oktober 2012 senwesscenario · vermeulen, gerrit oosthuizen, castuff sekgala, julias ramohlabi,...

80
Tegnologie sy vennoot tot sukses BINNE CHRIS SCHOONWINKEL GEEN UITDAGING TE GROOT VIR GRAINLINK OP JUL MERKE, GEREED, PLANT! – BL. 40 BREEK NUWE GROND Oktober 2012 Tegnologie sy vennoot tot sukses SENWES scenario

Upload: lekien

Post on 17-Sep-2018

230 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Oktober 2012 SENWESscenario · Vermeulen, Gerrit Oosthuizen, Castuff Sekgala, Julias Ramohlabi, Theo Venter, Ruth Schultz, Graham Lottering, Ansoné Venter, Elmarie Bey- ... bloukolle

Tegnologie syvennoot tot sukses

BINNE

CHRIS SCHOONWINKEL

GEEN UITDAGING TE

GROOT VIR GRAINLINK

OP JUL MERKE,

GEREED, PLANT! – BL. 40

BREEK NUWE GROND

Oktober 2012

Tegnologie sy vennoot tot sukses

SENWES

scenario

Page 2: Oktober 2012 SENWESscenario · Vermeulen, Gerrit Oosthuizen, Castuff Sekgala, Julias Ramohlabi, Theo Venter, Ruth Schultz, Graham Lottering, Ansoné Venter, Elmarie Bey- ... bloukolle

Wat die natuur kort - sal Voermol voorsien

50 Jaar van Uitstaande Produkte & Diens

Vir meer inligting skakel 083 456 3636Voermol Superfos, Regnr. V17422 (Wet 36/1947). Registrasiehouer: Voermol Voere (Edms) Bpk.Posbus 13, Maidstone, 4380.

www.voermol.co.za

VOERMOL SUPERFOS

BEPROEF!Met Voermol Superfos

word navorsing praktiestoegepas

Superfos is deeglik beproef as:

Fosfaat en spoormineraal aanvulling op groen weidings

soetveld waar inname van tradisionele fosfaatlekke laag is

Superfos het min sout in

en vroee lente om fosfor en proteien aan te vul

Page 3: Oktober 2012 SENWESscenario · Vermeulen, Gerrit Oosthuizen, Castuff Sekgala, Julias Ramohlabi, Theo Venter, Ruth Schultz, Graham Lottering, Ansoné Venter, Elmarie Bey- ... bloukolle

1

SENWES Scenario<< >>Oktober 2012 • www.senwes.co.za

FUTURE FOCUS66 The liquid gold rush – it’s all about water

ALGEMEEN 3 ALLES EN NOG WAT: Spotprent; Sê Wie; Uit

Ouma se medisynekas en meer75 LEEFSTYL: Wen met Feather Hill Spa

RUBRIEKE62 AGRI-WENKE: Droë najaar wek kommer73 VIR DIE SIEL: Die groot ontferming van God76 IN MY VISIER: Hoe mooier die pronker

DEVELOPING AGRICULTURE58 Climatic factors that determine planting dates KOMPETISIE74 Geniet ’n welverdiende ruskans

PROMOSIE-ARTIKELS 6 Jonsson: Legendary. Remarkable and rugged.

For real men.15 Feedpro: Grys word in die vroeë lente25 Advance seed: Lucerne seed – be informed37 Efekto: Waterbesparingswenke vir jou grasperk

en tuin39 SKF-landboureeks – waarom nie? 72 All Sweet en Crimson Sweet-tipe basters palm

die waatlemoenmark in

REDAKTEURSBRIEF 2 Om weer op te staan

HOOFSTORIE 4 Geen uitdaging te groot vir Grainlink

KOLLIG OP CHRIS SCHOONWINKEL 8 Tegnologie my vennoot tot sukses

NUUS16 Produsente beïndruk met puik bywoning17 Vrystaat Landbou bestuur die volgende dekade18 “Ons glo in Afrika” – Bunge 21 Drie in ’n ry vir drie van die bestes23 Aangeplante weiding wat vet voer24 Plaasveiligheid kry hupstoot danksy Senwes26 Knap gedaan, personeel! FOKUS OP: BREEK NUWE GROND28 Variasie van grondsuurheid en ander

chemiese elemente34 Wat kan ek verwag tydens planttyd?40 Op julle merke, gereed, plant!

LANDBOU-TEGNIEK65 Haal die swartskaap uit jou beplanning

SENWES VILLAGE46 Focus on Efekto’s gardening range48 Die Kaap is Hollands met nuwe vennootskap50 Welsynsorganisasies baat steeds by veldtog50 Kyk hoe lyk ons nou!51 Apteekkonsep is dieremedisyne se voorland

SENWES GRAINLINK52 Hoe pas landbouchemikalieë by die nuwe

wetgewing in?55 Senwes werknemers blink uit

TEGNOLOGIE56 Gaping in landelike telekommunikasie dalk iets van die verlede

Dui Senwes Scenario-artikels aan wat beskikbaar is op Senwes se webwerf by www.senwes.co.za

OP DIE VOORBLADVir Chris Schoonwinkel van Wesselsbron is nuwe tegnologie onontbeerlik. Sy vrou, Lizette, is sy regterhand en ondersteun hom in alle aspekte van sy boerdery. Die voorbladfoto is geneem deur Wayne Viljoen.

Oktober 2012inhoud

•••

Dui Senwes Scenario-artikels ao

OVWoihbg

1••• •Maak seker jy ontvang die

eScenario e-nuusbrief elke tweede maand vir relevante maatskappy- en industrienuus.

Teken in by www.senwes.co.za

Page 4: Oktober 2012 SENWESscenario · Vermeulen, Gerrit Oosthuizen, Castuff Sekgala, Julias Ramohlabi, Theo Venter, Ruth Schultz, Graham Lottering, Ansoné Venter, Elmarie Bey- ... bloukolle

www.senwes.co.za • Oktober 2012

2

SENWES Scenario<< >>

2

HOOFREDAKTEUR Johan Grobler, Assistent-Hoofbestuurder:

Korporatiewe Bemarking, Senwes, Tel: (018) 464-7199

E-pos: [email protected]

UITGEWER Johan Smit, Infoworks

Tel: (018) 468-2716 Sel: 082 553 7806 E-pos: [email protected]

REDAKTEURElmarie Schoeman, Infoworks

Tel: (018) 468-2716 Sel: 073 339 2920E-pos: [email protected]

MEDEWERKERS Koos Barnard, ds Willie Botha, Dries Kruger,

Jacques Odendaal, Johan du Toit, Jaco Vermeulen, Gerrit Oosthuizen, Castuff Sekgala, Julias Ramohlabi, Theo Venter, Ruth Schultz,

Graham Lottering, Ansoné Venter, Elmarie Bey-ers, Bernard Muller, Pieter van Eeden, Mariana Purnell, Carel Nel, Riaan Botes, Peter Mascher,

Jenny Mathews.

ADVERTENSIES Ingrid Bailey, Infoworks

Tel: (018) 468-2716 Sel: 082 744 6971 E-pos: [email protected]

UITGEGEE EN GRAFIES VERSORG DEUR INFOWORKS

Uitlegkunstenaar: Mercia VenterTel: (018) 468-2716, Postnet Suite 32,

Privaat sak X10, Flamwood, 2572

SUBSKRIPSIE JanDirk Engelbrecht

Tel: (018) 464-7604 Faks: 086 504 2313

E-pos: [email protected]

EIENAAR Senwes, Posbus 31, Klerksdorp, 2570

Tel: (018) 464-7800

DRUKWERK ColorpressTel: (011) 493-8622

• Alle regte van die inhoud van Senwes Scenario word voorbehou ingevolge die bepalings van Artikel 12 (7) van die Wet op Outeursreg. • Die eienaar en uitgewer aanvaar nie aanspreeklikheid vir enige uitlatings in advertensies, promosie-artikels of deur medewerkers nie.

SENWES SCENARIO

••• REDAKTEURSBRIEF

Om weer op te staan

Na afloop van my eerste perdryles is ek huis toe met ’n klomp stukkende merke, bloukolle en ’n knop op my kop. Ek het afgeval op presies dieselfde manier as heelwat ander onervare ruiters – weens ’n perd wat te vinnig na my vermoë gehardloop het.

Na jare se gekerm het my pa my uiteindelik op sewejarige ouderdom vir perdrylesse gevat. Dit was nie soseer ’n les nie, maar eerder ’n groot groep mense wat op hulle perde al om ’n dam gery het. Daar was ’n “vinnige” groep en ’n “stadige” groep. Ek het my perd, Adelaar, sonder enige huiwering by die stadige groep laat aansluit. Ons was rustig op pad terug toe ’n perd wat iewers losgekom het,verbysnel teen ’n spoed wat vir my soos 120 km/h gevoel het. En daar besluit Adelaar om by die speletjie aan te sluit en spring weg teen ’n spoed wat ’n 3,0 liter Hilux bakkie sou laat bloos. Ek het geskree en probeer stop maar nadat ek vir sowat 200 meter soos ’n bosluis aan die perd se nek geklou het, het ek besluit om eerder te laat gaan en moes toe maar met die vernedering wat met só ’n episode gepaardgaan, saamleef.

My pa het net gelag en gesê: “Dis reg, jy moetleer. ’n Mens kan eers perdry nadat jy sewe keerafgeval het.” Ek het lankal die sewe-merk verby ge-steek en het al meer as net bloukolle en stukkende

elmboë opgedoen. Ek kan nou met sekerheid sê, ek KAN perdry. Dit gaan nou wel nie keer dat ek ooit weer met die aarde kennis maak nie want as daardie perd besluit jy moet af, dan moet jy af! Die belangrikste is om weer op te klim na jy afgeval het.

Net so het mens geen beheer oor die natuur nie.Gaan dit genoeg reën hierdie seisoen om die grond -vog en weiding te herstel? Al kan ’n mens nie hierdiedinge voorspel nie, is goeie voorbereiding van kardi-nale belang vir enige produsent. Op bladsy 42 deel twee van Senwes se werkswinkelbestuurders handige meganisasie-wenke vir planttyd. Lees ook op bladsy 28 meer oor die variasie van grondsuurheid en ander grondchemiese elemente waarna ’n produsent moet oplet.

Senwes het onlangs ’n 50%-aandeel in die familie besigheid JD Implemente (JDI) in die Wes-Kaap verkry. Leer ken die man agter JDI beter op bladsy 46.

Mag dit dié seisoen reën waar jy jou gewasse geplant het en mag die wind waai waar jou wasgoed hang!

Elmarie

Elmarie Schoeman

Page 5: Oktober 2012 SENWESscenario · Vermeulen, Gerrit Oosthuizen, Castuff Sekgala, Julias Ramohlabi, Theo Venter, Ruth Schultz, Graham Lottering, Ansoné Venter, Elmarie Bey- ... bloukolle

3

SENWES Scenario<< >>Oktober 2012 • www.senwes.co.za

3

>> SAYS WHO?

>> SÊ WIE?

’n Apteekkonsep met betrekking tot dieremedisyne sal nou in Senwes Villages geïmple-menteer word. Dié besluit is geneem vanweë uiters goed georganiseerde sindikate wat hulle toespits op die diefstal van dieremedisyne. Lees meer hieroor op bladsy 51.

ALLES EN NOG WAT • THIS AND THAT •••

A two-year-old is kind of like having a blender, but you don’t have a top

for it. – JERRY SEINFELD –

Try not to become a man of success, but rather try to become

a man of value.– ALBERT EINSTEIN –

Geleenthede gaan by die meeste

mense verby, omdat dit ’n oorpak aanhet

en na werk lyk.– THOMAS EDISON –

Somertyd is san-dale tyd en dan is dit noodsaaklik om skurwe en gebarste hakke aan te spreek. Daar is verskeie mengsels wat kan help:• Maak ’n oorryp piesang fyn, smeer aan hakke en los aan vir ’n halfuur. Was voete met warm water en trek kouse aan. ’n Teelepel heuning en ’n halwe teelepel suurlemoensap kan ook by die piesang gevoeg word. Vir erg gebarste hakke kan avokado ook by die piesangmengsel gevoeg word.• Smelt parafienwaks en meng met kokosneutolie. Smeer aan die hakke, trek kouse aan en was dit in oggend af.• Skrop jou voete met ’n mengsel van heuning, appel-asyn en rysmeel (twee tot drie lepels rys fynge maak tot ’n growwe meel). As jou hakke baie erg gebars is, voeg olyfolie by die mengsel, week jou voete vir sowat 20 minute in warm water en masseer dit dan met hierdie mengsel. S

>> UIT OUMA SE MEDISYNEKAS

Source: http://www.myhomeremedies.net/2009/03/

Pieter & Tsepo

Altai Argali (Ovis Ammon Ammon) is referred to as the king of all sheep. Bearing the heaviest horns with the most beautiful shapes, Altai Argali is a dream for any wildlife enthusiasts. Altai Argali's main habitats are exposed hills and rocky pockets between the snow-capped peaks of the Asian Altai Mountains of Siberia and Mongolia. Altai Argali has a light brown coat with a white rump patch. A male of Altai Argali is over 120 cm - 125 cm tall, with a body length of 150 cm and weighs 170 kg - 180 kg. The horns curve in a spiral and normally measure 127 cm - 153 cm in length and 38 cm - 50 cm in circumfer-ence on the base.

1. THOMAS EDISON

n-is d

m skkke verskeie mengsels wat kan help:

yp piesang fyn, smeer aan hakke en los ur. Was voete met warm water en trek

MA

dit kurwe aan te

A SE MEDISYNEKAS

eelepel eg k

Die vinnigste wat ’n mens kan hardloop is 37,6 km/h, terwyl ’n jagluiperd amper drie keer vinniger kan hardloop teen 102,9 km/h.

The king of all sheep...

Source: http://en.wikipedia.org/wiki/Altai_argali

p

SP

OED

VRA

AT

Page 6: Oktober 2012 SENWESscenario · Vermeulen, Gerrit Oosthuizen, Castuff Sekgala, Julias Ramohlabi, Theo Venter, Ruth Schultz, Graham Lottering, Ansoné Venter, Elmarie Bey- ... bloukolle

www.senwes.co.za • Oktober 2012

4

SENWES Scenario<< >>

••• HOOFSTORIE

Hierdie jaar het Senwes egter sy slagspreuk, “Breek nuwe grond”, gestand gedoen deur vir klante geleent he de te skep om marktoegang beter te benut teen geen addi sionele koste nie. Dit het weer eens verseker dat die klante van Senwes fokus op dit wat hul so suksesvol gemaak het tot op hede, naamlik die vermoë om graan te produseer.

Senwes hanteer alle graansoorte en moet dus deurlopend oplossings bied vir elke tipe graan seunieke uitdagings. ’n Goeie voor beeld hiervan isvog, siende dat dit ’n baie belangrike rol speel wanneer graan gestroop word en daarom ook eenvan die grootste risiko’s is wanneer graan opge berg word. Indien graan nie teen die korrek te voginhoud opgeberg word nie, kan dit groot ver liese tot gevolg hê, veral wanneer in ag geneem word dat graan vinniger gestroop word as wat dit gedroog word. Ten spyte van die risiko’s verbonde aan graan, het Senwes besluit om klante vanjaar tegemoet te kom deur vergunnings in plek te stel sodat risiko’s verminder word en geleenthede in die mark benut kon word:• Mielies met ’n voginhoud van tot 14,5% is by

alle silo’s ontvang, selfs silo’s waar daar nie droogfasiliteite beskikbaar is nie. Mielies met ’n voginhoud van tot en met 16% is by alle silo’s wat oor droogfasiliteite beskik, ontvang, sonder enige droogkoste vir die klant (vergunning was beskikbaar vanaf 16 Mei 2012). Massa-aanpassings is wel gedoen volgens die normale

Geen uitdaging te groot vir Grainlink

> TEKS: GRAHAM LOTTERING

DIE SILOBEDRYF VAN SENWES GRAINLINK SE STREWE OM TEN ALLE TYE OPLOSSINGS VIR KLANTE SE BEHOEFTES TE BIED, HET HIERDIE JAAR VERDER

TOT SY REG GEKOM. DIÉ SPESIFIEKE AFDELING VAN SENWES GRAINLINK VERSEKER DAT KLANTE OP ’N JAARLIKSE BASIS INTYDSE MARKTOEGANG

HET DEUR GEBRUIK TE MAAK VAN DROËR- EN DEURLUGTING-TEGNOLOGIE.

Page 7: Oktober 2012 SENWESscenario · Vermeulen, Gerrit Oosthuizen, Castuff Sekgala, Julias Ramohlabi, Theo Venter, Ruth Schultz, Graham Lottering, Ansoné Venter, Elmarie Bey- ... bloukolle

HANTERING/TON OPBERGING

1. Opbergingsopsies en -tariewe: 1 Oktober 2012 - 30 September 20131.1 Algemene Opberging R39,50 (BTW uitgesluit) R0,66 (BTW uitgesluit) per ton per dag

R45,03 (BTW ingesluit) R0,75 (BTW ingesluit) per ton per dag1.2 Volume Opberging (sekere silo’s) R61,85 (BTW uitgesluit) Ingesluit by hantering

R70,51 (BTW ingesluit) 1.3 Seisoentarief: Onmiddellike keuse R105,50 (BTW uitgesluit) Ingesluit by hantering

R120,27 (BTW ingesluit) Uitgestelde keuse R110,00 (BTW uitgesluit) R125,40 (BTW ingesluit)

1.4 Periode Opberging (sekere silo’s) 90 dae R66,10 (BTW uitgesluit) Ingesluit by hantering R75,35 (BTW ingesluit)

2. Uitgestelde Opberging

Klante het tot 31 Maart 2013 om‘n opbergingsopsie te kies

3. Oordragvoorrade: 1 Oktober 2012 R0,66 (BTW uitgesluit) per ton per dag

R0,75 (BTW ingesluit) per ton per dag Tot maksimum van R66,00 (BTW uitgesluit)

* Klante moet hulself vergewis van die volledige tariewe en reëls soos in die Inligtingsbrief uiteengesit.

5

SENWES Scenario<< >>Oktober 2012 • www.senwes.co.za

HOOFSTORIE •••

Graham Lottering is ’n Streeksbestuurder by Senwes Grainlink se silobedryf. Vir meer inligting, skakel hom by

079 883 7503 of stuur ’n e-pos na [email protected]. >>

industrienorm. Hierdie vergunnings was ’n eerste in die industrie en die produsente het werklik gebruik gemaak van hierdie geleentheid.

• Sonneblom kan groot opbrengsverliese tot gevolg hê weens voëlskade en oesverlies tydens die stroopproses. Die besluit is geneem om sonneblom te ontvang met ’n vogpersentasie van tot en met 10,5%, sonder droogkoste by die silo’s waar deurlugting en droogfasiliteite wel beskikbaar is.

• Soja het selfs ’n groter opbrengsverliesrisiko tydens die afdroog- en stroopproses. Met hierdie risiko in gedagte, is besluit om sojabone te ontvang met ’n vogpersentasie tot en met 15%, waar droogfasiliteite beskikbaar is. Geen droogkoste is verhaalbaar vir sojabone met ’n voginhoud van tot en met 13,5% nie, om sodoende behulpsaam te wees om die opbrengsverliesrisiko te verminder.

Indien in ag geneem word dat koste deurlopend styg, is dit duidelik dat Senwes fokus op sy klante, om deur middel van kostebestuur vir die klant, geld terug te sit in hul sak.

Die fisiese verliese-aftrekking is ook onder die vergrootglas geplaas en voortspruitend hieruit is die

volgende byvoeging gemaak wat tot voordeel van produsente is:• Die standaard 1%-aftrekking vir mielies is steeds

van toepassing, maar word slegs toegepas indien die sifselspersentasie meer as 2% onder die 6,35 mm-sif is.

• ’n Nuwe aftrekking van 0,85% is bygevoeg vir mielies ontvang met ’n sifselspersentasie van minder as 2% onder die 6,35 mm-sif.

Aangesien sekere dele in die tradisionele Senwes ge-bied droogteskade ondervind het, het dit gelei totmielies met pitte wat kleiner is as die normale groot-te. Dit het sy eie uitdagings daargestel en om hierdie klante te help om steeds te deel in die mark, is die opsie op die tafel geplaas wat behels dat die fisiese sifsels afgetrek word deur middel van ’n sif-aksie.

Senwes Grainlink se silobedryf is verbind tot eersteklasdiens en tegnologiese verbetering om sodoende by klante se behoeftes aan te pas en derhalwe markgeleenthede te kan benut. S

WINTERGRAANTARIEWE VIR DIE NUWE SEISOEN

Klante kan hul graanbetalingsadvies elektronies ontvang. Indien jy dit so verkies, sms jou e-posadres en klantnommer na 086 586 4540.

Vir meer inligting, kontak Pieter Malan (Assistent Hoofbestuurder: Grainlink Bedryf) by (018) 464-7395 of

stuur ‘n e-pos na [email protected]. >>

Page 8: Oktober 2012 SENWESscenario · Vermeulen, Gerrit Oosthuizen, Castuff Sekgala, Julias Ramohlabi, Theo Venter, Ruth Schultz, Graham Lottering, Ansoné Venter, Elmarie Bey- ... bloukolle

www.senwes.co.za • Oktober 2012

6

SENWES Scenario<< >>

The new Jonsson “Legendary” range is in-spired by the hardworking men of the 1950’s – real, rugged and stripped of excess, baring just the essentials. Hard-wearing, fit for purpose. The original workwear reconstructed.

“Legendary” is a stylish and casual workwear range for REAL MEN. “Legendary” admires men who take on life and win. It re-spects men with values and ambition. “Legendary” calls them “True Men”, men with guts, men with character. “Legendary” is always inspirational. It’s bold, motivating and instills pride.

The “Legendary” range consists of the following garments:• Short-sleeved shirts;• Long-sleeved shirts;• Multi-pocket cargo pants;• Multi-pocket cargo shorts;• Work vests; and• Work jackets.

The Jonsson “Legendary” range is 100% cotton, triple needle posted (enhancing the durability of the garment) and has been put through a hard stone abrasive wash – giving the range the real rugged, washed-in and worn-in look. S

Legendary. Remarkable and rugged. For real men.

SENWES Scenario<< S >>SENWES Scenario<< S >> www.senwes.co.za • O

••• PROMOTIONAL ARTICLE: JONSSON

LEGENDARY MULTI-POCKET

CARGO SHORTS

LEGENDARY SHORT-SLEEVED

SHIRT

LEGENDARY MULTI-POCKETCARGO PANTS

LEGENDARY WORK VESTLEGENDARY

WORK JACKET

LEGENDARY LONG-SLEEVED

SHIRT

Page 9: Oktober 2012 SENWESscenario · Vermeulen, Gerrit Oosthuizen, Castuff Sekgala, Julias Ramohlabi, Theo Venter, Ruth Schultz, Graham Lottering, Ansoné Venter, Elmarie Bey- ... bloukolle

BASF Suid-Afrika (Edms) Bpk Sestiendestraat 852, Midrand Tel: +27 11 203 2400 Faks: +27 11 203 2461 Epos: [email protected]. Abacus® Reg. No. L8048 Wet No. 36 van 1947. Aktiewe bestanddele: Piraklostrobien 62,5 g/l. Epoksikonasool 62,5 g/l. Skadelik.

Verwys asseblef na die produketiket vir volledige gebruiksaanwysings. Abacus® en AgCelenceTM is geregistreerde handelsmerke van BASF Suid-Afrika (Edms) Bpk.

BASF Area-verkoopsbestuurders:

Vrystaat (Oos): Dieter Terblanche 079 513 8371Vrystaat (Wes): Leon Botha 072 615 6468 Noord-Wes (Oos): Olivier Slabbert 082 900 1614 Noord-Wes (Wes): Jéan Roy Holmes 082 900 0746 Mpumalanga (Oos): Richard Schulze 083 375 0038Mpumalanga (Wes): Waldo Bosho 076 981 1879KwaZulu-Natal (Noord): Mynhardt Noeth 072 615 6483 KwaZulu-Natal (Suid): Gavin Smit 082 900 8440Noord-Kaap: Heinrich Havemann 082 498 4437Laeveld: Zander Kotze 082 900 1619Limpopo: Jacques Bredenkamp 082 900 1635Oos- en Suid-Kaap: Eduard Louw 082 886 3731 Wes-Kaap: Cobus Wiersma 072 615 6208

uppe

mar

keti

ng A

0716

8/SS

Page 10: Oktober 2012 SENWESscenario · Vermeulen, Gerrit Oosthuizen, Castuff Sekgala, Julias Ramohlabi, Theo Venter, Ruth Schultz, Graham Lottering, Ansoné Venter, Elmarie Bey- ... bloukolle

www.senwes.co.za • Oktober 2012

8

SENWES Scenario<< >>

8 ••• KO LLIG OP CHRIS SCHOONWINKEL

Chris het op die plaas Welgegund, geleë tussen Wesselsbron en Hoopstad, waar hy ook tans boer, grootgeword. Hy het op Wesselsbron skoolgegaan en gematrikuleer en is daarna weermag toe. Later het hy BAgric aan Kovsies studeer en vanaf 1991 saam sy pa begin boer. Sy pa het gedeeltelik uit die boerdery getree en woon tans op Wesselsbron, vanwaar hy die boerdery se veefaktor, wat uit vleisbeeste bestaan, bestuur.

Op Welgegund plant Chris tans 1 100 ha mielies, 250 ha koring en 150 ha sonneblom op droëland. Hy werk op ’n russtelsel, waarvan ongeveer 15% - 20% van die gronde gerus word. Chris gaan vanjaar vir die eerste keer sojabone plant. “Ons was altyd onder die indruk dat sojabone nie die vreeslike hitte van die omgewing kan

> TEKS: ELMARIE SCHOEMAN> FOTO’S: WAYNE VILJOEN

OP ’N PLAAS IN DIE VRY STAAT, DAAR WAAR DIE PAD JOU VAN WESSELS BRON NA HOOP STAD LEI, VIND EK ONLANGS ’N ONUITPUTBARE BRON VAN KENNIS. ’N VOOR STAANDER VAN NIE NET NUWE TEGNOLOGIE IN DIE LANDBOUBEDRYF NIE, MAAR OOK VAN BESPARINGSPRAKTYKE WAT ’N BLINK TOEKOMS VIR LANDBOU IN SUID-AFRIKA KAN VERSEKER. IEMAND WAT NIE SKROOM OM SY MENING OOR LANDBOUSAKE TE LUG NIE EN DUIDELIK PASSIEVOL IS OOR SY BOERDERY. CHRIS SCHOONWINKEL SE PA HET HOM MOS GELEER: “DOEN DIT WAT JY GRAAG WIL DOEN, WANT DIT SAL JY DIE BESTE DOEN.”

Tegnologie my vennoot tot sukses

Page 11: Oktober 2012 SENWESscenario · Vermeulen, Gerrit Oosthuizen, Castuff Sekgala, Julias Ramohlabi, Theo Venter, Ruth Schultz, Graham Lottering, Ansoné Venter, Elmarie Bey- ... bloukolle

9

SENWES Scenario<< >>Oktober 2012 • www.senwes.co.za

9KO LLIG OP CHRIS SCHOONWINKEL •••

vervolg op bladsy 10

<<<WELGEGUND

hanteer nie, maar die bone wat verlede jaar in die omgewing geplant is, het baiegoeie resultate gelewer. Sojabone het ook die voordeel dat dit stikstof in die grond terugplaas,” sê Chris.

Chris is ’n voorstaander van presisie-boerdery, maar nie tot op die mate waar hulle kunsmis en saad varieer nie. Die lande word deur Senwes se

grondkarteerders “gegrid” en die grond se kalkbehoeftes word ook

aangespreek. Volgens Chris spaar hy ongelooflik baie geld hierdeur. “Ons is ook in

die proses om die res van die chemiese ontledings variërend

reg te stel,” sê hy.’n Praktyk waarin Chris hom

roem, is die feit dat hulle driekwart van die benodigde kunsmis twee tot

drie maande voor die tyd plant. “Ek kom al baie jare met die praktyk saam, maar

dit het nou eers standaard geword in die omgewing. Tyd het bewys dat dit baie beter is

om dit so te doen,” noem hy.

PRAKTYKE WAT SPAAR WORD DEEL VAN LANDBOUMassahantering van kunsmis is ’n praktyk waaroor Chris baie te sê het en hy kan nie uitgepraat raak oor die voordele wat dit vir ’n produsent inhou nie. Volgens hom is dit koste-effektief en kan jy tussen R200 en R300 per ton spaar net omdat die kunsmis nie meer in 50 kg-sakke gekoop word nie. Chris koop ook kunsmis wat op die internasionale markte beskikbaar is. “Die res van die wêreld het hierdie praktyk reeds deel van hulle boerderye gemaak; slegs in Suid-Afrika is hier nog 50 kg-sakke kunsmis beskikbaar. Op die vraag of die meganisasie wat vir hierdie praktyk benodig word, ’n mens nie baie uit die sak jaag nie, was Chris se antwoord: “’n Mens moet ’n bietjie meganiseer vir massakunsmishantering, ja, maar dit wat jy daaruit wen is baie en jy spaar heelwat tyd. Dit wat jou gewoonlik vier weke gevat het om te doen, sal jy nou in drie weke doen met dié praktyk.” Chris sal

ook graag in die toekoms wil sien dat Suid-Afrika dieselfde rigting as die res van

die wêreld moet inslaan wat die massahantering van saad betref.

Nog ’n besparingspraktyk

WELGEGWW

Chris is ’n groot John Deere aanhanger, omdat hy glo die kwaliteit van hulle produkte is van onskatbare waarde.

Page 12: Oktober 2012 SENWESscenario · Vermeulen, Gerrit Oosthuizen, Castuff Sekgala, Julias Ramohlabi, Theo Venter, Ruth Schultz, Graham Lottering, Ansoné Venter, Elmarie Bey- ... bloukolle

waarvan Chris gebruik maak, is om hoogloopspuite in plaas van sleep spuite te gebruik, omdat dit volgens hom meer effektief is en baie minder water gebruik. “Omdat jy vinniger met ’n hoogloopspuit as ’n sleepspuit kan ry, gebruik jy laer volumes water en dus minder glifosaat,” sê hy.

Die afgelope plantseisoen het maar moeilik opWelgegund verloop weens verskeie redes. Chris koneers laat begin plant as gevolg van die laat reën en die droogte het, soos met meeste produsente in die land, die verloop van sy produksie gekniehalter. Rooispinmeit, wat oor die algemeen in die Vaal-harts-besproeiingsgebied voorkom, het ook gemaai onder sy mielies. Chris het sedert verlede seisoen besluit om die rye tussen sy mielies te vernou. “Ek het my rye van 1,25 m na 0,93 m vernou, omdat ek gesien het die mielies moet so vinnig as moontlik ’n ‘canopy’ maak om die rye toe te maak sodat daar nie sonlig op die grond kom nie. Wanneer die son te veel deurkom en die sand te warm word,

www.senwes.co.za • Oktober 2012

10

SENWES Scenario<< >>

10

vervolg van bladsy 9

Tegnologie myvennoot tot sukses

••• KO LLIG OP CHRIS SCHOONWINKEL

vervolg op bladsy 13

Agter elke suksesvolle man is daar ’n vrou wat hom steun. Lizette Schoonwinkel is Chris se regterhand en staan hom in alle aspekte van sy boerdery by.

ontkiem die onkruid vinniger,” meen Chris. Hy het sy plantpopulasie effens gelig, maar nie veel nie. Die rye is wel nou nouer, maar die mielies staan verder uitmekaar in die rye. “Daar is ’n klomp tegniese bestuurspraktyke waarop mens bedag moet wees. As jy jou kunsmis per hektaar en die plantestand dieselfde hou, verdeel jy jou kunsmis en saad tussen die rye en dus raak die kunsmis heelwat minder per ry,” sê hy.

DAAR IS NET EEN TREKKER EN DIT IS ’N JOHN DEERE TREKKERAs daar nou één John Deere aanhanger is, is dit Chris Schoonwinkel. “Alles op my plaas is John Deere en die rede is eenvoudig: Die kwaliteit is onmeetbaar. Ek kry sonder uitsondering meer vir daardie produk na 10 - 15 jaar se diens as wat ek vir hom betaal het en dit kan jy nie van die ander fabrikate sê nie. John Deere se naverkoopdiens

Page 13: Oktober 2012 SENWESscenario · Vermeulen, Gerrit Oosthuizen, Castuff Sekgala, Julias Ramohlabi, Theo Venter, Ruth Schultz, Graham Lottering, Ansoné Venter, Elmarie Bey- ... bloukolle
Page 14: Oktober 2012 SENWESscenario · Vermeulen, Gerrit Oosthuizen, Castuff Sekgala, Julias Ramohlabi, Theo Venter, Ruth Schultz, Graham Lottering, Ansoné Venter, Elmarie Bey- ... bloukolle
Page 15: Oktober 2012 SENWESscenario · Vermeulen, Gerrit Oosthuizen, Castuff Sekgala, Julias Ramohlabi, Theo Venter, Ruth Schultz, Graham Lottering, Ansoné Venter, Elmarie Bey- ... bloukolle

13

SENWES Scenario<< >>Oktober 2012 • www.senwes.co.za

vervolg van bladsy 10

Tegnologie myvennoot tot sukses

Elmarie Schoeman is die Redakteur van S enwes S cenario. Skakel haar by (018) 468-2716 of stuur ’n e-pos na

[email protected] vir meer inligting. >>

KO LLIG OP CHRIS SCHOONWINKEL •••

is ook uitstekend en hier op Wesselsbron is ’n goeie werkswinkel wat na die implemente omsien. Jy spandeer nie so baie op die produk ná jy hom gekoop het nie, al is hy ook hóé oud en al het hy ook hóéveel ure se diens agter die rug,” sê hy. Volgens Chris is John Deere se nuwe tegnologie ook baie gebruikersvriendelik. “My een werker, wat nie eers kan lees of skryf nie, kon die nuwe tegnologie baasraak.”

Chris maak van al Senwes se dienste gebruik en is baie beïndruk met die manier waarop Senwes probleme hanteer en oplos. “Hier was moeilikheid by Wesselsbron se werkswinkel en ons is baie dankbaar dat hulle dit reggestel het. Senwes het nie net die probleem opgelos nie, hulle het dinge sommer baie beter gemaak. Al die produsente in die omgewing is beïndruk dat Senwes ons klagtes en vrese aangehoor het en dadelik tot aksie oorgegaan het. Dit gee ’n mens gemoedsrus,” sê Chris.

GEORGANISEERDE LANDBOU LOOP STERK DEUR SY AREChris het al op die bestuur van menige boere-verenigings gedien en dien tans ook as ’n lid op Graan SA se Dagbestuur namens Streek 21. Wanneer jy met hom gesels, kom jy vinnig agter dat hierdie man ’n passie het vir georganiseerde landbou. “Georganiseerde landbou is eenvoudig onontbeerlik. Geen produsent kan alleen sy saak gaan veg nie. Daar word slegs notisie geneem wanneer ’n instansie of ’n groep mense ’n kwessie aanspreek. As dit nie vir Graan SA of Agri SA was nie, sou daar nog meer probleme met die grondeienaarskap-kwessie gewees het. ’n Produsent se waardevolste besitting is grond en sonder grond kan ons niks doen nie.”

Wat is sy wens vir landbou in Suid-Afrika? “Grondeienaarskap, want dit sal verseker dat die produsente van die land genoeg kos produseer en sodoende voedselsekerheid bewerkstellig. Produsente moet net ’n geleentheid gegun word.” Vir Chris is dit eintlik ’n groot verligting dat die Suid-Afrikaanse regering tot ’n groot mate nie inmeng in die produsente se sake nie. “Ek het gesien wat dit aan produsente in ander lande doen. Die wetgewing bind daardie produsente sodat hulle nie kan maak wat hulle wil nie en dit inhibeer hul produksievermoë. Dié produsente is eenvoudig gefrustreerd.” Chris voel tog daar is funksies wat die regering moet verrig, soos om byvoorbeeld die landbousektor teen invoere te beskerm. S

Dit is vir Chris onontbeerlik dat die nuutste tegnologie in sy implemente geïnstalleer is. Volgens hom spaar dit

tyd en geld, en dit is basies

waarheen enige produsent werk.

>> AGTER DIE SKERMS

• Chris is getroud met Lizette en hulle het drie kinders, naamlik Louis (15), William (14) en

Benita (11).• Een ding waarsonder hy nie kan klaarkom nie, is om ’n nou pad met die Here te stap.

• Gunsteling-kos: Sushi.• Gunsteling-nagereg: Melktert.

• Vir ontspanning geniet hy en sy gesin graag ’n vakansie op hul plaas langs die Vaalrivier en

hulle het ook onlangs begin boogskiet.

Page 16: Oktober 2012 SENWESscenario · Vermeulen, Gerrit Oosthuizen, Castuff Sekgala, Julias Ramohlabi, Theo Venter, Ruth Schultz, Graham Lottering, Ansoné Venter, Elmarie Bey- ... bloukolle

Uit die hart van die beeswêreldUit die hart van die beeswêreld“Bekend maak bemind” bly nou maar eenmaal ‘n waar sêding. FeedPro, ‘n suksesvolle veevoervervaardiger wat op Vryburg geleë is, is geen nuweling in die beeswêreld van Suid-Afrika nie. Inderdaad is ons jou vennoot in diere voeding úít jou omgewing, vír die eiesoortige behoefte van jou omgewing.

Deur FeedPro te gebruik, kry die veeboer ononderhandelbare kwaliteit, veeprestasie en effektiewe omset van koste. Ons omvattende produkreeks bestaan uit meer as 70 verskillende dierevoedingsprodukte en bied verskeie winsgewende voordele. Kontak ons span in die veld om jou te besoek...of kom loer gerus in vir soveel meer en beter.

Industriaweg 10 Industria Road • Posbus/PO Box 927 • Vryburg • 8600Tel: +27 (53) 927 5406 • Faks/Fax: +27 (53) 927 5509E-pos/Email: [email protected] • www.feedpro.co.za

Page 17: Oktober 2012 SENWESscenario · Vermeulen, Gerrit Oosthuizen, Castuff Sekgala, Julias Ramohlabi, Theo Venter, Ruth Schultz, Graham Lottering, Ansoné Venter, Elmarie Bey- ... bloukolle

15

SENWES Scenario<< >>Oktober 2012 • www.senwes.co.za

Vir meer inligting, kontak Stephan van der Westhuizen (Bestuurder: Tegniese Dierevoeding, FeedPro Animal

Nutrition) by (053) 927-5406 of stuur ‘n e-pos na [email protected]. >>

PROMOSIE-ARTIKEL: FEEDPRO •••

Weens sulke heersende toestande is dit algemeen dat diere se lekinnames met be trek-king tot ’n winterlek/onderhoudslek verhoog en datureumvergiftiging (pasop vir onvoorsiene reënbuie) en liggaamsmassaverliese van tot 80 kg/dier by beeste voorkom, veral by reproduserende diere. Tydens die laat winter/vroeë lente begin die ener-giebehoefte van veral dragtige tot lakterende diere die energievoorsiening van die veldweiding oorskry en probeer die diere om met hoër lekinnames in hul voedingsbehoefte te voorsien. Dit raak daarom dus nodig om beide proteïene en energie aanvullend vir hierdie diere te verskaf tesame met die nodige minerale en vitamiene.

Hierdie aanvullings kan gedoen word met behulp van ’n produksielek of ’n oorgangslek wat genoegsame energie, proteïene, minerale en vitamiene bevat. ’n Produksielek en ’n oorgangslek se aanbevole daaglikse innames per dier is hoër as dié van ’n winterlek/onderhoudslek en is dus gevolglik duurder per kop per dag. Met die gedagte van ’n 10% liggaamsmassaverlies en ’n 30% herkonsepsieverlaging van reproduserende diere, maak dit die voorsiening van ’n produksielek of oorgangslek aanvullend tot laat winter- en vroeë

Grys word in die vroeë lente

> TEKS: STEPHAN VAN DER WESTHUIZEN

LENTE IS HIER EN TEN SPYTE VAN ’NNUWE SEISOEN WAT AANGEBREEK HET, IS DIT OOK DIE TYDPERK WAARIN DIE MEESTE VEEPRODUSENTE GRYS-HARE BYKRY, SOOS DIE AFGELOPE SEISOEN DIE GEVAL WAS. TEEN HIER DIE TYD IS DIE OESRESTE KLAAR OPGEVREET, IS DIE VELDWEIDING SE VOEDINGSWAARDE NIE NET OP SY LAAGSTE VLAKKE NIE, MAAR OOK UITGETRAP, EN KOM KOUE TOESTANDE NOG VOOR.

lente-veldweiding ’n noodsaaklikheid.Dit is raadsaam om diere vir die eerste sewe

tot twaalf dae met ’n produksielek of oorgangslek aan te pas om sodoende oorvretings en gevalle van vergiftigings te voorkom. ’n Aanpassingspraktyk, met die oorskakeling van een lek na ’n ander, behels dat klein toenemende hoeveelhede van ’n lek aan diere beskikbaar gestel word totdat die sewe-tot-twaalf-dag-termyn verby is. Minder, maar gereelde, innames van ’n lek is baie meer doeltreffend as groot eenmalige innames met lang tussenposes van 24 uur en langer. Die voorsiening van ’n P6-fosfaatlek is ook ’n goeie praktyk om moontlike souttekorte by diere te bevredig.

FeedPro Animal Nutrition het die volgende produksie- en oorgangslekke beskikbaar:1. FeedPro Vrymol 20 (V21943):

• Inname vir grootvee: 1 000 g tot 1 500 g/dier/dag.• Inname vir kleinvee: 150 g tot 250 g/dier/dag.

2. FeedPro Produksielek 25 (V15171):• Inname vir grootvee: 600 g tot 1 000g/dier/dag. • Inname vir kleinvee: 100 g tot 200 g/dier/dag.

3. FeedPro Somer/Winter 30 (V15886): • Inname vir grootvee: 500 g tot 600 g/dier/dag. • Inname vir kleinvee: 100 g tot 150 g/dier/dag.

Bogenoemde lekke is volledige produkte wat net uit geskud kan word. ’n Produksielek kan ook met die volgende lekke op ’n 50/50-basis vermeng word met ’n aanbevole inname van 1 000 g tot 1 500 g/dier/dag vir grootvee en 100 g tot 250 g/dier/dag vir kleinvee.1. FeedPro Winterlek 40 (V15175); en2. FeedPro Vrymol 45 (V21944).

Kom kleur nou daardie gryshare met behulp van FeedPro Animal Nutrition se reeks lekke en maak jou boerdery en kudde soveel beter. S

Page 18: Oktober 2012 SENWESscenario · Vermeulen, Gerrit Oosthuizen, Castuff Sekgala, Julias Ramohlabi, Theo Venter, Ruth Schultz, Graham Lottering, Ansoné Venter, Elmarie Bey- ... bloukolle

www.senwes.co.za • Oktober 2012

16

SENWES Scenario<< >>

••• NUUS

Elmarie Schoeman is die Redakteur van S enwes S cenario. Skakel haar by (018) 468-2716 vir meer inligting of

stuur ’n e-pos na [email protected]. >>

> TEKS: ELMARIE SCHOEMAN

SENWES IN SAMEWERKING MET MAKOKSKRAAL BOEREVERENIGING HET OP 26 JULIE ’N UITERS GESLAAGDE BOEREDAG GEHOU WAARVAN DIE OPKOMS UITSTEKEND WAS; SOVEEL SO DAT WILLIE LOUW (ASSISTENT BESTUURDER: UNIVISION) DIE BOERE DAGGANGERS IN SY TOESPRAAK BEDANK HET: “’N MENS SUKKEL DEESDAE OM SO ’N GROOT GROEP PRODUSENTE BYMEKAAR TE KRY. DIT IS VOORWAAR VIR MY ’N MOOI GESIG,” HET HY GESÊ.

Frans du Plessis (Hoofbestuurder: Senwes Village) het die boeredaggangers verwelkom en hulle oor Senwes se pad vorentoe toegespreek. Hy het genoem dat Senwes gedurende die laaste tydperk baie gediversifiseer en gegroei het. Frans

Thys Grobbelaar lewer ’n mieliemark-voor uitskouing tydens die boeredag.

Tydens die demonstrasie dag het Dries Kruger

(Senior Agronoom: Senwes) gepraat oor aangeplante

weiding.

het ook die geleentheid gebruik om die elemente wat vir Senwes die belangrikste is, te bespreek. Hierdie elemente sluit vennootskappe in, omdat niemand volgens hom in isolasie kan funksioneer nie. Ander elemente wat ook bespreek is, is onder andere diversifikasie, volhoubaarheid, korporatiewe beheer, risikobestuur en ’n gesonde besigheidsetiek.

Thys Grobbelaar (Senior Graananalis: Senwes Grainlink) het ’n mieliemark-vooruitskouing gelewer en die prysdrywers in die mark, naamlik makro-ekonomie asook vraag en aanbod, bespreek.

Die winsgewendheid van die Suid-Afrikaanse vee- en graanboerdery is deur Ramondé Odendaal (Landbou-ekonoom: Senwes Landboudienste) tydens die dag bespreek. Sy het ook verskeie ander brandpunte in die landboubedryf aangeraak, soos hoe Suid-Afrikaanse boerderye op internasionale vlak vergelyk, insetkostes vir die komende seisoen asook meganisasie.

Tydens die dag het boeredaggangers ook demonstrasies, wat deur verskeie afdelings aangebied is, geniet. S

Almero Olwagen (Hulpbron tegno loog:

Senwes) bespreek Senwes Land-bou dienste se karterings diens te asook die koste en voordele daaraan verbonde.

Almero(Hul

SeSb

vv

Bernard Muller (Agronoom: Senwes) het

’n profielgat gegrawe en ook die verskillende tipes grondbewerking

bespreek.

Produsente beïndruk met puik bywoning

Page 19: Oktober 2012 SENWESscenario · Vermeulen, Gerrit Oosthuizen, Castuff Sekgala, Julias Ramohlabi, Theo Venter, Ruth Schultz, Graham Lottering, Ansoné Venter, Elmarie Bey- ... bloukolle

17

SENWES Scenario<< >>Oktober 2012 • www.senwes.co.za

NUUS •••

Volgens Louw Steytler (voormalige President: Vrystaat Landbou) streef Vrystaat Land-bou daarna om voedselsekuriteit en -sekerheid daar te stel in dié provinsie, die land asook die globale omgewing. “Vrystaat Landbou verbind homself om ’n verskil te maak met die breë uitdagings waarmee ons gekonfronteer word, vandaar ons tema: ‘Vrystaat Landbou bestuur die volgende dekade.’”

Steytler bedank ook die lede van Vrystaat Land -bou vir hul volgehoue ondersteuning tot die organi-sasie. “Ons is trots daarop dat Vrystaat Landbou as die enkele grootste provinsiale landbou-unie van

> TEKS: ANSONÉ VENTER

VRYSTAAT LANDBOU HET OP 1 EN 2 AUGUSTUS ’N VRUGTEVOLLE JAARKONGRES IN BLOEMFONTEIN GEHOU. DIE TWEE DAE IS GEKEN-MERK DEUR UITNEMENDE SPREKERS WIE SE TOESPRAKE AANGESLUIT HET BY DIE TEMA VAN DIE KONGRES.

kommersiële produsente erken word.” Steytler het ook verskeie ander kwessies aangeraak, waaronder grondhervorming, die Lesothogrens-hofsaak en die veiligheid van landbouers in die Vrystaat.

Max du Preez (gewese koerantredakteur en televisiepersoonlikheid), Lincoln Mali (Standard Bank), Nicky Weimar (Senior Ekonoom: Nedbank) en Marieta Groenewald het die kongresgangers toegespreek.

Dan Kriek (voormalige Visepresident: Vrystaat Landbou) is onbestrede verkies tot die President van Vrystaat Landbou, na Steytler se uittrede. Kobus Breytenbach is verkies tot Visepresident.

Francois Strydom (Besturende Direkteur: Senwes)het gedurende die jaarkon gres-aandfunksie, waarSenwes as hoofborg opgetree het, kongres gangers toegespreek. “Senwes se siening is dat produsente, net soos landboubesighede, hul eie toekoms moet skep. Ek vind dus aanklank by Vrystaat Landbou se kongrestema, wat daarop toegespits is om die volgende dekade te bestuur.” S

Ansoné Venter is ’n gereelde medewerker vir Senwes Scenario. Vir meer inligting, skakel haar by

(018) 468-2716 of stuur ’n e-pos na [email protected]. >>

Vrystaat Landbou bestuur die volgende dekade

Nuutverkose Visepresident van Vrystaat Landbou, Kobus Breytenbach (links), Louw Steytler (voormalige President) en die nuwe President, Dan Kriek.

Foto onder: Die manne van Senwes geniet iets te ete. Van links: Frans du Plessis (Hoofbestuurder: Senwes Village), Francois Strydom (Besturende Direkteur: Senwes) en Johan Grobler (Assistent Hoofbestuurder: Korporatiewe Bemarking).

Page 20: Oktober 2012 SENWESscenario · Vermeulen, Gerrit Oosthuizen, Castuff Sekgala, Julias Ramohlabi, Theo Venter, Ruth Schultz, Graham Lottering, Ansoné Venter, Elmarie Bey- ... bloukolle

www.senwes.co.za • Oktober 2012

18

SENWES Scenario<< >>

1818181818818118

Ruth Schultz is ’n gereelde medewerker vir Senwes Scenario. Vir meer inligting, skakel haar by

(011) 869-4465 of stuur ’n e-pos na [email protected]. >>

••• NUUS

Met hierdie statistiek het Jean-Louis Gourbin (voormalige Uitvoerende Hoof: Bunge Europa, Midde-Ooste en Afrika) die Bunge Afrika Forum, wat gedurende Augustus in Johannesburg aangebied is, se program ingelei. Hoe daar steeds ’n volhoubare voedselwaardeketting in Afrika geskep kan word ten spyte van dié statistiese uitdaging is deur Bunge, Senwes en ander kundiges van verskillende dele in Afrika by die forum bespreek.

Afrika het die verantwoordelikheid om die wêreld te help. “Die grootste uitdaging in die volgende 40 jaar is dat die wêreld 1,5 miljard ton meer graan en oliesade gaan benodig. Dit is 70% meer as wat tans geproduseer word,” het Alberto Weisser (Voorsitter en Besturende Direkteur: Bunge Limited) tydens ’n mediasessie by die forum gesê.

Volgens Weisser sal die volgende vier sleutel as-pekte in Afrika ’n volhoubare voedselwaardeketting verseker:• Vennootskappe met regerings,

landboumaatskappye, produsente, insetverskaffers en finansieringsmaatskappye.

• Infrastruktuur.• Winsgewendheid.• Smart beleide (vryehandel en grondbesit is

belangrik).

“Ons het verlede jaar ’n gesamentlike onderneming met Senwes gestig omdat ons in Afrika glo,” het Weisser verduidelik. Die gesamentlike onderneming het reeds kantore in Mosambiek, Malawi, Kenia en Zambië geopen.

Francois Strydom (Besturende Direkteur: Senwes)het by Weisser aangesluit en gesê dat vennoot skap-pe soos dié van kardinale belang is om die waar-

> TEKS: RUTH SCHULTZ

Van die Bunge Afrika-forumgangers wat ingesit het op die mediasessie is Japie Grobler (Voorsitter: Senwes), Alberto Weisser (Voorsitter en Besturende Direkteur: Bunge Limited), Francisco Ganzer (Besturende Direk-teur: sub-Sahara Afrika, Bunge EMEA) en Francois Stry dom (Besturende Direkteur: Senwes).

“TEEN 2050 SAL DIE WÊRELD-BEVOLKING OP NEGE MILJARD TE STAAN KOM. NA BERAMING SAL BYNA EEN UIT ELKE VIER MENSE IN DIE WÊRELD IN AFRIKA WOON – DIE MEERDERHEID IN STEDE.”

deketting te ontwikkel. “Hierdie is ’n vennootskap tussen Bunge, ’n multinasionale rolspeler wat die ontwikkeling in verskillende streke van die wêreld verstaan, en Senwes, ’n plaaslike rolspeler wat ons plaaslike kennis asook ons eie 2020-strategie gebruik om ons besigheid te internasionaliseer.”

Senwes is ernstig oor dié nuwe sake-onder-neming en dit is hoekom dié landbou maatskappy die onderneming ’n langtermyn volhoubare besigheid wil maak, “maar vir al die skakels in die ketting om winsgewend te wees, moet Afrika eers op globale vlak mededingend wees. In die verlede was Afrika as ’n bestemming gesien, maar ons wil Afrika nou die produksie- en verkrygingsbron maak,” het Strydom gesê.

Ten einde te reageer op die groeiende proteïen- en plantoliemark in Suid-Afrika is Bunge Limited en Senwes Beperk besig om ondersoek in te stel na die moontlikheid om ’n grootskaalse persaanleg vir oliesaad in Suid-Afrika op te rig. Die mark sal mettertyd ingelig word oor die vordering van dié projek. S

“Ons glo in Afrika” – Bunge

Page 21: Oktober 2012 SENWESscenario · Vermeulen, Gerrit Oosthuizen, Castuff Sekgala, Julias Ramohlabi, Theo Venter, Ruth Schultz, Graham Lottering, Ansoné Venter, Elmarie Bey- ... bloukolle

Mycofix®

® die -

M Y C OF IX

MY

COTOXIN RISK

MA N A G E M

EN

T

Biomin Suid-Afrika,

Page 22: Oktober 2012 SENWESscenario · Vermeulen, Gerrit Oosthuizen, Castuff Sekgala, Julias Ramohlabi, Theo Venter, Ruth Schultz, Graham Lottering, Ansoné Venter, Elmarie Bey- ... bloukolle

.

uppe

mar

keti

ng A

0712

0/SS

Frontier® Optima Reg. No. L7011 Wet No. 36 van 1947. Aktiewe bestanddeel: S-dimeteenamied 720 g / ℓ. Versigtig. Verwys asseblief na die produketiket vir volledige gebruiksaanwysings. Frontier® Optima is ’n geregistreerde handelsmerk van BASF.

... sodat jy die beste uit jou seisoen kan kry.

Met Frontier® Optima kan jy jou seisoen voorspel omdat die gevorderdetegnologie van die onkruiddoder jou in ’n verskeidenheid van gewasse, verbeterde vooropkomsbeheer teen gras-, breëblaaronkruide en geeluintjies gee, sonder dat jy aan seisoenale fl uktuasies blootgestel word.

Frontier® Optima – Bly in beheer. Of dit nou reën, hael of skroei.

Met Frontier® Optima is dit altyd mooiweer ...

Page 23: Oktober 2012 SENWESscenario · Vermeulen, Gerrit Oosthuizen, Castuff Sekgala, Julias Ramohlabi, Theo Venter, Ruth Schultz, Graham Lottering, Ansoné Venter, Elmarie Bey- ... bloukolle

21

SENWES Scenario<< >>Oktober 2012 • www.senwes.co.za

21NUUS •••

Die bywoning van nagenoeg 80 opkomende produsente het weer eens bewys dat die jaarlikse boeredag van krag tot krag gaan. Diegene wat die boeredag bygewoon het, het van so ver as Polokwane en Theunissen gekom om na die talle sprekers te luister en hul kennis rakende Bonsmara-beeste te verbreed.

Johan du Toit (Bestuurder: Senwes Landbou-dienste) en Castuff Sekgala (Veekundige: Senwes) het die dag se lesings begin deur aan die hand van praktiese illustrasies die noodsaaklikheid en die gebruikswaarde van volledige en akkurate hulpbronbeplanning (bepaling van drakrag en kampstelsel) asook die belangrikheid van vee-rekordhouding (“om te meet is om te weet”) te verduidelik.

André Noeth en dr Phumzile Qwalela, onder-skeidelik ’n Streeksbestuurder en Veearts verbonde aan Bayer, het ook bygedra tot die dag se sukses. Qwalela het onder andere oor die algemene gesond-heid van vee gepraat. Hy het ook oor die voordele van Zeropar Aerosol™ uitgebrei. Zeropar Aerosol™

> TEKS: ELMARIE BEYERS

DIE OVERVAAL BONSMARA-GROEP, IN SAMEWERKING MET SENWES ENBAYER, HET OP 21 JULIE VIR DIE DERDE AGTEREENVOLGENDE JAAR ’N UITERS GESLAAGDE BOEREDAG AANGEBIED OP DIE PLAAS VAN HEN-DRIK BEYERS (TIGANE BONS MARAS).

is verantwoordelik vir die dood van bloubosluise, beskerm vee teen lasvlieë, help met die genesing van wonde, voorkom die infeksies van wonde en bevat ’n kleurstof wat aanwending vergemaklik. Daarna het Qwalela die produsente se aandag opnuut vasgevang deur sy lesing met ’n vraag-en-antwoord sessie af te sluit.

Jantjie Manjedi, ’n opkomende produsent van Mmabatho, het daarna vertel hoe hy op een hektaar grond, met net ’n bul en ’n paar koeie, begin boer het. Manjedi het sedertdien sulke groot vordering in sy boerdery beleef dat hy eersdaags sy kudde as stoet by Bonsmara SA gaan registreer.

Praktiese demonstrasies het na afloop van Man-jedi se lesing gevolg. Daar is op die keuringsproses van beeste, wat deur Johan de Jager van die OvervaalBonsmara-groep en Senior Keurder van die Bons-mara-genootskap behartig is, gefokus. ’n Paar van die opkomende produsente is ook die geleent heid gegun om self ’n aantal keurings te doen. Danksy Senwes het die personeel van Axxon Tru Test™ ’n demonstrasie behartig in verband met skale en die belangrikheid van die weegproses beklemtoon.

Overvaal Bonsmara-groep bedank al die borge opreg vir hul jarelange ondersteuning en volgehoue hulp in verband met die boeredag:• Senwes Bpk en Bayer vir ’n baie suksesvolle en

leersame dag.• Bonsmara SA, vir die skenk van Bonsmara-

joernale en ’n geskiedenisboek wat aan die hoofborge en sprekers oorhandig is. S

Vir meer inligting, skakel Elmarie Beyers by (018) 431-2033 of stuur ’n e-pos na

[email protected]. >>

’n Groep opkomende produsente

wat die boeredag bygewoon het.

Drie in ’n ry vir drie van die bestes

Page 24: Oktober 2012 SENWESscenario · Vermeulen, Gerrit Oosthuizen, Castuff Sekgala, Julias Ramohlabi, Theo Venter, Ruth Schultz, Graham Lottering, Ansoné Venter, Elmarie Bey- ... bloukolle
Page 25: Oktober 2012 SENWESscenario · Vermeulen, Gerrit Oosthuizen, Castuff Sekgala, Julias Ramohlabi, Theo Venter, Ruth Schultz, Graham Lottering, Ansoné Venter, Elmarie Bey- ... bloukolle

23

SENWES Scenario<< >>Oktober 2012 • www.senwes.co.za

NUUS •••

Ansoné Venter is ’n gereelde medewerker vir S enwes S cenario. Vir meer inligting, kontak haar by

(018) 468-2716 of stuur ’n e-pos na [email protected]. >>

Pannar en NWK het op 5 Sep tem-ber saamgespan om van Weidingsdag 2012 ’n groot sukses te maak. Die proefplaas buite Lichtenburg

Aangeplante weiding wat vet voer

> TEKS: ANSONÉ VENTER

’N GOED-AFGERONDE SPEENKALF KAN JOU BEURSIE BEHOORLIK LAAT BULT, MAAR MET AL DIE VERSKILLENDEPRO DUKTE OP DIE MARK BLY SOM MIGE PRODUSENTE STEEDS WINSLOOS. PANNAR SE JAARLIKSE WEIDINGSDAG HET EGTER AANPRODUSENTE DIE GE LEENTHEID GEBIED OM HUL OPSIES TE HER OOR-WEEG EN DIE BESTE KULTI VARS VIR HUL BOERDERY AAN TE KOOP.

Johan (links), sy seun, Riaan

Jurgensen en Jaco de Beer, al die pad van

Ventersdorp, het die Weidingsdag

bygewoon.

Corné van der Westhuizen

(Agronoom: Pannar Saad) het die produsente meer oor

Pannar se groenvoer-

pakket vertel.

het vanjaar meer as 200 produsente van verskeie streke gehuisves.

Kundige sprekers het produsente meer oor die aanplant van weiding en die voordele van hul aangeplante kultivars vertel. “Pannar se Weidingsdag is die grootste van sy soort. Ons probeer om jaarliks iets ekstra vir die produsente wat dit bywoon, te gee,” het Jan Coetzer (Weidingsprodukbestuurder: Pannar Saad) gesê.

Volgens Deon van Rooyen (Besturende Direkteur: Pannar Saad) gaan kommersiële produsente in die toekoms ’n belangrike rol in voedselsekuriteit speel. Van Rooyen het klem gelê op die belangrikheid van tegnologie in die saadbedryf en bygevoeg dat Pannar deur middel van voortdurende navorsing en ontwikkeling sal voortgaan om produkte van hoogstaande gehalte aan hul klante te lewer. S

Produsente van die Groenebloem-boerevereniging in die Viljoenskroon-distrik het altesaam 33 ton mielies aan produsente in die Dewetsdorp-distrik geskenk wat onlangs groot skade gely het weens verwoestende veldbrande. Van die produsente het 100% van hulle weiding asook baie vee verloor. Pe-ter Southwood van Southtrans het die vervoer van die vrag mielies na Dewetsdorp behartig. Op die foto, van links na regs, is: AC Botma (Produsent en Groenebloem-lid), Peter Southwood (Southtrans), Coenie Venter (Produsent en Groenebloem-lid) en Adam Allem (Allem Bros).

Produsente help mekaar na brandskade

S

Page 26: Oktober 2012 SENWESscenario · Vermeulen, Gerrit Oosthuizen, Castuff Sekgala, Julias Ramohlabi, Theo Venter, Ruth Schultz, Graham Lottering, Ansoné Venter, Elmarie Bey- ... bloukolle

Monsanto-produkte en -tegnologie het nog altyd bygedra tot jou sukses. Soos ons chemiese produkte, ons gevorderde katoen-, groente- en mieliesaad, ons biotegnologie. Ons wil deel wees van jou besigheid en die toekoms met sy vele uitdagings saam met jou aanpak. Uitdagings soos volhoubare landbou saam met uitstekende diens, kwaliteit produkte en rotsvaste waardes.

Jy kan op Monsanto vertrou ... vir jóú sukses.

Meer oor Monsanto MaatskappyMonsanto-maatskappy is ’n toonaangewende, globale verskaffer van tegnologiegebaseerde oplossings en landbouprodukte wat die produktiwiteit op die plaas en die kwaliteit van voedsel verbeter. Monsanto is daarop gefokus om die kleinboere sowel as die grootskaalse boere by te staan om meer uit hul grond te kry terwyl hul toenemend die wêreld se natuurlike hulpbronne, soos water en energie, bewaar.

Kliënte is welkom om ons kliëntedienslyn te skakel by 011 790-8201 of stuur ’n e-pos aan: [email protected].

Om meer te wete te kom oor ons besigheid en ons verbintenisse, gaan na: www.monsanto.com. Volg ons bedrywighede op Twitter® by www.twitter.com/MonsantoCo, op Facebook® by www.facebook.com/MonsantoCo, of teken in op ons NewsRelease RSS Feed.

ieeieiesesesesee eeeeeeeeeeeeelllllll

dddagagagininingsgsgs waaarardedes.s.

singsngs en en ene aantonto is roroond nd nd tete

nsanto.com.m.

ter® by

uppe

mar

keti

ng A

0663

2SS

24 ••• NUUS

’n Agri Securitas Gholfdag gehou by die Val de Grace Gholfbaan buite Parys op 30 Augus tus, het R100 000 ten bate van dieveiligheid van produsente en plaas werkers ingesamel.

Fondse wat gedurende die dag ingesamel is, salgebruik word om van die inisiatiewe wat Agri Secu-ritas aanpak, te befonds. Die oprigting van valhekke in die Vrystaat, traumaberadingswerkwinkels, ver-skaffing van toerusting aan die SAPD en Agri SA se Transformasie Kommunikasie Inisiatief, om net ’n paar te noem, vorm deel van die meer as 100 projekte wat Agri Securitas vanaf sy ontstaan in 1999 geloods het.

“Landbou is ons passie en daarom is Senwes besorg oor die veiligheid van landbouprodusente, hul gesinne en hul werkers. Teen hierdie agtergrond is ek opgewonde daaroor dat Senwes en sy inset-

verskaffers weer eens kon saamwerk om dié netjiesebedrag van R100 000 in te samel. Die landboubedryf is bevoorreg om oor ’n organisasie soos Agri Secu-ritas te beskik, wat landelike bevei liging bevorder,” het Francois Strydom, Besturende Direkteur van Senwes, na afloop van die gholfdag gesê.

Volgens Japie Grobler, Voorsitter van die Agri Securitas Trustfonds, was dit die grootste gholfdag nóg wat deur Agri Securitas gereël is. Die aanbied van gholfdae as ’n fondsinsamelingsgeleentheid is een van die maniere waarop die trustfonds fondse bekom. S

’n Deelnemer slaan af tydens ’n onlangse Agri Secu ritas Gholfdag ten bate van landelike beveiliging.

Plaasveiligheid kry hupstoot danksy Senwes> TEKS: SENWES SCENARIO REDAKSIE

Page 27: Oktober 2012 SENWESscenario · Vermeulen, Gerrit Oosthuizen, Castuff Sekgala, Julias Ramohlabi, Theo Venter, Ruth Schultz, Graham Lottering, Ansoné Venter, Elmarie Bey- ... bloukolle

25PROMOTIONAL ARTICLE: ADVANCE SEED •••

For more information, contact Dean Miller (Group Marketing: Advance Seed) at (011) 762-5261 or visit

http://www.advanceseed.com. >>

There is a big misunderstanding among producers with regards to seeds, seeing as they believe that there are less coated seeds in a 25 kg pocket than there are in a 25 kg pocket of uncoated seeds. Establishing stands that have the required population is thus compromised as a result.

According to Niels Harmuth (Chief Agronomist: Ad-vance Seed) there are approximately 400 000 seeds in a kilogram of uncoated lucerne seed, whereas there is an approximated average of 220 000 seeds in a kilogram of coated seed. This may vary slightly depending on the size of the original seed before coating.

Generally speaking, 25 kg of uncoated lucerne seed is recommended to establish a one hectare field or stand. This equates to approximately 10 000 000 seeds, broken down at 25 bags x 400 000 seeds per kilogram.

However, what is important to note is that three to six months after sowing, a well-established lucerne pas ture will present approximately 60 - 90 plants persquare metre with a total of 600 000 - 900 000 actual plants per hectare. The balance would eitherhave been crowded out or died due to natural causes; in addition to this, approximately 5% of seeds simply don’t germinate.

The essence of the matter is that a final stand of 60 - 90 plants per square metre is more than suf-ficient to achieve optimum yields.

“Now let’s take coated seeds. After crunching the numbers, when sowing 25 kg of Agricote-coated lucerne seeds, the actual number of seeds sown

Lucerne seed – be informedADVANCE SEED PROVIDES INSIGHT INTO THE EFFECTIVE USE OF COATED SEEDS WHEN SEEDING LUCERNE PAS-TURES.

totals approximately 5,5 million per hectare,” adds Harmuth. “The coating provides a more sustainable seedling during the germination phase, as the nut-rients it requires are in the coating. As a result, the final population of plants, three to six months after planting, will also be at 60 - 90 plants per square metre.”

According to Harmuth, Advance Seed has prov-en, through qualified research, that there is simply no need for a producer to plant more than 25 kg of seed per hectare, whether the seeds are coated or not. This being said, the following needs to be taken into consideration: Seedbed preparation (fine tilth), depth of planting as well as the availability of moisture throughout the germination phase. If any of the above is, for whatever reason, not achievable, then, and only then, should consideration be given to seeding at rates in excess of 25 kg per hectare, for both coated and uncoated seeds.

He also adds that soil temperature during ger-mination is critical. Lucerne will germinate at low soil temperatures, and ideal temperatures vary between 10°C and 18°C. Seeds bedded in soil at temperatures between 1°C and 5°C will take longer to germinate (three to four weeks). During this pe-riod, seedlings are subjected to unnecessary stress and it is in such instances that coated seeds have an advantage.

However, according to Harmuth, one should avoid planting at these temperatures if possible. He adds that accurate and even placement of seed is critical to ensure a suitable total stand. Good seed-to-soil contact is enhanced when using Agricote seed; something that rolling after sowing can also improve significantly. S

Page 28: Oktober 2012 SENWESscenario · Vermeulen, Gerrit Oosthuizen, Castuff Sekgala, Julias Ramohlabi, Theo Venter, Ruth Schultz, Graham Lottering, Ansoné Venter, Elmarie Bey- ... bloukolle

www.senwes.co.za • Oktober 2012

26 ••• NUUS

Knap gedaan, personeel!

SENWES SE JAARLIKSE PRESTASIETOEKENNINGSFUNKSIE VIR PERSONEEL IS OP 7 SEPTEMBER BY DIE OUDITORIUM VAN DIE NOORDWES-UNIVERSITEIT IN POTCHEFSTROOM

GEHOU. TYDENS DIE GESELLIGHEID IS DIE WENNERS VAN DIE VERSKILLENDE KATEGORIEË

AANGEKONDIG EN MET ’N SERTIFIKAAT EN KONTANTBEDRAG BELOON.

Johan du Plessis (Bestuurder: Bultfontein Village) is

as Entrepreneur van die Jaar aangewys. Die Beste

Meganisasie Aanbod-toekenning het ook aan

Bultfontein Village gegaan.

Willie Dietrechsen (Bestuurder

Meganisasie: Senwes Village) is die wenner in die Groep Finansiële

Toekenning-kategorie en

het die Village Meganisasie-

afdeling se netto wins met 1 330%

verhoog.

Grainlink se Bin Scraper-span het met die Beste

Span-toekenning weggestap. Van links staan: Thys Albertse (Voorman),

Barend Botha (Assistent Silobestuurder: Magogong),

Dawie Oberholzer (Voorman) en Frik Boshof

(Instandhoudingsbestuurder).

Die Innovasieprys het aan Ryno Viljoen (Ketelmaker: Senwes Grainlink) vir sy

vervoerbandkatrol gegaan.

<< >>SENWES Scenario

Page 29: Oktober 2012 SENWESscenario · Vermeulen, Gerrit Oosthuizen, Castuff Sekgala, Julias Ramohlabi, Theo Venter, Ruth Schultz, Graham Lottering, Ansoné Venter, Elmarie Bey- ... bloukolle

27NUUS •••

P 2653 WB

Tel: +27 12 683 5700 www.pioneer.com

Puik vir watertafelgronde. Puik vir hoë potensiaal omgewingstoestande.

Barry Hutchinson (Werkswinkelbestuurder, middel) het met die Bedryfsuitnemendheidstoekenning weggestap. Gerhard Louw

(Bestuurder: Viljoenskroon Village, links) was in die derde plek en Johan Smith (Besigheidsanalis: Senwes Credit) in die tweede plek.

Die Kliëntedienstoekenning-wenner was Ferdie Pieterse

(Bemarkingsbestuurder: Heelwerktuie). Hier ontvang Ferdie

(links) sy toekenning van Frans du Plessis.

Die Volhoubaarheids-toekenning het aan

Dirk Theron (Bestuurder: Hoopstad Village) gegaan. Hoopstad Village is ook as die Beste Gekombineerde

Winkel bekroon. Lizell van der Westhuizen (Bestuurder: Graanbemarking) neem hier die BD-toekenning in ontvangs van Francois

Strydom (Besturende Direkteur).

S

Page 30: Oktober 2012 SENWESscenario · Vermeulen, Gerrit Oosthuizen, Castuff Sekgala, Julias Ramohlabi, Theo Venter, Ruth Schultz, Graham Lottering, Ansoné Venter, Elmarie Bey- ... bloukolle

2828 Fokus op BREEK NUWE GROND

Variasie van grondsuurheid en ander grondchemiese elemente

DDDD

’N BETEKENIS VOLLE VARIASIE VAN

GROND SUURHEID EN ANDER

GROND CHEMIESE ELEMENTE KOM

BINNE LANDE VOOR ASOOK BINNE ’N GROTER STREEK

WAT TRADISIONEEL AS HOMOGEEN

BESKOU EN BESTUUR WORD.

> TEKS: BERNARD MULLER

Dit is nie vreemd dat daar letterlik duisende hektaar grond is waar ’n “standaard behande lingsresep’’ (“one-size-fits-all”) vir plantvoeding en bekalking gevolg word omrede die grondchemiese variasie nie in ag geneem is nie. Met “standaard behandelingsresep” word bedoel dat min of meer dieselfde hoeveelheid kalk of bemestingstowwe toegedien word binne ’n plaas en selfs ook op verskillende plase binne’n streek. ’n Mens kan die redenasie aanvoer dat die werkswyse nie te ver verkeerd kan weesnie, omrede dit tog goed gaan met van die pro-dusente wat wel die resepte volg en nie bekalk of bemes volgens variasie nie.

Wat as ’n mens krities is en die vraag vra ofdie “goed gaan” nie moontlik eerder “uitste-kend gaan” kon gewees het nie? ’n Ander vraag is of dit regtig so goed gaan met al die resep-volgelinge?

BESPREKINGSenwes Landboudienste lewer ’n omvattende diens waar grondkartering gedoen word enruit patroon-grondmonsters geneem word. Hierdie opnames identifiseer die ruim telikeverspreiding van grondfisiese en -chemiese eienskappe binne landerye. Die gebruiks-waarde van hierdie inligting staan op drie bene, naamlik die korrekte identifikasie van variasie, interpretasie van inligting asook ’n optimale behandelingsplan. Dit verg lang verduidelikings om die variasie asook belangrikheid van al die plantvoedingselemente en grondsuurheid uiteen te sit, wat nie binne ’n eenmalige tydskrifartikel geakkommodeer kan word nie. Daar is gevolglik net gefokus op die variasie van twee makro-elemente, naamlik fosfor en kalium asook grondsuurheid wat pH (KCl) en

<< >>SENWES Scenario www.senwes.co.za • Oktober 2012

Page 31: Oktober 2012 SENWESscenario · Vermeulen, Gerrit Oosthuizen, Castuff Sekgala, Julias Ramohlabi, Theo Venter, Ruth Schultz, Graham Lottering, Ansoné Venter, Elmarie Bey- ... bloukolle

29

SENWES Scenario<< >>Oktober 2012 • www.senwes.co.za

vervolg op bladsy 30

Fokus op

BREEK NUWE GROND

suurversadiging insluit. Die ander makro-elemente, naamlik swawel, kalsium en magnesium asook mikro-elemente soos boor, mangaan, molibdeen, koper, yster en sink speel ook ’n belangrike rol en moet nie as onbelangrik beskou word nie. Dit is belangrik om te verstaan dat alles wat te doen het met plantegroei en opbrengs insinergie moet wees en dat enige tekorte, oormaat of wanbalans van die bogenoemde elemente plante groei belemmer en opbrengs kortwiek. Daar bestaan verskeie denkmodelle en filosofieë oor bemestingsaanbevelings en opheffing van grondsuurheid. Alhoewel daar raakpunte en oor-eenstemmings tussen sekere beginsels/metodes mag wees, is daar ook teenstrydighede. Dit is belangrik dat die produsent homself moet vergewis of die beginsel/filosofie wat deur sy adviseur voor-gehou word op wetenskaplik beproefde beginsels gegrond is of nie. Daar bestaan ook verskeie normeen riglyne waarbinne die bogenoemde voeding -stow we wat as voorbeeld gebruik is, asook grond-suurheid beoordeel en gekategoriseer kan word. Tabel 1 is ’n voorbeeld van hoe fosfor, kalium, % suurversadiging en pH se ontledingsdata ingedeel kan word in groepe volgens ’n bepaalde betekenis of norm (die tabel is saamgestel uit inligting uit verskeie bronne).

MATERIAAL EN METODES8 059 bogrondmonsters is binne ’n radius van

28 km by 27 verskillende produsente in die Noordwes-Vrystaat op 61 plase op ’n ruitpatroon- basis (grid basis) geneem. Die totale oppervlakte is nagenoeg 18 000 hektaar. Mielies is die hoofgewas op hier die hoëpotensiaal saaigrond wat oorwegend uit watertafelgronde bestaan, met die gevolg dat die bespreking ook rondom mielieverbouing ressorteer. Die grondontledingsresultate van fosfor, kalium, pH en suurversadiging is gegroepeer volgens die uiteensetting in Tabel 1, waaruit sirkelgrafieke geskep is wat die persentasiebydrae van elke groepering aantoon. ’n Mens behoort ook te aanvaar dat die resultate nie “te sleg” behoort te wees nie omrede die produsente wat hierdie tipe van opnames laat doen as ’n reël ’n hoë vlak van bestuur handhaaf en die belangrikheid van goeie grondgesondheid deeglik besef.

RESULTATE Die belangrikheid van fosfor (mg/kg; Bray1), kalium (mg/kg), pH (KCl) en suurversadigingpersentasie asook die variasie daarvan wat binne die 18 000 hektaar waargeneem is, word kortliks bespreek.

FOSFORFosfor is noodsaaklik vir die verdeling van selle aan die groeipunte van plante se wortels onder die grond asook vir die groeipunte van bogrondse groei.

TABEL 1: INDELING VAN FOSFOR, KALIUM ASOOK PH (KCI) EN % SUURVERSADIGING SE WAARDES VOLGENS KATEGORIEË.

Indeling Fosfor mg/kg Kalium mg/kg Grondsuurheid % SV pH (KCI)Laag >15 >60 Uiters suur >60 <3,5Medium 15 - 25 60 - 80 Baie sterk suur 50 - 60 3,5 - 3,8Medium-hoog 25 - 35 80 - 120 Sterk suur 40 - 50 3,8 - 4,0Hoog 35 - 45 120 - 180 Suur 30 - 40 4,0 - 4,3Baie hoog >45 >180 Matig suur 20 - 30 4,3 - 4,5

Grondtekstuur kan bogenoemde norme beïnvloedEffens suur 10 - 20 4,5 - 5,0Bevredigend 0 >5,0

Page 32: Oktober 2012 SENWESscenario · Vermeulen, Gerrit Oosthuizen, Castuff Sekgala, Julias Ramohlabi, Theo Venter, Ruth Schultz, Graham Lottering, Ansoné Venter, Elmarie Bey- ... bloukolle

www.senwes.co.za • Oktober 2012

30

vervolg van bladsy 29

Variasie van grondsuurheid enander grondchemiese elemente

Fokus op

BREEK NUWE GROND

Indien plante te min fosfor opneem, groei dit stadig en raak verpot. Voldoende fosfor word benodig vir vinnige en sterk wortelgroei sodat die plante die ander plantvoedingstowwe en water in die grond kan gebruik.

28 mg/kg. Volgens Figuur 1 is dit duidelik dat daar 7% of 1 260 hektaar was waarvan die fosfor as laag beskou kan word en dringende aanvulling vereis. Onder hier die toestande kan plantegroei en oesopbrengs sonder twyfel nadelig beïnvloed word. 37% of 6 660 hektaar was medium wat ook ’n addisionele fosforaanvulling benodig buiten die fosfor wat normaalweg in die bemes tingsprogram ingesluit word. 35% of 6 300 hek taar se fosfor is medium-hoog en onder-houds bemesting van fosfor kan hier as voldoende beskou word. 21% (14% + 7%) of 3 780 hektaar was hoog tot baie hoog met voldoende fosfor.

KALIUMKalium speel ’n belangrike rol by die plantsappe binne-in die plantselle, deurdat dit die plant helpom sekere ander stowwe te vervaardig wat belang -rik is vir groei. Kalium aktiveer ensieme en verrig ook ’n belangrike funksie by verbeterde weerstand teen siektes, koue en droogtetoestande. Voldoende K-opname deur die plante bewerkstellig goeie stam-sterkte, graankwaliteit, graanvorming, houvermoë en grootte van graan.

Figuur 1: Sirkelfiguur van die variasie van fosfor en die persentasie bydrae van elke indeling.

FOSFOR mg/kg

Fosfor >45

Fosfor >15

Fosfor 15 - 25

37%

35%

14%

7% 7%

Fosfor 25 - 35

Fosfor 25 - 35

<< >>SENWES Scenario

Beide fosfor en kalium se indelings/norme moet binne die konteks van die spesifieke gronde se klei-inhoud beoordeel word. Meegaande bespreking is ter wille van eenvoud gestandaardiseer met die aan-name dat die kleipersentasie in die bogrondmin der as 12% is. Die laagste waar des is 2,4 mg/kgen die hoogste 74 mg/kg met ’n gemiddeld van

Figuur 2: Sirkelfiguur van die variasie van kalium en diepersentasie bydrae van elke indeling.

KALIUM mg/kg

Kalium >60

Kalium 60 - 80

Kalium 80 - 120

30%

44%

20%

1%

5%

Kalium 120 - 180

Kalium >180

Die laagste waardes is 21 mg/kg en die hoogste 572 mg/kg met ’n gemiddeld van 145 mg/kg. Volgens Figuur 2 is dit duidelik dat 1% of 180 hek taar se kalium baie laag is en dringende

Page 33: Oktober 2012 SENWESscenario · Vermeulen, Gerrit Oosthuizen, Castuff Sekgala, Julias Ramohlabi, Theo Venter, Ruth Schultz, Graham Lottering, Ansoné Venter, Elmarie Bey- ... bloukolle

3131Fokus op

BREEK NUWE GROND

aanvulling/regstelling word vereis. 5% of 900 hek-taar se kalium is as medium geïdentifiseer en dringende aanvulling word ook hier benodig. 30% of 5 400 hektaar se kalium is medium-hoog en ’n mens kan steeds kalium in die bemestingsprogram insluit onder hoë potensiaal toestande. 44% of 7 920 hektaar kan as hoog geklassifiseer word en daar kan selfs nog oorweeg word om met ’n klein bietjie kalium (10 kg) te plant, veral by waardes nader aan die 120 mg/kg waardes onder hoëpotensiaal toestande. 20% of 3 600 hektaar se kalium kan as baie hoog beskou word en geen addisionele kaliumaanvulling word benodig indien mielies aangeplant sou word nie.

PH (KCI) Alhoewel die waterstof-ioon konsentrasie logaritmies toeneem soos wat die pH verlaag, is dit nie regtig die pH wat die groei en ontwikkeling van plante benadeel nie, maar die aluminium (asook mangaan) in die grond wat by lae pH oplosbaar is en die opname-kanale in die wortels blok sodat kalsium nie opgeneem kan word nie. Aktiwiteite van natuurlike mikrobes word ook belemmer óf kom selfs tot stilstand onder suur grondtoestande. Sodoende is skadelike fungi geneig om die aktiwiteite van nuttige mikrobes oor te neem.

In suurgrond verbind fosfate met aluminium en yster om komplekse verbindings te vorm wat nie geredelik vir die plant beskikbaar is nie. Dit staan bekend as fosfor-vaslegging. Met ander woorde, daar ontstaan ’n kunsmatige tekort aan fosfate. Hou in gedagte dat fosfaat die duurste makro-voedingselement is.

Die laagste pH (KCl) waardes is 3,5 en die hoog-ste 7,3 met ’n gemiddeld van 4,66. 1% of 180 hektaar se pH is tussen 3,5 en 3,8 en val binne die indeling van baie sterk suur. Ernstige opbrengs-verliese kan onder hierdie omstandighede verwag word. 9% of 1 620 hektaar se pH is in die kate gorie van sterk suur wat tussen ph 3,81 en 4,0 is. Hierdie situasie is ook nie wenslik vir plantegroei nie en

Figuur 3: Sirkelfiguur van die variasie van pH en die persentasie bydrae van elke indeling.

pH (KCI)

pH 3,5 - 3,8

pH 3,81 - 4,0

pH 4,1 - 4,30

pH 4,31 - 4,5

24%

29%17%

20%

1%

9%

pH 4,51 - 5,0

pH >5,1

vervolg op bladsy 33

dringende regstelling sal moet plaasvind. 24% of 4 320 hektaar se pH is tussen 4,1 en 4,30 wat as suur ingedeel is. Opbrengsverliese kan verwag word en opheffing van grondsuurheid sal moet plaasvind. 17% of 3 060 hektaar se pH is as matig suur ingedeel. Ten einde volhoubaar te produseer, sal bekalking ookhier moet plaasvind. 29% of 5 220 hektaar se pH is tussen 4,5 en 5 wat as effens suur beskou kan word. ’n Mens kan verwag dat kalk ook benodig gaan word op veral die ontledings waar die pH-waardes minder as 4,8 is. Slegs 20% of 3 600 hektaar se pH het meer as 5,0 ontleed wat as bevredigend beskou kan word. Die bespreking van pH is heelwat vereenvoudig en die pH, suurversadiging, kalsiumvlakke asook magnesiumvlakke moet in ag geneem word (veral by hoë pH-lesings van 4,7>) om ’n ingeligte besluit rondom bekalking te neem.

Tel: +27 (18) 469-1331 E-pos: [email protected]

www.senter360.co.za

Vanaf 1994Afrika se spil van sukses

www.infoworks.biz

PASSIEVOL OOR ’N SPILPUNT!By SENTER 360 is spilpunte vir ons ’n passie. Juis daarom bou ons nie net ’n buitengewone sterk en taai struktuur nie – ons bestee ook heelwat tyd en aandag aan die klein besonderhede wat ’n groot verskil aan jou dag kan maak soos ’n standaard I-Wob sprinkelpakket en ’n patent wat die laaste spuite permanent skoonhou!

Page 34: Oktober 2012 SENWESscenario · Vermeulen, Gerrit Oosthuizen, Castuff Sekgala, Julias Ramohlabi, Theo Venter, Ruth Schultz, Graham Lottering, Ansoné Venter, Elmarie Bey- ... bloukolle
Page 35: Oktober 2012 SENWESscenario · Vermeulen, Gerrit Oosthuizen, Castuff Sekgala, Julias Ramohlabi, Theo Venter, Ruth Schultz, Graham Lottering, Ansoné Venter, Elmarie Bey- ... bloukolle

33

SENWES Scenario<< >>Oktober 2012 • www.senwes.co.za

33

Die artikel is saamgestel deur Bernard Muller (Bestuurder: Akkerbou en Grondkartering, Senwes Landboudienste). Skakel hom by 083 458 1293 vir

meer inligting. >>

Fokus op

BREEK NUWE GROND

vervolg van bladsy 31

Variasie van grondsuurheid enander grondchemiese elemente

Die volgende persone kan gekontak word vir meer inligting rondom grondkartering en ruitpatroon-grondmonsterneming: • Noordwes-Vrystaat – Jacques Odendaal: 083 458 1296• Sentraal-Vrystaat – Pieter Snyman: 082 302 3992• Noordwes en Gauteng – Almero Olwagen: 083 320 0599Dankbetuigings:• Produsente wat Senwes Landboudienste getrou ondersteun. • LNR-Kleingraansentrum vir die grondontledings.• Jacques Odendaal van Senwes Landboudienste wat die

grondmonsters fisies geneem het.

% SUURVERSADIGINGAluminium (Al) en waterstof (H), ook genoem uitruil-bare suur, bepaal hoe hoog die suurversadiging is tesame met ander basiese katione, naamlik kalsium, magnesium, kalium en natrium.

Figuur 4: Sirkelfiguur van die variasie van suur ver-sadiging en die persentasie bydrae van elke indeling.

% Suurversadiging

% SV31 - 40

% SV 41 - 50

% SV 0

% SV1 - 10

33%

34%20%

10%

1%2%

% SV 10 - 20

% SV21 - 30

Die laagste suurversadiging is nul en die hoogste 67% met ’n gemiddeld van 9,35%. Net soos pH kan suurversadiging ook nie net in isolasie beoordeel word nie omrede ander elemente soos kalsium, magnesium, kalium en natrium ook ’n belangrike rol speel in die besluitnemingsproses. Die bespreking wat volg is ook ietwat vereenvoudig ter wille van praktiese verduideliking. 33% of 5 940 hektaar se suurversadiging was nul wat as bevredigend beskou kan word en teoreties geen kalk benodig nie. 8% of 1 440 hektaar se suurversadiging is 1% - 5% wat ook onder die definisie van bevredigend ressorteer en ook nog nie groot hoeveelhede kalk benodig nie. 12% of 2 160 hektaar se suurversadiging is 5% - 10% en die waarskynlikheid is goed dat daar wel meriete in sal wees om te bekalk. 34% of 6 120 hek taar se suurversadiging is tussen 10% en 20% wat as effens suur beskou kan word. Opbrengs verliese kan in die situasie verwag word en bekal king is noodsaaklik. 10% oftewel 1 800 hektaar se suurversadiging is tussen 20% en 30% wat as matig suur beskou kan word. Betekenisvolle opbrengsverliese kan verwag word en bekalking

moet vinnig aandag geniet. 3% of 540 hektaar se suurversadiging is meer as 30% wat opbrengs ernstig kan kortwiek en bekalking is uiters noodsaaklik.

SLOTOPMERKINGSDie gemiddelde waardes uit die 8 059 bogrondont-ledings is 28 mg/kg vir fosfor, 145 mg/kg vir kalium,pH (KCl) 4,66 en suurversadiging 9,35 wat asredelik bevredigend beskou kan word vir mielie-verbouing. Hierdie waardes is opgemaak uit lae/swak ontledingsresultate asook hoë/goeie ontledingsresultate wat dan “goeie” gemiddeldes gee. Dieselfde tendens van variasie word ook as ’nreël binne lande en plase waargeneem. Stikstof-behoefte word bepaal deur die grond poten siaal, klimaat en die mikpuntstelling. Kombineer die fout faktor wanneer konstante stikstoftoedienning plaasvind sonder om die grondpotensiaal, wat baie binne lande wissel, in ag te neem, tesame met ’n situasie waar die ander elemente soos die variasie van fosfor en kalium ook nie volgens variasie bestuur word nie. Die antwoord is dan “standaard behandelingsresep’’ wat nie die werklike behoeftes aanspreek nie en nie die werklike grondpotensiaal kan ontsluit nie. Bemestingskoste maak maklik 30% - 35% uit van die direkte produksie koste. Die gemiddelde bemestingskoste vir ’n mielie-opbrengsmikpunt van 5,5 ton/ha is tans in die orde van R2 200/ha. Indien die 18 000 hektaar wat in die artikel ter sprake is met die bemestingskoste van R2 200/ha vermenigvuldig word, is dit ’n bedrag van R39,6 miljoen – genoeg om oor deeglik te gaan nadink. S

Page 36: Oktober 2012 SENWESscenario · Vermeulen, Gerrit Oosthuizen, Castuff Sekgala, Julias Ramohlabi, Theo Venter, Ruth Schultz, Graham Lottering, Ansoné Venter, Elmarie Bey- ... bloukolle

www.senwes.co.za • Oktober 2012

34

SENWES Scenario<< >>

vervolg op bladsy 36

Fokus op

BREEK NUWE GROND

Wat kan ek verwag tydens planttyd?VERBRUIKERS IN DIE NOORDELIKE HALFROND SAL HUL GORDELS STYF OM DIE MAAG MOET TREK TEN EINDE HULSELF DEUR TE SIEN TOT DIE VOLGENDE SEISOEN. DAAR WORD NOU STAATGEMAAK OP DIE SUIDELIKE HALFROND OM TOT DIE REDDING TE KOM; DIT IS EGTER ’N GROOT TAAK. WÊRELDVOORRAAD SAL DUN GESMEER BLY VIR DIE VOLGENDE TWAALF MAANDE.

> TEKS: THEO VENTER

36%

30%

11%

3%

13%

7%

Noord-Amerika Ander

Oos-, Suid- en Suidoos-Asië

Suid-Amerika

Europa en voormalige Sowjetunie

Sub-Sahara Afrika

BYDRAE TOT WÊRELDMIELIEPRODUKSIE

Brasilië en Argentinië dra slegs 12% van die wêreldmielieproduksie by en selfs rekordoeste hier sal slegs ’n druppel in die emmer wees. Die hele Suidelike Halfrond dra minder as ’n kwart tot die wêreld se mielieproduksie by.

Die kanse is goed dat pryse stewig sal bly, selfs tydens die Suidelike Halfrond se produksieseisoen.

Met planttyd om die draai, kan plaaslike produ-sente dus breed glimlag oor graanpryse asook oor die vooruitsigte vir ’n kookwater-seisoen.

As die weer ook nog gunstig is, sal daar van hoek - paal tot hoekpaal geplant kan word. Die oppervlak onder mielies het reeds verlede jaar met ’n indruk-wekkende 14% uitgebrei tot 2 699 200 ha. Daar sal waarskynlik nog meer mielies in die komen de seisoen geplant word. Gedurende die laaste tien jaar was die grootste oppervlak onder mielies die 3 184 950 ha in 2003. Die daar opvolgende nege jaar het egter nie die 2 900 000 ha-merk oorskry nie. Sojabone is op rekordoppervlakte geplant vir die

ND

Totale mielies Sojabone Sonneblom

OPPERVLAK ONDER MIELIES, SOJABONE EN SONNEBLOM

Page 37: Oktober 2012 SENWESscenario · Vermeulen, Gerrit Oosthuizen, Castuff Sekgala, Julias Ramohlabi, Theo Venter, Ruth Schultz, Graham Lottering, Ansoné Venter, Elmarie Bey- ... bloukolle
Page 38: Oktober 2012 SENWESscenario · Vermeulen, Gerrit Oosthuizen, Castuff Sekgala, Julias Ramohlabi, Theo Venter, Ruth Schultz, Graham Lottering, Ansoné Venter, Elmarie Bey- ... bloukolle

www.senwes.co.za • Oktober 2012

36

SENWES Scenario<< >>

36

vervolg van bladsy 34Wat kan ek verwag tydens planttyd?

Fokus op

BREEK NUWE GROND

Theo Venter is ’n Graananalis by Senwes Grainlink. Vir meer inligting, skakel hom by (018) 464-7723 of stuur ’n

e-pos na [email protected]. >>

afgelope drie jaar. Sonneblom se aandeel hang van die prysverhouding met mielies en sojabone af.

Die Julie-termynkontrak lok die meeste belang-stelling. Die prys van die kontrak tydens planttyd bepaal tot ’n groot mate hoeveel geplant sal word.Die onderstaande grafiek toon hoe die hoë Julie-pryse aanplantings ook verhoog. Indien die Julie 2013-kontrak met vorige seisoene vergelyk word, staan dit kop en skouers bo die ander uit.

dus laer as die van geelmieliepryse verhandel. Die wêreld sal egter nie so vol fiemies wees wat die kleur van mielies betref nie, aangesien daar maar min beskikbaar is. Misoeste in Afrika kan ook die situasie verander.

Mieliepryse is baie aanloklik, maar sojaboonpryse is selfs meer indrukwekkend en kan ’n paar hek taar by mielies afneem. Verlede jaar is 472 000 hageplant, maar die komende seisoen sal waar skyn-lik nog rekords laat spat. Plaaslike verwerkings-kapasiteit is besig om uit te brei, maar nie so vinnig as wat aanvanklik verwag is nie. Ten spyte hiervan is daar nog ’n groot vraag uit die buiteland. Veral die Midde-Ooste en Suid-Asië sal wil weglê aan Suid-Afrika se soja.

Jul 08 Jul 09 Jul 10 Jul 11 Jul 12 Jul 13

GEMIDDELDE JULIE-PRYS TYDENS PLANTTYD

OPPERVLAK GEPLANT

DIE VRAAG NA SA SE SOJABONE

Produsente sal egter nog kopkrap oor watter gewas om te plant. Meksiko het verlede seisoen 1 162 100 ton witmielies en hierdie seisoen al 484 238 ton witmielies tot einde Augustus ingevoer. Meksiko sal na alle waarskynlikheid egter nie meer smag na Suid-Afrika se witmielies nie. Die Meksikane se oes kan tot soveel as 22 miljoen ton wees, na droogte die vorige oes tot ’n skamele 18,1 miljoen ton geplunder het. Dit beteken hulle sal genoeg produseer vir hul tortillas en slegs geelmielies invoer vir veevoer. Witmieliepryse kan

Gepers vir olie en oliekoek Uitvoere

Sonneblom bly nog ’n goeie opsie vir vroeë aan plan-tings en produsente kan probeer om van die stewige Maartpryse gebruik te maak. Met die Maartprys nog ongeveer R750 bo dié van Meimaand, sal produsente graag vroeër wil lewer. Reën het reeds vroeg in Septembermaand geval, wat vroeë aanplantings aangehits het.

Op die oomblik is daar nog min sekerheid oor wat die weer vir die seisoen inhou. Produsente sal egter steeds reeds hul planters begin afstof soos wat ’n blink seisoen op die horison wink. S

Page 39: Oktober 2012 SENWESscenario · Vermeulen, Gerrit Oosthuizen, Castuff Sekgala, Julias Ramohlabi, Theo Venter, Ruth Schultz, Graham Lottering, Ansoné Venter, Elmarie Bey- ... bloukolle

37

Vir meer inligting, skakel Nico van der Westhuis by 031 700-1024 of stuur ’n e-pos na

[email protected]. >>

Fokus op

BREEK NUWE GRONDPromosie-artikel: Efekto

In die somermaande verdubbel munisipale waterverbruik. Dit is die seisoen wanneer Suid-Afrikaners hulle grasperke en tuine natmaak en hierdie someraanvraag plaas enorme druk op munisipale waterstelsels. Soos watervoorrade verminder gedurende tydperke van lae reënval, moet sommige munisipaliteite waterbeperkings verklaar wat die natmaak van grasperke en tuine betref.Deur die volgende handige wenke toe te pas, kan jou grasperk en tuin droogtetoestande hanteer en kan jy terselfdertyd die vermorsing van water verminder:• Hou altyd die hoeveelheid reën in gedagte. Ge-

bruik ’n Efekto™-reënmeter op die werf om jou te help om reënval te monitor (maak dit een keer per week leeg). Alhoewel die gemiddelde tuin 25 mm water per week benodig, kan die wenke hierlangsaan gevolg word om te bepaal hoeveel water bygevoeg behoort te word. Dit is ook ’n

Waterbesparingswenke vir jou grasperk en tuin

goeie idee om enige waterbeperkings wat in jou area mag geld, in gedagte te hou.

• Gee water in die vroeë oggend asook voor 09:00 in die voormiddag om verdamping en die skroei van blare deur die son te verminder. Lei op wind stil dae nat om “wind drift” en verdamping te voorkom.

• Stel jou Efekto™-sproeier om harde oppervlaktes soos opritte en patio’s te vermy.

• Lei stadig nat om afloop te vermy en om te ver se -ker dat die water deur die grond geabsorbeer word.

• Gaan gereeld jou tuinslangtoerusting en besproeiingsisteem na vir lekkasies of blokkasies.

• As jy ’n Efekto™-sproeier kies, kies een wat nabyaan die grond bespuit. Die gebruik van ’n Efekto™-“timer” saam met die Efekto™-sproeier sal ook help om die vermorsing van water te bestry. S

Page 40: Oktober 2012 SENWESscenario · Vermeulen, Gerrit Oosthuizen, Castuff Sekgala, Julias Ramohlabi, Theo Venter, Ruth Schultz, Graham Lottering, Ansoné Venter, Elmarie Bey- ... bloukolle
Page 41: Oktober 2012 SENWESscenario · Vermeulen, Gerrit Oosthuizen, Castuff Sekgala, Julias Ramohlabi, Theo Venter, Ruth Schultz, Graham Lottering, Ansoné Venter, Elmarie Bey- ... bloukolle

39

SENWES Scenario<< >>Oktober 2012 • www.senwes.co.za

Fokus op

BREEK NUWE GRONDPromosie-artikel: SKF

SKF Y-koeëllaers, ook bekend as invoegselkoeëllaers, is basies verseëlde diep-groef koeëllaers in die 62- en 63-reeks wat ’n konveksie buitering bevat. Hierdie koeëllaers word in verskillende groottes vervaardig en is beskikbaar met ’n standaard binne- of buitering wat verleng is aan albei kante. Die verskeidenheid invoeringsreeks verskil in so ’n mate dat die koeëllaer op die skag lê.

Koeëllaers vervul ’n uiters belangrike rol in diewerksomgewing waarin dit gebruik word. Verminder-de wrywing veroorsaak dat masjinerie makliker werkasook minder krag en smering gebruik. SKF is voortdurend besig met verbeterde werksverrigting ten einde effektiewe produkte en toerusting aan die mark te voorsien. Die vervaardigingstegnieke van SKF word só beplan en geïmplementeer dat dit beskerming aan natuurlike bronne verleen. SKF verbind hulle tot omgewingsvriendelike, volhoubare en verantwoordelike groei.

Verhoog landbouproduktiwiteit deur van SKF Agri Hub vir planterkouters gebruik te maak.• Geen hersmering.

SKF-landboureeks – waarom nie?

SKF BIED ’N VERSKEIDENHEID KOEËL LAERS (BEARINGS), SEËLS, KRAG TRANS MISSIES EN OLIE-SME RINGS PRODUKTE AAN DIE LANDBOUSEKTOR. SENWES IS EENVAN DIE AMPTELIKE LANDBOUVER-SPREIDERS VAN SKF-PRODUKTE. MET AGENTE REGOOR DIE LAND, STREEF ONS DAARNA OM VOLHOUBARE DIENS AAN DIE LANDBOUSEKTOR TE LEWER.

• Verhoog produktiwiteit met 150%.• Uitgawes verminder met 30%.• Bestuurskoste verminder tot met 90%.• ’n Oplossing wat omgewingsvriendelik is.• Maklike instandhouding.• Koste-effektief.• Verkoopsvoordele:

- Verhoog landbouproduktiwiteit.- Maklike installering en vervanging.

Die SKF Agri Hub is ’n volledige eenheid wat beide geseël en geghries is vir ’n leeftyd lank. S

Vir meer inligting, skakel u naaste Senwes Village onderdele afdeling, of ons produkbestuurder, Pieter Redelinghuys by (018) 464-7320 of stuur ’n e-pos na

[email protected]. >>

Page 42: Oktober 2012 SENWESscenario · Vermeulen, Gerrit Oosthuizen, Castuff Sekgala, Julias Ramohlabi, Theo Venter, Ruth Schultz, Graham Lottering, Ansoné Venter, Elmarie Bey- ... bloukolle

www.senwes.co.za • Oktober 2012

40

SENWES Scenario<< >>

vervolg op bladsy 43

Fokus op

BREEK NUWE GROND

Op julle merke, gereed, plant!

> TEKS: PIETER VAN EEDEN EN RIAAN BOTES

DIE EERSTE TEKENS VAN REËN IS AL IN DIE LUG EN DAAR WORD GEWERSKAF OM DIE GROND VIR DIE KOMENDE PLANTSEISOEN VOOR TE BEREI. DAAR IS EGTER ’N PAAR DINGE WAARAAN AANDAG GEGEE MOET WORD VOORDAT DIE PLANTSEISOEN AANBREEK.

Uit ’n werkswinkel-oogpunt isdie belangrikste hiervan die onderhoud van werktuie.Dit is raadsaam vir ’n produsent om sy trekkers vroegtydig, verkieslik voor die aanvang van die plantseisoen, te diens en te hersien. Onnodige probleme wat vroegtydig voorkom kan word,

veroorsaak gewoonlik ’n lang staantydperk van werktuie, wat weer ’n ongelukkige produsent tot gevolg het.

TREKKERSProdusente moet eerstens ’n lys opstel van al die toerusting wat benodig word vir planttyd en elkeen se huidige toestand asook die vorige seisoen se probleme daarmee op die lys aanbring sodat hulle die nodige voorbereiding of herstelwerk kan doen.

Gaan die dienstydperke van trekkers na en maak seker alle dienste is gedoen voor die aanvang vandie plantseisoen. Belangrike aspekte waarop geletmoet word, is veral die inlaat- en verkoelingstelsel. Lugfilters moet ook nagegaan word vir diens baar-heid. ’n Lugfilter wat vuil en vol stof is, gaan nie die hele seisoen hou nie. Vervang dit dadelik as ’n stel, met ander woorde beide die primêre en sekondêre filters. Onthou die goue reël: As jou neus toe is, kry jy nie asem nie; dieselfde geld vir jou

Page 43: Oktober 2012 SENWESscenario · Vermeulen, Gerrit Oosthuizen, Castuff Sekgala, Julias Ramohlabi, Theo Venter, Ruth Schultz, Graham Lottering, Ansoné Venter, Elmarie Bey- ... bloukolle
Page 44: Oktober 2012 SENWESscenario · Vermeulen, Gerrit Oosthuizen, Castuff Sekgala, Julias Ramohlabi, Theo Venter, Ruth Schultz, Graham Lottering, Ansoné Venter, Elmarie Bey- ... bloukolle

Wanneer dit by groei kom, moet jy groot dink …

uppe

mar

keti

ng A

0712

2/SS

Deur samewerking waar ons kennis en idees uitruil, streef ons voortdurend daarna om aan jou innoverende, kwaliteit oplossings te bied. Sodoende kan jy en jou gewasse jul volle potensiaal behaal. BASF bied jou, as produsent, die voordeel van globale kundigheid in diverse industrieë. Terselfdertyd kry jy toegang tot wêreldklas innovasie en wetenskap, want … as produsent, is jy die middelpunt van ons bestaan; is jou volhoubare sukses ook ons sukses.

BASF - Bereik jou volle potensiaal.

BASF Suid-Afrika (Edms) Bpk Sestiendestraat 852, Midrand, 1685 Posbus 2801, Halfweghuis, 1685 Tel: +27 11 203 2400 Faks: +27 11 203 2461

Page 45: Oktober 2012 SENWESscenario · Vermeulen, Gerrit Oosthuizen, Castuff Sekgala, Julias Ramohlabi, Theo Venter, Ruth Schultz, Graham Lottering, Ansoné Venter, Elmarie Bey- ... bloukolle

43

SENWES Scenario<< >>Oktober 2012 • www.senwes.co.za

Fokus op

BREEK NUWE GROND

enjin se lugfilters. Gaan ook klampe van inlaatpype na, aangesien dit as ’n risiko beskou word waar stof die enjin kan binnegaan en die enjin sodoende beskadig.

Daar bestaan by sommige produsente die gewoonte om lugfilters skoon te blaas; dit is egter nie ’n goeie praktyk nie. Hoewel jy geld spaar deur nie ’n nuwe filter te koop nie, word die stof steeds deur saamgeperste lug deur die papier-element van die filter forseer en beskadig dus só die filter. Mettertyd word die papier só erg beskadig dat groot stofdeeltjies deurgelaat word. As die sekondêre filter dit nie meer kan hanteer nie, gaan stof in die enjin ingesuig word en die enjin erg beskadig. ’n Beskadigde enjin wat binne ’n kort tydsperiode herstel moet word, sal hoë koste tot gevolg hê.

Die verkoelingstelsel is ook baie belangrik. Verskeie produsente verkeer onder die wanindruk dat ’n verkoelingsmiddel slegs in die winter benodig word, maar in die somer is die verkoelingsmiddel net so belangrik. Dit hou die enjin skoon van roes en beskerm die verskillende komponente daarvan. Die verkoelingsmiddel verhoed ook lugborrels wat die suiers laat deurput en sodoende water in die olie laat beland. Dit laat ook die enjin koeler luier, wat weer enjinkomponente se slytasie verminder. Maak seker dat die verkoelerprop en v-belt nie beskadig is nie en dat die verkoeler nie toegepak is met stof en blare nie. Maak ook baie seker dat waterpype behoorlik vasgeklamp is en nie teen die trekker se raam of ander komponente kan deurskuur nie.

Gaan die turbine na vir eksterne olielekkasies wat moontlik kan aandui dat die turbine foutief is. Die enjin moet ook nagegaan word, sodat alle olielek-kasies wat seëls en pakstukke (“gaskets”) benodig, herstel word. Herstel ook enige diesellekkasies om te verhinder dat stof daar aanpak en sodoende brand stof vermors, wat uiteindelik jou brandstofkoste gedurende die seisoen gaan verhoog. Dit is ook ’n goeie idee om jou herstelwinkel opdrag te gee om die masjien se inspuiters (“injectors”) elke 2 000 enjinure te toets en te herstel indien nodig. Dit is ook dieselfde aantal ure waarop klepspeling (“valve clearance”) nagegaan en verstel moet word. Ten einde ’n lang enjinlewe te verseker, is dit absoluut noodsaaklik dat die herstelwerk deur korrek-op ge-leide persone hanteer en gedoen word.

Gaan hidrouliese- en transmissie-olie na vir die

korrekte vlakke asook vir diensbaarheid. Hidrou-liese-olie wat vir ’n lang tydsperiode in diens is, verloor nie net smering nie, maar veroorsaak ook slytasie van hidrouliese komponente asook transmissiekomponente en sy-aste. Die koste vir die aankoop van olie en filters is goedkoper as die koste met betrekking tot die staantyd van trekkers asook die aankoop van onderdele vir die herstel van ’n groot meganiese fout.

Gaan lugversorgerfilters na en vervang dit indiennodig. ’n Filter wat met saamgeperste lug skoon-gemaak word, word mettertyd beskadig en dit gaan vir seker ander komponente nadelig affekteer en beskadig. Maak ook seker dat die lugversorging voldoende werk, sodat dit betyds herstel kan word indien dit foutief is.

vervolg van bladsy 40Op jul merke, gereed, plant!

vervolg op bladsy 44

PLANTERS’n Planter is ’n baie belangrike werktuig vir die korrekte plasing van saad asook kunsmis. Indien voorafplasing nie gedoen word nie, word die kuns-misapplikasie deur die planter hanteer en moet bakke en awegare ook sodoende nagegaan word.

Die belangrikste is dat die saaduitmeet mega-nis me nagegaan word. Jou Senwes handelaar kan dit nagaan, toets en herstel voor die plantseisoen ’n aanvang neem, of jy kan self seker maak dat dit reg is. Op ’n vingeruitmeetmeganisme is dit belangrik om te kyk dat al die vingers heel is en dus nie geslyt is

Page 46: Oktober 2012 SENWESscenario · Vermeulen, Gerrit Oosthuizen, Castuff Sekgala, Julias Ramohlabi, Theo Venter, Ruth Schultz, Graham Lottering, Ansoné Venter, Elmarie Bey- ... bloukolle

www.senwes.co.za • Oktober 2012

44

SENWES Scenario<< >>

Riaan Botes is die Werkswinkelbestuurder by Senwes Village: Bultfontein. Vir meer inligting, skakel hom by

078 450 6849 of stuur ’n e-pos na [email protected].

Pieter van Eeden is die Werkswinkelbestuurder by Senwes Village: Bothaville. Vir meer inligting, skakel hom by

074 282 8695 of stuur ’n e-pos na [email protected]. >>

Fokus op

BREEK NUWE GROND

nie asook dat al die veertjies wat hulle bymekaar hou, nie gebreek is nie. Die “papbord” waarop die vingers loop, moet ook nie weggeslyt wees nie. Laastens moet die speling op die vingers korrek wees en die koppelaar wat die meganisme aandryf, mag nie geslyt wees nie; dus wanneer die uitmeetmeganisme en bak aanmekaar is en in die planterraam gesit word, moet die koppelaar se vingers met die aandryfrat se vingers oplyn.

By vakuumplanters is die uitmeetmeganisme net so belangrik. Maak seker dat saadplate nie te veel weggeslyt is nie en dat die rubberseël wat vir die vakuum op die bak verantwoordelik is, onbeskadig is en behoorlik seël. Indien jy twyfel, vervang die rubber. Gaan ook die dubbel-illuminator na en maak seker dat dit so verstel is dat dubbelpitte afgeslaan word, maar wel ook dat dit nie al die pitte afslaan nie.

Soos die geval met die vingerplanter, het die vakuumplanter ook ’n koppelaar wat koppel na die ry-eenheid vir aandrywing. Die koppelaar moenie te veel geslyt wees nie, terwyl daar ook seker gemaak moet word dat die koppelaar se vingers, waar dit koppel met die rat se vingers, behoorlik oplyn, die vingers oormekaar klim en gaan daar probleme met plantestand wees.

Laastens is dit ’n goeie praktyk om die vakuum-blaser oop te maak en dit behoorlik skoon te maak.Die talkpoeier en gif op die saad is geneig om ’n taai aanpaksel binne die blaser te vorm, dit uit balans te gooi en sodoende die blasermotor te beskadig. Wanneer daar met ’n John Deere masjien gewerk word, moet daar ook seker gemaak word dat die blasermotor se pype wat op die trekker koppel, wel die korrekte hidrouliese koppeling met die pennetjie bevat waar dit met die trekker koppel.

Spuit aandryfkettings vroegtydig met kettingolie (“chain lube”) of laat lê dit in diesel, sodat die kettings los en vrylik oor die ratte kan beweeg. Die moontlike spring van kettings word sodoende verhoed, terwyl die plantestand ook nie beïnvloed word nie. Gaan jou handleiding na vir die hoeveel-heid plante wat jy per hektaar wil plant en doen die kalibrasie daarvolgens; die boek is net ’n riglyn. Die belangrikste is egter om die kalibrasie in die land na te gaan.

’n Planter se trekstang moet ten alle tye oplyn met die trekker se trekstang, anders is die ry-

vervolg van bladsy 43Op jul merke, gereed, plant!

eenhede geneig om te “bulldose” of te diep te loop. Gaan alle laers na voor die begin van die seisoen sodat dié wat riskant is, vervang kan word voordat dit jou in die steek laat. Maak ook seker vanwaar jy die kunsmis en saad wil toedien, en gaan elke ry na. Verstel die saaddiepte en maak seker dat die drukvere van ry-eenhede reg is.

Terwyl jy plant, gaan ry-eenhede na en maak seker dat saadbakke gelyk leeg word; maak ook die saadbuise gereeld skoon. Indien jy ’n saadmonitor gebruik, toets dit vooraf en sorg dat dit korrek werk.

PRESISIETOESTELLEVoordat jy begin werk, sorg dat jy die tydperk vir wat die sein nog geaktiveer is, nagaan, en koop betyds nuwe sein vir die tydsperiode wat jy wil werk.

WERKSWINKELSSenwes werkswinkels is gerat vir die komende seisoen en sal gedurende planttyd langer ure oop bly om tot die produsente se diens te wees. Diens en herstel masjiene vroegtydig, sodat wanneer planttyd ’n aanvang neem, daar nie ’n oponthoud is met masjiene wat by die werkswinkels staan nie.

’n Aksie is geloods om die voorraadvlakke te verhoog, veral nou met John Deere se pakhuis wat in die proses is om te verhuis. Dit sal verseker dat jou Senwes handelaar altyd voorraad beskikbaar sal hê.

Die nagaan van alle John Deere produkte kan vergemaklik word deur tegnikusse na die plaas te stuur en saam met die produsent en operateur die betrokke toerusting te ondersoek en só alle herstelwerk te doen.

Die onderdele-afdeling het ook ’n groot aantal John Deere planter-aanlegstukke bestel, wat reeds op ’n allokasiebasis aan sekere klante se name gekoppel is. S

Page 47: Oktober 2012 SENWESscenario · Vermeulen, Gerrit Oosthuizen, Castuff Sekgala, Julias Ramohlabi, Theo Venter, Ruth Schultz, Graham Lottering, Ansoné Venter, Elmarie Bey- ... bloukolle
Page 48: Oktober 2012 SENWESscenario · Vermeulen, Gerrit Oosthuizen, Castuff Sekgala, Julias Ramohlabi, Theo Venter, Ruth Schultz, Graham Lottering, Ansoné Venter, Elmarie Bey- ... bloukolle

46

SENWES Scenario<< >>

46 ••• SENWES VILLAGE: FOCUS ON EFEKTO'S GARDENING RANGE

Green fingers for sale!

www.senwes.co.za • Oktober 2012

Keith Kirsten’s garden tips

Have the right tools to garden with. Essentials are: spade, fork, hand trowel, secateurs, loppers,

rake, hosepipe and watering can. Preparation is key: Dig decent sized holes

for plants and dig over garden beds thoroughly before planting.

Source: http://www.houseandleisure.co.za/

Page 49: Oktober 2012 SENWESscenario · Vermeulen, Gerrit Oosthuizen, Castuff Sekgala, Julias Ramohlabi, Theo Venter, Ruth Schultz, Graham Lottering, Ansoné Venter, Elmarie Bey- ... bloukolle

4747SENWES VILLAGE: FOCUS ON EFEKTO'S GARDENING RANGE •••

• Fully equipped 5 litre sprayer.

• Manufactured from high-quality engineering ABS

Plastic.

SPRING IS IN THE AIR AND SUMMER IS ON ITS WAY. MANY PEOPLE REGARD IT AS THE PERFECT TIME OF THE YEAR TO START GARDENING AGAIN AND AS SUCH GET RID OF THE EVIDENCE OF WINTER. FOR OTHERS, IT CAN BE A DAUNTING TASK, ESPECIALLY IF GARDENING IS NOT IN YOUR BLOOD. WITH EFEKTO’S NEW GARDENING RANGE, AVAILABLE AT ALL SENWES VILLAGES, GARDENING WILL NOT ONLY BE EASIER, BUT ALSO MUCH MORE ENJOYABLE.

• Cast aluminium handle with soft-touch grip.• 4,5 cm blade manufactured from

Japanese SK5 steel.• Ergonomic design.

HEAVY DUTY BYPASS PRUNER

Oktober 2012 • www.senwes.co.za

• High-quality soft nitrile garden gloves.

• Nitrile gloves are three times more puncture resistant than regular latex gloves.

• Lower resistance to friction, making them easier to put on and take off your hands.

TAP CONNECTOR

19 MM

• Tap connector for 26,5 mm garden tap.

• Manufactured from high-quality engineering ABS Plastic.

• Soft-touch grip.

PINK NITRILE GLOVES

SOFT FACE STARTER SET

• Soft-touch grip.• Adjustable hand-held spray nozzle.• Manufactured from high-quality engineering ABS Plastic.• Hose connectors for 12 mm - 15 mm hosepipe.• Tap connector for 21 mm - 26,5 mm garden tap.

RAFEKTO'S GARDDDDDDDDDDDDDDDDDDDDDDDDDDDENENEEEEEEEENENNEEEEEEEENENENEEEEEEENNEEEEEEEEEEENEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEE ING RFE

SHOULDER PRESSURE SPRAYER 5 LITRE

<< >>SENWES Scenario

S

Page 50: Oktober 2012 SENWESscenario · Vermeulen, Gerrit Oosthuizen, Castuff Sekgala, Julias Ramohlabi, Theo Venter, Ruth Schultz, Graham Lottering, Ansoné Venter, Elmarie Bey- ... bloukolle

www.senwes.co.za • Oktober 2012

48

SENWES Scenario<< >>

Die Kaap is Hollands met nuwe vennootskap

> TEKS: ELMARIE SCHOEMAN

SENWES HET ONLANGS ’N 50%-AANDEEL IN DIE FAMILIEBESIGHEID JD IMPLEMENTE (JDI) IN DIE WES-KAAP VERKRY. VOLGENS EMILIUS TOMLINSON, EIENAAR VAN JD IMPLEMENTE, HOU HIERDIE VEN-NOOTSKAP VIR ALBEI MAATSKAPPYE VOORDELE IN, WAT VERDER KAN BYDRA TOT HUL SUKSES. SENWES SCENARIO HET MET EMILIUS GESELS OM MEER UIT TE VIND OOR HOM, DIE BESIGHEID EN MOONTLIKE TOEKOMSPLANNE.

••• SENWES VILLAGE

Emilius Tomlinson (middel) en sy twee seuns, Emile (links) en Jason.

Emilius is op Swellendam gebore en het ook daar grootgeword. Na

voltooiing van sy skoolloopbaan is hy vir twee jaar weermag toe, waarna hy ’n kursus in

Bestuur aan Tygerberg Kollege voltooi het. In 1896 het Emilius se oupagrootjie die familie-

besigheid DM Tomlinson en Kie gestig, wat meren-deels gefokus het op die invoer van Massey Ferguson ysterwieltrekkers uit Engeland. “In die vroeë veertigs het hulle baie gesukkel om onderdele vir die Massey Ferguson trekkers te kry en dit is toe dat my oupagrootjie na ’n ander fabrikaat begin soek het.” Gedurende die vyftigs het hy begin om John Deere’s te verkoop. Intussen het my pa, Simon, en my oom, Lindenberg, by hom begin werk as verkoopsmanne. In 1960 het my pa en oom die maatskappy JD Implemente gestig. Dit is ook die jaar waartydens John Deere ’n agentskap op Nigel geopen het. “Sedertdien is ons ’n volwaardige John Deere handelaar.” In 1980 het Emilius by JD Implemente in die onderdele-afdeling begin werk.

JD Implemente dryf al vir 52 jaar handel en is daarom die oudste aaneenlopende John Deere handelaar in die land. “Dit is voorwaar iets om op trots te wees,” sê Emilius. In 1994 het die werkswinkel op Swellendam te klein geword en is daar dus ’n nuwe gebou opgerig. Weens die goeie trekkerverkope in die Bredasdorp-area, het hy

Page 51: Oktober 2012 SENWESscenario · Vermeulen, Gerrit Oosthuizen, Castuff Sekgala, Julias Ramohlabi, Theo Venter, Ruth Schultz, Graham Lottering, Ansoné Venter, Elmarie Bey- ... bloukolle

49

SENWES Scenario<< >>Oktober 2012 • www.senwes.co.za

Elmarie Schoeman is die Redakteur van S enwes S cenario. Skakel haar by (018) 468-2716 vir meer inligting of stuur

’n e-pos na [email protected]. >>

besluit om ’n handelswinkel daar te open. In 2004 het John Deere SA Emilius genader in verband met verdere uitbreiding in die Oos-Kaap. “Ek was baie opgewonde en het dadelik ingestem.” Dieselfde jaar het hy ’n handelswinkel op Hankey in die Oos-Kaap gekoop. Dit is ’n groot sitrus-, aartappel- en melkarea.

JD Implemente se hoëkwaliteit diens het daartoe gelei dat die besigheid ’n goeie naam in die area opgebou het; soveel so dat Emilius in 2009 nog ’n volwaardige John Deere handelswinkel kon open, die keer op Cradock. Na drie jaar is hulle besig om ’n nuwe gebou daar op te rig, wat ’n groter werkswinkel en onderdele-afdeling insluit. Intussen het Emilius ’n dienshandelaar op Addo aangestel om namens JD Implemente die nodige diens in verband met John Deere’s in daardie area te verskaf. In Januarie 2010 het Emilius se oudste seun, Emile, by JD Implemente begin werk. Hy behartig die verkope van heelgoedere in die Swellendam/Heidelberg- en Barrydale-omgewing. Aan die begin van 2012 het Emilius se ander seun, Jason, ook by die besigheid aangesluit. Jason word in presisieboerdery opgelei om die hele JDI-area te bedien.

JD Implemente se hoofkantoor is op Swellendam met handelswinkels op Bredasdorp, Hankey, Cra dock en Addo. Emilius en sy span beplan om binne die volgende vier jaar nog drie John Deere han dels winkels in die Oos-Kaap te open. “Dit was nogal ’n aanpassing om van ’n privaat- na ’n kor poratiewe maatskappy oor te gaan. Die same smel ting hou vir albei maatskappye baie voordele in, wat wedersyds gebruik kan word,” sê Emilius.

“Vir JDI se klante is daar nou meer heelgoedere beskikbaar. Ons seisoene oorvleuel, wat uitruiling van voorraad vergemaklik. Ons wil graag die hele Senwes mandjie na die JDI-area bring tot voordeel van die klante.

“My toekomswens is dat ek en my twee seuns ’n lang pad saam met Senwes kan stap en dat albei maatskappye nuwe hoogtes sal bereik.” S

JD Implemente se onderskeie handelswinkels

Swellendam (Hoofkantoor)

Hankey

Cradock

Bredasdorp

“My toekomswens is dat ek en my twee seuns ’n lang pad saam met Senwes kan stap en dat albei maatskappye

nuwe hoogtes sal bereik.”

Addo

SENWES VILLAGE •••

Page 52: Oktober 2012 SENWESscenario · Vermeulen, Gerrit Oosthuizen, Castuff Sekgala, Julias Ramohlabi, Theo Venter, Ruth Schultz, Graham Lottering, Ansoné Venter, Elmarie Bey- ... bloukolle

www.senwes.co.za • Oktober 2012

50

SENWES Scenario<< >>

50 ••• SENWES VILLAGE••• SENWES VILLAGE

Welsynsorganisasies baat steeds by veldtogVanjaar se “From Greens 2 Dreams”-veldtog werk effens anders as verlede jaar. Die veldtog, Senwes Village se sosiale verantwoordelikheidsprojek, dien as basis vir die allokering van fondse aan verskeie welsynsorganisasies. Die genoemde fondse word tydens die jaarlikse Senwes Village Verskaffersgholfdag ingesamel.

Geregistreerde welsynsorganisasies kan hul behoeftes per e-pos na [email protected] stuur om in aanmerking te kom vir ’n moontlike donasie. Die behoeftes wat geregistreer word, sal op ’n maandelikse basis deur ’n Senwes Village paneel geëvalueer word, waarna donasies aan die suksesvolle instansies gemaak sal word.

Klante word versoek om die boodskap van die projek in hul gemeenskappe te versprei ten einde behoeftige organisasies in kennis te stel, sodat hulle hulself kan nomineer.

Verwys asseblief alle belangstellendes en kwalifiserende organisasies na die Senwes webblad, waar meer inligting beskikbaar is oor die proses, tipe organisasies wat kwalifiseer en die inligting wat voorsien moet word. S

SENWES VILLAGE WERKNEMERS BE-DIEN KLANTE TANS IN KLEREDRAG WAT EIE IS AAN SY/HAAR AFDELING EN MAKLIK DEUR KLANTE UIT-GEKEN KAN WORD. DIE WERKNEMERSVAN VERSKEIE AFDELINGS BINNE SENWES VILLAGE: KLERKSDORP HET MODEL GESPEEL. S

K yk hoe lyk ons nou!

Silas Chupoeng (Ontvangs)

Donald Lemme (Dieregesondheid)

Justine Poonsaib (Geldlaai)

McPherson Nazaba (Besproeiing)

Johannes Motsumi en William Tau (Stoor)

Page 53: Oktober 2012 SENWESscenario · Vermeulen, Gerrit Oosthuizen, Castuff Sekgala, Julias Ramohlabi, Theo Venter, Ruth Schultz, Graham Lottering, Ansoné Venter, Elmarie Bey- ... bloukolle

Oktober 2012 • www.senwes.co.za

51SENWES VILLAGE •••

Die handelswinkels wat tans die hardste getref word, is in die nabye omgewing van mynbedrywighede geleë. Dit is egter ongelukkig nie die enigste handelswinkels wat deur hierdie sindikate geteister word nie. Die konsep wat geïmplementeer word, het slegs ten doel om geordende toegang tot dieremedisyne te verseker en diefstal daardeur te beperk. In sekere gevalle word daar van toesluitbare draadmandjies, soortgelyk aan sekere apteekgroepe se werkswyse, gebruik gemaak om dieregesondheidmiddels te neem vanaf die bedieningsgebied tot by die kassier waar betaling plaasvind.

Oberholzer en Theunissen is die eerste twee handelswinkels waar hierdie konsep met groot sukses geïmplementeer is. Stelselmatig sal al meer handelswinkels oorskakel na hierdie werkswyse. Senwes Village vertrou dat sy klante en aandeelhouers die rede vir sodanige maatreëls terdeë besef en terselfdertyd wil Village ’n woord van dank uitspreek teenoor sy klante vir hul volgehoue ondersteuning. S

Apteekkonsep is dieremedisyne se

voorlandVANWEË UITERS GOED GEORGA-NISEERDE SINDIKATE WAT HULLE TOESPITS OP DIE DIEFSTAL VAN DIEREMEDISYNE IN SENWES VILLAGE SE BEDIENINGSGEBIED, WORD VILLAGE GENOODSAAK OM ANDER MAATREËLS TOE TE PAS TEN EINDE SY AANDEELHOUERS SE BELANG TE BESKERM.

Page 54: Oktober 2012 SENWESscenario · Vermeulen, Gerrit Oosthuizen, Castuff Sekgala, Julias Ramohlabi, Theo Venter, Ruth Schultz, Graham Lottering, Ansoné Venter, Elmarie Bey- ... bloukolle

www.senwes.co.za • Oktober 2012

52

SENWES Scenario<< >>

••• SENWES GRAINLINK

Voedselveiligheid, ’n openbare gesondheidskwessie van toenemende belang, is ’n inherente aspek van verbruikersbeskerming. Mense het die reg om te verwag dat die kos wat hulle eet veilig is en geskik is vir verbruik. Naspeurbaarheid word gevolglik al hoe belangriker om verbruikers gemoedsrus te gee dat sekere prosedures tydens produksie, hantering, vervoer, verwerking en verpakking streng volgens protokol uitgevoer is. WAT BETEKEN DIT VIR DIE GRAANBEDRYF?Wêreldwye tendense in voedselveiligheid bied ’n uit-daging vir die graanprodusent om ’n produk van hoëkwaliteit te lewer wat voldoen aan voedsel veilig heid -standaarde. Die belangrikste voedselveiligheids-risiko’s in die graanbedryf is mikrobiese siektes soos mikotoksiene wat gevorm word deur swamme wat op die graan groei en residue wat verband hou met die gebruik van landbouchemikalieë. Laasgenoemde is ten volle onder die produsent se beheer.

Die gebruik van chemiese middels en beperkings daarop op die graan wat gelewer sal word, is veral ter sprake. Wetlike voorskrifte bepaal die gebruik van onkruiddoders, insekdoders en verskeie ander landboukundige chemikalieë en die residu-vlakke van sodanige produkte wat in die kommoditeit

Hoe pas landbouchemikalieë by die nuwe wetgewing in?

> TEKS: MARIANA PURNELL

DIE VERBRUIKER BEÏNVLOED AL JARE LANK DIE PRODUSENT SE KEUSE VAN VARIËTEIT, LANDBOUPRAKTYKE EN SELFS DIE HANTERING EN BEMARKING VAN DIE KOMMODITEIT. DIE NUWE VERBRUIKERSBESKERMINGS-WETGEWING KAN EGTER LEI TOT NOG ’N GROTER INVLOED DEUR DIE VERBRUIKER EN ’N VERHOOGDE AANSPREEKLIKHEID VIR ALLE ROLSPELERS IN DIE VOEDSELBEDRYF.

teenwoordig mag wees. Produsente moet hulle vergewis van hierdie wetlike vereistes en voldoen aan die standaarde wat daarin neergelê is.

Behalwe vir die gradering van graan en oliesade volgens die Wet op Landbouprodukstandaarde (Wet Nr. 119 van 1990) word wetenskaplike toetse ook deesdae gedoen om produkgehalte te staaf. Kopers vereis egter toenemend inligting oor die landbouchemikalieë wat gebruik is om seker te maak die graan is veilig en geskik vir verbruik. Bykomende inligting oor produksiepraktyke en die gebruik van chemiese middels word dus al belangriker om naspeurbaarheid te verseker.

LANDBOUCHEMIESE MIDDELS Die produsent moet kennis dra van die landbou-chemiese middels en beperkings daarop op dieonderskeie tipes graan en oliesade soos gestipuleerin die Wet op Misstowwe, Veevoedsel, Landbou-middels en Veemiddels (Wet Nr. 36 van 1947). Hierdie wet omskryf standaarde vir die gebruik van sekere onkruiddoders, insekdoders en verskeie ander landboukundige chemikalieë. Die lys van geregistreerde middels word gereeld aangepas – nuwe landbouchemikalieë word geregistreer vir verskeie aanwendings, terwyl verouderde

middels verwyder en die gebruik daarvan onwettig

verklaar word. Dit is dus baie belang rik om op hoogte te bly

van die lys van geregistreerde middels.

Die Wet op Voedingsmiddels, Skoonheidsmiddels en Ont smet-tingsmiddels (Wet Nr. 54 van1972) bepaal die maksimumresidu-vlakke van landbou che-

mikalieë wat in voedselprodukte

Page 55: Oktober 2012 SENWESscenario · Vermeulen, Gerrit Oosthuizen, Castuff Sekgala, Julias Ramohlabi, Theo Venter, Ruth Schultz, Graham Lottering, Ansoné Venter, Elmarie Bey- ... bloukolle

53

SENWES Scenario<< >>Oktober 2012 • www.senwes.co.za

SENWES GRAINLINK •••

die middel is geregistreer vir gebruik in Suid-Afrika. Die produsent moet ook aandring op ’n “Material Safety Data Sheet” (MSDS) vanaf die verskaffer. Die MSDS verskaf alle inligting oor die produk, selfs die tipe noodhulp wat toegepas kan word. Die MSDS word kosteloos voorsien met die aankoop van landbouchemiese middels.

3. Aanbevelings deur agenteDring altyd daarop aan dat alle aanbevelings ten opsigte van landbouchemiese toedienings op skrif gestel word. Maak seker dat die agent of verteenwoordiger wat aanbevelings maak aan die nodige vereistes voldoen, soos deur ACDASA (Agricultural Chemical Distribution Association of South Africa) voorgeskryf word.

Indien toedienings deur ’n landbouchemiese adviseur hanteer word, maak seker die persoon verskaf sy naam en P-nommer op die aanbeveling. Die P-nommer word deur die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye uitgereik nadat die adviseur die nodige opleiding ondergaan het. Die operateur se P-registrasie moet ook in die toepaslike veld van toediening wees, byvoorbeeld onkruidbeheer, beroking en lugbespuiting is almal aparte registrasievelde.

4. Produksieriglyne Die Landbounavorsingsraad (LNR) se Instituut vir Graangewasse in Potchefstroom en die Kleingraaninstituut op Bethlehem publiseer jaarliks riglyne in dié verband in die Mielie-inligtingsgids en die Handleiding vir die Produksie van Kleingrane. Die publikasies word gratis aan produsente verskaf. S

Vir verdere navrae, skakel Mariana Purnell (Bestuurder: Spesiale Produkte, Senwes Grainlink) by

(018) 464-7271 of 082 336 8534. >>

Senwes se graankwaliteit- en voedselveiligheidlabo-ratorium toets elke seisoen nuwe lewerings vir land-bouchemikalieë om te verseker dat geen skadelike chemiese residu in die graan en oliesade voorkom nie.

in Suid-Afrika mag voorkom en word deur die Departement van Gesondheid toege pas.

Senwes het in die verlede vereis dat produsente ’n chemiese verklaring indien alvorens enige graan by ’n Senwes silo gelewer mag word, maar dit is onlangs vervang met die verklaring wat op die agtersy van elke leweringstrokie gedruk is. Deur hierdie lewering strokie te teken, bevestig die produsent dat hy kennis dra van die riglyne soos deur Wet Nr. 36 van 1947 voorgeskryf en is hy aanspreeklik vir die chemiese produkte wat op die graan en oliesade gebruik is.

HULPMIDDELS VIR DIE PRODUSENT

1. Rekordhouding Rekordhouding op plaasvlak word al hoe belang ri kerom naspeurbaarheid te verseker. Dit is raadsaam vir die produsent om self ’n tabel op te trek vir nou-keurige rekordhouding op plaasvlak. Voorgestelde inskrywings op sodanige tabel is soos volg: Inligting oor die gewas:• Plaasnaam/Standplaasnommer; • Kultivar; • Landnaam/Landnommer;• Hektaar; en• Datum van landbouchemiese toediening.

Inligting oor bespuiting van onkruid doder of beheermiddel vir ’n plaag/siekte:

• Aktiewe bestanddeel; • Lotnommer;• Verskaffer;• Verskaffer se ACDASA-nommer;• Konsentrasie toegedien liter/ha;• Toegedien deur; en• Rede vir landbouchemiese toediening.

2. Etikette Dit is belangrik om te let op die etiketvoorskrifte rakende registrasie van landbouchemiese middels vir die onderskeie tipes graan en oliesade om ’n bepaalde onkruid, swam of plaag te beheer. Behalwe die lotnommer, is dit ook raadsaam om die vervaardigingsdatum van die houers te bewaar. Let veral na gif wat oorbly van die vorige oes. Die invloed van tipe spuitpunte, tyd van toediening, spuitlewering, gebruiksbeperkings, mengbaarheid met ander produkte en algemene veiligheidsmaatreëls moet in ag geneem word.

Gif moet ook ’n lotnommer ophê, wat beteken

Page 56: Oktober 2012 SENWESscenario · Vermeulen, Gerrit Oosthuizen, Castuff Sekgala, Julias Ramohlabi, Theo Venter, Ruth Schultz, Graham Lottering, Ansoné Venter, Elmarie Bey- ... bloukolle
Page 57: Oktober 2012 SENWESscenario · Vermeulen, Gerrit Oosthuizen, Castuff Sekgala, Julias Ramohlabi, Theo Venter, Ruth Schultz, Graham Lottering, Ansoné Venter, Elmarie Bey- ... bloukolle

55SENWES GRAINLINK •••

AgriSETA (Agricultural Sector Education Training Authority) hou vanjaar hul derde toekenningsgeleentheid wat gerig is op erkenning en beloning vir diegene wat uitgeblink het in die landbousektor op die gebied van vaardigheidsontwikkeling.

Die kategorieë waarvoor ingeskryf is, sluit die volgende in:• Chantelle du Plessis (Assistent Silobestuurder: Wesselsbron Silo): Beste

presteerder in ’n leerlingskapprogram;• Thabang Ramagodi (Kwaliteit-analis: Senwes Grainlink Laborato rium):

Beste presteerder in ’n ervaringsleerprogram; en• Die Senwes Graduate-program: Leier-werkgewer – AgriSETA vaardig heids-

ontwikkeling, werksplek-ervaring. Dit is die eerste keer dat Senwes vir dié toekenning ingeskryf het. S

S enwes werknemers blink uitAL DRIE SENWES SE NOMINASIES VIR AGRISETA SE JAARLIKSE UITNE MENDHEID-TOEKENNINGS IS AS FINALISTE VIR DIÉ TOEKENNINGS AANGEWYS.

--

Thabang Ramagodi

Chantelle du Plessis

Page 58: Oktober 2012 SENWESscenario · Vermeulen, Gerrit Oosthuizen, Castuff Sekgala, Julias Ramohlabi, Theo Venter, Ruth Schultz, Graham Lottering, Ansoné Venter, Elmarie Bey- ... bloukolle

www.senwes.co.za • Oktober 2012

56 ••• TEGNO LOGIE

Vodacom Business en Agri SAhet op 31 Julie ’n vennootskapsooreenkoms aan-gekondig met betrekking tot ’n satelliet-gebaseerde kommunikasie-oplossing vir die breër landelike gemeenskap.

Hierdie ooreenkoms volg op ’n besluit tydensAgri SA se 2011-kongres waartydens Agri SA opdraggegee is om alternatiewe telekommunikasiestelsels vir landelike gebruikers te ondersoek.

“Die agteruitgang in landelike vastelyn-telefoon -infrastruktuur beteken dat doeltreffende tele kom mu - nikasie in verskeie streke feitlik onmoontlik geraak het, veral wat betref toegang tot die internet, e-pos-fasiliteite en meer onlangs, spraakkommunikasie. Telekommunikasie is belangrik vir produsente en die breër landelike gemeenskap vir transaksiedoeleindes asook vir veiligheidsredes,” sê Johannes Möller, President van Agri SA.

“Vodacom is bewus van die feit dat landelike dele van Suid-Afrika onderbedien is wat betref dienslewering. Dit het werklike uitdagings tot gevolg – nie slegs vir die boeregemeenskap nie, maar ook vir hul klante, diensverskaffers en landelike gemeenskappe in die algemeen,” meen Chris Lazarus, Uitvoerende Bestuurder van Vodacom Business Services.

“Landbou is ’n belangrike sektor vir ontwikkeling, indiensneming en die ekonomie van die land. Om sy volle potensiaal te bereik, benodig rolspelers in dielandbousektor gevorderde tegnologie om hul besig- hede te bemark en uit te brei. Hierdie vennoot skap met Agri SA sal dien as katalisator om ’n werklik mobiele, toeganklike en bekostigbare oplossing na hierdie gebiede te bring,” aldus Lazarus.

Vodacom het ’n verbandhoudende aankondiging gemaak om die eerste 1 000 satelliet-kommuni ka -siestelsels gratis vir gebruikers te installeer. Hier-die aanbieding geld tot 30 November 2012. Produsentelede wat op hierdie aanbod reageer deur 082 1930 te skakel, kan ’n besparing van R4 118 verwag met ’n standaardinstallasie. S

Gaping in landelike telekommunikasie dalk

iets van die verlede

Vir meer inligting, skakel Kobus Visser van Agri SA by 082 388 0010 of (012) 643-3400. >>

Page 59: Oktober 2012 SENWESscenario · Vermeulen, Gerrit Oosthuizen, Castuff Sekgala, Julias Ramohlabi, Theo Venter, Ruth Schultz, Graham Lottering, Ansoné Venter, Elmarie Bey- ... bloukolle

Skakel Molatek by Tel: +27 (0)13 791-1036 • Faks: +27 (0)13 790-0095 • E-pos: [email protected] • www.molatek.co.za

Fosblock Reg. No. V22502 (Wet 36 van 1947) N-FF 2471 • Foslek Reg. No. V16059 (Wet 36 van 1947) N-FF 1407

FOSBLOCKFOSFAAT-SPOORMINERAALAANVULLING VIR HERKOUERS

HOË DIEREPRESTASIE ... ... HOOGS OPNEEMBAAR

uppe

mar

keti

ng A

0750

2

MOLATEK FOSBLOCK:• Is weerbestand• Verskaf voldoende fosfaat- en spoormineraalaanvulling aan herkouers• Is die ideale aanvulling gedurende die groen, sappige weidingsperiode• Verseker hoë diereprestasie• Sorg vir verhoogde winsgewendheid

MOMO• Is• V• Is• V• S

INDIEN JY NIE FOSBLOCK WIL GEBRUIK NIE, BIED MOLATEK JOU OOK FOSLEK AS UITSTEKENDE AANVULLING VIR BEESTE EN SKAPE.

Page 60: Oktober 2012 SENWESscenario · Vermeulen, Gerrit Oosthuizen, Castuff Sekgala, Julias Ramohlabi, Theo Venter, Ruth Schultz, Graham Lottering, Ansoné Venter, Elmarie Bey- ... bloukolle

www.senwes.co.za • Oktober 2012

58

SENWES Scenario<< >>

Planting maize without consideringclimatic conditions such as heat units, rainfall, drought and frost, the producer is faced with the risk of harvesting low yield. This article thus basically

> TEXT: JULIAS RAMOHLABI

SEVERAL FACTORS SHOULD BE CON-SIDERED WHEN DECIDING ON THE OPTIMUM PLANTING TIME OF MAIZE AND THESE INCLUDE PLANNING FOR THE PREDICTABLE MIDSUMMER DROUGHT AND FROST, AMONG OTHER THINGS.

explains the role played by climatic factors on the planting time of maize.

HEAT UNITSHeat units are the most important environmen-tal factors, making the largest contribution to the growth rate of the maize plant. This includes the development of the roots, stem and leaves. The plant cannot develop from one stage to the next ad-vanced stage without receiving the necessary heat units. The optimum temperature for development of the maize plant is approximately 30°C. At tempera-tures below 6°C and above 45°C, photosynthesis comes to a standstill. The following formula was specifically developed for the maize plant.

Heat units = max + min – 10°C2

••• DEVELOPING AGRICULTURE

Climatic factors that determine planting dates

The producer should take into account soil moisture content and temperatures, among other things, before planting outside normal timeframes.

Page 61: Oktober 2012 SENWESscenario · Vermeulen, Gerrit Oosthuizen, Castuff Sekgala, Julias Ramohlabi, Theo Venter, Ruth Schultz, Graham Lottering, Ansoné Venter, Elmarie Bey- ... bloukolle

59

SENWES Scenario<< >>Oktober 2012 • www.senwes.co.za

DEVELOPING AGRICULTURE •••

The maximum and minimum temperatures are re-corded over a 24 hour period (per day). The reason for subtracting 10°C from the average temperature is that the maize plant stops developing below 10°C. The maize plant can be regarded as a starch factory.

The plant utilises water and nutrients from the soil, CO2 from the atmosphere and sunlight (heat units) as the energy source to manufacture plant food, of which starch is the main component. In the process, heat units play an essential role in determining the final yield and quality of the grain. This means that as days shorten, the quicker they mature.

The shorter the days get, the less heat units are available per day and the quicker grain filling comes to an end. This is one of the reasons why late plant-ing tend to give disappointing yields and poor quality grain. The growth period is shortened by insufficient heat units.

Typical symptoms seen in late plantings are purple leaves, which indicate that the sugar translo-cation from the leaves to the crop is taking place at a reduced rate because of low temperatures. Sugar starts to accumulate in the leaves and causes the purple colour. Optimum plant dates vary between production regions. The long-term temperatures (heat units) play an extremely important role. When cultivating dry land maize, it is also important to consider long-term rainfall and distribution.

SOIL WATERIt is of the utmost importance to use the stored soil water before planting as an indicator of pos-sible risk of crop failure and yield potential. A good rule of thumb is that it is very helpful to commence planting at a point where the soils are wet up to the effective routing depth of the soil or up to the restrictive layer.

Initially the moisture requirement is low and builds to a maximum during the flowering period of the maize plant. During this period the water requirement can be up to 8 mm of water per day. Thereafter the moisture requirement progressively decreases until the plants are physiologically ma-ture. In practice it is important to remember that the moisture requirement is at its highest approximately two weeks before and two weeks after pollination. During this period all the leaves will have unfolded and the first critical stages of grain development will take place. The definition of a stress day is when the plant starts to wilt early in the morning. In other words, it did not recover from the previous day’s drought stress.

MIDSUMMER DROUGHT The midsummer drought experienced from 15 Jan-uary to 15 February in the Senwes area played an increasing role in the choice of the planting date. It is important to select your cultivars and planting date to ensure that pollination does not take place during this period. The planting date should be such that the bulk of the maize production flowers after the traditional midsummer drought.

The effect of midsummer drought and a situation of low stored water can cause silks not to receive pollen; thus the kernels are not fertilised and do not develop. Developing kernels can also abort for several weeks after pollination. Drought later in grain fill has a less serious effect on yield, though root function may decrease and kernels may not fill completely.

While effects of a prolonged period of drought can never be eliminated in rain fed maize produc-tion, there are some techniques that help to reduce the effect of drought on yield. Lying 30% of your arable land fallow is one of the techniques that have been benefiting most producers. It is important to store as much rainwater as possible during this fallow period and weed control must be properly maintained at all cost. Depending on the climate pattern, one can adjust the planting date to help adjust/move the pollination period into a time pe-riod of better water supply. For instance, it takes a maize plant 69 days from planting to flowering – it would be wise to plant before 15 October or after 8 November. Seed companies use the formula for heat units to calculate the approximate number of days to flower and physiological maturity for cool and warm production regions. Seed companies also class their cultivars as ultra short, short, medium short, medium and medium late. These are broad guidelines to differentiate between different types of hybrids.continued on page 60

Page 62: Oktober 2012 SENWESscenario · Vermeulen, Gerrit Oosthuizen, Castuff Sekgala, Julias Ramohlabi, Theo Venter, Ruth Schultz, Graham Lottering, Ansoné Venter, Elmarie Bey- ... bloukolle

www.senwes.co.za • Oktober 2012

60

SENWES Scenario<< >>

••• DEVELOPING AGRICULTURE

continued from page 59

Climatic factors that determine planting dates

Julias Ramohlabi is an Agronomist at Senwes Developing Agriculture. For more information on this article or the references

used, send an email to [email protected] or contact him at (018) 464-7156

or 083 314 7579. >>

FROSTIt is important for the producers to take into con-sideration the 30% probable occurrence of early frost which normally takes place in the Senwes area around 25 April to 10 May (see Table 1).

Late frost is another climatic threat. The first five leaves of a maize plant develop from the un-derground node. If frost occurs while the growing point is still underground, the plant will recover, but frost will seriously damage any growth above sur-face. Remember that it takes about 35 days from planting to the five-leaf stage for early planting (see Table 2).

CONCLUDING REMARK The deviations from planting dates should be treated with caution. The producer should take into account soil moisture content and temperatures, among other things, before planting outside normal timeframes. S

References • NN (2000). How corn plants develop? University

of Illinois, Extension Publication C 1389, Iowa State University.

• Know maize plant: Pannar • Agri Santam weather focus

TABLE 1: 30% PROBABILITIY OF FROST EARLIER THAN...

TABLE 2: SUGGESTED MAIZE PLANTING DATES

District Short grower Medium grower Free StateBothaville 20 November to 31 December 5 November to 15 DecemberHoopstad 20 November to 4 January 5 November to 15 DecemberKroonstad 15 November to 20 December 1 November to 7 DecemberViljoenskroon 15 November to 21 December 1 November to 5 DecemberWelkom 15 November to 25 December 5 November to 15 December Wesselsbron 20 November to 31 December 5 November to 15 DecemberNorth-WestPotchefstroom 20 November to 25 December 10 November to 18 December Moderate Eastern North-westRandfontein 1 October to 30 November 1 October to 20 November Southern Free State Bloemfontein 20 November to 31 December 5 November to 10 December

Page 63: Oktober 2012 SENWESscenario · Vermeulen, Gerrit Oosthuizen, Castuff Sekgala, Julias Ramohlabi, Theo Venter, Ruth Schultz, Graham Lottering, Ansoné Venter, Elmarie Bey- ... bloukolle
Page 64: Oktober 2012 SENWESscenario · Vermeulen, Gerrit Oosthuizen, Castuff Sekgala, Julias Ramohlabi, Theo Venter, Ruth Schultz, Graham Lottering, Ansoné Venter, Elmarie Bey- ... bloukolle

www.senwes.co.za • Oktober 2012

62

SENWES Scenario<< >>

••• AGRI-WENKE

Droë najaar wek kommer

1. Johan du Toit2. Castuff Sekgala3. Jacques Odendaal

4. Gerrit Oosthuizen5. Jaco Vermeulen6. Dries Kruger

1.

6.

2.

3.

4.

5.

Kyk ’n mens na die hoeveelheid aangeplante weidings wat omgewerk word met die doel om kontantgewasse te plant, is daar rede tot kommer. Indien die gronde wat onder aangeplante weidings was nie ten minste vir een seisoen braak/skoon gelê het nie, sal die reserwe-grondvog aan die lae kant wees. Daar is ook dele waar die reserwe-grondvog op bestaande lande aan die lae kant is. Indien die seisoen se reënval nie goedverspreid en genoeg gaan wees nie, is die kans goed dat die oes op een of ander stadium in die groeiseisoen waterstremming gaan kry. Die effek van hierdie stremming kan wissel van katastrofies tot aanvaarbaar en gaan afhang van die intensiteit van

IN TEENSTELLING MET DIE VORIGE SEISOEN, IS DAAR HIERDIE SEISOEN BAIE MINDER OORGEDRAAGDE GRONDWATER EN INDIEN GOEIE LENTEREËN NIE VOORKOM NIE, SAL DAAR DUS OOK NIE BAIE VROEË AANPLANTINGS (BYVOORBEELD SONNEBLOM) KAN WEES NIE. DIT IS VERAL DIE GRONDE MET ’N HOËR KLEIPERSENTASIE, DIE DIEP ROOI GRONDE, WAT ALGEMEEN IN DIE NOORDWES PROVINSIE VOORKOM ASOOK DIÉ WAAROP DIE GRONDBONE EN SONNEBLOM DIE AFGELOPE SEISOEN VERBOU IS, WAT DROOG IS.

watertekort asook die groeifase van die plante. Die vraag is egter of jy jouself wil blootstel aan hierdie risiko net ter wille van die hoë kommoditeitspryse.

Die meeste van ons het al vergeet hoe dit lyk as dit regtig droog raak. Die afgelope seisoen was so ’n ligte voorsmakie van wat kan gebeur indien die reën (nie net die hoeveelheid nie, maar ook die verspreiding daarvan) nie saamspeel nie. In sommige streke was die effek van die droogte egter meer intens en is die oesopbrengste erg daardeur geraak.

’n Goeie beginsel bly egter om die opge gaardegrondwater te bepaal wanneer daar opbrengs-mikpuntstellings (wat bemestingspeile beïnvloed) gemaak word. Dit is veral van toepassing op die watertafelgronde. Indien die seisoen se reënval nie saamspeel nie, dien hierdie opgegaarde grondwater dan as buffer om die oes te help deurtrek. Die evapotranspirasiebehoefte vir ’n 3 ton/ha-mielie-oes is in die koers van 300 mm. 50% hiervan beteken dat daar ten minste 150 mm opgegaarde grondwater voor planttyd beskikbaar moet wees. Vir ’n 5 ton/ha-mielie-oes moet daar weer ten minste 234 mm voor planttyd in die grond opgegaar wees. ’n Landboukundige kan jou help met hierdie grondwatermetings om die presiese hoeveelheid plantbeskikbare water te bepaal. Alternatiewelik kan ’n duimreël gebruik word waar die grondprofiel ten minste deurnat moet wees tot op die diepte wat as die effektiewe worteldiepte beskou word.

VAALHARTS BESPROEIINGSKEMAKoring- en garslande moet nou gemonitor word vir luis-, blaarmyner- en valsbolwurmbesmetting. Hierdie plae kom sporadies voor en kan drastiese

Page 65: Oktober 2012 SENWESscenario · Vermeulen, Gerrit Oosthuizen, Castuff Sekgala, Julias Ramohlabi, Theo Venter, Ruth Schultz, Graham Lottering, Ansoné Venter, Elmarie Bey- ... bloukolle

63

SENWES Scenario<< >>Oktober 2012 • www.senwes.co.za

63AGRI-WENKE •••

Die artikel is saamgestel deur Johan du Toit, Jaco Vermeulen, Gerrit Oosthuizen, Dries Kruger, Castuff

Sekgala en Jacques Odendaal (Senwes Landboudienste). Skakel hulle by (018) 464-7604

vir meer inligting. >>

oesverliese tot gevolg hê indien dit nie vroegtydig beheer word nie. Die plae word tans gemonitor met lokvalle en inligting sal per SMS deurgegee word indien dit blyk of daar drastiese probleme voorkom. Die verwagting is dat daar vanjaar weer soos voorverledejaar drastiese uitbrake kan wees, aangesien die veld baie droog is buitentoe en kos vir die insekte redelik beperk is. Wanneer beheer of bespuitings nodig is, moet daarop gelet word dat slegs sekere produkte geregistreer is. Gesels eers met jou chemiese verteenwoordiger voordat beheer toegepas word. Hou asseblief dan ook hierdie inligting beskikbaar vir die invul op jou chemiese paspoort. VEE EN WEIDINGSDit is daardie tyd van die jaar wanneer koeie kalf en bulle by koeie geplaas word. Fosfaat-gebaseerde voer moet toegedien word teen 0,25 kg per dier per dag om vrugbaarheid te stimuleer. Soos gras se voedingswaarde verander, moet diere teen metaboliese siektes ingeënt word.

Die inenting van beeste word onderhuids of binne spiers toegedien; die etiket van die produk wat toegedien word sal aandui watter metode gevolg moet word. Vir albei die genoemde toedienings is die nek die beste plek om in te ent. Die nekgedeelte is die goedkoper vleis aan die karkas, sou daar naald- of entstofskade ontstaan weens die aksie. Die praktyk om diere in die agterkwart of in die skouergedeelte in te ent, moet liefs vermy word, aangesien dit van die duur snitte aan die karkas is. Vir onderhuidse toediening in die nek, trek die vel aan die hare weg van die spier en druk die naald teen ’n hoek tussen die vel en die spier in. Vir binnespierse toediening word die naald direk in die dikspier van die nek ingedruk.

Die driehoek wat vorm van agter die oor, die bokant van die nek tot voor die blad en die bokant van die nekwerwels, is die ideale plek om in te ent.

BOERDERYBESTUURIn ons reeks oor strategiese bestuur, kyk ons in hierdie uitgawe na Taak 2, naamlik die saamstel van langtermyn-boerderydoelwitte (doelstellings). Strategiese doelwitte verwys na die toekomstige besigheidsprofiel (produkte, kliënte en markte) van die boerdery-onderneming.

Dit is belangrik om daarop te let dat strategiese doelwitte en die visie met mekaar belyn moet wees.Langtermyndoelwitte behoort die volgende drie areas te dek en kan aspekte insluit soos:

1. Strategiese doelwitte: • Produseer ’n beter kwaliteit produk.• Laer kosteverhoudings.• Verhoogde produksie/reproduksie.• Uitbrei van markaandeel.• Beter omgewingsvriendelike produksiepraktyke. 2. Finansiële doelwitte:• Verhoogde opbrengs op totale kapitaalbelegging.• Verhoogde rendement op eie kapitaal

geïnvesteer.• Verhoogde bruto en netto winsmarge.• Volgehoue positiewe netto kontantvloei.• Gediversifiseerde inkomstebasis.• Volgehoue verbetering in ekwiteit (eie kapitaal).

3. Persoonlike doelwitte:• Persoonlike welvaart.• Ontspanning.• Werk/leef-balans.• Selfontwikkeling.• Opvolging.

Ten einde volgehoue fokus te verseker, behoort die aantal doelwitte wat nagestreef wil word nie meer as vyf tot ses te wees nie. Namate doelwitte bereik of hersien word, kan bestaandes deur nuwes vervang word. Onthou, strategie is ’n dinamiese proses! S

Page 66: Oktober 2012 SENWESscenario · Vermeulen, Gerrit Oosthuizen, Castuff Sekgala, Julias Ramohlabi, Theo Venter, Ruth Schultz, Graham Lottering, Ansoné Venter, Elmarie Bey- ... bloukolle

www.senwes.co.za • Oktober 2012SENWES Scenario<< >>

Page 67: Oktober 2012 SENWESscenario · Vermeulen, Gerrit Oosthuizen, Castuff Sekgala, Julias Ramohlabi, Theo Venter, Ruth Schultz, Graham Lottering, Ansoné Venter, Elmarie Bey- ... bloukolle

65

SENWES Scenario<< >>Oktober 2012 • www.senwes.co.za

65LANDBOU-TEGNIEK •••

Wanneer jy sou besluit om jou ooie laparoskopies te bevrug, is tydige beplanning van kardinale belang. ’n Mens moet tydens laparo-skopiese bevrug ting ’n tydwaardering doen wat terug werkend ge skied vanaf die tyd of oomblik van aksie, in hierdie geval die lamdatum. Ooie dra 150 dae, wat beteken dat jou afspraak met die veearts dieselfde hoeveel heid dae voor die lamdatum moet plaasvind.

Die sinchronisasie van die ooie met sponsies vind 16 dae voor die dag van laparoskopie (ook bekend as lapa-dag) plaas. Twee dae voor laparoskopie word die sponsies onttrek en word die hormoon DMS op aanbeveelde dosis binnespiers toegedien. Hierdie laaste twee aksies is uiters bepalend tot die sukses van laparoskopiese bevrugting. Daar is egter ’n klomp ander faktore wat ook ’n rol speel om optimale reproduksie uit die ooie te kry wat vir laparoskopiese bevrugting geïdentifiseer is. Die voorbereiding van die ooie vir en die behandeling van die ooie na laparoskopie is eweneens belangrik. Nie net moet die ooie in ’n groeifase wees nie, hulle moet ook onder geen omstandighede vet wees op die dag van laparoskopie nie.

Beplande voorbereiding begin ses weke voor die aanvang van laparoskopiese bevrugting. Die ooie moet een vir een ondersoek word sodat dié wie se uiers nie reg is nie of enige ander probleem onder lede het, geëlimineer word. Die ondersoek bied ook sommer ’n geleentheid om die ooie met ’n goeie breëspektrummiddel, wat ook minerale en vitamienes bevat, te behandel en met entstof soos One Shot Ultra, Ultrachoice 7, Glanvac 6 of iets soortgelyk in te ent. Dit is ook uiters belangrik dat die geïdentifiseerde ooie van nou af geensins in kondisie afneem nie. Alhoewel genoegsame weiding

Haal die swartskaap uit jou beplanning

> TEKS: CAREL NEL

IN DIE VORIGE UITGAWE VAN SENWES SCENARIO HET ONS ’N

INLEIDING OOR LAPAROSKOPIESE BEVRUGTING GEGEE ASOOK DIE

VOORDELE EN NADELE DAARVAN BESPREEK.

met ’n lek vir eers voldoende is, is dit belang rik datdie ooie se lek drie weke voor die datum aangepas word na Maxiwol, aangesien dit verbyvloei-proteïe nebevat. Dit is die beste lek om vir die ooie te geegedurende dié tydperk, selfs al sou voedingstoe-stande wissel in die tydperk tot en met die lamtyd.

Dit is ook raadsaam om die ooie ’n maand voor laparoskopiese bevrugting plaasvind, in te ent teen ensoötiese aborsie en ’n week later teen blou-uier. Al die genoemde voorsorgmaatreëls is daarop gemik om die ooie direk na laparoskopiese bevrugting so min as moontlik te hanteer en hulle verkieslik eers ’n maand later weer te kraal. Teen daardie tyd is die embrio’s nie net al geheg nie, maar het dit ook reeds begin ontwikkel. Die dragtigheidsperiode is ’n belangrike en bepalende tydperk waartydens die fetus groei; dit is dus goed om die ooi tydens dié tydperk van die nodige hulp te voorsien ten einde optimale produksie te waarborg.

Na agt weke word die ooie gesonar om dragtig-heid te bepaal. Eenling- en meerlingooie word geïdentifiseer en duidelik gemerk sodat hulle net voor lamtyd geskei kan word. Ooie wat nie dragtig is nie, word uit die trop verwyder. Dit is ook raadsaam om ooie weer ses weke voor lamtyd te doseer met ’n breëspektrummiddel wat neuswurm dek. Intussen moet daar gesorg word dat Maxiwol-lek steeds beskikbaar is en word daar dan voorberei vir die dag wat die eerste lammetjie gebore word. S

REGSTELLING: Die artikel, “Skapie, skapie, waar kom jy vandaan?” op bladsy 52 van ons Augustus-uitgawe, verwys daarna dat ooie tydens lamtyd in

kleiner lamgroepe verdeel word en gereeld nagegaan word om te verseker die laparoskopiese bevrugting

verloop suksesvol. Laasgenoemde word egter gedoen om seker te maak alles verloop suksesvol – nie net die bevrugting-proses nie. Verder kry elke ooi ’n antibiotika-inspuiting wat snelle inwendige herstel verseker nadat sy gelam het – en nie na afloop van die laparoskopiese

bevrugting (soos in die artikel genoem nie). Die redaksie stel graag hierdie feite reg – Redakteur.

Vir meer inligting, skakel Carel Nel by 082 828 1984 of besoek Ramsem se webblad by www.ramsem.com. >>

Page 68: Oktober 2012 SENWESscenario · Vermeulen, Gerrit Oosthuizen, Castuff Sekgala, Julias Ramohlabi, Theo Venter, Ruth Schultz, Graham Lottering, Ansoné Venter, Elmarie Bey- ... bloukolle

www.senwes.co.za • Oktober 2012

66

SENWES Scenario<< >>

6666666666666666 ••• FUTURE FOCUS

> TEXT: JENNY MATHEWS

HAVE YOU EVER STOPPED TO CON-SIDER HEADLINES LIKE: “IF YOU HAD A CUP OF COFFEE, A COUPLE OF SLICES OF TOAST AND AN EGG THIS MORNING, YOU ALSO INADVERTENTLY CONSUMED AROUND 4 000 LITRES OF WATER – ENOUGH FOR THREE BATHS! (ALERTNET, THOMSON REUTERS FOUNDATION’S HUMANITARIAN NEWS SERVICE)” AND “IT TAKES 50 LITRES TO PRODUCE ONE TOMATO, 125 LI-TRES TO PRODUCE AN APPLE, 160 LITRES TO GROW A LARGE BANANA, 170 LITRES TO PRODUCE A PINT OF BEER, 255 LITRES TO PRODUCE ONE GLASS OF MILK, 1 265 LITRES FOR A BLOCK OF CHEESE AND 3 850 LITRES TO PRODUCE ONE PORTION OF STEAK (WATERTRUST.ORG).”

The Organisation for Economic Co-operation and Development (OECD) observes that farming around the world uses 70% of the water resources available. Strategic planners for Southern Africa believe we will be running out of

The liquid gold rush – it’s all about water

adequate water supplies by 2025 and the main agents causing this crisis will be global warming, the population increase, agri-culture usage, pollution and urbanisation.

Should farmers be concerned about the water crisis, especially when they are

named and blamed as being (i) the largest consumers of the world’s land- and fresh-water, and (ii) responsible for the levels of toxic or contaminated runoff from farm-

land, which is one of the greatest concerns to policymakers?

Environmental analyst Lester Brown, founder of the Worldwatch Institute, believes the battle for water will reshape our world. The growing demand for food, by implication, means there will be a growing demand for water and conversely, water shortages mean food shortages. He also says the most under- priced commodity in the world today is water.

Clearly agriculture needs to play a critical role in the shift towards a more environmentally sustain-able future. Increasingly the pressure is on farmers with slogans like “We need more crop per drop!” and on consumers to “Eat less beef and more fish!” and to have “Meatless Mondays!”.

I believe it is critical that farmers understand theissues and organise themselves to address the in-creasing pressures that will come from politicians and policymakers: • We will have to keep our slate as clean as possi-

ble whilst pursuing our livelihoods as farmers who

Should farmers be concerned about theShShouldld ffarmers bbe concernedd baboutt ththewater crisis, especially when they are

named and blamed as being (i) the largest consumers of the world’s land- and fresh-water, and (ii) responsible for the levels of toxic or contaminated runoff from farm-

land, which is one of the greatest concernsto policymakers?

E i t l l t L t B f d f th

Page 69: Oktober 2012 SENWESscenario · Vermeulen, Gerrit Oosthuizen, Castuff Sekgala, Julias Ramohlabi, Theo Venter, Ruth Schultz, Graham Lottering, Ansoné Venter, Elmarie Bey- ... bloukolle

67

SENWES Scenario<< >>Oktober 2012 • www.senwes.co.za

67FUTURE FOCUS •••

will be producing food in a food insecure world (OECD statistics predict that up to 2030, agricul-ture will face the challenge of having to produce 50% more food and by 2050, production needs to be doubled – with less water).

• We should be preparing our lobby with accurate facts and figures in an environment where ag-ricultural issues have been used as a punching bag and emotional outcries have blurred the realities of farming. This is not a time to be pas-sive on any level, it is a time to measure and manage our use of water as well as the quality of our used water.

• Farmers will have to employ increasingly more efficient technologies to measure water usage, ensure efficiency in application and pay attention to optimum water management. Terms like “miti-gation” and “adaptation” must be understood, defined in real terms and practised so as to jus-tify farmers’ water use.

• Understanding the international recognition that skilled farmers are a vital link to a sustainable future is empowering. We are recognised custodi-ans of the soil, producers of food and creators of employment. Vice-president for sustainable de-velopment at the World Bank, Rachel Kyte, says one of the biggest changes underway in agricul-ture is efforts to make apparent the connections between agricultural success and the health of natural ecosystems.

• At the Rio+20 United Nations Conference on Sustainable Development during June 2012, the World Bank launched the 50/50 Campaign, which aims to get 50 governments and 50 com-panies to commit to support Natural Capital Ac-counting. What is this? Essentially it is a system

which measures natural resources, acknowledges their value and incorporates these values into de-cision making. Understanding the value of natural resources empowers governments and compa-nies to recognise the impact of their activities on these resources. UK Deputy Prime Minister Clegg said: “National governments must move beyond a narrow understanding of wealth. Right now we judge how well a country is doing by looking al-most exclusively at the money it makes, ignoring the state of assets like forests or coastal areas – vital natural capital.” (http://www.worldbank.org/en/news/2012/06/20)

• The global food crisis triggered as early as 2007, saw countries accustomed to importing pro-duce, suddenly realising they had a food security problem when exporting countries closed their borders to better secure their own food supplies and control food price inflation. Realising they could not totally depend on imports, they began the process now known as land grabs. We need to understand that land grabs are also water grabs.

• A greater awareness of water issues on the Af-rican continent could also empower the farmer lobby. One example is the current dam building activity in Ethiopia.

THE ETHIOPIAN DAM BOOMLori Pottinger, a water advocate who monitors devel-opments in Africa for her organisation International Rivers, creates awareness of current events on the continent. The picture she paints is a tangled web of people, politics and power which leaves one aghast at what is already happening. What we see

continued on page 68

...agriculture needs to play a critical role in the shift towards a more environmentally sustainable future.

Page 70: Oktober 2012 SENWESscenario · Vermeulen, Gerrit Oosthuizen, Castuff Sekgala, Julias Ramohlabi, Theo Venter, Ruth Schultz, Graham Lottering, Ansoné Venter, Elmarie Bey- ... bloukolle

www.senwes.co.za • Oktober 2012

68

SENWES Scenario<< >>

68

continued from page 67

The liquid gold rush– it's all about water

••• FUTURE FOCUS

is the active pursuit of access to water by foreign countries and how powerless local communities are when governments pursue their own agendas.

Ethiopia is currently the biggest dam-building country on the African continent with a multibillion-dollar programme being rolled out. Pottinger says there is a worrying lack of transparency, since it is not exactly clear as to who is benefiting or who is paying the costs and neither is there any evidence of research into the impact of the dam builds on the ecosystems and watersheds below the dam walls.

The Gibe III Dam on the Omo River being built for hydro-electricity and irrigation is creating havoc into the Lower Omo Valley and beyond. The val-ley is home to 500 000 people who are primarily agro-pastoralists dependent on the flow of the river and the nutrient-rich sediment which it brings to their cultivated lands. Important fish migrations will be ended and will impact the commercial fishing activities on the river. Forests along the river sup-ply material for construction and medicinal plants. They are also a habitat for wildlife and honeybees, all essential food sources for the locals. Not only will food security be threatened, but regional peace and security as well, seeing as tensions build between different tribes which ultimately lead to cross-border conflicts.

Furthermore, there has been little consideration of the impact further downstream into the catch-ment area of Lake Turkana, a desert lake in Kenya which supports up to 300 000 people. The lake is recognised as “an outstanding laboratory for the study of plant and animal communities”, which together with the rich fossil finds being discovered in

the area, saw it recognised as a World Heri-tage Site in 1997. The Gibe III Dam

in Ethiopia would likely take at least a full year to

store water

and this would irrevocably change the river’s cycle, cause a drop in the water levels of Lake Turkana in Kenya, increase the lake’s salt content and change the ecosystem permanently.

This debate sees activists like the Human Rights Watch calling for the World Bank to stop its reckless funding of Gibe III projects, which is undermining the rights of indigenous people and the environ-ment with its approval on 12 July 2012 of a $684 million loan. On the other side, voices favouring progress see the projects as a way forward for Af-rica. The World Bank released a media statement in July 2012 in which it states that it sees the Eastern Electricity Highway as a transformational initiative which will connect Ethiopia’s electricity grid with Ke-nya and will “create power sharing between the two countries, reduce energy costs, promote sustainable and renewable power generation, better protect the regions environment” (worldbank.org). The benefits of improved power supplies, transport linkages and job creation are highlighted. However, the same statement very specifically points out: “Contrary to claims, the World Bank is not financing the Gibe III Dam in Ethiopia.”

It is hard to choose sides in this debate. Suffice it to say that as agriculturalists on the African conti-nent, we should probably be paying attention to the “chess game” being played around water and land supplies.

Brazil’s proactive approach to these issues has them recognised as world leaders. Their interven-tions have improved agricultural production within an environmentally friendly approach. That country has the advantage of considerable investment in agricultural research which has seen a 178% boost in food production on 37% more land over 20 years. The focus was multidisciplinary, from in-creasing production to a programme encouraging their youth to become farmers. We need to rise to the challenge and make known wherever we are ad-dressing issues effectively.

continued on page 71

...as agriculturalists on the African continent, we should probably be paying attention to

the “chess game” being played around water and land supplies.

Page 71: Oktober 2012 SENWESscenario · Vermeulen, Gerrit Oosthuizen, Castuff Sekgala, Julias Ramohlabi, Theo Venter, Ruth Schultz, Graham Lottering, Ansoné Venter, Elmarie Bey- ... bloukolle
Page 72: Oktober 2012 SENWESscenario · Vermeulen, Gerrit Oosthuizen, Castuff Sekgala, Julias Ramohlabi, Theo Venter, Ruth Schultz, Graham Lottering, Ansoné Venter, Elmarie Bey- ... bloukolle

Ons grootste prestasie is ... NIKS!

NEEM BEHEER

Presies waarna jy op soek is wanneer dit kom by onkruidbeheer! Skoon, onkruidvrye lande.

BASF se na-opkoms onkruiddoder, Stellar®, neem behoorlike beheer en speel klaar met die breedste spektrum van onkruide by mielies, selfs al weet jy nie watter onkruide kop uitgesteek het nie. Stellar® beskerm jou opbrengs met een oplossing sodat jy die beste uit jou oes kan haal.

Met Stellar® beteken niks vir jou ... méér!

Stellar® Reg. No. L8522 Wet No. 36 van 1947. Aktiewe bestanddele: Topramesoon 50 g / ℓ. Dikamba 160 g / ℓ. Versigtig. Verwys asseblief na die produketiket vir volledige gebruiksaanwysings. Stellar® is ’n geregistreerde handelsmerk van BASF Suid-Afrika (Edms) Bpk.

uppe

mar

ketin

g A

0714

4/S

C

BASF Suid-Afrika (Edms) Bpk. Sestiendestraat 852, Midrand, 1685 Posbus 2801, Halfweghuis, 1685 Tel: +27 11 203 2400 Faks: +27 11 203 2461

Page 73: Oktober 2012 SENWESscenario · Vermeulen, Gerrit Oosthuizen, Castuff Sekgala, Julias Ramohlabi, Theo Venter, Ruth Schultz, Graham Lottering, Ansoné Venter, Elmarie Bey- ... bloukolle

71

SENWES Scenario<< >>Oktober 2012 • www.senwes.co.za

Jenny Mathews is a contributor to S enwes S cenario. For more information, contact her on 082 805 6851 or send

an email to [email protected]. >>

The water crisis requires that we seek solutions be-yond commercial producers, solutions that involve every individual who strives to earn a living on the land of the African continent. We also need to be informed and able to lobby politicians and policy- makers, so we need to address issues like:• Efficient water management – We must learn

how to use “non-conventional” rather than “blue” water. Blue water is from natural sources such as underground aquifers, rivers and lakes, whereas non-conventional sources are those which are considered safe to re-use, like treated waste wa-ter and even desalinated water. According to one United Nations water report, over 80% of waste water worldwide is not collected or treated.

• Seed quality – Improved varieties with shorter growing periods.

• Improving soil fertility while still monitoring seep-ages into water systems.

• Crop protection – Making crops less vulnerable to extreme weather and pests.

• Building farmer capacity.• Monitor and measure the impact of the agricul-

tural industries which are seen to threaten the environment.

• Land audits and large-scale land purchases by foreigners should be monitored.

• The growing competition between agriculture, industry and human settlements for water, needs consideration. Some of the biggest users of wa-ter locally include Eskom and Sasol as well as the mining industry. Interestingly, they are con-sidered strategic water users and are unlikely to have their supply curtailed. Speaking at the World Water Forum in France earlier this year, Sasol’s sustainable water manager, Andries Meyer, said they would be focusing on improving water use

efficiency, but regarded other areas as signifi-cant risks, such as municipal water conservation management and the agricultural sector, which also needs to manage water use more effectively. They reported that many municipalities lose a quarter to a third of the water they use through leakages and they pointed fingers at producers who are illegally abstracting water.

• Prepare to adapt to climate change through implementation of conservation agriculture prac-tises.

• Efficient water storage facilities could help farm-ers regulate water supply and use.

• Look to wider use of solar power rather than hydro-power.

• Plant indigenous trees which build resilience in the face of climate change by helping conserve water and prevent soil erosion, making farmlands more productive and drought-resistant.

Food prices are rising steadily with no prospect of going back down. If food is the new oil, land and water are the new

gold. The role of politicians is crucial and agriculture’s role players need to

participate in assessments of the impact of water shortages on agriculture – and

the impact of agriculture on water quality. We need to develop a common

vision, agree on shared values, be transparent and address inefficiencies. S

continued from page 68

The liquid gold rush– it's all about water

If food is the new oil, land and water are the new gold.

FUTURE FOCUS •••

Food prices are rising steadily with no prospect of going back down. If food isthe new oil, land and water are the new

gold. The role of politicians is crucial and agriculture’s role players need to

participate in assessments of the impact of water shortages on agriculture – and

the impact of agriculture on water quality. We need to develop a common

vision, agree on shared values, be transparent and address inefficiencies. S

Page 74: Oktober 2012 SENWESscenario · Vermeulen, Gerrit Oosthuizen, Castuff Sekgala, Julias Ramohlabi, Theo Venter, Ruth Schultz, Graham Lottering, Ansoné Venter, Elmarie Bey- ... bloukolle

www.senwes.co.za • Oktober 2012

727272

Vir inligting oor Starke Ayres se ander voortreflike groentesaad, skakel kliëntedienste by 0860 782 753 of

besoek www.starkeayres.co.za. >>

Tipies basters, is hulle kragtige groeiers wat hoë opbrengste eenvormige vrugte van uitstaande gehalte met klein pitjies lewer. ’n Verdere voordeel van basters is dat jy minder hektaar benodig om dieselfde aantal vrugte te produseer.

DIE VERSKEIE VOORDELE WAT PRODU-SENTE ONDERVIND WANNEER HULLE F1-BASTERWAATLEMOENE PLANT, HET VEROORSAAK DAT DIE GROOTSTE DEELVAN DIE TRADISIONEEL OOPBE STUIFDE MARK BEGIN OORBEWEEG NA ALL SWEET-TIPE BASTERMARKLEIERS SOOS STAR 9905 EN STAR 9906 ASOOK CRIMSON SWEET-TIPE BASTERS SOOS AUDRY EN SERENA.

STAR 9905 is ’n vroeë- en hoofseisoen All Sweet-tipe baster met groeikragtige ranke en kenmerkende groot blare, wat die hoë opbrengs ondersteun. Groot tot jumbo-grootte vrugte (10 kg tot 15 kg) word gelewer. Die variëteit is ideaal vir droëland- en besproeiingsproduksie en presteer selfs in koeler toestande goed. Die voordele van ’n hoër opbrengs en siekteweerstand teen Fusarium 1 en Antraknose 1laat STAR 9905 kop-en-skouers bo die ou, oop-bestuifde variëteite soos All Sweet, uittroon.

STAR 9906 is ook ’n All Sweet-tipe baster en is veral geskik vir die hoofseisoen. Dit presteer goed op sowel droëland as onder besproeiing. Star 9906 se ranke is groot en lewenskragtig met ’n uiters hoë opbrengspotensiaal van medium tot groot vrugte (10 kg tot 13 kg) van ’n uitstekende gehalte met helderrooi vleis en ’n hoë suikerinhoud. STAR 9906 bied sterk weerstand teen Antraknose 1 en Fusa-rium 1, wat hom ’n staatmaker in uiterste toestande maak.

AUDRY is ’n Crimson Sweet-tipe baster wat regdeur die seisoen geplant kan word. Die groei-kragtige plant het ’n hoë toleransie teen Fusarium 0en Fusarium 1 en produseer eenvormige groot vrugte (10 kg tot 13 kg) met uitstekende interne en eksterne kwaliteit. AUDRY het oor die jare al oor en oor sukses behaal deur konstante hoë produksie van smaaklike vrugte te lewer. Produ sente wat hierdie variëteit plant, word ook bevoor deel deur sy vroeë bekwaamheid (83 tot 85 dae) en kan dus ’n week voor meeste ander variëteite op die mark wees.

SERENA is ook ’n Crimson Sweet-tipe baster wat ná sy bekendstelling verlede jaar vinnig besig is om aanplantings oor te neem in ’n hele paar areas. Die vrugte het ’n diep rooi kleur, ’n heerlike smaak, weeg tussen 11 kg en 16 kg en raak bekwaam in84 tot 86 dae. Die bykomende voordeel van Fusa -rium 1- en Antraknose 1-toleransie maak SERENA’n móét vir enige Crimson Sweet-tipe waatlemoen-produsent.

Vir meer inligting rakende waatlemoensaad, ska-kel Starke Ayres se Produkbestuurder, Riaan Duven-hage, by 071 106 0066. S

••• PROMOSIE-ARTIKEL: STARKE AYRES

All Sweet en Crimson Sweet-tipe basters palm die waatlemoenmark in

Page 75: Oktober 2012 SENWESscenario · Vermeulen, Gerrit Oosthuizen, Castuff Sekgala, Julias Ramohlabi, Theo Venter, Ruth Schultz, Graham Lottering, Ansoné Venter, Elmarie Bey- ... bloukolle

73

SENWES Scenario<< >>Oktober 2012 • www.senwes.co.za

73

Die groot ontferming van God

Ds

Willi

e Bo

tha

God het Hom ontferm oor mense wat dit nie verdien het nie.

Sonder God se ontferming sou ons verlore gewees het.

God se ontferming wil dat ons ook ontferm.Die Heilige Gees maak ons sensitief vir God

se groot ontferming.

>> DINK HIEROOR NA

VIR DIE SIEL •••

Ds Willie Botha is van die Nederduitsch Hervormde Ge-meen te op Lydenburg. Skakel hom by 082 786 3458 of

stuur ’n e-pos na [email protected]. >>

Lees Matt 18:21 - 35 en Rom 12:1 - 2

Romeine is al dikwels beskou as ’n soort kommentaar op die vier Evangelies. Dit is ’n geliefde boek omdat dit die essensie van ons Christelike geloof op ’n treffende manier verduidelik. In hoofstuk 12 begin die skrywer met die woorde: “En nou doen ek ’n beroep op julle broers, op grond van die groot ontferming van God...” Ons is geneig om die belangrikheid van die woord “ontferming” mis te lees. God se ontferming is in wese niks anders as God se genade vir ons nie. God se genade beteken dat God vir ons die teenoorgestelde gedoen het as wat ons verdien het. God se genade word soms beskryf as God se vrye guns. Dit is egter meer as dit. Wanneer jy vir iemand ’n guns doen, hou dit nie rekening met die gevolge sou die guns nie gedoen gewees het nie. Sonder die ontferming van God sou ons verlore wees. In die

taal van Romeine word ons vryspraak wat ons deur die geloof verkry ook as ’n tipe hofsaak verstaan. Ons is skuldig en staan reg om veroordeel te word. Dan kom Jesus Christus egter en hy neem ons straf op Hom. Van daardie oomblik af word die hofsaak nietig verklaar. Christus het in ons plek die straf uitgedien. Dit is die groot ontferming van God!

Die verhaal van die koning wat sy boeke nagaan en ontdek dat een van sy amptenare hom ’n groot som geld skuld, is ’n goeie voorbeeld van die ontferming van God (Matt 18:21 - 35). Nadat die skuldenaar voor die koning gebring is, is beveel dat sy vrou, kinders en al sy besittings verkoop moet word ten einde die skuld te delg. Dan val die skuldige egter voor die koning en smeek hom om genade. Die koning het die man innig jammer gekry en al sy skuld afgeskryf. Ongelukkig weet ons dat daar ’n ander nadraai was omdat dieselfde man nie ’n ander persoon wat hom maar ’n paar rand geskuld het, se skuld afgeskryf het nie. In wese gaan die verhaal egter oor die groot ontferming van die Koning, wat natuurlik sinspeel op God.

God se ontferming oor ons wil dat ons ook ontferm. Ons word ’n verlengstuk van God se genade wanneer ons ook genade aan ander betoon. Dit is egter wesenlik dat ons verstaan dat al die goeie en mooi dinge wat ons doen nie aan ons eie vroomheid toe te skryf is nie. Dit is maar net die liefde en genade van God wat deur die werking van die Heilige Gees ons onherroepbaar verander het. S

Page 76: Oktober 2012 SENWESscenario · Vermeulen, Gerrit Oosthuizen, Castuff Sekgala, Julias Ramohlabi, Theo Venter, Ruth Schultz, Graham Lottering, Ansoné Venter, Elmarie Bey- ... bloukolle

www.senwes.co.za • Oktober 2012

WENNER AUGUSTUS 2012: Theo van Ellunckhuyzen van Bloemfontein het die

Leatherman gewen. Baie geluk!

7474 ••• KOMPETISIE

HOE SKRYF JY IN?SMS die woord Senwes + Scenario + jou naam + jou e-posadres na

31022. Standaard SMS-tariewe geld. Die sluitingsdatum is 2 November 2012. S

DIT MAAK NIE SAAK OF JY VERKIES OM MET JOU VOETE IN DIE SAND TE SIT EN MET DIE GELUID VAN BRANDERS IN DIE AGTERGROND AAN DIE SLAAP TE RAAK OF EERDER NA ’N BRULLENDE LEEU EN ANDER SOORTGELYKE BOSGELUIDE WIL LUISTER NIE – ’N VAKANSIE IS ’N MOET! DIE JAAR IS BYNA WEER OP SY KOP EN MEESTE VAN ONS HET NET ’N VINNIGE RUSKANS NODIG VOORDAT ONS DIE LAASTE DEEL VAN 2012 AANDURF.

Geniet ’n welverdiende ruskans

Een gelukkige leser kan ’n wegbreeknaweek ter waarde van R5 000 vir twee volwassenes en twee kinders (onder die ouderdom van twaalf) by enige van die genoemde bestemmings op TradeUnipoint.com wen. Kies jou bestemming en skryf in! Die bewys is geldig tot 21 Februarie 2013.

Werknemers van Senwes en naaste familie van ’n Senwes werknemer mag nie inskryf nie • Die wenner sal telefonies in kennis gestel word en sy/haar naam sal in die volgende uitgawe van Senwes Scenario verskyn • Die prys sal na die naaste Senwes Village gestuur word en kan daar afgehaal word • Die prys kan nie vir kontant verruil word nie • Die prystrekking word deur

Infoworks Media Publishing in Klerksdorp behartig.

Page 77: Oktober 2012 SENWESscenario · Vermeulen, Gerrit Oosthuizen, Castuff Sekgala, Julias Ramohlabi, Theo Venter, Ruth Schultz, Graham Lottering, Ansoné Venter, Elmarie Bey- ... bloukolle

75

SENWES Scenario<< >>Oktober 2012 • www.senwes.co.za

75757575 LEEFSTYL: FEATHER HILL SPA •••

www.featherhillspa.com(018) 285-1050073 776 7756

Okt b 2012

Werknemers van Senwes en naaste familie van ’n Senwes werknemer mag nie inskryf nie • Die wenner sal telefonies in kennis gestel word en sy/haar naam sal in die volgende uitgawe van Senwes Scenario verskyn • Die prys sal na die naaste Senwes Village gestuur word en kan daar afgehaal word • Die prys kan nie vir

kontant verruil word nie • Die prystrekking word deur Infoworks Media Publishing in Klerksdorp behartig.

kom kuier saam by F eather H ill Spa

Vriendinne,

Tien vroue kan op 16 November elk ’n vriendin saambring om ’n dag van pret, vermaak en ontspanning by Feather Hill Spa (Potchefstroom) te geniet. Die

dag se verrigtinge sal om 08:00 begin en omstreeks 17:00 eindig. Aangesien hierdie maand se tema oor selfversorging handel,

sal die kompetisiewenners en hul vriendinne onder andere meer leer oor hoe die Bruid vir Christus haarself na Gees, Siel en Liggaam

moet versorg. Dit is ’n gebeurtenis wat eenvoudig nie misgeloop kan word nie! S

Manne geniet ’n welverdiende ruskans

WENNERS AUGUSTUS 2012

Die wenners van die mannedag, wat op 17 Augustus by Feather Hill Spa gehou is, is deur Johan Grobler

welkom geheet en het die dag terdeë geniet. Op die foto is, voor: Dirk Cilliers en Janel Grobler

(Bestuurder: Feather Hill Spa). Agter: Johan Meyer, Toenie Nieuwoudt,

JB Reynders, Gustav Kruger en Johan Grobler.

SMS Senwes + Spa + jou naam en van

+ e-posadres na 31022. Standaard SMS-tariewe geld.

Sluitingsdatum: 2 November 2012

>> SKRYF SÓ IN

Die volgende persone het elkeen ’n Spa-dag by Feather Hill gewen. Baie geluk!Hannie Carstens (Ventersdorp), Let van Aswegen (Ventersdorp), Rochelle Viljoen (Potchefstroom), Colleen Wilkinson (Ottosdal), Mardine Jersich (Klerksdorp), Herman Fourie (Klerksdorp), Rensche Nortje (Carletonville), Veronica Meiring (Ventersdorp), Carien van der Merwe (Leeudoringstad), Annalize Brits (Bothaville), Charlotte Cilliers (Potchefstroom), Tillie Bosman (Potchefstroom), Susan Hamilton-Hall (Klerksdorp), Koba Jacobs (Klerksdorp), Ronel Fourie (Lichtenburg), Sanet Venter (Wolmaransstad).

Page 78: Oktober 2012 SENWESscenario · Vermeulen, Gerrit Oosthuizen, Castuff Sekgala, Julias Ramohlabi, Theo Venter, Ruth Schultz, Graham Lottering, Ansoné Venter, Elmarie Bey- ... bloukolle

www.senwes.co.za • Oktober 2012

76

SENWES Scenario<< >>

76 ••• IN MY VISIER

Hoe mooier die pronker

Koos BarnardKo

Koos Barnard is ’n voltydse jagskrywer. >>

Sy geel sokkies. Dit is wat die bul weggegee het. Njalabulle het pragtige helder, oranje-geel onderbene en dit is een van dié bene wat my oog gevang het.

Die son het nog op die rand van sy kooi gesit, traag om die dag aan te pak, toe ek die Toyota parkeer en die windrigting toets. Oorkant ’n kloof het ses kameelperde langnek vir my staan en kyk. Ek het die 30-06 oor my skouer gegooi en met ’n draai begin aanstap in die rigting van die kloof waar ek en ’n njalabul die vorige dag skramsweg kennis gemaak het.

Dit was koud en daar was reeds tekens dat die wind oor die rante en deur die klowe wou galop. Ek het onder by die groot dwarskloof, die een waarin die rivier loop, gaan draai en teen die fris windjie op genavigeer na waar die bosbedekte hang skuins-links voor my gelê het. Met die verkyker voor my oë het ek kort-kort minute lank getalm om elke sonkolletjie noukeurig te betrag. Sou ’n njala daar hitte kom soek, was dood sy voorland. Die oop kolle het egter my leeg bly koggel.

Die kloof onderkant die hang waarteen ek gesoek het, het amper reg wes geloop en vorentoe in twee vertak met een loper wat skerp suid geswaai het. Bo daardie uitloperkloof het die rant ’n hang gemaak wat lokkend in die oggendson lê en sluimer het. Ek het onder ’n kiepersolboom gaan sit en my verkyker die soekwerk laat doen. Na 20 minute was ek oortuig dat ook daar geen lewe was nie. Miskien moes ek aanvaar dat ’n njala my nie beskore was nie. My voete het buitendien begin koud raak, dus het ek opgestaan en aanstaltes gemaak om aan te stap. Ek het egter nog een maal die verkyk-oë oor die hang laat gly en dit is toe dat die stukkie geel skielik in die lens vassteek. Dit was net ’n klein stukkie geel agter ’n groot donkergroen bos wat bewegingloos in die verkyker se beeld bly talm het. En toe…Na minute beweeg dit effens vorentoe. Dit was inderdaad ’n njala.

Ek sou reguit moes afstap teen die rant en ’n diep, digbegroeide sloot kruis. Dan sou ek al langs

die digste bosse teen die oorkantste hang moes beweeg na waar die uitloper suid draai. Eens daar, sou ek hopelik oor die kloof ’n skoot op die bul kry…As hy nog daar was en as hy groot genoeg was. Ek het stadig gevorder, maar gelukkig was die wind, wat met groter ongeduld aan my klere begin pluk het, in my guns.

So 50 treë van die kloof af het die bome effens minder dig begin bondel en ek het een vlugtige blik op die njala gekry voor die bos hom weer ingesluk het. Hy was ’n mooi bul. Ek het plat op my boude gaan sit en versigtig aangeskuifel na ’n doringboom vanwaar ek ’n groter gedeelte van die hang sou konsien. Daar aangekom, kon ek nie verder nie, want vier koedoes het onder in die kloof, skaars 50 treë weg, teen die koue wind geskuil. Die njala het skielik weer verskyn, maar voordat ek kon reageer agter ’n bos gestop met net sy agterkwart sigbaar…Steeds geen skoot nie. Dit was baie koud, die wind het moedswillig sterk geraak en kwaai begin dwarrel waar ek gesit het. Die koedoes móés my een of ander tyd ruik.

Toe die onvermydelike gebeur, het hulle vinnig laat spaander en so ook die njala. Ek het bewend in die koue wind bly sit en gelate aanvaar dat my jag verby was. Sekondes later sien ek dit egter weer…Oranje-geel kouse effens hoër op teen die rant. Die volgende oomblik kom vyf njalabulle in sig waarvan die agterste een ’n pragbul was. Die 30-06 het outomaties my skouer gesoek en die kruishaar het teen die bul se blad op gebewe en toe vasgeklou.

Dertig treë. Dit is hoe ver die bul gevorder het nadat die koeël getref het. Ek het ’n paar minute doodstil bly sit. Was dit nie vir daardie pragtige oranje-geel bene van die eerste bul nie, sou ek nie my bok gehad het nie. Tog snaaks, het ek gedink, hoedat skoonheid soms ’n Achilleshiel kan wees. By mense ook; as jy wil pronk met iets moet jy bereid wees om die gevolge te dra…Almal van hulle. S

Page 79: Oktober 2012 SENWESscenario · Vermeulen, Gerrit Oosthuizen, Castuff Sekgala, Julias Ramohlabi, Theo Venter, Ruth Schultz, Graham Lottering, Ansoné Venter, Elmarie Bey- ... bloukolle
Page 80: Oktober 2012 SENWESscenario · Vermeulen, Gerrit Oosthuizen, Castuff Sekgala, Julias Ramohlabi, Theo Venter, Ruth Schultz, Graham Lottering, Ansoné Venter, Elmarie Bey- ... bloukolle

THE LEGENDAT WORK

NEW JONSSON LEGENDARY RANGE NOW AVAILABLE AT SELECTED SENWES STORES

Bultfontein, Heilbron, Koppies, Parys, Oberholzer, Ventersdorp, Wesselsbron, Welkom, Vereeniging, Jan Kempsdorp, Potchestroom

www.senwes.co.za