hoe en wanneer het jy betrokke geraak by die rondekerk? 3 ... 28.pdf · 28 februarie 2016 dit voel...

2
Ronde 28 Februarie 2016 Dit voel soos gister. Met die detail afwerking en baie bepaalde reuk van die Flora clinic se kraamafdeling - nog vars in ons gedagtes - kan ons skaars glo dis 'n jaar later en ons liefste Iva word komende Donderdag een jaar oud. En daar is geen ander woord om hierdie jaar mee te beskryf as die woord GENADE nie. Die Vader se goedheid, beskerming en guns is oral, in elke oomblik van hierdie afgelope jaar te vind en te sien. Hy het ons nie net kom ryk maak met haar teenwoordigheid nie, Hy het ons kom bederf met 'n klein, lewenslustige mensie wat oorloop van lag en vreugde. Elke tree van die afgelope jaar was 'n Godgegewe voorreg en met Sý klein Iva het Hy ons huis en lewens radikaal kom verander. Afhanklikheid en vertroue het 'n nuwe betekenis en dankbaarheid word 'n lewenswerklikheid. Ons as predikante, as bedienaars, het nou ons eie - persoonlike - predikantjie en bedienaar in die huis, want dag vir dag, oomblik vir oomblik sien en hoor en voel ons God se werk, plan, genade, sorg en liefde in die lag en ontwikkeling van hierdie klein mensie. Nooit het ons gedink dat 'n klein baba-mensie die Evangelie vir ons so spesiaal kan oopbreek nie. Iva is in 'n speelgroepie en kan nie genoeg daarvan kry nie - waar maats is, is sy in haar element. Sy is mal oor musiek en Lollos se DVD's is haar lewe. Sy geniet haar kos - selfs die groente gaan met smaak in - dis net die pampoen met wie sy nie so mooi oor die weg kom nie. Elke moontlike voorwerp word vir 'n selfoon aangesien en só 'praat' sy ure met die oumas. Om buitekant te wees en honde te sien maak haar baie opgewonde. Iva - sowaar God se vreugdeskind. - Henry en Mariëtte Francois Human 09:00 en 18:30 Ontmoet vir: Hannelie Schutte Kleuterbediening Wie is Hannelie Ek het grootgeword in Cullinan. Na skool is ek na Tukkies waar ek medies studeer het. Op universiteit het ek my man Paul, 'n meganiese ingenieur, ontmoet en ons is aan die einde van my derdejaar getroud. 'n Paar jaar later het die babas gekom. Tjaart, my oudste is tans besig met sy BCom studies aan Unisa en werk by 'n musiekwinkel. Daleen is 'n arbeidsterapeut by Marietjieskool. Gerdus, ons jongste, is 2de jaar aktuariële wetenskap student by US. Ons het einde 2006 na Secunda verhuis. Ek werk tans by Bethal Hospitaal. Ek is so bevoorreg dat my oudste twee kinders nog by ons in die huis is. Vertel iets oor jou geloofsreis. Vandat ek kan onthou was die Here, die kerk en my christelike geloof deel van my lewe. Ek het ook opdraendes and afdraendes in my geloofsreis gehad, maar my geloof is steeds die anker en deel van my lewe. Ek streef ook daarna om meer en meer in my geloof te groei. Hoe en wanneer het jy betrokke geraak by die Rondekerk? Ons is al vir 8 jaar lidmate van die Rondekerk. Ek is betrokke by kleuterbediening vir meer as 20 jaar. Na 'n onderbreking van 'n paar jaar is ek opgewonde om weer by kleuterbediening, wat regtig vir my 'n passie is, betrokke te wees. Jy is betrokke by die kleuterkerk, wat is jou wens vir hierdie bediening? My wens vir kleuterbediening, insluitend kinderbediening, is dat ons kinders maksimaal deur die kerk geestelik bedien sal word binne hulle bepaalde ontwikkelingsfase. Dat ons kinders reeds vanaf 'n jong ouderdom, deur kleuterbediening, 'n liefde vir die Here en die kerk sal ontwikkel. Dat die kleuterbediening sal groei en dat die kleuter d.m.v kleuterbediening hulle mammas en pappas kerk toe sal bring. Wat doen jy in jou vrye tyd? In my vrye tyd lees ek graag, stap gereeld saam met my man in die groen strook, en geniet tyd saam met my gesin. Ek is lief vir die natuur, veral die berge. Dus sal die Switserse Alpe een van my gunstelingplekke bly. Ek het die voorreg gehad om verledejaar vir twee weke in die Alpe te wees – wat 'n onvergeetlike ervaring. Wat maak jou lag? My twee Yorkies se mannewales agter 'n Humpty-Dumpty-bal aan is baie snaaks en ek geniet oulike kindersêgoed baie. Iva verjaar Kleuterkerk Sondae 09:00-10:00 vir 3-6 jariges

Upload: others

Post on 12-Oct-2020

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Hoe en wanneer het jy betrokke geraak by die Rondekerk? 3 ... 28.pdf · 28 Februarie 2016 Dit voel soos gister. Met die detail afwerking en baie bepaalde reuk van die Flora clinic

Ronde28 Februarie 2016

Dit voel soos gister. Met die detail afwerking en baie bepaalde reuk van die Flora clinic se kraamafdeling - nog vars in ons gedagtes - kan ons skaars glo dis 'n jaar later en ons liefste Iva word komende Donderdag een jaar oud. En daar is geen ander woord om hierdie jaar mee te beskryf as die woord GENADE nie. Die Vader se goedheid, beskerming en guns is oral, in elke oomblik van hierdie afgelope jaar te vind en te sien. Hy het ons nie net kom ryk maak met haar teenwoordigheid nie, Hy het ons kom bederf met 'n klein, lewenslustige mensie wat oorloop van lag en vreugde. Elke tree van die afgelope jaar was 'n Godgegewe voorreg en met Sý klein Iva het Hy ons huis en lewens radikaal kom verander. Afhanklikheid en vertroue het 'n nuwe betekenis en dankbaarheid word 'n lewenswerklikheid. Ons as predikante, as bedienaars, het nou ons eie - persoonlike - predikantjie en bedienaar in die huis, want dag vir dag, oomblik vir oomblik sien en hoor en voel ons God se werk, plan, genade, sorg en liefde in die lag en ontwikkeling van hierdie klein mensie. Nooit het ons gedink dat 'n klein baba-mensie die Evangelie vir ons so spesiaal kan oopbreek nie.

Iva is in 'n speelgroepie en kan nie genoeg daarvan kry nie - waar maats is, is sy in haar element. Sy is mal oor musiek en Lollos se DVD's is haar lewe. Sy geniet haar kos - selfs die groente gaan met smaak in - dis net die pampoen met wie sy nie so mooi oor die weg kom nie. Elke moontlike voorwerp word vir 'n selfoon aangesien en só 'praat' sy ure met die oumas. Om buitekant te wees en honde te sien maak haar baie opgewonde. Iva - sowaar God se vreugdeskind. - Henry en Mariëtte

Francois Human 09:00 en 18:30

Ontmoet vir: Hannelie Schutte

Kleuterbediening

Wie is Hannelie Ek het grootgeword in Cullinan. Na skool is ek na Tukkies waar ek medies studeer het. Op universiteit het ek my man Paul, 'n meganiese ingenieur, ontmoet en ons is aan die einde van my derdejaar getroud. 'n Paar jaar later het die babas gekom. Tjaart, my oudste is tans besig met sy BCom studies aan Unisa en werk by 'n musiekwinkel. Daleen is 'n arbeidsterapeut by Marietjieskool. Gerdus, ons jongste, is 2de jaar aktuariële wetenskap student by US. Ons het einde 2006 na Secunda verhuis. Ek werk tans by Bethal Hospitaal. Ek is so bevoorreg dat my oudste twee kinders nog by ons in die huis is. Vertel iets oor jou geloofsreis.Vandat ek kan onthou was die Here, die kerk en my christelike geloof deel van my lewe. Ek het ook opdraendes and afdraendes in my geloofsreis gehad, maar my geloof is steeds die anker en deel van my lewe. Ek streef ook daarna om meer en meer in my geloof te groei.Hoe en wanneer het jy betrokke geraak by die Rondekerk?Ons is al vir 8 jaar lidmate van die Rondekerk. Ek is betrokke by kleuterbediening vir meer as 20 jaar. Na 'n onderbreking van 'n paar jaar is ek opgewonde om weer by kleuterbediening, wat regtig vir my 'n passie is, betrokke te wees.Jy is betrokke by die kleuterkerk, wat is jou wens vir hierdie bediening?My wens vir kleuterbediening, insluitend kinderbediening, is dat ons kinders maksimaal deur die kerk geestelik bedien sal word binne hulle bepaalde ontwikkelingsfase. Dat ons kinders reeds vanaf 'n jong ouderdom, deur kleuterbediening, 'n liefde vir die Here en die kerk sal ontwikkel. Dat die kleuterbediening sal groei en dat die kleuter d.m.v kleuterbediening hulle mammas en pappas kerk toe sal bring. Wat doen jy in jou vrye tyd?In my vrye tyd lees ek graag, stap gereeld saam met my man in die groen

strook, en geniet tyd saam met my gesin. Ek is lief vir die natuur, veral die berge. Dus sal die Switserse Alpe een van my gunstelingplekke bly. Ek het die voorreg gehad om verledejaar vir twee weke in die Alpe te wees – wat 'n onvergeetlike ervaring.Wat maak jou lag?My twee Yorkies se mannewales agter 'n Humpty-Dumpty-bal aan is baie snaaks en ek geniet oulike kindersêgoed baie.

Iva verjaar

Kleuterkerk Sondae 09:00-10:00 vir 3-6 jariges

Page 2: Hoe en wanneer het jy betrokke geraak by die Rondekerk? 3 ... 28.pdf · 28 Februarie 2016 Dit voel soos gister. Met die detail afwerking en baie bepaalde reuk van die Flora clinic

Gelukkige verjaarsdag

-Annemarie Klue, opgeneem in hospitaal, bid vir algehele gesondheid-Hannetj ie Janse van Rensburg algehele gesondheid-Nico Nel vir herstelproses-James Spearman vir gesondheid-Universiteite-Susan Swardt ernstige infeksie in elmboog, bid vir genesing-Rika Kruger opgeneem in Middelburghospitaal, bid vir genesingSending;Manie Loubser/Gretha LourensBid vir die beplande aktiwiteite wat deur Petra Instituut beplan is vir einde Februarie –begin Maart. Bid ook vir die Strategiese Verhoudings-divisie wat werk daaraan om nuwe bemarkingstrategieë te ontwikkel. Bid ook vir Boetie Lourens se gesondheid wat nie na wense is nie, en Thys en Sonia Swart wat ondersteuners in Swellendam-omgewing besoek.Laetitia Bull- Petra InstituutBid vir volkome herstel van haar arm, waar `n stuk skouerbeen uitgebreek en haar biseps geskeur het. Dit was agv `n veiligheid-insident by Petra toe sy met haar honde ondersoek ingestel het en hulle op loop geruk het met haar. Bid ook vir Petra se finansies waar baie ondersteuners hulle geldelike bydraes staak as gevolg van die swak ekonomie.Nellis en Martie van RensburgBid vir hulle programme en aktiwiteite, asook vir siele om die Here te ken. Bid ook vir hul gesondheid en reis- genade. Bid vir die vervolgde kerk en die personeel van Geopende Deure. Bid baie spesifiek vir Noord-Korea waar die ergste vervolging van Christene plaasvind.

Bydraes. 1. Debietorderstelsel 2. Internetbetaling.ABSA tjekrekening nr. 1510151506NG Kerk Secunda3.Per koevert in dankofferkissies.Sending ARK BoufondsNG Sendingprojek NG Kerk BoufondsABSA tjekr rek:1510591107 ABSA tjek rek:4072698748Algemene kontak inligting:Tel: 017 631 3470/8Faks: 088 017 631 3479E-Pos: [email protected]

Verjaar Noemnaam Van

28/ 02 Alex Cameron

28/ 02 Zybrand Van Dyk

29/ 02 Arno Janse Van Rensburg

29/ 02 Daniël Van Tonder

29/ 02 Francois Van Tonder

01/ 03 Mariet Coetzee

01/ 03 Bernard De Wet

01/ 03 Phillip Du Plessis

01/ 03 Elmarie Du Toit

01/ 03 Ihan Fourie

01/ 03 Karel Joubert

01/ 03 Jacques Kemp

01/ 03 Imke Lategan

01/ 03 Rossouw Le Roux

01/ 03 Drian Maree

01/ 03 Mischa Van Den Heever

01/ 03 Chris Van Niekerk

01/ 03 Martie Van Zyl

01/ 03 Ronel Viljoen

01/ 03 Greeff Wels

02/ 03 Estelle Clark-Halkett

02/ 03 Rialize Ellis

02/ 03 Ria Krog

02/ 03 Gert Oosthuizen

02/ 03 Susan Terblanche

02/ 03 Willem Van Zyl

03/ 03 Janina De Beer

03/ 03 Stefan De Villiers

03/ 03 Andre Kleynhans

03/ 03 Jacques Rossouw

03/ 03 Werner Smal

03/ 03 Gerrit Van Dyk

04/ 03 Hannes Ras

04/ 03 Elmarié Steynberg

05/ 03 Isabella Goble

05/ 03 Kristo Janse Van Rensburg

05/ 03 Bertus Le Roux

05/ 03 Sandra Mouton

05/ 03 Chené Oosthuizen

05/ 03 Ferdie Pretorius

05/ 03 Anton Smit

05/ 03 Corrie Smith

05/ 03 Elise Swanepoel

05/ 03 Pieter Van Niekerk

05/ 03 André Venter

05/ 03 Lene Webb

05/ 03 Elzet Willemse

Rondekerk Dagboek

Februarie

28

Gemeente-eteVanmiddag 12:00 vind ons eerste gemeente ete p l a a s ! M o e t v o o r a f bespreek het, onthou jou

BybelskoolD i e B y b e l s k o o l s e inskrywingsvorms is by die I N F O t o o n b a n k .

Openingsaand is 29 Feb 18:00 in die kerkhuis. Moet nie hierdie ongelooflike geleentheid misloop om Vader se brief aan jou beter te verstaan nie. Die koste beloop R 400 wat al die klasse en jou handboek insluit.

29

Maart

2BybelstudieSkop die eerste week in Maart af met 'n informele Bybelstudie. 2 Maart 09:00.

Sal voortaan elke Woensdag 09:00 in die kerkhuis plaasvind. Almal is welkom, jonk en oud, man en vrou! Word gelei deur ds Etienne.

2Kinderkrans Elke eerste Woensdag van die maand : 14:30 - 16:00. Alle graad 1 - 4 kinders

welkom! AFSKOP : 2 Maart 2016 = Bak en brou. Skryf asb jou naam op die lys by die info-toonbank as ons jou 2 Maart gaan sien. Moet dit nie mis nie; bring jou maats!

3Golden OldiesOns gaan fliek 'Vir Altyd' saam op 3 Maart om 09:15. Maak asb seker jy bespreek voor of

op 1 Maart 10:00. Koste R25pp. Sien jou daar.

4Wêreld Biddag vir vroue4 Maart 10:00 bedien Liesel Krause-Wiid ons. Ons wil graag soveel moontlik vroue

van d i e gemeen te , maa r ook gemeenskap betrek om die oggend saam te spandeer. Bring jou kollegas, vriendinne, ma, dogter en huishulp saam. Daar is koffie en tee na afloop van samekoms! Sien jou daar!

Gebedsversoeke

Afkondigings

Lofsang saam met orrelAs jy belang stel om deel te word van hierdie bediening bel die kerkkantoor of skryf jou besonderhede op die Lys by die INFO toonbank neer.

Kleuterkerk speelgoed Skenkings vir kleuterkerk speelgoed soos blokkies en legkaarte sal baie waardeer word.

ByeOns het 'n by probleem in die kerk. Wees asb versigtig, moet nie kaalvoet in die kerk loop nie.