helderberggazette 08102013

8
www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi Year 17 • Tuesday 8 October 2013 | Tel. 021 853 0211 Helderberg Skoolseun (11) sterf tragies JAMEY THOMAS ’n Fratsongeluk waarin 11-jarige Samke- lo Nyalela van Macassar Village dood is, word verbind met die lyk van ’n 23-jarige man wat in Smartie Town ontdek is. Die lyk van Riaan Skrywer is Donderdag- oggend (3 Oktober) voor in die bebloede pas- sasiersitplek van ’n blou Toyota Conquest ge- vind. Volgens die Macassar-polisie het Skry- wer as gevolg van ’n gebreekte nek gesterf, en toon die nadoodse ondersoek dat sy kake- been ook vergruis is. Die Macassar-polisie het voorts gesê Skry- wer en nog vriende het van ’n “after party” van die Hoërskool Eersterivier se matriekaf- skeid gekom. Die polisie sê ooggetuies het om- streeks 06:44 die blou motor, wat vinnig in Kramatweg aangekom het, gewaar en gesien hoe Skrywer voor by die venster uitgehang het. Skrywer en die ander insittendes wou vermoedelik vir Nyalela, wat in die geellyn op pad skool toe geloop het, skrik maak toe Skrywer se kakebeen Nyale- la se kop getref het. Die motor – wat volgens die polisie aan ’n man wat by die L-woonstelle woonagtig is, be- hoort – het aanhou ry in die rigting van Macassar. Volgens die Macassar-polisie is Nyalela op die toneel dood verklaar en bevestig die na- doodse ondersoek dat sy ske- del gebreek is. Malixole Maseti (44), Nya- lela se pa het gesê sy seun was ’n gr. 4-leerling by die St. Paul’s Primêre Skool in Faure. Hy het elke oggend om 06:30 hul huis in Thomas Sibangustraat verlaat om skool toe te gaan. Min het hy geweet dat dié oggend die laaste sou wees dat hy sy seun lewend sou sien. “Samkelo was ’n goeie, ge- hoorsame kind wat lief was vir skoolgaan. Nou is hy weg, en ek sal hom nooit weer terug kry nie,” het ’n hartseer Maseti herhaalde- lik gesê terwyl hy ná die on- gelukstoneel gestaar het. “Samkelo was nie ’n stout kind nie en was nooit onbe- skof nie. Hy was ’n gelukkige jongman met ’n hart van goud.” Dié tragiese voorval het ou wonde oopgemaak vir Diane Volminck, skoolhoof van St Paul’s Primêre Skool. “Ek weet presies hoe dit voel as ’n ouer ’n kind verloor, en my hart bloei vir Samkelo se ouers,” het Volminck, wie se dogter ook 11 jaar gelede in ’n motoron- geluk gesterf het, gesê. “Samkelo was ’n ouli- ke, koddige gr. 4-leerling wat akademies sterk was en nooit afwesig was nie. Hy word nie net deur sy medeleerlinge gemis nie, maar ook deur die onderwysers.” Volminck het voorts gesê dat ’n sielkundige van die onderwysdepartement die skool be- soek het om berading aan die leerlinge te bied. Weens hul finansiële omstandighede is die Maseti-gesin steeds onseker wanneer die ge- denkdiens vir hul seun sal plaasvind. Hulle beoog wel om dit dié week te hou waarna Sam- kelo se lyk na die Oos-Kaap geneem sal word vir sy begrafnis. ’n Saak van strafbare manslag, asook ’n saak van moord word ondersoek en mense met inligting kan ao.Carl Rosenberg by 021 857 7108 bel. ’n Hartseer Malixole Maseti (44) staar in ongeloof na die ongelukstoneel waar sy seun Samkelo Nyalela (11) vir dood agtergelaat is. Riaan Skrywer se lyk is in die blou Toyota Conquest in Bilberrystraat, Smartie Town gevind. FOTO: IAN BAARD Woman dies in shack fire A woman (49) died when four informal homes in the Rastakamp caught fire in the early hours of Saturday morning. Three homes were destroyed and a fourth partially damaged in the fire that killed Lena Dikane. Fifteen people, including a toddler, were left homeless. A neighbour, Danielle Muller, says she was woken up by a loud commotion just before 01:00. “When we came out, three men were kick- ing down the door of Dikane’s burning home,” she told the Helderberg Gazette. Muller says a man believed to be Dikane’s boyfriend was saved from the flames. Dikane, who was in the bedroom where the fire is be- lieved to have started, could not be saved. According to Muller one of the rescuers sus- tained minor burns to his hands and was treated on the scene. Residents started reconstructing their homes on Saturday after material was sup- plied by the city’s Disaster Risk Management. Anyone who can assist the residents can phone Eddie Simayile on 073 545 9678. Mamsi Ndwebi walks through the remains of a fire in Rastakamp, Sir Lowry’s Pass, in which a woman died in the early hours of Saturday morning. PHOTO: DELIAH BRINKHUIS e- at y e- g Samkelo Nyalela

Upload: boland-gazette

Post on 24-Mar-2016

238 views

Category:

Documents


6 download

DESCRIPTION

Helderberggazette 08102013

TRANSCRIPT

Page 1: Helderberggazette 08102013

www.bolandgazette.co.zabolandgazette.mobiYear 17 • Tuesday 8 October 2013 | Tel. 021 853 0211

Helderberg

Skoolseun (11) sterf tragiesJAMEY THOMAS

’n Fratsongeluk waarin 11-jarige Samke-lo Nyalela van Macassar Village dood is,word verbindmet die lyk van ’n 23-jarigeman wat in Smartie Town ontdek is.

Die lyk van Riaan Skrywer is Donderdag-oggend (3 Oktober) voor in die bebloede pas-sasiersitplek van ’n blou Toyota Conquest ge-vind. Volgens die Macassar-polisie het Skry-wer as gevolg van ’n gebreekte nek gesterf,en toon die nadoodse ondersoek dat sy kake-been ook vergruis is.

Die Macassar-polisie het voorts gesê Skry-wer en nog vriende het van ’n “after party”van die Hoërskool Eersterivier se matriekaf-skeidgekom.Diepolisiesêooggetuieshetom-streeks 06:44 die blou motor, wat vinnig inKramatweg aangekom het, gewaar en gesienhoe Skrywer voor by die venster uitgehanghet. Skrywer en die ander insittendes wouvermoedelik vir Nyalela, wat in die geellynop pad skool toe geloop het, skrikmaak toe Skrywer se kakebeen Nyale-la se kop getref het. Die motor – watvolgens die polisie aan ’n man wat bydie L-woonstelle woonagtig is, be-hoort – het aanhou ry in die rigtingvan Macassar.

Volgens die Macassar-polisie is Nyalela opdie toneel dood verklaar en bevestig die na-

doodse ondersoek dat sy ske-del gebreek is.

Malixole Maseti (44), Nya-lela se pa het gesê sy seunwas ’n gr. 4-leerling by die St.Paul’s Primêre Skool inFaure. Hy het elke oggendom 06:30 hul huis in ThomasSibangustraat verlaat omskool toe te gaan. Min het hygeweet dat dié oggend dielaaste sou wees dat hy syseun lewend sou sien.

“Samkelo was ’n goeie, ge-hoorsame kind wat lief wasvir skoolgaan. Nou is hyweg, en ek sal hom nooitweer terug kry nie,” het ’nhartseer Maseti herhaalde-lik gesê terwyl hy ná die on-gelukstoneel gestaar het.

“Samkelo was nie ’n stoutkind nie en was nooit onbe-skof nie. Hy was ’n gelukkigejongman met ’n hart vangoud.”

Dié tragiese voorval het ouwonde oopgemaak vir DianeVolminck, skoolhoof van St

Paul’s Primêre Skool. “Ek weet presies hoedit voel as ’n ouer ’n kind verloor, en my hartbloei vir Samkelo se ouers,” het Volminck,wie se dogter ook 11 jaar gelede in ’n motoron-geluk gesterf het, gesê. “Samkelo was ’n ouli-ke, koddige gr. 4-leerling wat akademiessterk was en nooit afwesig was nie. Hy wordnie net deur sy medeleerlinge gemis nie,maar ook deur die onderwysers.”

Volminckhetvoortsgesêdat ’nsielkundigevan die onderwysdepartement die skool be-soek het om berading aan die leerlinge tebied.

Weens hul finansiële omstandighede is dieMaseti-gesin steeds onseker wanneer die ge-denkdiens vir hul seun sal plaasvind. HullebeoogwelomditdiéweektehouwaarnaSam-kelo se lyk na die Oos-Kaap geneem sal wordvir sy begrafnis.

’n Saak van strafbare manslag, asook ’nsaak van moord word ondersoek en mensemet inligting kan ao.Carl Rosenberg by021 857 7108 bel.

’n HartseerMalixoleMaseti (44) staar in ongeloof na die ongelukstoneelwaar sy seun Samkelo Nyalela (11) vir dood agtergelaat is.

Riaan Skrywer se lyk is in die blou Toyota Conquest in Bilberrystraat, Smartie Town gevind.FOTO: IAN BAARD Woman dies

in shack fireA woman (49) died when four informal homesin the Rastakamp caught fire in the earlyhours of Saturday morning.

Three homes were destroyed and a fourthpartially damaged in the fire that killed LenaDikane. Fifteen people, including a toddler,were left homeless.

A neighbour, Danielle Muller, says she waswoken up by a loud commotion just before01:00.

“When we came out, three men were kick-ingdownthedoorofDikane’sburninghome,”she told the Helderberg Gazette.

Muller says a man believed to be Dikane’sboyfriend was saved from the flames. Dikane,who was in the bedroom where the fire is be-lieved to have started, could not be saved.

AccordingtoMulleroneof therescuerssus-tained minor burns to his hands and wastreated on the scene.

Residents started reconstructing theirhomes on Saturday after material was sup-plied by the city’s Disaster Risk Management.

Anyone who can assist the residents canphone Eddie Simayile on 073 545 9678.

Mamsi Ndwebi walks through the remains of a firein Rastakamp, Sir Lowry’s Pass, in which a womandied in the early hours of Saturday morning.

PHOTO: DELIAH BRINKHUIS

maak toe Skrywer se kakebeen Nyale-la se kop getref het. Die motor – watvolgens die polisie aan ’n man wat bydie L-woonstelle woonagtig is, be-hoort – het aanhou ry in die rigting

Samkelo Nyalela

Page 2: Helderberggazette 08102013

Helderberg Gazette News - Nuus Tuesday 8 October 20132

Erfenis-droom word waarDrie plaaslike broers het op Er-fenisdag (24 September) ’n ge-meenskaplike droom laat waarword, toe hulle die Gantouw-pas uitgestap het.

Thabit Baderoen vertel sy pa,Rushdi (73) en broers Amien (62)en Fuad (66) wou al drie die pasverken.Thabit sê ten spyte van sy pa en

twee ooms se ouderdom, het hulledaarop aangedring om die histo-riese pas te verken.“ToeErfenisdagaanbreekwasal

drie gesond genoeg om die tog aante pak.”Die Gantouw-pas is in die dae

van ossewaens en lang reistogte,gebruik om oor die Hottentot-Hol-landberge te reis.Die historiese roete het ontwik-

kel tot in die vier-laanteerpad, be-kend as Sir Lowry’s Pass.Volgens Wikipedia is die pas

deur die Khoisan gebruik vir dievervoer van goedere en later deurNederlandseenBritsekolonialistegebruik as ’n ossewaroete.Thabit sê ten spyte vandiemoei-

like omstandighede van die stap-tog,hetdiedriebroersdeurgedruken na twee en ’n half ure die roetevoltooi.Hy sê die roete kan deur jonger

stappers binne 20 minute voltooiword.Teen die einde van die staptog

was die drie broers “pootuit”,maar baie trots op hul sukses.

Die drie broers, Rushdi, Amien en Fuad Baderoen is hier aan die einde van dieGantouw-pas se staproete. FOTO: THABIT BADEROEN

BREAST CANCER AWARENESS: Members of Strand SAPS celebrated the beginning ofBreast Cancer Awareness month when they wore pink ribbons or a pink item of clothingto work. Const Mbulelo Mafuna, spokesperson for Strand SAPS, says a cancer awarenessexhibit will be in the charge office for the rest of the month. A prayer day will alsobe held on 26 October.

Ondersteun Hospice“Flowers and Song” word op Sater-dag 12 Oktober by die NG kerk,Brandstraat, Strand, aangebied.Dié geldinsameling op Nasionale

Hospice-dag word deur die Helder-berg Blommeklub aangebied en isten bate van Helderberg Hospice.Die welbekende blomkunstenaar,

Pam Harris, sal ’n demonstrasie le-wer en plaaslike sanger ShireenBlatt sal optree.Volgens Blatt is die geldinsame-

ling ook ter ondersteuning van bors-kankermaand.Mensewatnieselfdiefunksie wil bywoon nie, kan ’n kan-kerpasiënt met ’n kaartjie borg.Die geleentheid begin om 10:00 en

kaartjies is R80 per persoon wat ver-versings insluit. Kaartjies kan byFlowersonMaininHoofweg,Strand,gekoop word. Bel Helderberg Blom-meklubse voorsitter,JannieduToit,by 072 473 2420 of Shireen Blatt by076 455 0735 vir meer besonderhede.

Page 3: Helderberggazette 08102013

Helderberg GazetteNews - NuusTuesday 8 October 2013 3

Onmin oor taxistaanplekDELIAH BRINKHUIS

Die nuwe taxistaanplek in Ma-cassar wat in Augustus voltooi isen op 18 September amptelik ge-open sou word, is nog nie in ge-bruik geneem nie.

Die voorsitter van die Somerset-WesenDistrik-taxivereniging,Wal-ter Williams, sê hul organisasie isnie in die aanvanklike beplanningvan die taxistaanplek op die hoekvan Zandvlietweg en Musicalaan,geken nie.Van hul griewe sluit in die afwe-

sigheid van ’n afdak waaronder dietaxi’s tussen ritte kan staan, asookgeskikte toiletgeriewe of water virtaxibestuurders en pendelaars.“Onswou ’ngroter afdakhê,maar

nou is die afdak wat aanvanklikdaar was, verwyder en met bushok-kies vervang. Pendelaars moet nouvir sowat ’n halfuur in ’n taxi watin die son staan, skroei,” het Willi-ams gesê.Volgens Williams het die huidige

staanplek nie genoegsame parkeer-ruimte nie en moet die meeste van

die sowat 75 taxi’s op ’n oop stukgrond langs die nuwe taxistaanplekparkeer.Williams sê hulle verkies dat die

gebied wat hulle sedert die beginvan konstruksie gebruik, met klipbedek word om dit meer toeganklikvir pendelaars te maak.“Pendelaars word verontrief om-

dat hulle genoodsaak word om inwaterenmodder te loopwanneerditreën.”ArthurRhodes, sekretarisvandie

vereniging, meen ook dat hulle niegeken is in die besluite vir die nuwetaxistaanpleknie. “Niemandhetomdie tafelmet die taxibestuurders ge-sit en ons insae gevra oor hoe hulledie gemeenskap reg kan bediennie,” sê Rhodes.“Onsweier omdie staanplek te ge-

bruik alvorens die raadslid nie metons vergader en ons griewe aan-spreek nie,” sê hy.Met die Helderberg Gazette se be-

soek aan die taxistaanplek verledeweek het taxibestuurder CharlesNoble die toiletgeriewe uitgewys.Noble sê die twee toilette wat deelvan die vorige staanplek was, is

reeds vir maande buite werking.“Wanneer die nood druk, moet onsvan die naburige inwoners se toilet-te gebruik, huis toe gaanóf langs diemuur ontlas,” vertel hy. “Niemandkan dié vuil toilette gebruik nie, ’nmens sal siek word.”Roger Rhodes, wat reeds vir 27

jaar ’n taxibestuurder is, sê hy is te-leurgesteld in die nuwe staanplekwaarna hulle reeds vir meer as tienjaar uitgesien het. “Dis nie slegs virons taxibestuurders se gebruik nie,maar vir die hele gemeenskap.”Rhodes sê ’n was-area vir die taxi’sis ook aangevra.Volgens subraad 22 voorsitter,

raadslid John Heuvel, sal die oprigvan ’n afdak by die tydelike taxi-staanplek ’n vermorsing van geldwees omdat ’n permanente staan-plek vir einde 2014 beplan word.Heuvel sê daar is nog nie besluitwaar die beplande taxistaanplek salwees nie. Die huidige toiletgeriewesal in die volgende paar weke opge-knap word.VolgensHeuvel saldaarnie ’nwas

area vir die taxi’s wees nie en saldie waterverbruik beheer word.

Taxibestuurders van Macassar is ontevrede oor die onlangs voltooide taxistaanplek.FOTO: DELIAH BRINKHUIS

Taxi fare increases by R1Taxi commuters toand fromSom-erset West can expect a R1 in-crease in tariffs fromFriday 1No-vember.Theroutes thatwill beaf-fected are Strand–SomersetWest,

Macassar–Somerset West, Lwan-dle–Somerset West and Sir Low-ry’s Pass–Somerset West.The current tariff is R9 per trip

on the above-mentioned routes.

Page 4: Helderberggazette 08102013

Helderberg Gazette News - Nuus Tuesday 8 October 20134

GOSPEL-SANGAAND: Ruben Davids (heel regs) bied op Sondag 13 Oktober ’n sangaandaan. Verskeie groepe, insluitend Revival, Chosen Family en die AGS Gateway WorshipTeam, sal optree. Dit begin om 18:00 in die skoolsaal van Macassar Sekondêr entoegang is R25 per persoon. Verversings sal te koop aangebied word. By Ruben staan(van links) Raneleigh Smith, Peter Booi en David Jantjies. Vir meer inligting, bel 083591 3167.

Sang-aandPlaaslike gospelsan-ger Brigitte de Waalhou op 26 Oktober ’ngospelaand in dieBroadlands Park-ge-meenskapsaal.Die konsert begin

om 19:00 en kaartjiesis R25.DeWaalhouookop

2 November ’n kon-sert in die Cassablan-ca-gemeenskapsaal.Bel haar gerus by

073 473 3130 vir meerinligting.

WORKSHOP FORUNEMPLOYEDYOUTH: TheLwandle MigrantLabour Museumin partnershipwith YoungPeo-ple@Work basedin Bishop Lavisheld free work-shops for unem-ployed youth atthe end of Sep-tember as part ofYouth Empower-ment Week. The workshop addressed professional job-seeking skills, personal development and leadership. Attendeeswere also trained in CV writing, interviewing skills and professional networking, as well as where and how to find jobs.Various partners such as Dreamworker, Jobstart, Cape Town Activa, RLabs Social Media Academy, Career Planet, UWCand the Department of Labour also attended the workshop.

SpringsocialAll German speakersare invited to aspring social at StPaul’s Church inSomerset West onSaturday 12 Octoberat 10:00. Phone Anne-gret on 082 390 6671.

Page 5: Helderberggazette 08102013

Helderberg GazetteAdvertisement - AdvertensieTuesday 8 October 2013 5

Page 6: Helderberggazette 08102013

Helderberg Gazette General - Algemeen Tuesday 8 October 20136

PERSOON-LIKEDIENSTEPERSONALSERVICESONLINE BUSINESS

Annual Returns, CC'sCompanies &Websites

( 021-903 8062 [email protected].

za

27

Onderrig/Education

36

Kindervermaak

Children’s

Entertainment

JUMPING CASTLES enWaterglybaan te huur.Tel: Charmaine by021 8533999of 083-513-9493

TEKOOPFORSALE

WANTED:Military Items, swords,bayonets, knives, oldcoins, bank notes, warmedals, clocks, watches,watchmaker tools, stampsold cameras. Tel Mac0761048511. Cash paid.

ALGEMENEDIENSTEGENERALSERVICES

108

Geld/lenings

Money/Loans

MONEY LIVE LOANSPERSONAL LOANSUP

TOR150000Copy ID, latest payslip and3 months bank statementFAX NO 086 776 4742

EMAIL:[email protected]: 021 829 7192/3For online application

go to:www.moneyliveloans.co.za

140

Elektriese

Herstelwerk

Electrical Repairs

ALL FRIDGEANDDOMESTIC REPAIRSMOBILEWORKSHOP

WENTZEL083 897 2928

GNLDDISTRIBUTOR

HOUSEHOLDREPAIRSFridges, stoves &w/machines

We also buy & sellsecondhand appliances(Deon 021-8508532073-575-4400

1141

Algemene

Dienste

General Services

APPLIANCEATALLRepairs at your homeFridges & Freezers,

Stoves, Washing machines& Microwaves.Call 071-755-3390

EMERGENCYPLUMBERSANDELECTRICIANS

For all plumbing andelectrical problems!BE YOURPROBLEMBIGORSMALL,MAKEITMINEGIVEMEACALL! 10% Pensionersdiscount on labour( 082 823 2196021-8564727

Fridge & FreezerRepairs.

Buy dead or alive.( 076 55 202 72

1148

Rommelverwydering

Rubble Removal

0 DIRK 084 8299 332Alle opruim & verwydervan tuin- & bouafval .

Saag van bome & tuinwerk. Vervoerwerk

.Braaihout te koop!

AAA : ATTENTIONElite Removals: Removalof garden refuse, buildingrubble, household refuse.Treefelling and any smallloads. Handyman services(Danie 082-337-9532 /021-852 6122

1154

Dakke/Roofs

EIENDOMMEPROPERTIES

100

Kamers teHuur

Rooms to Let

Aanbevole. - Verblyf3 Ster w.stel & B/B ofkamers in STRAND vanaf

R250 p/kamer.079 9600 359

STRAND:Netjies gemeub. kamers

vanaf R120 p.d.SKAKEL 072 745 7421

167

Huise te Koop

Houses for Sale

GBAY - Luxury 4 bed, 3.5bath, double garage,kitchen, scullery, pantry,seaviews. Waterfall + koipond inside house. R2.25m082 881 4982/0218551312

STRANDBroadlands -2 Bed R310 000. As new.GBay - 2 bed, fittedkitchen, mod bath + garageon golf course. R569 000.082 881 4982/0218551312

171

Woonstelle te Huur

Flats to Let

STRAND: Gemeubileerdeouma woonstel, Beskik-baar 1 November 2013.R2 300 p.m. water ing. Tel.083 416 3063 of (h) 021-8543792/021-4188170(w).

177

Suid-Kaap

Southern Cape

SOMERSET-WES - 3slpk meenthuis, 2½ badk,sitk, eetk. Toesluit m/huisen afdak. Veilige sekuri-teitskompleks. Koopkrag.R7 500 pm + dep. Beskik 1Nov 2013. Kontak 083 7393428.

JOBS

EMPIRE SKILLSDEVELOPMENTCENTRE (PTY) LTD

RegNo2012/223199/07www.empire-skills.webs.com"Hospitality staffurgently needed"

All matrics, school leaversand unemployment andForeigners welcome!!

1. Waiters2. Bartenders3. Housekeepers4. Chefs (Enquire)

For interviews call 021828 2297 - OfficeCell: 074 295 7811 -Serena (Whatsapp)Cell: 074 277 7437Ricardo (Whatsapp)

JUSTINE COSMETICS.Earn an extra incomeselling Justine.Contact 072 092 6580.

MAMMOGRA PH E RWITH BREAST UL-TRASOUND EXPERIE-NCE Well establishedMulti-disciplinary BreastHealth Centre in Panora-ma, Northern Su-burbsof Cape Town, invitesapplications for a certifiedmammographer withbreast ultra-soundexperience. Full timeposition. We offer acompetitive salary and awomen-friendly workingenvironment. No afterhours and no weekendwork. Starting date:01 January 2014.Enquiries:[email protected]; Tel 021 9302662, Mobile 083 2691988.www.apffelstaedt.com.

SUPER CHARGED CALLCENTRE IN SOMERSETWEST

If you have previousexperience in Telemarke-ting we would like tospeak to you. Our fastgrowing company islooking for self motivatedindividuals who are hungryfor money and ready tostart a career in the callcentre industry.

We'll provide you with a 3day call centre trainingcourse for free and skillsthat no other companyoffers, please note noselling involved.

Successful candidate mustbe:. Able to speak Afrikaansfluently. Available to startimmediately. Able to work in a targetdriven environment. Flexible. Vibrant. Skilled with an excellenttelephone manner. Good team player

Successful candidate willreceive:. Excellent remuneration. Daily cash prizes. Great working environ-mentNB. Our working hours isfrom 3pm to 8pm / trans-port available.

Call Mrs Johnstone on 072698 3290.

DIAL-A-RIDE PUBLIC TRANSPORT SERVICEInvitation to people living with disabilitiesThe Dial-a-Ride public transport service is a scheduled service for people whose physicaldisabilities render them unable to use mainstream public transport.

All potential passengers must be assessed by an appointed occupational therapist to ensurethat as many people as possible, who meet the qualifying criteria, can be accommodated.The City invites all those who are currently not accommodated but wish to make use of theservice to make an appointment for an assessment.

Appointments can be made any day of the week between 12:00 and 20:00 bycalling 0800 600 895.

Those with appointments will be collected from their homes, taken to Tygerberg Hospital,assessed and returned home.

During the assessment the following documents must be presented:

• Certified copy of your identity document• Proof of address (preferably a municipal bill)• Proof of income• Medical report

Please note that:

• No person will be included on the Dial-a-Ride service without having gone throughthe assessment process

• The assessment does not guarantee inclusion in theDial-a-Ride service

For more information please contact Zanele Mabengezaon 021 400 5454 during office hours.

ACHMAT EBRAHIMCITY MANAGER163/2013

Spring flowers on Wessa walkTheHottentotsHollandbranchof theWildlifeand Environment Society of SA (Wessa) willwalk through theHarmonyFlats Reserve, be-tween Strand and Gordon’s Bay, on Sunday13 October, to see the spring flowers. Thegroupwill be led by CeciliaWolmarans, coor-

dinator of Custodians of Rare and Endan-gered Wildflowers (Crew) for this area. Theymeet atWaterstoneVillage at 10:00. Bookingsare essential. Please phone Cecilia Wolma-rans on 021 854 8011 or Freya Brett on 021 8516951.

Page 7: Helderberggazette 08102013

Helderberg GazetteLetters - BrieweDinsdag 8 Oktober 2013 7

NuweimaamSjeg Nazeem Safo-dien is sedert 18 Ju-lie 2013 nie meer indiens of by die Nu-rul Islam JamaahMoskee in Strandbetrokke nie. Diehuidige imaam issjeg Nasiegh Latief.

– Rachmat Alex-ander, waarne-memende sekre-taresse, Nurul Is-lam JamaahFaurestraatMoskee.

Sjeg Nasiegh Latief

De Beers Avenue to remain openThe Helderg Gazette reported last week thatDe Beers Avenue will be closed for construc-tion work until December. The Gazette hadreceived a press release about the plannedclosure from the City of Cape Town who has

subsequently informed the Gazette that DeBeers Avenue will remain open for the re-mainder of 2013 as the developer will onlystart work in the area next year. The workforms part of the municipal upgrades.

Gazette-lesers praat saamMisdaadstatistieke:

)Vir jare word misdaadstatistieke bekook,want daar is geenneutrale liggaamwat die sta-tistieke doen nie! Daar word met mense se le-wens gespeel, terwyl moorde buite beheer is!Die statistieke word bekook om die polisie endieANCgoed te laat lyk!Ons isniealmalpoppenie! Rynhardt, Somerset-Wes

SA is die gewelddadigste land ter wêreld,maarmoorde het afgeneem?Dit is duidelik datdie ANC en die SAPD nie in dieselfde land asons bly nie! In SA is jou kans vyf keer groterom vermoor te word as in enige ander land!Hoeverduidelikdieministervanpolisie,NathiMthetwa die toename in koelbloedige moordeop polisiemanne? Ek voel so “veilig” met diepolisie! Morkel, Gordonsbaai

Ons weet almal dat misdaad en veralmoord in ons land toegeneem het, maar nogsteeds word leuens aan die publiek opgedis!Mense se lewens is opdie spel!Hoekanmoordeafneem, as daar geen doodstraf en doeltreffen-de regstelsel is nie?Hoe is ditmoontlik dat nie-

mand voorheen van die polisiehoof, Ria Phiye-ga gehoor het nie? Die hele SAPDkort ’n makeover. P.Steyn, StrandKnap Sir Lowry’s Pass opKan die Stad Kaapstad nie Sir Lowry’s

Pass skoonmaak, veral by die ou spoorwegsta-sienie?Diepolisiedoenookniksomdie tikkop-pe en die daggarokery naby die polisiekantoorte bekamp nie.Gevaar in bosIs dit moontlik dat die stadsraad ’n plan

kan maak met die bos agter Lourensia Parkby die rivier? Kinders gebruik dit as ’n deur-gang skool toe. Somer is om die draai en wieweet watter gevaar als in daardie bosse is?

Page 8: Helderberggazette 08102013

Helderberg

Year 17 • Dinsdag 8 Oktober 2013 | Tel. 021 853 0211

S West hockey trialsTheWesternProvincehockey in-door league commences early in2014, and Somerset West HockeyClub will be holding trials as fol-lows: Monday 7, 14 and 21 Octo-ber from 18:00 – 20:00 for thewomen and from 20:00 – 21:00 forthe men.The trials will take place in the

activity centre ofHottentots-Hol-land High School.Women interested can phone

Sam Henery on 083 334 5159 oremail her at [email protected] and men canphone Jarred Pitout on072 132 8653 or email him [email protected].

SLP-sport uitgerusDanksy ’n onlangse donasie vantoerusting wat met dankbare har-te ontvang is, kan verskeie Sir Lo-wry’s Pass (SLP) sokker- en net-balspanne nou daarop fokus omhul vaardighede op te skerp.

Dít volg ná die inwoners en grond-eienaars van Wedderwill Estate inSirLowry’sPass –wat in 2012 ’ndrie-ledige inisiatief begin het om op diegebied van sport, diere en opvoedingin dié dorp te belê – duisende randeingesamel het om die veld langs SirLowry’s Park op te gradeer.Nuwesokker-doelhokkeennette is

aangebring, en nuwe spreiligte salbinnekort opgerigword.VolgensMi-chael Scholtz, sportverteenwoordi-gervandieWedderwillEstate-inisia-tief, sal die spreiligte aand-oefenses-sies moontlik maak.Sokkerballe, keëls, beffies, sokker-

toebehore, eerstehulptassies en an-der benodigdhede is ook aangeskaf.Die sokkerklubs wat meestal hier-

by sal baat, is Classic FC, DribblersFC en Real Hunter FC. SLP Classicding mee in die Stellenbosch LFA-li-

ga. Sy senior span is tans indiederdeposisie, twee punte agter die voorlo-per Lynbosch FC. Die o.13’s en o.15’sbeklee die derde plek op hul punte-leer.Dribblers en Real Hunters speel

reeds vir die afgelope vyf jaar Son-dag-sokker en volgens Scholtz is hul-le vol hoop dat dié sokkerspanne vol-gende jaar in die Nomzamo-sokker-unie sal deelneem.Die inwoners en grondeienaars

van Wedderwill het ook gesorg datdie Classic Netbalklub en UnitedStars Netbalklub nuwe netballe, ’nnoodhulpkissie, netbalbeffies, asookhuleieuniformswatspesiaalvirelkespeler gemaak is, ontvang.Die United Stars-netbalmeisies se

vier spanne, die o. 9, o. 14 en o. 16 ju-niors en die senior A-span, speel indie Metro-unie in Strand. Die Clas-sic-netbalmeisies het drie spannewat in dieselfde liga deelneem – o. 9,’n C-span en die senior A-span.Volgens Scholtz het hulle indivi-

dueenorganisasiesgekryomdievol-gende twee jaar finansiële onder-steuning te verleen.

Hier is afrigter Joseph van Reenen met die jong sokkersterre wat die SLP ClassicFC-sokkerspan uitmaak. FOTO’S: PETER TYCHSEN

Afrigter Cynthia van Reenan is trots op haar yweri-ge netbalmeisies wat bekend staan as die Clas-sic-netbalspan. Die Classic-netbalmeisies hetdrie spanne wat in die Metro-unie in Strand deel-neem– o.9, ’n C-span (12- tot 14-jariges) en diesenior A-span.

United Stars Net-balklub het nuwenetballe, ’n nood-hulpkissie, net-balbeffies, asookhul eie uniekeuniforms watspesiaal vir elkespeler gemaak is,ontvang. Die net-balklub het ookvier spanne watin die Metro-uniein Strand speel.