piketberger november 2013

44
Jaargang 20 Nr. 10 022-913 1796 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense... www.piketberg.com R2,00 November 2013 AUTO ELECTRICAL SPECIALIST ONE STOP MOTOR PART SHOP PIKETBERG 022 913 1939 022 913 2404 Alle korrespondensie aan [email protected] Lente Bruide...p4 Piket Veteraantrekkerklub Nuus...p10 Bergrivierkoor...p18 Die Piketberger verjaar... pp20 en 21 PHS Prysuitdelings... pp24 en 26 PHS VRL 2014...p27 Unisa klavier uitslae...p28 Eisteddfod wenners...p29 ATKV Plofstof...p30 Die Piketberger 20 jaar gelede...p30 ACVV Nuus...p35 Goud vir Gimnaste by SA’s Handelsure tydens die Kersseisoen: Maandag 16 Desember: 07:30 - 20:00 Vrydag 20 Desember: 07:30 - 22:00 Saterdag 21 Desember: 07:30 - 19:00 Sondag 22 Desember: 07:30 - 17:00 Dinsdag 24 Desember: 07:30 - 21:00 Woensdag 25 Desember: Toe/Closed Woensdag 01 Januarie: 07:30 - 14:00 Hou die winkel dop vir inligting oor die opwindende laat aand kersinkopie program van 20 Desember! Kom loer gerus in en bring die jongspan! Tydens die SA Kampioenskappe vir Rit- miese Gimnastiek in Durban het hierdie groep as algehele wenners weggestap. Hierdie vier, wat elkeen ‘n goue medalje ontvang het, is Pamela Booys, Jade Wilson, Mia Oberholzer en Elné Burger. Die inlasfoto is geneem na die ontvangs van hulle goue medaljes. Hierdie gim- naste behoort aan die Reach Ritmiese Gimnastiekklub. Foto’s verskaf

Upload: piketberginfo

Post on 30-Mar-2016

343 views

Category:

Documents


19 download

DESCRIPTION

 

TRANSCRIPT

Page 1: Piketberger november 2013

1

Jaargang 20 Nr. 10 022-913 1796

Piketberg se koerant vir Piketberg se

mense...

www.piketberg.com

R2,00 November 2013

AUTO ELECTRICAL SPECIALIST

ONE STOP MOTOR PART SHOP

PIKETBERG

022 913 1939 022 913 2404

Alle korrespondensie aan [email protected]

Lente Bruide...p4 Piket Veteraantrekkerklub Nuus...p10 Bergrivierkoor...p18 Die Piketberger verjaar... pp20 en 21 PHS Prysuitdelings... pp24 en 26 PHS VRL 2014...p27 Unisa klavier uitslae...p28 Eisteddfod wenners...p29 ATKV Plofstof...p30 Die Piketberger 20 jaar gelede...p30 ACVV Nuus...p35

Goud vir Gimnaste by SA’s

Handelsure tydens die Kersseisoen:

Maandag 16 Desember: 07:30 - 20:00 Vrydag 20 Desember: 07:30 - 22:00 Saterdag 21 Desember: 07:30 - 19:00 Sondag 22 Desember: 07:30 - 17:00 Dinsdag 24 Desember: 07:30 - 21:00 Woensdag 25 Desember: Toe/Closed

Woensdag 01 Januarie: 07:30 - 14:00

Hou die winkel dop vir inligting oor die opwindende laat aand kersinkopie program van 20 Desember!

Kom loer gerus in en bring die jongspan!

Tydens die SA Kampioenskappe vir Rit-miese Gimnastiek in Durban het hierdie groep as algehele wenners weggestap. Hierdie vier, wat elkeen ‘n goue medalje

ontvang het, is Pamela Booys, Jade Wilson, Mia Oberholzer en Elné Burger. Die inlasfoto is geneem na die ontvangs van hulle goue medaljes. Hierdie gim-naste behoort aan die Reach Ritmiese

Gimnastiekklub. Foto’s verskaf

Page 2: Piketberger november 2013

2

Redaksioneel

Teken in op Die Piketberger teen R99 vir 11 uitgawes per pos in RSA. Lees op www.piketberg.com

Redaksie ([email protected])

Berigte en foto’s: Marietha Goosen 022-913 1796

Advertensies:

[email protected] of sms 079 496 2719

Uitleg:

Barbie Breunissen 022-913 3873 n/u

Redaksioneel geborg deur Dr. Herold Truter

Volblad: R450 Halfblad: R300 Kwartblad: R200 Agsteblad: R140

Ander groottes op aanvraag.

Barbie Breunissen Marietha Goosen

Briewe van ons lesers... Alida (Liebenberg) Meyer van Jeffreysbaai skryf... Wat 'n heerlike voorreg om 'n paar ou uitgawes van Die Piketberger onder oë te kon kry. Dit doen 'n boorling van die Rooi Karoo so goed om te lees wat alles by die "huis" gebeur. Dit laat my trots en dankbaar my wortels onthou. Wat my altyd opval wanneer ek op Piketberg kom, is dat dit 'n skoon dorp is, dit sê so baie. Doen so voort. Al die arbeid is nie verniet nie. Baie geluk met 20 jaar se goeie nuusgewing. Ek wens julle koerant nog baie jare van goeie diens aan die gemeenskap toe.

Swartkat skryf… Ek is nie 'n gebore Piketberger nie, maar kom ook van 'n dorpie van min of meer dieselfde grootte. Maar hier op Piketberg werk dinge bietjie anders. Soggens as ek werk toe ry, is daar byna nie 'n mens wat kop knik, of arm lig, om "Môre!" te sê nie, ten spyte van die feit dat ek jou nie ken nie, en jy ook heel waarskynlik my nie ken nie. Jy wat groet, ek weet nie wat jou huislike omstandighede is nie. Ek weet nie of jy vanoggend 'n geldjie in jou beursie het om iets te koop om te eet va-naand nie. Maar wat ek wel weet, jy het "Môre!" gesê, en met ietsie so klein, het jy erkening gegee aan my bestaan. Mense verwys so mildelik na 'klein dorpie sindroom'... en ek hoor jou as jy dit sê, en ek verstaan waar jy vandaan kom, maar kom ek sê jou... ons is SO bevoorreg op die platteland, dat ek dit nie genoeg kan beklemtoon nie. Dinge is net soveel anders in die stede! Die feit dat ek nie juis by my bure kuier nie, beteken nie dat ek nie van hul hou, of enige tyd welkom is in hul huise is nie (en ek weet dit vir 'n feit). Ek weet van soveel mense wat in die groot stede bly wat my stelling sal teenstaan en sê: "Dit waarvan jy praat, kry jy in die stad ook. Ek ken ook my bure 'goed', en ek is ook altyd welkom in hul huise..." Maar wat hierdie span gewoonlik versuim om te noem, is dat hul in hul eie "glorified" tronke bly. In my geestesoog sien ek saans daardie einste span se "lock-up" ritueel, en hoe die "lazers" wat as alarm om hul huise dien, sigbaar word in die donkerte van die nag. Ek sê jou, ons erwe is oop op Piketberg, en vir my is dit 'n teken dat ons huise (of te wel dan ook ons harte) oop is vir ons medemens. Hierdie "oop vir my medemens", is oral sigbaar in Piketberg. Elke ou/vrou op straat het daardie onmisbaar menslikheidsfaktor om erkening te gee aan sy mede-mens se bestaan. My bure weet, ek speel "big brother" op hul huisie - en dis nie omdat ek spioeneer nie. Hulle is deel van my lewe, selfs al lewe ons in verskillende wêrelde. Dis maar my vreemde manier van omgee. So hierdie is my eerste brief aan julle Piketberg. Dankie! Dankie! Dankie! Dankie vir elke Piketberger! Dankie vir die onvervangbare rol wat jy in die bestaan van hierdie plattelandse dorpie speel. Swartkat het nie gereageer op die Redaksie se versoek om hom- of haarself (konfidensieel) te identifiseer nie daarom sal ons dit heroorweeg om verdere briewe te plaas. —Red.

Die Afrikaner, Die Barrydaler en Die Piketberger Wat het Die Afrikaner, Die Barrydaler en Die Piketberger in gemeen? Al drie was en/of is dorpskoerante met 'n positiewe strekking. Natuurl ik is daar waarskynlik meer voorbeelde, maar hierdie drie se bestaan hou direk verband met mekaar. Aan die meeste van ons lesers is dit nou reeds bekend dat Pierre Steenkamp, wat in 1993 skoolhoof geword het, 'n dorpskoerant op Barry-dale, sy vorige dorp begin het. Hy het met dieselfde konsep hier gewerk en die personeel van PHS, half teen hulle sin, opdrag gegee om adverteerders te werf vir 'n soortgelyke koerant op Piketberg. My waardering en respek vir dié span neem steeds toe, aangesien hulle vasgebyt het en ten spyte van 'n vol pro-gram, buitemuurs, voorbereiding en nasienwerk, knap werk gedoen het. En natuurlik die eerste adverteerders, wat sonder enige waarborg, 'n geloofstree gegee het en hand in die sak gesteek het om as adverteerder of borg op te tree - sonder julle ondersteuning sou dit nie kon gebeur nie. Op die 20ste verjaars-dagfunksie het ons op 'n beskeie manier erkenning gegee aan vyf persone wat sedert die eerste uitgawe ononderbroke, tot en met die nuutste uitgawe, borg of adverteer: Drs Smit en Morri-son, Dr Scheepers, Wolf Liebenberg van Liebco Vleishande-laars en André Kennedy van Midas. (Ek kon nie help om te wonder waar was Spar dan? Tot ek teruglees en agterkom dit was net mooi die tyd toe hulle getrek het van die perseel op die hoek van Voortrekker- en Hoofstraat, waar Piketberg Cash and Carry nou is, tot op die huidige perseel.) Sedertdien is Spar, wat nou Boland Superspar is, ook 'n gereelde en lojale ad-verteerder. Waar pas Die Afrikaner dan in? Dr Morrison vertel my dat hy op die skoolkomitee was tydens Pierre se aanstelling, en in die lig van Die Barrydaler, vir Pierre gevra het om 'n dorp-skoerant te begin. Hy vertel dat hy op Cradock grootgeword het en daar Die Afrikaner geken het en eerstehands beleef het hoe baie dit vir 'n gemeenskap beteken. En net daar raak ek opge-wonde oor die baie dorpskoerante wat nog kan ontstaan danksy mense se positiewe belewing van Die Piketberger. Na wat vern-eem word, het Die Barrydaler nog bestaan vir drie maande na Pierre se vertrek...... met Die Piketberger se verjaarsdag was dit net mooi drie maande nadat Pierre finaal verhuis het.....maar ag wat, ons gaan maar eers aan! November 1993 se uitgawe was 20 bladsye waarvan 8 bladsye advertensies was. In die 12 nuusbladsye was daar slegs 5 foto's. Die uitgawe waarmee jy nou in jou hand sit, is 'n lywige 44 bladsye - die dikste een ooit. Ons bedank elkeen wat nuus maak, nuus stuur, foto's neem en adverteer. En o ja, dis 'n goeie tyd om die groot nuus bekend te maak - vanaf Februarie 2014 sal Die Piketberger verkoop word @ R5. Mag die Here se genade en seën altyd op die koerant en sy Redaksie wees, want daarsonder stel ek nie belang om aan te gaan nie. Marietha

Page 3: Piketberger november 2013

3

Page 4: Piketberger november 2013

4

Klere vir die vrou met

eksklusiewe smaak

Winkel 022-913 2418 022-942 1787

Riana Smit 022-942 1787 082 921 1977

Nuwe Somervoorraad

beskikbaar

Lente bruide

Johanet de Villiers en Willem Smit is op 5 Oktober in NG Kerk Eendekuil in die huwelik bevestig deur Ds Frik Louw. Die onthaal is gehou by Piekenierskloof

Lodge. Vir die bruidegom se ma, Petro Smit, was dit baie spesiaal, want sy het ook die 5de verjaar, dus het

sy 'n nuwe dogter gekry vir haar verjaardag! Iemand het daar gesê: as Willem ooit hierdie datum

vergeet, sal hy dubbeld in die moeilikheid wees! Hilde en Hein, Tertius en Petro se dogter en skoon-seun was op 3 Oktober 4 jaar getroud. Oktober is ‘n

maand om te vier vir die Smitte van Kruisrivier, Eendekuil.

Foto: Charlene Hall Fotografie

Stiaan Liebenberg en Adel Bakker is op 14 September te Lambertsbaai getroud.

Foto: Elmarie Louw Fotografie

Pieter en Carli Broodryk is op 1 September getroud te Kakamas. Pieter is werksaam te Goede Hoop Sitrus

in Citrusdal en het dié twee ook nesgeskop op Citrus-dal. Carli is sedert September 2010 as prokureur in

diens by Jan Ellis Ingelyf. Tans beman sy ook ‘n kan-toor vir Jan Ellis Ingelyf op Citrusdal. Carli is tans in

die proses om geakrediteer te word as Mediator by FAMAC.

Foto: Visual Candy Photography (Michelle Hendriks)

Stuur u troufoto’s na [email protected]

Page 5: Piketberger november 2013

5

Page 6: Piketberger november 2013

6

Uit die kantoor van die

Munisipale Bestuurder...

Hanlie Linde

Kekkel & Kraai

Langstraat 79, Piketberg 022 913 2297

Baie dankie vir almal se posi-tiewe reaksie op verlede maand se inligting oor die vaste afval en herwinning in Piketberg. Dit is lekker om te sien dat Die Piketberger van hoek tot kant so wyd gelees word. Hierdie maand praat ons oor Piketberg se water. Verlede Saterdag staan ek in die ry in SPAR en wag om te betaal. (Ja, ek het nog nie geleer om die winkels te vermy op ‘n Saterdagoggend nie!) Voor my staan twee Duitsers wat in Aurora woon. Hulle hele winkeltrollie is vol gelaai met 2 liter bottels drinkwater. Seker maklik 10 pakke van 12 bottels elk. Die kassier lyk minder geskok as ek en ek besef dit is ‘n gereelde verskynsel. Ek vergaap my egter en knoop ‘n geselsie aan met die man. Na die tyd wonder ek of daar ander inwoners van ons area is wat ook drinkwater koop omdat hulle nie die feite oor ons water ken nie. Die kort en die lank is: ons water is skoon, gesond en heerlik en niemand hoef gebottelde water te drink nie. Die drinkwater in Piketberg is afkomstig van twee bronne, naamlik die Bergrivier (90%) en die Voëlvlei spruit (10%). Piketberg het ‘n groot watersuiweringswerke op die Berg-rivier onder Org de Rac Wynlandgoed. Hier gaan die rou-water deur verskillende prosesse om te verseker dat die water geskik is vir menslike gebruik. Flokulante word by-gevoeg om die klein partikels wat in oplossing is by-mekaar te bring, sodat dit verwyder kan word. Geak-tiveerde koolstof word bygevoeg om die smaak en reuk aanvaarbaar te maak. Die water word besink en partikels word in sandfilters verwyder. Kalk word bygevoeg om die ph te stabiliseer. Laastens word chloorgas toegevoeg om die water te ontsmet van enige bakterieë. En jy het gedink jy drink net water! Vanaf die suiweringswerke word die water deur twee pompstasies tot in die opgaardamme gepomp vanwaar dit graviteer na die eindverbruikers. Hierdie hoëdruk-pompe se lewering vind plaas teen 25 Bar (dit beteken die pomp kan die water 250 meter in die lug in op pomp). Die stoorkapasiteit van die twee opgaardamme is vol-doende om die dorp van water te voorsien vir twee dae indien probleme by die suiweringswerke of pompstasie ondervind word. (Wie van ons onthou nie nog einde Januarie 2013 se water-krisis nie!) Die bergagtigheid van ons dorp veroorsaak baie fyn berekenings en planne om die regte druk in die water te kry op al die verskillende vlakke van Piketberg. Die watergehalte van ons drinkwater word deur wet-gewing gereguleer en alle drinkwater word maandeliks deur ‘n onafhanklike laboratorium getoets om te verseker dat die water op standaard is. Die Weskus Distriksmunisi-paliteit doen ook gereelde toetse wat verseker dat bak-terieë in ons drinkwater nie die aanvaarbare norms oor-skry nie. Watervoorsiening in alle munisipaliteite word jaarliks geëvalueer deur die Departement van Waterwese. Ower-hede wat aan die hoë standaarde voldoen (95%), word met bloudruppelstatus beloon. Indien die netwerk nie ‘n bloudruppel ontvang het nie, beteken dit nie dat die water onveilig is nie. Die fisiese gehalte van die water is slegs 30% van die kriteria. Piketberg se watergehalte slaag

maandeliks alle chemiese- en mikrobiologiese toetse (behaal bo 95%). Die res van die kriteria is admini-stratiewe funksies, aantal operateurs per werke beskik-baar en die implementering van meester- en veiligheids-planne. Piketberg is eers sedert 2010 geëvalueer vir bloudruppelstatus en het 68,8% behaal. In 2011 is verbe-ter na 87,5%. In 2012 het geen evaluasies plaasgevind vir bloudruppelstatus nie, en ons word gedurende No-vember 2013 geëvalueer vir die 2013 toekenning. Ber-grivier Munisipaliteit het wel bloudruppelstatus vir Porter-ville en Velddrif. Water is ‘n skaars en beperkte lewensbron. In ons area is waterskaarstes veral ‘n realiteit. Suid-Afrika kan in die nabye toekoms reeds nie genoegsame water hê om aan die menslike- en landboubehoeftes te voorsien nie. Kom ons doen ons deel en bespaar. Bergrivier Munisipaliteit doen baie goed om waterverliese te beperk. Ons staan op 10%. Dit is ver beter as die norm wat gestel word en ‘n groot prestasie. Ons waterverspreidingsnetwerk word bestuur deur toegewyde en kundige personeel in ons Tegniese Departement. Ons wens Jaco Breunissen en sy span alles van die beste toe vir die evaluering wat voorlê en die warm somer wat vinnig aan die kom is! Mag daar elke dag skoon, drinkbare water in ons almal se krane wees.

Soetrissie Hoenderkebabs

4 — 6 hoenderfilette, in blokke gesny 2 soetrissies, in blokke gesny Marinade: 125ml (1/2k) soetbrandrissiesous 15ml (1e) sojasous 2 knoffelhuisies, gekap 5ml (1t) gerasperde gemmer Voorverhit die oond tot 200°C. Ryg die hoender en soetrissies om die beurt op sosati-estokkies. Marinade: Meng alles en giet oor die kebabs. Marineer 30 minute. Pak op ‘n bakplaat en oondbraai vir 30 minute tot gaar.

Sit voor saam met broodrolletjies.

Die volgende Piketberger verskyn op 21 November.

Berigte en advertensies moet ons bereik teen Dinsdag 12 November. Stuur na [email protected]

Page 7: Piketberger november 2013

7

René op RSG Luister op 20 November op RSG na ‘n

onderhoud met René Rust van Piketberg.

022-913 2646

WEN ELKE DAG PRYSE

10 EENHEID KONTRAK

5 EENHEID KONTRAK

MAANDELIKS ETE BY SPUR

DANKIE VIR U VOLGEHOUE ONDERSTEUNING

Rory sing op Aurora 1 November

Kom geniet ‘n aand van same-syn en sang met Aurora se mense op 1 November. Rory Rootenberg vier sy tiende jaar as een van Aurora se bevoorregte inwoners, met ‘n aand van pragtige musiek en humoristiese vermaak. Hy is mees bekend vir sy rol as die “Phantom” in die Suid Afri-kaanse opvoering van Andrew Lloyd Webber se treffer

musiekblyspel “Phantom of the Opera”. Die aand sal ‘n paar musikale juwele oplewer, van ABBA tot Andrew Lloyd Webber, van Boerneef tot Brel, ‘n potpourri van ver-rassing en genot! Alle fondse ten bate van die Aurora NG Gemeente. Rory word op die klavier begelei deur die be-faamde Kaapse pianis Frieda van den Heever. Datum: Vrydagaand 1 November 2013 Plek: Aurora skousaal Tyd: 19h00 vir 19h30 Prys: R100.00 per persoon (kinders halfprys) Sluit in: Aandete en vertoning Kontak: Belia 022 952 1608 of Elmien 022 952 1773

Page 8: Piketberger november 2013

8

Riana Wium 084 2453 922 [email protected] Kerkstraat 33 Piketberg

Vyftien lede van VLV Piketberg het by die onlangse takvergadering erkenning ontvang vir getroue lid-maatskap en kentekens is as volg aan hulle oor-

handig: Agter Sandra Smit (10 jr), Ferina Visser (10 jr), Magda le Roux (25 jr) en Susan Brand (5 jr). Middel, Angeline Engelbrecht (15 jr), Sonia Richter (15 jr),

Dinette Lochner (15 jr), Martha Coetzee (50 jr), Elne Eksteen (30 jr). Voor, Stella van Niekerk (5 jr), Hepsibah Richter (50 jr), Nicoline Brown (15 jr),

Winnie Grobbelaar (30 jr), Marlize Rossouw (5 jr) en Ezette Mouton (30 jr). Foto: Riana Richter

Erkenning vir VLV-lede

Die ACVV bestuur wens die volgende borge te bedank vir hul bydrae om van Sekretaressedag 'n reuse

sukses te maak: Praktika — Hoofborg; Boland Superspar; Busta's;

Cafe Latino's; Cederberg Aqua; Dup Meubels; Eskom; Gee-C-eS; Liebco Vleishandelaars; Mountain Creek

Spur; Oregon and More; Perskepot; RNA; SAD - Albert Basson; Salon Cut Above; Salon Sanet en Winkelshoek.

ACVV sê baie dankie

Benodig Vrywilligers! Asook Skenkings van

tweedehandse komberse, handdoeke, leibande en

hondehokke of … borg ‘n sterilisasie!

Kontakbesonderhede: Minette: 079 249 1535

Beryl-Ann: 071 828 7952 [email protected]

NEDBank Piketberg SPAAR Rek: 2004892374

Hierdie advertensie word geborg deur Sam en Berenice

Scheepers

By Badisa se jaarvergadering was Hanlie Linde die hoofspreker en het oor hoop gepraat. Sy het Lee-Ann

Jaars gebruik om haar verhaal van hoop te deel. Saam met Hanlie is Lee-Ann Jaars, Irene Pickard en

Hannie Visser. Foto verskaf

Badisa se Jaarvergadering

VLV Kers-afsluitingvergadering 14 November om 14h30 in die Biblioteeksaal

Sommer net ‘n lekker potpourri-vergadering om lekker te ontspan die middag! Nuwe vriendinne baie welkom.

Skakel Nicoline Brown 082 4770 665

Page 9: Piketberger november 2013

9

Page 10: Piketberger november 2013

10

Bespreking deur dr. Margaret Mollett Oskar en die Pienk Tannie: ’n Storie van vriendskap en aanvaarding deur Eric-Emmanuel Schmitt, en uit Frans na Afrikaans vertaal deur Naòmi Morgan. Die boek is kort genoeg om sonder onderbreking deur te lees en so diep dat dit nie in ’n paar paragrawe beskryf kan word nie. Oskar is tien jaar oud, maar hy lyk soos sewe. Hy het nie meer lank om te lewe nie. Hy verloor sy stryd teen leuke-mie. Hoe gaan hy deur hierdie laaste dae kom en vrede maak met die dood? Hy is baie kwaad vir sy ouers en die dokters wat nooit met hom oor die waarheid van sy toe-stand praat nie. Maar die een persoon met wie hy openhartig kan praat is Ouma Rosa, een van die tannies in pienk oorjasse wat bedags inkom om tyd saam met die siek kinders deur te bring. Oskar is heel verbaas om te hoor dat sy op haar dag ’n rofstoeier was − die ene Wurger van Welkom. Wanneer hy ’n bietjie mismoedig voel het sy altyd van haar groot gevegte vertel. “Ek begin droom van haar gevegte; ek sien in my verbeelding hoe my vriendin in die kryt klim . . . Dit voel of dit ek self is. Ek word die sterkste van almal. Ek neem wraak.” Ouma Rosa moedig hom aan om elke dag van die twaalf dae wat hy nog gaan lewe briewe aan God te skryf. Sy stel voor dat hy maak asof elke dag gelyk is aan tien jaar, sodat hy aan die einde 130 jaar oud sal wees. So beleef die leser van Oskar se briewe die afspeel van ‘n hele leeftyd: “Vandag het ek deur my adolessensie gegaan en dit was ’n opdraande stryd”; “Wel, ek en Bettie is toe getroud. Dis die 21ste Desember, ek staan dertig se kant toe. . .”; “Dertig is nie vir sissies nie, dis net bekom-mernisse en verantwoordelikhede”; “Vandag was ek tus-sen veertig en vyftig en ek het rêrig net aangejaag…”; “Ek is oor die sestig en ek betaal ’n duur prys vir alles wat ek aangevang het …”; “Vandag is ek tussen sewentig en tagtig en ek het baie nagedink”; “Vandag is ek honderd, nes Ouma Rosa. Ek slaap baie, maar ek voel goed”; “Honderd-en-tien. Dis nogal baie. Ek dink ek begin dood-gaan.” Op Oskar se bedkassie was ’n kennisgewing : “Net God mag my wakker maak.”

Op die rakke van die Biblioteek Piket Veteraantrekkerklub Nuus

Met ‘n trekker van Moorreesburg na Walvisbaai en terug? Dit was die verhaal waarna die lede van die Piket Vet-eraantrekkerklub by hul onlangse maandvergadering ge-luister het. Teen die einde van die Tweede Wêreldoorlog het ‘n paar ondernemende Moorreesburgers onder leiding van twee Van Zyl broers wat ‘n staalonderneming op hul dorp bedryf het, dié tog aangepak en suksesvol afgehandel. Die rede hiervoor was om die wrak van ‘n gestrande vlootskip, die Outeniqua, af te takel, die staal te herwin en dit per trein na SA te stuur. Die materiaal sou hulle aanwend in hul on-derneming. Die plan was om ‘n kragparaffien trekker vir die doel te gebruik aangesien paraffien nie net baie goedkoper as petrol was nie, maar destyds ook nie gerantsoeneer is nie. Trekkers was in daardie jare uiters skaars in SWA en ‘n trekker was nodig vir die uitvoer van hul taak. Vir die tog is daar ‘n seilkap op die sleepwa gebou en die trekker is van ‘n vragmotorkap voorsien. Daar aangekom, is van die slaapkajuite van die skip gebruik om twee gerieflike woon-eenhede met slaapbanke, patryspoorte en al op die sleepwa te monteer vir die span se gerief, asook vir die terugtog. Die rit tot in Walvisbaai het 9 dae geduur en die hele onderneming byna 9 maande. ‘n Mens moet in ge-dagte hou dat die pad destyds net tot by die plaas Smitsvlei, anderkant Piketberg geteer was. As troos was daar darem ook ‘n stukkie teerpad binne-in Windhoek. Terug in Moorreesburg, is die trekker aan ‘n meulenaar op die dorp verkoop. Somertyd is dit in Yzerfontein gebruik om dryfhout te vergaar om onder meer kreef te gaan vang. Eers na ‘n paar jaar is die trekker, ‘n Farmall M - aan ‘n plaaslike boer verkoop en gebruik vir die doel waarvoor dit oorspronklik gemaak is.

Die Farmall trekker oppad na Walvisbaai. Foto en berig verskaf deur Apie Richter

Met ‘n Trekker na Walvisbaai

Twee van Piket Veteraantrekkerklublede, Izak en Schalk Smit van Citrusdal saam met Johan van Zyl, spreker, seun van een van die Van Zyl broers, en die plaaslike klubvoorsitter, Gerick Vercuiel tydens die jaarlikse Wes-Kaap en Nasionale Veteraantrekker-

skou wat beide op Villiersdorp gehou is. Foto: Apie Richter

Klavierstemmer Stem en Herstel van Klaviere

Professioneel 50jr Ondervinding

Alle Areas

Skakel Wessel de Beer 0232 320422 of 082 704 3276

Page 11: Piketberger november 2013

11

36 Kloof Street Piketberg Tel: 022 913 395

Cell: 083 381 8822 E Mail: [email protected]

IKETBERG OWER TOOLS

P

More Watts to the Power Nadat Power Tools ongeveer sewe jaar gelede begin is deur Marius Smit, het die besigheid gegroei tot 'n volwaar-dige verskaffer van veral Stihl gereedskap, maar ook Ma-kita, Maruyama, Tandem en Honda produkte. Piketberg Power Tools het 'n diens begin lewer waarsonder Piketbergers nie meer kan klaarkom nie. Die besigheid is pas oorgeneem deur Chris Watson, reeds vir die afgelope 12 jaar 'n inwoner op Piket-Bo-Berg, wat hom nou daarop toespits om in al die behoeftes rondom tuin-, ingenieurs- en boerderygereedskap te voorsien. Chris is al baie jare in besigheid veral in Kaapstad. Hy sien Power Tools as 'n nuwe uitdaging en 'n nuwe familie-besigheid vir hom en sy vrou, Fei en hulle vier maande oue babaseun, Carlisle. Power Tools doen verkope van gras-snyers, “weed eat-ers”, kettingsae, bore, “angle grinders” en draaisae, met al die nodige toebehore soos olie, lemme, nylon, vonkproppe, ens. Power Tools is trots op hulle na-verkoop diens, wat veral die di-ens van gereedskap en die her-stel daarvan insluit. Wally Dirks is die man wat na die diens en herstel omsien. Winskope, waarborge en flinke diens is ook altyd deel van 'n voortreflike be-sigheid. Chris kan gekry word by die Kloofstraat ingang van Van Niekerk Ingenieurswerke, reg oorkant Kaap Agri se Kloofstraat ingang. Wanneer u by Van Niekerk se terrein indraai, is Power Tools die eerste gebou links.

Chris, Fei en Carlisle Watson. Foto’s: Marietha Goosen

Wally Dirks

P T

Page 12: Piketberger november 2013

12

deur Jannie Lategan

Piketberg met sy ryke verskeidenheid Snaaks, maar dit is juis èèrs wanneer die toeris of besoeker van ver, die vraag vra of ons bewus is van die ongelooflike omgewing en natuurskoon waarin ons woon dat daar 'n

bewuswording kom en daar begin word om dit te beaam en bestekopname te doen van wat ons dorp en omgewing inder-daad bied. Daar is 'n ryke verskeidenheid van alles en nog wat in ons omgewing. Skielik kyk mens opnuut na die wuiwende koring en kanola lande wat veral na milde reëns vanjaar baie groot belofte inhou. 'n Mens voel verleë dat jy eintlik eers daarop gewys moet word voordat jy opnuut na die ongelooflike idilli-ese omgewing kyk. Nou sien jy die dorp Piketberg genestel aan die voetheuwels van Piketberg, die uitsig oor die vlaktes heen na Porterville is betower-end en jou oog val vas op die sneeubedekte bergpieke. Die kronkelende Versveld-pas, neem jou na die bo-berg wat 'n verruklike en panoramiese uitsig bied en aan die slim fotograaf al die opsies gee om die mooiste, maar mooiste natuurfoto’s te neem. Die netjies versorgde vrugteplase met sy verskeidenheid van kernvrugte dra 'n besondere bekoring. Rig jou visier na die weste, en die see wuif aan die weskus op die gesigseinder. Met die ondergaande son, verkleur die sneeubedekte berge by Porterville in pienk-pers. Die son wat die aarde aan die Weskus verlaat, laat 'n reënboog spel van kleur. Op die hori-son is daar 'n wolkekolom wat nog reën voorspel, groet vir oulaas die dag. Piketberg beleef ‘n ongelooflike goeie winter seisoen en die natuur weerkaats dit in die dartelende groen en geel op die wuiwende lande en die mens staan net stil en adem dankbaar hierdie wonder van God se genade. Sprakeloos, maar on-gelooflik bly sien die mens die natuur LEWE. Daar waar eers niks gegroei het nie, daar staan nou graan in blom. Ryke verskeidenheid, daar is eenvoudig té veel om aan die toeris te vertel, maar oral word die ontwaking van nuutheid beleef. Inwoners maak hulle tuine en huise netjies. Kun-stenaars kry nuwe materiaal en kan daarvan op doek vertel. Talle kunstenaars van wêreldklas vestig hulle in Piketberg en omgewing en ons kan deur hulle oë die mooi in alles sien. Piketberg se mense leef liefde uit en mens kan die gulheid waarmee mense groet en terug groet in almal sien. Daar is verdraagsaamheid en mededeelsaamheid. Daar is geduld en daar is vrede. Straks het die natuur en die kom en gaan van seisoene daarmee te make, maar daar is 'n aansteeklike har-tlikheid. Van seisoene gepraat, Piketberg beleef soms vier seisoene in een dag. 'n Goue môrestond, gevolg deur saampakkende on-weerswolke, die uitstort van reën waarvan die wolke oorloop en dan net daarna, die heerlikste sonskyn. Die goeie oesvooruitsigte laat die besighede bloei. Die kerk-kore sing vreugdevol en geesvervullend en elke denominasie vind sy nis. In die ryke verskeidenheid van kultuur en verskille, is daar uiteindelik die gevoel van samehorigheid en “behoort tot”. Mense span saam om 'n doel te bereik en die betrokken-heid is wyd sigbaar. Daar is 'n jaloerse onbeholpenheid by die toeris te bespeur, toe daar eers goed nagedink is oor wat hierdie plek bied, dat dit nie moeilik is om hom te oortuig om die museum te besoek wat die geskiedenis van Piketberg in perspektief uitbeeld en om óm die berg en voorlangs te loer na die netjies versorgde tafeldruif blokke nie. Talle daar buite, het juis hier aan die voet van die berg hulle skool grondslagfase beleef en hier geleer om lief te hê! Die besoeker word verseker, dat dit nie spogwoorde is nie, maar woorde van trots is, as ons oor Piketberg en sy hartlik-heid praat! 'n Tarentaalpaartjie, wat hier en daar in die dorp waargeneem word, gaan ongestoort hulle gang en gee 'n sna-akse krasgeluid as hulle betrap word dat dit al slapenstyd is en hulle nog nie by hulle boom is nie.Die suksesvolle mense in

uitsoekposte in die breër wêreld daar buite, het juis hier aan die voet van die berg hulle skool grondslagfase beleef en hier geleer om lief te hê. Die besoeker word verseker, dat dit nie spogwoorde is nie, maar woorde van trots is, as ons oor Piketberg en sy hartlikheid praat. 'n Tarentaalpaartjie, wat hier en daar in die dorp waar-geneem word, gaan onverstoord hulle gang en gee 'n snaakse krasgeluid as hulle betrap word dat dit al slapen-styd is en hulle nog nie by hulle boom is nie. Die Hadida groet vriendelik in sy verbyvlug met sy gebreekte stem op pad huis toe die nag in. Môre groet die goue môrestond weer sodat elkeen sy lewe kan leef...en 'n nuwe toeris en intrekker kan verwelkom!

Klub kuier by Babylonstoren

Vier van die groep van 16 tuinboulede wat Babylons- toren, naby Franschhoek, besoek het. Van links is

Rita Esau, Elmien Uys, Biddy Langenhoven en Carina Kennedy. Foto: Katinka Morrison

Die afsluiting van die Blom- en Tuinbouklub op Woens-dag, 6 November, is ‘n geleentheid wat nie gemis moet word nie. David Davidson, een van die ontwerpers van die jaarlikse uitstalling van Suid-Afrika by die Chelsea- blommeskou in Londen, die uitstalling het hierdie jaar sy 33ste goue medalje gewen, kom praat oor sy ervarings by die skou. Hy gaan 'n skyfievertoning hou van die prag-uitstallings daar asook interessante staaltjies vertel van al sy ondervindings tydens die skou. Die afsluiting word gehou op Hebron Landgoed, Piket-bo-berg. Tyd 09:00 vir 09:30. Koste R80 per persoon, sluit verversings in. Kaartjies beskikbaar by die biblioteek en komiteelede van die Blom- en Tuinbouklub. Kom geniet ‘n heerlike bederf-oggend in die natuur.

Gewaardeerde Diens Sonia Lambrechts skryf… Toe ek nog nie so lekker "mobiel" was nie, het ek 'n nuwe bankkaart nodig gekry. Groot was my verbasing (en waardering) toe een van die bankklerke met al die vorms wat ekself moes teken tot by die motor kom. Binne 'n paar minute was die nuwe kaart in my hande. Dankie Absa. Verlede week was ek op soek na 'n spesifieke boek by die biblioteek. Gou het die dames daar uitgevind wie die boek uitgeneem het en of dit klaar gelees is. Daardie mid-dag net na twee staan Gerna met die boek in haar hand by my voordeur! Sulke diens kry mens maar net op die platteland!

Page 13: Piketberger november 2013

13

Kerkstraat 45 Piketberg

022 913 3903

R9-20

R42-80 R10-80

R16-00

Yogueta stokkielekkers x 48

Volroom Melk 1 liter

R6-50

Krag en selfoon lugtyd ook beskikbaar

R20-25

Sweets Mania

Bar-One Mini x24 Fruit Plus 100’s

Funny Faces x72 Yo-Yo bubblegum x 144

R37-90 Party Packs

Toffies x 50

R6-50

Terwyl voorraad

hou

Ontmoet mekaar by

Mrs Bean Coffee Shop

vir ‘n potjie SKAAK, RUMMICUB OF

KAARTSPELETJIES

TARIEF: Bestel enigiets vanaf die Spyskaart

08:30—17:00 Kerkstraat 45, Landbouhuis, Piketberg

Tel. 022 913 3212

(Speletjies word verskaf)

Page 14: Piketberger november 2013

14

Wat sê die reg?

Christelle de Villiers

Skenkingsbelasting

Die volgende Piketberger verskyn op 21 November

Berigte en advertensies moet ons bereik teen Dinsdag 12 November

Betrekking Aangebied Halfdag huishulp, 3 dae per week.

Moet kan stryk en kook. Geen naweke.

Kontak asseblief 082 780 8698

OU KLERE GESOEK

Ons soek asseblief OU KLERE of KLERE wat u NIE meer DRA nie. Dit word uitgegee aan behoeftige

persone. Kom laai asseblief af by Shofar Kerk, Kerkstraat,

Piketberg (skuins oorkant die Polisiestasie). "O God, I have tasted thy goodness" AW Tozer.

Navrae Christa Liebenberg by 084 629 3330.

Services Offered HOUSE SITTER / PET SITTER

I am available for House-sitting / Pet-sitting as well as farm sitting in the Bergrivier region.

Please contact Heike on 084 372 3326 or [email protected]

Gesoek

Seun verjaar Seun Kitshoff het op 6 September

sy 45ste ver-jaarsdag gevier.

Seun het ver-skeie take wat hy

elke dag met ywer aanpak.

Foto:

Marinde Saayman

We currently have a vacancy for:

PRE-SCHOOL Teacher (ages 3-5) Please send your CV to Gary Bowers: [email protected]

or call on 022 913 1886 between 08h00 and 13h30 Applicable qualifications required

Daar word onderskei tussen ‘n skenking tussen le-wende persone (donation inter vivos), en ‘n skenking van ‘n oorle-dene aan ‘n lewende persone (donation mortis causa). Daar is sekere vereistes waaraan voldoen moet word wanneer partye onderling iets skenk, naamlik: Die skenker moet ‘n aanbod om te skenk maak wat deur die begifte aanvaar moet word; albei partye moet oor die nodige han-delingsbevoegdheid beskik om te kan skenk en te aan-vaar; die skenking moet ‘n verhandelbare item wees; die skenking moet identifiseerbaar of uitkenbaar wees; en die skenking moet wettig sowel as uitvoerbaar wees. Sodra die skenker iets skenk, en die begifte dit aanvaar, het daar ‘n geldige kontrak tot stand gekom. Die skenker kan slegs sy skenking terugtrek voor aanvaarding daar-van. Indien ‘n skenker iets in sy testament skenk, kan dit natuurlik enige tyd voor sy dood teruggetrek word aange-sien dit eers tot stand kom by die dood van die skenker. Algemene vraag is of daar belasting betaalbaar is op skenkings? En, wanneer iemand ‘n eiendom verkoop on-der markwaarde, word dit as ‘n skenking beskou? Die antwoord op albei vrae is “ja”. Skenkingsbelasting word bereken op 20% van die billike markwaarde van ‘n eien-dom wat geskenk word, waarop die eerste R100 000.00 per jaar vrygestel is. Hierdie bedrag is betaalbaar aan die Ontvanger van Inkomste binne 3 maande nadat die skenking gemaak is. Indien ‘n verkoper dus sy huis ver-koop aan iemand vir bv R250 000.00 onder Munisipale waarde, kan die verskil beskou word as dit wat aan die koper “geskenk” is, en sal daar dus op R150 000.00 skenkingsbelasting betaalbaar wees teen 20%. Daar is natuurlik paar vrystellings ingevolge die wet, naamlik: Skenking tussen gades; skenking ingevolge ‘n voorhu-welikse kontrak; skenking uit hoofde van ‘n testament; en skenking aan sekere weldaadorgani-sasies. Daar is wel beperkings op die bogenoemde vrystellings. Daar is dus verskeie faktore wat in ge-dagte gehou moet word by skenkings, en daarom is dit raadsaam om met ‘n kenner te gesels voor jy net skenk.

Die Inkomstebelastingwet (58 van 1962) definieer ‘n skenking as “’n gratis oormaking van eiendom, en ook ‘n gratis afstanddoening van ‘n reg…”. Die skenker mag dus geen teenprestasis (bv geld) ont-vang wanneer hy iets skenk nie.

Page 15: Piketberger november 2013

15

Jacques Ehlers Prokureurs Aktebesorging Langstraat 50 Notariële Praktyk Piketberg 7320 Kommersiële Reg Familiereg t. 022 913 1144 Siviele Reg f. 022 913 1145 Strafreg s. 083 548 1731

E-pos: [email protected]

Hiermee word aansoeke ingewag vir die volgende betrekkings:

MAATSKAPLIKE WERKER (8/8 pos)

Vereistes: Registrasie by die Raad vir Maatskaplike Diensberoepe Kennis van ontwikkelingsgerigte maatskaplike dienste Geldige rybewys Rekenaarvaardig

HOOF -TRIPPE TRAPPE Vroeë Kind Ontwikkeling Fasiliteit

Funksie van pos - Bestuur van die Vroeë Kind Ontwikkeling Fasiliteit Vereistes: NQF Vlak 5 of 6 of gelykstaande Onderwyskwalifikasie Vermoë om 'n VKO program te ontwikkel en te implementeer Kennis van Vroeë Kind Ontwikkeling Rekenaarvaardig SAPD Klaring Geldige rybewys Goeie kommunikasievaardighede Kennis van personeelbestuur Moet Afrikaans en Engels magtig wees Aanbeveling: Kennis van NELDS sal voordelig wees Ervaring as Hoof van 'n VKO fasiliteit sal in u guns tel Naam en kontaknommers van twee referente. Rig aansoek en ‘n volledige CV aan: Die Voorsitter Faksnommer 022 913 1525 Selnommer 084 581 8560 E-pos [email protected] Sluitingsdatum: 28 Oktober 2013

Salarisse volgens ACVV vergoedingspakket Datum van diensaanvaarding: Januarie 2014

As geen terugvoer teen 15 November 2013 ontvang is nie, ag u aansoek as onsuksesvol te wees.

ACVV PIKETBERG

HUIS A.J. LIEBENBERG

PIKETBERG

INGESKREWE VERPLEEGASSISTENT

Aansoeke word ingewag vir bogenoemde betrek-king. Vereistes:

Bewys van registrasie by die SA Raad op Verpleging

Bereidwilligheid om skofte en op bystand te werk

Liefde vir ouer en gestremde persone

AANSOEKVORMS IS VERKRYGBAAR BY Die Hoof

Huis A.J. Liebenberg Kloofstraat

PIKETBERG ,7320 Tel.nr. 022 9131228

Faks nr. 022 9131687

SLUITINGSDATUM : 31/10/2013 OM 08:00

MEDIESE PRAKTISYNS

Drs Smit & Morrison

Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG

7320

022-913 1172 alle ure / all hours 022 913 1907

Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri

Sat 08:00 - 13:00

Page 16: Piketberger november 2013

16

VLV hou Leefstyl Vergadering

VLV lede Frannie Botha (sameroeper van die Leefstyl vergadering), Rosa Lategan en Nicoline Brown, saam

met Jaco Harmse van Snappy Chef se Wes-Kaap tak, wat aan lede gedemonstreer het waarom die

Snappy Chef voedselbereider goedkoper, vinniger en veiliger is om te gebruik. Foto’s: Riana Richter

Amalia en Toni van Boland Superspar het VLV tydens hul Leefstyl vergadering

besoek. Amalia het demon-streer hoe om ‘n stokvis

te ontgraat en Toni, skakelbeampte, het produkte van Spar wat o.a. in bereid-ing van vis gebruik word,

bekend gestel.

Piketberg se eie sjef

Quentin Somers is ‘n b o o r l i n g v a n Piketberg en het ge-matrikuleer in 2006 by Steynville Se-k o nd ê r e Sk o o l Piketberg. Hy was altyd gefassineer van jongs af oor kosmaak en het altyd sy ouma en ma gehelp in die kombuis kook. Na s k o o l he t hy gestudeer by Capsi-cum Culinary Studio P i ne la n d s , d ie grootse private sjef kollege in Suid-Afrika. Kosmaak is sy passie, sy lewe en sy muse. Hy sien homself nêrens anders as in ‘n kombuis nie, dit is waar hy op sy gelukkigste is. Hy het in 2008 begin werk by Town House Hotel en konferensie sentrum as ‘n commi sjef en homself als geleer in die kombuis wat hy behoort te weet. Uitvoerende Sjef Stefan Schmidt was sy leermeester en hy is die meeste van sy kennis aan hom te danke. Tans is Quentin die sous sjef by die 5-ster Romney Park All Suite Hotel and Spa. Hy is ook verbonde aan die Royal Thai Embassy en Spekko rys kook demonstrasies. Hy het al kos gekook vir bekendes soos voormalige Idols wenner Karin Kortje, Salome, wêreld bekende sangeres Yvonne Chaka Chaka en die Indiese konsulaat.

Quentin Somers op sy gelukkigste agter die kospotte.

Foto verskaf

* SLEGS15 VAN ELK

BESKIKBAAR

Page 17: Piketberger november 2013

17

Leone Coetzee is een van ons sprankelende bemarkers hier by Winkelshoek Wynkelders. Leone is die Bemarking en Verkoops Verteenwoordiger van ons Premuim Produkte Pippa, Royal Vodka, Winkelshoek Private Cellar en Weskus Reeks Handelsmerke. Vir enige navrae of inligting kontak haar gerus by: Sel-

foon – 076 544 3055 of Epos: [email protected]

Page 18: Piketberger november 2013

18

Soos almal teen nou al weet is die Bergrivierkoor intens besig om voor te berei vir ons Kerskonserte in November. In verlede maand se uitgawe het ons gefokus op dié ekserpte uit ons repertoire deur die Barokkomponiste asook hul musikale erfenis van onskatbare waarde aan ons. In vandeesmaand se artikel beweeg ons nader aan die moderne era en verklap ek ‘n paar verdere musikale-geheime waarmee dié koor die lesers van Die Piketberger mee gaan verras. Die keuse van die Kersliedere vir ons konserte is hoofsaaklik bepaal deur enersyds die gewildheid daarvan by die publiek, maar ook om die gehoor en die koor blootstelling te gee aan nuwe en onbekende komposisies in die hoop dat hierdie vertolkings nuwe gunstelinge vir ons toehoorders sal word. Kersmusiek is inderdaad ‘n uitdaging vir enige koor. Dikwels is ‘n eenvoudige gesang soos die alombekende “O die vrolike, o die salige” deur die jare heen verkeerdelik vasgelê met die beklemtoning van byvoorbeeld die “li-” in ‘vrolike’ op die kwartnoot pleks van op die voorafgaande agstenoot. Dit verg dus ekstra konsentrasie en geduld om die korrekte plasing van ‘vrolike’ en ‘salige’ opnuut aan te leer. Kersmusiek is eie aan vele kulture, en is waarskynlik een van die mees gewilde musiekbeoefening of vorme onder kore wêreldwyd. Kerssang vorm deel van religieuse rituele rondom die Advents- en Kerstema en dien as kollektiewe herinnering aan die historiese gebeurtenisse rondom Jesus se geboorte. Kersliedere gee uitdrukking aan geestelike vreugde en maak gewoonlik gebruik van die vers en refrein metode. In Engels staan hierdie liedere bekend as ‘carols’. ‘Carol’ of ‘carole’ is ‘n Middeleeuse woord vanaf Franse en Angel-Normandiese oorsprong en volgens navorsing word daar geglo dat hierdie woord na ‘n danslied, of na ‘n sirkeldans wat deur sang begelei word, verwys. Daar is onenigheid oor wanneer presies die eerste Kersliedere gekomponeer is, maar musiekwetenskaplikes glo dat die eerste ‘carol’ tussen 1350 en 1550, dié tydperk waarna ook dikwels as jou goue era van Engelse Kersliedere verwys word, gekomponeer is. Heel dikwels het komponiste gebruik gemaak van ‘n taalvermenging tussen Engels en Latyn. Die bekendste voorbeeld uit ons Kersbundel is sekerlik Adeste Fideles/O come all ye faithful (Afrikaanse vertaling: ‘Kom alle getroues’). Die Bergrivierkoor neem hierdie taalvermenging nog ‘n tree verder en voeg Afrikaans by die Latyns en Engels. In Engelse Kersliedere word daar dikwels na ‘burden’ vir die refrein verwys en vervul dit almaardeur ‘n plaasvervanging vir die melodie wat in die vers gebruik word. Interessantheidshalwe lê die oorsprong van Kersmelodieë dikwels in volksmusiek, daarom was die meeste Kersliedere tot en met die 18de eeu as te sekulêr vir gebruik in die Anglikaanse kerk gesien en het hierdie kerk naarstigtelik versoek om dit as onbetaamlik te verklaar. As gevolg van die Kerk van Engeland se harde standpunt teenoor die sing van Kersliedere en die totale verbanning van die sing van dit in kerke het ontevrede inwoners eenvoudig besluit om die Kersliedere na die publieke kroeë te neem en dit daar te sing. Na meer as tweehonderd jaar is hierdie tradisie nog steeds wyd verspreid in Brittanje en lok hierdie geleentheid jaarliks oud en jonk vir wie die voortsetting van hierdie tradisie en die genot van samesang belangrik is. Veral in die noorde

van Sheffield, Noord-Derbyshire en in Bradford on Avon is hierdie ongewone tradisie van kerssang alombekend in kroeë. Dit is dus nie vreemd dat die rol van Kersmusiek dikwels ook as kunsuiting gesien word en deesdae veral geassosieer word met die onwegdenkbare verwerkings van die vermaarde Engelse dirigent en komponis, Sir David Willcocks. Gebore in 1919, en nog steeds aktief in musikale kringe op die rype ouderdom van 94 jaar, is Sir David Willcocks nouliks verbonde met die ontginning en die herlewing van Kersliedere, en kan ‘n mens met reg noem dat hy die wieg gelê het vir ‘n moderne toonsetting van geskiedkundige kersliedere sonder om die literêre waarde van die liedere verlore te laat gaan. Opvallende eienskappe in baie van sy verwerkings is lewendige ritmes, ‘n kombinasie van diatoniese, pentatoniese en Engelse liturgiese modi, en veral die dikwels jolige deskante wat plotseling ‘n opgewekte klimaks verleen aan die slotvers van ‘n Kerslied. Bowendien is sy verwerkings ook dikwels pompeus en dwing hy die sangstem, veral die soprane, telkemale tot die uiterste grense van hul stemomvang. Gegewe sy toeganklike styl en welsprekende fyn-beplande balkskrif kan ‘n mens jou hedendaagse Kerskonserte kwalik meer voorstel sonder sy wonderlike musikale nalatenskap. Die Bergrivierkoor vertolk daarom ses van sy verwerkings op bekende Kersliedere waaronder die enigste Kerslied wat destyds toegelaat is om gesing te word in die Anglikaanse kerk naamlik While shepherds watched their flocks by night. Naas die Psalms van David wat soortgelyk aan jou Geneefse psalters is, was hierdie lied as bevoeglik genoeg verklaar vir kerklike gebruik in die 1700’s. Die koor sing ‘n pragtige verwerking van Sir David Willcocks se verwerking van While shepherds watched their flocks by night en is geseënd met wonderlike solo-sangtalent wat vir heelwat verrassings gaan sorg. Natuurlik kry ons gehore ook kans om jubelend sekere verse van verskeie Kersliedere saam met die koor te sing!!! Benewens die welbekende Engelse Kersliedere, sluit ons program ook die pragtige Oostenrykse Kerslied Still, Still, Still in. Hierdie Kerslied, gesing in Duits, kom uit die omgewing van Salzburg en Philip Ledger se pragtige verwerking vermeng herhalende melodieuse eenvoud met jou tipiese wiegelied-ritme. Eweseer het die Franse Kersliedere dikwels ook groot aanklank gevind by Engelse komponiste. Die 17de eeuse Franse Kerslied Quelle est cette odeur agréable? (Whence is that goodly fragrance flowing?) is ook ‘n waardevolle tradisionele Kerslied en die verwerking van Sir David Willcocks eksperimenteer met struktuur en pragtige melodiese lyne met ‘n wonderlike dialoog tussen stem en begeleiding wat ‘n soeterige sentimentaliteit by enige toehoorder gaan laat. As gaskunstenaar op Sondag 24 November tree Charlene Truter-Lackay saam met die Bergrivierkoor op. Kom luister gerus na haar vertolking van onder andere Dirkie en Doll de Villiers (ouers van Johan de Villiers, dirigent van die befaamde Stellenbosch Libertaskoor) se vertolking van Waar die nag in ademlose stilte tydens ons konsert.

Kom vier Kersfees met die Bergrivierkoor

(Deel 2) deur Sherlock Fortuin

Kerssangdiens saam met Bergrivierkoor

17 November VG Kerk Porterville 24 November NG Kerk Piketberg

Page 19: Piketberger november 2013

19

Bladsy geborg deur Sherlock Fortuin

Page 20: Piketberger november 2013

20

Die Piketberger vier 20ste verjaarsdag by Org de Rac Die Piketberger se 20ste verjaarsdag funksie was ‘n groot sukses. Baie dankie aan Org de Rac vir die lo-kaal, die ACVV vir die spyseniering en die VLV en Tuinbouklub vir die tafelversierings.

Pierre en Hannatjie Steenkamp skryf… Ons wil net dankie sê vir die wonderlike geleentheid wat ons saam met Die Piketberger tydens die twintigste ver-jaardag kon vier. Dankie dat ek ook saam met Die Piketberger kon verjaar. Dit was baie lekker om weer saam met die Piketbergers te kon kuier. By ons tafel, met van die “stigterslede”, het ons lekker gesels en herinneringe van 20 jaar gelede se “saam begin” gedeel. Ek is summier deur die teenwoordige PHS personeellede vergewe vir wat ek 20 jaar gelede aan hulle gedoen het. Baie dankie vir die geskenke wat ek en Hannatjie ontvang het. Soos die stereotipe Afrikaner sê as iemand hom vra hoe ‘n funksie was, sê ons ook: “Die kos was baie lekker ”. Sterkte aan Marietha, Barbie en al die medewerkers vir die volgende x jaar. Viva Die Piketberger.

Apie en Riana Richter skryf... Marietha, baie dankie vir die groot eer en voorreg om die besondere verjaardagfunksie Donderdagaand by Org de Rac te kon bywoon. Vir ons wat oor die jare, maar altyd gemeenskapsbetrokke was, het Die Piketberger so deel van ons lewe geword dat ons ons huis nie daarsonder kan voorstel nie. Baie geluk met hierdie groot mylpaal waaraan jy werklik besonder groot aandeel het. Baie dankie vir wat jy vrywilliglik vir die ge-meenskap doen – daar is soveel waarvan ons nie eens be-wus is nie! Dra asseblief ook ons waardering oor aan Barbie en die ander betrokkenes. Mag jul entoesiasme, tesame met die ondersteuning uit die gemeenskap, steeds toeneem en Die Piketberger vir altyd met ons wees!

Hanlie Linde skryf… Julle kan so trots wees op gisteraand se Piketberger funk-sie. Dit was PUIK. Ek het soveel geleer en ervaar.

Gerna Croeser skryf… Baie dankie dat ek en Phillip gisteraand deel kon wees van julle verjaarsdagviering. Pragtige plek, tafels mooi gedek en versier, pragtige blomme, heerlike kos en aan-gename geselskap, oulike kelnerinne en mooi toesprake. Julle het aan alles gedink. Hoop julle kry die naweek tyd om uit te rus. Dit was 'n wonderlike geleent-heid.

Hannes en Sonia Lambrechts skryf… Baie geluk en baie dankie vir ’n puik aand! Dit was HEERLIK.

Sherlock Fortuin skryf... Nogmaals BAIE DUISEND DANKIES vir 'n wonderlike feesmaal en gesellige bymekaarkoms gisteraand. Ek is bly en dankbaar dat ek daarvan deel kon wees. Dankie ook vir die druk van artikel. Ek het Die Piketberger nou in alle rustigheid lê en deurlees.

Ansa en Spyker Chambers skryf… Baie geluk aan Marietha en Barbie vir ‘n baie mooi aand. Dit was smaakvol en glo almal het dit, soos ons, geniet! Doen so voort!

Martin en Marietha Goosen en Barbie en Jaco Bre-unissen.

Marietha en Barbie by Arno Olesen en Ora en Vivian Turner van Piketberg Drukkers wat vereer is vir hul

samewerking oor die laaste 20 jaar.

Foto’s: Kenneth Smit

Sanmari Vosloo skryf… Ek wou ook al lankal dankie gesê het vir die uitnodiging na Die Piketberger se ete, ek en Chris het dit baie geniet en dit was baie lekker om deel te wees daarvan. Baie dankie.

Die stigters van Die Piketberger, Spyker Chambers, André van Ellewee, Pierre Steenkamp, Deon van Dyk,

Hannes Lambrechts en Le Roux van Wyk.

Page 21: Piketberger november 2013

21 Andrè en Christa van Ellewee skryf... Die wind waai storm sterkte en dit reën asof dit met em-mers gegooi word. Toe ons Darling uit ry, wonder Andrè, wat ons besiel om in hierdie weer Piketberg toe te ry, vir Die Piketberger se 20ste verjaarsdag. Dit was al die moeite, nat en koud, 1000 keer werd. Wat ‘n wonderlike geleentheid en voorreg om hierdie aand, saam met Marietha Goosen, haar redaksie en al die ou vriende, te vier. Pierre Steenkamp se “brainwave”, stuur nog steeds Piketberg nuus die wêreld in. O, en het ons nie lekker gesels, gelag en geëet nie. Geluk aan Die Piketberger en almal wat deur die jare daarby betrokke was. Dit was goed gedoen, word goed gedoen en sal ook in die toekoms goed gedoen word. Gaan voort met die wonderlike werk, ons sal lees solank as wat die oë dit kan behartig. Sit solank ons name op vir die 80ste verjaardagfunksie, as dit van ons afhang, is ons daar. Baie, baie dankie. Groete uit Yzerfontein.

Elzanne Richter skryf… Graag wil ek hiermee net om verskoning vra dat ons nie Donderdagaand se funksie kon maak nie. Ons planne het op die laaste oomblik verander en moes ons vining aan ’n plan dink en het ons vir Phlippie en Ansel van Schalkwyk in ons plek gestuur. Ansel praat met groot lof van die aand, en sê dit was ‘n reuse sukses. Nogmaals jammer ons kon nie kom nie! Pieter en Ilse Bruwer skryf… Baie dankie vir die heerlike bederf aandjie gisteraand.

Ben en Sandra Smit skryf… Baie dankie vir ‘n ongelooflike lekker aand! Als was prag-tig en die kos heerlik! Jy het jouself oortref met al die reëlings en gasvrou vir die aand! Dankie dat ons ook spe-siaal deel daarvan kon wees!

Gert en Elizabeth Coetzee skryf… Baie dankie vir 'n heerlike aand, ons het dit baie geniet. Ek wou nog vir jou sê, sy is nou 20 en volgende jaar bereik sy volwassenheid. Jy moet net onthou 'n vrou is in haar 20's op haar mooiste en begin om haar 'fler' te ontdek. So Die Piketberger kan net mooier en 'n voller vrou word.

Marlien Smit skryf... BAIE dankie vir n heerlike aand saam met Die Piketber-ger! Dit was ‘n mooi aand met elke dingetjie keurig be-plan, gesê en gedoen! Die kos was heerlik! Jy het uit jou hart gepraat! Die geselskap en stories opwindend en op-bouend! Ons is voorwaar BAIE bevoorreg om ‘n dorpsko-erant soos Die Piketberger te hê wat ons elkeen laat fo-kus op die mooi en die positiewe dinge in ons gemeen-skap! Julle lewer ‘n ongelooflike bydrae om Piketberg ‘n plek te maak waar ons almal tuis is en gelukkig is!

Roline Kotze skryf…. Net ‘n paar woordjies van dank en waardering vir ‘n baie genoeglike aand ter viering van die 20ste bestaansjaar van Die Piketberger. Dit was regtig lekker om al die ou bekendes te sien, te lag en gesels oor die beginjare van ons koerant. Die aand was baie interessant en die kos heerlik. Doen so voort.

Koffiebekers, spesiaal gemaak deur Yola Design, vir Pierre en Hannatjie Steenkamp.

Getroue adverteerders vir 20 jaar Wolf Liebenberg, Liebco Vleishandelaars en André Kennedy, Midas.

Sandra en Dr Ben Smit en Dr Sam en Berenice Scheepers asook

Dr De Villiers Morrison, regs, is vereer vir hul getroue ondersteu- ning van Die Piketberger vir die

afgelope 20 jaar.

Die ACVV-dames wat die heerlike kos voorberei het.

Die Piketberger 20 jaar gelede Lees voortaan elke maand ‘n brokkie nuus uit Die Piketberger van 20 jaar gelede. Sien p30

Page 22: Piketberger november 2013

22

INTRODUCING: OUR GWM FAMILY www.gwm.co.za

Alle modelle Ford & Mazda beskikbaar.

GWM Piketberg 022 913 2819 34 Voortrekker Street Piketberg

*Prices include VAT & Environmental Levy. Prices & specifications subject to change without prior notification. E & OE.

Page 23: Piketberger november 2013

23

Jaco Rossouw 082 469 0229

FORD ECOSPORT BESKIKBAAR VANAF R199 000.00

FORD KUGA BESKIKBAAR VANAF R298 900.00

FORD FIESTA BESKIKBAAR VANAF R183 930.00

GWM Piketberg 022 913 2819 34 Voortrekker Street Piketberg

*Prices include VAT & Environmental Levy. Prices & specifications subject to change without prior notification. E & OE.

Page 24: Piketberger november 2013

24 PHS Akademiese Prysuitdeling - Laerskool

Mari Visser ontvang die Hugo Holloway Trofee vir

musiek.

Mishaad Strauss ontvang die Skoolhoofprys.

Pieter Bruwer is die beste presteerder in Graad 4.

Janke van Schalkwyk is die beste presteerder in

Graad 6.

Willem Wiggins wen die Org de Rac prys vir vor-

dering in Wiskunde.

Louis Bester is een van die 200 wenners wat uit

4770 gekies is in die Santam Kinderkuns

kompetisie.

Die leerderraad vir die Laerskool afdeling van PHS vir 2014 is, voor, Stass Nel, on-derhoofseun, Albert Grobler, hoofseun, Janke van Schalkwyk, hoofdogter en

Anné Rheeder, onderhoofdogter. Agter is Henry Rossouw, Bosmann Rossouw, Petro Grundlingh en Carli Rossouw.

Prysuitdelingfoto’s:

Alecia Hanekom

Hagan Ludick is die beste presteerder in Graad 5 en ont-

vang ook die Piketberg Leeskringprys.

Elize Visser ontvang die Org de Rac prys vir vor-dering in Natuurweten-

skap.

Anke Schreuder Dux Leerder 2013 asook Be-

ste Presteerder in Gr 7 en wen die Berenice

Scheepers toekenning vir kreatiewe skryfwerk.

Page 25: Piketberger november 2013

25

voorskrifbril*

Page 26: Piketberger november 2013

26

PHS Akademiese Prysuitdeling - Hoërskool

Janeske Rademan, Dux Leerder 2013.

Herschelle Benjamin ontvang die Skoolhoof-prys van Marius Scholtz.

Wynand Smit is aangewys as 2013 se Entrepreneur.

Vennelee Coetzee, be-ste presteerder in Ver-

bruikerstudie Prakties, Gr 12.

Lezaan van Niekerk ont-vang die PriceWater-

houseCoopers-prys vir beste prestasie in Reken-ingkunde en Wiskunde,

Gr 12.

Anina Bester ontvang die Alison Müller Trofee vir uit-

staande prestasie in Musiek.

Karli Truter ontvang die Gerry Kuhn Wetenskap Aansporingsbeurs vir beste prestasie in Wiskunde en Fisiese Wetenskap, Gr 11.

Maria Visser ontvang die trofee vir Tweetaligheid.

Foto’s: Sanet Ackermann

Tinus Bronkhorst ontvang die Praktika Ambassadeursprys

en Akademiese Trofee, Gr 12.

Juné van der Westhuizen ont-vang die Hannelize Coetzee

trofee vir RTT, Gr 12.

Page 27: Piketberger november 2013

27

Hoërskool VRL vir 2014

Leliehof se prefekte vir 2014 is Maria Visser, onder-hoofdogter, Dorinda Smit, hoofdogter, Bianca

Jordaan, Salomie Hamman, Landi Brink en Erina van der Merwe.

Kasteel se prefekte vir 2014 is Adam January, Christie van der Merwe, Gysbert Dippenaar, hoof-seun, Johannes Mostert en Derek van der Merwe.

Bring jou planne en gedagtes vir kombuis- en slaapkamer-

kaste vir volgende jaar.

Altyd nuwe voorraad danksy julle vriendelike ondersteuning. Ons verwag nog voorraad voor

die Kersgety. Kom kyk!

Om jou kampvakansie suksesvol af te skop, sal dit noodsaaklik wees

om VROEGTYDIG al jou stukkende tente en seile te bring vir herstel. Ons ontvang graag jou karavaan

tente en seile tot en met 15 November 2013.

Christo en Linda van Schalkwyk 083 399 7988 / 022 913 3326

Langstraat 59, Piketberg (Reg oorkant Agrimark)

Die nuwe leerderraad vir Hoërskool Piketberg vir 2014 is agter Kobus Brand, Hugh Benson, Duan Janse van

Rensburg, Glenda Dietrich, Harry Roux en Anina Bester. Tweede ry van agter, Gysbert Dippenaar, Nina

Cillié, Lenelle Mostert, Delaine Wright, Izandro Claasen en Ricardo de Villiers. Tweede ry van voor Karli Truter, Dorinda Smit, onderhoofdogter, Madré

van Zyl, hoofdogter, Herbst van der Merwe, hoofseun, Timotheé Luyt, onderhoofseun en Karla Conradie. Voorste ry Stephan Louw, Charl Hanekom, Anke

Schreuder, Letjé Burger en Nicola Coetzee.

Page 28: Piketberger november 2013

28

UNISA Klavier Uitslae

Wes-Boland Eisteddfod Blokfluit

Agter is Adriana Visser, Alan Willemse, Timotheé Luyt, Stephan Louw en Letje Burger. Voor is Yvona

Louw (beste solospeler Hoërskool), Magdaleen Grundlingh, Hugo de Waal (beste solo speler Grond-slagfase), Komien van der Westhuizen, Maria Visser en Willem Wiggins (beste solospeler Laerskool). Die

Hoërskool Ensemble wen die trofee vir beste Ensemble Hoërskole.

Cum Laude vir Blokfluit : Agter Adriana Visser, Alan Willemse, Timotheé Luyt, Stephan Louw en Letjé Bur-ger. Middel, Albert Grobler, Yvona Louw, Magdaleen Grundlingh, Komien van der Westhuizen, Maria Vis-ser, Willem Wiggins en Hughen Esau. Voor is Hugo

de Waal, Rénay Esau, Anelma Grobler, Kaydee Claasen en Nikétha Booys.

Foto’s: Sanet Ackermann

Wes-Boland Eisteddfod

Die uitslae van die Wes-Boland Klavier Eisteddfod is agter Levona Roberts, goud, Diané Ungerer, drie

goud en cum laude en Harry Roux, cum laude. Voor is Adriana Visser, cum laude, Alison Müller en

Shanda Whitfield, drie goud.

UNISA Klavier uitslae

Agter is Yvona Louw, gr I lof, Levona Roberts, gr IV, eervolle vermelding, Diané Ungerer, gr VI lof, Anina

Bester, Trinity, Sang, gr V 81% eervolle vermelding en Nicola Coetzee, gr II, eervolle vermelding. Voor is

Harry Roux, gr III lof, Alison Müller en Shand Whit-field, gr III eervolle vermelding. Afwesig Johmine

Croeser, gr IV eervolle vermelding.

Alison Müller en haar Wes-Boland Eisteddfod sangers Adriana Visser, goud, Alan Willemse, goud

en Anina Bester, cum laude en goud. Anina deel ook die Duet Trofee.

Agter Christine van der Merwe (gr 3, 80%), Andrea Visser (gr 3, 72%) en Johan du Toit (gr 1, 86%). Voor is Mari Visser (voorgraad 1, 87%), Komien van der

Westhuizen en Lize Visser (gr 1, 86%).

Page 29: Piketberger november 2013

29

Goud by Wes-Boland Eisteddfod Grondslagfase

Voor is Lené Kruger, gr 1, Dwight Esau, gr 1 en GP Rossouw, gr 1. Tweede ry Morné Mitchell, gr 3, Dayle Julius, gr 1, Hanret Swanepoel, gr 1, Gerhard Brandt, gr 2 en Jaco Crous, gr 1. Derde ry Zunaid Hendriks, gr 2, Annette Bruwer, gr 2, Mervihon Witbooi, gr 2, Elsje Basson, gr 2 en Gabrie Laubscher, gr 1. Agter is Mari

Gerber, gr 3, Jana Truter, gr 3, JC van der Westhuizen, gr 3, Juane Fourie, gr 2 en Craig

Duncan, gr 2.

Foto’s: Sanet Ackermann

Cum Laude Wenners Grondslagfase

Hierdie Grondslagfase leerders het Cum Laude toek-ennings ontvang by Wes-Boland Eisteddfod. Voor is

Annette Bruwer, gr 2, Smit Jacobs, gr2, Eldeano Smith, gr 3, Lehandri Kotze, gr 2 en Isabella Olsen, gr 1. Agter is Aiden Vries, gr 3, Kassler Zinzombe, gr 3, Landi Swanepoel, gr 3, Mika van der Merwe, gr 2 en

Henco Kruger, gr 2.

Alison se Swemskool 8 lesse @ R280

1e kursus 9—20 Desember 2e kursus 6—16 Januarie

Kontak A. Müller 073 229 2855

Page 30: Piketberger november 2013

30

Hoërskool Piketberg se ATKV Plofstof organisasie het op 19 September ‘n boom geplant vir Nasionale

Boomplantdag. Hier is Marius Scholtz, skoolhoof saam met Nina Cillie, Delaine Wright, Elzaan Lam-

brechts en Salome Hamman. Foto: Sanet Ackermann

Plofstof plant bome

Die Plofstof Bestuur vir 2014 het groot planne vir die nuwe jaar. Van links is Maria Visser - Tesourier;

Madré van Zyl - Addisionele lid, Dorinda Smit - Voor-sitter, Stephan Louw en Tiaan van Rooyen -

Addisionele lede. Voor is Nina Cillié - Sekretaris.

Foto: Sanet Ackermann

Plofstof Bestuur vir 2014

Yskas, Vrieskas & Lugverkoeling (voertuig en residensieël)

Herstel, Installasie en Hergas

Kontak

Henk Pieters 071 583 6164 E.mail [email protected]

20 Jaar Gelede - November 1993

VOORBLADARTIKEL: Professor Bun Booyens spreek Rapportryers toe. ANDER BROKKIES: Kallie May van Sanlam ontvang vir die 18de agtereen-volgende jaar ‘n Internasionale toekenning (IQA). Francois (Frans) Smit word verwelkom as die nuwe skoolhoof op Eendekuil. Geskiedenis word gemaak in Radie Kotze Hospitaal toe die eerste keisersnit uitgevoer is op mev N Z Mtintsilana van PPC De Hoek. Boland Spar trek na Langstraat. Volkskas Bank kry outomatiese tellermasjien waar daar binne 30 sekondes bedrae tot soveel as R200,00 op ‘n slag onttrek kan word. VLV hou modevertoning van tuisgemaakte klere en is bygewoon deur meer as 200 gaste. Mev Tienie Vorster spreek die VLV toe oor die rol van die vrou in die samelewing.

Page 31: Piketberger november 2013

31

HUIS AJ LIEBENBERG (50 JAAR LATER …)

WAAR: TILLALAAN

WANNEER: 26 OKTOBER 2013 TYD: 9:00vm tot laat

Bring u familie en kom geniet die dag

saam met ons! Behalwe verskeie vleisprodukte sal daar ook

pannekoeke, poedings, roosterkoeke, tuisgebakte brood, kleinkoekies en beskuit,

afvalpotjie, vars vrugte, groente, blomme …. en nog vele meer wees!

KOM KRY WAARDE VIR JOU GELD EN ONDERSTEUN TERSELFDERTYD ‘N GOEIE SAAK!!

Terapeetiese Fascia

MASSERING

Bespreek nou SLEGS OP AFSPRAAKSanmari Vosloo Tel: 082 535 0698

E-pos: [email protected]

IndividueleKlasse

TRE is ‘n Revolusionêre tegniek, ontwikkel om van daaglikse en chroniese spanning, seer en stywespiere en die gevolge van traumatiese gebeurtenisseop die liggaam vry te stel.

• Dit bestaan uit ses eenvoudige strekoefeningewat ‘n natuurlike spier vibrasie aktiveer.

• Hierdie natuurlike vibrasie veroorsaak dat die sentrale senuwee stelsel al die oortolligespanning in die liggaam, vrystel.

• Die liggaam keerdan weer terug na n staat van homeostase

As ook;

•Sport beserings•Spanning•Seerspuure•Herposisioneering van die liggaam

T.R.ESpanning, Vrystellings Oefeninge

Asook: T.R.E

Tension Releasing Exercises TRE is ‘n Revolusionêre tegniek, ontwikkel om van daaglikse en chroniese spanning, seer en stywe spiere en die gevolge van traumatiese gebeurtenisse op die liggaam vry te stel.

Dit bestaan uit ses eenvoudige strek-oefeninge wat ‘n natuurlike spier-vibrasie aktiveer

Hierdie natuurlike vibrasie veroorsaak dat die sentrale senuweestelsel al die oortollige spanning in die liggaam vrystel

Die liggaam keer dan weer terug na ‘n staat van homeostasie

Terapeutise Fascia

MASSERING * Sportbeserings * Spanning * Seer spiere * Herposisionering van die liggaam

Page 32: Piketberger november 2013

32

Swartland Honey Farm

Kloofstraat Piketberg Vrugte boere, vir u bestuiwings behoeftes, is ons tot u diens.

Skakel Kolie Lötz by 082 921 4697

4U VERVOER

vir die vervoer van bousand, klippe, stene, sement, implemente, palette, vrugte en groente, veevoere, lewende hawe, koring, sement, kunsmis, rommel …

6 ton en 8 ton platbak vragmotors 2 X 6 m³ tipper, en ligter voertuie

Nou beskikbaar: Tuinsand en plaas-

mis teen billike pryse

Voldoende transito dekking. Vooraf bespreking noodsaaklik.

Kontak Fourie Lötz vir 'n kwotasie 082 660 2470 022-913 3984

VIR KWALITEIT EN GOEIE PRYSE

EK KAN SPOG MET DIE WORS

Digger Loader werk

Uitgrawe van grond en sand

Skakel Adam 078 148 1771 of Fourie Lötz 082 660 2470

022-913 3984

Ons verwerk ook vleis en wild wat by ‘n goedgekeurde

abattoir geslag is

Nuwe begin vir Voortrekker Garage

Sover terug soos 1954 - so lank reeds behoort die Voor-trekker Garage en die huis langsaan aan die "Hollander". Alicia (Gerritsen) Bryant vertel trots dat sy die derde geslag Gerritsens is wat in die huis woon. Haar oupa en ouma Gerritsen en hulle vyf kinders het vanaf Nederland verhuis na Piketberg en in die einste huis is haar pa, Ido, in 1955 gebore as die vyfde kind, een van vier seuns. Vir baie lank het die Gerritsens en die Feyts in onder-skeidelik die twee kante van die huis gewoon en in die garage gedeelte gewerk. Die Feyts het die boonste deel van die garage ingerig as 'n werkswinkel en verder op in Voortrekkerstraat, waar Nulandis nou is, motors op die vloer gehad om te verkoop. Haar oupa, Piet Gerritsen, 'n boorman van beroep, het die onderste gedeelte van die garage ingerig vir die diens van motors en boormasjiene. Al vier sy seuns het die aanleg vir meganika geërf. Die oudste was ook 'n boorman en het steeds sy besigheid, 'Gerritsen Drilling' in die Kaap en verskaf ook die 'Double Grow' kunsmis wat in Kaap Agri te kry is. Vir baie jare na Oupa Piet Suid-Afrika verlaat het, is 'n deel van die ga-rage as stoorruimte gebruik vir ou motors, waarvoor hy 'n besondere voorliefde gehad het. In die tagtiger- en negentigerjare is die huis uitverhuur aan verskeie mense en het die gebou later van tyd taamlik aandag nodig ge-had. In Augustus 2010 het Alicia, oupa Piet se kleindog-ter, saam met haar man, Tommy, in die huis ingetrek en vir 'n volle jaar het Alicia die houtvloere behandel, se-ment aangemaak, krake oopgekap en geverf. Helma, Oupa Piet se oudste kind het Alicia baie gehelp en onder-steun vanaf die begin van die huis se restourasie en selfs

nou met die werkswinkel. Alicia het groot waardering vir haar Tannie Helma, en dink dat Voortrekker Garage ‘n toe-koms sou gehad het sonder haar nie. Intussen het die familie se liefde en talent vir meganika ook in Alicia ontwikkel en het sy ingeskryf vir 'n korrespon-densie kursus in dieselwerk-tuigkunde. In die tyd wat sy vir Tommy leer ken het en in die daaropvolgende nege jaar wat sy met sy pa, Harry, gereeld gesels het en blootstelling ge-had het aan sy werk as duikklopper oor 52 jaar, het sy ontdek dat dit eintlik haar pas-sie is. Elke bietjie raad, tegniek en fyn kunsies wat sy kon leer by hom het sy "opgegaar" tot nou dat sy haar droom verwesenlik om self duikklop-werk/spuitverfwerk te doen - op geen ander plek as die ruimte waarin haar oupa sy werk gedoen het nie. Alicia blom oor haar werk en sien kans vir enige ding, van mo-tors, bakkies, sleepwaens tot meubels. Verskoon die Engels, maar manne (of vroue) wat weet wat 'stone chip-ping', 'plastic welding', 'rubberizing' en 'air brushing' is, is die nuwe Voortrekker Garage net die plek om te gaan besoek van Maandag tot Vrydag van 8vm tot 4nm. Let net daarop dat die geskiedenis van die gebou en die storie informele beriggewing is, en hoewel die feite waar is, dit nie getoets is aan dit wat moontlik opgeteken is nie. -Red.

Alicia Bryant Foto: Marietha Goosen

Page 33: Piketberger november 2013

33

Piketberg Christian School bied volgende jaar ‘n nasorg fasiliteit vir

skoolkinders tussen die ouderdomme van 5-16 jaar. Veilige, omheinde area met fasiliteite vir huiswerk asook ‘n groot speelarea. Tye: 12h00 - 17h30,

Maandae - Vrydae

Koste: R30 per kind, per dag of R500 per maand. Vir meer inligting of om te bespreek, kontak asb vir Gary Bowers by 022 913 1886 (8vm-1nm) of

[email protected] Beperkte spasie Ouers verantwoordelik vir etes.

Ronel Rossouw het onlangs aangesluit by GWM Motors as sekretaresse. Foto: Marietha Goosen

PIKETBERG LONSKLUB

PIKETBERG, PORTERVILLE en EENDEKUIL

TELEFOONGIDS Ons was vol vertoue dat ons op dié stadium die nuus sou kon deurgee dat die Telefoongids reg is om te versprei, maar helaas is dit nie so nie. Ons het onlangs die proewe van die KAAPSE DRUKKERS ontvang, en het gedink dat ons dit binne ‘n dag of twee sou kon deurgaan en goedkeur vir die drukwerk, maar dit was toe nie so eenvoudig nie. Die gehalte van die samestelling van die Gids is glad nie na wense nie, bv. te klein skrif vir die name en telefoonnommers, slordige uitleg, advertensies wat verkeerd ingesit is of glad nie verskyn nie, Eendekuil afdeling wat nie ingesit is nie, ens. Ons is nog in die proses om die proewe deur te werk en u sal verstaan dat dit reël vir reël gedoen moet word en behoort dit binnekort te kan terugstuur na die Kaapse Drukkers vir die korreksies, of liewer vir die her-uitleg van die Gids. Daar is nog steeds adverteerders wat nog nie hulle advertensies goedgekeur het en betaal het nie, ten spyte van ons herhaalde e-posse en telefoonoproepe. Indien u een van hulle is vra ons dat u dit so gou moontlik sal doen. Hiermee vra ons groot om verskoning aan al ons adverteerders en aan die gemeenskappe wat al so lank daarna uitsien om die Gids in die hande te kry. Ons sal alles in ons vermoë doen om die probleem so gou as moontlik opgelos te kry. Kontakbesonderhede: E-pos: [email protected] Faks: 086 518 7078 Selfoon: Johan: 083 236 7556 Joan: 084 466 4269

Springkastele, Ball Pond, Waterwurm en Gladiator

te huur Kontak Margaret 022 913 1777

Nuut By GWM

Die Ring van Piketberg hou jaarliks ‘n koorsangfees vir al die gemeentes in die Ring: Piketberg, Porter-ville, Moorreesburg, Koringberg, Hopefield, Aurora, Redelinghuys en Eendekuil. Vanjaar was die 25ste

geleentheid. Komien vd Westhuizen en Alison Müller (Piketberg), Carina Zollner, beoordelaar, Helene

O'Kennedy en Braam Theron (Porterville), Mare van der Merwe en Annalene Burger (Moorreesburg).

Foto: Jannie Fouche

Ringskoorsangfees vier 25 jaar

Page 34: Piketberger november 2013

34

1 - 4 Oktober was week van bejaardes en almal was welkom om Huis AJ Liebenberg te besoek.

Inligtingsessies is daagliks gehou om almal op hoogte te bring van die dienste wat die ACVV

Piketberg bied. Foto verskaf

Kix besoek Huis AJL

Foto: Marietha Goosen

Mud Buddies get dirty

Hierdie groep het deelgeneem aan die Impi Challenge onder die naam “Mud Buddies”. Die jaarlikse by-

eenkoms was hierdie jaar 12km met 21 hindernisse en het plaasgevind op Lievland Wine Estate tussen

Stellenbosch en Paarl. Agter is Karla Conradie, Ricardo de Villiers, Marais Gouws, Herbst van der

Merwe, Suzanne van der Merwe, Elmarie Coetzee en Martin Gouws. Voor is Rae-Dawn Sandi-

lands, Soreen Gouws en Hanneke Augustyn. Foto: Edó Photography

Wie het al daai bome geplant

Die Kix-kinders het weereens die inwoners en personeel van Huis AJ Liebenberg en Bergtuin Aftree-oord verras met ‘n besoek en ‘n geskenkie vir elkeen.

Foto verskaf

Week van Bejaardes

Page 35: Piketberger november 2013

35

Salon Stella

Naels Bio Sculpture Gel Naels asook

Bio Sculpture produkte. Skakel 073 867 5556

Sonbed Spesiale Aanbod verleng tot

31Oktober 2013 R150 vir 10 sessies of R20 per sessie.

Skakel 022 913 1638 vir afspraak Flip van Niekerk e: [email protected] * m: 082 615 6747 t: 022 913 1539 * Kellermanstraat 4 * Piketberg * 7320

Die ACVV Rus ‘n Bietjieklub is ‘n groep seniors wat gereeld bymekaar kom en saam kuier, gesels en soms ook rondry en kort toere onderneem. In die afgelope jare is ‘n tradisie gevestig om die begin van die jaar met ‘n vrugtefees af te skop. Dit kon net gedoen word omdat die klub wonderlike donateurs en medewerkers het. In die afgelope jaar het hulle ‘n daguitstappie onderneem na die Paarl-omgewing en verskeie interessante plekke besoek soos Butterfly World en Fairview waar hulle verskillende demonstrasies kon bywoon. Die klub het ook vanjaar deelgeneem aan ‘n Koorfees wat te Langebaan gehou is en hoop om vroeg in 2014 weer daaraan deel te neem, die keer te Lambertsbaai. Enige 60-plusser is baie welkom om aan te sluit. Die le-degeld is R60 per jaar en is betaalbaar by Elmarie van Rooyen by die ACVV-kantoor. Huidige lede moet asb voor 12 Desember hul ledegeld betaal.

ACVV Rus ‘n Bietjieklub

Hilda Minnie en Noline Visser geniet die vrugtefees.

ACVV Algemene Vergadering

Mrs Bean Coffee Shop

Skakel Annelize Myburgh by 022 913 3212

vir AANDFUNKSIES soos verjaarsdae en jaareindfunksies

ACVV-lede geniet 'n kultuurmiddag met geestelike danse, voordrag en rieldans. Die Rieldansers tree on-

der leiding van Nettie Owies op. Die groep ontvang ook tydens die geleentheid sweetpakke geskenk deur

Voorberg Gevangenis. Foto verskaf

Page 36: Piketberger november 2013

36 Hoërskool Piketberg hou Gholfdag

Saam met skoolhoof Marius Scholtz is die wenners van die junior afdeling van die Gholfdag wat op Vry-

dag 4 Oktober gehou is, Leon Coetzee en Maryke Visser. Foto: Sanet Ackermann

Attie Brand, Charlie Mouton, Calla Ligthart en Marius Scholtz reg om die gholfbaan aan te durf.

Foto: Sanet Ackermann

Kissie Bindeman en Erik Engelbrecht was die wenners van die Nie-Gholfers Afdeling.

Foto: Toni Smuts

Wenners van die Dames Afdeling.

Wenners van die Gholfdag saam met Toni Smuts van Boland Superspar en Marius Scholtz, skoolhoof PHS.

Die Nexus-span is Abrie Richter, Eswé Visagie van Nexus, Kobus Eigelaar en Johan van der Merwe saam

met Toni Smuts van Boland Superspar.

Page 37: Piketberger november 2013

37

HOËRSKOOL PIKETBERG GHOLFDAG

DANKIE AAN AL ONS BORGE!!!

MET TROTS GEBORG DEUR:

Page 38: Piketberger november 2013

38

Fox Build it Sokkertoernooi

PCS Leerders presteer

Nicholas Swart van Piketberg Christen Skool is opgeneem in die o/10 Wes-Boland Tennisspan.

Foto’s:

Deidre Swart

Andrea Visser van Piketberg Christen Skool het deelgeneem aan die Onafhanklike Christen

Skole se Nasionale Atletiekkampioenskappe

gehou in Pretoria vanaf 13 tot 15 September. Andrea het deelgeneem as deel van die Bolandspan en uitstekend gevaar en ‘n Silwer medalje behaal in

Gewigstoot.

Die wenspan—Ashton Villa. Berig en foto verskaf

Ritmiese Gimnaste blink uit

Ané Nelson wys ‘n paar van haar roetines by die onlangse SA Ritmiese Gimnastiekkampioenskappe in

Durban waar sy 7de geëindig het in haar ouder-domsgroep, o/15.

Foto: Alta Nelson

Die Piketberger wens alle Matrieks sterkte toe met hul eindeksamen

Milah Baard wys al haar

medaljes wat sy gewen het by die SA Ritmiese Gim-

nastiekkampioenskappe in Durban. Milah is aangewys as die algehele wenner in

haar ouderdomsgroep, o/13. het ‘n eerste plek be-

haal. Foto: Chrisna Baard

Baie geluk aan Tina Piek

van Lill, afrigter van Reach Ritmiese Gimnastieklub.

PHS se O/8's leer by die Beste PHS se O/8-Netbalspan is van-jaar afgerig deur Wilmien Treurnicht, self 'n kranige aktiewe Netbalkampioen wat reeds 17 keer deelgeneem het aan die Suid-Afrikaanse Netbalkam-pioenskappe. Sy is tans deel van die Weskusspan, vroeër Swart-land genoem. 'n Juffrou vir wie "wen" en "verloor" dieper lê as bloot die telbord. Haar motto is dan ook: "Ek verloor nooit. Par-tykeer wen iemand anders, maar ek verloor nooit". Wilmien is, on-danks haar uitsonderlike presta-sies, 'n nederige en dankbare mens. Sy oefen steeds drie aande per week Netbal by Citrus-dal en Moorreesburg en tus-

sendeur doen sy saam met haar kinders, AJ 6jaar en Anne-lie 3jaar, fiksheid terwyl hulle op hulle fietsies saamry. Sy speel sedert haar st. 5-jaar by FD Conradie op Prins Alfred Hamlet en later in Hoërskool Charlie Hofmeyer, vir haar skool se eerste span en vir die provinsiale span - tot en met dié jaar, elke keer as Verdediger of Hulp verdediger. Tydens haar studiejare aan OKB op Wellington, was sy deel van die O/19-Elite Squad. PHS is dankbaar vir ouers soos Wilmien, wat hulle tyd en kundigheid deel tot voordeel van die skool.

Wilmien Treurnicht Foto: Marietha Goosen

Fox Build it het hulle jaarlikse 0/13 sokkertoernooi gehou op Saterdag 28 September te Piketberg se Watsonia sportgronde. Tien spanne het meegeding. Die spanne van Velddrif, Ashton Villa en Steynville het tot die finale deurgedring. Velddrif het egter met die louere weggestap. Moutons Valley word bedank vir hul bydrae asook almal wat die toernooi ondersteun het.

Page 39: Piketberger november 2013

39

Net ’n paar van ons watertand geregte teen bekostigbare pryse

ONTBYT - R19.95 DAGWOOD - R 34

CHICKEN STRIPS - R20.95 RIBS EN CHIPS - R34

UP & GO BURGER - R14 BUFFALO WINGS - R28

BUSTA BURGER SPECIAL - KOOP EEN KRY EEN GRATIS – R24

ELKE MAANDAGAAND GROOT VERSKEIDENHEID HEERLIKE BURGERS

GEHALTE KOS TEEN BEKOSTIGBARE PRYSE

Tel. 022 913 8006

Page 40: Piketberger november 2013

40

Skoolverwisselingskampe op Bridgetown vir 25 jaar

deur Gerda van Schoor Dis weer Graad 7-Skoolverwisselingskamp, dis begin van die September-vakansie en ons sit by die huis, ek en my man (oom Jan soos almal hom by die kamp op Bridgetown geken het). So sit ons en gesels, “Ek wonder wat hulle nou doen”, of “die kringleiers is seker nou besig om die watergat voor te berei vir die modderbad” en wat van die heerlike “praise and worship”. Wat ons egter besef het, is dat die Here ons elke keer bewus gemaak het van die kamp (of kort-kort deur die naweek) en dat ons dan moet voorbidding doen. Ons was so deur ouers en onderwysers se gebede gedra en daardie gebede kan nie ophou nie. Solank daar gekamp word, elke oomblik van die dag, is almal en alles afhanklik van die Here. Ons eie paadjie met die kamp het gekom van 1987 af dat Jan gevra is of hy nie betrokke wil raak by die VCSV se Skoolverwisselingskampe nie. Sy eerste kamp was in Bainskloof, naby Wellington. Al die voorbereidings en reëlings is hier van Redelinghuys af gedoen, en wanneer die September-vakansie aanbreek, gaan hy vir die vol-gende vier of vyf dae kamp. Sy ervarings was vir hom elke jaar kosbaar en hy het nooit moeg geraak om sy alles te gee vir hierdie kampe, die kinders en kringleiers, nie. Die behoefte het by die VCSV ontstaan dat daar ’n kamp vir die Weskus-gebied ook gehou moet word. Hy het daar-toe ingestem en so het die kampe op Bridgetown begin. Die kampe was soos ’n baba wat elke jaar soveel tand-pyne en winde meegebring het. Hierdie tandpyne en krampe, in die vorm van administra-sie, al die briewe wat aan die skole gestuur moet word met die uitnodigings na en inskrywingsvorms vir die kamp, die uitwerk van die program, die aanpassing van die spyskaart en aankope, ens., was elke jaar die moeite werd. Ons was elke keer so verras-geseën deur die Here, dat ons maar net weer en weer gesê het, ‘sien julle weer volgende jaar, as dit Sy wil is’. Aan die beginjare was daar nie elke jaar genoeg kring-leiers nie en was die kringetjies maar groot. Maar, so met die tyd het die kamp ingeburger geraak. Vir talle Gr 7-kinders was dit hulle eerste ondervinding van ’n totale oor-gawe aan die Here en het dit vir hulle later noodsaaklik geword om terug te kom as kringleier en in te ploeg wat hulle self by die kamp ontvang het. My man se droom het bewaarheid geword – dat die kringetjies gemiddeld vyf moet wees, sodat daar goeie dinamika binne die kring en heerlike interaksie tussen die kringleier en kinders kon wees. Sodoende kon die kringetjie ’n onderlinge sterk band vorm en was die kringleier se verantwoordelikheid teenoor hierdie klein groepie makliker. Dit het ook gebeur dat daar ’n jaar of twee was wat daar twee kringleiers per kring was, maar sover moontlik het ons probeer om almal te akkommodeer, want wie sê, dalk het die Here juis ’n afspraak met daardie kind of kringleier gemaak om te kom. Ons uitgangspunt was, laat die wil van die Here geskied, Hy sal sorg vir die regte hoeveelheid kringleiers vir die kinders wat na die kamp toe wil kom. So deur die jare het ons wonderlike karakters op die kamp gehad. Een jaar was daar ’n seun wat met “crackers” daar aangekom het en wat dit met alle mag wou skiet, ander het met verskillende messe opgedaag. Dan was daar ’n kringleier wat nie ’n oggend-mens was nie. Wanneer hulle hulle eerste kringetjie in die oggende moet hou kon hy nie sy oë oophou nie, maar hy het geweet hulle moet aangaan

(ag tannie, kan ek nie maar nog bietjie gaan slaap nie?) Dan was daar, wat so heerlik kitaar kon speel en sommer net kon begelei. Die lofprysings het ook oor die jare ve-rander van kitaar- en klawerbord begeleiding na CD-begeleiding, maar dit het nie afbreuk gemaak aan die oor-gawe van heerlike samesang nie. Verder kan ek nie eers begin met name noem van uitstaande persone oor die aflope jare nie, hulle was te veel. Elkeen het op ons ook ’n blywende indruk gemaak. Daar is nou nog van die kringleiers en kinders aan wie ons dink en hulle aan die Here opdra – waar hulle ook al is. Ma-Baker (Lezaan Vis-ser), die kos-ma, was ook ons steunpilaar die afgelope 12 jaar. Gewoonlik so teen Augustus laat sy net weet ‘ek kom weer kamp’. Ek en Jan het die voorrade elke jaar voor die tyd gaan aankoop, dit in die kaste gaan uitpak, en Lezaan het ingestap en kos gemaak – lekker kos. Waar’s die jaar toe sy en Juan (Pa-Baker) frikkadelle wou maak, maar toe met iets wat soos ’n berg vleis lyk, geëindig het. Saam met die aankope het ons natuurlik ook vir etlike jare ons huweliksherdenking sommer langs die lang tafel in die kombuis op Bridgetown gevier met ’n worsbroodjie en koeldrank. Een jaar het dit ook gebeur dat ons tydens die kamp ons 25ste herdenking gevier het. Jan was vroegog-gend (vir die oggendopening saam met die kringleiers) op pad kom-buis toe. Hy word voorgekeer, sy hare pienk gespuit en hy kry ’n strikdas om aan te sit. Onbewus van alles kom ek ’n tydjie daarna daar aan en kry ook pienk hare en ’n kroontjie om op te sit. Wat ’n heerlike verrass-ing. Vir die afgelope agt jaar het Driaan Pretorius ook by ons aangesluit by die kamp. Sy en Jan se verantwoordelik-hede het mekaar aangevul en so kon ons elke jaar net al die eer aan die Here gee vir ’n kamp van soveel seëninge. Dat niemand ooit erg beseer was nie, was genade. Daar was maar hier en daar skete en pyne – ’n val, skrape, naarheid en seker die grootste verpesting – die muggies en blindevlieë. Maar die afgelope twee jaar het ’n bakkie met Aqueous cream en Citronella permanent op die tafel gestaan en elkeen wat verbykom, kon maar net aansmeer. Die Here het oor al die jare vir ons net meer en meer be-wus gemaak van hoe belangrik dit is dat die Evangelie aan die jongmense uitgedra moet word. Hierdie geleent-hede was vir ons kosbaar en dit het ons self ook versterk. Die entoesiasme van die kringleiers en die kinders, die tye wanneer hulle stil geword het voor die Here in hulle per-soonlike stiltetyd of in die kringetjies was iets besonders. Dit het elke keer gevoel soos ’n heilige tydjie, met ‘n sterk bewustheid van die Here se teenwoordig-heid, net daar, by elkeen individueel. Nou, wat nou vorentoe? Miskien sal ons weer aan so iets dink, maar mag die Here ons daarin lei en duidelikheid gee. Vir al die jare wil ons aan die Here al die eer kom gee. Ons wil aan elkeen, elke ouer, onderwyser, vriend/ vriendin of gemeentelede, baie dankie sê vir die voorbid-ding wat ons ontvang het. Ook vir almal wat bygedra het tot die groter prentjie, naamlik dat daar kampe aangebied kon word waar jongmense kon speel en lag, sing en jubel, stil kon raak voor die Here, Hom in hulle lewens kon inlaat en huis toe kon gaan met ’n hartsgesindheid wat verander het. Graad 7-kampe op Bridgetown sal altyd ’n groot herin-nering in ons lewens wees. Elke jaar met die aanbreek van die September-vakansie, sal die heimweë na die kamp gekoester word, maar sal ons gebede ook steeds daarvoor wees. Waar Driaan vanjaar die kamp vir die eer-ste maal alleen moes hanteer, is ons met dankbaarheid saam met hom bly oor die verloop van die kamp. Mag dit vir hom ook nie net nóg ‘n werk wees nie, maar ‘n heerlike en kosbare vreugde.

Page 41: Piketberger november 2013

41

Bridgetown Manewales

Kosspan 2011 Ma-Baker (Lizaan Visser), Pa-Baker

Etenstyd

Hulp in die Kombuis

Waterspeletjies

Paintball

'n Paar boere in die Sandveld het elke jaar in die winter so 'n bietjie gaan jag en hulle nooi toe die predikant saam. Hy was baie sterk gekant teen die gebruik van alkohol. Na die jag kom almal saam by een van hulle se huise om die bokke so gelykop moontlik onder mekaar te verdeel, weer oor die jag te gesels en hulle koue, honger lywe aan te klam met 'n drankie van sy keuse. Elkeen kry toe kans om te sê wat hy verkies en die predikant sê toe hy sal 'n glas melk verkies. Die skinkery vind in die kom-buis plaas en die bediening in die eetkamer - maar die skinker was 'n platjie en hy hooi die predikant se glas eers half met brandewyn en toe verder vol met melk. Die manne raak aan die gesels en hulle praat so hard en el-keen reken hy was die beste jagter van die dag. Die predikant was ook heel spraaksaam met 'n ongewonde harde stem. Toe daar so 'n effense stilte kom, sit hy sy leë glas so hard op die tafel neer en sê: "Broer, wat wil jy hê vir hierdei mofkoei van jou?" Ek het ook 'n predikant geken wat niks met alkohol te doen wou hê nie. Maar my vrou het altyd vrugtekoek in die huis gehad om voor te sit vir gaste en ons het altyd brandewyn gehad - meer as moontlik medisyne - en om-dat vrugtekoek maar geneig was om droog te wees, het sy dit ruimskoots klam gehou met die brandewyn. As die ou broer by ons aan huis kom, word die vrugtekoek aangebied en hy eet sommer twee stukkies en geniet dit baie sonder om navraag te doen hoekom dit dan so lek-ker is. Die predikant het pas in die gemeente gekom en wou graag die lidmate by hulle huise besoek om kennis te maak. 'n Lidmaat en ook ouderling wat die gemeente goed geken het, gaan toe saam en hulle begin in Krom-rivier wyk. Hulle het die voormiddag 'n paar huise besoek en toe middagete gekry by 'n sekere huis, waar hulle ook 'n bietjie sou gaan rus na ete. Die stoepkamer het 'n outydse dubbel koperkatel gehad waarop saamgeslaap moes word. Die mat van die bed het al sy dae gehad en 'n los mat is bo-oor neergesit. Dit word toe 'n hoë affêre, want die matras en bulsak kom ook nog bo-op, sodat 'n mens eintlik moet gaan aanhaal om op die bed te kom. Die ouderling het sommer gou van die nodigste klere ontslae geraak en na sy plek teen die muur aangeskuif. Die predikant was baie presies en het langer geneem en het eintlik effens gesukkel om langs die ouderling sy lê te kry. Intussen het die los mat uit posisie geskuif en toe die predikant se gewig bykom, kantel die hele spul skuins, sodat die predikant eerste afskuif en toe die ouderling agterna, sodat altwee op die vloer beland en onder die bed moes uitkruip na groter veiligheid. Van rus het daar nie veel gekom nie en hulle het maar gou weer aangetrek en voortgegaan met hulle besoeke. Dit het in die begin maar swaar gegaan om op die Berg te boer. Tabak van 'n goeie gehalte kon darem gekweek word. Die predikant gaan besoek toe die lidmate daar en kom by 'n sekere huis. Die vrou sê toe haar man is besig om twak te spin in die twakhuis. Die predikant sê toe die vrou moet haar man laat roep, hy moet alles los en huis toe kom. Die man laat toe weet dat as die predikant hom wil sien, moet hy na die twakhuis kom. Daar gekom, sê die predikant hy sal 'n stukkie uit die Bybel lees en dan moet die man die gebed doen. Die man sê toe, nee dominee, kom spin jy eers 'n lengte tabak - doen jy eers my werk, dan sal ek jou werk doen! Die predikant het nie kans gesien vir die spinnery nie en het toe maar die ge-bed ook gedoen.

Staaltjies uit die verlede

Deur Ds Breytenbach

Page 42: Piketberger november 2013

42

Hope vermaak vir oud en jonk by Zebrafees Foto’s: Kenneth Smit en Ilse Bruwer

Page 43: Piketberger november 2013

43

POTJIEKOS KOMPETISIE 2013

Ons het vanjaar weer pot gemaak met ‘n rekord aantal stalletjies wat deelgeneem het. Die windjie was wel koel, maar die atmosfeer was vuurwarm! Links bo: Dik Dogs was die wenner van die Beste

Pot. Bo - middel : 2de Beste Pot was die wenners: Die Plaasjapies, Kobus Rossouw en Suzette Rossouw. Saam met die wenners staan Delanie Jooste (Departementebestuurder), Marietjie Pedro (Winkelbestuurder) en Toni Smuts (Skakelbeampte). Beoordeelaars was Judith (Crown National),

Jan Braai, Antonio Redelinghuys en Hermann Hellemann. Ook aangewys was die wenners van die Beste Gees en Beste Stalletjie.

Die Boland Superspar Koekversier kompetisie was ‘n reuse sukses!! Dankie aan al die maatjies wat deel-geneem het en vir die ouers wat vir ons kom ondersteun het.

Vir meer fotos van die koekversier - en Potjiekos kompetisie besoek Boland Superspar se Facebook blad.

WENNERS BESTE GEES!

ALGEHELE WENNERS - DIK DOGS

LUCKY DRAW! BOLAND SUPERSPAR PERSONEEL

2DE PLEK - PLAASJAPIES 3DE PLEK - MARIO BROS

WENNERS - BESTE STALLETJIE

Page 44: Piketberger november 2013

44

Baie geluk aan Johannes Lewies wat die Hansa Pilsner yskas gewen het. Ashwille Fredericks oor-handig hier die yskas aan hom. Daar is elke maand iets wat weggegee word. Besoek Tops vir meer inligting!

Hansa Pilsner yskas wenner by Tops!

Sally Dietrich - IM YOUR BUTCHER!

VOTE FOR US AND WIN!

Boland Superspar borg PHS Golfdag 2013 DE HOEK