onwettige storting · 2016. 5. 25. · in april 2015 was 21 insidente aangemeld en daar was 17...

2
Inligting & Nuus Nr 5/2016 | 4 English version on the website (Fichardtpark Neigh- bourhood Association—Downloads—Information and News No 5/2016) and at the FNA office, 6 Altona Crescent, Fichardt Park. Onwettige storting … Na ‘n voorval van onwettige storting in Langenho- venpark die tonge losgekry het, het ons besef dat inwoners ingelig moet word dat onwettge storting ‘n ernstige oortreding is en vervolging tot gevolg kan hê. Daarom deel ons ‘n paar voorbeelde: 1. Die munisipale reëling is dat vullis op Donderdae in Fichardtpark uitgesit word. 2. Vullis mag nie op die middeleilande geplaas word nie. 3. Boomtakke of ander groot tuinvullis mag nie op die grense van Fichardtpark of op parke en eilan- de gelaat word nie. 4. Boumateriaal mag nie op parke en eilande gegooi word nie. 5. Vullis mag nie op eilande en parke gestort word nie. 6. Slegs vyf sakke per huishouding mag op ‘n Don- derdag uitgeplaas word, behalwe wanneer vakansiedae ter sprake is. In sodanige gevalle kan dubbeld die hoeveelheid sakke uitgesit word. Die munisipaliteit is in vennootskap met die FWA om “pragtig en sorgsaam” in Fichardtpark te ondersteun. Die FWA is nou gemagtig om ‘n munisipale brief van die parke afdeling aan oortreders van vullisstorting uit te gee, wat dan deur die munisipaliteit opgevolg sal word. Help om Fichardtpark skoon en netjies te hou en ver- my onnodige boetes!!! Inligting & Nuus Nr 52016 | 1 Fichardtpark: WOW buurt! Tydens die Algemene Jaarvergadering op 21 April 2016 is nominasies aanvaar t.o.v. die same- stelling van die FWA bestuurskomitee. Die porte- feuljes is as volg toegeken vir 2016: Jan Louw (FWA voorsitter), Johan Horak (Infrastruktuur en parke), Duart Hugo (Herwinning), Janco Vorster (Misdaadbekamping), Jannie Minny (FICH-Net operateur), Jenny Vorster (Lidmaatskap en kommunikasie), Louise van Biljon (Finansies). Die volgende addisionele lede is ingedeel by die onderskeie komitees: Floris van der Walt, Ina Faber, Johanna Venter, Ernie Weyers, Marinda Karsten, Dr. David du Toit, Charlaine Nienaber, Frans Minnaar (Ad hoc: Mu- nisipale interaksie), Anton Taute (Ad hoc: Regs- aangeleenthede). ‘n Woord van die voorsitter ... Na 2015, wat vol uitdagings was, verseker ek die inwoners en FWA lede dat die bestuur gemotiveerd is om steeds ’n verskil in die buurt te maak ten einde ons slagspreuk ”veilig, pragtig en sorgsaam” uit te dra. Dit is opmerklik watter verskil uiteenlopende groepe mense wat saamwerk, kan maak wan- neer daar vir ‘n gemeenskaplike doel gewerk word. Respek en waardering word oorgedra aan al die komiteelede, betalende werknemers en rol- spelers in Fichardtpark.

Upload: others

Post on 29-Jan-2021

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

  • Inligting & Nuus Nr 5/2016 | 4

    English version on the website (Fichardtpark Neigh-bourhood Association—Downloads—Information and News No 5/2016) and at the FNA office, 6 Altona Crescent, Fichardt Park.

    Onwettige storting … Na ‘n voorval van onwettige storting in Langenho-venpark die tonge losgekry het, het ons besef dat inwoners ingelig moet word dat onwettge storting ‘n ernstige oortreding is en vervolging tot gevolg kan hê. Daarom deel ons ‘n paar voorbeelde:

    1. Die munisipale reëling is dat vullis op Donderdae in Fichardtpark uitgesit word.

    2. Vullis mag nie op die middeleilande geplaas word nie.

    3. Boomtakke of ander groot tuinvullis mag nie op die grense van Fichardtpark of op parke en eilan-de gelaat word nie.

    4. Boumateriaal mag nie op parke en eilande gegooi word nie.

    5. Vullis mag nie op eilande en parke gestort word nie. 6. Slegs vyf sakke per huishouding mag op ‘n Don-

    derdag uitgeplaas word, behalwe wanneer vakansiedae ter sprake is. In sodanige gevalle kan dubbeld die hoeveelheid sakke uitgesit word.

    Die munisipaliteit is in vennootskap met die FWA om “pragtig en sorgsaam” in Fichardtpark te ondersteun. Die FWA is nou gemagtig om ‘n munisipale brief van die parke afdeling aan oortreders van vullisstorting uit te gee, wat dan deur die munisipaliteit opgevolg sal word.

    Help om Fichardtpark skoon en netjies te hou en ver-my onnodige boetes!!!

    Inligting & Nuus Nr 52016 | 1

    Fichardtpark: WOW buurt! Tydens die Algemene Jaarvergadering op 21 April 2016 is nominasies aanvaar t.o.v. die same-stelling van die FWA bestuurskomitee. Die porte-feuljes is as volg toegeken vir 2016:

    Jan Louw (FWA voorsitter), Johan Horak (Infrastruktuur en parke), Duart Hugo (Herwinning), Janco Vorster (Misdaadbekamping), Jannie Minny (FICH-Net operateur), Jenny Vorster (Lidmaatskap en kommunikasie), Louise van Biljon (Finansies).

    Die volgende addisionele lede is ingedeel by die onderskeie komitees: Floris van der Walt, Ina Faber, Johanna Venter, Ernie Weyers, Marinda Karsten, Dr. David du Toit, Charlaine Nienaber, Frans Minnaar (Ad hoc: Mu-nisipale interaksie), Anton Taute (Ad hoc: Regs-aangeleenthede).

    ‘n Woord van die voorsitter ... Na 2015, wat vol uitdagings was, verseker ek die inwoners en FWA lede dat die bestuur gemotiveerd is om steeds ’n verskil in die buurt te maak ten einde ons slagspreuk ”veilig, pragtig en sorgsaam” uit te dra. Dit is opmerklik watter verskil uiteenlopende groepe mense wat saamwerk, kan maak wan-neer daar vir ‘n gemeenskaplike doel gewerk word. Respek en waardering word oorgedra aan al die komiteelede, betalende werknemers en rol-spelers in Fichardtpark.

  • Inligting & Nuus Nr 5/2016 | 2

    Misdaadstatistiek In April 2015 was 21 insidente aangemeld en daar was 17 misdaadvrye dae. In April 2016 was 24 insidente aangemeld en 5 arrestasies is gemaak; daar was 16 misdaadvrye dae. Algemene diefstal het toegeneem en winkel-diefstal en bedrog bly moeilik voorkombare mis-dade. Indien meer patrollieryers kom help met patrol-lies in die buurt, sal dit baie help. Meld asb. aan by ons bevelvoerders. Ons misdaadvrye veiligheidsplan is besig om vrugte af te werp. Jy kan ook die misdaadvrye plan ondersteun deur ‘n radio aan te skaf teen R1075. Epos na Johanna by [email protected].

    WhatsApp groepe! Daar is nou WhatsApp groepe vir FWA lede geskep. Ons hoop dat dit die samehorigheid van die FWA lede sal bevorder en ons leuse

    van “sorgsaam” sal bevestig. Ons doelwit is om ons lede nog meer op hoog-te te hou van alle gebeure in Fichardtpark. Onthou ook om ons “Facebook” blad te gaan “like”. Gaan in by www.fichardtpark.co.za en kliek op die “Facebook” skakel of Google net “Fichardtpark Neigh-bourhood Association” Face-book.

    Inligting & Nuus Nr 5/2016 | 3

    FWA kontakbesonderhede:

    Voorsitter Jan Louw 079 881 1142

    Administrasie Johanna Venter 073 945 4987

    Bevelvoerders: Misdaadvry!!!

    Jacques Meiring Vicus Geel

    076 277 3022

    FICH-Net assistent Johanna Venter 083 501 0665

    Hoe bespaar ek krag …

    31874, Fichardtpark, 9317 Faks: 086 273 0291

    [email protected]

    Ons wil graag van jou hoor! Gebruik die “Contact Us” of “Join us” sleutel by

    www.fichardtpark.co.za

    Moenie ophou herwin Fichardtpark en Vaalpark is die enigste twee plekke in die Vrystaat wat herwinningsprojekte bedryf. Ons het op 28 Mei weer Tuffy sakke versprei vir herwinning. Daar is van Maart tot 14 April 7.973 kg herwinningsmateriaal net in Fichardtpark herwin. Die herwinnings-komitee gaan ook probeer data insamel van die hoeveelhede wat deur die sakherwinnaars by herwinningsmaatskappye ingedien word. Hou dus aan herwin! Moenie dat sakherwin-naars jou moedeloos maak nie. Ons is besig om vir ons kinders ‘n nalatenskap te vestig!

    Kook net genoeg water vir onmid-dellike gebruik.

    Gebruik kragbesparingsgloeilampe.

    Hou die meter se energieverbruikvlak dop.

    http://www.fichardtpark.co.za