galasiërs 5:13-25 - api.ning.comapi.ning.com/files/jjjlat-phqhjklbjbcrvcvfkaf51z-alj6i5m5ep0... ·...

8
1 Ene ore! Nuwe maniere LP3 Jaar 3 © Jeugfokus 2014 13. Hoe lyk jou leefstyl? Galasiërs 5:13-25 Tema Die Heilige Gees kom bly in God se kinders en laat mooi dinge in hulle lewens uitkom soos wat ’n boom vrugte dra. Agtergrond In Galasiërs verduidelik Paulus dat ons gered word deur die verlossing wat Jesus Christus bewerk het, en nie deur allerhande wette of voorskrifte na te volg nie. Die wet en voorskrifte soos die besnydenis of oor watter kosse om nie te eet nie, kan ons nie die ware lewe gee nie nie. Sulke voorskrifte en wette maak jou soos n slaaf wat reëls moet gehoorsaam. Dit is nie soos in n liefdesverhouding tussen n ouer en sy kind of n afrigter en sy leerder nie. Deurdat Jesus ons losgekoop het, weet ons dat ons kinders van God is. Daarom Het God sy Gees in ons harte uitgestort en is ons nou in n verhouding met Hom: ons noem Hom Vader (Gal 4:5-7) en is sy erfgename. En so wil ons graag leef en nie met wette en reëls in toom gehou word nie. Vanuit hierdie basis word daar nou met gelowiges gepraat. Ons vryheid is nie n vrypas om sonde te doen nie, maar om waarlik te kan leef. En hierdie ware leefwyse is om mekaar (broers en susters vers 13) in liefde te dien. Hy verduidelik dat die sondige natuur in ons baklei met die Gees van God in ons. Die gedrag van mense wat luister na die sondige natuur, word beskryf met n reeks begrippe wat aantoon dat dit sy medemense net gebruik en seer maak, en daarom nie werklik vry is nie. Wanneer ons toelaat dat die Gees ons gedrag bepaal, kom daar mooi dinge na vore wat tot voordeel van die naaste is, en ons waarlik laat lewe. Die volgende opmerkings oor die vrug van die Gees: 1. Dit is n uitvloeisel van wat gebeur wanneer die Gees deur ons werk. 2. Die ‘vrug’ word as ’n eenheid beskryf. Dit vorm alles deel van die eenheid. Die een hoort by die ander. 3. Dit is nodig dat ek, as volgeling van Jesus, die negevoudige vrug van die Gees ken (bewus is van die inhoud daarvan) sodat ek ook daarop sal konsentreer en die Heilige Gees beheer oor my lewe gee om dit in my te laat groei. Bybelgedeelte Hoofgedagtes van die ontmoeting Vertel n eietydse gelykenis 1. Die twee atlete Lees Galasiërs 5:13 2. Ek is vrygemaak van slawewette, om ander in liefde te dien. Vertel Galasiërs 5:16-21 3. Gee die Gees beheer en nie die ou sondige begeertes nie. Lees Galasiërs 5:22-23a en leer dit aan 4. Fokus op die nuwe leefstyl wat die Gees ons wil aanleer. Lees Galasiërs 5:23b-25 5. Lewe deur die Gees en laat dit in jou gedrag uitkom.

Upload: trinhthuy

Post on 23-Jun-2018

214 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

1

Ene ore! Nuwe maniere LP3 Jaar 3 © Jeugfokus 2014

13. Hoe lyk jou leefstyl? Galasiërs 5:13-25

Tema Die Heilige Gees kom bly in God se kinders en laat mooi dinge in hulle lewens uitkom soos wat ’n boom vrugte dra.

Agtergrond In Galasiërs verduidelik Paulus dat ons gered word deur die verlossing wat Jesus Christus bewerk het, en nie deur allerhande wette of voorskrifte na te volg nie. Die wet en voorskrifte soos die besnydenis of oor watter kosse om nie te eet nie, kan ons nie die ware lewe gee nie nie. Sulke voorskrifte en wette maak jou soos ’n slaaf wat reëls moet gehoorsaam. Dit is nie soos in ’n liefdesverhouding tussen ’n ouer en sy kind of ’n afrigter en sy leerder nie. Deurdat Jesus ons losgekoop het, weet ons dat ons kinders van God is. Daarom Het God sy Gees in ons harte uitgestort en is ons nou in ’n verhouding met Hom: ons noem Hom Vader (Gal 4:5-7) en is sy erfgename. En so wil ons graag leef en nie met wette en reëls in toom gehou word nie.

Vanuit hierdie basis word daar nou met gelowiges gepraat. Ons vryheid is nie ’n vrypas om sonde te doen nie, maar om waarlik te kan leef. En hierdie ware leefwyse is om mekaar (broers en susters – vers 13) in liefde te dien. Hy verduidelik dat die sondige natuur in ons baklei met die Gees van God in ons. Die gedrag van mense wat luister na die sondige natuur, word beskryf met ’n reeks begrippe wat aantoon dat dit sy medemense net gebruik en seer maak, en daarom nie werklik vry is nie. Wanneer ons toelaat dat die Gees ons gedrag bepaal, kom daar mooi dinge na vore wat tot voordeel van die naaste is, en ons waarlik laat lewe. Die volgende opmerkings oor die vrug van die Gees: 1. Dit is ’n uitvloeisel van wat gebeur wanneer die Gees deur ons werk. 2. Die ‘vrug’ word as ’n eenheid beskryf. Dit vorm alles deel van die eenheid. Die een hoort

by die ander. 3. Dit is nodig dat ek, as volgeling van Jesus, die negevoudige vrug van die Gees ken

(bewus is van die inhoud daarvan) sodat ek ook daarop sal konsentreer en die Heilige Gees beheer oor my lewe gee om dit in my te laat groei.

Bybelgedeelte Hoofgedagtes van die ontmoeting

Vertel ’n eietydse gelykenis

1. Die twee atlete

Lees Galasiërs 5:13 2. Ek is vrygemaak van slawewette, om ander in liefde te dien.

Vertel Galasiërs 5:16-21 3. Gee die Gees beheer en nie die ou sondige begeertes nie.

Lees Galasiërs 5:22-23a en leer dit aan

4. Fokus op die nuwe leefstyl wat die Gees ons wil aanleer.

Lees Galasiërs 5:23b-25 5. Lewe deur die Gees en laat dit in jou gedrag uitkom.

2

Ene ore! Nuwe maniere LP3 Jaar 3 © Jeugfokus 2014

Uitkoms 1. Insig: Die vrug van die Gees is ’n nuwe leefstyl en nie nuwe wette nie. 2. Aanleer: Die vrug van die Gees. 3. Gebed: Vra die Gees om hierdie dinge in my gedrag te laat wys.

3

Ene ore! Nuwe maniere LP3 Jaar 3 © Jeugfokus 2014

Die storie

Opmerking Dit is baie belangrik dat die aanbieder moet begryp wat die onderskeid tussen die twee leefstyle is. Dit is nie maar net twee stelle wette, waarvan die een beter en die ander een slegter is nie. ’n Mens kan dit eerder so voorstel:

Die een leefstyl begin by die sondige selfsugtige gedagtes in ’n mens voordat jy die Here leer ken het. Omdat jy nou bang is vir God, probeer jy ’n paar goeie wette doen, en dink alles is dan reg. Jy bly dan ’n slaaf.

Die ander leefstyl begin by die Heilige Gees. Die Gees werk in God se kinders. Hierdie kinders is nie slawe wat vir God bang is en net ’n paar wette wil doen om God te ‘please’ nie. Nee, hulle is kinders (vry!) wat God vertrou en Hom vra om hulle te help om in liefde te leef.

Begin Luister na die volgende storie: Pieter en Frans is twee lewendige tieners. Hulle kan MacDonald’s leeg eet op een slag, kan ure sonder slaap voor die playstation spandeer en het steeds genoeg energie om die hele middag te gaan visvang by die stroom.

Die afrigter van die langafstand-atlete het vanmiddag met Pieter en Frans ’n afspraak by die atletiekbaan gemaak.

Albei was verras om te hoor dat die afrigter in albei die potensiaal sien om goeie langafstand-atlete te word en dat hulle binnekort aan verskeie kompetisies kan gaan deelneem. Die gedagte om nuwe plekke te kan sien was al genoeg rede om albei se aandag te kry.

Pieter het baie van die afrigter gehou en baie goed geluister as hy praat oor selfdissipline, roetine en deursettingsvermoë. Hy kan nie stry nie, die eerste paar weke was ‘tough’. Seer lyf, longe wat brand as hy klaar gehardloop het, minder tyd vir playstation want sy oefenprogram laat dit nie toe nie en minder junk food eet. Die afrigter het moeite gedoen om Pieter te help om deur te druk. Hy het hom moed ingepraat, raad gegee vir seer spiere en hom vertel van sy eie lewe en opofferings wat hy al gemaak het. Pieter kon sien dat die afrigter rêrig vir sy atlete omgee en hulle wil laat ervaar wat dit is om te doen wat eers onmoontlik gelyk het.

Frans, anders as Pieter, het na die eerste week besluit dat hierdie klomp reëls en moeite nie vir hom is nie.

Dit is Desembervakansie. Frans val doodmoeg op die bed neer. Dit lyk of die uur se spelery Pieter glad nie eers uitgeput het nie. Hy lê en kyk hoe Pieter opgewonde sy tas pak vir die atletiektoer by die see. Hy is sommer dikmond dat hy by die huis moet bly. En as hy hoor van al die wonderlike plekke wat Pieter-hulle gaan besoek, dan is hy nog suurder. Pieter probeer Frans oortuig om hierdie komende atletiekseisoen in te skryf en saam te kom oefen. Pieter vertel van alles wat met hom gebeur het nadat hy aangesluit het en die afrigter se voorskrifte begin volg het. Hy het nou ook baie meer selfdissipline, meer energie, voel uitgerus, is gesonder en het ’n lekker nuwe groep vriende.

Frans is egter oortuig dat hy nie sy vryheid gaan opgee vir reëls oor wat om te eet, hoe laat om te gaan slaap en om ure aan oefening af te staan nie.

4

Ene ore! Nuwe maniere LP3 Jaar 3 © Jeugfokus 2014

Hy was vies toe hy die bus agterna kyk met Pieter-hulle se vertrek. Wat op aarde gaan hy met homself aanvang die vakansie, dink hy. Niemand om saam mee te gaan visvang of om mee te chat nie. Die McDonald’s smaak nie eers lekker as jy dit nie saam met jou beste vriend kan eet nie. Hoor Moment 1: Lees Galasiërs 5:13 Broers en susters, julle is inderdaad geroep om in vryheid te leef. Moet net nie die vryheid misbruik om sondige begeertes te bevredig nie, maar gebruik dit om mekaar met liefde te dien (Gal 5:13 Nuwe Lewende Bybel).

Paulus is baie bekommerd oor die gemeente in die streek Galasië. Daar is weer ’n klomp mense wat die gelowiges wil laat glo dat geloof is om net weer ’n paar wette na te kom en dan met jou gewone lewe onveranderd voort te gaan. Paulus weet dit gaan oor ’n hele nuwe manier van leef. Moment 2: Vertel Galasiërs 5:16-21 Daarom herinner Paulus die gemeente daaraan dat hulle moet toelaat dat hulle geloof ’n nuwe leefstyl sal word, dat hulle die Gees moet toelaat om hulle te help om dit aan te leer. En dat hulle nie hulle ou begeertes ’n kans moet gee om te bepaal hoe hulle gaan optree en leef nie, want as hulle toegee aan hulle ou begeertes se eise weet hulle sal hulle leefwyse sommer hartseer en ongelukkig uitdraai.

Ek sê: Laat julle leefstyl eerder deur die Gees bepaal word. Dan sal julle glad nie aan die begeertes van julle sondige geaardheid toegee nie. ’n Mens se sondige geaardheid wil dinge doen wat teen die Gees is, en die Gees wil dinge doen wat teen jou sondige geaardheid is, want hulle is mekaar se vyande. Julle kan dus nie sommer maar net alles doen wat julle wil nie (Gal 5:16, 17 Nuwe Lewende Bybel).

Paulus raai die gemeente aan dat hulle die Gees moet toelaat om die afrigter van hulle nuwe lewe te wees. Hulle moet al die ou maniere van lewe opgee. Want as hulle toelaat dat die Gees hulle help om te oefen in die nuwe lewe gaan hulle lewe heel anders lyk. Moment 3: Lees Galasiërs 5:22-23a Maar die vrug wat die Gees voortbring, is: liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing.

Maak ’n ritmiese rympie: L-V-V-G (el-vee-vee-gee) V-G-G-N (vee-gee-gee-en) Selfbeheersing!

Deel die groep in twee en laat elke groep een van die twee stelle letters uitroep:

(Links roep: el…veevee-gee; regs roep: vee…geegee-en en laat hulle dan almal saam uitroep: Selfbeheersing!

Doen dit ’n paar keer. Vervang nou die letters met die volle begrippe, en herhaal weer. (Alhoewel die ritme nou verlore gaan, kan dit tog help om dit te herroep.)

5

Ene ore! Nuwe maniere LP3 Jaar 3 © Jeugfokus 2014

Moment 4: Lees Galasiërs 5:23b-25 Ons lewe deur die Gees; daarom moet die Gees ook ons leefstyl bepaal (Gal 5:25 Nuwe Lewende Bybel).

Paulus herinner die gemeente dat die Gees hulle afrigter vir die nuwe lewe is en daarom kan hulle maar luister na die raad van die Gees. Die hemelse Afrigter, die Heilige Gees is nog baie beter as ’n gewone atletiek-afrigter. Hy woon in ons. Wanneer ’n atleet by die huis is, weg van die afrigter, kan die afrigter se woorde en gedagtes nog altyd by die atleet bly. Die afrigter is egter nie altyd by jou nie. Wanneer God egter sy kinders begin ‘afrig’ vir ’n nuwe lewe, het Hy sy Gees gestuur om in ons te kom woon. Ons kan dus altyd daarop reken dat God se Gees in ons is en ons leer om op ’n nuwe manier te leef.

Kinders van God kan hulself ook gereeld daaraan herinner dat hulle hul hele ou sondige lewe vir Jesus ‘weggegee’ het, en dat dit saam met Jesus aan die kruis dood is. Toe Jesus opgestaan het en die Gees in ons kom woon het, het ons ’n nuwe lewe gekry. Dink Dink aan ’n heerlike lemoen of ’n nartjie of ’n druiwetros. Dis almal vrugte met verskillende skyfies of korrels wat van een plant kom en bymekaar hoort. Die vrug van die Gees is ook die een vrug van die Gees wat baie kante of dele het wat bymekaar pas. Dis hierdie vrug wat in my lewe sigbaar is wanneer die Heilige Gees in my kom woon. Leef Net die Here self kan jou lewe mooi maak met die vrug van die Heilige Gees. Toe ons die saligsprekings gedoen het, het ons gesien dat dit begin met “Geseënd is die mense wat weet hoe afhanklik hulle van God is.” Die vrug van die Gees begin ook daar waar ons weet hoe afhanklik ons van God is: Ek kan nie self hierdie vrug maak nie, God vorm dit in my lewe en dan is dit daar vir almal rondom my om te geniet.

6

Ene ore! Nuwe maniere LP3 Jaar 3 © Jeugfokus 2014

Kleingroepvaslegging: Junior groep Welkom Gee aan elkeen ’n skyfie of korrel wat van een vrug af kom wanneer jy elkeen op die naam groet. Wegspring 1. Kan jy een van die nege eienskappe van die vrug van die Gees in die raam vol woorde in jou werkboek raaksien?

Werksaam 1. Soek al nege woorde van die vrug van die Gees in die raam vol woorde in jou werkboek. 2. Kleur elke eienskap met ’n ander kleur in.

Wegstuur/Huisgeloof 1. Teken nege lemoenskyfies. 2. Knip dit uit en laat elkeen in jou huis een van die nege woorde van die vrug van die Gees op ’n skyfie neerskryf. 3. Laat elkeen in jou huis ’n voorbeeld gee om te verduidelik wat sy of haar eienskap beteken. 4. Plak die nege skyfies in die regte volgorde in jou kamer op.

7

Ene ore! Nuwe maniere LP3 Jaar 3 © Jeugfokus 2014

Kleingroepvaslegging: Senior groep Welkom Gee aan elkeen ’n skyfie of korrel wat van een vrug af kom, wanneer jy elkeen op die naam groet. Wegspring Kyk of jy al nege woorde wat die vrug van die Gees beskryf met toe oë kan opnoem. Help mekaar. Wonder Dink met toe oë aan die lekkerste vrug wat jy nog geëet het. Verbeel jou iemand sit dit in jou hand, en ’n mes in jou ander hand. Hoe voel jy? Wat dink jy? Wat gaan jy nou doen? Stilte. Dink daaraan: Ek is soos ’n boom wat vrug dra. Die Heilige Gees laat dit in my lewe sigbaar word. Laat jou verbeelding gaan en kyk wat sien jy alles in jou gedagtes. Werksaam 1. Antwoord die vraag by elke deel van die vrug van die Gees in jou werkboek. As dit te persoonlik is, kan jy simbole gebruik wat net jy sal verstaan, of jy kan net ’n regmerkie maak as jy die vraag in jou gedagtes beantwoord het.

Liefde: Hoe kan jy liefde aan ander mense bewys? Vreugde: Wat verander jou donker gevoelens in sonskyn? Vrede: Wat maak jou kwaad en neem jou vrede weg? Geduld: In watter situasies moet jy geduldiger wees en moed hou? Vriendelikheid: Wie tree altyd vriendelik teenoor jou op? Goedheid: Hoe kan jy wys dat jou hart van goedheid oorloop? Getrouheid: Teenoor wie of waarmee moet jy getrouer wees? Nederigheid: Dink jy soms jy is beter as ander? Selfbeheersing: Hoekom is dit so belangrik in ’n jongmens se lewe?

2. Kyk of jy hierdie rympie kan voltooi.

Met liefde maak ek my hart vir ander oop. Met vreugde help ek jou om te lag waar jy loop. Met vrede gooi ek ons baklei in die see. Met geduld wil ek nog van my tyd vir jou gee. Met vriendelikheid nooi ek … Met goedheid deel ek … Met getrouheid wys ek Met nederigheid dien ek … Met selfbeheersing is ek sterk …

8

Ene ore! Nuwe maniere LP3 Jaar 3 © Jeugfokus 2014

Dankie, Vader, my sonde is vergewe. Here Jesus, u lewe word nou ook my strewe. O Heilige Gees, dra u vrug in my lewe.

Wegstuur/Huisgeloof 1. Gesels by die huis saam hieroor: Die vrug van die Gees is nie ʼn klomp vrugte nie, maar net een vrug. Beteken dit elk van die nege skyfies van hierdie vrug het iets met die ander skyfies te make? 2. Vertel vir mekaar hoe julle oor ʼn vrug met ’n vrot plek voel. Hoe sou die vrug van die Gees in iemand se lewe lyk as dit ʼn vrot plek sou hê?