lugvervoer die eerste vliegtuig - microsoft
TRANSCRIPT
Graad 4: Geskiedenis
Lugvervoer
Die eerste vliegtuig
Laerskool Mikro Kopiereg ©
Die eerste vliegtuig
Twee Amerikaanse broers, Wilbur en Orville Wright, het die
eerste aangedrewe, bemande vliegtuig uitgedink, ontwerp,
gemaak en gevlieg. Hulle het dit die Flyer genoem.
Laerskool Mikro Kopiereg ©
Die Wright-broers
Op 17 Desember 1903 het Orville die Flyer vir 12
sekondes lank oor ‘n afstand van 37m gevlieg. Dit
was die eerste suksesvolle vlug in die mens se
geskiedenis.
Laerskool Mikro Kopiereg ©
Baie jare gelede was mense maar skepties oor die
Wright-broers se eerste vlug. Slegs 5 mense het
hierdie geskiedkundige gebeurtenis waargeneem.
Die Flyer het nie baie ver van die grond af
gevlieg nie.
Die Wright-broersDie broers het beurte gemaak
om die vliegtuig te vlieg totdat
dit ‘n bietjie verder kon vlieg.
Hulle het ‘n spoor nodig gehad
wat afdraand loop om die
vliegtuig in die lug te kry.
Laerskool Mikro Kopiereg ©
Ander uitvinders het voor die Wright-broers al
soortgelyke vlugte probeer, maar die Flyer
was die eerste aangedrewe vliegtuig wat
deur ‘n mens gevlieg en beheer kon word.
Sir George Cayley
Vir dekades het mense probeer om die
perfekte vliegmasjien te ontwerp. Sir George
Cayley het modelle gebou om aërodinamika te
bestudeer, dit wil sê hoe lug rondom
voorwerpe vloei.
Laerskool Mikro Kopiereg ©
Sy werk het daartoe gelei dat baie inligting
ingewin is oor hoe die vlerke en agterste
panele van sweeftuie werk.
Otto Lilienthal
Vroeë vlieëniers het hierdie inligting gebruik om sweeftuie te ontwerp en
te bou. Otto Lilienthal was die koning van sweeftuie en het van hoë
heuwels afgespring om lugstrome te vang en teen die wind op te styg.
Dan het hy sy gewig verander om die sweeftuig te stuur en homself te
balanseer. Otto se dood het die Wright-broers geïnspireer om ‘n meer
betroubare vliegmasjien te bou wat beter beheer kon word.
Laerskool Mikro Kopiereg ©
Die Wright-broers
Vanuit hul fietswinkel het die broers begin om
hul eie vliegtuig te ontwerp in 1899.
Laerskool Mikro Kopiereg ©
Hulle het baie navorsing
gedoen oor vorige
uitvinders se ontdekkings.
Hulle het voëls bestudeer en agtergekom dat voëls nie net
hulle vere gebruik om te flap nie, maar klein bewegings met
hul vlerke en sterte maak om hulself beter te balanseer. Dit
help hulle ook om hul hoogte en rigting te bepaal.
Die Wright-broers
Wilbur het hierdie idee gebruik om ‘n stelsel van roere te
ontwerp. Dit kon hulle Flyer op 3 verskillende maniere beheer.
Laerskool Mikro Kopiereg ©
Die vlerke krul sodat die
vliegtuig kan rol.
Die hoogteroer beheer
die hoogte.
Die agterste roer maak
dit vir die vliegtuig
moontlik om van rigting
te verander.
Die Wright-broers
Die vlieënier moes konstant
die 3 roere verander, want die
kleinste verandering in die lug
kon die vliegtuig van balans af
bring.
Laerskool Mikro Kopiereg ©
Terwyl ander uitvinders gesukkel het om hul
vliegmasjien te stabiliseer het die Wright-broers
dit reggekry te danke aan jare se ondervinding
met fietse en hoe om dit te balanseer.
Die Wright-broers
Nou het vlieëniers beheer gehad oor enige
weersomstandighede. Ongeag reën of wind kon
hulle die vliegtuig beheer.
Laerskool Mikro Kopiereg ©
Vlieëniers gebruik vandag
nog dieselfde tegnieke om
vliegtuie in die lug te hou.
Die Wright-broersSweeftuie het sterk wind nodig gehad om dit in die lug
te hou. Mense het propellers gebruik om wind oor die
vlerk te waai. Hulle het stoomenjins probeer, maar dit
was te swaar en die vliegtuie kon nie eens van die
grond af lig nie.
Laerskool Mikro Kopiereg ©
Die Wright-broers se vliegtuig se
raamwerk was lig en van hout
gemaak. In plaas van propellers het
hulle handgekerfde hout gebruik en
in plek van ‘n swaar stoomenjin het
hulle ‘n ligte gas-enjin gebruik.
Die eerste vlugHulle het ‘n afgeleë strand gekies as sagte landing
indien iets sou verkeerd loop. Hulle het ook
uitgevind dat Kitty Hawk, in Suid-Carolina, die
plek was met die meeste wind en hulle het baie
wind nodig gehad om hul eerste vliegtuig te vlieg.
Hul toetsvlugte was die begin van lugvervoer.
Laerskool Mikro Kopiereg ©
Vliegtuie verbeter
Die broers het aangehou en nuwe ontwerpe gemaak en
uitprobeer. Dit het hulle kans gegee om te verbeter op
vorige ontwerpe en om dit vinniger te maak, sterker en
meer beweeglik. In 1904 het Wilbur met ‘n ander
vliegtuig, Flyer 2, meer as 5 minute lank in die lug
gebly. ‘n Paar jaar later het hulle selfs vliegtuie gebou
wat op water kon land en passasiers vervoer.
Laerskool Mikro Kopiereg ©
Die Wright-broers
In 1909 het hulle hul eie maatskappy gestig wat eers vliegtuie sou
verkoop, maar omdat daar nie ‘n mark daarvoor was nie het hulle
vliegskoue begin hou. Dit het baie mense gelok!
Laerskool Mikro Kopiereg ©
Die Wright-broers
Uiteindelik is die Wright-broers se droom verwesenlik deurdat
mense vandag makliker en vinniger deur middel van lugvervoer
van een plek na ‘n ander kan kom.
Laerskool Mikro Kopiereg ©