kwartaal 1 - belvedereschool.co.zabelvedereschool.co.za/lockdown/gr10 lo/tipes...3.1 tipes...

4
Kwartaal 1 Hoofstuk 5 Demokrasie en menseregte Opsomming Week 9 Eenheid 3: Diskriminerende gedrag en menseregteskendings 3.1 Tipes diskriminerende gedrag en skendings Onregverdige diskriminasie Onregverdige diskriminasie is teen ons Grondwet. Alle mense is gelyk en moet gelyk behandel word. Die tabel hieronder bevat voorbeelde van onregverdige diskriminasie. VOORBEELDE VAN ONEGVERDIGE DISKRIMINASIE Tipe diskriminasie Verduideliking Voorbeeld Diskriminasie op grond van gestremdheid Wanneer jy anders behandel word omdat jy 'n gestremdheid het Geslagsdiskriminasie Om mense sleg of onregverdig te behandel omdat hulle manlik of vroulik is Rassediskriminasie Wanneer een ras dink hulle is beter as 'n ander ras (rassisme) Godsdiensdiskriminasie As mense anders behandel word omdat hulle in 'n ander godsdiens glo as jy Diskriminasie op grond van seksuele orientasie Om teen mense te wees wat gay is Stigmatisering (brandmerking) Om mense op 'n negatiewe manier te merk op grond van verkeerde inligting Diskriminasie in die werksplek Diskriminasie in aanstelling, bevordering, werktoekenning, diensbeeindiging, ens Xenofobie Om buitelandse burgers sleg en met haat te behandel. Partydigheid Om mense voor te trek en wat dan ander onregverdig benadeel

Upload: others

Post on 18-Nov-2020

23 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Kwartaal 1 - belvedereschool.co.zabelvedereschool.co.za/Lockdown/Gr10 LO/Tipes...3.1 Tipes diskriminerende gedrag en skendings Onregverdige diskriminasie Onregverdige diskriminasie

Kwartaal 1

Hoofstuk 5Demokrasie en menseregte

OpsommingWeek 9

Eenheid 3: Diskriminerende gedrag en menseregteskendings

3.1 Tipes diskriminerende gedrag en skendingsOnregverdige diskriminasie

Onregverdige diskriminasie is teen ons Grondwet. Alle mense is gelyk en moet gelyk behandel word. Die tabel hieronder bevat voorbeelde van onregverdige diskriminasie.

VOORBEELDE VAN ONEGVERDIGE DISKRIMINASIE

Tipe diskriminasie Verduideliking Voorbeeld

Diskriminasie op grond vangestremdheid

Wanneer jy anders behandel word omdat jy 'n gestremdheid het

Geslagsdiskriminasie Om mense sleg of onregverdigte behandel omdat hulle manlik of vroulik is

Rassediskriminasie Wanneer een ras dink hulle is beter as 'n ander ras (rassisme)

Godsdiensdiskriminasie As mense anders behandel word omdat hulle in 'n ander godsdiens glo as jy

Diskriminasie op grond vanseksuele orientasie

Om teen mense te wees wat gay is

Stigmatisering(brandmerking)

Om mense op 'n negatiewe manier te merk op grond van verkeerde inligting

Diskriminasie in diewerksplek

Diskriminasie in aanstelling, bevordering, werktoekenning, diensbeeindiging, ens

Xenofobie Om buitelandse burgers sleg en met haat te behandel.

Partydigheid Om mense voor te trek en watdan ander onregverdig benadeel

Page 2: Kwartaal 1 - belvedereschool.co.zabelvedereschool.co.za/Lockdown/Gr10 LO/Tipes...3.1 Tipes diskriminerende gedrag en skendings Onregverdige diskriminasie Onregverdige diskriminasie

3.2 Die aard, oorsprong en impak van diskriminasiePartydigheid, vooroordeel, diskriminasie en onderdrukking het ‘n negatiewe invloed op individue, die samelewing en lande.Diskriminasie doen net skade, dit is nooit goed nie.

Partydigheid: Is om ‘n voorkeur te hê wat jou verhoed om na die feite te kyk.

Vooroordeel: Is om mense te oordeel op grond van onwaarhede en verskille.

Onderdrukking: Is om teruggehou te word deur onregverdige gebruik van dwang of gesag. Wanneer jy onderdruk word, het jy geen vryheid nie.

Die impak van diskriminasie: xenofobie‘n Voorbeeld van diskriminasie is xenofobie. Xenofobie is vooroordeel teenoor vlugtelinge en buitelandse burgers. Dit is die haat en vrees vir buitelanders en vreemdelinge.

Die impak van xenofobie op die gemeenskap:• veroorsaak armoede en ongerief• mense verloor hulle huise, besittings en winkels• veroorsaak armoede en onsekerheid• veroorsaak werkloosheid• lei tot geweld; mense word beseer en sterf.

Die uitwerking van xenofobie op mense se emosies:• maak mense se gevoelens seer• maak mense ongelukkig, eensaam en bang• jaag vrees en haat in mense aan.

Die uitwerking van xenofobie op ons land:• gee ons land ‘n negatiewe beeld• het ‘n negatiewe uitwerking op die ekonomie• verhoed dat toeriste Suid-Afrika besoek.

Die impak van diskriminasie: MIV en vigs-statusPersone met MIV, VIGS of TB is soms gestigmatiseer. Die mense wat diskrimineer is gewoonlik bang en onkundig oor die feite van MIV. Hulle weet nie hoe MIV oorgedra kan word nie.

Diskriminasie is pynlik en kan skade veroorsaak, omdat• mense wat dus MIV of VIGS het, bang kan wees om vir behandeling te gaan en vir ander van hul

siekte te vertel• dit kan veroorsaak dat MIV en VIGS en sekondêre infeksies soos TB meer versprei omdat dit nie die

regte behandeling kry nie• baie mense onnodig sterf weens diskriminasie en stigma of die vrees vir stigma.

Waarom is dit belangrik om jou MIV – status te ken?• Sodat jy betyds die nodige behandeling en medikasie kan kry.• As jy nie jou status ken nie, kan jy dalk te siek word om dan die mesdikasie te kan gebruik.• Jy kan MIV versprei as jy nie weet jy is positief nie.• Wanneer jy die nodige medikasie en behandeling ontvang, kan jy steeds 'n lang en gesonde lewe leef.

Page 3: Kwartaal 1 - belvedereschool.co.zabelvedereschool.co.za/Lockdown/Gr10 LO/Tipes...3.1 Tipes diskriminerende gedrag en skendings Onregverdige diskriminasie Onregverdige diskriminasie

DATUM:

2. 1. ___________________________________________________2. ___________________________________________________3. ___________________________________________________4. ___________________________________________________

3. 1. ___________________________________________________________________2. ___________________________________________________________________3. ___________________________________________________________________4. ___________________________________________________________________

Page 4: Kwartaal 1 - belvedereschool.co.zabelvedereschool.co.za/Lockdown/Gr10 LO/Tipes...3.1 Tipes diskriminerende gedrag en skendings Onregverdige diskriminasie Onregverdige diskriminasie

DATUM:

1. ____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

2. ___________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

3. ___________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

4. ____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

5. ___________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

6. _____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________