afr65-0410 die paasseël vgr - branhamdownload.branham.org/pdf/afr/afr65-0410 the easter seal...ons...

48
DIE P AASSEËL Sekerlik ’n voorreg om vanmôre hier te wees, op hierdie verjaarsdag van die Volle Evangelie Sakemanne se tak hier by Phoenix, en om te weet dat die Here my ’n deeltjie daarvan toegestaan het, om deel te wees van hierdie gemeenskap. Ek wil Broer Carl Williams en sy vrou groet, Broer Stromei, die res hier op die platform, Broer Shores, Broer Outlaw, die predikers, en al julle goeie mense. 2 Weet julle, ek—ek het verlede week ook ’n verjaarsdag gehad. En ek is net ’n rapsie ouer as ’n tak. Ek meen hy het gesê: “Vyf—en…jaar oud, vir die tak.” 3 Iemand het gesê, nou die dag, gesê: “Hoe oud is jy Broer Branham?” 4 Ek het gesê: “Ses—en—twintig.” En ek het gesê: “Ek het die eerste vyf—en—twintig jaar uitgewis. Ek het Hom in hulle nie so goed gedien nie.” Ek het gesê: “Ek hoop Hy doen dit ook.” Om Hom dit te laat doen sal ’n anders saak wees. 5 Maar dit is goed om hier te wees. En nou wil ons nie veel van julle tyd in beslag neem nie. Omdat ons…Ek’s—ek’s altyd bang, nadat ek party van die mooi getuienisse hoor, en dinge wat aangaan, dat ek…en liedere, dat ek iets sal doen wat dit sal bederf. En ek wou daaraan toevoeg, as daar enigiets sou wees wat ek daaraan sou kon toevoeg. Hierdie susters… 6 Daardie broer wat die lied gesing het vanmôre, die gekleurde broer, ek het dit waardeer: Die Oog Op Die Mossie. 7 En hierdie susters wat hierdie lied gesing het, dit was een van my hulpe vandat ek die eerste keer hier was. Ek het dit. Ek het dit op ’n plaat, en ek het dit deur gespeel: Ek Sou Graag Met Hom Daaroor Wou Praat. En ek het Broer Dawson Riley daar, my vriend, gevra of hy sou, party van hulle, of hulle kon kyk of hulle daardie dames kon kry, as hulle nog hier op aarde is, om dit weer vanmôre te sing. En ek hoop Terry het dit gekry. En ek veronderstel hy het. Ek wil dit daar afhaal, miskien op ’n plaat of iets, want ek hou werklik van daardie lied. En dis my—my begeerte, is om daaroor te praat met Hom. Ek dink ons wil dit almal doen. Dis waarom ons vanmôre hier is. 8 Nou, die komende dienste, volgende week. Is dit in orde om te noem? [’n Broer sê: “Sekerlik.”—Red.] Ek—ek sal tuis wees hierdie komende week, by die tabernakel, volgende Sondag, vir Paasdiens; Saterdagaand, Sondag, en Sondagaand. En dan gaan ek terug na Kalifornië. Al julle mense by Kalifornië rond, sal bly wees om julle by die dienste daar te hê. En ek dink Billy het die verkeerde advertensie uitgestuur. Is…Hy het gesê: “By die Biltmore Hotel,” dink ek: “sal dit by wees.” Dis…[Iemand

Upload: others

Post on 26-Dec-2019

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: AFR65-0410 Die Paasseël VGR - Branhamdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-0410 The Easter Seal...ons uitsien na die Koms van die Here. 12 En soos die lied lui, ons is opsoek na daardie

DIE PAASSEËL

Sekerlik ’n voorreg om vanmôre hier te wees, op hierdie verjaarsdag van die Volle Evangelie Sakemanne se tak hier by Phoenix, en om te weet dat die Here my ’n deeltjie daarvan toegestaan het, om deel te wees van hierdie gemeenskap. Ek wil Broer Carl Williams en sy vrou groet, Broer Stromei, die res hier op die platform, Broer Shores, Broer Outlaw, die predikers, en al julle goeie mense.2 Weet julle, ek—ek het verlede week ook ’n verjaarsdag gehad. En ek is net ’n rapsie ouer as ’n tak. Ek meen hy het gesê: “Vyf—en…jaar oud, vir die tak.”3 Iemand het gesê, nou die dag, gesê: “Hoe oud is jy Broer Branham?”4 Ek het gesê: “Ses—en—twintig.” En ek het gesê: “Ek het die eerste vyf—en—twintig jaar uitgewis. Ek het Hom in hulle nie so goed gedien nie.” Ek het gesê: “Ek hoop Hy doen dit ook.” Om Hom dit te laat doen sal ’n anders saak wees.5 Maar dit is goed om hier te wees. En nou wil ons nie veel van julle tyd in beslag neem nie. Omdat ons…Ek’s—ek’s altyd bang, nadat ek party van die mooi getuienisse hoor, en dinge wat aangaan, dat ek…en liedere, dat ek iets sal doen wat dit sal bederf. En ek wou daaraan toevoeg, as daar enigiets sou wees wat ek daaraan sou kon toevoeg. Hierdie susters…6 Daardie broer wat die lied gesing het vanmôre, die gekleurde broer, ek het dit waardeer: Die Oog Op Die Mossie.7 En hierdie susters wat hierdie lied gesing het, dit was een van my hulpe vandat ek die eerste keer hier was. Ek het dit. Ek het dit op ’n plaat, en ek het dit deur gespeel: Ek Sou Graag Met Hom Daaroor Wou Praat. En ek het Broer Dawson Riley daar, my vriend, gevra of hy sou, party van hulle, of hulle kon kyk of hulle daardie dames kon kry, as hulle nog hier op aarde is, om dit weer vanmôre te sing. En ek hoop Terry het dit gekry. En ek veronderstel hy het. Ek wil dit daar afhaal, miskien op ’n plaat of iets, want ek hou werklik van daardie lied. En dis my—my begeerte, is om daaroor te praat met Hom. Ek dink ons wil dit almal doen. Dis waarom ons vanmôre hier is.8 Nou, die komende dienste, volgende week. Is dit in orde om te noem? [’n Broer sê: “Sekerlik.”—Red.] Ek—ek sal tuis wees hierdie komende week, by die tabernakel, volgende Sondag, vir Paasdiens; Saterdagaand, Sondag, en Sondagaand. En dan gaan ek terug na Kalifornië. Al julle mense by Kalifornië rond, sal bly wees om julle by die dienste daar te hê. En ek dink Billy het die verkeerde advertensie uitgestuur. Is…Hy het gesê: “By die Biltmore Hotel,” dink ek: “sal dit by wees.” Dis…[Iemand

Page 2: AFR65-0410 Die Paasseël VGR - Branhamdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-0410 The Easter Seal...ons uitsien na die Koms van die Here. 12 En soos die lied lui, ons is opsoek na daardie

2 DIE GESPROKE WOORD

sê: “Kon dit nie kry nie.”] Kon dit nie kry nie. En dis by die Eastmont? [“Embassy.”] Embassy, die Embassy Hotel. So enigeen van die Volle Evangeliemense daar sal jou laat weet, as jy daarrond is.9 En dan kom ons daarvandaan terug, en ek gaan dan na Suid—Afrika. Net een maand van vandag af, seil ons na Suid—Afrika, verwag ’n wonderlike tyd in die Here, omtrent drie nasies daaronder. So ons—ons vra sekerlik om julle gebede. Ek sal waarskynlik nie in staat wees om julle meer te sien, as die Here voortgaan om ons te laat gaan, tot ek terugkom nie. En ek hoop ek het ’n groot verslag vir julle wanneer ons terugkom.10 Verlede keer daaronder, dink ek het die Here my die wonderlikste diens gegee wat ek ooit gehad het. En een keer, as ’n altaaroproep…Nou dis uit kombers—inboorlinge. Sover ek weet, was daar dertigduisend wat Christus aangeneem het op een slag. En ons het gedink miskien bedoel hulle fisiese genesing, want daar is omtrent vyf—en—twintigduisend genees op een slag. En die volgende dag, die burgemeester van—van Durban, wat Sydney Smith is, het gesê: “Gaan na jou venster toe, kyk wat kom in die straat af.” En daar was bakkievrag op bakkievrag, sommer opgehoop met ou krukke en dinge, sommer opgehoop, waaragter hulle aangekom het. Die inboorlinge, wat in stryd met mekaar was, het in die strate van die stad afgekom: Glo Net in hulle eie taal gesing.11 Ek sê julle, my hart is geroer. Soos…Wanneer jy so—iets sien, Broer Shores, jy om te voel jou werk is dan nie vergeefs nie. Sien jy, jy het probeer. En ek hoop dat God dit weer herhaal, nie omdat—omdat ons daarheen gaan nie, maar omdat ons uitsien na die Koms van die Here.12 En soos die lied lui, ons is opsoek na daardie verlore skaap. Dis wat…Hy—Hy sal nie kom voor daardie skaap in is nie. Elkeen moet in die kraal wees. Hy sal nie die deur toemaak voor die laaste een in is nie. So, broers in die bediening, ek is gewis by julle, vanmôre, om daardie laaste skaap te probeer opspoor. Dit mag dalk in Phoenix wees, vanmôre. Ek weet nie. Maar wanneer die laaste een inkom, dan sal die Herder die deur toemaak.13 [’n Broer sê: “Broer Branham?”—Red.] Ja? [“Kan ek net ’n woord sê?”] Jy kan sekerlik. [“Ek het iets vergeet. Ons het gepraat van…” Leë kol op band.] Dis volkome in orde. [“En ek weet, almal vergeet iets, af en toe.”] Nie ek nie. [“O!”]14 Ek’s die een wat moet uitskryf wat ek gaan sê, byna. Ek’s…Vandat ek ouer word, vind ek dit moeiliker om te onthou, skryf my Skrifte neer, ensovoorts. Was altyd gewees, ek kon tot omtrent vyftig Skrifte in my kop agtermekaar sit, en nooit eens…gaan daar regdeur, maar ek het ’n klomp harde myle agter my deesdae.

Page 3: AFR65-0410 Die Paasseël VGR - Branhamdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-0410 The Easter Seal...ons uitsien na die Koms van die Here. 12 En soos die lied lui, ons is opsoek na daardie

DIE PAASSEËL 3

15 So, ons sien uit na die Koms van die Here. Here seën julle almal!16 En dan kom jy hierbo, en jy dink. Jy gaan sit hier en hoor hierdie mense getuig. Jy dink: “Wel, as ek opstaan, gaan ek iets daaroor sê.” Dan, daar’s soveel te sê, jy sou heeldag neem om dit te sê. Maar, ek waardeer julle almal sekerlik. Mag hierdie takkie net aanhou groei. Mag elke kerk in Phoenix voortdurend bly groei tot Jesus kom, is my opregte gebed.17 Nou, ek dink, net om ons sommer ’n bietjie te laat rus, laat ons staan terwyl ons bid. Sal julle?18 Almagtige God, die Vader van ons Here Jesus Christus, Wat Hom uit die dood opgewek het, en Hom vir ons gegee het as die offerande, en ’n Heer en Verlosser. Ons is so dankbaar teenoor U vir hierdie groot voorreg wat ons vanmôre het, om in U Teenwoordigheid te staan, saam met U mense wat verlos is en vooruitsien na Sy heerlike tweede Koms, om ons vir Homself te ontvang. As daar sonde onder ons is, Here, reinig ons met U hisop. En ons bid, Hemelse Vader, dat U elke siek persoon sal genees wat in ons midde is.19 En as daar sou wees, toevallig, diegene wat U nie ken nie, in hierdie groot doop van die Heilige Gees waarvoor ons ons so ernstig beywer, en sê dit is ’n moet, volgens die Skrifte vir hierdie laaste dag. Ons bid, God, dat Hy op ons almal sal val, vandag, en ons opnuut doop in die Liggaam, en bring diegene wat buite is, ook in, Vader.20 Seën ons waar ons U Woord lees en poog om te spreek dit wat Waarheid is oor U Woord. Sluit ons monde vir dit wat onwaar is, en open ons harte en monde vir dit wat Waarheid is, waar ons onsself aan U wy. Gebruik ons monde om te praat, en ons ore om te hoor, en ons harte om te ontvang. Want ons vra dit in Jesus se Naam, Wie dit beskik het om so te wees. Amen.21 Ek wil graag uit die Heilige Woord lees, drie plekke in die Bybel. En as julle hierdie wil merk, en julle hulle wil voortsit, om hulle te lees vir verdere inligting, sou ek baie bly wees as julle hulle sal afmerk. Die plekke waar ek gaan lees is Matthéüs 28:1—10, en dan Openbaringe 1:17—18, Romeine 8:11. Kan ek hulle weer herhaal. En nou Matthéüs 28:1 tot 10, Openbaringe 1:17 tot 18, en Romeine 8:11.22 Ons nader nou die Pase. En soos julle julle plekke kry, en dit afmerk. Ek dink dat hierdie komende week is die mees en die grootste historiese week van al die weke van die jaar. Ek dink dat die grootste ding wat ons die week sal vier, hierdie komende week, was die grootste gebeurtenis wat ooit op die aarde plaasgevind het. Ek dink nie enigiets sou dit kon oortref nie. Julle sê: “Wel, die—die kruisiging was groot.” Maar baie

Page 4: AFR65-0410 Die Paasseël VGR - Branhamdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-0410 The Easter Seal...ons uitsien na die Koms van die Here. 12 En soos die lied lui, ons is opsoek na daardie

4 DIE GESPROKE WOORD

manne het gesterf, baie manne is gekruisig, selfs in dieselfde dae van ons Here. Maar daar was net Een van Hulle Wie uit die dood opgestaan het. Dit het dit verseël.23 Nou wil ek lees. En hierdie is soort van ’n pre—Pase boodskappie, soos die Here wil, omtrent veertig minute. Nou laat ons lees uit Matthéüs se Evangelie, die 28ste hoofstuk, om te begin.

En laat na die sabbat toe dit begin lig word, teen die eerste dag van die week, kom Maria Magdaléna en die ander Maria om na die graf te gaan kyk.

En daar kom ’n groot aardbewing, want ’n engel van die Here het uit die hemel neergedaal en gekom en die steen van die opening weggerol en daarop gaan sit.

En sy gedaante was soos weerlig en sy kleding wit soos sneeu.

En uit vrees vir hom het die skudders…die wagte (verskoon my) gebewe en soos dooies geword.

Maar die engel antwoord en sê vir die vroue: Moenie vrees nie, want ek weet julle soek Jesus wat gekruisig is.

Hy is nie hier nie, want Hy het opgestaan soos Hy gesê het. Kom kyk na die plek waar die Here gelê het;

en gaan haastig, sê vir sy dissipels: Hy het opgestaan uit die dode en gaan voor julle uit na Galiléa. Daar sal julle Hom sien. Kyk, ek het julle dit gesê.

En hulle het haastig weggegaan van die graf met vrees en groot blydskap, en gehardloop en dit aan die dissipels te vertel.

En terwyl hulle op weg was om dit aan sy dissipels te vertel, kom Jesus hulle meteens teë en sê: Wees gegroet! Toe kom hulle nader en gryp sy voete en aanbid Hom.

En Jesus sê vir hulle: Moenie vrees nie. Gaan heen en vertel my broeders dat hulle na Galiléa moet gaan; en daar sal hulle My sien.

24 En Openbaring, die 1ste hoofstuk, en die 17de en 18de vers.En toe ek Hom sien, val ek soos ’n dooie aan sy voete;

en Hy het sy regterhand op my gelê en gesê: Moenie vrees nie; Ek is die eerste en die laaste

en die lewende; en Ek was dood en kyk, Ek leef tot in alle ewigheid. Amen. En Ek het die sleutels van die doderyk en van die dood.

25 En in die Boek Romeine, die 8ste hoofstuk, en begin met die 11de vers.

Page 5: AFR65-0410 Die Paasseël VGR - Branhamdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-0410 The Easter Seal...ons uitsien na die Koms van die Here. 12 En soos die lied lui, ons is opsoek na daardie

DIE PAASSEËL 5

En as die Gees van Hom wat Jesus uit die dode opgewek het, in julle woon, dan sal Hy wat Christus uit die dood opgewek het, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon.

26 Nou ek vertrou dat die Here Jesus Sy seëninge sal voeg by die lees van hierdie Woorde. Siende dat, die Pase, ek het dit in my eie hart afgedruk as die grootste byeenkoms, of die grootste gebeurtenis van die—die jaar.27 Ek wil julle vra om my ’n oomblik te verskoon. Blêr dit nie soort van daar vir julle, soort van ’n gebrul nie? Is dit in orde? Kan julle dit goed hoor so? O! Julle kan dit nie hoor nie. Is dit beter, net soos dit? Ek wou nie te naby kom nie.28 Nou, waarom ek dit sê, is omdat, die Pase, het Hy bewys wat die Bybel gesê het. Die hele Skrif wat oor Hom geskryf is om te doen, het Hy Sy Messiasskap verseël toe Hy uit die dood opgestaan het, die Paasseël. Ons het soveel daarvan vandag waaroor ons praat, dat, die koop van Paasseëls. Wel, ek wil vanmôre praat oor: Die Paasseël. Dis ’n ander seël as wat ons met ons geld koop, as ’n seël om op briewe te sit vir, dink ek, die Tuberkulose Vereniging of wat hulle dit ook al noem. Ek—ek dink hierdie seël is ’n bietjie van ’n ander seël. En siende dat die Pase die groot dag van die jaar is vir ons Christene wat daarop aanspraak maak om God se kinders te wees, wil ek probeer inbreek daarin en kyk hoe ons behoort gemeenskap te hou met hierdie groot ding wat Christus vir ons gedoen het.29 Die Woord van God is gespreek baie, baie honderde jare voor Sy Koms, van Sy kruisiging, en van Sy dood, en van Sy lyding, en ook van Sy opstanding. Ons sal deur hierdie dienste gaan, miskien, volgende week, soos ons na ons—ons radioprogramme luister; en in ons kerke, met ons pastore, ensovoorts, hierdie komende week.30 Maar van al die dae en al die dinge wat Jesus gedoen het, en waardeer sekerlik al Sy bevestiging van God se Woord en wat Hy gedoen het om Dit te vervul: van genesing van siekes, opwekking van dooies, uitdryf van duiwels, verkondiging van die Evangelie aan die armes, en vervulling van elke Woord wat God gesê het Hy sou doen wanneer Hy kom; en dan ook ly vir ons sondes, in ons plek, om die versoening vir sondes te wees, aan die kruis, waar niemand anders dit sou kon doen behalwe Hy nie. Maar bo dit alles, dink ek het die Pase die hele ding verseël.31 Want, daar was profete op die aarde, wat profeteer het voor Hom. Daar was profete op die aarde, wat die siekes genees het, selfs die dooies opgewek het, en dieselfde tekens gedoen het wat Jesus gedoen het.32 Maar Pase het dit bewys. Dit het die Woord van God vir ewig verseël, vir die ware gelowige. Alle somberheid en twyfel is verpletter, op daardie seënryke môre. Die mens was

Page 6: AFR65-0410 Die Paasseël VGR - Branhamdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-0410 The Easter Seal...ons uitsien na die Koms van die Here. 12 En soos die lied lui, ons is opsoek na daardie

6 DIE GESPROKE WOORD

opgesluit gewees, as’t ware, in ’n tronk, selfs vir godsdienstige mense voor hierdie dag, want hulle was…het groot godsdienstige bewegings gesien, en beweging van die Heilige Gees, ensovoorts. Maar wanneer ’n mens gesterf het, het dit dit skynbaar besleg. Maar toe hierdie Een kom, en sê: “Ek het mag om My lewe af te lê; Ek het mag om Dit weer op te neem.” En dan gaan bewys wat Hy gesê het. Vir my, is dit—is dit die verseëling daarvan, wanneer—wanneer iets gesê word en dan omgedraai en bewys word.33 As ’n mens gesê het, soos Columbus, het geglo die wêreld is rond, en hy het die skepe dopgehou, soos ons vertel word, hoe hulle inkom, en hy kon die mas sien lank voor hy die skip kon sien. En dit het vir hom bewys dat die wêreld rond is. Mense het dit nie geglo in daardie dae nie, maar hy was ’n man van visie. Hy het voortgegaan om te bewys presies waarvan hy die visie gehad het, dit die waarheid was.34 En God het bedoel om Sy Woord as die Waarheid te bewys. So Hy…Daar was net een Mens wat dit kon doen, en dit was Jesus. En Hy het gekom en bewys dit is die Waarheid. Dit het dit verseël. En dit het al die seëls van somberheid verbreek, en het al die—die bygelowe van ander godsdienste, ensovoorts, uitmekaar laat spat, waar groot manne opgestaan en groot, wonderlike dinge gesê het; maar hulle is, elkeen, in die graf. Maar ons Christelike godsdiens is die enigste een wat die leë graf het. En dit bewys vir my dat Hy die God van die dooies is, en God van die lewendes, dat Hy die dooies kon opwek, weer terug tot die lewe. En hierdie lewendmakende krag, lewendmakende Gees van Hom, het deur die jare bewys dat Hy die Een is wat die dooie lewend kan maak, weer terug tot die lewe.35 En toe Hy bewys het deur Sy belofte, hierdie groot oorwinnende krag wat Hy gehad het, op die Pase het Hy bewys dat Hy die dood, die hel, en die graf kon oorwin. “Ek is Hy wat dood was, en weer lewend is, en vir ewig lewe; en het die sleutels tot—tot die dood, hel, en die graf.” Wat ’n—’n stelling vir enigeen om te maak. En nie net het Hy dit gemaak nie, maar Hy het alreeds bewys dat Hy—Hy het wat Hy op aanspraak gemaak het om te hê.36 En ek dink, God haas die dag dat wanneer ons, as Christene wat hierdie Bybel glo, kan bewys waarvan ons praat. Sien? Dis wat maak, soos ’n ruk gelede gesê is: “Die sout van die aarde,” het die suster gesê. Dis reg. Die wêreld soek na hierdie sout. En wanneer ons kan bewys deur ons lewens, en deur die Bybel, dat ons lewens daardie Woord bevestig as synde lewend vandag, dat dit die dag is waarna ons uitsien.37 Die Woord: “Hierdie Gees…” Romeine 8 daar, daardie 11, het gesê: “As hierdie Gees wat Jesus Christus opgewek het, in julle is, sal ook julle sterflike liggame lewend maak.” Nie

Page 7: AFR65-0410 Die Paasseël VGR - Branhamdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-0410 The Easter Seal...ons uitsien na die Koms van die Here. 12 En soos die lied lui, ons is opsoek na daardie

DIE PAASSEËL 7

net het Hy bewys vir Hom, aan ons, dat Hy Jehova Verlosser is en mag oor die dood, hel en die graf het nie, maar Hy gee ons ook die toegang tot dieselfde Gees, dat ons self die versekering kan hê dat ons ook lewend gemaak word deur daardie Gees. Want die Gees wat Jesus uit die dood opgewek het, woon in jou liggaam. Dit sal ook jou sterflike liggaam lewend maak. Nou, die woord lewendmaak beteken “om lewend gemaak te word na die dood.” Nadat dit dood is, dan word dit lewend gemaak.38 Die wêreld was toegesluit in twyfel, vir baie eeue tot toe. Dit is bewys, nie net oor gepraat nie, maar is bewys. Ek dink dat enigiets wat die moeite werd is…39 Soos Jesus gesê het: “Gaan julle daarom, verkondig aan alle nasies; en bewys vir hulle, deur die krag van God vir hulle te demonstreer. Vir hulle wat geglo het sal hierdie tekens volg.” Hulle wat beloof en sê hulle glo, Hy gee ons ’n definitiewe begrip daarvan, dat: “Vir hulle wat geglo het sal hierdie tekens volg.” Dit sou die bewys wees van hulle getuienis. Nou, ons kan sê ons glo. Maar totdat ons is die bewese teken het wat Hy gesê het wat op ons sou wees, dan bely ons net gelowiges te wees, en nie die besit van gelowiges nie.40 Want, onthou, ’n paar dae gelede, het ek geluister na ’n—’n radioprogram op KAIR onder in Tucson. En hierdie prediker het die standpunt ingeneem teen ons, dat: “Die pinkster godsdiens is niks anders as net skyn nie. Daar is…Moenie daarna luister nie. Dit is onstabiel.” En het gesê: “Enige mens wat in tale spreek, en hierdie dinge, en voorgee te wees, die siekes genees, ensovoorts, deur gebed, dat daarvan weggebly moes word. En om te bid vir daardie arme gebreklike mense, omdat hulle in ’n—’n illusie verkeer, dat daar iets met hulle verkeerd is.” O, hoe graag sou ek met daardie broer wou kon praat net vir ’n rukkie! En hy het gesê dat die… “Dat, dit is slegs gegee vir die apostels op die Pinksterdag, en dit was al.”41 Ek vind dat, dertig jaar later, het Paulus hierdie gawes in die Kerk georden. In Een Korinthiërs 15, dat: “Hy het in die Kerk geplaas die gawe van spreek in tale, wonderwerke. En al hierdie ander gawes is in die Kerk ingestel.”42 Jesus het dit gesê. “Gaan julle in die hele wêreld in en verkondig die Evangelie aan elke skepsel.” Hoe ver? “Die hele wêreld.” Aan wie? “Elke skepsel.” Hulle het Dit nog nie ontvang nie. “En vir hulle wat geglo het sal hierdie tekens volg.” Hoe lank? “Die hele wêreld.” Aan wie? “Elke skepsel. Hierdie tekens sal hulle volg, in die hele wêreld, en in elke skepsel. Hierdie tekens sal hulle volg: in My Naam sal hulle duiwels uitdryf; in nuwe tale spreek; as hulle ’n dodelike ding opgetel het, of slang, of ’n dodelike iets gedrink het, sal dit hulle nie skaad nie; hulle sal hulle hande op die siekes lê, en hulle sal gesond word.” Dit was Sy laaste opdrag aan die Kerk, Markus die 16de hoofstuk.

Page 8: AFR65-0410 Die Paasseël VGR - Branhamdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-0410 The Easter Seal...ons uitsien na die Koms van die Here. 12 En soos die lied lui, ons is opsoek na daardie

8 DIE GESPROKE WOORD

43 Paulus orden hierdie gawes in die Kerk, dertig jaar later. En het gesê, in Galásiërs 1:8: “As ’n Engel uit die Hemel aan julle verkondig enige ander Evangelie as Hierdie wat alreeds ontvang is,” sien, alreeds verkondig is: “laat hom vervloek wees.” Ek glo dat pinkster begin het sonder ’n einde. Ek glo dit sal wees vir elke skepsel, alle tye, op alle plekke, dat pinkster altyd behoort te bly. Die pinksterseëninge behoort op die mense te wees.44 En nou, wat is hierdie pinksterseëning? Dis die bevestiging van die opstanding. Geen wonder die Evangelie Self beteken “goeie nuus” nie. Goeie nuus van wat? Hy het uit die dood opgestaan. “En omdat Ek leef, leef julle ook.” Julle wat eenmaal dood was in sonde en oortredinge, God het ons saam lewend gemaak, deur daardie Gees wat Jesus uit die dood opgewek het. En ons sit nou in Hemelse plekke saam met Hom, hou gemeenskap met Hom, praat met Hom. Watter vreugde om mense daardie storie te vertel, wat glo dit is die Waarheid!45 Ek wonder vandag. Dis wat gebeur. Kry ons regtig die mense by God? Kry ons hulle net by die kerk? Ons moet hulle by Christus kry, waar hierdie lewendmakende krag. Dis goed om kerk toe te gaan. Sekerlik. As dit so ver is as wat ons gaan, is dit nie ver genoeg nie. Wanneer ons kerk toe kom, is dit goed; maar gaan voort na Christus, van die kerk af, want ons moet hierdie lewendmakende krag ontvang, as ons ooit verwag om in daardie algemene opstanding te wees, want dit is die enigste ding wat ons ooit uit die dood sal bring. “Want as hierdie Gees wat Jesus uit die dood opgewek het, in julle woon, sal Dit ook, julle sterflike liggame lewend maak, tot lewe bring.” Watter belofte aan ons!46 Nou let op. Die einste doel van hierdie opstanding is om te sê en te toon, en te bewys dat Jesus opgestaan het uit die dood. Hy’s nie dood nie. Hy’s lewend. Hy lewe hier. Hy’s in ons. “Ek sal met julle wees, selfs in julle. ’n Klein tydjie en die wêreld sien My nie meer nie. Tog, julle sal My sien, want Ek sal met julle wees, selfs in julle, tot aan die einde van die wêreld.”47 Nou, as Christene, maak ons almal daarop aanspraak dat Hy leef, of ons is lewend gemaak van—lewend gemaak van lewe…van die dood tot die Lewe, deur Sy Gees. En as ons nie lewend gemaak is nie, dan is ons nie lewendig gemaak nie.48 Nou gaan ons in hierdie onderwerp inbreek, as die Here wil, en soort van dit onderrig vir ’n paar minute, hoedat: is ons lewend gemaak, en kan ons seker wees dit is die Waarheid?49 Nou, dis in jou eie lewe, dit is my lewe. Dis waar dat dit…As dit nie Waarheid is nie, wat ek gereed maak om te sê, dan is ek een van die dwaasste mense in die wêreld. Ek het my lewe gegee vir iets waaraan daar niks is nie, en so het julle. Maar as dit die Waarheid is, dan skuld ek alles wat ek is. Ek skuld alles wat ek sou kon wees, vir die saak, waarvoor ons staan. En ek dink ons moenie ons entoesiasme verloor nie.

Page 9: AFR65-0410 Die Paasseël VGR - Branhamdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-0410 The Easter Seal...ons uitsien na die Koms van die Here. 12 En soos die lied lui, ons is opsoek na daardie

DIE PAASSEËL 9

50 En soos ons die Pase sien naderkom, doen dit net iets onder in my, waar ek—ek weet dat dit die dag is waarop die ding vir ewig verseël is, voor die oë van God.51 Nou, ons let op, dis dieselfde Gees wat Hom uit die graf opgewek het, wat in ons woon. Nou, hoe sou dit kon wees? Die Gees wat opgewek het, God, Jesus uit die dood, het woning in ons.52 Nou, nou, is die Gees wat lewend maak. Dis nie die Woord wat lewend maak nie. Dis die Gees wat die Woord lewend maak, of die Woord Lewe gee, Dit vlerke gee om te vlieg, Dit toegang verleen. Dis die Gees wat dit doen.53 Nou, die koring, alleen, is net ’n koring; maar wanneer die lewendmakende lewe daarin kom, in die koring, dan gee dit dit lewe. En ons wat eenmaal dood was, gemaak na die beeld van God, en tog dood in sonde en oortreding, daar’s ’n manier wat God hierdie lewendmakende Lewe in julle sterflike liggame moes kry. Ek praat van jou liggaam.54 Nou, Jesus was die Woord. Julle glo dit, dan nie? [Gemeente sê: “Amen.”—Red.] “In die begin…” Johannes 1: “In die begin was die Woord, die Woord was by God, en die Woord was God. En die Woord het vlees geword en onder ons gewoon.”55 Nou, as die beloofde Messias, het Hy elke Woord lewend gemaak wat geprofeteer is dat Hy sou doen; die siekes genees, en hoe Hy uit ’n maagd gebore sou word, dit alles, het dit gemaak. Dis waar. Hy was die Woord, gemanifesteer hier op aarde, maar Hy kon dit nie doen bloot net as ’n Mens nie. Dit het die Gees van God geverg, wat in Hom woon, om hierdie beloftes vir Hom lewend te maak. Ek hoop ons kry dit nou heel duidelik. Jesus, synde ’n Mens, Hy Self, die liggaam, maar dit het die Gees in Hom vereis, die Gees. “Dis nie Ek wat die werke doen nie. Dis My Vader wat in My woon. Hy is die Een wat die werke doen.” Sien? Jesus Self was die Woord, want Hy was. Voor God…56 Dit is ’n slegte woord om te gebruik, en ek hoop julle neem dit reg op, voor ’n skare. Maar Hy is voorbestem deur die voorkennis van God, hoe God se plan sou wees, dat Hy ’n Verlosser sou stuur, en hierdie Verlosser sou slegs Sy Eie Seun kon wees. So, dan, dit was God se belofte, al die pad van die tuin van Eden, dat Jesus hier sou wees. Hier was Hy as ’n Mens, gebore uit ’n maagd, maar dit het die Gees van God vereis om daardie Woord vir Hom lewend te maak. En Hy was die Woord, lewend gemaak, die Woord lewend gemaak vir daardie uur. Die tyd het gekom toe jy ’n Verlosser moes hê. Die wet het gefaal. Ander dinge het gefaal. Nou, vereis dit ’n Verlosser, en Hy was die beloofde Verlosser. Hy is lewend gemaak deur die Woord van God.57 En nou as daardie selfde Gees wat op Hom was om die Verlosser te wees in daardie eeu, waarvan ons nou die belofte aanvaar het in hierdie laaste dae, wat sou plaasvind; as jy

Page 10: AFR65-0410 Die Paasseël VGR - Branhamdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-0410 The Easter Seal...ons uitsien na die Koms van die Here. 12 En soos die lied lui, ons is opsoek na daardie

10 DIE GESPROKE WOORD

deel word van daardie Woord, is jy met Hom verlos, omdat dieselfde Gees wat in Christus gewoon het, in jou woon, jou lewe lewend maak tot hierdie eeu. En Dit sal ook, in die endtyd, julle sterflike liggame lewend maak, hulle opwek, hulle weer terugbring. Dit neem die somberheid weg wanneer ons daarna kyk, daarmee. En dis die Waarheid. Sien?58 Romeine hier, het Paulus dit vir ons bewys. Sien? “As die Gees wat Jesus uit die dood opgewek het, in julle woon, sal dit ook julle sterflike liggame lewend maak.” Dit is dieselfde Gees wat Hom opgewek het, wat die ware gelowige lewend gemaak het tot die Ewige Lewe. Die Gees wat Jesus uit die dood opgewek het, woon in die gelowige, maak die gelowige lewend tot die Ewige Lewe.59 Daar’s net een Lewe, een Ewige Gees, een Ewige Lewe, en dis God. God, alleen, is die Ewige. En dan is ons, synde Sy kinders, deel van Hom, dit is, die eienskappe van Sy denke. En die gedagte word uitgedruk en word ’n woord. Dan, elke indiwidu hierbinne, wat hierdie Ewige Lewe besit, was voor die grondlegging van die wêreld in God se denke. Dis al hoe dit kon wees, want jy’s ’n eienskap. Dis ’n uitdrukking van ’n gedagte, het ’n Woord geword; en ’n Woord het tot Lewe oorgegaan, en dis Ewig. Dis waarom ons Ewige Lewe het. In dieselfde beginsel wat die groot Seun van God, die Verlosser; ons word seuns en dogters van God, deur dieselfde Gees, deur dieselfde voorkennis van God.60 Kyk na die miljoene op aarde wat Dit nie ontvang het toe Jesus hier was nie. Maar hoe dankbaar behoort ons nie te wees vanmôre, om te weet dat ons die direkte getuienis en die Bybelse bewyse het, dat ons ingesluit is in daardie groot opstandingsmôre wat kom, daardie groot Pase. Ons het die onderpand daarvan, reeds nou in ons sterflike liggame. Die voorbestemdes is die eerste, natuurlik, om lewend gemaak te word, wanneer die Heilige Gees kom om Sy eie op te eis.61 Nou, daar’s ’n groot stelling, en ek wil hê my predikerbroers moet dit probeer verstaan. Sien? In die begin, God, die groot Gees, Hy was toe nie eens “God” nie. Hy was die Ewige. God is ’n “voorwerp van aanbidding.” Hy het niks gehad om Hom te aanbid nie. Daar was geen—daar was geen Engele nie, niks nie. Net God alleen, Hy alleen, is Ewig. Maar, ten einde God te wees, moes daar iets wees om Hom te aanbid, so Hy het Engele geskep, en Wesens, en Gérubs, ensovoorts, om Hom te aanbid. Sy groot plan het begin ontvou.62 Maar onthou, jy, in die—die gestalte waarin jy is, vanmôre, as jy nie toe in Sy denke was nie, is jy nie nou nie. Want jy, daar’s ’n deel wat in jou is, wat Ewig is, en Ewig behoort slegs aan God. En in God was Sy denke van jou wat sit net daar waar jy nou is. In Sy denke, het ek op hierdie preekstoel gestaan vanmôre, want Hy’s oneindig en weet alle dinge.

Page 11: AFR65-0410 Die Paasseël VGR - Branhamdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-0410 The Easter Seal...ons uitsien na die Koms van die Here. 12 En soos die lied lui, ons is opsoek na daardie

DIE PAASSEËL 11

Daarom kon Hy die einde van die begin af ken, omdat Hy Ewig is. En jy, synde ’n seun van God of ’n dogter van God, dan was jy aan die begin in Sy denke.63 En dan wanneer die Heilige Gees kom, en jy op aarde is, hier rondloop as ’n sondaar, is daar iets diep onder in jou lewe. Jy weet nie wat plaasvind nie, maar jy’s honger. Ek het die Presbiteriaanse broer gehoor; ek het die—die Baptis hoor praat oor, destyds daar, hy was ’n—’n Vrye wil Baptis, preek waar hy kan. My medebroer, dat jy, daar’s iets in jou, iets wat jy nooit daarbinne gesit het nie. Dis iets wat jy nie kon begeer om daarbinne te wees nie. Dis iets wat teenstrydig is met jou eie geaardheid. Dis die voorkennis van God, wat plaasvind, God se Woord.64 En Jesus is gebore die Seun van God, om Emmanuel te wees, God se volle uitdrukking in ’n Mens. En Hy het Hom in volmaakte gehoorsaamheid gevind, onder by die Jordaanrivier, is gedoop deur daardie profeet. En sodra Hy Hom gehoorsaam het, en uit die water uitgeloop het, het die Hemele vir Johannes oopgegaan. En hy het die Heilige Gees sien neerdaal uit die Hemel, gesê: “Dit is My geliefde Seun.” Sien? Volmaakte gehoorsaamheid, die Gees het Hom opgesoek, in gehoorsaamheid.65 O, eiesinnige man of vrou, vanmôre, wanneer jy hier sit, en daar’s iets in jou wat jou sê Dit is reg, is dit die Heilige Gees wat jou opsoek, om jou tot ’n kennis van Waarheid te bring van hierdie uur waarin ons nou leef, nie een of ander uur wat verby is nie, die uur nou.66 Daar was duisende daar wat ’n vergange uur gehoorsaam het. Maar daar was ’n teenswoordige—tyd uur, dit was die uur dat Jesus sou verskyn, en daar het die Woord gestaan. Daar het die mense gestaan. En hier het die manifestasie van God plaasgevind, om te bevestig dat dit die Waarheid was.67 En as pinkstermense, vandag, laat my dit sê, dat ons staan in hierdie laaste dae waar God beloof het Hy sou Sy Gees uitstort op alle vlees, en Sy seuns en dogters sou profeteer. Want Hy het gesê: “Vir hulle wat geglo het sal hierdie tekens volg.” Dis die uur. Dis wat daardie skepping in jou maak.68 Soos ek hier gepreek het, nie lank gelede nie, het dit ’n bietjie ontheiligend geklink; maar ek hoop dis nie so nie, vir julle, vanmôre. Die boer wat die arend laat sit het, of die hen laat sit het, en ’n arendeier gehad het. Baie van julle onthou die storie van die ou arend wat hier oorkant geboorte gee aan—aan hierdie…Of, die hen wat hier geboorte gee aan hierdie kuiken, of—of—of ’n eier van ’n arend onder haar hoendervere. Sien? Dis die atmosfeer.69 Die Presbiteriaanse kerk, Metodiste kerk, Baptiste kerk, enigeen van hulle kan hierdie arende voortbring. Sekerlik. Dis die atmosfeer wat dit doen. Soos Dr. Bosworth altyd gesê het:

Page 12: AFR65-0410 Die Paasseël VGR - Branhamdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-0410 The Easter Seal...ons uitsien na die Koms van die Here. 12 En soos die lied lui, ons is opsoek na daardie

12 DIE GESPROKE WOORD

“Jy sou ’n hoendereier kon neem en dit oorkant onder ’n klein hondjie sit, en hom vasbind, ’n klein hondjie sou ’n kuiken uitbroei.” Waarom? Dit is die atmosfeer. En wanneer enige kerk of enige groep wat hulle saam sou vergader, en bid totdat hulle hulle geloofsbelydenisse en dinge weggooi, en reguit in die aangesig van God kyk, sal dit arende voortbring net so seker as wat ek hier staan.70 Dis wat ek dink hierdie sakemanne se groep gedoen het, die atmosfeer probeer afbreek. Ons raak te kliekerig. Een behoort hieraan en daaraan. Laat ons die atmosfeer afbreek en die atmosfeer in ’n Hemelse aanbidding kry. Kry die atmosfeer reg, arende sal gebore word, en—en uit enige kerk, enige plek.71 En hierdie arendjie het vir ’n lang ruk saam met die hen geloop, maar die—die gekloek was soort van vreemd. Hy het nie verstaan wat die hen bedoel wanneer sy geskrop het in die—die—oorblyfsels van die mishope op—op die werwe nie. En dit was nie kos, vir hom nie. En sy het goggas geëet ensovoorts, wat ’n arend nie eet nie. So dit het vreemd gelyk, alles, vir hom. En hy was ’n lelike eendjie, was hy. Sê dit nie ontheiligend nie. Miskien was hy ’n Vrye wil Baptis, en, maar iets van daardie aard, of ’n Presbiteriaan.72 Maar, weet julle, eendag het sy moeder geweet dat sy ’n eier gelê het. Daar moes ’n kind wees, êrens. So sy het haar groot vlerke teen die winde gegooi, en sy het gesoek en sy het gesoek, geroep so hard sy kon. En eendag, het sy oor die plaaswerf gevlieg. En toe hierdie arendjie hierdie bekende geroep hoor, hy het dit nooit tevore gehoor nie, maar hy het besef dat dit hom pas soos ’n handskoen oor ’n hand. En hy het geweet dit was sy moeder. Sy het geweet dit was haar seun. Sy was op soek na hom.73 So het God, in elke eeu, Sy Kerk vir daardie eeu beskik, ’n Boodskap vir daardie eeu. En hulle kon wette hê, en enigiets wat hulle wou. Maar wanneer daardie uur kom, die Heilige Gees van God, wat aan die begin uitgedink is en uitgespreek is vir daardie eeu, daardie Gees soek daardie eier. En wanneer hy daardie Boodskap hoor, is daar geen kerkdenominasie wat dit gaan teëhou nie. Dit sal na die hoogtes styg. Dit moet. Dis ’n ander voël. Dis ’n ander skepsel. Hy’s ’n arend, en hy sal die geroep hoor. “My skape luister na My Stem.” Soos iemand gesê het, Broer Williams: “Skaapkos.”74 “My skape luister na My Stem. ’n Vreemdeling sal hulle nie volg nie.” Maak nie saak hoe lojaal die kerk was nie, en hoeveel van sy groot naam dit het nie. “Wanneer My skape My Stem hoor,” wat die Woord is: “sal hulle ’n vreemdeling nie volg nie.” Hulle sal net reguit na daardie Woord toe gaan, en kan dit doen. Dis soos ’n—’n magneet.75 Eendag, bo in Indiana, het ek daardie staalfabrieke besoek, en die fluit het geblaas. En almal het hulle voorskote afgehaal,

Page 13: AFR65-0410 Die Paasseël VGR - Branhamdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-0410 The Easter Seal...ons uitsien na die Koms van die Here. 12 En soos die lied lui, ons is opsoek na daardie

DIE PAASSEËL 13

en begin vee die…van hulle draaibanke af, af na die middel van die vloer, die skaafsels wat hulle deur die dag gemaak het. En ek het saamgestap met die man wat my deurgeneem het, en hy het gesê: “Kyk hierna.” En so het elke man sy—sy bankdrag geplaas op die—bo op die tafel, weggestap.76 Ver agter aan die agterkant, het hy ’n knoppie gedruk. En hier kom ’n groot magneet deur, en dit het nou elke stukkie yster opgetel wat afgeskaaf is van daardie stukke, en uitgegaan. Dit het dit gedemagnetiseer; dit het in’ n kroes geval. En is oorgesmelt, vir ’n ander stuk goedere, dieselfde ding, asse of wat hulle ook al gebou het.77 En ek het daar gestaan en daarna gekyk, tot ek—ek myself net verloor het. En ek het gesê: “Ek wonder oor iets.” Hy het gesê: “Wat is dit, meneer?” En ek het gesê: “Ek let op dat deel daarvan nie opgegaan het nie.”78 Hy het gesê: “Dis aluminium, en die magneet is nie magneties vir die aluminium nie.”79 Ek het gesê: “Ek sien.” En hy het gesê…Toe sê ek: “Wel, let jy op, daar is ’n stuk yster wat dwars lê.” “Maar, sien jy, meneer, dit is vasgebout.”80 Ek het gesê: “Ek sien.” En toe hy dit uitgeneem het, het ek gesê: “Nou wat gebeur, dit daarbuite?”81 Sê: “Dit gaan direk terug in die fabriek, uitgegiet deur die kroes, en kom direk terug en maak nog ’n wiel.” Ek het gesê: “Prys die Here!” Dit is dit. Sien?82 Daar is ’n groot magneet wat in die lug sit, waaraan God eendag met Sy vingers sal raak. Geen mens ken die tyd dat Hy Kom nie, nie eens die Engele van die Hemel, weet nie. God alleen weet. Maar daar was ’n paar skaafsels gewees wat van die Bybel afgekom het, Bybel—Christene, gelowiges vir hierdie uur. Een van hulle kon dalk ’n as gewees het destyds in ’n ander dag. Hierdie mag ’n ander onderdeel wees. Dit gaan voort om die groot bewind van God te maak. Maar dit sal gesmelt word in die pot van God se groot kroes, en weer uitgegiet word in die ewebeelde van God. En net die wat gemagnetiseer is daarvoor sal opgeneem word. O, hoe om…Watter voorreg is dit nie, om te weet daar is iets in die opstanding wat op ons betrekking het nie!83 Nou, let op, herken die geroep van God se Woord, wat ’n deel daarvan is. En dis van ’n arend aan ’n arend. Nou, as daardie moeder sou geskree het soos ’n—’n aasvoël, sou hy dit nooit geken het nie. Hy sou net so goed daaraan toe gewees het op die plaaswerf. Maar dit was die geroep van ’n arend. Daar was iets in daardie kêreltjie, dat hy geweet het hy is ’n arend.

Page 14: AFR65-0410 Die Paasseël VGR - Branhamdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-0410 The Easter Seal...ons uitsien na die Koms van die Here. 12 En soos die lied lui, ons is opsoek na daardie

14 DIE GESPROKE WOORD

84 En dit is dieselfde ding met elke ware gelowige. Wanneer die verkondiging van God se Woord uitgaan, en bevestig word en bewys word dat dit God se Woord is vir hierdie uur, dan is daar Iets binne—in die gelowige. Ek gee nie om hoe lojaal sy vader was aan ’n kerk, of hoe lojaal sy moeder was, of sy grootouers nie, en as die kerk teenstrydig leer met hierdie uur van doop van die Heilige Gees Boodskap. Daar’s iets in hom wat uitroep. Hy sal die plaaswerf verlaat. Hy moet dit doen. Die hoender mag op ’n dag in orde gewees het, maar dit is arend—uur. Sien? Dit—dis ’n verskil. Daar is iets, wat, hy moet die ou hoenderhok verlaat en wegvlieg die bloute in. Dan word hierdie aardse liggaam lewend gemaak en gebring, deur die lewendmakende Gees, tot die gehoorsaamheid aan God se Woord.85 Nou, wanneer hierdie Heilige Gees, voorgestel as die arend wat oor die land vlieg, en die gelowige vind. “Geen mens kan na My toe kom nie, geen mens kan na My toe kom soos hy wil nie. Almal wat die Vader My gegee het, sal na My toe kom, maar geen mens kan uit homself kom nie.” Dit is nie jou eie denke, jou eie trekkrag nie. Dis God, wat trek. Sien? “Almal wat die Vader My gegee het, sal na My toe kom.”86 Nou, die Heilige Gees is hier op aarde, soek daardie indiwidue uit wat God tot Lewe beskik het in hierdie eeu. En sodra Dit dit vind, doen Dit net soos Dit gemaak het op Jesus Christus, die groot Superseun van God Wie ons almal verlos het. Dit daal neer en neem Sy woonplek in in die menslike lewe, nou, let op, het die lewendmakende krag gebring. Nou, daardie lewendmakende krag wat op Jesus gekom het, het Hom lewend gemaak om elke belofte te manifesteer van die Woord van daardie dag. So maak die Heilige Gees wat op ons kom in hierdie dag, as dit nie ’n nagebootste heilige gees is nie, jy nie die Duiwel is wat die Heilige Gees naboots nie, maar die regte, ware Heilige Gees is. Dit sal die belofte van hierdie uur manifesteer.87 Toe Dit op Luther geval het, het Dit daardie belofte van daardie uur gemanifesteer. Toe dit op Wesley geval het, het Dit die belofte van daardie uur gemanifesteer. Wanneer Dit in hierdie dag val, manifesteer Dit die belofte van hierdie uur. Toe Dit op Moses geval het, het Dit die belofte van daardie uur gemanifesteer. Op Noag geval het, manifesteer Dit die belofte van daardie uur. Toe dit op Jesus geval het, manifesteer Dit die belofte van daardie uur. Sien?88 Dis die Heilige Gees wat neerdaal, om lewend te maak, daardie mense lewend te maak wat voorbestem is deur God om in die Wegraping te wees. Let op. Dit is, as hy ’n ware arend is, sal hy die Boodskap van die uur verstaan as hy ’n ware arend is. Nou, die arendjie het waarskynlik, op die plaaswerf, goed geëet, maar hy—hy het geweet dis nie presies reg nie. Maar toe, toe hy die Waarheid gehoor het, toe het hy hierdie Waarheid ontvang. Nou, in Johannes 14…

Page 15: AFR65-0410 Die Paasseël VGR - Branhamdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-0410 The Easter Seal...ons uitsien na die Koms van die Here. 12 En soos die lied lui, ons is opsoek na daardie

DIE PAASSEËL 15

89 Johannes 5:24, liewer, het Jesus gesê, op hierdie wyse gepraat: “Hy wat My Woorde hoor, en glo in Hom wat My gestuur het, het ewigdurende Lewe, en sal nie in die oordeel kom nie, maar het van die dood tot die Lewe oorgegaan.” Dink net hoe eenvoudig dit is. “Hy wat glo.” Nou, die korrekte manier om dit te sê: “Hy wat verstaan.”90 Nou, gaan jy hier op die straat en sê vir hierdie prostituut: “Glo jy?” “Sekerlik.” “Glo jy Hy’s Seun van God?” “Sekerlik.” “Al gedoop?” “Sekerlik.”91 Gaan af na die dronklap, sê: “Het jy Dit gehoor? Daardie prediker gehoor preek?” “Ja.” “Glo jy Dit?” “Sekerlik.” Sien?92 Maar: “Hy wat verstaan, hy wat sy plek ken in hierdie uur, hy wat My Woord hoor en glo in Hom wat My gestuur het, het” (teenswoordige tyd) “Ewige Lewe. Sal nie in die Oordeel kom nie, maar het alreeds uit die dood tot die Lewe oorgegaan.” Dan wanneer hierdie nuwe Ewige Lewe in jou woon, is Dit die potensiaal, of die onderpand van jou wat van die sterflike na die onsterflike lewend gemaak is.93 Laat ek dit weer sê. Wanneer Hierdie Gees jou gevind het, die indiwidu, en op jou gekom het, is Dit die potensiaal van jou Ewige erfenis wat God van jou gedink het en vir jou gemaak het voor die grondlegging van die wêreld. Dit is jou potensiaal.94 Soos as jy my vir ’n akkerboom gevra het, en ek gee jou ’n akker. Nou, die—die—die lewe vir die akkerboom is nou in die akker, maar jy moet wag tot dit opgroei.95 So moet ons. Wanneer jy die Heilige Gees van God ontvang, is Dit God se potensiaal wat op jou wag, wat jou alreeds herken het. En jy’s verseël deur die Gees van belofte, van God, in die Liggaam van Christus. Toe God afgekyk het op Gólgota en Jesus sien sterf het, het Hy nie…O! Hy het gesterf vir Sy Bruid, die Liggaam, wat die Woord—Kerk is, die Kerk wat die Woord van God vir die eeu glo, of dit voete is, liggaam, kop, of wat dit ook al is. Sien? Dis…Christus het gebloei en gesterf. En God, wat na Hom kyk, het Sy opstanding gesien, en die Kerk het met Hom opgestaan op die Pase.96 Nou, ek wil hê julle moet dit alles saam kry, want ek het iets hier oor ’n rukkie, wat ek wil sê, as die Here wil.

Page 16: AFR65-0410 Die Paasseël VGR - Branhamdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-0410 The Easter Seal...ons uitsien na die Koms van die Here. 12 En soos die lied lui, ons is opsoek na daardie

16 DIE GESPROKE WOORD

97 Nou let op. Dis die onderpand, of die potensiaal, die lewendmakende krag van jou opstanding, wanneer jy die Heilige Gees ontvang. Woon dan in jou, die potensiaal daarvan.98 Let op, jy—jy is nou op jou weg, groei tot die volle opstanding. Geen boom kom sommer oornag op nie. Dit moet groei, soos ons groei in die genade en kennis van God. Jy word in die Heilige Gees ingedoop. Nou, soos die Pinksterkerk, in die Heilige Gees ingedoop, het Dit begin groei. Takke het gesterf. Hulle het hulle afgesnoei. Maar die Boom groei steeds, groei steeds voort, want Dit moet tot die opstanding kom.99 Hulle word gelei deur die Gees, om die Woord lewend te maak vir julle, wat die gelowiges is. Die Woord hou aan lewend maak, soos jy kom by die eerste tak, tweede tak, derde tak, voort boontoe. Dit bly net lewend maak. Die Gees van God bly lewend maak vir jou.100 Let daarna op, Pinkster, hulle liggame is lewend gemaak deur die nuwe Lewe wat hulle ontvang het. Dit laat my godsdienstig voel. Dink. Nou, hier was mense, vissermanne, belastinggaarders, die nederige vroutjies van…en sommer gewone huisvroue, maagdelike meisietjies. Hulle was gelowiges. Hulle het geglo dat dit die Waarheid was. Hulle het dit geglo, toe Jesus gesterf het. Hulle het in Hom geglo. En het weer opgestaan, uit die dood; hulle het geglo dit is die absolute getuienis van God, dat Hy Hom lewend gemaak het.101 Nou, hulle gaan op, na die Pinksterdag, om hulle uittreksel te ontvang. Weet julle wat is ’n uittreksel? Is wanneer ’n akte oorgedra is. Hulle het daarheen gegaan om hulle uittreksel te ontvang. En hulle is lewend gemaak, of watter ontroering! Hulle het die grond gekoop; is vir hulle gekoop. Hulle het dit ontvang.102 Is dit waar of nie? “Ons het Hom sien opstaan, maar nou wat van ons? Ons is getuies. Ons het gestaan en gesien die Man word gekruisig. Ons het die wolke sien oorkom oor die aarde en die lug verdonker. En die—die aarde het gebewe en geskud; dit het ’n senuwee—ineenstorting gehad. Dan toe…Hulle het Hom in ’n graf geplaas. Hulle het Hom in die hart gesteek, met ’n spies, en hulle het Sy liggaam afgehaal en dit neergelê in die graf van Josef van Arimathéa.103 En toe vind hulle uit, dat, op die derde dag, Hy weer opgestaan het. En soos die dissipel gesê het: “Ons is getuies hiervan. Ons het Hom sien opstaan. Ons weet Hy leef.”104 Nou wat het dit gedoen? Dit het al die vrees weggeneem. Geen wonder nie Jesus het gesê: “Moenie vrees nie. Ek is Hy wat dood was, en lewe vir ewig.” Sien? Dit het al die vrees weggeneem, toe hulle dit gedoen het.105 Nou, maar toe hulle na Pinkster toe gegaan het, daar het hulle die lewendmakende krag ontvang, die krag wat hulle lewendig gemaak het.

Page 17: AFR65-0410 Die Paasseël VGR - Branhamdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-0410 The Easter Seal...ons uitsien na die Koms van die Here. 12 En soos die lied lui, ons is opsoek na daardie

DIE PAASSEËL 17

106 Nou, dis daar waar ek dink dat, julle Presbiteriane en Metodiste broers, julle wel potensieel ontvang by geloof aan die Here Jesus Christus, maar die uittreksel het nog nie gekom nie. Dis die oordrag van die akte.107 God het Abraham ’n belofte gegee. Abraham het God geglo, en dit is hom tot geregtigheid gereken. Maar Hy het die verbond verseël deur die seël van besnydenis.108 En God gee jou ’n belofte, potensieel, dat jy dit sal ontvang, en jy opgewek gaan word, hierdie liggaam gaan verheerlik word met Hom in die endtyd. Maar, jy sien, jy moet oordrag kry van daardie akte. En die oordrag is wanneer alles daarteen afgeskryf is, en jy die uittreksel daarvan gekry het. Jy het die seël. Dis joune. Alles wat daarop is, behoort aan jou. Amen.109 En wanneer ons glo aan Jesus Christus as ons Verlosser, en ons bekeer en gedoop word, en daartoe kom om Hom te glo; herken God ons bekering en ons geloof in Hom, en stuur die uittreksel af. En die uittreksel is die versekering. Dis die waarborg dat, alles wat ooit teen jou gehou is, jy jou deeglik bekeer het. Halleluja! En die eiendom is gekoop, en jy hou die uittreksel as die versekering.110 Laat iemand probeer om jou van die grond af te sit, sê hy behoort, en jy met die uittreksel in jou hand. Laat hom dit probeer doen. Daar is nie ’n wet in die land wat dit kan doen nie, want jy hou die uittreksel.111 En daar’s geen duiwel, geen kerk, of enige teologie, wat die grense kan oorskry van God se bewys en uittreksel, dat die doop van die Heilige Gees ons in Jesus Christus erken het nie. Ons sal net so seker opstaan as wat Hy opgestaan het, want potensieel het ons alreeds in Hom opgestaan. Amen.112 Die ou dinge. Wat doen dit aan ons sterflike liggame? Dit swaai ons opinie, verander ons idees. Dit plaas ons gevoelens op dinge wat Daarbo is. En die rook, drink, dobbel, die dinge wat jy altyd gedoen het, is dood. Dis benede jou.113 En jy is lewend gemaak. En hierdie lewendmakende krag bring jou liggaam alreeds in ’n weggeraapte toestand. Let op die Pinkstermense daarbo, toe hulle lewend gemaak is deur die Heilige Gees. Luister na my. Toe daardie pinkstergroep daar, op die Pinksterdag, hulle akte—uittreksel van God ontvang het, sekerlik, het dit hulle siele verheerlik. Hulle het uitgeroep. Hulle het Vuurtonge gesien afskei op elkeen van hulle. En dit het hulle liggaam so verlewendig, totdat hulle nie eens meer in ’n aardse taal kon praat nie. Dit het hulle liggaam verlewendig tot ’n Hemelse taal, die Plek waarheen hulle gaan. Lewendmakende krag van God het hulle sterflike liggame so geskud, dat hulle hele sterflike taal verheerlik is, getransformeer in ’n onsterflike taal. Watter lewendmakende krag! Wat? Iets wat behoort.

Page 18: AFR65-0410 Die Paasseël VGR - Branhamdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-0410 The Easter Seal...ons uitsien na die Koms van die Here. 12 En soos die lied lui, ons is opsoek na daardie

18 DIE GESPROKE WOORD

114 “As die Gees wat Jesus opgewek het uit die dood, in julle sterflike liggame woon, sal Dit ook julle sterflike liggame lewend maak.” Ons word dan lewend gemaak deur die krag van die lewende God.115 Tale, lewend gemaak tot ’n nuwe Hemelse taal, om met hulle te praat; ’n wegraping na, opheffing na ’n ander atmosfeer as waarin hulle ooit geleef het. Ook, met die nuwe lewendmakende Lewe in hulle, wat in hulle gekom het, Dit het hulle taal lewend gemaak. Hulle het in nuwe tale gespreek. O, ja!116 Nou hou hulle dop. Dit was ook bedoel om hulle te gee, na hierdie uittreksel, was dit bedoel om hulle elke belofte te gee wat op die gronde was. Elke belofte op die gronde van God se Woord, wat in die Bybel beloof is, daardie lewendmakende krag wat aan hulle gegee is, om daardie belofte vir hulle lewend te maak. Daarom, het hulle hande op die siekes gelê, is hulle genees. Hulle het in nuwe tale gespreek. Hulle het groot tekens en wonders gedoen, want dit was in God se belofte. En toe Jesus gesterf het, om dit vir hulle terug te koop, die gronde wat aan seuns van God behoort het, het Hy gedemonstreer wat God was.117 Hoe durf ons dit sosialiseer en dit in ’n organisasie plaas? Ons het geen reg om dit te doen nie.118 Dis die Heilige Gees, vandag, wat honger harte opsoek wat daardie Boodskap sal glo. Alles in die Bybel, wat beloof is, is vir daardie gelowige. En wanneer jy dit aanneem in sy volheid, en God weet dat jy dit sal doen, gee Hy jou die uittreksel daarvan. En dan is elke belofte wat gemaak is, in jou besit, en die Heilige Gees is daar om dit vir jou lewend te maak. O, goeiste! Watter—watter soort mense behoort ons te wees? Hoe wonderlik om die God se groot Heilige Gees hier te sien om daardie krag uit te voer! Dink daaraan! Wanneer, die Heilige Gees Self, hier om te getuig van hierdie uur. Jesus het so gesê. Hy’s dieselfde gister, vandag, en vir altyd. Hoe durf enige mens om dit Daaruit te vee?119 “Die werke wat Ek doen sal julle ook doen,” Johannes 14:12. “Vir hulle wat geglo het, sal hierdie tekens volg.” Dit is die versekering. Wanneer ons ’n groep mense saam sien sit, en daardie tekens manifesteer hulleself, is dit die versekering dat die uittreksel daar is om te bevestig dat dit eiendom van God is. Amen.120 So, ons is ook Pase. Amen. Ons is nou in ons Pase. Ons is alreeds opgestaan, halleluja, van die dinge van die wêreld, tot die dinge van God se belofte. Nie ons sal nie; ons het. Dis die potensiale.121 Dis God se belofte. Hy sou Sy Gees uitstort in die laaste dae, en dis wat hulle sou doen. Let op, het hulle hande op die siekes gelê; alles wat in God se belofte was. “Ek sal My

Page 19: AFR65-0410 Die Paasseël VGR - Branhamdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-0410 The Easter Seal...ons uitsien na die Koms van die Here. 12 En soos die lied lui, ons is opsoek na daardie

DIE PAASSEËL 19

Gees uitstort in die laaste dae, op alles vlees. Julle ou manne sal drome droom. Julle jong manne sal visioene sien.” En al hierdie verskillende beloftes wat Hy gemaak het, alles lê net daar in God se belofte. Jesus het dit vir ons teruggekoop. En wanneer ons word…122 Of, ons, as ons verordineer is op daardie grond, as ons verordineer is om op daardie grond te wees; soos die arend wat in die hoender se nes loop. As jy verordineer is op daardie grond, is die Heilige Gees hier om jou te vind. En wanneer Dit jou vind, herken jy Sy roepstem. Jy weet watter uur jy in leef. Jy weet dat hierdie dinge veronderstel is om te gebeur. Gou word jy weggeraap om Dit te ontmoet, en nou kom jy in Hemelse plekke in Christus Jesus. O, watter belofte! Watter Hemelse Vader, Wie ons hierdie dinge sou gee!123 Die Gees maak hulle gemeenskap met God lewend, sodat hulle die dooies terugroep tot lewe, in daardie dag. Hulle het hulle liggame op die dooies gelê; hulle het tot lewe gekom. Luister mooi. Hulle het dieselfde dinge gedoen wat Jesus gedoen het, want dieselfde Gees, wat op Hom was, was op hulle. As een Gees ’n mens op hierdie wyse laat optree, laat dit die ander een op daardie wyse optree. As een…124 Hoe kan Dit opkom, sê hy het die Gees van God, en ontken die werke van God? Kan dit nie doen nie.125 Let op. God se Lewe, wat in die Grieks genoem word Zoe, wat deur hulle en in hulle beweeg, het hulle gemoed lewend gemaak vir Sy Woord. Nou, laat ek dit nou heel saggies sê. Die Gees van God wat onder die mense beweeg, maak die gemoed van die persoon lewend vir die belofte van God. Sien? Dit doen dit. Kyk. En ek probeer julle te wys die—die…en julle laat besef dat ek nou praat van die Kerk, en ook lewend gemaak tot Lewe, in Hom.126 Alhoewel, hulle was net Sy eienskappe, om mee te begin. Maar as God gesê het: “In hierdie dag,” destyds aan die begin, “sal John Doe My dienskneg wees,” miljoene jare gelede. Nou, John Doe word in sonde gebore, gevorm in ongeregtigheid, kom na die wêreld en vertel leuens, want hy is ’n sterflike. Maar, miskien, kry hy ’n bietjie van ’n godsdienstige gevoel. Hy sal by ’n kerk gaan aansluit. Miskien sal hy by die Pinksterkerk aansluit. Weet nie. Hy sou by enigiets kon aansluit. Maar laat hy eenmaal onder die atmosfeer van God kom. Sien? John Doe sal beslis herken Wie sy Vader is, net soos daardie arend herken het wie die moeder was. Dit moet dit besef. Sien? Net, dat John Doe God se eienskap is, wat ’n woord geword het, gesproke, en dan soek die Heilige Gees daardie woord op. Hier is dit. Hy roep hom, gee hom ewigdurende Lewe, en bring hom na die Teenwoordigheid van God, God se Woord.

Page 20: AFR65-0410 Die Paasseël VGR - Branhamdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-0410 The Easter Seal...ons uitsien na die Koms van die Here. 12 En soos die lied lui, ons is opsoek na daardie

20 DIE GESPROKE WOORD

127 Kyk. God het dieselfde gehad toe Hy Jesus gesien het. Dit was die—dit was die volbragte werk wat God volbring het met Jesus, toe Hy gesê het: “Dit is volbring.” Die hele plan is volbring.128 En wanneer die Gees van God op jou kom, en jy waarlik een van God se eienskappe is waarvan Hy gespreek het. Nou, as jy nie is nie, sal jy wonder en verbouereerd raak, en hierheen en daarheen hardloop, en wat nog, en nooit tot die kennis van die Waarheid kom nie. [Leë kol op band—Red.] As jy een van hulle is, gaan die ou dinge heel gou verby, sien, en word jy nuut, en die verlossingsplan is volbring. Jy’s gereed om elke Woord te gehoorsaam wat God ooit van jou gespreek het, sien, vir jou om te doen. Jy’s onderdanig aan Sy Woord. Die kontrak, presies, die uittreksel van die kontrak, die titelakte behoort aan jou. Die skulde is alles betaal. Dis alles afgehaal, en soos dit was met die Pinksterdag.129 Nou laat ons let op die lewendmakende, hierdie lewendmakende Gees op ander mense.130 Nou, ek het julle gesê ek sal nie baie lank praat nie, en ek het net twintig minute om my woord te hou, as ek dit doen, let op, om te bly binne die tyd wat ek gesê het, omtrent—omtrent ’n uur. Let nou op hierdie lewendmakende krag. Dit kom slegs…131 Nou, daar’s ’n klomp nabootsery Daarvan. Daar is ’n klomp mense wat regtig dink hulle het Dit, wanneer hulle nie het nie. Klomp mense doen dit omdat hulle ’n vals indruk het van wat hulle ander Christene sien doen het. Satan kan enige daarvan naboots. Ons weet dit. En as sendelinge, kan jy dit nageboots sien: uitroep, dans, praat in tale, al hierdie dinge. Jy kan dit oral nageboots sien. Absoluut. Onder heidene en mense wat ontken daar is so—iets dat Jesus Christus die Seun van God is. Sien? En hulle doen al daardie dinge, self.132 Maar die regte, ware lewendmakende Gees wat na ’n gelowige kom, maak hom lewend tot God se Woord, dis weer terug na Arendsvoedsel, reg terug na waar hy leef. “Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke Woord wat uit die mond van God uitgaan.”133 Laat ons nou let op hierdie lewendmakende Gees soos Dit op ander mense gekom het, soos Dit het op—op die Pinksterdag.134 Laat ons op Pinkster let, hoe hulle opgetree het, en kyk of hulle lewend gemaak is deur hierdie lewendmakende krag waarvan ons praat. Op die Pinksterdag, het hulle almal daarbo gewag. In hulleself, was hulle bevrees. Die Jode, presies wat hulle sou doen, so hulle het bang geword. Maar wat het gebeur? Toe hierdie lewendmakende krag uit die Hemel geval het, het daar ’n dapperheid oor hulle gekom. Daar was iets, ’n begrip, waar hulle nie te seker daarvan was nie, ’n paar uur tevore. Hulle het geweet Hy het—Hy het gesterf.

Page 21: AFR65-0410 Die Paasseël VGR - Branhamdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-0410 The Easter Seal...ons uitsien na die Koms van die Here. 12 En soos die lied lui, ons is opsoek na daardie

DIE PAASSEËL 21

135 Hulle het geweet Hy het opgestaan. Hulle het op pad met Hom gepraat. “Maar was daardie ding vir hulle, of was dit net vir toe, vir Jesus Self?”136 Maar hier op die Pinksterdag, het die Heilige Gees, die uittreksel op die gelowiges geval. Dit het hulle deel van Sy opstanding gemaak, het hom deel van Sy gemeenskap gemaak. Die Heilige Gees het gekom en vir hulle bevestig dat hulle opgewek sou word, omdat hulle toe potensieel opgewek is, van lafaards tot dapper manne.137 Hulle was—hulle was bevrees vir die einste Woord wat hulle gedink het. Moenie dat dit by julle verbygaan nie. Hulle was bevrees. Hulle het geweet dat Hy daardie Woord was.138 Selfs die Jode moes dit erken. Nikodémus het gesê: “Rabbi, ons weet dat U ’n leermeester is wat van God kom. Geen mens sou die dinge kon doen wat U doen, tensy God met Hom is nie. Nou, ons weet dit. Ons erken dit.”139 So die dissipels…Petrus het selfs gesweer in Sy Teenwoordigheid. Hulle almal het Hom versaak by die kruisiging.140 Maar hier is hulle nou in hierdie bovertrek, in die Teenwoordigheid van God. Toe, ewe skielik, hier kom hierdie Heilige Gees uit die Hemel af, en Dit het hulle lewend gemaak. En die lewendmaking plaasgevind het, was hulle nie bang om ’n getuienis te maak van die Boodskap wat hulle geglo het en geweet het die Waarheid is nie. Andersins, was hulle bang Daarvoor.141 Hoeveel Presbiteriane, hoeveel Metodiste, hoeveel Baptiste, in die wêreld vandag, hoeveel Pinkster, wat die Waarheid ken en bang is om ’n standpunt Daarvoor in te neem? Ek is geneig om te wonder, wat was dit wat op julle geval het? Is julle ’n deel van Sy opstanding? Sal jy waag om uit te roep vir een of ander mens se teorie en idee? Of, het jy die ware durf en die—die ware manlikheid wat dit verg, om uit te staan en reg “reg” te noem en verkeerd “verkeerd”? Is jy ’n deel van Sy opstanding, of is jy ’n aanbidder van ’n klomp geloofsbelydenisse? Is jy ’n kerkganger, het jy jou naam daarop, en is dood in sonde en oortredinge? Hy wat nie die volle Woord van God glo nie, is ’n sondaar.142 Daardie Fariseërs het in baie dinge geglo, die Waarheid te wees. Hulle het gesê: “Ons is God se kinders.” En hulle was, totdat daardie Woord verkondig is. Maar toe daardie Woord verkondig is en bevestig is, toe het hulle sondaars geword, oor die verwerping van die Ding wat hulle geweet het reg is, en dit getuig het. “Ons weet U is ’n leermeester wat van God kom, want geen mens sou die dinge kon doen wat U doen, tensy God met U is nie.”143 Ek wonder vandag, waarby is ons? Ek vra julle. Waar kry hierdie opstanding ons? Waag julle om na vore te tree? Waag

Page 22: AFR65-0410 Die Paasseël VGR - Branhamdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-0410 The Easter Seal...ons uitsien na die Koms van die Here. 12 En soos die lied lui, ons is opsoek na daardie

22 DIE GESPROKE WOORD

jy om God op Sy Woord te neem? As jy bestem is tot Lewe, sal jy dit sekerlik doen. As jy ’n arend is, kan jy dit nie verhelp om dit te doen nie, daar is Iets in jou. Of, wil jy maar net ’n belydenis iewers dien, sê: “Ek gaan kerk toe. Ek is net so goed soos jy is”? Sien? As jy geen geboortereg het nie, sal jy dit nooit sien nie, kan jy dit nie sien nie. Maar as jy die besit van hierdie geboortereg het, kan jy nie verhelp om dit te sien nie, want dis deel van jou en jy’s deel daarvan.144 Hoe sou ek die moeder wat aan my geboorte gegee het kon verloën? Hoe sou ek die vader, waarvan sy eie bloed in my is, kon verloën? Hoe sou ek Charles Branham kon ontken my vader te wees? Ek sou dit nie kon doen nie. Ek is gewillig om sy verwyt of enigiets anders uit te staan, want ek is sy seun. Halleluja!145 Dan as ’n seun van God, en Hy is die Woord van God, hoe kan ek ontken dat die Bybel Waarheid is, dat Jesus Christus nie dieselfde is gister, vandag, en vir altyd nie? En siende die uur waarin ons leef, het ons ’n Pase nodig in die kerk. Opstanding! Ons het ’n opstanding nodig, tot geloofskrag, manne en vroue om op te staan vir dit wat God se bevestigde Woord is.146 Sê: “Wel, ons het ons Jeug vir Christus.” Dis in orde. “Ons kerk het ’n byeenkoms. Ons wil soveel lidmate hê.” Niks daarteen nie. Dis in orde. Maar dis slegs die atmosfeer. Dit is dalk ’n ou hoender se vere. Maar as jy daar in die regte atmosfeer kom, sal dit arend uitbroei as jy ’n arendseier is. En as jy deur God voorbestem is om dit te sien, kan jy nie verhelp om dit te sien nie, jy kom na vore in ’n opstanding. Dit is hoe die Baptis gebore is, dis hoe die Metodis gebore is, in ’n opstanding van daardie dag, maar hulle het uitgedraai na ’n hoender in plaas van ’n arend.147 Soos ek gesê het, nie lank gelede nie, het daar van Tucson af gegaan. Ek het ’n baie snaakse ding aanskou. Ek het ’n valk op die draad sien sit daar. Daardie valk het lankal sy identifikasie verloor. Dit was altyd ’n voël neffens die arend. Dit kon nie die arend volg nie; nee, op geen manier nie. Niks kan ’n arend volg nie. Maar hy was ’n valk.148 Christus is die Arend, en die kerk moet ten minste ’n valk wees. Hulle kan hoër vlieg as enige ander van die res van die voëls. Maar daardie valk het sag geword. Dit het sy identifikasie verloor. Hy sit op die telefoondrade en wag vir ’n stukkie dooie konyn. Hy hop soos ’n aasvoël, in plaas van te vlieg soos ’n valk.149 O, my broer, suster, julle Pinkstermense, wat my eie liewe mense is! Die kerk verloor sy identifikasie. Dit daal neer en is afhanklik van een of ander dooie formele geloofsbelydenis, in plaas van te vlieg in die Hemele, oorkant, vir vars manna.150 ’n Valk het altyd sy eie manna gejag, maar vandag neem hy wat die motors omry en wat die aasvoëls vreet. Hy hop soos een. Hy lyk soos een.

Page 23: AFR65-0410 Die Paasseël VGR - Branhamdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-0410 The Easter Seal...ons uitsien na die Koms van die Here. 12 En soos die lied lui, ons is opsoek na daardie

DIE PAASSEËL 23

151 Ons het onsself so versier in die moderne wêreld, ons vroue knip hulle hare, en dra kortbroek, ons manne met nie genoeg ruggraat om op die kansel te staan en die waarheid te praat nie. Ons het al lank sag geword oor die Woord.152 O God, stuur die Heilige Gees en soek daardie arende op êrens, wat gereed is om daar ver te staan, maak nie saak wat plaasvind nie, wat in die onbekende in sal opvaar, nie op telefoondrade sit en kyk na ’n bietjie Sondagskoolliteratuur om in te kom nie. Laat ek die Woord hê, en in die varsheid van die krag en demonstrasie van die Heilige Gees. Ons het ’n Pase nodig, ’n opstanding wat potensiaal is. My vriend, as jy tevrede is met sulke aas van die wêreld, is daar iets verkeerd.153 My suster, my broer, laat ek vir jou sê, dit, in goddelike vrees, in die wete dat ek dalk nooit lewe om weer ’n Pase te sien nie. Maar een ding is seker, wanneer ’n egte voorbestemde seun van God, deur die Woord van God, daardie Stem van God hoor, sal hy opstaan en Dit gaan ontmoet. Dis die potensiaal, dat hy die regte lewende Woord gaan ontmoet. Soos Hy het, sal die Bruid die Bruidegom ontmoet. Sy’s ’n deel van Sy Liggaam.154 Let op, lankal het ons, verloor ons ons identifikasies. Ons kom op Woensdagaand, party van ons. Ander bly tuis om Who Loves Susie te kyk, televisies, allerhande wêreldse dinge, allerhande vermake, om jou van die kerk af weg te hou. Lankal het ons dit verloor.155 Ons seminariums, ons skole, bring ’n klomp rickies na vore met ’n hele klomp teologie, en—en vermaak en alles in die kerk, om die plek van die biduur in te neem. Ons het klere geneem en probeer vervul wat die modernis probeer doen, hulle in te bring. Jy sal hulle nooit daarmee wen nie. Hulle het meer daarvan as wat jy het. Jy het geen saak op jou terrein…op hulle terrein nie. Laat hulle oorkom na joune toe, waar die regte doop skitter, waar die regte krag van die opstanding. Moenie ’n kerk probeer bou soos hulle s’n nie. Moenie ’n pastoor probeer hê soos hierdie nie. Moenie hierdie ander probeer doen, of met die wêreld saamwerk nie. Hulle skitter met Hollywood.156 Die ware Evangelie gloei met krag. Arende hoor dit. Hulle soek nie na ’n glinstering nie. Hulle soek na ’n gloed. Gloei met nederigheid, gloei met liefde, gloei met krag, dis wat die ware arend jag. Jy kan nie op ’n plaaswerf skrop en hom tevrede stel nie. Hy sal nooit in staat wees om dit te doen nie. Jy sal hom dit nooit vertel nie, want hy glo dit nie.157 Laat daardie Stem uit die Hemel uitskree: “Ek is Hy wat dood was, en weer leef.” Iets vind plaas. “Ek is dieselfde gister, vandag, en vir altyd. En dit sal gebeur in die laaste dae, Ek sal van Myself uitstort op alles wat vlees is.” Glorie aan God! “Dit sal julle sterflike taal lewend maak. Dit sal jou sterflike tonge lewend maak. Ek sal julle die bewys gee dat Ek julle met My

Page 24: AFR65-0410 Die Paasseël VGR - Branhamdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-0410 The Easter Seal...ons uitsien na die Koms van die Here. 12 En soos die lied lui, ons is opsoek na daardie

24 DIE GESPROKE WOORD

in die opstanding gaan bring.” Hongerhartige arende reik daarna net so hard as hulle kan. Dis die Pêrel van groot waarde, waarvoor hulle alles anders verkoop, om te gaan koop. Amen.158 God help ons, vriend. Ons kerke verloor hulle identifikasie. Laat ons nou gou na ’n paar gaan.159 Let op die optrede van daardie dissipels, bevrees. Hulle het geweet Jesus is die Waarheid, maar, sien julle, Dit was teen die gewilde idee, die gewilde godsdiens van die uur, die strengste godsdiens, Sar—…Fariseërs, Sadduseërs, ensovoorts, hulle sektes, faksies, en denominasies. Hulle was—hulle was Daarteen: “Kettery.” Maar Jesus was die geïdentifiseerde Woord.160 En Jesus is die Heilige Gees, in Gees. “Nog ’n klein tydjie en die wêreld sien My nie meer nie. Julle sal My sien,” nie die liggaam nie; die Lewe wat in Hom was. God is op die Kerk, om seuns te roep soos Hy toe het, gehoorsaam.161 “Ek doen altyd dit wat My Vader behaag. Watter een van julle kan My van Sonde beskuldig?” Ander woorde, sonde is “ongeloof.” “Wat het die Woord van My gesê, wat Ek nie gedoen het nie?” Daar is dit. “Wys My wat die Woord gesê het dat Ek sou doen, wat Ek nie gedoen het nie. Watter een kan My beskuldig? Watter een kan jou vingers op My lê, en sê dat Ek nie My Vader se Woord vervul het nie?” O, wanneer die Pinksterkerk by daardie punt kom! “Wie kan My beskuldig van ongeloof?”162 O, Christene, word geïdentifiseer nie as ’n valk nie, maar ’n arend. Daardie valk is sag, dit sal neerdaal. Jy sien nooit ’n arend dit doen nie. Hy sal dit nooit doen nie. Hy jag sy eie kos, uit die bloute uit. God het hom voorberei sodat hy dit kan sien. Hy kry vars manna, nie iets wat dood is nie.163 In die Hebreërs, toe hulle die wildernis deurkruis het, eet hulle, het hulle dooie manna probeer eet. Dit het sleg geword. Dit het—dit het wurmpies in gehad. Julle weet wat ons bedoel. Dis sommer besmet, vrot. Maaiers is daarin.164 Waarom sou ek ’n voedsel eet wat al jare gelede dood is? Dit mag na die vorm en voorkoms wees, maar dit is nie vars nie. Ons moet voedsel kry elke geslag, nuut. So soek daardie arend na kos, elke geslag, soos ons op ons reis is. Let op.165 Nou laat ons weer ’n paar mense neem. Laat ons ’n paar van die Ou Testamentiese profete neem, kyk wat hulle gedoen het.166 Laat ons eers kyk na Stéfanus, hoe Stéfanus in die midde van daardie Sanhedrin Raad. Toe daardie raad hom daarheen gebring het, daardie groot vergadering van gelowiges daar, of veronderstelde gelowiges, het hom daarheen gebring en hom probeer veroordeel. “Wel,” het hy gesê: “julle stywe nekke, onbesnede van hart en ore, julle weerstaan altyd die Heilige Gees.” Dis daardie Ewige Lewe. “Soos julle vaders dit gedoen het destyds onder die profete, so doen julle dit vandag.” En

Page 25: AFR65-0410 Die Paasseël VGR - Branhamdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-0410 The Easter Seal...ons uitsien na die Koms van die Here. 12 En soos die lied lui, ons is opsoek na daardie

DIE PAASSEËL 25

hulle het teen hom op hulle tande gekners. Hulle wou dit nie hoor nie. Hy was teen hulle geloofsbelydenis. Hy was teen hulle denominasie. En hulle het die man met klippe doodgegooi. En hy het sy hande opgehef, opgekyk na die Hemel, gesê: “Ek sien die hemele geopen, en Jesus wat aan die regterkant staan.” Waarom? Hy het die opstanding gehad, lewendmakende krag in hom, wat hom na die boesems van Jesus geneem het.167 Let op, vinnig nou. Kyk na Filippus, daar in ’n groot herlewing. Het ’n herlewing gehad waar niemand dit wou waag nie, wel, as hy ’n groot samewerking onder die kerke gehad het en alles daaronder. Het ’n groot herlewing gehad. En die lewendmakende krag van God het tot hom gespreek, gesê: “Stéfanus…” Dalk het Dit gesê: “Jy het ’n groot herlewing, maar Ek het een man met wie Ek wil hê jy moet praat.”168 En Stéfanus is gehoorsaam, maak nie saak wat dit is nie, hoeveel kritiek nie. “O, Stéfanus, jy kan nie weggaan nie.” “Maar ek kan. God het so gesê.”169 En hy het uitgegaan in die woestyn, en daarbuite het hy hierdie eunug gekry. En wat het gebeur? Hy het gesê: “Het…As u glo met u hele hart, dat Jesus die Seun van God is, sal ek jou doop.” Toe hy hom gedoop het…170 Kyk. Hy is lewend gemaak deur hierdie lewendmakende krag, om ’n herlewing van duisende mense te verlaat, in die woestyn in te gaan, na een man toe. O, dit sou teen alle rede wees. Sien? “Wel, daar’s tienduisend hier wat jou wil hê.” Maar daar’s een in nood, daar. Sien? En die lewendmakende krag het hom na God se voorsiende plek gestuur. Halleluja!171 Manne en vroue, Dit sal julle op julle voete laat staan. Dit sal julle die dinge laat doen wat God wil hê julle moet doen. Ek gee nie om wat iemand anders daaroor sê nie. Die buurman sê: “O, daardie persoon het van hulle verstand af geraak. Bid heelnag; hulle lees die Bybel.” Ek gee nie om wat hulle sê nie. Dit is wat God jou geroep het om te doen. Dis reg. “O, hulle sê ons kan nie hierdie outydse, Pinksterherlewings hê nie.” O, ja, ons kan, ook. Julle kan dit in julleself hê. En julle is die meerderheid, in God, maak nie saak wat die res van hulle dink nie.172 Let op, daarna, in gehoorsaamheid. Luister nou goed. Nadat God gehoorsaam is, aan Sy Woord, toe hy sy sending vervul het, het daardie lewendmakende krag wat hy by Pinkster ontvang het, hom weggevoer, sy liggaam lewend gemaak. Myle en myle ver, is hy geneem in die Gees, en is gevind daar in ’n ander land iewers. Lewendmakende krag van God! En as ons pinksters is: “Daardie selfde krag wat Jesus opgewek het uit die dood, as Dit in julle sterflike liggame woon.” Sien? Goed. Let op.173 Laat ons ’n ander man neem met hierdie lewendmakende krag. Daar was ’n man baie lank gelede, met die naam Henog.

Page 26: AFR65-0410 Die Paasseël VGR - Branhamdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-0410 The Easter Seal...ons uitsien na die Koms van die Here. 12 En soos die lied lui, ons is opsoek na daardie

26 DIE GESPROKE WOORD

Toe ’n nuwe ding aangekom het, toe iets aangekom en gesê het: “Wel, nou moet ons teruggaan na die ou skool, of dit, dat, of die ander,” het Henog met God gewandel. Wat God ook al gesê het om te doen, Henog het nooit een woord oorgeslaan nie. Hy het met God gewandel. Wat was hy? Hy was ’n seun van God. Hy was ’n arend wat geroep is na daardie dag.174 En toe die tyd kom, was hy so vol van daardie lewendmakende krag! Onthou, hy het vyfhonderd jaar, of meer, voor God gewandel, en nie eenmaal het hy Sy Woord oorgeslaan nie. Nie eenmaal het hy homself sleg gedra nie. Nie eenmaal het hy gedoen anders as die getuienis te behou nie. Alles wat God hom gesê het om te doen, het hy gegaan en dit gedoen. Geen argument daaroor nie, hy het net gegaan en dit gedoen. Maak nie saak wat iemand anders gedink het nie, hy het gegaan en dit gedoen. Waarom? Hy was vol van daardie lewendmakende krag. En toe dit tyd raak vir die ou man om te sterf, het God sommer die leer afgestuur en het hy opgestap Huis toe. Hy het hom lewend gemaak, en het sy sterflike liggaam opgeneem in ’n wegraping. Amen. Dis daardie lewendmakende krag.175 Kyk na Elía, nadat sy werk op aarde klaar was. Hy was so vol van daardie lewendmakende krag, hy het daardie Jackie Kennedy—haarstyle in sy dag veroordeel. Hy het ou Isébel vertel wat hy van haar dink. Hy het daardie predikers en priesters gesê wat reg en verkeerd was, en hulle het hom nie geglo nie. Maar hy het daardie geverfde—gesig—vroue en dinge veroordeel, so erg. En hy so vol van daardie lewendmakende krag totdat niks hom kon skaad nie. God het hom uit die hemele gevoed, hom uitgeneem en hom eenkant geplaas. Hy was so vol lewendmakende krag, kom die tyd om te sterf, het die Jordaan oopgemaak, en hy het sommer gestap, het ’n strydwa afgestuur en hom Huis toe geneem, so vol van daardie lewendmakende krag. Hy het ’n ware, egte seun van God geword. Ja.176 Let op, hy het ’n opvolger gehad, en sy naam was Elisa. En Elisa het ’n dubbele mate gehad, hierdie lewendmakende krag. Sien? Hy het ’n dubbele mate daarvan gehad. Nou, hy het omtrent tagtig jaar lank gepreek, of hy was omtrent tagtig jaar oud. Hy het siek geword en gesterf. Nou, hy is nie gegun om Huis toe te gaan soos Elía het nie. Sien? Beide van hulle is daar voorgestel in die Kerk; party heiliges gaan, en party wat rus. Maar let op toe Elía opgeneem is in die wegraping; toe het Elisa gaan slaap, in God, vol lewendmakende krag. Kyk na sy profesie net voor hy gesterf het. Sien?177 Nou, laat ek julle wys. Ek gee nie om of jy dood is, of waar jy is nie, daardie lewendmakende krag gaan nooit weg nie. Jare en jare na sy dood, sy vlees het weggevrot, die velwurms het dit opgeëet. Maar hulle het ’n dooie man gedra, eendag, hom ingegooi op daardie beendere, en daar was soveel

Page 27: AFR65-0410 Die Paasseël VGR - Branhamdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-0410 The Easter Seal...ons uitsien na die Koms van die Here. 12 En soos die lied lui, ons is opsoek na daardie

DIE PAASSEËL 27

lewendmakende krag daar dat die man weer tot die lewe teruggekeer het. Halleluja! Het hom opgewek uit die dood, omdat daardie lewendmakende krag wat daar op daardie heilige van God was, hom nooit verlaat het nie, het net op daardie beendere gebly.178 O, onthou, ons is vlees van Sy vlees, been van Sy beendere, as ons Sy Bruid is. Dood hinder daardie lewendmakende krag glad nie. “Al vernietig die velwurms hierdie liggaam, tog sal ek in my vlees God sien.” Glorie aan God! Watter…Ek weet nie wat ek sê nie. Watter hoop vir ’n ou man soos ek, in die wete dat ek my endtyd net daar binnekort sien, as ses—en—vyftig jaar oud.179 Van ’n klein seuntjie af, het ek hier gestaan. Ek probeer Dit verkondig. Maar ek weet, Dit in my, niks goeds wat ek het nie, niks wat ek gedoen het nie. Maar in my is daardie lewendmakende krag wat my op ’n dag lewend gemaak het, van die dinge van die wêreld, as ’n jongman, tot Ewige Lewe. O, die dinge wat gebeur het! Ek het visioene gesien, dinge voorspel. Hy het nog nooit niks laat faal nie. Ek het in ander tale gespreek. Ek het geprofeteer. Ek het daardie dinge gedoen deur die Gees van God wat in my gewoon het. Dis lewendmakende krag. Ek weet dat eendag…180 My Verlosser lewe nou. En eendag wanneer Hy kom, sal hierdie beendere weer opstaan, om te gaan om Hom in die lug te ontmoet. Julle kan my in die see begrawe, dit uitbrand, waar julle ook al wil. Daardie lewendmakende krag is Ewig. Sjoe! Ek voel die Pase sommer nou. Ja, meneer. Ek het dit al jare. Dis in my.181 Dis in julle. As, julle, die Gees wat Jesus opgewek het uit die dood in julle sterflike liggame woon, het Dit julle lewend gemaak van die dinge van die wêreld, tot die Woord van God alleen. Dit het julle lewend gemaak van hierdie lewe tot die Ewige Lewe. Julle wat eenmaal dood was in sonde en oortredinge is nou saam lewend gemaak, om in Hemelse plekke te sit met Christus Jesus, fees te vier op Manna van Bo, die hand van God te sien gemanifesteer word, die belofte van hierdie dag bewys word.182 “Soos dit was in die dae van Noag, so sal dit wees met die koms van die Seun van die mens. Hulle het geëet, gedrink, getrou, is in die huwelik gegee. En soos dit was in die dae van Lot, so sal dit wees in die ure dat die Seun van die mens op aarde geopenbaar word,” nie Seun van God nie, nie meer nie. “Seun van die mens,” wat teruggekom het as die profetiese Boodskap vir die laaste dag wanneer die arend sal vlieg; nie die leeu nie; nie die os in die offertyd nie. Sien?183 Elke slag het ’n godsdienstige krag uitgegaan om die uitdaging teen te gaan van die politieke krag van die wêreld. Toe die leeu opgestaan het, die godsdienstige krag, het dit gegaan om die Romeinse krag teen te staan.

Page 28: AFR65-0410 Die Paasseël VGR - Branhamdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-0410 The Easter Seal...ons uitsien na die Koms van die Here. 12 En soos die lied lui, ons is opsoek na daardie

28 DIE GESPROKE WOORD

184 En toe toe die offeruur gekom het, het die os gegaan, omdat hy die Offerdier van die Here is.185 Toe het die hervormers gekom, deur die kerkeeue heen, het die gesig van ’n mens gekom. En die hervormers was sedert Luther, Wesley, o, Calvyn, en verderaan, verder, pinkstereeu.186 Maar in die laaste Boodskap wat uitgegaan het, het daar ’n vlieënde arend gekom. Dis arendtyd, openbaringstyd, die Woord van God gemanifesteer, die Woord van God bewys. O, kinders, stap in in hierdie doop van die Heilige Gees. Kom in en glo Dit, met julle hele hart, God sal julle vervul.187 Kyk nou net hier. Ons vind nou, onthou: “Ons is vlees van Sy vlees, en been van Sy been.” Soos God Sy beendere en vlees uit die graf opgewek het, kan hulle nie die man wegsteek wat die potensiaal het nie. Dood kan hom nie neem nie. Jesus het gesê: “Almal wat die Vader My gegee het, sal na My toe kom. Ek sal hulle opwek in die laaste dag.” O, goeiste! Pase! Wel, ons is reg in die Pase. Toe Hy opgestaan het, het ons met Hom opgestaan. Hy het die uittreksel teruggestuur. Ons hou dit, as die doop van die Heilige Gees. “Hy leef vir altyd; dieselfde gister, vandag, en vir altyd.” Hebreërs 13:8 bewys dit. Hy’s dieselfde.188 Sy messiaanse gesalfdes glo dit. Wat is die messias? Wat is die messias? Messias is “Gesalfde.” En nou as Hy die Messias was, deur die Gesalfde vir daardie dag te wees, om die Woord van God te vervul, om die Verlosser en die Gesalfde te wees, en God daardie liggaam opgewek het; is Sy Bruid die gesalfde vir hierdie dag. Dit is alreeds met Hom opgewek in die opstanding, omdat: “Hierdie twee is een.” Amen.189 Ek—ek wens ek kon dit vertel soos ek dit sien. Ek wens ek het die geleerdheid gehad om dit mee te doen. Sien? Ek—ek hoop julle sien dit. Ek hoop, God, die Heilige Gees, daal daar neer en sit dit in jou hart, om te sien wat ek bedoel.190 Die opstanding, ons is nou in die opstanding. Ons sit met Hom in die opstanding, maar net hulle wat Lewe het.191 Nie hulle wat nie Lewe het nie. Hulle sal Dit nie weet nie. Hulle sal Dit nooit weet nie. Hulle sal maar net voortgaan en dink hulle kry die Heilige Gees, word gered, en die Wegraping sal al klaar oor en verby wees. Is gesê: “Elía het alreeds gekom, en hulle het so gemaak, en julle het dit nie geweet nie.” Sien?192 Let op. Die dood keer nie die lewendmakende krag van God nie. Let op. Die dood kan dit nie keer nie.193 Jy sê: “Wel, my moeder was ’n Geesvervulde vrou. My pa, ek het nog nooit ’n man so vol van die krag gesien as my pa nie. Maar hy het gesterf, Broer Branham.” Sekerlik. Dit het nie die lewendmakende krag gekeer nie.194 Moses het daardie lewendmakende krag gehad. Glo julle dit? [Gemeente sê: “Amen.”—Red.] Daar was nooit ’n man

Page 29: AFR65-0410 Die Paasseël VGR - Branhamdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-0410 The Easter Seal...ons uitsien na die Koms van die Here. 12 En soos die lied lui, ons is opsoek na daardie

DIE PAASSEËL 29

soos hy op die aarde, tot voor Jesus nie. Want hy het nie net visioene gesien nie, hy het van aangesig tot aangesig met God gepraat.195 Selfs ’n profetes, Miriam, het op ’n dag sy woord in twyfel getrek. Hy het gesê: “Vrees julle nie God nie? Aanskou my dienskneg, Moses. Daar’s niemand in die wêreld soos hy, hierdie uur nie. Daar was nooit iemand soos Moses nie. Ek praat met Moses. Wat het hy ooit gesê, wat nie waarheid was nie? Sien? Ek praat met Moses. Vrees jy God nie? Moenie ’n woord teen hom sê nie.” En net toe is sy met melaatsheid getref en—en was sterwend. Sy het nie baie lank gelewe, daarna nie. Moses het vir haar gebid.196 En Moses het op die berg opgeklim, na honderd-en-twintig jaar van bediening, of tagtig jaar van bediening; honderd-en-twintig lewensjare, het op die berge opgeklim en gesterf, en is in die vallei begrawe. Maar daardie lewendmakende krag was op hom. Omtrent agthonderd jaar later, hier is hy, staan op die Berg van Verheerliking. Amen. Wat was hy? Hy was ingesluit in daardie opstanding. Hy was beslis. Hy het die lewendmakende krag van God gehad. Hier was hy, daar gestaan.197 Kyk na Job, Abraham, Isak, die heiliges op die dag van die opstanding, daardie groot môre wat Job en hulle almal geweet het wat sou kom. Toe, hy gesê het: “Ek weet my Verlosser lewe,” honderde en honderde jare voor Christus. Dis, in werklikheid, Boek Job is geskryf voor Génesis, word beweer, die oudste Boek in die Bybel.198 En in sy beproewinge, en soos ons nou deurgaan. En sy vrou, selfs, die naaste ding aan hom op aarde, het gesê: “Sal jy nie God vervloek en die dood sterf nie?”199 Hy het gesê: “Jy praat soos ’n dwase vrou. Die Here het gegee, die Here het geneem, geseënd sy die Naam van die Here.”200 En toe toe die Gees van God op hom gekom het, en hy begin profeteer, gesê het: “Ek weet my Verlosser lewe, en in die laaste dae sal Hy op hierdie aarde staan. Al vernietig die velwurms hierdie liggaam, tog sal ek in my vlees God sien.” En hy het ’n plek gemaak om homself te begrawe. Hy het gesê: “Ons sal hierdie grond koop.” Hy het daar gekoop en homself begrawe.201 Later, het ’n man gekom naamlik Abraham. Die kerk wat groei, voortgaan. Abraham, wel, nou, hy het die potensiaal van God gehad, ook, ewigdurende Lewe, Ewig, omdat God hom geroep het. Nou let op. Toe hy gesterf het, of Sara gesterf het, het hy ’n stuk grond in Palestina gekoop, naby Job se graf, en Sara begrawe. Abraham het gesterf en is ook by Sara begrawe. Abraham was die vader—was die vader van Isak.202 En Isak, toe hy gesterf het, het hy by Abraham geslaap, in dieselfde stuk grond. Nou, toe, Isak was die vader van Jakob.

Page 30: AFR65-0410 Die Paasseël VGR - Branhamdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-0410 The Easter Seal...ons uitsien na die Koms van die Here. 12 En soos die lied lui, ons is opsoek na daardie

30 DIE GESPROKE WOORD

203 Jakob het gesterf, daar ver in Egipte. Maar as nou ’n profeet, met hierdie potensiaal, hierdie lewendmakende krag, het hy gesê: “Jy moet my nie hier begrawe nie, Josef. Kom hier, my profeteseun. Plaas jou hand op hierdie heup wat God verkreupel het. Sweer vir die God van die Hemel jy sal my nie hier begrawe nie.” Wat was in daardie man? Waarom was Egipte nie net so goed as enige plek nie? Hy was ’n profeet. Hy weet waar daardie opstanding gaan wees. Sou nie in Egipte wees nie; sou in Palestina wees. Het gesê: “Plaas jou hande op my kreupel heup, en sweer jy by die God wat ek gedien het. Jy’s my profeteseun, dat, jy nie my beendere hier sal begrawe nie. Neem my daarheen en begrawe my.”204 Josef, synde ook ’n profeet, het sy hande op sy kreupel pa gelê. Het gesê: “Ek sweer by die God van Abraham, Isak, van Jakob, ek sal jou nie hier begrawe nie.” Hulle het hom geneem en hom in daardie land begrawe. Waarom? Waarom?205 Toe Josef gesterf het, het hy gesê: “Julle moet my nie hier begrawe nie. Moet my nie hier begrawe nie.” Waarom? God is God oral, maar Hy het ’n plan. Josef was ’n profeet. Hy het gesê: “Eendag,” luister, sy woorde: “sal die Here God herbe—…julle besoek, en julle uit hierdie land uitneem. En wanneer julle gaan, neem julle my beendere.”206 Daardie lewendmakende krag was in daardie beendere. O! “As die Gees van Hom wat Christus uit die dood opgewek het, in julle woon, sal Hy ook julle sterflike liggame lewend maak.”207 “Moenie my beendere hieronder sit nie. Begrawe hulle daarbo by dié van die belofte.”208 Toe Jesus gekom het, hier, ek het ’n Skrif hier, Matthéüs 27:51. Toe Jesus opgestaan het uit die dood, Job het dit gesien kom, het gesê: “Ek weet my Verlosser lewe. Die laaste dae, sal Hy op hierdie aarde staan. Al het die velwurms hierdie liggaam vernietig, tog in my vlees sal ek God sien. Ek het Hom gesien.” Hulle het geweet. Dit was ’n profeet. Abraham was ’n profeet. Isak was ’n profeet. Jakob was ’n profeet. Josef was ’n profeet. En hulle het die openbaring van God gehad, volgens Sy Woord. Op daardie Paasoggend, toe daardie Een gekom het en almal wat aan Hom geglo het, verlos het, het hulle ook opgestaan, volgens die Bybel.209 Daardie lewendmakende krag het in die graf van Job ingekom, waar daar nie eens ’n lepelvol stof van sy beendere oor was nie. Na al daardie honderde, en honderde, en honderde jare, het sy beendere vergaan. Dit—dit het teruggegaan, en teruggekeer na die gasse van die aarde, en net ’n blote as—stof het daar gelê. Maar, tog, toe daardie lewendmakende krag, volgens die Woord van God, na die belofte, honderde en honderde, ja, duisende jaar later, toe daardie lewendmakende krag voortgebring is uit die graf; Job, Abraham, Isak, Jakob, hulle almal, het saam met Hom uit die graf uitgekom.

Page 31: AFR65-0410 Die Paasseël VGR - Branhamdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-0410 The Easter Seal...ons uitsien na die Koms van die Here. 12 En soos die lied lui, ons is opsoek na daardie

DIE PAASSEËL 31

210 Die Bybel het so gesê. Matthéüs, die 27ste hoofstuk en die 51ste vers, is daar gesê: “Baie van die heiliges wat geslaap het in die stof van die aarde, het opgestaan en uit die grafte uitgekom saam met Hom, toe Hy opgekom het op Paasoggend.” Waarom? Hulle het daardie potensiaal gehad. Hulle het daardie lewendmakende krag gehad, sien, en het uit die dood opgestaan, en het saam met Hom in die opstanding gegaan. Het die opstanding saam met Hom geniet, want hulle was vol van daardie lewendmakende krag. Hulle het daardie ware Paasseël gehad.

“Wel,” sê julle: “ek wens ek het destyds in die Ou Testament geleef.”211 Wag ’n oomblik. In Een Thessal…Thessalonicense, die 4de hoofstuk, die 16de vers, ek wil hê julle moet dit lees. “Ek wil nie hê dat julle onkundig is nie, broeders, aangaande hulle wat slaap, dat julle nie treur, selfs soos diegene wat geen hoop het nie. Want as ons glo dat Jesus gesterf het, en weer opgestaan het die derde dag,” nie skyn—glo nie, maar ons dit glo: “net so sal God hulle wat in Hom slaap saam met Hom bring.”212 Die Nuwe Testament—heiliges met daardie lewendmakende krag, sal ook opstaan, met Sy tweede Koms; net so seker as die Ou Testament—heiliges met al daardie lewendmakende krag op hulle beendere, en verplasings en kragte, ensovoorts, wat getoon het van God. Daardie profete na wie die Woord van God gekom het, hulle het met Hom opgestaan op daardie opstandingsmôre; en met die belofte van God dat elkeen wat in Christus Jesus is ook met Hom sal kom in Sy opstanding, die lewendmakende krag van God op die beendere.213 Geen wonder ons lê hande op die siekes nie. Geen wonder ons het mekaar lief nie. Ons is broers en susters. Ons behoort mekaar nie te haat omdat ons gekorrigeer word deur die Woord van God nie. Ons behoort mekaar lief te hê, en respek vir mekaar te hê. Julle weet, as julle nie het nie, sal dit julle nie help nie.214 Daar sit ’n kêreltjie net hier, nou onder hierdie kerk. ’n Paar dae gelede…Daardie man glo. Ou mannetjie het ’n kanker op sy oor gehad, en hy wou niks daaroor sê nie. Hy het daar by die huis gewerk. Ek was op ’n jagtog saam met hom, daar by die Moseley broers, en Broer Dawson hier. Ons was hier aan die jag, Broer Williams se seun. En ek het toevallig daar op sy oor gekyk. Ek het gesien sy oor is heel opgeswel. Ek het gesê: “Wat makeer, Donovan, daardie oor?”215 Hy het gesê: “Broer Branham, dis al ’n lang tyd aan. Ek weet nie.”216 Ek het net—hom net aan sy hand gevang. Daar was ’n groot kanker op sy oor. Het nooit een woord gesê nie; dit net vasgehou, en gedink: “My broer!” Binne ’n dag of twee daarna, was daar nie eens ’n litteken daarvan oor nie. Dit was

Page 32: AFR65-0410 Die Paasseël VGR - Branhamdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-0410 The Easter Seal...ons uitsien na die Koms van die Here. 12 En soos die lied lui, ons is opsoek na daardie

32 DIE GESPROKE WOORD

sy respek vir die God van die Hemel, deur Sy lewendmakende krag, het daardie kanker doodgemaak en die lewe van Donovan Weerts daar gespaar. Dis reg.217 Wat is hierdie dinge? Kyk hier, mense hier in Phoenix. Kyk na die mense wat hierin geglo het. Kyk na die mense wat dit het, wat hulle hande op julle lê. Kyk wat gebeur. Dis lewendmakende krag. “Vir hulle wat geglo het, sal hierdie tekens volg.” As hulle hulle hande op die siekes lê, daardie lewendmakende krag, arend na arend, iets gaan plaasvind. Nou, ’n arend na ’n aasvoël, sal nie werk nie. Arend na arend, staan uit die plaaswerf op, na die Hemele. “Vir hulle wat geglo het, sal hierdie tekens volg,” wanneer hulle albei in geloof is.218 Kyk na daardie selfde lewendmakende krag van God verteenwoordig in hierdie twee profete, Elía en Elisa. Let op, dieselfde woord; een van hulle is opvang, die ander is opgevang. Opvang en opgevang. Sien? Hy is opgevang. Ons sal opvang, opvang met hulle, hulle in die lug ontmoet. “Opgevang word om hulle in die lug te ontmoet.”219 Let op, ’n voël moet twee vlerke hê, om homself te balanseer. Dit reg? [Gemeente sê: “Amen.”—Red.] Elía was die verplasingsvlerk, Elía. Elisa was ’n opstandingsvlerk. Sien? Beide van hulle, saam, stel die heiliges voor wat lewe en die heiliges wat al heengegaan het.220 Onthou, lewend gemaak om die verlede te sien, die gordyne. Hoe hierdie mense destyds lewend gemaak is om verby die gordyn te kyk en te sien tot in hierdie tyd; daardie profete!221 Kyk na Paulus, het gesê hoe hierdie mense in die laaste dae sou wees, optree en hulself Christene noem. Hy was ’n profeet, vol van die lewendmakende krag, het voorsien dit sou gebeur. Ons glo dit. Dan nie? [Gemeente sê: “Amen.”—Red.] Hy het lewendmakende krag ontvang.222 Kyk na die lewendmakende krag vandag, voorspel dinge, sonder dat een gebeurtenis nie uitkom nie. Nie eenmaal faal dit nie. Lewendmakende krag; nie die krag van ’n mens nie; die krag van God. Die krag, die uittreksel van die Pase, die opgewekte Jesus wat die uittreksel teruggestuur het, om vir ons te waarborg dat ons alreeds saam met Hom lewend gemaak is.223 Let op. Onthou julle die boekie, die Sakemanne hier, Verbykyk By Die Tydsgordyn? Ek begin ouer word, weet my dae raak korter. Ek word regtig…224 Ek speel daardie stukkie wat daardie dames ’n ruk gelede gesing het. Ek het dit nou al omtrent agtien, twintig jaar. Ek Wil Graag Daaroor Praat, Here. Ek gaan daarheen en gaan bid, dan kom daardie lewendmakende krag. Ek is uitgerus. Ek het Daarbo gekyk. Ek sê: “Kyk net oorkant.”225 Ek onthou daardie oggend, is weggevoer gewees. En my vrou, sit daar oorkant, het op dieselfde bed by my gelê daardie oggend.

Page 33: AFR65-0410 Die Paasseël VGR - Branhamdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-0410 The Easter Seal...ons uitsien na die Koms van die Here. 12 En soos die lied lui, ons is opsoek na daardie

DIE PAASSEËL 33

Ek is gewek, en het opgekyk. En daar is sy, aan die slaap. Ek het gesê: “As ek enigiets gaan doen vir die Here, jy beter gou maak, kêrel. Jy’s verby vyftig.” Toe het die Heilige Gees my weggevoer, en ek het Daar gekyk. Ek het daardie heiliges gesien, net so seker as ek hier staan by hierdie lessenaar, met hierdie heilige Boek wat hier lê, en ’n prediker van die Evangelie.226 Het ek julle ooit iets in die Naam van die Here gesê, wat nie gebeur het nie? Ja. Ek wil hê julle moet my daarvan sê. Elke keer, was dit perfek gewees, op die platform? Elke keer, het dit gebeur net soos Hy gesê het? [Gemeente sê: “Amen.”—Red.] Dit was SO SPREEK DIE HERE.227 Ek het daar gestaan, het oor daardie tyd gekyk. Ek het tienduisende maal duisende gesien kom, jongmanne en vroue, wat hardloop, hulle arms om my gooi, uitroep. Ek kyk reg terug en sien myself op die bed lê. “O Here, laat my verby die tydsgordyn kyk.”228 Wat is dit? Dit is lewendmakende krag wat ons sal wegraap. Daardie groot lewendmakende krag. Die lewendmakende krag het in hierdie laaste dae gekom.229 Dis waarvoor ek juis nou in Arizona is. Daar sit baie mense net hier, het net hier in Phoenix gestaan, en my vir julle hoor sê van hierdie einste platform af: “SO SPREEK DIE HERE.” Hoeveel onthou dit? “Gaan nou. Iets maak gereed om te gebeur.”230 Ek het sewe Engele sien kom. Het Life tydskrif dit nie ingehad nie, soos die mis Daarvan hier oorgedryf het, sewe—en—twintig myl hoog, en dertig myl in deursnit nie? Sit Fred Sothmann, hierdie ander, Gene Norman, hulle, nie daaragter nie? Het net daar gestaan toe daardie sewe Engele net daar op die heuwel verskyn het. Dit het die heuwels geskud, vir myle omheen, net so. Daar het sewe Engele gestaan. En het ’n swaard in jou hand gegooi, gesê: “Gaan huis toe en open hierdie Sewe Seëls wat gegee is.” En hier is hulle, die ware verborgenheid van troue en egskeiding, en die slang se saad, en al hierdie dinge waaroor gestry is. Dis SO SPREEK DIE HERE.231 Wat is dit? Die lewendmakende krag wat na die Kerk kom, Haar gereed maak, hierdie uur wat ons nader. Lewendmakende krag! O God, help ons om Dit te ontvang. Help ons om Dit te glo.232 Sien, hang net daarvan af watter houding jy Daarteenoor het, of Dit jou enige goed gaan doen, of nie, egter. Sien? Jy moet Dit glo. Glo jy Dit nie, sal Dit jou nie ’n stukkie goed doen nie.233 Hoe het ou Samuel daar voor die mense gestaan, en gesê: “Het ek ooit vir julle iets gesê in die Naam van die Here wat nie gebeur het nie? Het ek ooit by julle gebedel vir julle geld, om van te lewe?” “Nee, maar ons wil die koning hê, in elk geval.”

Page 34: AFR65-0410 Die Paasseël VGR - Branhamdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-0410 The Easter Seal...ons uitsien na die Koms van die Here. 12 En soos die lied lui, ons is opsoek na daardie

34 DIE GESPROKE WOORD

234 Dis hoe die kerk vandag is. Hulle wil hulle eie idees hê. Hulle sal nie ’n bietjie aandag aan jou gee nie. Hulle loop reg omheen. Wel, dit wys maar net, die lewendmakende krag is nie daar nie.235 “O,” sê jy: “ek het in tale gespreek. Ek het gespring en ek het uitgeroep.” Dis alles goed.236 Maar as daardie lewendmakende krag daar is, sal jy herken. Soos daardie arendjie; dis sy mamma. Dis die Woord. Dis SO SPREEK DIE HERE. Dis wat God beloof het. Dis wat voorspel is. Dis presies wat gebeur het. Ons is by enige sweem van twyfel verby, potensieel nou al in die opstanding, die heiliges wat gereed maak om in die lug opgeneem te word.237 So, Jesus, so vol van hierdie lewendmakende krag, het gesê: “As julle hierdie tempel kan vernietig; wat julle veertig jaar geneem het, dink julle, om gebou te word; Ek sal dit in drie dae oprig.”238 Waarom? Waarom kon Jesus dit sê? Wil julle vra. Waarom kon Jesus so—iets sê? Hy het geweet Dat Hy was. Amen. Ek wens ek kon dit laat insink. Hy het geweet Wie Hy was. Hy het geweet dat, elke Woord, wat God daarin geskryf het oor Hom, dit het Hy vervul. Hy het geweet Hy is die Een van wie Dawid gespreek het.239 Weet julle julle is diegene van wie die Bybel praat? [Gemeente sê: “Amen.”—Red.] Weet julle julle posisie is in Christus? As julle in Christus is, is jy ’n nuwe skepsel. Weet julle hierdie Woord is net soos die alledaagse lewe, vir julle? Wel, sekerlik. Dis joune. Jy is ’n arend. Dis jou Voedsel.240 Hy het geweet dat, deur die krag van God, Hy dit sou doen, omdat dit geprofeteer is Hy sou dit doen. Dis waarom Hy nie bang was nie, om te sê: “Vernietig hierdie tempel. Ek sal dit in drie dae oprig, omdat Dawid gesê het: ‘Ek sal Sy siel nie in die hel laat nie, ook sal Ek nie toelaat dat My Heilige verderwing sien nie.’” Hy het geweet nie een sel van Sy liggaam sou verderf nie. En dit verderf binne twee—en—sewentig uur. Hy het gesê: “Vernietig hierdie tempel. Ek sal dit weer oprig, en in drie dae.” Waarom? Hy was so vol van daardie lewendmakende krag wat elke Woord lewend gemaak het. Hy het teruggekyk en elke Woord gesien wat God van Hom geskryf het, en profeet het gesê Hy het dit vervul. Hy het geweet dit sou ook vervul word.241 Nou, elke Woord wat God gesê het, het jou gees gesê “amen” Daarop, is Dit vervul in jou lewe, as ’n gelowige?242 Hou jy terug oor iets, sê: “Wel, my kerk leer anders”? Wees dan versigtig, valk.243 Let op. Arende glo. Daar’s geen vraag, vir hulle nie. Hulle glo Dit. Let op.244 Nou, Hy het geweet dit sou gebeur omdat die Woord gesê het Dit sou. En elke Woord wat van Hom geskryf is, moes vervul word. Hy het geweet Dit is geskryf deur die krag van God, deur die heilige profete wat geprofeteer het dat Hy so sou maak.

Page 35: AFR65-0410 Die Paasseël VGR - Branhamdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-0410 The Easter Seal...ons uitsien na die Koms van die Here. 12 En soos die lied lui, ons is opsoek na daardie

DIE PAASSEËL 35

245 En profesie faal nooit. Dit kan nie. Die Woord van God kan nie faal nie. En dit is geskryf in die…deur die Gees dat…En nou, ook, die Gees wat Jesus opgewek het uit die dood, as Dit woon in jou wese, jou liggaam, sal Dit ook jou sterflike liggaam lewend maak. Dan, skiet dit, brand dit, doen enigiets wat jy wil, spot daarmee, breek dit af, verwerp dit, doen wat jy wil. God sal dit opwek, want Hy het gesê Hy sal. En elke heilige van God het daardie belofte in hom, weet dat dit die Waarheid is. So, vrees nie, broer, ons is alreeds in die Pase.246 Kyk nou na verheerliking, net voor ons afsluit. Verheerlik, verheerliking, ons is almal daar verteenwoordig in verheerliking. Kyk wat sien ons vandag. Let net op wat ons vandag sien, die lewendmakende krag van God. Ons was almal daar. Daar was die gestorwe heiliges, verteenwoordig in Moses; daar was die opstanding; en Jesus Christus wat verheerlik is. Elisa…Moses, Elía, en Jesus, het almal op die berg gestaan; die gestorwe heiliges, die weggeraapte heiliges; en Jesus wat verheerlik is. O, goeiste!247 Wel, julle sê…Ek het ’n kêrel hoor sê. Hulle sal sê: “Julle mense, wel, as julle hierdie soort krag gehad het, behoort julle heen te gaan en mense te sê wat julle kan doen.” Ver is dit van ’n ware Christen, om so—iets te sê. Sien? Sekerlik, ons maak op geen krag aanspraak nie. Om…248 Maar ons doen een ding. Toe hulle rondgekyk het, met al hierdie krag op hulle: “Hulle het net vir Jesus gesien.” En die regte, ware gelowige gee nie om of hy ’n denominasie ondersteun nie, of niks daaromtrent nie. Hy wil net een ding hê, vir jou om daardie verheerlikte Christus te sien, maak enige verskil. ’n Regte, ware Berg van Verheerliking—ondervinding verheerlik net vir Jesus Christus. Dit het nie vir Moses verheerlik nie, het nie vir Elía verheerlik nie, het nie hulleself verheerlik nie, het niks anders verheerlik nie, maar hulle het die verheerlikte Christus gesien. En enige ware gelowige, dis wat in sy hart is, om Jesus Christus te verheerlik. Dis wat hy probeer, om die mense te laat sien.249 Nie sê: “Wel, as jy by ons groepe kan aansluit, as jy dit kan doen of dat doen.” O, moet dit nie doen nie. Moet dit nie doen nie.250 Sien God se Woord, wat Christus is, groot gemaak word; en vervul die belofte van hierdie dag, in hierdie groot uur van die opstanding. Let op. En dit gee hulle vreugde, om te weet dat ons saam met Hom is, ’n vlees van Sy vlees, en been van Sy beendere. Watter vreugde! Dis die enigste ding waarvoor ’n regte gelowige omgee.251 Hulle gee nie om vir ’n denominasie nie. Hulle gee nie om vir ’n organisasie nie. Hulle gee nie om wat die ander vroue dink nie. Hulle gee nie om nie. Sekerlik nie. Hulle sal nie hierdie dinge doen wat die…hierdie ander vroue doen nie.

Page 36: AFR65-0410 Die Paasseël VGR - Branhamdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-0410 The Easter Seal...ons uitsien na die Koms van die Here. 12 En soos die lied lui, ons is opsoek na daardie

36 DIE GESPROKE WOORD

Hulle…Hierdie manne sal nie daardie dinge doen nie. Hulle sal nie rondhang en met een of ander organisasie vertroetel nie, weerhou van uitgesit te word, en bang hulle sal nie ’n maaltydkaartjie hê nie. Hulle gee nie om oor daardie dinge nie. Dit is onsinnig vir hulle.252 Daar’s net een hartsbegeerte, dit is, om Jesus Christus verheerlik te sien. Hulle optrede moet met God wees. Dit moet absoluut wees, niks anders nie, maar slegs die heerlikheid van Jesus Christus. En wat is Jesus? Die Woord. Dit reg? [Gemeente sê: “Amen.”—Red.] Nou, let op, en Sy selfde bevestigde metode sien, Sy opstanding bewys. Nou wat is dit? Sien jou lewe, deur Sy beloofde Woord wat Hy gesê het: “Hy’s dieselfde gister, vandag, en vir altyd,” wat bewys dat Hy steeds leef.253 Ek gee nie om as elke deur in die land vir my toegemaak word nie. Dat, ek’s…Soos ek gesê het, ek was ses—en—vyftig, nou die dag. Ek kan uitgedoof word. Ek’s by die hartaanval ouderdom. Ek’s in al hierdie ander ouderdom, en wat nog. Wel, watter verskil? Dit het nie verskil gemaak vir my toe ek ’n kind was nie. Dit maak nie nou enige verskil nie, watter uur my nommer geroep word, en my kaart uit die stapel nie. Ek gee nie om of hulle ooit geweet het ek het ooit op die aarde gelewe nie. Dit maak aan my geen verskil nie. Hulle hoef nie enige groot monumente en groot geboue te hê om te sê ek was hier op aarde nie.254 Maar daar’s een ding wat ek wil hê hulle moet weet, om te weet dat “Jesus Christus is dieselfde gister, vandag, en vir altyd.” En in my hart hou ek Sy uittreksel. En ek weet dat eendag…Hoewel, ek kan ter see verdrink. Ek kan in Afrika doodgemaak word. Weet nie wat met my sal gebeur nie. Maar een ding weet ek, ek hou die uittreksel. Halleluja! Elke deur kan toegemaak word. Dit maak nie enige verskil aan my nie. Ek probeer nie ’n mens of ’n organisasie verheerlik nie, nog myself, of geeneen van die groepe nie, of niks anders nie. Ek wil hê mense moet sien Jesus Christus is opgewek uit die dood, en Sy Gees leef. “Hy’s dieselfde gister, vandag, en vir altyd.”255 Geen wonder nie, Jesus het gesê: “Moenie vrees nie. Ek is Hy wat dood was, maar Ek leef vir ewig.”256 “Want nou is ons verlos deur Hom, en het met Hom opgestaan, en sit nou (nie sal wees nie) in Hemelse plekke in Hom.” Nou, wanneer ons hierdie Gees in ons het, die uittreksel, toon dat al die twyfel afgehaal is. Wat? Christus leef. Nie ek leef nie; nie ek nie. “Christus leef in my.” Nie jy leef nie, maar Christus leef in jou. Want, Sy lewende Woord leef in jou, toon dat al die rekeninge van al jou Metodiste, en Baptiste, en Pinkster idees, alles anders, afgehaal is. En Jesus Christus…257 Soos op die Berg van Verheerliking, is al die profete en alles anders klaar. Al die dae van die Lutheraan, die Metodis, die Presbiteriaan, hulle is in orde, maar: “Dit is My geliefde

Page 37: AFR65-0410 Die Paasseël VGR - Branhamdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-0410 The Easter Seal...ons uitsien na die Koms van die Here. 12 En soos die lied lui, ons is opsoek na daardie

DIE PAASSEËL 37

Seun. Luister na Hom,” die Woord van hierdie uur, die uur van die Seëls. Wanneer, al die verborgenhede daar destyds, wat verborge was al hierdie jare, hulle is daardie groot piramide van die tyd is afgehaal, die hoofsteen, maak dit afgeslyp sodat die ster van Dawid op Sy plek tot rus sal kom. En die groot Kerk van die lewende God sal opgelig word soos die vleuels van ’n arend, uitgedra oorkant na die Heerlikheid. Ja.258 Nou in, nou in, in ons liggame: met die spreek in nuwe tale; met profetering, en vooruitsiening; hande oplê op die siekes, en hulle herstel; die wêreld, dood, en al die dinge van die wêreld. Ons het oorgegaan uit die dood tot die Lewe, en ons hou nou die krag. Halleluja!

Op die opstandingsmôre,Word dood se seëls verbreek enStaan ons op, (Halleluja!) staan ons op.

(Amen!)259 Daar is nie genoeg duiwels in die hel om te keer dat ons dit doen nie. Ons is deur God voorbestem vir hierdie uur. Die Woord van God manifesteer Homself reg deur ons. En ons lewe in die Teenwoordigheid van God, deur die Woord—Belofte van God. Is nie ’n duiwel in die hel wat my kan weerhou van op te staan nie. Is nie ’n deur wat hy in my gesig kan toemaak, op daardie môre nie. Die seëls is gebreek. Halleluja!260 Ek’s vry. Ek’s ’n arend. Ek’s nie langer in ’n kou nie, maar ek is vry. Ek het uit die dood opgestaan, tot die nuwe Lewe van Jesus Christus. Nie net ek nie, maar elke man, vroue, seun of dogter wat hier sit, wat vervul is tot daardie Gees van God, is ’n nuwe skepsel in Christus. En jy is ’n arend.261 Ons lewe vandag, en geniet die opstanding vir ewig. Omdat Hy lewe, lewe ons, ook. En Hy leef ons, maak dat ons leef. En die Gees wat Hom opgewek het uit die dood, wat in ons wese woon, sal ons sterflike liggame lewend maak, by daardie groot Ewige Pase. Glorie aan God!262 O, neem die wêreld, neem enigiets wat jy wil, maar gee my Jesus. Amen. Ek het Hom lief. Hy’s die hele wêreld, vir my.263 En omdat jy ’n deel van Hom is, is ek ’n deel van jou, en is jy ’n deel van my. En, saam, is ons ’n deel van Hom.264 O, Christen, watter geleentheid het ons nie! Ons het geleenthede wat Paulus nooit gedroom het om te hê nie. Ons het geleenthede wat Henog, en Elía, en hulle almal nooit gehad het nie, die geleenthede wat ons nou het nie.265 En daar’s een skapie daar oorkant iewers, en Hy sal nie tevrede wees tot daardie een in die kraal kom nie. Deur die hulp van God, en deur ’n visioen, en SO SPREEK DIE HERE, keer ek terug oor die see. Daardie laaste skapie is dalk ’n swarte daar, vir al wat ek weet, waar hulle nie eens dink

Page 38: AFR65-0410 Die Paasseël VGR - Branhamdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-0410 The Easter Seal...ons uitsien na die Koms van die Here. 12 En soos die lied lui, ons is opsoek na daardie

38 DIE GESPROKE WOORD

hulle het ’n siel nie. Maar God weet anders. Ek gaan soek tot die laaste dag van my lewe, om daardie laaste een te vind, waar dit ook al is.266 Ek hoop ek het nooit enige van my broers aanstoot gegee deur hierdie streng dinge te sê nie. Ek…Nie asof ek nie wil hê julle moet kerk toe gaan nie. Sekerlik, ek wil hê julle moet kerk toe gaan. Gaan julle kerk toe waar julle ook al gaan. Maar moet net nie dat dit julle hoop wees nie, sê: “Wel, ek behoort hieraan, of ek behoort daaraan,” nie. O, broer, suster, behoort aan Christus. Gaan kerk toe, maar behoort aan Christus. Amen.267 Laat daardie—laat daardie potensiaal, as dit nie in jou is nie, jou sommer nou lewend maak tot die Lewe. Sal jy Dit nie sommer nou ontvang nie?268 Hierdie vertrek is vol Daarvan. Ek voel Dit oral oor my. Ek weet Dit is hier, die krag van God, die groot Siener van visioene, die groot Voorspeller wat die dinge kan sê en dit faal nooit nie, die Grote wat kan spreek en niemand kan sê dis “nee” nie, ’n Man wat kan oopmaak en niemand kan toemaak nie. Hy wat dood was, lewe nou, en leef, vandag hier in Phoenix, loop tussen die nuutgebore blomme.269 Geen wonder nie, op daardie Paasoggend het traandruppeltjies van dou gelê op elke lelie se wang en elke roos. Waarom? Dit het geweet dit is deur die grond na bo gebring, en iewers bloei daar ’n Ewige blom. Dit sal sy plek eendag inneem. Dis reg.270 Geen wonder nie, vreugdetrane kan teen ons wange afloop. Geen wonder nie, ons harte sidder en bewe wanneer ons daardie selfde transformerende krag in ons lewens voel inkom en ons vervul, selfs om ons te laat praat in ’n taal wat van die Hemel kom.271 Ons is so lewend gemaak daar in Sy Teenwoordigheid, profesie, vooruitsien, voorspel, en alles tref volkome met die Woord. As die profesie teenstrydig is Daarmee, moet dit nie glo nie. Maar as dit met die Woord is, is Dit alreeds gesê, SO SPREEK DIE HERE.272 “Moenie vrees nie. Ek is Hy wat dood was, en vir ewig lewe.” Dit is God se Paasseël wat elke letter van hierdie Woord verseël in jou hart. Wat is die seël? “Julle is geskrewe briewe, gelees deur elke mens.” Julle weet dit. Maar as God jou opgeëis het, het Hy jou verseël met die Paasseël, dat jy met Christus opgestaan het, en jy ’n nuwe skepsel is.273 As jy vanmôre nie verseël is nie, maak so terwyl ons ons hoofde buig.274 [’n Broer begin in ’n ander taal spreek. Leë kol op band—Red.]…Here. Hoor julle dit? [Gemeente: “Amen.”]

Page 39: AFR65-0410 Die Paasseël VGR - Branhamdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-0410 The Easter Seal...ons uitsien na die Koms van die Here. 12 En soos die lied lui, ons is opsoek na daardie

DIE PAASSEËL 39

275 Dink nou, met julle hoofde gebuig. Romeine 8:11: “As dit so is dat die Gees wat Christus uit die dood opgewek het, in julle is, sal Dit ook julle sterflike liggame lewend maak.”276 Waarna kan ons vooruitsien, mense? Wat bly daar oor? Kyk na Formosa en die hele wêreld. En atoommissiele en alles net gereed om die wêreld te tref, en net so senuweeagtig, en bang, en aan die skree. En hierdie filmnabootsers is aan, daar, vertel sommer allerhande soorte grappe, net soos ’n seuntjie wat deur die begraafplaas loop, fluit in die nag, probeer die mense te laat glo dat alles in orde is. Moenie mislei word nie. Die Koms van die Here is op hande.277 Let julle op, nou die dag, het ’n visserman na my toe gekom en vir my gesê, gesit daar anderkant in die baai, dat, een of ander ruwe punt of iets daar. En hoedat lank voor daardie aardbewing daar in Griekeland geskud het, al die vis wat gewoonlik vreet omstreeks daardie tyd van die oggend, hulle nie gevreet het nie. Wat was dit? Hulle was nie op die oppervlak nie. Die tweede keer wat dit gebeur het, het dieselfde ding plaasgevind. Hy het toe sommer geweet iets gaan gebeur. Daardie vis het nie teen daardie tyd gevreet nie.278 En al die meeue en goed wat die vis vreet, hulle het opgehou vreet. So vroeg in die oggend, dis wanneer hulle vreet. Hulle sit maar net bo—op die bank, het padgegee van die kranse en dinge. Want, binne net ’n paar minute, het die seemos begin opkoop uit die aarde, van die seebodem af. Sien? Daardie vis het dit geweet voor dit gebeur het.279 Aangekom in Indië, het ek die koerant gelees, is gesê: “Die aardbewing moet verby wees.” Vir dae, wou die voëltjies nie terugkom na hulle neste in die rotse nie. Die beeste wou nie om die skuiling staan onder die…in die skadu, op die hitte van die dag nie. Die skape het reg daar in die middel van die land gestaan, teen mekaar aangeleun. Hulle wou nie nader gaan om daardie rotse, twee of drie dae voor die aardbewing gebeur het nie.280 Waarom? Daardie skape het dit geweet. Hulle het geweet iets gaan gebeur. Daardie voëls het geweet iets gaan gebeur. Daardie meeue het geweet iets gaan gebeur. Daardie vis het geweet iets gaan gebeur. Dis dieselfde God wat daardie diere in die ark ingelei het.281 Kan julle nie sien, geesvervulde mense, iets maak klaar om te gebeur nie? Moenie uitkyk vir ’n groot universele iets, omvattend nie, niks behalwe die Koms van die Here Jesus nie. Onthou, onthou net die Woorde en belofte van die Here.282 Sal julle nie baie gou inkom nie? Gee pad van daardie groot mure af. Die opstanding is nou op hande. As daar iemand hier is wat nie weet dat hulle in daardie opstanding sal gaan nie, en nie seker dat hulle daardie opstandingskrag rustend in hulle het nie!

Page 40: AFR65-0410 Die Paasseël VGR - Branhamdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-0410 The Easter Seal...ons uitsien na die Koms van die Here. 12 En soos die lied lui, ons is opsoek na daardie

40 DIE GESPROKE WOORD

283 Al vernietig die velwurms dit, al bars ’n atoombom reg in die middel van julle, sal dit nooit daardie lewendmakende, opstandingskrag vernietig nie. Nee, nee. Suster, broer, jou kosbare naam is geplaas op die Lam se Boek van die Lewe daarbo. Geen mens kan dit uitvee nie. Daar is nie genoeg skuurmiddels, in die wêreld, om jou naam uit die Boek Daar te skuur waar Sy Bloed dit gekoop het nie.284 As jy nie daarvan seker is nie, moenie—moenie nou ’n kans vat nie. Sien? Jy sou ’n kans kon vat om deur ’n versperring iewers te hardloop en nie gedood te word nie, maar jy gaan nie deur hierdie versperring hardloop nie. Nee, nee. Jy gaan dit kry. Jy hoef nie. Daar flits nou ’n rooi lig. Omseil, omseil jou eie idees, omseil die dinge van die wêreld.285 Kom. Laat ons saam opgewek word in hierdie grootse Paastyd, die groot viering van die Pase. Kan jy dit in jou hart vier hierdie week? As jy nie kan nie, sal jy net jou hand opsteek vir God?286 Sê: “God, ek’s nie seker daarvan nie. Ek weet nie of ek dit alles net kan doen of nie. Sal U my help? Ek gaan my hand na U opsteek, Here. Help my.” God seën jou. God seën jou. Dis goed. “Ek—ek—ek wil U hê, Here. Help my. Ek—ek wil—ek wil opgewek word. Ek—ek wil wees. Ek wil die potensiaal sommer nou hê. Ek wil weet dit is reg. Ek wil weet dat dit reg is, Here. Ek weet, kan nie ’n fou—…Wil dan geen fout hê nie. Dit gaan nie…” Dit gaan te laat wees. Nou is die dag. Goeiste! Nou is die dag. Moenie wag nie.287 Nie lank gelede nie, het ek gepreek. Daar het ’n ou gekleurde man gekom daar aan die agterkant van die gebou, het my ontmoet. Het gesê, sê: “Eerwaarde, ek wil jou sê, ek sê jy is reg.” Hy het gesê: “Ek het die Here al gesê, ’n lang tyd gelede, ek wil my kaartjie in my hand hê daardie môre. Ek wil weet dat dit reg gemerk is.” Het gesê: “Daar gaan ’n klomp probleme wees daar by die rivier.” Hy het gesê: “Ek—ek—ek gaan of met daardie rivier.” Hy het gesê: “Ek—ek wil nie daar enige probleme hê nie. Ek wil dit alles uitgeklaar hê net hier.” Dis reg.288 Het jou visum? As jy nie jou visum het nie…Jy mag ’n paspoort hê, maar, as jy nie jou visum het nie, kan jy nie die Land binnekom nie. Julle weet dit. Het jy jou alles gereed? As dit nie is nie, sommer nou is die tyd om dit te doen.289 Moenie vrees nie, as jy ’n bietjie bang is nie. Nou, daar’s omtrent miskien honderd hande wat opgegaan het hierbinne. So as jy net ’n bietjie bang is, laat ons dit nou net afhandel.290 Nou, ek weet ons het verskillende maniere. Party manne sê: “Kom nader, laat ek jou handgee.” Ander sê: “Kom nader, kniel by die altaar.” Nou, hulle is goed. Ek het nie een woord daarteen te sê nie, glad nie, nie ’n ding nie, enigiets wat sal red.

Page 41: AFR65-0410 Die Paasseël VGR - Branhamdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-0410 The Easter Seal...ons uitsien na die Koms van die Here. 12 En soos die lied lui, ons is opsoek na daardie

DIE PAASSEËL 41

291 Maar laat ek julle net vertel wat my manier is. “Soveel as wat geglo het, soveel…” Om na die altaar te kom sal jou nie laat glo nie. Om hand te skud met die prediker sal jou nie laat glo nie. Maar as jy deur God geroep is, en jy ’n arend is, om mee te begin, sê net ’n uitroep jou. Jy sal glo. As jy dit werklik glo, gaan ek saam met jou bid.292 Kan jy jou voorstel daardie arendjie bly nog langer op daardie plaaswerf? Nee, nee. Huh—uh. Nee. Moenie nog langer hier bly nie, vriend. Laat ons—laat ons nou Weggeraap word. Die genade van God is hier om dit te doen.293 Hemelse Vader, ons besef dat ons aankom na die sluitingsuur toe. Ons het nou nie meer te lank hier te wees nie. Nie as ons eeu nie, maar op die tyd. Ons glo daar sit vele jong persone hier, wat sal leef wanneer dit gebeur. Dit mag nog vandag gebeur. Ons ken nie die minuut of uur nie. Maar, Here, U het vir ons gesê: “Wanneer julle hierdie dinge sien gebeur,” en hulle gebeur nou al ’n lang ruk.294 Ons weet ons is ver verby, volgens die wetenskaplikes. Ses, sewe jaar gelede, was ons drie minute voor middernag. Ons weet nie hoeveel tyd dit is nie, tik voort, maar ons weet ons is net daar.295 O God, om daardie versekering te hê: om te sien ons hart beklemtoon elke belofte van God met “amen,” om te sien dat die Gees Self, wat in ons ingekom het, ons wese lewend maak.296 God, laat my broers dit sien, vanmôre. Laat my broers dit sien, dat hierdie Gees inkom en lewend maak tot die Woord. Laat my susters dieselfde ding sien, Here. En dan, as hulle iets sien wat hulle nie lewend gemaak wil laat word tot daardie Woord nie, O God, mag hulle heel gou daarvan ontslae raak. Skenk dit, Vader. Dis nou alles in U hande. Ek weet ek het in baie dinge gefaal, en hou aan faal, maar Here, ek het alles gedoen wat ek weet om te doen. Nou is dit in U hande. Hulle is U s’n. In Jesus se Naam, ontvang hulle, Vader.297 Nou aan julle wat hier is en behoefte het aan genesing van julle liggaam. Hoeveel gelowiges is hier? Steek jou hand op. “Ek is ’n gelowige, vir sover ek my hart ken.” Hoeveel besit? Jy weet, sonder ’n sweem van twyfel, dat in jou hart, sommer nou, jy uit die dood opgewek is? Weet jy? O, goeiste! Wat sou dan nie in ’n byeenkoms soos hierdie kon gebeur nie? Ek weet ek’s laat, maar wat kan net nou gebeur? Dink net aan wat sou kon plaasvind. Die potensiaal lê net daar in julle. Sien? Jy met jou hand omhoog, jy het geneem soos—soos ’n eed, aan God, dat: “Ek weet dat iets met my gebeur het. Ek is dalk nie presies daar waar ek behoort te wees nie.”298 Ek is ook nie. Nee, meneer. Ek is ver van waar ek behoort te wees. Maar ek weet hierdie een ding. Ek het van die dood tot die Lewe oorgegaan. Ek weet iets het met my gebeur. Baie…Nou nie as ’n ou man nie, maar baie, baie jare gelede, het dit gebeur.

Page 42: AFR65-0410 Die Paasseël VGR - Branhamdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-0410 The Easter Seal...ons uitsien na die Koms van die Here. 12 En soos die lied lui, ons is opsoek na daardie

42 DIE GESPROKE WOORD

299 En ek weet, daardie dag toe ek in daardie hospitaal ingestap het, toe ek my groot uitdaging gehad het. Ek het my vrou sien sterf; ek wat om haar lewe roep. “En wat het ek gedoen behalwe op die straathoek staan, preek, en vir die siekes bid?” En toe het Satan gesê: “Wel, Hy sal nie jou gebed beantwoord nie.”300 Ek het haar sien sterf, maar ek weet dat in haar daardie opstandingskrag was. Daardie beendere sal weer opstaan.301 Ek het my babatjie daar sien lê. En ek lê my hand op, sê: “God, moet dit nie neem nie.”302 Lyk asof Hy die gordyn afgetrek, gesê het: “Ek sal jou nie eens meer hoor nie.”303 Satan het gesê: “Daar is dit. Net een woord…” Hy het van beter geweet as om vir my te sê daar is geen God nie, want ek het dit geweet. Maar hy het gesê Hy het my nie lief nie, Hy gee nie vir my om nie. Sien? Elke redelike ding het gesê: “Jy’s maar net ’n jong man, nog twintig jaar oud. Daar lê jou vrou, lê hieronder in ’n lykshuis. En hier is jou baba aan die gaan daar. En—en net…Jy het gesê Hy is ’n groot geneser en Hy’s dit alles. En, kyk, wat doen Hy? Een woord, Hy sou dit nie eens hoef te spreek nie, net daarheen te kyk en sê. Net Sy kop te knik, dis al wat sal plaasvind, en dit sou genees wees. Maar, sien jy, Hy het jou nie lief nie. Hy gee nie vir jou om nie. Laat jou baba nou net daar sterf, en weier selfs om jou gebed te verhoor in hierdie donker uur.”304 Alles wat hy gesê het was absoluut die waarheid. “So wat het jy gedoen? Werk heeldag, tot jy kwalik kon regop staan. En sit dan heelnag wakker, tot twaalf-en-eenuur. Staan op die straathoeke, preek. Maak hospitaalbesoeke. Kom net in en gaan sit, ’n stoel, sit daar en slaap ’n uur of twee, en gaan weer terug werk toe. Volgende aand, dieselfde ding. En hier is jy, omtrent een-en-twintig, twee-en-twintig jaar oud. Elke vriend, elke jong dame, elke Jong man met wie jy jou ooit geassosieer het, het jou ’n mal gek genoem. Wat het jy gedoen? Jy het ’n gek van jouself gemaak. Sien jy dit nie?” Ek was omtrent gereed om met hom saam te stem.305 En Iets onder in my, dit was daardie lewendmakende krag. Ek het gesê: “Die Here het gegee, en die Here het geneem. Geseënd sy die Naam van die Here.”

Wil alle hoop verdwyn,Dan is Hy my hoop en stand.Want op Christus die…[Leë kol op band—Red.]…sinkende sand.O, Hy kom met glorie wat verblind,Mag ek my dan in—in Hom bevind,Toegedraai in Sy kleed van geregtigheid.

Page 43: AFR65-0410 Die Paasseël VGR - Branhamdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-0410 The Easter Seal...ons uitsien na die Koms van die Here. 12 En soos die lied lui, ons is opsoek na daardie

DIE PAASSEËL 43

306 Nie in my eie nie; ek het nie enige nie. Myne is smerige, vuil vodde. Ek sou dit haat om Hemel toe te probeer gaan op my prediking. Dit haat om Hemel toe te probeer gaan op my visioene. Ek gaan Hemel toe omdat ek Sy genade in my hart hou. Sy genade, daarom gaan ek. Dis hoe ons gaan.307 O, vriend, jy’s ’n deel van hierdie Liggaam. Julle is God se kindertjies. Nou, ek sê dit om julle hoop op te bou. As jy gevind het…308 As ek guns gevind het by julle, het julle die Waarheid vertel. En wat ek julle vertel het, is—is die profeet het gesê, van vergange jare. Maak nie myself Sy profeet nie. Nee, meneer. Maar ek vertel julle die Waarheid. Het Hy ooit iets gesê behalwe wat reg was? Ek ken julle nou vir ’n stuk of in die twintig jaar, hier in Phoenix, sedert daardie lied Ek Wil Graag Daaroor Praat Met Hom, daar by Broer Outlaw se kerk, meen ek was dit, en Broer Garcia. Het ek julle ooit iets gesê in die Naam van die Here behalwe wat gebeur het?309 Onthou, daar’s net een hoop. Kry hierdie lewendmakende krag. Dit sal jou hou. Wanneer alles anders padgegee het, sal Dit jou hou.310 Sommige van hulle het gesê: “Het jy jou godsdiens gehou, Broer Branham?” Ek het gesê: “Nee. Dit het my gehou.”311 Dit hou my. Nee, ek hou dit nie. Dit is nie of ek bly vashou, of nie, nie. Dis of Hy bly vashou het, of nie. Hy is wat bly vashou het vir my.312 Hy hoef dit nie te gedoen het nie. Engele is geplaas in elke boom, het gesê: “Trek net jou vingers los. Wys net; jy hoef dit nie van die kruis af te haal nie. Wys net met jou vinger, en kyk wat.” Sien, daardie klomp spotters. Maar as Hy dit sou gedoen het, kon ek nie vandag hierdie getuienis gehad het nie; kon julle dit nie gehad het nie. Maar omdat Hy aan die kruis gebly het, Hy daar gehou het, dis waarom ek by Hom hou.

Op Christus die stewige Rots, staan ek;Alles anders is sinkende sand.

313 Nou, as julle siek is, sal julle julle hande die een op die ander lê. Laat ons bid. Lê net julle hande op iemand langs julle. Ongeag wat met jou verkeerd is, wees nou gelowig. As ek julle ooit die Waarheid vertel het, vertel ek julle nou. Sien? Jesus het gesê: “Vir hulle wat geglo het, sal hierdie tekens volg.” En julle is gelowiges, julle het pas julle hande opgesteek. Moenie twyfel nie. Daar’s ’n arme lydende persoon op wie jy jou hande het. Iemand het sy hande op jou.314 Onthou daardie lewendmakende krag, daardie krag wat Jesus uit die graf opgewek het. Jy moet nou geloof hê in wat jy

Page 44: AFR65-0410 Die Paasseël VGR - Branhamdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-0410 The Easter Seal...ons uitsien na die Koms van die Here. 12 En soos die lied lui, ons is opsoek na daardie

44 DIE GESPROKE WOORD

in jou—in jou eie liggaam het. Dit gaan daardie persoon help op wie jy jou hande het. “As Dit in julle woon, sal Dit ook julle sterflike liggame lewend maak.”315 Dierbare God, soos ek hier staan vanmôre, die middagtyd nader, wanneer dit omtrent hierdie uur van die dag is toe Jesus uitgeroep het: “My God, My God, waarom het U My verlaat? Ek het dors.” Geen wonder nie, die profeet het dit vooruitgesien, en gesê: “Al My beendere, hulle staar na My. Hulle het My hande en My voete deurboor.” “Maar Hy is gereken onder die oortreders. Maar vir ons oortredinge is Hy deurboor. Vir ons ongeregtighede is Hy verbrysel. Die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur Sy wonde het daar vir ons genesing gekom.” Ons maak daarop aanspraak, vanmôre, God. Ons maak daarop aanspraak.316 Op die oggend van hierdie opstanding, let op, hierdie bevestigde Waarheid wat ek vertel het, Here, uit U Woord, in die Teenwoordigheid van God. Hy is Regter, en ons is getuies dat Hy ons verlos het. En in ons lê, deur die genade van God, daardie opstandingskrag. En ons vriende is siek, diegene op wie die hande gelê is.317 O God, ons daag die Duiwel uit, te midde van ons geloof vanmôre, met hande gelê op die mense, en ek met my hande uitgestrek oor die mense. Laat elke siekte, elke beproewing wat die mense probeer vashou, in die teenwoordigheid van hierdie bevestigde Waarheid, uitkom. In die Naam van Jesus Christus, mag hierdie mense vandag vrygemaak word. Dat, die Bybel, die Woorde van ons God het gesê: “As hulle hulle hande op die siekes lê, sal hulle gesond word.” En ons hande was in die lug op, na U toe, God.318 Soos, elke plant op die aarde drink by U fontein. En so seker as daardie plant, wat ontkiem het, van U fontein drink, begin dit opbou. Dit begin groei. Die mieliehalm, die blom, wat dit ook al is wat in U fontein drink, groei op na U toe.319 En vanmôre, het ons gegroei, duime, Here. Ons kan hoër bykom. Ons drink by U fontein. Ons is U skepsels, met die opstandingskrag in ons, Here. En ons bid dat U ons gebed vir ons broers en susters sal verhoor. En mag elke beproewing, wat hierdie liewe mense hier hinder wat hierdie krag besit, Here, laat hulle los, sodat hulle God kan dien. En dit sal goed wees, Here. In die Naam van Jesus Christus. Amen.320 Glo julle Hom? [Gemeente sê: “Amen.”—Red.] ’n Ding soos hierdie verlaat? Hoe kan jy dit doen? Jy moet net, lyk dit, jouself wegskeur. Voel julle so? [“Amen.”] Ek—ek—ek…Dit mag net ek wees, dat ek’s…Maar ek het ’n gevoel gehad, net ’n eienaardige gevoel toe ek tussen die mense kom, waar julle so saam sit. Ek weet, iewers, onsigbaar hier; net soos ’n radio,

Page 45: AFR65-0410 Die Paasseël VGR - Branhamdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-0410 The Easter Seal...ons uitsien na die Koms van die Here. 12 En soos die lied lui, ons is opsoek na daardie

DIE PAASSEËL 45

televisie, wat dit ook al is, wat deur hierdie vertrek gaan; Christus is in hierdie vertrek. Dink net, ons Verlosser! Tony, Hy’s hier. Amen.321 En wie kan blyer wees as mense wat besit, met Bybelgetuienis van elke Woord van God wat gemanifesteer word, om te sien selfs tot Engele en Sy Wese, soos hulle deur die—die eeue het! En die Woorde van die sieners hoor, het voorspel en dit het net presies gebeur. En hier is ons op die vooraand van Sy Koms. O, watter wonderlike tyd!322 Ons sal Hom sien. Een van hierdie dae, sal Hy hier wees. Totdat Hy wel kom, sal julle vir my bid? [Gemeente sê: “Amen.”—Red.] Ek het gevaarlike hindernisse voor my. Ek weet dit. Sien? En ek kom in aanraking met heidene wat jou sal skiet, net soos om ’n sluk water te drink, en jy word sommer voor betaal. Jy kom op hulle terrein, duiwels wat jou oor die Bybel sal uitdaag, net ewe maklik. Maar ek het nooit ’n tyd gesien wat ons God nie die oorwinning behaal het nie. Ek gaan in Sy Naam, in die Naam van die Here Jesus Christus, die hoop op Ewige Lewe, die opstanding en die Lewe. “Hy wat lewe en in My glo, al het hy ook gesterwe, sal hy nogtans lewe. En wie ook al lewe en in My glo sal nooit sterf nie.” Ek glo dit is God se Ewige Woord. Glo julle dieselfde? [“Amen.”] Sal julle vir my bid? [“Amen.”] Ek sal vir julle bid. Mag God oor ons die wag hou tot ons weer ontmoet.323 Nou laat ons op ons voete staan, net ’n oomblik. (Het jy enigiets wat jy wil sê?) Laat ons ons hoofde buig.324 Dit sou net nie reg wees vir ons om nie hierdie liedjie te sing nie, sou dit? Onthou ons lied: Ek Het Hom Lief, is dit in elke hart? Laat ons dit net sing. Suster, lief, sal jy…Ek wil sê, ek waardeer jou spel, ook, suster. Goed.

Ek het Hom lief, ek het Hom liefOmdat Hy my eerste liefgehad hetEn my verlossing gekoop hetOp Gólgota se boom.

Nou gaan ons die lied verander.My geloof kyk op na U,U Lam van Gólgota,Goddelike Verlosser;Hoor my nou wyl ek bid,O, neem al my skulde weg,O, laat my van vandagGeheel Uwe wees!

325 Doen dit nie iets aan julle nie? Hoeveel hou van daardie regte hart…Ek—ek—ek hou van jubelliedere. Sekerlik, ek hou daarvan. Maar wanneer jy in ’n gees van aanbidding is, hou

Page 46: AFR65-0410 Die Paasseël VGR - Branhamdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-0410 The Easter Seal...ons uitsien na die Koms van die Here. 12 En soos die lied lui, ons is opsoek na daardie

46 DIE GESPROKE WOORD

julle nie van daardie ou soet gesange nie? Ek glo die Heilige Gees het beweeg op Eddie Perronett en hulle wat daardie grootse ou liedere geskryf het. Glo julle dit nie? Fanny Crosby, toe sy geskryf het.

Gaan my nie verby, my, O soete Heiland,Hoor my nederig roep;Wyl U ander roep,Gaan my nie verby.U die bron van al my troos,Meer as lewe vir my,Wie op aarde het ek as U?Of wie in Hemel as U?

326 Is dit nie wonderlik nie? Dit maak dat ons Ek Het Hom Lief wil sing. Dan nie? [Gemeente sê: “Amen.”—Red.] Nou, terwyl ons hierdie keer sing: Ek Het Hom Lief, laat ons…Ons het mekaar lief. As ons mekaar nie liefhet nie, dan kan ons Hom nie liefhê nie. Nou laat ons mekaar se hand skud. Staan net, reik net oor die tafel iewers, skud hande, met mekaar.

Ek…[Broer Branham draai weg van die mikro—foon en praat met iemand—Red.]

En my verlossing gekoop hetOp Gólgota se boom.

Laat ons nou ons hoof buig.327 Gaan Broer Williams vra, jong Broer Williams, om hierheen te kom net ’n oomblik. Ek gaan hom vra of hy hierdie gehoor in gebed sal verdaag.328 Ek het Broer Williams lief, ’n jong Christen, wat ek dink is waarlik ’n dienskneg van Christus, sy familietjie. Ek het ’n klomp gemeenskap met diegene. En daardie kosbare Moseley seuns en hulle almal, ons was saam, en soveel van my liewe vriende hier in Phoenix, wat ek met my hele hart liefhet. Ek dink, daardie môre in daardie visioen het Hy gesê: “Almal wat jy ooit liefgehad het, en almal wat jou liefhet, het God jou gegee.”329 Glo iemand hier wat hulle van hulle sonde bekeer, onder op die vloer, ’n jong dame wat huil. Laat ons net ons hoofde ’n oomblik buig vir haar.330 Dierbare God, is dit daardie skapie wat oor was in Phoenix? Ek weet nie, God. U weet. Maar, eendag, sal dit wees. Maar, Vader, dit, sonder twyfel, is een. So ek bid dat U haar sal help, sommer nou. Maak die hek vriendelik oop, sê: “Kom, kind van My. Kom in uit die moeë, uitgeputte pad. Jy het daar in die duister gestrompel. Ek het uitgekom, vandag, om jou te haal. Dis My Gees wat met jou praat en jou nou in die kraal inbring.” Skenk dit, God. Mag hierdie jong vrou…net by die kruispaaie van die lewe hier. “Hy wat My Woorde hoor, en glo aan Hom wat My gestuur het, het ewigdurende Lewe.”

Page 47: AFR65-0410 Die Paasseël VGR - Branhamdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-0410 The Easter Seal...ons uitsien na die Koms van die Here. 12 En soos die lied lui, ons is opsoek na daardie

DIE PAASSEËL 47

Skenk dit, dierbare God, aan hierdie jong Christen. “Hy wat na My toe sal kom, sal Ek op geen manier uitwerp nie.” Terwyl heiliges oor die jong vrou staan, biddend.331 Onthou, selfs Paulus, wat so erg gestenig was dat hy sterwend was, en toe die…?…heiliges daar gestaan en gebid het, het lewe teruggekom. Want, in daardie liggame van daardie heiliges was daardie lewendmakende krag wat die gees van lewe teruggebring het na Paulus. God, dit kon sekerlik die gebed bid, van dood uit…of die dood uit die persoon, deur die gebed van geloof, tot lewe. Skenk dit, dierbare God.332 Seën ons nou waar ons op U wag. In Jesus Christus se Naam, bid ons.333 Nou met ons hoofde gebuig, gaan ek Broer Williams vra.

DIE PAASSEËL AFR65-0410(The Easter Seal)

Hierdie Boodskap deur Broer William Marrion Branham, oorspronklik gelewer in Engels op Saterdagoggend, 10 April 1965, vir die Internasionale Volle Evangelie Sakemansgemeenskap se ontbyt by die Ramada Inn in Phoenix, Arizona, V.S.A., is geneem vanaf ’n magnetiese bandopname en onverkort gedruk in Engels. Hierdie Afrikaanse vertaling is gedruk en versprei deur Voice Of God Recordings.

AFRIKAANS

©2014 VGR, ALL RIGHTS RESERVED

VOICE OF GOD RECORDINGS, SOUTH AFRICA OFFICE58 DISA ROAD, ADMIRAL’S PARK, GORDON’S BAY 7140 WESTERN CAPE

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA

VOICE OF GOD RECORDINGSP.O. BOX 950, JEFFERSONVILLE, INDIANA 47131 U.S.A.

www.branham.org

Page 48: AFR65-0410 Die Paasseël VGR - Branhamdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-0410 The Easter Seal...ons uitsien na die Koms van die Here. 12 En soos die lied lui, ons is opsoek na daardie

Kopiereg kennisgewing

Alle regte voorbehou. Hierdie boek mag gedruk word op ‘n tuisrekenaar vir persoonlike gebruik of om uitgegee te word, gratis, as ‘n middle om die Evangelie van Jesus Christus te versprei. Hierdie boek kan nie verkoop word, op groot skaal gereproduseer word, op ‘n webtuiste geplaas word, in ‘n opsoekstelsel geberg word, vertaal word in ander tale, of gebruik word om fondse in te samel, sonder die uitdruklike geskrewe toestemming van Voice Of God Recordings®, nie.

Vir meer inligting of vir ander beskikbare material, kontak asseblief:

VOICE OF GOD RECORDINGSP.O. BOX 950, JEFFERSONVILLE, INDIANA 47131 U.S.A.

www.branham.org