piketberger aug 2015

32
Jaargang 22 Nr. 7 022-913 1796 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense... www.piketberg.com R5,00 Augustus 2015 AUTO ELECTRICAL SPECIALIST ONE STOP MOTOR PART SHOP PIKETBERG 022 913 1939 022 913 2404 Alle korrespondensie aan [email protected] Collect your Rewards card in store Eldon van der Merwe, oud- leerder van PHS en Piket- berg se eie "Fiela se kind", het steeds toneelspeel in sy bloed. Hierdie keer is hy in Johannesburg besig op die stel van "#koelpixels” wat binnekort op die kassie verskyn. Hy vertolk die rol van Spyker Lamoer en die sepie beloof om die lag- spiere te prikkel. Hoewel hy tussen die bekendes beweeg, met van die 7de Laan akteurs, soos Nina en Emma vriende is, is dit steeds vir Piketberg en PHS wat hy in sy hart bewaar. Wanneer hy die familie bel, is dit net: "Wat maak my mense?" Eldon, "jou mense" is trots op jou. Dis wat hulle maak. -Red. Eldon in #koelpixels Eldon van der Merwe en regs saam op die stel van #koelpixels Foto’s: Facebook Welkom aan Eendekuil se Leraarspaar...p3 FJS 25jaar in Piketberg...p4 Hoofseun - Dux leerder presteer...p5 Goue Bruilof Viering...p5 Thurston en Melcolm ontvang instrumente...p6 67 minute vir Mandela...p10 Proefstudente...p12 Dit roer op die Berg...p16 Vakansiesport...pp28, 29 Porterville Krieketklub...p30

Upload: piketberg-tourism

Post on 22-Jul-2016

308 views

Category:

Documents


15 download

DESCRIPTION

 

TRANSCRIPT

Page 1: Piketberger Aug 2015

1

Jaargang 22 Nr. 7 022-913 1796

Piketberg se koerant vir Piketberg se

mense...

www.piketberg.com

R5,00 Augustus 2015

AUTO ELECTRICAL SPECIALIST

ONE STOP MOTOR PART SHOP

PIKETBERG

022 913 1939 022 913 2404

Alle korrespondensie aan [email protected]

Collect your Rewards card in store

Eldon van der Merwe, oud-leerder van PHS en Piket-berg se eie "Fiela se kind", het steeds toneelspeel in sy bloed. Hierdie keer is hy in Johannesburg besig op die stel van "#koelpixels” wat binnekort op die kassie verskyn. Hy vertolk die rol van Spyker Lamoer en die sepie beloof om die lag-spiere te prikkel. Hoewel hy tussen die bekendes beweeg, met van die 7de Laan akteurs, soos Nina en Emma vriende is, is dit steeds vir Piketberg en PHS wat hy in sy hart bewaar. Wanneer hy die familie bel, is dit net: "Wat maak my mense?" Eldon, "jou mense" is trots op jou. Dis wat hulle maak. -Red.

Eldon in #koelpixels

Eldon van der Merwe en regs saam op die stel van #koelpixels

Foto’s: Facebook

Welkom aan Eendekuil se Leraarspaar...p3 FJS 25jaar in Piketberg...p4 Hoofseun - Dux leerder presteer...p5 Goue Bruilof Viering...p5 Thurston en Melcolm ontvang instrumente...p6 67 minute vir Mandela...p10 Proefstudente...p12 Dit roer op die Berg...p16 Vakansiesport...pp28, 29 Porterville Krieketklub...p30

Page 2: Piketberger Aug 2015

2

Redaksioneel

Teken in op Die Piketberger teen R110 vir 11 uitgawes per pos in RSA. Lees op www.piketberg.com

Redaksie ([email protected])

Berigte en foto’s: Marietha Goosen 022-913 1796

Advertensies:

[email protected]

of sms 079 496 2719

Uitleg: Barbie Breunissen 022-913 3873 n/u

Redaksioneel geborg deur Dr. Herold Truter

Volblad: R460 Halfblad: R315 Kwartblad: R210 Agsteblad: R145

Ander groottes op aanvraag.

Barbie Breunissen Marietha Goosen

Liefde Marietha

Die volgende Piketberger verskyn op 27 Augustus 2015.

Berigte en advertensies moet ons bereik teen 18 Augustus.

Stuur na: [email protected]

Briewe van ons lesers...

Mariëtte Wiggill skryf… Ek doen ‘n beroep op eienaars wat diere het, dat hulle asseblief die honde in die erf sal hou. Ek waardeer dit opreg.

Tiger Wiggill Ons het ons geliefde seun,

Tiger Wiggill die 22ste Junie deur die dood

verloor. Ons huis is leeg

sonder jou. Met baie liefde van

Pappa, Mamma en Miscka

Groet die Mense "Groet die mense" het 'n bekende sêding geword in 'n gesin wat ek taamlik goed ken. Toe die kinders klein was, was daar nie 'n halwe kans vir wegkruip, koes of keer nie........wanneer gaste op-gedaag het en hulle binne 'n radius van 20 meter was, het

die opdrag hard en duidelik gekom: "Groet die mense". Baie van ons kan hiermee identifiseer en koester elkeen ons eie herinneringe aan harde stekelbaarde, geswete bo-lippe, nat soene, welige snorre en dies meer........dat ons nie meer male siek geraak het van dié gegroetery nie, is net 'n mis-terie. Mettertyd het die greep rondom groetery verslap en aanvaar ons gelate as kleinkinders ou-mas en oupas en ooms en tannies deesdae net 'n drukkie gee en skuinsweg aan die wange raak. Daar kom 'n tyd van 'n laaste groet en noem dit net wat jy wil - afskeidsdiens, lofprysingsdiens, roudi-ens, dank-diens, herinneringsdiens of 'n viering van 'n geliefde se lewe..... dan is alle aanraking verby en bly net woorde oor om te groet.

Dringend Gesoek

Ou Hoërskool Piketberg kleurbaadjie met die strepe (wat in die vroeër jare gedra is) te huur of te koop vir 'n 45jarige Matriek-reünie. Dalk is daar iemand wat nog so 'n kleurbaadjie iewers in 'n kas het.

Kontak Dalene van Zyl 021 948 2624 of 083 589 6808

Minette 079 249 1535

Hierdie advertensie word geborg deur Sam en Berenice Scheepers

Matriekafskeid 2015

Stuur gerus jou foto’s na [email protected]

Ons plaas dit GRATIS!

Voldag huishulp benodig in Piketberg. Geen rook en drink.

Skakel 082 780 8698 vir onderhoud.

Betrekking Aangebied

Page 3: Piketberger Aug 2015

3

Welkom aan Eendekuil se Leraarspaar

Ds Gert Kok en sy vrou, Antoinette, is die nuwe leraarspaar by die NG gemeente Eendekuil. Ds Kok is deur ds Albé Theunissen van Por-terville bevestig. By dieselfde geleentheid het ds Kok se skoonpa, dr Jorrie Jordaan sy finale boodskap gelewer. Ds Gert en Antoinette was voorheen le-raarspaar op Lady-smith, Natal - eers as kapelaan by 5 SAI Bn en daarna Gelofte Gemeente, vandaar na Estcourt, Thabazimbi en Bergville. Die egpaar het vier kinders, Cobus, Anita, Chrisma en Hannes. Anita is getroud met Philo van der Merwe en hulle het 'n seuntjie, Alexander.

Ds Gert en Antoinette Kok

Na 36 jaar sien Cobis Wilson van Piketberg, regs, en Gert Kok mekaar weer - dié keer

op Sondag 5 Julie op Eendekuil, waar ds Kok

bevestig is. Hulle was saam op Kovsies in aangrensende koshuise, Karee en Akasia. Hulle het in die Bloemfon-teinse Universiteitskoor

gesing wat in Europa getoer het. Sy vrou, Antoinette, het

ook in die koor gesing. 'n Verdere verbintenis wat hulle het, is dat Gert op 'n stadium Cobis se pa se predikant op Estcourt was,

voordat hy Mpumalanga en Bergville toe is.

Ds Bennie Meyer en sy vrou, Alida, was leraarspaar op Kimberley, tydens ds Gert Kok se grootwordjare. Hy onthou die kosbare tye by die Kinderkrans wat tannie Alida aangebied het. By hulle is Antoinette

Kok. (Kinderkrans is vandag se Kix met geen verskil nie.) Ds Bennie en Alida is afgetree op Piketberg.

Foto’s: Marietha Goosen

Agter die skerms in die Eendekuil kerksaal se kombuis......

Sondagoggend, ná ds Kok se bevestiging en sy in-treepreek, is die verrigtinge voortgesit in die kerksaal met die verwelkoming van die gemeente en die Ring. 'n Saal vol gaste sit aan vir 'n ligte middagete en 'n ligte krisis speel af in die kombuis.....Vanweë gesteelde telefoon-lyne, was die vrouens aangewese op selfone om hulle kosreëlings te tref. Dit opsig self klink mos eintlik mak-liker, maar met seine en ontvangs wat nie altyd duidelik is op plase nie, ontstaan 'n redelike misverstand - in plaas van VIER bakke lasagne uit elke wyk, word TWEE bakke uit elke wyk gereël, wat beteken dertig porsies te min. Dié misverstand word eers ontdek tydens die opskep. Krisis! Met geen Superspar of Hotel naby nie, is daar net een uitweg en dit is: Kalm bly en herverdeel van die porsies. Dit is nie 'n maklike taak vir boervrouens wat gewoond is aan ruim skep nie. Die dames in die kombuis se eetlus was weggestres, wat seker ook 'n paar porsies gespaar het. Wat die res van die gaste betref - niks bederf 'n ge-sellige kuier nie en min was bewus van die krisis. Terugskouend, 'n goeie storie en iets om oor te vertel.

Die Piketberger se Datums vir 2015

Berigte/Advertensie IN

18 Augustus 22 September

20 Oktober 17 November

VERSKYN

27 Augustus 1 Oktober 29 Oktober

26 November

Page 4: Piketberger Aug 2015

4

Hoofstraat 21, Piketberg Posbus 64, Piketberg 7320

Tel. 022 913 1600 022 913 2075

Maak seker jy bly een stap voor die winter verkoues!

Gee jou immuniteit die hupstoot wat dit

nodig het met Biobalance

Immunova +

FJS 25 jaar in Piketberg

Annatjie Kotze (boekhou), Sandra de Villiers (Admin), Frikkie en Elna Strauss en Lizelle Calitz.

FJS Finansiële Dienste is vanjaar 25 jaar op Piket-berg. Die kantoor is in Januarie 1990 deur Frikkie en Elna Strauss begin en het vir die eerste paar jaar op basiese boekhou- en belastingwerk gekonsentreer. In die laat negentiger jare is die dienste van die praktyk uitgebrei deur belasting-, boedel- en finansiële beplanning in te sluit. Frikkie en Elna is baie dankbaar vir die ondersteuning wat hulle in dié tyd van die gemeenskap van Piketberg en die omliggende dorpe gekry het. “Dit was ‘n tyd in ons lewens wat ons die seën van die Here op ‘n besondere wyse ervaar het”, sê hulle. Al drie hulle kinders was vir die grootste gedeeltes van hulle skoolloopbane in Piket-berg. Lizelle was hier van graad 1 tot matriek en het uiteindelik haar M.Rek-graad in Belasting aan die Univer-siteit van Stellenbosch verwerf, waar sy ook vir die af-gelope paar jaar klas gegee het. Sy gaan nou betrokke raak by die belastingbeplanningsdienste van FJS Finan-siële Dienste. Die inbring van haar gespesialiseerde ken-nis van belastingwetgewing bied aan die praktyk die geleentheid om ‘n baie meer gefokusde belastingbeplan-ningsdiens aan belastingbetalers in Piketberg en omgewing te lewer. Frikkie sê dat verreweg die meeste belastingbetalers in Suid-Afrika onnodig te veel belasting betaal, bloot as ge-volg van gebrek aan kennis van belastingbesparings-geleenthede wat daar bestaan. “Ons moet aanvaar dat die belastingskroef nog baie stywer gedraai gaan word en dat dit besondere vindingryke en skeppende denke van belastingbetalers en hulle adviseurs sal verg om te keer dat hulle sakke heeltemal leeg gesuig word deur die belastinggaarder.” Om belastingbetalers hierin te help, het Frikkie en Lizelle aangebied om in die res van die 2015-uitgawes van Die Piketberger ‘n reeks artikels oor verskeie aspekte van belasting en belastingbeplanning te skryf.

Klavierstemmer Stem en Herstel van Klaviere

Professioneel 50jr Ondervinding

Alle Areas

Skakel Wessel de Beer 0232 320422 of 082 704 3276

Page 5: Piketberger Aug 2015

5

Winkel 022-913 2418

022-942 1787

Riana Smit 022-942 1787

082 921 1977

Winter uitverkoping op geselekteerde

klerasie en skoene

Dowayne Koopman, oorspronklik van Wup-perthal, het in 2009 by Steynville Sekondêr begin om sy Hoërskool loopbaan te voltooi. Die daaropvolgende jaar was hy aangestel as prefek en het ook as tesourier van die VRL gedien. In 2010 is hy verkies as die skool se hoofseun vir 2011 en was ook die voorsitter van die VRL daardie jaar. Hy het akademies goed gevaar en is as PPC Dux Leerder, beste akademiese pres-teerder (Rita Esau Tro-fee) en beste matriku-lant gekroon. Dowayne het op 15 April 2015 gegradueer aan die Cape Peninsula University of Technolo-gy met sy National Di-ploma: Public Manage-ment wat hy cum laude verwerf het. Hy is

tans werksaam by die Kaapstadse Metropool, die City of Cape Town, maar beplan om verder deeltyds te studeer.

Hoofseun...Dux Leerder presteer

Dowayne Koopman, voormalige SSS’er ontvang

sy diploma. Foto verskaf

Ds Bennie en Alida Meyer is op 10 Julie 1965 in die NG Kerk Piketberg getroud en het 50 jaar later op

hierdie datum, en in die NG Kerk Piketberg hul beloftes hernu saam met familie.

Foto verskaf

in

Goue bruilof viering

Page 6: Piketberger Aug 2015

6

Thurston en Melcolm ontvang musiekinstrumente vanuit die

buiteland Die Nederlanders het ‘n geliefkoosde idiomatiese uitdrukking “een vliegende kraai vangt altijd wat” wat ek almelewe met ‘n hunkerende nostalgie aan my kinderjare verbind. As kind en later ‘n opgeskote tiener, was ‘n vakansiereis iets waarna jy met ‘n gelonke betragting uitgesien het en hierdie Nederlandse gesegde was heel dikwels na ons terugkoms van ‘n bestemming gebruik om ‘n onvertakte aangename reisaandenking as geskenk te oorhandig. Van kindsbeen af het my familie daarop klem gelê dat, deur te reis en jou tyd positief te verwyl; deur jou kennis van ‘n plek, land òf streek deur middel van sy kulturele erfenis, tegnologiese ontwikkeling, geografie, geskiedenis, museums, gebruike ensovoorts te verbreed; jy nie net jou denkvermoë en verwysingsraamwerk kenmerklik verryk nie, maar dat jy sodoende ook as ‘n afgeronde en ervare individu die lewensbaan kan gadeslaan. Hierdie idioom, betekende dat ‘n persoon wat baie rondreis altyd iets sal vind of kry in sy voordeel, is nou letterlik ‘die kroon op iets sit’, met ander woorde, dit span die kroon en is ‘n eervolle voltooiing van die Bergrivierkoor se beduidende positiewe latente impak tydens ons oorsese toer in Desember verlede jaar. ‘n Proporsionele deel van die Bergrivierkoor se uitdagende missie sluit in die artikulasie en ontwikkeling van koorsang, sowel as om die musikale didaktiek van instrumententele vaardigheid veral by ons jeug te prikkel en in ons hele munisipale streek te hervestig. Dit is ‘n uitdagende stryd, gegewe die inkongruente sosio-kulturele depresiasie in ons gemeenskappe, heel dikwels gepaardgaande met talle afdraande en opdraande wat jy te bowe moet kom, afguns, kulturele onkunde, ‘n tekort aan gemeenskapsoriëntering en duktiele tydgees, asook ‘n gebrek aan katalisering vir verandering. Hierdie komponente wat die vertrekpunt, ontwikkeling en doeltreffendheid van enige organisasie bepaal, bly ‘n reuse uitdaging, maar soos wyle Mnr L.B. Gordon, voormalige prinsipaal van Steynville Primêr, senuweeagtige leerders altyd voor ‘n groot eksamen met die woorde “hou goeie moed, die slegte kom vanself” bemoedig het, moet enige projek dus met baie deursettingsvermoë en vasberadenheid deur sy geboorte- en groeipyne gaan (werk dat die krom note hom haal) om sukses te behaal. Tydens ons besoek aan die VSA en België is daar met talryke privaatpersone en instansies kontakte gesmee en so is verskeie temas te berde gebring soekende na strategiese oplossings om onder andere; die ontbreking van primêre kulturele moontlikhede in ons streek, die vroeë identifisering van musikale potensiaal by kinders, asook die tekort aan beskikbaarheid en toegang tot musiekinstrumente vir talentvolle persone, aan te spreek. Die eerste twee persone wat van hierdie gesprekke kon profiteer en instrumente ontvang het, is Thurston Jagers en Melcolm van der Merwe. Scott Sanders, ‘n koorlid van ons gasheerkoor Sharing New Song in Boston, se oorlede broer was ‘n kranige fluitspeler. Sy wense was dat sy dwarsfluit na sy dood aan ‘n talentvolle musikant geskenk moet word wat ‘n passie het vir musiek en geen dwarsfluit kan bekostig. Nadat sy naasbestaandes Thurston tydens ons eerste konsert in Boston hoor speel het (op ‘n dwarsfluit wat hy moes leen vir die toer), en ook verneem het dat hy nie in besit was van ‘n eie dwarsfluit, het hulle Thurston genader en aan hom hierdie besonderse erfstuk oorhandig.

en Michelle, ‘n voormalige fluitspeler van die befaamde Bostonse Simfonie-orkes het aan hom ‘n waardevolle musiek-instrument, namentlik die piccolo geskenk. Hierdie piccolo (verwant aan die dwarsfluit) het self ‘n tradisieryke geskiede-nis en was deur die jare heen, beginnende by haar oupa aan haar pa, en later van haar pa aan haar, as waardevolle erfstuk nagelaat. Die piccolo (ook bekend as ottavino) is uit die staanspoor uit baie meer kompleks om te speel en vereis veel meer tegniek en akkurate asemhalingsbeheer om die perfekte tone uit die instrument te laat vloei. Nie net is sy klankomvang (dit strek oor twee oktawe) hoër as die van ‘n gewone dwarsfluit nie, maar dit verleen ‘n uiters helder en geraffineerde toevoeging tot die algehele klankglans van ‘n musikale partituur. Desbetreffend is jou piccolo-speler heel dikwels ‘n gesogte aanstelling as prinsipale speler in jou groot simfonieorkeste. Twee van jou alombekende bekende piccolo partiture is die bekende solo gedeelte uit John Philip Sousa se bekende mars “The Stars and Stripes Forever” (waar die piccolo met alle reg in die laaste deel tot sy gelding kom) en ook in die tweede bedryf van Wolfgang Amadeus Mozart se opera “Idomeneo”.

Melcolm van der Merwe se instrument het ‘n eweseer interessante geskiedenis. Tydens ons besoek aan België met sy passievolle en kultuurwaarderende gehore, het ‘n egpaar, Dr en Mev de Bergeyck my na afloop van ons konsert tydens ‘n onthaal genader om meer inligting te bekom oor die aktiwiteite en missie van die Bergrivierkoor, asook oor die tekortkominge en

struikelblokke wat die koor en ons streek op kulturele gebied op ‘n daaglikse basis ervaar. Na die gebruiklike (die Latynse taal stel dit so waardig met die uitdrukking “ad asum”) uitruil van visitekaartjies, protokollêr vir sulke resepsies, het ons sporadiese kontak behou. In Mei vanjaar was ek bevoorreg om op uitnodiging van die Vlaams-Zuidafrikaanse Cultuurstichtung weereens België te kon besoek. Ek het die egpaar van my besoek verwittig en was bevoorreg om Vervolg op p8...

Thurston Jagers bespeel piccolo

Thurston se dwarsfluit en piccolo

Melcolm van der Merwe met sy hout blokfluit

Page 7: Piketberger Aug 2015

7

Page 8: Piketberger Aug 2015

8

Van p6 anderhalfuur op hulle landgoed te kon verbring voor ek my besoek voortgesit het na Brugge, Brussels en Gent. Die egpaar het my verras deur ‘n pragtige antieke houtgekerfde blokfluit as geskenk aan Melcolm te stuur. Hierdie blokfluit is volgens Barok-standaard vervaardig en was in besit van dr Bergeyck se oorlede pa, wat tydens sy leeftyd ‘n lid van die Brusselse Filharmoniese Orkes was. Soortgelyk aan die piccolo, vereis jou hout blokfluit ook meer tegniek en konsentrasie, maar veral liefdevolle versorging. In die hoër omvang is die klank van jou hout blokfluit dikwels suiwerder as die hedendaagse plastiek blokfluite. Vir ‘n speler neem dit gewoonlik 10 minute langer om op die hout weergawe op te warm voor jy kan speel en die instandhouding en skoonmaak van hierdie instrument moet slegs deur ‘n gespesialiseerde persoon met die nodige ervaring gedoen word. Melcolm en Thurston is uiteraard baie bevoorreg om die ontvangers van hierdie waardevolle instrumente te wees. Vir die lesers van Die Piketberger wat graag sou wou hoor hoe hierdie drie verskillende fluite klink, kom woon gerus die Bergrivierkoor se konsert op Sondag 6 September 2015 om 11h00 in die N.G. Kerk Aurora by waartydens beide seuns die gehoor met ‘n omvangryke spektrum van musiek - spesifiek gekomponeer vir hierdie tipe fluite - sal vertolk.

Die kat kom weer

Groot opwinding het in Water-kantstraat, Piketberg geheers toe ‘n rooikat heelnag op 'n telefoonpaal

gesit het. Die rede: bang vir die honde. Die veearts is ontbied en het

hom met ‘n pseu-dart geskiet om hom slaap te maak en iewers in die

veld weer te los. Foto’s: Marietha Goosen

Page 9: Piketberger Aug 2015

9

Elfreda’s

Jou nommer een tuiste Loopstraat, Piketberg

022 913 2059 084 499 6209

Jy sal by Elfreda's Bed en Ontbyt in Loopstraat instap en verseker 'n ander mens daar uitstap. Voeg daarby Elfreda se

hartlikheid en passie om gasvry te wees, en jy weet en voel hoe jou hele menswees baat by hierdie besoek. Of jy op 'n vakansie-reis is en by Piketberg aandoen, vir een of ander geleentheid die

dorp besoek of as sakeman of -vrou, jou skoene moet uitskop........jy sal jou kragte so herwin, dat jy die volgende dag

jou dagtaak of reis sal kan voortsit, maar spyt is dis verby. Ongeag Piketberg se skreiende hittegolwe in die Somer en soms snerpende koue in die Winter, is Elfreda's reg vir jou - jy sal koel en verkwik in die Somer wees en warm en snoesig in die Winter. Elfreda's Bed en Ontbyt bied 'n huislikheid beter as jou eie huis.

Page 10: Piketberger Aug 2015

10

67 Minute vir Mandela

'n Groep PPC De Hoek werkers het in samewerking met Piketberg Animal Welfare (PAW) 'n skenking van honde en katte kos gemaak en dit gaan uitdeel vir die diere in die Trajekte kamp ter viering van die 67 mi-

nute vir Mandela. Van links is Sanita Uys, Liana Ben-dini, Mirinda Neethling, Jan Vorster, Jakes Magayana

en Marion Bagus. Foto: Lorraine Lourens

Die personeel van Nedbank Piketberg pak elke jaar 'n projek aan en het dit goed gedink om dié jaar klere en komberse bymekaar te maak wat oorhandig is aan Ray Van Rooy. Ray het onderneem om dit te versprei onder mense in ons gemeenskap wat dit nodig het. Ons bedank vir Ray vir die werk wat hy in Piketberg en om-gewing doen vir be-hoeftige mense.

Ray van Rooy, Rowena Brandt, Hendrie Fourie, Gert Dietrich en Margaret Beukes.

Foto: Mienie Scholtz

Die inwoners van Huis AJ Liebenberg het Mandela-dag gevier deur Babbel en Krabbel se kindertjies te

verras met heerlike koek. Inwoners Nelie Stevens, Sally Engelbrecht en Anna

Lambrechts het die koek uitgedeel.

Foto: Marie de Villiers

The members of Piketberg SAPS, addressed two pro-jects for Mandela Day to give back their 67 minutes to

the community. W/O Lourens (Communication Offi-cer) and Sgt Davids had a function with the elderly

people whereby Sgt Davids spoke to them about the safekeeping of their pin codes on cards and cards

themselves. They were told on how or where to report misuse or abuse of their cards. Furthermore Sgt Da-vids also spoke to them about domestic violence. He told them about the types of domestic violence and how to abstain from it. Sgt Davids asked the elderly people to take hands with the police to fight crime and to report crimes to their nearest police station.

The elderly was provided with refreshments such as coffee,

tea, cake, muffins and fruit that was sponsored by

Boland Superspar.

Furthermore the stations members took initiative to contribute money to make soup to hand out to the

underprivileged people of the community. The soup was handed out at Trajektekamp and Portland street,

Piketberg. The message here was that we need to fight against crime together and report crime to the police. The projects were a huge success and the community welcomed the positive initiative from

Piketberg SAPS. Photo’s: Lt. Col. W B Gordon

PHS Matriekafskeid

Vrydag 28 Augustus

Page 11: Piketberger Aug 2015

11

Cash for Scrap Steeds vinnige, vriendelike en eerlike diens

vir kontant in die sak

Culemborgstraat, Piketberg Ind. Oor die treinbrug, oorkant stasie

Nou ook oop in

Porterville Jakkalskloofstraat

Kom besoek ons of skakel

Johan Louw - 076 538 2909 (vir nog beter pryse nou!)

en by ons is dit steeds

Beste prys oor en oor bewys!

Page 12: Piketberger Aug 2015

12

Proefstudente

Hierdie proefstudente van onderskeidelik CPUT Wellington en Universiteit van die Vrystaat doen tans

hul praktiese onderwys by Steynville Primêr. Dit is ook 'n geskiedkundige gebeurtenis, aangesien hulle

die eerste groep proefstudente is by die splinternuwe skoolgebou. Agter staan Lilani Dippenaar (3de jaar

Grondslagfase), Drikus Kirsten (4de jaar Intermediêr-en Seniorfase) en Laurene Burger (4de jaar Interme-diêr- en Seniorfase). Voor sit Barbara Nel (2de jaar

Grondslagfase), Arlene Hendricks (3de jaar Grondslagfase), Euodia Williams (1ste jaar Grondslagfase) en Junanri Richter (3de jaar

Grondslagfase). Foto: Elzanne Boshoff

Hierdie studente doen tans hul praktiese onderwys by Hoërskool Piketberg. Agter is Henco Bindeman,

Dorinda Smit, Ilsé Louw, Carmen van Schoor en Melandri van der Merwe. Voor is Joe Joubert, Mariska Wolfaardt, Aila le Fleur, Maresa Rust en Rudi Nieman.

Foto: Sanet Ackermann

Uit die kantoor van die Munisipale Bestuurder...

Hanlie Linde

Hierdie maand is daar nog goeie nuus om te deel wat alle Piket-bergers raak. Die eerste is dat die Munisipaliteit besig is met ‘n kapitaalprojek om die dorp se krieketveld op te gradeer. Piket-berg het ‘n sterk krieketklub wat bestaan uit meer as 60 lede. Ons A-span speel in die Premier-liga onder die leiding van Ernie Diederich. Piketberg se B-span speel in die Drakenstein-liga onder leiding van Rudi Swartz en Sona Kok is die spankaptein van Piketberg se vroue krieketspan wat in die Boland liga meeding. Hierdie spanne sal vir die duur van die opgradering hul tuiswedstryde in Moorreesburg speel. Ons bedank graag Swartland Munisipaliteit vir hul gasvryheid en hulp. Die krieketveld word opgegradeer teen die bedrag van R2,3 miljoen om te voldoen aan Boland Standaarde. Dit is fondse wat die Munisipaliteit bekom het deur die Municipal Infrastructure Grant (MIG) vanaf die Regering. Die krieketveld in Piketberg is geoormerk in lyn met die Bergrivier Sportraad se meestersplan vir infrastruktuur wat deur die Raad goedgekeur is. Die projek word in sewe fases bestuur deur die Bestuurder Gemeen-skapsdienste, Dean Josephus, en sal teen einde Sep-tember 2015 voltooi wees. Dit is ‘n aanwins vir ons dorp en sal groter wedstryde, meer mense en meer ekonomiese geleenthede trek wat ons plaaslike ekonomie steun. Die ander goeie nuus is dat die publieke deelname pro-ses oor die gebruik van die skougronde en omliggende gedeeltes, afgehandel is. Die diensverskaffer, Rumble en Vennote van Malmesbury, het die publieke deelname proses gefasiliteer en het hulle aanbevelings aan die Burgemeesterskomitee voorgelê aan die einde van Junie 2015. Die opsies sal nou met die wykskomitees be-spreek word en die Raad wil voor einde Augustus 2015 die finale aanbevelings oorweeg. Hierdie proses word binne Bergrivier Munisipaliteit bestuur deur die Bestuurder Beplanning en Ontwikkeling, Werner Wagener (022 913 6046). ‘n Afskrif van Rumboll en Ven-note se voorstelle is beskikbaar by my kantoor en kan aangevra word vanaf [email protected] by Jes-sica Carstens (Persoonlike Assistent van die Munisipale Bestuurder). Die Raad wil graag hierdie proses afhandel, omdat dit onder andere die Onderwysdepartement in staat sal stel om ‘n nuwe skool vir Piketberg te bou wat ons gemeenskap baie nodig het. Vir almal wat die voorreg gehad het om tydens die Junie/Julie skoolvakansie bietjie weg te gaan, baie welkom terug. Ons is bly julle het goed gerus en is veilig terug. Ek was self in die Kruger Wildtuin en was aangenaam verras om te sien hoe grasgroen ons koringlande geword het in die tien dae wat ek weg was. Geniet ons pragtige omgewing.

Interskole PHS vs HSP

Saterdag 22 Augustus te Hoërskool Porterville

Page 13: Piketberger Aug 2015

13

Page 14: Piketberger Aug 2015

14

Page 15: Piketberger Aug 2015

15

MC HANEKOM Geoktrooieerde Rekenmeesters

en Ouditeure

DIE TREK 34, PIKETBERG Tel. 022 913 2800

[email protected]

Administrasie van boedels Maatskappy finansiële state Individue finansiële state Beslote Korporasie finansiële

state Belastingbeplanning en opgawes sowel as besware en appèl Oudit van finansiële state Oprigting van trusts BTW invoere en BTW opgawes Hantering van oudits op BTW

opgawes by SAID Opstel van testamente

Kaptein

Burger tot

u diens!

In 'n tyd waarin ons mense soms lig loop vir die vreemde ele-mente, selfs op die platteland, was dit so 'n groot gerusstelling om onlangs kaptein Albie Burger in die omgewing van Kloof- en Van Dykstraat, Piketberg op te merk. Boonop soos dit be-hoort gedoen te word - te voet! Sulke sigbare polisiëring is die oplossing vir mis-daad. Dankie Kaptein, ons salueer jou. -Red.

Page 16: Piketberger Aug 2015

16

Dit Roer op die Berg Om ‘n gemeenskap te laat werk en positiewe verandering teweeg te bring het ‘n mens seker ‘n agent of agente nodig wat hierdie verandering kan teweegbring. Wel, die Piket-Bo-Berg, ‘n plaas gemeenskap, het so ‘n agent in die vorm van die Piket-Bo-Berg Inwoners Vereniging (PBBIV). Die PBBIV is ‘n organisasie sonder winsbejag en bedien die plaas gemeenskap wat bestaan uit kom-mersiële boere, grondeienaars van kleinhoewes, aktiewe plaaswerkers, afgetrede plaaswerkers en hul gesinne. Tans word die bedrywighede van die PBBIV befonds deur die appel produsente, wat die geld wat hulle vir hul sap appels sou ontvang het, aan die PBBIV te skenk. Verder word ‘n nominale bedrag vir lidmaatskap gehef, wat jaar-liks betaal word. Die PBBIV het tans ‘n reeks doelwitte, wat met baie tyd en talle werkswinkels geformuleer was. Die doelwitte word sover as moontlik ‘n realiteit met die hulp van plaaswerkers, kommersiële boere, plaasbestuurders, grondeienaars en werkers. Baie van laasgenoemde groepe is deel van een of ander sub-komitee wat met ‘n spesifieke doelwit gemoeid is. Die sub-komitees bestaan tans uit die volgende: Gesondheid; Jeug; Welsyn; Opleiding; Plaaswag; Landbou Vereniging; Plaaswerker Forum. Die verskillende sub-komitees het ten doel om die vol-gende te doen: Koördinering van verbeterde toegang tot gesondheidsorg. Kweek bewusmaking rakende die gevare van dwelm en alkohol misbruik sodat lede van die Piket-Bo-Berg ge-meenskap ingeligte besluite hieroor kan neem. Verskaf die nodige hulp aan voorskoolse kinders, kinders in laer- en hoërskool binne die grense van Piket-Bo-Berg. Bewerkstellig en bied verskillende tipes opleiding aan werkers op die verskillende plase. Koördinering van ontspannings geleenthede vir kinders, jeug en volwassenes. Die skep van ‘n veilige gemeenskap waarin inwoners geen vrees hoef te hê nie. Die skep van ‘n formele forum wat die spreekbuis kan wees vir werkers op die verskillende plase. Bevordering van volhoubare besigheids ontwikkeling in Landbou. Die aktiwiteite binne die PBBIV en die gemeenskap word bestuur deur ‘n bekwame bestuurspan, wat uit grondei-enaars en werkers bestaan. ‘n Dag bestuur, bestaande uit Eric Starke, Deidré Eigelaar, Lettie Marcus en die koördineerder. Aangesien die bestuurspan almal voltyds in boerdery betrokke is, was dit nodig om iemand aan te stel om al die aktiwiteite van die verskillende sub-komitees te koördineer. So is ‘n paar name gelys en na die siftingsproses is Gus Pickard genader om as koördineerder diens te doen. Tans werk Gus een dag per week vir die PBBIV en verteenwoordig hy die PBBIV oral waar die stem van die inwoners van Piket-Bo-Berg ge-hoor behoort te word. Baie is intussen al vermag en is meeste van die sub-komitees redelike besig om gestalte te gee aan die projekte wat jaarliks beplan word. Tans word elf vroue op plase te Piket-Bo-Berg as gesond-heidswerkers opgelei. Hierdie uiters intensiewe opleiding kom in November vanjaar tot ‘n einde, wanneer die vroue hul diplomas ontvang. Wat ‘n fantastiese bate sal hulle nie vir die inwoners op die onderskeie plase en uiteindelik die breër gemeenskap wees nie. Die vroue se klasse beloop een volle week op ‘n slag en lyf wegsteek is glad nie moontlik nie. Samewerking met die plaaslike Depar-tement Gesondheid het intussen ook met rasse skrede verbeter en met die hulp van Me Elzette Dietrich, het in-woners te Piket-Bo-Berg op hul voorstoep gratis toegang

tot basiese gesondheidsdienste gehad. Sommige in-woners spog tans met ‘n splinternuwe bril wat verbeterde sig gebring het. Die Jeug bied jaarliks Jeugdag aan en verskeie ander ak-tiwiteite sluit in sportkampe vir kinders en jeug, met die hulp van ‘n Kaapse organisasie, Fit4U. Baie onlangs het kinders en die jeug te Piket-Bo-Berg ook die geleentheid gehad om op die plaas, Bugler’s Post, meer oor die ver-skillende plant spesies en voëlspesies te leer. Volgens die kinders en jeug wat daar was, was dit ‘n fantastiese ervar-ing. Mnr en Mej Piket-Bo-Berg is een van die hoogte punte op die kalender en vind vanjaar weer in November maand plaas. Dat daar talent op Piket-Bo-Berg is, is voor-waar. Hier doen Hendrik Koordom en Denver Adams fan-tastiese werk, met die hulp van die res van die bestuur- span, onder andere Tinus Swarts en Brian Andrew. Die PBBIV befonds ‘n groep van vyftien jeugdiges vanaf Piket-Bo-Berg om op Vrydag, 31 Julie 2015, ‘n talent kompetisie vir plaaswerkers by te woon wat in die Lord Charles Hotel in Somerset Wes aangebied word. Hierdie is ‘n jaarlikse talent kompetisie wat deur Hortgro aangebied word en spesifiek op plaaswerkers fokus. Opleiding word so gereeld moontlik gereël en sluit sowel “soft skills” as tegniese opleiding. Sodanige opleiding het byvoorbeeld al ingesluit ouerleiding en hoe om met ‘n reeks maatskaplike kwessies om te gaan. In ander gevalle word werkers opgelei as Veiligheid en Gesonheid verteen-woordigers, noodhulp beamptes en vurkhyser drywers. Baie onlangs het Delanie Jooste ‘n reeks sessies oor lei-erskap ontwikkeling aangebied. Piket-Bo-Berg het ook ‘n Plaaswag, met seniors soos Leen Januarie en Pietie Le Fleur. Hierdie twee is al baie jare, saam met Kobus Eigelaar, betrokke by die Plaaswag. Vernon Basset neem tans die leiding met hierdie sub-komitee en sy aktiwiteite. Die Plaaswag werk baie nou saam met die plaaslike polisie (SAPD) en die vaardighede wat benodig word om hul werk suksesvol te doen, word in ‘n groot mate deur die SAPD oorgedra. Een van die verblydende aspekte van die Plaaswag is die on-baatsugtige en vrywillige diens wat ‘n klompie jong mense die een naweek na die ander doen. Die Landbou Vereniging vergader soos nodig om oor tegniese Boerdery kwessies te besin en nuwe planne en idees te bedink. Die bekendstelling van nuwe produkte en boerdery tegnieke word soms ook by sulke vergaderings oorgedra. Nog ‘n area waar die PBBIV die inwoners van Piket-Bo-Berg van hulp is, het met behuising te make. Bestuurslede en die koördineerder woon gereeld vergaderings in hierdie verband by om bekend te wees met behuisingsplanne van die plaaslike owerheid. Tans bestaan een gevestigde landbou dorpie, Oakview, waar werkers die eienaars van hul huise geword het. Die hoop bestaan dat meer sulke Vervolg op p18

Hierdie groep plaaswerker vroue van verskeie plase op die Berg saam met die opleier, Kobie van Philani Opleiding en Ontwikkeling. Twee van die vroue kom

van onder die Berg, Rietkloof en Mont Piquet. Foto: Gus Pickard

Page 17: Piketberger Aug 2015

17

Page 18: Piketberger Aug 2015

18

Van p16 dorpies of een groot landbou dorp te Piket-Bo-Berg ge vestig kan word en gesprekke met sowel plaaslike ower-heid as die provinsiale owerheid is tans hieroor aan die gang. Andersyds word werkers op plase ook aange-moedig om intussen hul name op ‘n waglys by die plaas-like behuisngskantoor te kry. Fietsry in bergagtige gebied is ‘n sport wat besig is om uit sy nate te bars en ook op hierdie gebied is die PBBIV besig om te verseker dat Piket-Bo-Berg se Cycle Chal-lenge op die “map” bly. Hierdie jaar word die Cycle Chal-lenge vir die sesde agtereenvolgende jaar aangebied en soos verlede jaar, behoort Piket-Bo-Berg oorval te word met ryers van oral oor. Gastehuise te Piket-Bo-Berg blyk alreeds vol bespreek te wees, terwyl kampeer fasiliteite ook beskikbaar is. Vanjaar se Cycle Challenge vind plaas op Saterdag, 12 September en ryers kan reeds elektro-nies inskryf. Inskrywings op die dag begin al die oggend om ses uur. Talle besighede in die dorp doen jaarliks hulle deel deur saam met die hoofborg, Boland Super-spar, die Cycle Challenge ‘n sukses te maak. Die inkom-ste verkry uit die Cycle Challenge word weer 100% terug geploeg in die behoeftes van die gemeenskap. So byvoorbeeld sal sowat 50 kinders teen die middel van Augustus 2015 van ‘n pakkie opvoedkundige speelgoed ter waarde van R300 per pakkie voorsien word. Hierdie opvoedkundige speelgoed word deur die PBBIV aange-koop en word dan gratis aan elke kind vanaf 1 tot 5 jaar verskaf. Die ouers van sulke kinders sal ook na ‘n sessie genooi word waar hulle geleer sal word hoe om hul kinders opvoedkundig te stimuleer met behulp van die speelgoed. Volgende op die agenda is natuurlik Vrouedag vieringe op Saterdag, 8 Augustus 2015. Die aktiwiteite op hierdie dag word tans deur ‘n groep geesdriftige champions op die verskillende plase gedryf, onder leiding van Lettie Marcus. Dan, teen die einde van Augustusmaand word ‘n reeks werkers op verskillende plase weer beoordeel in verskil-lende kategorieë, as deel van die jaarlikse Plaaswerker van die Jaar kompetisie. Diegene wat as wenners deur-dring word in September maand tydens ‘n Gala geleent-heid beloon met pryse wat die Departement van Landbou en Shoprite borg. Vanjaar se pryse is selfs groter as dié van verlede jaar. By hierdie geleentheid word die Plaaswerker van die Jaar vir Piket-Bo-Berg aangewys, wat dan weer later vanjaar op sy/haar beurt met wenners van ander streke sal meeding om die gesogte kroon. So, met als wat deesdae op die plaas aangaan, reken jy steeds plaaswerk en die lewe op ‘n plaas is vervelig? Dink weer ‘n bietjie.

MEDIESE PRAKTISYNS

Drs Smit & Morrison

Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG

7320

022-913 1172 alle ure / all hours

022 913 1907

Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri

Sat 08:00 - 13:00

Die Oliviers is nou drie

Pastoor Tjaart Olivier en sy vrou, Lize-Marié het ‘n dogtertjie ryker geword op 14 Julie 2015 toe René

gebore is. Foto verskaf

Beplan en Uitlê van Tuin Piketberg Blom– en Tuinbouvergadering

Die volgende tuinbouvergadering is op 5 Augustus by die huis van Jackie Ferguson, op die hoek van Hoog- en Buitengrachtstraat. Tee word bedien vanaf 09:00, huishoudelike sake word bespreek vanaf 09:30. Om 10:00 vertrek ons na die huis van Pam Struthers, die laaste huis, regs bo in Buitengrachtstraat. Corné Pretorius van Rie-beeck Valley Garden Centre, gaan ons toespreek oor die beplanning en uitleg van ‘n tuin aan die hand van Pam se tuin.

Besoekers welkom, R25 toegangsfooi.

Page 19: Piketberger Aug 2015

19

PPC versoek u insette vir die ou De Hoek myn

PPC De Hoek is besig om alle opsies te ondersoek vir die finale “closure” of “end use” vir die ou De Hoek myn. Hierdie myn was aktief vanaf 1920 tot 1980. PPC wil ‘n voorlegging maak aan die DMR (Departement of Mineral Resources – “Departement van Minerale Hulpbronne”) vir die finale toemaak of eindgebruik. As deel van die proses wil PPC graag alle belang-hebbendes vra om insette te lewer. PPC De Hoek het reeds die “Sakeholder” vergadering gebruik as platform om te vra vir enige voorstelle/ idees. PPC is ontvanklik vir enige idee en hoe meer daar ontvang word hoe beter sal PPC die gemeenskap se be-hoeftes en verwagtinge verstaan om dit deel te maak van die ondersoek en moontlike eindresultaat. Die volhou-baarheid en veiligheid is belangrike kriteria in die bepaling van die beste opsie(s). Daar kan selfs na ‘n kombinasie van idees gekyk word. Alle idees/voorstelle kan aan Vincent Diergaardt gestuur word: [email protected]

Die ou De Hoek myn.

Foto: Jaco Joubert

Snoek en Patat Fees

Foto’s: Marietha Goosen

Page 20: Piketberger Aug 2015

20

Welkom in Piketberg Die N7 verby Piketberg dra elke Juniemaand druk ver-keer na-en-van Namibië. Piketberg Toerisme het vanjaar weer geskenkpakkies aan reisigers oorhandig om hulle te motiveer om Piketberg te besoek. Die sakkie het onder andere die volgende bevat: ‘n potjie konfyt van Fruitlips; laventelolie van Org de Rac; ‘n Piket-berg Museum boekmerk; akkommodasie afslag by gas-tehuise in ons omgewing; ‘n Piketberg Toerisme plakker; Die Piketberger; ietsie van Bergrivier Munisipaliteit; asook ‘n Piketberg- en Bergrivier kaart. Ons sê opreg dankie aan Winkelshoek, Bergrivier Muni-sipaliteit, Piketberg Toerismelede en komitee, asook an-der belangstellendes wat bygedra het tot die sukses van die veldtog.

Rdl Johan Botha, Georgia Abrahams (Toerisme Beampte), Burgemeester Evert Manuel (Bergrivier Munisipaliteit), Jackie Ferguson en Moira van der

Westhuizen reg om die geskenkpakkies uit te deel.

Piketberg Toerisme se onlangse projekte

Bergrivier Kano Marathon Op Woensdag 15 Julie het die 54ste Bergrivier Kano Mara-thon afgeskop in Hermon en roeiers het Vrydag, 17 Julie, hier by Piketberg verbygekom. Kinders uit die plaaslike gemeenskappe van Goedverwacht, Wittewater en Piket-berg is weer hierdie jaar deur die Wes-Kaapse Kano Unie geborg om die roeiers te verwelkom by onderskeidelik die Ou N7 Brug en Moravia brug. Hulle is aangery deur bus-sies en het elk ‘n kospakkie en nog sommer vele meer lek-kernye ontvang. Org de Rac het gesorg dat ondersteuners warm bly by die Ou N7 Brug deur gratis port te verskaf. Daar was ook sop met ‘n broodjie te koop by hulle stalletjie.

Page 21: Piketberger Aug 2015

21

Page 22: Piketberger Aug 2015

22

Op die rakke van die Biblioteek

Bespreking deur Hanlie Richter

Valsrivier Deur Dominique Botha

Dié merkwaardige, ware verhaal speel af in die laat sewentigs, die donker tagtigs en die vroeë negentigs vol hoop. Die Bothas was ‘n Vrystaatse boere gesin wat ligjare vooruit was met hul liberale politieke oortuigings. Maar ongelukkig het dit ook die gemeenskap se afkeur

teweeggebring. So erg dat die twee kinders, Paul en Dominique na privaatskole in Pietermaritzburg gestuur is. Dominique deel haar herinneringe van haar broer se lewe wat afwaarts begin spiraal en tragies geëindig het en ‘n oeroue storie oor te hoë verwagtinge en mislukte ver-hougings ontvou. Valsrivier is deurspek met die mooiste metafore en prosavertellings, maar kru taal en eksplisiete tonele kan sensitiewe lesers ontstel. Dominique Botha wen met haar debuutroman die Eugéne Maraisprys en die Jan Rabie Rapportprys. Valsrivier is ook in Engels beskikbaar.

20 Jaar Gelede — Augustus 1995

VOORBLAD: Piketberger Wêreldkampioen in 800m Terence Brown het die 800m by die Wêreldspele in Buffalo (Kanada) gewen. Hy het die goue medalje onder baie gure weersomstandighede verower. Vanaf die veteranespan se aankoms in Buffalo, het ‘n hittegolf die stad geteister. Die middag van die finaal was daar ‘n stormsterk wind en is die byeen-koms met twee uur vertraag. OUD-LEERLING VAN PHS PRESTEER - Professor Piet Walters van die Departement Fisika aan die Univer-siteit van Stellenbosch het die Suid-Afrikaanse Spektro-skopiese Vereniging se gesogte Arlabs goue medalje as uitnemendste spektroskopis vir 1994 ontvang. Negentien leerlinge van die st.9-klas van PHS en vyf onderwysers het onder leiding van mej Wernarie Ramsauer die Augrabies voetslaanpad gedurende die Junie-vakansie aangedurf. Die kaptein van Steynville Sekondêr se krieketspan, Henry van Wyk is opgeneem in die Boland Ussasa O/19 oefengroep. David (alias Chester) Mentoor, vleuel van Steynville se A-span is opgeneem in die O/19 Akademiespan van Boland Ussasa. Melanie Eksteen het aan die Interprovinsiale Netbal-kampioenskap vir skole deelgeneem namens die Bo-landspan. Melanie het dwarsdeur die toernooi in die hoofdoel-posisie gespeel en het dus ‘n groot aandeel gehad in Boland se algehele vyfde posisie.

Volgende Leeskring 19 Augustus om 09:30

h/v Simon van der Stel– en Tuinstraat. Kamphoer van Francois Smith bespreking deur Deidré Eigelaar

PIKETBERG

Kom loer in vir vele meer. Regoor Kaap Agri Drankwinkel in die Carel van Niekerk Besigheidspark. Besigheidsure:

Maandae tot Vrydae 08h00 tot 17h00 Saterdae 09h00 tot 12h00

Vir enige navrae kontak Gustav Bonthuys by 084 487 4840 of [email protected]

BMX Special Titan Freestyler 1

Nou vir slegs R1 550

29er Bergfietse vanaf R3 000

Tubeless Conversion vir slegs R850 met tyres ingesluit.

Ons verskaf al die benodigdhede vir die winter:

Arm warmers, langbroeke, thermals en langvinger handskoene.

2016 Merida en Titan modelle nou beskikbaar

Page 23: Piketberger Aug 2015

23

Maak 3 Augustus oop by Kerkstraat 33, Eenheid 4, Piketberg (by Christelike Skool)

Kook saam met Quentin ‘n Heerlike ryk bees bredie bly

maar altyd ‘n wenner in elke kombuis. Met die koue maande in ons midde is dit ‘n wenner in elke huishouding. Beef Bourgui-gnon is ‘n franse klassieke gereg wat bestaan uit spek, sampioene en rooi wyn.

Beef Bourguignon 15ml olie 1.5kg bees vleis 1 uie 100g spek 10ml knoffel fyngemaak 10ml groente aftreksel

10g tamatiepasta 200g baba uie 400g sampioene 100ml water en 100ml rooi wyn sout en peper METODE: Verhit ‘n pot met olie en braai die uie en vleis tot bruin. Braai deeglik vir 3-5min aan beide kante.Verwyder die vleis uit die pot en sit eenkant neer. In dieselfde pot braai die spek, sampioene, baba uie en knoffel. Meng in die tamatiepasta en kook vir 3min. Voeg die vleis weer by die mengsel. Voeg die wyn, water en groente aftreksel by. Roer deeglik en laat kook vir 2ure of totdat die vleis sag is. Maak die sous bietjie dik deur maizena en water te meng en voeg by. Bedien met rys of mash en groente van u keuse.

Langstraat, Piketberg

Verskeie konfyte Gebottelde produkte

Vars gebakte jaffels en sop

Sien u daar! Ansie Maré

Page 24: Piketberger Aug 2015

24

Bergrivier Winter Karnaval Na ‘n week van tipiese Wes-Kaap winterweer, het Velddrif wonderbaarlik Saterdagoggend, 18 Julie, ontwaak tot ‘n windstil en sonskyndag. Ongeveer 4300 het die geleentheid aangegryp en die einde van die 54ste Bergrivier Kanomarathon asook die vyfde Bergrivier Winter Karnaval in Velddrif bygewoon. Die wêreldbekende Bergrivier roeiwedvaart, wat vanjaar met ‘n hele aantal internasionale roeiers gespog het, word deur talle beskou as een van die mees uitdagende byeenkomste van die sportsoort. En vanjaar was die Berg geen grap nie. Ten spyte van lae watervlakke, bitter koue en talle plantegroei obstruksies, het Hank McGregor daarin geslaag om sy tiende Berg titel te verower. Terwyl die Berg roeiers by die Carinusbrug in Velddrif gearriveer het, het besoekers geleentheid gekry om kos en snuisterye by die sowat 70 stalletjies van die Bergrivier Winter Karnaval te kies en te keur. ‘n Jaarlikse hoogtepunt is die Skeppie Weskusstalletjie wat weer vanjaar gewilde Weskus- en Sandvelddisse soos kerrie-afval, gebraaide harders, pampoenkoekies en mosselpot aangebied het. Gratis vermaak het sangers soos Amoré, Burger le Roux, Michelle, Vigeniea en ‘n kulkunstenaar ingesluit. Om eenuur is besoekers heerlik verras toe die Silwervalke ‘n mini-lugvertoning aangebied het.

1915 tot 2015

E-Pos: [email protected]

Page 25: Piketberger Aug 2015

25

deur Jannie Lategan

Down Sindroom Om na Coenie de Villiers se TV Program

te kyk oor die Down Sindroom, is om aan jou hart geruk te word! Dit het egter darenteen ook die gerusstelling dat daar met soveel liefde na hierdie mense omgesien word. Hulle word juis met baie liefde hanteer omdat hulle natuurlikerwys baie liefde in oorgawe uitstraal. Dit was sò jammer om na hierdie program te kyk en ons eie Fritz, maak nie deel uit van hierdie uitsending nie! Hy is in sy laat veertigs en is 'n "voltydse praktiserende Prokureur" ...soos sy Oupa Fritz Lambrechts van weleer en hy verwys na homself as 'n prokurant. Hy is baie besig in sy eie "ingerigte kantoor", kompleet met lessenaar en telefoon. Hy wil nie graag met "spitstyd" gepla wees nie, maar is altyd vriendelik met sy eiesoortige skalkse opregtheid. Hy vra hoflik uit hoe dit met jou gaan en geniet die liefde, nie net van sy ouers Hannes en Sonia nie, maar ook van die hele gemeenskap. Almal weet wie Fritz is. Hy het ondermeer met die grootste waardigheid belydenis van geloof afgelê in die NG Kerk. Sy netheid van voorkoms, val 'n mens on-willekeurig op en daar word gereken dat hy van nuwe klere en skoene hou. Fritz is 'n toonbeeld van iemand wat deur sy ouers goed grootgemaak is en die Alta du Toit Skool, het voorts bygedra tot wat hy vandag is! Toe die Koor van die Alta du Toit Nasorg Piketberg be-soek het, was hy met trots deel daarvan as een van die koorsangers. Piketberg en sy mense is ongetwyfeld lief vir iemand soos Fritz wat met sy besondere, liefdevolle, ondeunde laggie en geaardheid in elkeen se hart ingekruip het. Die mooiste wense van Die Piketberger vergesel Fritz en sy ouers op hulle pad saam vorentoe. Vir Hannes en Sonia, lig ons graag spontaan ons hoed! Goeie gesond-

heid aan hulle as familie toegewens. Baie geluk met jou verjaarsdag, Fritz, op 5 Augustus. - Red

Fritz Lambrechts

ACVV Piketberg Vrouedag Oggendtee

Saterdag 15 Augustus om 10:00 NG Kerksaal

Gasspreker: Karen Smit Karen is op 3-jarige ouderdom met ‘n aggresiewe

artritis gediagnoseer wat haar ledemate aangetas het.

Ten spyte daarvan het sy verskillende mylpale bereik

en streef daarna om mense bewus te maak van

gestremdheid. Sy behaal haar meestersgraad in

Maatskaplike werk en werk al 17 jaar as produk-

siebestuurder by Vodacom. Sy is landwyd so-wel as

oorsee ‘n bekende spreker en stuur in 2014 ‘n plat-

form van stapel : Women’s Achievement Network for

Disabilities (WAND). Sy dien op verskillende komitees

wat hul beywer vir bemagtiging van gestremdheid.

Moenie die geleentheid misloop om hierdie

merkwaardige vrou te ontmoet nie.

Kaartjies @R60 beskikbaar by ACVV kantoor.

Navrae 022 913 1525 of 022 913 2008

Nooi u vriendinne, huishulpe, kollegas, bejaardes of enigeen

wat u wil bederf en kom geniet die oggend saam met ons.

Page 26: Piketberger Aug 2015

26

Ons is oop Maandae tot Saterdae: Kombuis 4nm tot 10nm en Kroeg 4nm tot laat

Sondae gesluit

084 296 2670 [email protected]

Ons het nou ‘n big screen en live entertainment. Ons bied privaat funksies, jaareind funksies of spesiale byeenkomste teen

goeie tariewe met baie lekker kos en gesellige drankies.

App

om Frans

te leer

Ferdinand

Bruwer het 'n

APP afgelaai

met basiese

Franse

woorde.

By geboue is

daar Tower

Bridge in

London (vir

brug) en New

York (vir stad) -

hier is die foto

vir "Kerk"!

Die App is

“Easy Learn &

Play French”.

Op 18 Mei het die Beheerraad van Huis AJ Liebenberg begin met die bou van nog drie

woonstelle. Persone wie se naam op die waglys is, sal voorkeur geniet, maar indien u van telefoonnom-mer of adres verander het, moet u asseblief so gou moontlik u besonderhede deurgee na die kantoor.

Kontak Marie de Villiers by 022 913 1228

Foto: Marie de Villiers

Huis AJL bou nog woonstelle

Page 27: Piketberger Aug 2015

27

“Sandput”-partytjie by Trippe Trappe

Na deeglike beplanning en oorweging het die personeel van Trippe Trappe besluit om die sandput te verskuif na ‘n beter area op die speelterein. Ons bedank Jacobus Liebenberg van Liebco Vleishandelaars en sy span vir hul flinke diens en harde werk. Uiteindelik kon die kleuters hul nuwe sandput “welkom” heet met ‘n heerlike “inwydings”-partytjie. Ons het hartlik vir “Sandput” gesing en daarna is die lint geknip deur Adi Liebenberg en Tammy Booys en kon die kleuters inspring en begin speel. Kleuters het elk vir “Sandput” ‘n geskenkie gebring in die vorm van speel-goed wat in die sandput gebruik kan word. Dankie aan die ouers wat met ‘n glimlag aan hierdie pro-jek deelgeneem het en vir al die wonderlike geskenke. Dankie ook aan Engela van der Westhuizen wat ge-durende die vakansie haar Mandela Skoolprojek by Trippe Trappe kom doen het. Die kleuters het jou energie en spontane gedrag baie geniet.

Foto’s verskaf

022-913 2646

Raak DSTV nou te duur vir jou?

Neem n DVD kontrak uit

en spaar!!!

25 EENHEDE R400.00 20 EENHEDE R320.00

Nog meer om uit te kies

Toekenning vir Plofstof vir Pink Trees

Plofstof, VLV en Bergrivier Munisipaliteit het in 2014 saam die Pink Trees for Pauline-projek aangepak en

‘n reuse sukses daarvan gemaak. Ons groep het tydens die jaar se ATKV Algemene Jaarvergadering die prys gewen vir die beste gemeenskapsprojek in

die Weskus en Skiereiland. Plofstof sê baie dankie vir almal se bydrae. Op die foto is Delaine Wright, Nina

Cillié, Wickus Bronkhorst en Adriana Visser. Foto: Sanet Ackermann

Page 28: Piketberger Aug 2015

28

Vakansiesport * Vakansiesport * Vakansiesport

Christie van der Merwe, oud PHS-leerder draf uit vir die Sharks O/19

span wat teen die WP kragte gemeet het.

Benna van der Westhuizen, gr 12-leerder van PHS in aksie

vir die Boland O/18 span tydens die Craven Week.

Lyle Booyse, gr 7-leerder van PHS was deel van die Boland O/13-Nashua XV-tal rugbyspan wat deelgeneem het aan ‘n

toernooi te Sasolburg. Henry Tromp van SWD was die swaarste speler en Lyle die ligste speler van die toernooi. Hulle weeg onderskeidelik 115kg en 33 kg.

Lyle in aksie teen die Sharks.

Christie, die Sharkie, in aksie.

PHS se Eerste Rugbyspan by Swartland Toernooi Foto’s: Johan Viljoen, dié Courant

Foto’s verskaf

Page 29: Piketberger Aug 2015

29

Janke van Schalkwyk, gr 8-leerder van PHS was kaptein

van die Wes-Kaap O/14 netbal-span wat deelgeneem het aan

‘n toernooi te Boksburg. Foto verskaf

PHS'ers in Boland Netbalspanne, Suzaan Basset is opgeneem in die O/15-Boland

Netbalspan en Hanri van Zyl is opgeneem in die O/16-Boland

Netbalspan.

Amber Cooper is reserwe van die O/11-Boland Netbalspan en Pamela Booys is

opgeneem in die span. Foto’s: Links en bo - Sanet Ackermann

Vakansiesport * Vakansiesport * Vakansiesport

Britse Toerspan kuier op Piketberg

Tydens die afgelope Junie vakansie het die 0/16-rugbyspan teen ‘n Britse toerspan, Prince-thorpe College, van Engeland, gespeel. Die weer was asof dit bestel was en net na elf het ons afgeskop. Die eerste helfte het gesorg vir heelwat opwinding en plesier. Piketberg het halftyd voorgeloop met 14 – 10. Die tweede helfte het begin met ‘n spoed en vining het Piketberg weer agter die pale gaan kuier vir nog sewe punte. Met die ver-loop van die wedstryd het die toerspan terug-gekom in die wedstryd, maar dit was ongeluk-kig te laat. Met ‘n drie laat in die tweede helfte kon hulle darem ‘n bietjie wonde lek voor hul teru-gkeer na Engeland. Ons het die wedstryd gewen met 26 punte teen 17. Drieë is gedruk deur Chris Rheeder (x2), Kyle Hen-dricks (1) en Adrian Saul (1).

Foto’s: Lindie Jordaan

Nicki van der Westhuizen, regs en Junior January, heelregs het

T-hemde ontvang van die spanafrigter van die toerspan

as beste spelers van PHS.

Page 30: Piketberger Aug 2015

30

Porterville krieketklub hou Prysuitdeling

Christopher Pedro is aangewys as die kolwer van die jaar, hy het 226

lopies aangeteken asook T20 speler van die jaar en

hy is ook aangewys as Speler van die jaar tydens Porterville

Krieketklub se prys-uitdeling funksie.

Foto’s verskaf

Emil Boumeester is aangewys as die bouler van die jaar, hy het 10

paaltjies geneem.

Jandre Williams is aangewys as die meesbe-

lowende speler van die seisoen.

REACH gimnaste blink uit

Die SAGF span trofee kompetisie is aangebied op 13 Junie 2015. Gimnaste het deel-geneem aan voor-geskrewe roetines medaljes ontvang volgens hul pres-tasies. Span trofees is aan die beste span per vlak per ouderdomsgroep-toegeken. Mílah Baard vlak 7 O/15 - Tou 14.00 en Vrydans 14.00. Christine van der Merwe vlak 7 O/15 Tou 13.00 en Vry- dans 13.30. Nicole Steyn vlak 7 O/13 Tou 13.20 en Vrydans 13.00. REACH span Vlak 7 (open age) het ‘n totaal van 54,50 aangeteken en is in 1ste plek en het daarvoor die span trofee ontvang. Baie goeie nuus - Die distrikskompetisie word (voorlopig) op 15 Augustus 2015 by De Hoek aangebied. Meer inligting hieroor kan by Tina Piek van Lill gekry word by 079 129 8079.

Milah Baard in aksie.

Die REACH span vlak 7, Milah Baard, Christine van der

Merwe en Nicole Steyn met afrig-ter, Tina Piek van Lill.

piketberg mediese sentrum

Dr Pieter Bruwer (Spesialis Huisarts)

Dr Sam Scheepers (Algemene Praktisyn)

Dr Bibi Werle (Sonar)

Ilse Bruwer (Spraakterapeut)

Merina de Waal (Dieetkundige)

Tel: 022 913 1146 Praktyk kontaknr tydens beurtkrag: 063 085 9017

Ma - Vry: 08h00 - 17h30

Sat: 08h00 - 13h00

Page 31: Piketberger Aug 2015

31

Wenner!!!

Vyfde en Sesde wenners van WIN-A-CAR

Redelinghuys Polisie neem kinders op

uitstappie Kaap toe

Redelinghuys Polisie het besluit om die kinders van die Redelinghuys gemeenskap op ‘n uitstappie Kaapstad toe te neem. Die meeste van die leerders was nog nooit verder as Piketberg nie. Die leerders is geneem na Die Kasteel, Die Na-sionale Parlement, en ander besienswaardighede. Tydens die uitstappie het die polisie die leerders bewus gemaak van die nagevolge van dwelm en alkohol misbruik. Boland Superspar het die leer-ders met kospakkies voorsien. Marietjie Pedro oor-handig die pakkies aan AO Burger.

Susan van Geems van Aurora, is die vyfde

Win-A-Car wenner, sy het ’n koopbewys ter waarde van R957.80 teruggewen. Hester

Hagen oorhandig haar prys.

Ons sesde en laaste Win-A-Car wenner is

Lizaan Olivier al die pad van Springbok. Sy het ‘n koopbewys ter waarde van R354.85 gewen.

Marietjie Pedro oorhandig die prys aan Lizaan se suster, Riana van Reenen.

Piketberg Sport Ontwik-

keling het op 16 Junie ‘n sport ontwikkelingsdag

gehou vir die jeug in Goedverwacht. Tydens

die geleentheid het die

omliggende skole se o/11 rugby en netbal

spanne teen mekaar meegeding. Boland

Superspar het die geleentheid ondersteun

deur die leerders te

voorsien van NikNaks en ‘n vrugtesappie.

Hester Hagen oorhandig die eet- en drinkgoed

aan Aletta Pieters.

Piketberg Sport Ontwikkeling hou ‘n Jeugdag

Baie geluk aan Tilla Kruger wat die wenner

van die Defy mikrogolfoond is, in die SPAR Crumbed Chicken reeks kompetisie. Warren

Louw en Marlene Visagie oorhandig die prys aan haar.

Create your own platter

Page 32: Piketberger Aug 2015

32

Santie van den Berg oorhandig hier deeg aan Merle vir die roosterkoeke by die jaarlikse Snoek en Patat Fees. Die fees het plaasgevind in Goedverwacht van 26 tot 27 Junie. Die fees sorg vir opwinding en was ‘n groot sukses. Boland Superspar sien uit na die volgende een.

Goedverwacht hou jaarlikse Snoek en Patat fees

Mother Pearl nasorgdiens het op 3 Julie ‘n fondsinsameling gehou deur middel van ‘n mode-parade. Boland Superspar het ‘n koopbewys gegee om by te dra tot die sukses van die aand. Marlene Visagie oorhandig die bewys aan Bianca.

Piket-Bo-Berg Cycle Challenge

Badisa het die modeparades vir die fees hanteer. Hier oorhandig Santie van den Berg die twee 3de plek wenners in die kleuter kategorie se pryse aan Cobis Wilson van Badisa.

Mother Pearl hou Modeparade