onderwerp 14: planeet aarde - lghsklas.co.za
TRANSCRIPT
Onderwerp 14: Planeet Aarde
Ons bly op 'n ronde, rotsagtige bal wat ons die Aarde noem.
Dit is een van agt planete wat om die Son wentel.
Die Son is ons naaste ster - dit gee vir ons lig en hitte.
Die maan is 'n kleiner, rotsagtige bal wat om die Aarde beweeg.
Die grootste deel van die Aarde is met water bedek.
Daar is stukke droë grond tussen die groot watermassas.
Die Aarde is bedek met sy eie "kombers" van lug wat ons die atmosfeer
noem.
Die atmosfeer help om die Aarde warm te hou en beskerm ons ook teen
die skadelike strale van die Son.
Eenheid 1: Kenmerke van die Aarde
kenmerk 'n interessante of opmerklike deel van iets
sfeer 'n ronde vorm, soos 'n bal
oppervlak die buitekant of die boonste laag van iets
grond sand wat met dooie of verrotte materiaal gemeng is
Aarde se
wateroppervlak
groot areas water wat die Aarde se rotsagtige oppervlak
bedek
oseane die grootste dele van die Aarde se soutwateroppervlak
seë kleiner soutwateroppervlakke
vasteland een van die sewe groot dele van die Aarde se
landoppervlak
eiland 'n stuk land wat kleiner is as 'n vasteland en wat deur die
see omring is
meer 'n groot oppervlak water wat deur land omring is
Die Aarde is rond en van rots gemaak
Baie lank gelede het mense geglo dat die Aarde plat is en dat hulle van
die rand kan afval - so ver soos wat hulle gekyk het, het die gelyk of die
Aarde opgehou het waar dit die blou lug raak.
Foto's uit die ruimte bewys die Aarde is nie plat nie - dit lyk soos 'n ronde
bal.
Hierdie ronde vorm word ook 'n sfeer genoem.
Die Aarde is van rots gemaak.
Ons leef op die oppervlak van die Aarde waar die rotse hard is.
In die middel van die Aarde is die rots so warm dat dit gesmelt het.
Die Aarde se oppervlak bestaan uit land, water en lug
Die oppervlak van die Aarde is hard en van rots gemaak.
Al die landgedeeltes wat ons sien is van rots gemaak.
Dit is moeilik om te glo wanneer ons die groen veld, tuine of sandduine
sien.
In 'n groen veld of tuin sien ons sagte sand of grond.
Maar onder die sagte sand en grond is daar harde rots.
Grond is sand wat met ander dinge soos dooie blare en plante gemeng
het.
Daar is baie plekke op die Aarde se oppervlak wat deur groot areas
water bedek word - ons noem hierdie areas die Aarde se
wateroppervlak.
Wanneer ons water op die Aarde se oppervlak sien, moet ons altyd
onthou dat daar harde rotsagtige grond onder die water is.
Die Aarde se rotsagtige oppervlak is nie glad nie: daar is hoë berge en
diep, hol plekke.
Die water kan slegs opgaar in die hol dele van die oppervlak van die
Aarde - dit is soos 'n wasbak.
Daar is ook'n laag lug om die Aarde se oppervlak.
Hoewel ons dit nie kan sien nie, is dit altyd daar.
Die meeste van die Aarde se oppervlak is met water bedek
Meer as die helfte van die Aarde se oppervlak is met water bedek.
Al hierdie water laat die Aarde blou lyk vanuit die ruimte.
Die water wat die meeste van die planeet se oppervlak bedek, is sout
seewater.
Groot sout watermassas word oseane genoem.
Oseane het verskillende name in verskillende dele van die wêreld.
Op sommige plekke word klein deeltjies van die oseane seë genoem.
Die Aarde word die "blou
planeet" genoem.
Land 29%
Water 71%
Die Aarde se landoppervlak word in vastelande en eilande verdeel
Die dele van die Aarde se oppervlak wat nie deur water bedek word nie,
is die landoppervlakke wat ons kan sien.
Die landoppervlakke word in vasteland of eilande verdeel.
Vastelande is baie groot dele van die landoppervlak.
Daar is sewe vastelande.
Suid-Afrika is op die mees suidelike punt van die Afrika-vasteland.
Eilande is kleiner stukke landoppervlakke wat deur water omring word.
Die Aarde word deur 'n dun laag van lug omring
Die Aarde se oppervlak word omring deur 'n spesiale laag van lug.
Hierdie laag word die Aarde se atmosfeer genoem.
Dit strek vir omtrent 600km bo die Aarde se oppervlak.
Die Aarde se atmosfeer bevat die gasse wat lewende dinge nodig het om
asem te haal.
Hierdie laag van lug is ook soos 'n kombers vir die Aarde.
Die "kombers" help om die Aarde warm genoeg te hou vir lewende
dinge om te oorleef.
Die Aarde is 'n tuiste vir baie verskillende lewende dinge
Die Aarde is 'n tuiste vir al die plante, diere en mense wat daarop leef.
Plante, diere en mense het almal spesiale plekke waar hulle leef.
Ons noem die plek waar iets leef sy habitat.
Elke lewende ding moet in 'n habitat leef waar hy kan oorleef.
Die Aarde het baie verskillende habitatte.
Habitat van 'n mier Habitat van 'n vis Habitat van 'n
luiperd
Eenheid 2: Die Aarde en die ruimte
planeet 'n groot voorwerp wat om 'n ster beweeg
sterre voorwerpe in die ruimte wat hulle eie lig afgee, 'n ster is
'n groot bol baie warm gas
Son 'n baie helder ster wat lig en hitte aan die Aarde voorsien
Maan 'n koue, ronde voorwerp wat altyd om die Aarde beweeg
Die Aarde is 'n planeet in die ruimte
Die Aarde is 'n planeet - 'n planeet is 'n groot voorwerp wat om 'n ster
beweeg: ons Son is 'n ster.
Die Aarde is 'n planeet van die Son, m.a.w, hy beweeg altyd om die Son.
Die Son het agt planete waarvan die Aarde een is.
Die Son en sy agt planete is in die ruimte = is soos 'n oneindige donkerte
wat bokant die Aarde se "kombers" of atmosfeer is.
In die ruimte is daar baie ander voorwerpe en ook gasse en stof.
Ruimtevaarders is mense wat met ruimteskepe in die ruimte reis.
Van die Aarde kan ons die Son, Maan en sterre sien
Die Son is 'n helder ster wat naby genoeg aan die Aarde is dat ons dit kan
sien.
Ons kan net die Son in die dag sien wanneer ons helfte van die Aarde in
die Son se rigting gedraai is.
Ons kan 'n bal wat stadig draai as 'n model gebruik om die Aarde wat
draai voor te stel, en ons kan die lig van 'n flits gebruik om die Son voor
te stel.
As ons die flits op die bal skyn, sal net die een helfte verlig wees.
Wanneer die bal stadig draai, sal 'n ander deel van die Aarde verlig wees.
Ons sien die Maan want dis die naaste voorwerp in die ruimte.
Die Maan is altyd naby ons: hy is koud en donker, maar
kry sy hitte van die Son.
Wanneer ons 'n helder Maan sien, sien ons eintlik die
lig van die Son wat op die Maan weerkaats.
Daar is miljoene sterre in die ruimte.
Ons kan net party van hulle as klein liggies sien omdat hulle so ver is.
Sterre skyn die hele tyd, maar in die dag kan ons hulle nie sien nie omdat
die Son te helder skyn.
Blokkiesraaisel
1 2; 4
1 3
2
3
Leidrade:
Af:
1. Die buitenste of die boonste laag van iets.
2. Voorwerpe in die ruimte wat hulle eie lig afgee; groot bolle warm gas.
3. Een van die sewe groot dele van die Aarde se oppervlak.
4. Die laag lug rondom die aarde.
Dwars:
1. 'n Groot voorwerp wat om 'n ster beweeg.
2. 'n Baie helder ster wat lig en hitte aan die planeet Aarde voorsien.
3. Die grootste dele van die Aarde se soutwateroppervlak.
4. 'n Interessante of opmerklike deel van iets.
Woordsoek
v r t y n s z w u i p l k u
w s o u t w a t e r w r f b
e q w e y u y v i v c e w g
r v f r t n s b l b u i m t
m t w r r o t s a g t i g e
e g e e i t r y n v f r t q
e y d t o y a t d p e p r e
r u r r h h l r y o r l f w
x i t g n u e e g l t a v e
g i y b p i l w b k g t c d
b o g e s m e l t n h t d v
b f e w s x c d r m m a a n
v b n h t y u r e v c d q x
Leidrade:
1. In die middel van die Aarde is die rots so warm dat die _ _ _ _ _ _ _ is.
2. Baie lank gelede het mense geglo dat die Aarde _ _ _ _ is.
3. Die _ _ _ _ is 'n koue, ronde voorwerp wat altyd om die Aarde beweeg.
4. Die atmosfeer beskerm ons teen die Son se skadelike _ _ _ _ _ _.
5. Oseane is die grootste dele van die Aarde se _ _ _ _ _ _ _ _ _-oppervlak.
6. 'n Groot oppervlak water wat deur land omring word.
7. Ons bly op 'n ronde, _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ bal wat ons die Aarde noem.
8. 'n Stuk land wat kleiner is as 'n vasteland en wat deur see omring is.
Pas Kolom B by Kolom A
Skryf net die LETTER uit Kolom B in die antwoordkolom neer.
Kolom A Antw Kolom B
1. sfeer A. Mense wat met ruimteskepe in
die ruimte reis.
2. grond B. 'n Ronde vorm, soos 'n bal.
3. atmosfeer C. Word die "Blou Planeet"
genoem.
4. habitat D. 'n Baie helder ster wat lig en
hitte aan die planeet Aarde
voorsien.
5. Aarde E. Groot bolle warm gas, hulle kan
hulle eie lig afgee.
6. groot watermassa F. 'n Stuk land wat kleiner is as 'n
vasteland en wat deur die see
omring is.
7. eiland G. Word 'n oseaan genoem.
8. Son H. Die laag lug rondom die Aarde
wat help om ons warm te hou.
9. ruimtevaarders I.
10. sterre J. Sand wat met ander dinge soos
dooie blare en plante gemeng
het.
Waar of Onwaar
1. Die Aarde is een van nege planete wat om die Son beweeg.
2. Die atmosfeer help om die Aarde warm te hou en beskerm ons
ook teen die skadelike strale van die Son.
3. Die Aarde se vorm kan ook 'n sfeer genoem word.
4. Ons leef op die oppervlak van die Aarde waar die rots hard is,
maar in die middel van die Aarde is die rots gesmelt.
5. Die grootste deel van die Aarde se oppervlak is met water
bedek, en onder die water is daar net sand of grond.
6. Die Aarde lyk blou vanuit die ruimte omdat die atmosfeer blou
is.
7. Op sommige plekke word klein deeltjies van die oseane mere
genoem.
8. Daar is sewe vastelande.
9. Suid-Afrika is op die mees oostelike punt van die Afrika-
vasteland.
10. Elke lewende ding moet in 'n habitat leef waar hy kan oorleef.
Vul die ontbrekende woorde in:
1. Ons bly op 'n ronde, _____ bal wat ons die Aarde noem.
2. Foto's uit die ruimte bewys dat die Aarde _____ is.
3. Al die landgedeeltes wat ons op die oppervlak sien is van _____ gemaak.
4. Wanneer ons water op die Aarde se oppervlak sien, moet ons onthou dat daar
harde rotsagtige _____ onder die water is.
5. Die water wat die meeste van die planeet se oppervlak bedek, is _____ _____.
6. Vastelande is baie groot dele van die landoppervlak: daar is _____ vastelande.
7. Die Aarde se oppervlak word omring deur 'n spesiale laag van lug wat die
_____ genoem word.
8. Ons noem die spesiale plekke waar plante, diere en mense leef, sy _____.
9. Die Aarde is 'n _____: 'n groot voorwerp wat om 'n ster beweeg.
10. Die naaste voorwerp aan die Aarde in die ruimte, is die _____. Hy is koud en
donker maar kry sy lig van die Son.
Vraag en antwoord
1. a) Hoeveel planete is daar wat om die Son beweeg?
b) Noem twee dinge waarvan ons van die Son afhanklik is:
c) Wat noem ons die "kombers" waarmee die Aarde bedek is?
2. a) Waarom het mense lank terug geglo dat die Aarde plat is?
b) Hoe weet ons vandag dat die Aarde rond is?
3. a) Waarvan is die oppervlak van die Aarde gemaak?
b) Waaruit bestaan grond?
c) Die Aarde se rotsagtige oppervlak is nie glad nie. Hoe kan die
oppervlakke van mekaar verskil?
4. a) Waarom word die Aarde die "Blou planeet" genoem?
b) Wat word groot sout watermassas genoem?
c) Wat word die klein deeltjies van oseane genoem?
5. a) Die Aarde is 'n tuiste vir al die plante, diere en mense wat daarop
leef. Wat noem ons die spesiale plekke waar hulle leef?