jacobsdal primêre skool - jakkies.com  · web viewbegin van elke jaar op u rekening geplaas word....

7
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 3 27 Januarie 3 Februarie 2017 OUERS: SKOOLGELD / KOSHUISGELD: Ouers moet kennis neem dat skoolgeld vir die hele jaar aan die begin van elke jaar op u rekening geplaas word. U het wel die vergunning om daardie bedrag per maand (vóór die 7de) af te betaal. Koshuisgeld is kwartaalliks betaalbaar. Ouers moet skriftelik by die Beheerliggaam aansoek doen om dit per maand te kan betaal. Bewyse van enige elektroniese inbetalings moet asseblief per epos of faks bevestig word. [email protected] of 053 5910103. Verwysing: U kind se naam en van + waarvoor die betaling is. Baie dankie dat ons op u samewerking kan staatmaak. PANNAR EKSTRAVAGANZA: Ons skool verskaf verversings by die PANNAR Ekstravaganza op Donderdag, 9 Februarie. Dit is ‘n BAIE GROOT insamelingsprojek vir ons skool. Graag wil ons ouers van die graad 3 en 4 klasse vra om donasies van die volgende produkte te maak: KOEKMEEL EIERS AARTAPPELS (gee af by boekstoor) Enige ouer wat op daardie dag bereid is om die OLK te help, kan met die koördineerder, Charmainé van Niekerk by 0720677995 skakel. Ons het ook manne nodig wat kan help braai. Ons maak staat op ons ouers om met hierdie groot projek behulpsaam te wees. As jy net vir ‘n uur of twee kan werk is dit ook reg. Fondse gaan vir ons skool. VERVOER BENODIG: Indien daar iemand is wat elke dag Kimberley toe en terug ry en bereid is om te help om ‘n seun na Jannie Brink skool te vervoer, kan u met die Skoolhoof kontak maak. KLEREWINKEL: WINTERSKLEREBESTELLING: [BESTELVORM] Daar word slegs een bestelling vir 2017 se wintersklere geplaas. Ouers het tot Vrydag, 27 Februarie kans om windjakkers en sweetpakke vir hulle kinders te bestel. Kostes is as volg: ITEM: NR: BEDRAG: NR: BEDRAG: 1 Skoolbaadjie: (Opgestopte Windjakker) 22 - 32 R450,00 34 - 44 R470,00 2 Sweetpakbaadji e: 22 - 32 R315,00 34 - 44 R365,00 3 Sweetpakbroek: 22 - 32 R190,00 34 - 44 R225,00 Voorbeelde van elke nommer is in die Klerewinkel beskikbaar. Bestel asseblief die klere met die bestelvorm wat by die nuusbrief aangeheg is. Sperdatum vir bestellings: Maandag, 6 Maart 2017 Ouers wat klere van hulle kinders het wat dalk te klein geword het, kan dit asseblief aan die Klerewinkel se tweedehandse bank skenk om aan minderbevoorregte kinders uit te deel. Ons sal dit baie waardeer! KOSHUIS: Ouers moet asseblief nie siek kinders terugstuur koshuis nie, veral nie kinders wat ‘n maagvirus het nie. Hierdie virus versprei soos ‘n veldbrand en steek klomp ander kinders ook aan. Daar is tans heelwat kinders wat simptome van ‘n maagvirus het. Hou hulle

Upload: duongnguyet

Post on 25-Feb-2019

221 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 3 27 Januarie – 3 Februarie 2017OUERS:SKOOLGELD / KOSHUISGELD:Ouers moet kennis neem dat skoolgeld vir die hele jaar aan die begin van elke jaar op u rekening geplaas word. U het wel die vergunning om daardie bedrag per maand (vóór die 7de) af te betaal. Koshuisgeld is kwartaalliks betaalbaar. Ouers moet skriftelik by die Beheerliggaam aansoek doen om dit per maand te kan betaal. Bewyse van enige elektroniese inbetalings moet asseblief per epos of faks bevestig word. [email protected] of 053 5910103. Verwysing: U kind se naam en van + waarvoor die betaling is.Baie dankie dat ons op u samewerking kan staatmaak.

PANNAR EKSTRAVAGANZA:Ons skool verskaf verversings by die PANNAR Ekstravaganza op Donderdag, 9 Februarie. Dit is ‘n BAIE GROOT insamelingsprojek vir ons skool. Graag wil ons ouers van die graad 3 en 4 klasse vra om donasies van die volgende produkte te maak:KOEKMEEL EIERS AARTAPPELS (gee af by boekstoor)Enige ouer wat op daardie dag bereid is om die OLK te help, kan met die koördineerder, Charmainé van Niekerk by 0720677995 skakel. Ons het ook manne nodig wat kan help braai. Ons maak staat op ons ouers om met hierdie groot projek behulpsaam te wees. As jy net vir ‘n uur of twee kan werk is dit ook reg. Fondse gaan vir ons skool.

VERVOER BENODIG:Indien daar iemand is wat elke dag Kimberley toe en terug ry en bereid is om te help om ‘n seun na Jannie Brink skool te vervoer, kan u met die Skoolhoof kontak maak.

KLEREWINKEL:WINTERSKLEREBESTELLING: [BESTELVORM]Daar word slegs een bestelling vir 2017 se wintersklere geplaas. Ouers het tot Vrydag, 27 Februarie kans om windjakkers en sweetpakke vir hulle kinders te bestel. Kostes is as volg:

ITEM: NR: BEDRAG: NR: BEDRAG:

1Skoolbaadjie:(Opgestopte Windjakker)

22 - 32 R450,00 34 - 44 R470,00

2 Sweetpakbaadjie: 22 - 32 R315,00 34 - 44 R365,003 Sweetpakbroek: 22 - 32 R190,00 34 - 44 R225,00

Voorbeelde van elke nommer is in die Klerewinkel beskikbaar. Bestel asseblief die klere met die bestelvorm wat by die nuusbrief aangeheg is. Sperdatum vir bestellings: Maandag, 6 Maart 2017

Ouers wat klere van hulle kinders het wat dalk te klein geword het, kan dit asseblief aan die Klerewinkel se tweedehandse bank skenk om aan minderbevoorregte kinders uit te deel. Ons sal dit baie waardeer!

KOSHUIS:Ouers moet asseblief nie siek kinders terugstuur koshuis nie, veral nie kinders wat ‘n maagvirus het nie. Hierdie virus versprei soos ‘n veldbrand en steek klomp ander kinders ook aan. Daar is tans heelwat kinders wat simptome van ‘n maagvirus het. Hou hulle eerder tuis om eers gesond te word. Ons gaan u in elk geval skakel om u kind te kom haal.

LEERDERDEELNAME:KLEURGALA:Baie dankie aan al die ouers wat as beamptes/helpers tydens die Kleurgala opgetree het. Dankie aan ons Ouerleierkomitee wat heerlike verversings verskaf het. Ons waardeer julle harde werk!Baie geluk aan die volgende swemmers:Junior Victor Ludorum: Riko SwartJunior Victrix Ludorum: Johandri de WetSenior Victor Ludorum: Wessel van NiekerkSenior Victrix Ludorum: Elana le Roux

INTERSKOLE GALA:Alle swemmers wat tydens die Kleurgala ‘n eerste en tweede plek behaal het, swem by die Interskolegala op Maandag, 30 Januarie om 13:00. Indien daar ‘n plekkie of twee in ‘n baan oop is, sal ‘n ekstra Jakkie swemmer daarin geplaas word. Die skool verdaag op Maandag, 30 Januarie om 12:20.

Ouers moet asseblief die swemspan baie goed kontroleer om te sien in watter items u kind Maandag swem. Die span word by die nuusbrief ingesluit.

Swemmers moet asseblief ons skool se swemdrag (swart) aanhê met ‘n geel Jakkie swempet. Geen veelkleurige swembroeke nie.

Ons swemspan sit almal saam op die aangewese plek op die paviljoen. Nie by julle ouers nie.

Leerders wat die gala as toeskouers wil bywoon moet in skooldrag of sportdrag wees. Geen sivvies!

NB: Ouers moet kennis neem dat die Interskole galaspan nie die swemspan is wat gekies is om Vrystaat kampioenskappe toe te gaan nie. Ons sal baie dankbaar wees as die ouers wat by die Kleurgala gewerk het, weer vir ons as beamptes by die Interskole Gala kan optree. Stel asseblief vir mnr Alfred Hodgson in kennis indien u nie weer beskikbaar is nie.Ons Ouerleierkomitee gaan weer heerlike verversings verskaf. Kom geniet die dag saam met ons. Baie dankie aan die graad 2-klas se ouers wat produkte vir die gala geskenk het. Ons waardeer dit opreg!

VRYSTAAT SWEMKAMPIOENSKAPPEDie swemmers wat kwalifiseer om aan die Vrystaat Swemkampioenskappe op 14 en 15 Februarie deel te neem, sal in volgende week volledige inligting en ‘n program ontvang. Swemmers moes aan ‘n sekere kriteria voldoen om vir die span in aanmerking te kom.

TENNIS:Baie geluk aan die volgende spelers wat in die Suid-Vrystaat tennisspan opgeneem is:Johandri de Wet: 0/10Izeldi Jacobs: 0/10Jannes Krause: 0/10 Ewan Burger: 0/10Rico Swart: 0/10Anneline de Wet: 0/12Suzaan le Roux: 0/12Cayla Da Camara: 0/12Hanru Krause: 0/12Miandi Steenkamp: 0/14Chrisna Roelofse: 0/14Wynand Botha: 0/14Dirk le Roux: 0/14

FICHARDTPARK ATLETIEKBYEENKOMS: [AFSKEURSTROKIE]Ouers wat belangstel om hulle kinders in te skryf vir die Fichardtpark Uitnodigingsatletiekbyeenkoms op Vrydag, 17 Februarie (datum het weer verander!!), kan die afskeurstrokie invul en vanaf Maandag, 30 Januarie terugstuur na die klasonderwysers. Atlete wat inskryf sal volledige inligting en programme ontvang.Sluitingsdatum vir inskrywings: Maandag, 6 Februarie

TWEEKAMP: [AFSKEURSTROKIE]Atlete wat vir die Tweekampkampioenskappe op Dinsdag, 21 Februarie wil inskryf kan die afskeurstrokie invul en vanaf Maandag, 30 Januarie na die

klasonderwysers terugstuur. Inskrywingsgeld beloop R80 per atleet. Atlete wat inskryf sal volledige inligting ontvang.Sluitingsdatum vir inskrywings: Maandag, 6 Februarie

SKAAK: [AFSKEURSTROKIE]Rian Steenkamp het twee van sy vyf wedstryde met die afgelope kwalifiserende skaaktoernooi gewen.Leerders wat aan die volgende kwalifiserende skaaktoernooi op 3 en 4 Februarie wil deelneem, kan die afskeurstrokie invul en op Maandag, 30 Januarie terugstuur na die klasonderwysers. Inskrywingsgeld beloop R110 en ouers neem self hulle kinders na die toernooi.ALGEMEEN:GRAAD 7 KOEKIEVERKOPING:Bring asseblief ‘n geldjie en kom ondersteun die graad 7-koekieverkoping op Maandag, 30 Januarie.

…………………. PW TaitSKOOLHOOF

GEBEDSLYSDie Du Toit familie (oom Kobus baie siek)

AFSKEURSTROKIE: FICHARDTPARK ATLETIEK (Vrydag, 17 Februarie)

OUER: _______________________________________________

WIL GRAAG MY KIND VIR DIE FICHARDTPARK ATLETIEKBYEENKOMS INSKRYF:

ATLEET: ________________________________________________

ITEMS: __________________________________________________

EK NEEM SELF MY KIND NA BLOEMFONTEIN:

EK BENODIG VERVOER NA BLOEMFONTEIN:

Busgeld van R80 vooraf betaalbaar.

HANDTEKENING: _______________________ DAT.: ___________

AFSKEURSTROKIE: KWALIFISERENDE SKAAKTOERNOOI

Ouer: _________________________________________

wil graag my kind/ers:

vir die Kwalifiserende Skaaktoernooi op 3 en 4 Februarie inskryf.

HANDTEKENING VAN OUER: ________________________

AFSKEURSTROKIE: TWEEKAMPKAMPIOENSKAPPE (Dinsdag, 21 Februarie)

OUER: _______________________________________________

WIL GRAAG MY KIND VIR DIE TWEEKAMPKAMPIOENSKAPPEINSKRYF:

ATLEET: ________________________________________________

ITEMS: __________________________________________________

EK NEEM SELF MY KIND NA BLOEMFONTEIN:

EK BENODIG VERVOER NA BLOEMFONTEIN:

Busgeld van R80 vooraf betaalbaar.

HANDTEKENING: __________________________DAT.: ___________

INSKRYWINGSGELD: R80

BESTELVORM: WINDJAKKERS EN SWEETPAKKENaam van leerder:

GR: ___

Naam van leerder:

GR: ___

Nommer van Windjakker:(Opgestopte warm baadjie)

Bedrag: RNommer van Sweetpakbaadjie:

Bedrag: RNommer van Sweetpakbroek:

Bedrag: RTotale bedrag ingesluit:

R

Handtekening ouer: _________________________

Datum: _______________ (Leerders kan gedurende langpouse in die klerewinkel verskillende

nommers gaan aanpas met die oog op bestellings)

WOONSTELGEBOU TE KOOP

Sluit die volgende in: Huis met garage + twee woonstelle

“Prepaid” kragPrys: R600 000.00

Huurinkomste: R8000.00 per maand

Skakel: 082 854 5663

AFSKEURSTROKIE: KWALIFISERENDE SKAAKTOERNOOI

Ouer: _________________________________________

wil graag my kind/ers:

vir die Kwalifiserende Skaaktoernooi op 3 en 4 Februarie inskryf.

HANDTEKENING VAN OUER: ________________________