lynnwoorde mei 2013

20
LEES BINNE: Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood LYNNWOORDE 8 LYNNWOORDE 8 1 Vanjaar se tema vir die gemeentebedie- ning in Lynnwood is “geloofsvorming”. Wat word met geloofsvorming bedoel? Geloofs- vorming handel oor – die vorming van ons geloof. Dit is dus ‘n omvattende begrip. Dit raak ons hele menswees; ons verstand, hart en hande. Geloofsvorming beoog om ons denke, verbintenisse en optrede, in die lig van die eis van die omstandighede, meer in ooreenstemming met die inhoud van ons geloof en belydenis te bring. Geloofsvorming is ’n wye aangeleentheid wat deurlopende aandag verg. So beskou, is dit nie moontlik of wenslik om dit net as ’n jaartema te hanteer nie. Daarom word daar vanjaar slegs op een aspek van ge- loofsvorming gefokus, naamlik op ons hart. Lynnwoodgemeente het vier kernwaardes: liefde, eenheid, diens en viering. Hoewel ons dit reeds verstandelik vir onsself toegeëien het, beteken dit nie dat hierdie vier waardes sommer spontaan in die gemeentelewe uitdrukking sal kry nie. Dit moet ook in ons harte leef. Geloofsvor- ming kan ons hiermee help. Geloofsvorming kan met die lewe van ’n boom vergelyk word, ’n boom met sy wor- tels, stam, takke, blare en vrugte. ’n Boom neem kos met sy wortels op. Ons het die vier waaardes reeds (verstandelik) inge- neem. Die kos moet egter by die takke, blare en vrugte uitkom. Dit kom ooreen met die openbare lewe van die gemeente waar dit wat ons ontvang het, omgesit word in gepaste optrede. Om by die takke, blare en vrugte uit te kom, moet die kos met die boom se stam langs vervoer word. Die stam kan vergelyk word met ons hart. Die waardes moet as‘t ware eers deur ons hart beweeg, ons moet dit eers oor ons hart kry voordat dit ’n leefwyse word. Harts- verandering moet gebeur. Hoe vind hierdie hartsverandering plaas? Die antwoord hierop is en moet altyd wees dat God deur sy Gees die hart van ’n mens verander. God gee egter vir ons mid- delle waardeur Hy ons ontmoet. Dit is die betekenis van die geestelike dissiplines. Geestelike dissiplines is middelle/geloofs- gewoontes waardeur ons bewustelik God se teenwoordigheid opsoek om deur Hom verander te word. Daarom wil ons in hierdie jaar wat oor geloofsvorming gaan veral aan geestelike dissiplines aandag gee. Daar is ’n lang lys van geestelike dissiplines wat ons sou kon volg. Die volgende sewe dissiplines word byvoorbeeld as die “klas- sieke” dissiplines beskou: Gebed Die onderhouding van die Sabbat/Sondag Die gebruik om gereeld te vas Die heilige maaltyd Die onderneming van pelgrimstogte Die volg van die liturgiese jaar Die gee van tiendes. Hierdie lys van klassieke dissiplines word aangevul met ander, soos lectio divina, joernaalskryf en die beoefening van Onderhoude met predikante se gades p 4 Wêreldbiddag vir Vroue p 14 Fokus op CARITAS p 6 - 12 Geloofsvorming Eric Scholtz eenvoud. Dit is tydsgewys nie moontlik om al die dissiplines deeglik te behandel nie. Enkele dissiplines word gevolglik vir be- sondere aandag uitgesonder terwyl van die ander dissiplines inleidend bekendgestel sal word. Twee dissiplines is reeds met die oog op eersgenoemde geïdentifiseer, naamlik “stilte” en “wandel in die wêreld”. Deur middel van hierdie dissiplines wil ons ons hart oopstel, sodat God in ons kan werk om ’n gemeenskap te vorm en te wees waar liefde, diensbaarheid, viering en eenheid ’n leefstyl is. Dagboek 26 Mei 2013 18:30 Belydenisaflegging 4 Augustus 2013 Sluitingsdatum vir aansoeke vir die Belydenisaflegging op 25 Augustus 2013 25 Augustus 2013 18:30 Belydenisaflegging 1 September 2013 08:30 Gesamentlike Erediens Gasvryheid Bediening se Lente-tee www.nglynnwood.co.za Vind geloof in die natuur p 13

Upload: ng-lynnwood-gemeente

Post on 24-Mar-2016

256 views

Category:

Documents


15 download

DESCRIPTION

Lynnwoorde Mei 2013

TRANSCRIPT

Page 1: Lynnwoorde Mei 2013

LEES BINNE:

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood LYNNWOORDE 8

LYNNWOORDE 8 1

Vanjaar se tema vir die gemeentebedie-ning in Lynnwood is “geloofsvorming”. Wat word met geloofsvorming bedoel? Geloofs-vorming handel oor – die vorming van ons geloof. Dit is dus ‘n omvattende begrip. Dit raak ons hele menswees; ons verstand, hart en hande. Geloofsvorming beoog om ons denke, verbintenisse en optrede, in die lig van die eis van die omstandighede, meer in ooreenstemming met die inhoud van ons geloof en belydenis te bring.

Geloofsvorming is ’n wye aangeleentheid wat deurlopende aandag verg. So beskou, is dit nie moontlik of wenslik om dit net as ’n jaartema te hanteer nie. Daarom word daar vanjaar slegs op een aspek van ge-loofsvorming gefokus, naamlik op ons hart.

Lynnwoodgemeente het vier kernwaardes: liefde, eenheid, diens en viering. Hoewel ons dit reeds verstandelik vir onsself toegeëien het, beteken dit nie dat hierdie vier waardes sommer spontaan in die gemeentelewe uitdrukking sal kry nie. Dit moet ook in ons harte leef. Geloofsvor-ming kan ons hiermee help.

Geloofsvorming kan met die lewe van ’n boom vergelyk word, ’n boom met sy wor-tels, stam, takke, blare en vrugte. ’n Boom neem kos met sy wortels op. Ons het die vier waaardes reeds (verstandelik) inge-neem. Die kos moet egter by die takke, blare en vrugte uitkom. Dit kom ooreen met die openbare lewe van die gemeente waar dit wat ons ontvang het, omgesit word in gepaste optrede. Om by die takke, blare en vrugte uit te kom, moet die kos met die boom se stam langs vervoer word.

Die stam kan vergelyk word met ons hart. Die waardes moet as‘t ware eers deur ons hart beweeg, ons moet dit eers oor ons hart kry voordat dit ’n leefwyse word. Harts-verandering moet gebeur.

Hoe vind hierdie hartsverandering plaas? Die antwoord hierop is en moet altyd wees dat God deur sy Gees die hart van ’n mens verander. God gee egter vir ons mid-delle waardeur Hy ons ontmoet. Dit is die betekenis van die geestelike dissiplines. Geestelike dissiplines is middelle/geloofs-gewoontes waardeur ons bewustelik God se teenwoordigheid opsoek om deur Hom verander te word. Daarom wil ons in hierdie jaar wat oor geloofsvorming gaan veral aan geestelike dissiplines aandag gee. Daar is ’n lang lys van geestelike dissiplines wat ons sou kon volg. Die volgende sewe dissiplines word byvoorbeeld as die “klas-sieke” dissiplines beskou:

Gebed

Die onderhouding van die Sabbat/Sondag

Die gebruik om gereeld te vas

Die heilige maaltyd

Die onderneming van pelgrimstogte

Die volg van die liturgiese jaar

Die gee van tiendes.

Hierdie lys van klassieke dissiplines word aangevul met ander, soos lectio divina, joernaalskryf en die beoefening van

Onderhoude met predikante se gades p 4 Wêreldbiddag vir Vroue p 14 Fokus op CARITAS p 6 - 12

Geloofsvorming Eric Scholtz eenvoud. Dit is tydsgewys nie moontlik om al die dissiplines deeglik te behandel nie. Enkele dissiplines word gevolglik vir be-sondere aandag uitgesonder terwyl van die ander dissiplines inleidend bekendgestel sal word. Twee dissiplines is reeds met die oog op eersgenoemde geïdentifiseer, naamlik “stilte” en “wandel in die wêreld”. Deur middel van hierdie dissiplines wil ons ons hart oopstel, sodat God in ons kan werk om ’n gemeenskap te vorm en te wees waar liefde, diensbaarheid, viering en eenheid ’n leefstyl is.

Dagboek26 Mei 201318:30 Belydenisaflegging4 Augustus 2013Sluitingsdatum vir aansoeke vir die Belydenisaflegging op 25 Augustus 201325 Augustus 201318:30 Belydenisaflegging1 September 201308:30 Gesamentlike ErediensGasvryheid Bediening se Lente-tee

www.nglynnwood.co.za

Vind geloof in die natuur p 13

Page 2: Lynnwoorde Mei 2013

Redaksie RedakteursImmanuel van TonderLeonie du Bruyn

Gereelde medewerkersPeet CrousFay van EedenEric ScholtzValize ScholtzErika TheronBarbara du ToitLindy Jordaan

TaalversorgingMelinda Boon

Ontwerp Fearika Heyns

Kontak-inligtingKerkkantoor 012 348 1245 [email protected] Pieter Schoeman (dagkoster) 082 771 8988 Frikan Erwee (na-ure koster) 083 603 4961Kombuis (breekgoed, eetgerei, tafeldoeke, ens)Maretha Brits 073 267 7019Bankbesonderhede:NG Gemeente Lynnwood, ABSA Brooklyn Court (632005), Rek nr 540 580 014

Om nuusbriewe en artikels van die leraarspan te lees, gaan na www.nglynnwood.co.za. Daar kan jy kommentaar lewer en saam-gesels met die leraars, bediening-span en ander gemeentelede.

2 LYNNWOORDE 8

Redaksioneel2013 het blitsig afgeskop en soos te sien is uit ons propvol uitgawe, het niemand op hulle louere gerus nie! Alles en almal wat leef en beef, insluitend al ons interessante en inspir-erende projekte (oud en nuut) is reeds goed op dreef, en dié uitgawe van Lynnwoorde bult behoorlik met al die nuus en inligting waarna jy soek. Maak jou tuis in ’n sonhoekie met ’n kop-pie koffie en geniet dit. indien jy deel wil word van al die wonderlike uitreike en gebeure... kontak ons gerus!Leonie de BruynKommunikasiebediening

Kapitaaldelging Chris Strydom

Tydens die bespreking rakende die begroting vir die jaar 2013/2014 is die Kerk-raad weer daarop gewys dat ons gemeente nog onder ’n substansiële skuldlas ly (ongeveer vyf miljoen rand). Alhoewel die bouwerk en verbeteringe wat gemaak is deurgaans ’n positiewe impak op die gemeente se aktiwiteite het, het die paaiement egter ʼn daadwerlike en negatiewe invloed op die begroting.

Na aanleiding van hierdie feite is die volgende skriftelik neergelê: “Die uitda-ging is sekerlik om die skuld so gou doenlik te delg. Soos met enige skuld op ’n huisverband sal dit aangewese wees om meer kapitaal te delg om sodoende die rentelas oor die leningstermyn te verminder.

Met bogenoemde in gedagte wil ons dan graag hiermee ’n geleentheid skep vir dié gemeentelede wat daarna sou voel om ’n addisionele finansiële bydrae in hierdie verband te lewer.

Wanneer so ’n skenking of bydrae gemaak word, moet die persoon asseblief in die verwysing die woord “kapitaaldelging” gebruik, sodat ons die fondse korrek kan allokeer. Ons wil byvoorbaat ons dank uitspreek in hierdie verband en glo en vertrou dat ons Heer u ook in hierdie saak sal lei.”

Die redaksie onderskryf nie noodwendig die mening van medewerkers nie en het die reg om berigte en briewe te verkort en redaksio-neel te versorg.

Foto van die bouproses in 2007

Page 3: Lynnwoorde Mei 2013

Wat ʼn wonderlike vreugde en voorreg om elke week die kans gegun te word om die Here te dien deur Hom te eer! Dit is mos wat die hart van ʼn erediens moet wees: ʼn geleentheid om jou dank en aanbid-ding aan God te bring. Die Here seën ons elke sekonde van ons lewens met al die rykdom van die Gees wat daar in die hemel is! (Sien die asemrowende teks Efesiërs 1:3.) Hierdie seëninge van God ontsluit fonteine van lof wat ons tydens die erediens aan Hom kan toebring.

In die lig hiervan het ons gemeente hierdie jaar die tye van ons eredienste verander sodat almal die geleentheid gegun kan word om God optimaal te loof. Die doel met die verskuiwing van eredienstye was om ook aan gesinne geleentheid te bied om in die Kerkgebou te aanbid.

Die terugvoer wat vanaf dié groep ontvang is, was dat die skuif na die kerk hulle erediensbelewing besonder positief beïnvloed het! Hul ervaring en belewing van die diens is verryk deur die atmosfeer, simboliek, beter tegnologie en veral die musiek wat daar beskikbaar is.

Vanaf die 14de April is die eerste diens na 08:30 toe geskuif vanweë die onge-mak wat die vroeë erediens vir sommige veroorsaak het. Daar sal dus gedurende die vakansie en langnaweke altyd om 08:30 ʼn erediens wees. Die tweede diens begin om 10:10 na die junior kategese. Ons ervaar hier by ons lidmate ’n on-gelooflke opofferende gesindheid en aanvaarding van mekaar se behoeftes – elkeen kry sodoende optimale aanbid-dingsruimte, en dít getuig van wat “Koino-nia” werklik beteken.

’n Dosent het eendag ʼn aanbieding gelewer waartydens hy die Duitse woord “Gottesdienst” bespreek het. In sy ver-duideliking van hierdie term of begrip was

Die son kom op oor Lynnwoodgemeente

hy van mening dat die woord se kernbete-kenis is dat dit ’n plek is waar God óns kom dien! Aanvanklik het dit my geskok omdat ek dit altyd andersom verstaan het - maar as jy mooi daaroor dink, is ons erediens as’t ware ingebed in diens van God. Omdat die Here ons in oorvloed met sy liefde en

genade seën, bring ons aan Hom eer deur ons erediens.

Mag elkeen in ons gemeente ʼn ware ontmoeting met God Drie-enig tydens die eredienste ervaar; ’n ontmoeting wat jou inspireer om die wêreld te transformeer!

LYNNWOORDE 8 3

TyD vIR ERE-DIENS Immanuel van Tonder

Die Begeleidingsgroep van die Informele diens olv Petri Mostert

Groot en klein eer God met hulle diens

Seniorverryking Nelia Louw

Roses are red, and violets are blue... - maar rose bly maar altyd pragtig! Die seniors se besoek aan Ludwig se Roosplaas was wonderlik, en die verversings daarna nog meer rooskleurig!

Belia Lourens se optrede by Lynnwood Oord op 19 April was onvergeetlik – haar pragtige stem sal ons lank bybly! Baie dankie aan Lynnwood Oord vir die vriendelike ontvangs en verversings!

Page 4: Lynnwoorde Mei 2013

4 LYNNWOORDE 8

Monika van TonderEk het Monika al vele male so van ver af gesien. Tydens ons koffie-afspraak was dit die eerste keer wat ek werklik saam met haar gekuier het! Ons gesels oor haar werk, en ek hoor van Monika se posisie as mediese dokter by die ongevalle-eenheid by die Wilgers Hospitaal. Om haar te hoor praat van haar werk is ongelooflik interessant en spellbinding!

Monika is gek oor haar werk, maar mens hoor sommer vinnig dat haar kinders haar eerste prioriteit is en bly. Sy is ’n spre-kende voorbeeld van vandag se moderne vrou wat suksesvol is in haar beroep, maar haar gesin nog steeds voorop stel.

’n Familie-tradisie wat vir haar baie plesier gee is dat hul gesin sommer at the drop of a hat enige positiewe gebeure vier deur as gesin saam uit te gaan. Mugg and Bean is een van hulle gunsteling restaurante.

Iets wat haar geweldig inspireer is mense se stories: stories wat sy in ’n goeie boek lees, op ’n TV program sien of tydens persoonlike kuiers oor ’n koppie koffie hoor.

’n Mens kom vinnig agter dat Immanuel en Monika mekaar aanvul. Hulle deel ’n liefde vir die natuur en Dikhololo is ’n gunsteling vakansieplek vir hulle hele familie.

Michelle ScholtzToe ek Michelle vra hoe sy haar huis se styl sal beskryf, antwoord sy onmiddel-lik dat haar huis ’n ware tuiste vir katte moet kan wees, as’t ware “kat-vrien-delik”! Dié antwoord verklap meer van Michelle as wat sy dink. Sy is ’n warm, onpretensieuse vrou, iemand wat jy sommer dadelik deel wil maak van jou naaste vriendekring.

Sy is tans ’n onderwyseres wat Gasvryheidstudies as hoofvak aanbied, en na my kuier saam met haar glo ek dat sy sonder twyfel ’n aanwins vir enige skool en sy personeel is!

Ek pols haar oor waar en wat haar gunsteling plek is, en sy huiwer nie om te antwoord dat dit die Kaap is nie. Tuinmaak en lees is van haar menigte belangstellings, maar iets waar-voor sy nie sommer kan nee sê nie is enige musiekvertoning. Gelukkig is Atterbury Teater nou sommer binne loopafstand - ’n groot bonus as jy só ingestel is.

Drink bietjie koffie saam met Michelle as jy ooit die kans sou kry. Sy het die wonderlike gawe om jou dadelik tuis te laat voel, en dit voel sommer of jy saam met jou Ma of ’n goeie vriendin kuier.

Onderhoude LIndy Jordaan

Ek het onlangs elkeen van ons predikante se gades vir ’n kof-fie-afspraak ontmoet om hulle bietjie beter te leer ken, en deel graag hulle inte-ressante lewens en belangstellings met julle. Karin, Michelle, Monika, Peet en Lidia, ek kan maar net sê dat julle almal inspireer: julle is ’n aanwins vir ons gemeente.

Karin CrousKarin gee al twee jaar vir my kinders ekstra wiskunde klasse, en is ook hulle wiskundejuffrou waar hulle skoolgaan. Hulle punte getuig van haar sukses in die akademiese veld, maar wat my nog meer beïndruk het was haar menswees. Die wyse waarop sy altyd bereid is om elkeen en enigeen te ak-kommodeer, of in te spring en uit te

help as die kinders se buitemuurse programme op die nippertjie verander, het my laat besef dat mens hier te doen het met ’n kwaliteit vrou.

Karin en Peet het mekaar al op skool (in standerd 8) ontmoet en tog is dit vandag nog steeds vir haar een van die lekkerste dinge om saam met Peet tyd te spandeer, net soos toe hulle ontmoet het! Ek vra haar wat een van die dinge is wat haar ’n hupstoot op ’n slegte dag gee, en sy antwoord onmiddellik “tee op my stoep”. Sy is ook gek oor rooi rose.Sy lees op die oomblik twee boeke, When the heart waits… deur Sue Monk Kidd, en Die Pottebakker van Willem Nicol. Sy voel dat hier-die twee boeke haar lewe tans inspireer en rig.

Tydens ons koffie-kuier het ek sommer gou agtergekom dat Karin sterk deur haar geloof gerig word, en wanneer jy die geleentheid het om ’n blik van haar “binnemens” te kry voel ’n mens sommer geïnspireerd.

Peet van EedenPeet is die jongste van drie kinders en het in Elarduspark grootgeword. Hy het ná matriek sy Diensjaar by Elarduspark- gemeente gedoen en dit is dan ook waar hy vir Fay ontmoet het!

Vandag is hy ’n landskapsargitek wat byvoorbeeld telkens betrokke is by hoë-pro-fiel projekte, soos die ontwikkeling by Men-lyn Main. Alhoewel hy sy werk ontsaglik geniet is sy vrye tyd net so belangrik vir hom. Een van sy gunsteling tydverdrywe is om by die huis te wees en te kook.

Ek vra hom wat een van die dinge is waarvoor hy moeilik nee kan sê, en hy reageer dadelik met die antwoord “Fay”! My laaste vraag aan Peet is: voltooi die sin “my vrou is mal daaroor as ek …” Sy antwoord is “...vir haar blomme koop - haar gunstelinge is St. Joseph Lelies, Proteas en Anthuriums.” Ek was baie beïndruk; nie net koop hy vir haar blomme nie, maar hy weet wat haar gunstelinge is!

Page 5: Lynnwoorde Mei 2013

LYNNWOORDE 8 5

PAASSANGFEES... “Vader, in U hande gee ek my Gees oor” Fay van Eeden

Die Paassangfees het met die somber woorde van MM Walters se “Apocrypha” begin.

Voorlesings uit die Johannes Evangelie, poësie wat ’n mens tot nadenke stem en Elizabeth Lombard se uitvoering van “He was despised”, het die laaste paar ure van Jesus se lewe soos ’n rolprent voor ons oë laat afspeel. Toe ons klaar “Aanskou die Heiland, sien die kruis” gesing het was die hartseer in die Kerkge-bou amper tasbaar.

Met die aansteek van die opstandingskers en ’n pragtige klokke-spel is die goeie nuus van Sy opstanding uitgebasuin. Barbara le Roux se voordrag van “Gebed vir Paasmôre” en die Rheinberger Kamerkoor se weergawe van die “Easter Chorale” en “Alleluia” het elkeen se gemoed met ’n stuk onverklaarbare vrede en vreugde gevul.

Al wat oorbly om te sê is: “Kyk, die Heer het opgestaan! Kyk, die graf het oopgegaan! Christus het vir ons gesterf!”

Dankie aan elkeen wat aan hierdie besondere diens deelge-neem het. ’n Spesiale dankie aan ons orrelis, Riaan Steyn, vir sy bydrae van ’n kosbare geleentheid tot nadenke en ’n musikale bederf.

Lidia JoosteLidia se gunsteling bederf is sjoko-lade - maar dit moét Cadbury wees. Lidia is ’n statige, stylvolle vrou, maar wanneer sy oor haar werk by die Onkologie afdeling by die Steve Biko Hospitaal begin praat, besef jy die vrou het ook ’n hart van goud!

Sy assisteer met navorsing en die toets van nuwe middels vir kankerbehandeling. Ek kon nie verstaan hoe iemand so baie pyn en hartseer kan verwerk en met jou saamdra sonder om self daardeur geaffekteer te word nie. Sy sê egter dat sy haar inspirasie put uit dít wat sy by haar pasiënte leer: stories soos die vrou wat met haar pienk hoed opdaag vir chemoterapie met die grootste glimlag op haar gesig, want sy lééf. Hierdie tipe deursettingsvermoë motiveer Lidia om haar onbaatsugtige werk met liefde te doen.

Ek vra haar wat die onvergeetlikste oomblik in haar lewe was, en sy antwoord onmiddellik dat dit was toe Johan haar oor ’n koppie koffie in Woolworths gevra het om te trou! Ek kon vin-nig agterkom dat haar huwelik met Johan vir haar ongelooflik belangrik is, en Vrydagaande is dan ook hulle date night - oor ’n glasie wyn en kaasbord of pizza kuier hulle en geniet sommer net hul saamwees.

Elke afsonderlike koffie-afspraak was ’n ongelooflike ondervin-ding en as dit nie was dat die tyd ons telkens ingehaal het nie, sou ek graag nog langer met elkeen van hul wou kuier en hul beter leer ken. Elkeen van hierdie individue is spesiaal op hul eie manier, en vanweë hul eie en hulle mans (of vrouens) se beroepe, het hulle met tyd geleer om akkommoderend te wees. Om ’n dominee te wees is ’n vier-en-twintig uur per dag beroep, inderdaad ’n “roeping”. Tyd en persoonlike ruimte word al te maklik deur die gemeente of nood opgeneem.

Page 6: Lynnwoorde Mei 2013

CARITAS CARITASCARITASCARI

6 LYNNWOORDE 8

Gemeente-uitreikprojekte

Gewoonlik is al vier hierdie verhoudinge by haweloses versteur. Hy noem verder dat die beste vorm van hulpverlening nie noodver-ligtingshulp (kos, klere of kortstondige eenmalige betrokkenheid) is nie, maar die ontwikkeling van verhoudings (gemeenskap/commu-nity) wat langtermyn betrokkenheid vereis.

U vra seker nou al wat al bogenoemde nou met Lynnwoodge-meente se Uitreik-aksies te make het? Daar is by elkeen “buite ak-sies”, strukture wat in plek is wat gerig is daarop om gemeenskap (community) te vestig tussen die gewer en ontvanger. Meer detail sal in die artikels, of op die kerk se webwerf wees. Daar word oral onderneem om mense op te hef, selfstandig te maak en in die proses ook soms fisies te ondersteun. Hierdie uitreike is nie Vroue-diens aksies nie. Enige persoon, ongeag ouderdom of geslag kan as enkeling, gesin of vriendekring by een van hierdie uitreike ’n verskil maak. Hulp kan op kort- of langtermyn, deur middel van fisiese of finansiële bydraes wees, of selfs persoonlike betrokken-heid. Soms in die vorm wees van spesialisraad oor ’n spesifieke probleem. U kan ook help deur ’n projek onder die aandag van u werkgewer te bring. Sodoende kan u maatskappy gehelp word om belastingverligting, en soms ook BEE punte te verwerf.

Natuurlik gaan uitreike in wese nie om “punte” en “persoonlike erkenning” nie. Die grootste terugbetaling wat mens kry deur 24/7 Christenskap uit te leef, is persoonlike geestelike groei. Skielik word die eie-ek minder belangrik en sien mens die wêreld sonder ’n gekleurde bril. Jy word ’n mens vir mense, en die woord “rent-meesterskap” kry nuwe betekenis.

Ek nooi julle almal hartlik uit: kom loop die pad saam met ons en ontdek jou tot nou toe onontginde gawes. Jy en ek is die spieël waarin die wêreld vir God en Sy Kerk sien.

Wilhelm Jordaan haal Shakespeare (uit Julius Caesar) aan in sý Beeld artikel: And since you know you cannot see yourself so well as by reflection, I, your glass, will modestly discover to yourself, that of yourself that you yet know not of …

Mag die volgende ons almal se gebed wees: “…Leer my U met toewyding dien”. Psalm 86:11

Vir meer inligting oor die uitreike na buite kontak

Amanda Gazendam (082 458 9440)

Baie van ons gemeentelede is aktief betrokke by die bedrywig-hede van Caritas, en die verskillende projekte wat ons aanpak. Lynnwoorde wil graag ’n bietjie meer inligting hieroor aan ander gemeentelede en belangstellendes verskaf.

Caritas uitreike na buite wat onder hierdie hoof val is Wespoort, Jakaranda Kinderhuis, Ya Bana Village, Ratanang, Tabita, PEN en A(B)ET.

Geloof, gehoorsaamheid aan Jesus se opdragte, inisiatief, deur-settingsvermoë, en die ondersteuning van onder andere ons lid-mate maak dat werkers by en ondersteuners van hierdie projekte nooit hoop verloor nie. Dit gebeur ten spyte van druk persoonlike programme, groeiende behoeftes aan hulpverlening, ekonomiese druk in die land en ’n deurlopende soeke na nodige fondse om al die behoeftes mee aan te spreek.

Die NG Kerk familie was in die verlede baie aktief met betrekking tot die stigting, bestuur en onderhouding van kinderhuise, ouete-huise en betrokkenheid by algemene armoedeverligting. Deesdae lees ons egter gedurig van kritiek op die sake van die NG Kerk, soos ook weer duidelik blyk uit die brief van Jonathan Jansen in die Beeld van 10 April: “Breek af hierdie onboetvaardigheid”. Hier-die kritiek is veral gerig op die gebrek aan Kerkeenheid, en onge-lukkig kan dit nie losgemaak word van “uitreik” in die algemeen nie. Hoe moet ons dink en doen in óns NG Lynnwoodgemeente om die beeld van God suiwer uit te straal? Moet ons toelaat dat kritiek ons lam laat, of moet ons hierdie kritiek juis gebruik om ons aan te spoor om 24/7 Christene te wees en onbekende brûe oor te steek?

Daar was in Beeld van 10 April nog twee uiteenlopende artikels, een deur Wilhelm Jordaan en die ander deur ds Ryno Meyer. Jordaan noem dat mens jouself in jou medemens moet verloor om jouself weer te vind. Laasgenoemde klink vir my baie na Jesus se opmerking dat ons aan ander moet doen wat ons aan onsself gedoen wil hê – sien Lukas 10.

Maar hoe moet ons help, wanneer ons wel hulp aanbied? Dikwels gee ons iets slegs uit skuldgevoel. Hierdie vraagstuk word nogal aangespreek in die artikel deur Ryno Meyer van NG Pierre van Ryneveld, oor hul Intentional Living projek. Hulle was en is intens betrokke by veral bedelaars. Hy praat uit persoonlike ondervinding wanneer hy noem dat bedelaars meestal net geld wil hê sodat hulle dwelms kan koop. Ondersteuningshulp was vir be-delaars van geen waarde nie omdat hulle nie meer drome gehad het vir die toekoms nie; geen toekomshoop. Meyer noem vier tipes verhoudinge wat mense in staat stel om deur armoede te breek:

Geestelike verhoudings.

Die verhouding met jouself.

Verhoudings met ander mense.

’n Verhouding met die skepping.

Waar en hoe in Lynnwood? Amanda Gazendam

Wil u betrokke wees by die verspreiding

van Bybels aan al die kinders in Suid

Afrika? Ondersteun gerus die Christelike

Lektuurfonds deur ’n Borg-’n-Bybel bydrae

van R100. Die Bybels van Biskop Tutu,

Kinders van God, word in Engels, Afrikaans,

Xhosa, Zoeloe, Pedi en Tswana gedruk.

Verskeie ander boeke en pamflette is ook

beskikbaar.

Page 7: Lynnwoorde Mei 2013

CARITAS CARITASCARITASCARI

LYNNWOORDE 8 7

Hou asb die kerkafkondig-

ings dop vir verandering in die

kosbydraes vir ons Ya Bana en-

Wespoort Uitreike, asook ons

aksies se aktiwiteite rondom

Mandela-dag-Uitreik-na-buite.

Bid saam met ons dat in alles

wat ons doen, dink en sie, God

se naam verheerlik sal word.

Geletterdheidsklasse: Adult Education and Training – Lynnwood Satelliet kampusHoop op ’n beter toekoms word daagliks by hierdie klasse geskep!

Op Maandae tot Donderdae om 18:00 – 20:00 word individue, vanaf ongeletterde persone tot volwassenes wat matriek vrystel-lingseksamens aflê, onderrig in die kategese lokale. Mary Khwe-bane, die hoof, en twee onderwyseresse werk baie hard om ’n verskeidenheid van vakke aan die ses-en-veertig huidige studente te bied.

Twee studente is juis besig met “Level 5” en sal in Meimaand hul matriekeksamens aflê. Nege studente het verlede jaar “Level 4” afgelê, waarvan een student al sy vakke geslaag het!

Mary het genoem dat inskrywings vir 2013/2014 weer na die Ju-lievakansie open vir “Level 4”. “Level 1 – 3” aansoekers kan haar egter nou reeds kontak by 083 498 1240.

Samesprekings tussen Mary en Lynnwoodrifgemeente is in die finale fase, en sy gaan binnekort ook daar in die middae begin klasgee.

In samewerking met Mathilda Fourie (Faith@Work) van Morele-tapark-gemeente het rekenaarklasse op Saterdag 20 April begin. Hierdie kontak is deur Carina Goosen van NG Lynnwood (Ya Bana) bewerkstelling. Deur Faith@Work se korporatiewe verbin-tenisse word rekenaar hubs in verskeie townships gevestig. Die C4K en ICDL programme word gebruik, en hul kurrikulum stel studente van alle ouderdomme in staat om ’n internasionale kwali-fikasie te verwerf.

Aan Mary en haar personeel: ons wens julle alle sukses toe met hierdie nuwe toevoeging tot die sillabus. Baie dankie vir julle groot werk om, onder andere, soveel van ons huiswerkers met kennis te bemagtig!

Ya Bana Kleuterskool“Ya Bana” beteken “vir die kinders”, maar sedert ek in April 2012 persoonlik by die kleuterskool betrokke geraak het, is ek oortuig daarvan dat dit ook “towenaar” beteken. Ek dink ek praat namens almal wat by hierdie projek betrokke is wanneer ek sê dat dit beide mens se lewe en denke positief verander. Die personeel se toegewydheid en ywer is aansteeklik en moedig die betrokkenes weekliks aan om net hul beste te lewer.

Ons is baie trots op die twee Graad R onderwyseresse wat op 16 April 2013 hul Graad 6 diplomaplegtigheid bygewoon het. Albei kwalifiseer nou om met ’n graadkursus te begin, danksy die ondersteuning van Piet Bernard en SANTS! Volgens die Departe-ment van Gemeenskapsontwikkeling wat ons so twee maande gelede besoek het, is die Ya Bana kleuterskool die beste in die drie gebiede onder hul beheer (Mabopane, Mamelodi en Atteridgeville)!

Die ondersteuning wat die projek vanuit die gemeente kry is wyd uiteenlopend, van finansiële ondersteuning tot bottelproppies, tennisballe en -houers, papier, huisware, klere, kos, yskaste en ’n springmat! So ’n paar weke gelede, toe ons een oggend op pad was na Ya Bana, het ek ’n oproep gekry van Anneke Doms. Sy wou hoor of die kleuterskool hul ou ingeboude trampolien kan gebruik - nodeloos om te sê, die trampolien is geïnstalleer en hy lyk splinternuut. Die kinders is in die wolke en dis groot pret om die streng organisasie van die onderwyseresse rondom die mat gade te slaan! Baie dankie aan u almal vir soveel liefde en omgee.

Op ’n meer ernstige noot wil ons nou al voorbrand maak vir ’n komende projek. Ons speelgrond is blote kaal grond en ons wil graag in Julie-maand gras plant. Meer inligting sal later in die Kerkblad verskyn, maar ons sal graag van u wil hoor indien u weet van verskaffers wat billik is met pryse. Slyp sommer ook intussen die grawe en vurke asseblief, want ons gaan hulp nodig hê – die rûe gaan knak...

Page 8: Lynnwoorde Mei 2013

8 LYNNWOORDE 8

Gemeente-uitreikprojekte

Ya Bana Tweedehandse klereverkope:Hierdie projek word so stil-stil deur Hilda Nortjé, Marissa Bruwer, Amelia Spies, Jessie de Villiers, Erika Swanepoel en Delyse Burger bedryf. Op die laaste Vrydag van elke maand gedurende die skoolkwartaal, word daar ’n verskeidenheid van items verkoop op die stoep voor Koinonia. Dit sluit klere, linne, kombuisware, huisware, gereedskap en enige ander nuttige item in ’n werkende toestand in. Die verkopings begin voor 08:00 en duur tot om en by 10:30. Herinner gerus u huishulp wanneer u weer die afkondiging in die Kerkbladjie sien. Deur u ondersteuning van hierdie projek kon die werkers verlede jaar R22 000 vir die Ya Bana kinderhuis insamel!

Vir meer inligting of donasies kan u direk met Hilda Nortjé skakel 082 900 8291.

TabitaSelma du Preez

2012 was ’n interessante jaar vir Tabita. Ons het baie afvalmate-riaal van onder andere ’n groot materiaalwinkel in Johannesburg geskenk gekry. Susara van Wyk van die Kwiltgilde het vir ons ’n paar artikels kom demonstreer, en die pragtige resultaat is die komberse op die foto’s wat hulle gemaak het! Dis ook verstom-mend hoeveel pragtige en baie smaakvolle uitrustings deur die jaar gemaak is.

Ons afsluitingsfunksie in November 2012 was weereens ’n baie vro-like affêre! Agt lede van die Nelmapiustak was ook by die afsluiting. Marié Behr en Bettie Hammann bied elke

Donderdagoggend ’n klas daar aan, en hulle het in die pret kom deel.

En nou is ons in 2013!

Met Bettie, Riekie, Philippa en Pearl aan die stuur gaan dit goed met Dinsdae se klasse. Daar is Dinsdae nou meer naaldwerksters as Donderdae; meer as 20 ingeskrewe lede. Dit is dan ook van hierdie werksters wat die kwilt-komberse gemaak het.

Elna Heunes moes ons ongelukkig verlaat; sy werk nou voltyds by die CMR in Wespoort. Maar soos ons weet maak die Here ’n nuwe deur oop as een toegaan en het Hy Mercia Dent vir ons gestuur. Sy maak ’n wonderlike verskil by ons projek. Lenie dra ’n dubbele lading met Elma wat weg is, en as sy ook nog gedurende die laaste helfte van die jaar vir ’n heupvervanging gaan, gaan ons noustrop trek. Kobie is ook daar, met Anna en Maria wat waarde-volle hulp verleen.

Tabita beteken so baie vir ons naaldwerksters. Dit is hulle klub; hulle omgeegroep waar hulle hul vaardigheid kan beoefen; waar hulle heerlik sosiaal kan verkeer en die Boodskap hoor. Ons het egter nie genoeg helpers nie en ons kan nie in al hulle behoeftes voorsien nie.

Is daar nie dames in die gemeente wat ons kan kom bystaan op Donderdae nie? Ons het julle hulp dringend nodig.

CARITAS CARITASCARITASCARI

Page 9: Lynnwoorde Mei 2013

LYNNWOORDE 8 9

CARITAS CARITASCARITASCARI

Uit Lynnwoodgemeente was daar hierdie jaar ten minste 81 dames betrokke (gasvrouens uitgesluit) by Wespoort se Paastee wat in die kerksaal aangebied is. Welgedaan Lynnwood!

Die gesinne beleef regtig armoede en swaarkry en ons kan hulle nie onderhou nie; ons kan slegs poog om hulle ergste nood te verlig. Ons moet alle fondse self insamel en behoeftes self aanspreek, aangesien ons geen subsidie ontvang nie. Ons waardeer dus enige donasie of skenking wat bogenoemde behoeftes en nood kan verlig opreg!

Ons hoop u vind dit in u hart om rojaal by te dra tot hierdie projek.

Wespoort voeding- en uitreikprojek Antoinette Victor (maatskaplike werker)

Die Wespoort voeding- en uitreikprojek ondersteun sestig blanke gesinne in die Danville gemeenskap wat ernstige armoede beleef. Hierdie gesinne is almal óf werkloos óf ontvang ’n maandelikse toelaag vanaf die staat wat R1120 beloop. Hierdie toelaag moet dan vir die gesin kan sorg in terme van verblyf, voedsel, klere en so meer. In praktyk is dit eenvoudig net nie haalbaar nie.

Die projek beywer hom om elke week vir hierdie gesinne ’n kospakkie te gee om sodoende die ergste voedselnood te verlig. Ons ontvang geen subsidie van die staat nie, en alle fondse vir die aankope van voedsel moet self gedoen word.

Ons grootste nood is die volgende: blikkies vleis, blikkies groen-te, pasta, mieliemeel, suiker, olie, en tee.

Ons benodig ook tweedehandse klere, ou speelgoed, enige huishoudelike artikels wat ander mense nie meer bruikbaar vind nie, asook ou tydskrifte vir die mense om te geniet en vir ontspanning.

Werkskepping speel ’n groot rol in ons opheffing- en ontwik-kelingsprogram, en enige skenking van materiaal en wol is ook welkom! Items wat deur werkskepping vervaardig word, word verkoop om sodoende by te dra met die insameling van fondse.

Bykomend tot bogenoemde projek het ons ook ’n voorskoolse gereedmakingsprogram vir ses-en-dertig minderbevoorregte kleuters, naamlik “Hasie in die Holte Speelgroep” in Danville. Hierdie kleuters se ouers is almal sorgbehoewend, en die kinders word voorsien van ’n maaltyd elke dag, asook klere, en die nodige stimulasie om hulle skoolgereed te maak. Kleuters vanaf driejarige ouderdom kan inskakel by die projek indien die ouers nie kan bekostig om die kleuter in ’n ander kleuterskool te plaas nie. Geen gelde word betaal vir die kleuters se inskakeling by die speelgroep nie. Ons kleuters is dus almal minderbevoor-reg en voedsel en kinderklere is altyd ’n groot behoefte. Skryfbe-hoeftes, ou legkaarte en speelklei sal ook verwelkom word.

Kleuterskool en voeding-projek by Wespoort

Page 10: Lynnwoorde Mei 2013

CARITAS CARITAS

10 LYNNWOORDE 8

Gemeente-uitreikprojekte

Een van ons rugby bulletjies is Jason. As hy tuiskom van die rugby af getuig sy voorkoms van sy toewyding en dat hy voluit oefen... “Tannie moet my nie ’n drukkie gee nie, ek is papnat!” klink gereeld in die middae op. Hy is ’n flukse leerling en gewild in die huis.

André bly al lank by ons en het ook danksy Leonie en haar toewyding ’n “wiskundige” geword. Rugby is ook vir hom belang-rik. Hy het nou sy voete gevind met die skoolwerk en ons hoop hy hou so aan!

Justin is nog ’n bietjie van ’n “duister boek” vir ons en ons ken hom nog nie juis nie! Hy het maar onlangs by ons groepie aangesluit, maar ons sien altyd kans vir ’n mannetjie met so ’n vriendelike natuur en mooi glimlag en verwelkom hom met ope arms.

Quintin het ’n groot agterstand ingehaal en in een jaar Afrikaans baasgeraak. Hy is stil en op sy plek, speel graag rugby en lyk heeltemal gelukkig en tevrede so op sy stil manier.

Mosa werk hard en danksy Amanda se volgehoue toewyding aan sy akademie gaan dit baie goed by die skool. Hy gaan gewoon sy eie gang en steur hom nie veel aan die ander seuns nie.

En wat kan mens van Shevano sê, behalwe dat hy ’n mensie op sy eie is? Hy het al ’n paar keer by die S.A. Kampioenskappe trampolien gespring, maar nou wil hy nie meer nie. Hy kon op ’n tyd Michael Jackson se Moonwalk verbeter maar dit wil hy ook nie... Aan die ander kant is hy die enigste seun in die huis wat vrywilliglik ’n boek sal vat en lees. By eetgoed stap hy nie verby nie maar huiswerk draf hy kaf en kruip tot in jou hart.

Ons weet nie aldag wat in Wikus se gedagtes aangaan nie - hy is sensitief en stil, maar kan goed omgekrap raak ook!

J.P. was van Graad 1 af in Pretoria aan skool omdat hy terapie no-dig gehad het en nou is hy in Sonitus vir meer intensiewe onder-rig. Hy en Kobie het mekaar gevind en “ouma” Kobie is sýne. Sy lekkerste streek was om haar skrik te maak, want sy skrik elke keer, maar hy is nou belet om dit te doen - haar senuwees sal dit nie hou nie!

Chris met sy blonde haartjies het hierdie seisoen twee goue medaljes vir atletiek verwerf en neem sy rugby - en trouens alles

wat hy doen - ernstig op. Hy kry goeie opmer-kings in sy werkboeke en is van plan om weer hierdie jaar, soos in 2012, eerste te staan in sy klas.

Die nuutste inwoner is Henrico, ’n vriendelike, ou-like seuntjie wat baie graag teken en baie gou sy syfers en letters baasraak.

Ons mag natuurlik nie vir Lady vergeet nie. Sy is ’n yslike liefdevolle wit Labrador en almal is baie geheg aan haar. Sy swem, speel, slaap en kamp saam met hulle en sy word in Engels aan-gespreek!

CARITAS CARITASJakaranda Huis 6

Rosemary Fourie

Liewe Lynnwood GemeenteLaat ons julle voorstel aan Huis 6 by Jakaranda Kinderhuis waar so baie van julle reeds op verskeie maniere betrokke is.

Mike Weiman is hulle pa, of “Paps” soos baie van hulle hom noem. Hy neem hulle op uitstappies soos hul kamp see toe verlede Desember, gaan saam met hulle Kerk toe, kla nie as hy moet saamgaan swembad toe vir toesig hou nie, maak kos as Liz nie beskikbaar is nie, bak koekies, sorg dat die kinders gereeld tand-arts toe gaan, doen aankope, en nog baie meer – te veel om alles op te noem! En dan het hy nog ’n formele, offisiële werk ook...

Lizzie, of Liz, of “Mams” is die huisma, en sorg vir die klere en die kos. Liz ken almal se streke. Dit maak dit vir haar moontlik om elke dag aandag aan almal te gee en byvoorbeeld te vra: “Seun, hoe het dit vandag by die skool gegaan?” Sy weet presies wie hou van wat en hoe ook nog daarby, en maak vir hulle heerlike kos. Sy het ontsaglik verlang na almal tydens die vakansie en is baie bly om terug te wees!

Ouboet Emile is volgende op die lys. Hy is in Magaliesskool en verlaat hierdie jaar die kinderhuis. Hy is ’n rustige kêrel wat op sy gelukkigste is met ’n pastel/potlood/verfkwas in die hand. ’n Vrywil-liger neem hom Dinsdagaande na ’n kunsklas, en dis die hoogte-punt van sy week. Hy ry ook fiets en doen nou ’n duikkursus met vele fasette soos redding, ensovoorts. Hy sal alom gemis word met sy vertrek volgende jaar.

Nog ’n “karakter”, Gavin, is hierdie jaar vir verskeie redes oorgep-laas van F.H. Odendaal na Magaliesskool. Hy geniet dit nie daar nie, maar hy het belowe hy sal vir almal wys hy kán goeie punte kry. Volgens Lizzie is Gavin die seun met die netjieste kas en kamer!

Iemand op wie ons baie trots is, is Alec. Hy blom nou in graad 9, veral met wiskunde - omdat Leonie Venter hom so mooi by-gestaan het is sy vooroordele uit die weg en werk hy hard. Alec is ’n man vir wie die natuur na aan die hart lê. Hy het al verskeie kursusse by die dieretuin bygewoon en is op sy gelukkigste met ’n visstok of diertjie in die hand. Alec is ook ’n meester storieverteller!

Liggiefees: Kersfees 2012

Die sukses wat ons met die koffiestalletjie by die kin-

derhuis gehad het is alles te danke aan ons Gemeente,

tesame met Kameeldrif se hulp. Weereens baie dankie

vir elkeen wat agter die tafel ingeskuif het, hoe die weer

ookal gelyk het. Die gevolg was dat ons die Kersliggies en

die skryfbehoeftes vir 2013 kon betaal. Al ons onkostes

is gedek en, soos ons voor die tyd onderneem het, kon

ons ’n bydrae maak tot die geestelike versorging van die

kinders. Die gevoel was deurgaans dat aangesien die fees

oor Christus gaan, ons daardie werk wil ondersteun.

Page 11: Lynnwoorde Mei 2013

CARITAS CARITASCARITAS CARITASOns is op soek na mense wat vir ons kan brei Dié tyd van die jaar sorg ons dat elke seun ’n oortrektrui het vir skool. Is daar nie ’n paar dames wat ons daarmee wil help nie?

Ons het ook baksters nodig. Die kinders word regtig bederf met hulle verjaardagkoeke en Amanda maak van elkeen ’n meesterstuk. Ons wil haar graag help deur die koeke te laat bak. Dis nooit onder druk nie want die koeke vries goed en elkeen bak op hulle eie tyd. Die verbetering in die kinders se skoolwerk word al hoe duideliker en dis beslis te wyte aan die ekstra aandag en be-langstelling wat hulle kry. Elkeen van ons gaan net eenmaal per week. Is daar nie nog lidmate wat daar betrokke wil raak nie?

Dit sal ook so lekker wees as iemand sommer uit die bloute uit skakel en aanbied om byvoorbeeld op ’n Woensdag vir die seuns iets te stuur vir middagete. Hulle begroting laat nie veel variasie toe nie. Skakel Rosemary (012 361 1804) gerus oor enige van hierdie sake en gesels met haar.

Baie dankie aan Lynnwood gemeente:Dat ons welkom is by die Kerk en kategese.

Dat ons so lekker bederf word met verjaardae.

Vir al die tannies wat so baie help met ons huiswerk.

Dat julle gereeld vir ons kuier.

Dat ons beddegoed, handdoeke, klere en skoene het, en kampe

kan bywoon.

Dat julle soms op ’n Woensdag lekker pizza of hot dogs kom maak.

Dat julle gehelp het om ons Desembermaand see toe te stuur op ’n kamp.

Vir die moeite wat tannie Amanda doen met ons verjaardagkoeke.

Vir al die klere en ander goed wat hulle Kerk toe neem vir ons, ens...

LYNNWOORDE 8 11

Page 12: Lynnwoorde Mei 2013

Gemeente-uitreikprojekte

Ieder en elk kan nie anders as om bewus te wees van die hoë misdaadsyfers in ons land nie, maar het ons al ooit nagedink oor hoe óns aktief die misdaadsyfer kan verlaag? Wat “maak” ons met die volgende woorde van Christus: “Ek was siek en in die tronk en julle het My nie versorg nie” (Matteus 25:43)?

Nadat ek onlangs Charles Colson se boek Life Sentence gelees het, het ek weer bewus geraak oor my eie onkunde rakende die gevangenisbevolking in ons land, en hulle geestelike en materiële behoeftes. As gevolg van sy aandeel aan die toesmeerskandaal rondom Watergate het Charles Colson in die tronk beland. Hier het hy deur God se genade tot bekering gekom en saam met ander ’n geestelike bediening aan die gevangenisbevolking in die VSA be-gin. Hierdie bediening het wêrelwyd uitgebrei en is nou ook aktief in ons eie land. Navorsing toon dat misdadigers wat in ’n lewende verhouding met Christus staan, ’n baie kleiner neiging tot gewoon-temisdadiging toon in verhouding tot ander misdadigers wat nie so ’n verhouding met God het nie.

Ek was onlangs bevoorreg om die Bybelstudiediploma Uitreiking van “Crossroad Ministries” by Baviaanspoortgevangenis se hoë-sekuriteitsafdeling by te woon. Daar is ’n ontsettende behoefte by hulle om Christus te leer ken, en nuwe mense in Christus te word (2 Korintiërs 5:17-18). Daar is selfs ’n waglys van gevangenes wat by die Bybelstudieprogram betrek wil word! U kan help om hierdie belangrike behoefte aan te spreek deur ongeveer twee uur per week van u tyd af te staan aan die merk van die antwoord-stel van ’n Bybelstudie van een van die gevangenes, en ’n briefie van bemoediging aan die persoon te skryf. Geen name, adresse of persoonlike inligting word uitgeruil nie en u kry elke keer ’n antwoordstel van ’n ander persoon. Later, indien u so sou voel en u verder opgelei is, kan u op ’n deurlopende basis betrokke raak by dieselfde persoon. Niemand is te oud om betrokke te raak nie en u hoef nie die gevangenis self te besoek nie. Die Bybelstudies en korrespondensie is in Engels en die vrywiligers word gelei deur “Crossroad Ministries” van die VSA.

12 LYNNWOORDE 8

CARITAS CARITASIndien u belangstel om betrokke te raak, kan u my kontak by [email protected] en 012-361-2738 (na 16h00)

Hoe kan ons gemeente ’n verskil maak aan misdaad in Suid-Afrika? Chris Semmelink

Ons praat almal Arikaans, oom Peet Crous

PRISMA WATERl Gesuiwerde minerale water!

l GEEN bakterieë, swaar metale, skadelike chemikalieë!

l Bring jou eie houers en hervul vir net 80c per liter!

l Suiweraars en filters ook te koop

l Gebottelde water beskikbaar teen goeie pryse: 330ml @ R3-00 elk 500ml @ R3-50 elk 5 Liter @ R10-00 elk 10 Liter (met kraantjie) @ R130-00 elk 25 Liter (met kraantjie) @ R150-00 elk Dispenser hervullings @ R20-00 elk

Johan Kriek Lynburnstraat 69, Lynnwood Manor012 365-2590 [email protected]

die seuntjies wat antwoord: “Ons praat almal Afrikaans, oom” bedoelende die kinders. Nodeloos om te sê, het hulle die pop-pekas gate uit geniet!

So ’n paar jaar gelede het ek die bevestiging van die Chinese dominee, Douglas, bygewoon. Daar was ’n paar dinge wat my opgeval het: die leierskap het almal swart pakke aangehad en binne minute vandat ons mekaar ontmoet het, het ons be-sigheidskaartjies uitgedeel. Ek was natuurlik sonder moeite die langste persoon, maar toe die musiek begin, het ek baie tuis gevoel. Dis ons melodieë wat daar weerklink! As ek praat van “ons” bedoel ek dat ons op een perseel God kan loof in Chinees en Afrikaans – van tyd tot tyd oorvleuel die tale selfs.

Met die skuif in eredienstye het daar ook ’n skuif rakende die poppekas plaasgevind: van tyd tot tyd hou ons nou poppekas ty-dens die Kleuterkerk. Met die eerste poppekas van 2013 was dit nog somer en die spelers en kinders was in die driehoek van die Jeugsentrum vergader. Teen die een muur sit daar ’n Chinese mamma of twee met ’n paar klein Chinesies – in afwagting vir die poppekas. Ek stap toe nader om in Engels te verduidelik dat die poppekas in Afrikaans gaan wees, maar dat hulle welkom is om te bly. Alhoewel ek met die ouers gepraat het, is daar een van

Page 13: Lynnwoorde Mei 2013

LYNNWOORDE 8 13

CARITAS CARITASUnder the microscope, living organ-isms are just a soup of chemicals and minerals. But what about what the mi-croscope does not see? That life force, the vital ingredient of existence - can it be quantified?

– The Elephant Whisperer deur Lawrence AnthonySoveel fantastiese dinge in die natuur gaan by ons verby tydens ons alledaagse lewe - onbegryplike wonderwerke. Dieselfde kan gesê word van ons Christelike geloof - daardie mistieke essensie wat ons normale sintuie nie kan identifiseer nie. Jy kan dit nie voel nie, nie ruik nie, nie sien nie - en tog is dit deel van ons lewe.

Die wondere wat ons in die natuur ervaar bevestig God se Almag en Sy Meesterplan en ook ons geloof, waar dit in teenstelling juis gevoel, geruik en gesien kan word!

Die oomblik as ’n kameelperd begin eet aan ’n Akasiaboom se blare, verander die boom sy samestelling en die taniene wat af-geskei word maak die blare bitter. Dit is nie al nie, die boom stuur ook ’n feromoon die lug in sodat ander bome in die omgewing bewus raak van potensiële gevaar!

Die diereryk is fassinerend. Ons sien God se hand in die ver-sorging van elke spesie. Die rooibok se donker rug en ligte buik kamoefleer hom teen sy jagter. Van onder gesien word hy een met die lug se kleur en van bo af smelt hy saam met die bos.

Die gemsbok se ligte vel weerkaats die hitte van sy habitat en die donker kolle is strategies op sy lyf om die nodige organe warm te hou teen koue woestynnagte.

Dink aan die noodsaaklike rol wat ’n renostervoël in die lewe van soogdiere speel - hulle verwyder bosluise en pik aan wonde om bloedvloei te stimuleer. Mens dink aan die olifant as die enigste dier met ’n goeie geheue, maar die buffel se geheue- en reuksin-tuig is ook een van die wonders van die natuur. Volgens jagters vergeet ’n buffel nooit die een wat hom gekwes het nie, al ontmoet hulle mekaar jare later!

Terwyl ons besig is met ons daaglikse taak, gebeur wonderwerke om ons – baie waarvan ons nie eens bewus is nie – net soos in die natuur.

God se Grootheid sorg vir alles en almal, mens en dier!

Foto’s: ©Loretta Steyn

Barbara du Toit (vanaf Mabula)

vIND GELOOf IN DIE NaTuuR SE TuIN

Page 14: Lynnwoorde Mei 2013

Vanaf 1927 kom Christenvroue dwarsoor die wêreld elke jaar op die eerste Vrydag van Maart byeen om saam te bid. 2013 se Pretoria-Oos Streek Wêreldbiddag vir Vroue is vanjaar onderneem deur ons Lynnwoodgemeente. Die funksie was weereens onder Joan Hofmeyr se formidabele leiding en die onontbeerlike hulp van ’n paar gemeente-vroue aangebied. Die wêreldwye tema vir 2013 was “Ek was ’n vreemdeling en jy het my verwelkom”. Die diens in die kerk is bygewoon deur lede van Engelse sowel as Afrikaanse gemeentes. Ons eie ds Fay van Eeden het ’n treffende boodskap gelewer en op haar kenmerkende en besonderse wyse het sy die oorkoepelende aspekte van die dag, soos dit dan ook wêreldwyd bespreek is, in haar aanbieding ingesluit.

Nadat Fay almal in beide Afrikaans en Engels welkom geheet het, het sy haar hoop uitgespreek dat ons almal op ’n besondere wyse bewus sal wees van God, maar ook van ons medegelowi-ges - nie net hier nie, maar dwarsoor die wêreld. Die openings-lied was dan ook heel gepas “Bring lof aan die Vader”.

Frankryk, die land van die Hugenote, was die fokus van hier-die jaar se tema. ’n Interessante inligtingstuk, opgestel deur die vroue van Frankryk, was beskikbaar by die deure. Ons het met ongeloof hierin gelees dat Christene selfs vandag, in ons moderne tye, in Frankryk uitdagings in die gesig staar om in ’n grootliks gesekulariseerde samelewing van Christus te getuig. Na aanleiding van hierdie skokkende en informatiewe bespreking het Fay hiervolgens dan ook in haar aanbieding ’n beroep op almal gedoen om daadwerklik van die huidige situasie in Frankryk ken-nis te neem, en om vir die land en die Christene te bid. Die diens en verskeie lofprysings was afwisselend in Afrikaans, Engels en Frans aangebied, wat ’n ongelooflike atmosfeer geskep het binne die konteks van die spesifieke geleentheid. Fay het daarop gewys dat daar verskeie ooreenkomste tussen Suid-Afrika en Frankryk is, waarvan die grootste seker die groot aantal im-migrante en uitlanders is wat soms ’n probleem in beide lande veroorsaak en nie altyd met “ope arms” verwelkom word nie!

Fay se boodskap het op ’n natuurlike wyse gegroei uit die tema “Ek was ’n vreemdeling en jy het my verwelkom” en het sy beslag gekry uit Matteus 25:31-40. Die fokus was op die gedagte soos verwoord in hierdie Bybelgedeelte: wat mens in liefde aan en vir ander doen, doen jy vir Christus self. Die

Wêreldbiddag vir vroue 2013Rykie Snyman

oproep is dan ook om nie net om te gee en te bid vir ander in nood nie maar om iets daadwerlik te doen! In 1 Johannes 3:18 staan daar: “...ons liefde moenie net woorde en lippetaal wees nie maar moet met die daad bewys word, en dan in opregtheid.”

Só vra sy of ons gehoorsaam is aan God se opdrag om ander, ook vreemdelinge, lief te hê en te help waar ons kan, as ons dit nie deur ons dade ook bewys nie.

Elkeen in die kerk het ’n lint ontvang en ons is gevra om die punt daarvan vir die persoon aan jou regterkant te gee, en die punt van die lint aan jou linkerkant vas te hou – so is ons verbonden-heid aan mekaar deur Christus gesimboliseer. Terwyl ons aan die linte vasgehou het, het ons saam die lied “Ons Vader neem ons hande en maak ons een” (LB 532) gesing.

Die diens is afgesluit met die “Seëngroet van Franciskus”:

May God bless you with a restless discomfort about easy an-swers, half-truths and superficial relationships, so that you may seek truth boldly and love deep within your heart. May God bless you with holy anger at injustice, oppression and exploitation of people, so that you may tirelessly work for justice, freedom and peace among all people.

May God bless you with the gift of tears to shed with those who suffer from pain, rejection, starvation or the loss of all they cher-ish, so that you may reach out your hand to comfort them and transform their pain into joy.

May God bless you with enough foolishness to believe that you really CAN make a difference in this world, so that you are able, with God’s grace, to do what others claim cannot be done.

Fay se aanbieding was besonder inspirerend en informatief, en ons het die Kerk verlaat met ’n warm gevoel en ’n bewustheid daarvan dat mens wel ’n klein bydrae kan lewer tot ’n beter lewe vir iemand in nood!

Koffie en tee is hierna bedien onder Joan se leiding, verge-sel deur (natuurlik) voortreflike verversings, en ons kon heerlik gesellig ook met ander gemeen-tes se vroue kommunikeer.

14 LYNNWOORDE 8

Page 15: Lynnwoorde Mei 2013

Kranige atleet word gesinswerker in LynnwoodLindy Jordaan

As die winter begin om met sy koue vingers aan my deur te klop, is dit soms verrassend om ’n vars lentebriesie raak te loop. Mar-ian Jordaan (20) wat onlangs aangestel is as gesinswerker by ons gemeente vir die volgende jaar, is verseker só ’n ligstraaltjie. In haar hoedanigheid as gesinswerker sal sy soms uithelp by die Kategese, die Gesinsbediening se projekte en met administrasie.

Die NG Kerk het ook onlangs veranderinge aangebring aan hulle program by TUKS deurdat studente nou van hul 3de jaar af betrokke raak in gemeentes, en nie net meer in hulle gemeentejaar nie. Dit is dan ook hoe Marian hier by ons in Lynnwood uitgekom het.

Marian is die tweede oudste kind van 4 en het op Ellisras grootge-word. Dit is hier waar haar pa as dominee diep spore getrap het en deel was van haar inspirasie om teologie te gaan studeer.

Sy is ’n kranige atleet wat al SA’s toe was met 400m hekkies as haar gunsteling item. Sy is deel van Huis Magrietjie se serriegroep, dig ook graag en was selfs onlangs beoordeelaar by Woodhill College se kunsteweek!

Dit is soms maklik om in iemand se jeugdigheid vas te kyk, maar ’n geselsie mat Marian laat jou vinng jou fout besef. Sy is iemand met diepte, wat al baie gegroei het deur haar lewenservaringe.

Soos enige sport was atletiek ook al ’n goeie leerskool. Dit het haar geleer om haar kompeterende geaardheid só te kanaliseer dat sy byvoorbeeld bewus is dat emosionele uitdagings net nog ’n “hekkie” is omdat sy fisiese uitdagings kon klop.

Marian, ons sien daarna uit om die volgende jaar saam met jou te groei en die wedloop voluit te hardloop!

Soos JobMy bitterheid en ellende is die sand van die seeKon ek geweet het wat die lewe vir my gaan gee?Kon ek helder gedink het toe ek gepraat het?Die pyle vergiftig my en ek is bang

Note van liefde laat my oë opkyk na boWaar kom MY hulp vandaan??Die Here, dis wat dié sê wat gloSkakerings van blou, grys en wit hou my hart vasgevang in die Vryheid van die wind.Iewers daar ver, iewers is ’n kind

Golwe wat my moes wegvat, gee ’n ritme aan my mensweesAäron en Hur is skielik langs my – my hande gaan stadig, sagkuns die lug inWilde windbewegings breek teen my sinkhuisDalk sit die kind in ’n groot paleis?

Sarayu gee nie op met my hart nieAäron en Hur is nog nie moeg nieDie sagte, gesamentlike gesuis van take, blare, ranke…Ek dirigeer hierdie orkes en my kinders klap hande uit die Hemelse banke!

Marian Jordaan

aher arop Bol: The Lost Boy Kaapstad: Kwela Books, 2009 Piet Meiring

“Santino, hoekom begin jy nie om alles wat jy vir my vertel het neer te skryf nie”. Die vriendelike Pretoriase dame wat by ’n taalskool in Pretoria se midde-stad vir buitelandse vlugtelinge klas ge-gee het, het die jong seun uit die Sudan na haar huis genooi. En Santino hét! Vir dae aaneen het hy geskryf en geskryf – en hoe meer die taaljuffrou die teks gelees en versorg het, hoe meer het sy besef: Santino het ’n merkwaardige storie, ’n verhaal wat verdien om ’n wyer gehoor te hê.

Gelukkig het die uitgewer aan wie

die manuskrip gestuur is ook so gedink. Toe die boek, The Lost Boy, uiteindelik op die rakke verskyn, was dit ’n blitsverkoper. Ook in die buiteland het die storie van hoe die seun, Aher Arab Bol, (wat êrens langs die pad die doopnaam Santino verwerf het) se jarelange tog van die Sudan tot uiteindelik na Suid-Afrika beskryf, baie aandag getrek. The Guardian in Engeland, Time Magazine in die VSA en talle ander koerante, radiostasies en televisiepro-gramme het Santino se verhaal met smaak oorvertel. The Lost Boy is in verskeie tale vertaal: Spaans, Duits, Italiaans, Katelaans, Romeens, Pools; selfs in Koreaans.

Ek het die boek die laaste tyd ’n paar keer deurgelees, want die vertelling bly ’n mens by en jy wil weer en weer meer weet. San-tino was ’n seuntjie van drie of vier (hy weet self nie presies hoe oud nie) toe sy oom met hom op sy rug uit hul brandende dorpie in Suid-Sudan, wat deur soldate uit die Noorde aangeval is, ge-vlug het. Sy pa en ma, al sy bekendes, was weg. Toe sy oom hom weke later by ’n VN vlugtelingkamp in Ethiopië afgelaai het, was hy totaal alleen. Wie hy was, het hy nie geweet nie. Ook nie waar sy ouers was en of hulle nog gelewe het nie.

Santino vertel hoe hy op reis gegaan het. Hy het gehoor dat vlugtelinge welkom is in Suid-Afrika en dat ’n mens onderwys kan ontvang. Sy epiese tog het hom van Sudan via Ethiopië, Kenia, Tanzanië, Malawi, Mosambiek en Zimbabwe na Suid-Afrika gevoer. Op die reis het hy grootgeword, van ’n klein seuntjie tot ’n tiener – en oneindig baie ervaar en geleer. Santino vertel dit alles sonder om doekies om te draai, maar met insig en humor – en met ’n deurlopende lyn van geloof en hoop. En uiteindelik het die jong man in Pretoria aangekom en het hy ’n tuiste gevind! Uitein-delik kon hy, wat sy eerste letters in ’n VN-kamp met ’n stokkie op die grond leer skryf het, by Unisa aanmeld as student in Regte.

Die uiteinde van die verhaal van Santino wat deur al die jare bly hoop het dat hy eendag weer met sy ouers en die res van sy gesinkontak sou kon maak, is so gaangrypend dat ek dit nie wil verklap nie. Lees dit eerder self!

LYNNWOORDE 8 15

Page 16: Lynnwoorde Mei 2013

LYNNWOORD 8 11

BreinVerander slegs een strepie om die bokkie in ’n ander rigting te laat kyk sonder om sy vorm te veran-der (antwoord op p.18)

Kinders! GimnastiekKan jy sien wat dit is?

16 LYNNWOORDE 8

Page 17: Lynnwoorde Mei 2013

LyNNWOORDE 8 17NUWE GENERASIE

NUWE GENERASIE

Daar is ’n nuwe gesig in die jeugkantoor hierdie jaar – Jolandi de Munnik. Jolandi is verantwoordelik vir Nuwe Generasie se administrasie, asook die reël van kampe en Uitreike.

Jolandi het in 2012 haar BTh-graad by die Universiteit van Pretoria voltooi. Sy

is tans besig om haarself te kwalifiseer as ’n onderwyseres. Haar hart lê in die sendingveld en sy het vir drie jaar op Tuks Missions se komitee gedien. Ons het dit goedgedink om Jolandi beter te leer ken deur haar met ’n klomp vrae te peper…

Waar is jy gebore en getoë? Ek is in Kaapstad gebore, maar het die grootste deel van my lewe in Middelburg gewoon.

Wat is jou passies in die lewe? Ek geniet dit om kos te maak en mense te onthaal.

As kosmaak een van jou passies is – wat is jou gunsteling kos? Beef Wel-lington, rooi wyn en pizza (jy sal Jolandi gereeld op ’n Maandagaand by Capeesh kry!).

Jou gunsteling fliek? Sjoe, daar is so baie. Ek is mal oor die fliek ‘Julie & Julia’! (’n Fliek oor kos - geen verrassings daar nie).

Wat doen jy graag in jou vrye tyd? Ek is mal oor draf en diepsee duik. Ek speel ook graag gholf. (Jolandi en haar pa het

’n rukkie terug tweede plek behaal in ’n gholftoernooi by Houghton gholfbaan).

En jou droomvakansie? Ek sal graag in Switserland of Oostenryk wil gaan vakansie hou. (Volgende keer as jy met Jolandi gesels, vra haar uit oor haar ski-ervaring in Italië).

Wat is die mees avontuurlustige ding wat jy al ooit gedoen het? Definitief die keer wat ons ’n duik saam met Skeurtandhaaie (Raggedtooth sharks) by Plettenbergbaai gedoen het. (Val-skermspring is ook nog op Jolandi se “bucket list”.)

Voltooi die sin “God is…” Liefde…my Vertrouling.

Beskryf in een woord die Kerk? Mense.

Jolandi, baie welkom in die Nuwe Generasie (en Lynnwood) familie! Ons sien uit om jou nog beter te leer ken en saam-saam nog ’n klomp wonderlike ervarings te deel.

NUWE GESIG IN DIE KERKKANTOORFay van Eeden

Die belydenisklas het van 15 tot 17 Maart by Bayete Adventures, net buite Modimolle, gaan kamp. Die fokus van die kamp was “My reisverhaal saam met God”. Daar is saam gedink en gepraat oor elkeen se verhaal – waar elkeen van-daan kom, waar elkeen nou is en ook die pad vorentoe. Daar was ook geleentheid om saam te worstel oor moeilike geloofs-vrae en om nuwe geestelike gewoontes aan te leer. Daar was darem ook genoeg tyd vir vuil word op die avontuurbaan, lekker saamkuier en ’n laatnag PT-sessie saam met Willem... Verseker ’n onver-geetlike naweek!

Belydeniskamp

Page 18: Lynnwoorde Mei 2013

Dikwels is die CD’s waarna ons luister, maar net nóg CD’s. Dis iets waarna ons luister terwyl ons eintlik met iets anders besig is, of iets om die ure op die lang pad bietjie korter te laat voel. Maar dikwels voel dit vir my worship musiek is anders. So baie maal gaan ’n worship CD nie eintlik eers oor die CD nie. Die CD is dalk maar net die produk van ’n beweging, ’n droom, ’n verandering.

Passion se White Flag CD is só ’n CD. Passion is eintlik ’n beweging van jeug-byeenkomste wat in 1997 in die VSA begin het, maar dit het sedertdien die wêreld deurkruis deur middel van Passion toere, wat byeenkomste in groot stede regoor die wêreld moontlik maak. Saam met die toere het Passion ook reeds negentien CD’s vry-gestel wat live by een van die byeenkomste opgeneem is. White Flag is die nuutste van hierdie CD`s en is in 2012 vrygestel. Pas-sion se White Flag toer het dan ook in 2012 Suid-Afrika besoek en daar was byeenkom-ste in Kaapstad, Durban en Centurion waar duisende Suid-Afrikaners ook kon deel hê aan die ondervinding.

Die Passion beweging bestaan uit ’n klomp worship kunstenaars wat reeds vir hulself naam gemaak het en die White Flag CD bevat snitte gesing deur Chris Tomlin, die David Crowder Band, Charlie Hall, Matt Redman, Christy Nockels en Kristian Stan-fill. Met só ’n klomp groot name is die CD uiteraard van goeie gehalte, en verseker die moeite werd om na te luister! Terwyl

VALIZE LUISTER Rond

NUWE GENERASIE

NUWE GENERASIE18 LYNNWOORDE 8

Wit vlag, groot krag Valize Scholtz

Antwoord op Brein gimnastiek

ek so na White Flag luister en oor die idee van die Passion toere nadink, besef ek ’n paar dinge oor geloofsvorming en geloofsgroei. Ek dink geloofsvorming is selde ’n individuele ding. Ons geloof word immers gevorm deur die mense om ons, met wie ons lukraak te doen kry, maar nog meer die mense wat doelbewus in ons lewens wil belê.

Dit gaan oor gemeenskap, oor “ubuntu”. En dis wat Passion so goed regkry. Dis ’n geleentheid wat mense bymekaar bring; mense aanbid God saam. Daar bly iets merkwaardig en kragtig daaraan wanneer Christene bymekaarkom om God saam te loof en prys.

Die tweede waarheid lê in die titel van hierdie CD. White Flag is ook die titel van die tweede snit op die CD en is gekies om iets te sê van oorgawe aan God. Dit bring die gedagte by my op dat oorgawe só kritiese ding vir ons is om ons in ons geloofsvorming te leer, maar dis eintlik vir ons as moderne mense so moeilik, omdat ons altyd in beheer wil wees en altyd sterk te wil wees. Oorgawe voel vir ons soos iets wat swakkelinge doen, wat quitters doen, en ons wil onsself net nie in daardie kategorie plaas nie.

Maar wanneer ons oorgee, kan God se krag ten volle in ons werk, en is ons alles behalwe swakkelinge. Tog bly dit moeilik vir ons, maar dit is ’n wonderlike geleent-heid om oor te gee aan God tydens worship – en dis hierdie spasie wat ’n CD soos White Flag vir ons skep.

Page 19: Lynnwoorde Mei 2013

LyNNWOORDE 8 19NUWE GENERASIE

SHAVAThon

Page 20: Lynnwoorde Mei 2013

20 LYNNWOORDE 8

Erika Theron

Alles op CD, DVD, mp3Langspeelplate, 78’s, solo 7’s,

klankkassette, video’s (verskeie formate)

Kleurskyfies en foto’sCD-snitte omgeskakel na mp3

Aflaaipunt in HatfieldTel 012 542 1449 l www.video-c.co.za

Marié: 083 611 0317 Chris: 083 604 8167

O / ZERO TREE FELLING CC

BOOMSLOPING en snoei van bome en struike. Ons verskaf ook kaggelhout

Kontak Ernst by 083 656 4992

“Ek weet dié keer nie waaroor om te skryf nie!” sê ek vir iemand oor die naderende Lynnwoorde-sperdatum.

“Jy mág maar uit eie ervaring praat,” kom die antwoord, en ek wonder of dit ’n sagkense waarskuwing teen teoretiese slimmigheid is. Maar die verlof eien ek my dankbaar toe, op die oomblik vul “eie ervaring” die hele horison. Want ons trek. Wéér, na die groot verskuiwing van ’n huis na ’n woonstel pas vyf jaar gelede. Die verskil is dat dit nou nie uit vrye keuse is nie. Omstandighede dwing ons. Dus vind hierdie verhuising nie primêr plaas onder die vaandel van avontuur nie, maar onder dié van verlies. Al manier om te oorleef is om ore en oë toe te druk en vorentoe te beur en die een na die ander praktiese ding af te handel. Ek word al hoe roekeloser wanneer dit by uitdeel kom: “Neem dit. Dis nou joune.”

Besittings en stukke geskiedenis waai van ons af weg soos blare. Dit is nog te pynlik om te kan begin filosofeer oor die voordeel van eenvoudiger lewe. Kompen-sasies – ja, natuurlik sal daar wel kompen-sasies wees – is vir later. Eerder dink ek gedurig aan Jesus se woorde aan Petrus: “Toe jy jonger was, het jy self jou klere vasgemaak en gegaan waar jy wil, maar wannneer jy oud is, sal jy jou hande uit-steek, en iemand anders sal jou vasmaak en jou bring waar jy nie wil wees nie.” Ek raak oorsensitief vir wat ek eensklaps óral om my sien en hoor: die meedoënlose, en mettertyd uiterste, stroping wat saam met ouer word gaan.

Ek ontdek dat onderweg wees ’n deur-lopende tema in die Bybel is. Oppak en vertrek. Die lang reis deur die woestyn. Josef se broers wat hom in Egipte gaan

vind. Die balling-skap van die Jode, liere opgehang aan bome by die riviere van Ba-bel. Tente en kamele, voete in sandale op stofpaaie. Die Em-mausgangers en hul Reisgenoot, die beseerde man wat voor die Samaritaan in die pad lê, die kamerling wat op ’n wa sit en lees, Paulus wat op ’n strand uitspoel.

Ek wonder oor wat ’n mens régtig nodig het, hoe min of hoe veel. Ek dink oor die begrippe min en genoeg en oorvloed. Die weduwee se paar druppels olie en handjievol meel. Manna in die woestyn – elke dag. Die daaglikse brood waarvoor jy dáágliks moet bid. Ek dink aan: “My genade is vir jou genoeg” en: “Ek kom dat julle lewe en oorvloed kan hê.”Aan Dawid wat deur “donker dieptes” stap en daarna sê: “My beker loop oor.”

Ek het ’n vriendin, Maia, wie se familie-geskiedenis deur Europa en die Tweede Wêreldoorlog loop. Dit is ’n familie wat bekend is met verhuising en ontheem-ding en weer en weer van vooraf begin. Sy skryf in ’n brief aan my:

“Hoekom sukkel ek so om te laat vaar? Dis oor die groot boek oor verlies nooit klaar geskryf gaan word nie. Verlies is eintlik die enigste tema wat daar is.

Besit, en ook prestasie, is maar net sulke dobberende bootjies op die see van verlies.

En ’n mens se liefde ’n parmantige, knet-terende bolseil, vasgeknoop aan die mas van so ’n bootjie.“

Meubels te koop2 Soliede kiaat bal-en-klou hangkaste en spieëlkas.

R6 000 of naaste kontant aanbod. Kontak Riana by 071 331 9609.

Min, genoeg, baie

Ons is verspreiders van REBOUNDERS – die klein wipmatjies met handrelings vir almal – van baie oud tot baie jonk. Hierdie uitvinding laat jou wip sonder om te spring, stimuleer jou

bloedsomloop, laat jou hart vinnger klop sonder om jou gewrigte te ver-nietig. Dis vet pret – die lekkerste, veiligste oefening in die kleinste

spasie. Kontak: 012 527 0140 / 083 611 0317 / 083 604 9167.

www.nglynnwood.co.za

Sotho-lesersDIPSALME 23:1-6

Modisi yo boloke Morena

1. Morena ke modiši wa ka; nka se hloke selo.

2. O nkhutamiša mafulong a matala; o nkiša meetseng a makhutšo.

3. Olapološa moya wa ka; o ntshepediša mmileng wa go loka ka baka la leina la gagwe.

4. Le ge nka sepela molapong wa moriti wa lehu, nka se boife bobe, gobane o na le nna; molamo wa gagwe le lepara la gagwe di nkuša pelo.

5. O nkabela dijo, manaba a ka a ntebeletše; o ntlotša hlogo makhu-ra; senwelo sa ka se tletše wa go falala.

6. Tše botse fela le kgaugelo di tlo ntatela mehla yohle ke sa phela. Gomme ke tlo fetša bontši bja matšatši ke dutše Ngwakong wa Morena.