geloof wat aanhou: wellington oos 12 junie 2016 …  · web viewnet om ‘n paar dinge te noem wat...

13
Tema 1: Geloof wat aanhou 2 Pet. 1:3-8 Ontwikkel deur Leon Venter Skriflesing: 2 Petrus 1:3 – 8 3 Sy Goddelike krag het ons alles geskenk wat ons nodig het om te lewe en Hom te dien. Dit kom deurdat ons Hom ken wat ons geroep het deur sy heerlikheid en mag. 4 Deur dit te doen, het Hy ons die kosbaarste en allergrootste gawes geskenk wat Hy belowe het. Daardeur kan julle die verderf ontvlug wat deur begeerlikheid in die wêreld werksaam is, en deel kry aan die Goddelike natuur. 5 En juis om hierdie rede moet julle alles in die stryd werp om julle geloof te verryk met deugsaamheid, die deugsaamheid met kennis, 6 die kennis met selfbeheersing, die selfbeheersing met volharding, die volharding met godsvrug, 7 die godsvrug met liefde onder mekaar en die liefde onder mekaar met liefde vir alle mense. Bladsy 1

Upload: truongcong

Post on 06-Feb-2018

246 views

Category:

Documents


27 download

TRANSCRIPT

Page 1: Geloof wat aanhou: WELLINGTON OOS 12 JUNIE 2016 …  · Web viewNet om ‘n paar dinge te noem wat die NG kerk die ... Ons geloof gaan oor die lewende, ... Teiste raak bang en dan

Tema 1: Geloof wat aanhou

2 Pet. 1:3-8

Ontwikkel deur Leon Venter

Skriflesing: 2 Petrus 1:3 – 8

3Sy Goddelike krag het ons alles geskenk wat ons nodig het om te lewe en Hom te dien. Dit kom deurdat ons Hom ken wat ons geroep het deur sy heerlikheid en mag.

4Deur dit te doen, het Hy ons die kosbaarste en allergrootste gawes geskenk wat Hy belowe het. Daardeur kan julle die verderf ontvlug wat deur begeerlikheid in die wêreld werksaam is, en deel kry aan die Goddelike natuur.

5 En juis om hierdie rede moet julle alles in die stryd werp om julle geloof te verryk met deugsaamheid, die deugsaamheid met kennis,

6 die kennis met selfbeheersing, die selfbeheersing met volharding, die volharding met godsvrug,

7 die godsvrug met liefde onder mekaar en die liefde onder mekaar met liefde vir alle mense.

8 As julle dit alles besit en dit neem steeds toe, sal julle met ywer en met vrug ons Here Jesus Christus beter leer ken.

Bladsy 1

Aandag aan kinders:

1. Aan watter kerk behoort julle?

2. Is julle lidmate van die kerk?

3. Hoe het julle lidmate geword?

4. Hoe oud is julle kerk?

5. Hoekom kom julle elke Sondag bymekaar?

6. Hoe oud is die kerk van Jesus?

7. Dink julle die kerk sal oor ‘n 100 jaar nog hier wees? Hoe gaan ons dit regkry?

Page 2: Geloof wat aanhou: WELLINGTON OOS 12 JUNIE 2016 …  · Web viewNet om ‘n paar dinge te noem wat die NG kerk die ... Ons geloof gaan oor die lewende, ... Teiste raak bang en dan

Deur julle geloof in en verbintenis aan Jesus Christus kry julle deel aan die Goddelike natuur.

Daarom is julle geloof kosbaar. Daarom is julle verbintenis aan Jesus Christus kosbaar. Julle

verbintenis aan Jesus kom dit tot vervulling in ‘n lewe van liefde.

Ons tema vanoggend is; Om te volhard in ons geloof in Jesus.

Ons leef in ‘n tyd dat ons almal bewus is daarvan dat mense die kerk verlaat omdat hulle

skepties raak or hul eie geloof in God en Jesus. Ons almal ken mense wat so hul geloof verloor.

Vriende, kom ons wees met mekaar baie eerlik. Ons leef in ‘n dramatiese tyd in die geskiedenis

van die wereld. Ons beleef ‘n tyd dat daar vyandskap ontwikkel teen geloof in die Bybel en die

Drie Enige God en Jesus Christus. Ons beleef dit in ons eie huise. Ons hoor hoe ons eie kinders

en ons buurman en ons vriende en ons kollegas vir ons sê: Ek glo nie meer nie. Die kerk mislei

ons.

Ons NG kerk en alles wat in SA ontwikkel het rondom die Christelike geloof het grootliks uit

Nederland gekom. Vandag is Nederland die mees gesekulariseerde land in Europa. Byna nie ‘n

week gaan verby of ‘n kerk wat leegstaan word verkoop aan ‘n nie godsdienstige organisasie,

want daar is geen nut meer vir die kerk nie.

“Ons moet ook nie dink dit is ver weg van ons af nie. Vanaf die laat tagtiger jare tot en met

2015 het 'n hele aantal gemeentes in die voorstede van Kaapstad verdwyn. Baie plattelandse

gemeentes krimp vinnig en kan nie meer 'n vol predikant bekostig nie. Hulle stel dominees in

tydelike kontrakposte aan. Die NG kerk sukkel in gebiede waar die demografie verander het en

oral hoor jy van gemeentes wie se getalle daal. Ons het uitdagings."

Ons beleef ‘n situasie dat ons in een generasie van dertig jaar ‘n dramatiese verandering beleef

van mense wat almeer sukkel om vol te hou met hul geloof in die Drie Enige God, Vader, Seun

en Heilige Gees.

Bladsy 2

Page 3: Geloof wat aanhou: WELLINGTON OOS 12 JUNIE 2016 …  · Web viewNet om ‘n paar dinge te noem wat die NG kerk die ... Ons geloof gaan oor die lewende, ... Teiste raak bang en dan

Dalk is hier mense vanoggend wat nie meer heeltemal seker is oor waar jy staan met geloof in

God en Jesus nie. Ek is bly jy is hier. En my gebed is dat jy vanoggend ‘n positiewe ervaring van

God se teenwoordigheid sal hê. Dat iets in jou gees sal gebeur.

Ek wil vir jou, maar ook elkeen wat seker en vas glo en verbind is aan Jesus Christus nooi om vir

‘n paar oomblikke terug te gaan in jou lewe na die tye en plekke en geleenthede waar jy dalk

die eerste keer bewus geword het van jou geloof in Jesus, waar jy keuses gemaak het, maar ook

waar jy begin vrae vra het, begin twyfel het, dalk begin vertel het jy glo nie meer nie.

Ons almal gaan deur twyfel. Deur onsekerheid.

Ek wil jou nooi om jou oë saam met my toe te maak en terug te gaan op ‘n reis in jou eie lewe.

Gaan in jou gedagtes terug na die plek en tyd waar jy was toe jy vir die eerste keer oor Jesus en

God begin dink het. (Miskien in ‘n groep, op ‘n kamp, of alleen in jou kamer, dalk ‘n gesprek, of

‘n groot gebeurtenis in jou lewe)

Dink aan ‘n keer toe jy so seker was van Jesus en God. Toe jy ‘n keuse gemaak het en jou lewe

oorgegee het aan Hom? Hoe het jy gevoel? Wie was saam met jou? Wie was die getuies van jou

geloof?

Dink aan ‘n tyd toe jy begin twyfel het? Toe jy gedink het dit is verby, jy is klaar met geloof in

God? (Krisis? Wat het gebeur? Waar was jy? Wat het jy gevoel?)

Waarom het jy vanoggend besluit om kerk toe te kom, om hier te kom wees tussen gelowiges?

Waarmee worstel jy in hierdie stadium van jou lewe in jou geloof in God?

Dat mense wegdraai in hul geloof, weg van Jesus, weg van die kerk het nog altyd gebeur. Dit is

nie nuut nie. Jesus het dit self ook beleef: Ons lees van Sy ervaring van verlies van gelowiges in

Joh. 6:64-68:

Bladsy 3

Page 4: Geloof wat aanhou: WELLINGTON OOS 12 JUNIE 2016 …  · Web viewNet om ‘n paar dinge te noem wat die NG kerk die ... Ons geloof gaan oor die lewende, ... Teiste raak bang en dan

64 Maar daar is party van julle wat nie in My glo nie.” Jesus het immers van die begin af geweet wie dit is wat nie glo nie, en wie dit is wat Hom sou verraai.

65 Verder het Hy gesê: “Daarom het Ek vir julle gesê niemand kan na My toe kom as die Vader dit nie aan hom gegee het nie.”

66 Hieroor het baie van sy dissipels omgedraai huis toe en nie meer saam met Hom gegaan nie.

67 Toe vra Jesus vir die twaalf: “Wil julle nie ook weggaan nie?”

68 Simon Petrus het Hom geantwoord: “Here, na wie toe sal ons gaan? U het die woorde wat ewige lewe gee.

69 En ons glo vas en ons weet dat U die Heilige van God is.”

Waar staan jy? Dink jy ook soms daaraan om jou geloof in Jesus te laat vaar?

Beleef jy ook dat daar mense is in jou familie en vriende kring wat nie meer glo nie en neersien

op Christene met negatiewe en skeefgetrekte sienings? Beleef jy ook geloofstwyfel?

Die Hebreërskrywer sê in Heb. 12:1 en 2: ......laat ons die wedloop wat vir ons voorlê met

volharding hardloop, die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van ons geloof (Heb. 12:1

en 2)

Ons kan maar eerlik met mekaar wees oor ons eie struggle om te volhard in ons geloof. Dit is

moeilik en meer as ooit moet ons doelbewus kies om Jesus te bly volg.

Weet jy hoekom ek praat oor volharding in geloof vanoggend? Omdat ek wil praat oor hoop en

volharding van Christene in die NG kerk en oor ons lewe in Suid Afrika. Hoe leef ons in Suid

Afrika?

Ons het baie uitdagings in Suid Afrika. Dit is geen geheim nie. Ons het reusagtige sosiale

uitdagings in Suid Afrika. En weet u, ek en jy leef nou, ons moet antwoorde kry op die

uitdagings. Ons is nou hier. Ons kan nie oor ons skouer kyk na ander nie, of kritiek gee op ander

Bladsy 4

Page 5: Geloof wat aanhou: WELLINGTON OOS 12 JUNIE 2016 …  · Web viewNet om ‘n paar dinge te noem wat die NG kerk die ... Ons geloof gaan oor die lewende, ... Teiste raak bang en dan

nie. Ons kan nie meer kwaad wees vir die ooms nie. Dit is nie meer 1990 nie. Dit is die jaar

2016. Die vraag is gewoon: Wat doen ek? Wat is my bydrae?

Ek wil eintlik vanoggend net een dink vir julle sê:

Die NG kerk waarvan ons deel is het ‘n trotse geskiedenis van ‘n bydrae lewer tot die sosiale

uitdagings in ons land, armoede, kinders, ou mense.

In ons land was die Afrikaner na die groot Depressie in ‘n krisis met grootskaalse armoede 30

jaar na die Boere oorlog. Die NG kerk het dit raakgesien en leiding geneem. Ons kerk het in

1935 ‘n Volkskongres gehou in Kimberley rondom die Armblanke vraagstuk. Daaruit is Volkskas

gebore die huidige ABSA. Die bank van die Afrikaner. ‘n Verbeeldingryke beweging het ontstaan

en werkskolonies is ontwikkel by Kakamas en Keimoes en Marchand. Dit is nou 70 jaar later.

Gaan kyk nou hoe vooruitstrewend daardie dorpe is en hul boere, van die rykste boere in die

land. Net om ‘n paar dinge te noem wat die NG kerk die afgelope 100 jaar sedert 1916 gedoen

het:

Die NG kerk in die Weskaap, julle en my kerk het die grootste welsynsorganisasie in Suid Afrika

ontwikkel Badisa (Ons doen dit saam met die VGK). Daar werk 2800 mense vir hulle, hulle

omset is meer as R300 miljoen per jaar, hulle bedien 750 000 behoeftige mense per jaar. Die

staat dra ongeveer 48% van hul begroting by. Daar is 45 maatskaplike werk kantore, 48

ouetehuise, substansafhanklikheid inrigtings, 4 kinderhuise en talle ander programme gerig op

behoeftiges in ons samelewing. Die NG kerk se eiendom wat in diens van die gemeenskap is

(nie kerke nie) is ver meer as R2 miljard werd. Gebou met geld uit pannekoeke en koeksisters

en skape wat geskenk is van God se mense.

Die NG kerk is 360 jaar in hierdie land. Ons het saam met Jan van Riebeeck hier gekom. In die

360 jaar het die NG in hierdie land ‘n rol gespeel wat onge ewenaard is deur enige ander

organisasie. God se mense het dit gedoen. In elk geslag, en elke tyd.

Bladsy 5

Page 6: Geloof wat aanhou: WELLINGTON OOS 12 JUNIE 2016 …  · Web viewNet om ‘n paar dinge te noem wat die NG kerk die ... Ons geloof gaan oor die lewende, ... Teiste raak bang en dan

Nou wil ons weer ‘n groot ding doen. Verbeeldingryk. Ons wil bydra om ons land se toekoms

oor 50 jaar op ‘n totaal nuwe trajek te plaas. Daarom fokus ons op die ontwikkeling van klein

kinders veral in hul eerste 1000 dae. Ons glo die tyd het gekom dat ons almal ons geloof moet

wys deur sosiaal betrokke te wees.

Hoekom vroeë kind ontwikkeling? Hoekom die eerste 1000 dae?

70% Matriekslaagsyfer. Klink goed, maar 52% kinders in SA kom nooit by Matriek uit nie. So ons

praat van 70% van 48%.

SA se geletterdheid is swakker as Zimbabwe, Malawi, Mosambiek, Swaziland. Ongeveer 30%

van 13 jaar oue kinders in Suid Afrika is funksioneel ongelettered is, ten spyte van die feit dat

hulle skool toe gaan sedert hulle 6 jaar oud is.

Neuro-wetenskaplikes, ekonome, politici stem oor een ding saam. As ons ‘n verskil wil maak,

moet ons fokus op vroeë kind ontwikkeling. En die rede is eenvoudig. In die eerste 1000 dae

van ‘n kind se lewe groei sy brein die meeste. Ons moet help om daardie breinontwikkeling

optimaal te stimuleer. Daar is 4 dinge nodig om dit te doen.

1. Kos.

2. Gesondheid. (Toegang tot mediese versorging)

3. Sekuriteit. (veilige verhouding met ‘n volwassene)

4. Stimulasie.

Die rede waarom ekonome, politici en medici saamstem ons moet fokus op klein kinders in die

eerste 1000 is omdat dit nou wetenskaplik bewys is dat die kind se brein dan die meeste

ontwikkel. As die breinontwikkeling nie genoeg is nie, word die kind beperk vir die res van sy

lewe. As ‘n kind nie genoeg kos gehad het nie, nie toegang tot mediese dienste nie, nie

emosionele sekuriteit beleef het nie, nie gestimuleer is nie, is sy intellektuele vermoë vir die res

Bladsy 6

Page 7: Geloof wat aanhou: WELLINGTON OOS 12 JUNIE 2016 …  · Web viewNet om ‘n paar dinge te noem wat die NG kerk die ... Ons geloof gaan oor die lewende, ... Teiste raak bang en dan

van sy lewe beperk. Hulle gebruik die Engelse term “stunted”. So ‘n kind is gestrem vir die res

van sy lewe. So ‘n kind is kleiner en korter as ander kinders, sy brein is fisies aangepas om

ingestel te wees op oorlewing.

Ons glo Jesus stuur ons om hande te vat met arm vroue in ons gemeenskappe, gemeentes,

NGO’s, besighede, die staat om te help om jong kinders ‘n kans te gee om hul brein so te

ontwikkel dat hulle potensiaal kan ontsluit word as hulle ouer word. ‘n Simpel stukkie statistiek:

‘n Kind se aantal woorde wat hy ken op ouderdom drie is die beste voorspeller van sukses op

skool en latere lewe. Kinders van bevoorregte ouers ken 1 200 woorde teen die tyd wat hulle

drie jaar oud is. Arm kinders ongeveer 700. Ons moet hierdie gaping kleiner maak. Die beste

ding wat ons almal kan doen is om stories vir kinders te lees.

Ek glo dat ons as volgelinge van Jesus geroep is om Sy koninkryk te dien, ons is geroep om in

plaas van vrees en bekommernis, ons hand aan die ploeg te slaan en ‘n verskil te maak, juis in

die omstandighede ons wat ons nou in SA beleef. Sodat ons kinders oor 30 jaar in ‘n ware

nuwe Suid Afrika kan leef.

Ek wil jou herinner daaraan dat die Groote Kerk in Kaapstad wat ons almal se moeder is al meer

as 350 jaar oud is. En dit is hoe lank die NG kerk en ons almal in diens is van die evangelie in SA.

Ek wil jou ook herinner vanoggend:

Die NG kerk is vol gelowige mense, wonderlike mense. In die NG kerk gaan dit oor Jesus. Ons

geloof is nie in ‘n persoon wat 2 000 jaar gelede geleef het nie en ons vertel maar net stories

oor Hom nie. Ons geloof gaan oor die lewende, werklike Jesus wat saam met die Vader en die

Heilige Gees in hierdie wereld, in my lewe, in jou lewe werksaam is.

Hierdie Jesus het eenmaal ‘n kind op sy skoot getel en vir Sy dissipels gese: “Wie ‘n kind in My

Naam ontvang, ontvang My.”

Bladsy 7

Page 8: Geloof wat aanhou: WELLINGTON OOS 12 JUNIE 2016 …  · Web viewNet om ‘n paar dinge te noem wat die NG kerk die ... Ons geloof gaan oor die lewende, ... Teiste raak bang en dan

Die filosoof Charles Taylor se ons kry twee soorte geloof:

Deisme: Dit is waar mense in God en die Bybel en in Jesus glo, maar hulle het geen verhouding

met Hom nie. Hierdie mense kry dit maklik gesê: “Ek is klaar met die kerk.”

Die anders soort geloof noem hy Teisme: Teisme is waar mense glo in God en die Bybel en

Jesus. En hulle leef daagliks bewustelik in ‘n verhouding met Hom. Hulle ervaar die

teenwoordigheid van God die Vader en die Seun en Heilige Gees.

Vir ‘n deis is God baie ver daarbo en jy kan maklik jou geloof in Hom verloor. Vir ‘n teis Jesus is

nie ‘n God daar ver nie. ‘n Teis glo in die lewende Vader, Seun en Heilige Gees, teenwoordig,

kragtig.

‘n Deis lees die koerant en vra bekommerd: Waar is God? ‘n Teis lees die koerant en luister

nuuskierig: Waarmee is God besig in die wereld? Hoe kan ek aansluit by God? Waarmee is God

besig in my lewe? Hoe maak ek my lewe en my gedagtes oop sodat God sy doel in my lewe kan

bereik. Deiste is godsdienstig, Teiste is aksie gerigte gelowiges. Deiste gee moed op, raak sinies

en moedeloos. Teiste dans in die gange, begin nuwe aksies, lees die Bybel met oorgawe en

beleef God elke dag in hul lewe, hulle het ‘n verhouding met Vader, Seun en Heilige Gees.

Teiste leef met hoop en dankbaarheid, hulle bly verander, hulle kies hulle om almeer liefde uit

te leef teenoor hul man, vrou kinders, kollegas, want hul weet, die liefde is die vervulling van

die wet, die liefde is die teken dat ons deel in die natuur van God. God is liefde. Liefde is die

teken God leef en is teenwoordig in hierdie wêreld.

Ons glo God is op pad met hierdie wêreld en met my.

Teiste raak bang en dan word hulle daagliks stil en wag vir die innerlike versterking van die Gees

in my binneste. Teiste gee hulle nie oor aan intellektuele twyfel nie, maar bly vashou aan die

Bladsy 8

Page 9: Geloof wat aanhou: WELLINGTON OOS 12 JUNIE 2016 …  · Web viewNet om ‘n paar dinge te noem wat die NG kerk die ... Ons geloof gaan oor die lewende, ... Teiste raak bang en dan

liefde as die enkele grootste krag in hierdie lewe. Want so glo ek: God is liefde. As ek liefhet,

deel ek in die natuur van God, as ek liefhet soos Jesus, deel ek in die natuur van God, en deel ek

in die transformasie van hierdie wereld en hierdie lewe en in my huwelik en in my gesin.

Ek weet nie waar jy is vanoggend met Jesus nie. Ek kan maar net teenoor jou getuig:

As Jesus voor my staan vanoggend en vir my vra: “[Naam], mense raak afvallig van my en

verloor hul geloof. Wil jy ook gaan? Dan het ek vanoggend geen ander antwoord: “Jesus,

waarheen moet ek gaan, U het die woorde van die lewe.”

Bladsy 9