maandtema: mense is god se geskenke aan...

13
1 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum Die Kandelaar – 1 April 2018 2018 Telefoon en faks: 051 522 2547Finansies 051 522 8119 Bankbesonderhede: NG Gemeente Universitas-Wes Absa Bank, Reknr: 470580909, Bankkode: 334134 E-pos: [email protected]. WEBADRES: www.rooikerk.co.za / nguniversitaswes Kantoorure: Maandag, Dinsdag, Donderdag , Vrydag: 08:00 tot 13:00 Woensdag: 08:00 tot 10:00 en 12:00 tot 13:00 Sondae: Net ná die erediens tot 10:30 of tot die laaste persoon gehelp is ROOIKERK-EREDIENSTE 06:15 Fees van die LIG Bring jou piekniekmandjie met feeskos vir die ontbyt tussen die byeenkoms en die Paasfeesdiens van 09:00. Die oggenddiens en die aanddiens vandag is in die vorm van Paasfees- lofprysingsdienste. 09:00 Carel Teks: Johannes 20:1-31, Efesiërs 3:16-17 en Filipense 2:5-11. Tema: Van vernedering tot verheerliking. Deurkollekte: Alimentasie Geen Baba-, Peuter- en Kinderkerk nie. Geen Junior- en Seniorjeug-Omgeegroepe nie. 18:00 Carel saam met Musiekspan (Lofprysingsdiens) Sondagaand besoek Theunis en Magda Scheepers (Gestuurdes wat deur die Rooikerk ondersteun word). Maandtema: Mense is God se geskenke aan mekaar.

Upload: others

Post on 12-Oct-2020

6 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Maandtema: Mense is God se geskenke aan mekaar.rooikerk.co.za/wp-content/uploads/2018/04/Kandelaar-1-April-2018.pdf · 18:00 LLO 12 April 1-Dag Stilweesretraite 14 April Movie Night

1 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

Die

Kan

del

aar –

1 A

pri

l 20

18

2

01

8

Telefoon en faks: 051 522 2547Finansies 051 522 8119

Bankbesonderhede: NG Gemeente Universitas-Wes Absa Bank, Reknr: 470580909, Bankkode: 334134

E-pos: [email protected].

WEBADRES: www.rooikerk.co.za / nguniversitaswes Kantoorure:

Maandag, Dinsdag, Donderdag , Vrydag: 08:00 tot 13:00

Woensdag: 08:00 tot 10:00 en 12:00 tot 13:00

Sondae: Net ná die erediens tot 10:30 of tot die laaste persoon gehelp is

ROOIKERK-EREDIENSTE

06:15 Fees van die LIG

Bring jou piekniekmandjie met feeskos vir die ontbyt tussen die byeenkoms en die Paasfeesdiens van 09:00. Die oggenddiens en die aanddiens vandag is in die vorm van Paasfees-lofprysingsdienste.

09:00 Carel

Teks: Johannes 20:1-31, Efesiërs 3:16-17 en Filipense 2:5-11.

Tema: Van vernedering tot verheerliking.

Deurkollekte: Alimentasie

Geen Baba-, Peuter- en Kinderkerk nie.

Geen Junior- en Seniorjeug-Omgeegroepe nie.

18:00 Carel saam met Musiekspan (Lofprysingsdiens)

Sondagaand besoek Theunis en Magda Scheepers (Gestuurdes wat deur die Rooikerk ondersteun word).

Maandtema:

Mense is God se geskenke aan mekaar.

Page 2: Maandtema: Mense is God se geskenke aan mekaar.rooikerk.co.za/wp-content/uploads/2018/04/Kandelaar-1-April-2018.pdf · 18:00 LLO 12 April 1-Dag Stilweesretraite 14 April Movie Night

2 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

VERJAARDAE

Spesiale gelukwensing aan twee baie spesiale persone:

Maria Wessels 0827841108 wat op 2 April 97 jaar oud word, asook

Gawie vd Berg 0828735236 wat op 3 April 82 jaar oud word

Baie geluk aan elkeen wat in die volgen-de week verjaar.

2 April Benco Groenewald Gerhard Kotze 0723843047 Helindie Slabber 0791897025 3 April Sietske Gryzenhout 0515223466 Zoë Leipoldt 5 April Rachel Botha 0833970559

LIEF EN LEED Kom ons bid vir ons siek mense in die gemeente – vir dié op die lys asook vir die

wat nie hier gelys is nie. Ons vra voorbidding vir hulle en hulle gesinne.

Dinah Crowther is tuis na ʼn baie lang tyd in die hospitaal. Robert Crowther se kankerbehandeling is gestaak – ons loof die Here! Lize Ferreira is ontslaan en sterk tuis aan. Elise Sevenster was in die hospitaal, maar is ontslaan- haal af Johan Henning was in Mediclinic en sterk tuis aan.. Ons innige meegevoel aan Etrecia Steyn wie se man Piet Donderdagoggend oorlede is. Ons dink aan die gesin en familie in hierdie tyd.

NUWE LIDMATE Besoekers en nuwe lidmate, kom

ontmoet die Nuwelidmatespan ná die erediens by die Inligtingstoonbank.

Volgende Sondag se eredienste

09:00 Thania

18:00 Thania

Carel is met verlof vanaf 2 April tot 13 April om onder andere Pinkstervoor-bereiding te doen en in Botswana te werk. Jy kan hom per sms kontak.

Kontak Thania 0810623438 of Chris 0662292428 (ons teologie-se studente) gerus indien jy hulp nodig het.

ONS DOOP VANOGGEND VIR: Steyn – seuntjie van Herman en Retha Greyling Aiden Michael Blignaut seuntjie van Renier en Nicolynn Blignaut Baie geluk aan julle!!

Page 3: Maandtema: Mense is God se geskenke aan mekaar.rooikerk.co.za/wp-content/uploads/2018/04/Kandelaar-1-April-2018.pdf · 18:00 LLO 12 April 1-Dag Stilweesretraite 14 April Movie Night

3 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

Rooikerk-Dagboek April 2018 10 April Skole open 10 April DIENSGROEPVERGADERINGS 18:00 Gasvryheid 18:00 Omgee 19:00 Omgewingsake 19:00 Drama en Kuns 11 April DIENSGROEPVERGADERINGS 17:15 Carpe Diem 17:30 Vrouediens

18:00 Skakelkomitee 12 April DIENSGROEPVERGADERINGS 18:00 Finansiesdiensgroep 18:00 LLO 12 April 1-Dag Stilweesretraite 14 April Movie Night 15 April Leiersbevestiging 16 April DIENSGROEPVERGADERINGS 17:30 Eiendomme 18:00 Ondersteuningsdienste 18:00 Gestuurdheid

18:30 Liturgie en Musiek 19:00 Tegnies 19:00 Bemarking en Kommunikasie 17 April DIENSGROEPVERGADERINGS 18:00 Dagbestuur

18:00 Jeug 20 April Vrouediens Herfsaand 22 en 23 April April Ringsitting in die Rooikerk. By die eredienste is dr

Frederick Marais die prediker. Hy is ʼn kenner oor spiritualiteit en kultuurskuiwe in die kerk. Dagboek dadelik!

26 April Diensgroepleiers dine verslae in.

Page 4: Maandtema: Mense is God se geskenke aan mekaar.rooikerk.co.za/wp-content/uploads/2018/04/Kandelaar-1-April-2018.pdf · 18:00 LLO 12 April 1-Dag Stilweesretraite 14 April Movie Night

4 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

FINANSIëLE SAKE

FINANSIëLE STAND VAN DIE GEMEENTE (STRIATA INGESLUIT) 1 Jan tot 28 Feb 2018

Begroot Werklik

INKOMSTE R438,009.50 R423,432.57

Min: UITGAWES R449,587.48 R427,239.43

* Bedryfsuitgawes R144,189.08 R145,821.95 * Gemeentevisie / Sending en Uitreikaksies

R81,731.30 R58,981.46

* Salarisse en Lone R223,667.10 R222,436.02

(-Tekort) / Surplus (-R11 577.98) (-R3 806.86)

April se spesiale koevertinsameling gaan vir die

Gebruik die ekstra koevertjie by die deur, benewens jou normale dankoffer.

Diensgroep vir Finansies

Ons benodig die volgende leiers:

1. Huis Carpe Diem 2. Luisterspan Wil jy nie asseblief hieroor gaan bid en as die Here dit op jou hart lê, vir Carel (0828217600) of Riana (0515222547) in die kerkkantoor skakel

nie?

Page 5: Maandtema: Mense is God se geskenke aan mekaar.rooikerk.co.za/wp-content/uploads/2018/04/Kandelaar-1-April-2018.pdf · 18:00 LLO 12 April 1-Dag Stilweesretraite 14 April Movie Night

5 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

Die kouer dae is na die lieflike reën op hande en mense is alreeds besig om baie koud te kry. Die volgende word dringend benodig vir mense in nood:

Nr 10-mansskoen vir ons motorwag

Mansklere in enige grootte

'n Klein yskassie en broodrooster vir 'n student wat onder moeilike omstandighede studeer.

'n Bababedjie en enige babaklere en kombersies - vir 'n baba wat gebore is en waarvoor daar geen voorsiening gemaak is nie.

Gee gerus by die Kerkkantoor af. Jul bydrae sal baie waardeer word. O

nders

teun

ings

die

nste

Gebedsbediening

Die Bybel sê: “Julle behoort nou aan …. Hom wat uit die dood opgewek is. Daarom

moet ons nou ʼn vrugbare lewe lei in diens van God.” Rom 7:4(b). Vir hoeveel van

die tyd is jy in diens van God nuttig? In sommige kerke in China verwelkom hulle

nuwe gelowiges deur te sê: “Nou het Jesus ʼn nuwe paar oë om mee te sien, nuwe

ore om mee te luister, nuwe hande om te help en ʼn nuwe hart om ander mense

mee lief te hê.”

Die Doelgerigte Lewe deur Rick Warren

Page 6: Maandtema: Mense is God se geskenke aan mekaar.rooikerk.co.za/wp-content/uploads/2018/04/Kandelaar-1-April-2018.pdf · 18:00 LLO 12 April 1-Dag Stilweesretraite 14 April Movie Night

6 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

Die Diensgroep vir Gestuurdheid loods ’n gemeenskap-analise namens die Rooikerk waarmee ons graag die gemeenskap om ons beter wil leer ken, sodat ons ons bediening meer effektief kan rig – ons is immers ’n gestuurde gemeente.

Graag daag ons elke gesin/paartjie/huishouding/ enkellopende van die Rooikerk uit om vir ons slegs een vraelys deur ’n lid van die gemeenskap te laat invul, bv. jou bure. Ons fokus is hoofsaaklik die groter gebied rondom die Rooikerk, nl. Universitas-Wes insluitende die Studentegemeente - die sogenaamde studente-gemeenskap en Langenhovenpark, asook ander potensiële bedieningsareas van die Rooikerk.

Vraelyste is by die kerkkantoor en inligtingstoonbank beskikbaar, waar dit ook weer ingehandig kan word.

Vir enige navrae kontak Jean 084 626 0825

Bydraes vir die vir die Kuierfees;

kan by die kerk afgegee word. Reël asseblief met oom Fanie voor jy dit kom aflaai. Tel

051 5222 547

Page 7: Maandtema: Mense is God se geskenke aan mekaar.rooikerk.co.za/wp-content/uploads/2018/04/Kandelaar-1-April-2018.pdf · 18:00 LLO 12 April 1-Dag Stilweesretraite 14 April Movie Night

7 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

Page 8: Maandtema: Mense is God se geskenke aan mekaar.rooikerk.co.za/wp-content/uploads/2018/04/Kandelaar-1-April-2018.pdf · 18:00 LLO 12 April 1-Dag Stilweesretraite 14 April Movie Night

8 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

Op 2 Junie 2018 is dit uiteindelik weer die Rooikerkkuierfees en ons is so opgewonde.

Ons benodig asb sameroepers vir die volgende:

Koffiestoep

Handwerk (medesameroeper, om oor te neem as sameroeper in 2019)

Striata (hierdie sameroeper sal kontak met die Striata-gemeentelede om hulle ook betrokke te maak by die Rooikerkkuier-fees)

As jy op enige ander manier betrokke wil raak by die Kuierfees of ‘n lekker idee het, kontak my asseblief by 082 974 1550 of [email protected]. Enige en alle donasies sal ook baie waardeer word.

MOEDERSDAG-STEAK-ETE

Op 13 Mei 2018 bied die JayVees weer die jaarlikse Moedersdag-Steak-ete aan. Hou die datum oop en nooi al die moeders (met hulle gesinne) wat jy ken. Volle details sal binnekort deur gegee word. Dankie aan Phillipp Coetzee en sy span vir hierdie reuse werk.

MOET DIT NIE MISLOOP NIE!!!!

BOEKETAFEL

Elretha en haar span vra asseblief skenkings van enige boeke vir die Kuierfees-Boeketafel. Alle boekeskenkings kan by die Kerkkantoor ingehandig word of kontak Elretha (084964 1404) direk. Kuierfeesgroete,

Lizelle de Reuck

Page 9: Maandtema: Mense is God se geskenke aan mekaar.rooikerk.co.za/wp-content/uploads/2018/04/Kandelaar-1-April-2018.pdf · 18:00 LLO 12 April 1-Dag Stilweesretraite 14 April Movie Night

9 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

Page 10: Maandtema: Mense is God se geskenke aan mekaar.rooikerk.co.za/wp-content/uploads/2018/04/Kandelaar-1-April-2018.pdf · 18:00 LLO 12 April 1-Dag Stilweesretraite 14 April Movie Night

10 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

“Hy is al wat ek het, en ek is seker dat Hy my nooit sal verlaat nie.”

is ʼn sekulêre nasie met geloofsvryheid, maar radikale Hindoes wil dit verander.

Party van Indië se state het reeds anti-bekeringswette van krag, en radikales wil sorg dat hierdie wette op nasionale vlak ingestel word en Hindoeïsme as die enigste godsdiens herken word.

In 2014 het die Hindoe nasionalistiese ‘Bharatiya Janata Party’ (BJP) die verkiesing gewen, en onder die leierskap van Eerste Minister Narendra Modi het Hindoe-ekstremisme toegeneem. Terwyl die vlak van onverdraagsaamheid aanhou om te styg, word Christene gereeld deur radikale Hindoes aangeval. Die vlak van straffeloosheid het aansienlik gestyg, met gemeenskappe van Christenbekeerlinge vanaf Hindoeïsme wat die ergste deur vervolging geraak word. Hulle is onder konstante druk om terug te keer na hulle ou oortuigings, en word gereeld fisiek aangerand, en soms doodgemaak.

Protestante Christen-gemeenskappe is die tweede hoofteiken, vanweë hulle betrokkenheid in uitreik-aktiwiteite en bekerings, en hulle verduur ook gereelde aanvalle deur radikale Hindoes.

Om vervolgde Christene in Indië te ondersteun, voorsien Geopende Deure, deur plaaslike vennote, opleiding (soos Standing Strong Through the Storm), dissipelskap, opleiding, belangrike noodleniging, en meer.

Page 11: Maandtema: Mense is God se geskenke aan mekaar.rooikerk.co.za/wp-content/uploads/2018/04/Kandelaar-1-April-2018.pdf · 18:00 LLO 12 April 1-Dag Stilweesretraite 14 April Movie Night

11 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

Neem kennis van die volgende verklaring van die Moderamen van die NG Kerk oor gelowiges se roeping in Suid-Afrika.

Maart 2018

Suid-Afrikaners is oor die afgelope jare blootgestel aan talle berigte van korrupsie, magsmisbruik en swak bestuur deur die regering, staatsdiens semi-staatsinstellings en privaat sektor. Uitsprake van die Openbare Beskermer en die howe het telkens bevestig dat die kommer en lae moraal van die Suid-Afrikaanse nasie nie sonder rede is nie. Morele ver-val het ook in verskeie ander oorde toegeneem. Gelowiges het oral begin bid vir uitkoms en vir morele, vaardige en toegewyde leiers wat die belange van al die burgers van die land op ’n ewewigtige wyse op die hart dra.

Die onlangse verwisseling van die leiers van die regering bied die poten-siaal vir ’n nuwe begin. Groot verwagtinge is ontketen, onder meer dat ons kan terugkeer na die paaie van nasionale versoening, ekonomiese ontwikkeling en ’n menswaardige lewe vir almal.

Die NG Kerk verstaan dat ons by ’n keerpunt in ons land se geskiedenis kan wees. Dit vra egter dat almal moet hande vat. Die kerk het ’n be-sondere verantwoordelikheid. Die kerk mag nooit sy profetiese en kritiese posisie prysgee nie. Die kerk het egter ook ’n opbouende rol om te speel. Ons moet ook bly bid vir morele standvastigheid, geregtigheid en vrede.

Die Here het nou ’n wonderlike geleentheid voorsien vir die kerk om ’n bydrae te lewer. Ons roep ons lidmate op om, as volgelinge van Christus, op alle vlakke van die regering en die burgerlike samelewing te beding vir:

• Etiese regering • Menswaardigheid • Geregtigheid vir almal • Werkskepping • Rentmeesterskap • Ekonomiese investering • Gesonde rasseverhoudinge • Vrede en harmonie in ’n diverse samelewing

Die NG Kerk is verbind om in afhanklikheid van God mee te werk aan die koms van sy koninkryk en die geluk van al ons land se mense.

Page 12: Maandtema: Mense is God se geskenke aan mekaar.rooikerk.co.za/wp-content/uploads/2018/04/Kandelaar-1-April-2018.pdf · 18:00 LLO 12 April 1-Dag Stilweesretraite 14 April Movie Night

12 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

VANDAG IS PAASSONDAG 2018 Erediens gelei deur Roelf

Johannes 20:1 - 16 Tema: Herken Jesus se groet!

DINSDAG 3 APRIL

Saalbybelstudie (10:00) gelei deur Roelf

SONDAG 8 APRIL Erediens gelei deur Roelf

Voorbidding vir siekes

Piet Strydom is nog in die VE. Dit gaan beter. Petro Vermeulen van NW39 is in Bloemcare. Dit gaan beter. Rina Ferreira van H171 het groot las van haar been. Bid asseblief vir die behandeling.

Page 13: Maandtema: Mense is God se geskenke aan mekaar.rooikerk.co.za/wp-content/uploads/2018/04/Kandelaar-1-April-2018.pdf · 18:00 LLO 12 April 1-Dag Stilweesretraite 14 April Movie Night

13 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

Ons verjaarsdae! Sondag 1 April Hester Kruger van H121

Maandag 2 April Chrissie Botha van DW8 Donderdag 5 April Fransie Smit van H174

ANGSTOESTANDE

Baie lidmate sukkel tans met gediagnoseerde angsaanvalle. As dit bekend word dat iemand sukkel met angs, aanvaar asseblief dat dit soos byvoorbeeld hoë bloeddruk 'n behandelbare siektetoestand is. Handhaaf 'n normale vriendskaplike verhouding met die persoon en moenie dit wegsteek dat jy weet nie. Moet egter nie persoonlike grense oorsteek nie, want siekes is nie ons slagoffers nie. Moedig hom/haar aan om te wag op resultate van 'n voorgeskrewe behandelingsprogram. Laat die persoon altyd welkom voel en aanvaar dat jóú regruk-program altyd slegte raad is. Bid liewer opreg vir genesing en laat dit oor aan die Here. Dankie vir hulle wat met wysheid saamloop met siekes.