iederark mei.pdf · 2014-09-19 · ons is opsoek na mense wat belangstel om deel te neem aan...

16
Iederark Inhoudsopgawe Sending Gebedsversoeke ... 2 Sending Gebedsversoeke ... 3 Manne ontbyt ..................... 4/5 Winterliefde ....................... 6 Karnaval 2014………………….7-10 Malawi Sending / Hemelvaart ............................................ 11 Boekwinkel / Sending ......... 12 Verjaarsdae Mei ................. 13 Allerlei…………………………..14-16 Wat gebeur DV hierdie week….…… 18 Mei 2014 Uitgawe 16/2014 Ds Willem Louw Ds Okkie Cill iers (018) 294 8197 (018) 297 7926 082 340 7549 083 262 6783 Kerkkantoor Tel (018) 294 8121 Faks (018) 294 3900 0794951836 Webwerf http://www.ngkmiederpark.co.za E-pos [email protected] Sendingkantoor [email protected] 018-2946900 0823308113 Sondag 18 Mei Erediens Sondagskool Gr 16 Tienerdiens Kruislig Koffiediens 09:15 17:30 17:30 Maandag 19 Mei Dag van Gebed Gebedseminaar 18:00 Dinsdag 20 Mei Woensdag 21 Mei Tribe C Growth Point 16:00 18:30 Donderdag 22 Mei Vroue Bybelstudie 09:30 Vrydag 23 Mei Mannebiduur 07:00 Saterdag 24 Mei

Upload: others

Post on 06-Mar-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Iederark Mei.pdf · 2014-09-19 · Ons is opsoek na mense wat belangstel om deel te neem aan hierdie wonderlike geleentheid. Indien jy n hart vir sending het is hier die geleentheid

Iederark

Inhoudsopgawe

Sending Gebedsversoeke ... 2

Sending Gebedsversoeke ... 3

Manne ontbyt ..................... 4/5

Winterliefde ....................... 6

Karnaval 2014………………….7-10

Malawi Sending / Hemelvaart ............................................ 11

Boekwinkel / Sending ......... 12

Verjaarsdae Mei ................. 13

Allerlei…………………………..14-16

Wat gebeur DV hierdie week….……

18 Mei 2014 Uitgawe 16/2014

Ds Willem Louw Ds Okkie Cilliers

(018) 294 8197 (018) 297 7926

082 340 7549 083 262 6783

Kerkkantoor

Tel (018) 294 8121 Faks (018) 294 3900 0794951836

Webwerf http://www.ngkmiederpark.co.za

E-pos [email protected]

Sendingkantoor [email protected] 018-2946900 0823308113

Sondag 18 Mei

Erediens Sondagskool Gr 1—6

Tienerdiens Kruislig Koffiediens

09:15

17:30 17:30

Maandag 19 Mei

Dag van Gebed Gebedseminaar

18:00

Dinsdag 20 Mei

Woensdag 21 Mei

Tribe –C Growth Point

16:00 18:30

Donderdag 22 Mei

Vroue Bybelstudie 09:30

Vrydag 23 Mei

Mannebiduur 07:00 Saterdag 24 Mei

Page 2: Iederark Mei.pdf · 2014-09-19 · Ons is opsoek na mense wat belangstel om deel te neem aan hierdie wonderlike geleentheid. Indien jy n hart vir sending het is hier die geleentheid

SENDING GEBEDSVERSOEKE

KONGO VERITAS (Ds Dawie en Naomi) Elke jaar Meimaand moet ons begrotings vir die volgende boekjaar (Aug tot Julie) opstel. Daarvoor moet ons na die huidige stand van die werk kyk. Die afgelope week is daar dus heelwat energie spandeer om die gegewens van al die opleidingsgroepe in die Kongo(DRK) van 1 Aug 2013 tot einde April vanjaar op datum te kry. Ons kan die Here baie dankie sê vir wat daar gebeur het: Daar het reeds 35 groepe een van die vier module eenhede voltooi. In totaal het 370 deelnemers by die groepe ingeskryf, waarvan 340 hulle betrokke kursus voltooi het.

Ek wil dus vandag voorbidding vra vir Wycliffe en sy span fasiliteerders, wat die opleiding vrywillig aanbied. Bid ook nou reeds vir die konferensie wat Ivan en ek in Augustus in Lubumbashi op uitnodiging van Wycliffe en sy span gaan aanbied vir die kerkleiers van die gebied. Bid asb vir ‘n groepie wat Module 2 by Kasumbalesa, ‘n dorpie baie naby die grens met Zambië, voltooi het.

2

MALAWI SENDING (Pieter) Ons kon met Paastyd oral rondgaan en films wys en met die mense praat. By twee afsonderlike geleenthede het ek iets nuuts beleef toe van die mense hardop begin huil en snik, mans inkluis, toe Jesus so geslaan en gekruisig word. Ek vra julle om spesifiek vir hierdie mense te bid, dat hulle ook die Here sal toelaat om toegang tot hulle harte te kry. Baie dankie:

Dit gaan beter met my bure, die Fou-ries.

Bid asb vir: Galaiti ‘n nuwe bekeerling van Mpumbe Village. Sy stel so belang in die Woord en kom gereeld na die dienste. Bid dat sy geestelik sal groei en ook haar hele familie na Jesus bring. Dankie dat Idana se kinders gereeld kerk toe kom. Bid dat hulle so sal leef dat hulle hul pa ook na Jesus sal lei. Bid asb vir Pieter se gesondheid. Hy voel die laaste tyd baie kragteloos. Vra die Here om ‘n honger in Stella se ma se hart te plaas vir Jesus.

Page 3: Iederark Mei.pdf · 2014-09-19 · Ons is opsoek na mense wat belangstel om deel te neem aan hierdie wonderlike geleentheid. Indien jy n hart vir sending het is hier die geleentheid

MARELET SENDING Ons het die dolste week ooit gehad, waar ons aktiwiteite vir die oggend, middag en aand gehad het. Die onderwysers voel almal deur die bank baie moeg. Ag, ek is so dank-baar dat ons nie dinge met ons eie krag hoef te doen nie en dat Vader net die regte hoev-eelheid krag vir elke dag gee. Kom ons dank Hom vir Sy goedheid. Eyyub, ‘n seuntjie in my gr 3 klas moes ‘n blindedermoperasie ondergaan. Ons dank Vader dat alles goed afgeloop het. Hy het vreeslike maagpyn in die klas begin kry en gelukkig werk sy ma as ‘n Russiese- en kunsjuffrou by ons skool en kon ek haar roep. Bid asb. vir volle herstel.

Vra: Bid asb vir visum probleme. Voorheen het die mense wat nie werkpermitte kon kry nie na Georgia toe gegaan en dan ‘n drie maande “double entry” visum gekry. Nou gee hulle of net een maand visums of net “single entry”, wat dit baie moeilik maak vir werkers hier. Bid asb hierdie week vir die Talysh, ‘n minderheidsgroep in Vuurfontein. Nog baie min van hulle ken ons Verlosser. Baie van hulle is boere en ander maak matte en ju-wele. Daar is ook van hulle in Iran. Ek kom DV 26 Junie terug huis toe en het ‘n werk nodig. Bid asb dat Vader vir my sal lei na die werk wat HY wil hê ek moet doen.

BOTSWANA SENDING (Jerry en

Magda) Magda se eerste moedersdag in Botswana was geseënd. Ons het saam met Gerrit Jacobs oor die Delta gevlieg.

Ons dank die Here vir al ons vriende en familie wat ons ondersteun met ’n sms, e-pos, gebede en finansieël. Ons waardeer julle. Ons sê dankie vir gesondheid sodat ons kan

aangaan met die werk van God. Bid asb nou al vir die voorbereiding en beplanning van die uitreikspan wat September ons kom besoek. Bid asb dat ons nederig en op ons knieë sal wees, sodat ons in God se wil bly. Bid asb dat ons bure, Eben sy vrou Phia en 3 dogtertjies veilig op die pad sal wees. Hulle vertrek Vrydag na SA vir ’n konferensie. Bid dat God mense ontvanklik sal maak vir die Evangelie. Ek en Yose begin eersdaags die Evangelie bring van huis tot huis. Bid asb dat die oeste voldoende sal wees vir die mense. Dat die mense getrou sal wees om Sondag se dienste by te woon.

3

Page 4: Iederark Mei.pdf · 2014-09-19 · Ons is opsoek na mense wat belangstel om deel te neem aan hierdie wonderlike geleentheid. Indien jy n hart vir sending het is hier die geleentheid

4

MANNE ONTBYT

2 JUNIE 2014

SAAM MET

CASSIE CARSTENS Hy is ‘n uiters dinamiese passievolle spreker wat jaarliks

voor verskeie internasionale gehore optree. ‘n Man met ‘n

passie vir ware dissipelskap en ‘n brandende hart dat

vaders wat weer hul rol en verantwoordelikheid as vaders in

hul huisgesin en die gemeenskap inneem. Cassie tree as

mentor op vir verskeie leidende kerke en geloofsgemeen-

skappe.

Plek: NG Miederpark, Aarbeilaan 22

Tyd: 06:00 – 06:15

Koste: R50-00 p/p

BESPREKINGS:

Arinda

079 495 1836 of (018) 294 8121

voor 1vm

Page 5: Iederark Mei.pdf · 2014-09-19 · Ons is opsoek na mense wat belangstel om deel te neem aan hierdie wonderlike geleentheid. Indien jy n hart vir sending het is hier die geleentheid

5

THE WORLD NEEDS A FATHER

Dissipelskap het geen integriteit as dit nie by die huis ‘n verskil

maak nie. Baie manne wil graag ook by die huis suksesvol

wees, maar hulle weet nie hoe nie, want niemand het hulle

nog geleer nie...Uit die verhouding van Jesus tot Sy Vader sien

ons die 4 groot verantwoordelikhede van ‘n vader:

‘n Vader dra morele outoriteit oor. Die Vader sê oor die Seun Jesus: “Luister na Hom” (Luk 9:35)

‘n Vader dra identiteit oor. Die Vader sê oor Jesus: “Dis is my Seun” (Luk 3:22)

‘n Vader skep die emosionele sekuriteit. Die Vader sê oor Jesus: “Dit is my geliefde” (Luk 3:22)

‘n Vader bevestig potensiaal.

Die Vader sê oor Jesus: “Oor jou verheug ek my” (Luk 3:22)

Page 6: Iederark Mei.pdf · 2014-09-19 · Ons is opsoek na mense wat belangstel om deel te neem aan hierdie wonderlike geleentheid. Indien jy n hart vir sending het is hier die geleentheid

6

“WINTERLIEFDE”Die winter lê voor en ons is opsoek na komberseen warmklere wat ons kan uitdeel aan behoeftigegesinne.

Daar is baie mense wat nie een van hierdie kanbekostig nie.

Kom ons maak ons harte oop en maak van hierdieprojek ‘n groot sukses.

U kan warm klere en komberse bring na die Sendingkantoor, elke dag tot en met 13h00 vooreinde Mei.

Enige navrae, kontak ons gerus:

(018) 294 6900

MALAWI KORTTERMYN UITREIK Ons is besig om die jaarlikse uitreik na Malawi te beplan. Dit sal plaasvind vanaf 9 -20 Julie

2014.

Ons is opsoek na mense wat belangstel om deel te neem aan hierdie wonderlike geleentheid.

Indien jy ‘n hart vir sending het is hier die geleentheid om ‘n ervaring van ‘n leefyd mee te

maak. Mense wat die toer in die verlede onderneem het, getuig van ‘n diep geestelike verryking

wat hul uitkyk op die lewe wesentlik verander het.

Indien jy belangstel om deel te word van hierdie ervaring kontak:

James by 084 208 3708 of [email protected].

GEBEDSVERSOEKE

By die sydeur en in die ingansportaal is ’n

houtkassie gemerk ”Gebedsversoeke” As

jy wil hê ons moet saam met jou bid oor

’n saak of dat ons by jou huis saam met

jou moet kom bid, gooi jou versoek in die

houer en dit sal opgevolg word.

HOSPITAAL OPNAMES Wanneer lidmate van die gemeente op-

geneem word in Potch Medi Kliniek, moet

hulle asseblief by opname duidelik meld dat

hulle lidmate van die NG Kerk Miederpark is.

Dit maak dit vir die leraars makliker om hulle

tydens die weeklikse hospitaalbesoeke

(Dinsdae en Donderdae) op te spoor.

Page 7: Iederark Mei.pdf · 2014-09-19 · Ons is opsoek na mense wat belangstel om deel te neem aan hierdie wonderlike geleentheid. Indien jy n hart vir sending het is hier die geleentheid

7

Page 8: Iederark Mei.pdf · 2014-09-19 · Ons is opsoek na mense wat belangstel om deel te neem aan hierdie wonderlike geleentheid. Indien jy n hart vir sending het is hier die geleentheid

8

Page 9: Iederark Mei.pdf · 2014-09-19 · Ons is opsoek na mense wat belangstel om deel te neem aan hierdie wonderlike geleentheid. Indien jy n hart vir sending het is hier die geleentheid

9

COUNTRY KARNAVAL :30-31 MEI 2014 PLAASSTAL EN TEETUIN - Kontak : Alta Pothas 0832851192

ONS BENODIG : KONFYTE : appelkoos vye ,tamatie perskes aarbeikonfyt,druiwekonfyt , INGELEGDE : Beet ,Wortels, Spagetti,chilli’,Groenbone ens. HEUNING BLATJANG CRAFT ITEMS : loodglas, houtitems,laslappies,pottery, BOEKOORTREKSELS NAALDWERK ITEMS : slaapkouse, tafeldoeke,plekmatjies,teenette, Warmwatersak oortreksels, truie,serpe tafeldoeke FOTORAME JUWELE VETPLANTE EN KRUIE PLANTJIES POTPOURRI HUIS EN TUINPLANTE Kom ondersteun ons by die basaar !!!!! Lekker biltong en droewors gaan ook verkoop word !!!! Dassie maak ook weer haar lekker gemmerbier en mosterd – MOENIE DIT MISLOOP NIE!! TEETUIN : As jy moeg geloop is kom drink n lekker koppie boeretroos of tee by ons !!!

KERRIE EN RYS

Ons benodig nog baie rys, klapper, blatjang en hande om te help rys en kerrie-

vleis gaarmaak. (Die vleis sal voorsien word.)

Indien jy kan help, skakel of sms vir Naomi by 0791349256.

Page 10: Iederark Mei.pdf · 2014-09-19 · Ons is opsoek na mense wat belangstel om deel te neem aan hierdie wonderlike geleentheid. Indien jy n hart vir sending het is hier die geleentheid

10

KARNAVAL SAMEROEPERS 2014

Voorsitter Johan Grobler 082 451 2817 [email protected]

Aankondiger Ruan Harris 073 737 5284

Allerlei Lettie v Rensburg 083 959 0020 [email protected]

Klank/Musiek Herman Lombard 082 773 5284 [email protected] Poeding Karen Foord 072 132 0600 [email protected] Kerrie & Rys Naomi Scheepers 079 1349 256 [email protected]

Boereworsrolle, Mari van Bosch [email protected] Sosaties, Sosatierolls

BRAAIERS Fanie Ferreira 082 496 9625 [email protected]

Toasted Broodjies Mariette Lombard 082 774 3270 [email protected]

Plaasstal Alta Pothas 083 295 1192 [email protected]

Koek Lettie v Rensburg 083 959 0020 [email protected]

Handwerk

Teetuin Alta Pothas 083 295 1192 [email protected]

Lekkergoed Arinda Reyneke 079 495 1836 [email protected]

Juanita Groenewald 082 330 8113 [email protected]

Pannekoek Lynette Ferreira 083 4586 257 [email protected]

Speletjies Janene de Beer 076 020 2662 [email protected]

Vleis Eugene Harmse 082 558 2600

Grobbie Grobler 082 966 3704 [email protected]

Terrein Willem Louw 082 340 7549 [email protected]

Bemarking Arinda Reyneke 079 495 1836 [email protected]

Finansies Johan Grobler 082 451 2817 [email protected]

Elektrisiteit DS WILLEM SAL REëL

Page 11: Iederark Mei.pdf · 2014-09-19 · Ons is opsoek na mense wat belangstel om deel te neem aan hierdie wonderlike geleentheid. Indien jy n hart vir sending het is hier die geleentheid

11

HEMELVAART EREDIENS

Dag en Datum: Donderdag 29 Mei 2014 Tyd: 09:00 Plek: Ned Hervormd Suid (langs die Dienssentrum) Chris Hanirylaan Potchefstroom Hiermee nooi Potchefstroom Dienssentrum die Gemeenskap uit na die Hemelvaart Erediens. Die diens word gelei deur Dr Fanie Bergh van N.G. Wes Potchefstroom. Bring al u vriende saam. Daar sal ‘n deurkollekte ge-hou word wat aangewend sal word vir Bybelverspreiding. Na die Erediens is daar ‘n smaaklike ontbyt @ R40-00 per persoon beskikbaar in die Dienssentrum eetsaal. Bespreek asb teen Woensdag 28 Mei 2014 u ete by Janine in ons Inligtingskantoor of skakel vir Ria by die Di-enssentrum by Tel No. (018) 293-0678.

Page 12: Iederark Mei.pdf · 2014-09-19 · Ons is opsoek na mense wat belangstel om deel te neem aan hierdie wonderlike geleentheid. Indien jy n hart vir sending het is hier die geleentheid

7

Page 13: Iederark Mei.pdf · 2014-09-19 · Ons is opsoek na mense wat belangstel om deel te neem aan hierdie wonderlike geleentheid. Indien jy n hart vir sending het is hier die geleentheid

13

DATUM NAAM

1 Mei Marie Blignaut

Henk Pelser

2 Mei Jaco Oosthuizen

Alta Botes

Liané Smith

3 Mei Chris Biel

Chris Heyneke

4 Mei Marie Potgieter

Frank Hattingh

Christa Swart

Willem Smith

Daniëlle van Winkel

5 Mei Buks Grobler

Mikayla vd Westhuizen

6 Mei Plasie Nieuwoudt

Hein Botes

7 Mei Alet Rusch

Mari Humpel

Deané Nel

Riaan Marx

8 Mei Hester Harford

Mariette Pieterse

9 Mei Piet Terblanché

Louise Botes

Elize van Vuuren

10 Mei Naomi Scheepers

11 Mei Henk Grobbelaar

Martie van Staden

12 Mei Alet van der Merwe

Charl van Niekerk

Willie Ackerman

Dirk Visser

Willie Esterhuizen

13 Mei Danie van Niekerk

Jamien Nolte

Anita Swanepoel

Belinda du Plessis

15 Mei Arno van Tonder

Elmarie Cronje

Herman Lombard

Koos Engelbrecht

16 Mei Marisia Craven

Hetta Erasmus

Annelies Venter

17 Mei Lizette Barnard

Chantelle Pat

Duann Brink

Elize Mynhardt

18 Mei Lydia Agenbag

Carlo Deysel

19 Mei Phillip Swart

20 Mei Johann van Tonder

Fanie Fourie

Mario Deysel

Lynette Engelbrecht

Jacques Pretorius

Hannes Groenewald

Naomi Haasbroek

22 Mei Ben vd Walt

Poppie Barnard

23 Mei Johan Hattingh

Lydia Procter

24 Mei Benita Engelbrecht

Awie Marais

Elize van Niekerk

Juné Kirby

25 Mei Marilieze van Eck

Rico Leijenaar

26 Mei Marietjie van Tonder

Juanita Strydom

Doynton Berry

28 Mei Grobbie Grobler

29 Mei Cecilia Nel

21 Mei Desda Heyneke

30 Mei Chris Pienaar

Clement Joyner

31 Mei Kobus Venter

Jeanine van Tonder

Page 14: Iederark Mei.pdf · 2014-09-19 · Ons is opsoek na mense wat belangstel om deel te neem aan hierdie wonderlike geleentheid. Indien jy n hart vir sending het is hier die geleentheid

14

Page 15: Iederark Mei.pdf · 2014-09-19 · Ons is opsoek na mense wat belangstel om deel te neem aan hierdie wonderlike geleentheid. Indien jy n hart vir sending het is hier die geleentheid

15

Page 16: Iederark Mei.pdf · 2014-09-19 · Ons is opsoek na mense wat belangstel om deel te neem aan hierdie wonderlike geleentheid. Indien jy n hart vir sending het is hier die geleentheid

16

NEEM KENNIS:

Die Nagmaal is nie op 18 Mei nie maar op 8 Junie op Pinkstersondag (daar is ‘n drukfout op die kalender). Cassie tree ook nie op daardie betrokke Sondag op soos aangedui nie.

22 Mei: Alle persone wat by die gemeente se gebedsbediening betrokke is word uitgenooi om op 22 Mei om 18:00 by die Elgro Hotel se Drostdy saal by-een te kom waar ons saam met gelowiges vanuit die hele stad saambid vir Potchefstroom. Dit is ‘n interkerklike gebedsbyeenkoms vir die stad. Ons nooi die gemeentebestuur en alle voorbidders van die gemeente uit na die by-eenkoms.

Hemelvaart gebedsbyeenkoms op 29 Mei om 18:00 in die kerkgebou

Karnaval 30-31 Mei

Pinkster 1-4 Junie (sien tye)

Manne ontbyt saam met Cassie Carstens Maandag 2 Junie om 6:15 by ons kerksaal

Dinsdag 3 Junie om 09:00. Alle geestelike leiers van die stad (pastore/predikanet/jeugwerkers) kom by Suiderkruisgemeente byeen waar Cassie Car-stens die leiers bedien.

Mission Relax: 26 Julie. (Mission Revitalize, energize Life at Christ) Bergfiets-wedren en veldlope in die mooiste natuurskoon!!! Venue Grootbosch. Word aangebied deur Miederpark en Grootbosch en inkomste gaan vir die uitdra van die evangelie. Hou die datum oop! Besonderhede volg.

Q. Which servant of Jehovah was the most flagrant lawbreaker in the Bible? A. Moses, because he broke all 10 commandments at once.