hartklop 28 april 2019hartklop.ngkonrusrivier.co.za/pdf/hartklop 28 april 2019.pdf · ‘drie dae...

4
Hartklop 28 APRIL 2019 VANOGGEND SE BOODSKAP DEUR DS ANTON DUVENHAGE IS JY AAN BOORD?! (MATT 5:3-10) In Getsemane het Jesus finaal ‘’JA’’ gesê vir ‘n pad van lyding wat doodgeloop het in die houtkruis van Golgota. Maar dit was nie ‘n doodloopstraat nie, want Jesus het op die derde dag opgestaan uit die dood. Omdat Hy op- gestaan het en leef, is daar hoop vir ons elkeen wat in Hom glo as Here en Verlosser. Ons leef nou as mense wat saam met Jesus gekruisig is, maar wat ook saam met Hom opgestaan het in ‘n splinternuwe lewe. Jesus is ons Heer, ons Hoop en die kaptein van ons reddingskip hier by NG Gemeente Onrusrivier. Hy stuur ons uit na onbekende waters om ook daar hierdie hoop met ander te gaan deel. Ons buig voor Hom Ons bely dat ons redding van Hom afkomstig is. Omdat Jesus op ‘n dag ‘’JA’’ gesê het, bruis daar lewe tot ‘n ewigheid anderkant die dood. Prys die Naam van die drie-enige Heer! HARTLIK WELKOM! John Ortberg skryf dat daar ‘n dag was waarin niemand geglo het dat Jesus lewe nie – en dit was die Saterdag tussen Goeie Vrydag en Paassondag (John Ortberg, Who is this Man?). Die twee dae voor en na hierdie Saterdag is feesdae en die kerke sit volgepak, maar hierdie betrokke Saterdag het eintlik nie eers ‘n naam nie – soms praat ons van ‘Stilsaterdag’, by gebrek aan ‘n paslike naam. Wat sou Jesus se volgelinge op dié Stilsaterdag gedoen het? Uit vrees sou hulle nie in die openbaar wou verskyn nie. Hulle sou nie veel gepraat het nie - woorde was daar nie. Buitendien was die teleurstelling en ontnugtering té groot. Immers, hulle het gehoop Jesus sou soos ‘n koning Dawid die troon bestyg het. Hulle het geglo Hy sou Sy woord kon doen teen die valse aanklagte voor die Joodse Raad. Hulle het verwag dat Pilatus Hom onskul- dig sou vind en sou vrylaat. Hulle het nooit kon dink dat Hy só verneder aan ‘n kruis sou sterf nie. Hulle kon selfs gewonder het of Hy tog nie maar ‘n mislukking was nie ...? En nou is hulle alleen. Hulle wêreld het in duie gestort. Dit is stil, doodstil. Ortberg verwys na verskeie ‘Drie Dae Verhale’ in die Bybel opgeteken, byvoorbeeld - Josef se broers word op die 3de dag uit die gevangenis vrygelaat. In Jerigo versteek Ragab die verspieders vir 3 dae. Koningin Ester durf die koning nader en op die 3de dag ontvang hy haar en is hy haar goedgesind. En dan roep die profeet Hosea die volk tot bekering, want op die 3de dag sal Hy Sy volk weer nuwe krag gee. CS Lewis het ook sy ‘Drie Dag Verhaal’. Op die Vrydag kom hierdie agnostikus tot bekering en hy skryf ‘n Vrydagboek: Surprised by Joy. Daarna ontmoet hierdie sewe-en-vyftigjarige vrygesel die vrou van sy lewe en hy trou met Joy Gresham, die groot ‘joy’ in sy lewe. Maar siekte en dood maak dit ‘n kortstondige huwelik. Sy Saterdag breek aan. Hy voel Godverlate. Hy skryf sy Saterdagboek: A Grief Observed. Maar na sy Saterdag breek daar ook vir hom ‘n Sondag aan en skryf hy van sy beste boeke nog, soos Letters to Mal- colm: Chiefly on Prayer. In ons lewensjare is daar waarskynlik een of meer Drie Dae Verhale’ met ‘n tragiese Vrydag. Dan kom die Saterdag en God is of dood of weg. Maar dan kom die 3de dag, die Sondag en die son breek deur. Ons loop ook die pad wat Jesus geloop het, maar dit eindig altyd goed! Soli Deo Gloria 18:00 AANDDIENS Ons nooi graag alle tieners, jongmense en jonk van gees - kom sing en kuier saam! DEURKOLLEKTE VANOGGEND Sin Koll. Gemeentebediening NUUS UIT DIE KERKKANTOOR Ons is opgewonde om u mee te deel dat ons nou kaartfasiliteite beskikbaar het vir betalings. Die kan- toor sal oop wees voor die diens op ‘n Sondagoggend vanaf 08:30 asook na die diens. U is baie welkom!

Upload: others

Post on 14-Aug-2020

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Hartklop 28 APRIL 2019hartklop.ngkonrusrivier.co.za/pdf/Hartklop 28 April 2019.pdf · ‘Drie Dae Verhale’ met ‘n tragiese Vrydag. Dan kom die Saterdag en God is of dood of weg

Hartklop 28 APRIL 2019

VANOGGEND SE BOODSKAP DEUR DS ANTON DUVENHAGE IS JY AAN BOORD?! (MATT 5:3-10) In Getsemane het Jesus finaal ‘’JA’’ gesê vir ‘n pad van lyding wat doodgeloop het in die houtkruis van Golgota. Maar dit was nie ‘n doodloopstraat nie, want Jesus het op die derde dag opgestaan uit die dood. Omdat Hy op-gestaan het en leef, is daar hoop vir ons elkeen wat in Hom glo as Here en Verlosser. Ons leef nou as mense wat saam met Jesus gekruisig is, maar wat ook saam met Hom opgestaan het in ‘n splinternuwe lewe. Jesus is ons Heer, ons Hoop en die kaptein van ons reddingskip hier by NG Gemeente Onrusrivier. Hy stuur ons uit na onbekende waters om ook daar hierdie hoop met ander te gaan deel. Ons buig voor Hom Ons bely dat ons redding van Hom afkomstig is. Omdat Jesus op ‘n dag ‘’JA’’ gesê het,

bruis daar lewe tot ‘n ewigheid anderkant die dood.

Prys die Naam van die drie-enige Heer!

HARTLIK WELKOM! John Ortberg skryf dat daar ‘n dag was waarin niemand geglo het dat Jesus lewe nie – en dit was die Saterdag tussen Goeie Vrydag en Paassondag (John Ortberg, Who is this Man?). Die twee dae voor en na hierdie Saterdag is feesdae en die kerke sit volgepak, maar hierdie betrokke Saterdag het eintlik nie eers ‘n naam nie – soms praat ons van ‘Stilsaterdag’, by gebrek aan ‘n paslike naam.

Wat sou Jesus se volgelinge op dié Stilsaterdag gedoen het? Uit vrees sou hulle nie in die openbaar wou verskyn nie. Hulle sou nie veel gepraat het nie - woorde was daar nie. Buitendien was die teleurstelling en ontnugtering té groot. Immers, hulle het gehoop Jesus sou soos ‘n koning Dawid die troon bestyg het. Hulle het geglo Hy sou Sy woord kon doen teen die valse aanklagte voor die Joodse Raad. Hulle het verwag dat Pilatus Hom onskul-dig sou vind en sou vrylaat. Hulle het nooit kon dink dat Hy só verneder aan ‘n kruis sou sterf nie. Hulle kon selfs gewonder het of Hy tog nie maar ‘n mislukking was nie ...? En nou is hulle alleen. Hulle wêreld het in duie gestort. Dit is stil, doodstil.

Ortberg verwys na verskeie ‘Drie Dae Verhale’ in die Bybel opgeteken, byvoorbeeld - Josef se broers word op die 3de dag uit die gevangenis vrygelaat. In Jerigo versteek Ragab die verspieders vir 3 dae. Koningin Ester durf die koning nader en op die 3de dag ontvang hy haar en is hy haar goedgesind. En dan roep die profeet Hosea die volk tot bekering, want op die 3de dag sal Hy Sy volk weer nuwe krag gee.

CS Lewis het ook sy ‘Drie Dag Verhaal’. Op die Vrydag kom hierdie agnostikus tot bekering en hy skryf ‘n

Vrydagboek: Surprised by Joy. Daarna ontmoet hierdie sewe-en-vyftigjarige vrygesel die vrou van sy lewe en hy trou met Joy Gresham, die groot ‘joy’ in sy lewe. Maar siekte en dood maak dit ‘n kortstondige huwelik. Sy Saterdag breek aan. Hy voel Godverlate. Hy skryf sy Saterdagboek: A Grief Observed. Maar na sy Saterdag breek daar ook vir hom ‘n Sondag aan en skryf hy van sy beste boeke nog, soos Letters to Mal-colm: Chiefly on Prayer. In ons lewensjare is daar waarskynlik een of meer ‘Drie Dae Verhale’ met ‘n tragiese Vrydag. Dan kom die Saterdag en God is of dood of weg. Maar dan kom die 3de dag, die Sondag en die son breek deur. Ons loop ook die pad wat Jesus geloop het, maar dit eindig altyd goed! Soli Deo Gloria

18:00 AANDDIENS Ons nooi graag alle tieners, jongmense en jonk

van gees - kom sing en kuier saam!

DEURKOLLEKTE VANOGGEND Sin Koll. Gemeentebediening

NUUS UIT DIE KERKKANTOOR Ons is opgewonde om u mee te deel dat ons nou

kaartfasiliteite beskikbaar het vir betalings. Die kan-toor sal oop wees voor die diens op ‘n Sondagoggend vanaf 08:30 asook na die diens. U is baie welkom!

Page 2: Hartklop 28 APRIL 2019hartklop.ngkonrusrivier.co.za/pdf/Hartklop 28 April 2019.pdf · ‘Drie Dae Verhale’ met ‘n tragiese Vrydag. Dan kom die Saterdag en God is of dood of weg

WAT GEBEUR HIERDIE WEEK BY DIE KERK?

MAANDAG 29 APRIL 15:00 MOSAÏEKOMGEEGROEPBYEENKOMS by Dienssentrum.

DINSDAG 30 APRIL SOPKOMBUIS

ONRUSRIVIER DIENSSENTRUM Haarkapper: Mariaan Visser (082 877 8546) is ons haarkapper. Kliniek: Ons kliniek is oop op Dinsdae vanaf 10h00 - 12h00. Kontak vir sr. Calitz by 073 152 5623 vir 'n afspraak. Versorgers: Indien u ‘n versorger benodig, kontak vir sr. Ronel Calitz (073 152 5623). Maandae tot Vrydae van 8h00 – 13h00. Sitkamer om 10h00: Sr Van der Riet kom praat met ons oor wondsorg. Hoe ouer mens raak, hoe makliker val jy. Sr Van der Riet gaan ons vrae kom antwoord: Wat maak ek wan-neer iemand val? Wanneer moet ek die dokter/hulp inroep? Hoe stop ek die bloed? Kan ek die persoon laat opstaan?

WOENSDAG 1 MEI (WERKERSDAG)

12:00 ONS BEPLAN OM ‘N "KLUB" VIR KAMPEERDERS te stig wat op ‘n gereelde basis saam gaan kamp. Dit sluit almal in wat Woonwaens, Sleepwaens, Boswaens, Tente en die wat agter in bakkies slaap in. Alle belangstellendes word genooi om by die Maalruimte bymekaar te kom om die vatbaarheid daarvoor te bespreek. Kom geniet ‘n worsbroodjie saam en bring jou eie koeldrank en of tee/koffie (!) Laat weet asb vir Piet Vorster by selfoon 081 399 0557 of u gaan bywoon, sodat genoeg spasie vir parkering gereël kan word!!! WELKOM!!

DONDERDAG 2 MEI

ONRUSRIVIER DIENSSENTRUM Naaldwerk om 9h30 - 10h00: Marlene Burger help om klere te verstel. Haar nommer is 028 316 3363 of 072 140 5807. Sitkamer om 10h00: Kom speel Rummikub en ander speletjies saam met Hannie en Joan.

VRYDAG 3 MEI 09:30 - 11:30 KOLWYNTJIE TEETUIN: Kom kuier by die lekkerste Teetuin in die dorp! U is almal baie welkom.

SONDAG 5 MEI 08:30 GEBEDSKAMER: Ons bid saam vir die erediens, die leraar aan diens en die gemeente. Kom bid asb saam! WYKE DIENSBEURTE Teebeurt (Maalruimte) (Wyk 14)

09:00 EREDIENS Dr Wilhelm Burger nooi u almal hartlik uit. Ons vat ook hande vandag spesiaal vir die verkiesing, vir ons dorp, vir ons land.

TEKS VAN DIE WEEK Ps. 14 (lees ook Ps.53) Dink na oor die volgende: * Gee voorbeelde aan vers 1 en lê jou nood voor die Here * Wat doen vers 2-3 aan jou emosies? * Dink rustig oor vers 4-6. Hoe voel jy daaroor? * Bid vers 7 met die oog op die verkiesing.

18:00 AANDDIENS Ons nooi graag alle tieners, jongmense, ouers en jonk van gees! U is baie welkom!!

18:00 ONRUS MANOR KUDDE-KERK

DATUMS VIR U DAGBOEK

Dinsdag 7 Mei @ 07:00 - 09:00 Ons bid saam bo by Rotaryweg vir die verkiesing.

Kom vat hande met alle kinders van God.

Dinsdag 7 Mei @ 19:00 Kamarade Fotobediening kom byeen in die sentrum.

(Meer inligting op agterblad)

Woensdag 8 Mei - Verkiesingsdag Ons bid intens vir ons land terwyl ons kruisies trek.

13 - 17 Mei 2019 Wes-Kaap Sinodesitting by Goudini. Ons bid saam vir

hierdie spesiale geleentheid. Wilhelm, Anton en Michiel woon dit by saam met 3 ouderlinge.

Donderdag 16 Mei @ 18:00 U3A spreker by die Gemeentesentrum.

(Meer inligting op agterblad)

Maandag 20 Mei @ 18:00 Kerkraadsvergadering. Baie dankie nou reeds

vir u voorbidding.

Dinsdag 21 Mei @ 18:00 Meditasiediens in die Ark

Donderdag 30 Mei @ 16:00 Gesamentlike gebed by die VGK Mount Pleasant

Donderdag 30 Mei @ 18:30 Hemelvaartdiens

2 - 6 Junie 2019 PINKSTER Sondag 2 Junie @ 09:00 Pinksterdienste begin

Sondag 2 Junie @ 18:00 Pinkster saam met Teentrix Ma - Do 3 tot 6 Junie @ 09:00 & 18:00 Pinksterdiens

Sondag 9 Junie @ 09:00 Pinksterfees & Nagmaal

Dankie aan ons Lofdansspan wat ons Sondag so geseën het met hul danse vir die opgestane Heer!

BYBELSKOOL Belangrik: Na praktiese oorweging is die Bybelskool gesluit tot die 10de (Hermanus) & 11de (Onrusrivier) Julie 2019.

Motivering: Daar is net te veel onderbrekings soos: 1 Mei (Werkersdag), 8 Mei (Stemdag), 15 Mei (Sinode), 22 Mei (verlof), 30 Mei

(Hemelvaart), 5 Junie (Pinkster), 12 Junie (skole sluit die Vrydag en dan is dit wintervakansie tot die 9de Julie. Dus, ons heropen eers

DV10 & 11 Julie. Jammer met ‘n apologie. Navrae: Clifford by [email protected]

Page 3: Hartklop 28 APRIL 2019hartklop.ngkonrusrivier.co.za/pdf/Hartklop 28 April 2019.pdf · ‘Drie Dae Verhale’ met ‘n tragiese Vrydag. Dan kom die Saterdag en God is of dood of weg

GEBEDE VIR SIEKTE EN BEMOEDIGING

CHEMO / BESTRALING / BEHANDELING: Bennie Kotze, Alet Gerber, Johann du Preez

IN DIE HOSPITAAL EN AANSTERK TUIS: Suzette Rust, Wilma Ehrenberg

SIEKTE / SORGEENHEID / BEMOEDIGING: Peet Geyser, Louis Scholtz, Werner Setzkorn, Helena Becker, Steward McFarlane, Ernie Stephan, Louis van Dyk, Johan Spies

MEEGEVOEL MET Susan, familie en vriende met die heengaan van Theo de Koker. Met Miranda Hermanson met heengaan van haar ma. Met Betsie Geldenhuys met heengaan van haar ma. Met Marietjie Erasmus met die heengaan van haar man Theuns.

OP ONS KNIEË VIR SUID-AFRIKA

“en bid tot MY met dank- en smeekgebede”

MAANDAG 29 APRIL Vader, vandag pleit ons vir die vervolgde kerke regoor die wêreld. Ons hoor van mense wat tydens Paasfees in kerke doodgeskiet word. Ons bid dat die Heilige Gees self sal troos en hoop bly gee. Ons bid vir elke kind van God, waar hulle ookal is, om vas te hou aan die boodskap van die oorwinnende en opgestane Heer.

DINSDAG 30 APRIL Ons bid vandag teen die haat, geweld, rassisme, liefdeloosheid en hooploosheid wat in soveel mense in ons land se harte groei. Kom Heilige Gees en verander my vrees na geloof, my bekom-mernis na vertroue en verander my haat na liefde. Begin by my Here, verander my!

WOENSDAG 1 MEI (WERKERSDAG) Here God, vandag smeek ons U vir ‘n land waar daar werksgeleenthede kan wees vir almal. ‘n Suid-Afrika waar ons kan hande vat en saamwerk om ons land weer op te bou, te vernuwe, te laat groei. Ons kan dit nie sonder U doen nie Here, ons het U nodig! Kom en versterk ons, kom en lei ons en wys ons hoe ons saam vorentoe die pad moet stap.

DONDERDAG 2 MEI Vandag wil ons U loof en dank vir U beskerming oor elkeen van ons. Ons erken dat ons totaal afhanklik is van U Here. Ons erken dat ons nie kan, of wil, sonder U nie. Neem ons hande Here.

VRYDAG 3 MEI Ons bid vir elke dominee, vir elke pastoor en geestelike leier in

Suid-Afrika. Ons bid dat U elkeen van hulle sal seën en bemoedig

in hierdie tye, sodat hulle hul gemeentes kan ondersteun, be-

moedig en lei om te bly volg in Jesus se voetspore.

ONRUSRIVIER DIENSSENTRUM

ALGEMENE INLIGTING

PLAASBOTTER EN KAAS is beskikbaar by die Dienssentrum teen R50 vir 500g van Dinsdae tot Vrydae vanaf 9h00 - 12h30. Daar is ook weer heerlike kaas beskikbaar. Kontak Hannie/Joan (028 316 1745) vir die prys.

Die Dienssentrum het ‘n FACEBOOKBLAD. Indien u wil gaan kyk na ons foto’s en berigte, word vriende van ons op die naam: Onrusrivier Dienssentrum.

LEDEGELD (LET WEL): LEDEGELD is vanaf 1 Maart betaalbaar by Hannie/Joan teen R400 per individu en R600 per egpaar. VIR U DAGBOEK

Koeksisters word op bestelling gebak op Maandag, 6 Mei, teen R30 per dosyn. Bestel asseblief voor Vrydag, 3 Mei by Bettie Lourens (076 129 3788). Daar is egter ook daagliks koeksisters beskikbaar by die Dienssentrum. Kontak Hannie/Joan indien u koeksisters wil koop.

Dinsdag, 7 Mei, om 10h00: Ondersteuningsgroep vir almal wat aan MNS, MS, spierdistrofie, Parkinsons, Alzheimer en alle vorme van Demensie ly en hulle familielede.

Vrydagaand, 10 Mei om 18h00: Ons nooi u uit na ‘n lekker byme-kaarkom by die Dienssentrum. U bring u eie bordjie eetgoed – dit wat u die aand sou eet en kom deel dit met die res van die groep. Indien u ‘n wyntjie wil saambring, is u meer as welkom. Bring asseblief net u eie glase saam. Ons voorsien koffie en tee. Daar gaan lekker musiek en lekker geselskap wees. Kom geniet die aand saam met ons. RSVP voor Woensdag, 8 Mei, by Joan/Hannie (028 316 1745). Ons moet net weet vir hoeveel mense om reg te maak.

Woensdag, 15 Mei: Ons verkoop weer Dienssentrum Wegneemetes. Bestel asseblief voor Vrydag, 10 Mei by Joan/Hannie (028 316 1745). Kom help ons om fondse op hierdie manier vir die Dienssentrum in te samel. Wat is beskikbaar?

Bobotie: R70 vir nie-lede (R60 vir lede van die Dienssentrum) Hoenderpastei: R65 vir nie-lede (R55 vir lede van die

Dienssentrum)

ONRUS DIENSSENTRUM: 028 316 1745

Vandag sluit ons Paasfees af met die volgende gedagte... Ons almal sukkel met iets leegs in ons lewens. Of dit 'n leë beursie, leë huis, leë kaste, huwelik, leë hart, leeg in gesondheid is. Wat ook al ons mee sukkel, maar vandag wil ek jou vertel van iets wat leeg is wat wonderlik is. Dit bring hoop, geluk, vrede, genesing, voorsiening, 'n toekoms van voorspoed ens. En dit is 'n

LEË GRAF. Dankie Jesus vir n leë graf dat ons deur dit alles kan hê in oorvloed. Dankie dat ons vrygekoop is deur U bloed en opstanding. Ons verlede is dalk vol hartseer, eensaamheid of ongeluk. Ons hede is dalk vol worries, maar ons toekoms saam met Hom is vol HOOP. Mag jy dit ervaar deur Jesus - vandag, môre en die res van jou lewe!

Page 4: Hartklop 28 APRIL 2019hartklop.ngkonrusrivier.co.za/pdf/Hartklop 28 April 2019.pdf · ‘Drie Dae Verhale’ met ‘n tragiese Vrydag. Dan kom die Saterdag en God is of dood of weg

DS MICHIEL DE KOCK 028 316 4174 (K)

083 468 8194 [email protected]

DR WILHELM BURGER 028 316 2110 (K)

083 448 1651 [email protected]

DS ANTON DUVENHAGE 072 477 3185

[email protected]

DR CLIFFORD HEYS 028 316 4895 082 37 55 410

[email protected]

VOORSITTER KERKRAAD Piet Vorster 081 399 0557

[email protected]

EVANGELIS Chookie Naudé 072 355 9633

[email protected]

MAATSKAPLIKE WERKER Dr Erika Oosthuysen

028 316 3115 (K) 079 322 0998

[email protected]

KOMMUNIKASIEBEAMPTE

Karin de Bruin 084 305 2086

[email protected]

ONTVANGS Mervian van der Merwe

084 875 7875 [email protected]

REK BEAMPTE Hanna de Jager 082 441 9759

[email protected]

ADMIN BEAMPTE Martie Verster 084 510 4618

[email protected]

KOSTER Deon van der Kooi

072 273 1494

KERKKANTOOR

Maandae - Vrydae

08h00 - 13h00

Tel (028) 316-2116

Bergstr 57, Onrus

SENDING (GBO) Geloofbelofteoffer

Bank: ABSA Rek. 916 9799 886

ngkonrusrivier.co.za

Gaan “like” ons gerus

NG Onrusrivier

Posbus 25 Onrusrivier 7201

DANKOFFERS NG Kerk Onrusrivier

Bank: ABSA Rek. 406 215 2718

Baie dankie vir hierdie Hartklopborg wat die druk van ons gemeenteblad moontlik maak. Dankie!

Haal die onsekerheid uit die verkoop van u eiendom

Skakel gerus vir Jaap van Staden (083 259 2940) vir ‘n gratis konsultasie en sonder enige verpligting.

Ek sal die bemarkings en verkoopsprosesse aan u verduidelik, asook alle dokumentasie benodig om aan al die wetlike vereiste te voldoen. Welkom!

10% van netto kommissie verdien op verkope sal aan Onrusgemeente geskenk word

KAMARADE FOTOBEDIENING BY NG GEMEENTE ONRUSRIVIER

OP 7 MEI 2019 @ 19:00

Ons het groot en wonderlike nuus!!! Wicus Leeuwner (befaamde fotograaf), gaan vir ons ‘n kort fotografiekursus aanbied!!! Dit gaan strek oor 4 x sessies versprei oor ‘n paar maande met tema:

As die skille afval - om weer te kan sien.

Dinsdag 7 Mei @ 19:00 begin die eerste sessie: Lesing 1: Kom ons haal die etikette af en kyk met ons emosies. Foto’s wat werk is waar jy die emosie wat jy ervaar het, kan oordra na die kyker deur visuele ontwerp te gebruik.

U is almal BAIE welkom om saam te kom leer. Die koste is slegs R20pp toegangsfooi.

Ons nooi u almal om ook deel te neem aan die bediening self. Hierdie maand neem ons “VUUR” af en u is welkom om 3 foto’s in te stuur teen Vrydag 3 Mei na [email protected]

NAVRAE: Gerhard van Helsdingen 083 306 9332

UNIVERSITY OF THE THIRD AGE (U3A)

BIED AAN

“AN ELEPHANT IN MY KITCHEN”

Francoise Malby-Anthony, die Frans-gebore weduwee van die merkwaardige “Elephant Whisperer” Lawrence Anthony, kom na Hermanus om haar aangrypende storie te vertel – hoe haar man ‘n verwilderde trop wilde oli-fante getem het en hul vertroue gewen het. Toe Lawrence weens ’n hartaanval in Johannesburg beswyk het, het die trop olifante na hul huis op die reservaat gekom om hul eerbied te betoon – en dit drie jaar na mekaar op dieselfde datum herhaal.

Francoise vertel met behulp van illustrasies en videos van haar man se spesiale band met die olifante, hoe sy skielik alleen gelaat is met die verantwoordelikheid om die Thula Thula Natuur-reservaat in KZN oor te neem, te bestuur en verder te ontwikkel. Sy vertel van haar stryd teen stropers en die sorgeenheid vir beseerde diere – en meer.

KOM DEEL IN HIERDIE VERSTOMMENDE VERHAAL OP DONDERDAG 16 MEI 2019 OM 18:00 BY DIE NG GEMEENTE ONRUSRIVIER. TOEGANGSFOOI R10,00. NAVRAE: GERT CLAASSEN 083 602 5254.