam. 15:27]. Soos in Esegiël se geval met sy
visioene was die menslike verstand dan in „n visioenêre staat. Dus word die
profeet ook beskryf as die “oog” [Jes. 29:10] van die volk. So „n “oog” of
“siener” kan dan selfs dinge sien wat verlore is, en kan deur mense
geraadpleeg word oor verborge of algemene sake [1 Sam. 9:5-10], of in die
6
verre toekoms sien, soos van Dawid gesê word dat “hy dit vooruit gesien het”
[Hand. 2:31], nl. Christus se opstanding in hierdie geval.
Nog „n tipe profeet was die profetiese raadgewer, soos bv. Natan wat vir Dawid
[2 Sam. 24] een was. Ook kon hy optree as God se gestuurde met „n
openbaring toe Dawid oortree het met Batseba [2 Sam. 11]. Die ware profeet
verkondig God se raad [Jer. 38:20], daarom kan hulle God raadpleeg vir mense
se behoefte [2 Kon. 8:8].
Daar was ook in hierdie tyd “profetiese dissipels”, “profete seuns” en “profete
skole” [2 Kon. 2, 6; Jes. 8:16-19]. Hulle het ook foute gemaak wat reggestel
moes word (2 Kon. 4 en 2 Kon. 6).
Die profete is ook vervolg. Hos. 9:8 verklaar dat hulle in die heiligdom vervolg
was; Elia was genoem “die beroerder van Israel” [1 Kon. 18:17], Jeremia was
erg vervolg [Jer. 15; 16; 18; 20; 26; 32; 36; 37; 38], asook Daniel, Miga [hy was
in die gesig geslaan en in die tronk gewerp]. Jesus noem ook dat die Ou
Testamentiese profete vervolg en vermoor was [Matt. 23:31, 35].
Kentekens van ‟n ware profeet sal allereers uitgewys wees deur sy/haar
roeping, soos in die geval van Amos waar God hom geroep het toe hy „n
skaapwagter was en God hom aangewys het om vir sy volk te gaan profeteer
[Amos 7:12]. „n Spesiale profetiese salwing kon ook oorgedra word na „n
opvolger soos in die geval van Elia en Elisa, soms met „n simboliese olie
salwing [1 Kon. 19:16]. Jeremia sê hy was geroep voor hy nog gebore was
[Jer. 1]. Die belangrikste bewys egter dat „n profeet van God gestuur is, is dat
sy woorde en openbarings vervul word [Deut. 18:21, 22]. Soos in Esegiël se
geval, sal almal weet dat „n profeet onder hulle was [Eseg. 2:5]. So „n profeet
spreek net wat die Here beveel hy moet spreek [1 Kon. 22:13]. „n Ware profeet
het profetiese integriteit; hy staan naamlik voor die Here om aan Hom
rekenskap te gee (1 Kon. 17:1). Ware profete het ook “kundige insig wat die tye
betref” gehad (1 Kron. 12:32). Ware profete was ook mense met medelye – “my
hart is omgekeer in my – my medelye is opgewek” [Hos. 11:8]. Voorts was die
7
profete manne geoefen in vasting, gebed en het hulle hul eie sondes sowel as
die van die volk bely volgens 1 Kon. 10 en Dan. 10.
Daarteenoor is valse profete geweldig veroordeel in die Ou Testament, soos in
die geval van Hananja in Jeremia se tyd, gestraf met die dood. Deut. 18
verdoem valse profete. Esegiël sê dat hulle neem geld vir hul valse
boodskappe (Eseg. 13:19). In Klaag. 2:14 sê Jeremia dat valse profete
openbaar nie die volk se sondes om hul terug na God te roep nie. God stuur
hulle nie, hulle gaan uit hulleself (Jer. 23:21). Hulle profeteer leuens in God se
naam (Jer. 14:14). Hulle bied valse hoop (Jes. 59:4); verkondig “vrede, vrede”
terwyl daar geen vrede is nie (Jer. 6: 13,14); profeteer net goeie dinge vir
mense om populêr te wees (2 Kron. 18:12) en bring daarmee „n oordeel oor
hulself en hul luisteraars (Jer. 14 : 15,16).
2.2. Profetiese Take in die Ou Testament.
2.2.1. Voorbereiding vir die Profetiese Taak.
Gebed was n noodsaaklike voorvereiste – Jer. 37:3 en 47:2-4. In die boek
Daniël lees ons dat vas en gebed gemeenskaplik genoem word as voorvereiste
vir ontvangs van visioene. Jesaja wy Hoofstuk 58 daaraan om oor vasting te
skryf. Sien ook Ps. 109:24 . Meditasie [in ou vertaling “versugtinge” of
“oordenking”, bv. Ps. 5:2; 19:15] was ook nodig. Selfs musiek was soms „n
voorbereidingsmiddel (1 Sam. 10:5; 2 Kon. 3:15).
2.2.2. Die “Sod” van Jahweh.
Om „n woord van God te ontvang moes die profeet toegelaat word tot die
“Sod” van Jahweh. Volgens Heaton [1958:104] beteken dit dat die profete in
die Here se intieme raad gestaan het (Jer. 23:22 - “as hulle in my raad gestaan
het”). Die oorspronklike gedagte kom daarvan dat God met sy engele in die
hemel raadsittings het van wat op aarde beplan word (Gen. 1:26; 1 Kon. 22:19;
Job 1:6; Jer. 23:18). Dan openbaar God hierdie geheime aan sy ware profete
(Amos 3:7). Dit is egter net beskore vir diegene wat God vrees (Ps. 25: 14).
8
2.2.3. Die Oordra van God se Boodskap.
Die boodskap het soms onmiddellik gekom, soos Esegiël verklaar het dat “die
hand van die Here” het op hom gekom, of geval; en dan kon hulle sê , “so
spreek die Here”, of “die woord van die Here het tot my gekom”. In ander
gevalle, soos in Jer. 42:7 het die woord van die Here na tien dae tot hom
gekom. In geval van uiteenlopende boodskappe, was die oorspronklike een
geldig (1 Kon. 13). Soms het die boodskap gekom waar die profeet alleen was,
soms in die teenwoordigheid van die navraers, soms vooruit, soms daarna. Dit
kon ook gestuur word na vreemde nasies [Jeremia en Jesaja].
Die bekendste spreekvorm met die oordrag van profesieë was: “amar
Jahveh”, “dibber Jahveh‟, “ne „um Jahveh”, of te wel “Jahweh het gesê”, “die
Here het gespreek”, “dit wat gesê is”, of “die Here het aan my gesê” [Jes. 8:1;
18:4]. Dit gebeur wanneer “die Gees van God op hom kom . . . die man met
geopende oog spreek” [Num. 24:2, 3]. “Spreek” vertaal uit Hebreeus is
“massa” wat beteken “tel jou stem op om te verkondig” [Payne, 1962:52].
Boodskappe kan verskillende kategorieë ingedeel word:
Verslag van die profesieë wat in vervulling gegaan het, soos in 1 Kon.
17:14.
Boodskap van oordeel of verwoesting wat kom, bv. in Jeremia.
Boodskap van saligheid, bv. Jes. 48:8-13.
Raadpleging –die profeet raadpleeg die Here oor „n saak namens mense
– Jer. 42.
Boodskappe van verdoeming oor sonde, afgodery – Hos. 2; 3; 4; 7; 8.
Meer as honderd boodskappe oor die komende Koninkryk van God word
gevind in die Ou Testament.
Openbaring van sondes, bv. Dawid en Batseba, Agab (oor die onreg
gedoen aan Nabot m. b. t. sy wingerd).
Openbarings van die toekoms, bv. wat sal gebeur met sekere individue –
Agab [1 Kon. 21:19, 29], Jehu [2 Kon. 9]; profeet Hananja [Jer. 28:15-17];
9
omtrent die toekoms van Israel as „n nasie [Jes. 43; Jer. 33; Joël 3:20;
Sag. 8 ; Jes. 48, 49, 62]; omtrent die toekomstige Messias [Jes. 53; Ps.
22; Sag. 3:8; 9:9; 12:6]; omtrent verskillende nasies en koninkryke [Miga
7; Hag. 2; Eseg. 38, 39; Jer. 47-50; Jes. 47]; oor die eindtye [Sag. 14; Jes.
66; Mal. 4]; oor die onmiddellike toekoms, bv. “môre sulke tyd . . . ” [2
Kon. 7]
Boodskappe van waarskuwing: “En Hy het profete onder hulle gestuur
om hulle na die Here terug te bring; en die het hulle gewaarsku, maar
hulle het geen gehoor gegee nie” [2 Kron. 24:19].
Boodskappe is gegee aan :
Gewone mense, bv. weduwees- 1 Kon. 17; 2 Kon. 4;
Aan konings en leiers – 1 Sam. 15; 2 Sam. 11 ; 1 Kon. 13, 14, 16 ,18, 20; 2
Kon. 3, 5;
Aan ander [valse] profete – 1 Kon. 18, 22 ; Jer. 5:13; Eseg. 13; Sef. 3:4;
Hos. 9:8;
Aan mede profete – 2 Kon. 2;
Aan spotters- 2 Kon. 2;
Aan dienaars – 2 Kon. 5, 6;
Aan bouers – Esra 5:2;
Aan koninkryke en nasies – Jer. 1:5; 40; Sef. 2, 3;
Aan teruggevallenes – Jer. 2;
Aan priesters van daardie tyd – Eseg. 44; Amos 7; Mal.1;
Aan Jerusalem en sy inwoners – Jes. 40; Joel 3; Sag.14;
Aan die getroue kinders van God – Mal. 3:16-18.
Die openbaring van sondes en geheime.
Lindholm [1962:61] sien „n profeet as „n man van God wat veronderstel om
deur „n persoon te sien, sy geheime sondes te ontbloot en sy straf aan te
kondig. Geen wonder dat profete soos Amos, Hosea en Jesaja die mense
aangespoor het om hulle te bekeer alvorens God hulle sondes sou straf nie.
10
Die profete was gevrees omdat hulle kon sien wat mense in die geheim gedoen
het [1 Sam. 9: 19] .
Sondes wat geopenbaar en bestraf is deur die profete behels dronkenskap van
leiers [Jes. 5:11], sondes soos van ongevoeligheid [Amos 6:4,6], seksuele
losbandigheid [Hos. 4:4; Eseg. 13], besigheidsbedrog [Hos. 12:7], wreedheid
[Amos 1:3], slawehandel [Amos 1:6, 9; Joel 3:6], gewetenlose eienaarskap
[Jes. 5:8], asook astrologie, waarsêery, aanbidding van die “hemelkoningin”
[Jer. 7: 44] en so meer.
Sonde Openbaring vind ook plaas deur profete:
Die geval van Dawid en Batseba - 2 Sam. 12.
Koning Agab en Nabot se wingerd – 1 Kon. 16:17-22.
Die profesie teen Baesa – 1 Kon. 16.
Klaagliedere 4:22 – “Hy openbaar jou sondes”.
Esegiël 16:2 – “Mensekind, maak aan Jerusalem sy gruwels bekend”.
Esegiël 21:24 – “. . . deurdat julle oortredinge openbaar word . . .”.
Esegiël 22: 2 – “En jy mensekind, wil jy oordeel, wil jy oordeel die
bloedstad? Maak hom dan al sy gruwels bekend”.
Jes. 58:1 – “Roep uit die keel, hou nie terug nie, verhef jou stem soos „n
basuin! En verkondig aan my volk hulle oortredinge en aan die huis van
Jakob hulle sondes”.
Miga 3:8 – “Ek daarenteen is vol van krag, met die Gees van die Here, en
reg en heldemoed, om aan Jakob sy oortreding te verkondig en aan
Israel sy sonde”.
Spr. 26:26 - “Al verberg die haat homself in bedrog, sy boosheid word in
die vergadering openbaar”.
Ps. 24:22- “Sou God dit nie naspeur nie ? Want Hy ken die geheime van
die hart”.
Jer. 11:18- “En die Here het my dit te kenne gegee, sodat ek dit weet.
Toe het U my hulle handelinge laat sien”.
Job 20:27- “Die hemel openbaar sy ongeregtigheid . . .”.
11
Die volgende openbarings van ander geheime kan gevind word:
Samuel openbaar wat gebeur het met Saul se pa se donkies –1 Sam. 10.
Daniel openbaar die koning se droom [Dan. 2], “maar daar is „n God in
die hemel wat geheime openbaar” [Dan. 2:28], “Waarlik, julle God is die
God van die gode en openbaarder van geheimenisse . . .” [Dan. 2:47].
Amos 3:7 – “Want die Here HERE doen niks tensy Hy Sy raadsbesluit
aan sy knegte, die profete, geopenbaar het nie.”
2 Kon. 6:12 - “ . . . maar Elisa, die profeet wat in Israel is, kan die koning
van Israel die woorde te kenne gee wat u in u slaapkamer spreek”.
Elia voorspel drie jaar droogte vooruit – 1 Kon. 17.
God openbaar aan „n profeet dat Agab „n man se lewe gespaar het wat
gedood moes word – 1 Kon. 20:41, 42.
Elia openbaar die sterfbed van koning Ahasia – 2 Kon. 1.
Geskrewe openbarings.
Jesaja skryf op „n tablet profetiese woorde – Jes. 8:1; 30:8.
Jeremia pen van sy profesieë neer – Jer. 30:8; 51:60.
Esegiël moes die profesieë van die nuwe tempel neerskrywe-
Eseg. 40- 44.
Habakuk moes „n profesie neerpen sodat dit as „n getuienis van egtheid
gelees kon word – Hab. 2:2.
Mattheus verwys na die Ou Testament profete as: “. . . want so is daar
deur die profete geskrywe” [Matt. 2:5]. Hierdie term kom orals in die
Nuwe Testament voor bv. Matt. 21:13 ; Mark. 1:2; Joh. 2:17; Hand. 15:15:
Rom. 1:17; 15:3, 4, 9, 21 en so meer.
12
Profetiese Psalms.
Verskeie psalms was profeties van aard, geen wonder dat ons lees in
Hand. 2:30 dat Dawid, die psalmis word beskrywe as: “omdat hy dan „n
profeet was . . .”.
Van die profetiese psalms behels:
o Psalm 22 – profesie aangaande die lyding van die komende Messias;
veral verse 2, 15, 16, 17, 18.
o Psalm 110 – profesie aangaande die regering van die Messias in sy
glorie.
o Psalm 2 – verwysende in verse 2 en 7 na die Messias as Gesalfde en as
Seun van God.
o Psalm 7 – die Messias as Seun van die Mens.
o Psalm 16 – die opstanding van die Messias.
o Psalm 40 – die Messias, gehoorsaam tot die dood, opgewek uit die
dood, Sy perfekte offer.
o Psalm 72 - die koninkryk van die Messias, die Verlosser
o Psalm 118 – die Messias verhoog tot God se regterhand, die steen wat
verwerp is word die hoeksteen.
2.2.4. Die Profeet as Beoordelaar, Toetser en Intersessor.
Lindhom [1962:204-206] spel drie minder belangrike take van die Profete uit:
o Jer. 6:27 – “Ek het jou onder my volk as TOETSER gestel, as vesting,
dat jy hulle weg kan ken en toets”. Hy moes onderskei tussen goed en
kwaad, hulle handelinge opsom en aan hulle uitwys wat was reg en
verkeerd.
Die ware profeet was ook „n INTERSESSOR om by God in te tree vir die
volk. Voorbeelde hiervan: “want hy is n profeet; en hy sal vir jou bid dat
jy kan lewe” [Gen. 20:7]. So ook in Amos 7 – hy moes vir die volk by God
intree om hulle te vergewe sodat die sprinkaanplaag kon ophou ; ook
13
Jes. 37: 4 ; Jeremia by uitstek – Jer. 14:17; 8:21, 23; 14:20: 18:20; ook
Esegiël in Hoofstuk 9:8 en 13:4, 5.
2.2.5. Die Inhoud van die Profeet se Boodskap.
Dit is van die grootste belang dat ons sal kennis neem van wat die Bybelse
inhoud was van die profete se boodskap. Dit kan en moet dien as „n basis vir
alle toekomstige profetiese uitsprake [Nuwe Testament, vroeë Kerk en vandag]
“ Want alles wat tevore geskryf is, is tot ons lering geskrywe . . .” [Rom. 15:4].
Die etiese wil van God is sterk deur die profete beklemtoon, o. a. om in
nederigheid te wandel [Jes. 2:10; 57:15]. Amos beklemtoon die morele
boodskap van God se profete [Heaton, 1958:68].
Die term “kodesj” wat dui op heiligheid is sterk beklemtoon deur die profete
[Amos 4:2; Hos. 11:8, 8; Jes. 35:8; Eseg. 22:26; Lev. 10:10; 2 Kon. 4:9; Ps. 93:5;
ens.] God word aangespreek as “die Heilige van Israel” [Jes. 40:25 en elders].
God se liefde is ook beklemtoon deur die profete: “met koorde van liefde het
Ek hulle getrek” [Hos. 11:4] . Die Hebreeuse woord “hesed” wat beteken
“standvastige liefde” word ook gebruik, soos in Hos. 6:6 [Heaton, 1958:64].
Omdat God sy volk lief het, moet hulle God ook liefhê [Deut. 6:5; 10:12; 11:1;
Jos. 22:5; Ps. 31:23; Dan. 9:4]; en ook hul naaste liefhê [Lev. 19:18]. Almal wat
God liefhet, sal boosheid haat [Ps. 97:10; Amos 5:5]. Die mens moet God en sy
naaste liefhê [Miga 6:8].
Die tema “toorn van die Here” is nog „n herhalende tema van die profete [Num.
16:46; Amos 8:2; Sef. 1:9, 2:2; Dan. 7:9,10]. Dit was gerig teen sonde en
afvallige mense.
Dan is die boodskap van saligheid ook verkondig: Jer. 23:6 praat van die Here
ons geregtigheid [“salvation” in Engelse vertalings]- “sidkenu” [Lindblom,
1962:338]. Die Here is ons “heil” [Ex. 15:2]. Sien ook Ps. 27:1; 62:6; Jes.12:2;
Ps. 68:20; Jes. 33:2; 52:10; Jona 2:9. Saligheid vir die heidene is voorspel in
Jes. 65:1; 66:19; Sag.14:16.
14
Morele geregtigheid word aangespreek deur profete soos Miga in Miga 6:8.
Wekroep om terugkeer tot God is nog „n tema: 2 Kron. 24:19; Jer. 3:12; 24:7;
31:21; Hos. 6:1. “Besnydenis van hart” was verkondig- Jer. 4:4.
Amos se wekroep is “soek die Here” [Amos 5:6]. Sien ook Hosea 7:10.
Die “vrese van God “ [yir‟ah, pahad] is verwag van God se volk; hulle moet
Hom vrees en dien – Jes. 8:13; Hos. 10:3; Jer. 2:19. Die vrese van God word
omskryf in – Job 22:28; Ps. 19:9; Spr. 1:7; 8:13; 9:10; 14:27: 15:33. Dien die
Here met vrees – Ps. 2:11. As God ons Vader is , waar is die vrees vir Hom –
Mal. 1:6. God, die Here as enigste God en Here is sterk beklemtoon – Hos.
13:4; Ex. 20:4; 1 Kon. 18:39; 2 Sam. 22:32; Deut. 6:13; want God is die Skepper
– Jes. 40:15,17, 23; 42:5; 43:1-7; 54:16,17; Hy is die God van die hele aarde –
Jes. 54:5. Hierdie kennis van God moet oorgedra word – Hos. 4:6. Daarom
moet Hy gedien word – Deut. 6:13; Jos. 22:5; 24:14; 1 Sam. 7:3; 12:14.
God moet aanbid word – Ps. 95:6; in heiligheid – Ps. 96:9; 1 Kron. 16:29; 2
Kon. 17:36, 40 ; met blydskap - Psalm 100 ; met „n volkome hart - 1 Kron. 28:9;
Sef. 3:9.
Baie profetiese boodskappe was egter ook gerig op sosiale behoeftes van God
se volk, soos: genade en mededeelsaamheid aan die behoeftiges, wese,
weduwees, hulpeloses , verdruktes, vreemdelinge, mense sonder wetlike regte
– Amos 2:6; 4:1; 6:4, 8; Hos. 4:2,18; 6:9 ; Jes. 1:17, 23; 3:16; 29:21 ; Miga 2:2, 8;
6:10; Sef. 1:13; Jer. 7:5. Amos bestraf die rykes vir hulle inhaligheid – Amos
2:6. Hosea bestraf hulle vir hulle leuens, moord, dronkenskap, diewery,
egbreuk, ens. – Hos. 4:1; 8:1: 10:4, 9;11:1; 13:6. Onregverdige wette was
veroordeel – Jes.10:1.
Vreemde gebruike en gewoontes was veroordeel as sondig – Miga 2:6; Jes.
1:21; Sef. 1:8; Jer. 22:21; Eseg. 11:12. Jeremia praat van “insettinge van die
volke”- Jer. 10:3; soos: bome versiering [afgodery] – Jer. 10; vreemde
kleredrag – Sef.1:8; tatoeëring – Lev. 19:28; horoskope- Jes. 47:13-15; heksery
en toordery – Deut. 18:9-14; eet van varkvleis, muise en slange – Jes. 65:4;
66:17; aanbid met die aangesig na die ooste en na die son – Eseg. 8:16;
15
magiese bande – Eseg. 13: 18, 20; waarsêery – Eseg. 13:23; gebruike uit Egipte
– Eseg. 23:27; gebruik van oogverf en sierade, armbande – Eseg. 13: 40, 42;
wyn drinkery – Jer. 35; wierook brand vir die “hemel koningin” [Jer. 44:10]; na
geeste luister wat piep en mompel [Jes. 8:19]; geluksgod soek [Jes. 65:11],
ens.
“Bekering” was „n vername tema van al die profete. Die Hebreeuse betekenis
van bekering, “sub”, is: “draai”, “draai terug” [Lindblom, 1962: 350], sien Jes.
30:15; Jer. 15:19 in die verband.
Voorts is eskatologiese boodskappe [d.w.s toekomsgerigte boodskappe] deur
verskeie profete bedien. Deist [1984:86] omskryf eskatologie as verwagtinge
omtrent die eindtyd. Veral Jesaja, Esegiël, Daniël, Joël, Amos, Sefanja, Sagaria
en Maleagi het hierdie tipe profesieë bedien.
Eskatologiese terme gebruik, was o. a. – “en in die dag” [Jes. 7:18] ; “en aan
die einde van die dae” [Jes. 2:2]; “ op die bestemde tyd” [Dan. 8:19] ; “die tyd
van die einde” [Dan. 11:35]; “in daardie dae” [Joel 3:1; Amos 9:11]; “die dag
van die Here. . . .” [Amos 5:18, 20; Sag. 14:1]; “in die laaste dae” [Miga 4:1];
“die groot dag van die Here” [Sef. 1:14]; “in die dae” [Sag. 8:23]; “die Here sal
Koning wees oor die hele aarde” [Sag. 14:9]; “die dag kom” [Mal. 4:5]; en so
meer. Die eskatologiese boodskappe was omtrent Israel se toekoms; om die
sondaars en heiden nasies te veroordeel; genade vir hulle wat hulle bekeer en
„n wonderlike toekoms met die Here vir God se kinders- Jes. 2; 3; 6; 10; 65; 66;
Jer. 21; 25; 30; 39; 46; 47; 48; Eseg. 38; Dan. 7-12; Hos. 2;9; Joel 1; 2; Amos
1;5; 9; Miga 3;7; Nahum 2; Sef. 1-3 ; Sag. 1;9; 11;12; Mal. 4. Israel sal herstel
word in hulle land – Eseg. 20:41, 42: Amos 9:11; Joël 3:20; Sag.14; Eseg. 37;
Jes. 66: 20; Jer. 31; ens.
2.3. Profetiese Aksies en Manifestasies in die Ou Testament.
Die Ou Testament profete het nie alleen spraak en geskrewe profesie gebruik
nie, maar ook sekere handelinge uitgevoer om hulle boodskap te beklemtoon
en te illustreer. Dit was gedoen deur middel van fisiese fenomena soos:
16
gebare, sensasies ondervind, ekstase beleef, visioene ervaar en profetiese
drome ondervind.
Sommige van hierdie ondervindinge wat hulle beleef en uitgevoer het behels:
2.3.1. Die “Ruah” op die profete.
Die Bybelse beskrywing van die bonatuurlike ondervinding van die profete
word saamgevat in die bewoording “Ruah”, of Gees van God wat “op” hulle
gekom het, bv. 1 Sam. 10:19. Deist [1989: 223] beskryf Heb. “Ruah” as: “wind,
gees”. Lindblom [1962:57] meen dat in Ou Testament narratiewe is “Ruah” nie
losstaande van die Here nie, maar altyd as die Here se Gees - substansiële
dinamika, ‟n krag uitgaande uit die Here. Dit is die Gees uitgestuur deur die
Here en doen Sy werk.” Voorbeelde hiervan is:
“Van die Gees wat op jou is . . .” [Num. 11:17]
“En terwyl die Gees op hulle rus, het hulle geprofeteer . . .” [Num. 11:26]
“ „n man in wie die Gees is” [Num. 27: 18]
“die Gees van die Here sal oor jou vaardig wees . . .” [1 Sam. 10:6]
“ en die Gees het in my gekom . . .” [Eseg. 2:2; 3:24]
“ . . . en die Gees het my opgehef tussen hemel en aarde en my in
gesigte van God gebring na Jerusalem . . .” [Eseg. 8:3]
“Toe val die Gees van die Here op my en hy sê vir my: spreek . . .”
[Eseg. 11:5]
Vos [1948:197, 200] skryf dat ‟n profeet bekend was as “ish harauch”, te
wete ‟n “man van die Gees”. Die Gees het geopereer as Openbaarder – 2
Sam. 23:2; 1 Kon. 22:24; Jes. 61:1; Joel 2:28 ; Sag. 7:12.
Nog „n term gebruik, was “die hand van God” wat op die profete gekom het –
Eseg. 8:1; 8:3; Jes. 8:11; Dan. 10:10 [hy het dit fisies ervaar].
17
2.3.2. Voorbereidende fenomena wat profetiese handelinge kon voorafgaan.
Lindblom [1962:59] beskryf hierdie as om manifestasies te ondervind en dit het
gepaard gegaan met die belewing en uitvoering van geweldige
liggaamsbewegings, danse, springend, skreeuend of andersins simptome van
onnatuurlike passiwiteit soos verlamming, stomheid; wat kan opereer as
voorbereidende fenomena, soms deur homself teweeg gebring om in ekstase
te kom. Musiek en dans speel „n vername rol. Ons kan let op hoe dit beskryf
word in 1 Kron. 25: 1 naamlik dat die tempel musikante “besield” gespeel het
[Engelse vertaling : “they prophesied”] .
Bevestigende Skrifte :
“die hoorder van die woorde van God spreek, hy wat gesigte van die
Almagtige sien, wat neerval en geopende oë het” [Num. 24:4]
“‟n groep profete wat van die hoogte afkom, en voor hulle uit harpe en
tamboeryne en fluite en siters, terwyl hulleself profeteer” [1 Sam. 10:5]
“voor die aangesig van God gespeel met allerhande instrumente . . .
siters, harpe, tamboeryne, bekkens en simbale” [2 Sam. 6:5]
“Daarby het Dawid met alle mag gedans voor die aangesig van die Here”
[2 Sam. 6:14]
“toe ek die geluid van sy woorde hoor, het ek bewusteloos op my
aangesig op die aarde geval” [Dan. 10:9]
“ . . . bestaan daar nou geen krag in my nie, en geen asem in my nie . . .”
[Dan. 19:17]
“en stom geword” [Dan. 10:15]
“ek is soos n dronk man . . .” [Jer. 23:9]
“jy wat dronk is, maar nie van wyn nie” [Jes. 51:21]
“ maar bring nou vir my „n siterspeler. En toe die siterspeler op die siter
speel, het die hand van die Here op my gekom” [2 Kon. 3: 15]
18
2.3.3. Ekstase.
Ekstase is dikwels ondervind deur profete. Hulle toestand is in die Hebreeus
beskryf as “mitnabbe im” [“ekstatiese toestand”, Lindblom, 1962:47, 48]. As
voorbeelde dien: Saul tussen die profete – 1 Sam. 10:10 ; 1 Kon. 18:46; 19:11-
13; 22; 2 Kon. 3:15; 8:11,12; 9:11; Eseg. 8 tot 11; Jes. 8:11- “sy hand het my
oorweldig”; Eseg. 9:11, en so meer.
2.3.4. Fisiese sensasies.
Esegiël ondervind dat die Gees hom ophef - Eseg. 3:12, en die Here se hand
druk op hom – vers 14. Jesaja ondervind sy heupe sidder, hy buig krom, hy
kan nie hoor nie, hy kan nie sien nie, sy hart duisel – Jes. 21:3, 4. Jeremia voel
sy ingewande bewe, sy hart steun in hom – Jer. 4:19; sy hele gebeente sidder
– 23:9. Daniel is verskrik en val neer – Dan. 8:17; hy is uitgeput – vers 27;
bewende – 10: 8-11; Jeremia se oog pyn – Klaagl. 3:51. Esegiël het ondervind
dat hy na „n veraf plek gevoer was, terwyl die oudstes voor hom sit [Eseg. 8:1].
Jeremia voel asof hy „n soete slaap gehad het na sy openbaring van die
toekoms [Jer. 31:26]. Ander kere weer was sy openbarings soos „n brandende
vuur in sy gebeente [Jer. 20:8, 9].
2.3.5. Besondere en simboliese aksies.
Payne [1962:355, 355] definieer simboliese aksies as dissipline wat deel met
voorstellings van kontemporêre waarheid – profesie kan wees of uitgesproke
of in aksies. Sulke profetiese aksies sluit dan in beide objektiewe lesse asook
tipes. Tipes is simboliese uitinge wat ‟n afgebeelde aksie behels [1962:358].
Lindblom [1962:165] voel dat die profete op eienaardige maniere aksies
uitgevoer het om hul profetiese woorde tuis te bring.
Voorbeelde hiervan behels:
19
In 1 Kon. 22 maak die profeet vir homself horings van yster en profeteer
dan, “So sê die Here - met hierdie sal jy die Siriërs stoot tot hulle
verslaan is”.
2 Kon. 13 wys hoe Elisa die koning beveel het om pyle te skiet deur „n
venster om oorwinning oor Sirië te simboliseer; dan moes hy ook met
die pyle teen die grond slaan.
In 1 Kon. 11:29 lees ons dat die profeet Ahia sy nuwe mantel in twaalf
stukke geskeur het en tien aan Jerobeam gegee het om te simboliseer
dat hy tien stamme van Israel sou kry om te regeer.
In 1 Kon. 20 moes een profeet „n ander een slaan soveel so dat hy
gewond was en verbande kry om hom te kon vermom en daardeur „n
profesie oordra aan Koning Agab.
Natan gebruik in 1 Sam. 22 „n gelykenis van ‟n arm man en sy enigste
lammetjie om Dawid se sonde te openbaar.
Hosea in Hos. 3:1 moes met „n prostituut trou om te simboliseer hoe
God se volk “hoereer” met ander gode.
In Jes. 8 moes die profeet Jesaja die woorde “Maher-shalal-hash-baz”
op „n tablet skrywe. Dit beteken: “Netnou is daar buit, gou is daar roof”.
Hy het ook sy kind so genoem en dit het beteken dat binnekort sou die
rykdom van Damaskus en die buit van Samaria weggevoer word na
Assirië.
Volgens Jes. 20 moes Jesaja ook nakend en kaalvoet loop om te
demonstreer hoe die Assiriese koning die Egiptenare en Etiopiërs
kaalvoet en naak sou wegvoer na Assirië. Dit was „n waarskuwende
profesie dat Israel nie op hulle moes vertrou vir hulp nie.
In Jer. 19 moes die profeet na die pottebakkershuis gaan en profeteer
volgens wat hy daar gesien het.
In Jer. 19:10, 11 moes hy „n kruik breek en dan profeteer dat God die
volk so sou verbreek.
In Jer. 25 moes hy „n beker wyn vat en simbolies neem na die nasies na
wie hy gestuur was om te simboliseer dat God hulle van die beker van
sy grimmigheid sou laat drink.
20
In Jer. 27 moes hy jukke en stroppe maak en op sy nek sit en stuur na
Edom, Moab, Tirus en Sidon en daarmee saam geprofeteer dat so sou
hulle die koning van Babel dien.
In Jer. 23 moes hy groot klippe neem en begrawe by die ingang van
Farao se paleis en profeteer dat die koning van Babel sal sy troon bo-op
daardie klippe kom sit.
Esegiël was „n uitstaande profeet van simboliese handelinge: in
Hoofstuk 4 moes hy „n baksteen neem en daarop teken, beleëringe
maak, forte bou, en so meer as simboliese profesie. Later weer moes
hy op sy regtersy lê [4:6], profeteer met arm ontbloot [v.7]; manifesteer
met toue aan [v. 8], manifesteer met voedsel en water per maat [v. 9-13],
alles om sy profesieë te demonstreer. So ook moes hy in hoofstuk 5 sy
hare skeer en verdeel en in die wind gooi, in hoofstuk. 12 moes hy sy
besittings pak soos om in ballingskap te gaan en „n gat in „n muur breek.
Vers 11 verduidelik: “ . . . ek is julle sinnebeeld; soos ek gedoen het, so
sal met hulle gedoen word”. Eseg. 24:24 – “Esegiël sal vir julle ‟n
sinnebeeld wees . . .”. Sien ook Eseg. 21; 24; 37.
2.3.6. Simboliese persepsies en visioene, drome.
Lindblom [1962:137] meen dat simboliese persepsies verwys na „n persepsie
wat werklike, objektiewe gronde het in die materiële wêreld, wat egter gesien
word as iets besondes van waarde en geïnterpreteer word as simbolies van „n
ander verhewe kwaliteit.
‟n Paar voorbeelde is as volg:
Amos sien „n mandjie met somervrugte [8:1] wat geïnterpreteer word dat
die einde het gekom oor die nasie en dat God hulle nie meer verby sal
gaan nie;
Jeremia [1:11] sien „n amandeltak, wat beteken dat die Here wakker is
oor sy woord.
21
Soortgelyk in Jer. 24 die twee mandjies met vye – goeies en slegtes en
die uitleg.
Hos. 12: 11: “Ek het ook tot die profete gespreek, en Ek het gesigte
vermenigvuldig en deur middel van die profete gelykenisse voorgedra.”
Dan vind ons ook literêre gesigte [wat nie in ekstase gekom het nie] maar
meestal in poëtiese vorm, maar tog as openbarings gegee deur God met
Goddelike inspirasie. Enkele voorbeelde behels:
“Kyk, soos wolke kom hy op, en soos n stormwind is sy strydwaens; sy
perde is vinniger as arende” [Jer. 4:13].
Jer. 31:15: “So sê die Here: „n Stem word gehoor in Rama, geklaag,
bitter geween; Ragel ween oor haar kinders; sy weier om getroos te
word oor haar kinders, omdat hulle daar nie is nie.”
Die “las” van Moab [Jes. 15]
Nahum 3 : Die val van Nineve.
Gesigte in die boek Sagaria: van perde [hf. 1]; horings en smede [hf. 1];
die meetsnoer [hf. 2]; die hoëpriester met vuil klere aan [hf. 3]; goue
kandelaar [hf. 4]; vlieënde boekrol [hf. 5]; vrou in die efa [hf. 5]; en die
vier strydwaens [hf. 6].
Gesig van Esegiël van die nuwe tempel met sy toebehore; nuwe stad;
indeling van die land [Eseg. 40-48].
Ander profetiese visioene en drome:
“As julle „n profeet van die Here is sal ek deur „n gesig [Engels: vision]
My aan hom bekend maak” [Num. 12:6]
Eseg. 1:1 – “. . . . is die hemele geopen en het ek gesigte van God
gesien.”
Joel 3: 28 – hulle sal drome droom en gesigte sien.
Num. 24:3, 4 – „n geopende oog om te “sien” wat sal gebeur.
Eseg. 37 is „n voorbeeld van „n dramatiese visioen.
22
Dan. 10 – Daniël sien ‟n gesig, wat die mense saam met hom nie sien
nie.
Jakob en Josef se profetiese drome is letterlik agterna vervul [Gen. 31,
37]
Josef kon ook ander se drome uitlê [Gen. 40, 41]. So ook Daniël.
Valse profete droom vals en gee valse uitleg [Jer. 23:32; Sag.10:2; Deut.
13:1-4]. Dit is openbaringe uit hul eie hart [Jer.14:14; 23:16; Eseg. 12:22,
24; Sag. 13:4, 5]
Dan. 8:26 – “Hou die gesig „n geheim, want dit sien op „n verre toekoms”
Dus is nie alle gesigte, visioene vir die onmiddelike toekoms nie.
2.3.7. Profetiese wonderwerke verrig.
Gepaardgaande met profetiese handelinge, kon die profete wonderwerke deur
die krag van God verrig. Volgens Vos [1948:231] word dit in “Hebeeus” beskryf
as “pel‟e” en dit verwys na “iets buitengewoon”; “mopheth”, “iets wat aandag
trek of verbasing bring”; “nora”, “iets wat eerbied wek”; en “oth”- “„n teken”.
Profetiese wonderwerke volg op gebed, gehoorsaamheid en onderworpenheid
aan die krag van die Here wat dan gedemonstreer word – 1 Kon. 13:5; 17:20; 2
Kon. 4:33; 20:11; ens.
„n Paar voorbeelde word genoem:
Josua gebied die son om stil te staan in die geveg in die Ajalon vallei; en
dit gebeur – Jos. 10.
Die wonderwerke deur die hand en staf van Moses verrig – Ex. 7-10.
Die Rooi see gekloof vir die Israeliete – Ex. 14.
Bitter water van Mara word soet gemaak – Ex. 15.
Donder en reën buite seisoen in Samuel se bediening- 1 Sam. 7.
Altaar skeur in twee op „n man van God se woord – 1 Kon. 13:6.
Vuur uit die hemel by Karmel verteer Elia se offer – 1 Kon. 18.
Jerigo se fontein se brakwater word genees – 2 Kon. 3.
Weduwee se olie vermeerder om skulde te betaal – 2 Kon. 4.
Dooie seun opgewek deur Elisa – 2 Kon. 4.
23
Genesing van die melaatse Naäman – 2 Kon. 5.
Byl wat in water geval het, laat opkom boontoe en dryf – 2 Kon. 6.
Daniël in die leeukuil bewaar – Dan. 6.
“Julle self het gesien . . . groot tekens en wonders” [Deut. 29:3, 4].
2.4. Ou Testamentiese Style, Vorms, Formules en Funksies van Profesieë.
Die manier waarop profesie bedien was, word deur Vos [1948:219] beskryf as
innerlike spraak wat van God kom en kom van die Hebreeuse woord “ne‟um
Jahweh” en beteken “om te grom”, “dreuning”, beteken. Dit is dan wel
beskrywend van „n dowwe, lae geluid, soos ‟n gefluister of lae dreuning van
die binnekant [Job 4:12-16].
Verskillende Style, Vorms, Formules.
Ou Testament profesieë het gewoonlik in „n besonderse vorm gekom;
soms kortliks en ritmies, bv. Jes. 21:12; “Die môre kom, en ook die nag.”
Gewoonlik is profesie begin met „n kenmerkende aanspreek vorm: “so
spreek die Here” ; “hoor die woord van die Here”; “so het die Here tot
my gespreek”; “die woord van die Here het tot my gekom”; “dit spreek
die Here”.
Dikwels word die Heb. “kara” gebruik, wat beteken: “roep uit”;
“verkondig”; soos in Jer. 2:2; Jes. 58:1; Hos. 8:1 [Lindblom,1962:153].
Profesie kan gerig word aan die voëls van die lug, bome, diere, berge en
heuwels, kuslande [Eseg. 39:17; Jes.51:1] met inleidende woorde: “rig
jou aangesig teen . . .” [Eseg. 4:3, 7; 6:2; 8:17; 21:7] – die eintlike
bedoeling was om die woorde by die, of daardie nasie tuis te bring
[Lindblom, 1962:154].
Baie boodskappe is „n wekroep om te kom luister, nader te kom; saam te
kom [Jes. 32:9; 34:1; 51:1].
Soms is profesieë in die vorm van aankondigings gedoen [bv. Jer.
31:10].
24
Enkele funksies van profesieë, visioene en openbarings.
Funksioneel as “Torah”, leringe – Hos. 8:12; Jes. 1:10; Sag. 7:12.
Ook as kort mondelinge boodskappe [orakels] of preke [Lindblom,
1962:157].
Profesie kan verander word of vervang word as „n situasie verander, bv.
„n rede van onheil kan na bekering verander word, want God is genadig
teenoor bekeerlinge soos in van geval Agab in 1 Kon. 28:28, 29; sowel
as in die geval van Hiskia se siekte – 1 Kon. 22 en Jes. 38; ook Jer. 18:7-
10.
Profesie kan ook dien tot inspirasie om God se werk te bevorder, bv.
Esra 4:24-5:1, 2 [werk aan die tempel]; ook Esra 6:14.
2.4.1. Voorbeelde.
Eldad en Medad.
Ons lees van hierdie geval in Num. 11:26-29. Hulle het geprofeteer in die kamp.
„n Jong man het toe gehardloop om hulle by Moses te verkla sodat hy dit kon
verbied. Moses het egter gereageer: “Ag, as die hele volk van die Here maar
profete was, dat die Here Sy Gees oor hulle mag gee!” [v. 29]. Ons lees ook dat
hulle net geprofeteer het solank die Gees op hulle was [v. 25]. Ons leer dus die
volgende van hierdie voorval:
Profesie is van „n ekstatiese natuur.
Dit geskied onder leiding van God se Gees.
Profesie kan deur gewone mense bedien word [hulle was nie
stamhoofde, of deel van die aangestelde sewentig leiers nie].
Profesie moet nie ontmoedig word nie.
Leiers moet die profete beskerm [soos Moses gedoen het].
Almal mag strewe om profete te word – vers 29; profesie moet hoog
geag wees.
25
Profeet Samuel.
In sy dae was gesigte en openbarings skaars [1 Sam. 3:1]. God roep hom as
jong seun en gee hom openbarings aangaande „n prominente leier en sy
gesin, nl. van die hoëpriesterlike familie, sowel as wat met Israel vorentoe
gaan gebeur [1 Sam. 3]. Samuel was toe alreeds deur die hele Israel erken as
„n ware profeet – 1 Sam. 3:20, 21. Na 20 jaar verskyn Samuel weer as „n
prediker-profeet wat die volk terugroep na God – 1 Sam. 7. Later vind ons hom
met „n groep profete in 1 Sam. 10:5, „n sogenaamde “profete-skool”. Ook vind
ons in Samuel se tyd dat die term “siener” verdwyn ten gunste van “profeet”
[9:9]. Nog „n interessantheid is dat profete, profesie en musiek gekombineer
word vir die eerste keer hier- 1 Sam. 10:5. Ook vind ons Samuel, „n profeet as
leier en rigter van die volk – 1 Sam. 7:15. Openbarings kom deur en na die
profeet – hy weet „n dag voor die tyd wat gaan gebeur – 1 Sam. 9:15; hy weet
van verlore esels wat gevind is – 9:20; hy profeteer wat vorentoe gaan gebeur
– 10:2, 3; en hy word gebruik om wonderwerke te laat plaasvind – 12:18. God
gebruik hom ook om Saul te bestraf oor sy sonde- 1 Sam. 13.
Die Profeet Jesaja.
Hy was die eerste van die sogenaamde “later” profete wat geprofeteer het oor
die koms en lyding van die Messias, en ook „n eskatologiese insig gehad het.
Hy het ook gesien dat die heidene gered kan word.
Hy begin sy bediening as volg: “Die gesig van Jesaja . . . wat hy gesien het . .
.” [Jes. 1:1]. Hy het ook soms die Here se woorde duidelik hoorbaar gehoor –
21:10. Ander tye was die boodskap sagkens en in sy oor alleen – 5:9; 22:14;
28:22.
Hoof temas in sy bediening was: [1] om die volk van hulle sondes weg te roep,
terwyl God se toorn daarop wag; [2] voorspellings van naderende gebeure,
soos die val van Damaskus; [3] voorspellings van verre gebeure [soos die
komende Dienskneg van die Here]. Hy gebruik baie die tegniek van
personifikasie, soos bv. die son wat skaam kry; die berge wat sing [24:43;
26
44:23]. Hy ontwikkel vyf “dienskneg liedere” [ Hoofstuk 42; 49; 50; 52-53; 61]
gedurende sy bediening; en verskaf ook waardevolle informasie aangaande
die “laaste dae”, nuwe aarde en nuwe hemel – 65; 66.
Redding kom vir die heidene wat na God kom – 1:10; 42:11; 49:6. Hy was ook
‟n profeet wat hoop en vertroosting verkondig het – 12:1, 2; 30:15; 32:18; 40:1,
2; 43:2; 44:22; 51:12; 57:15: 58:11; 61:1.
Die “oorblyfsel” van God se volk [die wat na die ballingskappe sal oorbly] wat
gered sal word is nog „n deurlopende tema van Jesaja – 1:9; 6:13; 10:20; 11:11;
16:14; 28:15; 37:4; 46:3. Ons vind ook „n voorbeeld van „n aangepaste profesie
van Jesaja in koning Hiskia se geval –Jes. 38.
Profeet Amos.
Sy naam beteken “lasdraer” in Hebreeus [ McLemore, 2004:183].
Hy was „n kweker van vyebome en skaapherder wat geroep was om
profeet te wees [Amos 1 & 7:15]; dus het hy baie beelde van die veld en
natuur in sy boodskappe gebruik – 2:13; 3:3-8; 34:12; 4:1; 5:19, 24.
Hy beklemtoon sy profesieë as: “So sê die Here” [1:3, 6, 9; 2:1, 4, 6;
3:11,13]. Hy het ook verskeie visioene gesien – 7:1; 8:1; 9:1. Volgens
Koenig [1974:17] het hy in totaal vyf visioene gehad waarop die essensie
van sy boodskappe gegrond was – hf. 7,8 en 9.
Hy het ook heelwat opposisie gehad – 5:10; 7:10.
Sy hooftemas was: oproep tot bekering om die oordele van God af te
weer - 3:13.
Oproepe vir geregtigheid teenoor minder bevoorregtes – hf. 2 ; 4 ;5; 6;
Persoonlike boodskappe aan individue en nasies – hf. 1; 7; 9; die
oorblyfsel- 5:15; 9:8. Hoop vir die toekoms – 9:11,13,15.
27
3. PROFETE EN PROFESIE IN DIE NUWE TESTAMENT.
Volgens Hill [1979:3] kom die term: “Christen profeet” van die Griekse woord
“prophetes” [manlik] en “prophetis” [vroulik]; om te profeteer, van die Grieks,
“propheteuein”; die produk is dan profesie, of te wel “propheteia”; en is
gebaseer op die beskrywing van die Nuwe Testamentiese en vroeë Christelike
profeet Agabus, in die boek Handelinge. Boring in Hill, [1979:9] beskryf „n
Christen profeet as „n Christen wat funksioneer binne die Kerk as „n
onmiddelik geïnspireerde spreker vir die opgewekte Jesus, wat verstaanbare
openbarings kry wat hy geïnspireerd voel om oor te dra aan die Christelike
gemeenskap. Calvyn [in Pneumatikos, 1993:3] meen: “profeteer is niet alle
willekeurige uitleggers, . . . maar hen die uitmunden door een uitzonderlike
openbaring.” Verhoef [1973:37] verklaar: “Per definisie is profesie die
verkondiging van wat God geopenbaar het. Dit is van belang om daarop te let
dat God deur profesie sy weë in die verlede, sy wil vir die hede en sy raad vir
die toekoms openbaar. Profesie is dus „n ruimer begrip as voorsegging van
toekomstige gebeure. Dit sluit alles in wat God met die oog op sy volk ten
opsigte van verlede, hede en toekoms deur sy profete bekend gemaak het . . .
profesie kan ook meer as een vervulling hê”.
Ons moet ook egter nie nalaat om te meld dat profesie nie net aan Christene in
die Nuwe Testament bedien was nie, maar ook aan „n Samaritaanse vrou [Joh.
4]; Simon, die towenaar [Hand. 8]; Elimas, die towenaar [Hand. 13]; die
personeel op die skip na Rome [Hand. 27]; die groot stad Babilon [Openb. 18];
ens. In konklusie sal „n gepaste definisie vir profesie dus wees: “„n
Geesvervulde boodskapper van God wat beskikbaar is om deur die Gees
gebruik te word om geïnspireerde boodskappe en openbarings oor te dra aan
die Kerk, aan individue, aan regeerders, of aan enige persoon na wie hy/sy
gestuur word om „n mondelinge of geskrewe boodskap oor te dra, en, indien
so geïnspireer, met simboliese aksies en manifestasies”.
Die oorsprong van Nuwe Testament profetiese bediening.
28
Die Nuwe Testament neem aanvang in die sinoptiese evangelies met
profetiese boodskappe aangaande die geboorte van Johannes die Doper [Luk.
1:13-17] en die geboorte van Jesus [Luk. 1:31-35; 2:27-32] te meld.
Voorts profeteer Johannes die Doper aangaande die dan komende bediening
van Christus [Mark. 1; Matt. 3; Luk. 3; Joh. 1]. Christus se bediening as sulks,
spreek van heelwat openbarings [Joh. 4 ; Matt. 24, 25; Mark. 13; Luk. 21; Joh.
14]. Witherinton [199:331] noem dat die Evangelie van Lukas Christus en
meeste van Sy bekende volgelinge voorstel as profete.
Jesus belowe dat hy profete en wyse manne sal stuur na die volk, maar dat
hulle vervolg sou word [Matt. 23:34; Luk. 11:49]. Jesus verwys na Homself as
„n profeet : “geen profeet is aangenaam in sy vaderland nie “ [Luk. 4:24]. Die
gewone mense het Hom erken as „n profeet : “Dit is Jesus, die profeet van
Nasaret in Galilea “ [Matt. 21:11]; “‟n groot profeet het onder ons verskyn”
[Luk. 7:16].
Die eintlike, werklike Nuwe Testament profetiese bediening egter, het eers op
die dag van Pinkster aanvang geneem met die uitstorting van die Heilige Gees
op die dissipels [Die Boek van Handelinge Hoofstuk 2]. Petrus, gevul met die
Gees staan op en verklaar die volgende: “dit is wat deur die profeet Joël
gespreek is: en in die laaste dae, spreek God, sal Ek van my Gees uitstort op
alle vlees, en julle seuns en dogters sal profeteer, julle jongelinge sal gesigte
sien, julle ou mense sal drome droom, en op my diensknegte en diensmaagde
sal Ek in die dae van my Gees uitstort en hulle sal profeteer.”
Daarna volg daar „n patroon reg deur die boek van Handelinge dat „n
verskeidenheid mense bedeel was met profetiese gawes. Mense soos: Petrus
[Hand. 8:21-23], Agabus [11:27, 28; 21:10, 11], ook Barnabas, Simeon, Lucius,
Manaen, Paulus [13:1], Judas en Silas [15:32], die dissipels te Efese [19:6], die
dogters van Filippus [21:9], asook veral die gemeentes van Korinthe [1 Kor.
12,14], Efese [Efes. 2:20; 3:5] en Thessalonika [1 Thes. 5:19-21].
29
3.1. Nuwe Testamentiese Profetiese Bediening.
Volgens Aune [1983:190] is die oudste bewaarde Christelike stuk literatuur die
eerste Brief van die Apostel Paulus aan die Tessalonisense, geskrywe in 49
n.C. d.w.s 20 jaar na die kruisiging en opstanding van Jesus. Gispen
[1975:636] dateer dit egter 50-52 n. C., maar bevestig dat dit die oudste van die
Pauliniese briewe was. Thessalonika was geleë in die Romeinse provinsie van
Macedonië. In hierdie brief lees ons dat profesieë nie verag moet word nie [1
Thes. 5:19-22]. Dit meen dat in 20 jaar se tyd het die beoefening van profesie
versprei vanaf Jerusalem tot in daardie stad en provinsie.
Die gawe van profesie was beoefen oor „n groot area van die destydse wêreld.
By voorbeeld in Jerusalem, Antiochië, Caeserea, Tirus, “elke stad‟ in
Griekeland, Macedonië en Asië [Hand. 13:1; 13:32; 20:23; 21:4,10]. Paulus het
veronderstel dat daar profete in Rome was, al was hy op daardie stadium nog
nooit daar nie – Rom. 12:6. Altesame twaalf persone word in die Boek
Handelinge as profete beskrywe [Hand. 11:27; 13:1; 15:32; 21:10,11; 21:8, 9].
Die skrywer van die boek Openbaring praat van profete as „n integrale deel van
die wêreldwye Kerk van daardie tyd [Openb. 11:18; 16:6 ; 18:24]. Witherington
[1999:126] noem dat vir die sewe gemeentes van Asië, was die profetiese
kommunikasie van die woord van God, „n normaliteit.
Ons vind in die Nuwe Testament verskeie profetiese kategorieë, soos:
Geroepe of Gebore profete.
In hierdie kategorie kan ons Johannes die Doper en die Here Jesus Christus
plaas.
Johannes die Doper.
Jesus self verklaar dat Johannes „n profeet was – Luk. 7:26. Hy voldoen egter
aan die beskrywing van „n profeet in die Ou Testament tradisie, nl. sy
voorkoms; hy was vervul met die Gees van voor geboorte af; bestraf Herodus
30
vir sy immoraliteit; en die openbaring van die toekoms: “ná my kom Hy . . .”
[Luk. 3:16,17]. Sy tydgenote het hom as profeet erken – Matt. 21:26. Sy vader
het geprofeteer dat hy „n profeet sou wees – Luk. 1:76.
Die Here Jesus Christus.
Ons lees in Hand. 3:22-26 aangaande Jesus dat Hy die vervulling is van Moses
se profesie aangaande die Groot Profeet wat sou kom. Luk. 24:19 beskryf Hom
as “Jesus, die Nasarener, wat „n profeet was, kragtig in werk en woord voor
God en die hele volk.” Joh. 4:19: “Here, ek sien dat u „n profeet is”, na Jesus
die Samaritaanse vrou se geheime openbaar het. Toe Jesus sy dissipels vra
wat die mense van Hom sê, is die antwoord: “Een van die profete” [Mark. 8:
28]. Luk. 7:16- “‟n Groot profeet het onder ons opgestaan.”
Volgens Hill [1979:66] is die bewyse dat Jesus „n profeet was te vinde in sy
sending, waar Hy sê, “Ek het gekom” [“elthon”], soos in Mark. 1:38, of: “Ek
was gestuur” [“apestalen”], soos in Matt. 10:40; wat ooreenstem met die
bedienings van Jeremia en Esegiël en dus in die tradisie van die sogenaamde
Joodse “hasid” inpas.
Verdere bewyse vind ons in Sy spreektaal, bv. “Ek sê vir jou”, soos by Jesaja
[13:14]; “Wie van julle ?” [sewe keer in die Nuwe Testament] vergelyk ook
Hag. 2:3; “soos met Jona . . . so sal die Seun van die mens wees” [Luk. 11:30
vergelyk ook Amos 3:12; Jer. 38:28]. Dan ook Sy voorspellings van die nabye
koms van die Koninkryk van God [Mark. 9:1]; die verwoesting van Jerusalem
en die tempel [Mark. 8:31; Joh. 2; Luk. 13 en 21; Matt. 23]; Hy voorspel Sy dood
en opstanding [Mark. 8:31]; die profetiese woorde teen Betsaida en
Kapernaum [Matt. 11:21, 22]; en ook die eskatologiese gesprek op die Olyfberg
[Mark.13; Matt. 24; Luk. 21].
Reisende profete.
Ons lees in die Nuwe Testament van profete wat van plek tot plek gereis het
om God se boodskappe af te lewer. Die boek Handelinge maak heelwat
31
melding van sulke “swerwende profete” [Boring, 1982:60]. Sien Hand. 11:27;
15:32; 20:23; 21:10.
„n Treffende voorbeeld hiervan is Agabus. In Hand. 11 kom hy van Jerusalem
na Antiochië om profetiese werk te doen. In Hand. 21 kom hy weer na
Caeserea om daar te bedien. Of die Apostel Paulus net „n sendeling
[“apostolos” – “gestuurde een”] was, of ook „n profeet, is debatteerbaar.
Sandnes [1991:9, 10, 11] ondersteun verskeie teoloë, soos Muller en Hall, wat
na Paulus verwys as „n Christen profeet en kwoteer as bewyse Rom. 9-11; 1
Kor. 7:40; 14:18-37. Ook Witherington [199:301, 306] voel dat Paulus „n siener
was en/of „n profeet, want as man van die Gees kon hy beide profeteer en in
tale praat. In ons opinie was hy beslis „n reisende profeet na aanleiding van
Hand. 13:1; hy reis ook na Rome en profeteer op die skip [Hand. 37]; hy
moedig die beoefening van die gawe van profesie aan [1 Kor.14]; hy verwys
konstant na openbarings wat hy van God af ontvang [Gal.1:1; 1 Kor. 2:2; 2 Kor.
12; Efes. 1 ; Kol. 1]; hy ontvang van die Here dit wat hy oordra [1 Kor. 11:23];
en hy dra die instruksies van die Here skriftelik oor [1 Kor. 14:27]. Dit is
definitief die kenmerke van „n profeet.
Die Apostel Petrus, alhoewel hy nooit as profeet bekend gestaan het nie,
beskik ook oor al die profetiese kentekens. Hy sien in mense se “harte” [Hand.
5:3; 8:21]; en ontvang drome en gesigte. Hy was dus in „n sekere sin ook „n
reisende profeet want hy bedien in Jerusalem, Lidda, Caeserea, reis deur die
land [Hand. 9:33 ; 10], en bevind hom selfs later ook in Rome [“Babilon” in 1
Pet. 5:13].
Gemeentelike profete.
Ons lees in Handelinge 13:1: “daar was in die plaaslike gemeente in Antiochië
sekere profete en leraars . . . ”. So ook in die gemeente te Caeserea was daar
die vier ongetroude dogters van Philippus wat geprofeteer het [21:8, 9]. Die
Apostel Paulus gee ook riglyne aan die plaaslike gemeente te Korinthe
aangaande die gawe van profesie [1 Kor. 12;14]. Dit was dan hier in Korinthe
dat die groepering “profete” „n amp instelling saam met apostels en leraars
32
geword het – 1 Kor. 12:28. “As iemand meen dat hy „n profeet is . . .” [14:37].
Gillespie [1994:49] meen dat profesie „n normale gemeentelike aktiwiteit was in
die gemeente van Korinthe.
Die Apostel Paulus stel dan ook duidelike riglyne daar met die beoefening van
die gawe van profesie [1 Kor. 14]:
Profesie behoort openbaringskennis te wees en nie byvoorbeeld dinge
wat aan die profeet vertel was nie [1 Kor. 14:24, 25].
Dit moet plaasvind ter opbouing en stigting van die Kerk of Gemeente
[vers 26].
Twee of drie profete mag in een profesie sessie beurtelings spreek en
die ander moet dit wat gespreek word beoordeel [“weigh” in NIV]
volgens vers 29.
As „n openbaring kom tot een van die ander wat op daardie stadium nie
deel is van die profesie sessie nie, moet die een wat op daardie stadium
profesie bedien ophou profeteer en die ander een „n geleentheid gee om
die openbaring uit te gee [vers 30].
Die toehoorders moet geleer en bemoedig word daardeur [vers 31].
Die geeste van die profete is onderworpe aan die [“to the control of the .
. .” , NIV] profete [vers 32] en hulle kan swyg wanneer nodig.
Almal in die gemeente mag hulle beywer om die profetiese gawe te
beoefen [vers 39].
Alles moet welvoeglik en ordelik geskied [vers 40].
Profesieë moet nie verag of word nie [1 Thes. 5:20].
Dit moet onthou word dat God profete in die gemeente plaas – Efes.
4:11; vir die rede om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk en tot
opbouing van die liggaam van Christus [vers 12].
Vroulike profete.
Volgens die Apostel Paulus se woorde in 1 Kor. 11:5 wat lui: “maar elke vrou
wat bid of profeteer met onbedekte hoof, doen haar hoof oneer aan . . .” lei ons
33
af dat daar vroulike profete of profetesse in die gemeente was en dat dames
dus ook die profetiese gawe in die gemeente mag bedien.
Antionette Clark Wire [1990] bespreek die rol van die profetes in die gemeente
na aanleiding van die vroulike profete van Korinthe [“The Corinthian Women
Prophets”]: Sy meen dat:
Dit Bybels is dat dames hulle hoofde moet bedek as hulle bid of
profeteer uit respek en eerbied vir die engele [1 Kor. 11: 3-10, bl. 29]. As
„n dame dit nie doen nie, eer sy nie haar hoof; [wie haar man is] of
Christus; [Wie sy Hoof is] nie [11:4, 5].
Wire voel dat die vroue in Korinthe nie „n onwyse groep dames was nie,
want Paulus sê dat hulle met wysheid spreek onderling [1 Kor. 1 ; bl. 50,
51].
Sy voel ook dat hierdie dames „n redelike posisie in die lewe beklee het
en groot huise besit het waar die gemeente dikwels byeen gekom het vir
kerkdienste. [1 Kor. 1:26; 16:19; Rom. 16:2, 5 ; bl. 63];
Hulle was geestelike vroue wat vir God en namens God kon spreek [1
Kor. 12-14; bl.135];
Hulle was toegewy na liggaam en gees en het in tye van aanbidding
hulle selfs van geslagsgemeenskap onthou as deel van hulle toewyding
[1 Kor. 7:5, 34; bl. 183].
Paulus skryf dan ook oor geestelike dames [susters] in die gemeentes:
“Febè, wat „n dienares is in die gemeente in Kenchreë” [Rom. 16: 1];
“Maria, wat baie vir ons gearbei het” [Rom.16: 6] ; Priscilla en Aquila,
my medewerkers . . . die gemeente by hulle aan huis” [Rom.16: 4-5];
“Trifena en Trifosa, vroue wat in die Here arbei . . . Persis, die geliefde
vrou, wat baie in die Here gearbei het” [16:12]. Ons wil glo dat dit sulke
dames was wie in die gemeentes gebid en profeteer het.
34
Apokaliptiese profeet.
Die Apostel Johannes kan beskryf word as „n Apokaliptiese profeet [Stewart-
Sykes, 2002:126]. Volgens Hill [1979:74, 76-79] was sy profetiese taak die
interpretasie van die huidige [in sy tyd] sowel as toekomstige gebeure, soos in
Openb. 1:9. Hy wys ons ook dat profesieë in geskrewe vorm oorgedra kan
word [Openb. 1:3,11,19; 2:1, 8, 12, 18 ; 3:1, 7; 14:13; 19:9; 21:5 ; 22:18]. Sy
formule van skryf lê in die woorde “wat gaan gebeur” [“ha dei genesthai”], „n
term ontleen aan Dan. 2:28 en gebruik in Openb. 1:1; 4:1; 22:6. Sy term: “ek het
gehoor” [“ekousa”] word sewe en twintig keer in die boek gebruik as „n
profetiese ontvangs spreekwyse. Johannes gebruik die woord “apokalypsis”
in Openb. 1:1, 2. Dit het dieselfde profetiese betekenis as in 1 Kor. 14 en Hand.
11:28. Hy profeteer met soveel gesag dat sy woorde as woorde van God
kwalifiseer word [Openb. 21:5; 22:6].
3.2. Profetiese Kwalifikasies, Funksies, Gebruike en Inhoud van Profesie.
3.2.1. Kwalifikasies van „n Nuwe Testament Profeet.
Die eerste persoon van wie ons in die Nuwe Testament lees wie
geprofeteer het, was Sagaria. Hy was „n dienende priester en die vader
van Johannes die Doper [Luk. 1:5, 67-79]. Ons lees dat hy en sy vrou
opreg voor die Here gewandel het en al God se gebooie gehou en
onberispelik gelewe het [Luk.1:6].
Die tweede profeet was Simeon van wie Lukas skryf as “regverdig en
vroom” [Luk. 2:25]. Hy het geprofeteer vir Maria, die moeder van
Christus.
Die derde geval was Anna, die profetes. “Sy het nie weggebly van die
tempel nie, en met vaste en gebede God gedien, nag en dag” [Luk. 2:37].
Johannes die Doper het so geleef en opgetree dat die mense van sy tyd
gewonder het of hy dalk die Christus was [Luk. 3:15].
35
Oor die lewensstyl van Jesus as Profeet, kan heelwat informasie gegee
word. Die aanhaling uit Matt. 11:29 som Hom egter goed op as Hy self
sê: “Ek is sagmoedig en nederig van hart”.
Jakobus sê in Jak. 5:10: “Neem as voorbeeld van lyding . . . en geduld,
die profete wat in die Naam van die Here gespreek het”.
Paulus, die Apostel het so gelewe dat hy vrymoedigheid kon hê om te
skryf: “Wees my navolgers, soos ek dit van Christus is” [1 Kor. 11:1].
Profete is God se diensknegte [Openb. 10:7] en behoort te lewe volgens
God se voorskrifte [1 Pet.2:16] Sien Heb. 12:14; 1 Pet.1:15.
Profete moes vas en bid – Luk.2:36; Hand.13:1, 2.
3.2.2. Profetiese Funksies en Gebruike.
Die Apostel Paulus beskryf die funksie van „n profeet as om in die gemeente te
“spreek tot die mense woorde van stigting, troos en bemoediging” [1 Kor.
14:3]; “dat die gemeente stigting kan ontvang” [vers 5]. Voorts skryf hy dat “as
daar „n ongelowige of onkundige inkom . . . kom die geheime van sy hart aan
die lig. En so sal hy op sy aangesig val, God aanbid, en verkondig dat God
werklik onder julle is” [verse 24, 25]. Ook openbarings of uitleggings behoort
alles tot stigting te geskied” [vers 26].
Ander funksies het ook behels:
Agabus profeteer by twee geleenthede toekomstige sake wat net so in
vervulling gegaan het – Hand. 11:28; 21:10,11.
Dissipels te Tirus het vir Paulus “deur die Gees gesê om nie op te gaan
na Jerusalem nie” [Hand. 21:4].
Simon in die tempel profeteer vir Maria van die swaard wat deur haar
hart sal gaan – Luk. 2:34, 35.
Sagaria profeteer self wat met sy seun gaan gebeur – Luk. 1:67, 76-79.
Paulus profeteer op die skip na Rome by die skipbreuk dat nie een
verlore sal gaan nie – Hand. 27.
Petrus openbaar die leuens van Ananias en Saffira – Hand. 5.
36
Petrus openbaar die motief van Simon se hart – Hand. 8.
Hill [1979:101] skryf dat Barnabas „n “seun van profesie” was. Dit word
weergegee in sy naam: “bar-n-bu ah” of “bar-n biyya”. “Bar” beteken
“seun van”. Hy het „n profetiese bediening van bemoediging en
vertroosting beoefen.
1 Kor. 14:29 leer dat twee of drie profete kan spreek en die “ander” dit
moet beoordeel. Die “ander” in hierdie geval verwys na mense wie ook
die geestelike vermoëns besit om profesie te kan beoordeel. Hulle kan
moontlik selfs voorgangers, predikers, ouderlinge en so voorts wees
wie daardie geestelike vermoëns besit en dit met wysheid kan gebruik.
Nog „n profetiese taak was die om valse leringe en valse profete teen te
staan soos in die geval van die Apostel Johannes met die verleidende
profetes Isébel [Openb. 2:20] en die dwaalleringe van die Nikolaïete
[Openb. 2:6].
„n Ander profetiese funksie vind ons in Hand. 13 waar vier profete, na „n
periode van vasting en gebed, vir Paulus en Barnabas hande opgelê het
en hulle uitgestuur het as sendelinge.
Volgens Aune [1983:342, 343] kan profesie ook dien as charismatiese
eksegese, bv. Rom. 15:4: “was geskrywe vir ons lering [„paraklesis‟]”. In totaal
is nege Ou Testamentiese Skrifverwysings aangepas en in die Nuwe
Testament aangewend gewoonlik ook met die woorde: “sê die Here” [Deut.
32:35 en Rom. 12:19]. Hierdie funksie sou egter net by geoefende profete
teenwoordig wees.
3.2.3. Inhoud van Nuwe Testamentiese Profetiese Boodskappe.
Die inhoud van profetiese boodskappe behels:
Voorspellings: Profetiese voorspellings deur engele gebring – Luk. 1:11-
17; deur Sagaria – Luk. 1: 67, 76-79; deur Simeon – Luk. 2:25-35; deur
Johannes die Doper – Joh. 1:30; deur Jesus – Matt. 23, 24; Luk. 21;
Mark. 8:31; 9:31; 10:32-34; Luk. 9:22; Mark. 13:26; Luk. 10:13-15; Joh.
13:21, 38; 16:32; van Kajafas – Joh. 11:51; van Agabus – Hand. 21:11;
37
van Paulus – Hand. 27:9; Rom. 11:25-27; 1 Kor. 15:51, 52; 1 Thes. 4:15-
17.
Boodskappe van vertroosting – Hand. 18:9,10; 23:11.
Bestrawwing en oordele – Hand. 13:9-11; 1 Kor. 5:3-5; Rom. 16:17-20;
Gal. 1:6-9; Openb. 2:5,16, 22; 3:3, 16-19; 6:1-17; 8:1-9; 14:9-12; 16: 4-7,
17-21; 19:12, 3; 20: 11-15; 21:8, 27
Openbaring van verborgenhede, geheime en sondes - 1 Kor. 2:6-16;
14:24, 25; Gal. 1:11, 12; Efes. 1:9; Openb. 3:1.
Proklamasie: 1 Thes. 4:15-17 [volgens Sandnes, 1991:243- „n belangrike
bron van vroeë Christelike profetiese inhoud]; 1 Kor. 11:23.
Oproep tot bekering – Openb. 2:5, 16; 3:3; 9:20; 16:9, 11.
Oordra van visioene – Openb. 13;14; 2 Kor. 12:1-4.
Oordra van „n verslag, interpretasie, waarskuwing en rede – Openb.
18:21-24.
Oordra van „n openbaring formule, belofte van saligheid en rede –
Openb. 21:3, 4; 22:7, 12-14; 22:18-20.
Wederkoms verwagting – Openb. 22:20; 2 Thes. 2; 1 Kor. 15: 22, 23.
Plae deur God gestuur – Openb. 22:18.
Teen valse leringe, valse profete – Openb. 2:14, 15; 20-22.
Belofte van geopende deure - Openb. 3:8.
Oorwinning – Openb. 2:7,11, 17, 26; 3:5, 12, 21.
Aksie a.g.v. openbaring – Gal. 2:2.
Roeping vir dienswerk – Hand. 13:2, 47.
Openbaring van noodsaaklikhede- Hand. 15: 28, 29.
Dieptes van God – 1 Kor. 2:10.
Bevele van die Here – 1 Kor. 14:37.
3.2.4. Simboliese aksies.
Die boekrol word opgeëet - Openb. 10:8-11.
„n Engel gooi „n groot klip in die see om Babilon se val te simboliseer –
Openb. 18:21.
38
Hand. 21:10, 11 – Agabus vat die gordel van Paulus, bind sy eie hande
en voete en profeteer dan wat met Paulus sal gebeur.
Skud die stof van die voete af as profetiese oordeel – Matt. 10:41.
3.2.5. Formele karaktertrekke van profetiese spraak.
Volgens Boring [1982:127-229] behels dit kortliks as volg:
Lukas se materiaal is strofiese en metriese vorm – Luk. 1:14-17, 22, 23,
35, 46-55, 68-79; 2:29-32, 34, 35.
Romeine 11:25, 26 word aangebied in „n skematiese vorm, een strofe
van drie dele, waar elke deel „n verskillende weergawe is. Een weergawe
is in die verlede tyd, een weergawe in die teenwoordige tyd en een
weergawe in die toekomstige tyd.
Om namens die Here in die eerste persoon te spreek– Openb. 22:16;
Hand. 21:10; 13:2.
Paulus se substituut formule – 1 Thes. 4:2, 15; 2 Thes. 3:16, 17.
Seën en vervloeking – Luk. 14:15. Daar is presies sewe seën uitsprake in
Openb. 1:3; 14:13; 16:15; 19:9; 20:6; 22:7, 14; en die sewe weë
[vervloekings] – Openb. 8:13; 9:12; 11:14; 12:13; 18:10, 16, 19.
Die onvergeeflike sonde – Mark. 3: 28, 29.
Opdrag stelling – Mark. 6:8-11; Matt. 28:19, 20.
Imminente parousia (Mark. 9:1).
Apokalips van Markus – Mark. 13:5-31
Treur weë oor Jerusalem – Matt. 5:18; 10:39; 24:26-41; Luk. 16:17; 17:22-
37.
Profesieë oor die Seun van die mens – Matt. 19:28; Luk. 22:20-30.
Lukas se evangelie word aangebied gebaseer op Jesus se lyding en
opstanding – Luk. 24: 25-27, 44-47.
39
4. PROFETE EN PROFESIE IN DIE VROEË KERK.
4.1. Profete gedurende die Vroeë Kerk periode.
Na die Nuwe Testament tyd was daar sekere Joodse profete, bv. Jesus ben
Ananiat wat vanaf 62 n.C. geprofeteer het teen Jerusalem tot en met die
verwoesting in 70 n.C. ten spyte van hewige vervolging [Witherington,
1999:293]. Die geskiedskrywer Josefus kan ook moontlik as „n profeet
gekwalifiseer word a.g.v. die naggesigte en drome wat hy beleef het [“War”
3:351-354, in Witherington, 1999:294].
Weinig informasie is beskikbaar omtrent profete na die Nuwe Testamentiese
tyd moontlik omdat meeste historici gekonsentreer het op die teologiese
vraagstukke in die kerk soos die Christologiese dispute van die Vroeë
Christelike Kerk.
Daar bestaan tog gevalle wat noemenswaardig is:
Daar is geringe informasie aangaande reisende profete in die Didache,
aan die einde van die eerste eeu na Christus. Geen fyner besonderhede
is eintlik beskikbaar nie [Witherington, 1999:293].
Walker [1959:40] skryf dat profete nog lank na die Nuwe Testamentiese
tyd daar was en gevind kon word in Rome in die tyd van Hermas [100-
140 n.C.]. Hermas was die vader van „n huiskerk, een van talle sulkes in
Rome [Stewart-Sykes, 2001:106]. Hermas tree dan ook op as funksionele
profeet om sy gemeente te versterk, te vermaan tot etiese gedrag en
hulle mee te deel wat God van hulle verwag. Ses van sy profesieë het
behoue gebly in die “Similtudes” en twee in “Mandates”. Die profesieë
het meestal gehandel oor morele sake [Stewart-Sykes, 2001:108, 109].
Nog „n profeet was Ignatius [110-117 n.C.] wat in Philadelphia
geprofeteer het. Hy is gedood as martelaar ongeveer 115-117 n.C.
[Witherington, 1999:348,349].
40
Tertullian [150-155 n.C.], in sy “Acta Pauli” beskryf profesie, vasting, en
die rol van vroue in die Kerk. Hy het geglo aan visioene en dat verskeie
Christene boodskappe van God kon meedeel.
Hippolytus [170-235] was die mees geleerde Christen skrywer in Rome
van daardie tyd en het die profete ondersteun in sy skrywes [Walker,
1959:70].
Papias was prominent in Hieropolis in die vroeë 2de eeu na Christus. Hy
beskryf die “diakrisis” van profesie. Profesie daar was meer geskrewe
as mondelings.
Melito van Sardis het gelewe in die middel van die tweede eeu en was
skolasties. Hy was egter ook profeties en dit het ‟n invloed op sy
prediking uit geoefen [Stewart-Sykes, 2001:221-227].
Die Montaniste: Hulle het gekom uit die area van Frigië in klein Asië in
die middel van die tweede eeu na Christus. Hulle het baie klem gelê op
die spreek in vreemde tale en profesie en het daardeur in botsing gekom
met die hoofstroom van die Kerk wat toe skolasties was. Die oorsprong
van hul profesie bedienings was van die Apostel Johannes. Hulle was
“plattelandse profete”. Hul leier was Montanus. Later het hulle groot
invloed bekom in klein Asië vandaar na Rome en tot later in Noord
Afrika. Die beweging was later genoem: “Nuwe Profesie”. Hulle het ook
vroue profetesse opgelewer soos Maximilla en Priscilla. Die mense van
Lyons het via Irenaeus, ‟n “kerkvader”, ‟n brief aan pous Eleutherius en
die kerk van Asië gestuur met „n pleidooi om nie die Gees uit te blus
deur die Montaniste te veroordeel nie. Hulle het ook ekstase en transe
ervaar [Stewart-Sykes: 2001:232-236; Wtherington, 1999:385, 386].
Polikarp in Smirna [110-117 n.C.] was „n prominente figuur in die Vroeë
Kerk en het as skakel gedien tussen die eerste en tweede eeu. Die
“martyrdom of Polycarp” geskrywe deur die kerk in Smirna was die
eerste en vroegste martelaar beskrywing in die Kerkgeskiedenis. Hy was
Biskop van Smirna toe hy lewendig verbrand is op 23 Feb. in 155 of 161
n.C. [Hartog, 2002:21, 31]. Irenaeus, Biskop van Lyons skrywe dat
Polikarp onderrig was deur die apostels en het gekonfereer met baie wat
Christus gesien het en was deur apostels van Asië aangestel as Biskop
41
van die kerk in Smirna. Hy het die Apostel Johannes persoonlik geken
en van hom geleer wat die Here die Apostels geleer het [Hartog, 2002:35-
37]. Profesie in Smirna was visioenêr en geïnspireerd. [Stewart-Sykes,
2001:276].
Clement van Alexandria [215 n.C.] verwys in sy werk: “Qiu dives
salvetur 42” na „n openbaring en profesie [Hartog, 2002:39, 209].
Daar was ook in die Romeinse provinsie van Afrika bewyse van profesie
gevind buite die hoof gemeente [Stewart-Sykes, 2001:20].
Melding word gemaak van „n Kappadosiese profetes wie 234 n.C. geleef
en bedien het in Kappadosië en Pontus [Aune, 1979:196].
Later lees ons van Columbanus wat in die jaar 610 n.C. Koning
Theuderich II by wyse van profesie aangespreek het oor sy sondige
lewenswyse [Walker, 1959:180].
Redes vir die verdwyning van profesie [Stewart-Sykes [2001:238-279]:
[1] Die skolastiese siening van die Kerk in Klein Asië het prominensie
begin kry as ‟n manier om die woord te bedien en profesie is dus tot „n
mate vervang met prediking.
[2] Christen gemeenskappe het gevoel dat hulle in die Skrifte beide
profesie en vervulling kry en werklike Heilige Gees gedrewe profesie het
begin kwyn.
[3] Biskoppe het die intellektuele leiers geword en in konflik gekom met
plaaslike Christene wie gewoond was aan geesteservarings.
[4] Die beweging na kanonisering het ontstaan as gevolg van die feit dat
klem gelê was op die skolastiese denkrigting van die Kerk en dit het
opposisie geraak vir mondelinge profesie.
[5] Toe die Kerk in die derde eeu na Christus byna heeltemal
oorgeskakel het na die skolastiese idee het dit die gesproke profesie
finaal vervang en dialoog het gedraai na monoloog in die Kerk.
Volgens Witherington [1999:393-395] was die Montaniste die laaste
Geesgedrewe beweging in die Vroeë Kerk. Hulle was charismaties en het in
42
opposisie gestaan met die idee van „n instelling met „n outoritêre styl en
rigiede struktuur. Die negatiewe reaksie van die Ortodokse deel van die kerk
en die vreemde openbarings en uitsprake van sekere van die Montanistiese
profete het dan profesie heeltemal uitgefaseer. Uiteindelik is die Montaniste en
profesie selfs verdoem op die sinodes van Asië in 200 n.C. Tog het profesie
nie algeheel weggeraak nie want ons hoor nog van „n dame met die naam van
Myrta wie profesie bedien het in die huis van Epiphanus te Korinthe [ Stewart-
Sykes, 2001:132].
4.2. Inhoud van Profesieë in die Vroeëre Kerk.
Profesieë van Hermas en sy tyd [A.D. 150]: Hermas het visioene gehad
van „n boek, „n toring en „n bees, wat hy profeties geïnterpreteer het. Hy
het dit verwerk tot „n geskrewe vorm en gesirkuleer aan die gemeentes
[Vis.4.1.1. in Witherington, 1999:371-375]. In Mandaat 7:1, 2, 4 vind ons
„n voorbeeld van sy profesie wat in vrye vertaling lees: “As jy die
gebooie van God hou, sal jy sterk wees in alles wat jy doen. As jy God
vrees sal jy alles goed doen. Dit is die vrese wat jy moet hê om gered te
word. Vrees nie die duiwel nie. As jy die Here vrees sal jy krag oor die
duiwel hê want in hom is geen krag nie. Waar daar nie krag is nie, is
geen vrees nie . . . so vrees die Here en leef vir Hom. Wie Hom vrees en
sy gebooie hou, sal lewe vir God”. [2001:109]. Aune [1983:299-310]
verwys na ander profesieë van daardie tyd in Vis. i-iv wat nadat dit vry
vertaal is so lees: “Maar sê vir Maximus, kyk, vervolging kom . . .”;
“Maar ek vermaan jou, Hermas, met die woorde wat ek oordra aan jou;
spreek dit tot al die heiliges dat hulle kan hoor en gereinig word van
hulle booshede; luister na my, my kinders . . .” ; “Nou praat ek met die
leiers van die kerk en hulle wat voor sit; moenie wees soos die
waarsêers nie . . . julle is hard van hart en wil nie jul harte reinig nie.
Neem jul wysheid in „n rein hart sodat julle genade by die groot Koning
kan kry.” In Mandaat [xii, 4, 5-7] lees ons ook wanneer vry vertaal:
“word bekeerd, jy wat wandel in die gebooie van die duiwel, wat moeilik
en bitter en wreed en vuil is” ; “en Ek was gestuur om met julle te wees
wat jul bekeer met jul hele hart en julle te versterk in die geloof”;
43
“Luister na my en vrees Hom wat krag het om te red en te oordeel en
julle sal lewe tot God”.
Profesieë van Myrta [2 n.C.]: Stewart-Sykes [2001:133] meld dat in “Acta
Pauli 1, 2, 13” word vertel hoe die Gees op Myrta gekom het en hoe sy
profeteer het: “Broeders, hoekom is julle verwonderd oor hierdie teken?
Paulus, die dienskneg van God, sal baie red in Rome en baie voed met
die woord sodat daar nie ‟n getal sal wees om te tel nie, en hy sal
manifesteer bo alles onder die getroues en groot heerlikheid sal oor
hom kom sodat groot genade in Rome sal wees” [Vrye Vertaling].
Daarna is die profesie blykbaar gevolg met vele bevestigings deur van
die ander mense teenwoordig.
Profesie van die profetes Prisca [2de eeu]. Volgens Witherington
[1999:388] profeteer sy dat ‟n heilige prediker moet verstaan om
heiligheid oor te dra, want as iemand se hart reinheid voortbring, sal
hulle visioene helder kry soos dit gestuur is.
Celsus [2 n. C.] profeteer volgens Aune [1983:239] dat mense wie toe
aanbid het geseënd sou wees. “God sal ewige vuur werp op die res,
beide in stede en plattelandse plekke. Almal wat weier om te glo in die
straf wat vir hulle wag sal tevergeefs bekeer in angs, maar God sal hulle
bewaar wie deur Hom oortuig is”.
Ignatius [117 A.D.] het volgens Aune [1983:239] profeteer dat die
toehoorders ag moes gee op die Biskop want dan sou God ag gee op
hulle.
Melito [A.D. 190] profeteer asof Christus deur hom spreek en sê [Vrye
Vertaling]: “Ek is Christus. Ek is die Een wat die dood vernietig en die
sterk een bind. Daarom kom na my al die families van mense . . . en
ontvang vergifnis van julle sondes”.
Didache 11 &12. [Aune, 1983:310] vermeld „n profesie wat as dit vry
vertaal sou lui: “Wie ook al sê in die Gees: „gee vir my geld‟ [of iets
anders], jy sal nie luister na hom nie; maar as hy sê: „gee aan ander wat
behoefte het‟, laat niemand hom oordeel nie.”
Epiphanius in Migne, PG, xiii, 261.13 [Aune, 1983:312] vertel dat toe die
stad op die punt was om deur die Romeine ingeneem en verwoes te
44
word, was daar „n profesie dat die dissipels moes vertrek; wat hulle toe
ook blykbaar gedoen en na Pella gegaan het.
Gregory [2005] verwys na die “Epistle of Barnabas” 4.9b [gedateer
tussen 90-130 A.D.], wat „n profesie bevat wat lui [Vrye Vertaling]:
“Verhoed gedrag wat die binnekoms van die bose toelaat”.
Polikarp, dissipel van Apostel Johannes het geprofeteer [Phil. 5.3. in
Hartog, 2002:89, 90]: “Wie ook die boodskappe van die Here verdraai na
hul eie luste, is die eersgeborenes van satan”.; “Wag in gebed en
volhard in vasting”. ; “Laat die jonger manne vlekkeloos wees in alles,
en leef rein en bly weg van alle boosheid, want dit is goed om afgesny te
wees van die begeerlikheid van die wêreld, want elke slegte begeerte
voer oorlog teen die Gees en geen hoereerders of sodomiete sal die
koninkryk van God ingaan nie; asook nie hulle wat ongeregtigheid doen
nie” [Vry Vertaal].
5. DIE RELEVANSIE VAN DIE PROFETIESE AMP VIR VANDAG.
5.1. Bybelse Perspektiewe.
Die Apostel Paulus verklaar onomwonde: “Want die genadegawes en roeping
van God is onberoulik” [Rom.11:29]. Die New International Version vertaling
lees: “irrevocable” [“kan nie teruggetrek word nie”]. Die Amplified Bible lees:
“He never withdraws them once they are given . . .”
Petrus het dit op Pinksterdag beklemtoon: “ . . . is vir julle; jul kinders en
almal wat daar ver is, die wat die Here onse God na Hom sal roep”. Daar is met
ander woorde geen verval datum nie [Hand. 2:38, 39].
Volgens die Nuwe Testament het God die profete en die ander Heilige Gees en
genade gawes in die Kerk gestel [1 Kor. 12:4,10 ; 14:1&39; Efes. 4:11-13] met
die doel om die Kerk te seën, te bou en te stig. Ons lees nêrens dat dit onttrek
is, of sou word nie. As God profete en leraars gegee het [soos verklaar in Efes.
4:1] sou Hy beslis nie die profete mee laat wegdoen het en nie die leraars nie.
45
Die Boek Openbaring bewys dat profete en profesie in die Kerk era sal
voortbestaan tot die einde toe [Openb. 1:3; 19:7; 11:3; 18:18, 20; 22:9].
5.2. Die Behoefte aan Profete/Profesie in die Kerk van vandag.
Die behoefte aan die Profetiese Amp in die kerk word deur verskeie kerkleiers
bevestig:
Gee [1941] Kerkleier in Engeland: “arising from a belief in the
restoration, or continuance of the manifestations of the Spirit occurring
at the baptism in the Holy Spirit, is the logical expectation that the
following supernatural gifts that operated in the Early Church may also
be enjoyed today. They included . . . prophesying, healing, visions, etc.”
Hy skryf voorts: “great leaders of Christian thought and work, like John
Wesley, William Booth, and others have fearlessly placed on record their
personal conviction that the manifestations of the Spirit are highly
desirable, and that the Church only ceases to enjoy His gifts through
their own lukewarmness and unbelief, and not because God arbitrarily
withdraws them as unnessary today” [bl. 10].
In 1965 skryf Ds. Gustav Bam [NG Kerk]: “die Gees van God moet van
ons besit neem” [bl. 39]; en vra: “Het dit Pinkster geword in u lewe en in
u gemeente ? . . . Ken ons Hom [nou] in Sy Pinksterwerkinge . . .?” [bl.
93].
Lindsay [1968:3] verklaar: “congregations which do not have prophecy
are missing something vital to their worship”.
In “Profesie in vervulling‟ skryf David du Plessis [1977] hoe God hom
geroep en gebruik het, eers in Suid Afrika en later oorsee i. v. m die
Wêreld Pinkster beweging en dat daar selfs skakeling met die Pous was.
Panagopoulos [1977:57] skryf: “This [prophetic] ministry, so important
in the early days . . . may in the grace of God once again be used to
build up Christ‟s Church”.
46
Hill [1979:203] noem dat: “The Church in the twentieth century needs the
benefit of spiritual gifts”.
Overholt [1989: 165] skryf in “Prophecy today” dat: “all the talk of its
demise, the notion of prophecy is by no means absent from
contemporary Christian discourse. Paul Hanson claims that prophetic
activity is recognisable in the early Church, at the time of the Protestant
Reformation, and even today.”
Corbett [1980:13, 17] sê: “the world needs the voice and the act of the
prophet. Every Church should be a prophetic community”.
Sumrall [1993:236] voeg by dat: “God does have prophets today”.
Joyner [1997:197] sê: “the prophetic ministry is now being restored to
its proper place in the body of Christ”.
König [2004:34] skryf dat in die Pinkster-charismatiese tradisie sowel as
in sommige Afrika onafhanklike kerke is die gawe van profesie nog baie
lewendig.
5.3. Hoe die Profetiese Gawe in die Kerk funksioneel moet wees.
Dit moet dien tot stigting, troos en bemoediging – 1 Kor. 14:3.
Dit moet verstaanbaar wees – vers 9.
Vir lering –vers 19.
Dit is vir gelowiges [vers 22], ook vir ongelowiges of onkundiges
[besoekers] in die gemeente om hulle te oortuig deurdat die geheime
van hul harte geopenbaar word – verse 24, 25.
Dit moet „n openbaring behels of bevat – vers 26.
Dit mag beoordeel of “geweeg” word – vers 29.
Almal moet geleer en bemoedig word daardeur – vers 31.
Die profetiese gees is onderworpe aan die spreker en hy kan swyg as
nodig – vers 32.
Alles moet welvoeglik en ordelik bedien word – vers 40.
Sonder liefde is profesieë nutteloos [1 Kor. 13:2].
47
Ander kundiges se menings oor die funksionaliteit van die profetiese
bediening behels:
Williams [1972:13-16, 71] noem dat die charismata nie net op „n patroon
werk of geprogrammeer kan word nie. ‟n Stewige voorbereiding vir die
operering van die gawes is „n gesuiwerde hart.
Smith [1983:117] erken: “As God met ons praat deur „n gawe van die
Gees, is dit gewoonlik deur profesie, of „n woord van wysheid, of
kennis.”
Gee [1941:165] verklaar: “the gifts of the Holy Spirit . . . imparts a life, an
inspiration, a comfort, a joy, a strength, an unity, and a love which is of
heaven itself.”
Gillespie [1994:56, 57] voeg by: “Prophecy is qualified by the depth of
the prophet‟s believing and trusting in God, his dependence on God . .
.”; “Authentic prophecy bears witness to the reality and meaning of the
Lordship of Jesus in accordance with the salvation event.”
Käseman [in Gillespie,1994:104] sien dit so dat: “the test of a genuine
charisma lies in the fact that something supernatural occurs”.
Williams [1972:31], „n Presbiteriaanse predikant meen: “Prophecy
signified immediacy of address . . . from God to man . . . the „extra-
rational‟ again occurred, for the words spoken by prophecy came by
direct inspiration of the Holy Spirit:He provided the message . . .”.
Voorbeelde van egte profetiese bedienings in ons tyd.
Overholt [1989:171] verwys na die boek, “The Vision” van David
Wilkerson as ‟n voorbeeld van geskrewe profesie in ons tyd.
Gee [1949: 225] skryf dat die hele bediening van Smith Wigglesworth al
die kenmerke getoon het van „n Nuwe Testamentiese profeet.
Bartleman [1980:16-174] skryf van gebeure in Los Angeles, 1906-1925,
o.a. hoe „n sekere Pastoor Smales geprofeteer het en alles in vervulling
gegaan het.
48
Hagin [1975:1] skryf van die egtheid van profesie in sy bediening en wat
hy as gevolg daarvan ervaar en aanskou het.
Sumrall [1993:235] beskryf breedvoerig die wonderlike profetiese
bediening van Howard Carter.
Burger [1987:248] meld die naam van Mara Fraser, stigter van die Spade
Reën Kerk wat profesie bedien het en sondes geopenbaar het.
Van Den Berg [2005] noem enkele ondervindinge uit sy eie lewe m.b.t.
profesie in die meer as veertig jaar in die bediening.
- Hy noem die naam van „n ene Past. C J. Prinsloo [1939-78] wie die stigter
van die Lede In Christus Kerk was. Past. Prinsloo het plaaslik en
internasionaal bedien en wêreldwyd gemeentes geplant. Dr. Van Den
Berg vertel hoedat, tydens „n tentveldtog te Messina, deur Past. Prinsloo
profeteer was in Pretoria dat die evangelisasie tent in Messina dadelik
moet afkom want anders sal „n storm dit verwoes. Op daardie stadium
was daar geen teken „n enige storm in Messina nie. Toe die tent egter
afgeslaan was, het „n geweldige storm Messina getref en baie skade
aangerig. Past. Prinsloo het ook in profesie aan Dr. Van Den Berg van „n
“hy” gepraat aan wie Dr. Van Den Berg se vrou geboorte sou skenk. Op
daardie stadium was dit egter medies gesproke onmoontlik dat sy sou
kon swanger raak. Sy het egter wonderbaarlik swanger geraak en „n
seuntjie is gebore, soos die Here gesê het.
- „n Ander Internasionaal erkende Profeet en eertydse Moderator van die
Lede In Christus Kerk is Dr. Wally Frisby. Dr. Van Den Berg vertel hoedat
Dr. Frisby die September 11 terrorisme aanval op die World Trade Centre
in Amerika voorspel het.
51
7. WERKSOPDRAG.
1. Bespreek Profete en Profesie in die Ou Testamentiese Periode onder die
volgende opskrifte: (35)
1.1. Die Profetiese roeping in die ou Testament.
1.2. Profetiese Take in die Ou Testament.
1.3. Profetiese Aksies en Manifestasies in die Ou Testament.
1.4. Ou Testamentiese Styl, Vorms en Formules en Funksies van
profesie.
2. Bespreek Profete en Profesie in die Nuwe Testament en fokus op die
volgende hoofpunte: (30)
2.1. Nuwe Testamentiese Profetiese Bediening.
2.2. Profetiese Kwalifikasies, Funksies, Gebruike en Inhoud van Profesie
in die Nuwe Testament.
2.3. Kwalifikasies om „n Nuwe Testamentiese Profeet te wees.
2.4. Profetiese Funksies en Gebruike.
2.5. Inhoud van Nuwe Testamentiese Profetiese Boodskappe.
2.6. Simboliese Aksies.
2.7. Formele Karaktertrekke van Profetiese spraak.
3. Bespreek Profete en profesie in die vroeë kerk. Verwys na: (10)
3.1. Profete gedurende die Vroeë Kerk periode.
3.2. Inhoud van Profesie in die Vroeëre kerk .
4. Bespreek Profete en Profesie vir vandag. Kyk na: (20)
4.1. Die Relevansie van die Profetiese Bediening vir vandag.
4.2. Bybelse Perspektiewe.
4.3. Die behoefte aan Profete/Profesie in die Kerk vandag.
4.4. Hoe die Profetiese Gawes vandag moet funksioneer in die Kerk.
5. Deel „n getuienis oor die rol wat profesie al in u lewe gespeel het. (5)
TOTAAL (100)