ng kerk in sa  · web viewword as volg aangewend: addisonele befondsing tot die opleiding, sorg en...

2
Elke deuroffer spreek spesifieke behoeftes aan Die deuroffer vir die Nasionale Instituut vir Dowes (NID) word as volg aangewend: Bejaardesorg vir Dowes in ‘n versorgingseenheid op Worcester; Residensiële versorging van volwasse Dowes met meervoudige-gestremdhede (die enigste in Suid-Afrika en Afrika); Beroepsopleiding aan Dowe studente; Lewering van multi-dissiplinêre steundienste aan Dowes en persone met gehoorverlies. Ondersteuning aan twee gemeentes (die Dowe Familie Kerk, Worcester en die NGK De la Bat in Bellville) vir die geestelike versorging van Dowes. Spesiale Bydraes word as volg aangewend: Addisonele befondsing tot die opleiding, sorg en steundienste aan Dowes en persone met gehoorverlies by NID soos bo-aan genoem. Die verskil tussen Dowe gemeentes en horende gemeentes : Lidmate is Doof met ‘n eie unieke Dowe kultuur wat totaal verskil van die horende kultuur; Gemeentes is ware missionale gemeentes ; Lidmate bestaan hoofsaaklik uit die laer inkomstegroepe . Dowes het nie dieselfde bevorderings-geleenthede as horendes nie, juis as gevolg van kommunikasie- en gevolglike inligtingstekorte; Dowes sosialiseer veral rondom die kerk . As gevolg van die isolasie van Dowes binne die horende wêreld, is Dowe gemeentes veel meer as net ‘n kerk. Die Woord van God word in hulle eie taal (Gebaretaal) aan Dowes gebring. Hoe kan u van verdere hulp wees: Gee asseblief die toepaslike inligting deur aan u gemeente. Kom besoek ons op die NID kampus as groep, of tydens ‘n erediens. Dit is ‘n onvergeetlike ervaring.

Upload: others

Post on 16-Jul-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: NG Kerk in SA  · Web viewword as volg aangewend: Addisonele befondsing tot die opleiding, sorg en steundienste aan Dowes en persone met gehoorverlies by NID soos bo-aan genoem

Elke deuroffer spreek spesifieke behoeftes aan

Die deuroffer vir die Nasionale Instituut vir Dowes (NID) word as volg aangewend: Bejaardesorg vir Dowes in ‘n versorgingseenheid op Worcester; Residensiële versorging van volwasse Dowes met meervoudige-gestremdhede

(die enigste in Suid-Afrika en Afrika); Beroepsopleiding aan Dowe studente; Lewering van multi-dissiplinêre steundienste aan Dowes en persone met gehoorverlies. Ondersteuning aan twee gemeentes (die Dowe Familie Kerk, Worcester en die NGK De la Bat in Bellville) vir

die geestelike versorging van Dowes.

Spesiale Bydraes word as volg aangewend: Addisonele befondsing tot die opleiding, sorg en steundienste aan Dowes en persone met gehoorverlies by

NID soos bo-aan genoem.

Die verskil tussen Dowe gemeentes en horende gemeentes: Lidmate is Doof met ‘n eie unieke Dowe kultuur wat totaal verskil van die horende kultuur; Gemeentes is ware missionale gemeentes; Lidmate bestaan hoofsaaklik uit die laer inkomstegroepe. Dowes het nie dieselfde bevorderings-

geleenthede as horendes nie, juis as gevolg van kommunikasie- en gevolglike inligtingstekorte; Dowes sosialiseer veral rondom die kerk. As gevolg van die isolasie van Dowes binne die horende wêreld,

is Dowe gemeentes veel meer as net ‘n kerk. Die Woord van God word in hulle eie taal (Gebaretaal) aan Dowes gebring.

Hoe kan u van verdere hulp wees: Gee asseblief die toepaslike inligting deur aan u gemeente. Kom besoek ons op die NID kampus as groep, of tydens ‘n erediens. Dit is ‘n onvergeetlike ervaring. Skakel ons asseblief indien ons kan help met die geestelike bediening van Dowe lidmate in u gemeente.

Bid asseblief gereeld vir NID en die gemeentes vir Dowes. Baie dankie.

NID Bankbesonderhede: Absa Bank – NID Ontwikkeling – Rek. 911 845 2209 – Takkode: 503 107