inhoudsopgawekidsxpre/images/jaarboek voorbeeld...tieners tussen die ouderdomme van 13-16 is in ’n...

5
Voorwoord Welkom by JAarboek! Inleidende byeenkoms: Die Smart(ie) keuse! 1. Reik na die sterre 2. Boelies en ontgroening 3. Jou keuse 4. Talente wat jou uniek jy maak 5. Klippe gooi 6. Dankbaarheid 7. Seerkry 8. Ons praat nie daaroor nie 9. Cool of uncool 10. Wat jy insit, is wat jy uitkry 11. Nie lus vir kerk nie 12. Balans 13. Los tonge 14. Pornografie 15. Kwaad word 16. Dit gaan oor respek 17. Stres 18. God se spieël 19. Gesag 20. Jong liefde 21. Dwelmmiddels 22. Skynheiligheid 23. Ons moet vergewe! 24. Toekomsverwagtinge Afsluitingsgeleentheid: Ons vier fees! JAarboek-verbintenis IN houdsopgawe 1 4 8 11 14 17 20 23 26 30 33 36 39 42 45 49 52 55 58 61 64 67 70 73 76 78 80

Upload: others

Post on 16-Nov-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: INhoudsopgawekidsxpre/images/JAarboek voorbeeld...Tieners tussen die ouderdomme van 13-16 is in ’n moeilike fase van adolessensie – tegelyk so groot en wêreldwys en tog so onseker

VoorwoordWelkom by JAarboek!

Inleidende byeenkoms: Die Smart(ie) keuse!

1. Reik na die sterre

2. Boelies en ontgroening

3. Jou keuse

4. Talente wat jou uniek jy maak

5. Klippe gooi

6. Dankbaarheid

7. Seerkry

8. Ons praat nie daaroor nie

9. Cool of uncool

10. Wat jy insit, is wat jy uitkry

11. Nie lus vir kerk nie

12. Balans

13. Los tonge

14. Pornografie

15. Kwaad word

16. Dit gaan oor respek

17. Stres

18. God se spieël

19. Gesag

20. Jong liefde

21. Dwelmmiddels

22. Skynheiligheid

23. Ons moet vergewe!

24. Toekomsverwagtinge

Afsluitingsgeleentheid: Ons vier fees!

JAarboek-verbintenis

INhoudsopgawe

1

4

8

11

14

17

20

23

26

30

33

36

39

42

45

49

52

55

58

61

64

67

70

73

76

78

80

Page 2: INhoudsopgawekidsxpre/images/JAarboek voorbeeld...Tieners tussen die ouderdomme van 13-16 is in ’n moeilike fase van adolessensie – tegelyk so groot en wêreldwys en tog so onseker

Tieners tussen die ouderdomme van 13-16 is in ’n moeilike fase van adolessensie – tegelyk so groot en wêreldwys en tog so onseker van hulself. In Graad 7 is hul volwasse en onafhanklik; in Graad 8 moet hulle weer onder op die sosiale leer begin. Hulle is ontluikende jongmense wat dikwels bestaande waardes en norme bevraagteken en soms selfs uitdaag. Hulle streef na onafhanklikheid van hul ouers en aanvaarding by hul portuurgroep. Maar diepliggend is hul ouers se goedkeuring en liefde tóg vir hulle allerbelangrik en is hulle nog nie heeltemal seker presies waar hulle inpas nie.

Deur JAarboek skep ons ’n veilige omgewing waarbinne jy aan die jongmense in jou groep ruimte kan gee om oor belangrike keuses in hul leefwêreld te praat. Deurdat die karakters van Hoërskool Redell bespreek word, hoef die jongmense nie hulself of hul maats bloot te stel wanneer hulle oor probleme praat nie. Hulle kan hul eie ervarings verplaas na die karakters in JAarboek.

Dit is belangrik dat jy die jongmense se vertroue wen en dat julle as ’n groep gemaklik is om openlik te praat oor die sake onder bespreking. Hul vermoë om norme en standaarde uit te daag mag jou dalk toets, maar hopelik sal dit jou ook aangenaam verras. Gee genoeg gespreksgeleentheid en luister met opregte belangstelling na hul sienings.

Elke byeenkoms rus op twee pilare: die storie (ons noem dit JAARBOEK) en die Bybel (ons noem dit GODSEBOEK). Die JAARBOEK-stories is in e-boek formaat beskikbaar sodat die jongmense dit op hul selfone kan lees. By elkeen van hierdie pilare is daar ruim tyd gegee sodat die onderwerp van die dag deeglik bespreek kan word. Johan Smit se boek, Hoe om jou lewe te verwoes voor jy 16 is (CUM), behandel heelwat van die onderwerpe wat in JAarboek bespreek word en kan as goeie agtergrondinligting vir groepleiers dien.

Elke week se inhoud volg min of meer dieselfde orde en struktuur. Dit skep ’n veilige ruimte omdat jongmense weet wat gaan gebeur en wat op wat volg. Elke byeenkoms het ’n HALLODAAR en INLEIDING. Moenie hierdie deel uitlaat en net op die storietyd (JAARBOEK) en Bybeltyd (GODSEBOEK) fokus nie. Dit is belangrik vir die groep om verhoudings met mekaar te versterk en vertroue te bou. Daarom is daar telkens ’n vraag of aktiwiteit om die groep te help om mekaar beter te leer ken. Onthou dat jy ook deel is van die groep en jouself moet oopstel aan die jongmense. Die HALLODAAR-insetsels gee idees vir maniere om die byeenkoms te open en julle kan dié gebruik wat julle die beste pas. Die INLEIDING gee telkens ’n aktiwiteit wat die groep se gedagtes rig op die uitdaging of keuse van die byeenkoms.

In elke byeenkoms is daar ’n klompie besprekingsvrae. Ons verskaf gewoonlik ’n rigting waarin jy die antwoord kan probeer stuur, maar die ideaal is dat die gesprek só verloop dat die groep self tot ’n goeie gevolgtrekking kom. Die vrae wat ons gee, is riglyne; jy kan dalk self aan nog belangrike vrae dink. Daar sal moontlik ook spontaan vrae uit die groep opduik. Hoe meer spontaan die bespreking, hoe beter. Jongmense weet die meeste van die tyd wat reg en verkeerd is, maar het nodig om die “hoekoms” uit te klaar deur middel van gesprekke. Hulle aanvaar dinge nie net omdat ’n grootmens so sê nie. Moet dus nie lering vir die groep aanbied nie – onthou dat dit ’n gespreksbyeenkoms vir die hele groep is.

Deur telkens die storie van die dag by ’n Bybelverhaal te laat aansluit, poog ons nie net om die jongmense te laat besef dat die Bybel lewendig en relevant is vir hul lewens nie, maar om by hulle ’n liefde vir die Skrif aan te kweek.

Ons maak daagliks baie keuses, en hierdie byeenkomste het ten doel om jongmense te help om die keuses waarmee hul daagliks te doen kry, beter te hanteer. Daarom is dit belangrik om genoeg klem te plaas op elke week se uitdaging en ook om terugvoer te vra oor die uitvoering daarvan. Dit kan goed werk om ’n sosiale mediagroep op Facebook of WhatsApp te stig sodat die groep mekaar deur die loop van die jaar kan ondersteun en terugvoer gee oor hul uitdagings. So help ons jongmense om dit wat hul in die Bybel lees na hul alledaagse lewe toe deur te trek.

Ons hoop dat hierdie reis saam met jongmense vir jou ook ’n verdiepende ervaring sal wees. Om met jongmense te werk en te gesels oor hul verhouding met God is ’n groot voorreg. Geniet elke oomblik daarvan!

Sulet, Karin en Magriet

by JAarboekWelkom

Page 3: INhoudsopgawekidsxpre/images/JAarboek voorbeeld...Tieners tussen die ouderdomme van 13-16 is in ’n moeilike fase van adolessensie – tegelyk so groot en wêreldwys en tog so onseker

HALLODAARVerwelkom die groep. ’n Oulike manier om die groep aan die praat te kry, is om ’n hele paar onvoltooide sinne op kaartjies te skryf en te lamineer of op roomysstokkies te skryf. Sit dit in ’n glaspot of ander interessante houer. Elke groeplid haal elke week een kaartjie/stokkie uit die houer en voltooi dan die sin. Voorbeelde van onvoltooide sinne: My gunsteling kleur is ... Eendag as ek groot is ... Ek raak woedend wanneer ... My grootste droom is ... Die snaaksste ding wat hierdie week gebeur het, is ... Die een ding wat ek nie verstaan van die lewe nie, is ... Die moeilikste dag van die week was ... Voordat ek aan die slaap raak, dink ek aan ...

INLEIDINGProbeer om vandag soveel moontlik kledingstukke en bykomstighede met beroemde handelsmerke aan te trek. Dit kan maar oordadig lyk! Jy kan ook etikette met sulke handelsmerke aan klere of bykomstighede vasmaak vir die effek. Gesels met die groep oor watter die gewildste handelsmerke is om te dra, en hoe belangrik dit is om die regtes te dra.

JAARBOEKDie storie tot sover (hersiening)Wie is die karakters wat ons tot dusver in die stories ontmoet het? (Amanda, Tracey, Retief, Chanté, Anel, Liza, Barbara, Alfred.) Wie van die karakters wil jy deel maak van jou vriendekring? Hoekom?

Amanda besef Tracey, haar vriendin, se huislike omstandighede is glad nie soos haar eie nie. Tracey se ma doen die beste vir haar onder die omstandighede en sy is dankbaar vir alles wat sy het, al is dit nie die nuutste of die duurste nie. Dit laat Amanda dink oor die dinge in haar lewe waarvoor sy kan dankbaar wees. Haar gevoelens wissel tussen bewondering vir Tracey en skaamte as haar ander vriendinne uitvind hoe arm Tracey se gesin is.

5

5

10

Bou aan die vertroue en kohesie in die groep.

Ons “connect” met die storie.

Gaan lees meer oor Shane Claiborne op die internet. Hy is ’n teologie-student van Philadelphia wat besluit het om tussen die armste mense op straat te gaan bly. Hy praat van ’n “Ministry of Enough”, waardeur hy mense aanmoedig om tevrede en dankbaar te wees vir wat hulle het, en om nie heeltyd materiële rykdom na te jaag nie. Hy sê die wêreld het genoeg hulpmiddels vir mense se “needs”, maar nie vir hulle “greeds” nie.

TYD AKTIWITEIT UITKOMS

Jongmense sal besef waarvoor hulle alles dankbaar kan wees en dat hulle ’n lewe van dankbaarheid sal begin leef.

HOOFSTUK SES

Vandag se Groot Idee

Dankbaarheid

Beroemde naampro-dukte of etikette van

beroemde name

20

(bv. Puma, Billabong, Levi).

Karton of

roomysstokkies.

Glaspot of houer.

Filtpenne.

Page 4: INhoudsopgawekidsxpre/images/JAarboek voorbeeld...Tieners tussen die ouderdomme van 13-16 is in ’n moeilike fase van adolessensie – tegelyk so groot en wêreldwys en tog so onseker

TYD AKTIWITEIT UITKOMS

GODSEBOEKLees die aangrypende verhaal van Rut (dit is net vier kort hoofstukke) en vertel dit kortliks aan die groep. Maak seker hulle weet waar die boek Rut in die Bybel is.

Bespreking In die Bybelse tyd het ’n vrou se identiteit in haar man en kinders gelê. Sonder ’n man en kinders het sy nie veel waarde gehad nie. Rut was ’n Moabitiese vrou wat getrou het met ’n uitlander, ’n Israeliet. Voordat hulle kinders kon hê, het haar man gesterf. Sy was dus skielik ’n vrou sonder waarde. Rut moes baie lief gewees het vir haar skoonma (Naomi) en ook vir Israel se God, want toe Naomi wou teruggaan Israel toe en haar aanmoedig om in Moab te bly en miskien weer te trou, was Rut se antwoord: “Waar u gaan, sal ek gaan, waar u bly, sal ek bly, u volk is my volk, u God is my God, waar u sterf, sal ek sterf en daar sal ek begrawe word. Ek lê ’n eed voor die Here af: net die dood sal ons skei.”

Rut se verhaal het ’n baie mooi einde. Sy het Boas ontmoet en hy het haar as’t ware onder sy vlerk neem. Volgens die Israeliete se gebruik moes een van Naomi se naaste familielede met Rut trou, en Boas het met die betrokke familielid onderhandel sodat hy met haar kon trou.

Die punt van Rut se verhaal is dat sy nie moedeloos geword of gekla het oor haar haglike omstandighede (selfs toe sy vir haar ou skoonmoeder moes sorg) nie. Sy was dankbaar dat sy koring kon optel op Boas se land sodat sy en haar skoonma kon oorleef. Rut is ’n voorbeeld van iemand wat in moeilike omstandighede dankbaar bly.

Ten spyte van die oorvloed waarin ons leef, wil ons altyd net nog meer hê. Wees dankbaar vir en tevrede met dit wat jy het. Kyk ’n slag om jou rond; jy sal oplet dat daar baie mense is wat báie

15

Die storie agter die storie– Dink julle ons is dankbaar genoeg vir die klein dingetjies in die lewe? – Maak aardse goed soos Ipods, selfone, en bekende handelsmerke op klere mens werklik gelukkig? – Dink julle Tracey was dapper om vir Amanda te vertel wat haar omstandighede is? Sy hét die risiko geloop dat Amanda haar sou verwerp. – Waarom dink julle is dit so dat ’n mens altyd meer wil hê as wat jy nodig het?

Het julle geweet? Die heel beste is om nie arm óf ryk te wees nie. Spreuke 30:8-9 sê: “Moet my nie arm maak of ryk nie, gee my net die kos wat ek nodig het, sodat ek nie te veel het en U verloën en sê: ‘Wie is die Here?’ nie, en sodat ek nie arm word en steel en my God se naam oneer aandoen nie.” Spreuke 11:28 sê: “Wie op sy rykdom staatmaak, kom tot ’n val” terwyl Hebreërs 13:5 waarsku: “Hou julle lewe vry van geldgierigheid; wees tevrede met wat julle het.” Prediker 5:9 stem saam: “Die mens vir wie geld alles is, het nooit genoeg geld nie; die mens vir wie rykdom alles is, kry nooit genoeg in nie.”

Dankbaarheid

21

Page 5: INhoudsopgawekidsxpre/images/JAarboek voorbeeld...Tieners tussen die ouderdomme van 13-16 is in ’n moeilike fase van adolessensie – tegelyk so groot en wêreldwys en tog so onseker

TYD AKTIWITEIT UITKOMS

TREFFERTEKSLaat almal die Trefferteksverse in hul Bybels onderstreep:

1 Tessalonisense 5:18: Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.

Spreuke 11:24-25: Daar is mense wat vrylik uitdeel en tog steeds meer het, daar is ander wat suinig is en tog arm word. Wie die dors van ander les, sal self genoeg kry as hy dors is.

2

Dankbaarheid

TOTVOLGENDEKEERUitdaging Maak ’n lysie van eenvoudige goed in jou lewe waarvoor jy dankbaar kan wees. Fokus eerder op dinge wat jy het as op wat jy nie het nie.

Gebed In die Onse Vader-gebed word die woord “ons” gebruik, en nooit “ek” of “my” nie. Wanneer ons dus bid: “Gee ons ons daaglikse brood”, beteken dit juis ook dat God vir ons gee sodat ons met ander kan deel, nie om op te gaar vir onsself nie. Bid die Onse Vader hardop saam met die groep.

Herinner mekaar om die volgende hoofstuk te lees en motiveer mekaar om die uitdaging te onthou.

3 Daag die jongmense uit en sluit af met gebed.

Die storie word vertel van ’n tweeling wie se persoonlikhede radikaal verskil het. Die een seuntjie het oor alles gekla en was nooit tevrede nie terwyl sy boetie weer altyd oor alles dankbaar was. Om die verskil tussen hul seuns te demonstreer het die ouers vir die een boetie ’n duur treinstel vir sy verjaarsdag gegee en vir die ander een ’n houer vol perdemis. Die eerste was ontevrede oor sy treinstel; en die tweede was baie opgewonde oor sy geskenk, want as daar perdemis is, beteken dit hy gaan ’n perd kry!

22

minder as jy het. As ons dankbaar teenoor God leef, maak dit ons oë oop om die mense rondom ons te sien wat nog minder het as ons, en kry ons die kans om ons geloof in dade te laat oorgaan. Jakobus 2:14-16 sê: “Sê nou daar is ’n broer of suster wat nie klere het nie en dag vir dag honger ly en sê nou een van julle sou vir hulle sê ‘Mag dit met julle goed gaan; trek julle warm aan en eet genoeg,’ maar julle gee nie vir hulle wat hulle nodig het om van te lewe nie, wat help dit dan? So gaan dit ook met die geloof: as dit nie tot dade oorgaan nie, is dit sonder meer dood.”