geestelike dissiplines voorbeeld

3

Click here to load reader

Upload: jimi-le-roux

Post on 23-Mar-2016

243 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

Die voorblad en eerste deel van ons kursus "Geestelike Dissiplines".

TRANSCRIPT

Page 1: Geestelike Dissiplines Voorbeeld

Padlangs Geestelike Dissiplines

Bladsy 1

GGeeeesstteelliikkee

DDiissssiipplliinneess GGeeeesstteelliikkee DDiissssiipplliinneess iiss ggeewwoooonntteess iinn oonnss lleewwee wwaatt rruuiimmtteess sskkeepp oomm GGoodd ttee bbeelleeeeff eenn ggeeeesstteelliikk ttee ggrrooeeii..

Welkom by hierdie kursus! Christene beweeg vandag weg van ‘n

suiwer rasionele Christenskap. Hulle soeke na meer van die Here

beweeg dikwels in een van twee rigtings: die charismatiese of die

kontemplatiewe. Sommige mag glo dat hierdie twee rigtings

mekaar uitsluit, maar in werklikheid is daar een Kerk en een Here

wat in sy Kerk werk. Ons moet eerder onderskei wat die Here

doen, en gedoen het deur die eeue, en hoe ons daardeur geestelik

kan groei. Hierdie kursus maak gebruik van die kontemplatiewe

spiritualiteit wat oral, ook in evangeliese en charismatiese kerke,

ingang vind omdat dit so diep mense se geestelike behoeftes

aanspreek. Hierdie kursus is net ‘n kort inleiding by elke tema en

geheel en al nie omvattend nie; ‘n weeklikse inspirasie om die leser

aan te moedig om van die beginsels toe te pas. Ek bid dat jy ook,

aan die einde van hierdie kursus, nuwe diepte sal ervaar in jou

geestelike lewe. Pas dit wat jy geleer het biddend toe!

JJiimmii llee RRoouuxx

INHOUDSOPGAWE INLEIDING #1 Wat is Spiritualiteit? #2 Wat is Geestelike Dissiplines? #3 Liggaamlike Dissiplines INNERLIKE DISSIPLINES #4 Die Dissipline van Stilte #5 Die Dissipline van Gebed #6 Die Dissipline van Meditasie UITERLIKE DISSIPLINES #7 Die Dissipline van Blydskap #9 Die Dissipline van Afsondering #8 Die Dissipline van Aanbidding #10 Die Dissipline van Eenvoud #11 Die Dissipline van die Woord #12 Die Dissipline van Vas #13 Die Dissipline van Studie GEMEENSKAPLIKE DISSIPLINES

#14 Die Dissipline van Gemeenskap #15 Die Dissipline van Belydenis #16 Die Dissipline van Onderwerping SLOT #17 Die Dissipline van Diens #18 Jou Regula

DOEL

Die doel van hierdie kursus is om die student te inspireer om ‘n geestelike lewe te ontwikkel, meer van God te ervaar en ‘n lewe van gehoorsaamheid te leef.

© 2008 Padlangs Bediening ���� www.jimileroux.com ���� Alle regte voorbehou

���� Kopiëring verbode

Page 2: Geestelike Dissiplines Voorbeeld

Padlangs Geestelike Dissiplines

Bladsy 2

Deel #1

WWaatt iiss SSppiirriittuuaalliitteeiitt?? HHiieerrddiiee ddeeeell ggaaaann oooorr ddiiee tteerrmm ssppiirriittuuaalliitteeiitt eenn ddiiee nnooooddssaaaakk vvaann ‘‘nn ggeeeesstteelliikkee ddiimmeennssiiee iinn oonnss lleewweennss..

1.1 Inleiding Welkom by hierdie kursus oor geestelike dissiplines! Dit is ‘n baie belangrike tema vir

elke kind van God. Aan die einde van hierdie kursus behoort jy:

• Te verstaan dat lewensdissipline onontbeerlik is vir ‘n gebalanseerde lewe, en

spesifiek vir ‘n verhouding met God;

• Geïnspireer te wees (deur die Heilige Gees) om jou lewe in groter balans te

bring, en om met groter dissipline te leef;

• Daadwerklik jou lewe so in te rig dat daar gereelde beoefening is van die

geestelike dissiplines.

Die kursus is teoreties van aard – en jou taak is om dit ook in jou eie lewe, by jou eie

huis prakties te gaan toepas. Mag die Here gee dat hierdie doelwitte ook in jou lewe

bereik sal word.

1.2 Spiritualiteit Spiritualiteit is ‘n woord wat op die mens se belewing van die Goddelike betrekking het.

Die noodsaak van spiritualiteit Spiritualiteit is ‘n belangrike begrip vandag, want die moderne mens in vandag se

wêreld leef ‘n oppervlakkige lewe. Ons bestaan word gekenmerk deur:

• ‘n Gejaag, ‘n gemaal en ‘n geraas. Die mens se hele lewe word deur ander

bepaal, en alles moet vinnig plaasvind. Stres is die grootste probleem van die

tyd. Ten spyte van die rekord getal “tydbesparende” toestelle en middele, het

mense vandag minder tyd vir hulleself as ooit in die verlede.

• Alles wat verander – die kenmerk van die 21ste eeu is KONSTANTE

VERANDERING en dus ook konstante aanpassing. Die kleiner wordende

wêreld het groter beweeglikheid gebring en dit kan wees dat ‘n gesin in ‘n

leeftyd in verskeie stede of lande woon, of dat ‘n gesin gelyktydig op verskeie

kontinente woon. Die gemiddelde persoon beoefen dalk 5 verskillende beroepe

in sy lewe, en die eise van werkgewers aan werknemers word al hoe groter. Dit

wat in die verlede wortels en ankers was, bv. sy geskiedenis, tradisie,

godsdiens, gemeenskapsbetrokkenheid, uitgebreide familie, en werksekerheid

is alles in die weegskaal. In ons wêreld is die wetenskap koning en dit het die

geestelike gerelativeer. God en geloof kan nie (so maklik) empiries bewys

word nie, en mense het daarvan afgesien en die materiële, sigbare, tasbare

begin nastreef.

• Die impak van die media is ook geweldig:

kommunikasie het vertienvoudig, en mense word

gebombardeer met inligting en boodskappe, waarvan die

meeste ontoepaslik en onnodig is.

• Waardes wat verander het: van familiewaardes,

gemeenskapswaardes, en godsdienstige waardes na

materialistiese waardes en die soeke na genot en ontspanning.

GEESTELIKE DISSIPLINES ► Inleiding Dele 1,2,3 ► Innerlike Dissiplines ► Uiterlike Dissiplines ► Gemeenskaplike Dissiplines

► Slot

DOEL Die doel van die kursus is om die student te inspireer om ‘n geestelike lewe te ontwikkel, meer van God te ervaar en ‘n lewe van gehoorsaamheid te leef.

© 2008 Padlangs Bediening ���� www.jimileroux.com ���� Alle regte voorbehou ����

Kopiëring verbode

Page 3: Geestelike Dissiplines Voorbeeld

Padlangs Geestelike Dissiplines

Bladsy 3

Dit is maklik om in die gejaag vasgevang te raak en om dinge te probeer bekom (en dit

ook reg te kry) wat die dieper behoeftes nie bevredig nie. Daarom raak die mens

vervreem van sy wêreld, en vind vereensaming en vervlakking plaas. Ten spyte van

baie uiterlike besit is daar armoede in die gees. Daarom is daar ‘n nuwe soeke na sin,

na vastigheid en diepte. Spiritualiteit is ‘n uitvloeisel van daardie behoefte

(ongelukkig is dit ook die aanleiding vir baie belangstelling in New Age leringe, die

okkulte, of na valse godsdiens).

Spiritualiteit is die soeke na ‘n ontmoeting met God.

Richard Foster sê “Oppervlakkigheid is die vloek van ons tyd. Die leer van

kitsbevrediging is die grootste geestelike probleem. Vandag is die desperate behoefte

nie aan meer intelligente of meer begaafde mense nie, maar aan diep mense”.

Spiritualiteit is die soeke na geestelike diepte.

1.3 Soorte spiritualiteit Spiritualiteit is ‘n breed menslike verskynsel wat hand aan hand gaan met mense

oraloor se soeke na God. Ons bemoei ons net met Christelike spiritualiteit en merk op

dat verskillende kerktradisies elk ‘n verskillende belewing van God het. Daar is bv. ‘n

• “Katolieke spiritualiteit” met ‘n klem op ritueel, mistiek en sintuiglike

belewing: sakrament, chant, kerse, wierook, salwing, ens.

• “Gereformeerde spiritualiteit” met ‘n klem op geestelike soberheid en

nugterheid, hardwerkende lewenstyl, min godsdienstige vertoon, ens.

• “Charismatiese spiritualiteit” met ‘n klem op geloof, krag, wonder en gawe,

emosionele belewing en deelname.

Elk het sy sekere manier van aanbidding wat as geestelik beskou word. Elk glo

natuurlik ook dat sy besondere geestelike belewing die regte is, en dat die ander s’n

oppervlakkig is! Dat sy eie tradisies ryker en sinvoller is, ja meer Bybels is! Ons moet

egter leer om op te hou om ander te veroordeel en eerder te konsentreer op ons eie

geestelike lewe. Laat ons onthou dat God in die Ou Testament behaag is deur die

brand van kerse en wierook, baie ritueel en die bring van offers (trouens dit was sy

bevel). Waarom? Omdat Hy die mense van hulle tyd wou help met simbole en rituele

om Hom beter te verstaan en te dien. Hulle was ‘n sekere soort mens in ‘n sekere tyd.

Hy laat hulle ‘n vorm toe sodat hulle die inhoud of wese daarvan kan begryp. En so is

daar ook vandag sekere soorte mense en sekere vorme van aanbidding. Meer

belangrik as die vorm is die inhoud van die aanbidding en al die kerklike tradisies

fouteer deur hulle eie vorm as die ware aanbidding voor te hou. Nogtans soek ons, wat

spiritualiteit betref nie soseer na ‘n vorm nie, maar na ‘n lewenswyse wat aktief op

God gerig is, en op dade wat ons verhouding met God doelgerig bou. Die

kenmerke van so ‘n lewe is ‘n geestelike uitkyk, bewussyn van God se teenwoordigheid,

kinderlike geloof, eenvoud en vreugde. Ons kan dit ook noem die spiritualiteit van die

lewe. So ‘n lewe is bykans onmoontlik as ons nie die beginsel van dissipline verstaan

nie, waarna ons volgende week sal kyk.

Besprekingsvrae ► Bespreek die belewing van GEJAAG van die lewe, die GEMAAL van mense en die GERAAS van die wêreld. Hoe veroorsaak dit stres? Hoe kan ons daarvan ontsnap? ► Bespreek hoe dinge verander het in die laaste 20 of 30 jaar, met die klem op die rol van die geestelike dinge. ► Bespreek die stelling: “Die jeug van vandag het vroeg reeds baie kennis, maar is spiritueel arm”. ► Lees en bepeins 1 Konings 8:58 in “The Message”. ► GEVORDERD: Hoe het die modernisme aanleiding gegee tot geestelike verarming en wat is die reaksie van die

postmodernisme daarop?

May he keep us centred and

devoted to him, following the life

path he has cleared, watching the signposts,

walking at the pace and rhythms he laid

down for our ancestors.

1 Kings 5:58 The Message